graad 12 september 2018 afrikaans huistaal v3 …taalarsenaal2.yolasite.com/resources/afrikaans ht...
TRANSCRIPT
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2018
AFRIKAANS HUISTAAL V3 NASIENRIGLYN
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 11 bladsye.
2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2018)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter wille van eenvoud en eenvormigheid.
SIMBOOL BESKRYWING VERDUIDELIKING
0 Sirkel Punktuasiefout
Dubbelstrepie onder ʼn woord
Spelfout
Lang streep onder ʼn woord
Foutiewe woordgebruik
Sirkel met pyltjie Woordorde
/\ Weglaatteken Woord weggelaat
T Hoofletter T in kantlyn
Tye verwar
H Dubbele hh Herhaling van gedagtes
VR Vraestel Dele saamgeflans uit vraestel
? Vraagteken Baie verwarrend/sukkel om te verstaan wat leerder skryf
[ Enkel hakie Nuwe paragraaf
E Letter “e” bo woord Engelse woord gebruik
ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE AFDELING A: OPSTEL AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerder mag slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud: I = KL = 21 Taal, styl en redigering: T = KL = 10 Struktuur: S = G = 3 Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant 34 (onder die opstel): Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte. Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar standpunt insluit. In die geval van ʼn verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ʼn argumenterende en beredenerende opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël. VRAAG 1 Riglyne Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die leerder se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum) mag nie as bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige soort opstel aan, soos byvoorbeeld: 1.1 Die ongewone besoeker op Stilbaai. As ʼn verhalende opstel kan die kandidaat verhalend skryf oor die
ongewone/vreemde besoeker. In ʼn beskrywende opstel kan die besoeker en die gebeure lewend word deurdat emosies en gebeure in detail beskryf word. By ʼn bespiegelende interpretasie kan die redes vir die besoeker se teenwoordigheid op Stilbaai ondersoek word. [50]
1.2 Woorde wat seergemaak het. Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ʼn verhalende/beskrywende opstel
aanbied. Die fokus sal op die woorde val wat die seer veroorsaak het. In die vertel van die verhaal sal daar gekyk word na die oorsaak/gevolg van die woorde op die karakter(s). Die kandidaat kan ook bespiegel wat die uitwerking van die woorde op iemand is. [50]
1.3 Totsiens, skoolterrein! Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ʼn verhalende/beskrywende opstel
aanbied. Dit kan humoristies of ernstig geskryf word. Die fokus sal op afskeid/groet aan die einde van die skoolloopbaan val. As ʼn verhalende opstel kan die kandidaat skryf oor ʼn spesifieke gebeurtenis by die skool, bv. sport, vriendskappe, ens. waarna verlang sal word. By ʼn bespiegelende interpretasie kan die kandidaat oor die emosies ten opsigte van ʼn bepaalde afskeid besin. [50]
1.4 Werkende ma’s beïnvloed die huishouding en opvoeding van hulle
kinders. Die onderwerp leen hom tot die skryf van ʼn argumenterende of
beredenerende opstel waar die kandidaat hom/haar uitspreek oor werkende ma’s se invloed (positief/negatief) op hul kinders. In ʼn verhalende opstel sal die kandidaat die gebeure wat gelei het tot hierdie stelling, kan aanbied. Die emosies rondom werkende ma’s kan ook in ʼn bespiegelende opstel bespreek word. [50]
4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2018)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
1.5 Die geheim Die onderwerp kan lei tot verskeie interpretasies wat onder andere
verhalend, bespiegelend of beskrywend kan wees. ʼn Verhaal sal op hierdie onderwerp as tema fokus. By ʼn bespiegelende interpretasie kan die kandidaat oor die emosies en sinsbelewing van bepaalde geheime besin. ʼn Beskrywende opstel kan op verskillende geheime in ʼn mens se lewe fokus. [50]
1.6 1.6.1 Tatoeëermerke Interpretasies kan lei tot ʼn verhalende, beskrywende of selfs
bespiegelende opstel, bv. ʼn beskrywing van mense met tatoeëermerke. Tatoeëermerke kan ook beskryf word. ʼn Verhaal kan handel oor ʼn karakter met tatoeëermerke en redes kan gegee word waarom die karakter die tatoeëermerke het. In ʼn argumenterende/beredenerende opstel kan die kandidaat die waarde van tatoeëermerke as kuns beredeneer. [50]
1.6.2 Pad ʼn Verhaal kan oor ʼn letterlike pad handel wat tot een of ander
situasie gelei het. Die lewenspad (hoogtepunte/laagtepunte) van mense kan beskryf word. Wanneer beredeneer/geargumenteer word oor die onderwerp, kan die kandidaat bv. fokus op die gevaar wat ons land se paaie inhou. Wanneer die kandidaat besin oor die paaie (letterlik/figuurlik) in mense se lewens, kan dit as bespiegelende opstel slaag. [50]
