familienuus 2009-08-16

19
16 Augustus 2009 Wat gebeur vandag? 08:00 Erediens : Henk van Rensburg lei Nagmaal – “Wees bly!” (Filippense 4) 08:00 Geen Kinderkerk (3jr-Gr3) agv Nagmaal 09:00 Voorbidding in die Kapel 09:00 Junior Geselsgroepe (Gr4-7) 10:00 Erediens: Henk van Rensburg lei Nagmaal – “Wees bly!” (Filippense 4) 10:00 Geen Kinderkerk (3jr-Gr3) agv Nagmaal 13:00 Erediens – Afrikatalig 17:00 Senior Geselsgroepe (Gr8-11) 18:30 Vars Ervaring : Elmo Program vir die week.. Maandag 17 Augustus 19:00 Vroue Byeenkoms Dinsdag 18 Augustus 09:00 Bybelstudie 18:00 Prayer Partner Opleiding 19:00 Biduur (Afrikatale) Woensdag 19 Augustus 05:30 Halftyd (Manne) 09:00 Seniors Oefen 19:00 Bybelreis Donderdag 20 Augustus 14:30 Naaldwerkklas 19:00 Bybelstudie (Afrika tale) Vrydag 21 Augustus Geen Aktiwiteit Saterdag 22 Augustus Geen Aktiwiteit Program vir volgende Sondag..... BEVESTIGING VAN NUWE GEMEENTERAADSLEDE - 08:00 08:00 Erediens en Kinderkerk

Upload: riana-janse-van-rensburg

Post on 09-Mar-2016

252 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Familienuus (Afkondigings)

TRANSCRIPT

Page 1: Familienuus 2009-08-16

16 Augustus 2009

Wat gebeur vandag?08:00 Erediens : Henk van Rensburg lei Nagmaal – “Wees bly!” (Filippense 4)08:00 Geen Kinderkerk (3jr-Gr3) agv Nagmaal09:00 Voorbidding in die Kapel 09:00 Junior Geselsgroepe (Gr4-7)10:00 Erediens: Henk van Rensburg lei Nagmaal – “Wees bly!” (Filippense 4) 10:00 Geen Kinderkerk (3jr-Gr3) agv Nagmaal 13:00 Erediens – Afrikatalig17:00 Senior Geselsgroepe (Gr8-11) 18:30 Vars Ervaring : Elmo

Program vir die week..

Maandag 17 Augustus19:00 Vroue Byeenkoms

Dinsdag 18 Augustus09:00 Bybelstudie18:00 Prayer Partner Opleiding19:00 Biduur (Afrikatale)

Woensdag 19 Augustus05:30 Halftyd (Manne)09:00 Seniors Oefen19:00 Bybelreis

Donderdag 20 Augustus14:30 Naaldwerkklas19:00 Bybelstudie(Afrika tale)

Vrydag 21 AugustusGeen Aktiwiteit

Saterdag 22 AugustusGeen Aktiwiteit

Program vir volgende Sondag.....

BEVESTIGING VAN NUWE GEMEENTERAADSLEDE - 08:00

08:00 Erediens en Kinderkerk09:00 Junior Geselsgroepe (Gr4-7)10:00 Erediens en Kinderkerk11:00 Gemeenteraad vergader13:00 Erediens – Afrikatalig17:00 Senior Geselsgroepe (Gr8-11)18:30 Vars ervaring

Page 2: Familienuus 2009-08-16

KOM BID SAAMAs jy van iemand weet met ernstige siekte of operasie, of ander beproewing, skakel dan asseblief die kerkkantoor by 662 1708 of 662 0209. Ds Henk doen hospitaalbesoek en jy kan hom skakel vir hospitaalgevalle.Met die oog op gebedsversoeke kan jy die volgende ook doen: stuur jou versoeke per e-pos aan [email protected] om jou versoek per e-pos aan ander deur te gee, of skakel Rina by 082 858 3409 om jou versoek aan die telefoniese gebedsketting deur te gee. Ons vra asseblief voorbidding vir die volgende mense:

Nobbie Arnold wie ’n operasie ondergaan (012 662 1772) Jakes Coetzee wie in die hospitaal opgeneem is (012 662 2188) Drixie Joubert wie se seun oorlede is en haar ma Tannie Joey wat geval het. (012

662 3516)

Om 06:15 Sondagoggende word daar vir die eredienste en die mense wat dit gaan bywoon gebid. Dit vind plaas binne die ouditorium. Enige iemand wat belangstel is welkom om saam te kom bid.

Tussen die twee eredienste is daar 'n gebedsbyeenkoms in die Kapel. Almal is welkom om dit by te woon.

