geestelike oorlogvoering - ngkerkvrystaat.co.za  · web viewgeestelike oorlogvoering (sklas...

25
GEESTELIKE OORLOGVOERING (SKLAS Noord-Transvaal, Agenda 1999 p 98) 1. INLEIDING Dat die debat oor geestelike oorlogvoering aktueel is, kan nie betwyfel word nie. Briewe in die Kerkbode oor die vraag of Christene demonies besete kan wees, is 'n duidelike aanduiding hiervan. Sekere sendingorganisasies vereis dat al sy sendelinge opleidingseminare moet bywoon "om te leer hoe om die magte van die duisternis te konfronteer en aan te val" (MacArthur, Wapens 9). 'n Versoek het van die kant van die Ring van Windhoek gekom om die boeke van Ds Bennie Mostert, Geestelike Oorlogvoe?ing en Die werk van gebed, te beoordeel. Hierdie versoek spruit voort uit 'n brief wat aan die Ring van Windhoek geskryf is oor hierdie boeke. In hierdie brief is daar vermeld dat verwarring onder lidmate oor hierdie boeke bestaan. Die verslag wat volg, is 'n kort beoordeling van die boeke en maak hoegenaamd nie aanspraak op volledigheid nie. Die kommissie het geoordeel dat hierdie twee boeke bymekaar hoort omdat dit op baie plekke oorvleuel. Daar is ook baie kante aan hierdie saak wat in besonderhede beoordeel behoort te word. Alles wat Mostert sé, is ook nie verkeerd of onaanvaarbaar nie. Tensy anders vermeld , kom die aanhalings uit Mostert se boeke uit Geestelike oorlogvoering. 2. WAT IS GEESTELIKE OORLOGVOERING? Die voorstanders van hierdie beweging gebruik hierdie term om 'n geestelike oorlog in die geestelike sfeer met geestelike wapens en geestelike krag teen geestelike vyande te beskry£ Hierdie vyande is uiteraard die bose magte en demone. Vanuit die troonposisie of gesagsposisie van die Christene, waardeur God die "absolute gesag in die heelaP aan sy kinders gedelegeer het, 1an en moet ons verdedig, aanval, bind, ontbind, weerstaan, bevry (bindinge en besetenheid) en heers" (1 l). Onkunde by gelowiges oor hierdie gesagsposisie is volgens Mostert een van die vernaamste redes waarom die kerk deur die eeue "so stadig

Upload: tranquynh

Post on 09-Jan-2019

240 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: GEESTELIKE OORLOGVOERING - ngkerkvrystaat.co.za  · Web viewGEESTELIKE OORLOGVOERING (SKLAS Noord-Transvaal, Agenda 1999 p 98) 1. INLEIDING. Dat die debat oor geestelike oorlogvoering

GEESTELIKE OORLOGVOERING(SKLAS Noord-Transvaal, Agenda 1999 p 98)

1. INLEIDING

Dat die debat oor geestelike oorlogvoering aktueel is, kan nie betwyfel word nie. Briewe in die Kerkbode oor die vraag of Christene demonies besete kan wees, is 'n duidelike aanduiding hiervan. Sekere sendingorganisasies vereis dat al sy sendelinge opleidingseminare moet bywoon "om te leer hoe om die magte van die duisternis te konfronteer en aan te val" (MacArthur, Wapens 9).

'n Versoek het van die kant van die Ring van Windhoek gekom om die boeke van Ds Bennie Mostert, Geestelike Oorlogvoe?ing en Die werk van gebed, te beoordeel. Hierdie versoek spruit voort uit 'n brief wat aan die Ring van Windhoek geskryf is oor hierdie boeke. In hierdie brief is daar vermeld dat verwarring onder lidmate oor hierdie boeke bestaan. Die verslag wat volg, is 'n kort beoordeling van die boeke en maak hoegenaamd nie aanspraak op volledigheid nie. Die kommissie het geoordeel dat hierdie twee boeke bymekaar hoort omdat dit op baie plekke oorvleuel. Daar is ook baie kante aan hierdie saak wat in besonderhede beoordeel behoort te word. Alles wat Mostert sé, is ook nie verkeerd of onaanvaarbaar nie. Tensy anders vermeld , kom die aanhalings uit Mostert se boeke uit Geestelike oorlogvoering.

2. WAT IS GEESTELIKE OORLOGVOERING?

Die voorstanders van hierdie beweging gebruik hierdie term om 'n geestelike oorlog in die geestelike sfeer met geestelike wapens en geestelike krag teen geestelike vyande te beskry£ Hierdie vyande is uiteraard die bose magte en demone. Vanuit die troonposisie of

gesagsposisie van die Christene, waardeur God die "absolute gesag in die heelaP aan sy kinders gedelegeer het, 1an en moet ons verdedig, aanval, bind, ontbind, weerstaan, bevry (bindinge en besetenheid) en heers" (1 l). Onkunde by gelowiges oor hierdie gesagsposisie is volgens Mostert een van die vernaamste redes waarom die kerk deur die eeue "so stadig gevorder het met die uitdra van die evangelie aan die ganse mensdom en waarom daar soveel mislukte sending- en evangelisasiepogings was" (6). Op sigself is hierdie 'n baie aanvegbare stelling en berus dit op 'n baie subjektiewe beoordeling van die geskiedenis.

Die eerste aspek van geestelike oorlogvoering is om mense wat onder 'n binding van Satan is, vanuit die "gesagsposisie" wat Christene het, te bevry. In die inleiding van Mostert se boek, sé hy die volgende: Maar is een seker manier waarop die Satan ongehinderd kan voortgaan en dit is wanneer gelowiges niks aan die saak doen nie. Dit is nie nou die tyd vir soldate van die koninkryk van God om te onttrek nie, dit is nou die tyd om tot die aanval oor te gaan. Die vestings van die Satan moet vernietig word en sy aanvalle moet teengestaan word. Die oorlog is aan die gang, of ons dit wil weet of nie en die geestelike slagveld is vol gewondes en dooies."

Onder hierdie gewondes en dooies verstaan Mostert klaarblyklik diegene wat deur die Satan besete of gebind is. Hierdie bose geeste word deur hom genoem: 'Mense kan besete of gebind wees deur bose geeste soos bv geeste van vrees, onvergewensgesindheid, wellus, woede, onreinheid, bitterheid, depressie, geeste uit die Hindoeïsme of Boeddhisme (of ander godsdienste), karate, yoga, 'n waarséende gees, ens" (92). Later maak hy ook onderskeid

Page 2: GEESTELIKE OORLOGVOERING - ngkerkvrystaat.co.za  · Web viewGEESTELIKE OORLOGVOERING (SKLAS Noord-Transvaal, Agenda 1999 p 98) 1. INLEIDING. Dat die debat oor geestelike oorlogvoering

tussen die koninkryk van God en die koninkryk van Satan (130). Die geestelike karakter van die koninkryk van Satan omvat o.a onheiligheid, rebellie, selfsugtigheid, ongeloof, twyfel, depressie, moedeloosheid, gierigheid, haastigheid, onvolmaaktheid, gebrokenheid en OORLOG!

'n Tweede aspek wat in die boek behandel word, is die gedagte dat die bose ook sekere geografiese vestings in organisasies, kerke, die kultuur van 'n volk, gewoontes van mense, politiek en stede (slegs enkele voorbeelde), kan hé (92). Daarom is dit volgens Mostert, byvoorbeeld voor 'n evangelisasieveldtog nodig om eers magte wat 'n spesifieke stad of dorp beheer, te identifiseer, te bind, te bestraf en te weerstaan. Hy verklaar dan: Mers wanneer die oorwinning in die geestelike sfeer behaal is, gaan die werkers uit en verkondig aan die mense dat hulle nou vry is om na Christus te kom" (122). Omdat die duiwel vestings oprig in die gemoedere van mense, spesifieke geografiese areas, organisasies en kerke, moet die Christene daardie vestings identifiseer en "vernietig in Jesus se Naam" en die "terrein wat voorheen deur die bose beset is, onder die heerskappy van jesus Christus" plaas (115).

