graad 8 opsommings: kwartaal 1. inleiding: …...kinderarbeid – kinders wat gedwing is om te werk...
TRANSCRIPT
Graad 8 Opsommings: Kwartaal 1.
Inleiding: EENHEID 1 - HOE HET DIE INDUSTRIELE REVOLUSIE
BRITTANJE VERANDER? WATTER FAKTORE HET BRITTANJE
GRETIG GEMAAK OM SUID-AFRIKA TE KOLONISEER/OOR TE
NEEM? HOE HET DIE ONTDEKKING VAN DIAMANTE IN SUID-
AFRIKA DIE LAND VERANDER?
➢ Minerale revolusie in Suid-Afrika: Het plaasgevind na die ontdekking van diamante in
1867 in Kimberley, en het voortgeduur met die ontdekking van diep goud in 1886
aan die Witwatersrand.
➢ Die Britte het reeds dele van Suid-Afrika koloniseer teen die tyd wat die diamante
ontdek was. Brittanje het dit ʼn magtiger en meer vasberade moondheid gemaak –
die nuwe diamantrykdom in Suid-Afrika het die Britte geleidelik betrek by die
beheer van die hele Suid-Afrika.
HOE HET DIE INDUSTRIELE REVOLUSIE BRITTANJE VERANDER?
1. RYKDOM UIT SLAWEHANDEL:
• Die driehoekige handelsroete tussen
Europa, Afrika en Amerika het in die 18de
eeu ʼn hoogtepunt bereik.
• Die hoeksteen van die handelsroete was die
trans-Atlantiese slawehandel. Met ander
woorde slawehandel het bygedra tot die
ekonomiese groei van Europa en Amerika.
• Brittanje het die grootste rol in Slawerny gespeel wat in die 18de eeu 3 miljoen
mense uit Afrika na ʼn lewe van slawerny vervoer.
2. Die BRITTE HET BAAT GEVIND BY DIE HANDEL DEUR:
• EERSTE was Londen en Bristol die belangrikste stede gewees in slawehandel. Later
was Liverpool die grootste slawehandelhawe in die Atlantiese stelsel.
• In die middel van die 18de eeu was daar net in Liverpool – ongeveer 175 slaweskepe.
Die grootste inkomste is verkry deur invoer en uitvoer wanneer skepe deur die
hawens gevaar het.
• Brittanje het tekstielware (bv. steenkool, skeepsbou en katoenvesel), fabrieksware
(bv. masjiene) en kommoditeite ’n natuurlike hulpbron (uit die aarde gehaal) word,
soos byvoorbeeld goud, diamante, olie en aardgas.) na Afrika uitgevoer...
• Gewere was in ʼn groot aanvraag in Afrika. Birmingham het goedkoop gewere
(wat `n goeie wins maak - deur dit vir duurder te verkoop), vir die Afrika-mark
gemaak deur dit te verkoop.
• Lloyds en Barclays, een van die vroegste banke in Brittanje het baie van hulle
rykdom uit slawehandel verdien.
• Sommige mense het ryk geword en was invloedryk in die politiek.
Revolusie in BRITTANJE:
Ekonomie voor die Industriële Revolusie:
a) Voor die industriële revolusie het ʼn groot deel
van die land se bevolking op die platteland
gewoon. Hulle was afgesonder en het klein
gemeenskappe gevorm.
b) Hulle het graan verbou of skape vir wol geteel,
wat handearbeid geverg het .
c) Plaasgereedskap was algemeen, maar nie
masjiene nie. Al was die diere geteel, het hulle nie die diere gebruik om die grond te
bewerk nie.
d) Goeie somers het goeie oeste beteken en lang winters het hongerte en ongerief
ingehou.
Landbou – ekonomie:
• Kleinboere (werkers) moes ʼn
verhouding gehad het met
grondbesitters (baas), sodat hulle op die
grond kon woon, die grondbesitters het
met die oeste sy arbeid betaal. –
(lyfeienskap - vir die werk wat hulle
doen.)
• Hoewel Lyfeienskap verdwyn het teen die einde van die 17de eeu in Engeland,
maar meeste plase was klaar op gemeenskaplike grond gevestig gewees. – Beteken
klomp mense het op een stuk grond gewoon.
• Die grond is net so groot en moes verdeel word tussen al die mense (kleinboere)
sodat elke huishouding ʼn strook grond kan ontvang om te kan boer.
Dit het beteken dat die landbou - ekonomie nie kon groei nie want niemand kon hul
boerdery groter maak nie as gevolg van die hoeveelheid grond wat hulle gehad het.
Landbouproduksie kon nie toeneem nie en al die grondbesitters het arm gebly. Daar
was nie plek om die boerdery te laat groei nie.
Vroeë 17oo`s het ontwikkelings plaas gevind
1) Landbouproduksie het skerp gestyg en tot ʼn landbou-oorskot gelei:
Die ontwikkelings het uitvindings, nuwe
boerderymetodes en die omheiningstelsel ingesluit
(Elke kleinboer het sy volle grond terug gekry). Deur
die volgende:
Eerstens...Jethro Tull – Engelse landboukundige – het
ʼn saaimasjien ontwerp - Sade kon diep in die grond
geplant word in stede wat weggespoel is.
Hy het ook ʼn skoffelmasjien ontwerp – Dit het dit
moontlik gemaak dat ʼn perd ʼn ploeg vinnig kan trek.
Tweedens...Lord Townshend – ʼn Engelse edelman - Hy het die
viergang-wisselbou bekend gestel wat gehelp het met die heeljaar
se boerdery
Derdens...Robert Bakewell – ʼn Engelse
landboukundige - Hy het die veeteelt grootliks
verbeter, wat die diereproduksie vermeerder het.
Laastens - was daar die omheiningstelsel – die stelsel waar die gemeenskaplike
oopvelde waarop boere hulle gewasse geplant het afgekamp is en grond eienaars
weer volle beheer daarop gehad het
• Dit het in die 1750`s begin gebeur wat die kleinboer in staat gestel het om hulle
boerderyproduksie te vermeerder en te spesialiseer in die verbouing (voortplant)
van spesifieke gewasse (lande).
• Grondbesitters is van hulle grond onteien, maar het beteken dat Brittanje ʼn oorskot
voedsel kon produseer, wat nodig sou wees om ʼn bevolking te voed wat in die 18de
eeu verdubbel het.
• Dit het ook beteken dat grondbesitters gedwing was om vir hulle werk te kry in die
fabrieke wat op die dorpe en stede begin opskiet het.