Kom ons bid vir:

Danie Krynauw en sy gesin.

Bid vir Danie en Marina Krynauw met hulle seun Daniel in Pataya, Thailand. Bid dat God sal voorsien in al hulle behoeftes. Bid veral vir die nodige finansiële steun vir hulle bediening. Bid vir hulle uitreike. Bid dat baie Thai mense se harte sal oopgaan vir die Evangelie.

Kosie de Bruin.

Bid vir Kosie op die Doulosskip. Bid dat God vir hom en die spanne kragtig sal gebruik in hulle uitreike in Thailand. Bid dat God sal voorsien in al hulle behoeftes.

Ons gemeente.

Bid dat ons as gemeente liefde sal leef teenoor mekaar en teenoor ander. Bid vir ons uitreike en projekte. Bid vir ons bedieninge. Bid vir ons gemeenteraad en ons leraars. Bid vir die selgroepe.

ONS HELP MEKAAR

Ekstra klasse in Engels 1ste en 2de Taal. R100 per uur. Skakel Graham 0796315642

“Qualified Die and Tool Maker” is opsoek na werk. Skakel Jaco de Vos 0828796104, epos [email protected]

Ervare onderwyseres bied Engels en Afrikaanse ekstra klasse aan. Skakel Alet 0824181166

2

Page 3: Familienuus 2009-08-16

Werk gesoek – het ondervinding in algemene kantoor administrasie en ontvangs asook skuldinvordering. Skakel Wilene du Plooy 0845840044

Erf te koop – JEFFREYSBAAI! 617m2 erf te koop in die Fountains Estate in Jeffreysbaai. See uitsig op die horison , ongeveer 2 km vanaf see! Sentraal geleë, baie veilig en ‘n uitstekende belegging. R340 000 onderhandelbaar. Skakel: Deon Griessel - 082 927 6293

RADARBEHEER KAR TE KOOP! XTREME BUILD radarbeheer kar, SPLINTERNUUT! Battery laaier en afstandbeheerder ingesluit! R2000 onderhandelbaar. Skakel : Deon Griessel – 082 927 6293

Bediendekamer gesoek om te huur vir baie betroubare bediende (slegs weeksdae).  Kontak Tessa de Wet op 083 292 3192.

Gesoek ’n betroubare bediende wat in Pierre van Ryneveld bly vir stukwerk Saterdae. Skakel Pauline Verster 0845562609

Ek is opsoek na 'n buite-kamer om te huur vir my bediende in Pierre van Ryneveld. Skakel Maritza 083 386 4107

SENIOR BURGER BEDIENINGHartlik geluk aan die volgende seniors wat gedurende die komende week verjaar.

17 Aug Angela Scribante 083926559418 Aug Ina vd Walt 012-662 4406 19 Aug Chris Müller 012-662 040020 Aug June Snyman 012-662 312120 Aug Judy vd Westhuizen 012-662 289520 Aug Dawn Cloete 012-662 127821 Aug Lena Pienaar 012-662 1530

SENIOR BURGER ETE IN NOVEMBER 2009

Alle senior burgers word uitgenooi na die jaarlikse afsluitingsete in November 2009. Ons begin vroeg met name en getalle, aangesien ons plek moet bespreek en moet weet vir hoeveel persone. Gee asb jou naam op by Amanda, kerkkantoor 012 6621708 of 0829757465.

HULP MET VERVOER

Hulp word aangebied om ons senior burgers te help met vervoer in die Centurion omgewing na Inkopiesentrums vir aankope van kruideniers of ’n besoek aan die bank.

Vir verdere inligting skakel Shirley 0721429425

INFERTILITEITSBEDIENING

Matt 11:28-30"Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed.My juk is sag en my las is lig."

Ons verstaan die reis waarop jy is. Die verlange na ‘n eerste of tweede kind ken ons. Uit ons verhaal wil ons saam met jou op reis gaan na heelheid. Nie net heelheid in Christus nie, maar ook heelheid in jou menswees en in ander verhoudings. Kontak ons gerus vir meer inligting:

3

Page 4: Familienuus 2009-08-16

Wardi: 082 990 6453Liza: 082 990 6468 / Epos: [email protected]

MANNEBEDIENING – DAGBOEKOns volgende halftyd is 12 Augustus om 05:30. Kom geniet asseblief ’n koppie koffie saam met ons

en gesels lekker saam. Enige navrae skakel Dewald by 0833259307

Vrouebediening : 17 Augustus 200919:00

PvR Gemeenskapskerk“'n Persoonlike getuienis en wat die Christen-vrou moet weet met vandag se

geloofsuitdagings”'n Persoonlike getuienis en inligting rondom ander gelowe wat beloof om besonders en interessant te wees!Hierdie byeenkoms word spesiaal gereël om elke gelowige vrou te help om oop oë deur die lewe te gaan. Help jou kind deur ingelig te wees. As jy enigsins kinders en kleinkinders het, moet jy kom – bring gerus jou hoërskool (klein-) dogter saam. Jy sal nie spyt wees nie!!As jy nog nuuskierig is, skakel vir Anna-Mari by 0823344360Spreker : SakinaKaartjies @ R10 per persoon. Bespreek/betaal jou kaartjie by die kerkkantoor (Amanda) of tussen die eredienste by die afdak (om voorsiening te maak vir uitgawes!)

