geestelike lewe voorbeeld vir issuu

4
© 2013 Jimi le Roux | www.jimileroux.com | Alle regte voorbehou geen kopiëring, duplisering of verspreiding toegelaat. Geestelike Lewe ‘n Program oor 40 weke deur Jimi le Roux Oefeninge vir ‘n Jesus-volgeling Hierdie kursus gaan oor spiritualiteit, daardie dimensie in elke mens wat soek na ‘n verhouding met God en wat die lewe wil verstaan vanuit ‘n groter, goddelike perspektief. ‘n Geestelike lewe is meer as godsdiens, want dit gaan veral oor die geestelike-in-die-gewone-lewe. Die hele lewe is immers ‘n geestelike saak! Ons soek na ‘n spiritualiteit-van-die-lewe. Soos met Geestelike Vorming, waarvan hierdie kursus die opvolg is, fokus ons nie net op informasie nie, maar op transformasie. Daarom gee ons baie aandag aan geestelike oefeninge, wat ons kan help om die lewe geestelik te beleef. Die vloei van ons kursus is van aarde na hemel, van liggaam na gees, van natuurlik na geestelik. Inhoud DEEL 1: GRONDBEGINSELS #1 Spiritus die deuraseming van God #2 Natuur eers natuurlik, dan geestelik #3 Grond die heiligheid van die skepping #4 Skepsels wat die diere ons van God leer #5 Liggaam fisiek geanker in die realiteit DEEL 2: SIELSBEGINSELS #6 Identiteit om te WEES wie ek is #7 Roeping om te WORD waartoe God my roep #8 Groei om by volwassenheid te kom #9 Emosie om myself te beleef en te beheer #10 Relasie verantwoordelikheid en empatie #11 Seks seksualiteit en spiritualiteit #12 Werk werk en kreatiwiteit as goddelike saak #13 Rus sabbat en genade as geloofsaak #14 Besit die gawe en die gevaar van geld #15 Genot gemaak om te geniet en te waardeer #16 Dankbaarheid die krag van danksegging #17 Lewe die lewe as God se program vir ons #18 Sakrament antieke ritmes en simbole #19 Reformasie die Woord in al sy vorme #20 Charisma die vernuwing van die Gees DEEL 3: GEESBEGINSELS #21 Vlees en gees die oorkoming van die ego #22 Skadu die donker in ons lewe #23 Vrug die Heilige Gees-lewe #24 Krag Die Heilige Gees-ervaring #25 Leiding die onderskeiding van God se stem #26 Wonders die belewing van wonders en tekens #27 Oorwinning die geestelike stryd #28 Drome die verstaan en uitleg van drome #29 Tale die gawe en uitleg van tale #30 Profesie die gawe en uitleg van profesie DEEL 4: GEBEDSBEGINSELS #31 Lof die krag van lofprysing #32 Voorbidding die gebed van intersessie #33 Rekonsiliasie belydenis en herstel #34 Belydenis die bevestiging van die waarheid #35 Geloof die oorkoming van vrees #36 Meditasie die bepeinsing van die Woord #37 Oorgawe die krag van aanbidding #38 Kontemplasie die gebed van stilte #39 Gemeenskap eenheid met God #40 Liefde die doel van alles Kursus uitkomste: “Geestelike Lewe” rus die volgeling van Jesus toe met begrip vir die spiritualiteit van die lewe (INFORMASIE), motivering om die lewe geestelik te leef (INSPIRASIE), en praktiese wyses waarop die lewe geestelik geleef kan word (TRANSFORMASIE). Inhoud en Voorwoord

Upload: jimi-le-roux

Post on 19-Mar-2016

256 views

Category:

Documents


1 download

DESCRIPTION

Die Voorblad en eerste deel van die kursus GEESTELIKE LEWE deur Jimi le Roux

TRANSCRIPT

Page 1: Geestelike Lewe Voorbeeld vir Issuu

© 2013 Jimi le Roux | www.jimileroux.com | Alle regte voorbehou – geen kopiëring, duplisering of verspreiding toegelaat.

