stilte in die hemel - gereformeerde kerk...

32
www.gksa.org.za/Tydskriſte/vroueblad-inteken SEPT 2013 Stilte in die hemel Ons groet Prof. Jacques van der Elst Teks & Vers: Storie 1, 2 en 3... ’N BESIGE NAWEEK MET SEWE STILTES

Upload: others

Post on 04-Jul-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Stilte in die hemel - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/vroueblad... · 2018-09-10 · Hoe heerlik is dit nie om na ’n dag se gewoel en gewerskaf

www.gksa.org.za/Tydskrifte/vroueblad-inteken

SE

PT

20

13

Stilte indie hemelOns groet Prof. Jacques van der Elst

Teks & Vers: Storie 1, 2 en 3...

’N BESIGE NAWEEK MET SEWE STILTES

Page 2: Stilte in die hemel - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/vroueblad... · 2018-09-10 · Hoe heerlik is dit nie om na ’n dag se gewoel en gewerskaf

2 VROUEBLAD September 2013JAARGANG 68 NOMMER 4

8

GEREELD3 Redakteursbrief4 Briewe5 Ds. Sê my

IN-DIEPTE

6 Wees stil voor die Here...8 Vertrou in stilte op die Here10 Stilte in die hemel

LEEFDINGE

11 Hoorbare stilte12 ’n Besige naweek met sewe stiltes15 Boekeblad 16 Teks & Vers: Stilte17 Teks & Vers: Dagboek18 Ontmoet Trudie Grobbelaar: Bybelse berader19 Wat is berading? 20 Ons hou steeds die rooi taal-telefoon, prof. Jacques!22 Annelize Fourie: As ek net kan skep24 Gemeente-Mosaïek: Jeugdiens Montanapoort26 Gemeente-Mosaïek: Oom Dawie Botha van Knapdaar28 Gemeente-Mosaïek: Saamtrekstreke 201429 Gemeente-Mosaïek: Saamtrek: Tema & Bybelstudie30 Hartskatte31 Lees in Oktober 201332 Kaleidoskoop September 2013

Redaksionele InligtingRedaksiekommissie:Cobie Steyn (redaktrise)Griet Swanepoel (assistent-redaktrise)Marlette van Rooyen (sekretaresse)Karien Brink (bladuitleg)Annelize FourieProf. Ben de KlerkAnnatjie du PlessisPosadres:Die Redakteur: Die VrouebladPosbus 178, Lydenburg 1120Faks: Die Vroueblad 086 714 6157E-pos adres: Cobie Steyn, [email protected]: http://www.cjbf.co.za/tydskrifte/vroueblad.htmNavrae: Rekenings, adresveranderings, intekening, bladbouers:Me. Angie Mokobi: Tel (018) 297 3986, [email protected]: Dr. Wymie du Plessis, Tel (018) 297 3987Eienaars en uitgewers: Deputate Kerklike Tydskrifte GKSAIntekengeld:Self afhaal by Administratiewe Buro: R 111Elektroniese intekening: R 111Groepintekeninge: R 174Individuele intekeninge: R R193(Intekening word as voortgesit beskou solank dit nie gekanselleer word nie.)Drukkers: V&R Drukkers, Tel 012 333 2462, ISSN 0378 407 XMenings uitgespreek in artikels verteenwoordig nie noodwendig dié van die Redaksie nie. Die Redaksie behou hom die reg van plasing asook die redigering, verkorting, parafrasering of uitbreiding van bydraes voor.

Werf asseblief vir ons nuwe intekenare of gee die Vroueblad as ‘n geskenk aan jou vriendin.

Intekenvorm verskyn op op p. 31. Die Redaksie.

BRIEWESkryf ’n brief (200-250 woorde lank) aan Die Gereformeerde Vroueblad. Briewe hoef nie by enige tema in te pas nie – vertel ons wat leef in jou hart; wat

gebeur in jou gemeente!

Adresse waarheen briewe gestuur kan word, verskyn op p. 3.

www.gksa.org.za/Tydskrifte/vroueblad-inteken

SE

PT

20

13

Stilte indie hemelOns groet Prof. Jacques van der Elst

Teks & Vers: Storie 1, 2 en 3...

’N BESIGE NAWEEK MET SEWE STILTES

Page 3: Stilte in die hemel - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/vroueblad... · 2018-09-10 · Hoe heerlik is dit nie om na ’n dag se gewoel en gewerskaf

3VROUEBLAD September 2013

REDAKTEURSBRIEFSTIL VOOR

DIE HERELiewe Vrouebladlesers,

Stilte, wáre stilte in en om my vind ek hoofsaaklik op drie plekke: in die Bosveld, in die Karoo – veral op ʼn sterligbelaaide aand op ʼn Karooplaas – en dan ook by die see.

Laasgenoemde klink soos ʼn kontras, want die see is nooit stil nie – daar is die ewige eb en vloed, die geruis van die branders en tog is dit ook een van die plekke waar

ek stilte vind. Ons ervaar dikwels ongemaklike stiltes in ons lewens: wanneer mense met

uiteenlopende geaardhede in een sitkamer beland; wanneer jy slegte nuus hoor; wanneer daar stilstuipe tussen huweliksmaats is of wanneer die kinders ná ’n naweek van kuier en gesels weer hulle eie koers inslaan en die stilte in Boerneef se terme “met

hamers in jou ore slaan”. Maar stilte, kom ons noem dit positiewe stilte, is nodig vir elkeen van ons. Hoe heerlik is dit nie om na ’n dag se gewoel en gewerskaf in ʼn stil hoekie van jou tuin te gaan sit en

luister na die wind wat deur die blare ritsel en die voëls wat sing nie. Nog belangriker is die stil word voor die Here: Om in jou hart en gemoed stil te word, jouself oop te stel en in te stel op die Here om te kan hoor wat Hy wil sê. Dit laat my dink aan die

klavierstemmer: die stemmer het stilte om hom nodig om na die vurkie te luister om uiteindelik die klavier behoorlik ingestem te kry.

Hierdie maand fokus ons dan op hierdie stil word voor die Here. As daar een plek is waar daar bykans nooit stilte is nie, is dit tydens ons oog-tot-oog redaksievergaderings. Tydens ons vergadering van 13 Julie het twee van ons

redaksielede te kenne gegee dat hulle die redaksie gaan verlaat: Prof. Jacques van der Elst en ds. Nico Botha. Professor Van der Elst het vir bykans vyf en twintig jaar op die redaksie gedien en ds. Nico Botha vir agt jaar. Ons is dankbaar vir al hulle insette wat

hulle gelewer het tot die voortbestaan en uitbouing van ons blad. Ds. Nico Botha word nou opgevolg deur Prof. Ben de Klerk, emeritus professor aan

die Teologiese Skool, Potchefstroom. Ben gaan voortaan die vraerubriek Ds. Sê my hanteer. As daar iets in die Bybel staan wat jou laat wonder, of waaroor jy meer

duidelikheid wil hê, rig gerus julle vrae aan Ben. Sy gegewens waarheen vrae gestuur moet word, verskyn op p. 5.

Prof. Jacques van der Elst se plek word ingeneem deur ʼn bekwame jong vrou, Annelize Fourie van Wakkerstroom. Haar maandelikse bydrae is nog in die stadium

van boetsering. Ons verwelkom ook hierdie maand vir Trudie Grobbelaar, voortaan Die

Gereformeerde Vroueblad se eie Bybelse berader, wat julle kwelvrae oor die lewe gaan beantwoord. Haar gegewens verskyn op p. 19 – julle is welkom om nou al reeds vrae

aan haar te stuur. Alhoewel ons tema hierdie maand stilte was, het dinge alles behalwe stil hier by ons

verloop. Ons hoop julle geniet die vernuwing wat ons julle bied. Lekker lees.

Cobie SteynNS: BRIEWEBLAD: Stuur ʼn SMS na 082 555 9586 (begin SMS met VB:)... of e-pos jou

brief aan [email protected] of gaan lug jou mening op ons Facebookblad of stuur jou brief per slakkepos na Posbus 178 Lydenburg 1120. Ons publiseer graag jou SMS of brief in

Oktobermaand se brieweblad. Briewe moet ons voor of op 16 September 2013 bereik.

(Die redaksie vra vriendelik dat hierdie selfoonnommer en adresse nie vir administratiewe sake soos inskrywings of kansellasies gebruik sal word nie – skakel die verantwoordelike persone

by die Administratiewe Buro in Potchefstroom: Sien die inligting op die skutblad.)

Ons is op Facebook:Gereformeerde

Vroueblad.Gaan Like ons!

“Die skemeraand iskoel en wyd

En groot en stil van heiligheid.

Hoor ek Hom aankomagter my?

Roep Hy soos voorheen: Waar is jy?”

(Strofes 1 en 2 van Skemer-aand uit die bundel Pleroma van

PW Buys)

Page 4: Stilte in die hemel - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/vroueblad... · 2018-09-10 · Hoe heerlik is dit nie om na ’n dag se gewoel en gewerskaf

4 VROUEBLAD September 2013

Die wenboek, geborg deur Cum-boeke, is Die God wat ek leer ken het en hoe dit my lewe verander het deur Arnold Mol

briewe

Liewe Susters,

Dit is seker nie enigeen se voorreg om van ‘n geliefde skoonmoeder in haar negentigerjare ’n pragtige kwilt te kry as geskenk nie, in blou, my voorkeurkleur! So ook elkeen van haar tien kleinkinders, elk ontwerp volgens sy/haar aarde en belangstelling: Musiek, rose, Buffelsbaai... (Sy is onlangs op byna 105 oorlede).

Sou ons dan na jare hierdie kosbare geskenke gaan verbrand en aan haar ’n houertjie teruggegee het as dankbetuiging vir die liefde waarmee sy dit kunstig aanmekaargeweef het? Sekerlik nie. Sou ook die boer die koringkorrel eers tot as verbrand voordat hy dit saai? Tog nie – hoe sou dit dan kan ontkiem en vrug dra op sy tyd?

“Hanna”, ek lees die belydenissie van Dawid – Psalm 139: 13 en 15 en Job 10: 11, en Jesus se woorde in Johannes 12: 24, en ek dink aan die deernis waarmee sy liggaam gebalsem en in die graf neergelê is. Dan, wanneer ons ons geliefde in die graf neerlê, kyk ons áf met die wete dat die liggaam wat “U in my moeder se skoot geweef het”, die “koringkorrel”, veilig in die aarde geberg is waar dit mag wag tot dié dag wanneer die basuin sal weerklink, en kyk ons óp, terwyl ons saam met al die gelowiges bely: “Ek glo aan die opstanding van die vlees, en ek glo aan ’n ewige lewe!”

Seënwense, Hermien Söhnge

Liewe Cobie

Ek het dit al lankal op die hart om julle te komplimenteer die al-nie- meer-so-nuwe voorkoms van Die Gereformeerde Vroueblad. Ek het ‘n paar jaar gelede my intekening op Die Gereformeerde Vroueblad gekanselleer. Daar was net ‘n gemis wat ek nie kon definieer nie. So breek die Saamtrek weer aan. En was my verbasing groot toe die blad vir my sê: “Kyk hoe lyk ek nou!”

Die Vroueblad is nou heeltemal op dieselfde standaard as die algemene vrouetydskrifte, wat ek latertyd nie meer koop nie. Ek voel as vrou heeltemal tuis en as gelowige geïnspireer en versterk. Ek kuier lekker saam met bekend en onbekend, ek voel gekoester en lees elke bladsy van voor tot agter. Ek moet sê die feit dat van die bydraers aan my bekend is, laat dit nog meer voel soos ʼn familie-blad – net, dis ‘n kuier met my geestelike familie. Doe zo voort!

Laastens wil ek ook ‘n navraag rig: Gedurende die vroeë jare negentig, het ‘n klein beriggie verskyn onder die opskrif van “’n Ma se tien gebooie.” Sou dit dalk weer opgediep kan word? Ek het dit uitgeknip en op ‘n stadium aan iemand geleen en nooit weer teruggekry nie.

Groete Rika Kruger

(Rika, baie dankie vir die terugvoer. Ons sal kyk wat ons kan doen om “‘n Ma se tien gebooie” weer vir jou op te spoor – Red).

Ons Facebookvriende sê: “Dankie vir die Augustus uitgawe! Geniet en dit voed my siel met die goeie!” – Driekie Venter.

Page 5: Stilte in die hemel - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/vroueblad... · 2018-09-10 · Hoe heerlik is dit nie om na ’n dag se gewoel en gewerskaf

5VROUEBLAD September 2013

Nie

ma

nd

is

bu

ite

Go

d s

e b

ere

ik n

ie“Hy los mense nie om in ongeloof te sterf net maar omdat hulle min is of eenkant leef nie. Hy reik ook uit na mense wat deur ander eenkant toe gestoot word, na mense wat in die samelewing nie tel nie en geen aansien het nie.”

DIE EVANGELIE MOET AAN ALMAL VERKONDIG WORD Iemand vra waarom in Jesaja 42 so uitdruklik na die mense wat op eilande woon verwys word. “Waarom moet juis aan hulle die wil van die Here verkondig word sodat hulle Hom kan loof en eer?”So lief het God die wêreld gehad...

Dis ‘n baie troosvolle boodskap wat ons in Jesaja 42 lees.

In daardie tyd was die eilande in die see vir die Israeliete seker die mees afgeleë plekke op aarde, net soos die dorpies in die woestyn. Daar was mos geen vervoermiddels wat ‘n mens maklik daar kon bring nie. En tog het die Here God nie net sy profete na Nineve en ander groot stede gestuur nie, maar wil Hy dat selfs die klein groepies mense op eilande Hom ook sal leer ken. Hy stuur sy Dienaar ook na hulle toe omdat Hy omgee, omdat Hy liefhet. Vir Hom is niemand buite sy bereik nie. Hy gebruik sy volk en Hy stuur sy Seun Jesus en Hy stuur sy kerk ook na mense wat op eilande woon.

