god is lig - welkomgkwnoord.weebly.com/.../vrouebladfebruarie2013.pdf · 2 vroueblad februarie 8...

24
FEB 2013 www.cjbf.co.za/tydskriſte/vroueblad.htm God is Lig GELOWIGE: LIG VIR DIE WÊRELD Lig na die eklips Sustersaamtrek 2013

Upload: others

Post on 18-Feb-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • FE

    B 2

    01

    3

    www.cjbf.co.za/tydskrifte/vroueblad.htm

    God isLigGELOWIGE:LIG VIR DIE WÊRELD

    Lignadie

    eklips Sustersaamtrek 2013

  • 2 VROUEBLAD Februarie 2013

    JAARGANG 67 NOMMER 8 8

    GEREELD

    3 Redakteursbrief4 Briewe5 Ds. Sê my

    IN-DIEPTE

    6 God is Lig8 Die Woord is die lig op ons pad10 Julle is die lig vir die wêreld

    LEEFDINGE

    12 Lig na die eklips14 Teks & Vers: liggewig & die Lig

    15 Teks & Vers: Dagboek 16 Om waarlik lig te wees18 Alle eer aan ons liewe Heer19 Boekeblad20 Gemeente- Mosaïek: Saamtrek 2013: Streke21 Gemeente- Mosaïek: Saamtrek 2013: Bybelstudie 22 Hartskatte 23 Lees in Maart 2013 24 Kaleidoskoop

    Redaksionele InligtingRedaksiekommissie:Cobie Steyn (redaktrise)Griet Swanepoel (assistent-redaktrise)Marlette van Rooyen (sekretaresse)Karien Brink (bladuitleg)Prof. Jacques van der ElstDs. Nico BothaAnnatjie du PlessisPosadres:Die Redakteur: Die VrouebladPosbus 178, Lydenburg 1120Faks: Die Vroueblad 086 714 6157E-pos adres: Cobie Steyn, [email protected]: http://www.cjbf.co.za/tydskrifte/vroueblad.htmNavrae: Rekenings, adresveranderings, intekening, bladbouers:Me. Angie Mokobi: Tel (018) 297 3986, [email protected]: Dr. Wymie du Plessis, Tel (018) 297 3987Eienaars en uitgewers: Deputate Kerklike Tydskrifte GKSAIntekengeld:Self afhaal by Administratiewe Buro: R104.00 per jaarElektroniese intekening: R104.00 per jaar Groepintekeninge: R163.00 per jaarIndividuele intekeninge: R178.00 per jaar(Intekening word as voortgesit beskou solank dit nie gekanselleer word nie.)Drukkers: V&R Drukkers, Tel 012 333 2462, ISSN 0378 407 XMenings uitgespreek in artikels verteenwoordig nie noodwendig dié van die Redaksie nie. Die Redaksie behou hom die reg van plasing asook die redigering, verkorting, parafrasering of uitbreiding van bydraes voor.

    Februarie

    FE

    B 2

    01

    3

    www.cjbf.co.za/tydskrifte/vroueblad.htm

    God isLigGELOWIGE:LIG VIR DIE WÊRELD

    Lignadie

    eklips Sustersaamtrek 2013

  • 3VROUEBLAD Februarie 2013

    REDAKTEURSBRIEF

    LIG

    (Die redaksie vra vriendelik dat hierdie selfoonnommer en

    adresse nie vir administratiewe sake soos inskrywings of

    kansellasies gebruik sal word nie – skakel die verantwoordelike

    persone by die Administratiewe Buro in Potchefstroom: Sien die

    inligting op die skutblad.)

    Susters in die Here, Tydens ʼn erediens een aand op Graskop het daar ʼn hewige donderstorm buite

    gewoed. Onder die gebed net voor die preek, slaan die weerlig die dorp se elektrisiteit uit en toe ons ons oë oopmaak, sit ons hulpeloos in die donker, behalwe

    vir Abel se kalmerende stem wat sê: “Moenie bekommer nie, ek sal kan aangaan. Ek het my braille.”

    So in die donker het ons sit en luister na die preek. So nou en dan was daar darem nog ʼn weerligstraal wat ons iets kon laat sien, maar teen die “Amen” het die storm ook bedaar en rondom ons was daar net stikdonkerte. Abel het toe maar ʼn bekende Psalm opgegee en nadat die seëngroet uitgespreek is, het ons vasgekeer deur die donker, in die banke bly sit. Hy het van die kansel af geklim, die naaste

    ouderling gekry en die ouderling by die deur uit gelei tot by sy motor.Hoe verlig was ons almal nie toe ons weer ʼn onseker straaltjie lig sien skyn deur

    die digte mis nie.

    Keer op keer wanneer ek Prof. PW Buys se gedig “Stylus Virum Arguit” (uit Van Sigbare en Onsigbare dinge”) lees wat begin met die reëls: “... die eeue-oue Lamp gee elke aand weer nuwe lig”, dink ek terug aan daardie aand. Hierdie gedig is geskryf in die vorm van ’n “brief ” aan ʼn oud-student in die Teologie. Kostelike raad volg

    oor die maak van ʼn preek. ’n Sinnetjie om te kou en te herkou: : “... die eeue-oue Lamp gee elke aand weer nuwe lig”.

    In hierdie uitgawe fokus ons op die lig van die Woord, maar ook daarop dat ons in die Woord hoor van dié Lig vir die wêreld: Jesus Christus. Daarom dan ons artikels wat diep in hierdie eeue-oue skat delf: God is lig, Die Woord is die lig op ons pad en

    Julle is die lig vir die wêreld.

    Die landswye Sustersaamtrekke vind binnekort plaas: 9 Maart 2013. Met die oog op die tema vir die Saamtrekke, bied ons die laaste Bybelstudie (opgestel deur Prof.

    Ben de Klerk) aan en die finale aankondiging van watter sprekers jy kan verwag, word onder Gemeente-Mosaïek geplaas. Mag al die Saamtrekke geseënd wees en elke suster daarvandaan weggaan met ʼn duidelik visie oor waar God elkeen in sy

    Koninkryk wil gebruik.

    Groete en liefde

    Cobie Steyn NS: BRIEWEBLAD: Stuur ʼn SMS na 082 555 9586 (begin SMS met VB:)... of e-pos jou brief aan [email protected] of gaan lug jou mening op ons

    Facebookblad of stuur jou brief per slakkepos na Posbus 178 Lydenburg 1120. Ons publiseer graag jou SMS of brief in Maartmaand se brieweblad. Briewe moet

    ons voor of op 11 Februarie 2013 bereik.

    “.... die eeue-oue Lamp gee elke aand weer nuwe lig” (beginreëls van die gedig

    Stylus virum Arguitvan PW Buys)

  • briewe

    4 VROUEBLAD Februarie 2013

    Die wenboek, geborg deur Cum-boeke, is Mikal deur Jill Eileen Smith

    Beoefen jou gawes terwyl jy jonk isAs jongmeisie het ek die Here dikwels gevra vir die regte keuse van man.

    Ek het in ‘n era grootgeword waar “tall, dark and handsome” elke meisie se droom was. En toe stuur die Here hom... met ‘n paar aanpassings van die droom: Hy was kort, atleties en het geglo in die Waarheid.

    In my kinderjare het my broers en susters altyd gesê ek oordryf. My ma was meer subtiel en gereken ek fantaseer. Wat my die meeste van die man gefassineer het, was sy natuurlike omgang met die waarheid.

    Na 43 jaar se wonderlike getroude lewe waardeer ek meer en meer sy gawe om die waarheid te kan onderskei.

    Twee jaar gelede is my man met Parkinson’s se siekte gediagnoseer. Dit maak sy reaksies baie traag. Hy sleep sy voete en vergeet sy woorde en trek hom al meer terug uit die samelewing oor die armpie wat so skud, maar die waarheid bly seëvier.

    Die wêreld is nie altyd vriendelik teenoor die waarheid nie, en in besigheid het my man dikwels teenstand gekry, maar hy het hom nooit daardeur laat beïnvloed nie.

    Hy lewe nou my lewe saam met my, maar die gawe van die waarheid rig nog steeds ons lewens. Ons dank ons hemelse Vader vir eenvoudige gawes.

    Beoefen jou gawes terwyl jy jonk is, sodat hulle natuurlik kom wanneer jy oud is.