• Gevolglik het die landbou – ekonomie voor die industriële revolusie op die twee
maniere tot sowel die kos as die arbeidsmag bygedra wat nodig was om die
revolusie aan die gang te hou.
2) Tuisnywerhede:
Tuisnywerhede is die ander gedeelte van Brittanje se
ekonomie:
• Dit is ʼn gewilde soort ekonomiese bedrywigheid in die 17de
en vroeë 18de eeue.
• Boere en hulle gesinne het dikwels die tyd en begeerte gehad om ʼn ekstra
inkomste te verdien in die deel van die winter wanneer daar met min plaaswerk te
doen was. Hulle het werk soos (naaldwerk, kantmakery of huishoudelike
vervaardiging gedoen)
• In die vroeë 18de eeu het tuisnywerhede meer gespesialiseerd geword. Sakelui en
handelaars het begin rondreis – hulle het
grondstowwe gekoop en afgelewer by die mense
wat dit bewerk het. Hulle het dan die voltooide
goedere gaan haal en plaaslik verkoop, of meer
dikwels na ʼn mark gevat.
• Hier is die manier, wat mense gebruik het om klere
en ander produkte by die huis te maak. Om lap te
maak het mense wol tot gare gespin op die spinwiel
en die gare het hulle dan met hulle hande tot lap
geweef
Die bydra van tuisnywerhede in die Industriële revolusie:
• Dit was winsgewend vir die stedelike handelaars en het die Engelse ekonomie
verstewig
• Brittanje het oorsee bekend geword vir goedkoop uitvoer van hoë gehalte
• Landelike handelaars het ondervinding opgedoen van die invoer van grondstowwe en
uitvoer van fabrieksware.
• Baie mense wat in die tuisnywerhede gewerk het, het vaardighede ontwikkel wat
nodig was in die fabrieke van die Industriële revolusie, soos bv. tekstielfabrieke.
3) Wat was die Industriële Revolusie:
❖ Dit was ʼn verandering wat in Brittanje begin het.
❖ Dit was ʼn verskuiwing van mense wat op grond gewerk het en moes toe na stede
trek. Nuwe vervaardiging het plaas gevind.
❖ Daar was nuwe uitvindings, idees en metodes.
❖ Ontwikkelings het beteken dat produkte veel doeltreffender vervaardig kon word.
❖ Die gebruik van nuwe materiale soos yster en steenkool het gelei tot die uitvindings
van ʼn stoomenjin
❖ Die industriële revolusie het ʼn enorme toename in doeltreffendheid beleef
4) Maatskaplike veranderings tydens die industriële revolusie
Tydens die 1800`s het die Industriële revolusie regdeur Brittanje versprei.
➢ ʼn Aantal fabrieke is tot stand gebring en mense het van die
platteland af getrek om werk toe soek met beter betalings
➢ Die loon van ʼn plaaswerker was baie min en daar was min
werksgeleenthede op plase weens die nuwe masjiene soos
dorsmasjiene.
4.1 Verstedeliking en ander lewensomstandighede
• Duisende werkers was nodig om masjiene in meule en smelterye te bedien.
• Nadat al die mense van die plase af getrek het stede toe het al die stede vol geword
en Londen was die meeste nie voorbereid in die hoeveelheid mense nie.
• Mense moes hulle huise voller prop wat reeds vol was. As daar geen huise was nie
moes die mense losieshuise huur. Losieshuis (Huis met baie kamers waar mense een
of meer nagte kon huur)
4.1.1 Die WERKERSKLAS
Die industriële revolusie het die lewe van die werkersklas
verander:
1. Massaproduksie en meganisering het tot werkloosheid
gelei. Massaproduksie: vervaardiging van groot
hoeveelhede gestandardiseerde produkte Meganisering:
Wanneer masjiene die werk doen wat mense eers gedoen
het.
2. Werkers en werkgewers moes aanpas by nuwe masjinerie.
3. Meeste werkers het onder strawwe omstandighede in die
groeiende nywerheidstad gewerk en gewoon.
4. ʼn Werkdag destyds in fabrieke- sowat 12 tot 14 uur vir ses dae per week, is
omtrent dieselfde in tuisnywerhede.
5. Werkers wou masjiene solank moontlik laat loop en is so gedwing om vinniger en
sonder rus te werk. Werk het meer gespesialiseerd geword en was vervelig.
6. Omdat die produksie wat ou tegnologieë gebruik het relatief duur geword het, het
mense die vermoë om inkomste te verdien verloor en is gedwing om onder lae lone
te werk.
7. Vroue en kinders moes ook gewerk het as ongeskoolde arbeiders vir lae lone.
Kinderarbeid – kinders wat gedwing is om te werk het dikwels voorgekom en
kinders van jonk – van 9 jaar moes in fabrieke en myne werk.
4.1.2 Oorbevolkte behuising
➢ Werkers se huise was gewoonlik naby aan fabrieke en kon
werk toe stap
➢ Die huise was vinnig en goedkoop gebou. Meeste huise
het 2 tot 4 vertrekke gehad met 1 of 2 vertrekke op die
grondverdieping en 1 of 2 vertrekke op die boverdieping
➢ Victoriaanse gesinne was groot met 4 of 5 kinders. Daar
was geen lopende water of binnenshuise toilette nie – ʼn
hele straat moes ʼn buitemuurse pomp en ʼn paar
buitetoilette deel.
➢ Die meeste huise in die noorde was rug aan rug in dubbel
rye gebou, sonder vensters aan die voorkant, sonder
agterplase en met ʼn riool in die middel van die straat, die strate is nou.
➢ Meeste van die stede was vuil en ongesond. Die huishoudelike vullis was in die strate
uitgegooi.
➢ Hierdie krotbuurt-omstandighede (baie vuil, onhigiëniese en oorbevolkte
lewensomstandighede) was ʼn teelwaarde vir siektes. Meer as 31 000 mense het in
1832 gesterf in ʼn uitbreking van cholera en nog veel meer is dood gemaak deur tifus
(bakteria siektes), pokke en disenterie.
4.1.3 Armoede
Daar was ʼn verskriklike armoede wat ontwikkel het in meeste dorpe
en stede:
• Daar was nie genoeg werk nie
• Fabrieke kon nie meer mense hoë lone betaal nie en mense het
gesukkel om te oorleef
• Meganisering het tot werkloosheid gelei – masjiene het mense se
werk oorgeneem
• Gesinne het hulle kinders weg gestuur om werk te soek. 7 en 8 jariges
kon van 4 uur die oggend tot 7 uur die aand as voëlverskrikkers op die
lande werk, ouer kinders het as tydelike werkers gewerk
• Vuil groepe mense en kinders wat verflenterd is het rondgesweef
op strate sonder enige inkomstes. Straatkinders was gewoonlik
weeskinders waar niemand vir hulle sorg nie – hulle het gesteel en
het in deuropeninge geslaap.
