gr 12 lewenswetenskappe: vraestel...
TRANSCRIPT
-
Ons vertrou dat die deurwerk van hierdie
vrae en antwoorde uit Vraestel 1 jou sal help
om hierdie vak onder die knie te kry en deeglik
voor te berei vir jou finale eksamen.
Die Antwoord-reeks Lewenswetenskappe studiegidse bied 'n sleutel tot eksamen sukses.
GR 12 LEWENSWETENSKAPPE:
VRAESTEL 1
Vrae .......................................................... 1
Antwoorde ................................................ 7
-
1 Kopiereg Die Antwoord
V
GR
12
LE
WE
NS
WE
TE
NS
KA
PP
E V
RA
ES
TE
L 1
VR
AE
MENSLIKE VOORTPLANTING
VRAAG 1
Bestudeer onderstaande voorstelling wat deel vorm van geslagtelike voortplanting by die mens en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Identifiseer die siklus voorgestel deur A.
1.2 Identifiseer die strukture wat van 1 tot 4 genommer is.
1.3 Watter hormoon:
1.3.1 was betrokke by die ontwikkeling van struktuur 1?
1.3.2 word afgeskei deur struktuur 1?
1.3.3 verseker die ontwikkeling van struktuur 3?
1.3.4 word afgeskei deur struktuur 3?
1.4.1 Identifiseer die deel wat 5 genommer is. 1.4.2 Hoe is die deel wat 5 genommer is, struktureel aangepas om te verseker dat
die struktuur wat 2 genommer is, in die rigting van die uterus sal beweeg?
1.5.1 Identifiseer die struktuur wat 6 genommer is. 1.5.2 Watter proses word deur B voorgestel? 1.5.3 Identifiseer die struktuur wat 7 genommer is. 1.5.4 Wat is die chromosoomgetal van die dele wat onderskeidelik 2, 4, 5, 6 en 7
genommer is?
1.6.1 Identifiseer die struktuur wat 8 genommer is. 1.6.2 Watter tipe seldelingsproses het verseker dat hierdie struktuur in Vraag 1.6.1
genoem, uit struktuur 7 ontwikkel? 1.6.3 Identifiseer die struktuur wat 9 genommer is. 1.6.4 Beskryf die ontwikkeling en bou van die stadium wat 9 genommer is, totdat dit
vir inplanting gereed is.
1.7.1 Identifiseer die gedeelte wat 10 genommer is. 1.7.2 Watter veranderinge het hierdie gedeelte in Vraag 1.7.1 genoem, ondergaan
om voor te berei vir inplanting? 1.7.3 Watter hormone was verantwoordelik vir hierdie veranderinge in
Vraag 1.7.2 genoem? 1.7.4 Identifiseer die proses voorgestel deur C. 1.7.5 Identifiseer die strukture wat 11 genommer is. 1.7.6 Hierdie strukture in Vraag 1.7.5 genoem, maak later deel uit van die ......
1.8 Wat gebeur met elk van die volgende indien bevrugting nie plaasvind nie?
1.8.1 progesteroonvlak 1.8.2 corpus luteum
1.8.3 menstruele siklus 1.8.4 follikelontwikkeling
1.9 Wat gebeur met elk van die volgende indien bevrugting wl plaasvind?
1.9.1 progesteroonvlak 1.9.2 corpus luteum
1.9.3 menstruele siklus 1.9.4 follikelontwikkeling
A B
C
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
Ons vertrou dat die deurwerk van hierdie
vrae en antwoorde uit Vraestel 1 jou sal help
om hierdie vak onder die knie te kry en deeglik
voor te berei vir jou finale eksamen.
Die Antwoord-reeks Lewenswetenskappe studiegidse bied 'n sleutel tot eksamen sukses.
-
Kopiereg Die Antwoord 2
GR
12
LE
WE
NS
WE
TE
NS
KA
PP
E V
RA
ES
TE
L 1
V
VR
AE
VRAAG 2
Study the diagram illustrating a menstrual cycle below and answer the questions that follow.
2.1 Op watter dag vind ovulasie plaas? 2.2 Tussen watter dae vind menstruasie plaas? 2.3 Noem EEN funksie van FSH tydens die menstruele siklus. 2.4 Beskryf die funksionele verhouding tussen progesteroon en FSH. 2.5 Gee rekenskap van die verandering in die dikte van die endometrium tussen dag 14 en dag 21. 2.6 Het bevrugting binne die 28 dag-siklus in die grafiek gellustreer, plaasgevind? 2.7 Gee VIER redes vir jou antwoord in Vraag 2.6.
REAKSIE OP DIE OMGEWING: MENSE
VRAAG 3
Bestudeer onderstaande voorstelling van 'n snit deur 'n gedeelte van die menslike sentrale senuweestelsel en beantwoord die vrae wat volg. 3.1 Identifiseer die dele wat van 1 tot 13 genommer is. 3.2 Wat is die funksies van die dele wat onderskeidelik 1 en 5 genommer is? 3.3 Skryf die NOMMER neer van die deel wat verantwoordelik is vir: 3.3.1 die beheer van die versamelbuise in die nier se deurlaatbaarheid 3.3.2 die verbinding tussen die twee serebrale hemisfere 3.3.3 die verskaf van 'n geleidingsbaan vir senuwee-impulse na en vanaf die brein 3.3.4 beheer van hartkloptempo 3.3.5 die vermo om skaak te speel 3.3.6 peristaltiese beheer 3.3.7 handhawing van spiertonus en ewewig 3.3.8 beskermende reflekse 3.4 Wanneer 'n lumbale punksie gedoen word, word vloeistof uit die sentrale kanaal
van die rugmurg onttrek, bv. wanneer 'n doktor meningitis (breinvliesontsteking)
by 'n pasint wil bevestig. Wat is die naam van hierdie vloeistof? 3.5 Behalwe die sentrale kanaal, noem nog TWEE plekke in die senuweestelsel waar
die vloeistof in Vraag 3.4 genoem, aangetref word. 3.6 Noem VYF funksies van die vloeistof in Vraag 3.4 genoem. 3.7 Skryf die NOMMERS neer van die twee dele waar grysstof aan die buitekant en
witstof aan die binnekant voorkom.
