afk2601 antwoorde

Upload: belindaniemand

Post on 03-Feb-2018

378 views

Category:

Documents


15 download

TRANSCRIPT

  • 7/21/2019 AFK2601 antwoorde

    1/23

    AFK2601/201/1/2014

    Studiebrief 201/1/2014Genre en tema

    Semester 1

    Departement Afrikaans enAlgemene Literatuurwetenskap

    Hierdie studiebrief bevatterugvoer oor werkopdragte 01, 02, 03 en 04en eksamentoeligting

    Bar code

    AFK2601

    Open Rubric

  • 7/21/2019 AFK2601 antwoorde

    2/23

    2

    OOR HIERDIE STUDIEBRIEF

    Hierdie studiebrief bevat die volgende inligting:

    Terugvoer oor werkopdragte 01 (meerkeusevrae) asook werkopdragte 02 (deel 1 van die studiegids),

    03 (deel 2) en 04 (deel 3). Eksamenriglyne vir elke deel (Mei 2014)

    Neem asseblief daarvan kennis dat julle slegs twee dele (50 punte elk) in die eksamen moet beantwoord.

    Sommige studente het in die verlede al drie dele beantwoord met die hoop dat dosente die beste uit drie

    sal kies. Dit mors nie net die student se tyd nie, maar ook dosente sn. In die vervolg sal dosente slegs die

    eerste twee dele in n antwoordboek nasien.

    Deel 3 (Jeugletterkunde) is ook in die eksamen verpligtend vir onderwysstudente.

    Lees die instruksies by elke deel deeglik.

    Ons wil julle aanmoedig om van myUnisa gebruik te maak. Dikwels kan ons dringende aankondigings slegs

    deur myUnisa se Announcements-funksie doen. Studente wat deelneem aan die Discussion Forum het

    ook die voordeel dat hulle vinnig terugvoer op hul vrae kry, en selfs hulp van medestudente.

    Die AFK2601-span beantwoord graag vrae oor enige probleme wat jy met die werk mag ondervind.

    Hiermee wens ons jou ook n suksesvolle semestereksamen toe.

    (Prof) Johan CoetserKursusleier

    Namens Dosente AFK2601

  • 7/21/2019 AFK2601 antwoorde

    3/23

    AFK2601/201/1

    3

    TERUGVOER OOR WERKOPDRAG 01

    n Nuttige wenk in verband met die voltooiing van werkopdrag 01 is: trefwoorde verskyn in die Lys van

    kernbegrippe agterin die studiegids (bladsye 222226). Dit help baie as jy n vraag soos vraag 8 (oor die

    begrip fin-de-sicle) benader deur gebruik te maak van bladsynommers 36 en 53 wat in die lys teenoor

    hierdie begrip verskyn.

    Ons verskaf nie die antwoorde op die vrae in werkopdrag 01 nie, aangesien werkopdrag 01 van semester 2

    presies dieselfde vrae bevat, en ons nie studente wat toegang tot hierdie studiebrief mag verkry,

    onregmatig wil bevoordeel nie.

    OOR DIE EKSAMENVRAESTEL

    Die opskrif boaan die vraestel lui soos volg:

    Toeboekeksamen

    Hierdie eksamenvraestel bly die eiendom van die Universiteit van Suid-Afrika en mag nie uit die

    eksamenlokaal verwyder word nie.

    Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye (bylae ingesluit).

    Die vraestel bestaan uit DRIE dele. Nie-onderwysstudente beantwoordENIGE TWEE van die drie dele.

    DEEL 3 IS EGTER VIR ONDERWYSSTUDENTE VERPLIGTEND.

    Onderwysstudente beantwoord dus deel 3 plus f deel 1 f deel 2.Lees die aanwysings boaan elke deel noukeurige deur. Let daarop dat jy bysommige dele n keuse moet uitoefen. Elke deel tel 50 punte.

    Jy het ongeveer een uur vir elkeen van die twee dele wat jy moetbeantwoord.

    Vind verdere eksamentoeligting by elke dosent se terugvoering oor n betrokke deel.

  • 7/21/2019 AFK2601 antwoorde

    4/23

    4

    WERKOPDRAG 02DEEL 1PROSA: REISE EN RAAISELS

    Dosent:

    Dr E LemmerKontakbesonderhedeTelefoon: (012) 429 6371

    E-pos: [email protected]

    Faks: (012) 429 8164 (Vir aandag: Erika Lemmer)

    Die doelstelling van hierdie afdeling is om jou bewus te maak van verskillende prosagenres (soos

    byvoorbeeld die speur- en reisverhaal asook die kategorie van wetenskapsfiksie) wat nie altyd as deel van

    die literre kanon beskou is nie. Hieronder volg dus nou oorsigtelike terugvoer oor die vrae wat bywerkopdrag 02 ter sake was, met n aanduiding van die wyse waarop daardie werk in die Mei 2014-eksamen gaan figureer. Let telkens op die Eksamenwenk in die tabel.

    Daar is geen modelantwoordevir hierdie deel nie. Jou eie kennis van en insig in die voorgeskrewe teks en

    studiemateriaal, jou vermo om krities daarmee om te gaan en jou toeligting van kernargumente met

    behulp van toepaslike teksvoorbeelde was die belangrikste faktore waarna ons gekyk het tydens die

    beoordeling van die werkopdragantwoorde. In die meeste gevalle is daar dan ook indrukspunte toegeken

    en daar is nie noodwendig n ooreenstemming tussen die aantal regmerkies en die aantal punte wat jy vir

    die vraag behaal het nie.

    Vraag 1

    Die eerste studie-eenheid (sien studiegids, bladsy 413) l die grondslag vir die afdeling. Hier word jy

    ingelig omtrent die tradisionele prosasoorte (bladsy 9). Jy kry hier ook die eerste aanduiding dat ons

    vanjaar gaan kyk na daardie prosasoorte wat volgens tradisie aanvanklik buite die kanon gestaan het, en

    veral na daardie verhale wat konvensionele genregrense oorskry.

    By hierdie vraag is daar van jou verwag om die definisie in kolom B by die term in kolom A te pas:

    1.1) genre: d) soort of tipe1.2) pejoratiewe uitdrukking: g) neerhalend van aard

    1.3) tydsgees: a) era waarin die leser leef

    1.4) tema: j) boodskap van die teks

    1.5) dekadensie: h) kunsrigting aan die einde van die 19de eeu

    1.6) magies-realisties: e) vermenging tussen fantasie en realiteit

    1.7) kanon: k) algemeen aanvaarde groep werke

    1.8) postmodernisme : c) wantroue in tradisies en kategorie

    1.9) leimotief: b) betekenisvolle herhaling van woorde

    1.10) marginalisering: f) dit wat buite die sentrum staan

  • 7/21/2019 AFK2601 antwoorde

    5/23

    AFK2601/201/1

    5

    Eksamenwenk

    Sorg dat jy al die bostaande terme kan definieer. In die eksamen sal jy ten opsigte van vyf terme getoets

    word, waarvan die definisie telkens een punt tel (totaal: 5 punte).

    Vraag 2 (en studie-eenheid 2 in jou gids) handel oor een van die voorheen gemarginaliseerde genres,naamlik die reisverhaal.

    Jy moes by vraag 2.1vier kenmerke noem wat Grov (in sy inleiding tot Trekvols: n keur uit Afrikaansereisverhale) aan die reisverhaal toeken. Di Grov-inleiding verskyn in die leesbundel op bladsye 8 21.

    Tersaaklike aspekte van die reisverhaal word ook volledig in die studiegids gedek sien bladsye 14,16-17,

    18-20. Enkele sulke kenmerke is byvoorbeeld: die beskrywing van bestaande werklikhede (lande, mense,

    gebruike, geboue, ervarings en avonture); die reisskrywer se subjektiewe belewing van dinge,

    eenheidskeppende faktore soos die tydruimtelike gebondenheid ten opsigte van struktuur asook die

    persoonlikheid van die verteller; die taalgevoeligheid van die reisskrywer.