So wil Hy in ons tyd sy kerk ook gebruik om in gemeenskappe waar Hy en sy Woord nie welkom is nie, en in krotbuurte en in klein gemeenskappies Hom en sy werk te gaan bekend maak. Hy los mense nie om in ongeloof te sterf net maar omdat hulle min is of eenkant leef nie. Hy reik ook uit na mense wat deur ander eenkant toe gestoot word, na mense wat in die samelewing nie tel nie en geen aansien het nie. Hy is bewoë oor mense vir wie ons soms nie omgee nie. Hy is selfs oor ons bewoë!

Om Hom te eer en te loof

Dis goed dat ons almal weer daaraan herinner word wat die vrug van alle evangelieverkondiging moet wees: Om Hom

as Here te eer en Hom te loof! Dit gaan nie oor groei in getalle of die sukses van ons pogings nie, maar daaroor dat Hy oral geprys en gedien sal word. Hy wil dat alle mense, selfs enkelinge op ‘n afgeleë eiland, ‘n doelgerigte lewe sal lei tot die eer van sy Naam. Hy kies in ons tyd sy kerk as sy dienaar om die Evangelie te

verkondig, Hy gee aan ons sy Gees wat dit vir ons moontlik maak (Jes. 42:1) en Hy self behaal die oorwinning (42:13). Dit is Hy wat red en heel maak en bekwaam maak. Dis Hy wat mense tot geloof en bekering lei sodat hulle Hom kan ken en kan dien. Ons is maar net die instrumente, sy boodskappers vir wie Hy stuur.

Ons moenie wonder of ons sy getuies sal kan wees nie, en ons moet ook nie twyfel of Hy regtig aan alle mense wil bekend maak dat Hy die Here is nie. Hy stuur en Hy maak dit moontlik.

Stuur jou vrae aan Ben na:Epos: [email protected]: 072 183 1083Slakkepos: Posbus 20764, Noordbrug, 2522.

Ds. Nico Botha het as redaksielid uitgetree. Baie dankie dat jy ons lesers se geloofsvrae altyd weldeurdag, biddend en uit jou hart uit beantwoord het. Prof. Ben de Klerk neem nou die leisels by ds. Nico Botha oor.

lesers vra

Page 6: Stilte in die hemel - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/vroueblad... · 2018-09-10 · Hoe heerlik is dit nie om na ’n dag se gewoel en gewerskaf

6 VROUEBLAD September 2013

in diepte

Wees stilvoor die Here“Wees stil voor die Here, al wat leef! Hy kom uit sy heilige woonplek te voorskyn!”

(Sag. 2:13).In vandag se gejaagde lewe is stilte eintlik ‘n luukse. Daar is soveel stemme wat opgaan en ons aandag vereis, dat dit voel asof ons dag net eenvoudig nie genoeg ure het nie. Saans

val ons moeg en uitgeput van al die doenighede op die bed neer, net om die volgende oggend die roetine en gejaag voort te sit. Dit is selde dat ons op een ding op ‘n slag kan

fokus en die hartseer – dit geld vir ons verhoudings ook! Dikwels raak God en ons stiltetye net nog ‘n item op ons doenlysie. Ons lewe raak ‘n konstante geraas wat uiteindelik die stil, sagte stem van God onderdruk. Dit veroorsaak dat ons baie moedeloos kan word, dat ons

omstandighede ons so kan druk, dat ons alle uitsig op die toekoms verloor.

Deur Dr. AmAnDA Du Plessis,(FAkulteit teologie: noorDwes-universiteit, PotcheFstroom)

Page 7: Stilte in die hemel - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/vroueblad... · 2018-09-10 · Hoe heerlik is dit nie om na ’n dag se gewoel en gewerskaf

7VROUEBLAD September 2013

in diepte

‘n Ou menslike probleem…it was na mense wat presies só gevoel het, na wie die profeet Sagaria gestuur is. Dit was ongeveer die jaar 520 v.C. en die nageslag

van die mense wat deur Nebukadneser in ballingskap weggevoer is, was besig om terug te keer na Jerusalem. Hulle het teruggekeer met harte vol verwagting oor hoe dinge vir hulle sal uitwerk terug in hulle eie land.

Soos dikwels gebeur – ook met ons – werk dinge nie altyd uit soos ʼn mens verwag nie. Daar was armoede, swak oeste, teenstand van vyande, onderlinge geskille tussen mense en geestelike verval. Die teleurstelling wat die mense in Jerusalem en omstreke beleef het na hulle terugkeer, het hulle moedeloos en kragteloos gemaak. Dit het veroorsaak dat hulle hulle werk in God se koninkryk begin nalaat het.

Sagaria het die mense aangemoedig om hulle te bekeer en om die tempel te herbou. Deur die gesigte wat hy gesien het, het hy die volk bemoedig om God te vertrou en hulle herinner aan die heilstyd wat kom. Veral Sagaria se derde gesig – die man met die maatlyn (Sag. 2) – het aan die volk groot troos en bemoediging gebring. Hulle kon verseker weet dat God getrou is, dat Hy hulle sou beskerm en in beheer van hulle omstandighede is. Dáárom kon Sagaria vir hulle sê: “Wees stil voor die Here, al wat leef! Hy kom uit sy heilige woonplek te voorskyn!” (Sag. 2:13).

Word stil…Hoe wonderlik is hierdie belofte steeds vir ons vandag. ʼn Vashougedagte: God kom uit sy heilige woonplek te

voorskyn! En hoe geldig is die stilword-opdrag nie ook vir ons nie. God wil diep en intiem met ons kommunikeer, en daarvoor is tyd, fokus en stilte nodig.

In hierdie wêreld vandag met die baie onsekerhede wat ons beleef, het ons gelowiges net een sekerheid: God. En daarom: Sonder gereelde tye van stilte, waar ons op God wag, sal ons nie die krag hê om staande te bly teen die vloed van woorde wat elke dag teen ons aanspoel, die menings van mense, die suigkrag van die wêreld en die aanslae van die Bose nie. Wanneer ons dan na ʼn erediens gaan of afsonder vir stiltetyd, is dit nodig dat ons doelbewus sal kies om alle ander stemme uit te doof, sodat ons kan leeg-word om ontvanklik te wees vir God se stem en boodskap aan ons sodat Hy ons kan vul. Dit is nodig om gereeld te kies om die foon af te skakel, die deur van jou binnekamer toe te maak en net op God te wag en Hom te ontmoet. Ons moet ook ons gedagtes stil maak en al die doenighede eenkant toe skuif, sodat ons kan fokus op die Woord. Ons het stiltes nodig waar ons in God se rus kan ingaan en waar ons van onsself en van ander se verwagtings van ons bevry kan word (Heb. 4).

Stilte konfronteer…Stilte kan in die eerste plek soms vreesaanjaend wees, omdat ons in hierdie tye skielik besef dat dit net ek en God alleen is. Wanneer ons sy Woord dan lees en daaroor mediteer, word ons met ons eie leegheid, niksheid en eindigheid gekonfronteer… en met God. Dit is die plek waar ons die onsienlike God “in stilwees en vertroue” ontmoet (Jes. 30:15).

Stilte bou op…In die tweede plek is stilte nie vreesaanjaend nie, omdat dit in God se teenwoordigheid is wat ons ook tot bedaring kom: “Wees stil en weet dat Ek God is” (Ps. 42:11).

Dit is in hierdie tye waar ons die sware laste van die wêreld kan oorgee en weet dat om stil by God te wees, genoeg is. Vir persone wat mekaar liefhet is stilte nie ʼn bedreiging nie en word hierdie tye van gemeensaamheid en intimiteit oneindig dieper as woorde. Net so bring stilte ons in ʼn intimiteit met God wat ons bewus maak van die onvernietigbare sekerheid van God se liefde, genade, almag en versorging wat soms selfs nie eens met woorde beskryf kan word nie.

Stilte genees…In tye van stilte en afsondering in God se teenwoordigheid vind ons ook weer perspektief op die lewe, omdat prestasie dan nie nodig is nie, ons hoef ons self dan nie te verduidelik, te vergelyk of te regverdig nie. Daar in die stilte kan ons net voor God wees wie ons is en ons self opnuut aanvaar hoe Hy ons gemaak het, maar ook groei na verandering en vernuwing. Stilte word dan ʼn tyd van volheid, ʼn heilige ontmoeting met God, ʼn tyd van hoop en vervulling, waar ons met God vervul word.

Sagaria se boodskap is vandag vir ons steeds van soveel waarde: “Wees stil voor die Here, al wat leef! Hy kom uit sy heilige woonplek te voorskyn!” Mag ons so stil word voor die Heer en leef met ʼn hart wat Hom verwag, sodat die sorge van die wêreld ons nie sal beroof van sy heilige teenwoordigheid nie!

D

Page 8: Stilte in die hemel - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/vroueblad... · 2018-09-10 · Hoe heerlik is dit nie om na ’n dag se gewoel en gewerskaf

8 VROUEBLAD September 2013

in diepte

n Psalm 37 skryf Dawid oor die onrus wat by ’n gelowige kan posvat as hy of sy die skelms en skurke

van die wêreld se doen en late dophou, maar hy troos ook die gelowige met die versekering dat hierdie boosdoeners se bestaan maar van korte duur is en dat hulle ondergang seker is. Die advies wat hy vir die gelowiges het is om op te hou om jou te ontstel oor die slegte mense en op die Here te vertrou, dat Hy sal sorg: “Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van ’n skelm nie” (Ps. 37: 7). Stilte is ’n seldsame verskynsel...in die lewens van baie van vandag se mense. Selfs wanneer hulle ’n aktiwiteit soos draf of fietsry beoefen, gaan die musiek saam en word die oorfone ingesit. Ons kinders studeer met musiek wat speel – of is ons gesin ’n uitsondering?

As ’n mens in ’n stad of redelike groot dorp woon, is daar eintlik nooit volkome stilte nie. Mense praat daarvan dat hulle die “stilte” van die Bosveld of die Karoo gaan opsoek. Ook wanneer ons die woord “stilte” sien in die sin van “tot stilstand kom” het ons te make met ’n toestand wat soms net in besige mense se drome leef.

Om in stilte te vertrou lyk passief...niks sê nie, niks doen nie – maar dit gee al die ruimte vir die Here om te sê en om te doen wat Hy wil.

Vertroue...is ’n handeling wat ’n bewuste keuse en baie spesifieke uitkyk op die lewe verg. Vertroue maak ’n mens kwesbaar, want jy plaas jouself in die hande, onder bestuur van die persoon waarop jy jou vertroue stel. Wanneer ’n mens kies om iemand te vertrou gee jy jou oor aan daardie persoon se optrede in jou belang. Jy is bereid om die gevolge van daardie optrede te aanvaar en voel gerus daaroor.

Hoe staan dit met ons vertroue, in stilte, op die Here? Ons is voortdurend besig om te probeer voorkom dat dit waarvoor ons vrees met ons sal gebeur: Veral in hierdie tyd van misdaad wat hoogty vier beskerm ons ons eiendom deur dit wat ons met ons middele kan bewerkstellig – kwaai waghonde of ’n sterk heining of ’n alarmstelsel, en beslis ook ’n versekeringspolis wat sal uitbetaal en kompenseer as al hierdie maatreëls tog nie werk nie. Natuurlik is dit nie verkeerd om jouself en jou mense teen moontlike rowers te beskerm nie.

Waarom bly ons dan steeds angstig? Omdat ons vergeet dat ware

sekuriteit slegs by die Here te vinde is! Ons moet daadwerklik onsself in daardie kwesbare posisie plaas om stil te word, as ’t ware tot stilstand te kom in ons pogings om sélf ons lewens te bestuur, en op God alleen vertrou. Hy wíl ons beskerm en vir ons gee wat nodig is. Lees bietjie in vers 4: “... Hy sal jou gee wat jou hart begeer” en vers 5b- 6: “Hy sal sorg. Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die son, jou reg soos die helder lig van die middag.” Dawid herhaal ook regdeur die psalm die belofte dat dié wat hulle vertroue in die Here stel, “die land sal besit” (v. 9, 11, 22, 27, 29, 34).

DEuR ANKIE DE KLERK(GK BERGBRON)

I VertrouIN STILTE OP

DIE HERE

Page 9: Stilte in die hemel - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/vroueblad... · 2018-09-10 · Hoe heerlik is dit nie om na ’n dag se gewoel en gewerskaf

9VROUEBLAD September 2013

in diepte

“Soos wagters na die oostedie oog verlangend rig,

so soek ek in gebedeo, Heer, u aangesig.

Wag, Israel, op verlossingtotdat die môre straal

en God na nag en lydingsy seën op ons laat daal”(Psalm 130: 3, berymd)

DEuR ANKIE DE KLERK(GK BERGBRON)

Hierdie stille vertroue op die Here...kan vir ’n mens moeilik wees om by uit te kom. Die feit dat Dawid ’n lied van veertig verse daaraan wy om die gelowige te oortuig om sy of haar vertroue in die Here te stel, getuig daarvan dat dit in baie gevalle nie sommer net so maklik gaan nie. Reeds in Dawid se leeftyd het dit gelyk of skelms en skurke met die buit wegkom en lekker leef.

