februarie die rietfluitdie rietfluit - kerkmuis · pdf fileskool gegaan. dit was ‘n ......

Download Februarie Die RietfluitDie Rietfluit - Kerkmuis · PDF fileskool gegaan. Dit was ‘n ... Annelies van den Berg Annelize Kotze Werner van den Heever ... die lesse voltooi is, is dit

If you can't read please download the document

Upload: phambao

Post on 09-Feb-2018

334 views

Category:

Documents


92 download

TRANSCRIPT

  • FebruarieFebruarieFebruarieFebruarie

    2011201120112011

    Nr 27Nr 27Nr 27Nr 27

    Die RietfluitDie RietfluitDie RietfluitDie RietfluitDie RietfluitDie RietfluitDie RietfluitDie Rietfluit Kwartaalblad van die Gereformeerde Kerk RietvalleiKwartaalblad van die Gereformeerde Kerk RietvalleiKwartaalblad van die Gereformeerde Kerk RietvalleiKwartaalblad van die Gereformeerde Kerk RietvalleiKwartaalblad van die Gereformeerde Kerk RietvalleiKwartaalblad van die Gereformeerde Kerk RietvalleiKwartaalblad van die Gereformeerde Kerk RietvalleiKwartaalblad van die Gereformeerde Kerk Rietvallei

    Kyk met nuwe oKyk met nuwe oKyk met nuwe oKyk met nuwe o

    Lees binnLees binnLees binnLees binne:e:e:e:

    Kamp saam met die Kamp saam met die Kamp saam met die Kamp saam met die tienerstienerstienerstieners

    Hoop in Olievenhoutbosch

    Besoek van Kanadese studente

    Wat het van die matrieks geword?

    CRUMA: waarheen is hulle oppad?

    Rietvallei se katkisasiemateriaal gewild

    Wat gebeur alles by die Eljada-huis

    Ontdek jou gawes . en vele meer

  • D onkiejare terug het ek op Ermelo skool gegaan. Dit was n rustige, vervelige Hoveldse dorp wat ek nou nog vas glo, die inspirasie agter o koud is die windjie en skraal was. Met Kersfees gaan kuier ons by my familie in KwaZulu-Natal en ry weer deur hierdie plek van herinneringe aan my tienerjare. In plaas daarvan dat ek kan terugsit en kyk na bekende en onbekende plekke, sien ek van ver af al hierdie groot nuwe ontwikkeling wat soos n moderne dobbelplek lyk. Multi-verdieping met torings en koepels. Net om n paar minute later uit te vind dit is een van die grootste moskees wat ek nog in ons land sien verrys het! Dadelik kyk ek met nuwe o na hierdie dorp uit my jeug. Soek ek na die boerege-meenskap wat Sondae die drie susterskerke vol gesit het en kom toe agter dat die dorp se karakter heeltemal verander het. En ek wonder in die stilligheid hoe die omies ouderlinge-met-die-wegl-snorre hierdie verandering verwerk.

    Dit was egter nie die einde van my verbasing nie. Toe ons die klein dorpie waar my familie woon (Melmoth) binnery, was my verbasing groot om ook hier langs die hoofpad deur die dorp te sien dat daar sedert ons laaste besoek n moskee gebou is. Op die plaas aangekom, vra ek na die nuwe verwikkeling en hoor toe hierdie storie: n Ryk sakeman van Vryheid het n paar miljoen Rand geskenk vir die bou van die moskee. Daar is nie Moslems in die omgewing nie, maar hulle sou glo onder die plaaslike bevolking begin werf. So word die moskee gebou en na voltooiing begin die stem oor die luidspreker gelowiges oproep tot gebed. Dit is toe nou hier waar die plaaslike NG dominee en n paar ander Christene by-mekaarkom en n gebedsgroep stig wat bid dat hierdie stem stilgemaak moet word. Binne n week word die plaaslike imam dood agter sy lessenaar gevind. Daarna is almal toe te bygelowig om weer die moskee te besoek. Ongelukkig kon ek nie die storie bevestig kry nie, aangesien die dominee reeds n beroep elders heen aanvaar het. Met die nuwe o waarmee ek na die plek kyk, kon ek wel sien dat die gras nie gesny word nie en dat die gebou beslis nie gebruik word nie - daar is reeds van die ruite stuk-kend gegooi deur kwaaddoeners. Klink die storie te goed om waar te wees? Ek weet nie. Maar dit sal my nie verbaas nie.

