geografie klimatologie c - antwoorde - graad 12 - 2020 … … · 1.4.3 verwys na die 'bruin...

15
1 Geografie Klimatologie C - ANTWOORDE - Graad 12 - 2020 Eksamen vrae en antwoorde Weerstoestande van plaaslike omvang: Valleiklimaat en Stadsklimaat. 1.1 Bestudeer FIGUUR 1.1 wat 'n diagram oor valleiklimate toon. FIGUUR 1.1: VALLEIKLIMATE 1.1.1 Is die hellingwind by X 'n anabatiese of 'n katabatiese wind? (1 x 1)(1) ANT: Katabatiese wind (1) 1.1.2 Behalwe die byskrif, watter bewys dui daarop dat B die termiese gordel is? (1 x 1)(1) ANT: Lugtemperatuur neem met hoogte toe/temperatuurinversie (1) Die hoogste temperatuur word in die middel van die helling aangetref (1) Lugtemperatuur is warmer (1) Temperatuur is bo vriespunt (1) [ENIGE EEN] 1.1.3 Watter term word gebruik om 'n styging van die temperatuur, soos wat die hoogte in die vallei toeneem, te beskryf? (1 x 1)(1) ANT: Temperatuurinversie/Vallei-inversie/Negatiewe vervaltempo (1) 1.1.4 Verduidelik waarom hellingwind X meer intens in die winter sal wees. (2 x 2)(4) ANT: Die lug temperatuur baie laer (2) Lug is swaarder en meer dig (2) Toenemende intensiteit in die afwaartse lugbeweging/Koue lug beweeg vinniger teen die helling af (2) [ENIGE TWEE] 1.1.5 Gee rekenskap van die lae temperatuur wat waarskynlik in die winter op die valleibodem ervaar sal word. (2 x 2)(4) ANT: Die koue, digte lug versamel op die valleibodem (2) Warm lug word van die valleibodem opwaarts verplaas (2) Ryp vorm op die valleibodem (2) Swaartekrag veroorsaak koue lug afwaarts dreineer (2) Doupunttemperatuur is laer as vriespunt (2) [ENIGE TWEE]

Upload: others

Post on 28-Jul-2020

5 views

Category:

Documents


1 download

TRANSCRIPT

Page 1: Geografie Klimatologie C - ANTWOORDE - Graad 12 - 2020 … … · 1.4.3 Verwys na die 'bruin waas' (mengsel van mis en besoedelingsdeeltjies) en beantwoord die vrae wat volg. (a)

1

Geografie Klimatologie C - ANTWOORDE - Graad 12 - 2020 Eksamen vrae en antwoorde Weerstoestande van plaaslike omvang: Valleiklimaat en Stadsklimaat. 1.1 Bestudeer FIGUUR 1.1 wat 'n diagram oor valleiklimate toon. FIGUUR 1.1: VALLEIKLIMATE

1.1.1 Is die hellingwind by X 'n anabatiese of 'n katabatiese wind? (1 x 1)(1) ANT: Katabatiese wind (1) 1.1.2 Behalwe die byskrif, watter bewys dui daarop dat B die termiese gordel is? (1 x 1)(1) ANT: Lugtemperatuur neem met hoogte toe/temperatuurinversie (1) Die hoogste temperatuur word in die middel van die helling aangetref (1) Lugtemperatuur is warmer (1) Temperatuur is bo vriespunt (1) [ENIGE EEN] 1.1.3 Watter term word gebruik om 'n styging van die temperatuur, soos wat die hoogte in die vallei toeneem, te beskryf? (1 x 1)(1) ANT: Temperatuurinversie/Vallei-inversie/Negatiewe vervaltempo (1) 1.1.4 Verduidelik waarom hellingwind X meer intens in die winter sal wees. (2 x 2)(4) ANT: Die lug temperatuur baie laer (2) Lug is swaarder en meer dig (2) Toenemende intensiteit in die afwaartse lugbeweging/Koue lug beweeg vinniger teen die helling af (2) [ENIGE TWEE] 1.1.5 Gee rekenskap van die lae temperatuur wat waarskynlik in die winter op die valleibodem ervaar sal word. (2 x 2)(4) ANT: Die koue, digte lug versamel op die valleibodem (2) Warm lug word van die valleibodem opwaarts verplaas (2) Ryp vorm op die valleibodem (2) Swaartekrag veroorsaak koue lug afwaarts dreineer (2) Doupunttemperatuur is laer as vriespunt (2) [ENIGE TWEE]

Page 2: Geografie Klimatologie C - ANTWOORDE - Graad 12 - 2020 … … · 1.4.3 Verwys na die 'bruin waas' (mengsel van mis en besoedelingsdeeltjies) en beantwoord die vrae wat volg. (a)