Mostert gee 'n lang uiteensetting van terreine wat die Christen moet vermy, aangesien dit terreine is waar die bose werksaam is (79-81). Die volgende terreine word genoem:

Valse godsdienste, kuitusse en organisasies, bv New Age, Bahai, Vrymesselary, jehova getuies, ens. Geneeswyses en genesers, bv akupunktuur, homeopatie, chiropraktyk, kleurdiagnose, hipnose, sekere vorme van val in die gees. joga, ens. Waarsêery Ongeoorloofde seksuele terapie Sport en ontspanning, bv karate, judo, joga, kulkunstenaars, ens Musiek, bv popmusiek, rockmusiek, "heavy metal", sekere vorme van klassieke musiek, rock operas, ens. Kinderspeelgoed en -programme soos He-man en speelgoed met 'n duidelik okkultiese karakter. Films, bv Halloween, Rosemary's baby, ens. Ander, bv parapsigologie, wit en swart magie , b o n z a i Sensitiwiteitsopleiding, ens.

Mense word in die boek aangemoedig om by groepe aan te sluit waar 'n mens geleer moet word hoe om geestelike oorlogvoering te bedryf (117). Klaarblyklik is dit nie iets wat die Christen sommer weet nie. 'n Mens moet "geleer word om dit te doen" (117). Dat daar heelwat beginsels by hierdie proses betrokke is, word bevestig in dertig beginsels vir geestelike oorlogvoering aan die einde van die boek (145-153).

3. BEOORDELING VAN DIE BOEKE

3.1 Geestelike oorlogvoering as hermeneutiese sleutel

Die boek is grootliks gebaseer op ervarings wat mense gehad en waarvan die historiese betroubaarheid moeilik bevraagteken kan word. 'n Vraag wat sekerlik nie buite rekening gelaat moet word nie, is in watter mate die voorstanders van hierdie beweging se hele verstaan van die werklikheid deur geestelike oorlogvoering beheers word. Geestelike oorlogvoering kan op hierdie manier die hermeneutiese sleutel tot ontsluiting van die

Page 3: GEESTELIKE OORLOGVOERING - ngkerkvrystaat.co.za  · Web viewGEESTELIKE OORLOGVOERING (SKLAS Noord-Transvaal, Agenda 1999 p 98) 1. INLEIDING. Dat die debat oor geestelike oorlogvoering

werklikheid en die Skrifboodskap word. Die Skrif verklaar homself dus nie, maar word verklaar vanuit ' n subjektiwistiese werklikheidservaring en -beskouing.

3.2 Die "WERK" van gebedMostert se boek oor gebed (Die werk van gebed) bevat praktiese riglyne vir die sinvolle inrigting van die gebedslewe. God se goedheid word- beklemtoon, maar die boek se teologiese styl is dieselfde as die boek oor geestelike oorlogvoering. Hy gaan resepmatig en metodisties met die tema van gebed om.

Daar kom nie veel tereg van die stelling aan die begin dat gebed 'n verhouding met God is nie (11). Die rede daarvoor is dat gebed as 'n verhouding met God geskei word van gebed as werk as 'n tweede faset van gebed (11). Dat gebed 'n "werks"-aspek het staan ho twyfel, maar ook in daardie opsig bly gebed 'n vrye, spontane, lewende gemeenskap met God. Gelowiges kan op bepaalde stadiums behoefte hé aan leiding tov die praktiese reëling van gebed. As 'n huweliksverhouding egter na 'n tydperk nog steeds deur reëls gestruktureer word, is daar groot fout! In Hfst 6 word twintig riglyne vir effektiewe gebed gegee, sonder dat ons gehelp word om te verstaan wat is "effektiewe" gebed.

Die grootste probleem met die boek 18 nie soseer in enkele uitsprake nie, maar, soos hieruit afgelei kan word, in die hele benadering tot die saak van gebed, die styl waarmee met die saak van gebed omgegaan word. Die gesindheid van ootmoedigheid wat pas by die feit dat ek as sondaar teenoor die heilige God staan, ontbreek in hierdie benadering. So ook die gesindheid van dankbaarheid dat ons na Hom kan kom in gebed en dankbare verwondering dat ons mag bid. Gebed is juis 'n uitdrukking van ons hulpeloosheid. Die gedagte in Fil 4:6 dat ons ons begeertes aan God moet bekend maak, bevat iets relativerends. Enige pretensie van ons kant word uitgesluit. Ons kan nie ons wense aan Hom opdring nie. Ons lê dit in sy hande om dit in sy hande te laat. 'n Metodistiese styl is nie bevorderlik vir so 'n gebedshouding nie, al die waardevolle inligting in die boek ten spyt.

3.3. Geestelike oorlogvoering as herlewing van ou dwalings

Alle nuwe rigtings moet getoets word aan die Woord en die belydenis van die kerk deur die eeue. Wanneer Mostert se boek bestudeer word, is dit baie duidelik dat ou dwalings in hierdie denkrigting herleef. Dit is onmoontlik om alles uit te lig, omdat die boek eerder 'n denkraamwerk verteenwoordig as enkele formulerings wat afwykend mag klink. Daarom moet daar in die algemeen aan die denkraamwerk aandag gegee word.

3.3.1 Herlewing van Gnostisisme en mistisisme

Die vraag kan tereg gevra word of die geestelike oorlogvoering-beweging nie dalk die navolging van 'n kultuur is wat die kenmerke van sy tyd volg en nie die Bybel nie. Nogeens moet beklemtoon word dat alles wat Mostert sé, nie noodwendig verkeerd is nie. Onsoortuiging is egter dat sy boeke heelwat heidense en Christelike clemente vermeng.

Die Gnostisisme is 'n term wat gebruik word om 'n samevoeging van 'n klomp godsdienstige elemente te beskryf wat in die eerste tot die vierde eeu in die kerk voorgekom het. Louis Berkhof (History of Cbristian doctrines) beskryf dit as 'n vreemde mengsel van joodse en Christelike leerstellings en heidense spekulatiewe denke. Vroeg in die tweede eeu was daar wydverspreide godsdienstige onrus en 'n baie sterk neiging om godsdienstige idees te versoen. Die groot doel was om die soeke na dieper kennis, die mistieke gemeenskap met

Page 4: GEESTELIKE OORLOGVOERING - ngkerkvrystaat.co.za  · Web viewGEESTELIKE OORLOGVOERING (SKLAS Noord-Transvaal, Agenda 1999 p 98) 1. INLEIDING. Dat die debat oor geestelike oorlogvoering

God, te dien. Berkhof stel dit onverbeterlik: "It may be said that Gnosticism, mistakenly sought to elevate Christianity to its rightful position, that of universal religion, by adapting it to the needs of all, and by interpreting it in harmony with the wisdom of the world" (46). 'n Paar uitstaande clemente van die Gnostisisme kan beklemtoon word:

Ten diepste is heidense en christelike elemente vermeng.

'n Dualisme word deurgaans in die gnostiese denke aangetre£ Dit kom tot uitdrukking in die oortuiging dat daar twee gode was wat teenoor mekaar gestaan het. Die een was die sterke en goeie god en die ander laer en sleg.

Die wéreld is wesenlik boos. Die siel van die mens is egter, in onderskeiding van die bose liggaam, 'n vonkie van die suiwer goddelikheid. Ongelukkig het hierdie siel van die mens op 'n onverklaarbare wyse met die bose verstrengel geraak.

Verlossing of oorwinning oor die wéreld is slegs verkry deur geheime rites. eo 'n Dieper kennis kan verkry word in die geestelike dinge as wat gewone gelowiges kan opdoen.

Simboliese rites, mistiese seremonies en magiese formules het die beweging baie populér gemaak. jesus se woorde is op 'n allegoriese wyse verklaar en baie het hierdie leringe as die ware evangelie gesien.

