drakensberger- bylaag 2016 - welkom by sa ... 2016 drakensberger-raadslede president magiel blom 082...

24
DRAKENSBERGER- BYLAAG 2016 www.drakensbergers.co.za [email protected] 051 410 0974

Upload: phungxuyen

Post on 20-May-2018

220 views

Category:

Documents


2 download

TRANSCRIPT

Page 1: DRAKENSBERGER- BYLAAG 2016 - Welkom by SA ... 2016 Drakensberger-raadslede President Magiel Blom 082 459 9739 magielblom@vodamail.co.za Limpopo Vise-president Willie Landman 083 257

DRAKENSBERGER-

BYLAAG

2016

www.drakensbergers.co.za

[email protected]

051 410 0974

Page 2: DRAKENSBERGER- BYLAAG 2016 - Welkom by SA ... 2016 Drakensberger-raadslede President Magiel Blom 082 459 9739 magielblom@vodamail.co.za Limpopo Vise-president Willie Landman 083 257
Page 3: DRAKENSBERGER- BYLAAG 2016 - Welkom by SA ... 2016 Drakensberger-raadslede President Magiel Blom 082 459 9739 magielblom@vodamail.co.za Limpopo Vise-president Willie Landman 083 257

3

2016

wink vir die Drakensberger

’n

Die jaar 2015 sal sekerlik baie lank onthou word weens die ernstigste droogte sedert rekordhouding begin het. Ons het 2016 afgeskop

met ’n rand wat slegs ses Amerikaanse sent kan koop, en die begin van ’n verkiesingsjaar waarin plaaslike regerings verkies word en politici gewilde uitsprake maak, slegs vir politieke gewin.

As landbouers het ons die verantwoordelikheid om binne ’n uitdagende makro-omgewing kos te produseer vir miljoene mense. Die een wat die beste daarby aanpas, is die een wat die meeste sukses gaan behaal. Die gesegde “The only constant is change” was nog nooit so waar soos nou nie. Die veranderende omgewing waarbinne geproduseer moet word, vereis beplanning, innovasie en ’n buitengewone passie vir dit waarmee jy besig is. Vir die pessimis is die glas halfleeg, maar vir die optimis is dit halfvol!

Nuwe geleenthedeGelukkig hou die swak rand ingevoerde vleis se pryse hoog. Die olieprys is die laagste sedert 2003 en dit hou die brandstofprys binne beheer. Die grootste geleentheid lê daarin dat die gebruik van ons produk, hoë-proteïen beesvleis, teen ’n veel groter tempo as inflasie groei.

Saaiboere beproef, met berekende risiko’s, nuwe tegnologie en kultivars en

behaal groot sukses om hul opbrengste te maksimeer. Die saaibedryf lyk vandag aansienlik anders as ’n dekade gelede. Die hedendaagse saaiboer het baie ondernemingsgees en is voortdurend op die uitkyk vir nuwe potensiaal om te benut. Ons kan baie hieruit leer.

Vir die veeboer is daar nog baie potensiaal om te ontgin en dit skep groot geleenthede. Om dit te benut, vereis nuwe denke, innovasie en die nodige waagmoed om berekende risiko’s te neem. Die soeke na optimale produksie teen die laagste moontlike totale insette is een van die belangrikste suksesfaktore. Genetiese potensiaal vir groot vooruit-gang is tot die ondernemende veeboer se beskikking. Hierdie genetiese potensiaal, wat met toewyding uitgesoek moet word, sal boverwagte resultate lewer.

Koningin van koeieEk ry by troppe swart beeste verby en sien die groot persentasie kalwers wat by die Drakensbergerkoeie loop. Die koei wat onder uitgelese boere bekendstaan as die koningin van koeie, het weer haar deel gedoen in van die mees uitdagende omstandighede denkbaar. Dis duidelik dat die diere goed aangepas en uiters vrugbaar is – alles wat nodig is om van die veld af te produseer.

In Namibië is Gerhard Maritz se Drakensberger-speenkalwers deur Agra aangewys as die suidelike streek

se wenner vir speenkalwers met die beste voerkraalpotensiaal. In die Vrystaat kan die 6+-telers nie voorbly om Drakensbergervleis aan ’n bekende kettingwinkelgroep se winkels in Bloemfontein te lewer nie.

Genetiese potensiaalDrakensberger-stoetveeveilings skop in April 2016 af met die nasionale Drakensberger-veiling. Hierdie veilings duur tot einde Oktober voort. Hoë gehalte beeste word sorgvuldig geselekteer en aangebied op veilings van hoogstaande gehalte, onder die beskerming van die Drakensberger Beestelersgenootskap. Diere met die genetiese potensiaal om buitengewone opbrengste te lewer, is op hierdie veilings beskikbaar.

Die Drakensberger is welbekend en het reeds diep spore getrap in die veebedryf van Suider-Afrika. Die moderne Drakensberger beskik oor die genetiese potensiaal om in die toekoms op alle gebiede van die veebedryf bogemiddeld te presteer. Die Drakensberger se toekoms is voorwaar BLINKSWART!

GroeteWillie Landman

Page 5: DRAKENSBERGER- BYLAAG 2016 - Welkom by SA ... 2016 Drakensberger-raadslede President Magiel Blom 082 459 9739 magielblom@vodamail.co.za Limpopo Vise-president Willie Landman 083 257

5

2016Drakensberger-raadslede

PresidentMagiel Blom 082 459 9739

[email protected] Limpopo

Vise-presidentWillie Landman

083 257 8511 [email protected]

Noordwes (Oos) / Botswana

www.drakensbergers.co.za

051 410 0974

[email protected]

Raad

sled

e

Rodney Neuman082 746 8142

[email protected] Oos-Vrystaat (SHDK)

Dr Johann Fourie082 772 7716

[email protected] Noordwes en Noord-Kaap

Fanie van Dyk082 774 4952

[email protected] Suid-Vrystaat (Bloemfontein / Karoo)

Pikkie Uys082 857 5022

[email protected] Mpumalanga

Henk Delport083 300 1131

[email protected] en Wes-Vrystaat

Jean van der Merwe082 719 7521

[email protected]

Louis Botha082 825 2431

[email protected] KwaZulu-Natal

Ere-presidentJohn Roos

082 809 7941 [email protected]

Page 6: DRAKENSBERGER- BYLAAG 2016 - Welkom by SA ... 2016 Drakensberger-raadslede President Magiel Blom 082 459 9739 magielblom@vodamail.co.za Limpopo Vise-president Willie Landman 083 257

6

DRAKENSBERGER-BYLAAG

Page 7: DRAKENSBERGER- BYLAAG 2016 - Welkom by SA ... 2016 Drakensberger-raadslede President Magiel Blom 082 459 9739 magielblom@vodamail.co.za Limpopo Vise-president Willie Landman 083 257

7

DRAKENSBERGER-BYLAAG 2016

Deur Carel Nel

Die Drakensberger het ’n ryk

Elke beesras ter wêreld het sy eie geskiedenis oor sy oorsprong en ontwikkeling. Sommige is so oud soos menseheugenis, terwyl ander maar onlangs as saamgestelde

rasse ontwikkel is. Dit is ’n redelike sterk neiging onder Suid-Afrikaanse boere en die oorsaak dat Suid-Afrika, wat een van die kleinste beesvleisproduserende lande ter wêreld is, ook die land met die meeste beesrasse is.

