gr 12 lewenswetenskappe: menslike evolusie · gr 12 lewenswetenskappe: menslike evolusie notas...
TRANSCRIPT
GR 12 LEWENSWETENSKAPPE:
MENSLIKE EVOLUSIE
Notas ........................................................ 1
Vrae .......................................................... 16
Antwoorde ................................................ 19
Ons vertrou dat die deurwerk van hierdie notas,
vrae en antwoorde oor Menslike Evolusie jou sal help
om hierdie onderwerp onder die knie te kry vir jou
finale eksamen.
Die Antwoord-reeks Lewenswetenskappe studiegidse
bied 'n sleutel tot eksamen sukses.
1 Kopiereg © Die Antwoord
N
ME
NS
LIK
E E
VO
LU
SIE
NO
TA
S
MENSLIKE EVOLUSIE: NOTAS
DIE MENS SE PLEK IN DIE DIERERYK
• Die mens is 'n soogdier en behoort tot die klas Mammalia, aangesien die
liggaam met hare bedek is en die kleintjies gesoog word. Alle soogdiere besit
ook drie gehoorbeentjies in die middeloor. • Die mens word onder die klas Mammalia, orde Primate, geklassifiseer.
Primate sluit mense, ape, orangoetangs, gorillas en sjimpansees in. • Die orde Primate sluit die superfamilie Hominoidea in wat onderverdeel
word in twee families nl. Hominidae (Groot Ape en die mens) en
Hylobatidae (langarmapies/ gibbons). • Familie Hominidae word onderverdeel in twee subfamilies nl. Homininae
en Ponginae. • Sommige wetenskaplikes verdeel die subfamilie Homininae in nog twee
stamme nl. Hominini en Gorillini. • Die mens, sjimpansees en gorillas val dus onder die subfamilie Homininae
en die orangoetangs onder Ponginae. • Die mens behoort aan die genus Homo.
Alle lede van die familie Hominidae staan bekend as hominiede
(Groot Ape en die mens). Sekere bronne verwys egter na hominiede
as slegs mense en hul fossielvoorouers (die Groot Ape uitgesluit).
'n Nuwe term nl. hominiene word egter nou deur wetenskaplikes
gebruik; dit verwys net na mense en hul fossielvoorouers in.
(Groot Ape en die mens)
HOMINIEDE
Hominiene (tweevoetig)
Ardipithecus
Australopithecus
Homo
Groot Ape (kneukelloop)
Orangoetang
Gorilla Sjimpansee
Wetenskaplike Klassifikasie
Mammalia
Primate
Hominoidea
klas
orde
superfamilie
HylobatidaeHominidae familie
subfamilie
stam
genusHylobatesGibbon
Pongo Orangoetang
Gorilla Gorilla
Hominini Gorillini
Groot Ape
Homininae Ponginae
Pan Sjimpansee
Homo
Mens
LW: In hierdie studiegids sal die term hominien vir tweevoetige
mense en hul fossielvoorouers gebruik word. Wanneer daar
na die Groot Ape sowel as mense en hul fossielvoorouers
verwys word, sal die term hominied gebruik word. Na
Groot Ape word dikwels ook verwys as Afrika-ape.
Evolusionêre pad van die familie Hominidae
ora
ng
oe
tan
g
go
rilla
sjim
pa
nse
e
Ard
ipith
ecu
s
Au
str
alo
pith
ecu
s
Homo (mens)
Hominiene
Groot Ape
Individue van die genera Ardipithecus en Australopithecus asook
vroeë Homo-spesies word as fossielvoorouers van die moderne mens
beskou. Die moderne mens val onder die genus en spesie Homo
sapiens. Hierdie drie genera het aapagtige sowel as mensagtige
kenmerke gehad en daar word soms na hulle verwys as die aapmense.
Hierdie drie genera word op bl. 9 meer breedvoerig bespreek.
Kopiereg © Die Antwoord 2
ME
NS
LIK
E E
VO
LU
SIE
N
NO
TA
S
Anatomiese ooreenkomste tussen Afrika-ape en mense
Mense deel die volgende kenmerke met ander primate:
• opponeerbare duim wat toelaat dat ape 'n kraggreep, en mense 'n kraggreep
sowel as 'n fyn motoriese greep besit
• twee hande met vyf vingers elk; en twee voete met vyf tone elk • lang arms wat vry kan roteer aangesien die skouergewrig beweging in alle
rigtings toelaat • naakte vinger- en toonpunte wat in plat naels eindig • 'n gereduseerde snoet met verswakte reuksintuig (gereduseerde
olfaktoriese breinsentrums) • stereoskopiese visie aangesien oë vorentoe wys en diepte aan die gesigsveld
(3D-visie) verskaf • oë met keëltjies (sowel as stafies) wat kleurvisie moontlik maak • breinsentrums wat inligting vanaf hande en oë prosesseer, is vergroot • geen stert • geslagtelike dimorfisme waar manlike en vroulike individue onderskei word • besit voor- en ware kiestande met geronde knobbels
Anatomiese verskille tussen Afrika-ape en mense
Afrika-ape Mense
� Viervoetig (kwadripedaal) - kneukelloop
� Foramen magnum (opening vir
rugmurg) aan agterkant van skedel � Werwelkolom C-vormig gekrom � Arms langer en sterker as bene � Kniegewrigte kleiner en swakker � Opponeerbare (grypende) groottoon
met 'n kraggreep � Plat voete � Bekkengordel lank en smal � Klein, minder ontwikkelde brein � Slagtande prominent en groot � Dun tandemalje � Groot uitstaande kakebene met geen
ken (prognatisme) � Gesig wyer en vertoon skuins na bo � Nou, reghoekige verhemelte � Prominente kraniale en
wenkbrouriwwe
� Tweevoetig (bipedaal) - regop loopgang op twee bene
� Foramen magnum nader aan
voorkant van skedel (sentraal onderkant skedel)
� Werwelkolom S-vormig gekrom � Arms korter en swakker as bene � Kniegewrigte groter en sterker � Nie-opponeerbare groottoon in lyn
met ander tone � Verhoogde voetbrug � Bekkengordel kort en breed � Groot, ontwikkelde brein � Slag(hoek)tande kleiner; net so groot
soos ander tande � Dik tandemalje � Meer geronde kakebene en
ontwikkelde ken (gereduseerde prognatisme)
� Smal, plat gesig � Wyer, meer geronde verhemelte � Gereduseerde kraniale en
wenkbrouriwwe
BEWYSE VAN GEMEENSKAPLIKE VOOROUERS VIR
LEWENDE HOMINIEDE (insluitend die mens) • Die evolusieteorie stel nie voor dat die mens uit die sjimpansee of gorilla
ontstaan het nie, maar dui wel op 'n moontlike gemeenskaplike voorouer. • Wetenskaplikes is op soek na 'n gemeenskaplike voorouer vir alle
lewende hominiede. • Die groot vraag wat wetenskaplikes moet beantwoord, is of die
gemeenskaplike voorouer aapagtig of mensagtig was. • Oorblyfsels van vroeë hominiede is egter baie skaars.
Mens: kraggreep en fyn motoriese greep
Ape: kraggreep
Lewenswetenskappe is makliker as wat jy gedink het !
Die Antwoord-reeks bied uitstekende materiaal
in verskeie vakke vir Gr 10 - 12.
Besoek ons webtuiste www.theanswer.co.za
3 Kopiereg © Die Antwoord
N
ME
NS
LIK
E E
VO
LU
SIE
NO
TA
S
• Daar is drie hooftipes bewyse wat aandui dat hominiede moontlik 'n
gemeenskaplike voorouer kon deel: � Fossielbewyse � Genetiese bewyse � Kulturele bewyse
Fossielbewyse
• Paleontoloë bestudeer hominiedfossiele om meer inligting aangaande 'n
betrokke spesie se bou, voortbeweging, leefwyse en omgewing in te win. • Sekere kenmerke van hominiedfossiele dui ook daarop hoe veranderinge
oor tyd plaasgevind het. • Hominiedfossiele is selde volledig en is meestal slegs fragmente. • Die meeste hominiedfossiele is tande, onderkake of skedelbeendere. • Die oorblyfsels van voete, hande, bekkens of werwelkolomme is baie skaars. • Langbene, bv. femurs, word meer algemeen gevind. • Met die soeke na bewyse vir 'n gemeenskaplike hominiedvoorouer kyk
paleontoloë veral na die volgende kenmerke van hominiedfossiele: � tweevoetigheid � breingrootte � gebit (tande) � prognatisme � vorm van verhemelte � kraniale en wenkbrouriwwe
Tweevoetigheid (bipedalisme)
• Die grootste waarneembare verskil tussen ape en die mens lê hoofsaaklik in
die verskil in liggaamshouding en die manier van voortbeweging. • Ape is viervoetig (kwadripedaal) met gorillas en sjimpansees wat 'n spesifieke
manier van loop, nl. kneukelloop, het. • Die mens is egter tweevoetig (bipedaal)
en loop regop.