1 2 3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
Lewenswetenskappe is makliker as wat jy
gedink het !
Die Antwoord-reeks bied uitstekende
materiaal in verskeie vakke vir Gr 10 - 12.
Besoek ons webtuiste www.theanswer.co.za
Hormoonvlakke van hipofise
Ontwikkeling van follikel
Ovariale hormoonvlakke
Dikte van endometrium
estrogeen progesterone
Dae
Hormonale regulering van die vroulike voortplantingsiklus
FSH LH
0 7 14 21 28
-
3 Kopiereg Die Antwoord
V
GR
12
LE
WE
NS
WE
TE
NS
KA
PP
E V
RA
ES
TE
L 1
VR
AE
1 2
3
4
5
6
7
8
910 11
12 X
Y
A B
VRAAG 4
Bestudeer onderstaande voorstelling van 'n refleksboog en beantwoord die vrae wat volg.
4.1 Definieer die begrip refleksboog.
4.2 Wat word bedoel met die term refleksaksie?
4.3 In bostaande refleksboog, noem die: 4.3.1 stimulus
4.3.2 reseptor
4.3.3 effektor
4.4 Omskryf EN gee 'n voorbeeld van 4.4.1 natuurlike/ongekondisioneerde reflekse 4.4.2 aangeleerde/gekondisioneerde reflekse
4.5 Identifiseer die dele wat van 1 tot 12 genommer is.
4.6 'n Besering vind plaas. Verduidelik watter neuron beskadig is en wat die effek
daarvan sal wees as die besering plaasvind by 4.6.1 X 4.6.2 Y 4.7 Onderstaande diagramme wat van A tot D gemerk is, toon die gebeure in
die refleksaksie.
4.7.1 Rangskik die voorstellings in die korrekte volgorde om die gebeure tydens
die refleksaksie te verteenwoordig. 4.7.2 Beskryf die refleksaksie wat hier plaasvind, volledig.
VRAAG 5
Bestudeer onderstaande voorstelling van 'n snit deur die menslike oog en beantwoord die vrae wat volg. 5.1 Skryf slegs die NOMMERS neer van die dele wat onderskeidelik deel uitmaak
van die: 5.1.1 buitenste veselagtige laag 5.1.2 middelste bloedvatryke laag
5.1.3 binneste retina 5.2 Identifiseer die dele wat van 1 tot 15 genommer is. 5.3 Gee die funksie(s) EN die aanpassing(s) vir hierdie betrokke funksie(s), van die
volgende dele: 5.3.1 sklera 5.3.2 kornea
5.3.3 choroed 5.3.4 siliaarliggaam
5.3.5 lens 5.3.6 iris
5.3.7 pigmentlaag van retina 5.3.8 senuweelaag van retina
5.3.9 optiese senuwee 5.3.10 glasvog 5.4 Onderskei tussen die: 5.4.1 geelvlek en blindevlek 5.4.2 watervog en glasvog 5.5 Bestudeer meegaande voorstellings van 'n stafie (A) en
'n keltjie (B) en beantwoord die vrae wat volg. 5.5.1 In watter laag van die oog word stafies en keltjies aangetref? 5.5.2 Wat is die gesamentlike naam vir stafies en keltjies? 5.5.3 Wat is die gesamentlike funksie van stafies en keltjies? 5.5.4 Wat is die spesifieke funksie van:
(a) stafies (b) keltjies 5.5.5 In watter deel van die retina:
(a) word geen stafies aangetref nie?
(b) word geen stafies f keltjies aangetref nie?
(c) word slegs keltjies aangetref?
A B C D
12
3
4
5
67
8
9
10
11
12
13
14
15
-
Kopiereg Die Antwoord 4
GR
12
LE
WE
NS
WE
TE
NS
KA
PP
E V
RA
ES
TE
L 1
V
VR
AE
VRAAG 6
Bestudeer onderstaande voorstellings en beantwoord die vrae wat volg. 6.1 Watter verskynsel word in hierdie voorstellings gellustreer?
6.2 Verduidelik die verskynsel in Vraag 6.1 genoem.
6.3 By watter een van voorstelling A f B verkeer die oog: 6.3.1 in die geakkommodeerde toestand waartydens die kromming van die lens verander om inkomende ligstrale op die retina te fokus om 'n duidelike beeld waar te neem? 6.3.2 in die normale ongeakkommodeerde toestand waartydens voorwerpe sonder enige aanpassings waargeneem en op die retina vir 'n duidelike
beeld gefokus kan word? 6.4 Bestudeer onderstaande voorstellings van die dele van die oog wat 'n rol speel in
oogakkommodasie en beantwoord die vrae wat volg.