• Sommige straatkinders het klein werkies gedoen net om geld te
verdien, hulle kon werk as straatveërs, ander het weer muffins,
blomme, vuurhoutjies en lap verkoop
4.1.4 Armhuise
ʼn armhuis is ʼn huis wat opgerig is om armes te huisves:
• Dit was oor die hele land gebou as gevolg van die inwerkstelling van die nuwe wet op
armes van 1834.
• Die wet van die parlement het bepaal dat mense wat baie arm, oud, siek of werkloos
was, versorg moes word in die armhuise. Die geboue was dikwels baie groot en is
mettertyd gevrees deur die armes en ou mense.
• Die armhuis sou kos, drank en werk aan sy inwoners gee, dit was ʼn onaangename
plek, mense moes hulle besittings in klein bondels bymekaar maak en armhuis toe
gegaan het en verwag dat hulle bly tot hulle gesterf het
Die beelde het waarnemers ontstel in die 18de eeu. Daar was destyds baie min
staatsorg vir die armes en geen veiligheid wat aan almal ʼn minimum standaard van
welsyn verseker het nie. Die vereniging vir verwaarloosde en verlate kinders was een
van die eerste organisasies wat probeer het om kinderarmoede op `n nasionale skaal
te verlig.
DIE INDUSTRIËLE REVOLUSIE VAN DIE KINDERS
4.2 Die myne en fabrieke
• Myne en fabrieke het werk aan mense gebied, dit was nie altyd veilig nie en
baie mense en kinders is al beseer of doodgemaak.
• Die fabriekstelsel is gekritiseer oor:
• Streng dissipline
• Kwaai strawwe
• Ongesonde werksomstandighede
• Lae lone
• Onbuigsame werksure
• Die fabriek het nie goeie werksverhouding tussen die werkgewer en
werknemer aangemoedig nie en is aangeval omdat dit die werkers hulle
vryheid en kreatiwiteit ontneem het
4.2.1 kinderarbeid
Kinderarbeid is wanneer kinders van ʼn baie jong ouderdom gebruik word om vir
goedkoop arbeid te werk en min of geen betaling ontvang nie. Tydens die
industriële revolusie het fabriek en mede-eienaars kinders as werkers gebruik
om die volgende redes:
1. Fabriekeienaars het gemeen kinders was ʼn goedkoop bron van arbeid wat
hulle in staat gestel het om mededingend te bly
2. Kinders was ideale fabriekwerkers omdat hulle gehoorsaam en onderdanig
was. Hulle sou nie op straf reageer en nie vakbonde vorm nie
3. Veral die ratse vingers, klein portuur en soepelheid van kinders was geskik vir
die nuwe masjinerie en werksomstandighede in daardie tye
4. Kinders het ʼn relatiewe voordeel gehad met die masjiene wat klein en naby
die grond gebou was, en ook in die smal ondergrondse tonnels van steenkool
en metaalmyne
5. Die industriële revolusie het in die geval van die aanvraag na kinderarbeid
verhoog deur werksituasies te skep waar hulle baie produktief kon wees
4.2.2 Kinderarbeid in katoenfabrieke
• Duisende kinders het in katoenfabrieke gewerk, die
fabriekeienaars het dikwels weeskinders ingeneem en hulle ʼn
plek gegee om te bly, maar hulle het hulle dan so hard
moontlik laat werk sonder betaling.
• Die kinders het meeste van hulle werksure by die masjiene
deurgebring. Hulle het selfs ʼn deel van Sondae gebruik om
masjiene skoon te maak.
• Daar is ernstige ongelukke wat gebeur dat kinders geskalpeer word wanneer hulle
hare in die masjiene vas gevang word – hare en vel word van die kop verwyder. Hulle
hande is vergruis en party kinders het gesterf deur aan die slaap te raak en in die
masjien geval het.
4.2.3 Kinderarbeid in myne
Steenkoolmyne was gevaarlik oor:
1. Dakke wat soms ingestort het
2. Ontploffings wat gebeur het
3. Daar was baie min veiligheidsmaatreëls
4. Die sny en vervoer van steenkool wat die masjiene doen is destyds deur
mans, vrouens en kinders gedoen.
5. Kinders het dikwels as vangers gewerk wat valdeure beheer het – Hulle het in
ʼn gat gesit wat uitgehol was en ʼn tou vasgehou wat aan die deur vasgebind
is. Wanneer hulle die waens hoor aankom moes hulle die tou trek dat die
deur oopmaak. Dit was een van die maklikste werke in die myn maar baie
eensaam en die holtes was gevul met koue lug.
6. Ouer kinders is soms in diens geneem as draers en moes vragte steenkool op
hulle rug gedra het in groot mandjies
• Kinders was gesien as waardevolle werkers omdat hulle klein was en kon in
baie klein spasies rondbeweeg, veral in fabrieke en in myne waar volwassenes
nie kon pas nie. Kinders het gewerk om te help om hul gesinne te onderhou. Dit
het veroorsaak dat hul op onderwys uitmis.
6. Weerstand teen werkomstandighede
Daar was verskillende vorme van weerstand in die Industriële revolusie wat
heersend gebeur het – dikwels. Dit sluit in:
1. militante optrede (aanvallend, opstandig) en
2. organisering van vakbonde
5.1 Swing-onluste en Luddiete
Swing onluste – wydverspreide opstand deur
landbouwerkers/plaaswerkers wat begin het in Augustus 1830.
Hulle het dorsmasjiene/landbou masjiene vernietig,
Luddiete – groepe Engelse werkers wat fabriek masjiene vernietig het,
veral katoen en wol-meule, wat hulle geglo het hulle poste bedreig. Hulle
bedrywighede het in 1811 begin.
Swing – onluste was afkomstig van die naam (kaptein swing) wat beskou
word as mitiese skynhoof van die beweging) wat dikwels geheg was aan die
dreigbriewe wat gestuur is aan boere, magistrate, predikant en andere
5.1.1 Swing-onluste - landbou
• Weens die omheiningstelsel (boere volle beheer terug gekry het van plase) Het
kleinboere arm geword en grond verloor waarop hulle geboer het.