Geestelike Lewe ‘n Program oor 40 weke deur Jimi le Roux Oefeninge vir ‘n Jesus-volgeling Hierdie kursus gaan oor spiritualiteit, daardie dimensie in elke mens wat soek na ‘n verhouding met God en wat die lewe wil verstaan vanuit ‘n groter, goddelike perspektief. ‘n Geestelike lewe is meer as godsdiens, want dit gaan veral oor die geestelike-in-die-gewone-lewe. Die hele lewe is immers ‘n geestelike saak! Ons soek na ‘n spiritualiteit-van-die-lewe. Soos met Geestelike Vorming, waarvan hierdie kursus die opvolg is, fokus ons nie net op informasie nie, maar op transformasie. Daarom gee ons baie aandag aan geestelike oefeninge, wat ons kan help om die lewe geestelik te beleef. Die vloei van ons kursus is van aarde na hemel, van liggaam na gees, van natuurlik na geestelik.

Inhoud DEEL 1: GRONDBEGINSELS #1 Spiritus – die deuraseming van God #2 Natuur – eers natuurlik, dan geestelik #3 Grond – die heiligheid van die skepping #4 Skepsels – wat die diere ons van God leer #5 Liggaam –fisiek geanker in die realiteit DEEL 2: SIELSBEGINSELS #6 Identiteit – om te WEES wie ek is #7 Roeping – om te WORD waartoe God my roep #8 Groei – om by volwassenheid te kom #9 Emosie – om myself te beleef en te beheer #10 Relasie – verantwoordelikheid en empatie #11 Seks – seksualiteit en spiritualiteit #12 Werk – werk en kreatiwiteit as goddelike saak #13 Rus – sabbat en genade as geloofsaak #14 Besit – die gawe en die gevaar van geld #15 Genot – gemaak om te geniet en te waardeer #16 Dankbaarheid – die krag van danksegging #17 Lewe – die lewe as God se program vir ons #18 Sakrament – antieke ritmes en simbole #19 Reformasie – die Woord in al sy vorme #20 Charisma – die vernuwing van die Gees

DEEL 3: GEESBEGINSELS #21 Vlees en gees – die oorkoming van die ego #22 Skadu – die donker in ons lewe #23 Vrug – die Heilige Gees-lewe #24 Krag – Die Heilige Gees-ervaring #25 Leiding – die onderskeiding van God se stem #26 Wonders – die belewing van wonders en tekens #27 Oorwinning – die geestelike stryd #28 Drome – die verstaan en uitleg van drome #29 Tale – die gawe en uitleg van tale #30 Profesie – die gawe en uitleg van profesie DEEL 4: GEBEDSBEGINSELS #31 Lof – die krag van lofprysing #32 Voorbidding – die gebed van intersessie #33 Rekonsiliasie – belydenis en herstel #34 Belydenis – die bevestiging van die waarheid #35 Geloof – die oorkoming van vrees #36 Meditasie – die bepeinsing van die Woord #37 Oorgawe – die krag van aanbidding #38 Kontemplasie – die gebed van stilte #39 Gemeenskap – eenheid met God #40 Liefde – die doel van alles

Kursus uitkomste: “Geestelike Lewe” rus die volgeling van Jesus toe met

� begrip vir die spiritualiteit van die lewe (INFORMASIE),

� motivering om die lewe geestelik te leef (INSPIRASIE), en

� praktiese wyses waarop die lewe geestelik geleef kan word

(TRANSFORMASIE).

Inhoud en Voorwoord

Page 2: Geestelike Lewe Voorbeeld vir Issuu

Geestelike Lewe Oefeninge vir ‘n Jesus-volgeling

© 2013 Jimi le Roux | www.jimileroux.com | Alle regte voorbehou – geen kopiëring, duplisering of verspreiding toegelaat.