Slegte mense verwoes die besittings en lewens van gelowige en gehoorsame kinders van die Here vandag ook. Dit gaan nie net oor verlies van aardse goed nie, maar onsself en ons geliefdes word beseer en sneuwel ook in die gewetenlose geweld.

Onder sulke omstandighede is stille vertroue op die Here dalk ver van maklik. Jy wil wegvlug van al die dinge en plekke wat jou herinner aan die trauma wat jy moes deurmaak. Baie mense vlug na ’n ander land, net om te besef dat dit dáár ook nie regtig hemel op aarde is nie.

Daar is diegene in ons midde wat swaarkry omdat hulle deurloop onder ’n ander soort “skurk”: dié wat ly onder gesinsgeweld of verslawing of ’n ontroue eggenoot.

Wanneer ’n mens dan tot stilstand gedwing word in jou worsteling oor

jou omstandighede bly daar geen alternatiewe oor nie. Die Here beloof telkens dat jou vertroue in Hom vir jou net ten goede sal werk:• “...wantdiemagvandie

goddeloses sal verbreek word, maar die Here sal die hulp wees van die regverdiges” (vs. 7);

• “...maardieHereloshomnieindie mag van die goddelose nie en laat nie toe dat hy veroordeel word as hy voor die regbank staan nie” (vs. 33);

• “Hyishulletoevlugintyevannood”(vs. 39b).

Waag dit...om vir die Here te sê (en spreek dit hardop uit in jou gebede): “Here God, ek wil stil raak en op U vertrou, want U alleen is werklik betroubaar en U alleen is almagtig om my deur te dra deur alle aanslae teen my, hetsy fisiek of geestelik.”

Staan vas op die beloftes wat die Here gee, nie net in Psalm 37 nie, maar herhaaldelik dwarsdeur die Bybel. Hy sorg vir ons. Hy sê ook dat ons nie hoef te vrees vir dit wat die liggaam skade aandoen nie, want Hy koester jou vir ewig as sy dierbare kind selfs al gaan jou liggaam tot niet.

VertrouIN STILTE OP

DIE HERE

Page 10: Stilte in die hemel - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/vroueblad... · 2018-09-10 · Hoe heerlik is dit nie om na ’n dag se gewoel en gewerskaf

in diepte

Dit laat ʼn mens dink aan wat die Here Jesus in die profetiese rede (Matt.24:6-8) voorspel vir hierdie wêreld: Die oorloë, die hongersnode en die aardbewings. Die dinge gebeur reeds en die mens moet stil word.

Om iets te beleef van die wonder van God se bestaan, om verbysterd te wees oor sy almag, sy oordeel en sy genade, om verstom te staan oor die groot dinge wat net Hy kan doen, moet ons, afgesien van baie ander dinge (soos om Hom te loof en te prys), ook stil word voor Hom. Stil, om te kan luister en te kan waarneem. Tussen al die gejaag en rumoer van die wêreld, gereeld net stil word voor Hom.

Want so sal dit in die hemel gebeur. Die Here het dit vir Johannes laat sien op die eiland Patmos, waarheen Hy verban is omdat Hy die evangelie van die opgestane Christus verkondig het. Hierdie is die laaste van sewe seëls wat oopgemaak is om die inhoud van die boekrol wat Johannes in ʼn visioen gesien het, bekend te stel. In hierdie boekrol is die raadsbesluite van God opgeskrywe.

Ons lees dan in Op. 8:1: “Toe die Lam die sewende seël oopmaak, het daar stilte in die Hemel gekom, omtrent ʼn halfuur lank”. Dit was ʼn stilte van algehele verbystering oor die dinge wat gaan gebeur, want met die oopmaak van die sewende en laaste seël word God se oordeel oor die goddelose wêreld voltrek. Daardie oordeel is so geweldig dat alles en almal verstom staan. Die hemelkore, ʼn ontelbare menigte, miljoene engele en die ouderlinge wat juigend God se lof

besing (Op.7), word stil. Daar heers vir omtrent ʼn halfuur lank ʼn aangrypende stilte in die hemel.

Die stilte het egter ook te doen met afwagting. Ons lees in Op.6, as die 5de seël oopgebreek word, van die stem van die martelare onder die altaar. Johannes sien hulle siele onder die altaar, hulle wat doodgemaak is omdat hulle aan die Woord van God en die getuienis van Jesus vasgehou het. Ons lees in vers 10 dat Johannes hulle hard hoor roep: “Hoe lank nog, heilige en getroue Heerser? Wanneer voltrek U die oordeel en wreek U ons dood op die bewoners van die aarde?” Met ingehoue asem word God se oordeel afgewag wat die finale verlossing sal bring vir al die gelowiges.

Hier op aarde moet ons ook maar net stil word voor God, want ook in ons stiltetye openbaar God Hom aan ons. So dikwels wil ons hê dat God Homself moet openbaar in die opspraakwekkende, in dinge wat die wêreld se verbeelding moet aangryp, maar die Here werk ook en is ook teenwoordig –soos in die dae van Elia – in die gesuis van ʼn sagte koelte.

Op Golgota het Jesus Christus ook deur drie ure van algehele duisternis en in doodse stilte die hel se lyding deurworstel. So het Hy die oorwinning behaal, sodat ons vandag die heerlikheid van die Here deur die werking van die Heilige Gees kan sien en ervaar – ook wanneer ons stil word voor Hom.

Ja, ons sal stil-verstom staan oor hoe Hy sy plan in vervulling laat gaan.

10 VROUEBLAD September 2013

Deur Ds. JAn Du PlessisDaar gebeur elke dag verstommende dinge in die wêreld en in ons lewe – dinge wat die aardbewoners soms vir ‘n oomblik sprakeloos laat. Wanneer ‘n aardbewing plaasvind, duisende mense sterf as gevolg van oorstromings en ander natuurrampe, kindertjies misbruik word, mense mekaar uitmoor in burgeroorloë, die wêreldekonomie wankel of ‘n geliefde sterf, dan word die mens stil. Want daar is nie regtig antwoorde op hierdie dinge nie.

Page 11: Stilte in die hemel - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/vroueblad... · 2018-09-10 · Hoe heerlik is dit nie om na ’n dag se gewoel en gewerskaf

leefdinge

HoorbareStilte

11VROUEBLAD September 2013

DEUR ANNATJIE DU PLESSIS

Hoe min het ons werklike stilte. ‘n Stilte wat so stil is dat dit hoorbaar stil is. Samuel Miller Hageman het gesê: Om alleen te wees met stilte, is om naby te wees aan God.Gaan sit vir ʼn oomblik en luister. As jy in die stad of in ʼn dorp woon sal jy waarskynlik die hele tyd voertuie hoor, mense wat praat, sirenes wat loei. En as jy dit kan regkry om daardie geluide uit te blok, sal daar nog ʼn magdom van ander geluide wees.

Op ʼn plaas waar daar minder kunsmatige geluide is, sal dit die geblêr van ʼn bok wees, die tjank van ʼn jakkals, die geruis van die wind. My ma het ons leer luister. As die wind so deur die takke ritsel of om die hoeke huil, het sy ons bymekaargemaak, stil gaan sit en gesê: “Luister na die wind. Luister hoe mooi waai die rok wat die windvrou vandag aan het.” Soms was dit ʼn chiffonrok wat gladde suisgeluide maak, ander kere van net of ʼn harde materiaal wat woeste geluide maak. Maar nooit was enigeen van ons bang vir die geluid van wind nie. Nie vir ʼn ligte briesie of ’n stormwind nie. Dit was so mooi en die rokke wat die windvrou gedra het, was so spesiaal – elke keer anders.

Later jare het ek vir die Sothoseuns in matriek, waarvoor ek Afrikaans moes gee, bekendgestel aan die windvrou toe die wind eendag so om die klaskamer se hoeke loei. En toe ek sien hoe ʼn nuwe wêreld vir hulle oopgaan, vertel ek sommer van die tandemuis ook. Hulle kon hulle ore nie glo nie en tog was dit hulle wat my gou onderbreek het as die wind waai, met: “Mevrou, daar is die windvrou weer!”

Die geluid van wind was die naaste wat ek ooit aan totale stilte gekom het totdat ek geleer het om vir die stilte te luister. Ek het leer glo wat Thomas Kempen (1379-1471) gesê het: Gelukkig is die ore wat die sagte geruis van God se fluisterstem opvang, en later niks meer opmerk van die gegons van die wêreld om hulle nie.

As jy so gelukkig is om in ʼn windstil, doodstil donker nag wakker te kan lê, dan hoor jy die stilte. En dis net dan wanneer jy stoksielalleen met jouself kan wees, met net jou Skepper as geselskap. Dis net dan wanneer jy jou Skepper se stem wérklik kan hoor. Dan kan jy voor God verskyn nes jy is.

En as jy kyk hoe stil die maan beweeg, hoe stil die sterretjies blink, hoe sag die son opkom en ondergaan, dan weet jy God is ʼn God van stilte. Ondanks die feit dat Hy sy stem kan dik maak met donderweer en ander elemente, as Hy dit nodig sou vind.

En ek kan nie wag om eendag in die Hemel te kom nie. Daar sal beslis ʼn vredige stilte wees – mét die klanke wat daar sal wees – nét mooi.

Page 12: Stilte in die hemel - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/vroueblad... · 2018-09-10 · Hoe heerlik is dit nie om na ’n dag se gewoel en gewerskaf

12 VROUEBLAD September 2013

O m al die balle in die lug te hou is nie altyd maklik nie, veral nie vir ‘n ma nie. Tot my skok besef ek toe dat my kind se ma-en-dogter naweek op die Puk toe dieselfde naweek is as ons Nagmaal. Dit beteken dat ek vinnig ʼn spyskaart vir die komende

Nagmaalete moet beplan. Ek word vriendelik dog dringend daaraan herinner dat dit my groep se beurt is om kos te maak. Toe ek iewers in verlede week opstaan na my dagslapie (ek mag — want ek werk in die nag!) probeer ek al die toue vasmaak. Ons spyskaart is bobotie, rys, patats, groenboontjies, mengelslaai en poeding. Die Sondag voor die Nagmaal kry elke vrywilliger ‘n sak met 5 kg maalvleis om daarvan ‘n verruklike bobotiedis te maak. Die patatgereg vir Sondag bly sonder enige vrywilligers. Ek besef ékself moet dit maar inpas... Dit is tog my groep se beurt. Ek begin beplan hoe ek iewers tussen al die bedrywighede van die komende naweek ook nog patats moet maak in Potchefstroom en dan moet dit ook betyds weer in Pretoria wees vir die Nagmaalete.

Ek werk Donderdagnag, so die plan is om net ‘n kort slapie te slaap en dan vroegmiddag Potchefstroom toe te ry. Ek moet daar wees voor die Administratiewe Buro toe maak , want sien ... Ek moet daar 800 Vroueblaaie oplaai vir Kameeldrift se Damestee ... vir die volgende besige naweek.

Toe ek vir my man van al die planne vertel, bly hy net stil. Daardie onheilspellende stilte wat ‘n gesoute getroude man oor jou strooi omdat hy weet woorde gaan nie gepas wees nie. Hy is slim genoeg om niks te sê nie en tog sê daardie stilte alles. Die stilte vertel dat hy nie

saamstem met die gejaag af Potchefstroom toe nie... Nie saamstem met die stres oor die patatgereg wat ek op myself gelaai het nie... Hy kan my ook nie uithelp nie, want hy moet vanaand hamburgerpatties maak saam met dié groep en die sakke uie en pietersielie op ons Kilimanjaro kombuisteëls bevestig sy stilte. Dit is sy werk om die uie en pietersielie in die voedselverwerker fyn te maal sodat die proses gouer verloop.

Dit was die eerste stilte van die naweek.

Ek gaan slaap en skrik wakker met die besef dat ek reeds te lank geslaap het. Hy het intussen tog begin rondbel en gereël dat die Vroueblaaie vroeëer afgehaal kan word sodat ek ‘n bietjie langer kan slaap.

Ek pak in vir vier seisoene en vertrek Potchefstroom toe. Die pad is besig en ek moet kophou. Ek was lanklaas daar.

‘n Besige naweekmet sewe stiltes

DEUR GRIET SWANEPOEL

Soms word ‘n mens se besige lewe geruk met stiltes, onverwags,

ongekend en so verdiepend.

leefdinge

Page 13: Stilte in die hemel - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/vroueblad... · 2018-09-10 · Hoe heerlik is dit nie om na ’n dag se gewoel en gewerskaf

13VROUEBLAD September 2013

leefdinge

‘n Besige naweekmet sewe stiltes

DEUR GRIET SWANEPOEL

Die lewe snel net eenvoudig te vinnig verby. My telefoon lui en ek hoor my man is baie ontsteld. Hy bel

nie sommer as hy weet ek bestuur nie. Ek hoor hom praat, maar dit neem ʼn rukkie voordat sy woorde tot my deurdring: Ons beste vriende uit ons eerste gemeente se kind (sopas 21 en net so oud soos my middelkind) is op slag dood in ‘n kop-aan-kopbotsing.

Dit is ‘n tweede stilte in my naweek.

Dit is ʼn pynlike stilte en my hart is sonder woorde. Dit is ‘n huilstilte. ‘n Skok.

Ons het saam kinders grootgemaak en saam gewerk om destyds die gemeente se deure oop te hou en hulle was deel van ons vele terapeutiese braaie.

Die naweekplanne word dus nou verder uitgerek na ʼn rit Messina toe. Ná die Nagmaalete gaan ons dus pak en ry vir die begrafnis, vertel my man vir my.