Suid-Afrika self spog met drie inheemse beesrasse, waarvan die Drakensberger seker oor die mees bewese suiwer genetiese agtergrond beskik. Die geskiedenis van hierdie uiters geharde inheemse ras word bevestig deur die feit dat hy moes oorleef deur die Groot Trek, toe nog geen entstowwe, antibiotikums en bosluismiddels beskikbaar was nie. Hierdie natuurlike seleksieproses word vandag nog bevestig deur die feit dat Drakensbergers oor natuurlike weerstand teen bosluisoordraagbare siektes beskik en indien hulle wel siek word, maklik met behandeling herstel.

’n Tweede terugslag wat die Drakensberger moes oorleef, was die runderpes in ’n tyd toe hier baie min diere van ander rasse in die land was. Weereens het die Drakensberger sy staal getoon deur ook hierdie hekkie met sukses oor te steek.

Suiwer aanwasDie derde en miskien die ernstigste terugslag wat die Drakensberger as ras moes oorkom, was die eerste Veeverbeteringswet van Suid-Afrika. Hierdie wet het Suid-Afrikaanse boere verbied om enige bulle te gebruik wat nie van Europese oorsprong was nie. Duisende Drakensbergerkoeie is met hierdie bulle gekruis, wat beteken het daar was vir baie jare geen suiwer aanwas van die Drakensberger self nie.

Die enigste uitsondering was enkele telers wat die moed van hul oortuiging gehad het om hul suiwer bulle in die

berge weg te steek, en sodoende ’n klein persentasie diere suiwer gehou het. Hierdie telers kon deur praktiese voorbeelde die wetgewers van daardie tyd oortuig van die Drakensberger se vermoëns en die ras is in 1947 erken.

Streng keuringstelselIn die lig van hierdie agtergrond is ’n baie streng en omvattende keuringstelsel deur die grondleggers van die Drakensbergerras opgestel, wat vandag nog van krag is en deur die raad en ’n goed opgeleide keurderskorps toegepas word. Die unieke eienskappe van die ras moes tot elke prys beskerm word sonder om vooruitgang te verhinder. Hierdie voorgeskrewe standaarde vir die Drakensberger was die sleutel vir die ongelooflike vooruitgang en verbetering van die ras.

Gekombineer met die genootskap se besluit in 1980 om prestasietoetsing verpligtend te maak en sodoende ook die wetenskaplike en gemete resultate as deel van seleksie en genetiese vooruitgang te stimuleer, was dit ’n wenresep. Die Drakensberger was dan ook die eerste beesras wat ’n BLUP-teelwaarde-ontleding van die Landbounavorsingsraad (LNR) ontvang het.

Die verandering van die Drakensberger van trekdier na seker die mees ekonomiese vleisproduserende ras is duidelik sigbaar in van die grootste kommersiële kuddes in die land.

’n Vleisfabriek sonder gelykeVolgens onlangse opnames by Nampo vorm meer as 270 000 kommersiële Drakensbergerkoeie die basis van honderde boere se winsgewende ekstensiewe vleisproduksiestelsels. Die Drakensbergerkoei word erken as ’n vleisfabriek sonder gelyke.

Die vraag word dikwels gevra waarom na die Drakensberger as die winsbees verwys word en die antwoord is voor die hand liggend. In hedendaagse tye, waar hoë

produksie-insette ’n beduidende rol speel en winsmarges al hoe kleiner word, is dit belangrik om die insette so laag as moontlik te hou. Die Drakensberger se natuurlike weerstand teen bosluis-oordraagbare en ander siektes, soos Slenkdalkoors en lamsiekte, hou veeartskoste laag.

Die Drakensbergerkoei se vermoë om maklik te kalf, is ook ’n belangrike eienskap. Dit is nie nodig om die Drakensberger te kruis nie. Die suiwer Drakensberger klop by verskeie geleenthede en onafhanklike toetse enige ander en veral kruisgeteelde rasse binne die totale begrip van reproduksie. Seleksie en verbetering binne suiwer kuddes word hierdeur versnel en genetiese teelwaardes, wat net vir suiwer rasse beskikbaar is, word met soveel meer suksesvolle resultate toegepas.

Gehardste beesras in die landSoos uit die geskiedenis van die Drakensberger blyk, is dit sekerlik die gehardste en mees aanpasbare beesras in die land. Drakensbergers reproduseer in die warmste dele van die Noord-Kaap en Namibië by temperature van tot 48°C, maar ook in die koudste dele van die Vrystaat en Oos-Kaap met minimum temperature van tot minus 18°C.

Die Drakensberger is bekend vir sy vrugbaarheid, met kalfpersentasies tot 10% hoër as ander rasse in dieselfde streek en die speenkalfgewig ook bo die gemiddeld. Dit is ’n maklike som om te maak. Selfs nou, in hierdie ontsettende droogte, bevestig die Drakensberger sy gehardheid deur die speengewig van die kalwers en ’n uiters goeie herbesettingsyfer. Drakensbergers het ’n goeie temperament, wat hantering maklik maak en bydra tot uiters min vrektes van geboorte tot speen.

Die Drakensberger is ’n maklike boerbees, gehard, koste-doeltreffend en produktief, wat beesboerdery ook onder die moeilikste omstandighede winsgewend hou. Dit is die ware winsbees van Suid-Afrika.