    RedaksioneelRedaksioneelRedaksioneelRedaksioneelRedaksioneelRedaksioneelRedaksioneelRedaksioneel

    Menings wat in hierdie blad uitgespreek word is nie noodwendig di van die kerkraad of die redaksie nie.

    Voorbladfoto: Kobie Coetzee 2

    Bydraes vir Rietfluit word altyd verwelkom. Die volgende persone het van hulle tyd gegee om hierdie uitgawe n sukses te maak:

    Kobie Coetzee

    Jacques van der Elst

    Bernard Hellberg

    Julie Reid

    Magriet Lee

    Clarisse Venter

    Naas Ferreira

    Christine Ferreira

    Marthie Beumer

    Jani de Kock

    Jane Korevaar

    Jacoba Kotzee

    Gerhard van Rhyn

    Annelies van den Berg

    Annelize Kotze

    Werner van den Heever

    Lynelle Steyn

    Marlize Earle

    Jannie Earle

    Annatjie van Schalkwyk

    Die eerste uitgawe van Rietfluit is elke jaar vir die redak-sie die grootste uitdaging van die jaar. Niemand kom regtig op dreef voor die einde van Januarie nie en dan is die sperdatum gewoonlik reeds op ons.

    Om in te val by ons tema vir hierdie kwartaal vertel Kerkmuis van n paar oogprobleme in die gemeente en Tannie Kobie se storie vertel vir die kleingoed van n wonderwerk van iemand wat blind was en genees is.

    Ons kon weer eens hierdie afgelope kwartaal ervaar hoe die Here nie net vir ons voorsien nie, maar ons ook bederf! Aan Hom al die eer.

    - J

    Melmoth se moskee

  • 3

    Katkisasiemateriaal wyd gebruikKatkisasiemateriaal wyd gebruikKatkisasiemateriaal wyd gebruikKatkisasiemateriaal wyd gebruikKatkisasiemateriaal wyd gebruikKatkisasiemateriaal wyd gebruikKatkisasiemateriaal wyd gebruikKatkisasiemateriaal wyd gebruik

    O mdat mense al hoe minder lees en By-belkunde ook nie meer in staatskole aangebied word nie, word die Bybelkennis van ons kinders al hoe minder, vertel dr Henk Stoker. Daarom het hy so 4 jaar gelede die voorstel aan Rietvallei se katkisasiekommissie voorgel dat katkisasiemateriaal vir die graad 2-7s op video ontwikkel word sodat die kinders self daarna kan kyk en luister. Die voorstel is aanvaar en dr Henk en die kategete het aan die werk gespring. Aanvanklik sou so n video be-staan het uit die voorlees van n Bybelgedeelte saam met ge-paste video-insetsels wat die stuk in kon-teks plaas en verduidelik en met uitgewerkte vrae daaroor. Later is ook n p s a l m a s musiekinsetsel bygevoeg. Soos die lesse voltooi is, is dit beskik-baar gestel. Nou, na 3 jaar, is die hele Bybel deurgewerk en in 78 lesse beskikbaar. Aangesien die graad 2-7s dieselfde werk behan-del, is die fokus vir die graad 2-4s op die feitelike inhoud van die Bybelgedeeltes, en vir die graad 5-7s op insigvrae. Daar is ook begin met die be-lydenisskrifte vir die graad 4-7s. Dit beteken dus in die praktyk dat die graad 2-7s die Bybel twee keer deurwerk, met net n graadverskil in die diepte van die materiaal. In die begin is die duplisering van die materiaal in die gemeente self gedoen agv beperkte finansile middele. In n poging om n wyer afset vir die ma-teriaal te ontwikkel, en dit ook meer professioneel af te rond, is AROS (Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies) genader om te hoor of hulle

