graad: 4 vak: natuurwetenskappe en ......gr 4 fat: natuurwetenskappe en tegnologie – kwartaal 1...

18
FAT Aktiwiteit/Vorm Leerder se punt Leerder % 1. Prakties TOTAAL 30 GRAAD: 4 VAK: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1 Naam: ________________________________________________________ Klas: ___________________________ Datum: ______________________ Skool: _____________________ Onderwyser: _______________________

Upload: others

Post on 31-Jan-2020

43 views

Category:

Documents


4 download

TRANSCRIPT

FAT Aktiwiteit/Vorm Leerder se

punt Leerder %

1.

Prakties

TOTAAL

30

GRAAD: 4

VAK: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE

KWARTAAL EEN

FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

Naam: ________________________________________________________

Klas: ___________________________ Datum: ______________________

Skool: _____________________ Onderwyser: _______________________

Gr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIES Bladsy 1

“Naam van Skool” Natuurwetenskappe en Tegnologie

Formele Assesseringstaak Kwartaal 1 Praktiese Taak nr. 01

Inhandigingsdatum

Kennisafdelings: Lewe en Lewende dinge & Strukture Punte: 30 Graad 4 Onderwerp: Toestande wat nodig is vir sade om te ontkiem Naam van Leerder:_____________________________

Klas _____

Instruksies

1. Jy sal die prakties in die klas onder toesig voltooi. 2. Voltooi al die opdragte in jou NWT oefening boek. 3. Nommer al die afdelings in jou oefeningboek soos op hierdie taakblad. 4. Gebruik ‟n pen om jou antwoorde te skryf. 5. Alle sketse moet in potlood gedoen word.

Hoof Proses en Ontwerp Vaardighede: *Toegang tot inligting *Herroep van Inligting *Waarneming *Vergelyk *Meet *Sorteer *Klassifiseer *Identifiseer probleme *Vra van vrae *Voorspelling *Hipotese stelling *Beplan Ondersoek *Uitvoer van ondersoek *Aanteken van Inligting * Interpretasie van Inligting *Kommunikasie (Plot ‟n staafgrafiek, Teken ‟n tabel, waarnemings)* Evalueer (Stel EEN manier voor hoe die ondersoek verbeter kan word om meer akkurate resultate te kry)

Agtergrond Inligting Sade ontkiem wanneer hulle van die volgende voorsien word:

Water

Lug

Die regte temperatuur

Lig NOTA: (meeste) sade benodig nie lig om te ontkiem nie.

As ‟n ontkiemende saad aan sonlig blootgestel word, sal die vitamien inhoud van die saailing verhoog.

Die saad is ‟n belangrike deel van ‟n plant se lewensiklus.

Die belangrikste voedingstof om ontkieming te begin, is water.

NOTA: VEILIGHEID: Hierdie ondersoek moet onder die toesig van jou onderwyser gedoen word.

Verseker dat leerders: Saamwerk as ‟n groep met die groep se lede.

Veilige laboratorium praktyke verstaan en daaraan voldoen wanneer ‟n aktiwiteit in die laboratorium of klaskamer uitgevoer word.

Nie hul vingers in hul monde sit tydens hierdie aktiwiteite

Hulle hande was en afdroog na elke aktiwiteit

Alle toerusting en materiaal korrek en verantwoordelike hanteer om die aktiwiteit te voltooi

Deel skêre en merkpenne indien nodig

Beskermende klere en veiligheidsbrille dra, bv. handskoene, voorskote, ens. indien nodig

Verantwoordelik van afval ontslae raak

Gr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIES Bladsy 2

Skoon en netjiese werkstasies het en onmiddellik enige gestorte vloeistowwe opvee

Bydra tot die versameling van basiese toerusting by die huis, bv. houers (deurskynende plastiekhouers of glasbottels van dieselfde grootte, soos konfyt-bottels, babakos-bottels, mayonnaise bottels, inlê bottels, ens.)