Page 8: DRAKENSBERGER- BYLAAG 2016 - Welkom by SA ... 2016 Drakensberger-raadslede President Magiel Blom 082 459 9739 magielblom@vodamail.co.za Limpopo Vise-president Willie Landman 083 257
Page 9: DRAKENSBERGER- BYLAAG 2016 - Welkom by SA ... 2016 Drakensberger-raadslede President Magiel Blom 082 459 9739 magielblom@vodamail.co.za Limpopo Vise-president Willie Landman 083 257

9

2016

Deur Izak Hofmeyr

’n Leeftyd se seleksie lei tot sukses

Edwin Schroeder is reeds van 1971 af ’n Drakensberger-stoetteler. Sy Bolliestoet word gekenmerk deur ’n hele paar “bestes” in die ras. Nie alleen

behaal hy vir etlike jare reeds die beste tussenkalfperiode (TKP) van tussen 360 en 367 dae nie, maar hy het ook die afgelope paar jaar die beker vir die beste gemiddelde speengewigte in die ras ontvang. Verlede jaar, in die droogte, was sy gekorrigeerde 205-dae syfer 249kg. Drie jaar gelede was dit 260kg.

Verder is twee van sy koeie in agtereenvolgende jare as Stamboek Platinum Elite-koeie bekroon. Een van daardie koeie is die moeder van ’n Stamboek Elite Platinumbul (SS7-62). Hy is so pas ook aangewys as die KwaZulu-Natalse streekwenner van die Stamboek Elite vleisbeeskudde van die jaar. Hy behaal al die afgelope drie jaar goud in hierdie kompetisie.

Hy boer sedert 2000 voltyds op die plaas Henning, ongeveer 15km buite Dundee in KwaZulu-Natal, nadat hy ná ’n loopbaan van 40 jaar as uitvoerende hoofbestuurder van Natal Landboukoöperasie (NLK) afgetree het. Hy het voorheen deeltyds geboer.

Vanwaar die naam Bollie vir sy stoet? “Dit was my kinders se voorstel. Toe SA Stamboek al my naamvoorstelle afkeur, het ek half tong-in-die-kies vir my kinders vir voorstelle gevra. Hulle was nog klein en versot op die strokiesverhaal Bollie. Stamboek het toe dié naam aanvaar.”

Geheim van sy suksesDie rede vir sy goeie teelvordering, verduidelik hy, kom eintlik reeds van die 1960’s af, toe hy begin boer het.

“My pa, Siegfried, was ’n melkboer en hy het in streng rekordhouding geglo. Toe ek destyds ’n mengelmoes vleisbeeskoeie begin bymekaarmaak, het hy my gevra

wat my mikpunt met die beeste was. My antwoord was dat ek wou geld maak.

“Dis toe dat hy vir my sê die eerste ding wat ek moet doen, is om ’n ordentlike beesskaal te gaan koop, al moet ek koeie verkoop om dit te kan bekostig. Dis die enigste manier waarop ek sal kan meet of ek vordering maak of nie.”

Die skaal het hom die prys van twee koeie gekos, maar hy het dit gedoen en begin rekord hou van koeigewigte, kalfgewigte en TKP.

“Dit het my in staat gestel om die koeie te begin selekteer wat die swaarste kalwers speen met die beste TKP. Op grond van my eie indekse het ek vervangingsverse gehou uit die groep wat ’n beter indeks as 100 gehad het.”

Beste resultateHy vertel dat hy in daardie tyd met seker tien verskillende kruisings geëksperimenteer het, onder andere met ’n Drakensbergerbul. Toe hy genoeg data versamel het, het hy gekyk watter van die rasse het vir hom die meeste geld in sy sak beteken, en die Drakensberger het bo uitgekom.

“Ek kon nie met die syfers stry nie, en ek het al die ander rasse uitgefaseer en net met die

Edwin Schroeder.

’n Aanvaarbare tipe vervangingsvers.

Page 10: DRAKENSBERGER- BYLAAG 2016 - Welkom by SA ... 2016 Drakensberger-raadslede President Magiel Blom 082 459 9739 magielblom@vodamail.co.za Limpopo Vise-president Willie Landman 083 257
Page 11: DRAKENSBERGER- BYLAAG 2016 - Welkom by SA ... 2016 Drakensberger-raadslede President Magiel Blom 082 459 9739 magielblom@vodamail.co.za Limpopo Vise-president Willie Landman 083 257

11

2016

Drakensbergers aangegaan.”Omdat hy beperkte finansies

en grond gehad het, het hy besluit die beste manier om goeie waarde tot sy boerdery te voeg, was om ’n stoet te bedryf. So koop hy toe sy eerste paar Drakensberger-stoetkoeie, met die gedagte om sy eie bulle vir sy kommersiële kudde te teel.

“My maatstaf met die koeie wat ek gekoop het was dat hulle mooi kalwers moes hê, en dat hulle nie groter en vetter as die ander koeie in die groep moes wees nie. ’n Vetter en groter koei was vir my ’n aanduiding dat sy óf nie gereeld gekalf het nie, óf dat sy nie ’n goeie melkproduseerder was nie.”

Gemiddelde indeksMet hierdie koeie as basis het hy deurgaans koeie uitgeskot wat nie elke jaar gekalf het nie, en wat swakker kalwers as die gemiddeld gespeen het.

“Met die indekse wat deur SA Stamboek bereken is, het ek ’n indeks van 90 as basis gebruik om my vervangingsverse te selekteer. As ’n koei twee keer ’n kalf geproduseer waarvan die indeks onder 90 is, het ek haar ook uitgeskot. Dis die manier waarop ek oor die afgelope 40 jaar teelvordering gemaak het sodat my kudde se gemiddelde indeks nou op 112 staan.”

Hy glo as ’n mens die beste bulle wil teel, moet jy eers jou koeikudde op ’n hoë vlak kry, want die bulle wat jy teel, reflekteer die gemiddeld van jou koeikudde.

“Ek dink dis ’n baie gevaarlike slaggat om te dink dat jy nie meer jou kudde kan verbeter deur bulle van ander telers in te koop nie. Dis belangrik dat jy gereeld die beste moontlike bul koop om variasie in jou eie kudde te verhoog.”

Uitstekende kalfpersentasieVir die laaste 15 jaar wissel sy kalf-persentasie, oor sy hele kalweroes van tussen 450 en 500 kalwers, tussen 95 en

100%. Die afgelope paar jaar spuit hy ook sy beeste twee keer per jaar in met Multimin en vitamien A – in die herfs en dan weer in die lente. Die uitwerking hiervan was dat die meeste van sy koeie vroeër begin kalf.

“My kalfseisoen begin in Augustus, en waar die kalwers voorheen redelik gelyk versprei was van Augustus tot November, vind ek nou dat die meeste van my kalwers in Augustus en begin September aankom. Verlede jaar was byvoorbeeld ’n moeilike jaar met die droogte, maar ten spyte daarvan het ek net een koei gehad wat nie gevat het nie.”