Ek stop in Potchefstroom — eerste by my ouma. Sy was nog tot onlangs heeltemal onafhanklik in haar eie woonstel. Toe kom die beroerte en niks sal ooit weer vir haar dieselfde wees nie. Sy moes toe versorgingseenheid toe. Daar het sy nog verder verswak en ook nog geval en ‘n ribbetjie gebreek. Sy deel ‘n kamer met drie ander wat ook versorging nodig het. Sy lê in ‘n bed met kotkante aan, die kamer is so vol. Daar is nie eers ‘n stoel vir kuiergaste om op te sit nie. Haar

bedkassie is vol foto’s. Ek voer haar aandete vir haar... “‘n Sop met ʼn snaakse smaak,” beskryf sy dit. Ek het vir haar aarbeie gebring, daardie groot rooies van Woollies. Haar oë rol van blydskap. Sy eet sommer vier na mekaar.

Haar verswakking, totale afhanklikheid en die weerloosheid is my derde stilte van die naweek.

Ek kom uiteindelik by my kind aan in Wanda-koshuis. Daar word ek hartlik ontvang deur die Dore (benaming vir eerstejaar studentedames aan die NWU, Potchefstroom – ek was ook baie jare terug ene, Red.). Die ma-en-dogter-naweek skop af met ‘n braai.

Ek kom uiteindelik tuis by my jongste sus wat ook in Potchefstroom bly. Sy het goedgunstiglik my Vroueblaaie by die Administratiewe Buro gaan oplaai. Ek is so dankbaar. Ons drink tee. Ons praat soos net sussies kan praat. Ongebonde, sonder skanse. Haar kind is op die Gimmieraad verkies en ek is saam met haar bly. Hulle het die afgelope tyd gewik en geweeg om Australië toe te gaan. Ons het maar ons harte vasgehou want ons halfdosyn sussies is maar baie geheg aan mekaar. Sy vertel my dat hulle nou finaal besluit het om te bly. Ons lag saam! Dit loop in ons gene ... As ons sussies bymekaar is, is die lekker huil en lekker lag deel van ’n goeie kuier. Dit is die terapie wat ons regop hou.

Ek het haar seker iewers langs die pad vertel van my <

Page 14: Stilte in die hemel - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/vroueblad... · 2018-09-10 · Hoe heerlik is dit nie om na ’n dag se gewoel en gewerskaf

leefdinge

patatgereg vir die Nagmaalete. Ek kom in haar kombuis: Daar lê die patats, gemmerkoekies en malvalekkers vir my patatgereg. “Ek sal dit vir jou maak, sodat jy jou naweek kan geniet!” sê sy.

Die liefde van sussies. Daar is nie altyd woorde om daardie kameraadskap en geloofsband te beskryf nie.

Dit was my vierde stilte van die naweek.

Die volgende dag verloop die ma-en-dogternaweek baie oulik. Daar is grimeersessies en ‘n “cupcake-kompetisie”. Die aand word die Juffrou Wanda-kompetisie gehou. My kind maak klaar as Huiskomiteelid dié jaar en sy was verantwoordelik vir die vooraf promosie-video oor die koshuis. Almal sit en kyk na die video. Heel aan die einde van die video verskyn haar gesig en sê sy: “ Hallo Ma!” Almal lag en kyk vir ons. Ek is so bly ek het gekom. Bowenal word ons ook gekies as een van die drie pare “look-alikes” ma-en-dogter. Ons moet op die loopplank loop en die gehoor vermaak. Ek en sy is saam en ek voel weer die jonkheid van studentelewe en die bruising van my kind aan die vooraand van die grootmenslewe. Dit is lekker om ‘n ma te wees. Ek is so dankbaar vir al die geluk wat sy hier op Potchefstroom kon ervaar.

Dit was my vyfde stilte van die naweek.

Die volgende oggend ry ek voor dagbreek met die bakke gaar patats vir die Nagmaalete in my kar. Ek stop by die kerk. Die saal lyk so mooi. Die tafels is gedek. Almal is opgewonde. Die lidmate kom met mandjies vir die Nagmaalete na die saal. Hulle kuier die hele tyd saam. Die susters is besig om alles reg te kry. Ek pak my patatgereg in die oond om warm te hou . Niemand weet hoe ver dit gekom het nie. Niemand weet van al my stiltes tot hier nie.

Daarna is dit Nagmaal. Ek sit aan die derde tafel. Ek sluit my oë en beleef ‘n intense stilte in my hart met die aanhoor

van die woorde: “Vir die versoening van al ons sondes”. Ek beleef ‘n diep dankbaarheid. Ek sit met my toe oë en luister intens. Ek is in my eie stilte. Salig onbewus van die ouderling wat vir my die bord met die broodjies aangee. Hy dink ek het nagdiens gewerk en aan die slaap geraak en pomp my in die ribbes asof ek stout kind is. Ek maak my oë oop. Hier is die bord met die broodjies reg voor my. Ek vat my stukkie broodjie en hou my oë nou oop.

Die Nagmaal is my sesde stilte vir die naweek.

Ons pak vinnig na die Nagmaal in vir die lang rit na Messina toe.

Dit is ʼn nagmerrie-rit met trokke en trokke. Uiteindelik staan ons voor ons vriende se deur. Daar is dit ‘n gewerskaf vir die volgende dag se begrafnis. Ons vriende is al opgehuil toe ons daar aankom. Hulle word gedra deur ‘n gemeenskap wat hulle toegevou het met liefde. Die huis staan vol blomme, eetgoed en kaartjies. Gastehuise het hulle kamers gratis beskikbaar gestel vir almal wat van ver af kom. Ons kry ook slaapplek.

Die volgende oggend is dit begrafnis. Die hele gemeenskap is daar. ‘n Gemeenskap wat ons elf jaar laas gesien het. Die handjie vol susters het borde vol kos gemaak. Die groot hartseer word draaglik gemaak deur almal se liefde en beskerming rondom hulle. Ds. Cornel Nagel troos ons met ‘n wonderlike boodskap.

My man sluit af met die dankgebed by die graf. Sy stem is diep en helder en word ver deur die Bosveldwind die veld ingedra. Almal hoor hoe ons as gelowiges in God se hand vasgehou word. Ons hou vas aan die woorde van Ps. 42: 5 wat ons in die kerk gesing het: “Maar die Heer sal in my lewe weer oordag sy guns gebied, ook deur donker nag omgewe, sing ek nog my pelgrimslied...”

Ek staan weer sonder woorde, my sewende stilte in ‘n baie besige naweek.

14 VROUEBLAD September 2013

Page 15: Stilte in die hemel - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/vroueblad... · 2018-09-10 · Hoe heerlik is dit nie om na ’n dag se gewoel en gewerskaf

15VROUEBLAD September 2013

leefdinge

Die God wat ek leer ken het en hoe dit my lewe verander het deur Arnold Mol

Boekeblad Soveel mense probeer God in ʼn boksie plaas van wie húlle dink Hy moet wees. In Die God wat ek leer ken het bied Arnold Mol sy insigte en interessante perspektiewe op die God van die Bybel.

Elke hoofstuk in Die God wat ek leer ken het kyk na ’n spesifieke onderwerp, onder meer:

God se soewereiniteit sy genade sy Vaderskap sy heerlikheid Die skrywer lig spesifieke verse uit die Bybel uit

waarvolgens hy sy geloof en pad saam met God ge-rig het en wys so vir lesers hoe hulle ook hierdie be-moediging uit die Bybel kan ontdek. Die boek is ook deurweef met persoonlike getuienisse en praktiese verhale wat die heerlikheid van God openbaar.

Die God wat ek leer ken het is ’n getuienis van die dinge oor God wat die outeur ontdek het deur sy gees-telike ervaring en hoe dit deel kan word van elke ge-lowige se reis. Spesifikasies:

KORT KOPIE Die God wat ek leer ken het is ’n duidelike en insiggewende uitdrukking van Bybelse waarhede oor die God wat Arnold Mol leer ken het uit sy geestelike ervarings, en spruit voort uit sy begeerte om die feite met lesers te deel. Onderwerpe word bespreek met verrassende eerlikheid en sluit in: God se soewereiniteit, sy genade sy Vaderskap en sy heerlikheid.

OOR DIE OUTEUR

Arnold Mol is ’n gekwalifiseerde bedryfsielkundige; praktiseer as bestuurskonsultant; het ’n roeping as openbare spreker en het ’n passie om die Bybel te bestudeer. Hy het talle boeke die lig laat sien oor onderwerpe soos bestuur, motivering, konflikhantering, ouerskap en die huwelik. Sy grootste liefde is egter om God se Woord aan ander uit te lê. Hy het al vanaf vele kansels in talle kerkgenootskappe gepraat, maar hy beskou homself as ’n leermeester en nie as ’n prediker nie. Hy het die gawe om Bybelse waarhede op ’n praktiese en toepaslike wyse te verduidelik. Hy en sy vrou, Joy, woon in Pretoria. Hulle het drie volwasse

kinders en ook kleinkinders.

UNIEKE VERKOOPPUNTE - Arnold Mol het meer as 40 jaar se ondervinding as bestuurskonsultant. Sommige van sy kliënte sluit in: Anglo-

American, Volkswagen, British American Tobacco, First National Bank, Iscor, Old Mutual, Suid-Afrikaanse Brouerye, Sanlam, Sasol en Telkom.

- Sedert 1978 het Arnold al meer as 900 opleidingsessies vir bestuurders, beide plaaslik en internasionaal, in die sake- en landbousektor aangebied.

- Ook beskikbaar in Engels onder die titel The God I have come to know.

ANDER BOEKE DEUR DIE OUTEUR - Jy kan word wat jy is - Maak wenners van jou mense

ISBN: 978-1-4316-0680-1

Prys: R129,95

Vrystellingsdatum: Junie 2013

Kategorie: Christelike leefwyse

Teikenmark: Algemeen

Formaat: 148 x 210 mm

Bladsye: 244

Omslag: Sagteband

Die God wat ek leer ken het … en hoe dit my lewe verander het

Arnold Mol is ‘n bekende skrywer wat al boeke oor onder an-dere die huwelik, ouerskap en bestuurstyl die lig laat sien het. Hy is nie ‘n teoloog nie, maar ‘n bedryfsielkundige en bestu-urskonsultant met ‘n besondere kommunikasietalent. Hoewel hy eintlik Engelssprekend is, skryf hy gemaklik in Afrikaans. Wanneer ’n mens die boek deurlees verklap sy skryfstyl sy Engelse wortels, maar dit is nie hinderlik nie: Die boek lees gemaklik.

Arnold Mol is ‘n Christengelowige met diepgaande Bybelken-nis. Sy doodgewone aanpak van Bybelse waarhede is verfris-send.

Die eerste hoofstuk se opskrif het my laat frons: God se beperkinge. Maar die lys bevat sake soos: God kan nie foute maak nie; Hy kan nie besluit om nie meer om te gee vir sy kinders nie; Hy sal nie raad aanvaar nie.

In die daaropvolgende hoofstukke praat dr. Mol onder andere oor God se heiligheid, soewereiniteit, genade, oorwinning, vergifnis en die verbond. Telkens verdiep ’n mens se insig in ons Here. Die skrywer/spreker het uit baie jare se studie en voorbereiding vir geleenthede waar hy gelowiges toe-gespreek het, geput. Elke hoofstuk is ryk aan wie God is. Hy haal so kwistig uit die Bybel aan dat dit voel of ’n mens amper die hele Bybel weer saam met hom gelees het.

Dit was vir my goed om soms ongerieflik te voel oor die manier waarop hy ‘n situasie inkleur of vanuit ‘n ongewone hoek benader. Dit dwing jou om verantwoording te doen vir wat en hoe jy glo – en dis dan wanneer jy gedeeltes uit die Bybel asof vir die eerste keer raak lees.

Die hoofstuk oor God se gevoelens is my gunsteling! Soos dr. Mol sê: “Ek vind dit moeilik om te glo dat God ‘n liefdes-verhouding met my wil aanknoop.” Hy soek my geselskap op omdat dit vir Hom lekker is! Ek voel sleg oor al die kere wat ek in die derde persoon aan Hom dink, eerder as om direk met Hom te praat. Die boek beklemtoon dat Jesus nie ver-niet sê die belangrikste gebod is om Hom lief te hê met alles wat ek is en het nie, eerder as om Hom te dien of te aanbid of te verheerlik nie.

Lees dié boek as jy smag na verdieping in jou verhouding met God en jy sy liefde, vrede en vreugde binne-in jou wil voel groei.

Resensent: Annamie Odendaal

ISBN: 978-1-4316-0680-1Prys: R129,95Vrystellingsdatum: Junie 2013Kategorie: Christelike leefwyseTeikenmark: AlgemeenFormaat: 148 x 210 mmBladsye: 244Omslag: Sagteband

Page 16: Stilte in die hemel - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/vroueblad... · 2018-09-10 · Hoe heerlik is dit nie om na ’n dag se gewoel en gewerskaf

16 VROUEBLAD September 2013

teks & vers

DEURMARLETTE VAN ROOyEN

Storie 1: “Sjuut!..”. “Sit nou stil!” “Saggies, nee, sit!” “Sjuut, sjuut, sit stil asseblief!” “Kom ons blaai deur die boekie, hier is jou melkie!” Trap. Trap. Trap. (Nou is my klere vol stof. Sug!). “Draai om en sit plat.” “OK, SJUUT!” En so gaan dit aan, dwarsdeur die hele erediens. Dit voel of ek myself honderd maal herhaal. Deelname aan die erediens is verseker nie meer ’n tyd van rustig en stil word voor God nie. As ek op ’n goeie Sondag die helfte van die preek hoor, is ek gelukkig! En ongelukkig gaan dit nie vinnig verander nie...