DOEN: (in ’n groep) 1. Ondersoek die struktuur/bou van ’n boontjiesaad (Opsionele aktiwiteit) Lys van materiale / toerusting Boontjiesade

Water

Tangetjie (Tweezers)

Houer om die sade in te week (deurskynende glas of plastiek bottels)

Wit piering of teel

Vergrootglas

Papier handdoek

Metode Instruksies vir die leerders: In julle groepe:

Week genoeg boontjiesade vir die hele groep oornag by kamertemperatuur

Verwyder die geweekte boontjies uit die water die volgende oggend en maak droog met papierhanddoek

Bestudeer en vergelyk die binne en buitekante van ‟n boontjiesaad

Gebruik die onderstaande diagram om die verskillende dele van die saad te identifiseer.

Soek na ‟n ovaal merk op die kant van die boontjie. Dit word die hilum genoem

Reg onder die hilum, is ‟n klein kolletjie. Dit word die mikropilium genoem.

Gebruik ‟n tangetjie om die buitenste vel van die saad te verwyder. Dit word die saadhuid genoem.

Waarom is die saadhuid so belangrik vir enige saad? Dit beskerm die inwendige dele van die saad en verhoed dat die saad uitdroog.

Verdeel die saad in twee. Wat word elke helfte van die saad genoem?

Gebruik ‟n vergrootglas om die binnekant van die saad te bestudeer. Maak aantekeninge om jou waarnemings te verduidelik.

Teken en benoem die hoofdele van die saad wat jy bestudeer het.

Stal die sketse uit teen die mure en bespreek die sketse in groepe.

Die saad vorm spruite. Wat beteken die woord „spruite‟? Begin groei.

Saadhuid

Mikropilum

Hilum

Gr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIES Bladsy 3

Ondersoek () Toestande wat nodig is vir sade om te ontkiem

DOEN: (in ’n groep) 2. DOEL: () Wat wil jy uitvind met hierdie ondersoek?

DOEN: (individueel) Vraag (a) Wat is die doel van hierdie ondersoek? (2) (b) Wat beteken die woord “ontkiem”? (c) Watter toestande is gunstig vir sade om te ontkiem? DOEN: (in ’n groep) Beskryf hoe jy ‟n billike toets sal uitvoer vir hierdie ondersoek. Jy mag opskrifte

soos hieronder gebruik: o Ons sal ____________________________________________ doen

o Ons sal hierdie toestand verander ____________________________

o Ons sal hierdie toestande dieselfde hou _______________________

o Ons sal __________________________________________ meet o Ons dink ____________________________________ sal gebeur

3. Voorspelling DOEN: (individueel) 1. Voorspel wat sal gebeur as jy: (a) Moenie die grond natmaak nie. Watter veranderinge, indien enige, sal jy in jou

waarnemings verwag en hoekom? (2)

(b) Plaas die saadhouer in ‟n donker plek nadat die sade geplant is. Watter veranderinge, indien enige, sal jy in jou waarnemings verwag en hoekom?

(2)

(c) Plaas ‟n deksel op die houer nadat die sade geplant is. Watter veranderinge, indien enige, sal jy in jou waarnemings verwag en hoekom?

(2)

(d) Plaas die houer in ‟n koue plek nadat jy die sade geplant het. Watter veranderinge, indien enige, sal jy in jou waarnemings verwag en hoekom?

(2)

DOEN: (in ’n groep) 4. Hipotese – (raai die antwoord) Bespreek in pare en besluit op ‟n gepaste hipotese

DOEN: (individueel) Formuleer ‟n gepaste hipotese vir hierdie ondersoek. (3)

Skryf jou hipotese so:

Wanneer …………….[ek dit doen],………………,sal ,……………..[iets]……….. gebeur

Gr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIES Bladsy 4

5. Beplan die ondersoek Lys van Materiaal / Toerusting Houers om die sade in te plant (bv. helder en deurskynende plastiekhouers of

glasbottels van gelyke grootte, bv. konfytflesse, babakos bottels, mayonnaise bottels, inlê bottels, ens. wat leerders in staat sal stel om die groei van die boontjieplant waar te neem) Alternatiewelik kan deurskynende “zip lock” toebroodjie sakkies gebruik word.