    Groete, Emmie Cloete

    LEESTYD MET DIE VROUEBLAD...Goeie dag susters in die geloof, Dis Sondagmiddag – leestyd uit ons eie Blad. Baie dankie vir ‘n wonderlike ervaring! Ek is vir amper 50 jaar ‘n intekenaar. Ons woon in Jeffreysbaai die afgelope 12 jaar. Dit is ‘n klein groot dorp – dikwels moet ons “invoer” vanaf Port Elizabeth of Bloemfontein af. So het ek nou gedoen met “In pas met God se wil” van Stephan Joubert. Ek sien daarna uit om die boek onder oë te kry as ons kinders van Bloemfontein kom kuier. “Simeon en Anna prys die Here: Sy beloftes is vervul” (Des.2012/Jan. 2013-uitgawe, p. 10-11) het my weereens met verwondering vervul: Verbintenis van die Nuwe Testament met die Ou Testament – Jesus word besny. Dankie vir die besondere insigte wat ek voorheen misgelees het. Ek het ook ‘n nuwe woord geleer “polifonie van klank” (in Abel Steyn se “Laat ons almal saam die Here prys vir sy koms na die wêreld” Des.2012/Jan. 2013-uitgawe, p. 12-13). Selfs my man, wat ook ‘n getroue leser van die blad is, het dadelik na die woordeboek gegryp. Ons gemeente hier in Jeffreysbaai se vorige predikant, Danie Erasmus, het as gevolg van swak gesondheid geëmeriteer. Wilhan Jobse het die beroep na ons gemeente aanvaar. Hy word die vierde Januarie bevestig. Sy verloofde, Francisca Holtzhausen, was vanoggend saam met hom in die erediens. Hulle trou in April 2013. Hosanna vir ‘n nuwe jaar vol verwagtings en beloftes. Ons het weereens besef dat ons nooit moet ophou HOOP nie. Dankie ook vir die boekie oor Kolossense in die vakansie-uitgawe. Ek dink ons sal moet begroot vir die Nuwe Lewende Vertaling ( Hersiene Uitgawe). Ek hoop die redaksie het ‘n vreugdevolle Kersgety gehad en lekker gerus. Ons sien uit na nog baie Vroueblaaie.Vriendelike groete, Wiekie van Tonder(Baie dankie, Wiekie. Mag julle jaar daar in Jeffreysbaai ook geseënd wees – Red.)

    SMS’E:• Wilgraagdeel:DieGereformeerdeVrouebladis

    die beste geestelike tydskrif op die mark! Dankie vir julle wat so baie insit daarvoor. Die Here, ons Herder, het hierdeur sy boodskappe aan my gebring en my sterk gemaak in ‘n moeilike jaar. Ek sit nou weer met my neus in Die Vroueblad. Mag Hy jou en jou Vrouebladspan besonderlik seën. Ek het ge-facebook – kan nie wag vir die volgende tema nie. Sustersliefde. Ilsabe Spoelstra, Bloemfontein. (Dankie, Ilsabe, Red.)

    • Grootasseblief!Houtogopomwitopdonkeragtergrond te druk. Ons oues van dae lees dit beter as dit swart op wit is. Die Vroueblad is verder puik. Vriendelike groete. Ina Steyn, Keetmanshoop, Namibië. (Ina, vergewe tog dat die inhoud somtyds luidkeels roep tot so ’n mooimaaksessie. Ons probeer die blad vir oud en jonk mooi maak. Dankie vir die terugvoer – Red.)

    FACEBOOK:• Dankiedatmybriefiegekiesisvirpublikasieindie

    Oktober uitgawe, ek het my tydskrif vandag gekry. Kobie du Preez (21 November)

  • lesers vra

    5VROUEBLAD Februarie 2013

    Die

    du

    iwe

    l se

    ma

    gis

    be

    pe

    rk

    “KAN DIE DUIWEL JOUGEDAGTES LEES?”Ons leser sê-vra: “Mense praat dikwels van die duiwel asof hy jou gedagtes kan lees. Hulle sal byvoorbeeld die duiwel die skuld gee as hulle van plan was om byvoorbeeld op reis te gaan, maar dan kom gooi die duiwel hulle planne deurmekaar en hulle moet by die huis bly. Dit kan mos nie wees nie! Dan gee ons mos vir die duiwel baie meer erkenning as wat hy verdien.” Ek moet maar eers eerlik en baie dankbaar erken dat ek Satan ook nie persoonlik ken nie, al moet ek ook eerlik bely dat ek sy werk al baie dikwels persoonlik ervaar het. Die Bybel is dan ook nie ‘n boek oor die duiwel en die hel nie, maar oor God en sy heerlikheid. Daarom word ons in die Bybel ook nie onderrig oor Satan nie, maar net ingelig oor die verwoestende gevolge van gehoorsaamheid aan hom, en God se oorwinnende genade aan sy kinders wat deur Satan en sy demone getreiter word.

    DIE DUIWEL HET MAGUit God se Woord en ook uit ons eie ervaring, weet ons dat die duiwel met krag, soos ‘n verwoede leeu en as die vors van die duisternis almal in sy mag probeer kry, maar ook met slinksheid as ‘n engel van die lig, met leuens en bedrog, met vleitaal en valse beloftes van rykdom en eer en geluk. Hy is “duiwel” want hy skeur uit mekaar en bewerk skeiding, en hy is “satan” want hy is die teenstander. Hy is beslis nie ‘n oulike klein mannetjie met ‘n skalkse glimlag en skerppunt stert en drietandvurk nie! Hy het baie mag gekry deur die sondeval in die paradys waar die eerste mense

    aan sy verleiding toegegee het, en hy sal alles in sy vermoë doen om sy koninkryk uit te bou. Die duiwel is “liggaamlose” mag wat rondom ons bestaan en aktief is, en kan daarom heel waarskynlik bewus wees van ons planne. Hy sal dit graag wil laat skeefloop.

    MAAR SY MAG IS BEPERK Die duiwel se mag en vermoëns word egter beperk deur die oorwinning van Jesus met sy kruisiging en opstanding. Jesus Christus is die Oorwinnaar en Hy het al die mag in die hemel en op die aarde. Die duiwel kan nie meer die nasies verlei en alle mense tot sy onderdane maak nie,

    maar hy beskik steeds oor die vermoë om versoekings en struikelblokke in ons pad te plaas in ‘n poging om ons tot twyfel en kleingeloof te verlei.Dit is waarom ons by al ons planne steeds maar moet sê “ons gaan DV dit doen”, “as die Here wil en ons lewe”, met die opregte gebed

    dan ook daarby dat Hy dit vir ons moontlik sal maak al kom daar miskien struikelblokke. Satan se vermoë om alles wat mooi is te vernietig, word beperk deur God se plan met ons lewe en sy almag om die goeie vir ons te kan beskik.

    DIE HERE SE WILDie Here se Woord en die geskiedenis van die kerk en die lewensverhale van gelowiges tot vandag toe wys duidelik dat ons nie ons wil kan laat geskied nie, en dat die duiwel ook nie sy wil kan deurvoer nie, maar dat God se wil geskied… Al die teleurstellings in die lewe en die planne wat dikwels gekanselleer moet word, wys nie vir ons die mag van die duiwel nie, maar die gebrekkigheid van ons beplanning en insigte, en dat ons Here beter as ons weet wat die beste is. Ons teleurstellings is sy bestellings!Saam met die digter van Psalm 73:12 kan ons in al ons beplanning maar net ons hoop op God stel, want “dis my goed, my saalge lot, as ek naby is by my God” (1936-beryming).Stuur u vrae aan: [email protected], of Posbus 436, Randparkrif 2156 of sms na 083 629 8740.

    “Die duiwel kan nie meer die nasies verlei en alle mense tot sy onderdane maak nie, maar hy beskik steeds oor die vermoë om versoekings en struikelblokke in ons pad te plaas in ‘n poging om ons tot twyfel en kleingeloof te verlei.”

  • VROUEBLAD Februarie 20136

    God is LigDeur Ds. Theuns PoTgieTer, gK PorT elizabeTh

    LIG IS ’N WONDERLIKE DING. AS KIND WAS EK BAIE BANG VIR DIE DONKERTE. ONS KINDERS HET BEURTE GEKRY OM DIE BYBEL VIR

    AANDGODSDIENS IN DIE VOORKAMER TE GAAN HAAL. HAASTIG DRAF JY MET DIE FLOU KERSIE WAT DREIG OM DIE GEES TE GEE, NET OM SO GOU AS MOONTLIK TERUG TE WEES BY DIE GROOT PARAFFIENLAMPE IN DIE EETKAMER. LIG IS NODIG VIR LEES EN LEER EN GROEI EN LEWE

    EN VIR NOG BAIE ANDER GOED.

    in diepte

  • 7VROUEBLAD Februarie 2013

    GOD IS LIGNou sê die apostel Johannes: “God is lig” (1 Joh.1:5).

    Dis baie belangrik om te weet wat bedoel Johannes met: God is Lig. Ons het hier met skeppingstaal te doen. Want onthou jy toe God die hemel en die aarde gemaak het, was dit heeltemal onbewoonbaar. Genesis 1:2 sê daar was ʼn donkerte oor die diep waters. Alles was in duisternis en donkerte gehul gewees.

    Maar God vat die donkerte uit sy skepping weg deur nét te sê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig” (Gen. 1:3). Hy is dus die Bron, die Kern, die Oorsprong van alle lig. Uit Hom kom die son, maan, sterre, ja, al die ligte wat ons ken, na vore. Die oomblik toe God lig bring, kom daar lewe. Lewe vir plante, diere, voëls en eindelik vir die mens. Lig is mos onontbeerlik vir lewe.

    DIEP SONDEDONKERTEKort hierna kom daar weer ʼn diep donkerte oor hierdie aarde. Die mens val in sonde, die swart, donkerte van sonde, dood en hel. Weer is daar ʼn duisternis oor God se skepping.