Storie 2: Ek besluit toe maar om opnames van die preke te kry, dan kan ek darem in my kar na die CD’s luister – sommer so ʼn paar maal oor en oor. Dit is darem so ‘n bietjie rustiger. Totdat ek ʼn baba op die CD hoor gesels, en ek wonder: “Is dit my baba?” Ons gemeente het verseker ʼn puik klankstelsel. Pla dit die ander mense? Ek het weer ʼn stuk van die preek nie ingeneem nie. Rewind, Rewind! Fokus!

Storie 3: Dit is lekker stil so vroeg in die oggend. Daar is niks wat my aandag verg nie, en ek is ook nie moeg nie. Ek staan nou in die oggend ʼn halfuur vroeër op, sodat ek in dié halfuur voordat my seuntjie wakker word, rustig kan Bybel lees en bid. Maar die afgelope week is boeta vroeg wakker, en my stilte tyd raak speel tyd.

Storie 4: “Het julle julle kos geëet? Nog koeldrank? Goed, oppas: mooi loop.” “Sit. Sit plat op die grond. Almal klaar?” “Kom sit nou voor die TV en kyk die storie. Nie dié storie nie, nou watter storie wil julle kyk?” “Dis reg, sit nou mooi stil, ons wil nou Bybelstudie hou….”

“Mamma, ek wil nog koeldrank hê!” “Kom hier, dan gooi ek vir jou in, maar wees nou saggies, ons is besig met Bybelstudie.” “Jy! Sit plat op die bank, ons is besig, asseblief, kyk die storie….” Huil, huil. “Wat gaan hier aan? Asseblief, wees nou rustig, ons is amper klaar. Kyk die storie.” “Saggies julle, ons gaan nou bid (SJUUT, ons is bésig om te bid).”

En so is daar baie stories. Altyd ietsie. Iets wat ’n mens se aandag verdeel en jou stilte steel. Daar is so baie geraas om ons, en partykeer is die geraas binne-in ons koppe harder as die res.

So elke week probeer ek maar weer om God se stilte te soek, en in die paar oomblikke wat ek wél stilte by Hom beleef, vind ek rustigheid in Hom.

Wees Stilen Weet

Wees stil en weet: Ek is die Heer.Ek spreek en wind en golwe bedaar,

Ek sal ook jou getrou bewaar.

Wees stil en weet: Ek is die Heer.Ek ken jou pyn, jou donkerste nag.

Ek is by jou, Ek gee jou krag.

Wees stil en weet: Ek is die Heer.Kom bring na My jou kommer en vrees.

Ek sal vir jou ‘n toevlug wees.

Wees stil en weet: Ek is die Heer.Bly waak en bid; volhard in geloof.

Ek is by jou soos Ek beloof.

Lied 519

In stil wees lê die wonderbaarlike

krag opgesluit vir antwoorde, suiwering, die fokus op die wesenlike

– Dietrich Bonhoeffer.

Stilte

Page 17: Stilte in die hemel - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/vroueblad... · 2018-09-10 · Hoe heerlik is dit nie om na ’n dag se gewoel en gewerskaf

teks & vers

17VROUEBLAD September 2013

Dink in Stilte Ps. 4:5: As jy ontsteld raak, moenie sondig nie; dink in stilte daaroor na as jy gaan lê, en laat dit daarby!

Vertrou in StiltePs. 37:7: Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van ‘n skelm nie.

Tevrede in StilteSef. 3:17 Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou.

Maandag Dinsdag

Vrydag

Wag in StilteSef. 1:7: Wag in stilte op die Here God! Die dag van die Here is naby! Hy het ‘n maaltyd voorberei, en dié wat Hy genooi het, gewy.

Woensdag

Krag in StilteJes. 30:15: So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê: As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertroue hê.

Sondag

Leef in StilteSag. 2: 13: Wees stil voor die Here, al wat leef! Hy kom uit sy heilige woning te voorskyn!

Tyd vir StiltePred. 3:7: ... ‘n tyd om te skeur, ‘n tyd om toe te werk, ‘n tyd om stil te bly, ‘n tyd om te praat.

StilteD a g b o e k

Teks & vers

Saterdag

Donderdag

Page 18: Stilte in die hemel - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/vroueblad... · 2018-09-10 · Hoe heerlik is dit nie om na ’n dag se gewoel en gewerskaf

18 VROUEBLAD September 2013

leefdinge

Vertel ons iets meer van die mens,Trudie Grobbelaar.

Ek is die jongste van vyf dogters en het die wonderlikste kinderjare gehad. Ons het met ’n oorvloed liefde

grootgeword. My ouers was nederige en Godvresende mense en om God se Woord te ken en te verstaan was so deel

van ons lewe soos die kos wat ons elke dag geëet het. My ouers is in die vroeë tagtigerjare oorlede. Dit was uiteraard

’n baie moeilike tyd vir ons almal, maar ons kon tog God se teenwoordigheid deur daardie hele tydperk aanvoel. Ek

is getroud met Bert, ons is geseën met drie dogters, drie skoonseuns en drie kleinkinders.

Waar het jy gestudeer? Na 16 jaar se skoolhou, het ek ʼn M.Ed. oor stres by

onderwysers van sekondêre skole verwerf aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom. Op hierdie stadium het ek drie

modules by ABBO gedoen, wat ’n groot invloed op my liefde vir Bybelse berading gehad het nie. Ek verwerf toe die Ph.D-graad (Pastoraal) oor stres van die predikante van die GKSA

aan die Teologiese Skool van die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom.

Wat doen jy tans? Ek en Bert, my man, woon nou twee jaar in Centurion waar ek as ’n pastorale berader praktiseer. Voordat ons

Centurion toe getrek het, was ek ook betrokke by die psigiatriese eenheid van die Corona Privaat Hospitaal in Bethlehem. Corona het ’n multidissiplinêre benadering en dit was ’n uitstekende ondervinding om met kliniese

sielkundiges en psigiaters saam te werk. Uiteraard het dit my kennis en ondervinding geweldig verbreed. Die mens is

immers wonderlik geskape na liggaam siel en gees, en wat met die een deel gebeur het ’n invloed op die ander.

Wat is vir jou onverhandelbaar in die lewe? In die eerste plek my geloof in God Drie-enig en dat Jesus Christus, my Saligmaker en Verlosser is – Hy het vir my die hoogste offer gebring om my in my gebrokenheid weer met God te versoen. Ook dat alles wat in die Bybel staan vas en waar is, sowel as die wete dat ek slegs uit genade leef. Daarbenewens dat ’n mens met integriteit en sonder kompromieë moet probeer lewe.

Jou gunsteling kos? Ek is baie lief vir lekker eet! Ek hou van seekos, sowel as ’n lekker stuk rooivleis soos skaapboud, en natuurlik gebakte poeding met roomys.

Jou gunstelingmusiek? Ek luister graag na rustige klassieke musiek en mooi koormusiek.

Watter boeke lê tans op jou bedkassie? Die Bybel en boeke van prof. Wentzel Coetzer. Ek het baie respek vir sy ondervinding!

Hoe voel jy oor die feit dat jy nou in die vervolg maandeliks Bybelse berader gaan wees vir ons lesers? Ek beskou dit as ’n geweldige uitdaging aangesien daar baie trauma, hartseer, emosionele pyn en eensaamheid onder ons mense is. Volgens Paulus is ons as gelowiges een liggaam met baie lede en moet ons vir mekaar te sorg (1 Kor. 12:25), mekaar troos en bemoedig (1 Tess. 4:18; 1 Tess 5:11). As ek as ’n instrument kan dien om net aan ’n klein deeltjie van hierdie opdrag te voldoen sal ek baie dankbaar wees.

OntmoetTrudie

Grobbelaar ...Die Vroueblad se eie Bybelse berader

onDerhouD gevoer Deur coBie steYn

Die redaksie van Die Gereformeerde Vroueblad het vir Trudie Grobbelaar gevra of sy nie vir ons ʼn Bybelse beradingsblad wil hanteer nie. Sy het ingewillig en daarom stel ons haar hierdie maand aan julle bekend. En wanneer julle haar nou hierdie maand leer “ken” het, neem die vrymoedig-

heid om julle vrae, dinge wat diep in die hart vassit en krap en pla, vir haar aan te stuur. Cobie Steyn het gaan uitvind wie Trudie Grobbelaar is.

onDerhouD gevoer Deur coBie steYn

Page 19: Stilte in die hemel - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/vroueblad... · 2018-09-10 · Hoe heerlik is dit nie om na ’n dag se gewoel en gewerskaf

19VROUEBLAD September 2013

leefdinge

Wat is berading? Enige mens se emosies veroorsaak soms diep emosionele pyn wat selfs as fisieke pyn gevoel kan word as gevolg van byvoorbeeld ’n traumatiese ervaring, verliese gely, of van

’n reeks negatiewe en pynlike denkpatrone wat stelselmatig ontwikkel weens aanhoudende ongesonde of pynlike

omstandighede. Met berading kan die persoon se lewe egter weer sinvol

gemaak word en genesing plaasvind deur in ’n gesprek met ’n kundige persoon te tree wat hom kan lei om sy probleme te

erken, te verbaliseer (in woorde om te sit), te verstaan en sy denkpatrone weer positief te kry.

Hoe sien jy Bybelse berading? Bybelse berading hou in dat die emosioneel verwonde

persoon genesing en weer sin in sy lewe kan ervaar as hy in staat gestel word om die vrede van God wat alle verstand

te bowe gaan (Fil. 4:7), te (her)ontdek. God het ons immers nie aan onsself oorgelaat na die sondeval nie, maar in ons

bestaan ingegryp en ons weer met Homself versoen deur die kruisdood en opstanding van sy Seun, Jesus Christus (Kol.

1:22). Omdat Christus nou die groot Geneesheer is, moet die

berader die persoon onder leiding van die Heilige Gees help om met liefde en integriteit en deur middel van die Woord

van God bo sy probleem uit te styg deur sy denke so te verander dat hy uiteindelik totaal op Jesus se verlossingswerk

kan fokus.

Wat is die taak van die berader? Die berader moet die emosioneel verwonde persoon in liefde

benader en weens die unieke geskapenheid en situasie van die persoon besef dat hy slegs onder leiding van die Heilige

Gees die persoon se nood kan aanspreek.

Die berader moet natuurlik totaal betroubaar wees en alle sake vertroulik hanteer, buiten hoogs uitsonderlike gevalle waar ingrypings noodsaaklik is, of waar onderling ooreengekom is.

Enige berader moet ook sy beperkinge besef. As ’n geval totaal buite sy veld val, moet hy nie huiwer om die persoon na ’n ander geskikter berader te verwys nie.

Wat sal jy vir iemand sê wat nie die vrymoedigheid het om na ’n berader toe te gaan met haar probleem nie? Dit sal afhang van haar situasie. Dit is onnodig om so deur die lewe te gaan want daar is hulp beskikbaar. Ons val so maklik vas in tonnelvisie as dit nie goed gaan met ons nie. Gevolglik word ons selfbeeld so afgetakel dat ons onsself meer en meer isoleer – wat ons probleem uiteraard vererger.

Ander kere is ons skaam oor ons probleme of wil dit nie eintlik self erken nie. Dan begrawe ons dit diep in ons gemoed en glo dat dit nou een maal ons lot is.

Omdat ons emosies ’n effek het op ons liggame en andersom, kan die probleem net vererger en kan ons selfs baie siek word daarvan (vgl. Ps. 32:3; Spr. 17:22 ens.). Maar God wil hê dat ons lewe in oorvloed moet hê (Joh. 10:10).

Stuur gerus julle vrae aan Trudie:SMS: 084 589 5965E-pos: [email protected]: 012 653 7521Slakkepos: Posbus 11309, Wierdapark-Suid, 0057.

Trudie praat oor beradingonDerhouD gevoer Deur coBie steYn

Page 20: Stilte in die hemel - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/vroueblad... · 2018-09-10 · Hoe heerlik is dit nie om na ’n dag se gewoel en gewerskaf

20 VROUEBLAD September 2013

leefdinge

Baanbrekerswerk is oor die afgelope dekades deur Vroueblad gedoen om die Gereformeerde vrou te bemagtig, te versterk en haar unieke identiteit uit te bou. “Die Vroueblad het vir die

gelowige vrou binne ons kerk ‘n stem gegee. Dit is baie belangrik dat hierdie blad behoue moet bly en nie moet saamsmelt met die ander kerklike tydskrifte nie,” sê hy tydens die Vroueblad se

besoek aan hom.

Ons behou steeds die rooi taaltelefoon,

prof. Jacques!Deur griet swAnePoel

Prof. Jacques van der Elst tree vandeesmaand uit as redaksielid van Die Gereformeerde Vroueblad na ‘n kwarteeu se diens en meelewing met die Gereformeerde susters die afgelope jare.

Hy was ook bevoorreg om in dié tyd saam met vier ander redakteurs te werk.

Prof. Jacques van der Elst en sy vrou Betsie. Hulle is lidmate van Die Gereformeerde Kerk Rietvallei.

Baanbrekerswerk is oor die afgelope dekades deur Vroueblad gedoen om die Gereformeerde vrou te bemagtig, te versterk en haar unieke identiteit uit te bou. “Die Vroueblad het vir die gelowige vrou binne ons

kerk ‘n stem gegee. Dit is baie belangrik dat hierdie blad behoue moet bly en nie moet saamsmelt met die ander kerklike tydskrifte nie,” sê hy tydens die Vroueblad se besoek aan hom.