Wat is 'n vroue-byeenkoms sonder drinkgoed in die koppie, iets op die bordjie? Natuurlik!!!Kom geniet, ontspan en kuier lekker saam!

KONTAKBESONDERHEDE

Ds Jan Venter 662 3700 / 082 333 6552 [email protected] Henk van Rensburg 662 5619 / 082 336 7555 [email protected] Elmo Pienaar 082 410 7645 [email protected] Sampie Niemand 662 2888 / 082 698 1995 [email protected] Karel Verhoef 662 2908 / 083 297 1242 [email protected] Stephan Joubert 083 488 2822 [email protected] Mahlangu 082 624 2689 [email protected] Smit (Bediening) 082 975 7465 [email protected] Meyer (Jeugwerker) 082 460 2103 [email protected] Malan (kinderwerker) 082 823 7524 [email protected] Boshoff (Na-skool) 082 331 2408 [email protected] sekuriteit 082 547 6754 / 664 5658

4

Page 5: Familienuus 2009-08-16

Nood en Trauma 084 240 7950 [email protected] Forum (noodnommer) 079 528 1630Anna Venter 082 410 4284 (Die Huis)Marinus Loots 082 928 9773 [email protected] Klinkhamer 0780779394 [email protected](Jeug sekretaresse)

BANKBESONDERHEDE

NG Kerk Pierre van RyneveldABSA LytteltonRek no.: 600 591 355Takkode: 335 045Faks Betalingsbewys na: (012) 662 0104

BYBELREIS Aangebied deur Stephan Joubert – Woensdae 19:00

Blok 1 – Pauliniese literatuurDeel I: Dieperdelf

19 Augustus Romeine 12-16

Deel II: Temas uit Paulus26 Augustus Is vroue tweedeklas gelowiges?

2 September

Wat beteken genade nou eintlik?

5

Page 6: Familienuus 2009-08-16

9 September

Hoe moet ons dink oor geestelike gawes?

16 September

Wanneer is dit die einde?

6S

aamS

aamop op reis

reisnana

heelheidheelheid in

in Christus

Christus

SOLO SOLO BedieningBedieningPosbus 60303, Pierre van ryneveld, 0045

Tel: (012) 662 1708 / 0209 / 4211Faks: (012) 662 0104

e-pos: [email protected]

Saam

Saam

op op reis

reisnana

heelheidheelheid in

in Christus

Christus

SOLO SOLO BedieningBedieningPosbus 60303, Pierre van ryneveld, 0045

Tel: (012) 662 1708 / 0209 / 4211Faks: (012) 662 0104

e-pos: [email protected]

Hi vriende

Ons will graag ‘n paar datums vir julle gee, van aktiwiteite wat ons gereël het vir die res van die jaar.

Sondag 30 Augustus 2009 - Solo braai (ons kyk na ‘n lekker venue)

Vrydag 9 Oktober 2009 - Spreker en iets lekkers om te eet

6, 7 & 8 November 2009 - Solo Naweek

Die solo naweek vind weer plaas by tannie Maxi-hulle by Leeuspoor. Die tariewe vir die naweek sluit weer ‘n wildsrit in en 5 maaltye, dit is soos volg:

Volwassenes - R290.00Kinders 7-10 jaar - R200.00Kinders 2-6 jaar - R160.00

Ons het ‘n nutsman wat sal help met take in en om die huis, sy pryse is billik. Phillip – 072 433 7046.

As julle lus is vir ’n aandjie uit gee gerus vir Cheree Oosthuizen ‘n luitjie, haar nommer is 084 373 5674. Ek is besig om nog jong mense se nommers te kry, en sal dit vir julle e-posl.

GroeteLizette Klinkhamer

Page 7: Familienuus 2009-08-16

 

Machteld en Piet Viviers wil net almal bedank wat Sondag gehelp het toe Piet siek geword het.

VETKOEK“‘n Maaltyd op sy eie, Vetkoek en mince.” Hierdie

woorde bly my by. Hierdie is die woorde van Christoffel Visagie, maar almal noem hom Worsie!!