6.4.1 Identifiseer die dele wat van 1 tot 3 genommer is. 6.4.2 Verduidelik, met verwysing na die dele wat in Vraag 6.4.1 gedentifiseer is,
hoe oogakkommodasie plaasvind om 'n skerp gefokusde beeld op die retina vir voorwerpe nader as 6 m te verkry. 6.5 Waarom sal 'n persoon wat geen spesifieke oogdefekte gehad het nie,
waarskynlik na die ouderdom van 40 'n bril met konvekse lense nodig h?
6.6 Bestudeer onderstaande voorstellings wat die veranderinge in die vorm van die lens
aandui en beantwoord die vrae wat volg. Skryf slegs die LETTER neer van die voorstelling wat elk van die volgende persone
se oogaanpassing aantoon. Verduidelik in elke geval jou antwoord.
6.6.1 'n Onderwyser wat 'n leerder se tuiswerk in sy boek nasien. 6.6.2 'n Krieketspeler wat 'n bal wat na hom geboul word, dophou. 6.6.3 'n Persoon wat vanaf agter in 'n saal na 'n vioolspeler op die verhoog kyk. 6.6.4 'n Ma wat 'n kleuter dophou wat op 'n driewiel in die straat af, wegry.
VRAAG 7
Bestudeer onderstaande voorstelling van die menslike oor en beantwoord die vrae wat volg.
7.1 Identifiseer die drie dele waaruit die oor bestaan, wat onderskeidelik A, B en C
gemerk is.
A
Vo
rm
va
n le
ns
B
Vo
rm
va
n le
ns
C
Vo
rm
va
n le
ns
D
Vo
rm
va
n le
ns
1
2 6
7
8
93 45
1012
14
13
11
A B C
15
A B
1
2
33
2
1
-
5 Kopiereg Die Antwoord
V
GR
12
LE
WE
NS
WE
TE
NS
KA
PP
E V
RA
ES
TE
L 1
VR
AE
1
23
B
A
7.2 Wat word die reseptore in die oor, wat verantwoordelik is vir gehoor en balans,
genoem? 7.3 Identifiseer EN gee die funksie van die dele wat onderskeidelik 1 en 2
genommer is. 7.4 Identifiseer die gehoorbeentjies wat onderskeidelik 3, 4 en 5 genommer is. 7.5 Gee die funksie van die gehoorbeentjies. 7.6 Identifiseer EN gee die funksie van die membraanbedekte openinge na die
middeloor wat onderskeidelik 6, 7 en 8 genommer is. 7.7 Identifiseer EN gee die funksie van die deel wat 15 genommer is. 7.8.1 Die vestibulre apparaat bestaan uit die dele wat onderskeidelik 9 en 10
genommer is. Identifiseer hierdie twee dele. 7.8.2 Noem die meganoreseptore wat in die deel wat 9 genommer is, aangetref word
EN gee die funksie daarvan. 7.8.3 Noem die twee membraansakke wat deel uitmaak van die deel wat
10 genommer is. 7.8.4 Noem die meganoreseptore wat in die deel wat 10 genommer is, aangetref word
EN gee die funksie daarvan. 7.9.1 Identifiseer die deel wat 11 genommer is. 7.9.2 Wat word die struktuur binne-in die deel wat 11 genommer is, waarin die
gehoorreseptore gele is, genoem. 7.10.1 Identifiseer die dele wat onderskeidelik 12 en 13 genommer is. 7.10.2 Identifiseer EN gee die funksies van die deel wat 14 genommer is.
VRAAG 8
Bestudeer die diagram van 'n gedeelte van die inwendige oor van die mens en beantwoord die vrae wat volg. 8.1 Identifiseer die membraansakke van die
vestibulre apparaat, wat onderskeidelik
A en B gemerk is. 8.2 Identifiseer die gedeelte van die
halfsirkelvormige kanale wat 1 genommer is. 8.3.1 Identifiseer die meganoreseptore wat 2 genommer is. 8.3.2 Beskryf die bou van die reseptore in Vraag 8.3.1 genoem. 8.3.3 Gee die funksie van die reseptore in Vraag 8.3.1 genoem. 8.3.4 Verduidelik hoe die reseptore die funksie in Vraag 8.3.3 genoem, verrig.
8.4.1 Identifiseer die meganoreseptor wat 3 genommer is. 8.4.2 Beskryf die bou van die reseptore in Vraag 8.4.1 genoem. 8.4.3 Gee die funksie van die reseptore in Vraag 8.4.1 genoem. 8.4.4 Verduidelik hoe die reseptore die funksie in Vraag 8.4.3 genoem, verrig.
MENSLIKE ENDOKRIENE STELSEL
VRAAG 9
Bestudeer onderstaande diagram van die endokriene kliere in die menslike liggaam en beantwoord die vrae wat volg.
9.1 Identifiseer die kliere wat onderskeidelik van 1 tot 6 genommer is. 9.2 Beantwoord die volgende vrae wat handel oor die klier wat 1 genommer is: 9.2.1 Beskryf die ligging van hierdie klier. 9.2.2 Watter deel van die brein beheer die hormoonafskeidings van hierdie klier? 9.2.3 Beskryf die verwantskap tussen die hipotalamus en die hipofise. 9.2.4 Stel 'n tabel op om die VYF hormone wat deur die voorlob van hierdie klier afgeskei word EN die funksie(s) van elk, aan te toon.