Sy speengewigte het dieselfde paadjie geloop. As gevolg van die droogte was hy bang dat sy speengewigte drasties sou daal, maar tog was sy gemiddelde gewig baie bevredigend.

Seleksie van bulleOor die jare koop Edwin net goue merietebulle. Dit impliseer dat hierdie bulle se voeromsetvermoë en groeivermoë hoogstaande is. Voeromsetvermoë is vir hom ’n uiters belangrike eienskap in ’n bul.

Voordat hy enige bul in sy stoet gebruik, gebruik hy hom eers in sy kommersiële kudde om seker te maak hy

teel volgens verwagting. Van elke bul wat hy dan in sy stoet gebruik, het hy altyd vyf tot agt seuns na ’n Fase C-toets by Cedara gestuur. As die voeromset-uitslae nie bevredigend was nie, het hy daardie bul nie weer gebruik nie. Deesdae toets hy sy jong bulletjies op die plaas in ’n Fase D-toets wat deur Stamboek hanteer word.

“As ek ’n bul koop, kyk ek eerstens na die syfers, en die heel eerste syfer is die kalfinterval van die koeifamilie waaruit hy kom. Tweedens kyk ek na die speengewigte van daardie koeifamilie, maar ek neem die boerderystelsel van daardie kudde in ag. As die boer byvoorbeeld ook met skape boer, kan ’n mens nie dieselfde speengewigte verwag as ’n kudde wat nie die veld met skape deel nie. Derdens kyk ek na die melkeienskappe van die koeifamilie.”

’n Nuwe seleksiemaatstaf wat hy al hoe meer gebruik, is sonarskandering om die vleis/vet/beenverhouding op sy beeste te bepaal. Hy glo dit sal oor die lang termyn ’n groot rol speel in die winsgewendheid en gesogtheid van sy produk.

Vir meer inligting, skakel Edwin by 082 457 6710.

Dié twee bulle verskil ’n jaar in ouderdom. Die agterste een (regs) is ’n 2013-kalf en die voorste een (links) is in 2014 gebore.

Page 12: DRAKENSBERGER- BYLAAG 2016 - Welkom by SA ... 2016 Drakensberger-raadslede President Magiel Blom 082 459 9739 magielblom@vodamail.co.za Limpopo Vise-president Willie Landman 083 257

12

DRAKENSBERGER-BYLAAG

Deur Izak Hofmeyr

Die Mambane Drakensbergerstoet by Witkoppe naby Vrede in die Oos-Vrystaat is een van die oudste kuddes in die land.

Die eienaar, Louis Botha, verduidelik dat die stoet sy ontstaan in die oorspronklike Dwarsspruitkudde gehad het toe sy pa, Koos, vir ’n tyd by oom Jaap van Niekerk van Dwarsspruit gewerk het, en deel van sy vergoeding was dat hy sy eie kudde kon opbou. Toe sy kudde groot genoeg was, het hy vir sy eie rekening begin boer.

So is die Mambanestoet in 1954 geregistreer, tien jaar ná die stigting van die Drakensberger Telersgenootskap.

“Op daardie tydstip,” verduidelik Louis, “was boerdery in ons gebied uiters ekstensief en is trekosse ook nog op groot

skaal gebruik. Dit het veroorsaak dat die beeste uiters gehard was. ’n Mens kan duidelik sien dat die diere van daardie tyd massiewe voorkwarte gehad het met relatiewe ligte agterkwarte – trekdiere, nie vleisdiere nie.”

“Mettertyd is met ’n gekoördineerde strategie begin en het die Drakensberger aangepas by die veranderende eise van die verbruiker. Vandag teel ons hoogs

produserende diere met uitstekende vleiseienskappe, maar wat steeds die gehardheid van die ou Drakensberger behou het.”

Die een eienskap van die Drakensberger wat vir hom persoonlik uiters belangrik is, sê Louis, is sy vermoë om berg te klim.

“Die plaas Rosedale, waarop ek en my vrou, Melisia, en ons twee dogters, Sandra en Wilinda, woon, is baie bergagtig. As dit nie vir daardie eienskap was nie, sou ek baie minder grootvee-eenhede kon aanhou. My beeste klim tot reg bo, onder die kranse, en wei daar net so gemaklik as onder in die vallei. Dit beteken hulle benut elke uithoek van die plaas en vir my beteken dit meer geld in my sak.”

’n Ekonomiese vleisbeesHy sê Drakensbergertelers het dit reggekry om die noodsaaklike eienskappe van ’n ekonomiese vleisbees in ’n uiters moeilike omgewing in een pakket saam te voeg.

“Aan die een kant het ons die gehardheidseienskappe wat van hom ’n maklike boerbees maak, maar aan die ander kant produseer ons koeie ’n swaar speenkalf met minimum insette wat goed doen in die voerkraal. Karan Beef neem nou al vir jare my speenkalwers, en ek kry net positiewe terugvoer oor hul prestasie in die voerkraal.”

floreer by Witkoppe

Louis speen sy kalwers vroeg om die koeie genoeg kans te gee

om kondisie te herwin.

Louis en Melisia Botha by hul naambord.

Die koeifamilie waaruit ’n bul kom, is een van die deurslaggewende kriteria in die seleksie van ’n bul.

Page 13: DRAKENSBERGER- BYLAAG 2016 - Welkom by SA ... 2016 Drakensberger-raadslede President Magiel Blom 082 459 9739 magielblom@vodamail.co.za Limpopo Vise-president Willie Landman 083 257

13

DRAKENSBERGER-BYLAAG 2016

Louis speen sy kalwers vroeg om die koeie genoeg kans te gee om kondisie te herwin. Die kalwers weeg dan gemiddeld 210kg, maar hy voel dat dit oor die algemeen ’n fout is om kalwers te vroeg te speen.

“Ek moet in my spesifieke omstandig-hede so gou moontlik speen om die koeie kans te gee om te herstel voor die winter, maar ek dink ’n mens kan heelwat baat met ekstra groei as jy die kalf ’n maand of wat langer by die koei kan hou. Sy is so ’n goeie ma, met soveel melk, dat ons baie maklik die kalwers te jonk wil speen. Ons koeie kalf van Oktober tot Desember, en dan speen ons al einde April en in Mei.”