• Hominiedfossiele toon bewyse van 'n oorgang van viervoetigheid
na tweevoetigheid.
• Vir die mens om tweevoetig te kon raak en regop te loop, moes hul skelette
aansienlik verander. • Die volgende veranderinge in bou word by die mens waargeneem:
� By tweevoetige mense het die foramen magnum vorentoe geskuif sodat
die skedel bo-op die werwelkolom kan rus en die oë vorentoe kan kyk.
Die foramen magnum is nou sentraal aan die onderkant van die skedel
geleë. By viervoetige ape is die kop voor die werwelkolom geposisioneer,
met die foramen magnum aan die agterkant van die skedel.
A. Sjimpansee: foramen magnum is aan agterkant van skedel B. Vroeë Homo-spesie: foramen magnum is vorentoe geleë vir stabiele
regop loop C. Homo sapiens: foramen magnum sentraal aan onderkant van skedel
om die kop bo-op die werwelkolom te balanseer
Verskeie verduidelikings word vir die oorgang van viervoetigheid na tweevoetigheid gegee. Baie antropoloë twyfel of die voordele van tweevoetigheid genoegsaam was om die oorsaak te wees van die betekenisvolle veranderinge in die evolusie daarvan. Voordele van tweevoetigheid sluit in:
� Regop liggame stel 'n kleiner oppervlak bloot aan die son, wat die risiko
van oorverhitting tydens jag, voedsel versamel en ontduiking van
predatore verminder. � Regop liggame stel 'n groter oppervlak bloot aan lugstrome wat
afkoeling veroorsaak en die behoefte aan water verminder. � Hande is vry om gereedskap te gebruik, kos te maak, te jag of te baklei. � Groter gesigsveld oor die lang grasse van die savanne-vlaktes om
voedsel te vind of om predatore te vermy. � Aanpasbaarheid om 'n wyer reeks habitatte te beset.
Sjimpansee (viervoetig) Mens (tweevoetig)
A B C
Kopiereg © Die Antwoord 4
ME
NS
LIK
E E
VO
LU
SIE
N
NO
TA
S
• Die mens se werwelkolom is S-vormig om die regop skelet meer buigsaam
te maak en skokke te absorbeer. Ape se werwelkolom is C-vormig gekrom.
• Die mens besit korter arms en langer bene, in teenstelling met die langer
arms en korter bene van ape. • By die mens het die kniegewrigte groter en sterker geword om die groter
liggaamsgewig te dra. • Die mens se groottoon is in lyn met die ander tone en help om balans te
handhaaf. Ape besit 'n opponeerbare groottoon om 'n grypaksie te kan uitvoer
wanneer hulle in bome rondbeweeg. • 'n Voetbrug het by die mens ontwikkel, terwyl 'n aap se voet plat is.
• Die mens se bekkengordel het groter, korter en breër geword om die groter
gewig, wat as gevolg van die regop loopgang daarop rus, te kon dra. Ape se
bekkengordels is lank en smal.
Breingrootte
• Hominiedfossiele toon dat die grootte van die breinkas (kranium) in meeste
fossiele oor tyd toegeneem het. • Hieruit kan afgelei word dat die grootte van die brein (breinkapasiteit) oor die
algemeen dus oor tyd toegeneem het.
• Die breinkas van ape is klein en verleng en huisves 'n klein, minder
ontwikkelde brein. • Sjimpansee-breine het 'n gemiddelde grootte van ongeveer 395 cm
3.
• Die mens besit 'n ronder skedel met 'n vergrote breinkas wat 'n groot, hoogs
ontwikkelde brein huisves. • Die gemiddelde grootte van 'n menslike brein is ongeveer 1 400 cm
3.
• Die meer komplekse brein van die mens het aanleiding gegee tot: � goed ontwikkelde hand-oog koördinasie (maak en gebruik van gereedskap) � die kapasiteit vir 'n taal � die gebruik van vuur
Die voetbrug dien as skokabsorbeerder, en maak die rolbeweging
oor bal van die voet moontlik, wat energiebesparend is.
Sien die vergelykende tabel van die breinkapasiteite
van die vernaamste hominienspesies op bl. 13.
Aap Mens
Breinkapasiteit
Tyd
3 mjg 2,4 mjg 2 mjg hede
435 cm3 700 cm
3 850 cm
3 1 350 cm
3
Mens
Sjimpansee
Mens AustralopithecusSjimpansee
Die groter brein het bygedra tot die oorlewing van
die mens deurdat die mens suksesvol by
voortdurend veranderende omgewings kon aanpas.
5 Kopiereg © Die Antwoord
N
ME
NS
LIK
E E
VO
LU
SIE
NO
TA
S
Gebit (tande)
• Die grootte van tande het met die verloop van evolusie afgeneem.
• Ape besit groot prominente slagtande wat groter as die ander tande is. • In ape is daar ook 'n groot gaping (diastema) tussen die sny- en slagtande.
Dit maak plek vir die uitstaande slagtande op die teenoorstaande kakebeen
sodat die mond kan sluit. • Die mens se hoek-/slagtande is net so groot soos die ander tande. • Die diastema het oor tyd heeltemal verdwyn. • Die tandemalje het oor tyd al dikker geraak. By ape is dit baie dun, by latere
hominiede dikker en by die mens baie dik.
Prognatisme
• Ape het groot, uitstaande kakebene (snoet), met geen ken nie. • Hul kakebene steek verby die boonste deel van die gesig, wat die gesig baie
skuins laat vertoon. • Soos die tande oor tyd kleiner geraak het, het die kakebene minder uitstaande
en meer gerond geraak. Die gesigte het minder skuins begin vertoon.
• Die mens het 'n smal, plat gesig, met geronde kakebene en 'n uitstaande ken. • Die voorkop vertoon meer vertikaal as gevolg van die groter breinkas wat die
groter brein huisves.
Vorm van die verhemelte
• Die verhemelte van ape is nou en reghoekig en het oor tyd by vroeë hominiene
(Australopithecus) meer na 'n U-vorm oorgegaan. • By die mens het die verhemelte wyer en meer gerond geraak.
Kraniale en wenkbrouriwwe
• Ape het prominente kraniale en wenkbrouriwwe vir aanhegting van goed
ontwikkelde kouspiere.
• Soos evolusie oor tyd plaasgevind het, het beide kraniale en wenkbrouriwwe
kleiner geraak. • In vroeë hominiene het kraniale riwwe begin verdwyn, maar wenkbrouriwwe
was nog goed ontwikkel. • By die mens is kraniale en wenkbrouriwwe totaal gereduseer.
Onder die lewende hominiede besit manlike gorillas die mees prominente kraniale riwwe.
Die meer geronde verhemelte by die mens
het met die vorming van klanke gehelp.
Gorilla (Aap)
Australopithecus (Fossielvoorouer)
Homo sapiens (Mens)
Sjimpansee skedel met prominente kraniale en
wenkbrouriwwe
Menslike skedel met totaal gereduseerde kraniale of
wenkbrouriwwe
wenkbrourif
kraniale rif
Sjimpansee A. afarensis Mens
Kopiereg © Die Antwoord 6
ME
NS
LIK
E E
VO
LU
SIE
N
NO
TA
S
Genetiese bewyse
• Behalwe vir fossiele is die genetiese veld 'n verdere bron van bewyse van 'n
gemeenskaplike voorouer vir alle lewende hominiede. • Die DNA van lewende hominiede word met mekaar vergelyk, aangesien DNA
in dooie selle afgebreek word en selde uit fossiele onttrek kan word.