Is daar blyke van hierdie denke in die boeke van Mostert? 'n Paar aanhalings in die boek met kantaantekeninge kan verhelderend wees. Tensy anders vermeld , kom die aanhalings uit Geestelike oorlogvoering.

a) Die dualistiese wéreldbeeld van die gnostisisme word in die Geestelike oorlogvoering aangetref Vir Mostert is die weerstand wat gelowiges teen die Bose moet bied, slegs die helfte van die stryd (18). Ons is medewerkers en medestryders in die stryd teen die duiwel en sy trawante wat ook 'n bindaksie moet bewerk. Waarom? Mostert verklaar: "Ons moet goed verstaan dat daar in die heelal twee koninkryke bestaan: die koninkryk van God en die koninkryk van Satan. Hierdie koninkryke staan egter nie op gelyke vlak langs mekaar nie. Die koninkryk van die Bose is nie so omvattend soos die koninkryk van God nie en is ondergeskik aan laasgenoemde. Hierdie koninkryke staan wel teenoor mekaar soos lig teenoor duisternis, waarheid teenoor leuen, vryheid teenoor gebondenheid, lewe teenoor dood en hemel teenoor hel" (7S). In die inleidende paragrawe van die boek word die selfondersoekende vraag aan elke leser gevra: "Gee ek uitdrukking aan die vyandskap wat God tussen die Satan en die Hoof van die kerk geplaas het?" (4). Daarop volg dan die gedagte dat die ignorering van hierdie en ander vrae daartoe aanleiding kan gee dat 'n mens die prooi van Satan sal bly en nie 'n lewe van oorwinning sal smaak nie (5). Soos reeds aangedui, word geestelike oorlogvoering as die aktiewe stryd teen die magte van die duisternis gesien. Die beginsel van agtervolging moet selfs toegepas word om die oorwinning volledig te maak (150). Die dualistiese wéreldbeeld wat tiperend van die gnostisisme was, is hieruit duidelik.

b) MacArthur (Volkome in Christus) vind dit vreemd dat soveel Christene hulle by hierdie beweging skaar. Volgens sy oortuiging is dit die gevolg van 'n ongesonde obsessie met die Satan en demoniese magte: 'Te oordeel na die bywoning, glo duisende Christene werklik dat Satan hulle sal verslind as hulle nie'n opleidingskamp vir geestelike oorlogvoering bywoon en een of ander strategie om duiwels te bekamp, leer nie" (170). Volgens MacArthur kan die

Page 5: GEESTELIKE OORLOGVOERING - ngkerkvrystaat.co.za  · Web viewGEESTELIKE OORLOGVOERING (SKLAS Noord-Transvaal, Agenda 1999 p 98) 1. INLEIDING. Dat die debat oor geestelike oorlogvoering

gewildheid van hierdie gedagte teruggevoer word na die invloed wat die mistisisme in die kerk het: Talle van die taktieke wat hierdie selfbetitelde deskundiges op die gebied van geestelike oorlogvoering voorstaan, het hoegenaamd geen Skriftuurlike gronde nie. Dit is die vrug van mistisisme wat hand uit ruk" (171,172). Die mistisisme hou veral daarmee verband dat daar bepaalde deskundige tegnieke aangeleer moet word wat, naas dit wat die Woord ons leer, aangewend moet word om duiwels uit te dry£ Hierop kan ons instemmend met MacArthur sé: "God se plan vir geestelike oorlogvoering is nie beperk tot 'n paar deskundiges nie. Dis geen verborgenheid nie. Dis nie moeilik nie. Opleidingskampe is onnodig. God se plan word duidelik uitgespel in die Woord, naamlik: 'Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug' (jak 4:7). Dink die voorstanders van die hedendaagse geestel ike oorlogvoering-beweging ais te simplisties om te glo dat God se plan sal werk?" (42).

c) Magiese opvattings

‘n Saak wat deurgaans beklemtoon word is dat die Christene versigtig moet wees vir die krag van die duiwel en sy medewerkers. Hierdie krag is bonatuurlik en kan selfs in sport, kinderspeelgoed en ander dinge skuil (80,81). 'n Studiestuk is deur die SAUK gedoen oor die invloed wat oklcultiese simbole en tekens wat in die massamedia voorkom op die gedrag van kinders het. Hoewel die komitee hom duidelik u i t s p r e e k t e e n d i e voor-die-hand-liggende en duidelik herkenbare uitbeelding van satanistiese en/of okkulte simbole en die verheerliking van twyfclagtige simbole (44), dui die komitee aan dat daar geen wetenskaplike bewys bestaan vir die gedagte dat hierdie simbole mense ontvanklik maak vir okkultiese beïnvloeding nie (22). Die komitee verklaar dan ondubbelsinnig: "Hierdie vrees is onses insiens 'n variasie op die magiese interpretasie van hoe simbole werk. Die interpretasie berus op 'n aanname dat die krag van die simbool in die simbooi geleë is en dat die mens (kind) hulpeloos daaraan uitgelewer is. Die tikkie bygelowigheid wat daarin opgesluit lé, word maklik ontmasker. Sou dit byvoorbeeld moontlik wees om Christelike bekeringswerk te doen deur vir kinders in die Midde-ooste tekenprente te stuur waarin die kruis en die vis telkens subtiel figureer. Waarom "werk" nie-Christelike simbole anders (kragtiger?) as Christelike simbole? Of is daar werklik iemand wat glo dat die Christelike geloof op hierdie manier by 'n ander kultuur ingesmokkel kan word? ... In hierdie verband sou selfs gesé kon word dat die bewering dat simbole oor inherente krag beskik, in Bybelse sin as 'n heidense gedagte beskou kon word. Simbole wat in 'n sekere sin 'afgode' is, het in hulself geen werklike krag nie (1 Kor 8:4). Hierdie skriftuurlike waarheid ten opsigte van simbole word dus deur wetenskaplike bevindinge gerugsteun" (22,23 - sien ook die boek: Satan ontbloot waarin Prof J van der Watt hierdie saak op dieselfde manier hanteer).

Mostert se beklemtoning van die mag van Satan selfs in dinge, berus dus eerder op 'n heidense opvatting as op die Bybel.

c) Gebed as wapen

'n Hele hoofstuk word deur Mostert aan gebed en oorlogvoering gewy. Eksegeties staan die inleidende paragraaf dat gebed op die aantrek van die wapenrusting van God volg, op swakgronde. Die bedoeling van Paulus in Ef 6 is volgens die oorgrote deel van die kommentatore eerder dat die wapenrusting van God biddend, dws in afhanklikheid aangetrek moet word.MacArthur (Wapens vir die geestelike stryd) stel dit só: 'Taulus sé nie dat bo en behalwe die geestelike wapenrusting, gebe ' d bygevoeg moet word nie. Hy gee te kenne dat gebed ingeweef is in die wapenrusting self' (158). Mostert sé dan dat 'n mens gebed en oorlogvoering nie kan skei nie: "Gebedsoorlogvoering het direk te doen met die magte van

Page 6: GEESTELIKE OORLOGVOERING - ngkerkvrystaat.co.za  · Web viewGEESTELIKE OORLOGVOERING (SKLAS Noord-Transvaal, Agenda 1999 p 98) 1. INLEIDING. Dat die debat oor geestelike oorlogvoering

die duisternis en is nie teen 'vlees en bloed' gemik nie (Ef 6:12). In gebedsoorlogvoering hanteer die gelowige die sleutelmag van Mat 16:19 om te bind en te ontbind; tree hy op vanuit die gedelegeerde gesag wat aan hom toegeken is in Ef 2:6 en bid hy soos die Heilige Gees die wil van God aan hom openbaar vir elke spesifieke situasie" (9 1) ... Daar waar ons oortuig is dat spesifieke bose geeste aan die werkis, kan ons bid en sé: 'Here, ons is bewus van die teenwoordigheid van bose geeste - ons wil hulle nie hier hé nie. Op grond van jesus se oorwinning oor die Satan aan die kruis, bind ons nouhierdie bose geeste en weerstaan hulle in die Naam van Jesus.' Aan die Satan en sy demone kan ons sé: 'Satan, in die Naam van Jesus Christus weerstaan ek jou en beveel jou om jou uit hierdiesituasie te onttrek" (91,92). Volgens

M.ostert moet 'n mens aanhou bid totdat die oorwinning behaal is, anders laat ons die Satan en sy magte toe om aan te hou werk en skade te doen (103). Die Satan kan egter ons gebed teenstaan, maar ons moet vasstaan. die Satan weerstaan en deurbid totdat die oorwinning behaal is (107). Gebed is werk (109). Die bidder moet "elke duim grond in hierdie wéreld aan die magte van die hel ontworstel ..." (109).