Potplantgrond

Water

Lepels

Koerantpapier om die werkoppervlakke te bedek.

Boontjiesade of enige ander saad wat vinnig ontkiem, bv. ertjie, koring, ens.

‟n stukkie tou of wol, 30 cm lank

‟n Liniaal, gemerk in millimeters

Spuit botteltjie of ekstra bottel om sade nat te lei.

Koki penne, penne of potlode om mee te merk

Skêr

Plakkers of kleeflint

Metode Instruksies aan die onderwyser Berei ‟n werkplek of stasies voor in die klaskamer waar die leerders in groepe

kan werk om hul sade te plant.

Deel die leerders op in groepe van twee tot vier leerders elk.

Plaas materiaal en toerusting by elke stasie.

Ken aan elke groep TWEE toestande wat hulle moet gebruik om die sade te ontkiem, soos volg:

Toestande

NOTA: Leerders kan ander gepaste toestande gebruik om die sade te ontkiem

Alle groepe Groep 1 Groep 2 Groep 3

Toestand A Toestand B Toestand C Toestand D

Geen water + lug + korrekte temperatuur

water + lug + korrekte temperatuur

water + lug + sonder lig

water + sonder die korrekte temperatuur

Los grond droog (sonder water). Plaas op ‟n sonnige plek

Sonnige en warm plekkie

In ‟n donker kas

In ‟n yskas (in die personeelkamer)

Herinner leerders aan die veiligheidsmaatreëls wat hulle moet volg wanneer hulle die ondersoek uitvoer.

Gr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIES Bladsy 5

6. Voer die ondersoek uit

DOEN: (in ’n groep) Stappe om ‟n ondersoek uit te voer: Werk in ‟n groep, soos deur jou onderwyser aangedui.

Week genoeg boontjiesade oornag in water by kamertemperatuur.

Verwyder die geweekte boontjiesaad en droog af met handdoekpapier

NOTA: Moenie die sade vir langer as 24 uur week nie, hulle kan vrot.

Maak houers byna vol met potplantgrond en maak die bokant van die grond gelyk. (‟n Gelyke oppervlakte vergemaklik natlei)

NOTA: Elke groep moet presies dieselfde houers gebruik.

Gebruik ‟n potlood om ‟n plant-gaatjie in die grond aan elke kant van die houer te maak. Die gaatjie moet so gemaak word dat die boontjie teen die kant van die houer gedruk word.

Plant drie tot vier sade in een houer, nie dieper as die dikte van die saad, naby aan die bokant van die grond. Sien die foto hieronder.

Lei die grond goed nat, maar nie deurweek nie.

Laat die grond droog (sonder water) vir Toestand A.

Hou die potplantgrond goed dop sodat dit nie uitdroog nie.

Skryf plakkers op die houers soos hieronder:

Ontkiemende boontjiesade Ondersoek

Toegewysde toestande: __________________________________________

Datum: __________________________________________

Name van groeplede: __________________________________________

Elke groep moet die houers met sade op ‟n plek sit met toestande soos aan die groep toegewys.

Plant ’n saad

Gr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIES Bladsy 6

Bestudeer die houers elke dag vir enige veranderings aan die sade. Vergelyk jou waarnemings met die foto‟s hieronder.

7. Kommunikeer DOEN: (individueel) Teken waarnemings op

Voltooi en hou rekord al die waarnemings

Gebruik die tabelle hieronder om rekord te hou van die daaglikse waarnemings

My saad was blootgestel aan (Kies die toepaslike blokkie)

Geen water + lug + korrekte temperatuur

water + lug + korrekte temperatuur

water + lug + sonder lig

water + sonder die korrekte temperatuur

Los grond droog (sonder water). Plaas op ‟n sonnige plek

Sonnige en warm plekkie

In ‟n donker kas

In ‟n yskas (in die personeelkamer)

Ontkiemende boontjie sade

Gr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIES Bladsy 7

(a) Watter gedeelte van die saailing groei heel eerste uit die saad?