Hoë herbesettingskoersLouis boer ekstensief met Drakensbergers en Letelleskape, en onder sy harde omstandighede kry hy ’n gemiddelde herbesettingskoers van ongeveer 90% oor sy hele kudde. Hy sê sy probleemgroepie is die eerstekalfverse. Hy hou hulle apart om erge mededinging te vermy, en dis eintlik ter wille van hierdie groep dat hy ’n beleid het om ’n koei een kans in haar leeftyd te gee om oor te slaan. Hy paar sy verse op 24 maande sodat hulle op 33 maande die eerste keer kalf.

Die omgewing bestaan uit uiters suur veld met ’n reënval van tussen 800 en 1 000mm per jaar. Sy huis is 2 200 meter bo seevlak, en die hoogste dele op die plaas is amper 2 350 meter. Hy sê die Drakensberger is juis vir hierdie omstandighede aangepas.

“In die somer gee ek net ’n sout- en fosfaatlek. As die koeie in produksie kom, gee ek hulle Molatek se Meester 20-lek by. As dektyd verby is, gaan hulle terug op sout en fosfaat, en in die winter gee ek ureum by om die droëmateriaal beter te kan benut. My koeie weeg gemiddeld

550kg, maar ou koeie wat ek voer om te verkoop weeg tot 650kg en hulle slag dan sowat 300kg uit.”

Belangrike eienskappeWat Louis betref, is die eienskappe van die Drakensberger wat belangrik is gehardheid, uitstekende moedereienskappe, vrugbaar-heid onder moeilike omstandighede en langlewendheid.

“Ek selekteer baie streng vir hierdie eienskappe, want dit is op die ou end die eienskappe wat maak dat ek winsgewend kan boer. ’n Eienskap waarvoor ek verder baie streng selekteer, is kalwingsgemak. In my prestasietoetsing speel pelvismeting ’n belangrike rol, en ek vind dat my verliese van dragtigheid tot speen eintlik weglaatbaar is.”

Baie van sy koeie speen nog op die ouderdom van 14 tot 15 jaar goeie kalwers. Hierdie eienskap lei daartoe dat hy relatief min vervangingsverse hoef te hou. Hy hou dus elke jaar slegs ongeveer 10 tot 15% van sy beste verskalwers terug. Dit bespaar heelwat koste deurdat hy nie ’n groot groep diere op die plaas hoef te hou wat nie produseer nie.

Prestasiemeting van bulleAl sy bulle word op die ouderdom van 12 maande aan ’n veldbultoets onderwerp wat dr Hannes Dreyer van Veldbul en -ram SA vir hom hanteer.

“In hierdie toets val die klem op

groei, bespiering, kondisie, haargehalte, temperament en pelvisgrootte. Ná die toets word die bulle gereed gemaak om op my kommersiële Drakensbergerkudde gebruik te word, waar hulle dekvermoë dan beoordeel word. As hulle ná die dekseisoen uit die troppe kom, word hulle geëvalueer op grond van hulle konstitusie. Die beste 5 tot 10% word dan van Junie af voorberei om in September op

’n veiling verkoop te word.”Om seker te maak dat hy genoeg

variasie in sy stoetkudde behou en net vir die beste eienskappe selekteer, koop hy elke jaar een uitstaande bul by ’n medeteler.

Balans in teelmateriaalLouis beskou die koeifamilie waaruit ’n bul kom as een van die deurslaggewende maatstawwe in die seleksie van ’n bul, want ’n bul verteenwoordig eintlik die gemiddeld van die familie waaruit hy kom. Seleksie vir ’n goeie gemiddeld is volgens hom een van die redes waarom Mambane Drakensbergers een van die oudste stoete in die land geword het.

“My pa het ook daarin geglo dat ’n mens die gemiddeld van jou kudde gaandeweg verbeter deur altyd na balans in jou teelmateriaal te kyk. Hy het nie daarvan gehou om uitskieterbulle te gebruik nie. Ek sit daardie beleid voort.”

Louis sê die nalatenskap van sy pa, tesame met die ondersteuning van sy gesin, maak dit vir hom moontlik om dit waarin hy glo uit te leef. Hy glo die geheim van die lewe is nie net om te doen waarvan jy hou nie, maar om te geniet wat jy doen.

Vir meer inligting, skakel Louis by 082 825 2431.

Louis glo dat ’n mens die gemiddeld van jou kudde gaandeweg verbeter deur altyd na balans in jou teelmateriaal te kyk.

Page 14: DRAKENSBERGER- BYLAAG 2016 - Welkom by SA ... 2016 Drakensberger-raadslede President Magiel Blom 082 459 9739 magielblom@vodamail.co.za Limpopo Vise-president Willie Landman 083 257

14

DRAKENSBERGER-BYLAAG

Page 15: DRAKENSBERGER- BYLAAG 2016 - Welkom by SA ... 2016 Drakensberger-raadslede President Magiel Blom 082 459 9739 magielblom@vodamail.co.za Limpopo Vise-president Willie Landman 083 257

15

DRAKENSBERGER-BYLAAG 2016Deur Marike Brits

“Ek is die derde geslag Van Staden op die plaas, maar die eerste geslag wat die plaas voltyds bewoon en bewerk,” vertel Johan. Hy

self het in die dorp grootgeword terwyl sy pa, ’n landbou-ingenieur in diens van die Departement van Landbou, deeltyds geboer het. “My pa het die Bonheim Drakensbergerstoet in 1976 begin en het ’n besondere liefde vir sy blinkswart beeste gehad.”

Johan is vandag dankbaar vir die keuse van beesras wat sy pa meer as 40 jaar gelede gemaak het. “Die Drakensberger is die enigste suiwer inheemse beesras wat met bouvorm, vleisopbrengs, vleisgehalte en prestasie kan byhou by die vereistes wat vir voerkraalbeeste in die Suid-Afrikaanse vleisbedryf gestel word.”

Volgens Johan staan die Drakensberger sy plek regoor die land vol, van uiterste suurgrasweidings met bitter koue winters tot skaars soetgras en bossieveld in die Noord-Kaap en die Kalahari met sy uiterste hitte en lae reënval.

’n Boer in murg en been“Op laerskool het ek en ’n vriend ’n halwe dorpserf bewerk en groente geplant. Ek het ook braaikuikens

grootgemaak, geslag en verkoop. Ek het ook die dorp se grasperksnysels bymekaargemaak en hooi daarvan gemaak om aan die melkkoeie op die plaas te voer.”

Ná matriek het Johan ’n BSc-graad in landbou aan die Universiteit van Pretoria voltooi en sy loopbaan in die veekunde-navorsingsafdeling by die Departement van Landbou begin.