Page 21: Stilte in die hemel - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/vroueblad... · 2018-09-10 · Hoe heerlik is dit nie om na ’n dag se gewoel en gewerskaf

21VROUEBLAD September 2013

leefdinge

Passie vir die VrouebladSy betrokkenheid en passie vir die Vroueblad het reeds in sy jeugjare begin:

“Eintlik lank gelede, in die vyftigerjare, het die destydse redaktrise mev. Dollie du Plooy ‘n briefie aan my ma geskryf na die oorlye van my pa. Ons was toe nog nie so lank in die land nie en die troosbriefie van die redaktrise van die Vroueblad het diep indruk op my gemaak,” vertel hy.

Eerste bydraeSy eerste bydrae in die Vroueblad was rondom 1987. Die artikel was geïnspireer na sy ma se beroerte. Die siekte het haar so aangetas dat sy verlam in haar siekbed gelê het en sy stamelend gesê het: “Nu ben ik weer een baby.” Daarna het sy eerste artikel in die Vroueblad die lig gesien met dieselfde woorde van sy bejaarde moeder as opskrif.

“Toe was die Vroueblad onder redaksie van mev. Annaline de Bruyn wat, neem ek aan, mev. Du Plooy opgevolg het,” sê hy.

Redaksielid sedert 1988“Toe Ansie du Plessis by Annaline de Bruyn oorgeneem het, het sy my gevra om by die redaksie aan te sluit en sedert dié tyd was ek nog maar altyd daar – tot nou toe. My vrugbaarste skryfjare was tydens die redakteursjare van Ansie du Plessis en Mariana Venter. Alles het toe redelik maklik gegaan, omdat ons al drie op Potchefstroom gewoon het, trouens byna al die redaksielede was daar en ons kon vinnig besluite neem. Die redaksie het toe ook nog die weelde gehad dat ons byna maandeliks van oog tot oog kon vergader,” vertel hy.

Van die bydraes wat hy destyds geskryf het, was die een oor die Chinese meisie (reg uit Rooi China) ene wat uitstaan. Dié meisie het op ‘n dag vir hom gevra: “Sir, can I secretly believe in God?”

Hy was toe hoof van die PUK se internasionale kantoor en moes baie internasionale studente se probleme hanteer. Die Chinese studente se ontmoeting met ‘n Reformatoriese lewensbeskouing was vir hulle baie problematies, en hulle het baie begeleiding nodig gehad.

Waagmoed Die volgende fase beskryf hy soos volg: “Marina van Loggerenberg het Mariana Venter opgevolg en soos

elkeen van die redaktrises het sy ook haar eie unieke koers gevolg – ek was toe meer ‘n redaksielid op afstand. Ons het minder vergaderings gehou en die e-poskommunikasie het kragtiger begin intree. My sesjarige redakteurskap van Woord en Daad het my in die voor-negentigerjare soms nogal kontroversiële dinge laat sê wat veral nie altyd polities algemeen aanvaarbaar was nie en wat my nogal ‘n hele paar keer in die moeilikheid laat beland het.

Miskien het ek ook my nek uitgesteek en die Vroueblad ‘n bietjie “misbruik” toe ek in Marina se tyd ‘n ietwat uitdagende artikel geskryf het oor die “vrou in die amp”. Deur my jarelange verbintenis met die formidabele vroue van die Vroueblad kon ek nie anders nie as om kant te kies teen sinodale besluite nie,” bely hy.

Nuwe era“En toe kom ‘n nuwe tydperk: Ek word weer professor binne die redaksie, want ‘n oudstudent, Cobie Steyn, word die nuwe redaktrise. Die redaksielede word al hoe jonger en die virtuele aard van die redaksie word al groter en ons is al meer as redaksie oor die land versprei. Die tegniek van kommunikasie het al meer gesofistikeerd geword. Ons voer op gesette tye elektroniese redaksiegesprekke,” sê hy.

AfskeidsboodskapEn daar is ‘n tyd van kom en gaan. ‘n Nuwe redaksie het aangetree – baie jonger mense met nuwe insigte. Dis mos hoe dit moet wees. My taalkritiese oog is nie meer nodig nie. Hoe kan dit dan anders? Ek het ‘n aandeel aan Cobie se taalopvoeding gehad – af en toe bel sy my met ‘n taalnavraag, maar die Vroueblad se taalversorging is puik.

Nuwe tegnieke het dit ook moontlik gemaak om die VB se aanskyn vroliker en lewendiger te maak. Blinknuwe idees ontstaan en talentvolle skrywers het aangetree. Na soveel jare sê ek met liefde en waardering vaarwel aan Die Gereformeerde Vroueblad – die redaksie is in goeie hande, die geesdrif is tot oorlopens toe.

Mag die Here se seënende hand altyd uitgestrek bly oor die blad. Ek bring hulde aan al die vroue wat oor die afgelope dekades redaktrises van die Vroueblad was en die blad gebring het tot waar dit vandag is.

Wie is prof. Jacquesvan der Elst?

Hy behaal sy BA-graad aan die PU vir CHO (kortweg PUK) – later het hy gestudeer aan die universiteite Rhodes, Port Elizabeth, Utrecht en Natal (Pietermaritzburg).Hy was na ‘n joernalistieke loopbaan eers dosent aan die Universiteit van Natal – en is daarna as dosent PUK toe waar hy later hoof was van die Departement Afrikaans en Nederlands. Van 1995 tot 2000 was hy Dekaan van die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte.

In 2000 het prof. Van der Elst die eerste hoof geword van die PUK se Kantoor vir Internasionale Betrekkinge. In 2005 word hy hoof van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns in Pretoria. Hierdie pos het hy tot verlede jaar beklee. Tans is hy die uitvoerende hoof van die Afrikaanse Taalraad. Hy bly steeds betrokke by taal- en kultuur: Hy is ondervoorsitter van die FAK; lid van die Raad van Akademia, die nuwe Afrikaanse universitêre instelling van die Solidariteitbeweging en lid van die Navorsingstrust van die Erfenisstigting.

Hy bied nog op gesette tye honneursklasse (Nederlandse letterkunde) by die PUK aan. Die FAK het hom verlede jaar vereer met die Prestige-toekenning vir sy bydrae tot taal en kultuur oor ’n leeftyd.

Page 22: Stilte in die hemel - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/vroueblad... · 2018-09-10 · Hoe heerlik is dit nie om na ’n dag se gewoel en gewerskaf

As ek net kan skep…

leefdinge

22 VROUEBLAD September 2013

Page 23: Stilte in die hemel - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/vroueblad... · 2018-09-10 · Hoe heerlik is dit nie om na ’n dag se gewoel en gewerskaf

23VROUEBLAD September 2013

Ons verwelkom hierdie maand ‘n nuweling op ons redaksie: Annelize Fourie. Sy is in die plek van prof. Jacques van der Elst op die redaksie aangewys. Haar klokhelder lag toe ek haar vir die eerste keer oor die telefoon hallo sê, het my laat besef: Die Here het beskik dat ons blad ‘n vrolike jong vrou bygekry het. En in haar bekendstelling van wie sy is, borrel die lewensvreugde oor.Steek jou hand uit en sê: “Aangename kennis, Annelize Fourie...”

Van waar?Ek is ʼn gebore Pretorianer wat ʼn rukkie in Potchefstroom en Johannesburg wortel geskiet het. My ouers bly steeds in Centurion. Ek noem dit steeds ‘huis’ ten spyte van die feit dat my man my herinner dat ek nou ʼn nuwe huis het!

Hoërskool Centurion was my leertuiste vir vyf jaar waarna ek my BCom Internasionale Handelsgraad aan die Noordwes Universiteit, Potchefstroom, behaal het.

Groot drome kán waar wordIn my tweede jaar het ek in ʼn joernaal my kreatiewe siel probeer verwoord as die ekonomie net te eentonig geword het. Daarin het ek geskryf: “Droom groot, mik hoog, jy weet nooit dat dit waaroor jy droom, waar kan word nie, wees die beste jy wat jy kan wees… moenie klein dink nie…” en net daarna: “Ek wil Finesse se redakteur word”.

Ja, groot drome, maar ek wou niks anders doen nie. Ek het ʼn roeping gevoel wat hier diep binne-in my brand... ek wou kreatief wees en dinge mooi maak – ʼn lint om die wêreld bind. Ek het kort daarna die PUK se Bybelstudie-dagboek aanmekaar geslaan en besef dis waarmee ek myself voltyds wou besig hou: Woorde, mense en foto’s.

ʼn Geleentheid by Lééf-met hart & siel tydskrif het oopgegaan as Kreatiewe assistent en ek het dit met albei hande aangegryp. Na amper drie jaar daar het ek by Finesse aangesluit as Leefstylredakteur en my passie vir tydskrifte voortgesit.

Ek en ʼn vriendin het as twee groentjies by Lééf die foto’s gestileer en geneem en uit daardie passie het ʼn besigheid ontstaan: Just because. Nou stileer ek nog steeds en sy neem die foto’s en verkoop ons kaartjies, magnete, verjaarsdagkalenders, canvasses en blockmounts daarvan.

Nuwe dromeMy man het ʼn werksaanbieding net buite Wakkerstroom gekry en so is ons sak en pak na die mooiste dorpie in Mpumalanga – nuwe drome, nuwe geleenthede. Hier het ons vrede, ruimte en nogmaals ruimte gevind! Met nie een advertensiebord of kettingwinkel in die dorpie nie, was dit skoon onwerklik. Daar het nog ʼn droom waar geword! Ek het ʼn pragtige winkel op die dorp gekry, Wakkerstroom Trading Co., waarin ek my kreatiwiteit kan uitleef. Die stadsliggies roep my elke maand vir vryskutwerk by tydskrifte waarvoor ek nog baie dankbaar is.Huweliksmaat en vriendEk is verlede jaar Maart met Wilbrie getroud en saam verken ons hierdie mooi deel van ons land en sy mense. Saam hou ons van die buitelug, om nuwe plekke saam met ons German Shorthaired Pointers, Bella en Sani te ontdek en saam RSG te luister!

My passie is om te skep, foto’s te neem, te skryf (kalligrafie), oplossings te kry om produkte beter en mooier te maak en natuurlik tydskrifte. Ek geniet kos kook en mooi tafeldek en om by kerslig elke aand te eet.

Haar pad vorentoe saam met Die Gereformeerde VrouebladEk voel bevoorreg om deel te wees van Die Gereformeerde Vroueblad. Daar lê ʼn groot verantwoordelikheid by ons as jongmense om hierdie trotse tradisie voort te sit, maar modern te verpak en vars aan te bied vir al die voornemende jong lesers. Ek wil op die visuele deel van die tydskrif fokus en help waar ek kan! ʼn Druppel in die emmer is dalk net die laaste druppel voordat die emmer oorloop…

Ek is trots op my geloof, my kerk en my Suid-Afrika.Ek is optimisties opgewonde oor die geleenthede wat die toekoms inhou.

leefdinge

Foto: Francois Booyenshare en grimering: kim winterscale

Page 24: Stilte in die hemel - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/vroueblad... · 2018-09-10 · Hoe heerlik is dit nie om na ’n dag se gewoel en gewerskaf

24 VROUEBLAD September 2013

briewe

Pretoria-Montanapoort

se erediensJEUGDIENS MET KINDERLIKE OORGAWE VAN

KIND ÉN GROOTMENSDeur Dr. Pieter heYstek (gk PretoriA-montAnAPoort)

leefdinge

Uniek eenders én andersNiks is anders nie. Tog is alles anders. Dit is ʼn jeugdiens. Daarom is die fokus anders. Kinders en jongmense op die voorgrond sonder om die grootmense op die agtergrond te skuif. Die gemeente as liggaam van Christus Jesus en daarom volledig een, maar tog die spesifieke fokus op die jeug. Met blydskap saam. Ontmoeting met die lewende Here. Kinders en grootmense saam. En die grootmense wat uniek “eenkant toe staan” sonder om “weg te staan”. Kind en jongmens wat beleef en ervaar dat die erediens anders is maar tog dieselfde in krag en nabyheid van die Here.

Voor die amptelike erediensʼn Blinde leerder van Prinshofskool vir Gesiggestremdes is ons eregas. Donnovan is die kind se naam. Alles is vir hom altyd donker omdat hy blind is. Donnovan word na die mikrofoon gelei. Hy sing graag. Met sy heldermooi seunstem sing hy twee liedere. Liedere wat die taal van geloof en hoop en ʼn nuwe môre verwoord.

In die kerkbanke word dit hoorbaar stil. Kind en grootmens besef wat dit beteken om te kan sien. Donnovan kan nie sien nie en tog kla hy nie. Inteendeel, hy juig en getuig. Die lewe is tien uit tien . .. . Hy kan niks in die lewe sien nie, maar volpunte vir die lewe!

Tydens die erediensSaam aanbid die lidmate die Here. Elke liturgiese handeling soos gewoonlik. En Donnovan lees Matteus 18:1-5 uit die Braille Bybel. Almal kan dit op die sangbordskerms sien . . . . behalwe hyself. Donnovan se vingers wat oor die teks “voel” en uiteindelik die teks weer lees: “Wie is die belangrikste in die koninkryk van die hemel?”

WoordverkondigingAs kinders van die Here ken ons die antwoord. Jesus wat antwoord deur te demonstreer. Hy het ʼn kindjie nader geroep... En ineens doen ek as liturg presies so. Ek roep ʼn kindjie nader en die seuntjie kom.

Sondag 26 Mei 2013. In die vroeë tyd van die oggend kom die gemeente bymekaar. Die Gees van God lewend werkend in die hart en gemoed van elkeen wat aankom . . . . Almal met kinderlike oorgawe. Erediens, feesdiens, aanbidding en verwondering. Die psalmlied

in die siel lewend:“Ek sal my neerbuig op u eis,

na u paleis, die oog na bowe . . . .” (Ps. 138:1)

Page 25: Stilte in die hemel - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/vroueblad... · 2018-09-10 · Hoe heerlik is dit nie om na ’n dag se gewoel en gewerskaf

25VROUEBLAD September 2013

leefdinge

Liturg  en  kindjie  .  .  .  