• Organismes bevat twee tipes DNA:
� chromosomale DNA (in die selkern)
� mitochondriale DNA (mtDNA in die mitochondria)
Chromosomale DNA
• Chromosomale DNA kom in die selkerne
van alle selle voor en bevat al die genetiese
inligting aangaande die eienskappe van
'n organisme. • Chromosomale DNA word deur beide ouers
(moeder en vader) aan hul nageslag oorgedra,
dus word chromosomale DNA van alle
voorouers oorgeërf. • Deur die chromosomale DNA van lewende
hominiede met mekaar te vergelyk, kan bepaal
word hoe naverwant hul aan mekaar is. • Hoe meer ooreenkomste die DNA toon, hoe
nader is die verwantskap. • Alhoewel elke mens uniek is, is 99,9% van alle
mense se DNA identies, met slegs 'n geringe
variasie van 0,1%. • Hierdie klein hoeveelheid genetiese variasie tussen mense dien as bewys van
hoe naverwant alle mense aan mekaar is. • Mense en ape se DNA is 96 - 98% identies. • Die sjimpansee se DNA stem 98% ooreen met dié van die mens, wat hul dus
die naasverwante hominiede aan die mens maak. • Bostaande bewyse ondersteun Darwin se aanvanklike idee dat mense en ape
'n gemeenskaplike voorouer deel.
Mitochondriale DNA (mtDNA)
• Deur mtDNA van lewende hominiede met mekaar te vergelyk, kan
wetenskaplikes probeer bepaal hoe lank terug die evolusionêre paaie van
die mens en Afrika-ape geskei het. • Indien daar baie verskille is, het die skeiding langer terug plaasgevind. • Daar was dus meer tyd vir mutasies om plaas te vind en die variasie is meer. • Indien daar minder verskille is, het die skeiding meer onlangs plaasgevind. • Daar was dus minder tyd vir mutasies om plaas te vind en die variasie
is minder. • Op hierdie manier het wetenskaplikes bepaal dat daar moontlik 15 mjg 'n
gemeenskaplike voorouer vir alle lewende hominiede bestaan het en dat die
mens en die sjimpansee se evolusionêre paaie ongeveer 6 mjg geskei het.
Kulturele bewyse: gereedskap
• Die maak en gebruik van gereedskap asook ander kulturele praktyke, soos
vuurmaak, begrafnisrituele, kuns en jagtegnieke word as verdere bewyse van
gemeenskaplike voorouers vir alle lewende hominiede beskou. • Die ontwikkeling van spraak en taal is 'n verdere kulturele verandering wat
moderne mense van ander primate onderskei.
Kladogram wat aandui wanneer lewende hominiede se evolusionêre paaie moontlik geskei het
mens sjimpanseegorillaorangoetang
Chromosomale DNA word van alle voorouers oorgeërf
Onthou: Lewende hominiede sluit die
orangoetang, gorilla, sjimpansee en die mens in.
In die Module oor Genetika en Oorerflikheid, het jy kennis met mtDNA
gemaak. Gaan gerus weer daardeur om jou geheue te verfris.
7 Kopiereg © Die Antwoord
N
ME
NS
LIK
E E
VO
LU
SIE
NO
TA
S
• Verbeterde kommunikasie en sosiale interaksie in gemeenskappe was uiters
belangrik vir doeltreffende jagtogte en verdediging.
• Die maak van gereedskap word met toenemende intelligensie en goed
ontwikkelde hande geassosieer. • Die gedeelte van die brein wat vir die koördinasie van handbewegings
verantwoordelik is, is baie groter by mense as by ander primate.
• Ape is bekend daarvoor dat hulle 'n verskeidenheid voorwerpe, soos stokke en
klippe, as gereedskap gebruik om makliker toegang tot voedsel te verkry, maar
hulle maak egter nie self die gereedskap nie.
• Die Homo-genus het 'n fyn motoriese handgreep wat die ontwerp en maak van
hul eie gereedskap moontlik gemaak het.
• Die gereedskap wat in fossielryke gebiede gevind is, is feitlik alles van
klip gemaak. • Al sou hominiede gereedskap gebruik het wat van ander materiale, bv. been,
ivoor of hout gemaak is, sou baie min bewyse daarvan oorgebly het aangesien
die meeste daarvan oor tyd sou ontbind het. • Gereedskap het gewissel vanaf eenvoudige, skerp klippe, tot noukeurig
uitgekerfde kliplemme. • Dit is soms moeilik om tussen doelbewus gevormde klipgereedskap en
natuurlik gevormde klippe, wat geskik is vir sny, te onderskei.
• Die eerste hominiede wat moontlik gereedskap gemaak en gebruik het, was
Homo habilis, ook bekend as 'handige man'. • Die groot voordeel van gereedskapstegnologie is die toegang tot 'n groter
verskeidenheid voedsel, insluitend harder plantmateriale en vleis. • Groter diere kon doodgemaak word en metodes van voedselvoorbereiding
kon verbeter. • Daar bestaan drie hoofsoorte gereedskapskulture:
� Oldowan
� Acheulse
� Mousteriaanse
Oldowan-gereedskapskultuur
• Die oudste gereedskap wat gevind is, vorm deel van die
Oldowan-gereedskapskultuur.
• Dit is vernoem na die terrein waar die gereedskap die eerste keer gevind is,
nl. die Olduvai-kloof in Tanzanië. • Die gereedskap dateer terug vanaf 2,6 tot 1,5 mjg. • Hierdie gereedskap word met Homo habilis geassosieer. • Al hierdie eenvoudige gereedskap is dikwels deur 'n enkele kaphou gevorm. • Die gereedskap sluit in:
� Klipbyle ('choppers'): dit is harde rotskerne waarvan skerpkantige af-
skilferings afgekap is deur 'n groter, harder klip, die hamerklip, daarop te kap. � Afskilferings: dit is eenvoudige dun, skerp kliplagies wat van 'n harde
rotskern afgekap word en gebruik word om vleis van been af te sny. � Klipafskrapings: dit is kleiner afskilferings wat gebruik is om diervelle
skoon te maak en te bewerk vir die maak van klere en skuilings.
Ape gebruik dikwels skerp klippe om bene
oop te kraak om by die murg uit te kom.
Hierdie gedeelte fokus op die verskeidenheid
gereedskap wat in fossielterreine gevind is.
Wetenskaplikes is nie seker of die gebruik van gereedskap
breinontwikkeling gestimuleer het en of 'n vergrote brein
die gebruik van gereedskap moontlik gemaak het nie.
LW: Australopithecus-genus (ook bekend as die aapmense)
word nie met die maak van gereedskap geassosieer nie.
In die volgende gedeelte word die name van verskeie vroeë
Homo-spesies genoem. Jy sal later in die module op bl. 12
in groter detail met die genus Homo kennis maak.
'n Gereedskapskultuur is die manier hoe die gereedskap
wat in 'n spesifieke streek gevind is, gemaak en gebruik is.
Die maak van 'n klipbyl ('chopper') van die Oldowan-gereedskapskultuur
Kopiereg © Die Antwoord 8
ME
NS
LIK
E E
VO
LU
SIE
N
NO
TA
S
Acheulse gereedskapskultuur
• 'n Latere en meer gevorderde gereedskapskultuur wat ontstaan het, is die
Acheulse gereedskapskultuur. • Dit is vernoem na die terrein waar die gereedskap gevind is,
nl. St Acheul in Frankryk. • Die gereedskap dateer terug vanaf 1,5 mjg tot 250 000 jaar gelede. • Die Homo-spesies, Homo erectus en Homo ergaster, het moontlik hierdie
gereedskap gemaak. • Al hierdie gereedskap is gemaak deurdat daar weer aan bestaande
gereedskap gewerk is en toon dus tekens van herhaalde afskilfering om die
skerp rande te kon vorm. • Die gereedskap was swaarder en groter as dié van die Oldowan-
gereedskapskultuur en word ook aan 'n groter verskeidenheid gekenmerk. • Dit is nie net deur klip gevorm nie, maar ook deur hout en been. • Gereedskap sluit in: � Handbyle:
- dit is ovaalvormige klippe wat aan weerskante skerp gemaak is om
'n ruwe, skerp punt te vorm.