1
2
3
4
5
6
-
Kopiereg Die Antwoord 6
GR
12
LE
WE
NS
WE
TE
NS
KA
PP
E V
RA
ES
TE
L 1
V
VR
AE
9.2.5 Watter groeiversteuring word veroorsaak deur:
(a) hiposekresie van groeihormoon (STH) by kinders?
(b) hipersekresie van groeihormoon (STH) by kinders?
(c) hipersekresie van groeihormoon (STH) by volwassenes? 9.2.6 Watter hormoon word deur die agterlob van hierdie klier vrygestel EN gee die funksie van die hormoon. 9.3 Beantwoord die volgende vrae wat handel oor die klier wat 2 genommer is:
9.3.1 Beskryf die ligging van hierdie klier. 9.3.2 Watter hormoon word deur hierdie klier afgeskei? 9.3.3 Wat is die funksies van die hormoon in Vraag 9.3.2 genoem? 9.3.4 Watter element is noodsaaklik vir die vorming van die hormoon in Vraag 9.3.2 genoem? 9.3.5 Wat word bedoel met basale metaboliese tempo? 9.3.6 Watter toestand word veroorsaak deur hipotirodisme by:
(a) kinders? (b) volwassenes?
TERMOREGULERING
VRAAG 10
Beantwoord die volgende vrae wat handel oor die liggaamstemperatuur van die mens. 10.1 Wat is die normale liggaamstemperatuur (in C) van die mens? 10.2 Omskryf hoe elk van die volgende temperature ensiemwerking sal benvloed: 10.2.1 ongeveer 60C
10.2.2 ongeveer 4C
10.2.3 37C 10.3 Waarom word die konstanthouding van die temperatuur in die liggaamsvloeistof as so 'n belangrike aspek van homeostase beskou? 10.4 Wat is die hoofbron van hitteproduksie in die menslike liggaam? 10.5 Hoe benvloed 'n toename in adrenalien- en tiroksienafskeidings hittevrystelling?
10.6 Bestudeer onderstaande voorstelling en beantwoord die vrae wat volg.
10.6.1 Noem EN verduidelik die vier fisiese prosesse, wat onderskeidelik van
1 tot 4 genommer is, van hitteverlies deur die menslike liggaam. 10.6.2 Noem die verskynsel EN beskryf die rol van die bloedvate wat
onderskeidelik 5 en 6 genommer is. 10.6.3 Watter omgewingstemperatuur sal waarskynlik 'n toename in metaboliese
aktiwiteit, verhoging in respirasietempo, verhoogde spiertonus en
gevolglike bewerasie in 'n persoon tot gevolg h?
1
3
4
56
2 (tussen rugsak en lyf)
-
7 Kopiereg Die Antwoord
A
GR
12
LE
WE
NS
WE
TE
NS
KA
PP
E V
RA
ES
TE
L 1
AN
TW
OO
RD
E
MENSLIKE VOORTPLANTING
VRAAG 1
1.1 ovariale siklus 1.2 1 - Graafse follikel 2 - sekondre osiet
3 - corpus luteum 4 - fimbria 1.3.1 FSH 1.3.2 estrogeen 1.3.3 LH 1.3.4 progesteroon 1.4.1 Fallopiusbuis 1.4.2 Uitgevoer met wimperepiteel - siliums voer 'n vee-aksie uit. Gladde onwillekeurige spiere in die wande voer peristaltiese bewegings uit. 1.5.1 spermsel 1.5.2 bevrugting 1.5.3 sigoot 1.5.4 2 - haploed / (n) / 23 4 - diploed / (2n) / 46
5 - diploed / (2n) / 46 6 - haploed / (n) / 23
7 - diploed / (2n) / 46 1.6.1 morula 1.6.2 mitose 1.6.3 blastosist 1.6.4 Die morula hou aan om mitoties te verdeel en
vorm 'n massa selle wat om 'n sentrale vloeistofgevulde holte gerangskik is.
Hierdie hol sfeer staan bekend as die blastosist,
met 'n buitenste laag wat bekend staan as die trofoblast wat 'n rol speel in die voeding van
die embrio. Die binneste selmassa gee oorsprong aan die embrio. 1.7.1 endometrium 1.7.2 Dit het meer bloedvatryk en klierryk geraak. 1.7.3 progesteroon en estrogeen 1.7.4 inplanting 1.7.5 villi 1.7.6 plasenta 1.8.1 daal skerp 1.8.2 degenereer 1.8.3 gaan voort 1.8.4 begin weer 1.9.1 bly hoog 1.9.2 bly funksioneer 1.9.3 gaan nie voort nie 1.9.4 gestaak
VRAAG 2
2.1 dag 14 2.2 dag 0 - 6 2.3 Stimuleer die ontwikkeling van primre follikels in die ovarium tot Graafse follikels. 2.4 'n Styging in die progesteroonvlak inhibeer die
vrystelling van FSH sodat slegs een follikel op 'n slag volwasse word. 2.5 Die corpus luteum begin om progesteroon af te skei,
wat voortgaan om die endometrium te verdik. 2.6 nee 2.7 corpus luteum het gedegenereer
progesteroonvlak het gedaal
FSH-vlak begin styg
LH-vlak neem af
REAKSIE OP DIE
OMGEWING: MENSE
VRAAG 3
3.1 1 - groef/vou
2 - skedel/kranium/breinkas
3 - meninges/breinvliese 4 - serebrum
5 - corpus callosum 6 - serebellum
7 - foramen magnum 8 - nekwerwels
9 - rugmurg 10 - medulla oblongata
11 - hipofise 12 - hipotalamus
13 - serebrale ventrikels met serebrospinale vloeistof
3.2 1 - Dit vergroot die totale breinoppervlakte
geweldig sodat baie neurone in die beperkte ruimte van die kranium kan inpas.