Wat maak ons volk so uniek? Ek sal sê die feit dat almal rasend honger is na ‘n kerkdiens op ‘n Sondagoggend.

Wat kan dan nou beter wees as vetkoek en mince?

Frikkadel: Welkom by die Vetkoekpaleis

Boeboe: Welcome to the Fatcake Palace

Worsie: Dumela Wêna Makulu Cake Cafe

Help ons asb in hierdie poging. Ek los jou met die stukkie uit ‘n Vetkoekpaleis

episode...

Ons by Quest soek voortdurend nuwe maniere om ons kinders ook op reis na heelheid in Christus te help. Kampe en trippies wat ‘n paar sheets kos vorm ‘n wesenlike deel van ons jongmense se geloofslewens. Daarom wil ons

graag hierdie “Vetkoek vibes” gebruik as ‘n fondsinsamelingsgeleentheid vir Quest jeugkampe,

om meer kinders in staat te stel om te gaan.

VETKOEVETKOEKK

Sondagoggend 23 & 30 Augustus, na die eerste diens verkoop Quest vetkoek en mince. R10 elk. Plain vetkoeke sal ook beskikbaar wees.

7

Page 8: Familienuus 2009-08-16

KUNSTEBEDIENING

Poppe poppe poppekas!Is jy lus om kreatief deel te neem aan die heelheid van die gemeente en gemeenskap. Doen dit dan op hierdie vars manier. Ons is op soek na mense (en poppe) wat deel kan word van die algemene gemeentelike lewe. Die doel is dat die poppe hier by ons lidmate is en saam in ons verhale deel (en ons natuurlik in hulle s’n).Hoor graag van jou!

Elmo 082 410 7645

VARS bandOns is deurlopend op soek na nuwe talent wat “alternative rock” verstaan, iemand wat graag met sy musiek eietyds die Here wil grootmaak. Ons soek nog van alles omdat ons meer as een groep moet hê: “Drummer”, “bassists”, “guitarists”, “ vocals” en ander. Dit sal ook lekker wees om bietjie van violiste en tjelliste te verneem.Jy hoef nie ‘n meester te wees nie! Jy moet net vir die Meester wil speel en ten minste weet wat jy doen. Twyfel jy? Moenie, kom gesels met my.

Elmo 082 410 7645

Grafiese ontwerpersVisuele kommunikasie is vir ons in ons gemeente baie belangrik. Hier is julle geleentheid om kreatief te kommunikeer. Julle sal deel wees van die kunstebediening en sal gereeld konták hê met ons oudiovisuele medialeier asook die fotografiebediening. God vra nie meer as wat ons het nie en jy het dit mos!Moenie huiwer nie, kontak my sommer nou. Mmh, of na die diens!

Elmo 082 410 7645

HR (Vrywilliger inskakeling)Tessa de Wet is ons Kunste en Menswees vrywilliger inskakeling persoon. Korporatief werk sy in Menslike Hulpbronne. Sy wil graag met jou gesels oor hoe jy met hierdie gawe jou geloofs boeties en sussies tot diens kan wees. Raak deel van ‘n dinamiese en vinnig groeiende span. Daar is nog plek!

Tessa de Wet 083 292 3192

AanbiedersOorweeg jy ‘n beroep in televisieaanbieding. Hier is dalk nie ‘n slegte plek om te begin nie. Baie van ons bedieninge het nodig om meer gereeld op video te wees rondom dit wat aangebied word. Jy kan help omdat dit jou passie is om die videokamera in die oog te kyk.

Elmo 082 410 7645

AnderDaar is nog soveel uitnemende geleenthede by die kunstebediening. Jou plekkie is nog leeg:

Dansbediening Dramabediening Dekorbediening Fotografiebediening Oudiovisuele mediabediening Klankoperateur Rekenaaroperateur Videografie Social netwerk fundi’s

8

Page 9: Familienuus 2009-08-16

Tessa de Wet 083 292 3192

MensweesDankie vir jou belangstelling in die Menswees area van ons geloofsfamilie. Ek deel graag met jou my hart vir hierdie area en sit ‘n paar bedieningsareas uiteen wat gestalte gee aan hierdie deel van God se hart.In ons geloofsfamilie gaan dit vir ons oor saam reis na heelheid in Christus. Jy sou opgemerk het dat dit baie prominent in ons aanbiddingsruimte is. Oor baie jare het dit vir ons duidelik geword dat een van die kern areas wat God op ons harte druk, ons menswees is.