Lofprysing funksioneer op dieselfde vlak in hierdie boek. Lofprysing, sé Mostert, "verdryf die vyand, dit verdryf twyfel, vrees en 'n oormatige vaskyk teen die Bose" (152). Dit moet as wapen gebruik word, want daar is krag in lofprysing (59). Hoe Mostert die perspektief in sy boek kan akkommodeer dat lofprysing die Satan ignoreer en God eer, is in die lig van sy boek, 'n anomalie (59). 'n Mens wonder hoekom hy dit nie in die eerste plek doen nie, want die duiwel 1aat dit as mense hom en sy aanslae ignoreer en God prys ..." (59). Die lof aan God is inderdaad die oplossing vir ons stryd teen die Bose, aangesien die Bose oorwin is!

In sy boek, Die werk van gebed, word gebed ook by geestelike oorlogvoering betrek. Dit beskerm teen die aanvalle van die Bose (13), dit is deel van die aanval om die Bose se planne te vernietig (13). Ook jesus se naam moet as 'n "wapen" gebruik word in die gebedstryd (30). In hierdie verband word meermale verwys na die tlgesagsposisie" wat ons in Christus het, om in ons gebed "gesag te neem oor al die werkinge van die Bose in 'n persoon se lewe totdat oorwinning behaal is" (82). Geestelike werkers moet weet hoe om gesag oor die duiwel uit te oefen (100). Wat die Bose aan betref, is daar "gebiedsgeeste" wat in sekere geografiese areas bly en werk (117), en in elke stad moet die spesifieke bose geeste se vestings daar verbreek word. Gebed is onder andere die wyse waarop dit gedoen kan word.

Dit is in die Skrif duidelik dat gebed nooit as 'n wapen funksioneer nie, maar as die belydenis van ons afhanklikheid van God. In die gebed wat jesus ons geleer het, word ons nie geleer om die BOSE aan te spreek nie, maar bid ons dat die Here ons van die Bose sal verlos. Dit het hy ook inderdaad gedoen. In Ef 6:18 word die gebed ook nie gesien as 'n wapen waardeur die Bose bestraf word nie, maar as 'n gebed tot God deur die Gees vir alle gelowiges.

Om van gebed 'n wapen te maak wat die bose afweer, kom eerder ooreen met die tradisionele Afrika godsdienste as met die Bybel. In hierdie godsdienste word gebed gesien as die afweer van die kwaad (Bosch, Het evangelie in Afrikaans gewaad, 75). Warneck (The living Christ and dying beathenism) beklemtoon dat die vrees vir die magte van die demone in die leefwéreld van die animiste so werklik is, dat bekering eerder 'n verlossing van die bose as 'n verlossing van die vloek van die sonde beteken (238). Die oordrewe klem op die afweerkrag van die gebed laat vrac oor die agtergronde van gebedsoorlogvoering ontstaan.

Page 7: GEESTELIKE OORLOGVOERING - ngkerkvrystaat.co.za  · Web viewGEESTELIKE OORLOGVOERING (SKLAS Noord-Transvaal, Agenda 1999 p 98) 1. INLEIDING. Dat die debat oor geestelike oorlogvoering

Om van gebed 'n aanvalswapen te maak, sou selfs in stryd wees met die konteks van Ef 6. Geleerdes toon oortuigend aan dat die atmosfeer van Ef 6 nie die van aanval is nie, maar van verdediging. Roels (TIJe church as instrument of the mission) toon in sy proefskrif aan dat selfs die swaard van die Gees binne die konteks van Ef 6, primér defensief is. Die wapenrusting van die gelowiges is volgens Roels "beslissend verdedigend" (217). Die oproep in Ef 6:10 dat gelowiges hulle krag in die Here en sy groot mag moet soek, dien as die styl van hierdie gedeelte. Die Griekse woord is 'n passiewe bevelsvorm wat ten diepste op die rus in die bekragtiging.deur die Here aankom. HIERDIE KRAG IS DIESELFDE WAT CHRISTUS UIT DIE DOOD OPGEWEK HET en dieselfde woorde wat in Ef 1:19-21 voorkom, kom in 6.10 voor. Prof Dirkie Smit(Woord teen die lig) sé hieroor: "Die feit dat God tans Cbristelik en heilsaam heers, moet veral 'n waarskuwing wees teen enige voortydige en ongeduldige poging om sélf die ondraaglike situasie te beëindig en sélf knope deur te hak deur in sy Naam ánders te wil begin heers. Dit gaan om Christus wat heers, oor sy kerk en oor die wéreld en nie om die kerk wat (in sy plek) oor die wéreld mag of wil heers nie. Dit is 'n dringende waarskuwing dat die saak van Christus slegs gedien kan word in die styl van Christus, deur sy Gees en nie deur krag of geweld nie. Dit is 'n waarskuwing teen enige poging om die eie saak of die eie belang en stryd volkome te identifiseer met sy saak en sy stryd en dit in sy Naam - hoe vroom en opreg ookal - maar nie in sy styl nie, op te neem in kruistogte, heilige oorloë, straatrewolusies, ens... Die waarheid is tans dat God tans Christelik regeer in die wéreldgeskiedenis, nie deur krag of geweld nie, maar deur sy Gees" (145,146).

Colin Brown (Dictionary of NT Theology) benadruk daarom dat die Nuwe Testamentiese wapens daarom veral die verdediging teen die geestelike aanval ten doel het. Daarom is die kernwoorde in hierdie gedeelte: staan op jou plek, bly waar jy reeds is (6:11,13,14). C F D Moule sé in sy kommentaar op hierdie gedeelte dat die beeld hier nie dié van 'n opmars of aanval is nie, maar dié van die beskerming van die fort van die hemelse koning. Wie teen die Satanstry, stry as oorwinnaar want ons wapenrusting is van hemelse fabrikaat. Die Lewende Bybel se vertaling van Ef 6:13 is daarom in die kol: "Gebruik dan al die wapens wat God ons gegee het, sodat julle julle kan verdedig as julle aangeval word, en as die geveg verby is, sal julle nog onoorwonne wees."

d) Vreemde mensbeeld

Die mensbeeld wat in Mostert se boek funksioneer, 'Kom eerder uit die Griekse filosofie as ui-, die Bybel. Plato en het

VERSLAG AS: LEER EN AKTUELE SAKE

die skeiding tussen liggaam en siel konsekwent gehandhaaf Die liggaam was die slegte en die siel die ewige en hoër deel van die mens. Die siel keer met die dood van die mens weer na die ideëryk terug en is onsterflik. Mostert handhaaf hierdie Griekse onderskeiding: "Om in die Gees te bid, moet ook verstaan word dat die mens uit drie onderskeibare dele bestaan, naamlik: Gees, siel en liggaam (1 Tess 5:23; Hebr 4:12). Veral Heb 4:12 sé baie duidelik dat ons tussen siel en liggaam moet onderskei. Wanneer hierdie onderskeid nie getref word nie, gaan baie dinge op geestelike vlak verlore en kry mense dit nie reg om dinge geestelik te onderskei nie ... Die siel (dit is die wil, emosies en intellek) van die ongeredde mens domineer sy gees. Met wedergeboorte draai dit egter om en is die wedergebore gees in staat om weer oor die siel te heers" (97,98 - sien ook p 70». Dieselfde verdeling word in sy

Page 8: GEESTELIKE OORLOGVOERING - ngkerkvrystaat.co.za  · Web viewGEESTELIKE OORLOGVOERING (SKLAS Noord-Transvaal, Agenda 1999 p 98) 1. INLEIDING. Dat die debat oor geestelike oorlogvoering

opvatting oor gebede met die, sogenaamde "soul-force" aangetref: "Daar is, soos reeds gesé, 'n duidelik onderskeid tussen gees en siel. Baie mense bid vanuit die siel, met sielekrag of "soul force", en met vleeslike motiewe" (107).