    By vraag 2.2 moes jy vier kenmerke (sien vraag 2.1) op die reisessay van Audrey Blignault (Eenvreemdeling op de aarde) toepasmet behulp van gepaste teksvoorbeelde en/of aanhalings. Studente wat

    in hulle antwoorde deeglik rekenskap gegee het daarvan dat hulle di teks noukeurig gelees en bestudeer

    het, is dienooreenkomstig beloon. By vraag 2.3 moes jy die titel van een van Uys Krige se reisromans

    noem: vergelyk byvoorbeeld Sol y sombra, Ver in die wreld, Na die Malutis.

    Eksamenwenk

    Die vraag oor reistekste tel15 punte in die eksamen.

    Onthou:Geen tekste gaan by die eksamenvraestel aangeheg word nie en daarom is dit belangrik dat jybaie goed vertroud is met jou voorgeskrewe tekste. Herlees Een vreemdeling op de aarde deur Audrey

    Blignault met die oog op die eksamen.

    Die derde studie-eenheid handel oor Afrikaanse wetenskapsfiksie. By vraag 3 het jy n keuse gehadtussen die P.C. Haarhoff-verhale (vraag 3.1) OF die Langenhoven-teks Loeloeraai (vraag 3.2).

    Vraag 3.1

    Fofelooi is Sjorsjor en Die Miljardplaatjies (beide kortverhale deur P.C. Haarhoff) is afgedruk in die

    leesbundel (bladsy 58 69) en word bespreek op bladsy 25-27 van die studiegids.

    By vraag 3.1.1 kan jy daarop wys dat die begaafde Fanie (wat tipiese kinderervarings soos visvanguitermate geniet) in opstand is teen die verpligte rekenaarklasse oor naweke en die verhoogde

    verantwoordelikheid wat sy eie intelligensie meebring. Daarteenoor staan die volwasse, berese en belese

    verteller in Die Miljardplaatjies in totale verwondering voor al die magiese toekomstige moontlikhede van

    ontdekking en tegnologiese vooruitgang; laasgenoemde keer uiteindelik ook sy ondersoek na binne; na die

    ruimte van die menslike gees.

    Vraag 3.1.2: In Fofelooi is Sjorsjor word die volgende realistiese ruimtes beskryf: die skool, die

    naweekrekenaarklasse by die universiteit, die kuberruimte en die visvangkuil op die plaas. In Die

  • 7/21/2019 AFK2601 antwoorde

    6/23

    6

    miljardplaatjies is daar, benewens die winkel in Berlyn en die verteller se huis naby Hartbeespoortdam ook

    sprake van sonnestelsels, van die Melkweg, maar veral ook van die onsigbare en die onverklaarbare.

    Vraag 3.1.3: Beide verhale betrek tegnologiese sfere soos die wreld van rekenaars, die kuberruim waargebeure soos sabotasie (hacking) kan plaasvind asook die sogenaamde miljardplaatjies waarmee

    objekte beduidend vergroot of verklein kan word wanneer daardeur gekyk word.

    Vraag 3.1.4: Vandag se gesofistikeerde sagtewareprogramme met virusbeskerming en afweerprogrammemaak die verhaalgebeure in Fofelooi is sjorsjor relatief onwaarskynlik.

    OFVraag 3.2

    n Volledige bespreking van C.J. Langenhoven se Loeloeraai verskyn in die studiegids vanaf bladsy 27-32

    (studie-eenheid 3). Gaan lees hierdie hele studie-eenheid met aandag deur. Onthou: die ruimte is so n

    belangrike element van wetenskapsfiksie omdat sodanige tekste onder meer vertel van ruimtes buite ons

    bestaan of begrip.

    Vir die werkopdragvraag moes jy die onderstaande struktuuraspekte van Loeloeraaibestudeer:

    Die teks as wetenskapsfiksie: die genretipering van wetenskapsfiksie word deur die verhaalgebeureondersteun, naamlik die besoek van n ruimtewese - Loeloeraai van Venus - aan Oudtshoorn (ensommige inwoners se daaropvolgende ruimtereis). Loeloeraai is byvoorbeeld aan geen menslikebeperkings onderhewig nie en leer die Afrikaans en Engels van die aardbewoners binne twee dae aan.Sien ook die verwysings na Jules Verne en H.G. Wells (wat beide eksponente van hierdie genre is) indie Aanhangsel wat aan die einde van die teks verskyn.

    die kleindorpse milieu (omgewing en tydsgees) as ruimte: die maatskaplike opset gedurende die1920s waar vroue (en anderskleuriges) byvoorbeeld nog geen stemreg het nie, die plattelandse dorp

    Oudtshoorn, die agterplaas en straat voor n gewone middelklaswoning; en dan die verplasing na dieagterkant van die maan en reis deur maankraters (sien Hoofstuk XII en XIII).

    pejoratiewe verwysings: vergelyk die paternaliserende behandeling van die kleurlingwerker, Kiewiet endie waarskuwings teen sy variant van Afrikaans; neerhalende verwysing na die vermeende invloed vankindermeide op kinders se taalverwerwing (bladsy 35); die patriargale kultuur soos wat ditmanifesteer in die houding jeens vroue asook die tradisionele rolverdelings van mans en vroue in dieteks. Herlees die artikel van Jackson op bladsy 71 72 van die leesbundel.

    die tema (boodskap) van die verhaal: aanvaar andersdenkendes en nuwe idees as duideliketeregwysing aan die kleindorpse burgers (met hulle geskinder, suspisies, bewustheid vir klasse- enrasseverskille); vergelyk byvoorbeeld hulle reaksie op die aankoms van die vreemde, maar wyseLoeloeraai (sien ook bladsy 31 in die studiegids). Lees Loeloeraai se beskrywing van die harmonie watdaar op sy planeet heers (bladsy 57) en hoe dit vergelyk met die situasie op aarde. Verwys ten slotte

    na die gedeelte Loeloeraai se boodskap in die aanhangsel tot die teks (bladsy 109 111) en veraldie laaste punt wat verwys na die twee verowerings: om die hoogste geluk te bereik, moet ons nie netdie natuur oorwin nie, maar ons moet ook ons eie diere-aard / onsself oorwin.

    Jy was veronderstel om by elkeen van die bogenoemde struktuuraspekte met eie insigtevorendag te kom

    en moes jou antwoord staaf met toepaslike aanhalings uit die teks.

    Eksamenwenk

    Die vraag oor wetenskapsfiksie tel 15 punte in die eksamen. Jy sal in die Mei 2014-eksamen weer n

    keuse h tussen die Haarhoff-kortverhale en Loeloeraai. Dit is belangrik dat jy relevante teksverwysings ofteksvoorbeelde kan verskaf om jou antwoord te staaf.

  • 7/21/2019 AFK2601 antwoorde

    7/23

    AFK2601/201/1

    7

    Vraag 4

    Vraag 4.1 en vraag 4.2 (sien ook die vierde studie-eenheid in die studiegids) handel oor die speurverhaalmet spesifieke verwysing na Eugne Marais se Diep rivier (vraag 4.1) en Etienne van Heerden se roman,

    Toorberg (vraag 4.2). Vraag 4.3 handel oor die Nederlandse tekste wat in studie-eenheid 6 bespreek word.

    Vraag 4.1

    Die konvensies van die speurverhaal word in studie-eenheid 4 van die gids bespreek en opgesom.

    Vergelyk veral die struktuurvereistes in die kollys op bladsy 35 soos deur Du Randt uiteengesit: n

    samehangende verhaallyn met gebeure wat mekaar kousaal opvolg; onverwagte wendings in die

    verhaallyn wat spanning skep; leidrade wat deur die leser opgevolg word; atmosfeerryke ruimtebeelding/

    milieuskildering wat afwagting en spanning skep; illusies van geloofwaardigheid; innerlike en uiterlike

    konflik by en tussen karakters. Sien verderaan op bladsy 35 ook Van Gorp se definisie van di genre asook

    die bespreking van internasionale tendense en gevestigde patrone op bladsy 35 en 36 (byvoorbeeld die

    verskynsel van n speurspan of tweemanskap in navolging van die bekende Sherlock Holmes en sy

    assistent, Watson wat resoneer in die karakters van De Ville en De Roubaix).