SaamIn Menswees weet ons ons is kudde diere en daarom is dit saam dat ons beter is. Dit is deur ánder mense dat ons self mens is. Niemand kan enkel alleen deur die lewe gaan nie. Verdermeer is dit ook God se bedoeling dat niemand alleen deur die lewe gaan nie. Ons staan mekaar by en is opgewonde oor mekaar se menswees; ons menswees is tog immers ‘n uitdrukking van God self. Geen wonder dat Jesus gesê het dat dit in ons liefde vir mekaar sal wees dat ander Hom sal raaksien nie.

Op ReisMaar ons weet ook dat die lewe ‘n reis is; ons reis saam. Dis nie genoeg om net met mense omring te wees nie. Op reis beteken dat ons lewensverhale sal vervleg en dat ons daardeur betekenis sal toevoeg tot mekaar se menswees. En ja, natuurlik het ‘n reis beide oppe en affe, vreugde en hartseer. Wanneer die reis soms hartseer is, is dit nie God se skuld nie, maar deel van die lewensreis waar God wil hê ons spesiaal met teerheid na mekaar se verhale sal luister en heling bring. In die vreugdes van die reis vier ons natuurlik saam fees en is dankbaar hieroor.

Na heelheidOok heelheid is vir ons kenmerkend van die reis. Almal van ons het wonde deur die lewensreis opgedoen en heling daarvan is ‘n lewenslange proses. Indien ons altyd dit van mekaar kan onthou dat ons nog nie heel is nie, help dit ons om met sensitiwiteit na ander te kyk en luister. Terwyl gebrokenheid dikwels in ons verhoudings deurskemer weet ons dat die Gees van God tog verfrissende oomblikke en verhale van heelheid laat deurbreek. Ons moet ook verstaan dat heelheid deel is van ons Christelike roeping. Dikwels dink ons roeping het bloot te make met wat ek doen vir ander mense of hoe my verhouding met Jesus lyk; die grooste deel van ons roeping vandag het te make met heelheid in ons menswees. Heel mense maak ander heel terwyl repiterende gebrokenheid dikwels ander stukkend maak.

In ChristusOns motivering, hoop en krag lê in Christus. Sonder hom poog ons verniet om by ‘n plek van heelheid en betekenis uit te kom. Mens sou dit dan nie ‘n reis noem nie; eerder dalk sparteling.  Hy is die begin en voleinder van die lewensreis in wie ook ons reis eendag voortgesit word. In Christus, en in geen ander, reflekteer ons oor ons menswees. Soos Paulus eenmaal gesê het dat dit in Hom is dat ons lewe, beweeg en bestaan. ‘In Christus’ maak hierdie ‘saam reis’ na heelheid ‘n ander tipe reis waar daar altyd hoop is.

Dit is vir my belangrik dat jy sal weet dat elkeen van die volgende bedieningsareas onder drie rubrieke val: Herstel, Ondersteuning en Verryking. Ek gee dit nie so hier deur nie, maar hou dit gerus in gedagte. Daar is talle bedieninge wat jóú gawes benodig.

Ons het die volgende bedieningsareas geïdentifiseer as van kritieke belang. Ek het reeds heelwat bedieningsleiers, maar benodig nog baie. Ek spandeer bietjie meer tyd aan die nuwe bedienings en areas wat ons as van kritieke belang beskou.

9

Page 10: Familienuus 2009-08-16

WAT DOEN ONS RONDOM EGSKEIDING

Divorce Care‘Divorce Care’ is ‘n kursus wat gemik is op persone wat deur ‘n egskeiding gaan of reeds is.  Talle persone reg oor die wêreld getuig van ‘n reis van heelheid en ‘n spasie van hoop wat Divorce Care weer moontlik gemaak het.  Dit nooi jou uit na ‘n reis waarin jy eerlik en opreg met jou gevoelens omgaan. Jy besef jy’s nie alleen nie en ook dat daar ‘n toekoms is. Hoewel egskeiding as ‘n ‘punt’ beleef word, help die proses jou om by egskeiding as ‘n ‘komma’ uit te kom.

Amanda Wood het ‘n passie vir persone wat, soos sy, deur ‘n egskeiding gegaan het en hoor graag van jou indien jy hierby wil inskakel of voel jy het ‘n bydrae om te lewer.

WAT DOEN ONS RONDOM DIE VOLGENDE LEWENSFASES

Jeug (Nuwe generasie) Skakel gerus vir Hanlie Boshoff wat ons bedieningsarea leier is en saam met ‘n span energieke en bekwame persone ons jeug begelei.