- dit is gevorm deur die gebruik van harde en sagte kapgereedskap. - dit is gebruik om hout te kap en groter diere dood te maak. � Pikke: dik, gepunte klippe � Vleisbyle: groot snygereedskap met lang, wye kliplem-gedeeltes
Mousteriaanse gereedskapskultuur
• Die derde gereedskapskultuur wat ontstaan het, is die Mousteriaanse
gereedskapskultuur. • Dit is vernoem na die terrein waar die gereedskap gevind is,
nl. Le Moustier in Frankryk. • Hierdie gereedskap dateer terug vanaf 250 000 tot 50 000 jaar gelede. • Hierdie klipgereedskap was hoofsaaklik afskilferings; klipafskrapings en skerp
naaldstrukture en is moontlik deur Homo neanderthalensis en vroeë Homo
sapiens gemaak en gebruik. • 'n Groter verskeidenheid vorms van kliplemme is vir spiespunte of as
else gebruik.
• Handbyle van hierdie kultuur het ook meer verfynde kliplemme gehad. • Hierdie gereedskap het deel uitgemaak van gevorderde
gereedskapstelle ('toolkits').
100 000 jaar gelede - onlangse geskiedenis van die mens
• Ongeveer 100 000 jaar gelede tot die onlangse geskiedenis van die mens
was gereedskap hoofsaaklik klein klipafskilferings wat vervorm is in verfynde
spiespunte en messe met verbeterde, langer kliplemme. • Kleiner kliplemme, ook bekend as mikroliete, het deel gevorm van pylpunte
en vishoeke. • Homo sapiens het ook diere (bv. beeste, skape, perde en donkies) mak
gemaak en aangehou asook vrugte en groente gekweek om in hul behoeftes
te voorsien. • Dit het tot 'n meer gevestigde bestaan en die ontstaan van klein dorpies gelei. • Homo sapiens het klere gemaak asook verskeie kunsvorme beoefen, bv. die
maak van sketse, ornamente, beeldhouwerke en juweliersware. • Meer moderne Homo sapiens het ook verskillende metale (koper, brons en
yster) in hul vooruitstrewende tegnologie begin gebruik.
'n Els is 'n skerp gepunte voorwerp wat
gebruik word om gate mee te maak.
Meer verfynde gereedskap het toegang tot
beter kos en skuiling verseker, wat tot meer
komplekse en gemakliker leefstyle gelei het.Aangesien beide kante van die klip skerp gemaak
is, staan dit bekend as tweekantige gereedskap.
Verskillende handbyle van die Acheulse gereedskapskultuur
9 Kopiereg © Die Antwoord
N
ME
NS
LIK
E E
VO
LU
SIE
NO
TA
S
HOOFFASES IN DIE HOMINIED-EVOLUSIE
(van 6 mjg tot op hede) • Die drie hoofgenera hominiene binne die hominiedgroep is die volgende:
� Ardipithecus
� Australopithecus
� Homo • Die tydlyn van menslike evolusie begin waarskynlik ongeveer 6 tot 7 miljoen
jaar gelede.
ARDIPITHECUS
• Ardipithecus ramidus was 'n vroeë hominien wat ongeveer 5,8 - 4,4 miljoen
jaar gelede geleef het. • Ongeveer 17 Ardipithecus-fossiele is in 1993 in die Afarvallei in
Ethiopië gevind. • Hierdie wesens vertoon aapagtige sowel as australopithecine-kenmerke,
wat daarop dui dat Ardipithecus heel moontlik 'n oorgangsvorm tussen ape
en Australopithecus kon wees.
Algemene kenmerke van Ardipithecus
• Was waarskynlik tweevoetig (bipedaal). • Foramen magnum onder breinkas, maar meer vorentoe as by ape. • Bekkengordel is bo breër en onder meer verleng en smaller soos by ape. • Lang arms (feitlik net so lank soos die bene) vir boomklim. • Opponeerbare, grypende groottoon. • Klein breinkapasiteit van ongeveer 300 - 350 cm
3.
• Aapagtige tande, maar slagtande en kiestande kleiner as dié van ape;
besit diastema.
• Uitstaande kakebene (snoet), met geen ken. • Skuins gesig. • Verhemelte is nou en reghoekig. • Klein wenkbrouriwwe.
AUSTRALOPITHECUS
• Australopithecines word as die eerste tweevoetige (bipedale) primate beskou. • Hulle het aapagtige en mensagtige kenmerke gehad en daar word soms na
hulle as aapmense verwys. • Die genusnaam Australopithecus beteken letterlik 'suidelike aap'.
• Daar word beraam dat australopithecines tussen 4,5 en 1,4 miljoen jaar gelede
in Afrika geleef het. • In hierdie tyd het woude in Afrika toenemend plek gemaak vir verspreide
bosveld, grasveld en savanne. • Australopithecus-fossiele is hoofsaaklik in Oos- en Suid-Afrika gevind.
Algemene kenmerke van Australopithecus
• Tweevoetig (bipedaal), met 'n regop loopgang. • Foramen magnum meer sentraal onder skedel geleë.
Wetenskaplikes verskil grootliks van mekaar oor die
oorsprong van die mens. Hierdie studiegids poog om
'n wye oorsig van beskikbare wetenskaplike bewyse
en die afleidings deur verskeie wetenskaplikes, wat
op hierdie data gebaseer is, te verskaf.
Die bou van sy voete, bekken, bene en hande dui daarop dat
Ardipithecus tweevoetig (bipedaal) op die grond was, maar
viervoetig (kwadripedaal) wanneer hy in bome rondgeklim het.
'n Gedeeltelike skelet van 'n Ardipithecus-fossiel
Individue wat tot hierdie genus behoort,
word australopithecines genoem.
Kopiereg © Die Antwoord 10
ME
NS
LIK
E E
VO
LU
SIE
N
NO
TA
S
• Bekkengordel is kort en breed. • Lang arms vir boomklim. • Vingers lank en gekrom; nie-opponeerbare groottoon. • Breinkapasiteit groter as dié van ape, ongeveer 380 - 500 cm
3.
• Tande meer mensagtig; kleiner slagtande as ape, maar groter as mense;
klein diastema. • Uitstaande kakebene met geen ken. • Skuins gesig (minder skuins as by ape). • Verhemelte U-vormig. • Groot wenkbrouriwwe. • Die 3,8 miljoen jaar oue voetspore wat in Laetoli in Tanzanië gevind is,
is een van die oudste fossiele wat bewys lewer van Australopithecus
se tweevoetigheid. • Australopithecus het waarskynlik gelyktydig met Homo-genus ontwikkel,
en word dus nie as 'n menslike voorouer beskou nie. • Verskeie Australopithecus-fossiele van verskillende spesies is al in
Afrika gevind. • Die volgende vyf bekende australopithecines word bespreek: � Taung-kind � Mev. Ples � Lucy � Little Foot � Australopithecus sediba
Taung-kind (Australopithecus africanus)
• In 1924 is 'n fossielskedel van 'n aapmens deur Professor Raymond Dart by
Taung, noordwes van Kimberley, gevind. • Dit was die skedel van 'n aapmens-kind van ongeveer
3 - 4 jaar oud. • Die skedel het menslike sowel as aapagtige kenmerke gehad, nl.: � 'n klein breinkapasiteit (340 cm
3) soortgelyk aan dié
van ape � mensagtige tande � foramen magnum vorentoe geleë, wat op
tweevoetigheid dui • Die Taung-skedel is onder Australopithecus africanus
geklassifiseer, wat ongeveer 3 - 2 miljoen jaar gelede
geleef het.
Mev. Ples (Australopithecus africanus)
• In 1947 is 'n volledige volwasse skedel tesame met verskeie beendere in die
Sterkfonteingrotte in Suid-Afrika gevind deur Dr. Robert Broom. • Hierdie skedel was ongeveer 2 - 3 miljoen jaar oud en is ook as
Australopithecus africanus geklassifiseer. • Die breinkapasiteit word geskat as soortgelyk aan dié van die sjimpansee. • Aan die posisie van die foramen magnum kon afgelei word dat Mev. Ples
tweevoetig was en regop geloop het. • Die kakebene toon dat daar geen uitstaande slagtande voorgekom het nie
en die tandstruktuur dui daarop dat hoofsaaklik plantaardige materiaal en
min vleis geëet is.