Johan het tydens sy diens by die Depar-tement van Landbou sy BSc-honneursgraad in voeding voltooi en in 1997 by Kolosus (later Bullbrand) aangesluit. Hy het by een van dié maatskappy se voerkrale as voedingkundige en voermeule-bestuurder gewerk. Hy het in 2002 sy meestersgraad in voerkraalvoeding aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi en sy MBA by Unisa in 2007 verwerf. Vandag is hy in diens van Tau as voedingskonsultant.

Uitstekende resultateJohan vertel dat hy vroeg in sy loopbaan in die voerkraalbedryf agtergekom het dat ’n wanopvatting oor die Drakensberger in dié bedryf bestaan. “Ek het toe 20 stoetbulkalwers vir ’n proef saam met verskeie ander beesrasse voorsien. In die proef het my Drakensbergers ’n rekord gemiddelde daaglikse toename (GDT) van 2,36kg oor 105 dae behaal.” Hierdie rekord-GDT kon by die betrokke voerkraal in 13 jaar en 800 000 beeste gevoer nog nie verbygesteek word nie.

Johan vertel dat die Drakensbergerras in die 40 jaar wat sy familie by die ras betrokke

“Onthou, net soos jou bankrekening, is ’n bees beter in swart as in rooi.” So skerts die Drakensberger-boer Johan van Staden, wat van kindsbeen af ’n kranige landbouer is en sedert 2012 voltyds met Drakensbergers op die plaas Hartebeesfontein by Magaliesburg boer.

hou by met moderne vereistes

’n Groep Bonheim-verse.

Manie skou met die eerste totaal onverwante Bonheimbul wat uit ’n groep verse wat uit ’n kommersiële kudde geselekteer is, geteel is.

Page 16: DRAKENSBERGER- BYLAAG 2016 - Welkom by SA ... 2016 Drakensberger-raadslede President Magiel Blom 082 459 9739 magielblom@vodamail.co.za Limpopo Vise-president Willie Landman 083 257

16

DRAKENSBERGER-BYLAAG

Page 17: DRAKENSBERGER- BYLAAG 2016 - Welkom by SA ... 2016 Drakensberger-raadslede President Magiel Blom 082 459 9739 magielblom@vodamail.co.za Limpopo Vise-president Willie Landman 083 257

17

DRAKENSBERGER-BYLAAG 2016is dramaties verander het, veral ten opsigte van die hoeveelheid vleis wat die diere dra. “Sonder om melk prys te gee, is baie vleis bygesit. Die ras het bygehou by die vereistes van die tyd en oor jare die noodsaaklike aanpassings gemaak. Die neiging is nie noodwendig na ’n groter bees nie, maar beslis ’n breër bees met ’n dieper lyf en goeie kapasiteit.”

Ploeg terug“Die ras was die afgelope vier dekades baie goed vir die Van Stadens en juis daarom moet ek terugploeg. Daarom koop ek al my stoetbulle op die nasionale Drakensberger-veiling en bied ek my twee beste twee-en-’n-half jaar oue dragtige verse, wat deur keurders uitgesoek is, op die veiling aan.”

Dit is vir Johan belangrik dat die nasionale veiling goed deur telers ondersteun word, beide as kopers en verkopers. “Ek leer dit ook vir my seun, Manie. Hy was in 2015, as graad 7-leerling, die jongste koper van ’n Drakensbergervers op die nasionale veiling.”

Johan sê: “Ek geniet die kinders se betrokkenheid by die boerdery. Dit is vir my baie belangrik om in die toekoms van landbou te belê, wat ook my betrokkenheid by jeugskoue verklaar.”

Johan se kinders, Chante (16), Manie (13) en Johan (9) is kranige deelnemers aan jeugskoue en sy vrou, Nelmarie, is

die spanbestuurder van die Gautengse Jeugskou-span. “Ek maak reeds die afgelope vier jaar jaarliks my drie beste Fase D-bulkalwers mak vir die Gautengse Jeugskou-span sodat die kinders met topdiere kan skou en ’n trots vir diere van ’n hoë gehalte kan aanleer.”

Goeie moedersJohan sê ’n belangrike deel van die ontwikkeling van die ras is dat die genetiese basis deurentyd verbreed behoort te word. “Om dit te verseker, het ek ’n ruk gelede tien dragtige verse uit ’n groep van 500 by ’n groot kommersiële boer in my omgewing uitgesoek en gekoop.”

Die verse is dieselfde as die Bonheim-stoetverse hanteer en die bulkalwers van die verse het ook Fase D-toetsing ondergaan. “So kon ek vanjaar my eerste totaal onverwante Bonheim-bul wat op die plaas gebore is tussen die vroulike

diere insit.” Dié bul spog met uitstekende Fase D-syfers, asook ’n uitstaande temperament en bouvorm. Die bul se moeder is die enigste van die tien kommersiële diere wat vandag nog op Bonheim is en sy loop

reeds met ’n derde uitstaande bulkalf aan haar sy.

Goeie vrugbaarheid en moedereienskappe is van die belangrikste kenmerke waarna Johan in ’n Drakensbergerkoei of -vers kyk. “In my boerdery word koeie en verse met kalftyd hoegenaamd nie gepamperlang nie. Enige vroulike dier wat hulp nodig het met kalwing, word summier uitgeskot.”

Onbevooroordeelde seleksieLente- en somerdekseisoene word streng op Hartebeesfontein gevolg. “Ek gebruik individuele bulparing slegs by eerstekalfverse, met meervoudige bulparing wat op die 150 stoetkoeie gebruik word. Elke bul moet ongeveer 30 koeie dek.”

Al die kalwers word dan aan prestasietoetsing en keuring onderwerp, en vaderskap word slegs bepaal by kalwers wat aan alle streng vereistes voldoen. Deur dié metode te volg, is daar geen manier wat diere as gevolg van hul herkoms enige voorkeur kan ontvang nie. So ’n stelsel vereis egter ook dat net die beste bulle gebruik kan word.

Johan verkoop Bonheim-bulle direk van die plaas aan boerderye in ’n omtrek van sowat 100km. “Ek is baie trots daarop dat Drakensbergertelers by wie ek jare gelede bulle gekoop het nou van my topbulle koop.”

Harde werk“Dit maak nie saak wat jou seleksie-strategie of voedingsregime is nie, die belangrikste om te onthou is dat dit slegs in die woordeboek is waar sukses voor werk kom. Werk elke dag hard, luister na kundige raad en leer uit jou foute, en jy sal suksesvol wees.”