• Grondbesitters wou kleinboere lae lone betaal sodat hulle meer wins kon kry. Dus
het hulle al die kleinboere afgedank en dorsmasjiene begin gebruik.
• Die armoede en onteiening van die Engelse lanbou-werkmag oor 50 jaar saam
met die bedreiging van groter werkloosheid was weens die gebruik van die
dorsmasjiene, wat die werkers vervang het en die kleinboere in aksie gesit het
• Op 28 Augustus 1830 het die Swing onluste begin en hulle het die eerste
dorsmasjien verwoes. Teen die derde week van Oktober was meer as 100
dorsmasjiene verwoes. Na dit het die grondbesitters ingestem om die lone te
verhoog en meer kleinboere in diens te neem. Maar baie van hulle het nie hulle
belofte gehou nie en dit het die oproer vererger
• Vele liberale mense het begin sê dat Brittanje politieke hervorming nodig gehad het
wat plaaswerkers verteenwoordig wat die laerhuis (Britse parlement) sou gee.
• Die premier, die hertog van Wellington, het nie saam gestem nie. Toe sy mening
bekend geword het, het ʼn menigte sy huis in Londen aangeval en die onluste het na
ander dele van Brittanje versprei.
• Op 15 November 1830 is Wellington se regering ʼn stemming in die laerhuis (Britse
parlement) verslaan. Twee dae later is ʼn nuwe, meer liberale regering gevorm ʼn Whig-
regering (- ʼn liberale politieke party in Brittanje terwyl die Tories ʼn konserwatiewe
party is). Die Swing onluste het bygedra tot die maatskaplike, politieke en landbou
onrus regdeur Brittanje in die 1830`s.
• Dit het die Whig- regering sover gebring om die hervormingswet in 1832 in te stel, wat
kleinboere ʼn bietjie verteenwoordiging in die laerhuis gegee het.
• Die Whig- regering het ook ʼn ketting armhuise oor die land tot stand gebring.
Waarheen die armes kon gaan as hulle hulp nodig gehad het.
Dorsmasjien: Die oproermakers
het tydens die Swing – onluste
dorsmasjiene verwoes.
5.1.2 Luddiete – nywerede
1. Die Luddieteprotes was anders. Wewers was mans (wat weefstof bewerk) en was
baie vaardig (weet wat hul doen).
2. Daar was begin om hulle oortollig – (wanneer werkers nie meer nodig is nie omdat
hulle deur masjiene vervang word) te maak d.m.v masjiene in te bring by
katoenfabrieke.
3. Die wewers was onstoke oor hulle verlies van status en relatiewe rykdom. Hulle word
toe die Luddiete – beswaarmakers.
4. Hulle beplan toe om die rame van die masjiene te verwoes wat vir hulle penarie –
(situasie) verantwoordelik was
5. Ongeskoolde werkers kon die weeftoestelle met die hand bedryf en die produksie was
veel groter as wat dit tevore was.
6. Die ontwrigting wat die Luddiete veroorsaak het, was so erg dat die premier,
Stanley Perceval, die wet teen raambrekery ingestel het.
7. Dit het die vigilante (tree op soos wetstoepassers) taktieke van die Luddiete
onwettig verklaar en doodstraf ingestel vir enigiemand wat skuldig bevind is dat
hy ʼn raam stukkend geslaan het.
8. Die wewers gelei deur die mitiese generaal Nedd Ludd, het hulle nie hieraan
gesteur nie. Hulle het voortgegaan om dreigemente aan fabriekeienaars te stuur
en katoenfabrieke aan te val.
9. Die regering het oorgegaan tot die aanvaarding van verder wetgewing, bekend as
die ses wette (strawwe wette teen daardie tyd wat die Luddiete moes keer om
meganiese weefmasjiene te verwoes), om die Luddiete se optrede te onderdruk.
10. Die Luddiete het eers begin om hulle optrede te staak toe 3 Luddiete gehang is
nadat hulle in 1813 die eienaar van n katoenfabriek voorgelê en doodgemaak het.
Die ingebruikneming van masjienerie tydens die
Industriële Revolusie het ernstige onrus geskep onder
werkers wat in die tekstielbedryf betrokke was. In die
vroeë 1800`s het sommige werkers, wat as die
Luddiete bekend was, begin om outomatiese
weefmasjiene in fabrieke uitmekaar te slaan. Teen
1812 is baie beswaarmakers opgehang en die breek
van masjiene is tot misdaad verklaar.
11. In 1816 het die geweld en
masjienbrekery egter weer opgevlam na `n swak oes
en insinking in handel.
12. In Junie 1816 het die Luddiete `n katoenfabriek
aangeval en 52 weeframe stukkend geslaan.
13. Hulle is in hegtenis geneem. 6 mans is tereggestel en
nog 3 is tronk toe gestuur. Na die hofsaak het die
Luddisme bedaar.
5.2 Groot nasionale verenigde vakbond:
• In die 1800`s het werk begin om van landbou na
nywerheidsproduksie te beweeg.
• Lae lone, swak werksomstandighede en stygende kospryse het
daartoe gelei dat werkers byeengekom het in die vroeë vorm
van ʼn vakbond – ('n groep werkers wat in die algemeen
indieselfde bedryf werk, wat ʼn unie gestig het om ʼn
gesamentlike doelwit te bevorder om hulle
werksomstandighede te verbeter)
• Die reaksie van die opeenvolgende regerings was
samespanning (werkers wat bymekaarkom om ʼn vakbond te
vorm) te beperk deur dit onwettig te maak.
• Die Franse Revolusie 1789 wat die monargie (regeeringsvorm) beëindig het, het
gehelp om meer radikale idees te ontwikkel en te versprei. Betogings, opstande en
politieke pamflette en koerante is deur die algemeen deur werkers gebruik om hul
teëstand teen Tory – en liberale regerings uit te spreek.
• In 1834 het Robert Owen, ʼn maatskaplike hervormer, die Groot Nasionale Verenigde
Vakbond (GNVV) gestig. Dit was ʼn koalisie – (groep organies of samewerking tussen
organisasies) met breë basis van werkende mense wat daarop gemik was om hulle
regte te beskerm. Dit het 500 000 lede gehad - wat gewerf is uit ʼn aantal ambagte,
waaronder mynwerkers, kleremakers, bakkers en gaswerkers is.
• In 1834 het die regering
probeer om die vakbond
te verpletter deur ses
plaaswerkers van die dorp
Tolpuddle in Dorset (nou
bekend as die Tolpuddle -
martelaars) in hegtenis te
neem.