1.6.3 Seun in rolstoel ʼn Verhalende opstel kan bv. die storie vertel van hoe iemand in ʼn
rolstoel beland het. In ʼn beskrywende opstel kan die kandidaat sy waarneming van ʼn persoon se bestaan in ʼn rolstoel gee. Die persoon in die rolstoel se eie ervarings kan ook weergegee word. Kandidate kan bespiegelend skryf oor die moontlikhede om te herstel of oor dit wat hy/sy die meeste van ʼn normale lewe mis. Wanneer geargumenteer/beredeneer word oor die onderwerp, kan die kandidaat standpunt inneem oor goeie/slegte behandeling wat persone in rolstoele ervaar. [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
SOORT OPSTELLE VERHALENDE OPSTEL Dit is ’n interessante vertelling van ’n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word. Hou die volgende in gedagte:
• Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (’n storie of gebeurtenis).
• ’n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
• Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
• Die inhoud is boeiend en interessant, daarom is die inhoud samehangend.
• Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar dit kan fiktief wees.
• Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
• ’n Treffende inleiding boei die leser.
• ’n Verrassende slot rond die inhoud af.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
• Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd. BESKRYWENDE OPSTEL Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef. Hou die volgende in gedagte:
• Waarnemings met al vyf sintuie en ’n goeie woordeskat word vereis.
• Insig, begrip, ’n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem van waarnemings).
• Tekste kan varieer van meer realisties tot ’n verdieping in die aanbieding.
• Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
• Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
• Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
• Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
• Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.
• Stylfigure kan gebruik word. BEREDENEERDE OPSTEL Dis objektief en probeer om ’n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ’n argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ’n spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel.
6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2018)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hou die volgende in gedagte:
• Die opstel handel oor ’n onderwerp waaroor standpunt alreeds tydens die inleiding ingeneem kan word.
• BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
• Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
• Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
• ’n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot gee ’n sterk aanduiding van die skrywer se mening.
• Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
• Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
• Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.
BESPIEGELENDE OPSTEL
Die skrywer oorweeg/deurdink ’n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor ’n droom of wense/moontlikhede. Hou die volgende in gedagte:
• Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
• Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar
• opgeweeg.
• Dis persoonlik van aard.
• Daar is ’n definitiewe struktuur, maar ’n gevolgtrekking is nie nodig nie.
• Dit hoef nie ’n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf word.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
ARGUMENTERENDE OPSTEL Die skrywer het ’n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te motiveer.
Hou die volgende in gedagte:
• Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
• ’n Eie mening word op ’n baie oorspronklike en treffende manier gegee.
• ’n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
• Verdediging of aanval van ’n saak word enduit volgehou.
• ’n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
• Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
• Daar moet ’n duidelike en oortuigende slot wees.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
TOTAAL AFDELING A: 50
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V3 7
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat: IK = 10
Taal, styl en redigering: TG = 6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 16
Dra dan die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te wees).
VRAAG 2
2.1 INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF Die brief fokus op gerusstelling aan die ouma/oupa. Hou die volgende in gedagte: • Gebruik informele taal, register en styl.