    Tog bly God om lig te wees. Moses se gesig verlig byvoorbeeld as hy die tafels met die tien gebooie op, in God se magtige teenwoordigheid kry (Eks. 34:29-35). Vir die volk lyk God se magtige teenwoordigheid soos ʼn “gloeiende vuur” op die berg (Eks. 24:17). Met hierdie gloed en glans het Hy die tent van ontmoeting in ʼn wolk oordek en die tabernakel gevul (Eks. 40:34). Hy het bedags met ʼn wolkkolom en snags met ʼn vuurkolom voor die volk Israel in die woestyn uitgetrek (Eks.13:21,22).

    FLIKKERENDE LIG VAN GOD SE BELOFTEDaar flikker telkens in die verte, deur die beloftes wat God maak, weer ʼn lig. Dis Jesaja wat praat van die Kneg van

    die Here wat ʼn lig vir die nasies sal wees (Jes. 42:6; 49:6). Eindelik skyn daar ʼn sterlig as die wyse manne vra: “Waar is Hy wat as koning van die Jode gebore is? Ons het sy ster sien opkom en ons het gekom om aan Hom hulde te bewys” (Matt. 2:2).

    Vir die sondeduisternis in sy skepping het God ʼn antwoord gereed gehad: Sy eie Seun!

    Johannes sê dat Jesus kom as die lig wat skyn in die duisternis en wat elke mens verlig (Joh. 1:5,9). Jesus self sê: “Ek is die lig vir die wêreld” (Joh. 8:12). Vir hierdie diep, donker, sondegevalle mensheid, skyn daar weer ʼn Herskeppingslig. Jesus kom maak mense van die duisternis weer ligmense deur sy kruisoffer. Daarvoor moes dit nog ʼn keer drie ure duisternis word in die skepping as Jesus hang aan die vloekpaal. Maar, Hy staan op. Hy oorwin die dood en duistere magte.

    As Jesus sê: “Ek is die lig vir die wêreld” (Joh. 8:20), maak Hy die uitspraak in die tempel waar die offergawekiste gestaan het. Daar het drie groot, goue kandelare gestaan wat lig gee tot aan die uithoeke van Jerusalem. ʼn Flikkerlig op die wit mure aan die buitewyke van die stad. Maar Jesus se lig is nie net vir ʼn stad bedoel nie. Sy lig skyn tot aan die uithoeke van die wêreld. Dis die omvang van God se ligglans. Die lig van God se verlossing skyn oor die wêreld heen na volke, tale en nasies.

    FLIKKERLIG WORD VERBLINDENDE GLANSWie nou in kontak kom met dié Lig, Jesus Christus, se lewe is nooit weer dieselfde nie. Vra maar vir Saulus toe ʼn verblindende lig naby Damaskus hom op die grond laat neerval het en Jesus Hom aan Saulus bekend gestel het (Hand. 9:3,4). Sy lewe verander, word verlig.

    Jesus se lig skyn ook vandag ook hier by jou en my. Sy lig val nou voor ons voete deur die Woord: “U Woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad” (Ps. 119:105). Hy kom as die Lig in ʼn donker, sondegevalle wêreld om te herskep. Hy vat sonde weg. Hy gee weer lig in die duisternis. Hy gee lewe – ewige lewe. Daarvoor gee God sy Vuurvlam, die Heilige Gees wat verligtend en vernuwend in harte inskyn, verlig, verhelder. Iets soos vuur wat in tonge verdeel, vul almal op Pinksterdag (Hand. 3:3,4).

    Om die Here se ligglans regtig in jou lewe te ervaar, moet jy Jesus ken en liefhê. By Hom is daar lig vir die wêreld, by Hom is lewe. En dis my vraag vir jou: is Jesus ʼn werklikheid in jou lewe? Ken jy Hom ? Het jy Hom lief? Het daar al vir jou ʼn lig opgegaan?

    Eindelik met Christus, die blink Môrester (Op. 22:16) se wederkoms, sal God by ons kom woon met sy glans en gloed. Dan sal daar nie meer ʼn son en maan en sterre, of flou flikkerkersies en paraffienlampe nodig wees nie, want sy lig, sy heerlikheid is so helder dat dit die nuwe hemel en die nuwe aarde sal verlig (Op. 21:23).

    Tot dan, tot Jesus se wederkoms, moet ek en jy iets reflekteer van sy lig. Ons is nou ligmense wat ons lig in die wêreld moet laat skyn tot verheerliking van God (Matt. 5:16). Iets van God se lig moet deurbreek in jou lewe: Jou gedagtes, jou beplannings, jou optrede, jou besluite en dade.

    Is jy ʼn ligmens ?

    in diepte

  • 8 VROUEBLAD Februarie 2013

    DONKER SKADU’S OP JOU LEWENSPADDaar is ’n unieke lewenspaadjie vir elkeen van ons. Die draaie wat ons gaan loop en die op- en afdraandes is vir ons onbekend. Soms reken jy jy het ’n idee van wat vorentoe gaan gebeur, want jy beplan mos.

    Wanneer jy klaarmaak met skool kies jy ’n studierigting en jy is nogal taamlik seker dis wat jy wil en gaan doen, maar hoeveel van dié wat met ’n vaste voor-neme begin het voltooi die studie én beoefen vir die res van hulle werkende lewe ’n beroep in dié rigting? Ander soek ywerig werk en het die verwagting dat hul deur harde werk ’n mooi toe-koms kan bou – werk dit altyd so uit?

    Op ons troudag blink ons oë soos sterre – die getroude lewe gaan, as dit van ons afhang, ’n ewigdurende sprokie wees. Dis heerlik om jou troudag só

    te ervaar, maar ons nugter verstand vertel ons dat daar moeilike tye in elke egpaar se lewe saam is. Dit hoef nie eers te gaan oor onmin tussen eggenote nie, swaarkry kan kom in die vorm van kinderloosheid, ’n ernstige siekte van een van die twee, werkloosheid en gevolglike armoede – om maar net ’n paar dinge te noem.

    As die Here vir ons kinders gee, vul dit ons harte met geluk en blydskap. Daardie eerste ervaring van ouerskap is so onbeskryflik spesiaal. Om ’n kind te begelei tot volwassenheid is egter ’n groot uitdaging en nie een ouer is volmaak nie. My foute en die keuses wat my kind maak kan groot dilemmas meebring.

    Ons kan seker vir baie lank aangaan om die donker dele van elkeen van ons se lewenspad op te noem – ek is seker jy kan self die lysie hier voltooi. Maar

    die bedoeling is nie om ’n donker, hart-seer prentjie te skilder van die lewe op aarde nie. Juis nie! Want daar is lig vir die donker op jou pad.

    GOD SE WOORD IS MY LIGWat ’n heerlike vertroosting is dit om te weet: as gelowige het ek die Woord van God wat my onseker en potensieel baie donker pad verlig met helderheid wat my treë gemaklik verder lei! In Psalm 119: 105 staan : “U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.”

    God se Woord is my lig in alle om-standighede. Dié lig verlig my pad elke dag deur die woorde wat ek daarin lees in my persoonlike stiltetyd, deur die uitleg van ’n predikantwanneer hy die Woord bedien, deur die bemoediging van een van my vriende of ’n familielid as hy of sy die Bybel aanhaal, selfs ’n e-pos of ‘n SMS wat weer die besef bring: “God is groot!”

    Die Woord isdie lig op ons pad

    in diepte

  • 9VROUEBLAD Februarie 2013

    Deur anKie De KlerK

    DIE WOORD SE LIG SKYN HELDERDER HOE MEER ONS DAARMEE OMGAANOngeveer vier jaar gelede het ons in Suid-Afrika kennis gemaak met die verskynsel van urelange kragonder-brekings. Eskom noem dit “beurtkrag”. In ons huis is die flitse se batterye nie altyd vars nie en dit kon nogal frustrerend wees as jy met ’n pap flits moes badkamer toe of waarheen ookal vanuit die een vertrek waar die gaslamp gebrand het vir die kinders se huiswerk wat nog afgehandel moes word en waar Pa en Ma ook sommer gesit het.

    As die batterye pap is, werk die flits-lig nie meer nie. As jy nie gereeld die Woord lees nie, word jou geestelike bat-terye ook nie herlaai nie en raak dit vir jou al hoe moeiliker om op die donker, onseker pad van die lewe te beweeg. Gereelde lees van die Bybel maak dat

    ons paraat is op die donker pad. Wan-neer moeilike keuses of besluite oor ons pad kom, kan die lig van die Woord so skyn dat ons weet wat om te doen. Dit is egter nie altyd maklik om die Bybelse riglyn te vind as ons skaars daarin lees nie. Laai en herlaai jou batterye deur daagliks te lees wat die Here sê. Gaan drink uit die fontein van Lewende Wa-ter (Joh. 4: 10 – 14) so dikwels as wat jy kan deur eredienste by te woon.

    Hierdie feit geld soveel te meer vir ons wat ouers is. Wanneer ons kinders opgroei is daar kosbare geleenthede om hulle bekend te stel aan die waarheid van ‘n ander vers in Psalm 119 (vers 9): “Hoe kan ’n jongmens sy lewe skoon hou? Deur hom te hou aan u woord!” – Hulle moet tog weet wat in die Bybel staan om dit as koersbepaler vir hul lewe te gebruik. Maak dit ’n vaste gewoonte om jou kind van heel kleins

    af te betrek by Bybellees. Bring jou kind saam kerk toe en gesels oor die betekenis van wat julle gehoor het.

