geskiedenis van die gereformeerde kerk krugersdorp€¦ · web viewop 12 oktober 1896 word die...

35
1 Geskiedenis Gereformeerde Kerk Krugersdorp 1896 - 2019 GESKIEDENIS VAN DIE GEREFORMEERDE KERK KRUGERSDORP KRUGERSDORP GEMEENTE is op 25 en 26 April 1896 in 'n skoolsaal op Krugersdorp gestig. Die lidmate van Hekpoort het in 1895 'n versoekskrif aan die kerkraad van die Gereformeerde Kerk op Rustenburg gestuur om as 'n selfstandige gemeente te mag afstig. Die meeste lidmate van die Gereformeerde Kerk het in die omgewing van Hekpoort gewoon. Die Rustenburgse kerkraad het met die versoekskrif uit Hekpoort akkoord gegaan en besluit om dit aan die Algemene Vergadering voor te lê. Die Algemene Vergadering het op 16 Maart 1896 te Heidelberg (Transvaal) byeengekom. Die versoekskrif is behandel en goedgekeur. Die Gereformeerde Gemeente moes op Krugersdorp gestig word. Die Algemene Vergadering het verder besluit dat die predikante van Rustenburg en Potchefstroom saam met twee ouderlinge van elke gemeente 'n kommissie sou vorm om Hekpoort tot die Gereformeerde Kerk van Krugersdorp te stig. Ds J de Ridder en ouderlinge HP Steyn en A Venter van Rustenburg, bygestaan deur ds JL Maury en ouderlinge JA Bezuidenhout en GA van der Walt van Potchefstroom, het saam met lidmate van Hekpoort op 25 en 26 April 1896 op Krugersdorp vergader. Die Krugersdorpse Gereformeerde Gemeente sou uit die twee wyke Hekpoort en Hoëveld bestaan. Ds Ph S Snyman van Heidelberg was die eerste konsulent. Op die stigtingsvergadering is besluit "dat er viermaal des jaars volle diensten gehouden zullen worden". Dit beteken seker nagmaalsdienste. Die konsulent sou elke keer ongeveer £7 ontvang. Die gebied van die nuwe gemeente het gestrek vanaf Krugersdorp, die Moot, Maanhaarrand (halfpad tussen Krugersdorp en Rustenburg), Randfontein tot Roodepoort. In 1902 is 'n wyk op Krugersdorp gestig. Op 12 Oktober 1896 word die eerste kerkraadsvergadering gehou en daar word besluitom in kombinasie met Johannesburg 'n predikant te beroep. IN desember 1896 is ds P S Snyman beroep maar hy het die beroep nie aangeneem nie. In April 1897 is DS M POSTMA (Dsn) van Middelburg (Transvaal) as predikant te Johannesburg bevestig. Hy sou ses keer in die jaar die dienste op Krugersdorp waarneem. Die gemeente het aanvanklik wyksdienste in woonhuise gehou. Tente van die Ned Geref Kerk is vir nagmaalsgeleenthede gebruik. Ander geboue is ook soms gebruik. Die kerkraad het dit aan oudl S Potgieter opgedra om aansoek by die regering te doen om 'n skenking van grond vir die Gereformeerde Gemeente van Krugersdorp te kry. Die gevolg was dat erwe 15, 16, 17 en 136 in Distriksdorp (Krugersdorp-Noord) en twee plase: "Vrye Gunst" in die distrik Piet Retief, en "Nooitgedacht" in die Rustenburgse bosveld van die regering ontvang is. Die dorpsgrond is begrens deur Begin-, Premier-, Eerste- en King George -straat.

Upload: others

Post on 26-Sep-2019

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

1

Geskiedenis Gereformeerde Kerk Krugersdorp 1896 - 2019

GESKIEDENIS VAN DIE GEREFORMEERDE KERK KRUGERSDORP

KRUGERSDORP GEMEENTE is op 25 en 26 April 1896 in 'n skoolsaal op Krugersdorp gestig. Die lidmate van Hekpoort het in 1895 'n versoekskrif aan die kerkraad van die Gereformeerde Kerk op Rustenburg gestuur om as 'n selfstandige gemeente te mag afstig.

Die meeste lidmate van die Gereformeerde Kerk het in die omgewing van Hekpoort gewoon. Die Rustenburgse kerkraad het met die versoekskrif uit Hekpoort akkoord gegaan en besluit om dit aan die Algemene Vergadering voor te lê.

Die Algemene Vergadering het op 16 Maart 1896 te Heidelberg (Transvaal) byeengekom. Die versoekskrif is behandel en goedgekeur. Die Gereformeerde Gemeente moes op Krugersdorp gestig word.

Die Algemene Vergadering het verder besluit dat die predikante van Rustenburg en Potchefstroom saam met twee ouderlinge van elke gemeente 'n kommissie sou vorm om Hekpoort tot die Gereformeerde Kerk van Krugersdorp te stig.

Ds J de Ridder en ouderlinge HP Steyn en A Venter van Rustenburg, bygestaan deur ds JL Maury en ouderlinge JA Bezuidenhout en GA van der Walt van Potchefstroom, het saam met lidmate van Hekpoort op 25 en 26 April 1896 op Krugersdorp vergader.

Die Krugersdorpse Gereformeerde Gemeente sou uit die twee wyke Hekpoort en Hoëveld bestaan. Ds Ph S Snyman van Heidelberg was die eerste konsulent. Op die stigtingsvergadering is besluit "dat er viermaal des jaars volle diensten gehouden zullen worden". Dit beteken seker nagmaalsdienste. Die konsulent sou elke keer ongeveer £7 ontvang.

Die gebied van die nuwe gemeente het gestrek vanaf Krugersdorp, die Moot, Maanhaarrand (halfpad tussen Krugersdorp en Rustenburg), Randfontein tot Roodepoort. In 1902 is 'n wyk op Krugersdorp gestig.

Op 12 Oktober 1896 word die eerste kerkraadsvergadering gehou en daar word besluitom in kombinasie met Johannesburg 'n predikant te beroep. IN desember 1896 is ds P S Snyman beroep maar hy het die beroep nie aangeneem nie.

In April 1897 is DS M POSTMA (Dsn) van Middelburg (Transvaal) as predikant te Johannesburg bevestig. Hy sou ses keer in die jaar die dienste op Krugersdorp waarneem. Die gemeente het aanvanklik wyksdienste in woonhuise gehou. Tente van die Ned Geref Kerk is vir nagmaalsgeleenthede gebruik. Ander geboue is ook soms gebruik.

Die kerkraad het dit aan oudl S Potgieter opgedra om aansoek by die regering te doen om 'n skenking van grond vir die Gereformeerde Gemeente van Krugersdorp te kry. Die gevolg was dat erwe 15, 16, 17 en 136 in Distriksdorp (Krugersdorp-Noord) en twee plase: "Vrye Gunst" in die distrik Piet Retief, en "Nooitgedacht" in die Rustenburgse bosveld van die regering ontvang is.

Die dorpsgrond is begrens deur Begin-, Premier-, Eerste- en King George -straat. Dit was 'n volle blok grond wat nie alleen vir 'n kerkgebou nodig was nie, maar ook ruimte moes gee waar die plaasmense hulle tente by die ossewaens kon opslaan. Veral met nagmaaltye sou die mense met ossewaens, perdekarre en perderuiters na die dorp kom. Vandag is die kerkgrond baie kleiner.

Die bou van 'n kerk het reeds in die gedagtes van die lidmate posgevat, en die boustyl van die Potchefstroomse Kerkgebou het hulle mooi en aanneemlik gevind. Op die kerkraadsvergadering van 11 Februarie 1899 is soos volg besluit: "De leeraar en kerkeraadsleden spreken echter hunne begeerte uit dat de gemeente mocht stemmen voor een kerkgebouw (zo) als het nieuwe kerkgebouw te Potchefstroom wat de eenvoudigheid en deftigheid betreft". Op 'n ander kerkraadsvergadering is besluit dat daar vyfhonderd (500) sitplekke moet wees.

Op die kerkraadsvergadering van 23 Desember 1898 is besluit om die een plaas te verkoop om geld vir die bou van 'n kerk te kry. Op die vergadering van 11 Februarie 1899 het die voorsitter 'n brief van ds Ph Snyman van Heidelberg voorgelees: "... behelzende het verblydend bericht dat Zijn Eerwaarde de plaats Vrye Gunst voor de som van £2900 (twee duisend negen honderd ponden) verkocht heeft en vragende kaart

2

Geskiedenis Gereformeerde Kerk Krugersdorp 1896 - 2019

en transport daar de koop kontant is". Die vergadering het besluit om ds Ph Snyman hartlik te bedank vir "moeite en arbeid" in hierdie saak. Verder is besluit om die geld wanneer dit van ds Snyman ontvang is, vir een jaar in "de Nationale Bank te Krugersdorp zal gedeponeerd worden tegen een billijke rente".

Die kerkraad het ook besluit om die plaas Nooitgedacht, in die bosveld, te verkoop. Dit was 1400 morge groot. Op die vergadering van 31 Maart 1899 het die leraar gemeld "dat hy bericht van ds Ph Snyman heeft dat de plaats voor £3050 (drie duizend en vyftig ponden) verkocht is waarover de kerkeraad met dankzegging aan den Heere zich verblijdt". Die kerkraad het besluit om aan ds Snyman as 'n blyk van erkentlikheid 'n bedrag van £50 (vyftig ponden sterling) te skenk. Die plaas se geld moes in die Nationale Bank te Krugersdorp gedeponeer word.

Ds M Postma is in April 1897 op Krugersdorp verwelkom. Die kerkraadsnotules is in sy mooi en duidelike handskrif bewaar. Van hom staan die volgende geskrywe: "Ds Marthinus Postma was een van die merkwaardigste predikante wat die Evangelieboodskap aan die volk van Suid-Afrika gebring het. Merkwaardig nie alleen omdat hy meer as vyftig jaar dienende was nie, maar veral merkwaardig weens sy beskeie en koersvaste persoonlikheid en edele karakter ...". Later meer oor hom.

Die kerkraadsvergadering van 11 Februarie 1899 het onder andere 'n verslag van afgevaardigdes na die Algemene Vergadering bespreek. Die volgende het die aandag geniet:

1. Drie nuwe gemeentes is gestig.2. Die kerk brei uit na die noorde.3. Om sending onder die Jode in Johannesburg geldelik te steun.4. Die handhawing van tug veral in die geval van dans.5. 'n Kommissie moet saam met 'n kommissie uit die kerkraad van Potchefstroom na Makwassie gaan om daar 'n gemeente te stig.

Die notule van die kerkraadsvergadering van 16 Desember 1899 meld die volgende in artikel 2: "De leeraar spreekt een ernstig en gemoedelyk woord tot den Kerkraad er op wyzende dat de oorlog tusschen Engeland en de beide Republieken - de Z.A. Republiek en den Oranje Vrijstaat - in de maand October uitgebroken is. Door Gods genade mogen wij ons verheugen in verschillende overwinningen aan onze zijde ...".

Ds M Postma was ook vir meer as twee jaar 'n krygsgevangene en is later op parool vrygelaat. Hy het toe in Oos-London onderwys gegee om sy gesin te versorg. Op die kerkraadsvergadering van 31 Julie 1902 was hy terug in die gemeente en het hy met groot dankbaarheid melding gemaak van die genade van die Vader in die Hemel.

Die notules van die kerkraadsvergadering van 11 Februarie 1899 en 31 Maart 1899 meld dat die twee plase wat aan Krugersdorp se Gereformeerde Gemeente behoort het, vir £2900 en £3050 verkoop is. Daar was derhalwe voldoende geld om die ideaal van 'n kerkgebou sonder skuld te verwesenlik. Daar word ook melding gemaak van aansoeke om finansiële hulp vir armes en hulpbehoewendes. Lidmate het gedurende die oorlog geld van die kerkraad geleen.

Die geld wat ds Ph Snyman toegewys is vir die verkoop van die twee plase, naamlik £50, is na sy dood aan tifuskoors op die oorlogsveld, aan sy weduwee uitbetaal.

Op die kerkraadsvergadering van 9 September 1899 doen die ouderlinge verslag van die getal lidmate in die gemeente, naamlik 212 lidmate en 482 siele, soos dit genoem is. Daar is ook dertig almanakke bestel. Die ouderlinge maak melding van drie skole met 128 leerlinge en gee ook die name van die onderwysers.

Die notule van 16 Desember 1899 meld dat die nagmaal van Oktober as gevolg van die oorlogstoestand uitgestel moes word. Dit is in Desember gehou, en daar word gemeld dat die ouderlinge hulle wyke soveel as moontlik besoek het. Probleme word gemeld en bespreek. Daar is egter ook op Hekpoort en Rietfontein nagmaal gevier.

Op die kerkraadsvergadering van 17 Februarie 1900 is o.a. besluit om tydens die April-nagmaal ook "aanneming te houden" (belydenis van die geloof af te lê). Ds M Postma maak melding van die oorlogstoestande en gee besonderhede daaroor op die vergadering van die kerkraad van 30 Maart 1900. Hy praat oor die oorgawe van genl Cronjé en die afsterwe van genl PJ Joubert en oor die inname van Bloemfontein deur die Engelse.

3

Geskiedenis Gereformeerde Kerk Krugersdorp 1896 - 2019

Die notule meld verder: "De leeraar wyst er op dat deze beproevingen in de oorlog ons moeten verootmoedigen van onze zonden, maar dat wij des te vinniger en gelowiger tot God onzen Redder en Verlosser moeten roepen ... de Heere genadiglyk onze gebeden zal verhoren en op Zynen tyd en Zyne wyze ons volk verlossen ...".

Die gedagtes wat ds M Postma op die kerkraadsvergadering uitgespreek het, het blykbaar nie net tussen die vier mure van die gebou gebly nie. Dit het rugbaar geword en die dominee het 'n krygsgevangene geword en is twee jaar in Oos-Londen aangehou. Dit was 'n moeilike tyd vir hom en sy gesin.

Ds D Postma van Rustenburg het af en toe die gemeente op Krugersdorp besoek en die kerksake behartig. Dit het hy in die dorp sowel as in die distrik en in die oorlogskampe getrou gedoen.

Op 27 Julie 1902 was ds M Postma weer terug in sy gemeente op Krugersdorp. Op die kerkraadsvergadering van 31 Julie 1902 het hy hartlike woorde van verwelkoming tot ds D Postma en die kerkraadslede uitgespreek "wyzende op die groote genade van den trouwen Verbonds God dat zy nog allen leefden na dezen vreeslyken oorlog ... en opwekkende tot innige dankbaarheid aan onzen genadigen Verbonds God ...".

Teenoor ds D Postma spreek hy 'n hartlike woord van dank "... voor zyne trouwe, ernstige prediking en groote opofferingen voor de gemeente van Krugersdorp". Dit was 'n genade beskikking van die Hemelse Vader dat ds D Postma in Krugersdorp kon gewerk het in die tyd van beproewing. Op hierdie vergadering is ook verslag gedoen omtrent die geldsake van die gemeente.