(b) Wat het met die saadhuid gebeur?

(c) Wat gebeur met die saad blare?

(d) Wat gebeur met die blare?

Meet die lengte van jou saailing elke tweede dag soos volg:

Gebruik die stukkie wol/tou om die lengte van die saailing te meet.

Gebruik die liniaal om die lengtegroei te meet.

Skryf die lengte van die stingel neer in die tabel in millimeters.

Hou boek van die aantal saailinge wat elke dag spruit.

Rekord

Toegekende toestande

Geen water + lug + korrekte temperatuur

water + lug + korrekte temperatuur

water + lug + sonder lig

water + sonder die korrekte temperatuur

Los grond droog (sonder water). Plaas op ’n sonnige plek

Sonnige en warm plekkie

In ’n donker kas

In ’n yskas (in die personeel-kamer)

Die datum waarop die sade in die houers geplant is.

Die datum waarop die plant bo die grond verskyn het.

Hoeveel dae het die saad geneem om te ontkiem? (Dag 1)

Die datum wanneer die eerste blaar bo die grond verskyn het.

Dag 3 (lengte van saailing)

Dag 5 (lengte van saailing)

Dag 7 (lengte van saailing)

Dag 9 (lengte van saailing)

Dag 11 (lengte van saailing)

Dag 13 (lengte van saailing)

Maak ook sketse om die stadiums van die saad se ontkieming te illustreer.

Benoem die sleutel strukture

Verduidelik hoe hierdie sleutel strukture die plant help met die lewensiklus van ontkieming en groei.

Teken ‟n staafgrafiek om jou data weer te gee. (6)

Gr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIES Bladsy 8

NOTA: Onthou – wanneer jy die grafiek teken, is die tyd (dae)op die X-as (ons kan nie aan tyd verander nie) en die groei, in millimeters, is op die Y-as.

8. Evaluering DOEN: (individueel) Interpreteer Waarnemings Beskryf jou waarnemings gedurende die ondersoek. (2)

Interpreteer jou waarnemings.

Aanvaar of verwerp die gekose hipotese deur ‟n algemene gevolgtrekking te skryf wat jy uit die ondersoek kan maak.

(2)

9. Gevolgtrekking en Verbetering DOEN: (individueel) (a) Stel EEN manier voor hoe jy hierdie ondersoek sal verbeter om meer akkurate

resultate te kry. (2)

(b) ‟n Leerder het sade op ‟n klam handdoekpapier in ‟n petribakkie gesit. Nog ‟n petribakkie is gevul met water en sade. Die petribakkies is bedek en aan dieselfde toestande as die eksperiment blootgestel. Na ‟n paar dae, het die leerder waargeneem dat die sade wat in die water gelê het, nie ontkiem het nie, maar die sade wat in die handdoekpapier was, het wel ontkiem. Wat is die beste verduideliking wat jy kan gee vir hierdie resultate?

(c) As 5 van tien sade ontkiem het, watter persentasie van die sade het ontkiem? Self Assessering Kontrolelys

Vermelde funksies Bereik? Ja, of Nee,?

Verbeterings wat ek kan doen

Alle instruksies is noukeurig gevolg.

Alle vrae is deur my beantwoord.

Tabelle is geteken, korrek benoem en volledig ingevul.

Ek het netjies gewerk en ‟n skoon werkstasie agtergelaat.

Die werk in my oefeningboek is netjies en volledig.

Ek het al die vrae beantwoord.

Gr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIES Bladsy 9

Formele Assessering Rubriek

Kriteria: Punt

Doel van die ondersoek is korrek /1

Die woord “ontkieming” is gedefinieer /1

Toestande wat sade laat ontkiem, is genoem /1

Ten minste TWEE voorspellings is akkuraat gedoen /2

‟n Gepaste hipotese is geformuleer / beskryf /2

‟n Staafgrafiek is akkuraat met die aangetekende data getrek. /6

Waarnemings / data is akkuraat in die tabel aangeteken. /3

Waarnemings van die ondersoek is akkuraat beskryf

Die eerste gedeelte van die saailing wat uit die saad groei, is korrek geïdentifiseer.