Voorwoord Twintig of dertig jaar gelede is voorspel dat godsdiens op pad uit is, soos die wetenskap genoegsaam geag is om die wêreld te verklaar en te beheer. Dit gebeur wel vandag dat die amptelike kerke verliese aan lidmate ly, maar die mens se behoefte aan ‘n verhouding met God – of ten minste aan die goddelike of transendente – het geensins afgeneem nie. Die wetenskap kan net tot op ‘n punt sin aan ons lewe gee en beweeg self, bv. in die kwantumfisika, in ‘n gebied in wat die rasionele verstaan van dinge toets en oorskry. Vandag word aanvaar dat elke mens ‘n spiritualiteit het – m.a.w. ‘n dimensie wat probeer sin maak van alles deur dit in verband te bring met die transendente werklikheid. Vir gelowiges is daardie werklikheid God, maar ook ongelowiges het ‘n spiritualiteit van hulle eie: dinge wat hulle glo en die aanvaar van een of ander doel in die lewe. Daar is altyd die behoefte om die self as enigste verwysingspunt te oorkom. As ons ‘n kursus oor spiritualiteit daarstel, wil ons dit soos volg afbaken:

Holisties-Christelike spiritualiteit Aangesien spiritualiteit (en spirituele – ‘n woord wat ek vermy – begeleiding of “Spiritual Direction”) so ‘n algemene saak is, het daar ‘n algemene spiritualiteitslering ontstaan wat nogal versoenbaar is met alle godsdienste, of selfs met ongelowiges. Dit het breedweg te doen met die oorkoming van die ego, die uitleef van liefde, die leef van ‘n verantwoordelike lewe in die wêreld en die belewing van eenheid met die goddelike. Alle godsdienste streef dit na. Ek wil hiervan wegskram en fokus op ‘n Christelike spiritualiteit. Ons eie geloof deel oor al daardie sake op ‘n wonderlike manier, en ons wil eerder ‘n wesenlik Bybelse spiritualiteit daarstel, wat hoogstens geïnformeer kan word deur wat ook elders bevind is. Ons is Christene en stel maar net belang in ‘n absoluut Christelike en Christusgesentreerde lewenswyse. In ooreenkoms met Christian Schwartz se sg. Trinitariese Model van Christelike spiritualiteite (sien www.ncd-international.org) wil ons onderskei tussen drie breë spiritualiteite in die Christelike kerk:

• die liturgiese en kontemplatiewe benadering, bv. in die Katolieke, Ortodokse en Anglikaanse Kerk,

• die reformatoriese en evangeliese benadering van die Protestantse kerke, en

• die charismatiese, vernuwende benadering van die Pinksterkerke en Charismatiese beweging. Schwartz ken ‘n fokus toe van God die Vader aan die eerste een, van God die Seun aan die tweede en van God die Gees aan die derde. Hy voel al drie was nodig en sy benadering is in daardie sin trinitaries. Die werk van die Here op aarde is veral in die sentrum van hierdie drie bewegings (wat oorvleuel) te vinde en nie soseer op die periferie nie. Ons wil ook in ons spiritualiteit die beste uit elke tradisie neem en nie die fout maak nie om stelling in te neem in een hoek en alles wat nie met ons eng standpunt ooreenstem nie, te verwerp. Dit sou vermetel wees. Ons vertrekpunt is reformatories-evangelies, en ons reis is na die charismatiese en die kontemplatiewe. Op die wyse inkorporeer ons ‘n holisties-Christelike spiritualiteit.