    nie sou belangstel om die materiaal ook te gebruik in die opleiding van hulle onderwysers nie. Op hierdie manier kan die materiaal ook wyer in skole beskik-baar gestel word. AROS het dit aanvaar, n verdere verduideliking van die materiaal ontwikkel en by-gevoeg, alles professioneel afgerond en beskikbaar gestel. Van 2011 af bestaan die materiaal uit n DVD met n nuwe invulwerkboekie vir die graad 2-4s, en n DVD met n werkboek, plus n handleiding met verdere inligting, vir die graad 5-7s. Al hierdie materiaal is gratis vir aflaai beskikbaar op AROS se webbladsy:

    http://aros.ac.za/web/. Afgesien van Riet-vallei gebruik 15 ander gemeentes in die GKSA nou hierdie materiaal vir katkisasie, sowel as die Afri-kaanse gemeentes van die Reformed Church in New Zealand. Nog 78 ander gemeentes, ook uit ander kerk-verbande, het navrae aan AROS gerig met die oog op die moontlike

    gebruik daarvan. Bykomend is ook begin om net n Bybelvoorlesing met gepaardgaande video-insetsels wat op hierdie 78 lesse gebaseer is, te ontwikkel. Dit is n deur-lopende projek wat nog nie afgehandel is nie. Die voorlesings wat reeds voltooi is, is wel beskik-baar by Rietvallei se kerkkantoor: 1 DVD met 6 maande se voorlesings daarop @ R30 1 CD met alle selfoonformate vir aflaai @ R20 1 MP3 (klank-CD) @ R10

    - Clarisse Venter

  • 4

    Die oes is groot maar die werkers min Die oes is groot maar die werkers min Die oes is groot maar die werkers min Die oes is groot maar die werkers min Die oes is groot maar die werkers min Die oes is groot maar die werkers min Die oes is groot maar die werkers min Die oes is groot maar die werkers min

    M et hierdie teks uit Matt 9:35-38 stuur Magdel Williams, Besturende Direkteur van Kings Hope in Olievenhoutbosch, haar veldwerkers uit en be-moedig sy hulle tydens n weeklikse beplanningsessie. Sy moedig hulle aan om die werk waartoe God ons roep, te doen sonder verskonings of halfhartigheid.

    Die meeste van die sorgwerkers by Kings Hope het wel genoeg verskoning: armoede, siekte, moeilike omstandig-hede. Maar Magdel vertel dat hulle hul werk met soveel ywer, positiwiteit en deernis aanpak en deurvoer, dat sy net die hoogste respek vir hulle het.

    Sy vertel dat van die wer-kers, wat nou haar staat-makers met opleiding en versorging is, self op n stadium so siek was dat niemand gedink het hulle sou die volgende dag se lig sien nie. Maar die He-re het hulle nog n kans gegee om hul gemeen-skap te dien.

    Hope Community Church is in 2002 gestig as Gere-formeerde kerk, met n Gereformeerde predikant, maar die predikant het later besluit om sy eie kerk te stig los van die Gereformeerde leer. Olievenhoutbosch Refor-med Church is nou die plaaslike gemeente met predikant Patrick Mengoai, wat pas afgestudeer het en nou ses maande verlof het. Pastoor Maurice Mulenga neem in sy plek waar. Die konsulent is ds Awie Verhoef van die Gereformeerde kerk Wierdapark.

    Kings Hope is gestig met die oogmerk om God se genade en liefde op praktiese wyse aan mense oor te dra. Chris-tus het mense geleer, maar hulle ook versorg, gesond gemaak en hoop gegee.

    Ons wil eers vir mense liefde en kos gee en terwyl ons dit doen, kry ons die geleentheid om hulle v