• Die ses mans, wat by die GNVV aangesluit het, is aangekla en skuldig bevind. Hulle is
gevonnis tot deportasie na Australië (wat ʼn Britse strafkolonie was) vir 7 jaar.
• Die NGVV het net ʼn jaar gehou. Daar was te veel meningsverskille oor hoe om die
vakbond te organiseer, en na Tolpuddle - was die werkers bang om aan te sluit.
• Nie temin is die idee van ʼn verenigde werkersunie geplant en dit het 1845 aanleiding
gegee tot die stigting van die Nasionale assosiasie van verenigde ambagte vir die
beskerming van arbeid.
6. Vergrote mag en rykdom van Brittanje en Wes - Europese lande:
1 - Daar was ʼn enorme toename in die vervaardiging van baie goedere geskep. 2 -
Die toename in produksie was die gevolg van die ingebruikneming van kragaandrewe
masjinerie en die ontwikkeling van fabriek organisering. 3 - Private beleggers en
finansiële instellings was nodig om geld te voorsien vir verdere uitbreiding van
industrialisasie. 4 - Finansiers en banke het dus net so belangrik geword soos
nyweraars en fabrieke. 5 - Ryk sakeleiers, wat kapitaliste genoem is, het die beheer
van vervaardiging oorgeneem.
Vergrote mag en rykdom van Brittanje: Vergrote mag en rykdom van Wes – Europese ekonomieë:
- Brittanje het wydverspreide krediet,
sakekorporasies, beleggings en
grootskaalse aandelebeurse meer
algemeen gemaak.
- Banke is gestig om die toename in die
vloei van geld te hanteer. In 1750 het
Londen 20 Banke gehad. Teen 1800 het de
stad 70 gehad. Die meeste banke het nie
direk belê in fabrieke of lenings aan die
fabriekeienaars toegestaan om masjinerie
te koop nie.
- Sommige banke het egter
korttermynlenings aan nyweraars in staat
gestel om hulle eie geld te gebruik om
toerusting te koop en hulle fabrieke te
verbeter en uit te brei.
- Banke het hoofsaaklik krediet voorsien
aan boere, groothandelaars en
kleinhandelaars, wat dan bestellings by
vervaardigers geplaas het.
- Omdat masjinerie en fabrieke duurder
geword het, het individue wat kapitaal
voorsien het, al hoe belangriker geword.
Die Industriële kapitalisme het spoedig een
van die magtigste kragte in die Britse
kommersiële en politieke lewe geword.
- Baie van dieselfde beginsels wat
onderliggend aan die Franse
revolusie was, is ontwikkel deur die
industriële revolusie in Brittanje.
- Industrialisasie nasies het
middelklasse ontwikkel, wat begin
het om politieke mag te gebruik.
- Verder sou die industriële
revolusie aan Wes – Europa die
ekonomiese stelsel en tegnologie
gee om ʼn groot deel van die wêreld
te oorheers in die koloniale
periode na die einde van die 19de
eeu toe.
- Die lande wat nie na die
Industriële stelsels verander het
nie, is spoedig agtergelaat, en het
uiteindelik dikwels satelliete –
(Onder die invloed van ʼn ander
land) van die groot moondheid
geword.
EENHEID 2: SUIDER – AFRIKA TEEN 1860
Inleiding: Watter faktore het Brittanje lus gemaak om Suid-Afrika te koloniseer?
In 1860 het die land Suid-Afrika nie bestaan nie. Daar was baie wydverspreide
gemeenskappe, in konflik oor grond en arbeid, wat Suider – Afrika gevorm het.
In graad 7 het jy geleer hoe wit setlaars – Hollandse boere, die Britte en die
Voortrekkers – die Suid – Afrikaanse binneland ingetrek het. Teen 1860 het swart
gemeenskappe baie van hulle grond aan wit mense verloor. Die Britte het die Kaap
en Natal beheer. Die Transvaal (of Zuid- Afrikaansche Republiek) en die Oranje
Vrystaat was onafhanklike Boererepublieke. Etlike Afrika – kapteinsgebiede soos die
Zoeloe`s en die Sotho`s, het steeds sterk gestaan. Die Tswanas en die Pedi`s het
steeds beheer oor grond, arbeid en handel in die binneland gehad. Die Britte het nie
baie in die binneland van die Suidelike Afrika belanggestel nie, tot die ontdekking van
diamante en goud dit egter verander het.
1. Die Britte het die kaap beset, wat hulle tot ʼn Britse kolonie verklaar het. In 1853 is ʼn
verteenwoordigende parlement aan die kaapkolonie toegestaan in ooreenstemming
met Britse beleid.
2. Brittanje kon uitbrei omdat die Xhosas verswak was in 1857 asgevolg van die
veeslagting - (voorspelling deur ʼn tienderjarige Xhosa meisie in 1857 wat gesê
het dat die doodmaak van beeste die ou Xhosa-hoofde sou terugbring, hulle sou
dan die wit mense die see in terug jaag en ʼn nuwe era vir die Xhosas inlui)
3. Die Xhosas is van die grondgebied van Natal in 1843 geannekseer –(oorgeneem)
en het hulle invloed in daardie streek versprei, hoewel die Zoeloe koninkryk
steeds onafhanklik was onder koning Mpande kasenzangakhona.
4. In die binneland was die
Boere, wat die Kaap in 1838
met die Groot trek verlaat
het. Hulle was op soek na
grond waar hulle vry van
Britse beheer kon leef.
5. In die verre noorde het sommige hulle gevestig in die Soutpansberg, terwyl ander
na die ooste die Lydenburg – republiek gevorm het.
6. In die vroeë 1850`s het ʼn ander groep boere die oranje – Vrystaat en Transvaal
gevorm – Albei sogenoemde boerepublieke – (onafhanklike selfbestuurde
republieke) wat in 1856 die Zuid – Afrikaanche republiek geword het. Teen 1860 is
Soutpansberg en Lydenburg in die republiek opgeneem
2. Ingeboekte arbeid van Indië
• Indiërs het vanaf 1860 in Suid – Afrika aangekom.
• Die eerste 342 Indiërs het aangekom aan die boord van Truro van Madras,
gevolg deur die Belvedere van Kalkutta.
• Indiërs is ingeboekte werkers – (ʼn werker in ʼn stelsel van dwangarbeid) ingevoer
om in die suikerplantasies van Natalkolonie te werk.
• Die ingeboekte arbeiders het ʼn maandelikse besoldiging (loon) van twee Britse
pond ontvang. Hulle was ook geregtig op gesondheid en proviand – (besittings
wat gevat is).