5 - Gelei impulse tussen die twee hemisfere van die serebrum. Vorm 'n brug vir kommunikasie tussen die
hemisfere om prosesse te kordineer. 3.3.1 11 3.3.2 5 3.3.3 9
3.3.4 10/12 3.3.5 4 3.3.6 10
3.3.7 6 3.3.8 9
3.4 serebrospinale vloeistof 3.5 tussen die aragnoed membraan en pia mater
in die breinventrikels
in die sentrale kanaal van die medulla oblongata en rugmurg 3.6 dien as skokabsorbeerder
voorsien senuweeselle van voedingstowwe en O2
voer afvalstowwe weg
voorkom uitdroging van senuweeselle
handhaaf konstante druk rondom SSS 3.7 4 en 6
VRAAG 4
4.1 Die funksionele eenheid van die senuweestelsel. Die pad/baan waarlangs die senuwee-impulse
vanaf 'n reseptor na 'n effektor beweeg om 'n refleksaksie teweeg te bring.
4.2 Dit is 'n vinnige, outomatiese reaksie van 'n effektor
op 'n stimulus wat deur 'n reseptor ontvang is. 4.3.1 hitte van kersvlam 4.3.2 sinsorgane in die vel 4.3.3 spier 4.4.1 Dit is reflekse wat natuurlik, aangebore is en wat
outomaties op 'n stimulus reageer, bv. hoes, nies, oogknip of wegruk vanaf 'n pynlike stimulus.
4.4.2 Dit is reflekse wat deur herhaling aangeleer word,
totdat dit later outomaties plaasvind bv. stap, fietsry, skryf of lees.
4.5 1 - witstof 2 - grysstof
3 - ganglion 4 - selliggaam
5 - sensoriese neuron
6 - verbindings-/interneuron
7 - reseptor 8 - effektor/spier
9 - gemengde senuwee
10 - motoriese neuron/akson
11 - rugmurg 12 - sentrale kanaal 4.6.1 sensoriese neuron - die persoon sal nie pyn voel nie en gevolglik ernstige beserings opdoen.
-
Kopiereg Die Antwoord 8
GR
12
LE
WE
NS
WE
TE
NS
KA
PP
E V
RA
ES
TE
L 1
A
AN
TW
OO
RD
E
4.6.2 motoriese neuron - die persoon sal die pyn voel, maar nie sy vinger kan beweeg nie, aangesien die senuwee-impuls nie die effektor bereik nie; die spier kan nie saamtrek nie en die ledemaat is verlam.
4.7.1 C - D - A - B 4.7.2 Die hitte-stimulus (die vlam) word deur die
reseptore in die vel van die hand waargeneem en in 'n senuwee-impuls omgeskakel. Die senuwee-impuls word langs 'n sensoriese
neuron deur die dorsale wortel van die rugmurg-senuwee na die grysstof van die rugmurg gelei.
Die sensoriese neuron is in sinaptiese kontak met die verbindingsneuron in die grysstof van die rugmurg. Die senuwee-impuls word na die verbindings-
neuron, wat as reflekssentrum dien, oorgedra. Die verbindingsneuron is in sinaptiese kontak met die motoriese neuron in die grysstof van die rugmurg. Die senuwee-impuls word na die motoriese
neuron oorgedra. Die senuwee-impuls verlaat die rugmurg deur die ventrale wortel van die rugmurgsenuwee en
word met die akson van die motoriese neuron na die effektor gelei. In hierdie geval is die effektororgaan die
boarmspier, die biseps. Die biseps trek baie vinnig saam, wat veroorsaak
dat die hand wegruk van die vlam af. Senuwee-impulse word ook vanaf die rugmurg, in stygende senuweebane na die brein
(serebrum) gelei, waar die gewaarwording van pyn ontstaan.