Taung-skedel
Mev. Ples
Alhoewel australopithecines
tweevoetig was, het hulle
ook boom geklim.
Daar is al dikwels na Mev. Ples as die vermiste
skakel verwys, maar dit is eintlik net een van die
skakels in die menslike evolusionêre ketting.
Voetspore wat die tweevoetigheid van Australopithecus bevestig
11 Kopiereg © Die Antwoord
N
ME
NS
LIK
E E
VO
LU
SIE
NO
TA
S
Lucy (Australopithecus afarensis)
• Lucy is 'n vroulike fossielskelet wat in 1974 deur Donald
Johanson by Hadar in die Afarvallei in Ethiopië gevind is. • Die skelet dateer terug na 3,5 miljoen jaar gelede. • Die vorm van die bekken het aangetoon dat Lucy
vroulik was. • Die skelet was ongeveer 1 m lank en bewyse van
tweevoetigheid is gekry. • Die gesig het aapagtige kenmerke gehad, nl. 'n lae
voorkop, 'n plat neus, uitstaande onderkaak en
groot slagtande. • Die arms was lank en die bene kort. • Die breinkapasiteit van 400 cm
3 was soortgelyk aan dié van ape.
Little Foot (Australopithecus-spesie)
• In 1994 is die enkel- en voetbene van 'n australopithecine-fossiel, deur die
paleo-antropoloog Dr. Ron Clarke, in die Sterkfonteingrotte ontdek. • Die fossiel is Little Foot genoem. • In 1997 is die res van die skelet gevind. • Die bevryding van die volledige skelet uit
die rots is tans steeds aan die gang. • Daar is reeds, volgens die posisie van die
foramen magnum, bepaal dat Little Foot
tweevoetig was. • Die arms is kort en die handbene stem
baie ooreen met dié van die moderne
mens, met kort palms en vingers. • Die spesie waaraan Little Foot behoort, sal eers bepaal word wanneer die hele
skelet opgegrawe is.
Australopithecus sediba (2 - 1,7 mjg)
• In 2008 is twee fossiele, nl. 'n jong vrou en seun, deur Professor Lee Berger
en sy negejarige seun, Matthew in die Wieg van die Mensdom, in die
Malapagebied, ontdek.
• Hierdie fossiele verteenwoordig 'n nuwe spesie, Australopithecus sediba, wat
in April 2010 aan die wêreld bekend gestel is. • Die fossiele is tussen 1,78 en 1,95 miljoen jaar oud en is die volledigste vroeë
hominiene wat tot nog toe ontdek is. • Australopithecus sediba word beskou as 'n oorgangsfossiel tussen die ouer
Australopithecus africanus en die eerste Homo-spesies, wat moontlik direk
tot die ontstaan van die moderne mens aanleiding gegee het. • Australopithecus sediba besit 'n klein brein in vergelyking met die moderne
mens, maar die vorm toon 'n baie meer gevorderde brein as dié van ander
australopithecines.
Dr. Ron Clarke met Little Foot
Die Sterkfonteingrotte is kalksteengrotte wat noordwes van Johannesburg
geleë is. Hier kom van die grootste hoeveelheid hominienfossiele ter
wêreld voor. Meer as 700 aapagtige hominienfossiele is al hier ontdek.
Aangesien wetenskaplikes glo dat hierdie gebied moontlik die mens se
plek van oorsprong is, staan dit bekend as die Wieg van die Mensdom.
Australopithecus africanus - 'suidelike aap van Afrika'
Australopithecus afarensis - 'suidelike aap van Afar'
paleontologie - die studie van plant- en dierefossiele antropologie - die studie van die mens se oorsprong en sosiale
verhoudings argeologie - die studie van die artefakte wat deur vroeë menslike
bevolkings agtergelaat is paleo-antropologie - die studie van menslike evolusie deur
fossiele van mense en artefakte te bestudeer
Dit is die eerste keer sedert
Dr. Robert Broom in 1947 vir
Mev. Ples by Sterkfontein ontdek
het, dat 'n nuwe hominienspesie
weer in Suid-Afrika gevind is.
Lucy fossielskelet
Kopiereg © Die Antwoord 12
ME
NS
LIK
E E
VO
LU
SIE
N
NO
TA
S
• Vroeë australopithecines kon regop loop, maar nie vinnig hardloop of ver
stap nie. • Australopithecus sediba het, soos hulle, lang arms besit wat aangepas was
vir boomklim, terwyl die bekken ooreengestem het met dié van vroeë Homo-
spesies en aangepas was om lang afstande te stap. • Professor Berger en sy kollegas glo dat Australopithecus sediba waarskynlik
die voorouer van die moderne mens kan wees.
HOMO
• Die genus Homo het ongeveer 2,2 miljoen jaar gelede in Afrika verskyn.
Algemene kenmerke van Homo
• Tweevoetig (bipedaal), met 'n regop loopgang. • Foramen magnum sentraal onder basis van skedel, direk bo werwelkolom. • Bekkengordel is kort en breed. • Bene is lank in verhouding met arms; langer femurs vir groter treë. • Kort, reguit tone; nie-opponeerbare groottoon; vergrote hakbeen;
opponeerbare duim. • Groter brein, met breinkapasiteit van 600 - 1 400 cm
3.
• Kleiner tande (geen uitstaande slagtande), geen diastema. • Kakebene meer gerond, met prominente ken by Homo sapiens; ouer spesies
se kakebene nog uitstaande. • Plat gesig. • Verhemelte wyd en gerond. • Geen wenkbrouriwwe by Homo sapiens; ouer spesies besit
groot wenkbrouriwwe.
• Die volgende Homo-spesies word bespreek:
� Homo habilis
� Homo erectus
� Homo neanderthalensis
� Homo sapiens
Homo habilis
• Homo habilis het ongeveer 2,2 - 1,6 miljoen jaar gelede,
tesame met ander Australopithecus-spesies, in Afrika, geleef. • Australopithecus africanus het waarskynlik oorsprong gegee
aan Homo habilis. • In 1960 is 'n Homo habilis-fossiel in Tanzanië ontdek. • Homo habilis liggame was kleiner as die van Australopithecus
en was aapagtig. • Hulle het ook 'n groter breinkapasiteit (640 cm
3) as Australopithecus gehad,
wat beteken het dat hul oor beter handvaardigheid beskik het, om werktuie
te maak. • Homo habilis was die eerste groep wat klipwerktuie gebruik het.
Homo erectus
• Homo erectus is 'n spesie wat nader is aan die moderne mens as aan
Australopithecus. • Homo erectus beteken letterlik 'regop man' en hulle het 1,8 - 0,3 miljoen jaar
gelede geleef. • Hulle was waarskynlik die eerste hominiene om uit Afrika, na Europa en Asië,
te migreer. • Die mees volledige Homo erectus-fossiel, van 1,5 miljoen jaar oud, is naby die
Turkanameer in Kenia gevind en staan bekend as die Turkana-seun.
Karabo is die naam wat gegee is aan die fossiel van die jong seun,
wat deur Matthew Berger (Professor Berger se seun) gevind is.
Hoofverskille tussen genera Australopithecus en Homo
• Die breine van Homo was baie groter en beter ontwikkel. Homo kon
gereedskap maak en gebruik, vuur maak en taal begin ontwikkel. • Die skedel van Homo was meer mensagtig met minder prominente
wenkbrouriwwe, 'n platter gesig, kleiner tande en 'n meer geronde kakebeen.
Die naam Homo habilis beteken letterlik 'handige man'.
Ander bekende Homo erectus-fossiele wat al gevind is, is die Peking-
man wat in China gevind is (400 000 jaar oud), asook die Java-man
fossielskedel (700 000 jaar oud) wat in Java, Indonesië gevind is.
13 Kopiereg © Die Antwoord
N
ME
NS
LIK
E E
VO
LU
SIE
NO
TA
S
• Homo erectus se liggame was groot, baie soos dié van die
moderne mens. • Hul skedels was dik, met lae, duidelike voorkoppe, sterk
wenkbrouriwwe en geen ken nie. • Beide kakebene was redelik massief met groot tande. • Hul breinkapasiteit was ongeveer 1 000 cm
3.