2

1.1.6 Hoe sal boere hulle boerderytegnieke (-metodes) moet aanpas as gevolg van die temperatuur- verandering op die valleibodem? (2 x 2)(4) ANT: Slegs rypweerstandbiedende gewasse kan hier geplant word/Kweek vrugte met 'n dik

weerstandbiedende skil, bv. sitrus (2) Sade wat geneties aangepas is vir ryptoestande (2) Fakkels en vuurdromme (verhittingsisteme) om die lug te laat sirkuleer sodat die temperatuur nie benede 0°C daal nie/antivries-verhitting om gewasse te beskerm (2) Waaiers om lug te laat aanhou sirkuleer (2) Meganismes om dalende wind te keer (omleidingsmure) van bewerkte gebiede (2) Strooi tussen gewasse om die hoeveelheid aardstraling te verminder (deklaagbewerking) (2) Kweekhuise kan gebou word om 'n kunsmatige mikroklimaat vir sensitiewe gewasse te skep (2) Bedek plante met rypkomberse (2) [ENIGE TWEE] 1.2 Verwys na FIGUUR 1.2 wat 'n besoedelingskoepel oor 'n Suid-Afrikaanse stad toon. FIGUUR 1.2: BESOEDELINGSKOEPEL

1.2.1 Wat is 'n besoedelingskoepel? (1 x 1)(1) ANT: 'n Versameling van stof, roet en rookdeeltjies (besoedeling) oor die stad (1) [KONSEP] 1.2.2 Waarom word 'n besoedelingskoepel met 'n stedelike gebied geassosieer? (1 x 2)(2) ANT: Stedelike gebiede veroorsaak meer besoedeling/verbranding wat deur motors, nywerhede en ander aktiwiteite vrygestel word/Meer menslike aktiwiteite (2) 1.2.3 Verduidelik waarom die besoedelingskoepel snags meer gekonsentreerd is. (2 x 2)(4) ANT: Snags is daling sterker/nader aan grond vasgekeer/inversielaag is nader aan aardoppervlak snags (2) Minder aktiwiteite wat hitte skep om die besoedelingskoepeling te lig (2) Besoedeling is oor 'n kleiner gebied (2) Minder konveksie-/termiesestrome om die besoedeling snags te versprei (2) [ENIGE TWEE] 1.2.4 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en verduidelik hoe besoedelingskoepels onderhoudskoste van die beboude omgewing vir mense wat in stede woon, verhoog? (4 x 2)(8) ANT: Saampak van besoedeling op geboue beteken meer skoonmaakdienste word benodig (2) Veroorsaak suurreën wat verf van geboue laat afdop (2) Geboue moet meer gereeld geverf word (2) Beton-oppervlaktes ontwikkel gaatjies, moet meer gereeld onderhou/ reggemaak word (2) Metaalstrukture soos metaalvensterrame/lugverkoelers verroes weens suurreën/ meer gereeld reggemaak word (2) Vervang beskadigde materiaal met duur goeie/duursame materiaal (2) Gereelde vervanging/aankoop van lugverkoelingsfilters (2) Meer gereelde verf van padmerkers, want suurreën laat dit maklik afdop (2) Meer besoedeling lei tot meer reënval wat meer vloedskade veroorsaak (2) Beskadigde plante in tuine moet vervang word (2) Waterreservoirs/damme word besoedel en geld nodig vir suiwering (2) [ENIGE VIER]

Page 3: Geografie Klimatologie C - ANTWOORDE - Graad 12 - 2020 … … · 1.4.3 Verwys na die 'bruin waas' (mengsel van mis en besoedelingsdeeltjies) en beantwoord die vrae wat volg. (a)

3

1.3 FIGUUR 1. toon 'n katabatiese wind in 'n vallei. FIGUUR 1.3: 'N KATABATIESE WIND

1.3.1 Kom hierdie wind bedags of snags voor? (1 x 1)(1) ANT: Snags (1) 1.3.2 Watter rol speel aardstraling in die ontwikkeling van katabatiese winde? (1 x 2)(2) ANT: Aardstraling wat tot die afkoeling van die aardoppervlak lei (2) Koue aardoppervlak is nodig om lug af te koel om tot die ontwikkeling van 'n koue, hellingdalende wind aanleiding te gee (2) Die koel lug op die verkoelde aardoppervlak word swaar/dig en rol natuurlik teen die helling af (2) [ENIGE EEN] 1.3.3 Waarom word katabatiese winde met temperatuurinversies geassosieer? (2 x 2)(4) ANT: Koue lug daal na die valleibodem toe en forseer die warm wat in die vallei was om te styg (2) Warm lug rus op die koue lug (2) Dit lei tot 'n toename in temperatuur met hoogte (2) [ENIGE TWEE] 1.3.4 Gee 'n rede vir die posisie van stralingsmis in die vallei. (2 x 2)(4) ANT: Die atmosfeer in die laer gedeeltes van die vallei koel af tot onder doupunt- temperatuur (2) Kondensasie vind in die laer gedeeltes van die vallei plaas (2) Klein, sigbare waterdruppeltjies vorm stralingsmis in die laer gedeeltes van die vallei (2) [ENIGE TWEE] 1.3.5 Verwys na die foto in FIGUUR 1.3 en verduidelik waarom 'n ontwikkelaar meer waarskynlik 'n vakansieoord halfpad teen die valleihang op sal bou. (2 x 2)(4) ANT: Die nedersetting sal bo die stralingsmis geleë wees (2) Daar sal nie vogtigheid wees nie (2) Onbelemmerde uitsig oor die vallei (2) In die warm termiese gordel geleë (2) Kry maksimum insolasie (2) [ENIGE TWEE]