Praktiese spiritualiteit Spiritualiteit is wesenlik prakties, nie teoreties nie. Natuurlik is daar ‘n teologie agter die toepassing, maar die post-moderne behoefte is nie na ortodoksie (reg glo) nie, maar na ortopraksie (reg doen). Spiritualiteit behels ‘n perspektief, maar word uitgespeel in die praktyk. Dit is ‘n lewenswyse. Dit maak sin van, dit reframe, die gewone lewe. Ons kursus wil ook uit en uit op die praktyk afstuur en ons doen dit in elke deel soos volg:

• ons begin met ‘n Skrifgedagte, waaruit ons bespreking vloei;

• ons verskaf die nodige INFORMASIE wat ook ten doel het om aan ons wat die tema betref INSPIRASIE te verskaf. Daar is ook ‘n gedeelte met addisionele inligting vir die wat meer wil weet;

• ons fokus is op geestelike oefeninge wat die beginsel in ons lewe kan vaslê en ons deur herhaling daarby kan bring om ‘n geestelike lewensbeskouing te ontwikkel. Ons wil TRANSFORMASIE beleef.

As geregistreerde lewensbegeleier (life coach) is die doen van (geestelike) oefeninge vir my juis belangrik, aangesien die transformerende waarde daarvan ‘n bewese saak is. Ons leer deur te doen. Jimi le Roux Die groen en pers van laventel, en die skoonheid, geur, gehardheid en gebruike waarvoor die blom so bekend is, sal ons by ons uitleg inspireer.

Page 3: Geestelike Lewe Voorbeeld vir Issuu

© 2013 Jimi le Roux | www.jimileroux.com | Alle regte voorbehou – geen kopiëring, duplisering of verspreiding toegelaat.

#1 Spiritus Ons begin ons studie van ‘n geestelike lewe deur te let op die feit dat ons geestelike wesens is. Die Woord spel ons samestelling presies uit in Genesis 2:7. Let op dat die mens bestaan uit (1) ‘n LIGGAAM – die stof van die aarde, (2) GEES – die asem van die lewe, wat (3) saamvoeg om ons ‘n lewende SIEL te maak:

1.1 Ons bestaan uit die grond en die Gees Ons is as MENSE een wese. Ons is nie siele wat geeste het, of geeste wat liggame bewoon nie – ons IS liggaam, siel en gees. Aldrie is nodig om ons MENS te maak. Ons kan liggaam, siel en gees onderskei, maar nie skei nie. Ons kan wel die verskillende aspekte soos volg beklemtoon: • Ons liggame bestaan uit die elemente van hierdie aarde – gewone elemente en verbindings wat uit

die ruimte en vanaf die planeet kom: suurstof (65%), koolstof (18%), waterstof (10%), stikstof (3%), kalsium (1.5%), fosfor (1%) en kleiner hoeveelhede kalium, swael, natrium, magnesium, ens. Ons liggaamlikheid anker ons stewig as deel van die groot heelal. Elke liggaam word uit die natuur ontleen en keer weer na die natuur toe terug. Ons is egter meer as net atome!

• Ons liggame is dood tot God sy gees in ons inblaas. Die woord gees beteken in sowel Hebreeus (ruach) en Grieks (pneuma) ook asem of wind. In Latyn beteken spiritus (gees) ook asem. Die gees wat God in ons inblaas is sy asem, ‘n deel van sy Gees. Dit beteken die lewe is goddelik, heilig. Dit is ‘n kosbare gawe van God waaraan ons met elke asemteug herinner word. God gee sy asem aan ons, en God neem dit ook weer terug (Ps 104:29, Ps 146:4). God se Gees dryf ons lewe aan. Paulus sê aan die Grieke (Hand 17:25b-28):

God gee aan alle mense die lewe, die asem en alles.

God bepaal hoe lank hulle sal leef en wat hul omstandighede sal wees.

God het hulle gemaak om Hom te soek, maar Hy is nie ver nie,

want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons.

God is vir ons soos die water is vir die visse, soos die lug om ons. Hy is ons element, ons asem, ons lewe. Ons is meestal totaal onbewus daarvan, maar deur sy genade kan ons wakker word vir die feit dat Hy DAAR is en kan ons bewustelik met Hom, die grond vir ons bestaan, in verhouding tree. Dit – ons bekering – is vir ons die geboorte tot ‘n nuwe lewe. Die Heilige Gees maak dan woning in ons gees – die diepste hart van ons wese – en beïnvloed (en be-geester) ons vanuit ons onbewuste.