• Homo erectus het klip- en beenwerktuie gemaak en gebruik. • Hulle was suksesvolle jagters en was die eerste spesie wat geleer het om vuur
te gebruik.
Homo neanderthalensis
• Die Neanderdallers was 'n groep mense wat ongeveer tussen
230 000 en 30 000 jaar gelede in Europa en Wes-Asië
voorgekom het. • Die eerste fossiel is in 1856 in die Neandervallei,
in Duitsland, gevind. • Hul skedels was lank en plat, met 'n lae voorkop, breë neus en
prominente wenkbrouriwwe bokant die oë. • Alhoewel hul breine groter as dié van Homo sapiens was, was
taal nie goed ontwikkel nie en tegnologiese ontwikkeling was min. • Hulle was jagters, het klere van diervelle gedra, skuilings in grotte gebou en
het vuur gebruik. • Hulle het hul dooies begrawe, wat op 'n soort 'geesteslewe' of gevorderde
kultuur gedui het.
Homo sapiens
• Hierdie groep word as die direkte voorouers van die moderne
mens beskou. • Homo sapiens het na bewering ongeveer 200 000 jaar gelede te
voorskyn gekom. • Daar word beweer dat die verskyning van Homo sapiens tot die
verdwyning van die Neanderdallers gelei het. • Homo sapiens het beter vaardighede ontwikkel en het oor meer
gevorderde tegnologie beskik.
• Die moderne mens is dus nie verwant aan Homo neanderthalensis nie. • Homo sapiens se gereedskap was van been sowel as klip en het spiese, pyle,
boë en hoeke vir visvang ingesluit. • Hul klere was hoofsaaklik van leer en plantmateriaal. • Hulle het in tente gebly en as gemeenskappe saamgeleef. • As jagters het hulle jaarliks in die somer agter diere aan getrek. • Hulle het landbou ontwikkel en die grond bewerk. • Juweliersware is gedra en hul liggame is met lyfverf versier. • Hulle het rituele rondom jag, geboortes en sterftes ontwikkel. • Hulle het, net soos die Neanderdallers, hul dooies begrawe, wat op die
ontwikkeling van 'n gevorderde kultuur en geestelike rituele gedui het.
• Die moderne mens beskik, as gevolg van hul groot breinkapasiteit van
ongeveer 1 400 cm3, oor die vermoë om hul omgewing, volgens hul behoeftes,
te verander, anders as die vroeë Homo-spesies wat nie hul omgewings kon
verander nie en dus uitgesterf het. • Vandag staan die moderne mens op die randjie van die sesde uitsterwing as
gevolg van sy eie vernietigende impak op die omgewing.
Vergelykende tabel van die vernaamste
Hominienspesies se gemiddelde breinkapasiteit
Hominienspesie Gemiddelde breinkapasiteit
(in cm3)
Australopithecus afarensis 440
Australopithecus africanus 450
Australopithecus sediba 500
Homo habilis 640
Homo erectus 1 000
Homo neanderthalensis 1 500
Moderne Homo sapiens 1 400
Soms word daar na die moderne mens verwys as
Homo sapiens sapiens, 'n subspesie van Homo sapiens.
Kopiereg © Die Antwoord 14
ME
NS
LIK
E E
VO
LU
SIE
N
NO
TA
S
'UIT-AFRIKA'-HIPOTESE
• Volgens die 'Uit-Afrika'-hipotese het Homo sapiens ongeveer 200 000 jaar
gelede in Afrika ontstaan en relatief onlangs (50 000 jaar gelede) na die res
van die wêreld migreer. • Hierdie vroeë Homo sapiens, met hul hoër vlak van tegnologiese vaardigheid,
was beter aangepas in hul nuwe omgewings en het ander Homo-spesies
uitkompeteer. • Dit het daartoe gelei dat die meer suksesvolle Homo sapiens vir Homo erectus
in Asië en Indonesië asook vir Homo neanderthalensis in Europa vervang het.
BEWYSE VAN AFRIKA-OORSPRONG VIR ALLE
MODERNE MENSE
Die volgende bewyse ondersteun hierdie hipotese:
• Genetiese skakels
• Fossiele en artefakte van hominiene wat in Afrika gevind is
Genetiese skakels as bewyse vir die 'Uit-Afrika'-hipotese
Dit is nie nodig om hierdie tydlyn te memoriseer nie. Die
interpretasie daarvan kan egter in 'n vraag van jou verwag word.
'Uit-Afrika'-hipotese
In teenstelling met die 'Uit-Afrika'-hipotese bestaan daar 'n alternatiewe model, nl. die 'Multiregionale'-hipotese. Hierdie model stel
voor dat die Homo genus Afrika verlaat het en gelyktydig regoor die wêreld aan Homo sapiens oorsprong gegee het (parallelle evolusie). Beide modelle word deur genetiese en fossielbewyse ondersteun,
maar die 'Uit-Afrika'-hipotese word meer geredelik aanvaar.
Jy het reeds op bl. 6 met genetiese bewyse van 'n
gemeenskaplike voorouer vir alle lewende hominiede kennis
gemaak. Aangesien dit by hierdie gedeelte aansluit, sal dit 'n
goeie idee wees om weer daarna te kyk, voordat jy verder gaan.
Die 'Uit-Afrika'-hipotese word ook dikwels die 'Vervangings'-hipotese genoem.
7 mjg 6 5 4 3 2 1 Vandag
Ardipithecus ramidus
Australopithecus afarensis
Australopithecus africanus
Australopithecus sediba
Homo habilis
Homo erectus
Homo neanderthalensis
Homo sapiens
vroeë hominiene
Tydlyn om evolusie van hominiene voor te stel
Homo erectus was van die vroegste hominiene wat in Afrika voorgekom het. Hulle was die eerste Homo-spesie wat ongeveer 1,8 miljoen jaar gelede Afrika verlaat het en hul in Europa, Asië en Indonesië gevestig het.
Daar bestaan verskillende hipoteses
aangaande die plek waar die mens ontstaan
het. Die 'Uit-Afrika'-hipotese is die een wat die
meeste deur wetenskaplikes ondersteun word.
15 Kopiereg © Die Antwoord
N
ME
NS
LIK
E E
VO
LU
SIE
NO
TA
S
• Wetenskaplikes gebruik al hoe meer genetiese studies, waar gedeeltes van
DNA gebruik word, om afstamming te bepaal. • Verskillende tipes DNA word gebruik:
� Chromosomale DNA (Y-chromosome uitgesluit)
� Mitochondriale DNA (mtDNA)
� DNA van Y-chromosome
Chromosomale DNA (Y-chromosome uitgesluit)
• Jy weet reeds dat alle mense se DNA 99,9% dieselfde is. • Hierdie klein hoeveelheid variasie toon dat alle mense uit 'n baie klein
Homo sapiens bevolking ontstaan het. • Hierdie aspek van genetika ondersteun die 'Uit-Afrika'-hipotese.
Mitochondriale DNA (mtDNA)
• Jy weet reeds dat mtDNA normaalweg slegs deur 'n moeder na haar
nakomelinge oorgedra word. • Wetenskaplikes bepaal die grootte van 'n bevolking se genetiese variasie
deur die mtDNA van verskillende bevolkings met mekaar te vergelyk. • Die groep wat die meeste variasie toon, het die meeste mutasies. • Hierdie groep het dus die meeste tyd gehad vir mutasies om plaas te vind en
is dus die oudste. • Studies het bewys dat die grootste vlak van genetiese variasie in mtDNA in
menslike bevolkings in Afrika voorkom. • Daaruit word afgelei dat die mense van Afrika die oudste is. • Hierdie genetiese bewyse, tesame met fossielbewyse, dui daarop dat die
moderne mens ongeveer 200 000 - 100 000 jaar gelede in Afrika ontstaan het.
DNA van Y-chromosoom
• Die DNA op die Y-chromosoom word slegs
deur mans gedra en kan slegs van hul vaders
oorgeërf word. • Die klein Y-chromosoom ondergaan geen
oorkruising of uitruiling van genetiese materiaal
tydens gameetvorming (meiose) nie. • Die Y-chromosoom bly dus feitlik dieselfde oor
generasies heen. • Mans wat 'n gemeenskaplike manlike
voorouer deel, sal feitlik dieselfde Y-DNA besit,
al het die manlike voorouer baie generasies
gelede geleef. • Manlike voorouerlike afstamming kan dus op
dié manier terug gevolg word na 'n manlike voorouer in Afrika.