VRAAG 5
5.1.1 1, 12 5.1.2 2, 8, 9 5.1.3 3, 4, 6 5.2 1 - sklera 2 - choroed
3 - retina 4 - geelvlek
(fovea centralis)
5 - optiese senuwee 6 - blindevlek
7 - suspensoriese ligament
8 - siliaarliggaam/-spier
9 - iris 10 - lens
11 - pupil 12 - kornea
13 - ooglid
14 - voorste oogholte met watervog
15 - agterste oogholte met glasvog 5.3.1 Funksies:
beskerm die inwendige dele van die oog
help om die ronde vorm van die oogbal te behou
dien as vashegtingsplek vir spiere Aanpassing:
sterk, onelastiese bindweefsellaag 5.3.2 Funksies:
laat ligstrale deur na die binneste lae van die oog
veroorsaak breking van die inkomende ligstrale Aanpassings:
deursigtig
meer konveks as die res van die oogbal 5.3.3 Funksies:
pigment absorbeer oortollige ligstrale om inwendige weerkaatsing, wat dowwe beelde veroorsaak, te voorkom
bloedvate voorsien selle van suurstof en voedingstowwe
Aanpassings:
dun
donker gepigmenteerd
bloedvatryk 5.3.4 Funksie:
trek saam en verslap om die kromming van die lens gedurende oogakkommodasie te verander
Aanpassings:
bestaan uit onwillekeurige siliaarspiere
is met suspensoriese ligamente aan die lens geheg
5.3.5 Funksie:
verander van vorm om ligstrale vanaf naby en ver voorwerpe sodanig te breek dat dit 'n
duidelike beeld op die retina vorm Aanpassings:
elasties
deurskynend
bikonveks
kan van vorm verander 5.3.6 Funksie:
reguleer die hoeveelheid lig wat die oog binnekom, deur die grootte van die pupil te beheer
Aanpassings:
ronde, gekleurde struktuur wat soos 'n gordyn na die middel van die oog hang kom aan die voorkant van die lens voor besit twee stelle onwillekeurige spiere, die
radiale- en kringspiere het in die middel 'n opening, die pupil, waardeur
ligstrale die oog binnekom besit pigmente wat kleur aan die oog gee en
ligstrale absorbeer 5.3.7 Funksie:
absorbeer ligstrale en verhoed interne weerkaatsing
Aanpassing:
donker gepigmenteerd 5.3.8 Funksie:
neem ligstimuli waar en skakel dit om in senuwee-impulse
Aanpassing:
bevat twee tipes fotoreseptore nl. stafies en keltjies
5.3.9 Funksie:
gelei senuwee-impulse na die serebrale korteks van die brein waar dit genterpreteer word en die gewaarwording van gesig ontstaan.
Aanpassing:
senuweevesels vanaf die fotoreseptore vorm sinapse met sensoriese bipolre neurone, wat
op hul beurt sinapties verbind is aan optiese neurone; die optiese neurone verloop saam
om die optiese senuwee te vorm.
-
9 Kopiereg Die Antwoord
A
GR
12
LE
WE
NS
WE
TE
NS
KA
PP
E V
RA
ES
TE
L 1
AN
TW
OO
RD
E
5.3.10 Funksies:
behou die vorm van die oogbal. hou die retina in posisie teen die choroed. breek die ligstrale om 'n skerp beeld te vorm. Aanpassings:
jellieagtig deurskynend 5.4.1 Die geelvlek is 'n area op die retina, in die direkte
lyn van sig, wat oorwegend keltjies en baie min stafies besit. In die middel van die geelvlek is die fovea centralis wat slegs keltjies bevat. Die helderste, mees akkurate beeld word hier gevorm.
Die blindevlek is die plek waar die optiese senuwee
die oogbal verlaat en besit geen stafies of keltjies nie. Indien ligstrale op die blindevlek sou val, word geen senuwee-impulse na die brein gelei nie en geen beeld word gevorm nie.
5.4.2 Die watervog is 'n waterige vloeistof wat die voorste
oogholte, gele tussen die lens en die kornea, vul. Dit help die kornea om sy vorm te behou, voorsien voedingstowwe aan die oog en beskerm die oog teen patogene organismes.
Die glasvog is 'n jellieagtige vloeistof wat die
agterste oogholte, gele agter die lens, vul. Dit help om die vorm van die oogbal te behou, verhoed dat die retina losskeur van die choroed en help met ligbreking.
5.5.1 retina 5.5.2 fotoreseptore 5.5.3 neem ligstimuli waar en skakel dit om in senuwee-
impulse 5.5.4 (a) reageer wanneer die ligintensiteit laag (swak
lig) is en gee oorsprong aan swart en wit visie (b) reageer wanneer die ligintensiteit hoog (daglig)
is en gee oorsprong aan skerp, helder, kleurvisie
5.5.5 (a) fovea centralis van geelvlek (b) blindevlek (c) fovea centralis van geelvlek
VRAAG 6
6.1 oogakkommodasie 6.2 Die proses waartydens die oog aanpas vir die
waarneem van ver of naby voorwerpe deur die vorm van die lens te verander.
6.3.1 B 6.3.2 A 6.4.1 1 - siliaarspiere 2 - suspensoriese ligament
3 - lens 6.4.2 Vir naby voorwerpe (nader as 6 m) moet die
kromming van die lens verander word om inkomende ligstrale op die retina te fokus. Die volgende veranderinge vind tydens oogakkommodasie plaas:
siliaarspiere (sirkelvormige spiere) trek saam
siliaarliggaam beweeg nader aan die lens
die suspensoriese ligamente verslap (minder spanning)
elastiese lens raak meer konveks (bolrond)
ligstrale word meer gebreek deur die dikker lens
'n skerp gefokusde beeld word op die retina verkry 6.5 Die lens verloor na die ouderdom van veertig sy
elastisiteit. Dit is dus nie meer vir die lens moontlik om sy kromming effektief te verander nie. Ligstrale van naby voorwerpe kan nie meer genoeg gebreek word om 'n skerp gefokusde beeld op die retina te vorm nie. Die ligstrale moet dus deur die konvekse lens van 'n bril gebreek word om 'n skerp gefokusde beeld op die retina te vorm.