    Sien die bespreking van die kortverhaal op bladsy 33 37 van die studiegids. Jy moes enige VYF van

    hierdie bovermelde konvensies / struktuurelemente van die speurverhaal (onder afdeling 4.3 in die gids)

    aan die hand van die kortverhaal bespreek het en ook met teksvoorbeelde toegelig het. Sien ook die

    individuele kommentaar op die werkopdrag.

    OF

    Vraag 4.2

    By vraag 4.2 moes jy vir 7 punte die tipering van Toorbergas speurroman bespreek het.Aspekte van die

    speurroman skemer deur in die feit dat die raaisel van Druppeltjie se dood (en wie uiteindelik daarvoor

    verantwoordelik gehou moet / kan word) opgelos moet word. Die magistraat lei sodanige ondersoek.

    Sien in hierdie verband die Wiehahn-artikel in die leesbundel (bladsy 115 131) en veral die gedeelte

    Toorberg as speurroman (bladsy 118 119). Gebruik hierdie bespreking as vertrekpunt en lig toe met

    gepaste teksvoorbeelde. Feite wat deur die loop van hierdie ondersoek aan die lig kom, funksioneer soos

    leidrade wat aan die leser in n speurverhaal verskaf word. Die ondersoek na die kind se dood en die

    toedeling van skuld word egter op groter verhaalvlak ook n ondersoek na die landsgeskiedenis. Die romanwyk af van die tradisionele patroon van die speurverhaal in die sin dat daar uiteindelik geen enkele skuldige

    of moordenaar aangewys word nie (die hoofverdagte word nooit ondervra nie), maar dat almal in n sekere

    sin as aandadig aan die moord beskou word. Onthou dat die roman ook olgens Wiehahn as familiesage of

    plaasroman beskryf kan word, maar dan telkens ook met insiggewende afwykings op daardie betrokke

    konvensies.

    Vir 8 punte moes jy die magies-realistiese aard van die roman aangetoon het. Baie simplisties gestel,

    behels magies-realisme in literre tekste die beskrywing van buitengewone gebeurtenisse, oerbeelde en

    argetipes, die opheffing van chronologiese tyd en n invleg van die wonderbaarlike in die alledaagse.

    (Roos 1996:197). Die mens se bande met n bosinlike bestaan word gewoonlik ook in sulke tekste

  • 7/21/2019 AFK2601 antwoorde

    8/23

  • 7/21/2019 AFK2601 antwoorde

    9/23

    AFK2601/201/1

    9

    Eksamenwenk

    Sorg dat jy die konvensies van die speurverhaal kan omskryf en kan toepas op Diep rivier OF

    Toorberg.

    Studente wat vraag 4.3 beantwoord het, kan enige van die Nederlandse tekste voorberei (naamlik Deplaag, Hommes hoestof De aanslag) en by benadering dieselfde vraag in die eksamen as in die

    werkopdrag verwag (sien studie-eenheid 6 vir n bespreking van hierdie Nederlandse tekste).

    OPSOMMING: Struktuur van DEEL 1 MEI 2014

    DEEL 1: Reise en raaisels

    Let op die interne keuses by sekere vrae.

    Vraag 1 (teoretiese begrippe, studie-eenheid 1): 5 punte

    Vraag 2 (die reisverhaal, studie-eenheid 2): 15punte

    Vraag 3: (wetenskapfiksie, studie-eenheid 3): 15 punteVraag 3.1 (Die P.C. Haarhoff-kortverhale) OF Vraag 3.2 (Loeloeraai deurLangenhoven)

    Vraag 4 (die speurverhaal; studie-eenheid 4): 15 punteVraag 4.1: (Diep rivier van Eugne Marais) OFVraag 4.2 (Toorberg)

    OFVraag 4.3 (Nederlandse tekste): Enige een van De plaag, Hommes hoestof De aanslag: 15 punte

    Totaal: 50 punte

    Voorspoed met die eksamenvoorbereiding.

    Erika Lemmer

  • 7/21/2019 AFK2601 antwoorde

    10/23

    10

    WERKOPDRAG 03DEEL 2DIE AFRIKAANSE POSIE IN NUWE GEDAANTES

    Dosent:

    Me N BotesKontakbesonderhedeTelefoon: (012) 429 6988

    E-pos: [email protected]

    Faks: (012) 429 8164 (Vir aandag: Nina Botes)

    Beste Student

    Vir werkopdrag 2 het ons vier vrae van 25 punte elkgevra, waarvan jy enige twee moes beantwoord virn totaal van 50 punte. Indien jy meer as twee beantwoord het, sien ons slegs die eerste twee na.

    Algemene terugvoer op assessering

    Hier is n paar riglyne wat julle asseblief altyd in gedagte moet hou:

    Leestekens: die titels van gedigte word tussen aanhalingstekens geskryf. Die titels van dramas en

    romans word onderstreep in n geskrewe opdrag en in skuinsdruk geplaas in n getikte opdrag.

    Sinskonstruksie: maak seker dat elke sin n volledige sin is, met n onderwerp, voorwerp en werkwoord.

    Spelling: indien daar tyd oor is, lees altyd weer deur jou werk. Dit gee jou die geleentheid om skryffoute

    reg te stel en seker te maak dat jy elke vraag volledig beantwoord het.

    Algemene terugvoer op werkopdrag 2

    Vraag 1 (keusevraag)

    1.1.1 Hier moes jy die studiegids raadpleeg om aan te toon wat die moontlike funksies of potensiaal van

    posie is vir n totaal van 6 punte. Jy moes TWEEbeelde of aanhalings noem, byvoorbeeld:

    Die digter is die bewaker van menseheugenis (Antjie Krog)

    Kuns kan n verlede lewend hou deur byvoorbeeld standbeelde, letterkundige werke en

    skilderye (byvoorbeeld van die Holocaust, dat ons nooit vergeet nie) Digters stig brand in die geheue

    Digters is die bewaarders van die volksgeskiedenis, n soort wandelende biblioteek

    1.1.2 Hier moes jy kortliks opsom wat Louis Esterhuizen in sy essay n Pleidooi vir die posie (in die

    leesbundel, p. 172) s oor posie en herinnering, enersyds, en posie en emosie, andersyds vir n

    totaal van 6 punte. Jy sou byvoorbeeld die volgende kon noem:

    Posie roep herinnerings by n mens op, selfs al is die inhoudelike aspekte van n gedig nie

    dieselfde herinnerings wat n mens het nie. Dit is omdat posie met vrye assosiasies eerder as

    n storie werk.

    Dit is die emosie van n gedig wat dit vir die leser waar maak deur vrye assosiasie, met anderwoorde deur die leser sy/haar persoonlike herinnerings te laat oproep.

  • 7/21/2019 AFK2601 antwoorde

    11/23

    AFK2601/201/1

    11

    Posie is altyd relevant, juis omdat dit met emosie werk. Met elke herlees van n gedig roep dit

    ander assosiasies en herinnerings en emosies by die leser op. Dit is dus nooit klaar vertel nie.

    Posie is by uitstek die kunsvorm wat met emosies en herinnerings werk. Omdat ons emosies

    nie staties is nie, is elke herlees van n gedig dus ook anders as die vorige keer.

    n Gedig hoef nie altyd iets te beteken nie. Ons hoef dit nie altyd te verstaannie, want soms is

    dit belangriker dat n gedig gevoelmoet word en emosies by ons moet oproep.

    Sonder posie verskraal ons emosionele binnewreld. Posie is dus broodnodig vir n

    vervulde emosionele lewe.