    BID EN VRA VIR DIE LIG VAN GOD SE WOORD“O Heer, versterk, verdiep my insig in wat U Woord verordineer. Laat ek my hele lewe inrig volgens wat U bepaal en leer. Maak dan my hart daarop gesteld en nie op winsbejag en geld” (Ps. 119: 7; 2001 omdigting).

    Dié psalmvers spel dit uit: ’n lewe wat ingerig is volgens die wil van God soos ons dit leer uit sy Woord, is verkieslik bo enigiets anders. Vra vir die Here dat Hy deur sy Woord in jou lewe sal inspreek. Bid om die helder lig van By-belse waarheid, dat dit jou keuses mag bepaal en jou gedagtes en voete mag rig tot sy eer.

    Die Woord isdie lig op ons pad

    Sodra ’n mens in ’n pikdonker plek net die kleinste bietjie lig inbring, soos ’n vuurhoutjie wat getrek

    word of ’n flitsliggie wat aanskakel, dan is dit nie meer heeltemal donker nie – die gitswart donkerte

    is verdryf deur slegs ’n greintjie lig!

    in diepte

  • in diepte

    10 VROUEBLAD Februarie 2013

    Is om LIGDRAER te wees vir jou ook ʼn mooi ideaal wat jy nie aldag bereik nie? Voel dit vir jou ook soms of dit ʼn kledingstuk is wat jou nie pas nie, veral omdat jy besef dit vra van jou om ONBERISPELIK te wees? Steier jy ook voor die gedagte dat jy baie maal die enigste Bybel is wat baie mense ooit sal lees?

    Die ongemak met die gedagte om LIGDRAER te wees, word veroorsaak deur ons verstaan dat LIGDRAER ʼn titel is wat ons, soos ʼn netbal beffie wat sê watter posisie ons speel, moet aantrek, in plaas daarvan dat dit iets is wat ons moet WEES.

    Hoe lyk ʼn ligdraer?In Kol. 3:12-17 beskryf Paulus hoe ligdraer-mense lyk. Hy sê hulle is meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig, geduldig met mekaar, hulle vergewe mekaar, hulle het lief, is dankbaar, sing liedere en is in staat om ander te leer. Wanneer ons in ander vertalings na die gedeelte kyk, lees ons dat Paulus sê hierdie eienskappe moet soos klere aangetrek word, omdat ons ons ou klere (onsedelikheid, onreinheid, wellus, slegte begeertes, gierigheid, woede, haat, gevloek) uitgetrek het. Die geheim, volgens Paulus, om die nuwe klere aan te trek en ontslae te raak van die oues, lê nie in brute wilskrag nie. In vers 12 skryf Paulus: “Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet…” Letterlik vertaal: Julle is God se uitverkore, heilige en geliefde mensheid…”

    Dit wat veroorsaak dat ek en jy ligdraers in hierdie wêreld kan wees, is wanneer ons verstaan dat ons as kind van God ʼn radikale nuwe identiteit kry. Wat ’n mens opmerk wanneer jy die woorde sien waarmee Paulus die Christene in Kolossense beskryf (uitverkore, heilige en geliefde

    mensheid…), is dat dit dieselfde woorde is waarmee Jesus in die Evangelies beskryf word. Paulus sê dus ek en jy kan LIGDRAERS in hierdie wêreld wees, omdat ons deur Jesus soos Jesus word.

    Kom ons kyk bietjie van nader na die woorde wat ligdraer-Christene wat nuwe klere aangetrek het, se identiteit beskryf.

    UitverkoreIn Luk. 9:35 lees ons dat Jesus uitverkore is: “Daar kom toe ʼn stem uit die wolk wat sê: “Dit is my Seun wat Ek uitverkies het. Luister na Hom…”

    Dat Jesus uitverkore is, beteken dat Hy gekies is om ʼn spesiale taak, naamlik om teen ʼn kultuur van vormgodsdiens op te staan en mense voor te stel aan wie God regtig is, op aarde te verrig. Dit beteken ook dat Hy die vermoë het om te doen wat Hy moes doen. Dieselfde is waar van jou en my. Dat ons uitverkies is, beklemtoon dat God elkeen van ons letterlik tussen ander uitkies vir ʼn spesiale taak, naamlik om ligdraers in hierdie wêreld te wees. Prakties beteken dit dat wanneer jy in ʼn geselskap is waar daar byvoorbeeld geskinder word, jy gekies is om ʼn verskil te maak (ligdraer te wees). Wanneer jy dit besef, verander jy die onderwerp of jy raak iets positiefs kwyt oor die persoon onder bespreking. Jy is as’t ware die gekose een in daardie betrokke geselskap met die vermoë om die atmosfeer te verander.

    HeiligIn Mark. 1:24 lees ons dat Jesus in die sinagoge in Kapernaum ʼn man wat van ʼn onrein gees besete was, teëkom. Hy het uitgeskreeu: “Ek weet goed wie U is; U is die Heilige van God.” Wanneer ons eerlik met onsself is, moet ons

    erken dat ons nie baie van die woordjie “heilig” hou nie. Ons gebruik die woord om die Fariseërs van vandag te beskryf – die mense wat nooit iets verkeerds sê, doen of dink nie, dié mense wat hulle eenkant hou.

    As ons wil weet hoe heilig lyk, moet ons na Jesus kyk, want Jesus het “heilig” kom verpersoonlik. Jesus se heiligheid het mense nie afgestoot nie, inteendeel! Mense uit alle lae van die samelewing was tuis by Jesus. Jesus se heiligheid het Hom nie eenkant gehou nie en dis nie ‘besoedel’ deur ander nie – Hy kon getrou aan Homself bly te midde van ʼn ontaarde geslag. Wat meer is, sy heiligheid het mense rondom Hom aangesteek. Jesus kon op dié manier heilig wees, omdat die kern van sy mensheid ʼn nabyheid aan God die Vader was. Hy sê in die Johannes-evangelie: “Ek doen net wat ek by die Vader hoor.”

    Dat ek en jy heilig is, stoot mense nie af nie, dit trek hulle aan. Dit word nie deur ander se ‘onheiligheid’ besoedel nie, dit steek hulle aan. Dit beteken dat jy vriendelik met die vreemde tiener mag wees, jy die vrou met die reputasie in jou binnekring kan verwelkom en jy selfs saam met jou Moslembure kan eet.

    GeliefdOor Jesus word daar in Matt. 3:17 gesê nadat Hy deur Johannes in die Jordaanrivier gedoop is, net voor sy bediening begin het: “Hy is my geliefde Seun, ʼn kind so na my hart…” Ons word ook so lief gehê. Niks wat ek en jy doen of sê of dink kan ons meer of minder geliefd maak nie. Omdat ek weet ek is God se geliefde, hoef ek nie ligdraer te wees om ʼn posisie in sy koninkryk te behaal nie. Ek het reeds die ereposisie en die gevolg daarvan is dat ek ʼn LIGDRAER is.

    “Sorg dat julle bo alle verdenking staan en opreg bly, onberispelike kinders van God te midde van ontaarde en korrupte mense. Tree onder hulle op as ligdraers in die wêreld deur die woord van die lewe uit te dra…” (Fil. 2:15-16)

  • leefdinge

    11VROUEBLAD Februarie 2013

    DEUR DS. ANTOINETTE WILSON, NG-KERK LYDENBURG-SUID

    2013 is nog maar ‘n paar weke oud en die titel: ‘Ligdraer in die wêreld’ voel soos verlede jaar se wolbaadjie wat in die tuimeldroër beland het. Klaar op die kinders

    geskree, gewip vir die stadige winkelassistent, opgeruk vir die geliefde, jaloers op die vriendin wat ten spyte van Desembermaand verruklik in haar nr. 8 lyk,

    geskinder oor die baas, het baklei, stilstuipe gehad, rekeninge geïgnoreer, gelag vir ‘n rassistiese grappie…

    Julle is die ligdraers in hierdie wêreld…

  • 12 VROUEBLAD Februarie 2013

    leefdinge

    LIG NADIE EKLIPS

    DEUR GRIET SWANEpOEL

  • 13VROUEBLAD Februarie 2013

    leefdinge

    Messina was ons eerste gemeente. Ons het daar vir vyftien jaar ʼn bakkery gehad, só was ons ook in die bevoorregte posisie om baie nou saam met die hele gemeenskap te lewe. Die lewe was hard, die voete min en geld maar skaars. Daarom praat die mense daar nie van ʼn rekening wat betaal moet word nie, maar ʼn rekening word “petaal”.

    “Pa, vertel weer die storie van die troue wat julle binne ʼn week moes reël,” vra een van die kinders wat ons nostalgie met ons deel.

    Een van ons ouderlinge wat ook ʼn besigheid gehad het, ontdek toe op ʼn blou Maandagoggend dat een van sy nuwe ambagsmanne saam met ʼn meisie bly — en hulle is nie getroud nie. As ouderling voel hy toe dat hy sy plig sal versaak as hy nie die saak onmiddellik aanspreek nie. Om die situasie te hanteer word my man daarheen ontbied met dieselfde dringendheid asof dit ʼn doodstyding kon wees.