• Ons siel is die setel van ons bewussyn. Ons EK-bewussyn (of ego) is die beherende meganisme wat ons gedrag bestuur. Die hoofaspekte van ons sielslewe is ons denke (insluitende waarneming, geheue, logika, ens.); ons emosie (insluitende temperament, sentimente) en ons wil (insluitende instinkte, motiewe, waardes en reaksies). Ons siel skakel met die grond waarvan ons gemaak is, asook met die gees in ons.

Prys die Here saam met Dawid, wat in Psalm 8 (v4-6) besef dat ons as mense op ‘n manier deel in die goddelike heerlikheid, dat ons iets van God besit en uitstraal – dat ons sy afbeelding is (Gen 1:26):

Ad

am

an

d E

ve

(David

Pir

tle

)

Geestelike Lewe Oefeninge vir ‘n Jesus-volgeling

Kursus-uitkoms: “Geestelike Lewe” rus die volgeling van Jesus toe met

� begrip vir die spiritualiteit van die lewe (INFORMASIE),

� motivering om die lewe geestelik te leef (INSPIRASIE), en

� praktiese wyses waarop die lewe geestelik geleef kan word (TRANSFORMASIE).

Page 4: Geestelike Lewe Voorbeeld vir Issuu

Geestelike Lewe Oefeninge vir ‘n Jesus-volgeling

© 2013 Jimi le Roux | www.jimileroux.com | Alle regte voorbehou – geen kopiëring, duplisering of verspreiding toegelaat.

As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die

sterre wat U toeberei het— wat is die mens dat U aan hom dink, en

die mensekind dat U hom besoek? U het hom ‘n weinig minder gemaak as ‘n goddelike wese en

hom met eer en heerlikheid gekroon.

1.2 Ons moet deur die Gees lewe Ons wil nie net bestaan nie – ons wil LEWE met HOOFLETTERS. Ons wil die lewe ten volle leef, oorvloedig leef (Joh 10:10)! Daarvoor moet ons uit die kern en wese van ons bestaan leef – uit ons gees, en uit die Heilige Gees wat daar woon. ‘n Geestelike lewe is nie ‘n lewe wat net met God of godsdiens te doen het nie, maar is ‘n spesifieke uitkyk op die hele lewe. Die hele lewe is geestelik as dit geestelik geleef word. Dit is ‘n Geesgevulde lewe. Hy, die Gees (Spiritus) is die een wat ons in-spireer (inspirare = asemhaal).

Ons soek na ‘n lewe wat deur God deurasem word.

Ons is op soek na ‘n spiritualiteit van die lewe. ‘n Geesgedrewe lewe van sin en betekenis, ‘n lewe van verwondering en diepte. Dit sal ons bevry van ‘n oppervakkige lewe waarin ons niks meer is as ‘n ontwikkelde dier nie, of ‘n selfsugtige lewe wat net oor my eie oorlewing en voorspoed gaan. Goeie, lewensversterkende spiritualiteit anker ons stewig aan die grond, maar leer ons ook om deur die Gees die wêreld te beleef. Net deur ons konneksie met grond EN Gees is ons waarlik die mens wat God ons gemaak het om te wees. As jy in Christus is (deur Hom in geloof te aanvaar), is Christus deur sy Gees in jou, jou hoop op heerlikheid (Kol 1:27), soos ‘n skat in ‘n erdekruik (2 Kor 4:7). As jy God soek, moet jy Hom nie hier of daar buite jou soek nie, want Hy is in jou – altyd teenwoordig, altyd lewendmakend, ondersteunend en energerend, altyd wagtend en altyd gereed vir verhouding.

Ons soeke is inwaarts en afwaarts. Hy wag daar.