Net so belangrik, voeg Johan by, is die regte raskeuse om jou toe te laat om sorgvry en produktief in Suid-Afrikaanse omstandighede te boer. “Vir my bly die Drakensberger dié keuse.”

Vir meer inligting, kontak Johan by 083 629 4540 of

[email protected].

Die Van Staden-gesin: Johan en Nelmarie saam met die kinders, Chante, Manie en Johan.

Die bul 9724 was ’n bul uit die eerste ekstensiewe Fase D, wat in 1998 op Bonheim gedoen is. ’n Volle 19 jaar ná die bul se geboorte, loop van sy nageslag steeds op die plaas. Een van hulle is Ma van Oorlog, ’n vierster-bul wat nou vir teling in die Bonheimstoet gebruik word.

Page 18: DRAKENSBERGER- BYLAAG 2016 - Welkom by SA ... 2016 Drakensberger-raadslede President Magiel Blom 082 459 9739 magielblom@vodamail.co.za Limpopo Vise-president Willie Landman 083 257
Page 19: DRAKENSBERGER- BYLAAG 2016 - Welkom by SA ... 2016 Drakensberger-raadslede President Magiel Blom 082 459 9739 magielblom@vodamail.co.za Limpopo Vise-president Willie Landman 083 257

19

2016

Deur Marti Kirstein

Vandag se presteerders is

Toegewydheid, ’n langtermyn-benadering, noukeurige seleksie en die toepassing van genetika het vir Jan Dhooge van die D’Hofstee

Drakensbergerstoet oor die jare heen die onderskeid beteken tussen ’n gemiddelde stoet en ’n stoet wat toppresteerders lewer.

Die ras se ekonomies belangrike eienskappe soos aanpasbaarheid, gehard-heid, vrugbaarheid, sterk melkproduksie, groeivermoë, langslewendheid, natuur like weerstand teen bosluise en uitson-derlike karkasgehalte is vir Jan ’n deurslag-gewende oorweging om met dié ras te boer.

’n Liefde vir landbouJan is eintlik ’n Belg van geboorte, maar sy ouers het na Suid-Afrika geïmmigreer toe hy nog baie klein was. Dit is hier waar sy liefde vir die landbou begin het. Hy het onder meer landbou en tuinbou aan die destydse Technikon Pretoria gestudeer en as ’n landbouvoorligter gewerk voordat hy voltyds begin boer het.

Sy eerste fisiese kennismaking met die ras was reeds in 1973 by die Pretoria-skou, en die ras het uit die staanspoor ’n indruk op hom gemaak. Op sy eerste plaas, naby Dargle in KwaZulu-Natal, het hy aanvanklik net met Holsteins boer, maar met die koop van die Mount Arabel 2-plaas in die Heidelberg-omgewing het hy sy fokus na Drakensbergers verskuif.

Dit is op dié plaas waar hy in 1988 die D’Hofstee Drakensbergerstoet gevestig het. Die naam D’Hofstee, wat “hooftuiste” in Vlaams beteken, was gepas vir sy nuwe stoetery omdat hy nog altyd met die Drakensbergerras wou boer. Vandag bestaan sy stoetkudde uit sowat 130 vroulike diere.

Jan, wat reeds sedert 1 September 2003

deur die Drakensberger-telersgenootskap as keurder erken word, is vandag ’n senior keurder en tree ook as hoofbeoordelaar by skoue op. Hy is ’n deurwinterde keurder wat die waarde van syfers, sowel as ’n geoefende oog, besef wanneer hy sy eie bulle of vroulike diere moet keur.

Hy skryf sy sukses in die bedryf ook toe aan die kundigheid van organisasies soos die Landbounavorsingsraad (LNR) en SA Stamboek.

Die regte beginIn ’n poging om bulle te teel wat ekonomiese groei in hul nageslag oordra, het Jan hom in die eerste jare op Fase C LNR-toetse toegespits. Sy harde werk en toegewydheid aan ’n wetenskaplike benadering met sy stoet is reeds vroeg in sy stoetdae, in 1999, met ’n spesiale prestasietoetsklas-toekenning vir ’n bul by die Pretoria-skou beloon.

Die D’Hofstee Drakensbergerstoet het in 2003 die Farmer’s Weekly/LNR-toekenning vir beste Elite-koei ontvang. Twee van dié koei se manlike nasate het in 2003 en 2007 platinumtoekennings ontvang.

In 2005 is Jan as ’n finalis in die kategorie vir vleisbeeste in die SA Stamboek Voortreflikheidstoekennings aangewys. Hy is met ’n sertifikaat vir voortreflikheid in die stoetbedryf beloon. In dieselfde jaar is een van sy bulle, D’Hofstee AAD99/42, deur Taurus as ’n Drakensbergerbul vir kunsmatige inseminasie (KI) gekies.

Goeie genetika Jan sê hy het uit die staanspoor besluit die koop van duur bulle is nie vir hom ’n uitweg nie. “ ’n Mooi bul wat goed gevoer is, beteken nie noodwendig hy is die draer van goeie genetika nie. Ek het besluit om eerder my eie genetika te teel en genetika vir my behoeftes te ontwikkel,” sê hy. Hy het dus aan die begin nou met die LNR saamgewerk om goeie bulle te selekteer.

Sy konsekwente benadering het hom vinnig gehelp om goue-meriete bulle te selekteer. Hy keur streng en al sy bulle moet aan die rasstandaard van voortreflikheid voldoen.

Groei en vrugbaarheid is vanself-sprekend belangrik in die seleksieproses, maar rasstandaarde moet noukeurig nagevolg word. “Ek werk nie met ’n bul wat onder 80% gekeur word nie, maar dit is nie maklik om so ’n bul te teel nie,” sê Jan. Hy het tans drie bulle wat dié standaard handhaaf. Dié bulle sal ook in April op die nasionale veiling verkoop word. Sy groei-indekse is tans bo die rasgemiddeld en hy toets sy bulle se vrugbaarheid jaarliks.

Een van D’Hofstee se spog-platinumbulle, Bul AAD130108, wat Jan Dhooge self uit ’n topklas Farmer’s Weekly-koei geteel het. Die bul is 26 maande oud.