    Ons ouderling sê pleitend: “ Dominee, die mense wil trou… maar het nie geld nie!” Hulle besluit sommer daar om die tweetjies die eerskomende Saterdag te trou. Ons gemeente sal vir alles in staan.

    My man kom terug na die besoek en vertel my van die troue wat ons gemeente in minder as ʼn week moet reël.

    Ek maak ʼn lysie van alles wat gedoen moet word. Die bruidegom pas in een van my man se kerkpakke. Iemand anders gee ʼn hemp en ʼn das en ʼn paar skoene. Die skraal bruidjie kry by een van die susters ʼn pragtige trourok vir die dag geleen. Iemand bied aan om haar soos ʼn prinses op te tower, van kop tot tone. Ons susters reël ʼn vinnige kombuistee en maak vingerhappies vir ʼn klein onthaal na die troue. Iemand weet van ʼn beter blyplek vir hulle en ons spring in om te help met gordyne, nog iemand gee ʼn sitkamerstelletjie en ʼn bietjie linne.

    Ek het aan alles gedink behalwe ʼn troukar. Gelukkig was daar ʼn plan gemaak in my afwesigheid. Ons voorslag-voorsitter van die susters raak by die voorbereidings van die onthaal net weg. Almal soek haar. Sy het agtergekom ek het van die troukar vergeet en vinnig ingespring en haar eie Toyota Corolla opgetooi met strikke en al om die bruid betyds vir die groot oomblik te hê. Groot was ons verbasing toe sy as die trotse bestuurder agter die stuurwiel uitklim en elegant die deur vir die bruid oopmaak.

    Die twee straal van opgewondenheid. ʼn Troue was vir hulle ʼn droom wat nooit sou waar word nie.

    “Die troue was natuurlik ʼn groot sukses! Hulle word later selfs lidmate,” sluit my man sy verhaal af.

    Ons kyk in stilte na die sonsopkoms en ek dink aan die laaste groot gebeurtenis voor ons daar weg is… die eklips. ʼn Algehele sonsverduistering helder oordag.

    Dié plek om dit op 4 Desember 2002 te beleef, was juis daar in die Limpopo-vallei.

    Ons hele gemeenskap word gereed gemaak vir die groot dag. Ons word ingelig oor die natuurwonder deur mense “met dik brille en dik tasse”. Die verduistering vind plaas omdat die maan tussen die son en die aarde deurbeweeg. Daar was groot afwagting vir hierdie uitsonderlike duisternis wat gaan aanbreek. Die son gaan nie soos gewoonlik onder nie, die lug word geel en dan kom daar ʼn koel wind wat waai. Tot die voëls vlug na hulle neste toe en die hoenders gaan slaap. Die donker beweeg amper in die vorm van ʼn lyn oor die aarde en binne minute is dit dan donker. Die son raak weg en lyk dan net soos ʼn potloodsirkel in die hemelruim. So vertel die mense oor die komende eklips.

    Ons kon nie wag vir die dag nie. Die bakkery was so mal-verby-besig

    dat ek my skoene moes vol staan by die besigheid. Die dorp het gewemel van eklipsjagters en toeriste wat gewapen was met ʼn spesiale bril met spesiale filters om die skeppingswonderwerk te kon besigtig.

    Ek was salig onbewus van die groot vrees oor die komende duisternis wat ons werkers gehad het. Toe die sonlig begin geelskemer was hulle angsbevange. Hulle was glad nie geïnteresseerd om hulle spesiale brille te gebruik nie. In plaas daarvan het hulle mekaar vreesagtig en krampagtig vasgehou. Vir hulle was dit ʼn teken van die oordeelsdag. Ek het niks van die hele eklips-belewenis nie. Hulle hou my vas binne in die bakkery.

    My kalmte en rustigheid tydens die oomblik van duisternis was vir hulle ʼn teken van bomenslike kragte. Ek het gehoor hulle praat saggies daarvan dat ek mos ook darem ʼn “ma maruti” is. Toe dit donker raak wou hulle histeries begin skreeu. “All I see is darkness,” kerm een. Ek het hulle kalm gemaak en vertel dit is ʼn wonderwerk van die Here en hulle gaan lewe. Dit is nie die einde nie…

    Vir my was dit so maklik om God se hand in die wonderwerk te sien. Ek ken geen ander manier van dink nie. Die angs en vrees van die Afrika-okkultiese wêreld is vir my totaal onbekend. Ek het daardie dag verstaan hoe donker die wêreld sonder die Lig is.

    My Nuwejaar 2013 begin met ʼn sonsopkoms en terwyl die hele Bosveld om my wakker word bid ek ook elke leser van die Vroueblad ʼn geseënde jaar toe. Mag ons lig in ʼn donker wêreld wees.

    Dit kan sterre in ʼn bruid se oë bring en kalmte in ʼn vreesbevange hart.

    DEUR GRIET SWANEpOEL

    ‘n Pragtige sonsopkoms oor die Bosveld was ‘n perfekte Nuwe-jaarsgeskenk vir 2013. “Ons is nou presies tien jaar uit Messina,” sê ek vir my man en ons is verstom oor hoe ver in die verlede amper sewentien jaar se lief en leed kan voel.

  • 14 VROUEBLAD Februarie 2013

    DEURMARLETTE VAN

    ROOYEN

    liggewig&dié Lig

    Ons almal wil so graag op die skaal klim en sien: Ek is so lig soos ʼn veertjie. En jy wil ʼn ligte gemoed hê, vry van bekommernis en seer. ʼn Ligte bui, vriendelik en opgewonde. Ons wil ook in die Lig lewe, opsoek na wat goed en reg en heilig is. Lig maak beter, lig maak bekend, lig openbaar, lig bevry. Lig laat ons dinge sien soos dit werklik is. Ja, ons wil aan die ligte kant van die lewe, lewe in dié Lig!En dit is reg om aan die ligte kant te wil wees, maar ons moet ook versigtig wees dat ons nie te lig is waar dit saak maak nie:Matt. 23:23: Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle gee tiendes van kruisement, anys en koljander, maar wat volgens die wet van God die swaarste weeg, laat julle na: geregtigheid, barmhartigheid en betroubaarheid. Juis hierdie dinge moet ‘n mens doen en die ander nie nalaat nie.Dit is groot en swaar vereistes. Dit klim in tot die karakter en wese van hoe ʼn mens teenoor ander mense optree. Wat beteken die vereistes?

    Jy hoef nie ander mense se lig uit te doof sodat jou eie gesien kan word nie– Bernard M Baruch

    TuiskomsEk knip die staanlamp aan

    en sien

    hoe sagte lig

    oor die

    vertroude dinge

    gaan:

    die rose lyk gesellig in die

    blink geslypte glas

    en uit die koper

    word ‘n warm gloed

    van rustigheid gehaal.

    Mag in die aand

    die warmte van u lig

    my sag omstraal

    en my omvou.

    Cielie Laubscher

    Geregtigheid: Iemand wat regverdig en billik optree teenoor ander mense.*Barmhartigheid: Iemand wat vervul is met meegevoel en hul ontferm oor ander.*Betroubaarheid: Iemand wat jy kan vertrou, op wie jy kan staatmaak. Geloofwaardig.*God het sy eie skaal. Ons moet alles wat ons doen op sy skaal weeg. Deur reg, barmhartig en betroubaar te handel is ons besig om die skaal swaar te laai sodat die las in ander se lewens ligter raak.Mag ons nooit die volgende woorde hoor:Dan 5:27: ‘Geweeg’: u is geweeg en te lig bevind.*Nasionale Woordeboek, 6de Uitgawe, De Villiers, Smuts, Eksteen, Gouws

    leefdinge Teks & vers

  • leefdinge

    15VROUEBLAD Februarie 2013

    Laat daar lig wees...Gen.1: 3 & 4: Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei.

    ‘n Helder lampPs. 18:29-30: U, Here, laat my lamp helder skyn; my God gee lig as dit donker is om my. Met u hulp loop ek ’n oormag storm...

    Ek maak die ligJes. 45:6b-7: Ek is die Here, daar is geen ander nie. Ek maak die lig en skep die donker; Ek gee voorspoed en skep rampspoed. Ek is die Here, Ek doen al hierdie dinge.

    Lig vir die wêreldMatt. 5:14-16: “Julle is die lig vir die wêreld... Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”

    Jesus die lig vir die wêreldJoh. 8:12: Op ’n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.

    Maandag Dinsdag

    Donderdag

    Vrydag

    SaterdagDeur u lig lewe onsPs. 36:10-11: U is die bron van die lewe, deur u lig lewe ons. Laat u liefde bly by dié wat U erken en u trou by dié wat opreg is.

    WoensdagEwige Lig!Op. 22:4-5: Daar sal nie meer nag wees nie. Die mense het nie die lig van ’n lamp en die lig van die son nodig nie, omdat die Here God hulle sal verlig, en hulle sal tot in alle ewigheid regeer

    Dagboek

    Teks & vers

    liggewig&dié Lig

    Sondag

  • VROUEBLAD Februarie 201316

    leefdinge

    DEuR CobIE StEyN

    Om waarliklig te wees!