Page 4: Geografie Klimatologie C - ANTWOORDE - Graad 12 - 2020 … … · 1.4.3 Verwys na die 'bruin waas' (mengsel van mis en besoedelingsdeeltjies) en beantwoord die vrae wat volg. (a)

4

1.4 Bestudeer FIGUUR 1.4 wat op valleiklimaat gebaseer is. FIGUUR 1.4: VALLEIKLIMAAT 1.4.1 Waarom was die standplaas van Pietermaritzburg 'n swak keuse vir die ontwikkeling van 'n stad? (1 x 1)(1) ANT: Op die valleibodem/in 'n vallei geleë (1) 1.4.2 Gee bewyse uit die artikel waarom die besoedelingsvlakke in die winter baie hoër is. (2 x 1)(2) ANT: Besoedeling is gekonsentreerd (2) Besoedelingsdeeltjies word vasgevang (1) Kan nie maklik versprei word nie (1) [ENIGE EEN] 1.4.3 Verwys na die 'bruin waas' (mengsel van mis en besoedelingsdeeltjies) en beantwoord die vrae wat volg. (a) Noem die plaaslike wind wat veroorsaak dat die 'bruin waas' na 11:00 verdwyn. (1 x 1)(1) ANT: Anabatiese/hellingstygende winde (1) (b) Gee EEN kenmerk van die plaaslike wind wat in VRAAG 1.4.3(a) genoem is, wat tot die verwydering van die 'bruin waas' bydra. (1 x 2)(2) ANT: Lug styg teen die hellings op (2) Lug is ligter en warmer (2) [ENIGE EEN] (c) Teken 'n benoemde skets om die ontwikkeling van die plaaslike wind, wat tot die verdwyning van die 'bruin waas' lei, te illustreer. Die skets moet die windrigting en EEN beskrywende byskrif toon. (2 x 2)(4) ANT: Moet regte bewegingsrigting met pyl aandui (2) en enige beskrywende byskrif.

Page 5: Geografie Klimatologie C - ANTWOORDE - Graad 12 - 2020 … … · 1.4.3 Verwys na die 'bruin waas' (mengsel van mis en besoedelingsdeeltjies) en beantwoord die vrae wat volg. (a)

5

1.4.4 Waarom is die 'bruin waas' 'n veiligheidsrisiko vir motorvoertuig-gebruikers? (2 x 2)(4) ANT: Swak sigbaarheid (2) Toenemende verkeersknope (2) Meer motorongelukke (2) Motorvoertuie staan groter risiko om voetgangers/fietsryers/diere te stamp (2) [ENIGE TWEE] 1.5 FIGUUR 1.5 is 'n voorstelling van 'n stadsklimaat. FIGUUR 1.5: STADSKLIMAAT

1.5.1 Watter skets, A of B, stel die stadsklimaat in die dag voor? (1 x 1)(1) ANT: A (1) 1.5.2 Gee EEN rede om jou antwoord op VRAAG 2.4.1 te ondersteun. (1 x 2)(2) ANT: Stygende warm lug (konveksiestrome) het 'n groter vertikale dimensie in A (2) Geen bewys van dalende lug (2) Inversielaag is nie sigbaar nie in A nie (2) Koue lug is hoog bo die stad (2) 'n Laagliggende inversielaag kan in B gesien word (2) Warm lug word verhoed om in B te styg (2) [ENIGE EEN] 1.5.3 Gee EEN rede vir die voorkoms van rookmis in skets B. (1 x 2)(2) ANT: Hoër konsentrasie van besoedeling isnabby aardoppervlak vasgekeer (2) Besoedeling wat naby aan die oppervlak vasgekeer word, vermeng met mis/ grondgebaseerde wolk (2) 1.5.4 Stel EEN rede vir die afwesigheid van rookmis in skets A voor. (1 x 2)(2) ANT: Konveksie/stygende lug versprei besoedeling na die boonste vlakke van die atmosfeer (2) Geen inversielaag naby aan aardoppervlak om besoedeling vas te keer(2) [ENIGE EEN]