Dit is opmerklik dat in notules van die kerkraadsvergaderinge daar melding gemaak word dat die leraar verskillende artikels van die Dordtse Kerkorde voorgelees het. So staan daar by die vergadering van 11 Februarie 1899: "Door de Praeses (voorsitter) worden voorgelezen uit de Dordsche Kerkenorde artt 29-40". Geen kommentaar word dan verder daaromtrent gelewer nie. Tog was dit leiding en lering.

KERKBOU! Die kerkraad het onder die bekwame en energieke leiding van ds M Postma het op 11 April 1903 besluit om met die bou van die kerk en die pastorie 'n begin te maak, nieteenstaande die geldelike sake van die gemeente nie rooskleurig was nie. Daar was net £1530 in die bank.

Gedurende die Driejarige Oorlog (1899-1902) is daar talle aansoeke by die kerkraad aangemeld waar lidmate van die gemeente geldelike hulp gevra het. Die nood was werklik hoog, want baie mans het na die kommando's gegaan terwyl sommige as krygsgevangenes na Ceylon en ander plekke gestuur is. Aansoeke om hulp is ook uit die groot konsentrasiekamp op Krugersdorp ontvang.

Die kerkraad het verslae en dokumente omtrent die lenings op meer as een vergadering deeglik in oënskou geneem en daar is besluit om dit aan die betrokke persone en instansies te skenk.

Met die aanvang van die bouwerk was daar net £1530 in die bank beskikbaar. Die beraamde koste vir die bouwerk was £2200. Die boumeester was P Enslin en die boukommissielede was P Potgieter, F Potgieter, P Oosthuizen en oudl Cilliers. Toe die geboue in 1903 voltooi is, het die boukoste egter op £5660 te staan gekom! Die redes vir die swak toedrag van sake is nie in besonderhede bekend nie. Tog was daar een en ander aanduiding van swak toesig by die bouery want o.a. is gemeld dat daar 28 000 (agt-en-twintig duisend) stene oortollig was toe die bouwerk klaar was.

Die gemeente moes met 'n groot geldelike las sukkel en dit is eers in die vroeë twintigerjare alles betaal. Die hoeksteen is op 16 Julie 1903 gelê en die kerkgebou is op Saterdag 14 Mei 1904 in gebruik geneem. Die 13e tot die 15e van daardie merkwaardige maand was vreugdevolle dae vir die Krugersdorpse gemeente. Daar was 'n groot aantal waens en tente op die kerkgrond wat twee maal so groot was as die huidige.

Daar was om tienuur die oggend 'n skare mense voor die kerkgebou. Verteenwoordigers en belangstellendes van ander kerke en die landdros het ook hulle opwagting by die ingang gemaak. Die voorsitter van die boukommissie, oudl JG Celliers, het die kerkdeur oopgesluit en daarna het die oudste ouderling, oudl. S

4

Geskiedenis Gereformeerde Kerk Krugersdorp 1896 - 2019

Potgieter, die Statebybel op die kansel geplaas.

Nadat die aanwesiges die kerkgebou baie ordelik binnegegaan het, het ds M Postma na aanleiding van 1 Petrus 5:5 soos volg gepreek: "Zoo word gij ook zelven als levende steenen gebouwd tot een geestelyke huis", en die aanwesiges ernstig vermaan om lewende lede van Christus Jesus se gemeente te wees.

Op 'n gemeentevergadering is dié middag ds D Postma van Burgersdorp as leraar van die Krugersdorpse gemeente beroep. Hy is op 14 Januarie 1905 in die gemeente bevestig.

Tydens die ingebruikneming van die kerkgebou het mnr G Kinnear, 'n plaaslike handelaar, 'n doopbak aan die gemeente geskenk. In September 1905 is 'n orrel vir £50 van mnr J Botha gekoop.

Die kerkraad het op een van sy vergaderings besluit "... by elke geleentheid waar zij in hun functie optreden, zij dat in hun ambtsgewaad zullen doen ...".

DS D POSTMA (Msn) het net 16 maande in die gemeente gebly want hy het 'n beroep na Burgersdorp aangeneem. Na sy vertrek het ds WJ de Klerk van Johannesburg en dr JD du Toit van Potchefstroom met die gemeentelike konsulentwerk gehelp.

Dr Du Toit het eenkeer in die winter by die kerk opgedaag om die nagmaalsviering waar te neem. Daar was toe net een ossewa op die kerkterrein en daar was ook nie 'n kworum vir 'n vergadering nie. Hy het toe besluit om nie kerk te hou nie en het huis toe gegaan. Op die volgende kerkraadsvergadering toe dr Du Toit nie meer konsulent was nie, het hulle 'n brief met "... 'n broederlyke vermaning ..." voorgelees.

Tydens DS DP DU PLESSIS se verblyf in die gemeente het hy en die kerkraad met moeilike probleme te doen gehad. Sommige lidmate en kerkraadslede was ten gunste van optrede teen die Rebelle terwyl ander die Rebelle van 1914 se optrede goedgekeur het. Die nagmaal kon toe nie plaasvind nie.

Op 'n volgende vergadering is daarop gewys dat die Rebellie 'n volksaak is en nie 'n gemeentelike aangeleentheid is nie. Daar is toe besluit: "... waarschuwd elk lidmaat om in't bizonder met het oog op het gebeurde zijne wegen na te gaan en zichzelven ernstig en biddend voor het aangesicht des Heeren en by het licht van Gods Woord te beproeven alvorens toe te treden tot de tafel des Heeren op dat hy zichzelf niet een oordeel ete en drinke ...". Die nagmaal het toe plaasgevind.

In 1917 het ds LP Vorster van Rustenburg die kerkraad genader om aan ds Du Plessis verlof toe te staan om 'n jaar lank op Rustenburg te gaan woon met die oog op die gemeentelike werk aldaar, aangesien hy die Volksraadsitting wil gaan bywoon as 'n LV. Die aansoek is toegestaan en die pastorie is aan mnr Gezorke verhuur.

Op 6 April 1917 besluit die kerkraad dat die notules van die kerkraad in Afrikaans geskrywe moet word. Die dominee het toe ook in Afrikaans gepreek. Dit het die kerktaal geword.

In Julie 1917 hou die kerkraad 'n kollekte vir die Afrikaanse Bybelvertaling. Die gemeente het ook 'n tyd van swaar beproewing in 1918 belewe tydens die groot en landswye griepepidemie. Daar was byna nie 'n gesin wat nie in die rou gedompel was nie.

Die kerkraad het ernstig aandag aan die oproep om fondse vir 'n weeshuis gegee. Daar is besluit om elke jaar tydens Paasfees 'n spesiale kollekte vir dié doel af te sonder.

Ds Du Plessis het in 1920 'n beroep na Ladybrand aangeneem. Die volgende 2½ jaar het ds JV Coetzee van Johannesburg, die gemeente as konsulent bedien totdat DS LP VORSTER in Januarie 1922 na Krugersdorp beroep is. Hy is in April in die gemeente ontvang. Die dominee was 'n man van orde en met sy sterk persoonlikheid het hy met talle sake wat hy aangepak het, groot sukses behaal.

Hy het 'n vaste reëling met die dienstye getref. Die kerkbesoek het baie verbeter as gevolg van sy doelgerigte bearbeiding van lidmate. Jongeliede wat die belydenis van die geloof wou aflê, moes hulle 'n jaar tevore by die wyksouderling aanmeld. 'n Groot en suksesvolle verkoping is gehou om die kerkskuld af te betaal. Dit het geslaag. 'n Gereformeerde Sustersvereniging is in 1923 gestig.

In 1926 is drie wyke afgestig van die gemeente om die gemeente van Die Moot te vorm. Dit het in kombinasie

5

Geskiedenis Gereformeerde Kerk Krugersdorp 1896 - 2019

met die Krugersdorpse gemeente gestaan.

Ds Louis P Vorster is op 24 Julie 1862 te Middelburg (Kaap) gebore. Hy het sy eerste onderwys op plaasskooltjies ontvang. Later het hy op Burgersdorp sy studies voortgesit waar hy die predikantskursus voltooi het. Hy het op Philipstown begin werk en vanaf 1893 tot 1905 was hy predikant op Burgersdorp. Daarna is hy na Rustenburg beroep. In die Driejarige-oorlog is hy van hoogverraad beskuldig en in die gevangenis gesit. Drie regters het hom egter vrygespreek en hy is losgelaat.

Na die oorlog het ds Vorster en 'n aantal Boere na Argentinië gegaan om die moontlikhede van 'n verhuising daarheen te ondersoek. Ds Vorster het egter na Suid-Afrika teruggekeer en die mense aangeraai om nie daar te bly nie. Tydens die Rebellie van 1914 is hy weer in die gevangenis gesit. Hy is met 'n trein - en tussen wagte - na Kaapstad gestuur. Hulle het hom sleg behandel en hy het uit die trein gespring.

Ds Vorster het baie gou weer in die hande van die vyand geval, maar hy is sonder verhoor vrygelaat. In 1915 het hy Volksraadslid vir Albert (Venterstad en Burgersdorp) geword. Hy het vanaf 1922 tot 1929 in die Krugersdorpgemeente gewerk. Nadat hy sy emeritaat ontvang het, het hy en sy eggenote op sy plaas in die distrik Ermelo gaan woon. Hulle het 'n gesin van twaalf kinders gehad. Hy is op 9 September 1934 op Rustenburg oorlede en is ook daar begrawe. Hy was 'n baie sterk man en 'n boeiende prediker.

DS WF VENTER het vanaf Februarie 1930 tot 1946 in hierdie gemeente gewerk en gewoon. In daardie tyd was die gemeente oppervlakte vanaf die Koedoekafee (ou Pretoria-pad) tot by Oberholzer in die suide en in die ooste vanaf Johannesburg se munisipale baken tussen Newlands en Delarey tot by Syferbult in die weste. In 'n brief van 18 Oktober 1982 meld hy die volgende sake wat hy as hoogtepunte beskou gedurende sy bedieningstyd:

1. Die geboorte van sy vyf kinders en die afsterwe van sy skoonmoeder in Januarie 1944 op 'n Sondagmôre terwyl sy op pad kerk toe was.

2. Die ingebruikneming van die Afrikaanse Bybel in Augustus 1933 en die Afrikaanse Psalmboek in 1937.

3. Die installering van die kerkorrel in 1937, gelewer deur die firma AJS Dekker van Nederland teen £635. Dit was 'n geskenk van die Sustersvereniging. Die orrelis was al die jare br G Dalhuysen.

4. Die ossewatrek van 1938 en die besoek aan Krugersdorp waar ds Venter die aanddiens by die Paardekraalmonument waargeneem het.

5. Die intrek in die nuwe pastorie (wat later gesloop moes word in belang van Moria).6. Die Tweede Wêreldoorlog toe daar op volksbewuste Afrikaners gespioeneer is.7. Die afstigting van die oostelike wyke in 1942 om die gemeente Florida te vorm.

Die werksaamhede van die Sustersorganisasie was ook 'n hoogtepunt. So ook was die organisasie van die katkisasie vir ds Venter 'n hoogtepunt in sy bedieningstyd. Die Jongeliedevereniging het ook sy besondere aandag geniet. Evangelisasiewerk is getrou behartig. Die koster gedurende sy bediening was br Willem Pelser. In 1946 aanvaar hy 'n beroep na Louis Trichardt en ds JF du Plooy neem as konsulent waar.

DIE GEREFORMEERDE SUSTERSVERENIGING van Krugersdorp is deur ds en mev LP Vorster in Oktober 1923 gestig. Die Susters het 'n groot aandeel gehad in die afbetaling in 1924 van die kerkbouskuld wat sedert 1904 die gemeente benouend geknel het. Hulle het ook 'n nagmaalservies aan die kerkraad geskenk. Daarna het hulle dadelik begin geld insamel vir 'n orrel. In 1936 is die orrel uit Nederland bestel en geïnstalleer.

DS DOUW G VENTER het vanaf 1947 tot 1952 in hierdie gemeente gewerk. In sy herinneringe aan hierdie werkkring maak hy o.a. daarvan

6

Geskiedenis Gereformeerde Kerk Krugersdorp 1896 - 2019

melding dat hy vir meer as 'n kwarteeu op die platteland gewerk het, en dat hy sy werkmetode moes aanpas by stedelike omstandighede. Tog was daar nog 'n plattelandse geaardheid want sommige wyke het tot vêr buite Krugersdorp gestrek.

Ds Douw Venter sê dat hy 'n simpatieke kerkraad gehad het, tot op die datum van sy vertrek in 1952. Hy skrywe: "My preke, huisbesoek en veral my kategetiese arbeid het nuwe eise gestel". Hy meld dat hy jare gewoond was om die belydeniskatkisante 4 tot 6 weke te onderrig. By die aanvang van sy werk in hierdie gemeente moes hy met een week tevrede wees. Daar het egter veranderings en verbeterings ingetree.

Toe die gemeente uitgebrei het tot 1 100 lidmate, is verligting gebring en is Randfontein in 1950 afgestig.

Ds Venter skrywe verder dat sy ou gemeente tot ses selfstandige gemeentes ontwikkel het wat deur vyf predikante bedien word. Daar was 'n lewende band tussen hom en die gemeente van Krugersdorp en hy en sy vrou is steeds met liefde ontvang.

DS WJ DE KLERK (Jsn) se bedieningstyd op Krugersdorp was vanaf 1953 tot 1957. Hy skrywe in November 1982 o.a. die volgende: "Die tydperk kan getipeer word as bruidstyd. Dit was my eerste gemeente, boonop nog in my tuisdorp waar ek vir elf jaar aan die gemeente verbind was; dit was in diè tyd dat ek my vrou Elsabe getrou het; my eerste kind Marita is hier gebore".

"In alle ander opsigte ook 'n bruidstyd, want alles wat 'n jong dominee kan ervaar het ek in die saamgedronge tyd van 'n paar jaar ervaar - kerkbou, afstigting, die ontstaan van 'n sendinggemeente en die begin van 'n intensiewe en georganiseerde evangelisasie-aksie".

"Dit was jare van besondere ywer, seker as gevolg van 'n herskikking in die styl van kerkwees wat 'n oormoedige jong pastoriepaar aangedurf het. Dit was ook die oorgang van Krugersdorp gemeente van 'n landelike gemeente na 'n volbloed

stadsgemeente, want met die afstigting van Krugersdorp-Wes met sy Magaliesburg-, Vlakdrif- en Tarltonwyke, het die uitbreidende Krugersdorp net Kromdraai en Rhenosterspruit as min of meer plattelandse gebiede oorgehou".