    1.1.3 Hier moes jy die wesenskenmerk(e) van die posie opnoem aan die hand van die uiteensetting in

    die studiegids (bladsy 73-74) vir n totaal van 3 punte. Die primre kenmerk van die posie wat ditonderskei van alledaagse taalgebruik is taalintensiteit, wat die volgende omvat:

    Herhalingvan woorde/frases Ongewone klankverskynsels Gebruik van metafore

    n Spel met woordkeuses (byvoorbeeld ongewone woorde of woorde in ongewonekombinasies)

    1.2 Hier moes jy eers twee tekste in die leesbundel lees: Voice of the people (bladsy 173) en Sister

    literature wat in die leesbundel as I fight for women (bladsy 174-175) aangedui is. Op grond van

    hierdie twee tekste moes jy twee vrae beantwoord:

    1.2.1 Jy moes s of jy dink dit is werklik posie wat hier ter sprake is (vir n totaal van 2 punte).Daar isnie n regte antwoord nie, solank jy jou antwoord kon motiveer.

    1.2.2 Hier moes jy beskryf hoe die aard, doelstellings, beoefenaars en teikengroep van hierdie tipe

    posie verskil van die tradisionele posie vir n totaal van 8 punte. Op bladsy 77 van die studiegidsword hierdie aspekte duidelik gestel:

    Hip-hop (musiek) sluit aan by die sogenaamde spoken word/slam.

    Spoken word/ slams is n populre opkomende posiebeweging wat deel van die hoofstroom

    geword het.

    Sulke slams word deesdae in horskole, kolleges, koffiekroe, (jazz-)klubs, gehou.

    Dis nie vir die ivoortoring bedoel nie, maar vir populre verbruik. Poetry is the voice of the

    people.

    Beoefenaars sluit in: Eminem, Russell Simons, Jay-Z, LL Cool J, Ice Cube.

    Feelah Sista se musiek gaan oor maatskaplike stryd van vroue: vroueregte en seksualiteit.

    Vraag 2

    Vir hierdie vraag moes jy n opstel van ongeveer twee bladsy skryf vir n totaal van 25 puntewaarin jymoes standpunt inneem oor Joernaal van Jorikas n historiese gedig wat soos n joernaal ingeklee is of n

    epos. Jy sou jou opstel as volg kon struktureer:

    Inleiding: opsomming van die verhaalgegeweJy moes op een of ander wyse bewys lewer dat jy self met die teks in gesprek getree het en die

    verhaalgegewe duidelik in jou eie woorde kon interpreteer. As jy bloot die verhaalgegewe uit die studiegids

    en ander materiaal (soos Cloete en Grov se tekste) oorgeneem het en daar geen bewys in jou opstel was

    dat jy indringend met die teks gewerk het nie, is jy swaar gepenaliseer.

  • 7/21/2019 AFK2601 antwoorde

    12/23

    12

    Probleemstelling: kenmerke van die tradisionele eposOm die vraag te beantwoord, sou jy uiteraard die kenmerke van die tradisionele epos moes bespreek. In

    die studiegids word dit in tabelvorm aangedui (bladsy 94). As jy minstens die 5 kenmerke van dietradisionele eposgenoem het, sou jy reeds 10 puntebehaal het.

    Toepassing: toetsing van kenmerke in Joernaal van Jorik

    Om die vraag volledig te beantwoord, sou jy dan ook Joernaal van Jorikaan die hand van die kenmerkevan die tradisionele epos moes toets. Jy sou moes aantoon hoe Joernaal van Jorik ooreenstem en veral

    verskil van die tradisionele epos. Vir die toepassingkon jy n maksimum van 10 puntebehaal. Jy was ookveronderstel om self voorbeelde uit die teks te gebruik om jou stellings te ondersteun. As jy goeie

    voorbeeldegebruik het, kon jy 5 puntedaarvoor behaal. As jy woordeliks uit die studiegids oorgeskryf het,het jy nie enige punte behaal nie.

    Slot: besluitJy sou jou opstel kon afsluit met die besluit: is Joernaal van Jorikn joernaal of n epos? Jy sou Cloete hier

    kon aanhaal om jou argument te ondersteun.

    Vraag 3

    Hierdie vraag is gebaseer op aktiwiteit 3.2in die studiegids (bladsy 108).

    3.1 Hier moes jy aanvoer waarom Small en ander bruin digters in Kaaps dig. Dit is omdat Kaaps die

    taal van die werkersklas is, die mense vir wie Small dig. Small is immers n peoples poet of

    volksdigter. Jy sou met hierdie antwoord 3 puntekon behaal.

    3.2 In Naskrif tot Kitaar my kruis(in die leesbundel, bladsy 183-185) noem Small dat Kaaps vir hom n

    volwaardige taal is en dat dit as sodanig erken moet word. Jy sou dit verder kon motiveer deur een

    of twee aanhalings of stellings uit Naskrif vir n totaal van 3 punte.

    3.3 Om hierdie vraag te kon beantwoord, moes jy eers K, lat ons sing (in die leesbundel, bladsy 186)

    en Waar is Moses (in die leesbundel, bladsy 190-191) lees. Vir verdere toeligting kyk na bl. 108-

    109 in die studiegids. Die vraag het 3 puntegetel.

    3.4 (a) Jy moes n lysie maak van Suid-Afrikaanse en buitelandse persone/gebeure in Highlights of the

    year 1960. Voorbeelde van Suid-Afrikaanse gebeure is die Shapeville-skietery en wetgewing

    (hierdie land se wette), terwyl n buitelandse gebeurtenis byvoorbeeld die huwelik van prinses

    Margaret is. Daar is talryke voorbeelde in die gedig. (2 punte)

    (b) Dit beklemtoon op n ironiese wyse dit wat mense as nuuswaardig beskou en dit wys hoe slegSuid-Afrika afsteek by die buiteland. (2 punte)

    (c) Ja. In die slotstrofe word die binnelandse en buitelandse omstandighede met mekaar verenig

    deur die rymwoorde bus en Rus. Sien verdere toeligting op bl. 109 (par. 3) in die studiegids. (2punte)

    (d) Satiries. Small beweer self in die Naskrif dat baie van die gedigte in Kitaar my kruissatiries van

    aard is en dat sommige gedigte ook grens aan die satire (as n genre). Satire is volgens Small

    tydloos en het steeds n belangrike rol om in die een en twintigste eeu te speel. (2 punte)

  • 7/21/2019 AFK2601 antwoorde

    13/23

    AFK2601/201/1

    13

    e) Die gedig verwys na die wederkoms van Jesus. Die satire is nie noodwendig sterker nie, maar

    die wanpraktyk wat ontmasker word verskil. In Second coming gaan dit om godsdienstige

    skynheiligheid. (2 punte)

    f) Die gedig is net so krities as die ander en alle godsdiensleiers word betrek. Beide Islam (eerste

    strofe) en Protestantisme (tweede strofe) val binne die spreker se satiriese visier. In die slotstrofe is

    dit duidelik dat beide godsdiensgroepe in die gemeenskap onder dieselfde onderdrukkende

    politieke sisteem gebuk gaan en dat onreg in die naam van Allah en God gepleeg word. (4punte)

    Vraag 4

    By hierdie vraag moes jy aktiwiteit 5.2 in die studiegids doen (bladsy 144-145). Jy kon dit per vraag

    beantwoord of kies om dit in opstelvorm te bespreek. Ek verskaf slegs enkele voorbeelde van antwoorde.