Page 6: Geografie Klimatologie C - ANTWOORDE - Graad 12 - 2020 … … · 1.4.3 Verwys na die 'bruin waas' (mengsel van mis en besoedelingsdeeltjies) en beantwoord die vrae wat volg. (a)

6

1.5.5 Bespreek, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verskillende volhoubare oplossings om die ontwikkeling van rookmis in 'n stad te beperk. (4 x 2)(8) ANT: VOLHOUBARE OPLOSSINGS OM DIE VORMING VAN ROOKMIS IN DIE STAD TE BEPERK Daktuine/groen longe (2) Meer natuurlike omgewings, bv. groengordels binne die stadsgrense (2) Hoër skoorstene om besoedeling hoër in die atmosfeer vry te stel (2) Reguleer nywerheidsaktiwiteite in die nag om die konsentrasie van vrystellings in die SSK verminder (2) Munisipale wetgewing/beperkings rakende die vrystelling van besoedeling deur verskeie nywerhede in die stad (2) Boetes vir nywerhede nader aan die stad wat vrystellingsbeperkings oorskry (2) Meer gedesentraliseerde nywerheidsgroeipunte weg van die SSK af (2) Filters in skoorstene om giftige vrystellings te verminder (2) Gebruik groen/skoon energiebronne (2) Poelvervoer/saamryklubs (2) Hibried-/sonaangedrewe/elektriese/battery-aangedrewe motors Verbeterde openbare vervoer/bane net vir busse lei tot minder privaatvoertuie binne die grense van die SSK (2) Filters/katalisators aan motors se uitlaatpype (2) Parkeer-en-ryfasiliteite (2) Bevorder fietsvervoer in die middestad (2) Maak die middestad slegs voetgangerverkeer (2) Verhoogde openbare bewusmaking/opvoeding (2) [ENIGE VIER]

Page 7: Geografie Klimatologie C - ANTWOORDE - Graad 12 - 2020 … … · 1.4.3 Verwys na die 'bruin waas' (mengsel van mis en besoedelingsdeeltjies) en beantwoord die vrae wat volg. (a)

7

1.6 FIGUUR 1.6 toon die gemiddelde lugtemperatuurverspreiding in die Johannesburgse SSK. FIGUUR 1.6: GEMIDDELDE LUGTEMPERATUURVERSPREIDING IN DIE JOHANNESBURGSE SSK

1.6.1 Gee die gemiddelde temperatuur van die geboue in die Johannesburgse SSK. (1 x 1)(1) ANT: 25,9 °C (1) 1.6.2 Gee 'n rede vir die relatief hoë temperature van die geboue in die Johannesburgse SSK. (1 x 2)(2) ANT: Die materiaal (beton, glas en staal) wat gebruik word om geboue in die SSK mee te bou behou meer hitte (2) Kunsmatige lugversorging (klimaatskontrole) skep 'n mikroklimaat in elke gebou (2) Die gebruik van nie-reflekterende verf (2) Hoë geboue skep groter oppervlaktes wat verhit kan word (2) Hoë geboue reflekteer meer hitte tussen die geboue weens die groter oppervlakte wat verhit word (2) Vroeg soggens en laatmiddag tref die sonstrale die hoë geboue teen reghoeke en hitte word op die geboue gekonsentreer (2) Die hoë geboue digtheid behou meer hitte a.g.v. die veelvoudige reflektering van hitte (2) Die plat, geslote dakke keer hitte binne geboue vas (2) [ENIGE EEN] 1.6.3 Verduidelik waarom die gemiddelde lugtemperatuur tussen die geboue effens laer as die temperatuur van die geboue is. (2 x 2)(4) ANT: Die temperatuur tussen die geboue is effens koeler a.g.v. die kanalisering van lug/ wind tussen die geboue (2) Meer skaduwees tussen geboue (2) Plante tussen geboue bevorder transpirasie en daarom evaporasie en afkoeling van lug (2) Lug tussen die geboue koel af a.g.v. van styging (2) Snags koel die atmosfeer gouer af terwyl die geboue hitte behou (2) [ENIGE TWEE] 1.6.4 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, waarin jy maniere voorstel waarop die Johannesburgse SSK herontwikkel kan word EN hoe alternatiewe tipes materiaal gebruik kan word om die hoeveelheid hitte wat in die stad gegenereer word, te verminder. (4 x 2)(8) ANT: SSK HERONTWIKKELING Skep meer groengordels rondom die SSK in oop ruimtes, bv. Parke/tuine (2) Die skep van daktuine op hoë geboue moet aangemoedig word (2) Groot potplante/bome by kruisings tussen hoë geboue (2) Gebruik van geplaveide oppervlaktes (plaveiblokke) eerder as teer- oppervlaktes(2) Vermindering van vervoerroetes in die kern van die SSK (2)