/1

Wat met die saadhuid gebeur, is verduidelik. /1

Wat met die saadblare gebeur, is verduidelik. /1

Wat met die blare gebeur, is verduidelik /1

Sketse wat die hoofstadiums met die ontkieming van die saad illustreer, is gemaak en geskikte byskrifte is gegee.

/4

Hoe die sleutel strukture die plant help met die lewensproses van ontkieming en groei, is duidelik beskryf.

/1

Die gekose hipotese is aanvaar of verwerp deur ‟n algemene gevolgtrekking wat van die ondersoek gemaak kan word.

/1

‟n Rede waarom waarnemings akkuraat gemaak moet word, is voorgestel.

/1

EEN manier waarop die ondersoek verbeter kan word om beter resultate te verkry.

/1

Die korrekte rede is gegee waarom die sade wat bedek is met water, nie ontkiem het nie.

/1

Berekening van % sade wat ontkiem het, is korrek. /1

Kommentaar:

Handtekening: Onderwyser_________________ Datum: ________________

Punt: /30

Gr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIES Bladsy 10

ONDERWYSER NOTAS Sade ontkiem wanneer hulle van die volgende voorsien word: water, lug, die

regte temperatuur en lig. NOTA: (meeste) sade het nie lig nodig om te ontkiem nie.

Blootstelling aan sonlig sal die vitamien inhoud van die saailinge verhoog.

Die saad is ‟n belangrike deel van ‟n plant se lewensiklus.

Die belangrikste voedingstof om ontkieming te begin, is water.

Gedurende die vroeë stadiums van groei, kry die saailing voedingstowwe uit die saad waar dit gestoor is. Wanneer die saailing groot genoeg is en sy eie blare het, kan die saailing sy eie voedsel deur fotosintese vervaardig.

Verduidelik aan die leerders hoe om soos wetenskaplikes te werk. Hulle moet

versigtig met die sade werk om hulle nie te beseer nie, want dit kan hulle groei affekteer.

Alhoewel leerders in groepe sal werk om die sade te laat ontkiem, gaan elke leerder apart geassesseer word wanneer die volgende prosesvaardighede getoets sal word: waarneming, meting en rekordhouding, evaluering, gevolgtrekking en verbetering. Daarom moet elke leerder sy werk individueel doen waar dit so aangedui word.

As alternatief kan sade op ‟n nat papierhanddoek of watte geplaas word en in gepaste houers(deurskynende glas of plastiekhouers of bottels, zip lock sakkies) wat kan seël, geplaas word. Hierdie opsie kan ook gebruik word waar leerders ondersoek instel of grond nodig is vir plante om te groei. Die sade moet egter vir 24 uur in water geweek word. Verseker dat die leerders nie die sade opbreek wanneer hulle dit uit die water haal nie. Leerders sal ook ‟n medisynedrupper / pipet / spuit moet gebruik om die papierhanddoek of watte nat te hou.

NOTA: Moenie die sade in water los vir langer as 24 uur nie, hulle sal begin vrot.

Herinner die leerders om hul houer soos volg te merk:

Ontkiemende boontjiesade Ondersoek

Toegewysde toestande: __________________________________________

Datum: __________________________________________

Name van groeplede: __________________________________________

NOTA: Alle houers van elkeen van die verskillende saad tipes moet aan dieselfde toestande blootgestel wees. Vir elke veranderlike moet die toestande dieselfde wees, bv. al tien potte in die „lig‟ eksperiment moet op dieselfde plek neergesit word (dieselfde vensterbank). Hulle moet almal op dieselfde tyd met dieselfde hoeveelheid water natgelei word en moet by dieselfde temperatuur gehou word.

Waar water die veranderlike is, moet plante almal blootgestel word aan dieselfde lig- en temperatuur toestande; waar temperatuur die veranderlike is, moet die hoeveelheid water asook die tyd wanneer water gegee word, dieselfde wees. Die hoeveelheid lig wat hierdie potte ontvang, moet ook dieselfde wees. (Dit gaan egter nie die geval wees waar potte in die yskas gesit word nie, hulle gaan in ‟n donker omgewing wees.