    4.1 Dit dui daarop dat sekere mense perfekte pasmaats is m.a.w. dat hul mekaar soos legkaartstukke

    aanvul. Twee afsonderlike stukke lei tot n eenheid. (2 punte)

    4.2 Ja. Liefdespyn is baie intiem en n mens ervaar dit aan eie lyf. Die verlies van n geliefde is soos n

    ledemaat wat geamputeer is, omdat die pyn steeds bly nadat die geliefde reeds weg is. (2 punte)

    4.3 Ja, omdat daar sprake is van spook-ledemate in die tweede beeld. (2 punte)

    4.4 My moed is in my skoene (2 punte)

    4.5 Moedeloosheid. (2 punte)

    4.6 Ja. Dit sluit aan by die beeld van voete was wat op dienslewering dui. (2 punte)

    4.7 Pegasus verwys na die gevleuelde perd uit die mitologie. (2 punte)

    4.8 Ja. Dit dui op die uitdrukking om vlerk te sleep m.a.w. om toenadering tot n geliefde te soek. (2punte)

    4.9 Dit is nie suksesvol nie. Dit is moeisaam (nie maklik nie) en geen plesier nie. Die toenadering lei nie

    tot kontak met die geliefde nie. Die liefde (en die skryf daaroor) is n moeilike taak. (3 punte)

    4.10 Die speelse suggestie in skommelperd word dadelik gerelativeer deur die sprake van n

    moeisame rit teen die stormwind in wat die spreker dunwaai. As die wind bedaar kom daar nieverligting nie want die spreker dra swaar en donker aan vleuels en vlerk. (4 punte)

    EKSAMENTOELIGTINGAlhoewel daar ooreenkomste tussen die werkopdragvrae en eksamenvrae bestaan, is daar ook

    beduidende verskille. Jy kan ter voorbereiding weer kyk na die werkopdragvrae, maar volg asb. die

    onderstaande riglyne as jy vir die eksamen voorberei.

    Struktuur en puntetoekenning

    In die eksamen word VIER vrae (elk 25 punte) gestel, waarvan jy enige TWEE moet doen.

  • 7/21/2019 AFK2601 antwoorde

    14/23

    14

    Vraag 1 (studie-eenheid 1): 25 punte (keuse)Vraag 2 (studie-eenheid 2): 25 punte (keuse)Vraag 3 (studie-eenheid 3): 25 punte (keuse)Vraag 4 (studie-eenheid 5): 25 punte (keuse)

    Verdere toeligting

    GEEN TEKSTE WORD OP DIE EKSAMENVRAESTEL AFGEDRUK NIE, DERHALWE MOET JY DIEGEDIGTE EN RELEVANTE ARTIKELS BAIE GOED KEN

    Vraag 1 (studie-eenheid 1): Dit is belangrik dat jy weet wat die funksies en nut van posie behels.Bestudeer die essay van Louis Esterhuizen n Pleidooi vir die posie baie goed en sorg dat jy die

    belangrikste uitgangpunte daarin goed kan opsom. Bestudeer weer die tekste Voice of the people en

    Sister literature goed en sorg dat jy die belangrikste argumente wat daarin gevoer word, goed verstaan.

    Gaan weer deur al die vrae in werkopdrag 2.

    Vraag 2 (studie-eenheid 2):Gaan kyk weer na vraag 2 in werkopdrag 2. Sorg dat jy die gedig Joernaal

    van Jorik (D.J. Opperman) baie goed ken. Jy moet in staat wees om n opstel van ten minste tweebladsye te kan skryf waarin jy argumenteer of die gedig as n joernaal en/of e-pos beskou moet word.

    Vraag 3 (studie-eenheid 3): Jy moet Adam Small se twee gedigte Highlights of the year 1960 enSecond coming op die punte van jou vingers ken. Jy moet in staat wees om die twee gedigte ten opsigte

    van n aantal aspekte (die gebruik van Kaaps ens.) in n opstelformaat te vergelyk.

    Vraag 4 (studie-eenheid 5):Sorg dat jy die gedigte Miskien, Om voete gee en Pegasus van Ilse vanStaden goed ken. Gee veral aandag aan aspekte soos titel, vergelykings/metafore, taalgebruik en tematiek.

    Jy moet in staat wees om ook di vraag in opstelformaat te beantwoord.

    Kontak my gerus as jy enige probleme met deel 2 ondervind. Sterkte en sukses!

    Nina Botes

  • 7/21/2019 AFK2601 antwoorde

    15/23

    AFK2601/201/1

    15

    WERKOPDRAG 04DEEL 3KINDER- EN JEUGLITERATUUR

    Dosent:Prof JL CoetserKontakbesonderhedeTelefoon: (012) 429 6308

    E-pos: [email protected]

    Faks: (012) 429 8164 (Vir aandag: Johan Coetser)

    INLEIDING

    Hierdie afdeling van die studiebrief sluit die volgende inligting in:

    'n Raamwerk vir die memorandum van DEEL 3 van Werkopdrag 04(verpligtend vironderwysstudente)

    Eksamentoeligtingoor die AFK2601-vraestel (DEEL 3) van Mei 2013.

    Let asseblief daarop dat die terugvoer en inligting wat in hierdie studiebrief verskaf word, niemodelantwoorde op die werkopdrag f vir die eksamen bevat nie. In plaas daarvan bevat dit raamwerke of

    aanduidings van die inhoud waaruit jou antwoorde sou kon bestaan. Dit is dus jou verantwoordelikheid om

    tydens jou voorbereiding vir die eksamenvraestel bykomende inligting, voorbeelde uit die tekste,verduidelikings, motiverings en interpretasies te ontwikkel en by te werk, met die inligting in hierdie

    studiebrief en jou studiemateriaal as 'n vertrekpunt.

    WERKOPDRAG 04DEEL 3

    Hieronder volg breedvoerige kommentaar op die vrae wat jy moes beantwoord. Let hieronder op die wenke

    wat vetgedruk en onderstreep is. Dit is belangrik dat jy die onderstaande inligting sal gebruik ter

    voorbereiding van die eksamen EN dat jy die inligting met jou eie perspektiewe en teksvoorbeelde sal

    aanvul. SELFSTANDIGE DENKE EN DIE GEBRUIK VAN VOORBEELDE sal ryklik beloon word. Jy moesal die vrae beantwoord, maar kon by elke vraag een of meer interne keuses uitoefen.

    VRAAG 1 (Teoretiese agtergrond)

    Vraag 1.1

    Dit is problematies om kinder- en jeugliteratuur te definieer omdat daar, ten spyte van die verband tussen

    grensoorskryding en tekste geskryf vir kinders of jeugdiges, n kernprobleem bestaan, naamlik dat

    skrywer sy/haar teikenlesers selde kan vaspen. Bhler, en ander kundiges, se indelings kan hoogstens baie vae aanduiding van potensile lesers gee en is eintlik net betroubaar hoe jonger die leser is.

  • 7/21/2019 AFK2601 antwoorde

    16/23

    16

    As voorbeelde: Moby Dick (Herman Melville) en Alice in Wonderland (Lewis Carroll) het aanvanklik diejeugleser in gedagte gehad, maar word beslis ook deur volwassenes gelees. Dit gaan hier dus oor dieoorskryding van die grense tussen volwassene- en jeugletterkunde.

    Soos in Bloemhof se Slinger-slinger(studiegids, bladsy 176) spreek oorskryding dikwels GEMEENSKAPPE

    se opvattings aan oor watter leesstof vir kinders en jeugdiges geskik sou wees. Omdat

    gemeenskapsopvattings gedurig verander, verskuif di grens voortdurend.

    Ten opsigte van die verband tussen grensoorskryding en tekste gelees deur kinders of jeugdiges, lees

    laasgenoemdes heel dikwels tekste wat buite verwagting/patroon val. Faktore wat hier rol speel, isonder andere leesouderdom (wat van kronologiese ouderdom verskil), sosiale en ekonomieseoorwegings, en kulturele geletterdheid. (15)

    OF

    Vraag 1.2

    Min studente pak hierdie vraag aan en antwoorde word op n indiwiduele basis nagesien. Die eenvoudigste

    manier om die begripprobleemboekte omskryf, is om te s dat dit die verhaal van n tiener is wat die een

    of ander probleem ondervind en gewoonlik te bowe kom. Hierdie probleemaard is tewens n manier om

    tussen kinder- en jeugletterkunde te onderskei, omdat fantasie heel dikwels in kinderletterkunde oorheers.