Page 8: Geografie Klimatologie C - ANTWOORDE - Graad 12 - 2020 … … · 1.4.3 Verwys na die 'bruin waas' (mengsel van mis en besoedelingsdeeltjies) en beantwoord die vrae wat volg. (a)

8

Vinnige vervoersisteme om verkeer te verminder (2) Die ontwikkeling van ringpaaie verminder verkeer in die SSK (2) Waterfokuspunte om temperature te verlaag (2) Vermindering/verwydering van oop vure vir kosmaakdoeleindes in die kern van die SSK (2) Moedig geboue met ondergrondse parkering aan (2)

Hersonering van die SSK om nywerhede aan te moedig om buite die stadsgrense te vestig (nywerheidsdesentralisasie) (2)

Kommersiële desentralisasie (2) ALTERNATIEWE TIPES MATERIAAL Moedig gebruik van meer deurlaatbare materiaal aan wat minder hitte behou (2) Gebruik van sagter beligting eerder as hoë watt skerp beligtinggloeilampe (2) Moedig die gebruik van ligter klere verf op hoë geboue aan wat minder hitte absorbeer (2) Gebruik reflekterende verf (2) Gebruik van sinkplate op dakke eerder as metaal (2) [ENIGE VIER – MOET VERWYS NA BEIDE SSG HERONTWIKKELING EN ALTERNATIEWE BOUMATERIAAL] 1.7 Bestudeer FIGUUR 1.7 wat hellingwinde toon. FIGUUR 1.7: HELLINGWINDE

1.7.1 Benoem hellingwind A. (1 x 1)(1) ANT: Katabatiese (AANVAAR - Hellingdalende wind/Gravitasie wind) (1) 1.7.2 Noem EEN faktor wat vir die beweging van hellingwind A verantwoordelik is, soos in FIGUUR 1.7 getoon. (1 x 1)(1) ANT: Koue lug word dig en sink (1) Gravitasie (1) Lugdrukverskille by die kruin en op die valleibodem / Drukgradient ontstaan (1) [ENIGE EEN] 1.7.3 Watter invloed het die ongelyke hellings op die lug wat teen die helling af beweeg? (1 x 2)(2) ANT: Wrywing (2) Vertraag die afwaartse beweging van lug (2) [ENIGE EEN] 1.7.4 Verduidelik waarom 'n temperatuurinversie snags in 'n vallei voorkom. (2 x 2)(4) ANT: Die digte, koeler lug versamel op die valleibodem (2) Die warmer lug word opwaarts verplaas (2)

Page 9: Geografie Klimatologie C - ANTWOORDE - Graad 12 - 2020 … … · 1.4.3 Verwys na die 'bruin waas' (mengsel van mis en besoedelingsdeeltjies) en beantwoord die vrae wat volg. (a)

9

1.7.5 Bespreek, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, hoe hellingwind A beide 'n positiewe en negatiewe invloed op plantegroei op die valleibodem kan hê. (4 x 2)(8) ANT: POSITIEWE INVLOED OP DIE VALLEIBODEM Stralingsmis wat die valleibodem bedek verhoog die hoeveelheid vog wat vir plante beskikbaar is (2) Smeltende ryp is 'n bron van water en hou grond vogtig (2) Uiterste koue vernietig ongewenste peste (2) Rypbestande gewasse floreer (2) NEGATIEWE IMPAK OP DIE VALLEIBODEM Koue digte lug versamel op die valleibodem wat 'n rypholte vorm en plante vernietig (2) Lug koel af tot benede vriespunt en ryp wat die plante en grond bedek verswak die stamme en blare van plantegroei (2) Swart ryp kan plante vernietig (2) Stralingsmis wat snags op die valleibodem ontwikkel kan die fotosintese-vlakke soggens verlaag (2) Dit verminder die verskeidenheid gewasse wat verbou kan word; slegs rypbestande gewasse kan verbou word (2) [ENIGE VIER. MOET NA POSITIEWE EN NEGATIEWE INVLOEDE VERWYS] 1.8 Bestudeer FIGUUR 1.8 wat 'n spotprent oor 'n stedelike hitte-eiland toon. FIGUUR 1.8: STEDELIKE HITTE-EILAND