Gr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIES Bladsy 11

Lys van Materiaal / Toerusting Houers om die sade in te plant (bv. helder en deurskynende plastiekhouers of

glasbottels van gelyke grootte, bv. konfytflesse, babakos bottels, mayonnaise bottels, inlê bottels, ens. wat leerders in staat sal stel om die groei van die boontjieplant waar te neem) Alternatiewelik kan deurskynende “zip lock” toebroodjie sakkies gebruik word.

Potplantgrond

Water

Lepels

Koerantpapier om die werkoppervlakke te bedek.

Boontjiesade of enige ander saad wat vinnig ontkiem, bv. ertjie, koring, ens.

‟n stukkie tou of wol, 30 cm lank

‟n Liniaal, gemerk in millimeters

Spuit botteltjie of ekstra bottel om sade nat te lei.

Koki penne, penne of potlode om mee te merk

Skêr

Plakkers of kleeflint

Metode

Instruksies aan die onderwyser

Berei ‟n werkplek of stasies voor in die klaskamer waar die leerders in groepe kan werk om hul sade te plant.

Deel die leerders op in groepe van twee tot vier leerders elk.

Plaas materiaal en toerusting by elke stasie.

Ken aan elke groep TWEE toestande wat hulle moet gebruik om die sade te ontkiem, soos volg:

Toestande

NOTA: Leerders kan ander gepaste toestande gebruik om die sade te ontkiem

Alle groepe Groep 1 Groep 2 Groep 3

Toestand A Toestand B Toestand C Toestand D

Geen water + lug + korrekte temperatuur

water + lug + korrekte temperatuur

water + lug + sonder lig

water + sonder die korrekte temperatuur

Los grond droog (sonder water). Plaas op ‟n sonnige plek

Sonnige en warm plekkie

In ‟n donker kas

In ‟n yskas (in die personeelkamer)

Herinner leerders aan die veiligheidsmaatreëls wat hulle moet volg wanneer hulle die ondersoek uitvoer.

2. Voer die ondersoek uit DOEN: (in ’n groep) Stappe om ‟n ondersoek uit te voer: Werk in ‟n groep, soos deur jou onderwyser aangedui.

Week genoeg boontjiesade oornag in water by kamertemperatuur.

Verwyder die geweekte boontjiesaad en droog af met handdoekpapier

NOTA: Moenie die sade vir langer as 24 uur week nie, hulle kan vrot. Maak houers byna vol met potplantgrond en maak die bokant van die grond

gelyk. (‟n Gelyke oppervlakte vergemaklik natlei)

Gr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIES Bladsy 12

NOTA: Elke groep moet presies dieselfde houers gebruik. Gebruik ‟n potlood om ‟n plant-gaatjie in die grond aan elke kant van die houer

te maak. Die gaatjie moet so gemaak word dat die boontjie teen die kant van die houer gedruk word.

Plant drie tot vier sade in een houer, nie dieper as die dikte van die saad, naby aan die bokant van die grond. Sien die foto hieronder.

Lei die grond goed nat, maar nie deurweek nie.

Laat die grond droog (sonder water) vir Toestand A.

Hou die potplantgrond goed dop sodat dit nie uitdroog nie.

NOTA: VEILIGHEID: Hierdie ondersoek moet onder die toesig van jou onderwyser gedoen word.

Verseker dat leerders:

Saamwerk as ‟n groep met die groep se lede.

Veilige laboratorium praktyke verstaan en daaraan voldoen wanneer ‟n aktiwiteit in die laboratorium of klaskamer uitgevoer word.

Nie hul vingers in hul monde sit tydens hierdie aktiwiteite.

Hulle hande was en afdroog na elke aktiwiteit.

Alle toerusting en materiaal korrek en verantwoordelike hanteer om die aktiwiteit te voltooi.

Deel skêre en merkpenne indien nodig.