6.6.1 D - die boek van die leerder is nader as 6 m aan die oog en dus moet die lens akkommodeer en
meer konveks word en daardie vorm behou totdat die tuiswerk klaar nagesien is
6.6.2 C - die lens moet aanpas by die krieketbal wat
nader na die oog beweeg; die lens was ongeakkommodeer toe die bal ver was, maar soos dit nader kom, raak dit al meer konveks
6.6.3 A - die lens het nie nodig gehad om aan te pas
nie, aangesien die verhoog waarskynlik verder as 6 m van die persoon af is en die persoon stilsit en na die vioolspeler kyk; die lens bly
plat aangesien die afstand konstant bly
6.6.4 B - die lens is meer konveks om op die kind op die driewiel wat nader as 6 m aan die ma was,
te fokus en soos die kleuter in die straat af ry, raak die lens platter en keer terug na die ongeakkommodeerde toestand
VRAAG 7
7.1 A - uitwendige oor B - middeloor
C - inwendige oor 7.2 meganoreseptore 7.3 1 - oorskulp/pinna - vang die klankgolwe op en rig
dit na die uitwendige gehooropening 2 - uitwendige gehoorgang - gelei klankgolwe
vanaf die oorskulp na die timpanummembraan 7.4 3 - hamer (malleus) 4 - aambeeld (incus)
5 - stiebeuel (stapes) 7.5 Hulle versterk die vibrasies en dra dit oor na die
membraan van die ovaalvenster. 7.6 6 - timpanummembraan/trommelvlies - skakel
klankgolwe om in vibrasies, wat na die hamer oorgedra word
7 - ovaalvenster - dra vibrasies oor vanaf die luggevulde middeloor na die vloeistofgevulde inwendige oor
8 - rondevenster - absorbeer die drukgolwe in die perilimf van die scala tympani
7.7 buis van Eustachius - verseker dat die druk aan
weerskante van die timpanummembraan dieselfde gehou word.
7.8.1 9 - halfsirkelvormige kanale
10 - vestibulre apparaat/sakkulus en utrikulus 7.8.2 kristas - neem die verandering in die spoed of
beweging van die kop waar 7.8.3 sakkulus, utrikulus 7.8.4 makulas - reageer op swaartekrag en neem die
posisie van die kop in die ruimte waar 7.9.1 11 - koglea 7.9.2 orgaan van Corti
-
Kopiereg Die Antwoord 10
GR
12
LE
WE
NS
WE
TE
NS
KA
PP
E V
RA
ES
TE
L 1
A
AN
TW
OO
RD
E
7.10.1 12 - vestibulre senuwee
13 - koglere senuwee 7.10.2 14 - gehoorsenuwee - gelei senuwee-impulse na die serebrale
korteks waar die gewaarwording van gehoor ontstaan
- gelei senuwee-impulse na die serebellum waar balans gekordineer word
VRAAG 8
8.1 A - sakkulus B - utrikulus 8.2 1 - ampulla 8.3.1 kristas 8.3.2 Die kristas kom in die ampullas van die halfsirkel-
vormige kanale voor. 'n Krista bestaan uit gevoelige haarselle wat ingebed is in 'n jellieagtige kappie, die kupula. Senuweevesels, wat deel uitmaak van die vestibulre senuwee, gelei senuwee-impulse vanaf die kristas na die serebellum.
8.3.3 Kristas neem die verandering in spoed of beweging
van die kop waar. 8.3.4 Sodra die kop in 'n sekere rigting gedraai/beweeg
word, sal die endolimf in die ooreenstemmende kanaal beweeg. Die bewegende endolimf druk teen die kupula van die krista en laat dit beweeg. Die bewegende kupula oefen 'n trekkrag op die sensoriese haarselle uit. Hierdie meganiese stimuli word deur die haarselle in senuwee-impulse omgeskakel. Die senuwee-impulse word deur senuweevesels, wat deel is van die vestibulre senuwee, vanaf die kristas na die serebellum van die brein gelei, waar die balans gekordineer word.
8.4.1 makulas 8.4.2 Binne-in die utrikulus en die sakkulus kom streke
met haarselle voor wat in 'n jellielaag ingebed is.
In die jellielaag kom kalsiumkarbonaat (CaCO3-kristalle voor, wat otoliete genoem word. Die haarselle, jellielaag en otoliete vorm die makula. Senuweevesels, wat deel uitmaak van die vestibulre senuwee, gelei senuwee-impulse
vanaf die makulas na die serebellum. 8.4.3 Die makulas reageer op swaartekrag en neem die
posisie van die kop in die ruimte waar.
8.4.4 Die otoliete (CaCO3-crystals) in die jellielaag van die makulas beweeg in reaksie op swaartekrag.
Wanneer die posisie van die kop verander word, oefen die otoliete meer druk uit op sekere haarselle as ander. Hierdie meganiese stimuli word deur die haarselle in senuwee-impulse omgeskakel.
MENSLIKE ENDOKRIENE
STELSEL
VRAAG 9
9.1 1 - hipofise/pitutre klier 2 - t tiroed
3 - byniere/adrenale kliere
4 - pankreas/eilandjies van Langerhans
5 - ovarium 6 - testis 9.2.1 Dit kom aan die basis van die brein voor en is met 'n kort steeltjie aan die hipotalamus geheg. Dit pas
in 'n klein beenholte in die breinkas. 9.2.2 hipotalamus 9.2.3 Die hipotalamus is op twee maniere aan die
hipofise verbind: - met bloedvate aan die voorlob - met neurone aan die agterlob Die hipotalamus produseer hormone (bv. ADH)
wat via die neurone na die agterlob vervoer word, waar dit gestoor word.
Die hipotalamus beheer die hipofise deur
vrystellingsfaktore via die neurone (na die agterlob) of die bloed (na die voorlob) af te skei. Die vrystellingsfaktore stimuleer die hipofise om hormone te produseer en/of gestoorde hormone in die bloed vry te stel.