LW: Weens konstante genetiese herkombinasie van chromosomale DNA
(oorkruising en ewekansige rangskikking tydens meiose), is dit moeilik om
genetiese afstamming te bepaal. mtDNA (oorgedra van moeder na kind)
en DNA van Y-chromosome (oorgedra van vader na seun) ondergaan
egter nie herkombinasie tydens meiose nie en wetenskaplikes kan hierdie
gene oor duisende jare deur generasies heen naspoor.
Chromosomale DNA word selde uit fossiele onttrek en is dus nie
beskikbaar vir toetsing nie. mtDNA en DNA van Y-chromosome
word dus meer algemeen gebruik om afstamming te bepaal.
'Mitochondriale Eva' is 'n naam wat gegee word aan die mees onlangse, vroulike, gemeenskaplike voorouer van alle lewende mense. Ons mtDNA word slegs van ons moeders oorgeërf. Mutasies in mtDNA is in mense van verskillende lande oor die wêreld bestudeer om hul genetiese ooreenkomste te bepaal. Dit word dan gekombineer met die verwagte tempo van DNA mutasies per generasie om die ouderdom van 'Mitochondriale Eva' te skat. Navorsers het tot die gevolgtrekking gekom dat sy ongeveer 200 000 - 150 000 jaar gelede in Afrika geleef het. Dit ondersteun die 'Uit-Afrika'-hipotese.
Wanneer 'n familiestamboom oor baie generasies heen opgestel word,
vorm die Y-chromosome van die verwante manlike individue, wat van
een generasie na die volgende oorgedra word, 'n denkbeeldige lyn wat
bekend staan as die Y-lyn. Daar word dikwels na die hipotetiese
gemeenskaplike voorouer verwys as 'Y-chromosoom Adam'.
Jy weet reeds dat 'n vroulike individu twee identiese
gonosome (geslagschromosome), nl. XX besit en 'n
manlike individu twee verskillendes, nl. XY.
Y-DNA word langs die direkte vaderlike lyn oorgeërf
Kopiereg © Die Antwoord 16
ME
NS
LIK
E E
VO
LU
SIE
V
VR
AE
MENSLIKE EVOLUSIE: VRAE
VRAAG 1
Kies in elk van die volgende gevalle die mees korrekte antwoord tussen hakies en skryf dit teenoor die ooreenstemmende nommer neer. 1.1 'n (Orangoetang / mens / gorilla / kangaroe) is nie 'n hominied nie. 1.2 Hominiede besit nie almal ('n opponeerbare duim / plat toon- en vingernaels / 'n
stert / voor- en ware kiestande met geronde knobbels) nie. 1.3 (Stereoskopiese visie / tweevoetigheid / twee hande met vyf vingers elk) is ’n
eienskap wat die mens van die Afrika-ape onderskei. 1.4 (Homo habilis / Homo sapiens / Gorilla gorilla / Australopithecus africanus)
is nie 'n hominien nie.
VRAAG 2
Bestudeer onderstaande skedels en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Watter een van hierdie skedels behoort nie aan 'n hominien nie? 2.2 Watter van hierdie skedels behoort aan bipedale organismes? 2.3 Watter skedel verteenwoordig elk van die volgende? 2.3.1 Homo sapiens 2.3.2 Gorilla gorilla
2.3.3 Australopithecus africanus 2.3.4 Homo habilis 2.4 Plaas hierdie vier skedels in die korrekte volgorde vanaf die mees primitiewe tot
die mees gevorderde.
VRAAG 3
Bestudeer die twee skelette hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die diagramme is volgens skaal geteken.
3.1.1 Tabuleer DRIE sigbare verskille tussen die skelet van 'n gorilla en dié van 'n mens. 3.1.2 Noem DRIE kenmerke wat hier sigbaar is, wat ons met ander hominiede deel.
Gorilla
Mens
A B
C D
Ons vertrou dat die deurwerk van hierdie notas,
vrae en antwoorde oor Menslike Evolusie jou sal help
om hierdie onderwerp onder die knie te kry vir jou
finale eksamen.
Die Antwoord-reeks Lewenswetenskappe studiegidse bied
'n sleutel tot eksamen sukses.
17 Kopiereg © Die Antwoord
V
ME
NS
LIK
E E
VO
LU
SIE
VR
AE
3.2 Bestudeer die onderstaande voorstellings (A en B) van bostaande organismes
se skedels en beantwoord die vrae wat volg.
3.2.1 Identifiseer die organismes waaraan skedel A en B
onderskeidelik behoort. 3.2.2 Wat word in albei voorstellings deur die pyltjie aangedui? 3.2.3 Watter voorstelling verteenwoordig die skedel van 'n organisme wat vir
die grootste deel van sy volwasse lewe tweevoetig/bipedaal is? 3.2.4 Watter rol speel jou antwoord op Vraag 3.2.3 in die oorgang
na tweevoetigheid? 3.2.5 Verduidelik DRIE moontlike voordele van tweevoetigheid vir die organisme
waarna in Vraag 3.2.3 verwys is.
VRAAG 4
Die evolusieteorie stel nie voor dat die mens uit die sjimpansee of gorilla ontstaan het nie, maar dui wel op 'n moontlike gemeenskaplike voorouer. 4.1 Noem die DRIE hooftipes bewyse wat aandui dat hominiede moontlik
'n gemeenskaplike voorouer kon deel. 4.2 Wat word onder kulturele bewyse ingesluit? 4.3 Wat word bedoel met 'n gereedskapskultuur? 4.4 Van watter gereedskapskultuur maak die oudste gereedskap wat gevind is,
deel uit? 4.5 Behalwe die gereedskapskultuur in Vraag 4.4 genoem, noem die ander
TWEE gereedskapskulture wat in Frankryk ontstaan het.
4.6 Voltooi onderstaande tabel wat die geskiedenis van die ontwikkeling van
gereedskap voorstel.
Voorstelling van gereedskap
Gereedskapskultuur waarin die gereedskap voorkom
Tipe gereedskap
Eerste hominien(e) wat hierdie tipe gereedskap gebruik
Die tydperk waarin hierdie gereedskap gebruik is
VRAAG 5
Diagram A, B en C hieronder illustreer die skedels van Homo sapiens, Homo erectus en Pan troglodytes (sjimpansee). Die diagramme is volgens skaal geteken.
5.1 Gee die genus- en spesienaam van die skedel voorgestel in: 5.1.1 A 5.1.2 B 5.1.3 C
5.2 Gebruik die diagramme en skryf neer in watter volgorde hierdie drie spesies
moontlik op aarde verskyn het.
5.3 Tabuleer DRIE sigbare strukturele verskille tussen die skedels in A en B,
wat evolusionêre tendense in menslike ontwikkeling toon.
A B C
A B
Kopiereg © Die Antwoord 18
ME
NS
LIK
E E
VO
LU
SIE
V
VR
AE
VRAAG 6
Bestudeer meegaande voorstelling van die ‘Uit-Afrika’-hipotese en beantwoord die vrae
wat volg.
6.1 Volgens die ‘Uit-Afrika’-hipotese het Homo sapiens in Afrika ontstaan en vandaar
na die res van die wêreld versprei om ander hominiene soos Homo erectus en
Homo neanderthalensis te vervang. Watter bewyse ondersteun hierdie hipotese? 6.2 Hoekom word Afrika as die ‘Wieg van die Mensdom’ beskou? 6.3 Watter Homo-spesie was die eerste om Afrika ongeveer 1,8 miljoen jaar gelede
te verlaat? 6.4 Noem DRIE wêrelddele waarheen die eerste Homo-spesie wat Afrika verlaat het,
migreer het. 6.5 Wat het daartoe gelei dat Homo erectus in Asië en Indonesië en
Homo neanderthalensis in Europa deur Homo sapiens vervang is? 6.6 Afrika word as die plek van oorsprong van Homo sapiens beskou, aangesien die
mense van Afrika die oudste is. Verduidelik hoe mitochondriale DNA (mtDNA)
gebruik is om tot hierdie gevolgtrekking te kom. 6.7 DNA van Y-chromosome (Y-DNA) word slegs deur mans gedra en kan slegs van
hul voorouers oorgeërf word. Verduidelik hierdie stelling. 6.8 Verduidelik hoe Y-DNA ‘n rol speel in die bepaling van manlike
voorouerlike afstamming.