  • 17VROUEBLAD Februarie 2013

    Een aand, ’n hele paar jaar gelede, het ’n groep van ons susters van Die Gereformeerde Kerk Wondersig van Sabie af gery na die susters “onder” in Hazyview. Ons doel was natuurlik duidelik uitgestippel: om die gemeenskap van die gelowiges fisiek te beleef in ʼn gemeente met wydverspreide wyke én om geestelik toegerus te word. ʼn Vrou wat toe saam met haar man evangelisasiewerk onder die mense van Bosbokrand gedoen het, sou met ons kom praat oor: “Sout en lig wees”. Ek kan werklik nie eens meer haar naam onthou nie, maar haar boodskap sal my altyd helder bybly.

    Sy het met ons gepraat oor die ontberings wat sy en haar man moes deurmaak omdat hulle besluit het om hulle voltydse bedieningswerk op te gee en te kom werk in ʼn plek waar die blyplek primitief was en die uitdagings baie. Tog kon ʼn mens die vreugdeslig oor die verkondiging van die evangelie in haar oë sien. Nog voordat sy klaar gepraat het, het die gevoel my beetgepak: Ek wil ook so maak. Ek wil ook dinge opoffer, iets van myself prysgee om iewers heen te gaan en die evangelie te gaan verkondig.

    Maar toe sluit sy af met die eenvoudige woorde: “Jy hoef nie Ooste toe te gaan of bo na Afrika toe, of waar ook al in die wêreld om sout en lig te wees nie. Die Here plaas elke dag geleenthede op ons pad waar mense kan sien dat jy ʼn Ligdraer is: daar waar jy ʼn pakkie aanvat by ʼn pakker in die afdelingswinkel, is jy lig vir die Here; waar jy by ʼn toonbank staan om ʼn probleem met ʼn rekening op te los, is jy lig vir die Here, waar jy in jou gesin lewe is jy sout en lig.

    Met hierdie positiewe opdrag om oral en altyd lig te wees, is ons toe weer almal huis toe.

    ’n Week later, op ʼn Saterdagoggend, word my geestelike toerusting op die

    proef gestel. Ons moet gereed maak om twaalfuur die middag Middelburg toe te vertrek om afskeid te gaan neem van ʼn predikantsvriend wat ʼn beroep Namibië toe aangeneem het. En glo my vry, dit was nie altyd maklik om drie woelige kinders klaar te kry nie: Wanneer een skoon is, het die volgende ene ʼn draai in die tuin en modder gemaak! Ons moet ʼn paar dinge in plek hê: Abel skarrel om alles gereed te hê vir Sondag se erediens, want ons gaan die Saterdagaand baie laat tuiskom. Die motor moet nog gewas word, want dié is vuil en vol modder na ʼn week se huisbesoeke in reëndeurdrenkte plantasies.

    Met die motor uiteindelik hier teen elfuur blinkskoon (en die kinders redelik skoon en op koers) sê Abel ek moet solank gaan petrol ingooi. So gesê, so gemaak. Ek ry na die naaste vulstasie, en parkeer in ʼn ry van toeristemotors. Sabie is toeriste se droom en oor naweke het hulle eenvoudig ons klein dorpie oorgeneem. Die tweeman-sterk pompjoggies moet bontstaan vir vier by viers en motorfietse en tussendeur ook nog dorpenaars help wat paraffien kom koop vir hulle lampe en stowe. Uiteindelik is dit my beurt. Ek ry nader, stop en oorhandig die sleutel. Na ʼn kort rukkie verskyn twee groot verskrikte bruin oë langs my, die petroljoggie vryf sy hande verskonend teen mekaar:

    “Mevrou, ek het ʼn baie groot fout gemaak! Ek het die paraffien begin gooi.”

    Ek sug eers en toe trek die magteloosheid deur my lyf. Hierdie gaan ʼn lang oggend word. Op magteloosheid volg woede.

    “Hoe kon jy? Weet jy hoe haastig is ek? Ons moet twaalfuur Middelburg toe ry,” tik ek vererg op my twintig-oor-elf-horlosiegesig.

    “Mevrou, asseblief. Jy weet hoe kwaai is die manager – en ek het mos kom sê.”

    Sy oë pleit. En ek onthou... evangeliseer daar waar jy is. Lig wees. Sout wees. Oral waar jy is.

    Groot skaamte en spyt sak oor my toe soos ʼn digte kombers.

    “Ek is jammer. Ek is net baie haastig. Maar die Here wil nie hê ons moet nou so baklei nie.”

    “Mevrou glo ook in die Here?”Hy gryp my hande tussen syne vas.

    Sy hande sweet van skrik en bang wees. “Ja.”“Ek ook.” Dis asof die son opkom in

    sy oë en sy glimlag lyk ekstra wit teen sy gelaat.

    Ek skakel die bestuurder soos ooreengekom met die joggie. Dis klaarblyklik die prosedure as een van hulle so ‘n fout begaan het. Binne vyf minute is die bestuurder daar. Nog voordat hy kan begin raas, tree ek tussenbeide.

    “Meneer, asseblief. Hierdie twee manne is baie besig vanoggend” en ek wys met my hand na die toeriste wat nog steeds ry staan, “en net voordat hy vir my brandstof ingegooi het, moes hy vir iemand paraffien in ʼn bottel gooi. Dis ʼn menslike fout.”

    ************Nadat die motor werkswinkel toe gestoot is en die paraffien afgetap is, stop ek tien minute oor twaalf langs ons huis. Ek het hierdie klein toetsie om lig te wees, amper “solied gedop” (soos ons altyd gesê het toe ons studente was). Toe die soldaat in die gevegsituasie beland, was al die opleiding ampertjies vergete.

    Wees wakker! Sien elke geleentheid raak om ‘n ligdraer vir dié Lig te wees. Oefen jou daarin.

    leefdinge

    ’N SOLDAAT KAN HÓÉ FIKS WEES, HÓÉ FYN OPGELEI WORD BY SY BASIS, MAAR DIS EERS WANNEER HY IN DIE OORLOGSITUASIE STAAN EN DIE KOEËLS OM HOM REËN, WAT SY OPLEIDING GETOETS WORD EN DIE BEVELVOERDER REGTIG KAN SIEN OF HY DIE TOETS VAN DIE TYD DEURSTAAN HET...Om waarlik

    lig te wees!

  • leefdinge

    VROUEBLAD Februarie 201318

    “Onse Liewe Here is altyd daar!” het oom Bokkie so dikwels gesê. En dan was hy ook lief om te sê: “As dit so is, is dit so!”

    Veral die dag toe die luiperd hom gestorm het. In die sitkamer van die huis, waar oom Bokkie nie meer is nie, staan ʼn opgestopte leeu, ʼn leeuvel met ʼn opgestopte leeukop op die vloer, verskeie luiperds en ander wilde roofdiere. Almal (met groot liefde) deur oom Bokkie en sy geliefde vrou, tannie Babsie, van kant gemaak om sy veekudde te probeer red. Oom Bokkie het al die jare op die plaas Onkoshi langs die Etosha gewoon en ongekende skade gelei weens die honger diere wat die maklike vetgevoerde prooi op gereelde basis kom haal het.

    Daardie dag het oom Bokkie in die boom op ʼn tak, bokant sy dooie, half gevrete, kalf stelling ingeneem, om vir die roofdier te wag… want, het oom

    Bokkie uit dure ervaring geweet: ʼn Roofdier kom terug na sy prooi toe. En nie lank nie of dit was ook so en ta is daar. So uit die boom, verby die tak, trek oom Bokkie los met ʼn skoot, wond die dier en die volgende oomblik is die luiperd in die grasse weg. Om oom Bokkie se lang storie baie kort te maak: Hy klim uit die boom en begin, doodbang en benoud tussen die grasse soek en soos oom Bokkie bieg: “Ek was bang, baie bang! My broek het gebewe, ek het gebewe en my geweer het gebewe, en toe ek weer sien is hy daar! Op sy agterpote, reg voor my en hy brul!”

    “Ja,” vertel oom Bokkie met sy kenmerkende eerlikheid, “ek was só bang, ek het net so hard soos hy gebrul en totaal van my geweer vergeet.” Die reuse, gewonde luiperd het op sy agterpote voor oom Bokkie gestaan om aan te val. Of dit oom Bokkie se

    brul was, weet niemand nie, maar die volgende oomblik vlieg Ta om en hol in die grasse weg. Oom Bokkie was gespaar. Maar dit was nie oom Bokkie se brul nie. Hy vertel self: “Dis net genade van onse liewe Here. Ek moes daai dag dood gewees het. Maar wat die luiperd nie geweet het nie,” sê hy “is dat dit nie net is vir kom en vat nie. Onse liewe Here is nog tussenin.”

    En so het onse liewe Here oom Bokkie se lewe op ʼn menslik onmoontlike manier gespaar, deur genade van bo.

    Geen wonder tannie Babsie raak so hartseer elke keer as sy na die opgestopte diere kyk nie. Tussen al daardie diere en oom Bokkie se wonderlike ware verhale is daar ʼn magdom van genade van bo, want “Ons liewe Here was altyd tussenin!”