    Voorbeelde van probleme is onder andere HIV, verhoudings met ouers, homoseksualiteit, seksuele

    teistering, die skoolboelie, volwassewording, vriendskappe, voorkoms, ensovoorts. Dink maar aan jou

    voorgeskrewe boeke. Soms l, soos ek hierbo verduidelik het, grensoorskreiding aan die basis van die

    probleem, soos wanneer die hoofkarakter gemeenskaps-, ouerlike of ander grense toets.

    Neem verder hiervan kennis: Lees oor probleemboeke op bladsy 174-179 van die studiegids.

    Kyk na die uitsprake van Ttemeyer op bladsy 174 van die studiegids en dink na oor of jy met hom

    saamstem en motiveer jou mening.

    Volgens Fairer-Wessels en Van der Walt in die leesbundel het die groot aantal probleemboeke in

    Afrikaans gedurende die 1990s, die beeld van Afrikaanse jeugliteratuur skade berokken. Die jeug

    het ook nie veel van `n keuse gehad nie, omdat veral probleemboeke op skoolvlak voorgeskryf is.

    Dink na oor of jy met Fairer-Wessels & Van der Walt saamstem en motiveer jou mening.

    Let wel: jy moet in staat wees om jou antwoorde met genoegsame teksvoorbeelde te kan staaf.

    (15)[15]

    Berei vir die eksamen voor (vraag 1 op die vraestel)

    Daar is geen keuses in die vraag nie.

    Jy moet verduidelik hoe vier verskynsels met die problematiese aard van kinder- en jeugliteratuur

    verband hou. Jou bespreking van elke verskynsel tel 5 punte. Die vraag tel dus 20 punte.

    Die begrippe is: chronologiese/werklike ouderdom, leesouderdom, kulturele geletterdheid, seuns-

    /meisiesboeke. Laasgenoemde hou met die verskynsel verband dat sommige boeke spesifiek vir

    seuns of meisies geskryf word.

    Jy sal merk dat hierdie eksamenvraag nie onveranderd met die werkopdragvraag ooreenstem nie.

  • 7/21/2019 AFK2601 antwoorde

    17/23

    AFK2601/201/1

    17

    Ek stel voor dat jy vir jou aan die hand van hierdie toeligting n vraag formuleer, en dan jou antwoord

    op jou eie vraag vir die eksamen voorberei. Nader jou e-tutor as jy daarmee vasbrand.

    VRAAG 2 (Jeugteater en kabaret)

    Vraag 2.1 (Ernest A. Loth - Eendag is daar (Sprokie vir grootmense) (1991)

    Hierdie vraag steun op Steenberg se verduideliking van kleursimboliek in sprokies in haar Fantasie en die

    kinderboek (in die leesbundel weergegee). Jy moes in jou antwoord gevolglik van die raamwerk

    gebruikmaak wat die bespreking bied. Hier volg n opsomming van die belangrikste inligting:

    1. Die kleur ROOI dui tradisioneel op gevaar, d.w.s. bedreiging. In die teks verwys dit na die Rooi

    gevaar (Kommunisme, Atesme) wat vir die vorige Apartheidsregering n primre gevaar ingehou

    het. Koppel jou bespreking aan die optrede (wat doen sy?) en woorde (wat s sy?) van Rooikappie.

    n Interessante, maar in Suid-Afrika minder bekende, interpretasie is die koppeling van hierdie

    sprokie en die sprokie van Sneeuwitjie aan die volwassewording van n jong meisie (nie vereis nie).(5)

    2. Die kleur WIT het binne die literatuur die betekenis van dit wat goed, rein en skoon is. In ons teks

    kom dit neer op eksklusiwiteit (en alles wat daarmee saamhang) wat in die teks deur die wit

    bevolking verteenwoordig word. Koppel jou bespreking aan die optrede (wat doen sy?) en woorde

    (wat s sy?) van Sneeuwitjie. (5)

    OF

    Vraag 2.2 (Kobus Strydom Hoes dit, my ou?) (1988)

    Alle bladsyverwysings is na bladsynommers in die leesbundel, wat boaan bladsye verskyn. Die tabel bevat

    slegs voorbeelde. Ander voorbeelde uit die teks mag ook reg wees.

    Bybelteks Bladsy 351: Verbly jou in jou jeug.

    Vergelyk hoofstuk 11 van die Bybelboek

    Prediker.

    Die woord [v]erbly word hier ironies

    gebruik. Daar is by die kinders na wie

    daar in die gedig verwys word, nie

    sprake van verblyding nie.

    Sprokie Bladsy 354: Hansie en Grietjie In die sprokie pik die voltjies die

    broodkrummels op met die gevolg dat

    Hansie en Grietjie by die heks se huisopeindig. Vir Seun voel dit of dit met

    hulle net so sleg soos met die

    sprokieskarakters gaan.

    Volksliedjie Bladsy 360: Rokkies wil sy dra Weer eens ironie, wat sentreer om die

    woord verslae. In die volksliedjie is

    almal verslae omdat sy so mooi in die

    rok lyk (later in die liedjie: mooi is sy,

    nie lelik nie). Dit geld nie noodwendig

    van meisies se matriekafskeidsrokke

    nie (lees saam met die vorige deel).

  • 7/21/2019 AFK2601 antwoorde

    18/23

    18

    Verwerking van n

    popliedjie

    Bladsy 365: Rol n zol n Parodie (nabootsing) van die Engelse

    liedjie, Islands in the sun. Waar

    laasgenoemde vrolik en opgewek is, is

    Rol n zol wrang en ironies. Ons het

    hulle ook met dagga en wyn geniet,

    maar daarvoor in die tronk beland.

    Vergelyk ook bladsy 371.

    Afrikaanse gedig Bladsy 372: Kortstondig die uurtjie van

    samesyn en troos

    n Liefdeslied uit die ouer Afrikaanse

    posie (hoef skrywer en titel nie te

    vermeld nie, naamlik I.D. du Plessis se

    Rietfontein) wat die verhouding tussen

    twee geliefdes beskryf. Weer eens

    ironie, want die geliefdes is nou pil of

    naald.

    (5+5)

    [10]

    Berei vir die eksamen voor (vraag 2 op die vraestel)

    Daar is n keuse in die vraag. Die eerste keuse is dat jy moet besluit oor watter jeugteaterteks jy

    vrae gaan beantwoord. Hierdie tekste verskyn in jou leesbundel, maar is nie in die vraestel

    opgeneem nie.

    Jy moet in staat wees om in jou antwoord aan te toon hoe die dramaturg van die teks wat jy gekies

    het, die oorspronklike gegewens in sy drama verander het. Jy moet ook in staat wees om te

    verduidelik wat die dramaturg met hierdie veranderings aan ons, die lesers en die potensile

    gehoor, wil s, met ander woorde watter boodskap wil hy oordra? Die vraag gaan dus oor

    intertekstualiteit en intertekste. Die oorspronklike tekste en/of n karakter wat in veranderde vorm in een van die dramas opgeneem

    is, is: Wit vark uit Die drie varkies, Rooikappie uit Rooikappie en die wolf, Prins in Sneeuwitjie,

    Hansie en Grietjie uit Hansie en Grietjie, die popliedjie Seasons in the sun, en Die Bybel. Slegs

    drie van hierdie oorspronklike tekste of n karakter het op jou keusedrama betrekking.

    Elke bespreking tel 10 punte wat beteken dat die vraag 30 punte tel. Jy sal merk dat hierdie

    eksamenvraag nie onveranderd met die werkopdragvraag ooreenstem nie.

    Ek stel voor dat jy aan die hand van hierdie toeligting n vraag formuleer, en dan jou antwoord op

    jou eie vraag vir die eksamen voorberei. Die tabel bokant hierdie een (vorige vraag) en die

    studiegids sal jou daarmee help. Dit is belangrik dat jy verwys na wat in die teks voorkom. Dit sal jou

    niks help om die teks/te van die dramas NIE te lees NIE en daaroor eksamen te skryf (daar is elkejaar studente wat dit probeer doen!). Nader jou e-tutor as jy daarmee vasbrand.