• Die skrywer moet sy/haar ouma/oupa gerusstel oor die jonger broer/ suster se taalgebruik.
• Skryf in beskrywende, maar eenvoudige taal.
• Skryf logies en volgens ʼn spesifieke doel.
• Daar moet ʼn inleiding, liggaam en slot wees.
• Die adres en datum moet boaan verskyn.
• Na die skrywer se adres volg ʼn informele aanhef.
• Sluit die brief informeel/semiformeel af, gevolg deur die skrywer se naam. [25]
2.2 KOERANTARTIKEL
Die artikel handel oor tieners se naweekbedrywighede wat uitputting op
Maandae tot gevolg het. Hou die volgende in gedagte: • Stel die feite kortliks en akkuraat.
• Belangrike en relevante feite moet objektief gegee word.
• ʼn Subtitel kan gegee word.
• Menings van kundiges oor hierdie onderwerp kan gegee/gebruik word.
• Die gevolge wat die uitputting oor naweke vir die tiener inhou, kan uitgewys word. [25]
8 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2018)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
2.3 HULDEBLYK
Die kandidaat bring hulde aan die huishulp wat hom/haar en sy gesin oor die jare versorg en ondersteun het. Die kandidaat kan verwys na sy/haar verbintenis met die huishulp, die lesse wat hy/sy van dié huishulp geleer het en in watter mate die huishulp sy/haar lewe vergemaklik/verander het.
Hou die volgende in gedagte:
• Die volgende belangrike inligting word in ʼn huldeblyk gegee: o Naam en van van die huishulp. o Gebeure en staaltjies oor die huishulp se diens/bydrae word
gegee. o Persoonlike herinneringe kan gegee word.
• Die leser moet ʼn duidelike beeld van die huishulp en haar dade kan vorm.
• Die styl moet by die geleentheid en die gehoor pas.
• Vermy oordrewe sentimentaliteit.
• Gebruik kort, bondige sinne.
• Die inhoud van die huldeblyk moet in paragrawe aangebied word.
• Let daarop dat die kandidaat aan ʼn lewende persoon hulde moet bring. [25]
2.4 FORMELE BRIEF: VERSOEK Die brief handel oor ʼn versoek aan ʼn bekende winkelgroep om donasies
aan ʼn kinderhuis te skenk. Hou die volgende in gedagte: • Die formaat is formeel.
• Daar moet twee adresse, ʼn aanhef, ʼn inhoudsopskrif en ʼn gepaste afsluiting wees.
• Die inhoud moet handel oor die versoek aan die winkelgroep om donasies (geld/goedere) aan die kinderhuis te skenk.
• Die styl is saaklik, maar hoflik.
• Die struktuur moet goeie paragraafbou insluit.
• Eenvoudige, direkte taal is nodig, maar in ʼn formele register.
• Die brief moet formeel afgesluit word en die skrywer se voorletters en van moet gegee word. [25]
(EC/SEPTEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V3 9
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
2.5 DIALOOG Die fokus van die gesprek val op oorreding om na matriek Engels
oorsee te onderrig. Een spreker behoort die ander te oorreed/oortuig dat die geleentheid aangegryp moet word.
Hou die volgende in gedagte: • Twee mense voer ʼn gesprek.
• Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word en vanuit die spreker se perspektief.
• Na elke spreekbeurt word ʼn reël oopgelaat.
• Gebruik ʼn dubbelpunt na die naam van elke spreker.
• Ekstra inligting word tussen hakies aangedui, bv. Anna: (met dringendheid) Ons gaan na ... /Anna (met dringendheid): Ons gaan na ...
• ʼn Scenario kan geskep word voordat die dialoog geskryf word.
• Let daarop dat geen aanhalingstekens by die dialoog gebruik word nie. [25]
2.6 INFORMELE TOESPRAAK Die toespraak handel oor die geheim vir sukses in graad 12. Hou die volgende in gedagte: • Die styl is informeel. Gee aandag aan: wanneer, waar, hoekom, wie
en wat.