    En… As dit so is, is dit so!

    Alle eer aan onse liewe HeerDEUR ANNATJIE DU PLESSIS

    Die geykte uitdrukking van ʼn legende wat gesterf het, is tog so van toepassing op die afsterwe van oom Bokkie du Plessis van die Gereformeerde Gemeente Tsumeb. Saam met oom Bokkie het wonderlike verhale, jare se harde bene kou, besondere ervarings en ontberings ook gesterf. Hierdie verhale kan nou net voortleef in die gedagtes van diegene vir wie oom Bokkie met soveel smaak en ʼn besondere vertelkuns, sy stories vertel het.

  • briewe

    19VROUEBLAD Februarie 2013

    leefdinge

    Mikaldeur Jill Eileen Smith~ Resensent: Annamie Odendaal

    Boekeblad

    ISBN: 978-1-4316-0012-0prys: R139,95Vrystellingsdatum: Julie 2012Kategorie: Fiksie/HistoriesTeikenmark: AlgemeenFormaat: 140 x 208 mmBladsye: 412Omslag: Sagteband

    Snaaks hoedat bekende gedeeltes uit die Bybel skielik in jou kop kan verander van ‘n stil prentjie na die storie van regte mensemetwiejykanidentifiseer.Dit het met my gebeur nadat ek die roman oor Mikal gelees het. Sy was die dogter van Saul wat verlief geraak het op Dawid, en toe deur haar pa vir hom as vrou gegee is. Sy moes beleef hoe haar pa haar man al meer haat en hom telkens probeer doodmaak. Toe Dawid vir sy lewe moes vlug, het Saul haar vir ‘n ander man as vrou gegee. Wat doen dit aan ‘n jong meisie? Hoe leef jy met ‘n man saam wat bereid en begerig is om jou onder sulke omstandighede as

    vrou te vat? Wat word van jou as jy baie jare later gedwing word om na jou eerste man terug te gaan, terwyl die tweede een kilometers ver agter jou aanloop en kliphard huil? As hy so lief was vir jou, moes jy tog seker naderhand ook sy goeie kant begin waardeer het? Hoe ervaar so ‘n vrou dit om skielik een van ses vrouens in die koninklike harem te wees? Die enigste kinderlose vrou?Jill Eileen Smith skryf ‘n roman wat hierdie vrae ondersoek sonder dat jy wonder of sy die Bybel dalk verdraai. ’n Mens herken die dialoog wat sy woord vir woord uit die Bybel aanhaal, en so onderskei jy tussen dit wat

    ons as Godsopenbaring ken en dit wat sy as roman inkleur. Die ongeloof en selfsug van iemand soos Mikal en die kentering wat sy ondergaan as gevolg van die invloed van iemand wat die Here so hartstogtelik liefhet soos Dawid, word geloofwaardig beskryf, sodat die leser met sekerheid wéét: Die wind waai waar hy wil, en die Here se lewendmakende Gees kán ook die emosioneel en geestelike kreupeles gesond maak.Ek het nie een keer daaraan gedink dat hierdie ‘n vertaling uit Engels is nie. Esta Grobler het meesterlik oorvertel in Afrikaans!

    Baie dankie aan CUM-boeke wat die groetekaartjies vir hierdie uitgawe geborg het.

  • 20 VROUEBLAD Februarie 2013

    leefdinge: gemeente-mosaïek

    boland: Kaapstadspreker: Me elize Parker

    Elma Fleischmann [email protected]

    Bus 15271, Panorama, 7506 021 873 6167 084 684 5828

    bosveld: Krokodilrivierspreker: stephan Joubert

    Venita de [email protected]

    Bus 572, Brits, 0250 012 254 4769 082 855 9207

    hoëveld: bethal/ Kriel/ hendrina/Carolinaspreker: Ds. Thomas Dreyer

    Bridgete [email protected]

    Bus 1045, Bethal, 2310 017 647 2580 082 493 5229

    Kameeldoring: zeerustsprekers: Carel Trichardt en Petru Wessels

    Hendrien [email protected]

    Bus 169, Zeerust, 2865 083 670 7914

    laeveld: nelspruit Lindi [email protected]

    Bus 15350, West Acres, 1211 072 374 3974

    limpopo: Dendron/ Magalakwinspreker: Ds. abel steyn & Cobie steyn

    Hettie Cloete [email protected]

    Bus 2770, Polokwane, 0700 015 501 0020 082 788 7349

    namibië: Windhoek(16 MAARt)spreker: Me Willemienle roux

    Carlien Fanoy [email protected]

    Bus 9764, Eros, Windhoek 00264 61 23 2498 00264 81 124 2398

    natal: Kwa Mncane Zonke [email protected]

    Bus 498, Merrivale, 3291 033 264 4380 082 264 2002

    noord-Kaap: Kurumanspreker: Prof. Marlene Verhoef

    Karien [email protected]

    Bus 1756, Kuruman, 8460 083 325 4826

    noord-Vrystaat: Parysspreker: Ds. leo van schaik

    Minharde van der [email protected]

    Bus 271, Parys, 9585 056 811 2624 083 300 9069

    oos-Kaap (16 MAARt):Queenstown/ Dordrechtspreker Dr. Trix van der Walt

    Susan van der [email protected]

    Bus 295, Queenstown, 5320 045 838 4143 072 582 7126

    oosrand: heidelbergspreker: Dr. Dirk herman

    Ina [email protected]

    Bus 253, Heidelberg, 1483 016 341 2354 083 655 1538

    Pretoria: akasiaspreker Dr. Marina van loggerenberg

    Manda [email protected]

    Bus 16160, Pretoria Noord, 0116

    012 542 4712 076 065 6347

    sentraalwes: Potchefstroom-Die bultspreker: Me santie brits

    Hannatjie [email protected]

    Bus 20039, Noordbrug, 2522 018 299 2582 084 808 9045

    suid gauteng: alberton-Wesspreker: Dr. Tessa van Wyk

    Hanlie [email protected]

    Bus 1173, Alberton, 1450 011 907 4061

    suid-Kaap: stilbaaispreker: Dr. sT Potgieter

    Chrissie [email protected]

    Bus 87, GrootJongengsfontein, 6675

    028 755 8815 084 549 4989

    suid-Vrystaat: bloemfontein-suidheuwelsspreker: Du Preez stolz

    Joey [email protected]

    Bus 34147, Faunasig, 9325 051 421 1259 073 141 6449

    suidwes gauteng: Witpoortjiespreker: Magdal Pienaar Marais

    Melinda van ‘t [email protected]

    Bus 3131, Witbeeck, 1729 082 768 8775

    Saamtrekstreke 2013Koördineerder: Wymie du Plessis

    [email protected], Bus 20004, Noordbrug, 2522, 018 297 3986, 083 575 5786

  • 21VROUEBLAD Februarie 2013

    leefdinge: gemeente-mosaïek

    SAAMTREK 2013Datum: Saterdag 9 Maart 2013Tema: Gelowig vrou, altyd diensbaar waar God jou in sy Koninkryk wil gebruikDie Saamtrek is om die draai – of soos Jo van Rooyen van Hartskatte altyd so gemaklik sê van iets wat binnekort gaan gebeur: “Die Saamtrek is nou-nou”. Mag die susters tussen al die feestelike voorbereidings wat gemaak word, ook tyd vind om geestelik voor te berei vir hierdie geleentheid wat landswyd op 9 Maart 2013 plaasvind.

    Die redaksie publiseer dan die laaste Bybelstudie in die reeks van 6, en Prof. Ben de Klerk gesels nog ‘n keer oor: “Waar wil God my in sy Koninkryk gebruik?”

    Mag die Saamtrekke geseënd wees en elke byeenkoms staan in die Lig van God. Mag susters ook weggaan van die Saamtrekke en lig gaan wees in die wêreld.

    BYBELSTUDIE:Waar wil God my in sy Koninkryk gebruik? (2)Opgestel deur Prof. Ben de Klerk Lees: Matteus 25:31-461. Wanneer sal dit wat in Matt. 25 verse 31-33 beskryf word, gebeur en wat is die gebeurtenis wat sal

    plaasvind?

    2. Wat word van God se Koninkryk in vers 34 gesê?

    3. In vers 35 word die belangrike woordjie “want” gebruik. Hoe verbind die woordjie verse 34 en 35?

    4. Wat kan ons uit vers 35 leer van waar God ons in sy Koninkryk wil gebruik?

    5. Wat kan ons uit vers 36 leer van waar God ons in sy Koninkryk wil gebruik?

    6. Hoekom sou dié wat aan die Koning se regterhand is, so verbaas wees oor die woorde van die Koning (lees Matt. 25 verse 47-39)? Wat het dit te doen met “Waar wil God my in sy Koninkryk gebruik?

    7. Jesus Christus is die Koning van die Koninkryk. Diens aan Hom is diens in sy Koninkryk. Hoe moet ons vers 40 in hierdie verband verstaan?