1.8.1 Voltooi die stelling wat die stedelike hitte-eiland in skets A beskryf: 'n Stedelike hitte-eiland beskryf die verskynsel waar ... (1 x 1)(1) ANT: … 'n stedelike gebied (soos dorpe of stede) warmer as die omringende landelike gebied is (1) [KONSEP] 1.8.2 Verwys na B en gee TWEE redes vir hitte wat in die stad ontwikkel. (2 x 1)(2) ANT: Kunsmatige oppervlaktes bv. teeroppervlaktes (1) Sement-/glas-/metaalgeboue (1) Aktiwiteite in die stad soos verkeer/gebruik van masjinerie (1) Gebruik van lugverkoelers (1) Saamgedromde liggaamshitte (1) Hoë geboudigtheid/verlaagde hitteverspreiding (1) Hoë geboue blokkeer lugvloei (1) Hoë geboue vang hitte vas (1) Geometriese vorm van geboue vergroot oppervlak vir verhitting (1) Veelvuldige refleksie van hitte (1) Gebrek aan plantegroei (1) Gebrek aan watermassas in stede (1) Besoedeling afkomstig van fabrieke en voertuie (1) [ENIGE TWEE]

Page 10: Geografie Klimatologie C - ANTWOORDE - Graad 12 - 2020 … … · 1.4.3 Verwys na die 'bruin waas' (mengsel van mis en besoedelingsdeeltjies) en beantwoord die vrae wat volg. (a)

10

1.8.3 Wat is die uitwerking van die verhoogde temperature op mense wat in die stad woon? (2 x 2)(4) ANT: NEGATIEF Veroorsaak moegheid/dehidrasie (2) Hittestres/ongemak Sterftes onder ouer mense wat meer kwesbaar vir hoër temperature is (2) Kos mense meer en verbruik groter vlakke van energie om huise in stedelike gebiede te verkoel (2) Verhoogde kostes a.g.v. verhoogde water- en energieverbruik (2) Verlaagde werksproduktiwiteit (2) Meer gunstige broeitoestande vir vlieë/muskiete wat die voorkoms van siektes vergroot (2) POSITIEF Minder verhitting benodig in koue klimaatstreke (2) Verminder hoeveelheid ys en sneeu (2) Verhoog neerslag (2) [ENIGE TWEE] 1.8.4 Gee, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, volhoubare metodes wat ingestel kan word in 'n poging om die temperatuur in die stad te beheer. (4 x 2)(8) ANT: Verf huise met ligter kleure, soos wit, wat meer refleksie (hoër albedo) sal hê en lugtemperatuur sal verlaag (2) Eko-vriendelike (groen-) geboue (2) Ontwikkel daktuine wat temperature sal verlaag (2) Meer watermassas (mere, fonteine) wat lugtemperature sal verlaag (2) Grondgebruikbeplanning wat met heersende windrigtings ooreenstem sal stede afkoel (2) Verlaag geboudigtheid (2) Verminder gebouhoogte Skep meer groen oop ruimtes/Plant meer bome/ontwikkel groengordels (2) Verminder hoeveelheid motors wat in die stad ingaan (2) Neem hibriede/elektriese motors in gebruik (2) Moedig saamryklubs aan (2) Neem parkeer-en-ry skemas in gebruik (2) Desentralisasie van kommersiële-/nywerheidsaktiwiteite (2) Moedig die gebruik van openbare vervoer en fietsry aan (2) Verminder lugbesoedeling (filters in skoorstene) wat die hitte in stede vasvang (2) [ENIGE VIER] 1.9 Verwys na FIGUUR 1.9 wat die klimaatstoestande van ‘n vallei in die Noordelike halfrond aantoon. FIGUUR 1.9: VALLEIKLIMAAT

Page 11: Geografie Klimatologie C - ANTWOORDE - Graad 12 - 2020 … … · 1.4.3 Verwys na die 'bruin waas' (mengsel van mis en besoedelingsdeeltjies) en beantwoord die vrae wat volg. (a)

11

1.9.1 Definieer die term inversie laag. (1 x 1)(1) ANT: ‘n Atmosferiese laag waar temperatuur met hoogte toeneem. (1) (KONSEP)

1.9.2 Watter hang, X of Y, sal direkte sonlig ontvang? (1 x 1)(1) ANT: Y (2)

1.9.3 Verduidelik hoe die inversie laag in die vallei ontwikkel. (1 x 2)(2) ANT: Koue lug dreineer teen die berghange af en forseer die warmer lug in die vallei om te styg. Die warm lug word vasgevang deur die koue lug in die vallei en die koue dalende lug in die bo-lug. (2)

1.9.4 Bespreek TWEE klimatologiese redes waarom inwoners in die vallei, sal verkies om hulself in die inversie laag te vestig. (2 x 2)(4) ANT: Die inversielaag is warmer as in die vallei of bo-op die heuwel(2) Daar is geen ryp in die inversielaag nie (2) Daar sal minder wind wees as bo-op die heuwel (2) Lug sal minder besoedeling wees omdat die besoedelde lug onder die inversielaag vasgevang word (2) [ENIGE TWEE]