"Die nuwe kerkgebou was 'n besondere emosionele projek, want die ou historiese gebou het so vervalle geraak en ook te klein, dat daar bereken is dat 'n nuwe gebou die beste saketransaksie sou wees. Die sentiment was egter so groot dat dit maande se bearbeiding gekos het om die beswaarde broeders en susters te kalmeer. Boonop was die nuwe gebou vir daardie tyd (seker vandag nog) ultra-modern met sy wit toring en sy growwe mure".

"Die amper koorsagtige ywer van toendertyd het egter nie net om die uiterlike dinge gedraai nie. Geestelik was dit 'n tyd van verlewendiging met 'n tintelende susteraksie; 'n toespitsing op die ampswerk van die ouderlinge en diakens; 'n uitgebreide evangelisasie-aksie wat besondere vrugte gelewer het met as hoogtepunt die grootdoop van hospitaal-suster Elizabeth Kruys".

"Gereelde eredienste in die swart woonbuurt wat uitgeloop het op die stigting van 'n sendinggemeente; en nog al die dinge van daaglikse kerkwees wat nie aan die groot klok gehang word nie - katkisasies, jeugorganisasies, wyksbyeenkomste, huisbesoek en bearbeiding van spesiale gevalle. En dan natuurlik die prediking as hart van 'n Gereformeerde Kerk".

"Nog 'n stuk werklikheid wat my hele lewensloop drasties beinvloed het, was die buitengewone groot aantal lidmate wat gedurende my bedieningsjare afgesterwe het. Die getal was 76, waarvan 'n hele aantal skok-oorlyes was: motorongelukke, trombose, jong kinders, 'n bruidegom op sy wittebrood. As jong predikant het ek so geworstel met die lydensproblematiek dat my nagraadse studie tot by die doktorsgraad oor lyding en dood en smart gegaan het".

"Die lus om te skrywe - wat later beroep vir my geword het - is ook in Krugersdorp gestimuleer deur ONS KANDELAAR en pamflette van my wat die kerkraad goedgunstiglik laat druk het vir siekebesoek, evangelisasie besoeke en huisbesoeke".

"Die pastorie is ook in die tyd verbou. Dit is geen geheim dat Krugersdorpgemeente altyd my eerste liefde

7

Geskiedenis Gereformeerde Kerk Krugersdorp 1896 - 2019

gebly het nie. Miskien omdat die jeugopwinding van die ampswerk daar ervaar is, miskien omdat ek en my vrou soos kinders in 'n huis deur die gemeente vertroetel was met geduld, meelewing en openheid vir al my eksperimente. Wat ek wel weet is dat die Here baie ruim die goeie gawes van genade aan ons en die gemeente gegee het om te werk ...", aldus dr WJ de Klerk.

DIE ORREL, soos dit nou daar staan, is 'n herboude orrel. Dit is 'n sieraad vir die kerkinhoud en 'n juweel vir die gemeentelike sang, wat lofliedere as offerandes na Bo heerlik laat klink. Op die voorblad van 'n pamfletprogram staan die volgende: "By die ingebruikneming van die nuwe Orrel, Gereformeerde Gemeente, Krugersdorp, Saterdagaand 5 Junie 1937". Die orrel was 'n geskenk van die Susters van die gemeente en is gelewer deur die firma ASJ Dekker, Goes, Nederland.

Die program meld die volgende: Opening deur die voorsitter van die kerkraad, gemeentesang Ps 146:(1)8, gebed, verwelkoming, oordrag van die orrel deur die voorsitster van die Sustersvereniging (geen naam word genoem nie, maar dit was seker die eggenote van ds Willie Venter), prof Meerkotter het drie keer met orrelsolo's opgetree, daar was twee koorsangitems, prof dr De Wet het 'n rede gehou, twee keer is bedankings uitgespreek en die slotsang was Psalm 72:11.

Die program van die orrelinwyding is deur br G Dalhuysen op 1 Maart 1983 uit Edenvale gestuur. Hy skrywe in duidelike handskrif: "So vêr my bekend was daar in April 1931 nie 'n vaste orrelis nie. Ons het op 6 April 1931 op Krugersdorp aangekom en vanaf Sondag 12 April 1931 is ek aangestel as orrelis teen vergoeding van £20 per jaar. Die instrument was 'n huisorrel wat in 1937 vervang is deur 'n pyporrel. Die ou orrel is na die kerksaal in Krugersdorp-Wes. Ek het die orrel bespeel tot Mei 1952, dus ± 21 jaar". 'n Mededeling lui dat die oorspronklike huisorrel as 'n geskenk uit Krugersdorp-Wes aan die gemeente op Magaliesburg gestuur is. (Kan daardie orrel nie vir die nageslag bewaar word tot in lengte van dae nie?).

Die nuwe kerkgebou het ‘n nuwe vergrote weergawe van die pyporrel uit die ou kerk. Die nuwe orrel is só ontwerp dat dit aangepas het by die eise van die tyd, met inagneming van die beginsels van die klassieke kerkorrel uit die Baroktyd. Hierdie orrel het oorspronklik 1 087 pype gehad met ‘n totaal van 16 registers waardeur 16 verskillende klankkombinasies gemaak kon word. Die orrel is in 1975 uitgebrei tot 1 465 pype. Die herboude orrel is op 23 Maart 1975 ingebruik geneem.

Sovêr vasgestel kan word het die volgende persone die huidige orrel as orrelis(te) bespeel: sr Marie Lessing, sr Ester de Bruyn (eggenote van ds RV Venter), br Attie van der Linde, br Willem Zorgman en br Wikus van Wyk. Die huidige orreliste is sr Ria Mulder (eggenote van ds Arnold Mulder) en br Werner Retief.

KERKGEBOU EN –ORREL 60 JAAR

Op Sondag 18 September 2016 het die gemeente die 60 jarige bestaan van die kerkgebou en orrel in dankbare herinnering gebring. Voor en na die erediens (gelei deur dr André Grové) is ‘n kort program aangebied bestaande uit ‘n oorsig van die twee kerkgeboue (br Lubbert van Andel), die geskiedenis van die orrel (ds Arnold Mulder) en ‘n orreluitvoering deur dr Gerrit Jordaan o.a. met snaarbegeleiding deur Drina Naudé, Werner Retief en Christi Verhoef.

DIE KERKGRONDE was nie altyd so mooi en netjies soos wat dit deesdae lyk nie. Oorspronklik was die hele straatblok tussen King George-, Eerste-, Premier- en Beginstrate die kerkgrond. Die eerste pastorie was op die hoek van King George- en Eerste Straat. Later is 'n gedeelte van die grond saam met die pastorie verkoop (o.a. aan br Attie van der Linde en br Akker) en is 'n nuwe pastorie in Beginstraat gebou.

Die dorpsgebied Krugersdorp-Noord, het voorheen bekend gestaan as Distriksdorp. Die boere in die distrik het hier hulle dorpshuise gehad, vandaar die naam. Verskeie van die huidige standplase is nog sogenaamde burgererwe, dit wil sê, groter as die gewone erf.

Vroeër het die lidmate hoofsaaklik met ossewaens, perdekarre en te perd na die "ou- kerk" gekom. Met nagmaalstye was daar nie net die klanke van mense, vriende en familielede wat mekaar luidkeels groet nie,

8

Geskiedenis Gereformeerde Kerk Krugersdorp 1896 - 2019

maar ook die vrolike gejubel van baie kinders en jongmense, en bowenal die gebulk van beeste en die gerunnik van perde.

Die gras het op die kerkgrond hoog gegroei en br Cornelis Botha (vanaf 1991 weer terug in die gemeente) skrywe uit Parys (OVS) dat die motors se olie in die laat dertigerjare die lang gras aangekleef het en die lidmate se rokke soms vuil gesmeer en beskadig het. Dan het hy met 'n sekel die gras gesny. Hy skrywe dat die kerkraad in die begin veertigerjare besluit het om betonpaadjies naby en rondom die ou-kerkgebou te laat maak. Die terrein was nog ongerep en met behulp van die Stadsraad het hy 'n stootskraper teen £5 gehuur om die grond gelyk te stoot. Omdat hy naby die kerk in Premierstraat gewoon het, het hy baie met die maak van die betonpaadjies gehelp en ook meestal self daarmee gewerk. Daarbenewens het hy ook die heining aan Premierstraat se kant gespan.

Nadat die nuwe kerkgebou voltooi is, het hy ook eiehandig 157 gate in die harde grond gemaak (o.a. deur elke aand 'n emmer water in elke gat te gooi) en daar roosbome vanuit 'n kwekery se puik voorraad geplant. Toe hier 'n nuwe predikant kom het diè se eggenote lid van die grondekomitee geword. Op die eerste vergadering het sy die roosbome voor die kerkgebou veroordeel en die volgende oggend het 'n span prisoniers die roosbome uitgehaal. Die roosbome wat in 1982 voor en langs die kerkgebou geplant is, vertoon tans pragtig.

Br Gert de Bruyn skrywe op 2 April 1983 die volgende: "Na die nuwe kerk gebou is, was die kerkgronde in 'n slordige toestand. Ek is toe deur die kerkraad as 'n eenmankommissie aangewys en is bygestaan deur my vrou. Ons het 'n span van vier prisoniers by die Krugersdorpgevangenis gehuur en die hele terrein laat omkap. Die wildegraswortels is uitgehaal, die plek is mooi gelyk gehark en kekoejoegras geplant. Net 'n maand daarna was die grond toegegroei met 'n pragtige groen tapyt. In die beddings is blomme en struike geplant. Toe was die tuingronde 'n lus om na te kyk".

In 1990 het die grondekomitee onder leiding van oudl Haasbroek die terrein 'n moderner voorkoms gegee deur die uitleg plek-plek te verander o.a. deur gebruik te maak van heuweltjies om die eentonigheid te breek. Inheemse bome is aangeplant en die kerkgangers sal weldra in die koelte van dié bome kan parkeer.

DIE NUWE KERKGEBOU is ontwerp deur argitek Johan de Ridder ('n lidmaat van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Sunnyside) en is gebou deur br Siebren Woudstra (oorlede 21 Februarie 1992). Die elektriese installasies is versorg deur br Peet Pelser (oorlede 2009), die teëlwerk deur br Piet Kleinloog (oorlede 26 Junie 1998) en die houtwerk deur die Van Kaam-broers. Die hoeksteen is op 24 Maart 1956 deur ds WJ de Klerk gelê terwyl die hoeksteen van die eerste kerkgebou 'n ereplek daarnaas gekry het.

Die laaste diens in die ou kerkgebou is op 9 September 1956 gehou. Die sloping het begin op 10 September 1956. As boukommissie is verkies ds WJ de Klerk, oudle C van der Mark, J Grove, K Schieke en DS Lessing en diakens P Pelser en SW Woudstra. Die argitek was mnr Johan de Ridder en die boumeester SW Woudstra.

Bouwerk het begin op 20 Januarie 1956 en die gebou is voltooi op die 20ste September 1956. Die totale koste het plus minus £25 000 beloop.

Die ou pastorie word afgebreek en vervang met 'n nuwe een in Noordheuwel om sodoende plek te maak vir Moria Bejaardesentrum. Nadat Moria Bejaardesentrum gebou is (argitek Johan de Ridder), moes br De Bruyn drie maande aan die gronde werk. "Die gras het ek met my eie voertuig vanaf die spruite wat deur die dorp loop, aangery".

SIMBOLIEK IN DIE KERK

Wyle oudl Bert Dingshoff het jare gelede die kerkraad gevra om 'n simboliese uitstalling van die Nagmaal voor die preekstoel aan te bring, sodat die

9

Geskiedenis Gereformeerde Kerk Krugersdorp 1896 - 2019

gemeente nie net voortdurend aan die Doop herinner word deur die permanente doopbak op die marmermuurtjie nie, maar ook aan die ander sakrament, naamlik die Nagmaal.Die kerkraad het dit goedgekeur en as 'n projek vir ons Eeufeesviering (1996) is een van ons land se erkende en toonaangewende kunstenaars in porseleinwerk – mnr Barry Dibb van Durban – gevra om 'n simboliese Nagmaalstel te skep.

Die antieke vorm van 'n skinkbeker en 'n skottel is gevolg. Drinkbekers is vol geskink, ook tydens die Pasga, en wanneer die Here Jesus die Nagmaal instel, verwys Hy ook na “die een wat saam met My sy brood in die skottel insteek”. 'n Skinkbeker en 'n skottel pas dus op 'n Nagmaalstafel.

Kyk nou mooi na die kunswerk:Goud - simbool van God se heerlikheid.Wit - simbool van God se heiligheid.Blou - simbool van die hemel as God se woonplek, die Vaderhuis waar die Bruilosmaal van die Lam plaasvind.Pers - 'n sagte wasigheid sweef deur die ontwerp. Pers is, veral in die akademiese en militêre opset, die kleur van teologie en godsdiens.Duif - met 'n takkie in sy bek is 'n skakel met die geskiedenis van Noag en sy gesin in die ark. Hierdie simbool is dus ook 'n skakel met die Doop. Die duif is ook simbool van die Heilige Gees en van vrede.

Die kunswerk herinner ook aan die mens – maar diè keer nie 'n gebarste erdekruik as teken van sondigheid nie, maar 'n sieraad van fyn porselein as teken en vrug van die Heilige Gees se vernuwing van 'n brose mens.

Die skinkbeker en skottel word uitgestal op 'n besondere tafel waarvan die vorm van die blad presies die kenmerkende lyne volg van sowel die kerkgebou self as diè van die leesblad op die preekstoel, terwyl die panele wat tot op die grond strek, aanpas by die vooraansig van die preekstoel.

Ds WJ de Klerk is in 1958 opgevolg deur DS JL HELBERG van Rustenburg- Noord. Oor sy verblyf in die gemeente (tot 1961) skryf hy soos volg: "daar was in my kort

bedieningstyd verskeie sterfgevalle wat veroorsaak is deur omstandighede wat 'n geweldige indruk op ons almal gemaak en ons almal geplaas het voor die misterie van God se weg met die mens se lewe - daar was jongmense in die fleur van hulle lewe, kinders jonk en teer, manne en vroue wat in volle krag in diens van Kerk en gesin gestaan het, 'n egpaar aan die begin van die huwelikspad ...".

"Dit was asof die omstandighede van my (laaste) afskeid 'n stempel op die saak geplaas het: die Sondag se groet was oor 'n geopende graf heen; Maandag het ons 'n jong suster wat op tragiese wyse verongeluk het, begrawe ...".

"Ons het egter ook geleer om in hierdie gebeurtenisse die wondervolle sprake van God te beluister. Dit het ons dieper laat sien; dit het ons ryker gemaak".