 

Leraar en kind en die teks (Matt. 18:1-5) word sigbaar werklikheid vir die hele gemeente. Die seuntjie wat kom... wat kinderlik, sonder om vrae te vra maar met opgewondenheid, op die roep reageer. Dit is belangrik... om te kom as die Here roep. Veral as ’n mens dink dat kindertjies in Jesus se tyd geen aansien gehad het nie, maar deur Jesus geroep te word. Voor God en vir God word hulle belangrik geag.

NabetragtingNa die “amen” op die preek dank ons die Here vir sy Woord. Ons sing en ontvang die Here se seën. Ons draai terug na die lewe toe. Die kinders en jongmense juig. Die grootmense getuig: “Nou verstaan ons ook die teks!”

Niks het verander nie. Tog was die erediens totaal en al anders. Die aanpak verskillend. Die fokus gerig op die kind en die reaksie van selfs bejaardes was oorweldigend positief. ʼn Gryskop suster merk op: “Dominee, kan ons nie maar elke Sondag ʼn jeugdiens hou nie?”

Stil rustig ontvang jonk en oud die seën van die Here – saam verwonderd oor Woord en Woordbediening. Erediens, jeugdiens. Wat ʼn genade. Voor ons mekaar groet sê ons:

“Almal moet ontsag hê as daar soveel krag lê in die Here se Woord . . . .”

En die Montanapoorters onthou wie die belangrikste in die koninkryk van die hemel is. Ook die kinders verstaan.

En ons groet vir Donnovan wat anders koerskry die lewe in: Blind, maar hy sien die lig van die Woord.

liturg en kindjie ...

Die  kindjie  kom  .  .  .    

Die kindjie kom . . .Donnovan  lees  uit  die  Braille  Bybel  

 

Donnovan lees uit die Braille Bybel

Donnovan  sing  

 

Donnovan sing

Page 26: Stilte in die hemel - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/vroueblad... · 2018-09-10 · Hoe heerlik is dit nie om na ’n dag se gewoel en gewerskaf

26 VROUEBLAD September 2013

leefdinge

Oom Dawie Bothavan Knapdaar

DEUR MADA DU PLESSIS (LIDMAAT: GK WOLMARANSSTAD)

Oom Dawie is op 16 Oktober 1922 te “Knapdaar” (Wolmaransstad-distrik) gebore en is tans die oudste lidmaat in ons gemeente, maar ook die langste al lidmaat van die gemeente – 74 jaar!

Hy is deur Ds. J.V.Coetzee in die kerkgebou op Makwassie (naby die dam) gedoop. Daardie kerkgebou (toe die enigste kerkgebou op Makwassie en deur die N.G Kerk , die Hervormde Kerk, asook die Engelse Kerk geleen vir hul dienste) is in 1909 gebou, maar in 1963 afgebreek. Ds. Coetzee het hierdie gemeente vanaf Potchefstroom bedien. Oom Dawie se pa was lid van die kerkraad wat toestemming gegee het dat die N.G. Kerk die nagmaalbekers, (tans in gebruik by die Sendingkerk, ‘Knapdaar’) kon gebruik. Oom Dawie se ma het die eerste Sustersvereniging van ons gemeente gestig.

Die susters het gereeld “tiekieaande” aangebied onder die afdak van die mark of in die stadsaal – dit was die enigste geboue met lig! Tydens die “tiekieaande” kon jy ‘n hele sakkie droë perskes of tuisgemaakte lekkers, braaivleis, koek, of brood koop vir slegs twee en ‘n halwe sent en ’n hoender vir ’n paar tiekies. Speletjies soos “armdruk” en skyfskiet het groot pret verskaf.

Tiekieaande het basaars geword en later verkopings.

Oom Dawie het aan die Hoërskool Gimnasium te Potchefstroom skoolgegaan en daar het hy ook belydenis van sy geloof afgelê by Ds. J.V. Coetzee.

Op 30 Desember1950 het die predikant van die N.G-Gemeente te Bloemhof vir oom Dawie en tannie Kotie in die huwelik bevestig in die N.G-Kerkgebou in Makwassie. Hulle was baie geliefd in die gemeente.

Oom Dawie, asook sy pa voor hom, het mevrou Montgomery (oftewel tannie Monty) altyd opgelaai kerk toe. En dié Sondae wat daar Nagmaal gevier is, het oom Dawie, tannie Kotie en die predikant (van Potchefstroom af) na die diens middagete gaan eet by tannie Monty.

So was sy ‘n ruk lank siek, maar het weer so herstel dat oom Dawie haar op ’n spesifieke Sondag kon oplaai kerk toe. Onder die diens het sy egter kort-kort omgekyk na oom Dawie-hulle toe. Naderhand het hulle haar uit die kerk uit gehelp en huis toe gevat. Oom Dawie het vir tannie Blackie Swart (enigste persoon op Makwassie met noodhulpkennis) van

die NG-gemeente gaan haal om na tannie Monty om te sien, maar later die dag moes hulle hoor dat tannie Monty dieselfde dag nog oorlede is.

Dit was ‘n baie hartseer dag toe die deure van die kerkgebou op Makwassie vir die laaste keer gesluit is. Nadat Ds. P.J. Steyn die laaste keer daar gepreek het, het oom Lood Geldenhuys die konsistoriedeur gesluit, die syhekkie en daarna die voorhekkie ingehak – ten aanskoue van die bewoë lidmate. Oom Dawie sê een suster het na hom toe gedraai het en gevra het: “En wat nou?” Daar was reeds ‘n kerkgebou op Wolmaransstad waar dienste gehou is, maar nie almal het in daardie jare motors gehad nie.

Tydens Ds. Malan se bedieningstyd, is oom Dawie vir die eerste keer as diaken verkies. Hy het toe ook op die eiendomskommissie gedien wat afgevaardig was om te gaan onderhandel om die ou Hervormde Kerk op Wolmaransstad te koop. Oom Jannie Venter en oom Walter Coetsee was ook op die kommissie. Op pad na die ou Hervormde Kerk, het oom Dawie die gedagte

Page 27: Stilte in die hemel - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/vroueblad... · 2018-09-10 · Hoe heerlik is dit nie om na ’n dag se gewoel en gewerskaf

27VROUEBLAD September 2013

leefdinge

gekry dat daar liewer ‘n nuwe gebou opgerig moes word. Die kommissie het heelhartig saamgestem en ds. Malan van hulle planne verwittig.

Op hierdie stadium was die Gereformeerde Kerk Wolmaransstad in besit van ‘n stuk grond wat vroeër aangekoop is van die Transvaalse Administrasie. Die grond is aangekoop teen ongeveer 10 pond!

Die eerste dooplidmate wat in die nuwe kerkgebou gedoop is (1957), was ‘klein’ Dawie Botha en Cezar Lubbe (wat vandag nog in die gemeente is). ‘n Sendingaksie, waarvoor oom Dawie ‘n skuur op sy plaas opgerig het, is ook deur die gemeente van stapel gestuur. Die “Knapdaar Sendinggemeente” word in 1973 onder inisiatief van Prof. D.C.S. van der Merwe van Potchefstroom gestig. Later, toe daar ’n verskuiwing van lidmate na Makwassie plaasgevind het, is daar ’n gebou opgerig vir die sendinggemeente.

Oom Dawie onthou ook die groot droogte van 1962 – 1967 toe die predikante oral op die plase verootmoedigingsdienste gehou het. So het ds. Peet Steyn op oom Dawie se plaas “Knapdaar” ‘n diens kom hou.

Tannie Kotie was te alle tye vir oom Dawie ‘n groot steunpilaar – sy het haar kant in die gemeente en die samelewing gebring het. Haar hande het vir niks verkeerd gestaan nie. In 1982 (ds. Breedt se bedieningstyd) het die egpaar Botha meegewerk om die nuwe pastorie, reg langs die kerkgebou, op te rig. Heelwat later (in ds. Noëth se bedieningstyd) kon hulle ook die ingebruikneming

van die nuwe saal beleef.Oom Dawie het tot op die rype

ouderdom van 85 jaar op sy plaas Knapdaar geboer, waarna die plaas verkoop is en die egpaar op Makwassie gaan aftree het.

In 1999 het dat die kanker wat tannie Kotie vroeër gehad het, weer opgevlam het. Op 7 November 2007 is tannie Kotie oorlede.

Oom Dawie het nog ‘n tydjie op Makwassie aangebly, maar in September 2008 na dieselfde kompleks (Klerksdorp) verhuis as waar ‘Klein’ Dawie en Petro gewoon het. Oom Dawie het nog aangebly as lidmaat van Wolmaransstad Gemeente en het gereeld nog die nagmaalsvieringe en nagmaaletes daar bygewoon.

Weens gesondheidsredes is oom Dawie sedert 6 Januarie 2011 is ‘n inwoner van Klerksdorp Aftreeoord. Ds. Boeta Erasmus (huidige predikant van Wolmaransstad) en ouderling Ben van Vuuren, asook van die ander lidmate besoek oom Dawie nog gereeld.

Oom Dawie het sy hele lewe lank in dieselfde gemeente gewoon en gedien. Oom Dawie het hierdie gemeente sien groei van ‘n baie beskeie bestaan tot die 170 lidmate wat daar vandag is. Ons dank ons hemelse Vader vir sy genade in oom Dawie se lewe.

Vanuit sy bed in die aftreeoord lewer oom Dawie ‘n dankbare getuienis oor al die seëninge wat hy en tannie Kotie dwarsdeur hul lewe van die Here ontvang het:

“Ons is slegs instrumente in die hande van die Here. Ons plant, maar Hy laat groei!”

Oom Dawie en tannie Kotie Botha

Page 28: Stilte in die hemel - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/vroueblad... · 2018-09-10 · Hoe heerlik is dit nie om na ’n dag se gewoel en gewerskaf

28 VROUEBLAD September 2013

leefdinge

Saamtrekstreke 2014Koördineerder: Wymie du Plessis

[email protected] 20004, Noordbrug, 2522018 297 3986, 083 575 5786

Streek en gemeente

Kontakpersoon en eposadres Posadres Tel. Nr Selfoonnr.

Boland: Stellenbosch Renate Rhö[email protected]

Posbus 12003, Die Boord, 7613 071 673 0926

Bosveld: Hartbeespoort

Cecilia van [email protected]

Posbus 1108, Ifafi, 0260 072 102 4603

Hoëveld: Middelburg Tvl

Adde [email protected]

Posbus 116, Middelburg, 1050 013 282 3675

Kameeldoring: Lulu [email protected]

Posbus 24, Vermaas, 2727

Laeveld: Lydenburg Cobie [email protected]

Posbus 178, Lydenburg, 1120 013 235 2457 082 555 9586

Limpopo: Naboomspruit

Hantie van der [email protected]

Posbus 702, Naboomspruit, 0560

014 743 3414 076 152 8707

Namibië: Okahandja Martie de [email protected]

Posbus 668, Okahandja 00264 62 50 1303

Natal: Vryheid Rose [email protected]

Posbus 303, Vryheid, 3100 083 554 5082

Noord-Kaap: Kathu en Olifantshoek

Renske van der [email protected]

Posbus 252, Kathu, 8446 053 723 1425 084 701 1860

Noord-Vrystaat: Welkom-Noord

Marthie van der [email protected]

Posbus 66510, Riebeeckstad, 9469

072 336 4266

Oos-Kaap: Middelburg KP

Karen [email protected]

Posbus 11, Middelburg, 5900 049 842 1262 084 767 5802

Oosrand: Springs Ansie Fouché[email protected]

Posbus 209, Welgedag, Springs, 1512

011 733 1513 082 921 9154

Pretoria: Lyttelton Griet [email protected]

Posbus 14043, Lyttelton, 0140 012 664 2195 083 263 7641

Sentraalwes:Ventersdorp

Karen [email protected]

Posbus 97, Ventersdorp, 2710

Suid Gauteng: Brackenhof

Brenda van [email protected]

011 867 5896 072 285 5887

Suid-Kaap: Eden Sanet Naudé[email protected]

044 533 0142 083 411 1501

Suid-Vrystaat: Bloemfontein-Noord

Ester [email protected]

Posbus 28182, Danhof, 9310 051 436 2932 082 410 7447

Suidwes Gauteng: Linden

Cynthia Pretorius Posbus 44289, Linden, 2104 011 888 5735

Page 29: Stilte in die hemel - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/vroueblad... · 2018-09-10 · Hoe heerlik is dit nie om na ’n dag se gewoel en gewerskaf

29VROUEBLAD September 2013

brieweleefdinge

SAAMTREK 2014Datum: Saterdag 8 Maart 2014Tema: Vrou, bedien genade, liefde en hoop in die Suid-Afrika van vandag.Ek kan voor my geestesoog al sien hoedat almal vergaderings hou en planne maak vir volgende jaar se saamtrekke wat dwarsoor die land gehou word. Ek weet teen hierdie tyd gons dit al oor kleurkeuse, geskenke en spyskaarte. Dis goed so, want ons vrouens wil graag met ons gawes hierdie jaarlikse geleentheid mooi en keurig aanbied.

Onthou: die oorspronklike doel van die saamtrekke was (en is hopelik steeds ) dat gelowige vrouens dwarsoor die land bymekaar kom omdat die Here ons fokus is. Met hierdie belangrike doelwit voor oë, bid die redaksie julle seën toe op al julle planne en die uitvoering daarvan.