Voornemende en Jong GetroudesHierdie area van die bediening fokus daarop om ondersteunend en verrykend by paartjies betrokke te wees. Dit is ‘n bediening wat sinvol deur die eerste paar jaar van die huwelik begeleiding gee en netwerke van ander jong paartjies bou.  Om reg te begin en aan te hou is, in die lig van al die nare statistiek in ons land, van wesenlike belang.  As deel van hierdie bediening bied die gemeente huweliksvoorbereiding aan wat spesifiek deur ds. Henk van Rensburg en ander kundiges aangebied word.Insake die groter bedieningsarea benodig ons hier bedieningspaartjies wat bereid is om as fasiliteerders op te tree.

Jong GesinneRuimte skep vir ‘n derde wesentjie is ‘n uitdaging en aanpassing veel groter as om te trou volgens sommige. Hierdie bediening wil julle help om vanaf die eerste nuus van die nuweling sinvol en met kundigheid deur die swangerskap te reis. Wie sal nou nee sê vir konkrete inligting en ondersteuning. Afgesien van al die roetine en psigiese veranderinge van nuwe mamma en pappa wees, is die huwelikverhouding nogals ‘n kuns in die tyd van geboorte tot na die eerste paar jaar van die kleinding. Ons benodig hier bedieningspaartjies wat bereid is om as bedieningsfasiliteerders op te tree.

Gesinne - algemeenPositiewe ouerskap en ouerbegeleiding. Is daar per slot van sake iets soos ‘n perfekte ouer? Nee, en ons wil tog so graag opleef na die onbereikbare ideaal. Daar is wel iets soos Positiewe ouers, meer ingeligte ouers, ouers vir wie optimale gesinsverhoudings belangrik is; dit is wat hierdie kursus en begeleidingsproses jou mee wil help. Ons benodig bedieningsleiers wat bereid is om as fasiliteerders op te tree.

BejaardheidSampie Niemand neem leiding rondom die welstand en versorging van hierdie bedieningsarea. Skakel hom gerus indien jy meer te wete wil kom.

WAT DOEN ONS RONDOM TRAUMAOns gemeente is aktief betrokke by die Polisiëringsforum wat gereeld met Trauma te doen kry. Dit is natuurlik nie al hoe Trauma oor die pad van die geloofsfamilie kom nie. Hiermee sê ons dat ons weet dit is ‘n belangrike deel van ons bediening.

10

Page 11: Familienuus 2009-08-16

Lucille Zwemstra is die koördineerder van alle trauma verwante versorging.  Doen gerus navraag oor van die volgende maniere hoe ons met trauma werk:

‘Engaging with Trauma’ Hierdie is ‘n opleidingsgeleentheid vir mense wat met trauma te doen kry of wat wil weet hoe hulle te werk moet gaan wanneer hulle daarmee te doen kry (daarmee moet ‘engage’). Hierdie opleiding maak jou nie ‘n traumaberader nie, maar bied jou genoeg  om net meer seker te wees oor wat jou te doen staan in trauma situasies.

‘Disempowering Trauma’“Disempowering Trauma” is ‘n nie-bedreigende aanbieding vir diegene wat direk deur trauma geraak is.  Dit neem nie die plek van traumaberading in nie en dikwels sal ‘n persoon of gesin veel vinniger by so ‘n kundige moet uitkom as om te wag vir die aanbieding.  Dit bied egter ‘n alternatief vir diegene wat skrikkerig is vir die traumaberadingsopsie. Vanuit hierdie geleentheid sou jy die keuse hê om by ‘n traumaberader of ondersteuningsgroep in te skakel. Op die minste sal hierdie geleentheid lig werp op die tipe veranderinge – psigies, emosioneel, geestelik en gedragsgewys – wat moontlik kan voorkom.

‘Trauma berading’ ‘Trauma berading’ is ook ‘n moontlikheid wat die gemeente jou bied en Lucille sal persone kon sien of verwys na ander kundiges soos haarself wat sinvol met trauma kan werk.

WAT DOEN ONS RONDOM VERSORGING

Leraars & terapeutiese diensteAlle leraars is beskikbaar vir gesprekke en sal van tyd tot tyd nie-gereelde besoeke bring soos God dit op die hart druk.  In lyn met die Bybel, ook rondom die verstaan van die amp van leraars, weet ons dat God vir ons verskillende passies en gawes gee. Om hierdie rede is daar ‘n klein beradingspan en groeiende hoeveelheid kundige hulpverleners wat help om saam met die leraars die geloofsfamilielede by te staan.  Daar vind ook verwysing plaas na professionele helpers soos sielkundiges wie ons mee bande bou en vertrou en graag saam met die gemeenskap reis.

Ek, Elmo tree grootliks op as die kontakpunt vir alle versorgingsaangeleenthede. Ek sal jou help dink oor wat om te doen of wie om te sien. Skakel my gerus, ook as jy voel jy’t ‘n bydrae om te lewer.