"Een saak wat deur die gebeure onderstreep is, is dat die lewe in die teken van afskeid staan: ouers moet op die een of ander tyd afskeid neem van hulle groter wordende kinders; ook die Gemeente moes afskeid neem van broeders en susters in die 'buite-wyke' toe hulle afgestig en 'n deel van 'n nuwe gemeente, Noordrand, gevorm het: daar was bewoënheid, veral onder die ouer garde van wie sommiges die lief en leed van die Gemeente vanaf die vroegste jare van sy bestaan meegemaak het. Daar was egter tegelyk blydskap oor die uitbreiding van Gods Kerk. Dit gee ander inhoud aan die skeiding. Die lewe staan nie stil nie, en ons bly pelgrims, op pad...".

"Die gemeente kon hom ook verheug in die uitbreiding van die Kerk onder die heidene en die oprigting van 'n skool- en kerkgebou in diè verband op Muldersdrift, asook in sendingwerk te Kagiso waar ewe-eens later 'n kerkgebou verrys het".

"Maar 'n oorsig van my dienstyd, hoe kort ook al gestel, sal onvolledig wees sonder herinnering aan die samesyn as God se volk in die erediens: hoe het ons daar voor God gejubel! Hoe weerklink daar nog in ons geestesoog die melodie van die lewendige gemeentesang met die pragtige begeleiding van die orrel...".

10

Geskiedenis Gereformeerde Kerk Krugersdorp 1896 - 2019

"En dan die warmte van die persoonlike liefdesband soos ons dit veral gevoel het as ons daar rondstaan en groet rondom die kerk, of gesels en tee drink by die pastorie, of kuier of huisbesoek doen in die warme en gasvrye atmosfeer van ander huise", aldus dr JL Helberg.

In 1961 het hy die beroep aangeneem as professor aan die Hammanskraalse Teologiese Skool.

Na 'n paar maande sonder predikant, kon Krugersdorp in 1962 DR TJAART VAN DER WALT in sy midde verwelkom. Hy en sy eggenote, Babie, noem die jare 1962-1969 in Krugersdorp hulle "lentetyd". In Julie 1991 skryf hulle soos volg oor hulle verblyf in die gemeente:

"Krugersdorp sal altyd 'n besondere plek in ons lewens behou. Daar was soveel eerstes wat ons daar kon beleef het:

'n eerste (en enigste) gemeente 'n eerste huis 'n eerste motor, en 'n eerste seuntjie.

En dan veral die mense .... onvergeetlik!"

"Eintlik het die band met Krugersdorp al 'n hele tyd voor 1962 begin. En dit nie net omdat dit my voorreg was om as student al 'n keer of wat daar te gepreek het nie. Babie en ek was naamlik by 'n konferensie in Switserland toe ons 'n kabelgram kry met die mededeling dat ek na Krugersdorp beroep is. Omdat my studie nog 'n tyd sou duur, moes ek (met 'n knop in die keel!) die Kerkraad vra om my van die beroep te onthef. In plaas daarvan het hulle nie net die beroep gehandhaaf nie, maar via die destydse skriba, Piet Gous, gereeld vir ons geskryf ... en toe hulle êrens agtergekom het dat ons finansieel maar swaar leef, selfs van tyd tot tyd 'n geldjie vir ons deurgestuur. As't ware traktement nog voor bevestiging ...".

"Hoe vergeet 'n mens ooit sulke liefde?".

"En nog was dit nie die einde nie. Die aankoms in Krugersdorp was oorweldigend, van lidmate wat ons op die lughawe kom ontmoet het, tot advies oor meubeltjies wat baie haastig (en met 'n platsak beursie) aangekoop moes word".

"So het dit deurgaans gebly, al was daar ook die tipies menslike krapperige gevalletjies. Maar ook dit is met humor hanteer. Toe 'n suster 'n keer gekla het dat sy haar hart by 'n dominee wou uitstort, het haar ouderling gesê: Mevrou, jy kort nie 'n predikant nie; jy kort 'n veearts.".

"'n Besondere hoogtepunt vir ons persoonlik was toe ons Johantjie gekom het. Nic en Annatjie du Plessis het ons halfpad van Pretoria af ingewag sodat hulle eerste kon sien! En was daar al ooit so 'n ooievaarstee: by die 90 susters! In ons hartseer bly dit 'n kosbare herinnering". (Johan het as jongman in 'n ongeluk gesterf - Red.).

"Toe Marian aan ons toevertrou is (en ons al na Potchefstroom verhuis het), is ons spesiaal uitgenooi om haar in Krugersdorp te kom doop. Sy moes van kleins af weet: Sy is tuis".

"As Babie en ek so persoonlik, so menslik, aan Krugersdorp dink, kan dit ook nie anders nie: Krugersdorp was (of is?) 'n gemeente vol karakters, mense met persoonlikheid. Hier en daar 'n raps moeilik, dikwels vol humor, prakties altyd met oorgawe en toewyding. Gemeentelike byeenkomste was dan ook altyd eg saamwees, in die volle sin van die woord (maar sonder fieterjonsies) 'gemeenskap van die heiliges'. Uit die karakters kon 'n mens in 'n ruim mate die geskiedenis van Krugersdorp - die gemeente én die gemeenskap - lees. Want Krugersdorp was by uitstek ook 'n kultuursentrum, 'n gemeenskap wat na binne saam gevoel en na buite saam geleef het".

"Ons sou graag name wou noem, maar dit sou onbillik wees om net 'n paar uit te sonder".

"Dit maak ons nie minder dankbaar vir die liefde, wysheid en geduld waarmee ons gedra is en waardeur ons gevorm is nie. Dit was des te meer nodig omdat ons altwee as't ware in die diepkant ingegooi is".

"Babie het byvoorbeeld absoluut geen ervaring van susters gehad nie. Sy onthou nog hoe sy vir 'n suster gevra het of sy met gebed sal afsluit, en dié toe geantwoord het: Mevroutjie, wil jy hê ek moet weer susters toe kom? Van toe af het Babie geweet: 'n mens kán dit mos self doen! Al die vergaderings was dan ook

11

Geskiedenis Gereformeerde Kerk Krugersdorp 1896 - 2019

altyd 'n heerlike ontspanning en verryking. Hoeveel is daar nie saam gedoen, gelag en gehuil nie! En altyd was die gewillige hande daar, vir jeugaksies, gemeentelike funksies, Sterkfontein ...".

"Tjaart dink weer veral aan die kontak met die jeug. Daar was 'n tyd lank 'n besonder aktiewe jeuggroep uit die geledere van die werkende jongmense, 'n sterk komponent uit die hoërskool, en nie in die minste nie, van ons laerskoolkinders wat maandeliks bymekaar gekom het, nie net saam rondom die Bybel nie, maar ook om saam te speel en mekaar beter te leer ken".

"Daarom was dit ook so 'n verryking om van die preke te sinchroniseer met katkisasiewerk, hetsy uit die Bybel of uit die kategismus - al het van die lidmate soms skeef opgekyk as daar van die kansel af uit die Rooi Boekie (in plaas van uit die Heidelbergse Kategismus self) gelees word. Die flonkering in kinderogies as hulle op die manier ook voel hulle is wesenlik deel van die gemeente, spesifiek die eredienste, was 'n onbeskryflike inspirasie".

"En dan die saalbou-aksie, wat uiteindelik skitterend uitgeloop het op die beplanning van 'n veel groter diensgeleentheid, Moria, al het dit ook beteken dat die ou pastorie (wat in die oorlogsjare met behulp van vuurhoutjiedosies beplan is!) gesloop moes word. Babie kon wel met vrymoedigheid haar wenke deurgee vir die nuwe pastorie wat in Noordheuwel gebou moes word, omdat sy geweet het dat niemand haar van eiebelang kon verdink nie: uit haar praktiese ervaring kon sy help beplan vir huisvesting - en werk- en ontvangsfasiliteite - vir 'n gesin wat na ons sou kom".

"Die gemeentesang het pragtig floreer in die tyd. Ons het dan ook uitermate knap en simpatieke begeleiers gehad. Min gemeentes het die Skrifberymings so goed geken as Krugersdorp. Daarteenoor, ai, die stryd rondom die liederewysie of die psalmboekwysie van Ps. 130 ...".

"En so sou 'n mens eintlik nog lank wou aanhou. Daar is so baie aangename herinnerings".

"Krugersdorp was inderdaad 'n unieke fase in ons lewe. Krugersdorp - nee, die Here deur Krugersdorp - was goed vir ons, baie goed".

In 1969 neem dr Van der Walt die beroep aan as professor aan die Teologiese Skool te Potchefstroom.

Vanaf 1969 tot 1986 was DS CHRIS HATTINGH (sr.) die predikant van die gemeente. Oor sy bedieningstyd skryf hy soos volg:

"Om te begin roep ek in herinnering my (of moet ek sê ons) bevestiging deur dr Tjaart van der Walt. Sy teks was Amos 3:8 - 'Die leeu het gebrul, wie sal nie vrees nie. Die Here het gespreek, wie sal nie profeteer nie'. Om hom in die gemeente te kon opvolg, was al klaar 'n hoogtepunt. Ons kon dadelik begin werk. Daar was nie agterstallige werk wat die aandag kon aftrek nie. Ons het aangevoel: alles is goed georganiseer en wat meer is - van bysake word nie hoofsake en van hoofsake word nie bysake gemaak nie. Dit gaan vir die gemeente om die WOORD wat as Evangelie bedien moet word".

"'n Tweede hoogtepunt wat ek ook kan aanstip was die besluit om op die grond waarop die ou pastorie gebou was, 'n tehuis vir bejaardes op te rig. Dit was 'n belangrike besluit. Dit het nie net aan die pastorale versorging van die gemeente nuwe eise gestel nie maar ook die amp van die gelowige tot groter

aktiwiteit verplig. Die groot aantal bejaardes beteken vir die gemeente ontsaglik baie. Dink maar net aan hulle voorbeeld, hulle belangstelling, hulle voorbidding, hulle getroue kerkbesoek ... waarlik die bejaardes in die gemeente is nie iets om oor te huil nie, maar om oor te lag".

"Luister maar na Ps 71: 'My mond sal u geregtigheid vertel, die hele dag u heil; want ek ken nie die maat daarvan nie. Ek sal kom met die magtige dade van die Here, Here; Ek sal u geregtigheid vermeld die van U alleen. O God, U het my geleer van my jeug af, en tot nou toe verkondig ek U wonders. En ook tot die ouderdom en die grysheid toe. O God, verlaat my nie, totdat ek aan die volgende geslag u arm verkondig, aan almal wat sal kom, U mag'. Geseënd is die gemeente waar bejaardes hierdie taal praat".

"'n Derde hoogtepunt in ons bediening van die gemeente, is die afstigting van die gemeente Krugersdorp-Oos. Eers het ons gebruik gemaak van die hulp van dr JA Schutte. Sy prediking en sy

12

Geskiedenis Gereformeerde Kerk Krugersdorp 1896 - 2019

huisbesoek was vir die gemeente 'n bron van besieling. Maar die Kerkraad het uiteindelik tog maar toegegee aan die versoek om af te stig. Die vraag was: waar sal die grense van die nuwe gemeente wees? Die grensreëling wat gemaak is, is sonder twyfel in belang van albei gemeentes. En nou kan ek met dankbaarheid sê dat albei die gemeentes besig is om te groei, nie net wat die getalle betref nie, maar daar is ook geestelike groei".

"'n Verdere hoogtepunt was die bereidwilligheid van die kerkraad om my en my vrou vir byna 'n hele jaar vry te stel van gemeentelike werk om in opdrag van die kerkverband in Nederland te gaan werk in belang van immigrasie. Broeder en suster Mat Bettings en hulle kinders is lewende getuies van ons werk in Nederland en van die groot betekenis van immigrante vir ons kerklike lewe. Die opoffering wat die gemeente gemaak het, ook finansieel, om dit moontlik te maak was groot. Ons dink dankbaar terug aan die positiewe gesindheid van die gemeente gedurende daardie tyd".

"Vir ons persoonlik was die verblyf en werk in Nederland van besondere betekenis. Ons het die kerklike lewe daar beter leer ken. Ons was veral tuis in die Christelike Gereformeerde Kerke. Elke Sondag kon ons die Woord, veral in die kerke bedien. Ons het daar soveel vriendskap en liefde ervaar, dat ons werklik met hartseer afskeid geneem het".

"Wat vir my ook 'n besondere hoogtepunt was, was die samewerking met die Kerkraad van die Gereformeerde Kerk, Kagiso. Wonderlik om te ervaar: waar die versoening in Christus plaasvind en waar dit geglo en aanvaar word, daar kom liefde tot mekaar. In die kerk is daar inderdaad vrede, harmonie, liefde en respek van die een mens teenoor die ander. Dit is iets wonderliks om te beleef veral in hierdie tyd van rassekonflik en spanning. Die natuurlike verskille tussen mense en volke hoef nie mure van skeiding te wees wat die gemeenskap tussen mense ophef sodat hulle nie mekaar kan liefhê en mekaar kan help nie. Miskien moet daar nog meer gedoen word om die eenheid tussen die kerke, nie net te bewaar nie, maar ook tot uitdrukking te bring".

"Ek sluit af: Die hoogtepunt vir my en my vrou was die samekoms van die gemeente elke Sondag rondom die Woord. Watter voorreg was dit nie om die Woord te kon bedien nie!! Dit was die hoofsaak, nl. Woordbediening en voorbidding! nie net Sondae nie, maar ook in die katkisasieklasse en op huisbesoek .. Dit is vir my moontlik gemaak omdat die predikant hier nie alles hoef te doen nie. Daar is so 'n verskeidenheid van gawes in die gemeente, dat organisasie en administrasie deur lidmate self behartig kon word. Die skribaat en finansies is op 'n kundige wyse behartig, dat dit vir die predikant nie nodig was om daarmee intens besig te wees nie. Die diepste geheim van die kerk lê egter nie in die mens nie ... maar in Jesus Christus. Hy is immers die Hoof en uit Hom groei die hele liggaam. Die verskillende liggaamsdele pas bymekaar en vorm saam 'n eenheid. Elkeen van hulle vervul sy funksie en so bou die liggaam homself op in liefde (Ef 4:16)".

In 1986 ontvang ds Hattingh emeritaat en vestig hy en sr Brechtje hulle vir 'n tyd lank op Krugersdorp voordat hulle aan die einde van 1990 na Pretoria verhuis waar hy op 1 Augustus 2001 oorlede is. Sy oudste dogter, sr Rika le Roux, was saam met haar gesin vir baie jare lidmate van hierdie gemeente. Twee kinders, Johan en Elza, het belydenis van geloof in die gemeente afgelê.

Die oudste seun, Chris, was vanaf 1977 tot 2007 ook 'n predikant in die Gereformeerde Kerk en het verskeie gemeentes bedien. Vanweë gesondheid emeriteer hy in 2007 en is hy op 16 April 2009 oorlede.

DS ARNOLD MULDER (Hsn) van Carletonville aanvaar die beroep na Krugersdorp en word op Sondag 17 Augustus 1986 tydens die oggenddiens deur ds C Hattingh (sr.) as predikant bevestig. Baie gou maak ds Arnold, sr Ria en die seuns Pieter en Arnold hulle merk in gemeente en dorp.