• Inleiding moet belangstelling wek.
• Ontwikkel weldeurdagte idees en vermy clichés.
• Kort sinne met eenvoudige idees en bekende voorbeelde word gebruik.
• Slot moet die gehoor tot nadenke stem; is nie noodwendig ʼn samevatting van die toespraak nie.
• Klem behoort te val op wenke om goeie uitslae in graad 12 te behaal. [25]
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 100
10
A
FR
IKA
AN
S H
UIS
TA
AL
V3
(E
C/S
EP
TE
MB
ER
2018)
Kop
iere
g v
oorb
eho
u
B
laai om
asseblie
f
AS
SE
SS
ER
ING
SR
UB
RIE
K V
IR O
PS
TE
L –
HU
IST
AA
L [
50 P
UN
TE
] L
ET
WE
L:
•
Geb
ruik
alty
d di
e ru
brie
k by
die
nas
ien
van
die
opst
el (
Vra
este
l 3, A
FD
ELI
NG
A).
•
Pun
te v
an 0
−50
is in
VY
F h
oofv
lako
msk
ryw
ings
ver
deel
.
•
Die
krit
eria
vir
Inho
ud, T
aal e
n S
tyl i
s ve
rder
in e
lk v
an d
ie v
yf v
lako
msk
ryw
ings
in ʼn
hoë
- en
laev
laks
ubka
tego
rie v
erde
el, m
et d
ie to
epa
slik
e ve
rspr
eidi
ng v
an p
unte
en
die
om
skry
win
gs.
•
Str
uktu
ur w
ord
nie
deur
die
ver
delin
g in
ʼn h
oe e
n la
e vl
ak b
eïnv
loed
nie
.
Kri
teri
a
U
its
on
de
rlik
K
na
p
Ge
mid
de
ld
Ele
me
ntê
r O
nvo
ldo
en
de
INH
OU
D E
N
BE
PL
AN
NIN
G
(Respons e
n
idees)
Org
anis
erin
g v
an
idees v
ir
bepla
nnin
g;
Bew
usth
eid
van
doel, g
ehoor
en
konte
ks
30 P
UN
TE
Hoë vlak
28−
30
22−
24
16−
18
10−
12
4−
6
- R
espons is u
itsonderlik
/tre
ffend
en b
o v
erw
agtin
g
- Id
ees is in
telli
gent, v
olw
asse e
n
ste
m leser
tot
nadenke
- U
itsonderlik
e o
rganis
asie
en
sam
ehang inslu
itend in
leid
ing,
liggaam
en s
am
evattin
g/s
lot.
- R
espons b
aie
goed;
getu
ig v
an
vaard
igheid
-
Idees h
eeltem
al re
levant, in
tere
ssant
en le
wer
be
wys v
an v
olw
assenheid
-
Org
anis
asie
baie
goed e
n
sam
ehangend, in
slu
itend in
leid
ing,
liggaam
en s
am
evattin
g/s
lot
- R
espons b
evre
dig
end
-
Idees r
edelik
sam
ehangend e
n
oort
uig
end
- R
edelik
e o
rganis
asie
en r
edelik
sam
ehangend, in
slu
itend
inle
idin
g,
liggaam
en
sam
evattin
g/s
lot
- W
isselv
alli
ge s
am
ehang in
respons
- Id
ees o
nduid
elik
, nie
oors
pro
nklik
nie
-
Min
bew
ys v
an o
rganis
asie
en s
am
ehang
- R
espons h
eeltem
al
irre
levant
- Id
ees d
eurm
ekaar
en n
ie
op o
nderw
erp
gefo
kus n
ie
- V
aag e
n h
erh
ale
nd
- G
een o
rganis
asie
nie
en
is o
nsam
ehangend
Lae vlak
25−
27
19−
21
13−
15
7−
9
0−
3
- R
espons u
itm
unte
nd, m
aar
uitsonderlik
tre
ffende e
ienskappe
van ʼn
opste
l ontb
reek
- Id
ees in
telli
gent
en v
olw
asse