Op Koers (Kompas)Op Koers is ‘n proses van etlike weke wat gemik is op selfverryking; veral (maar nie uitsluitlik nie) in die konteks van vorige seerkry. Kundige beraders neem leiding van die proses en is daar om jou by staan om ‘n paar goeie treë te gee op jou reis na heelheid.

Skakel gerus vir Elmarie van Wyk of Berna Pretorius in die verband.

Hospitaal en SiekebesoekAlle leraars is in beginsel hiermee gemoeid. Ds. Henk van Rensburg speel egter ‘n gefokusde rol in die area en sal bygestaan word deur kundige hulpverleners.Skakel hom gerus indien jy weet van iemand wat vanwee siekte deur beproewing gaan of wat in die hospitaal opgeneem gaan word.

Ds. Henk is hier ons skakelpersoon.

Grief ShareGrief Share is ‘n kursus wat reeds bestaan.  Dit is ‘n proses vir mense wat erge verliese lei. Hierdie proses help met die oorweldigende gevoel wat mense ervaar wanneer daar verlies in hulle lewe of gesin is.

11

Page 12: Familienuus 2009-08-16

Al die leraars en beraders is beskikbaar maar ons hoor graag van jou indien jy spesifiek by die Grief Share program ‘n bydrae kan lewer.

BIED ONS OPLEIDING

Kundige hulpverleners opleidingTen einde om ‘n sinvolle bydrae in die emosionele hantering van die nood in die gemeenskap te maak, is daar van tyd tot tyd opleidingsgeleenthede vir mense wat graag ander wil help en bystaan. Onderskei hierdie hulpverleners van beraders wat meer gefokusde opleiding ontvang. Dikwels wil mense net weet hoe ek ‘n kollega by die werk kan bystaan en hierdie opleiding sal jou daarmee help. Die primêre doel van die opleiding is egter om mense op te lei om saam met die leraars die eerste vlak omgee in moeilike tye te wees.

Skakel gerus vir Elmarie van Wyk of Berna Pretorius in die verband.

BeradingsopleidingOns is tans in die proses om moontlikhede vir beradingsopleiding te ondersoek wat jou in staat sal stel om ‘n sertifikaat, diploma of graad in berading te doen en wettiglik as berader te praktiseer in Suid-Afrika (Huidiglik is daar baie beraders wat vanwee wetsaanpassing waarskynlik nie meer sal kan praktiseer nie)

Gesels gerus met my, Elmo, indien jy meer wil weet.

WAT DOEN ONS RONDOM FINANSIES

Finansiële, fisiese en materiële nood Rondom hierdie area vind daar maatskaplike koördinering in oorleg met leraars plaas. Daar is ook ‘n bystandsfonds wat met die nodige oordeel bedryf word.Ons benodig mense wat maatskaplike agtergrond het om by hierdie bedieningsarea betrokke te raak.

Sakel myself, Elmo gerus.

RentmeesterskapOns weet dat alles wat ons besit deur God aan ons toevertrou is. Die mooi beskrywing is om te sê ons is rentmeesters (bestuurders) van wat God ons gee. Leer in die Rentmeesterskapkursus hoe om hierdie beginsel in jou finansies toe te pas.

Skakel gerus vir Sybrand van den Berg rondom hierdie saak.

Jakob se Put/ Jacob’s wellDaar is al ‘n hele klomp gemeentes wat hierdie bediening bedryf. Dit is ‘n model wat werk en sinvol met diegene op reis is wat hulle werk verloor het. Hulle bied emosionele en praktiese bystand.Ons benodig iemand wat die bediening sal fasiliteer. Hierdie persoon kan maar net by die breër bediening inskakel en hoef dus nie die wiel te herontwerp nie.

Skakel myself, Elmo gerus.

SkuldberaadSkuldberaad het in ‘n tradisionele sin te make met jou krediteure en ‘n werkbare plan om met jou finansies kop bo water te bly. Ons wil egter ‘n stap verder gaan. Die hoeveelheid druk waardeur gesinne gaan in moeilike tye is skrikwekkend. Jy kan dalk finansieël die wa deur die drif trek, maar kan jou huwelik.Ons is op soek na mense wat nie net in die tradisionele sin van die woord gemeenskapslede wil help nie, maar ook wie mens dalk kan oplei om aan die emosionele kant ook aandag te gee.

12

Page 13: Familienuus 2009-08-16

Skakel my, Elmo gerus.

ANDER BEDIENINGSAREAS

InfertiliteitsbedieningWardi en Liza Smit ken die verhale van egpare wat sukkel om kinders te kry al te goed. Hierdie bediening bied ‘n oor om te luister en kundigheid uit persoonlike ondervinding. Indien dit jou raak moet asseblief nie alleen wees en in droefheid en verslaendheid voortleef nie.