Hierdie week publiseer ons die tweede van 6 Bybelstudies wat die susters as enkelinge of groepe kan deurwerk ter voorbereiding vir die saamtrekke. In die eerste twee Bybelstudies fokus ons op genade; in die volgende twee op liefde en in die laaste twee dan op hoop.

BYBELSTuDIE (2): DIE PRAKTIESE BEDIENING VAN GENADE Opgestel deur ds. Abel Steyn (GK Lydenburg) Lees 1 Lukas 8: 1-31. wie was die vroue wat saam met Jesus en die twaalf dissipels die land deurkruis het?

2. kyk of julle meer inligting oor elkeen van die drie vrouens wat hier genoem word, kan kry.

3. waarom het hulle Jesus gevolg?

4. in watter gesindheid het hierdie vroue vir Jesus en die twaalf gesorg?

5. Die griekse woord wat hier gebruik word vir “sorg” (vers 3; 1083-vertaling) en “gedien” (vers 3; 1953-vertaling), het te doen met bediening – die idee van ’n tafelbediende wat kos aan ‘n tafel bedien, kom hier na vore. wat bedien hierdie vroue aan Jesus en sy dissipels?

6. wat motiveer hulle om hierdie bedieningswerk te doen?

7. wanneer ’n mens dink en praat oor jou dienswerk vir die here – wat is jou motivering?

8. wat behoort jou fokus te wees in die bediening van genade aan ander?

Gemeente-Mosaïek

Page 30: Stilte in die hemel - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/vroueblad... · 2018-09-10 · Hoe heerlik is dit nie om na ’n dag se gewoel en gewerskaf

30 VROUEBLAD September 2013

Stil

te

slotwoord

nêrens is ’n mens so naby aan god as wanneer die stilte jou tot stilte dwing nie. soeter selfs as ‘n hanepoot druif wat net so wil ‘n bruinigheid op sy wange kry, is stilte om jou na ‘n gedreun en gedruis, maar soeter nog as die soetste hanepoot is die innerlike stilte wat vrede bring na sielestryd. Daar is ‘n plekkie in die Middelande van Natal waar die mis jou maklik inhaal en toesluit, weg van die wêreld. Swewend in jou mistige kokon gee die stilte die deurmekaar stukkies van die legkaart binne-in jou kans om weer elkeen op sy plek te gaan lê... stilte maak heel... bring weer kalmte... krag om voort te gaan. Om te dwaal in stilte laat gedagtes suiwer formuleer het iemand êrens geskryf. In die digte mis verdwyn alle bakens en jy dwaal en beur op vertroue voort. Daar haal die stilte jou in, dwing die stilte jou tot stilte.

Op besoek aan ‘n siek geliefde het ons die plekkie per ongeluk ontdek. Dit het mettertyd ‘n toevlug geword, ‘n rusplek ver van die huis in tye van kommer en seer. In die rustige stilte van daardie mooi plekkie teen die berg, kon ons, moes ons dink, luister – na jouself, maar ook na God. In jou eie stilte kan ’n mens met jou Skepper redeneer en uiteindelik vrede en aanvaarding vind.

Nêrens is jy so naby aan God as wanneer die stilte jou tot stilte dwing nie. As dit stil is om jou en in jou, kan jy luister, hoor en weer “in die Here jubel ... Al sou die vyeboom nie bot nie… Hab. 3:17”.

Luister kom nie van self nie. Klein kindertjies moet eers geleer word om te luister en om opdragte uit te voer: “Gaan haal jou rooi kouse uit die laai”. So ook moet ons leer om te luister, om die Here se stem in ons rondomtalie lewe te hoor. Maar daarvoor moet daar eers stilte kom – stilte te midde van die gedreun en gewerskaf van ons daaglikse bestaan wat neig om ons doof te maak. Ps. 29 Verseker ons dat die stem van die Here oral om ons is: In die gedreun van die see, in die stilte van die aand, in die sagte geruis van die wind in die bome en in die woeste geweld van ‘n storm.

As Hy egter met jou persoonlik praat is dit met ‘n sagte stem, onhoorbaar, ‘n bewuswording in jou gemoed. Die ware stem van die Here klink nie in jou ore nie maar wel in jou hart, in jou binneste. Stilte van die gemoed, rustigheid en kalmte is nodig om dit te hoor. Soms dwing God jou tot hierdie stilte, bring Hy ons tot stilstand voor Hom. Sy kinders, (nes ons eie) wil nie altyd luister nie. Hulle skarrel moedswillig voort. Het Hy nie sy volk in ballingskap laat wegvoer nie? Selfs die goeie ou Sagaria moes stil word, stom stil “omdat jy my woorde, wat op die bestemde tyd vervul sal word, nie geglo het nie”.

Hoe klein en stil word ’n mens by die dood van ‘n geliefde, of by die aanhoor van slegte nuus. Eers kom die rasende uitbarsting van woede, skok, vrees, seer, maar met tyd kom die stilte in die gemoed van die gelowige. Stilte in die wete: Hy is in beheer en maak weer heel. Hy stuur hierdie helende troos van stilword voor Hom.

Elke mens moet sy eie plek en tyd van stilte skep, hom afsluit in sy binnekamer, of in sy eie “êrens” stil raak. Soms, baie maal, voorsien God jou van so ’n plekkie: Nanag teen my misberg se hange, vroegoggend in die Karoo, alleen by die watervalle van Sabie...

Waar kan dit stiller wees as wanneer almal slaap en net jy en God wakker is? Word stil voor God in gebed. Wanneer jy in erns bid, word dit stil in en om jou. Tydens jou gesprek met God bring Hy lig in jou donker tonnel. In stilte bring Hy krag om jou te sterk vir die dag, die taak of die toets wat aan jou opgedra is.

Stilte is nie net geluidloosheid nie. Stilte is aanvaarding en vrede in die wete dat Hy in beheer is. Bid voortdurend vir stilte, kalmte en rustigheid voor God, vir aanvaarding en vertroue, want: Die Here sal vir julle stry, en julle moet stil wees. Eks. 14:14 (1953-vertaling).

Lens opdie Bybel

Page 31: Stilte in die hemel - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/vroueblad... · 2018-09-10 · Hoe heerlik is dit nie om na ’n dag se gewoel en gewerskaf

31VROUEBLAD September 2013

Oktober 2013 in Die Gereformeerde

Vroueblad TEKEN IN OPDIE VROUEBLAD

DIE INTEKENGELD VIR DIE GEREFORMEERDE VROuEBLAD:

VROUEBLAD (SELF AFHAAL BY ADMIN BURO,POSGELD UITGESLUIT): R111.00

ELEKTRONIESE INTEKENING: R111.00

VROUEBLAD (IN GROEP NA DIE GEMEENTE,POSGELD INGESLUIT): R174.00

VROUEBLAD (WORD GESTUUR, POSGELD INGESLUIT): R193.00

HIERDIE TARIEWE GELD VANAF 1 JuLIE 2013 TOT 30 JuNIE 2014.KONTAK ANGIE MOKOBI OF PETRO KROEZE BY DIE ADMINISTRATIEWE BURO INDIEN U ENIGE NAVRAE HET: TELEFOON: 018 297 3987, E-POS: [email protected]

JOu BESONDERHEDE1. Voltooi jou intekenvorm.

2. Betaal jou geld in by:

Bankbesonderhede: Absa; Takkode: 632-005

Rekeningnommer: 670140040

Rekeningnaam: Admin Buro

BAIE BELANGRIK: Jou verwysing: VB gevolg deur jou naam

(Die Buro sal voortaan vir jou dan ‘n rekeningnommer toeken

wat jy daarna as verwysing moet gebruik)

3. Faks BEIDE jou INTEKENVORM & BEWYS VAN BETALING NA:

018 293 1042; of e-pos aan [email protected] of pos aan:

Die Administratiewe Buro

Afdeling Publikasies

Posbus 20008

Noordbrug 2522

Tel (018) 297 3987

Faks 018 293 1042

Stuur asseblief aan:

Naam

Adres

Poskode

Tel.

E-pos

Stuur asseblief rekening aan:

Naam

Adres

Poskode

Tel.

E-pos

• ‘n Lewe van dankbaarheid• Die Heidelbergse Kategismus 450 jaar oud.

• Ons groet ds. Nico Botha

Ek behoort aan U, Here!

Lens opdie Bybel

Hoekom is huisgodsdiens noodsaaklik? Deur Ds. Gerrit Kruger (GK Centurion)

Die Skrif leer ons dat ons ook as gesinne saam moet leer van God uit sy Woord: “Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan” (Deut. 6:6-7).Hoe meer ons die Bybel bestudeer, hoe beter sal ons God leer ken en weet hoe Hy wil hê dat ons moet lewe, ook in moeilike situasies. Dan sal ons volwasse in die geloof wees: “Iemand wat nog van melk lewe, kan nie saampraat oor wat reg of verkeerd is nie, want hy is nog ’n kind. Vaste kos is vir grootmense, vir mense wat oor insig beskik en wat deur ervaring geoefen is om tussen goed en kwaad te onderskei” (Heb. 5:13,14).Om ook te groei moet ons die Bybel nie net lees nie, maar werklik bestudeer. Daar is vier maniere waarop ons die Bybel kan lees:• Gereeld: Dit is goed om vaste tye te hê waarop

jy die Bybel lees.• Sistematies: Moenie lukraak enige plek lees

nie, maar lees sistematies deur die Bybel om die geheel ook te verstaan.

• Biddend: Voordat jy Bybellees moet jy God biddend vra om die Bybel vir jou oop te maak deur die Heilige Gees dat jy sal verstaan wat jy lees.

• Nadenkend: Nadat jy gelees het moet jy ernstig nadink oor wat jy gelees het en as jy nog nie verstaan nie, moet jy die gedeelte lees en herlees totdat jy dit verstaan.

Om huisgodsdiens te hou is ’n wonderlike geleentheid om as gesin saam te groei in kennis en geloof en vertroue in God.

Page 32: Stilte in die hemel - Gereformeerde Kerk Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/vroueblad... · 2018-09-10 · Hoe heerlik is dit nie om na ’n dag se gewoel en gewerskaf

32 VROUEBLAD September 2013

SEPTEMBER 2013DS. CHRISTO SWANEPOEL (GK LyTTELTON)

Vir baie mense is stilte ‘n bedreiging. Tog behoort dit nie so te wees nie. Die Bybel praat nêrens van stilte in ‘n negatiewe sin nie. Dit is veral die gelowige se stilte

saam met God wat aangeprys word. In hierdie uitgawe word stilte aan die orde gestel. Hier volg ‘n paar bekende spreuke wat stilte as iets voorhou waaruit die

mens kan groei en waarde kan put.

Somtyds beteken die woord “stilte” om te swyg. Maar stilte beteken altyd om te luister – Julie de Lespinasse.

‘n Mens kan net regtig stilbly wanneer jy luister. Wanneer luister ophou begin die geraas. Hulle wat luister, word waarlik een met die mense en die wêreld – Jörg Zink.

‘n Paar oomblikke van stilte kan meer sê as ‘n paar uur se gepraat – Herwig Verleyen.

Net die stilte kan dit uitdruk wat tussen God en mens gebeur – Pieter van der Meer Walcheren.

Niks is so vrugbaar soos stilte nie– L. van der Kerken.

Die heel grootste gedagtes is in stilte gebore – J.H. van den Berg.

Ons samelewing beleef ‘n onmeetbare verlies. Dit is die verdwyning van stilte – C. van der Berge.

Ons hoor ons God die heel beste in absolute stilte – A.W. Tozer.

God kan nie in geraas of onrustigheid gevind word nie. God is die Vriend

van stilte. Kyk na die natuur. Dit groei in stilte. Kyk na die sterre, son en maan, dit beweeg in stilte. Dit beweeg in stilte. Ons het stilte nodig – Moeder Teresa.

Ware stilte bring een ervaring: God is oneindig – M.G. Shinle.

Een van die grootste probleme van ons privaatsieke tyd is dat stilte mense angstig maak. Dit maak baie mense senuweeagtig. Dit laat mense leeg en nutteloos voel. Stilte word ‘n afgrond waarin mense dreig om oor te val – H. Nouwen.

Ons moet leer om ons eie gedagtes tot rus te bring, sodat ons die gedagtes en emosies kan ervaar wat God deur ons wil laat vloei – Mark Virkler.

Gebed is om in stilte by God te wees, net soos jy is. Dit is die lewe – Karl Rahner.

Hoor God se stille stem. Dan sal jy later nie meer die rumoer van die wêreld om jou hoor nie – Thomas A Kempis.

Niks kan met stiltetyd vergelyk word nie. Dis wanneer jy God ontmoet. Dis om na God te luister voordat jy vir jou medemens luister – William Dobbie.

‘n Mens is wat jy met jou stilte doen– Baron von Hügel.

Hy wat wil luister, moet leer om te swyg. Hy moet eers die stilte soek om te verstaan wat praat werklik beteken – Joseph Möller.

Die man wat weet wanneer om sy mond te hou, is geen dwaas nie – William Hazlitt.

Stilte is krag. Moet dit nie onderskat nie. In die stilte kan jy jou losmaak van jou gevoelens van spanning en van stres. So kan jy afskakel en weer jou kragte leer ken – H. de Villiers.

‘n Hond blaf wanneer sy baas aangeval word. Ek sal ‘n lafaard wees as ek stilbly wanneer die waarheid van God verdraai word – Johannes Calvyn.

Maak jou mond net oop as jy seker is dat jou woorde mooier sal wees as die stilte – Arabiese spreekwoord.