• Aan die einde van die aanvanklike drie-jaarkontrak het die ingeboekte arbeiders
ʼn gratis oorvaart terug na Indië gekry of Landbougrond gelykstaande aan die
waarde wat ʼn oorvaart terug na Indië.
• Sommige het ook as steenkoolmyners en spoorweg - konstruksiewerkers
gewerk.
• Elke Indiese arbeiders het nommers gehad en nie name nie. INGEBOEK MET `N
NOMMER.
2.1 Indië as ʼn Britse kolonie:
• Britse handelaars het die Oos – Indiese
Kompanje – (geskiedkundige Engelse
maatskappy in 1600 gestig) om met Indië
handel te dryf. In die tyd het wanordelike
koninkryke in Indië onder mekaar baklei.
• Die Britte het die geleentheid benut om baat te vind by die rusies en een koning
teen ʼn ander koning gehelp. In die ooreenkoms het die Britte meer mag en rykdom
verkry.
• Hulle het die Indiese soldate opgelei en hulle in hulle leër in diens
geneem. Die leër was veel beter opgelei en gedissiplineerd as die leërs
van klein Indiese konings wat net geworstel het om te oorleef.
• Geleidelik het die Britte daarin geslaag om baie groot dele van Indië te
verower. Hulle het verdrae gesluit met konings wat die gesag van die
Britte aanvaar het.
• Die Britte het daarin geslaag om enorme rykdom van die mense en die
konings in te samel.
• Wewers van voortreflike katoen en is verplig om hulle
weefstof net aan Britse handelaars te verkoop. Enigiemand
wat betrap is dat hulle weefstof aan ʼn ander handelaar as die
Britte verkoop het, is swaar gestraf.
• Geen belasting is gehef op Britse goedere na Indië nie. Indiese
uitvoerprodukte na Brittanje was onderworpe aan hoe
invoerbelasting.
• Die Indiese tuisnywerhede het ook gely onder die Britse handelaars. Indië het groot
handelbedryf gehad.
• Die Britte het egter met baie groot katoenfabrieke in Engeland begin. Hulle het baie
katoen vir hierdie fabrieke nodig gehad.
• Dus is katoen in baie lae pryse in enorme hoeveelhede weefstof in Indië gekoop en
na Engeland gestuur. In ruil is enorme hoeveelhede weefstof (materiaal) verkoop.
• Die gevolg was dat die groot wewersklos in Indië werkloos geword het. Mense
moes duur Britse materiaal koop. Die Britte het baie rykdom hieruit vergaar en die
Indiese boere, wewers, handelaars, koningsen ambagslui was almal ontevrede.
• Dit het gelei tot ʼn Indiese Rebellie van 1857 (ook bekend as Indië se eerste oorlog
van onafhanklikheid, die groot rebellie staan bekend as die opstand van 1857, die
oproer van 1857, die Sepoy – muitery). Die volgende beeld verwys na die rebellie.
• In 1857 is die mag oorgedra van die Oos-Indiese Kompanjie aan die Britse kroon
en Indië het ʼn Britse kolonie geword. Die Britte het moderne tegnologie
bekendgestel met die voorneme om fabriekgoedere soos tekstiele en masjiene
teen wins te verkoop.
• Indië het baat gevind met die bou van spoorweë,
geregshowe, staatdienste, vervoerstelsels, fabrieke, skole en
universiteite.
• Sendelinge het na Indië gegaan
2.2 Redes waarom Indiese arbeid ingevoer is:
1. Suikerriet het wild in Natal gegroei lank voordat die wit setlaars aangekom het.
2. Toe die Britte Natal gekoloniseer het, het hulle besluit om suikerplantasies te
begin om die kweek van suikerriet kommersieel haalbaar te maak
3. Dit was omdat daar ʼn groot aanvraag na suikerriet in Brittanje was.
4. Die verbouing van suikerriet verg egter baie arbeid, maar mense in die Zoeloe
koninkryk, wat steeds onafhanklik was, was onwillig om arbeid te voorsien. Hulle
het geweier om die onderworpe – (het die eienskappe van ʼn slaaf) posisie van
arbeiders te aanvaar.
5. Gevolglik het die Britte hulle tot hul Indiese kolonie gewend/oorgevat.
6. In 1860 het die SS Truro by die Durban hawe aangekom met meer as 300 Indiërs
aan boord. Oor die volgende 50 jaar het nog 15 000 ingeboekte en passasier
Indiërs – (Indiërs wat in 1869 self hul eie reis na Natal betaal het bv.
Vliegtuigkaartjie gekoop om te gaan werk.) het die grondslag gevorm van wat die
grootste Indiese gemeenskap buite Indië sou word.
2.3 Die aanvraag na suiker in Brittanje:
In die vroeë 1600`s het 2 ontdekkings kort op mekaar gevolg wat die aanvraag na
suiker in Europa grootliks vergroot het:
• Die ontdekking dat vrugte in suiker ingelê kon word, en die maak
van konfyt met suiker.
• Brittanje, met kolonies in Amerika en ʼn rol in die driehoekige
slawehandel, het ʼn beheerde posisie die suikerhandel ingeneem.
• `n Toename in teedrinkery in Brittanje, wat tee uit die Indiese
kolonie ingevoer het, het ook die aanvraag van suiker vergroot.
• Gedurende die 18de eeu het tee selfs nog gewilder geword. Die
vergrote aanvraag na suiker is in ʼn groot mate veroorsaak deur ʼn
groot verandering in eetgewoontes van baie Britte en Europeërs.
• Hulle het begin om soet kosse in veel groter hoeveelhede te
verbruik. Dus het die aanvraag van suikerproduksie selfs meer
gegroei vir binnelandse gebruik en uitvoer na Europese lande.
• Teen 1752 was suiker die waardevolste kommoditeit in Europese
handel. Daar was `n groot en winsgewende aanvraag na suiker in
Brittanje wat – in ʼn groot mate Britte gemotiveer het om Natal te
koloniseer (die klimaat is ideaal vir die verbouing van suikerriet)
en ingeboude Indiese arbeid in te voer.
• In die 18de en 19de eeu het die drink van tee deel geword van Brittanje se
nasionale kultuur en die aanvraag na suiker vergroot.
2.4 Omstandighede van ingeboekte Indiese arbeiders
• Plantasiewerkers het hulle eie hutte opgerig en was in staat
om klein lappies van die omringende grond vir hulle eie
gebruik te bewerk – as hulle nie uitgeput was deur die dag se
werk nie.