Nog in dieselfde jaar word ds Arnold die dirigent van die interkerklike Exalto Deo-koor en sr Ria die begeleidster. Sr Ria word ook aangestel as die orreliste nadat br Wikus van Wyk in 1986 die pos as orrelis van die NG Kerk Roodepoort aanvaar.

Sedert ds Arnold en Ria se koms na Krugersdorp het daar op verskillende terreine in die gemeentelike lewe geestelike groei plaasgevind. Volgehoue belangstelling in Bybelstudie het meegebring dat daar in 1995 twaalf Bybelstudiegroepe aan die werk was. Drie

13

Geskiedenis Gereformeerde Kerk Krugersdorp 1896 - 2019

toerustingsvergaderings vir ouderlinge en diakens per jaar help hulle slyp vir hulle dienswerk.

Die pastoriepaar se direkte medewerking het van die weeklikse gemeenteblad, ONS KANDELAAR, 'n baie gewaardeerde skakel gemaak tussen die kerkraad en die res van die gemeente, maar veral ook tussen lidmate onderling. Die weeklikse huisgodsdiensrooster wat daarin verskyn met die oog op die volgende Sondag se preek dra daartoe by dat lidmate voorbereid na die Woordverkondiging kom luister.

Weens die Mulders se groot liefde vir musiek en hulle gawes in hierdie opsig, het hulle hulle met geesdrif begin beywer vir verbetering van die gemeentesang. Verskeie onbekende melodieë is aangeleer, en die Gereformeerde Kerk Krugersdorp is een van slegs 'n paar gemeentes in die land wat gereeld tydens eredienste die onberymde Apostoliese Geloofsbelydenis (soos getoonset deur prof Henk Temmingh) sing. Besoekers maak dikwels met groot waardering melding van die gemeentesang. Die jaarlikse Kerssangdiens lok talle besoekers, en die geesdriftige samesang van honderde gelowiges is 'n belewenis. Vanaf Sondag 18 Januarie 2004 word die nuwe psalmberyming langs dié van Totius gebruik en vanaf 15 Januarie 2012 ook die goedgekeurde sinodale liedere.

Die Sustersaksie het pragtige groei getoon in getal en belangstelling, en hulle dra 'n onmisbare deel by tot meelewing, diensbetoon en onderlinge liefde.Gedurende hierdie tydperk gaan die Susters ook daartoe oor om elke Sondag (Nagmaal en vakansies ingesluit) tee en koffie na die oggenddiens in Moriasaal te bedien. Nuwe lidmate word dan aan die gemeente voorgestel en welkom geheet.

Na ‘n dienstydperk van 21 jaar in die gemeente, emeriteer ds Mulder in Januarie 2008. Aangesien hy nog opgehoopte verlof tot sy krediet het, word daar op Vrydagaand 2 Maart 2007 van hom en Ria afskeid geneem tydens ‘n geselligheid te Usambara. Meer as 300 lidmate woon die geleentheid by. Ds Mulder lewer sy afskeidspreek op 27 Januarie 2008. Hy sterf op 28 April 2017 in die ouderdom van 74 jaar.

Geen geskiedenis kan volledig wees as daar nie ook melding gemaak word van die funksionarisse wat oor soveel jare met ywer en entoesiasme gedien het nie.

WAT DIE KOSTERS BETREF, kan daar melding gemaak word van br Willem Pelser (die heel eerste koster van die gemeente) en na hom mense soos br Slabbert, br Cornelis Botha, br Andries Olivier (snr), br Cor Faling (snr), br Douw Bredenhann (met sy kassie!), sr Irene van Andel (die eerste kosteres), sr Rika van Rooyen en sr Wibbiena van Damme. Vanaf middel Mei 1988 is br Hermas Nieuwoudt die koster. Hy word in Augustus 1994 opgevolg deur sr Sus Henning. In April 1996 neem br Hermas Nieuwoudt - na die huwelik van sr Henning - weer die amp as koster oor. Vanaf Maart 1998 beklee sr Ansie Greeff die pos. Na sr Greeff se aftrede in 2006, beklee br Cees Overbeeke die posisie. Hy word opgevolg deur br Fanie du Plessis en vanaf 2014 deur br Johan van Rooy.

Elders is al melding gemaak van die orreliste. Tog is dit goed om daarop te wys dat die gemeente oor al die jare geseënd was met manne en vroue wat in dié opsig besondere talente gehad het. Die heerlike gemeentesang is daar 'n getuie van.

Ds WJ de Klerk maak melding van die geleentheid wat hy gehad het om in ONS KANDELAAR sy skrywerstalent te kon gebruik. Na hom het br Jan Coetzee, br Charl van Rensburg, br AN van der Linde, br Tjaart Coetzee, sr Brechtje Hattingh, br Daan Lessing, br Piet Gous en die laaste drie dekades br Lubbert van Andel gedien (tot 2006).

In br Van Andel se dienstyd (1981) het die gemeenteblad van 'n maandblad na 'n weekblad verander. Dit het sy eie eise en uitdagings gebring. Met die pragtige samewerking van ds en mev Mulder en die geesdriftige meewerking van die kunstenares, sr Marietjie van Rooyen, asook die besonder gewaardeerde hulp van sommige van die inwoners van Moria Bejaardesentrum en ander lidmate wat elke Vrydag/Saterdag so getrou kom help vou en versamel, het die blad 'n eie plek verwerf in die gemeentebou van die Krugersdorp Gemeente.

Vanaf die middel van 2006 neem die kerkkantoor die verantwoordelikheid oor en tree br Van Andel na 35 jaar uit as redakteur. Ons Kandelaar word nou bestuur deur die Diensgroep Media met sr (dr) Janet du Plooy as redaktrise.

Wat die amp van SKRIBA-KASSIER betref, kon die gemeente staatmaak op uiters bekwame manne. Hier dink ons in die besonder aan br C van der Mark, br Piet Gous, br Charl van Rensburg, br Hannes Venter en

14

Geskiedenis Gereformeerde Kerk Krugersdorp 1896 - 2019

br Nic van Rensburg. Waarlik, God was vir ons goed!

Die OUDERLINGSAMP het altyd tot sy reg gekom. Toesig oor Woord en Leer, regering en onderrig van die gemeente het in liefde geskied en bygedra daartoe dat hierdie gemeente werklik 'n gemeente van die Here is.‘n Nuwe mylpaal word bereik wanneer op Sondag 13 Januarie 2019 die verkose susters Hantie Erasmus, Leenster Eloff en Greet Frank bevestig word as ouderlinge.

Gedurende die hele tyd het die DIAKONIE met ywer sy barmhartigheidsdiens verrig. Moeilike tye het soms groot offervaardigheid gevra maar die diakens het hulle amp te alle tye eer aangedoen. Daarvan kan die inwoners van Moria ook besonderlik getuig. Op Sondagoggend 11 Januarie 2004 is sr. Nies van Kaam en sr. Marietjie Saayman as die eerste diakonesse in hulle amp bevestig.

Ook die AMP VAN DIE GELOWIGE het tot sy reg gekom, nie net in die gemeente nie, maar ook in die gemeenskap. Baie lidmate het onuitwisbare bakens daargestel. Plaaslik het hierdie gemeente die Landdros, Skoolhoofde, Burgemeester, Onderburgemeester, LPR, President van die Senaat, Afdelingskommissaris van Polisie, Direkteur van Publisiteit, Departementshoofde van die Stadsraad, Kultuurleiers, Besigheidsmanne, Superintendente van Onderwys, Mediese Spesialiste en baie ander leiers opgelewer. Die lidmate was en is werklike Ligdraers! ‘n Nuwe tydvlak word op 15 April 2007 betree toe DR WILLEM CORNELIS VERGEER (en sr Hettie met kinders Hester, Pieter, Ronel en Retha) in die gemeente ontvang en bevestig word. In 2008 word dr Vergeer vir ‘n verdere termyn benoem as Buitengewone Professor aan die Teologiese Skool te Potchefstroom.

'n Tydperk van vernuwing m.b.t. die gebruik van media breek nou aan. CD's DVD's van die preke word gemaak en na die aankoop van die nodige programmatuur, word die psalms, skrifberymings en goedge-keurde liedere gedurende die eredienste op die vlakke langs die preekstoel geprojekteer saam met die musieknote.

Ook tydens kerkraadsvergaderings word gebruik gemaak van die nodige hulpmiddels (o.a. power point) sodat die vergaderings vlot verloop. D.m.v. die kerkkantoor (dr Janet du Plooy, sr Lettie du Plessis en sr Bonnie Steyn) word kerkraad en gemeente met behulp van die e-pos en sms'e op hoogte gehou van nuwe verwikkelinge en kan terugvoering en verslae ook maklik gestuur word.

Op 21 November 2010 word 'n lank gevoelde behoefte bevredig toe die nuut geboude moederskamer ingebruik geneem word. Die argitek was br John Arnold en die bou-aannemer Woudstra Konstruksie. Die lint word geknip deur sr Marietjie van Rensburg wat vir jare die dryfveer agter die projek was.

'n Nuwe fase word op 1 April 2011 betree wanneer Krugersdorp-Oos gemeente een word met die Krugersdorp gemeente om so 'n makro-gemeente te vorm met twee bedienings-punte, nl. te Clewstraat en Premierstraat.

(Vir die geskiedenis van die Krugersdorp-Oos gemeente, sien die bylaag).

15

Geskiedenis Gereformeerde Kerk Krugersdorp 1896 - 2019

Besondere arbeid word in hierdie tydperk verrig deur ds Arnold Mulder (emeritus Krugersdorp) en dr André Grové (emeritus Klerksdorp-Noord) m.b.t. preekbeurte en die bediening van die 70 plussers. (Ds Peet Steyn – emeritus Westonaria – het dit vanaf 2000-2007 verrig). Hierdie hulpdiens word besonder waardeer deur die gemeente en die leraars. Dit het meegebring dat Krugersdorp gemeente vir baie jare oor die dienste van vier predikante beskik het.

Die vergrote gemeente bied nuwe uitdagings en met die oog daarop was dit vir die gemeente 'n groot voorreg en seën om DR DE WET SAAIMAN (en sr Annerie en die twee seuns) te kon ontvang as medeleraar. Dr De Wet Saaiman word op 4 Desember 2011 deur dr Vergeer bevestig en lewer daarna sy intreepreek. Die amptelike ontvangs vind plaas op 22 Januarie 2012 tydens 'n gemeente-ete te Usambara.

In 2012 word dr Saaiman ook benoem as Buitengewone Professor aan die Teologiese Skool te Potchefstroom.

‘n Historiese gebeurtenis vind op 24 Mei 2013 plaas toe Krugersdorp die eerste Argief Werkswinkel in die geskiedenis van die GKSA, aanbied. Dr Janet du Plooy en oudl Michel Eschrich verteenwoordig die gemeente terwyl dr Janet die inisieerder en mede-aanbieder was.

Teenwoordig was o.a. sr Elna Clark (GK Ontdekkers), ds Paul Modise en srs Ester Moyo en Caroline (GK Kagiso), dr Kobus van Tonder (GK

Krugersdorp-Wes), srs Elma Vermeulen en Lesley Steyn (GK Kemptonpark), sr Verdi Snyman (GK Wilropark) en br Atze Herder (Vrye Gereformeerde Kerk Johannesburg).

Finansiële werklikhede het meegebring dat die instandhouding van die Clewstraat-bedieningspunt ‘n te groot las op die gemeente gelê het. Derhalwe is besluit om weg te doen met die tweede bedieningspunt. Die laaste diens wat in Clewstraat kerkgebou gehou is, was op Sondag 16 Maart 2014. By die geleentheid is ‘n spesiale program aangebied en is die diens gelei deur ds Arnold Mulder.

Die Gemeente Krugersdorp getuig met diepe dankbaarheid dat God hulle deur al die jare gedra, versorg en ryklik gesëen het.

16

Geskiedenis Gereformeerde Kerk Krugersdorp 1896 - 2019

GEREFORMEERDE KERK KRUGERSDORPKERKRAAD 24 FEBRUARIE 2019

Voor vlnr: Oudl. P.J. Jonker; Oudl. N.F. Greyling; Oudl. H.F.B. Minnaar; Oudl. M. du Plessis; Diaken A.C. Saaiman; Dr De W. Saaiman; Dr. W.C. Vergeer; Diaken H.H.E. Vergeer; Oudl. J.A.F. Viljoen; Oudl. W.F.T. van Schalkwyk; Oudl. H. Dekker, Oudl. L. van Andel

1ste ry: Oudl. C.M. Faling; Oudl. M. Frank; Oudl. K.H. Frank; Diaken C.Y.A. Verhoef; Oudl. B.C. Verhoef; Oudl. L.H. de B. Venter; Oudl. M.J.H. Aucamp; Oudl. A.S. la Grange; Oudl. T.F. de Wet; Oudl. I.J. van der Walt; Oudl. J.L. Spoelstra; Oudl. S.J. Lourens; Oudl. J.J. Deetlefs; Oudl. I.G. le Roux; Oudl. B. van der Zee; Oudl. L.T. Dubery

2de ry: Oudl. J.W. Roeloffs; Oudl. L. Eloff; Oudl. C.J. Eloff; Oudl. J.C. Erasmus; Diaken J.M. Reinecke; Oudl. W. van den Berg; Oudl. F.J. Jordaan; Oudl. J.C. van Kaam; Diaken E. Nieuwoudt; Diaken J. van Niekerk; Diaken A. Snyman; Oudl. D. Joubert; Oudl. S.J. du Plessis; Oudl. C. Moss; Oudl. J.L. Boshoff

3de ry: Diaken M.S. Kruger; Diaken M.M.H.E. Vorster; Diaken H. Jansen van Vuuren; Diaken W. van Wyk; Diaken E.C. de Villiers; Diaken E.H.B. van der Berg; Diaken H.C. Aucamp; Diaken J.M. Trennery; Diaken L. Joubert; Oudl. M.S. Schutte; Diaken S.L. Janse van Rensburg; Diaken A.F. Janse van Rensburg; Diaken H. Venter; Oudl. T.A. van der Walt; Oudl. J.A. Malan; Diaken W.L. Venter

Agter: Oudl. P. Kruger; Diaken E. Kruger; Diaken H. van der Merwe; Diaken S. van Rooy; Oudl. J.C. van Rooy; Diaken J.M. Harris; Oudl. C.T. Harris; Oudl. P.J. Steyn; Diaken J.T. Victor; Diaken W.T. Dyer; Diaken D.J. du Plessis; Diaken G. du Plessis, Diaken E. van Doorene; Oudl. C.H. van Doorene; Oudl. A. van der Zee