Naas die probleme wat ervaar word met Mostert se Skrifgebruik in hierdie geval, het daar tallose studies oor die mensbeeld verskyn wat aandui dat die Bybel die mens as 'n eenheid sien (o.a Wolff: Antbropology). Pedersen (Israel) verklaar uitdruklik dat siel en liggaam vir die Ou-Testamentiese mens so nou verweef is dat daar nie eens van 'n onderskeiding gepraat kan word nie (171). Hoewel die indruk deur sommige tekste in die Nuwe Testament geskep kan word dat die mens geskei kan word in liggaam, siel en gees, is die bedoeling van hierdie tekste eerder om die onskeibaarheid van die ligaam, siel en gees aan te dui, as om die verdeling aan te dui. 'n Griekse mensbeeld kon wel by sommige outeurs van die Nuwe Testament bestaan het, maar die oorwig van getuienk dui op die teenGeel (Sien

VERSLAG A5: LEER EN AKTUELE SAKE

Prof Cas Vos se boekie: Anderkant die graf - Bybelkor). Prof Adrio König dui hierdie feit oortuigend aan wanneer hy die begrippe siel, liggaam, vlees, gees en hart in die Bybel grondig ondersoek. Hy sé dat dit duidelik is dat hierdie woorde "glad nie nie dele van die mens kan verwys nie ... Dit is duidelik dat jy van elders beinvloed moet wees om nou juis die mens as siel en liggaam te beskou. Direk of indirek kom hierdie invloed uit die Griekse filosofie ... Om saam te vat sou ons kon sé dat die ondersoek na die verskillende sentrale begrippe vir die mens in die Bybel ons leer dat die mens 'n enkelvoudige wese is en nie 'n saamgestelde wese nie. Hierdie begrippe bedoel nie verskillende dele waaruit die mens bestaan nie, maar verskillende funksies en ervaringe van die mens, en dikwels die hele mens, wat elke keer vanuit 'n besondere gesigspunt of hoek benader word" (1993:230).

'n Mens kan nie anders as om op die sinkretistiese aard van die beweging te wys nie. Natuurlik is dit nie die bedoeling daarvan nie. Natuurlik wil Mostert die saak van die koninkryk van God deur die boek dien, maar dit is ons mening dat daar ongesonde en selfs onchristelike elemente in die boek voorkom wat eerder 'n bedding in die wéreld as in die Bybel het.

3.3.2 Herlewing van semi-pelagianisme Soos reeds genoem, kan 'n mens baie moeilik slegs formulerings in die boek beoordeel. Die denkraamwerk wat in die boek aangetref word, is die herlewing van ou dwalings wat in die vroeë geskiedenis van die kerk voorgekom het en telkens in die geskiedenis herhaal is. Hierdie dwalings het in die beskouings van o.a die semi-pelagiane en die Remonstrante voorgekom. Ten diepste word die toesegging van God se genade in hierdie beskouings afhanklik gemaak van die aksie van die mens. Eise en voorwaardes word aan die betoning van God se genade gekoppel. Die regverdiging van die mens deur God word van die

162

heiliging van die mens afhanklik gemaak. Wanneer die orde so omgekeer word, hou dit verband met die beskouing dat die mens 'n vrye wil het om vir of teen die Here te kies. 'n Mens ontvang dus God se genade nie op grond van God se vryheid nie, maar op grond van die vryheid van jou keuse vir die Here.

Page 9: GEESTELIKE OORLOGVOERING - ngkerkvrystaat.co.za  · Web viewGEESTELIKE OORLOGVOERING (SKLAS Noord-Transvaal, Agenda 1999 p 98) 1. INLEIDING. Dat die debat oor geestelike oorlogvoering

'n Paar voorbeelde in Mostert se boek: Geestelike oorlogvoering kan verhelderend wees: "Die voorwaardes vir 'n lewe van voortdurende antwoord op gebed is o.a. die volgende" (99). Hy noem dan o.a. die volgende dinge: Word ingeplant in die dood van Christus, breek teen volle met die sonde en verkry 'n gereinigde hart. Ook wanneer hy van gebed en vas praat, se hy dat God aan Juda die oorwinning in 2 Kron 20:1-30 gegee het as "resultaat vangebedenvas"(110). Sondewatbely word is klaarblyklik ook die enigste sonde wat vergewe word: "Dit beteken dat die bloed nie sonde sal bedek en reining wat ons wegsteek nie. Die bloed reinig sonde wat in die lig gebring en bely word ... Baiekeer bely mense sonde in die algemeen en ervaar nie vergifnis nie, dan is dit omdat hulle nie deelik genoeg bely het nie en nie die volle omvang van die daad van sonde wil erken en bely nie" (139 - sien ook 52). Hoewel hy op die volgende bladsy probeer sé dat die Here alleen vcrgifnis van sonde bring, spreek die teologie van die boek duidelik van 'n voorwaardelike genade. Jesus se oorwinning oor die Bose 'Iet oorwinning oor sonde en oorwinning oor die aanvalle en werkinge van die magte van die Bose moontlik gemaaV (142 - my kursivering). Klaarblyklik is dit die werk van die gesagvolle Christen wat hierdie oorwinning 'n werklikheid maak - al is dit onder leiding van die Heilige Gees. Want die duiwel "kan effektief weerstaan word indien alle bewuste onbelyde sonde bely word" (87). Die Heilige Gees is ons helper, maar dit is Ielangrik om te onthou dat die Gees nie in die plek van die gelowige en sonder die gelowige se toestemming en samewerking werk nie ... Die Heilige Gees werk alleen as die mens sy cie wil gebruik en die samewerking van die Heilige Gees soele' (71). Ook lofprysing pas in hierdie skema. Lofprysing "bring die oorwinning" wanneer 'n deurbraak deur gebed nie kom nie (59).

Ook in die boek, Die werk van gebed, word hierdie gedagtegang aangetref Mostert praat van "geestelike voorwaardes" vir voortdurende gebedsverhoring (26). Dit skep die indruk dat v o o r t d u r e n d e gebedsverhoring afhanklik is van voorwaardes wat ons nakom, en deur hierdie voorwaardes, wat numeries ondermekaar neergeskryf is, na te kom, kan voortdurende gebedsverhoring verwag word. Daar kan nie só van gebedsverhoring los van God se genade, waarin dit ingebed is, gepraat word nie. Om te praat van voorwaardes kan verwarrend wees. Dit is eerder die verbande waarin verhoring van gebed staan, die weg waarlangs God ons gebede verhoor. Dit gaan in elk geval moeilik wees om al die voorwaardes te onthou (11 voorwaardes word genoem en verder in die boek word dit aangevul); dit maak van gebed 'n ingewikkelde oefening wat dit nie veronderstel is om te wees nie.

Die skrywer sé "een van die vernaamste voorwaardes en eise vir gebedsverhoring is dat die voorbidder se lewe skoon sal wees" (43), sonder om vir ons te sé hoé skoon. Hy "help" darem met 'n lys van sondes waarvan ons ons moet bekeer om verseker te wees van gebedsverhoring! Dan gee hy 8 Ieginsels" vir sondebelydenis, wat maar baie vreemd op 'n gereformeerde oor val.