9.2.4
Hormoon Funksie
TSH (tiroed-stimulerende hormoon)
stimuleer die tiroed om die hormoon tiroksien af te skei
Groeihormoon (STH/somatotrofiese hormoon)
bevorder die groei van die skelet en die spiere, deurdat dit die sintese van proteene stimuleer
FSH (follikelstimulerende hormoon)
stimuleer die ontwikkeling van primre follikels tot Graafse follikels in die ovarium van die vrou en aktiveer die kiemepiteelselle wat spermselle produseer by die man.
LH (luteniserings-hormoon)
stimuleer ovulasie (vrystelling van die eiersel) en die ontwikkeling van die corpus luteum in die ovarium van die vrou
Prolaktien stimuleer die melkkliere om melk te produseer, na die geboorte van 'n baba
9.2.5 (a) dwerggroei/dwergisme
(b) reusegroei
(c) akromegalie 9.2.6 ADH (antidiuretiese hormoon) - ADH beheer die herabsorpsie van water deurdat dit die wande van
die nierbuisies en versamelbuise meer deurlatend vir water maak. Meer water word uit die filtraat geherabsorbeer en minder water word saam met die urine uitgeskei. ADH help dus om water vir die liggaam te bewaar.
9.3.1 Dit is aan weerskante van die tragea, net onder die larinks, gele. 9.3.2 tiroksien 9.3.3 Dit verhoog die basale metaboliese tempo. Dit verhoog die hartklop- en asemhalingstempo. Dit is noodsaaklik vir normale groei en
ontwikkeling van organe. Dit is noodsaaklik vir normale funksionering van
die senuweestelsel 9.3.4 jodium 9.3.5 Dit is die hoeveelheid energie wat die liggaam nodig
het om te funksioneer, wanneer dit in rus is. 9.3.6 (a) kretinisme (b) miksedeem
Lewenswetenskappe is makliker as wat jy
gedink het !
Die Antwoord-reeks bied uitstekende
materiaal in verskeie vakke vir Gr 10 - 12.
Besoek ons webtuiste www.theanswer.co.za
-
11 Kopiereg Die Antwoord
A
GR
12
LE
WE
NS
WE
TE
NS
KA
PP
E V
RA
ES
TE
L 1
AN
TW
OO
RD
E
TERMOREGULERING
VRAAG 10
10.1 37C 10.2.1 Die ensiem(e) sal denatureer. Hulle sal dus hul
vorm permanent verloor, sodanig dat hul nie meer hul lewensbelangrike funksies sal kan verrig nie, wat sal beteken dat ensiemwerking permanent staak.
10.2.2 Die ensiem(e) sal tydelik onaktief wees of
ensiemwerking sal baie stadig wees, indien optimumtemperatuur weer bereik word sal hulle weer maksimaal kan funksioneer.
10.2.3 Die ensiem(e) sal optimaal kan funksioneer en
ensiemwerking sal dus maksimaal wees. 10.3 Ensieme is biologiese katalisators wat alle
liggaamsfunksies beheer en reguleer. Dit is dus nodig dat die liggaamstemperatuur vir die
optimale funksionering van ensieme konstant gehou moet word. 10.4 selrespirasie 10.5 Dit lei tot 'n verhoogde metaboliese tempo, wat
verhoogde respirasietempo en hittevrystelling tot gevolg het.
10.6.1 1 - Uitstraling
- Dit is die verlies aan hitte-energie vanaf 'n warm liggaam na 'n koue omgewing deur strale
of golwe. 2 - Geleiding
- Dit is die oordrag van hitte-energie vanaf warm na koue voorwerpe, wat aan mekaar raak.
3 - Verdamping
- Dit is wanneer 'n vloeistof hitte-energie opneem en na 'n gas verander. Wanneer sweet vanaf die oppervlak van die liggaam verdamp, word hitte vanuit die vel geabsorbeer, wat die liggaam afkoel.
4 - Konveksie
- Dit is die verspreiding van hitte in vloeistowwe of gasse. Lug wat in direkte kontak met die liggaam is, word deur liggaamshitte verwarm en styg. Koue lug neem die plek van die warm lug in.
10.6.2 5 - Vasodilasie
- Meer bloed vloei na die veloppervlak, wat tot gevolg het dat meer hitte deur uitstraling, konveksie of geleiding verlore gaan. Meer bloed vloei ook na die sweetkliere, wat verhoogde sweetafskeiding tot gevolg het. Meer sweet verdamp vanaf die veloppervlak en meer hitteverlies vind dus plaas.
6 - Vasokonstriksie
- Bloed word na bloedvate in die dieper vellae herlei. Minder bloed vloei na die veloppervlak, wat tot gevolg het dat minder hitte deur uitstraling, konveksie of geleiding verlore gaan. Minder bloed vloei ook na die sweetkliere, wat verminderde sweetproduksie tot gevolg het. Minder sweet verdamp vanaf die veloppervlak en minder hitteverlies vind dus plaas.
10.6.3 verlaagde/lae omgewingstemperatuur
Ons vertrou dat die deurwerk van hierdie
vrae en antwoorde uit Vraestel 1 jou sal help
om hierdie vak onder die knie te kry en deeglik
voor te berei vir jou finale eksamen.
Die Antwoord-reeks Lewenswetenskappe studiegidse bied 'n sleutel tot eksamen sukses.