Afwesig: Oudl. R.D. Abbink; Oudl. J.F. Joubert; Oudl. W.J. Naudé; Oudl. G. van der Walt; Diaken S.M. Abbink; Diaken H. Minnaar; Diaken J. de K. Steyn;

ADDENDUM

PREDIKANTE IN KRUGERSDORP-GEMEENTE

1897 - 1904 POSTMA, M (Dsn)1905 - 1906 POSTMA, D (Msn)1909 - 1912 POSTMA, D (Dsn)1913 - 1920 DU PLESSIS, DP1922 - 1929 VORSTER, LP1930 - 1946 VENTER, WF1947 - 1952 VENTER, DOUW G1953 - 1957 DE KLERK, WJ (Jsn)1958 - 1961 HELBERG, JL1962 - 1968 VAN DER WALT, Tj

17

Geskiedenis Gereformeerde Kerk Krugersdorp 1896 - 2019

1970 - 1986 HATTINGH, C (Sr.)1986 - 2007 MULDER, ARNOLD H (Hsn)2007 - VERGEER, W2011 - SAAIMAN, DE WET

--oo0oo--

HISTORIESE DATUMS IN DIE GESKIEDENIS VAN KRUGERSDORP GEMEENTE

1896-03-16 Algemene Vergadering keur stigting van 'n gemeente te Krugersdorp goed1896-04-25 Stigting van die Gereformeerde Kerk, Krugersdorp1896-10-02 Eerste kerkraadsvergadering te Krugersdorp1897 Ds M Postma bedien Krugersdorp vanuit Johannesburg1897-04-? Ds M Postma word op Krugersdorp verwelkom1899-02-11 Die plaas Vrye Gunst word vir £2900 verkoop1899-03-31 Die plaas Nooitgedacht word vir £3050 verkoop1899-09-09 Lidmatetal 212 en sieletal 4821899-1902 Driejarige-oorlog; konsentrasiekamp op Krugersdorp1902 Eerste wyk word op Krugersdorp gestig1902-07-27 Ds M Postma terug in die gemeente na sy krygsgevangenskap1903 Eerste kerkgebou voltooi teen £56601903-07-16 Hoeksteen van die eerste kerkgebou word gelê1904-05-13 Eerste kerkgebou word ingebruik geneem1905-01-14 Ds D Postma word te Krugersdorp bevestig1905-09-? Orrel word vir £50 aangekoop1913-01-? Ds DP du Plessis word as predikant bevestig1917-04-06 Kerkraad besluit dat die notules in Afrikaans geskryf moet word1917-07-? Die kerkraad hou 'n kollekte vir 'n Afrikaanse Bybelvertaling1922-04-? Ds LP Vorster word in die gemeente ontvang en bevestig1923 'n Gereformeerde Sustersvereniging word gestig1926 Die gemeente van Die Moot stig af van Krugersdorp1930-02-? Ds WF Venter word as predikant bevestig1931-04-12 Br G Dalhuysen word aangestel as die eerste orrelis1933-08 Ingebruikneming van die Afrikaanse Bybel1934-09-09 Ds LP Vorster te Rustenburg oorlede en begrawe1937 Ingebruikneming van die Afrikaanse Psalmboek1937-06-05 Ingebruikneming van die pyporrel wat aangekoop is teen £6351938 Ossewatrek - Ds Venter tree op by Paardekraalmonument1942 Oostelike wyke stig af en vorm die Florida gemeente1947 Ds Douw G Venter word bevestig1951 Ons Kandelaar (gemeenteblad) sien die lig1953 Ds WJ de Klerk word bevestig1954 Krugersdorp-Wes gemeente stig af1956-03-24 Hoeksteenlegging van die nuwe kerkgebou deur ds WJ de Klerk1956-09-09 Laaste erediens in ou kerkgebou1958 Ds JL Helberg word bevestig1961 Ds JL Helberg word professor te Hammanskraal1962-10-20 Dr Tjaart van der Walt word as predikant bevestig1969 Dr Tjaart van der Walt word professor te Potchefstroom1970-01-09 Ds Chris Hattingh (snr) word bevestig1978-12-10 Krugersdorp-Oos gemeente stig af1979-01-? Staatsbegrafnis van sy Edele Jan de Klerk1980-11-27 Begrafnis van Brig Krappies van Zyl met volle militêre eerbewys1981 Die gemeenteblad, Ons Kandelaar, word 'n weekblad1986-08-17 Ds Arnold Mulder word bevestig deur ds C Hattingh (sr.)1993-11-21 Prof Helberg oorhandig 'n Bybel met handtekeninge van eindvertalers1996 Gemeente Eeufeesviering gedurende April1999-2008 Ds Peet Steyn (emeritus Westonaria) bedien die senior lidmate as hulpprediker2003 Ingebruikneming van nuwe psalmberyming2004-01-11 Eerste diakonesse word bevestig (srs Nies van Kaam & Marietjie Saayman)

18

Geskiedenis Gereformeerde Kerk Krugersdorp 1896 - 2019

2007-03-02 Afskeid van ds Arnold en sr Ria Mulder2007 Lidmatetal 697 (Belydend 563, doop 134)2007-04-15 Dr WC Vergeer word bevestig deur ds Arnold Mulder2008-01-27 Ds Arnold Mulder lewer sy afskeidspreek en aanvaar emeritaat2009- Feesviering 150 jaar bestaan van Gereformeerde Kerke in SA2009- Ds Arnold Mulder word aangestel as hulppredikant2009-12-01 Lidmatetal 734 (Belydend 595, doop 139)2010-11-21 Moederskamer word ingebruik geneem2011-04-01 Krugersdorp vorm saam met Krugersdorp-Oos 'n makro-gemeente2011-04-01 Lidmatetal 985 (Belydend 791, doop 194)2011-04-16/17 Eenwordingsfees en bevestiging van Krugersdorp-Oos kerkraadslede2011-11-01 Dr André Grové (emeritus Klerksdorp-Noord) word aangestel as hulppredikant2011-12-04 Dr De Wet Saaiman word bevestig as medeleraar2012-01-15 Die Sinodale goedgekeurde liedere word in die erediens gesing2012-01-22 Verwelkoming van dr en mev Saaiman tydens 'n gemeente-ete2013-04-01 Br Trynko Malan 100 jaar oud (oudste lidmaat)2013-05-24 Eerste Argief Werkswinkel van die GKSA in Krugersdorp2014-03-16 Laaste erediens in Clewstraat-bedieningspunt2016-09-18 60 jarige bestaan van kerkgebou en -orrel word herdenk.2016-09-30 Sr Irene van Andel 70 jaar ononderbroke lidmaat van die gemeente (bylaag 3)2017-04-28 Ds Arnold Mulder oorlede.2019-01-13 Eerste susters word as ouderlinge bevestig (Hantie Erasmus, Greet Frank en

Leenster Eloff).- - - o o 0 o o - - -

Bylaag 1:

GESKIEDENIS VAN DIE GEREFORMEERDE KERK KRUGERSDORP-OOS

In 1978 was die lidmatetal van die Gereformeerde Kerk Krugersdorp 618 belydende en 345 dooplidmate. Die gedagte van meerderebediening word al baie sterker en na vele beraadslaging word daar besluit tot afstigting.

Op 6 November 1978 gee die klassis goedkeuring tot so 'n stap en die Krugersdorp-Oos gemeente ontstaan op 10 Desember 1978 met 268 belydende lidmate en as konsulent ds DC Coetzee.

Op 28 Januarie 1979 word ds D Postma van Pietermaritzburg beroep maar die roeping word nie opgevolg nie. Proponent CG van der Merwe word op 25 Februarie 1979 beroep en hy volg die roeping op en word op 7 April 1979 in die gemeente bevestig. Hy was 'n rustige prediker wie se preke goed deurdag was. In sy bedieningstyd is die EE3 kursus van stapel gestuur en 'n paar lidmate was betrokke met 'n deur-tot-deur aksie.

In 1985 word hy opgevolg deur dr Henk Denkema. Hy was 'n lewendige prediker en het die gewoonte gehad om sy preke voor te berei terwyl hy al straatlangs stap. (Toe Lubbert van Andel [Krugersdorp gemeente] hom by geleentheid vêr van die pastorie sien stap en hom wou oplaai, bedank die doktor hartlik want sy preek was nog nie klaar nie. Lubbert stel toe voor dat hy 'n korter roete volg!).

Dr Denkema was veral bekend vir sy sending en evangelisasie ywer. Hy het 3 weke in Amerika gaan kyk hoe gemeentegroei bevorder kan word. Na sy terugkoms is 'n verhoog voor die preekstoel opgerig vanwaar hy kon preek. Tydens sy langverlof in België het hy jong studente uit Suid-Afrika (o.a. Lindi van Heerden uit die gemeente) bygestaan met hulle “Diensjaar vir Christus”.

In November 1998 skryf hy: “Land van Vlaandere, o donker land! … Die Rooms Katolisme verwerp ek met veragting terwyl ek ernstig bid vir miljoene Vlaminge op pad hel toe agv. “onze liev Vrouw” (die RKK)…. Deur tot deur kontak is 'n absolute rariteit! Ongeveer 1500 genader en 800 gesprekke. Twee daarvan het so gesê: niemand heb mij dat ooit gezegd (dat God jou liefhet). … God sorg daarvoor dat almal bereik word van dakloses in Brussel tot jong studente in Leuven.”

“Riana se koms na 7 weke was 'n “Blessing”. Kort na haar koms is ons Nordhorn toe in Duitsland na 'n sendingstasie en opleiding wat die bekende Eddie Bakker ('n seun uit Krugersdorp-gemeente) begin het. Dit was 'n fees! … Ek dank God vir sy trou. Dankie aan die gemeente en veral enkele lidmate wat dit finansieel moontlik gemaak het. Dankie ook aan Riana terwyl ek weet hoe moeilik dit vir haar was. Ek dank God vir

19

Geskiedenis Gereformeerde Kerk Krugersdorp 1896 - 2019

jou!!”

Hy het ook sy langverlof gebruik om intens gemoeid te wees met evangelisasiewerk in ons dorp en met dienste landwyd. Traktate is in Engels gedruk en van huis tot huis uitgedeel met die uitnodiging om met hom in aanraking te kom. Hy emeriteer in 2000. Na 'n ernstige motorongeluk in 2004 en verskeie groot operasies, het sy gesondheid gestadig agteruit gegaan totdat hy op 9 Maart 2007 (enkele dae voordat hy 72 sou word) oorlede is.

In 1997 word proponent Johannes Kruger bevestig as mede-leraar en dien tot in 2001.

Hy word opgevolg deur ds HG Schutte wat op 9 September 2001 bevestig word. In Augustus 2003 skryf hy: “Ons moet elke dag steeds die gemeente, elke lidmaat, opbou in die geloof. … Die goeie hand van die Here sal ook in die toekoms op ons rus as ons, soos Nehemia, biddend, met vertroue in die Here en met toewyding die kerk van die Here, ons medegelowiges, dien met alle goeie gawes wat ons van die Here ontvang het.”

In 2009 volg hy die beroep op na die Suidkus-gemeente.

DIE EERSTE JARE het die gemeente gebruik gemaak van die skoolsaal van Laerskool Kenmare. Die susters het (op voorstel van sr Elsie Kruger) elke Sondag na die diens koffie/tee bedien. Dit het 'n hele organisasie afgegee want alles moes van huisaf saamgeneem word. Polystireen bekers is gebruik, in swart sakke geplaas, huistoe geneem en dan gewas vir die volgende gebruik.

Tannie Elsa Pelser (skoonma van Marthie Pelser en moeder van Cas Pelser) het uit haar ouderdomspensioen R200 aan sr Veronica Coetzee gegee met die opdrag om namens haar ordentlike koppies te koop. Die koppies is op 'n uitverkoping by die glasfabriek gekoop en is tot vandag toe nog ingebruik. Ondertussen het sr Es Coetzee 'n tweedehandse urn bekom wat die bediening aansienlik vergemaklik het.

Hierdie tradisie van tee skink na die erediens, het algemene gebruik geword en het meegewerk aan die onderlinge band tussen die lidmate.

KERKBOU: Kort na afstigting het die gedagte aan 'n eie kerkgebou die oë en ore van die kerkraad oral laat kyk en luister na geskikte standplase vir dié doel. Uit die aard van die saak neem sulke navrae tyd en eers in April 1980, kon onderhandelings begin vir die aankoop van erf 244 in Kenmare. Hierdie transaksie kon eers byna twee jaar later gefinaliseer word.

Intussen kon die beplanning van 'n kerkgebou binne die finansiële vermoë en behoeftes van die gemeente beplan word. Daarvoor is 'n boukommissie in April 1980 aangewys, wat bestaan het uit diakens C Hogendoorn en CH van Doorene, br DCP van der Merwe,

ouderlinge DG Grobler en FS Kruger (saam- roeper) met ds CG van der Merwe as raadgewer

en later as lid van die kommissie. Nog later is die kassier, oudl NJ du Plessis ook gekoöpteer.

Kerkgeboue is besoek, verskillende metodes van konstruksie is oorweeg, professionele sienings is verkry maar telkens het die berg van die hoë koste voor oö verskyn. Sien af van kerkbou, dis te duur - nee, bou nou, dit word later nog duurder - die twee moontlikhede is deeglik bespreek. Intussen is 'n hele paar donasies van 'n duisend rand elk (of meer) ontvang, wat 'n tasbare bewys was van die geesdrif wat gaandeweg gegroei het.

Wat kon bekostig word en hoe groot moes die kerk wees? Gelukkig kom daar duidelikheid na 'n maalkok van vrae, want 'n gemeente wat gelowig bid, ontvang lig op die pad. Die mikpunt was 'n gebou wat ongeveer 500 lidmate kan akkommodeer en nie meer as R150 000 sou kos nie!

20

Geskiedenis Gereformeerde Kerk Krugersdorp 1896 - 2019

Deur navrae is daar kennis gemeek met 'n projek-bestuursmaatskappy in Pretoria, genaamd Habitech, wat namens die kerkraad kon optree en met sy span professionele raadgewers die antwoorde op al die lastige vrae kon verskaf. Gunstige aanbevelings van gemeentes wat al van Habitech se dienste gebruik gemaak het, het die deurslag gegee en die kerkraad het 'n ooreenkoms met Habitech aangegaan.

Die voordeel van projek bestuur is gou bewys, want toe tenders van boumeesters te hoog was vir die beursie van die gemeente, het Habitech aanbeveel dat die kerkraad as eienaarbouer optree en dat Habitech al die huiswerk daarvoor sal behartig wat dit kostegewys binne die beoogde bedrag van R150 000 plus eskelasie koste sou hou.

Insinking in die boubedryf in 1981 het meegebring dat materiaal en arbeid meer geredelik beskikbaar was. Lenings was egter moeilik bekombaar. Weer het geloofsvertroue uitkoms gebring en is genoegsame fondse beskikbaar gestel wat saam met Krugersdorp gemeente se "bruidskat" dit moontlik gemaak het om in Augustus 1981 met bouwerk te begin met die oog op voltooiing einde Junie 1982.