Beskermende klere en veiligheidsbrille dra, bv. handskoene, voorskote, ens. indien nodig.

Verantwoordelik van afval ontslae raak.

Laat genoeg tyd toe sodat leerders: Voorspellings kan maak en die nodige inligting kan voltooi.

Die tabel teken en voltooi.

Die grafiek kan teken en ‟n skets, met byskrifte, maak van die saailinge

Al die vrae kan beantwoord.

Voorgestelde riglyne vir nasien Vraag Wat is die doel van hierdie ondersoek? Om uit te vind of sade water, warmte of lig nodig het om te groei (ontkiem) Wat beteken die woord “ontkiem”? Ontkiem beteken om te begin groei. Noem die toestande wat gunstig is vir ontkieming van sade. Vir ontkieming om plaas te vind, moet sade genoeg water absorbeer

Gr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIES Bladsy 13

Voorspelling Voorspel wat sal gebeur indien jy: (a) Nie die grond natlei nie. Watter veranderinge, indien enige, sal jy verwag om waar

te neem? Die sade sal nie ontkiem nie. As hulle egter natgelei word, sal hulle ontkiem (b) Plaas die houer in ‟n donker kas nadat die sade geplant is. Watter veranderinge sal

jy waarneem en hoekom? Sommige sade het lig nodig om te ontkiem, terwyl ander donkerte nodig het.

Sommige sade ontkiem in beide lig en donker toestande. (c) Plaas ‟n deksel op die houer nadat jy die sade geplant het. Watter veranderinge,

indien enige, sal jy waarneem en hoekom? Die suurstof wat beskikbaar is, sal baie verminder word en ontkieming sal dalk

onderbreek word / nie plaasvind nie (d) Plaas die houer met sade op ‟n koue plek. Watter veranderinge, indien enige, sal jy

verwag in jou waarnemings en hoekom? Die aantal sade wat sal ontkiem, sowel as die tempo van ontkieming en die groei

van die saailing sal afneem. Hipotese – (raai die antwoord) Formuleer ‟n gepaste hipotese vir hierdie ondersoek. Hipotese:

Bv. As die geplante sade op ‟n warm en sonnige plek; in die koelte; in ‟n donker kas en in ‟n yskas, sal die sade wat op ‟n warm en sonnige plek geplaas is, die meeste en vinnigste ontkiem en die meeste blare vorm.

Lees die hipotese noukeurig deur om te kyk of die leerder die hipotese geskryf het op grond van die toestande wat aan hulle gegee is.

7. Kommunikeer DOEN: (individueel) Hou boek van waarnemings Voltooi en skryf waarnemings neer

Gebruik die onderstaande tabel om die daaglikse waarnemings neer te skryf.

My saad was blootgestel aan (Kies relevante blokkie)

Gebruik die volgende rubriek om die tabel te assesseer.

3 Punte 2 Punte 1 Punte 0 Punte

Kollekteer data deur meting

Leerder meet baie akkuraat met aandag aan detail.

Leerder is in staat om te meet sonder hulp.

Leerder benodig voltydse hulp met meting

Leerder neem glad nie deel nie

Tabelleer data

Alle relevante data is duidelik en akkuraat Getabelleer

Meeste relevante data is korrek getabelleer. Data kan nuttig gebruik word

Minder as die helfte van die data is getabelleer. Daar is baie foute. Die data kan nie gebruik word nie, dit is te onnet, onvolledig en nutteloos

Leerder het geen data getabelleer nie

Gr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIES Bladsy 14

(e) Watter gedeelte van die saailing is eerste sigbaar?

Die wortel. (f) Wat gebeur met die saadhuid?

Dit bly agter in die grond of word afgegooi bo-op die grond.

(g) Wat gebeur met die saadblare?

Hulle bly vasgeheg aan die stingel en word bo die grond waargeneem soos wat die stingel groei. Hulle verwelk soos die saailing groei.

(h) Wat gebeur met die blare? Hulle vou oop en word groter.

Meet die lengte van jou saailing elke tweede dag, soos volg:

Verseker dat leerders elke tweede dag die lengte van hul saailinge korrek meet.