-
Knap o
rganis
asie
en s
am
ehang,
inslu
itend in
leid
ing,
liggaam
en
sam
evattin
g/s
lot)
- R
espons g
oed; g
etu
ig v
an
vaard
igheid
-
Idees r
ele
vant, inte
ressant
-
Org
anis
asie
goed e
n s
am
ehangend,
inslu
itend in
leid
ing,
liggaam
en
sam
evattin
g/s
lot
- R
espons b
evre
dig
end, m
aar
verv
al som
s in
onduid
elik
heid
-
Idees r
edelik
sam
ehangend e
n
oort
uig
end
- ʼn
Mate
van o
rganis
asie
en
sam
ehang, in
slu
itend in
leid
ing,
liggaam
en s
am
evattin
g/s
lot
- R
espons is g
rootlik
s
irre
levant
- Id
ees b
egin
lo
s s
taan e
n
kan v
erw
arr
en
d w
ees
- S
kaars
ʼn b
ew
ys v
an
org
anis
asie
en s
am
ehang
- G
een p
ogin
g a
angew
end
om
in
oore
enste
mm
ing
met
onderw
erp
te w
ees
nie
-
Heeltem
al irre
levant
en
onto
epaslik
-
Deurm
ekaar
en g
een
fokus n
ie
TA
AL
, S
TY
L E
N
RE
DIG
ER
ING
T
oon,
regis
ter,
sty
l en w
oord
eskat
is
geskik
vir
doel/eff
ek e
n
konte
ks;
Woord
keuse;
Ta
alg
ebru
ik e
n
konvensie
s,
punktu
asie
, gra
mm
atika,
spelli
ng.
15 P
UN
TE
Hoë vlak
14−
15
11−
12
8−
9
5−
6
0−
3
- T
oon,
regis
ter,
sty
l en
woo
rdeskat hoogs g
epas v
ir
doel, g
ehoor
en k
onte
ks.
- T
aalg
ebru
ik g
etu
ig v
an v
ert
roue,
indru
kw
ekkend
-
To
on r
eto
rie
s t
reffend e
n e
ffektief
- G
ram
matika e
n s
pelli
ng feitlik
fo
utv
ry
- K
nap g
edaan
- T
oon,
regis
ter,
sty
l en w
oord
eskat
baie
gepas v
ir d
oel, g
ehoor
en
konte
ks.
- T
aalg
ebru
ik e
ffektief
en ʼn
deurlo
pende g
epaste
toon w
ord
gebru
ik −
gepas, konsta
nt;
- G
ram
matika e
n s
pelli
ng g
rootlik
s
foutv
ry
- B
aie
goed g
edoen
- T
oon,
regis
ter,
sty
l en w
oord
eskat
- gepas v
ir d
oel, g
ehoor
en k
onte
ks
- G
epaste
taalg
ebru
ik o
m
bete
kenis
oor
te d
ra
- T
oon is g
epas
- R
eto
rie
se m
iddele
gebru
ik o
m
bete
kenis
te v
ers
terk
- -
To
on,
regis
ter,
sty
l en
woo
rdeskat m
inder
gepas
vir d
oel, g
ehoor
en k
onte
ks
nie
-
Ta
alg
ebru
ik b
aie
basie
s
- T
oon e
n w
oord
keuse s
kaars
to
epaslik
-
Baie
beperk
te w
oord
eskat
- T
aal o
nvers
taanbaar
- T
oon,
regis
ter,
sty
l en
woo
rdeskat nie
gepas v
ir
doel, g
ehoor
en k
onte
ks
-
Woord
eskat so b
eperk
dat
dit o
nm
oontlik
is o
m s
in t
e
maak
Lae vlak
13
10
7
4
- T
aalg
ebru
ik u
itste
kend e
n t
oon is
reto
rie
s e
ffektief
- G
ram
matika e
n s
pelli
ng feitlik
fo
utv
ry
- B
aie
goed tot knap g
edaan
- T
aalg
ebru
ik t
oepaslik
en o
or
die
alg
em
een e
ffektie
f
- T
oon g
epas e
n e
ffektie
f -
Enkele
foute
in g
ram
matika e
n
spelli
ng.