Intussen het navrae oor die beste soort ORREL baie interessante aspekte na vore laat kom. Die ou klassieke begrip van vra vir die eienaars van die "Chevs" wat die foute van die "Fords" is, en andersom, is oor en oor teëgekom. Die stryd tussen pyporrel en die elektroniese weergawe was uiteindelik deur laasgenoemde gewen en daar is besluit op die D 26-model van die Ahlborn orrel wat deur Johannes Kerkorrels van Kaapstad geinstalleer is.

Hoe nader die voltooiing van die kerkgebou gekom het, hoe meer het die geesdrif en samewerking gestyg. 'n Hoeksteen, volledig gegrafeer, is aangebied, 'n vaardige skrynwerker het die maak van die preekstoel onderneem en talle kleinere aanbiedinge van materiaal, arbeid, ens. is met groot dank ontvang. Fanie Coetzee en Ernst Erasmus het die houers en die kelkies vir nagmaal gemaak en aan die kerk geskenk.

Die susters veral het hulle onderskei met hulle bydrae in die vorm van "emmersvol geld", die keuse van matte, gordyne, houtpaneelwerk en nog baie ander dinge.

Die eerste "gemeentefunksie" het in Mei 1982 op die nuwe kerkterrein plaasgevind toe vele lidmate, mans, kinders en natuurlik ook die susters, kom help het met die lê van die eerste grassooie wat ook as 'n donasie ontvang was.

Die uiteindelike ingebruikneming van die kerkgebou is, ter wille van die winter skoolvakansie, uitgestel tot na die vakansie toe almal weer tuis was. Dit het die afrondingsprogram ook vergemaklik.

Oudl Manie (WJS) Coetzee – toe die oudste lidmaat en kerkraadslid – het met die openingseremonie die kerkdeure oopgesluit en as eerste die kerk betree. As eerste “kosters” het opgetree jsr Rensche Wahl en jbr Willie Vorster wat toe nog skoolleerlinge was. Hulle is opgevolg deur br en sr Smit wat toe Bestuurder van die Moria Bejaardesentrum was. Die huidige kosteres van die Clewstraat bedieningspunt, is sr Johanna Viljoen.

Die eerste huweliksbevestiging in die nuwe kerkgebou was op 11 Desember 1982 tussen Annerien Kruger en Adriaan Snyman. Na 'n jaar van “stilte” het die tweede huwelik plaasgevind om 14:30 op 3 Desember 1983 tussen Linda Coetzee en Ernst Erasmus; en die derde huwelik op dieselfde dag om 17:30 tussen Rensche Wahl en Koos van der Merwe.

VAN DIE HOOGTEPUNTE in die gemeente se geskiedenis was elke Vrydagaand se “koffiehuiskonsert” onder leiding van Frans de Bruyn. Willie Kamfer en Ernst Erasmus het die “verhoog” gebou. Wonderlike kunstenaars het deur hulle talente met musiek en sang die evangelie oorgedra. 'n Kollekte tydens die aand het voorsien in die uitgawes van die kunstenaars. Dit was wonderlike aande en baie mense van buite die kerk het dit gereeld bygewoon.

Op voorstel van br Frans Kruger is die “Silwerkring” gestig om die lidmate van 60 jaar en ouer maandeliks te trakteer. Elna Coetzee en Veronica Coetzee het met ywer – en vrywillige bydraes van die susters – vir jare lank hierdie gewaardeerde diens gelewer.

Elke jaar in September was die kerk stampvol wanneer sr Hilda Woudstra 'n “damesoggend” gereël het met baie goeie sprekers. Saam met ander lidmate het sy ook kampe by Braambos gereël wat altyd 'n hoogtepunt was.

So het Krugersdorp-Oos gemeente 'n regte familiekerk geword – almal ken mekaar en help mekaar se laste

21

Geskiedenis Gereformeerde Kerk Krugersdorp 1896 - 2019

dra -. Omgee Kerk! Gesins Kerk!

'n Nuwe bedeling het vir die gemeente aangebreek toe daar besluit is om saam met die Krugersdorp gemeente een te word. Die nuwe gemeente Krugersdorp sou vanaf 1 April 2011 oor twee bedieningspunte beskik, naamlik dié te Clewstraat en dié te Premierstraat.

Die oorspronklike orrel te Clewstraat is in 2012 vervang met die pyporrel van die Westonaria gemeente wat dit goedgunstiglik geskenk het omdat hulle gemeente ontbind het en die kerkgebou verkoop is.

Finansiële werklikhede het meegebring dat die instandhouding van die Clewstraat-bedieningspunt ‘n te groot las op die gemeente gelê het. Derhalwe is besluit om weg te doen met die tweede bedieningspunt. Die laaste diens wat in Clewstraat kerkgebou gehou is, was op Sondag 16 Maart 2014. By die geleentheid is ‘n spesiale program aangebied.

Ten spyte van hartseer, was daar ook die vreugde om saam “Bruidskerk” van die Here te wees.

- - - o o 0 o o - - -

ADDENDUM

PREDIKANTE IN KRUGERSDORP-OOS GEMEENTE

1979 - 1984 VAN DER MERWE, CG1985 - 2000 DENKEMA, H1997 - 2001 KRUGER, J2001- 2009 SCHUTTE, HG

- - - o o 0 o o - - -

ENKELE HISTORIESE DATUMS VAN DIE KRUGERSDORP-OOS GEMEENTE

1978-12-10 Krugersdorp-Oos word 'n selfstandige gemeente1979-04-07 Prop CG van der Merwe word as eerste predikant bevestig1982-06 Kerkgebou word ingebruik geneem1985 Dr Henk Denkema word as predikant bevestig1997 Ds J Kruger word as predikant bevestig2001 Ds HG Schutte word as predikant bevestig2009 Ds Schutte aanvaar die beroep na Suidkus2011-04-01 Eenwording met die Gereformeerde Kerk Krugersdorp2012 Pyporrel van Westonaria word ontvang en geinstalleer te Clewstraat2014-03-16 Laaste erediens in Clewstraat kerkgebou

- - - o o 0 o o - - -

Bylaag 2:

UIT DIE OU TYD: Sr Anna Malan (Februarie 2011)

As een van die oudste lidmate gaan my gedagtes baie terug na die dae wat was. Ek is in die kerk gedoop in die jaar 1928 deur ds L Vorster. In die jaar 1944 het ek belydenis afgelê onder ds Willie Venter en is getroud op 19 Maart 1949 en het 'n lidmaat gebly tot die afstigting van Randfontein in die jaar 1950 onder ds DGV Venter.

Uit my kinderdae onthou ek dat lidmate op ver afgeleë plase gebly het en moes maar vroeg oggend met

22

Geskiedenis Gereformeerde Kerk Krugersdorp 1896 - 2019

kinders en al kerk toe kom. Met nagmaal tye moes daar blyplek gekry word, of moes die lidmate per voet tot op die stasie kom en met mandjies kos tot op Krugersdorp, dan te voet tot by die kerk kom.

Ander het met ossewaens gekom en op die kerkterrein uitgespan, waar die katkisasielokale vandag is. Die osse is dan na die dam gejaag met 'n wagter om te wei.

In daardie dae het ouderlinge en diakens manelle gedra. Langs die kerk waar die moederskamer vandag is, was die kerkklok op 'n paal-stellasie. Ons kinders het graag gekyk wanneer die koster die klok lui. Tot ons groot vermaak wou ons ons dood lag as sy manel se punte soos 'n flap se stert waai.

Die trappe wat by die ingang was het op gegaan na die gallery en was van hout gemaak. Dit het vreeslik gekraak. Die orrel was ook op die gallery. Ongelukkig onthou ek nie wie die orrelis was nie.

In die kerk was die banke met 'n afskorting verdeel sodat mans en vroue lidmate apart gesit het. Die ou horlosie wat vandag nog in die konsistorie hang, het agter teen die gallery muur gehang. Hierdie horlosie is deur my pa geskenk in die tyd toe hy ouderling was.

Waar Moria Bejaardesentrum vandag staan, was die pastorie gebou. Motors het op die kerkgrond en langs die dam geparkeer. Hierdie was 'n heerlike tyd vir ons kinders. Ek onthou een nagmaal is ons kinders uit gestuur om plek te maak vir die grootmense. Buite was ons naderhand baie verveeld.

Aangesien die kerkdeure oopgestaan het, besluit ek, die brawe een om my spieëltjie uit my handsak te haal en in die predikant se oë te lig. Hy was verplig om die koster uit te stuur om ons te verdryf. Na die diens by die huis het ek regtig "verjaar" wat ek nooit sal vergeet nie.

Met my belydenis aflegging was ek baie spoggerig geklee met 'n blou rok aan en 'n bypassende dun jassie, en vergeet nie die hoed, handskoene en 'n handsak nie. Vandag dink ek met heimwee terug aan die dae van weleer toe alles so anders was in die kerk, die kerk wat my moeder is en waar ek toevlug kry.

- - - o o 0 o o

Bylaag 3

DIE KERK EN EK … Sr Irene van Andel (2 Oktober 2016)

Ek onthou ……..Ek is gebore op 30 September 1946 in Paardekraal Hospitaal. Ek was daar maar kan dit nie onthou nie. Volgens my ma is ek gebore met maagvliesontsteking en het hulle dit onder beheer gekry met 'n druppel brandewyn 3 keer per dag, ek kan dit ook nie onthou nie, maar het gelukkig geen nagevolge daarvan gekry nie (nog nie).Ek is gedoop in ons ou kerk deur ds. W.F. Venter (kan dit ook nie onthou nie) , maar ek onthou wel die ou pragtige wit geverfde gebou met sy blokke donkerhout banke. Daar het die vroue en mans nog geskei gesit. Die vroue meestal geklee in swart met 'n swart hoedjie met 'n net wat oor die oë hang. Ek onthou ons orrelis van toe nog goed, oom Gerrit Dalhuysen. Na ds. WF Venter het ds. Douw Venter gekom wat my broer Peter gedoop het.

Ek onthou toe die nuwe kerk gebou is, die lekker speel op die sandhope (tot groot ergernis van ons bouers). Die twee kerke het vir 'n ruk nog langs mekaar gestaan voordat die ou gebou gesloop is.

Bouwerk aan die nuwe kerkgebou het op 20 Januarie 1956 begin en die hoeksteen is op 24 Maart daardie jaar deur ds. Willem de Klerk gelê (groot vriende gewees van my ouers). Op 20 September 1956 is die gebou aan die kerkraad oorhandig en in Oktober daardie jaar is dit feestelik in gebruik geneem. Die argitek was Johan de Ridder, lidmaat van die Gereformeerde kerk Pretoria-Sunnyside, en die boumeester ’n plaaslike lidmaat, Siebrin Woudstra. Peet Pelser was verantwoordelik vir die elektriese installasie, die teëlwerk is behartig deur my pa, Piet Kleinloog en die houtwerk deur die Van Kraam-broers, eweneens almal lidmate van Krugersdorp.

23

Geskiedenis Gereformeerde Kerk Krugersdorp 1896 - 2019

Die gebou beeld die vertikale verhouding met God uit, wat beklemtoon word deur twee mure met blougekleurde ruite. Die ou kerk is omstreeks 1956 gesloop.

Ek onthou met die teël van die kerk was daar gereeld meningsverskille in ons huis. Moes die teëlwerk binne in die kerk wit of swart wees (vandag sou dit rassisties gewees het), moes die teëls teen mekaar of met spasies tussenin wees, my ma wat haar hart vasgehou het toe die laaste teëls by die bopunt van die toring gelê is

Ek onthou hoe hard dieselfde paar susters gewerk het vir die boufonds (kan nie onthou of dit vir die kerk of die nuwe pastorie was nie). Ons (ek was nog pure kind) het ELKE Saterdag pannekoek, worsbroodjies, koeldrank, tee en koffie by die Jan Lotz Stadium verkoop en as jong kinders is ons ook ingespan om te help. (My susterskap het dus op 'n baie jong ouderdom al begin.

Ek onthou pastorie op die hoek van Begin en King Georgestraat. Ds. WF Venter was die eerste inwoner in die pastorie (ek kan dit nie onthou nie, maar wat ek wel kan onthou is dat die tuin in 'n punt geloop het van die pastorie tot by Premierstraat en die baie vrugtebome wat in die tuin was. Ek dink daar is nog net 'n peerboom oor van die ou tuin. Willem de Klerk was die eerste predikant waarvan ek wel onthou toe hy in die pastorie ingetrek het. Die dag toe hulle intrek het tant San Joubert, van die Paul Kruger Losieshuis, gesorg dat die spens vol is. Soveel skaapboude onder silwer skottels en kos het ek nog nooit as jong mens gesien nie. Willem de Klerk het my jongste broer Robbie gedoop.

Ek onthou die grootdoop van suster Elizabeth Kruys, van wie ek 'n fiets geërf het na haar dood.Na Willem de Klerk het ds Helberg sy intrek geneem en vir beide Willem de Klerk en ds Helberg was ek die kinderoppasser van hulle kinders. (Net vir interessantheid, ds Helberg se spens was volgemaak met pakkies jellie en blikkies kos, daar was nie 'n skaapboud insig nie).

Ek onthou die inwoners rondom die kerk en in naby strate, bv langs die kerk het br Klaas Akker gebly. Hulle het 'n vis en skyfie winkel in die dorp gehad en as hulle Sondae in die kerk kom dan ruik 'n mens net “vis en tjips”. Langs hulle het Attie van der Linde hulle gebly, hy was ook op 'n stadium ons orrelis. 'n Bietjie verder in Premierstraat en oom Kerneels Botha en tant Hester gebly by wie ek baie gekuier het, want ek en Dorie (nou Willemse) was boesemvriendinne (was saam baie stout).

Ek onthou kerkraadslede wat die grootste indruk op my gemaak het. Br. Jan Grové wat elke Sondag in die laaste ouderlingsbank met sy kop teen die houtpaneel agter hom gerus het, totdat daar 'n lekker vetkol op die hout verskyn het (brillcream dae). Daarna die drie groot manne (vandag sou ons hulle die 3 pikkewyne kon noem) Piet Gouws, Nic du Plessis en Dan Meyer. Hulle het eerste ingestap en elkeen eerste in sy bank gaan sit, heelagter Piet Gouws, dan Nic du Plessis en dan Dan Meyer. Oom Nic was die een wat die hele gemeente deur gekyk het om te sien of al sy skape in die kerk sit.