Page 20: DRAKENSBERGER- BYLAAG 2016 - Welkom by SA ... 2016 Drakensberger-raadslede President Magiel Blom 082 459 9739 magielblom@vodamail.co.za Limpopo Vise-president Willie Landman 083 257
Page 21: DRAKENSBERGER- BYLAAG 2016 - Welkom by SA ... 2016 Drakensberger-raadslede President Magiel Blom 082 459 9739 magielblom@vodamail.co.za Limpopo Vise-president Willie Landman 083 257

21

2016

Jan meen SA Stamboek se Logix-waardes is onontbeerlik vir genetiese vordering. Hy volg ’n benadering om probleme of negatiewe tendense in sy Logix-waardes – soos ’n daling in melk- of kalwingsgemaksyfers – onmiddellik te hanteer. “My slagspreuk is: Werk onmiddellik aan ’n probleem en verbeter die syfers. Daar is nie plek vir diere wat nie vordering maak in ’n stoet nie.”

Jan se toegewydheid tot sy bestuursprogram is in 2014 beloon toe sy stoet die Vleisbeesverbeteringskema-toekenning as wenner van alle rasse vir Gauteng van die Departement van

Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF) en die LNR ontvang het. Noukeurige kuddebestuur Die langslewendheid van die Drakensbergerras is beslis een van die ras se ekonomiese voordele. Eienskappe soos koeivrugbaarheid, kalwingsgemak en bestandheid teen siektes tel ook in die ras se guns.

Hy volg ’n konsekwente bestuurs-program met rekordhouding en meting. Hy glo dis belangrik dat die koeie hul kalwers tot speentyd grootmaak en meng dus nie met dié proses in nie.

Koeie en kalwers word egter van geboorte af noukeurig geweeg. Met speentyd word die kalwers weer geweeg en die nodige inentings gedoen.

Jan sê dis ook belangrik om op die regte tyd te speen – vir hom is dit op

sewe maande. Die kalwers kry neusringe en loop dan vir ses weke saam met hul moeders sodat hulle speenskok kan hanteer. Ná vier weke word die kalwers weer ingespuit teen siektes soos sponssiekte, lamsiekte en miltsiekte, en multivitamiene word toegedien. Bul- en verskalwers word daarna na hul onderskeie kampe verskuif vir toetse en keurings. Die bulkalwers behou hul neusringe vir ’n jaar totdat hul Fase D-toetse afgehandel is.

Vir ekonomiese redes beplan Jan om sy voerbegroting, en veral mieliekuilvoer, sodanig aan te pas dat hy ’n aggressiewe program kan volg om sy verse se gewig geleidelik te verbeter vir dekking op 18 maande. Sy verse is tans te lig om op 18 maande gedek te word. Hy hoop om die verse se gewig tot 320kg en hoër te verbeter.

Die kudde wei hoofsaaklik op die Hoëveldse suurveld, maar Jan maak ook sy eie mieliekuilvoer. Hy is bevoorreg om uit die 2km-rivierfront wat aan sy plaas grens, te besproei.

Jan dip die kudde slegs korrektief. Behalwe dat die Drakensbergerras goeie weerstand teen siektes en bosluise het, teel hy ook vir bosluisweerstand. Hy heg waarde aan eerlikheid in die bedryf – wanneer sy bulle verkoop word, word veeartsenykundige sertifikate uitgereik om hul siektevrye status te bevestig.

’n WenkombinasieJan sê sy Drakensbergers het al vir hom baie voorspoed gebring. Dit is aan dié stoet te danke dat hy die vermoë gehad het om al vier sy kinders universiteit toe te stuur. Hy het egter ook al teenspoed gehad – van siekte-uitbrekings tot brande. Sy wil om bo teenspoed uit te styg, sy konsekwente, wetenskaplike benadering, kundigheid en aanpasbaarheid het hom egter telkens weer bo laat uitkom. Hierdie aanpasbaarheid en “geharde” benadering is ’n wenkombinasie in sy stoet.

Vir meer inligting, skakel Jan Dhooge by 082 892 5762 of stuur ’n epos aan

[email protected].

Jan Dhooge saam met sy staatmakerspan. Van links is Josia Sitoi, Andries Cumdla, Alex Nhamuritsi en Bernardo Guamde.

Die Drakensbergerras se kalwingsgemak en uitstekende temperament maak dit gemaklike diere om mee te werk.

Page 22: DRAKENSBERGER- BYLAAG 2016 - Welkom by SA ... 2016 Drakensberger-raadslede President Magiel Blom 082 459 9739 magielblom@vodamail.co.za Limpopo Vise-president Willie Landman 083 257

22

DRAKENSBERGER-BYLAAG

VEILINGSDATUMS / AUCTION DATES 2016

22 April 2016Nasional Veiling, Parys AfriDome

Frans Duminy • 082 336 5497Rodney Neuman • 082 746 8142

25 May 2016Buffalo Valley Production AuctionCarolinaJohn Roos082 809 7941

6 Julie 2016KwaZulu-Natal Bul- en RamveilingVryheidEdwin Schroeder082 457 6710

27 Julie 2016Oos-Transvaal Alleras-veilingErmeloPetrus Taljaard082 493 4137

28 Julie 2016Rouvus Inligtingsdag en ProduksieveilingVentersburgGawie Roux083 264 5487

2 Augustus 2016Karoo Drakensberger-klubveilingMiddelburg (Kaap)Johannes Retief082 385 1821

4 August 2016Neuman Brothers 9th Production AuctionVredeRodney Neuman082 746 8142

9 Augustus 2016Moeilikheid BracherleichUitvlugt, BelfastKobus Davel083 625 6806

10 Augustus 2016Vrystaat Drakensberger-klubFrankfortJohan Rautenbach082 780 1189

13 August 2016Calela Production AuctionErmeloJannie Jacobz082 820 4706

6 September 2016Rouxville Alleras-veilingRouxvilleFreddie Wasserfall082 556 4452

6 September 2016Oos-Transvaal Alleras-veilingErmeloPetrus Taljaard082 493 4137

8 September 20166 Plus Telers ProduksieveilingBultfonteinPetri Bezuidenhout082 859 7023

15 September 2016Suidelike Hoëveld Drakensberger-klubveilingVredeLouis Botha082 825 4231

6 Oktober 2016Noord-wes Drakensberger-klubveilingPlaas Jakkalsfontein, KlerksdorpJean van der Merwe082 719 7521

Page 23: DRAKENSBERGER- BYLAAG 2016 - Welkom by SA ... 2016 Drakensberger-raadslede President Magiel Blom 082 459 9739 magielblom@vodamail.co.za Limpopo Vise-president Willie Landman 083 257

23

DRAKENSBERGER-BYLAAG 2016

Page 24: DRAKENSBERGER- BYLAAG 2016 - Welkom by SA ... 2016 Drakensberger-raadslede President Magiel Blom 082 459 9739 magielblom@vodamail.co.za Limpopo Vise-president Willie Landman 083 257