DOEN DOEN DIE VOLGENDE OEFENINGE HIERDIE WEEK

1. Jy moet tyd hê om aan jou geestelike lewe te skenk. Daarsonder sal jy nie groei nie. Wat van ‘n halfuur soggens, of oor middagete, of miskien ‘n uur een middag van die week? Dalk kan jy Saterdag- of Sondagmiddag bietjie stil word? Kyk wat vir jou werk, maar besef dat dit ‘n opoffering gaan verg. Dit is egter absoluut die moeite werd! Dit sal jou ook help as jy vir jou ‘n joernaal aanskaf om in te skryf – as jy ‘n skryf-mens is. Daarin kan jy aanteken watter Skrifgedeeltes jy gelees het, wat die Here met jou deel en wat in jou hart is. 2. Ons sal ons geestelike oefeninge begin met gewone asemoefeninge. As jy jou stiltyd begin, sit rustig en doen eers een van die volgende met toe oë: (1) trek jou asem stadig en diep in (4 tellings), hou dit in (4 tellings) en laat dit stadig uit (4 tellings). Herhaal vir ‘n paar minute; (2) haal stadig en diep asem en sê elke keer as jy stadig uitasem in jou gedagtes “Jesus”, of “vrede”. Herhaal vir ‘n minuut of twee. Hoekom doen ons hierdie oefeninge? Ons haal te vlak asem en dit maak ons gespanne. Diep asemhaling maak ons dadelik rustiger. Onthou die spreuk: halwe asem, halwe lewe! Gebruik die oefeninge ook enige tyd as jy gespanne voel. Jy sal ook vind dat die fokus op jou asemhaling jou gedagtes rustig maak (aflei van jou dag se gewoel) en jou gereed maak om met die Here te deel. Dit skep ‘n nuttige brug van die gejaag, geraas en gemaal na ‘n tyd van innerlike kalmte.

���� Vir die wat meer wil weet: 1. Gaan ons nie eendag vir ewig sonder ons liggame wees nie? Nee, die Skrif doen baie moeite om te sê dat ons inderdaad NUWE LIGGAME gaan kry, verheerlikte liggame – vir ewig! Lees daaroor in 1 Kor 15:35-58. Ook in 2 Kor 5:1-9 sê Paulus as ons ons huidige “tentwoning” aflê, sal ons hemelse woning ons oordek. Ons sal nie “naak” voor God staan nie, m.a.w. liggaamlose siele wees nie. Dit was ‘n gedagte wat hulle in hul tyd bang gemaak het. 2. Kyk hoe die verskillende vertalings die woorde gees, asem of wind in Ps 104:29, Ps 146:4 en Pred 8:8 (sien KJV) verskillend weergee – omdat die woord enige van die drie kan beteken. 3. Kom die lewensasem van diere ook van God? Ja, verseker. In daardie sin is alle lewe ‘n goddelike gawe en kosbaar en heilig. Ons glo egter dat die mens (ook as BEELD VAN GOD – die verskil tussen ons en die diere ) nie slegs die fisieke lewe van God ontvang het (soos die diere) nie, maar ook die ewige lewe (anders as die diere). 4. Is die Heilige Gees dan nie net in kinders van God nie? Ons moet dit op twee maniere sien. Deur die skepping is God die Vader van almal (en is elke sondaar ‘n wegloopkind) en is Hy deur sy Gees oral en in almal. Dit is dan juis sy Gees wat in ons werk om ons van Hom bewus te maak en ons te bekeer. Hierdie betrokkenheid van die Gees is deel van God se algemene genade. Deur sy verlossing is God die Gees meer spesifiek betrokke in die lewe van die gelowiges. Hy lei ons tot bekering – soos gesê – en gee aan ons ‘n nuwe lewe. Hy lei ons, vorm ons en vul ons. Deur die Gees word Hy ons Vader in die ware sin van die woord. Dit is sy besondere genade.

Rom

ein

se

parf

uum

bo

tte

l