Die boek se metodiese styl neig gevaarlik in die rigting van sinergisme. Dit word bevestig deur die opmerking oor 2 Kor 1:20: "Alle beloftes is 'JX'in Christus, maar dit moet 'AMEP~P' word deur ons gebede en gelooáhandelinge" (67) - direk in teenstelling met wat in die vers staan. Dit kom ook na vore daarin dat daar eerstens gebid moet word vir die verandering van ongelowiges se

gedrag (80); wanneer vir siekes gebid word, is die eerste basiese vraag: "is daar enige bewuste, onbelyde sonde in my lewe?" (127).

Page 10: GEESTELIKE OORLOGVOERING - ngkerkvrystaat.co.za  · Web viewGEESTELIKE OORLOGVOERING (SKLAS Noord-Transvaal, Agenda 1999 p 98) 1. INLEIDING. Dat die debat oor geestelike oorlogvoering

Indien Mostert die gereformeerde standpunt gehandhaaf het, sou hy baie kon skryf oor die plek van gebed, lofprysing en skuldbelydenis in die stryd van die gelowige teen die satan, sonde en die verleiding van ons eie hart. Die groot gereformeerde teoloog Berkouwer (Geloof en rechtvaardiging) sé nadruklik dat die nadenke oor geloof en regverdiging ons onmiddellik voor die vraag na die verhouding van skuldbelydenis, berou en regverdiging te staan bring. Berkouwer kom tot die slotsom dat, soos met die geloof die geval is, die berou nooit die genade / vergifnis kan bewerk nie. Dit is duidelik dat die herou van die mens, soos die geloof, die dankbare ontvangs van die reeds volbragte vergifnis deur die bloed van Christus, op grond van die barmhartigheid van God, aandui. Dit is daarom ontstellend dat Mostert die uitspraak kan maak dat belydenis van sonde 'n rein hart bewerk en as sodanig 'n beginsel vir geestelike oorlogvoering kan wees: "Sonder 'n rein hart is die gelowige grootliks oneffektief in sy stryd teen die Bose. Sorg dat alle bewuste onbelyde sonde bely is en dat jy sover moontlik volledig restitusie doen oor jou verlede. Met 'n rein hart het die Satan geen houvas op die kind van God nief Hierdie uiters subjektiewe kragtoertjies van die mens is pastoraal gesproke ook bedenklik en gevaarlik. Tereg sé jonker (Die Gees van Christus, 210): 'Teologies en pastoraal is dit noodsaaklik om die twyfelende mens na Christus te verwys, nie na homself of sy eie ervaringe nie."

Die Baptistiese predikant uit die vorige eeu, C H Spurgeon (The forgotten Spurgeon, 42) het treffend gesé: Onthou sondaar: dit is nie jou vashou aan Christus wat jou red nie. Dit is Christus. dit is nie jou vreugde in Christus wat jou red nie. Dit is Christus. Dit is nie eens jou geloof in Christus wat jou red nie.

Dit is Christus. Daarom, moenie na jou vashou, hoop, geloof kyk nie. KYK NA CHRISTUS. En indien jy dit doen kan 10000 duiwels jou nie oorwin nie.

3.4 Bedenklike Skrifgebruik

Een van die kernprobleme wat met die boeke ondervind word, is die eksegetiese integriteit daarvan. Dit is duidelik dat die skrywer nie kennis geneem het van literatuur wat op die teologie van Efesiërs meer lig laat val nie. Tekste word aangehaal om argumente te staaf, m a a r d i t g e s k i e d 0 p ' n fundamentalistiese en kontekslose manier. Naas die eksegetiese probleme wat reeds hierbo genoem is, dien die volgende voorbeelde as illustrasie:

Geestelike oorlogvoering:

e* Uitsprake teenoor die koning van Tirus in Eseg 26 en die koning van Babel in Jes 14 word reglynig as 'n beskrywing van die Satan gesien. Dit is so jammer dat Mostert nie ook Eseg 26:21 en Eseg 27 hygelees het nie. In hierdie gedeeltes word gesé dat dit vir altyd klaar is met Tirus. Ook van Babel word gesé dat daar niks van horn oor is nie Qes 14:22). we Die sieutelmag van die gelowige word in verband gebring met Mat 16:19 en 18:18. Klaarblyklik het Mostert hier die kerklike tughandeling teenoor sondaars en geestelike oorlogvoering ernstig verwar (16,24).

00 Die eksegese van die sogenaamde troonposisie van die gelowige, waarop die hele boek berus, is ook, in die lig van die aanhaling van Prof Smit hierbo, ietwat bedenklik. Mostert sien Ef 2:6,7 as iets wat ons nou aktief moet uitoefen deur magte te bind en te ontbind. Gnilka (Der Epbeserbriel) merk tereg op dat die kerk die ruimte is waardeur God sy mag uitoefen, maar dit is die mag van die LIEFDE!! (3:18 ev, 5:2 - sien ook Roels, The Churek as instrument, 286). As liggaam van Christus, sé Gnilka, is die kerk die verteenwoordiger van

Page 11: GEESTELIKE OORLOGVOERING - ngkerkvrystaat.co.za  · Web viewGEESTELIKE OORLOGVOERING (SKLAS Noord-Transvaal, Agenda 1999 p 98) 1. INLEIDING. Dat die debat oor geestelike oorlogvoering

Christus hier op aarde. Maar dis anders as wat Mostert dit sien. Die kerk konkretiseer d i e v r e d e v a n C h r i s t u s , versoeningsbereidheid e n

164

versoeningsdade. Ook die aktiewe wending teen die bose is deel daarvan, maar dit is om vir die waarheid, geloof, geregtigheid in te staan. Dit is so: Christus wil deur sy kerk heers, maar dit beteken nie dat die kerk 'n magsmiddel in die wéreld mag wees met 'n beroeping op die hoofskap van Christus nie. Die kerk moet die heil in Christus, die vrede van Christus, wyer laat gaan en laat stroom oor die wéreld. Natuurlik is daar bose magte wat teen die Hoofskap van Christus gekant is, maar die oorwinning word nie opnuut behaal nie. Die oorwinning word verkondig en besing. Soos R P Martin in sy kommentaar op Efesiërs verklaar: 'They are firmly put in their place as under the Lordship and subject to Christ's control (contrast Heb 2:6-8) ... these verses offer the assurance that there is no part of the created order which is capable of effectively and finally thwarting the divine purpose, since Christ the head of the universe has already been installed in place."

Die werk van gebed

'n Voorbeeld van die Skrifgebruik is waar jakobus 4:7 ("onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug") uiteengesit word as drie stappe wat kronologies op mekaar gevolg moet word (48). As dit nie Itwerk" nie, is daar 'n volgende stap waarin die beloftes van God se vergifnis in die geloof toegeëien moet word (48). Aansluitend hierby is dit ook vir die skrywer belangrik dat daar 7959 beloftes van God in die Bybel is, want nou kan ons weet daar is 'n belofte waarop ons kan aanspraak maak vir elke situasie waarin ons mag wees.

4. HOE MOET ONS ANTWOORD?

4.1 Uiteraard moet die klem op gebed en die realiteit van die bose aanslae op die gelowiges geprys word.' Dit is egter die raamwerk waarin dit voorkom wat 'n probleem is. Ons stryd is inderdaad nie teen mense nie. Soos stociers, is ons in stryd met 'n vyand wat nie ons portuur

is nie. Hy het slinkse aanslae (Ef 6:11 -methodeia). Hy is 'n wolf in skaapsklere, wat verkies om in donker te kom. Hy gebruik selfs valse leraars (Ef 4:14) as sy werktuie. Soms is hy 'n leeu wat brul (1 Pet 5:8), soms 'n slang (Gen 3: l). Soos valse leraars, doen Satan horn voor as engel van die lig (2 Kor 11:13,14). Sy aanslae is boos (Ef 6:12), sonder beginsels en norme. Die duiwel het nie erekode nie. Ons hoor inderdaad sy grofgeskut op die lewe van die jeug deur o.a. musiek en die oplewing van satanisme. Ons sien sy grofgeskut op strukture om GOD daaruit te weer. Ons sien sy brandpyle teen die kerk van Jesus Christus gemik deurdat die genadeboodskap ondermyn word, eenheid tussen gelowiges nie gesoek word nie. Ons sien liefdeloosheid in huwelike, gesinne en ander verhoudings. Inderdaad moet gelowiges daarop bedag wees dat die Duiwel die goeie nie geniet nie.