Tabelleer die lengte van die stingel (in millimeters) in die tabel.

Teken die aantal saailing wat daagliks spruit aan.

Verseker dat leerders elke tweede dag die lengte van hul saailinge korrek meet. Teken die aantal saailing wat daagliks spruit aan.

Maak sketse om die hoofstadiums van ontkieming te illustreer.

Benoem die sleutel strukture.

Kriteria vir die nasien van die diagram:

Opskrif 1

Proporsie, vorm en grootte korrek 1

Ten minste TWEE dele benoem 2

Totaal 4

Die hoofstadiums in die ontkieming van die boontjiesaad

Jong stingel

Primêre wortel

Saadhuid

Eerste blare

Gr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIES Bladsy 15

Verduidelik hoe die sleutel strukture die plant help met die lewensproses van ontkieming en groei.

Die saailing se wortels beweeg afwaarts in die grond om die nuwe plantjie te anker en absorbeer water en minerale soute uit die grond

Die wortels stoor ook ekstra voedsel vir toekomstige gebruik. enige een Die stingel ondersteun die plant

Hulle vervoer water en minerale soute van die wortels na die res van die plant en vervoer ook voedsel vanaf die blare na die res van die plant. enige een

Blare absorbeer sonlig wat die plant gebruik om voedsel en suurstof te vervaardig d.m.v. fotosintese.

Teken ‟n staafgrafiek om jou data te illustreer.

Nasien van ’n staafgrafiek NOTA: Onthou – wanneer jy die grafiek teken, is die tyd (dae)op die X-as (ons kan nie

aan tyd verander nie) en die groei, in millimeters, is op die Y-as. Rubriek om die grafiek te assesseer:

Kriteria Maksimum punt Punt behaal

Korrekte opskrif vir staafgrafiek 1

X-as en Y-as is korrek benoem 1

Gepaste wydte en intervalle van stawe

1

Gepaste skaal vir Y-as 1

Teken van die grafieke 1: 1 tot 6 stawe korrek geteken 2: alle stawe korrek geteken

Totaal 6

Voorbeeld om die teken van ’n staafgrafiek te verduidelik.

Lengte van ontkiemde boontjiesaad oor ‘n periode van 13 dae

blootgestel aan (bv.geen water, sonlig & warm en donker kas)

Dag 3 Dag 5 Dag 7 Dag 9 Dag 11 Dag 13

Dae

water en yskas

water en skaduwee

sonlig, water en warmte

Len

gte

van

On

tkie

md

e B

oo

ntj

iesa

ad

in m

illim

ete

rs

Gr 4 FAT: NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE – KWARTAAL 1 PRAKTIES Bladsy 16

6. Evaluering DOEN: (individueel) Interpreteer Waarneming Beskryf jou waarnemings gedurende die ondersoek. Interpreteer jou waarnemings Aanvaar of verwerp die gekose hipotese deur ‟n algehele gevolgtrekking van die

ondersoek te skryf 7. Gevolgtrekking en Verbetering DOEN: (individueel) (a) Stel EEN manier voor hoe jy hierdie ondersoek sal verbeter om meer akkurate

resultate te kry. Deur die ondersoek ‟n paar keer te herhaal en aan dieselfde grond, water en

saailinge aan dieselfde toestande bloot te stel (b) ‟n Leerder het sade op ‟n klam handdoekpapier in ‟n petribakkie gesit. Nog ‟n

petribakkie is gevul met water en sade. Die petribakkies is bedek en aan dieselfde toestande as die eksperiment blootgestel. Na ‟n paar dae, het die leerder waargeneem dat die sade wat in die water gelê het, nie ontkiem het nie, maar die sade wat in die handdoekpapier was, het wel ontkiem. Wat is die beste verduideliking wat jy kan gee vir hierdie resultate?

Die sade wat in die water gelê het, het nie genoeg suurstof ontvang nie. (c) As 5 uit die 10 sade ontkiem het, watter persentasie van die sade het ontkiem? 5/10 X 100 = 50%