1.9.5 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek hoe die besoedeling in die vallei mense wat daar woon sal beïnvloed en stel strategieë voor wat die plaaslike stadsraad kan implementeer om die lugbesoedeling in die vallei te verminder. (4 x 2)(8) ANT: IMPAK OP MENSE Besoedeling van lug beïnvloed mense se gesondheid (2) Lei tot respiratoriese probleme / asma (2) Mag lei tot die ontwikkeling van katarakte (2) Dit sal lei tot die vorming van mis wat die sigbaarheid sal beïnvloed en ongelukke kan veroorsaak (2) METODES OM LUGBESOEDELING TE VERMINDER Plant plante om koolstofdioksied te absorbeer (2) Wetgewing om besoedelingvlakke te beperk (2) Monitering van besoedelingsvlakke in die vallei (2) Boetes / strawwe vir swaar besoedelaars (2) Fabrieke moet operasionele ure beperk om produksie vroeg in die middag te stop sodat anabatiese winde nog besoedeling kan verwyder. (2) Bou lang skoorstene om buite die inversielaag te strek (2) Sit filters op skoorstene om besoedeling wat in die lug vrygestel word, te verminder (2) [Enige VIER. Moet beide die impak op mense en metodes om te verminder- bevat]

1.10 Verwys na FIGUUR 1.10, gebasseer op die stedelike hitte-eiland. FIGUUR 1.10: STEDELIKE HITTE-EILAND

Page 12: Geografie Klimatologie C - ANTWOORDE - Graad 12 - 2020 … … · 1.4.3 Verwys na die 'bruin waas' (mengsel van mis en besoedelingsdeeltjies) en beantwoord die vrae wat volg. (a)

12

1.10.1 Definieer die term stedelike hitte-eiland. (1 x 1)(1) ANT: Stedelike hitte-eiland is die term wat die warmer atmosfeer en oppervlakte oor die stad/SSG teenoor die nie-stedelike omgewing, beskryf. (1) [KONSEP]

1.10.2 Bereken die temperatuurverskil tussen die SSG en die landelike gebied. (1 x 2)(2) ANT: 35 ˚C - 30˚C = 5˚C (2)

1.10.3 Verduidelik hoe die woude op die diagram ‘n invloed op die temperatuurverskil uitoefen. (1 x 2)(2) ANT: Meer plante/ bome/ gewasse om hitte te absorbeer(2) Woude absorbeer besoedelde deeltjies (2) Plante vervaardig suurstof uit koolstofdioksied wat `n besoedelde gas is(2) Minder aktiwiteite kom in die woude voor as in die SSG (2) Minder besoedeling/ motors/ industrieë (2) Meer gras/ grond/ wateroppervlaktes in woude wat nie so warm raak soos beton, glas ens, nie (2) (ENIGE REDE VIR TEMPERATUURVERSKILLE.)

1.10.4 Bespreek hoe die digtheid en hoogte van geboue in die stedelike gebied die ontwikkeling van die stedelike hitte-eiland veroorsaak. (2 x 2)(4) ANT: Hoë geboue het groot oppervlaktes wat veroorsaak dat meer absorpsie plaasvind en sodoende meer hitte vrygelaat word in die atmosfeer. (2) Hoe hoër die geboue, hoe hoër die hoogte waar hitte vrygestel word. (2) Die digte geboue verhoed lugbeweging en vrylating van hitte sal verhoed word (2) Hoë geboue absorbeer meer hitte a.g.v. groot oppervlaktes (2) Donker baksteen-geboue absorbeer hitte (2) Digtheid van die geboue verhoed warm lug om te ontsnap (2) [Enige TWEE. MOET VERWYS NA HOOGTE en DIGTHEID]

1.10.5 Tabuleer die verskil tussen die vorm, die vertikale dimensie en die lugbeweging by die stedelike hitte eiland in die dag en in die nag. (3 x 2)(6) ANTWOORD:

DAG NAG

VORM Sampioen (1) Koepel (1)

VERTIKALE DIMENSIE Vertikaal hoër (1) Vertikaal laer (1)

LUGBEWEGING Hoër in die bo-lug

Verder van die aardoppervlak (1)

Daal laer aan die aardoppervlak (1)

Page 13: Geografie Klimatologie C - ANTWOORDE - Graad 12 - 2020 … … · 1.4.3 Verwys na die 'bruin waas' (mengsel van mis en besoedelingsdeeltjies) en beantwoord die vrae wat volg. (a)

13

2.1 Verwys na FIGUUR 2.1 wat ʼn vallei in die noordelike halfrond voorstel. FIGUUR 2.1 VALLEI IN DIE ALPE

2.1.1 (a) Pas hellings A en B by die terme hoogste en laagste insolasie. (2x1)(2) ANT: A – Hoogste insolasie (1)