- G
oed g
edoen
- V
old
oende t
aalg
ebru
ik, m
aar
teenstr
ydig
hede w
ord
opgem
erk
-
To
on o
or
die
alg
em
een g
epas e
n
beperk
te g
ebru
ik v
an r
eto
rie
se
mid
dele
- T
aalg
ebru
ik o
nvold
oende
-
Wein
ig in
die
n e
nig
e
sin
svers
keid
enheid
-
Woord
eskat baie
beperk
ST
RU
KT
UU
R
Kenm
erk
e v
an
teks;
Para
gra
afo
ntw
ikke
ling e
n
sin
skonstr
uksie
5 P
UN
TE
5
4
3
2
0-1
- U
itste
kende o
ntw
ikkelin
g v
an
onderw
erp
-
Uitsonderlik
e d
eta
il -
Sin
ne e
n p
ara
gra
we u
itsonderlik
gekonstr
ueer
- Logie
se o
ntw
ikkelin
g v
an d
eta
ils.
- S
am
ehangend
- S
inne e
n p
ara
gra
we lo
gie
s e
n toon
varia
sie
.
- R
ele
vante
deta
il ontw
ikkel.
- S
inne e
n p
ara
gra
we g
oed.
gekonstr
ueer.
-
Opste
l m
aak n
og s
in.
- S
om
mig
e p
unte
geld
ig.
- S
inne e
n p
ara
gra
we f
outie
f.
- O
pste
l m
aak n
og e
ffens s
in.
- N
oodsaaklik
e p
unte
ontb
reek.
- S
inne e
n p
ara
gra
we
foutie
f.
- O
pste
l m
aak n
ie s
in n
ie.
(EC
/SE
PT
EM
BE
R 2
018
) A
FR
IKA
AN
S H
UIS
TA
AL
V3
11
Kop
iere
g v
oorb
eho
u
AS
SE
SS
ER
ING
SR
UB
RIE
K V
IR T
RA
NS
AK
SIO
NE
LE
TE
KS
TE
– H
UIS
TA
AL
[25
PU
NT
E]
Kri
teri
a U
itso
nd
erlik
K
nap
G
emid
del
d
Ele
men
têr
On
vold
oen
de
INH
OU
D,
BE
PL
AN
NIN
G E
N
FO
RM
AA
T
Res
pons
op
en id
ees;
O
rgan
iser
ing
van
idee
s vi
r be
plan
ning
; D
oel,
geho
or,
kenm
erke
/kon
vens
ies
en k
onte
ks
15 P
UN
TE
13−15
10−12
7−9
4−6
0−3
- R
espo
ns u
itson
derli
k, b
o ve
rwag
ting
- Id
ees
inte
llige
nt e
n vo
lwas
se
- G
rond
ige
kenn
is v
an
kenm
erke
van
die
soo
rt te
ks
- S
kryf
stuk
beh
ou fo
kus.
-
Sam
ehan
g in
inho
ud e
n id
ees
-
Idee
s be
hoor
lik u
itgeb
rei
met
det
ail w
at d
ie
onde
rwer
p on
ders
teun
-
Gep
aste
en
akku
rate
fo
rmaa
t
- R
espo
ns b
aie
goed
en
dem
onst
reer
goe
ie
kenn
is v
an k
enm
erke
va
n di
e so
ort t
eks
- B
ehou
foku
s −
gee
n af
wyk
ing
nie
- S
ameh
ang
in in
houd
en
idee
s; b
aie
goed
ui
tgeb
rei m
et d
etai
l wat
di
e on
derw
erp
on
ders
teun
-
Gep
aste
form
aat m
et
onbe
duid
ende
fout
e
- R
espo
ns v
oldo
ende
en
toon
vol
doen
de k
enni
s va
n ke
nmer
ke v
an d
ie s
oort
te
ks
- N
ie h
eelte
mal
gef
okus
nie
−
enk
ele
afw
ykin
gs
- R
edel
ike
sam
ehan
g in
in
houd
en
idee
s.