• Later was plantasie-eienaars verplig om akkommodasie te
verskaf. Hulle het barakke van sinkplate, modder of klip gebou, waarin die werkers
ʼn beknopte of ongerieflike bestaan sonder enige privaatheid gevoer het.
• n Afdakskuur, gewoonlik sonder skoorsteen, is gebruik om die rantsoene rys,
mieliemeel en ghi – (ʼn soort botter) te kook. Hoewel gesinne nie veronderstel was
om uitmekaar te gaan nie, het dit met baie van hulle gebeur.
• Werkgewers van meer as 20 Indiërs as
veronderstel om elementêre hospitale te
voorsien, maar dit was meestal nie nagekom nie.
• Daar was ʼn hospitaal by die ontvangsdepot, maar
die omstandighede daar was sleg. Die pasiënte
is almal saam geplaas – mans, vroue en kinders
– ongeag of hulle aan aansteeklike siekte gely het.
• Latrines was 4 gate in die grond - toilette, en daar
was nie wasbakke of baddens nie. Lyke is oop en
bloot uitgelê. Teen 1885 het die 3 plantasies
siekekamers ingerig en dit was erger as by die
depot
Werksomstandighede van ingeboekte Indiese werkers:
1. Elke dag voor sonsopkoms het die sidar (voorman) `n klok gelui om die werkers
wakker te maak.
2. Na `n onaptytlike ontbyt van koue pap
het die werkers na die lande gemasjeer
om te begin werk terwyl die son opkom.
3. Hulle het gewerk, geplant, gespit, geoes,
gedra en gebou totdat die son
ondergegaan het.
4. Werkers het `n kort pouse vir middagete
gehad, wat `n herhaling van ontbyt was.
5. Dit was donker teen die tyd dat hulle hulle huise bereik het, waar
hulle nog `n basiese ete gekry het voordat hulle uitgeput aan die
slaap geraak het. Sondae was veronderstel om hulle afdag te
wees, maar min plantasie – eienaars het dit eerbiedig.
6. Elke werker is weekliks sowat 250 gram gedroogte vis gegee –
dit was hulle enigste lekkerny.
7. Net `n paar barakke het toilette gehad.
8. Ontledings van water wat gedrink is, het geblyk heeltemal
onveilig vir gebruik, maar daar was geen alternatiewe
waterbron nie.
2.5 Passasier – Indiërs na 1869
• Passasier – Indiërs het ʼn ander golf Indiërs gevorm wat na
Natal gekom het. Die woord passasier (boek vliegtuig-
kaartjies) word gebruik om die status van die Indiërs te
onderskei van hulle ingeboektes (kry nommers).
• Die vernaamste verskil is dat die passasier – Indiërs hulle eie
reiskoste betaal het. Hulle het vrylik gekies om na Natal te beweeg en was nie
gebonde aan enige arbeidskontrak as hulle eers daar was nie.
• ʼn Aantal van die passasier - Indiërs was uit ʼn handelaars agtergrond en
sakegeleenthede in Natal het hulle uit Indië laat emigreer – (verlaat jou eie land om
jou permanent in ʼn ander land te vestig)
• `n Paar faktore het dit vir die passasier – Indiërs
moontlik gemaak om na Natal te immigreer – (kom
woon permanent in ʼn ander land). Sommige van hulle
het kinders of familie gehad wat hulle kontrakte
voltooi het en in Natal aangebly het.
• Die mense het hulle na Natal genooi om te kom help
om ondernemings te vestig. Die groeiende nywerhede
in Natal en die diamantbedryf (na de ontdekking van
die diamante ʼn 1867 in Kimberley) het ook arbeid gehad, wat dit moontlik gemaak
het dat die passasier - Indiërs permanent aangebly het.
EENHEID 3: Die ontginning van diamante in Kimberley vanaf 1867
Inleiding: Hoe het die ontdekking van diamante Suid-Afrika die land
verander ?
1. Die diamant is die hardste en die skitterendste
van al die natuurlike stowwe, wat dit duursaam
en pragtig maak.
2. Die hardheid van diamante maak dit nuttig om mee te sny,
boor of poleer.
3. Die fatsoen, helderheid, kleur en karaat van ʼn diamant
bepaal die geldelike waarde daarvan.
4. Dit is skaars en verteenwoordig dus eksklusiwiteit en
rykdom.
2. Britse oorname van diamantryke grond in Griekwaland – Wes:
• In graad 7 het jy reeds geleer oor die Griekwas. Die gebied noord van die
Oranjerivier en wes van die Vaalrivier staan bekend as Griekwaland-Wes. Kyk op
die kaart van ZAR en vind Griekwaland-Wes.
• Die Britte het min belanggestel in Griekwaland-Wes totdat diamante
daar ontdek is.
• Die Griekwas is ʼn gemengde volk wat ontstaan het uit Nederlandse koloniste in
die Kaap met die Khoi en San wat reeds daar gewoon het.
• In 1834 het die kaapkolonie Andries Waterboer (Griekwaleier) se soewereiniteit
oor die gebied erken en die verdrag met hom onderteken. In die vroeë 1870`s is
ryk diamantvelde in die gebied ontdek. In 1871, na die ontdekking van diamante,
het die Griekwas, gesê dat die
landstreek hulle land was.
• Die ZAR (Transvaal
en Oranje – Vrystaat
het die grond gesoek), Brittanje het eers gesê dat hulle nie die
grond wou hê nie. Brittanje het op die ou einde die grond
gekoop. Dit het ZAR tevrede gestel.
• Die Griekwas het geweet dat die boere – die swart mense en basters – (ʼn
beledigende term van mense van gemengde afkoms) baie sleg behandel het, en
het die Britse beskerming eerder as beskerming deur die
boere gevra.
• Dit het die Britte in staat gestel om
die gebied in 1871 tot ʼn
protektoraat te verklaar. – (ʼn staat
wat beheer en beskerm word deur
ʼn ander staat).
• Twee jaar later het Brittanje verklaar dat Griekwaland-Wes ʼn Britse kolonie sou
word. Sewe jaar later is Griekwaland – Wes by die kaapkolonie ingelyf.
• Dit was na die Griekwas se ontevredenheid oor die eienskap van hulle grond en
die reg om aansprake op die diamantvelde te maak. Dit het in 1878 tot ʼn rebellie
teen Britte gelei het, wat die Britte onderdruk het.