4.2 C S Lewis (Screwtape letters) verklaar dat 'n mens twee foute ten opsigte van die duiwel kan maak 'n Mens kan sy bestaan ontken. Of 'n mens kan 'n oordrewe en ongesonde belangstelling in hom hé. Met albei foute is die duiwel baie gelukkig. Maar in die Beeld van 23 junie 1990 skryf Prof Willie jonker: "Daar is Christene wat deur sulke dinge geweldig gefasineer word en dan so geroepe voel om dit te bestry, dat hulle byna meer tyd daaraan bestee as aan die evangelie van verlossing self In die regte sin van die woord moet ons die

Page 12: GEESTELIKE OORLOGVOERING - ngkerkvrystaat.co.za  · Web viewGEESTELIKE OORLOGVOERING (SKLAS Noord-Transvaal, Agenda 1999 p 98) 1. INLEIDING. Dat die debat oor geestelike oorlogvoering

mag van die bose dus ontken en selfs nie eens op 'n negatiewe wyse aan hom die eer van te veel aandag bestee nie." Ons moenie aan die duiwel die eer gee wat hom nie toekom nie.

Hoewel die vyand nie ons portuur is nie, word die stryd teen Satan deur Mostert voorgehou as 'n stryd waarvan die uitslag baie onseker is. Die boek laat die onvermydelike indruk dat die wéreldgeskiedenis 'n stryd tussen twee heersers is waarvan die uitslag onseker is en grootliks afhang van die

wyse van oorlogvoering deur Christen gevolg word. DIe Bybel het egter 'n ander boodskap.

Al het die Ou Testament ontstaan in 'n geestelike klimaat waarin demone 'n groot werklikheid was (Le Roux, Satan ontbloot, 14), was die situasie anders vir die Israeliete. Teenoor die pessimistiese lewensgevoel van die Ou Naby Ooste, het die Israeliet in die een, almagtige en soewereine Skeppergod geglo. Dit het die angs vir demone en ander magte uitgesluit. Hiervan is Ps 121 'n treffende voorbeeld. Die God van Israel sluimer nie in nie en slaap nie. Daarom kan niks die psalmdigter skade aandoen nie. Geen wonder nie dat die Satan in die Ou Testament feitlik geen plek het nie. Van die 26 keer dat die selfstandige naamwoord "satan" in die Ou Testament voorkom, verwys dit net in drie gevalle na die Satan as bonatuurlike wese (Sag 3:1-2; job 1-2; 1 Kron 21:1). Ook hier is hy nie 'n demoniese figuur wat die bron van alle boosheid is nie, maar 'n aanklaer en aanhitser (Le Roux, Satan ontbloot, 20).

Die absolute heerskappy van jesus Christus is egter vas en seker. Hemelvaart is juis die viering van die mag van God! Wat Ef 1:20 sé, word ook in die geloofsbelydenis van Nicea herhaal, en dit is dat die koningsheerskappy van Christus geen einde sal hé nie. Dat jesus aan die regterhand van God sit, beklemtoon juis die gedagte dat geen mag van hierdie wéreld meer mag oor Christene het nie. Telkens wanneer die gemeente roem dat jesus aan die regterhand van God is, word lyste magte opgenoem met die doel om te sé: HULLE HET NIE MEER MAG OOR ONS NIE!! (Ef 1:19-21; Rom 8:34-39; 1 Pet 3:22; Sien ook Fil 19-11).

Die Bybel leer vir ons dat gelowiges sy planne ken (2 Kor 2:11). Die duiwel is nie oorspronklik nie en Geesvervulde mense sien dwarsdeur hom. Om te weet wie hy is, is nie bedoel vir 'n paar ingel,vfde or opgeleide troepe van geestelike oorlogvoering nie. Gelowiges weet hy is gevaarlik. Tereg merk Janson (Satan ontbloot) op dat die Nuwe Testament proporsioneel bitter weinig aandag aan die duiwel gee (63). Wanneer die Bybel oor hom praat, is dit nie die Christene wat in die eerste plek die bedreigde spesie is nie, maar die Satan en sy trawante. Trouens, in die meeste gevalle word daar òf oor die oorwinning oor hom gepraat òf oor die feit dat Christene hom kali weerstaan.

Daarom moet die oorwinning wat in Christus reeds behaal is, baie sterker beklemtoon word. Die Bybel is tog baie duidelik daaroor die Satan klaar verslaan is (Kol 2:15; Heb 2:14,15). Gelowiges roem in die oorwinning. Die kerk word nie in Efesiërs gesien as 'n instituut wat op die rand van die einde is nie, maar as instituut met 'n toekoms in die wéreld. Sé Jesus dan nie na sy opstanding dat ALLE MAG in die HEMEL en OP AARDE aan Hom behoort nie (Mat 28:18-29)? Barth het treffend gesé: Watter voorspoed of teenspoed in ons wéreld kan plaasvind, wat kom en wat ookal verbygaan: daar is een konstante saak wat bly en voortgaan: jesus wat aan die regterhand van God sit. Daarom hoef ons die duiwel nie te vrees nie, want die Here van die kerk is ook die Heer van die ganse heelal.

Page 13: GEESTELIKE OORLOGVOERING - ngkerkvrystaat.co.za  · Web viewGEESTELIKE OORLOGVOERING (SKLAS Noord-Transvaal, Agenda 1999 p 98) 1. INLEIDING. Dat die debat oor geestelike oorlogvoering

Karl Barth het cenmaal die baie raak opmerking gemaak dat die vernaamste wat Christene van die demone moet weet is dat CHRISTUS HULLE OORWIN HET. Juis se uitroep aan die kruis dat alles volbring is, beklemtoon die volkomenheid van sy versoening en oorwinning. Die veldslag, sé Prof Flip Theron, het op die koppie by Golgota plaasgevind. Dit het gelyk of die Bose oorwin het, maar jesus in die graf was God se tydbom in die dood. En op Paassondag is dood en hel die lug in geblaas. Vir die een wat verloor het, verklaar Prof Dirkie Smit (Christus is die Heer), is dit net die laaste stuiptrekkings, beseringstyd. Die wéreldgeskiedenis is nie 'n toutrekkery of kaartspel tussen

166

God en Satan nie. Die duiwel is nie die teengod nie, maar 'n oorwonne vyand.Om oorlog te verklaar teen 'n verslane vyand is belaglik. Prof Adrio König (Jésus die Laaste) sé daarom tereg dat dit nie besonder vroom is om meer luister na die waarskuwings teen die mag van Satan as na die oorwinning wat Christus behaal het nie. Op hierdie wyse word die blye hoodskap van die oormag en heerskappy van jesus oor die onderworpe Satan agter die brullende leeu verskuil. In die proses word Christus van die eer wat Hom toekom vir sy oorwinning, beroof

4.3. Die hele Hebreërbrief word gewy daaraan om te sé: jesus se versoening is volledig. Hy het sy werk voltooi. Die mens kon dit nie bewerk of daaraan toevoeg nie. Opsetlike sonde is juis om hierdie volkome versoening nie as genoegsaam te beskou nie (Heb 10: 1-29). Ons belydenisskrifte verwoord die volkomenheid van die versoening wat Christus behaal het as volg: "Daar is dus net twee moontlikhede: In jesus Christus is nie alles wat vir ons saligheid nodig is nie, of dit is alles wel in hom, en dan het Hy wat jesus deur die geloof besit, sy volle saligheid. Om nou te beweer dat daar naas Hom nog iets meer nodig is, sou gruwelike godslastering wees, want dit sou beteken dat Christus slegs 'n halwe Verlosser is" (NGB Art 22 - Sien ook: Heidelbergse Kategisnius 11:30).