- S
omm
ige
deta
il on
ders
teun
die
ond
erw
erp.
-
For
maa
t oor
weg
end
gepa
s, m
aar
met
enk
ele
fout
e.
- B
asie
se r
espo
ns to
on
gerin
ge k
enni
s va
n ke
nmer
ke v
an d
ie s
oort
te
ks.
- A
andu
idin
g va
n fo
kus,
m
aar
met
afw
ykin
gs
- In
houd
en
idee
s ni
e al
tyd
sam
ehan
gend
nie
-
Min
det
ail o
nder
steu
n di
e on
derw
erp.
-
Nod
ige
reël
s va
n fo
rmaa
t va
agw
eg to
egep
as.
- K
ritie
se fo
ute
bega
an.
- R
espo
ns to
on g
een
kenn
is v
an k
enm
erke
va
n di
e so
ort t
eks
nie.
-
Bet
eken
is o
ndui
delik
m
et g
root
afw
ykin
g.
- G
een
sam
ehan
g in
id
ees
en in
houd
nie
. -
Bai
e m
in d
etai
l on
ders
teun
die
on
derw
erp.
-
Nod
ige
reël
s va
n fo
rmaa
t ni
e to
egep
as
nie.
TA
AL
, ST
YL
EN
R
ED
IGE
RIN
G
Too
n, r
egis
ter,
sty
l, do
el/e
ffek,
geh
oor
en
kont
eks;
. T
aalg
ebru
ik e
n ko
nven
sies
; W
oord
keus
e;
Pun
ktua
sie
en
spel
ling
10 P
UN
TE
9−10
7−
8 5−
6 3−
4 0−
2
- T
oon,
reg
iste
r, s
tyl e
n w
oord
eska
t hoo
gs g
eski
k vi
r do
el, g
ehoo
r en
kon
teks
-
Gra
mm
atik
a ak
kura
at e
n go
ed g
ekon
stru
eer
-
Fei
tlik
fout
loos
- T
oon,
reg
iste
r, s
tyl e
n w
oord
eska
t, ba
ie g
eski
k vi
r do
el, g
ehoo
r en
ko
ntek
s -
Gra
mm
atik
a oo
r di
e al
gem
een
korr
ek e
n go
ed g
ekon
stru
eer;
-
Bai
e go
eie
woo
rdes
kat
- O
orw
egen
d fo
utlo
os
- T
oon,
reg
iste
r, s
tyl e
n
woo
rdes
kat,
gesk
ik v
ir do
el, g
ehoo
r en
kon
teks
-
Enk
ele
gram
mat
ikaf
oute
. -
Vol
doen
de w
oord
eska
t -
Fou
te b
elem
mer
nie
be
teke
nis
nie
- T
oon,
reg
iste
r, s
tyl e
n w
oord
eska
t min
der
ges
kik
vir
doel
, geh
oor
en
kont
eks
-
Gra
mm
atik
a on
akku
raat
m
et e
tlike
fout
e
- B
asie
se w
oord
eska
t -
Bet
eken
is b
elem
mer
- T
oon,
reg
iste
r, s
tyl e
n w
oord
eska
t ste
m n
ie
oore
en m
et d
oel,
geho
or e
n ko
ntek
s ni
e -
Bes
aai m
et fo
ute
en
verw
ard
- W
oord
eska
t nie
ges
kik
vir
doel
nie
-
Bet
eken
is e
rnst
ig
bele
mm
er