  • 7/21/2019 AFK2601 antwoorde

    19/23

    AFK2601/201/1

    19

    VRAAG 3 (Kinderverse en die biblioterapeutiese proses met betrekking tot kinder- en jeugverhale)

    Vraag 3.1.1 (DJ Opperman Nuwe kleuterverseboek/Kleuterverseboek)

    KOLOM A KOLOM B

    3.1.1.1 Metafoor

    Definisie:

    Dit is beknopte vergelyking, waarin

    twee sake aan mekaar gelykgestel

    word sonder om die woorde soos of

    as te gebruik.

    (a) My pappa is my perdjie:

    Dui aan watter stylfiguur, voorbeeld van

    rym of beeldspraak by hierdie voorbeeld

    pas:

    3.1.1.1 Metafoor

    3.1.1.2 Alliterasie

    Definisie:

    Die herhaling van medeklinkers wat

    aan die begin van lettergrepe of

    woorde voorkom.

    (b) Ek kraai soms soos haantjie

    Dui aan watter stylfiguur, voorbeeld van

    rym of beeldspraak by hierdie voorbeeld

    pas:

    3.1.1.2 Vergelyking

    3.1.1.3 Personifikasie

    Definisie:

    Dooie dinge neem menslike

    kenmerke aan, dit wil s

    vermensliking.

    (c) sy skoen is my klein saaltjie,

    Dui aan watter stylfiguur, voorbeeld van

    rym of beeldspraak by hierdie voorbeeld

    pas:

    3.1.1.3 Metafoor/alliterasie

    3.1.1.4 Klanknabootsing

    Definisie:

    Die klanke in n gedig is so

    gerangskik/aangebied dat dit n klank

    namaak, byvoorbeeld die wind, see,wiele, ensovoorts.

    (d) Die windjie is skelm

    Dui aan watter stylfiguur, voorbeeld van

    rym of beeldspraak by hierdie voorbeeld

    pas:

    3.1.1.4 Personifikasie

    3.1.1.5 Hiperbool

    Definisie:

    Oordrywing/vergroting/vergrowwing/

    verkleining.

    (e) Pas op, netnou stamp jy jou kop

    teen 'n ster!

    Dui aan watter stylfiguur, voorbeeld van

    rym of beeldspraak by hierdie voorbeeld

    pas:

    3.1.1.5 Hiperbool

  • 7/21/2019 AFK2601 antwoorde

    20/23

    20

    3.1.1.6 Vergelyking

    Definisie:

    Twee sake wat in talle opsigte van

    mekaar verskil, word op grond van n

    enkele ooreenkoms met mekaar

    gelykgestel.

    (f) Woef woef-woef al weer!

    Dui aan watter stylfiguur, voorbeeld van

    rym of beeldspraak by hierdie voorbeeld

    pas:

    3.1.1.6 Klanknabootsing

    (5+5=10)

    Vraag 3.1.2

    (a)Enkele kenmerke van stereotipering (van die student word verwag om dit self op te som en te verwerktot drie omvattende kenmerke in sy/haar eie woorde geformuleer):

    dit is n eenvoudige siening van die wreld wat gedeel word deur n sosiale groep die word van geslag tot geslag oorgedra

    dit word versterk deur die massamedia eenvoudige siening van reg en verkeerd reflekteer die kulturele en ideologiese verwagtings van die groep

    (b) Studente kon enige enkele of meer relevantevoorbeeldgedigte bespreek het. Hieronder is slegs enkelemoontlikhede:

    Blou Maandag (bladsy 63): Rasstereotipering daar word verwys na ou Saar wat nie opgedaag het vir

    werk nie. Nie-blankes word daardeur gestereotipeer as werkers wat slegs daar is vir witmense se gerief en

    dikwels onbetroubaar/onstiptelik is.

    Tien Masbiekertjies (bladsy 125): Rasstereotipering Die woord Masbiekertjies verwys na nie-blankes

    afkomstig van Mosambiek. Die woord is diskriminerend, soos ook die feit dat daar tien was en uiteindelik

    slegs een oorbly. Nie-blankes wat afkomstig is van Mosambiek word dus hiervolgens gestereotipeer.

    Bak skoonmaak (bladsy 83): Geslagstereotipering Die stereotipe word uitgebeeld dat vrouens slegs in

    die kombuis tuishoort en koekies bak (Wanneer my mammie koekies bak).

    Daar was klein boertjie (bladsy 95) Geslagstereotipering Weer eens word die boer se vrou in die

    kombuis geplaas waar sy die wilde-eend wat haar man geskiet het, moet skoonmaak en braai. Die

    stereotipe word uitgebeeld dat mans jag (Hy loop in die reent/en skiet wilde-eend) en dat vrouens tuis

    moet bly en kos moet maak (na sy vrou in die kombuis). (15)[25]

    Berei vir die eksamen voor (vraag 3 op die vraestel)

    Jy het in hierdie vraag oor kleuterverse geen keuses nie. Die vraag bestaan uit 3.1 en 3.2 en jy

    moet beide beantwoord.

    Jy moet in 3.1 staat wees om voorbeelde van vyf vorme van beeldspraak en stylfigure (word in die

    vraestel gegee) in enige een van twee gedigte neer te skryf en redes vir jou keuses te gee. Om dit

    eenvoudig te stel: waarom is my aanhaling uit een van die gedigte n voorbeeld van hierdie

    beeldspraak of hierdie stylfiguur? Die tekste van die gedigte vir 3.1 is in die vraestel opgeneem, maar hulle was nie deel van die

  • 7/21/2019 AFK2601 antwoorde

    21/23

    AFK2601/201/1

    21

    werkopdrag nie.

    Die vyf vorme vir 3.1 is: hiperbool/oordrywing, alliterasie, metafoor,personifikasieen paarrym. Elke

    antwoord tel 5 punte, vir n totaal van 15.

    Ek stel voor dat jy in jou voorbereiding vir 3.1 seker maak dat jy weet wat die kenmerke van elke

    vorm is en dan oefen om elke vorm in vreemde gedigte in jou voorgeskrewe bundel verse uit te

    wys en redes vir jou uitwysing te vind. Nader jou e-tutor as jy daarmee vasbrand. Jy moet in 3.2 in staat te wees om uit enige een van vier gedigte drie voorbeelde van stereotipering

    aante haal. Jou aanhalings van stereotiperings hoef, met ander woorde, nie net uit een gedig te

    kom nie. Die gedigte is in die bylaag aan die einde van die vraestel opgeneem, maar hulle was nie

    deel van die werkopdrag nie.

    Verder moet jy in 3.2 in staat wees om aan te dui van watter vorme van stereotipering jou

    aanhalings voorbeelde is, byvoorbeeld rassestereotipering, ensovoorts. Jy moet ook redes

    (verklarings) vir jou antwoorde gee. Verwys in jou verklarings na die kenmerke van stereotipering.

    Elke aanhaling en verklaring in 3.2 tel 5 punte, vir n totaal van 15.

    Ek stel voor dat jy in jou voorbereiding vir 3.2 seker maak dat jy weet wat die belangrikste kenmerke

    van stereotipering is en dat jy weer kennis neem van die vorme van stereotipering waarmee jyhierdie semester kennis gemaak het. Nader jou e-tutor as jy daarmee vasbrand.

    Gaan vir toeligting oor eksamenvraag 4 na die einde van die bespreking onder opskrif 3.3.