Die voorwaardelike teologie van die boek moet ogv die Skrif en belydenis afgewys word. Die genade is goedkoop wanneer 'n mens dit kan verdien of kan koop. Om voorwaardes aan God se genade en betrokkenheid by ons nood te stel, is om toe te gee aan 'n ou heidense gedagte dat God omgepraat kan word. afhangende van die grootheid van jou erns. Hier, sé Prof Willie jonker (Bevrydende Waarheid), is die gereformeerde teologie. juis die verste van die heidendom verwyder. Die belydenis van die redding uit vrye guns alleen, is die hart van die evangelie.

4.4 Die kommissie oordeel dat Mostert verwarring veroorsaak met sy beskouing dat dit wat die Skrif as praktyke van die sondige natuur beskryf, bindinge is (92). Ook sy beskouing dat Christene, wat verlos is, deur demone beset kan wees, laat gelowiges nie roem in die verlossing nie, maar vreesagtig lewe (88). Die Gees wat aan die gelowiges gegee is, maak ons juis vry van vrees en slawerny (Rom 8:12-17). Die twyfel en vrees waarvan Mostert praat word ook nie duidelik beskryf nie. Twyfel is deel van elke Christen se lewe. Christene leef in 'n tyd waarin die teendeel van Christus se heerskappy dikwels ervaar word. Ons leef in 'n wéreld waarin God se mag nie so sigbaar is nie. Daar is - siekte, dood, lyding, peste, despotiese regerings, die verleiding van die sonde en mislukte verhoudings. Dit ontneem dikwels ons lewensvreugde en maak ons moedeloos en depressief. Is dit bindinge? Word ons dan deur demone beset? Te midde van die twyfel van die hede, roem ons in ons kindskap, sug ons oor die hede, maar leef ons in die versekering dat niks ons van die liefde van Christus kan skei nie - selfs nie bose magte nie (Rom 8:18-39).

Page 14: GEESTELIKE OORLOGVOERING - ngkerkvrystaat.co.za  · Web viewGEESTELIKE OORLOGVOERING (SKLAS Noord-Transvaal, Agenda 1999 p 98) 1. INLEIDING. Dat die debat oor geestelike oorlogvoering

Die voorstanders van geestelike oorlogvoering voer die saak van besetenheid hopeloos te ver. Mostert identifiseer 'n geweldige hoeveelheid demone en bindinge. janson (Satan ontbloot) voel beswaard dat 'n lys van 322 demone wat mense kan teister, al geïdentifiseer is (63). Belaglike bindinge soos luiheid en moegheid devalueer die rigting se integriteit. Ook psigiatriese toestande is dikwels in die verlede met demone verwar. Skokkende statistiek word deur Watkins (sien Janson, Satan ontbloot) in hierdie verband aangehaal waarin mense selfs dood is weens hierdie verwarring. janson haal Van Arkel aan wat gedurende tien jaar se werk in 'n psigiatriese hospitaal nie een pasiënt aangetref het wat deur duiweluitdrywing genees is nie. Hy dui egter aan dat hy baie gevalle kan aanhaal waar mense in

VERSLAG A5: LEER EN AKTUELE SAKE

die hospitaal toegelaat is weens onoordeelkundige duiweluitdrywing (65).

4.6 Dit is 'n leuen wat die duiwel wil hé Christene moet glo dat daar demoniese magte is wat hulle enige tyd kan beset Uoubert, Satan ontbloot, 88). Dat Christene tempels is van die Heilige Gees, sluit die moontlikheid uit dat Christene wat deur die genade van God bevry is, nog demone kan besit. Paulus vra uitdruklik in 2 Kor 6:15 of so 'n ooreenkoms moontlik is. Klaarblyklik is die antwoord dat dit nie moontlik is nie, want ons is die tempel van die lewende God (2 Kor 6:16). Miskien hou die gedagte en die werklikheid van die besetenheid deur demone verband met die halwe evangelie wat dikwels aan "voornemende" Christene verkondig word. As Christus net die moontlikheid tot oorwinning en redding gebring het en dit verder van my keuse afhang, kan dit inderdaad gebeur dat hierdie Christene nog nie die realiteit van die oorwinning aanvaar het nie. Die evangelie van God se genade is nie 'n moontlikheid wat geskep word vir ons redding nie. Dit verkondig juis dat die oorwinning reeds plaasgevind het. Die evangelie is die goeie nuus van dit wat klaar gebeur het. Naas dit is daar niks meer nodig om die oorwinning 'n realiteit te maak nie. Die Heilige Gees laat hierdie oorwinning in ons lewe grondvat en waar word deur die verkondiging van die blye nuus van God se alomvattende genade en oorwinning in Christus.

Die Ned Geref Kerk in Namibië moet opnuut sy getrouheid aan die gereformeerde erfenis toets. Ons bely ten diepste dat ons belydenis uitdrukking gee aan die Skrifboodskap. 9n Voorwaardelike evangelie, waarin die eis die belofte voorafgaan, is vreemd aan die totale boodskap van die Bybel. Die onvermydelike gevolg van 'n Arminiaanse beklemtoning van God se genade, is dat Christus se werk slegs die moontlikbeid tot redding geskep het

(sien die studiestuk oor Die gereformeerde verlossingsleer). Dit hou verband met 'n gebrekkige siening van genade. 'n Arminiaanse opvatting van die verlossing en die gepaardgaande vrye wil van die mens, lei ook onvermydelik tot die gedagte dat die mens wat gered is met demone besete kan wees.

4.7. Gebed as die vrye toegang tot die GENADETROON, in volle geloofsekerheid, omdat ons harte en gewete deur die bloed van Christus gereinig is (Heb 4:14-16; 10:19-22), word in Mostert se boeke vervang met 'n ingewikkelde poging om van ons sondes vry te kom sodat God ons kan hoor. Die boek oor gebed is veral hieraan skuldig. Gebed word hier 'n poging om God in die hoek te druk om Honi te oortuig dat Hy sy beloftes moet nakom. Die leser van hierdie boek sal moeilik van die òòrweldigende gedagte kan vrykom dat God maar moeilik hoor. Die Bybel leer egter vir ons dat God sy Seun as finale offer vir ons sonde gegee het.

Page 15: GEESTELIKE OORLOGVOERING - ngkerkvrystaat.co.za  · Web viewGEESTELIKE OORLOGVOERING (SKLAS Noord-Transvaal, Agenda 1999 p 98) 1. INLEIDING. Dat die debat oor geestelike oorlogvoering

Waar sondes vergewe is, is daar immers geen offer meer nodig nie (Hob 10:18). Sy Seun is die offer wat ons vir altyd, volkome van sonde vrygemaak het (Heb 10:14). Daarom het ons vrye toegang tot die Vader, al is ons simul justus et peccator (tegelyk regverdige en sondaar).

VERKORTE LITERATUURLYS

Berkouwer, G C

Geloof en rechtvaardiging. Kampen: Kok

Botha, Wj (red):

Okkulte simbole en tekens. Ondersoek na die invloed van die massamedia opdie gedrag van kinders. SAUK,Johannesburg.

Jonker, W D

Die Gees van Christus. N GKerkboekhandel: Pretoria

joubert, S en Van der Watt, jSatan ontbloot. CUM

K6nig, A

Menslike mense. Oor die mens en diesonde in die prakry . Orion: Pretoria

MacArthur, john

WaRens vir die Geestelike stryd CUM Volkome in Christus. Struik Christelike boeke

Smit, Dl

Christus is die Heer. Kaapstad: Lux Verbi

Hemelvaart: Ef 1:20-23, uit Riglyne vir P a a s , - Hem e Ivaarts- e n Pinksterprediking. Woord teen die lig 3, onder redaksie van C W Burger, B A Müller en D j Smit, Kaapstad.