    8. Wat is die lot van hulle wat nie wil weet of wil dien waar God hulle in die Koninkryk wil gebruik nie (lees vers 41)?

    9. HoesoujydieplekwaarGodonsinsyKoninkrykwilgebruik,beskryf?Watterkwalifikasiesmoetjyhê om Hom daar te dien? Kan almal Hom daar dien of watter spesiale gawes moet jy hê om Hom daar te dien? (Lees Matt. 25 verse 42,43).

    10. Hoe belangrik is dit om te weet waar en om die Here in sy Koninkryk daar te dien (vers 45)?

    11. Wat kan ons samevattend leer uit Matt. 25:31-46 oor waar wil God my in sy Koninkryk gebruik?

    Gelowig vrou, altyd diensbaar waar God jou in sy Koninkryk wil

    gebruik.

  • 22 VROUEBLAD Februarie 2013

    Ew

    ige

    Lig

    slotwoord

    NOG ‘N JAAR IS VERBY, VOORWAAR ‘N GENADEJAAR. HOE OUER EK WORD, HOE VINNIGER BLAAI DIE BLAAIE VAN DIE KALENDER OM. JANUARIE SE PAD NA JANUARIE WORD AL KORTER. DIE JAAR 2000 HET ANDERDAG SOOS IETS UIT JULES VERNE SE VERBEELDINGSVLUGTE GEKLINK EN NOU STAAN ONS WERKLIK AL BY 2013 EN DIE KRAG IS ALWEER AF! “SOME THINGS STAY THE SAME AND SOME THINGS NEVER CHANGE”.

    In 2013 gaan ek hierdie luukse van elektriesvrye dae anders benader. ’n Mens moet dit gebruik tot jou voordeel. Benut die vryheid en vrede wat daarmee saamgaan. Nou kan jy met ‘n skoon geweteopdiestoepsitenkoffiedrink,danksydiewondervangasstofies,ofpeinsendindietuinronddwaal... En ek dink: Daar is min dinge wat my so betower as ‘n donker karoonag met net die sterre en die kruiegeure om my, die geluid van ‘n eensame nagvoël en die geblaf van ‘n ver plaashond. Idillies mooi die karoonag. Daarteenoor is daar min dinge wat my so na my pasgekamde hare kan laat gryp as juis so ‘n “donker”, kraglose dag in my eie huis. Die elektriese skakelaars gluur my dom en nutteloos aan: Die stofsuier, wasmasjien, haardroër en alle ander handige hulpgoetertjies ignoreer my totaal. Die donker Karoo is mooi en in vele gedigte besing, maar ‘n

    kraglose huishouding is geen gedig waardig nie. Hoe sing onse Pavarotti nou weer in Rigoletto? “La donna è mobile” of soos ek sou moes erken “How fickle woman are!” maar donker is donker en kragloos is ‘n perd van heel ‘n ander kleur, sê ek. Donker is donker omdat daar nie lig is nie. ’n Mens sien nie donker nie, jy ervaar dit en meet dit teen die lig of die gebrek aan lig. Lig is dus belangriker as donker. ‘n Klein liggie in die donker is van veraf duidelik sigbaar. Hoe vertroostend moes die lig van die getroue vuurtoring vir matrose van ouds gewees het. Die romantiese donker van ‘n rustige nag in die Karoo kan sekerlik nie vergelyk word met die donker wat ‘n skipbreukeling dobberend op die donker oseaan ervaar nie. Donker is wérklik donker wanneer jy hopeloos vasgekeer is in die donker gevare van ‘n ineengestorte myn. Dan skielik: Vreugde en verligting as ‘n reddendeligverskyn,eersnet‘nskrefiewat groei en groei. Hoop op redding. Die versekering dat jy nie alleen is nie. Lewe en hoop kom deur die lig wat verskyn in die donker. Is dit wat die skaapwagters beleef het daardie koue nag toe die helder lig van die ster die donker van die nag verlig het? Daardie lig, die wáre Lig, het gebly. Dié lig het gekom om die pad van die mens te verlig hier op aarde – uit die duisternis na sy lig. Genadelig. Hy het die lig gebring wat die donker van die sonde oorwin. Sy woord is die lamp wat my die weg wys. In die donker van ‘n nag vol vrees of kommer kan slegs sy genade troos, hoop en vrede bring – én lig. Die waarskuwende lig van ‘n vuurtoring op die ruwe kuslyn is nutteloos as die skeepskaptein dit nie benut om sy skip veilig te stuur nie. ‘n Lamp se olie raak op as dit nie gereeld aangevul word nie. “Wanneer U woord vir mense oopgaan dan bring dit kennis, dit bring lig” (Psalm 119: 22, 2001-omdigting). Die donker nagte van kommer oor geliefdes en die onrus wat ons vul na berigte van moord, korrupsie, haat en stakings sal donker bly as die enigste ware lig nie vir ons skyn nie. Wanhoop verdwyn en hoop verskyn in dié Lig wat Hy na ons toe bring. Hy is die Lig wat geen kragonderbreking kan afskakel nie.

  • 23VROUEBLAD Februarie 2013

    Maart 2013 inDie Gereformeerde

    VrouebladOntluik om

    groot te word

    BRIEWE

    BRIEWESkryf ’n brief (SLEGS

    200-250 woorde) aan Die Gereformeerde Vroueblad.

    Briewe hoef nie by enige tema in te pas nie – vertel

    ons wat leef in jou hart; wat gebeur in jou

    gemeente!

    Adresse waarheen briewe gestuur kan word, verskyn

    op p. 3.

    ANDER PUBLIKASIESVAN DIE GKSA• Die Kerkblad

    • Die Slingervel (vir ons Laerskoolkinders)

    • Die Kruispad (vir onstieners en jongmense)

    Bied ook verrykende geestelike leesstof en kan bestel word by die Admi-

    nistratiewe Buro:(018) 297 3986.

    Werf asseblief vir ons nuwe intekenare. Verras jou ma, dogter of vriendin met ‘n geskenk wat die heel jaar hou en teken vir haar in.

    • Sterk palmbome• Soos ‘n

    mosterdsaadjie• Groei na

    Christus toe • Van vlegseldraer

    tot vrou

  • 24 VROUEBLAD Februarie 2013

    FEBRUARIE 2012DS. CHRISTO SWANEPOEL (GK LyTTELTON)

    Hierdie uitgawe se tema is “lig”. Die woord lig kan op verskillende vlakke verstaan word en het ‘n prisma van betekenisvelde.

    Ons ken lig as energie maar dit kan ook met ‘n hoofletter gespel word. Dan weet ons wat ware Lig is. Want God is lig en daar is geen duisternis in Hom nie. Hier

    volg ‘n paar spreuke waarin ons dit kan sien.

    Elke mens kan ʼn lig vir die wêreld wees, maar net God kan daardie lig aanskakel – Austin Lewis. As die donker jou skielik oorval het, moet jy aanvaar wat jy nie kan verander nie. Dit is die eerste treë op die pad terug na die lig – Saul Bellow.ʼn Held is iemand wat ʼn lig in hierdie wêreld aansteek en wat lampe in die donker strate van die lewe plaas sodat mense kan sien. ʼn Heilige is iemand wat deur die donker paaie van die lewe loop en self ʼn lig is– Felix Adler. Met die Here se woord as ʼn lig kan ʼn mens selfs in die donker tye van die lewe met vreugde reis – Anoniem. As die donkerte oor my lewe toesak en as ek van God en mens verlate voel, dan bly ek hoop op God se trou. Hy gee lig – J.L. Helberg. ʼn Glimlag kos minder as elektrisiteit, maar dit gee net soveel lig – A.B. Pierre.

    ʼn Mens kan nie lig wees as jy nie bereid is om die sonde wat donker maak met al sy donker gevolge aan die kaak te stel nie – Johan Smit. Wie die weg na die Lig ken, het die moed om die nag in te gaan– Hollandse spreekwoord. ʼn Mens hoef nie ʼn ander ou se lig dood te blaas om jou eie te laat skyn nie – Bernard Baruch.As ons gewillig is dat Christus ons die lig vir die wêreld maak, hoef ons dit nie te loop en verkondig nie. Dit sal self wys. Vuurtorings gebruik nie kanonne om die aandag op hulle te vestig nie. Hulle skyn net – Dwight L. Moody. Ons sien God se heerlikheid, die beste in Jesus Christus. Hy, die Lig van die wêreld, belig God se glorie. Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God – Rick Warren. In die oorlog tussen lig en duisternis is die geweldige krag van gebed van

    kardinale belang – Nina Smit. U het die lig gemaak saam met die wêreld deur u Gees en u Woord. Die dag sal kom dat die aardse lig verdof en U self ons lig is – Jörg Zink. Die nag toe Jesus as die lig vir die wêreld gebore is, het daar ʼn ster geskyn om sy geboorte aan te kondig. Die dag toe Jesus sterf, is selfs die son uitgedoof – Johan Smit. Hy wat nie meer in God glo nie, blus die son en stap dan deur die donker by die lig van sy eie klein lantern– C. Morgenster. God se son skyn nie net óp ons nie, maar ook in ons – John Muir. Jy moet in die donker nooit twyfel oor dit wat God jou in die lig vertel het nie –V.R. Edman.Duisternis en haat kan nie bestaan waar lig en liefde teenwoordig is nie – Wilhard Becker.