    OF

    Vraag 3.2 (Biblioterapie - Droomwa)

    Vraag 3.2.1

    Hierdie vraag berus op die veronderstel dat daar ooreenskomste tussen die hoofkarakter en die skrywer

    van Droomwa is. Vandaar die woord outobiografiese (lewensbeskrywing van iemand/die skrywer oor

    hom-/haarself) in die vraag. Die woord fiksie sluit by die literatuuropvatting aan dat die werklikheid,

    handeling en karakters in n boek nie werklik bestaan nie, omdat werklikheid, handeling en karakters

    fiksioneel/denkbeeldig is. So eenvoudig is die saak egter nie, omdat elemente van n lewensbeskrywing

    soms in die fiksionele werklikheid herkenbaar is. Die vraag neem dus aan dat jy met die skrywer Barry

    Hough se lewensbeskrywing op hoogte is sodat jy raakpunte in die teks kan identifiseer. Een van daardie

    raakpunte is dat Hough in n enkelouerhuis grootgeword het. (Sy moeder was nie alkoholafhanklik nie

    vergelyk die studiegids, bladsy 212 en verder). Jy sou jou antwoord rondom hierdie gegewe kon

    konstrueer. Teksverwysings in jou bespreking was noodsaaklik. (10)

    Vraag 3.2.2

    Jeugletterkunde beskik oor die volgende kenmerke, wat dit moontlik maak om dit terapeuties te kan

    gebruik:

    Fiktiwiteit: literre werke skep n wreld wat nie bestaan nie, maar wat ons as lesers herken omdat ditooreenkomste met ons regte werklikheid vertoon. Daarom skep letterkunde skep n veilige omgewing.

    Eiesoortigheid van jeugletterkunde: struktuurelemente soos karakterisering en handelingsverloop maak

    identifikasie met die karakters, gebeure en fiktiewe wreld moontlik.

  • 7/21/2019 AFK2601 antwoorde

    22/23

    22

    Karakters waarmee die lesers kan identifiseer. Die hoofkarakter moet groei tot positiewe insig of nboosheid of swakheid oorwin. So groei die leser saam tot insig in homself of die omringende wreld of

    ander se probleemsituasies. Die verwerwing van insig bring mee dat n jeugboek op n positiewe sloteindig.

    Let wel: Die student moet verder op bogenoemde idees uitbrei en ook sy/haar eie voorbeelde uit

    Droomwa insluit. (15)[25]

    OF

    Vraag 3.3 (Biblioterapie Dis ek, Anna)

    Riglyne wat by die nasien van die vraag gevolg is:

    1. Elkeen van die fases tel 8 punte. Tel 1 punt by die behaalde punt om die totaal op 25 tot stand te

    bring.

    2. Vier punte gaan telkens vir n beskrywing van die terapeutiese fase en vier punte vir die toepassing

    op die teks.

    Die terapeutiese proses bestaan gewoonlik uit die volgende drie fases:

    IdentifikasieLei die leerling om met die boekkarakter en verloop

    van die handeling te identifiseer. Identifiseer

    beteken dat die persoon ooreenkomste tussen

    sy/haar situasie en die fiktiewe wreld van die boek

    herken. Die boekkarakter moet verkieslik vandieselfde ouderdom wees.

    Pas die volgende gedagtes saam met die inligting in

    die linkerkantste kolom op Dis ek, Annatoe:

    Die boekkarakter moet verkieslik van dieselfde

    ouderdom en geslag as die leser wees. Hoe

    vollediger die boekkarakter geteken word en hoegroter die ooreenkoms, hoe makliker kan

    identifikasie plaasvind. Die leser moet hom-/haarself

    kan herken in wat die boekkarakter dink, s, in hoe

    hy optree en in wat ander karakters van die

    boekkarakter dink en s in hoe hy teenoor daardie

    persoon optree.

    Assosiasie

    Die leerling assosieer in sy/haar gedagtes met die

    boekkarakter en met die handelingsverloop in dieboek, met ander woorde projekteer sy/haar situasie

    op die wreld wat in die boek geskep word en op n

    karakter wat in daardie wreld optree. Dit sal

    gewoonlik n hoofkarakter wees.

    Pas die volgende gedagtes saam met die inligting in

    die linkerkantste kolom op Dis ek, Annatoe:Ter sake is ook Steenberg (in die leesbundel) se

    interpretasie dat n jeugboek met n positiewe slot

    sal eindig. Daarteen sluit die morele agtergrond aan

    waarteen die handeling afspeel.

    InsigDie leerling kom na aanleiding van die

    handelingsverloop en slot van die boek tot die insig

    dat sy/haar probleem ook opgelos kan word, en dieinsig lei tot heling (katarsis).

    Pas die volgende gedagtes saam met die inligting in

    die linkerkantste kolom op Dis ek, Annatoe:

    Insig en heling kan bevorder word deur die leerlingtot deelname aan te spoor, byvoorbeeld om die

    persoon aan te moeding om haar emosies op skrif

  • 7/21/2019 AFK2601 antwoorde

    23/23

    AFK2601/201/1

    23

    te stel, te teken of selfs deur van rolspel (drama)

    gebruik te maak. Hou in gedagte dat Dis ek, Anna

    nog sterker outobiografies van aard is as Hough se

    Droomwa of selfs sy Vlerkdans. Dit beteken

    inderdaad dat Anna die skryfster in die teks

    verteenwoordig.

    Berei vir die eksamen voor (vraag 4 op die vraestel)

    Jy het in hierdie vraag geen keuses nie. Die vraag bestaan uit 4.1 (4 punte), 4.2 (6 punte) en 4.3

    (20 punte) en jy moet al drie beantwoord.

    Ek het 4.1 nog nie tevore gevra nie, en die rede waarom ek dit nou doen, is omdat ek bekommerd is

    of studente weet wat die begrip biblioterapiebeteken. Is jy in 4.1 in staat om n verduideliking te gee

    wat minstens vier feite bevat? Raadpleeg hieroor jou studiegids en/of Google

    (http://en.wikipedia.org/wiki/Bibliotherapy). Onthou, die vraag tel net vier punte. Moet dus nie onder

    die baie inligting wat op Google beskikbaar is, n laaaaaang antwoord voorberei nie. In die eksamen

    sal jy daardeur net tyd verspil en dalk tydsgewys vasbrand. Beide 4.2 en 4.3 is in die werkopdrag gevra, maar hulle word in die eksamen nie presies soos in die

    werkopdrag gevra nie. Let daarop dat jy by 4.3 in staat moet wees om die denkbeeldige

    biblioterapeutiese proses te beskryf waarby DroomwaOF Dis ek, Annabetrokke is. Jy kan self kies.

    Daar is in die werkopdrag nie n toepassing op Dis ek, Annagevra nie. Omdat jy teen hierdie tyd die

    teks van Dis ek, Annaegter goed ken, en van my verduideliking in die vorige tabel kennis geneem

    het, sal jy in jou voorbereiding jou eie antwoord kan uitwerk. Raadpleeg ook hier jou e-tutor indien jy

    vasbrand.

    Verdere eksamentoeligting (Mei 2014)Deel 3 Kinder-en jeugletterkunde

    ALLE ONDERWYSSTUDENTE MOET DEEL 3 BEANTWOORD

    Indien jy bostaande eksamentoeligting ter harte neem, kan jy goed presteer in die eksamen. Goeie

    voorbereiding vir die eksamen behels:

    Neem die eksamentoeligting as vertrekpunt vir jou voorbereiding.

    Maak seker dat jy die terugvoering oor werkopdrag 04 verstaan, kan toepas en in jou eie woorde

    kan formuleer.

    Maak seker dat jy bykomende idees/menings/selfstandige denke en teksvoorbeelde by die

    terugvoering op jou werkopdrag bywerk.

    Wees goed bekend met die inhoud van die voorgeskrewe tekste wat jy vir hierdie module gekies het

    en wees gereed om die inhoud daarvan breedvoerig en in diepte te bespreek.

    Samestelling van eksamenvrae (DEEL 3)

    Beantwoord vraag 1. Beantwoord daarna NOG EEN vraag uit vrae 2 tot 4.Jy moet dus uit hierdie deel TWEE vrae beantwoord.

    Tekste is vir hierdie deel in die bylaag aan die einde van die vraestel opgeneem. Verwysing na die tekste in

    die bylaag verskyn in die betrokke vrae.