Ek onthou die Sondae in Kagiso waar my Pa altyd gepreek het (miskien wou hy altyd graag predikant geword het). Hy was vlot in Fanagalo en het gepreek dat die spoeg spat. Die saaltjie was destyds bedompig en warm en al wat 'n moeder was het haar kind sommer in die kerk gevoed, miskien om hulle so stil te hou, want die preke was maar net soos vandag, nie altyd al te kort nie. Verder het 'n mens tussen die strooisreuk net Lifeboy geruik, banke sonder rugleunings was hard, maar gaan het ons gegaan. Een ding van die gemeente was die sang. Hulle het uit volle bors gesing sonder orrel of klavier, soms getrek, maar altyd pragtig geharmoniseer.

Ek onthou die koms van Tjaart en Babie van der Walt. Spens was weer mooi volgemaak, want Tjaart hulle het vanaf oorsee gekom. Saam met hulle het ons die wonderlike dae van ons JV belewe.

Ek onthou 1963 en 1964 was ek in die CP koshuis van Hoërskool Monument en elke Sondagaand klokslag 18:15 het diaken du Plessis, (onthou nie sy naam nie, maar hy het vir die Noodhulp liga gewerk), ons ingewag en saam met ons kerk toe gestap. Ek was die enigste dopper tussen die ongeveer 8 tot 12 dogters wat saam geloop het, die ander was te lui om na die NG kerk in Viljoenstraat te loop. Ons drag was witrokke, withoed en wit skoene met sykouse. Die dogters het links in die agterste bank gesit en die seuns regs.Onder Tjaart het ek belydenis van die geloof afgelê. Br. Gideon Botha het ons ondervra, gelukkig het hulle destyds nie gesien hoe ons Psalmboeke oop lê op die grond voor ons en dus kon ons van Sondag 1 tot Sondag 52 lekker aflees. Op Vrydag 30 September 1966 het Tjaart ons getrou (die eerste Vrydagaand troue in die gemeente). Dorie en Giel is die Saterdag getroud. Die troue het nie sommer netso plaasgevind nie.

24

Geskiedenis Gereformeerde Kerk Krugersdorp 1896 - 2019

Nee, daar moes eers gebooie opgegee word by die destydse “hoëpriester”, br van der Mark. By hom kon jy net sekere dae kom en dan moes dit ook wees tussen vier en ses. Daarna moes die gebooie drie Sondae namekaar in die kerk voorgelees word vir ingeval iemand beswaar wou aanteken. Met ons huweliksonthaal het die susters “ge-cater” en vieruur die middag het ekself nog gesit en eiers afdop. Ds. Papp het ons troufoto’s geneem, maar omdat dit in die aand was, het die flits nie gewerk nie en daarom het ons op die ou end net een foto, wat na iets lyk, gehad. Vir die onthaal het my pa die grootste hoenderhok-afdak in die tuin gebou. Ongelooflik baie mense was op die onthaal, so ons het ongelooflik baie geskenke gekry. Willem de Klerk se wange was rooi gesoen en daarvan het ons op die ou end 'n mooi kleurskyfie gehad. (Hy was maar 'n haan onder die henne). In 1968 is ons oudste dogter Henriëtte gebore, ongeveer dieselfde tyd as wat Tjaart en Babie vir Johan ontvang het. Ons het sou op dieselfde dag gedoop, maar Tjaart het gevra dat ons 'n week later doop omdat hy 'n spesiale aannemings preek wou preek. Pragtig! (Pim Zorgman het toe egter wel saam met Tjaart gedoop).Dis ook in Tjaart se tyd wat die pastorie gesloop is vir die bou van Moria en die nuwe pastorie in Kougastraat.

Ek onthou die koms van ds. Hattingh, die spens was weer leeg en Lubbert is al diaken wat opdaag om te help met die hang van die gordyne. Elzabé ons tweede oudste dogter was ds Chris se eerste dopeling en laaste belydenis kandidaat. Dit was 'n onstuimige tydperk in die kerk in ds Hattingh se tyd. Daar was die storie van met of sonder hoed, met of sonder sykouse, om nie eers te praat van 'n rok sonder moue nie. Mev ds. Anneline de Bruyn het die susters toegespreek oor die rok sonder moue, ons verlei dan die broeders om by die een mougat in te kyk, oor berge en dale, en by die ander mougat uit (stoute broeders). Toe die rok se moue verdwyn het die rok ook sommer verdwyn en die langbroek het verskyn. Vandag sal daar seker baie afgestorwenes nie weet of ons by 'n strand- of rockpartyjie is en of ons gekom het om ons Here te dien nie. As ons 8 susters by 'n susters vergadering was, was ons bly, maar ons het 'n reuse byeenkoms gehad as daar 16 susters was. Al wat ek van die sustersvergaderinge onthou, was die alewige koekies bak. Ek kan nie eers meer onthou waarvoor of vir wie ons moes bak nie, maar elke maand het ons koekies gebak (tuis) en saamgebring na die susters.

Ek onthou die Kinderkring wat ons elke Vrydag gehou het van 15:00 tot 16:00. Heerlik in die konsistorie begin met 'n Bybelverhaal en dan speletjies speel buite. Was heerlik totdat ouers hulle kinders 3 uur afgelaai het en 6 uur eers kom haal het. Dit was die einde van die Kinderkring. (Die naam Kinderkring was gegee deur Dorie Botha (nou Willemse).

Ek onthou dat ek in ds. Hattingh se tyd koster geword het. Die eerste vroulike koster van die gemeente. Voor my was Douw Bredenhann die koster en hy moes op 'n kassie in die voorportaal staan om die klok te lui. Die tou van die klok was agter 'n luik in die dak van die voorportaal versteek, maar kwaaijongens het dit gou uitgevind en in die middel van die nag die klok gelui. Gelukkig is die lui van die klok toe geëlektrifiseer en was dit nie vir my ooit nodig om op die kassie te staan nie. Ek was gelukkig ook heelwat langer as Douw. Gemeentelede was moeilik, br. Van Ree maak vensters toe soos hy instap, want hy kry 'n trek in sy nek, br Venter maak vensters oop soos hy instap, want hy is benoud. In die winter tel ons sakke vol nat tissues op soos wat gemeentelede dit net op die banke los of op die grond gooi. Dis ook in die tyd wat die gemeente so groot was. Daar was twee nagmaalbedienings op dieselfde tyd, een in die kerk en een in die saal. Eers het ons Krugersdorp Wes se nagmaal stel geleen, maar later self een aangekoop. Dr Jan Schutte en ds Hattingh het om die beurt in die saal en in die kerk op dieselfde tyd gepreek. Silver opvryf die Saterdag voor nagmaal was 'n groot werk. Die tafels rangskik op die verhoog met 42 stoele moes ek en Lubbert maar self doen, daar was geen hulp van die diakens se kant af nie, net so met die opruim na nagmaal.Ds Hatting was ook een vir evangelisasie werk en almal wat dalk in die hof wou trou het hy aangekeer en in die kerk getrou, nie altyd sonder probleme nie. Soos br Zorgman wat ons orrelis was. As hy nie betaal word (R5) dan speel hy nie. So moes Lubbert eenkeer baie vinnig inval. Bruin broek, swart baadjie (onthou ons was ten volle gepak en gerok in daardie tyd) het hy agter die orrel ingeskuif. Geen musiekboeke byderhand (want broer Zorgman kon improviseer, hy was 'n orrelis van formaat). Hy val toe maar weg met die eerste note van die troumars en gaan aan met “juig al wat leef” toe die bruidspaar instap. By gee mekaar die regterhand val hy toe maar weg met “bless this house o Lord we pray” en hy bless in hoë en in lae note so wat hy kan. Aan die einde van die diens toe die bruidspaar uitstap is ons weer by “juig al wat leef”. Dis daar waar 'n tannie van Moria by hom by die orrel kom staan en in trane sê dit was die mooiste troue nog ooit, want haar man was so lief vir “bless this house”. Of soos die keer met 'n begrafnis wat die lykwa vir die familie weggery het en hulle nie die kerk kon vind nie. Daar was net 4 mense in die kerk en ds Hattingh het maar sy preek gepreek. Toe alles klaar was kom die res van die familie en vriende daaraan, hulle is toe maar net saam graf toe. (Br Zorgman was ook van Hollandse afkoms, en 'n bietjie moeilik. Hy het bv. geweier om enige

25

Geskiedenis Gereformeerde Kerk Krugersdorp 1896 - 2019

voortrekkerwysie te speel en dan moes die gemeente maar saam die nuwe byna onsingbare wysies sing).Ons hulp in die tuin was Gabriel (nou nie engel Gabriel nie). Hy het 'n mank been gehad en was ook nogal lief vir die bottel, so gras sny was ook maar Lubbert se werk en skoonmaak het ons maar oorgedoen nadat Gabriel klaar was. Ek dink hy kon ook nie mooi sien nie, in elk geval nie stof nie. Silver skoonmaak kon hy glad nie doen nie.Dit was in ds Hattingh se tyd wat ons afgestig het en waar Krugersdorp Oos ontstaan het. Vir ons persoonlik 'n moeilike tyd want baie van ons vriende het nou in die nuwe kerk se grense geval en 'n vinnige koppie koffie na kerk het mettertyd verdwyn. Ja, daar was grense getrek, so het bv almal oos van Wolkbergstraat en sy verlenging in Monumentdorp, in die nuwe gemeente geval.Ds Hattingh was ook vir 'n jaar in Holland terwyl hy in ons gemeente was. Dit is daar waar hy my suster Mieke getrou het en ook die familie Bettings ontmoet het en hulle oorreed het om na Suid Afrika te kom.Op 'n Sondag was die kosterswerk net te veel en het ek op die plek kennis gegee dat ek ophou, maar na 'n periode is ek weer aangestel en was nog vir 'n paar jaar koster (nou nie die dankbaarste werk wat 'n mens vir die kerk kan verrig nie).

Ek onthou die koms van Arnold en Ria in Augustus 1986, in die gemeente. Gou het ons by mekaar begin kuier, ons jongste dogters en hulle twee seuns was mos ongeveer dieselfde ouderdom. Die kinders was nog op laerskool toe hulle ontmoet het en as ons die aand kuier het hulle nie 'n dooie woord met mekaar gepraat nie. So het dit aangegaan tot Annelize in matriek vasbrand met die fisiese wetenskappe en Arnold jr moes uithelp. Dis waar die eerste vonke ontstaan het wat later uitgeloop het op 'n huwelik en so word die Mulders en van Andels familie van mekaar.

Ek onthou onder Arnold en Ria se leiding groei die susters tot 'n grootse sukses met tot 60 en meer susters by die vergaderinge. Altyd was daar interessante sprekers en is selfs die broeders aangemoedig om ook te kom. Die koor herleef weer, gemeentesang is groot, want Ria het die stof uit die orrelpype gespeel. Arnold en Ria is baie geliefd onder gemeentelede.

Ek onthou dat die Kandelaar van 'n maandblad na 'n weekblad verander. Lubbert was die redakteur en Marietjie van Rooyen het gesorg dat daar elke Sondag 'n spesiale potloodskets vir 'n voorblad was. Elke Vrydagmiddag was daar 'n groot doenigheid in die konsistorie waar van ons bejaardes gehelp het met die vou van die Kandelaar. Daar was baie grappies gemaak, soms 'n bietjie stout, maar die vele hande het die werk lig gemaak.

Ek onthou dat daar by ten minste twee geleenthede nie 'n droë oog in die kerk was nie. Die een geleentheid nou so 26 jaar gelede was die grootdoop en belydenisaflegging van Finus en Fia Duiker en die ander geleentheid was die belydenisaflegging van die dogter van die John en Gerda Arnold en die dogter van Gawie Venter en sy vrou.Ek onthou br. Finus het die kateder (en nog ander) wat voor in die kerk staan gemaak, asook die kruis wat voor aan die kateder hang. Die kruis het soms tot groot ergernis by Lubbert gebly as dit skeef hang en daarom kyk hy elke Sondag eers of die kruis reg hang.

Ek onthou in 1996 vier ons die eeufees van ons kerk. Dit was 'n groot fees met 'n groot tent opgerig voor die saal. Alle vorige predikante wat kon het dit bygewoon. Die fees het 'n hele naweek aangehou, want fees kan ons vier.

Ek onthou br Bert Dingshoff het jare gelede die kerkraad gevra om 'n simboliese uitstalling van die Nagmaal voor die preekstoel aan te bring, sodat die gemeente nie net voortdurend aan die Doop herinner word deur die permanente doopbak op die marmermuurtjie nie, maar ook aan die ander sakrament, naamlik die Nagmaal. Die kerkraad het dit goedgekeur en as 'n projek vir ons Eeufeesviering (1996) is een van ons land se erkende en toonaangewende kunstenaars in porseleinwerk – mnr Barry Dibb van Durban – gevra om 'n simboliese Nagmaalstel te skep.

Ek onthou op Sondagoggend 11 Januarie 2004 is sr. Nies van Kaamen sr. Marietjie Saayman as die eerste diakonesse in hulle amp bevestig.

Ek onthou ds. Steyn wat besoeke by senior lidmate bring, so ook by my ma in Panorama Aftreeoord. Sy het nie geweet hy is die predikant wat kom besoek aflê nie (dag hy is van die Jehowa’s) so sê sy bêre maar die Bybel dan drink ons eerder 'n sherry saam”. Groot was haar verleentheid toe sy moes uitvind dis ons ds Steyn wat kom besoek aflê.

Ek onthou toe Dr Wim Vergeer (en sr Hettie met kinders Hester, Pieter, Ronel en Retha) op 15 April 2007

26

Geskiedenis Gereformeerde Kerk Krugersdorp 1896 - 2019

in die gemeente ontvang en bevestig word. 'n Predikant wat so lekker op die regte tyd en plek 'n bietjie humor kan inbring. Sr Hettie met wie ek so lekker wiskunde kan praat. Nog 'n tydperk van vernuwing breek nou aan. CD's DVD's van die preke word gemaak. Die psalms, skrifberymings en goedgekeurde liedere word gedurende die eredienste op die vlakke langs die preekstoel geprojekteer saam met die musieknote en die gemeente sing uit volle bors saam. (ons het nog altyd as die singende gemeente bekend gestaan). Die vrou in die amp bly egter 'n doring in die vlees.

Ek onthou die bou van die moederskamer.Ek onthou ook die eenwording met die Oos-gemeente. Die “verlowing” tussen Lubbert en Morné en feesvieringe op 16 en 17 April 2011

Ek onthou toe Dr André Grové (en sr. Hettie) as predikant vir die senior lidmate in 2011 gekom het. Hy doen nog net huisbesoek by Lubbert want ek is nog nie 'n senior lidmaat nie, maar ek kan net so lekker met hom oor wiskunde praat. Sr Hettie is 'n engel en kom altyd saam om heerlik te gesels.

Ek onthou die koms van dr De Wet Saaiman (en sr Annerie en twee klein seuntjies) op 4 Desember 2011.Ek onthou baie en so min en sou graag 'n uitnodiging wil stuur aan almal wat ook die lief en leed van ons gemeente onthou, om dit neer te skryf en aan my te stuur.

[email protected]