3. Ontwikkeling van ʼn monopolie op die diamantmynwese:
Tot en met die ontdekking van
diamante was Suider-Afrika se
ekonomie hoofsaaklik op landbou
gegrond. Die ontdekking van
diamante en die ontwikkeling van monopolie – (wanneer een organisasie algehele
beheer het). Die diamante het die begin van die Industriële Revolusie in Suid – Afrika
aangedui. > kom ons kyk verder
3.1 Een mens een kleim
• Myne is in die produksie gebring by Colesberg,
Du Toit span, De Beers – (familie van
maatskappye wat die diamantbedryf oorheers –
broers wat die plaas besit het waar sommige
van die produktiefste myne gekry is),
Bultfontein en Wesselton, wat almal naby aan Kimberley was.
• Van 1870 tot 1873 het die wêreldhandel ʼn bloeityd beleef, wat tot ʼn styging in die
prys van diamante gelei het.
• Duisende mense het na die omgewing gestroom, met die hoop dat hulle ʼn fortuin
sou maak, en die mededinging om kleims – (ʼn stuk grond wat aan iemand gegee
word of wat gevat word om gemyn te word) het hewig geword. Daarom het die
mynbou-reël bepaal dat een mens net een kleim kon hê.
3.2 Wat het met swart mense in kleimhouers gebeur?
• Wit mense het met mekaar meegeding om rykdom te kry, en daarop aangedring
dat hulle die base van die swart arbeid was.
• Swart kleimhouers is verdink van onwettige
diamanthandel, omdat hulle dieselfde taal gepraat het
en ʼn soortgelyke agtergrond gehad het as baie van die
werkers.
• Dit het in 1875 tot onluste gelei, waarin wit mense
swart kleimhouers aangeval het.
• Die Britse owerhede het gereageer deur alle kleims wat
aan swart mense behoort te kanselleer.
3.3 Probleme van die dieper delf:
• Omdat die oppervlak van die kleims klein was
(sowat 10m²> 10m by 10m) moes delwers afgaan
tot die aarde se oppervlak. Die gate het egter te
diep geword en daar was ʼn groter moontlikheid dat
hulle sou inkalwe.
• Boonop het die diamante op ʼn sekere diepte
opgeraak.
• Die delwers moes deur ʼn laag rots breek om by die
volgende pyp – (ʼn ondergrondse strook waar
diamante gekry word) uit te kom.
• Daarom moes ʼn nuwe manier van mynbou ingestel word, naamlik
ondergrondse mynbou. Dit het gelei tot nuwe wette oor die hou van kleims.
3.4 Die stigting van maatskappye:
• Teen die einde van die 1870`s het die prys van
diamante ineengestort.
• Dit, saam met die hoë koste wat betrokke was in
die ontwikkeling van ondergrondse werke, het daartoe gelei dat baie van die
kleinskaalse myn-eienaars moes uitverkoop onder groter mynmaatskappye.
• In die vroeë 1870`s was daar 1 600 kleims by die Groot Gat in Kimberley. Teen
1880 is die getal verminder tot minder as 400.
3.5 Cecil John Rhodes en Barney Barnato:
Cecil John Rhodes en Barney Barnato was verantwoordelik vir die amalgamasie –
(die proses van kombinering of vereniging) van die maatskappy wat begin verskyn
toe oppervlakmynbou onprakties geword het. Gesamentlik het hulle De Beers
Consolidated Mines gevorm (3.6)
Cecil John Rhodes Barney Bernato
1. 5 Julie 1853 in Engeland gebore. 2. 26 Maart 1902 gesterf. 3. Hy het om gesondheidsredes in 1870 na
Natal getrek en die volgende bereik: 4. Hy het skatryk geword as `n
diamantprospekteerder. 5. In 1873 het hy met `n graad aan die
universiteit van Oxford begin. 6. In 1881 het hy lid geword van die
kaapkolonie se parlement. 7. Hy het De Beers Consolidated Mines in
1888 gestig. De Beers het voortgegaan en diamantproduksie in Kimberley gemonopoliseer.
8. Hy het in 1890 die eerste minister van die kaapkolonie geword.
9. In 1895 was hy betrokke by `n komplot om die ZAR omver te werp, wat misluk het. Hy is gedwing om as eerste minister te bedank.
10. Hy het Kimberley van 1899 tot 1902 in die Suid – Afrikaanse oorlog verdedig.
1. 4 Julie 1852 in Londen gebore.
2. Verskeie van sy familielede het na Suid – Afrika vertrek nadat hulle van die ontdekking van diamante gehoor het, en hy het hulle gevolg.
3. Hy het 4 kleims in die middel van die Kimberleymyn gekoop en skatryk geword.
4. Later het hy die Bernato diamantmynmaatskappy gestig.
5. Soos Rhodes, het Bernato voortgegaan om kleims te koop. In 1885 het Bernato sy maatskappy laat saamsmelt met die Baring Gould se Kimberley – sentraal - mynmaatskappy.
3.6 Stigting van De Beers Consolidated Mines:
• Teen die laat 1800`s het Rhodes en Barnato afsonderlik die meeste van die
diamantmynmaatskappye besit. Die toestande vir die mynbou het egter moeilik
geword, omdat myne inmekaar gestort het.
• Rhodes het Barnato se steun verkry om hulle maatskappye te amalgameer om
in 1888 De Beers een van die 4 lewenslange direkteurs te maak, deur te reël dat
hy verkies word as ʼn lid van die Kaapse Parlement (Barnato was Kimberley se LP
van 1889 tot 1897) en hy het vir hom lidmaatskap gekry van eksklusiewe
Kimberleyklub.
3.7 Regulering van voorraad en die prys van diamante:
• Na die stigting van die De Beer Consolidated Mines
was daar `n groep vooraanstaande
diamanthandelaars wat as die sindikaat bekend was.
• Hulle wou soveel diamante verkoop as wat hulle kon.
Rhodes het geweet dat ʼn ooraanbod op diamante die
mark se prys sou verlaag. Daarom het hy die mark
oorstroom sodat die prys geval het. Die sindikaat het baie geld verloor.
• Toe het hy die diamantvoorrade gestapel – (ophoop vir latere gebruik), wat
beskikbaarheid skaars gemaak het.
• Die taktieke het gewerk. In April 1892 het Rhodes en die sindikaat ʼn
ooreenkoms bereik om die produkte en bemarking van die diamante te beheer.
• Dit het tot die stigting van die Diamantkorporasie – (korporasie om produksie en
bemarking van diamante te beheer) in 1930 gelei. Dit was jare lank die enigste
instelling waardeur diamante op die Internasionale mark verkoop kon word.