Liza en Wardi Smit is ons kontakpersone.

SolobedieningHierdie bediening bied bystand aan mamma’s of pappa’s of individue wat om welke rede ookal enkel of ‘n enkel ouer is. Dit is ‘n kundige ondersteuningsnetwerk wat hulp bied in die areas waar jy weet jy dit as individu of enkel ouer benodig.

Skakel gerus vir Karel Vehoef, Freddie of Lizette Klinkhamer om meer uit te vind.

On PurposeCallie Roos is een van ons eksterne bedieningsvenote wat gereeld ‘On Purpose’ aanbied by ‘n koffie plekkie in die omgewing. Die tema wat hierdeur aangespreek word het te make met sin en betekenis. Indien die breë tema van sin en betekenis jou aanspreek, skakel hom gerus.

BoundariesHoeveel mense sukkel nie met een of ander vorm van perke nie; moontlik werk-familie, om nee te kan sê en vele ander.  Daar word sinvol na ‘n verskeidenheid God-bedoelde perke gekyk; emosioneel, korporatief, familie, liggaamlik, om maar ‘n paar te noem. Perke hou dit uit wat buite moet bly en laat dit in wat jou nader bring na sinvolheid in jou lewe.

Lucille Zwemstra is ons aanbieder. Jy’s welkom om haar te kontak.

Hulpbronne BiblioteekMet die tyd saam sal ons ‘n hulpbron-biblioteek opbou van boeke en media wat jy sou kon uitteken. Die hulpbronne wat opgebou word bestaan uit literatuur en media rondom herstel, ondersteuning en verryking van jouself, verhoudings of jou familie.

Indien jy dalk hier ‘n bydrae van een of ander aard kan lewer, kontak my asseblief.

VANUIT DIE PEN VAN ONS TRAUMABEDIENINGSLEIER

Liewe geloofsfamilielid. Dit is vir my lekker om as Traumabedieningsleier op te tree en ek deel graag ietsie op my hart. As Kliniese Sielkundige het ek deur die afgelope paar jaar ‘n passie ontwikkel om met die slagoffers van trauma te werk. Die kern hierin is dat ons almal op een of ander fase van ons lewe trauma beleef. Attie Steyn (sielkundige) beskryf trauma as ‘n haelbui op ‘n bedding grasangeliere. Die oorsaak verdwyn dikwels vinniger as die gevolge. Heeltemal onverwags, onbepland en op tye wat ons geensins voorbereid is daarvoor nie. A. Muller beskryf ‘n traumatiese insident in sy eie lewe as volg:

Ek het my kind gisteraandamper aan die dood afgestaan.Sien, sy het epilepsie

13

Page 14: Familienuus 2009-08-16

in ‘n erge graad.Sy was in die baden het ‘n bietjie gerinkink,maar het ‘n Grand Mal seizure gekryen amper verdrink.

Toe ons haar krywas sy onder water, haar gesiggie blou.Sy het reeds opgehou asemhaal,was bewegingloos, en heeltemal flou.Met die krag van almal saamhet ons haar uit die water gekry,haar lyfie weerloos, naak, op die vloer neergelêen ek het gedink: dis nou verby.

Ek weet nie hoe nie, ek kan nie onthouhoe ek haar weer laat asem haal het.Ek het haar in my arms styf vasgehouterwyl ek gehuil het, en gebid:“Here, nie nou nie, nie my kind!”Die ambulans was vinnig daar,ek het die sirene al van ver gehoor.Alles was so skokkend deurmekaaren in my angs en huil kon ek versmoor.

Ek het nog nooit die doodso vierkant in die oë gekyk.‘n Mens se hart kan nooit begrootvir ‘n trauma soortgelyk.Yolanda, my kind,jou ogies was so verboureerd,toe jy verstaan probeer vind,maar alles was vir jou te vreemd.

Ek het die ambulans gevolgtot by die hospitaal.Hulle het dadelik vir jou begin sorgen my emosioneel deurgehaal.Toe ek ontvangs toe loopom te gaan betaalhet ek van iewers ‘n radio gehoor,en Leona Lewis het vir my gesing:“I promise you, I’m always thereWhen your heart is filled with sadness and dispair.I’ll carry you when you need a friend –You’ll find my footprints in the sand”

Yolanda, my enigste dogter,Mamma sal nooit die aand van 1 Oktober 2008 kan vergeet nie.

Ek sal op gereelde basis verdere trauma inligting vir u weergee in hierdie nuusblad.

GroetnisLucille Zwemstra

14

Page 15: Familienuus 2009-08-16

15