B – Laagste insolasie (1) (b) Gee ʼn rede vir jou antwoord in VRAAG 2.1.1(a) (1x2)(2) ANT: Suid-aansig helling is warmer in die noordelike halfrond (2) Noord-aansig helling is kouer in die noordelike halfrond (2) (Enige EEN) 2.1.2 Definieer die term termiese gordel. (1x1)(1) ANT: ʼn Bergsone waar ryp of vriespunt temperature minder geneig is om voor te kom as wat hulle by hoër of laer hoogtes voorkom as gevolg van die ontwikkeling van ʼn inversielaag / Sone van warm lug in die middel van die valleihelling (Konsep) (1) 2.1.3 Identifiseer die plaaslike (tersiêre) wind wat die ontwikkeling van die termiese gordel snags beïnvloed. (1x1)(1) ANT: Katabatiese wind (1) 2.1.4 Beskryf hoe die wind, waarna in VRAAG 2.1.3 verwys word, ontwikkel. (2x2)(4) ANT: Hellings koel af / lug bo helling koel af as gevolg van aardstraling gedurende die nag(2) Koue lug op die hellings daal afwaarts na die valleivloer (2) Koue lug forseer warm lug op die valleivloer om in die middel van die vallei te styg (2) [Enige TWEE] 2.1.5 Verduidelik waarom mense wat in die Alpe woon, geneig is om hul huise op die middelste hange van die vallei, C en D op FIGUUR 1.4 te bou, eerder as op die valleivloer. (2x2)(4) ANT: Middel van die helling is warmer as gevolg van die ontwikkeling van die inversielaag (2) Minder geld word op verhitting van die nedersettings spandeer (2)

Page 14: Geografie Klimatologie C - ANTWOORDE - Graad 12 - 2020 … … · 1.4.3 Verwys na die 'bruin waas' (mengsel van mis en besoedelingsdeeltjies) en beantwoord die vrae wat volg. (a)

14

2.2 Bestudeer FIGUUR 2.2 wat die vergelykings tussen stedelike en landelike klimaat aantoon. FIGUUR 2.2: ’N VERGELYKING TUSSEN STEDELIKE EN LANDELIKE KLIMAAT

2.2.1 Definieer die term stedelike klimaat. (1x1)(1) ANT: Die klimaat in stedelike gebiede wat van dié in naburige landelike gebiede, verskil as gevolg van stedelike ontwikkeling. (Konsep) 2.2.2 Teken ʼn eenvoudige benoemde diagram om ʼn stedelike hitte-eiland te illustreer. (2x1)(2) ANTWOORD:

2.2.3 (a) Gebruik die inligting in FIGUUR 2.2 en noem die verskil tussen die jaarlikse gemiddelde stedelike en jaarlikse gemiddelde landelike temperatuur. (1x1)(1) ANT: Stedelike 0,5 - 3 ° C meer as landelike temperatuur (1) Landelike 0.5 - 3 ° C minder as stedelike temperatuur (1) Stedelike is hoër as landelike temperatuur (1) Landelike is laer as stedelike temperatuur (1) (Enige EEN) (b) Wat is volgens FIGUUR 2.2 die verskil tussen die stedelike en landelike neerslag? (1x2)(2) ANT: Variasie in neerslag is 5 -15% meer in stedelike as in landelike gebiede (2) Stedelike gebied ontvang 5 - 15% meer (2) Landelike gebied ontvang 5 - 15% minder (2) (Enige EEN) 2.2.4 Volgens FIGUUR 2.2 ervaar die stedelike gebied minder humiditeit, maar meer reën. Bespreek redes hiervoor. (2x2)(4) ANT: Die stedelike gebied is warmer as die landelike gebied en het dus ʼn laer lugdruk. (2) Sterker konveksiestrome veroorsaak meer kondensasie. (2) Lug beweeg van die landelike gebied (HD) na die stedelike gebied (LD) wat humiditeit inbring. (2) Kondensasie rondom die groter hoeveelheid kondensasie-kerne (stofdeeltjies) wat meer reënval veroorsaak (2) (Enige TWEE)

Temperatuur neem toe √

Stedelik √

Landelik √

Page 15: Geografie Klimatologie C - ANTWOORDE - Graad 12 - 2020 … … · 1.4.3 Verwys na die 'bruin waas' (mengsel van mis en besoedelingsdeeltjies) en beantwoord die vrae wat volg. (a)

15

2.2.5 Verduidelik waarom ʼn stedelike gebied minder insolasie as sy omliggende landelike gebiede ontvang. (2x2)(4) ANT: Die stedelike gebied het ʼn groter hoeveelheid besoedeling wat die hoeveelheid insolasie beperk (2) Die stedelike gebied het ʼn groter hoeveelheid wolkbedekking wat die hoeveelheid insolasie beperk (2)