VRAAG 7
Beskryf TWEE soorte bewyse wat die idee dat die menslike bevolking op die Afrika-kontinent ontstaan het, ondersteun.
'Uit-Afrika'-hipotese
Lewenswetenskappe is makliker as wat jy gedink het !
Die Antwoord-reeks bied uitstekende materiaal
in verskeie vakke vir Gr 10 - 12.
Besoek ons webtuiste www.theanswer.co.za
Ons vertrou dat die deurwerk van hierdie notas,
vrae en antwoorde oor Menslike Evolusie jou sal help
om hierdie onderwerp onder die knie te kry vir jou
finale eksamen.
Die Antwoord-reeks Lewenswetenskappe studiegidse bied
'n sleutel tot eksamen sukses.
19 Kopiereg © Die Antwoord
ME
NS
LIK
E E
VO
LU
SIE
A
AN
TW
OO
RD
E
MENSLIKE EVOLUSIE:
ANTWOORDE
VRAAG 1
1.1 kangaroe 1.2 'n stert 1.3 tweevoetigheid 1.4 Gorilla gorilla
VRAAG 2
2.1 D 2.2 A, B, C 2.3.1 C 2.3.2 D 2.3.3 B 2.3.4 A 2.4 D B A C (korrekte volgorde) OF
Gorilla gorilla; Australopithecus africanus;
Homo habilis; Homo sapiens
VRAAG 3
3.1.1
Gorilla Mens
� arms langer en sterker as bene
� kniegewrigte kleiner
en swakker � opponeerbare groottoon
met 'n kraggreep � bekkengordel lank
en smal � skedel verleng en kleiner � groot uitstaande
slagtande � kraniale rif sigbaar � gereduseerde voorkop
� arms korter en swakker as bene
� kniegewrigte groter
en sterker � nie-opponeerbare groottoon
in lyn met ander tone � bekkengordel kort en breed � skedel groter en ronder � hoektande kleiner, net so
groot soos ander tande � kraniale rif afwesig � definitiewe voorkop
3.1.2 � opponeerbare duime � twee hande met vyf vingers elk, en twee voete
met vyf tone elk � lang arms wat vry kan roteer
a.g.v. die skouergewrig � stereoskopiese visie � geen stert
3.2.1 A - mens B - gorilla 3.2.2 Die posisie van die foramen magnum. 3.2.3 A / mens 3.2.4 Die foramen magnum het vorentoe geskuif sodat
die skedel bo-op die werwelkolom kan rus en die
oë vorentoe kan kyk. Dit verseker 'n stabiele
regop loopgang. 3.2.5 � Hande is vry om gereedskap te gebruik, kos te
maak, te jag of te baklei. � Regop liggame stel 'n kleiner oppervlak bloot aan
die son, wat die risiko van oorverhitting
verminder, terwyl hul jag, voedsel versamel of
predatore vermy/ontduik. � Regop liggame stel 'n groter oppervlak bloot aan
lugstrome wat afkoeling veroorsaak en die
behoefte aan water verminder. � Groter gesigsveld oor die lang grasse van die
savanne-vlaktes om voedsel te vind of om
predatore te vermy. � Aanpasbaarheid om 'n wyer reeks habitatte
te beset.
VRAAG 4
4.1 fossielbewyse; genetiese bewyse; kulturele bewyse
4.2 Die maak en gebruik van gereedskap asook ander
kulturele praktyke soos vuurmaak, begrafnisrituele,
kunsvorme, jagtegnieke en verbeterde
kommunikasie met die ontwikkeling van spraak
en taal.
4.3 Die manier hoe die gereedskap wat in 'n spesifieke
streek gevind is, gemaak en gebruik is.
4.4 Oldowan-gereedskapskultuur
4.5 Acheulse en Mousteriaanse gereedskapskulture.
4.6
Gereedskaps-kultuur waarin die gereed-skap voorkom
Oldowan Acheulse Mousteriaanse
Tipes gereedskap
klipbyle, -afskilferings
en -afskrapings
handbyle, pikke en vleisbyle
gevorderde gereedskapstelle wat skerp naald-strukture en 'n verskeidenheid
kliplemme insluit
Eerste hominien(e) wat hierdie tipe gereed-skap gebruik
Homo habilisHomo erectus;Homo ergaster
Homo neanderthalensis
Homo sapiens
Die tydperk waarin hierdie gereedskap gebruik is
2,6 - 1,5 mjg 1,5 - 0,25 mjg 0,25 - 0,05 mjg
VRAAG 5
5.1.1 Homo erectus 5.1.2 Homo sapiens 5.1.3 Pan troglodytes
5.2 C, A, B
5.3
Homo erectus Homo sapiens
� kleiner kranium/breinkas � minder geronde
breinkas/skedel � kleiner/korter voorkop � prognatisme
- uitstaande kakebeen � geen duidelike ken � prominente
wenkbrouriwwe � groter wangbene � massiewe onderkaak
� groter kranium/breinkas � meer geronde
breinkas/skedel � langer/groter voorkop � geen prognatisme - nie
uitstaande kakebeen � uitstaande ken � wenkbrouriwwe minder
prominent � kleiner wangbene � effens kleiner onderkaak
Kopiereg © Die Antwoord 20
ME
NS
LIK
E E
VO
LU
SIE
A
AN
TW
OO
RD
E
VRAAG 6
6.1 � genetiese skakels
� fossiele en artefakte van hominiene wat in Afrika
gevind is
6.2 Die gebied ter wêreld wat die rykste aan
hominienfossiele is, nl. die 'Wieg van die Mensdom',
is in Afrika (spesifiek Suid-Afrika) geleë en die naam
dui op die idee dat die moderne mens sy oorsprong
('babajare') in dié gebied gehad het.
6.3 Homo erectus
6.4 Europa, Asië en Indonesië
6.5 Homo sapiens het oor 'n hoër vlak van tegnologiese
vaardigheid beskik en het makliker in hul nuwe
omgewings aangepas wat hul oorlewing
verseker het.
6.6 Wetenskaplikes bepaal die grootte van 'n bevolking
se genetiese variasie deur die mtDNA van
verskillende bevolkings met mekaar te vergelyk.
Die groep wat die meeste variasie toon, het die
meeste mutasies. Hierdie groep het dus die meeste
tyd gehad vir mutasies om plaas te vind en is dus
die oudste. Studies het bewys dat die grootste vlak
van genetiese variasie in mtDNA in menslike
bevolkings in Afrika voorkom. Daaruit word afgelei
dat die mense van Afrika die oudste is.
6.7 Die klein Y-chromosoom kom slegs in mans voor
en ondergaan geen oorkruising of uitruiling van
genetiese materiaal tydens gameetvorming
(meiose) nie en bly dus, oor generasies heen,
feitlik dieselfde.
6.8 Aangesien die Y-DNA slegs deur mans oorgedra
word en oor generasies heen feitlik dieselfde bly,
sal mans wat 'n gemeenskaplike voorouer deel,
feitlik dieselfde Y-DNA besit. Op dié manier kan
manlike voorouerlike afstamming deur die Y-lyn
bepaal word.
VRAAG 7
� Die oudste fossiele van australopithecines/hominiene/
tweevoetiges is in Afrika gevind � Die oudste fossiel van hominiene is in Afrika gevind. � Analise van mitochondriale DNA/DNS bevestig dat die
oudste vroulike voorouer van die mens van Afrika is. � Analise van DNA van Y-chromosome bevestig dat die
oudste manlike voorouer van die mens van Afrika is.
Ons vertrou dat die deurwerk van hierdie notas,
vrae en antwoorde oor Menslike Evolusie jou sal help
om hierdie onderwerp onder die knie te kry vir jou
finale eksamen.
Die Antwoord-reeks Lewenswetenskappe studiegidse bied
'n sleutel tot eksamen sukses.