gratis uitgawe no 7 - april 2013 tel: 013 262 3381/4114 ds ... › uploads › trompet 7.pdfu sal...

14
GRATIS Uitgawe No 7 - April 2013 Tel: 013 262 3381/4114 1 Ons groet. Na meer as dertig jaar in die gemeente het dit tyd geword om te groet en het dit oorstaptyd geword. In hierdie tyd het ses predikante na die gemeente oorgekom en sewe het weer vertrek. Ons is die agste predikant wat DV aan einde van 2013 die gemeente gaan verlaat en die tweede predikant wat in die gemeente emeriteer, aftree, sedert sy ontstaan. Daar was moeilike tye veral met die wegbreek van ‘n leraar, ‘n aantal kerkraadslede en lidmate na die Afrikaanse Protestantse Kerk en tye wat ons alleen die wa deur die drif moes trek. In daardie tyd het die kerkraad ons getrou bygestaan en ondersteun en kon ons steeds op die Here bly vertrou dat Hy steeds Sy doel met ons gemeente sal bereik. Ons dank u daarvoor. Die gemeentegetalle het weliswaar gedaal oor die jare heen toegeskryf aan die aantal lidmate wat ons verloor het na ander kerke, dalende geboortes, Maleoskop en die myne wat toegemaak het, persele wat saamgesmelt het en die politieke veranderinge sedert 1994. Daarby moet ook die soms moeilike en ongewilde Sinodebesluite genoem word. Ten spyte hiervan het die kerkbywoning na verhouding redelik konstant gebly en was die persentasie bo die gemiddeld van die Algemene Sinode. Daar bly vir ons as gesin net aangename herinneringe van hierdie gemeente oor. U het ons gekoester deur die jare, ons op die hande gedra, soms met ons eie hartseer, ons verdra met ons swakhede en foute. Ons het saam met baie van u moeilike tye beleef, dikwels met groot hartseer, maar ook in aangename tye. Ons kon saam met baie van u ‘n pad loop in die geestelike lewe, die verwerking van siekte en pyn, van hartseer en vreugde. Soveel dinge saam met u beleef. Daarvoor dank ons u. Saam met baie van u het ons langs die siekbed en oop graf gestaan, saam met u die hartseer deurgewerk tot weer die lewe in die oë kyk. Daar was die Bybelstudiegroepe waar almal se lief en leed gedeel kon word en die intensiewe studie ons lewens kon verryk en die saambid en omgee. Die kinders en die jongmense met hulle vrae en borrelende energie wat ‘n ding kon vat en daarmee loop, kategese, die staptoere en kampe. Die senior burgers met hulle wysheid, dankbaarheid en entoesiasme met elke biduur en uitstappies in die natuur. Die Avontuurgroep wat soveel sake onder hom geneem het en saamgedink en gedoen het, die bejaardes, gestremdes, die kampe en uitstappies ver in die bosse en by die see vir gesinne waar ons saam kon lag en speel, die potjiekosaande, die skoustalletjies, 4x4 geleenthede en ander uitstappies en braaie in die natuur. En vanaand waar ons kopstukke kon gesels oor God se skepping en die natuur en hoekom is ons hier. Dit was lekker. En die Basaars waar ons vleis kon bewerk en heerlik saam kon werk en met mekaar kon verkeer. Die konserte, die gemeente etes en kuiers ……. Ons gaan dit mis! Maar ons moet aanbeweeg….. Ons dank u dat u met geduld en liefde na ons preke geluister het, vrae daaroor kon vra en dit kon bespreek. Dit was vir ons elke keer ‘n verrykende ervaring. Vir die kere wat ons u in die steek gelaat het, dalk seergemaak of nie genoegsaam by u uitgekom het nie. Ons is jammer daaroor. Ons dank aan die kerkkantoordames vir hulle hulp en vriendelikheid, die lekker koppies tee en verversings. Die kosters en die terreinpersoneel. Dankie aan die kerkraad en elke lidmaat wat met ons saamgewerk het aan God se koninkryk, vir die saambid en gebede wat getrou vir ons opgegaan het. Dankie vir die verdraagsaamheid en die geduld waarmee u ons hanteer het. Dankie vir u gedurige belangstelling in ons as gesin deur al die jare. Ons het altyd, maar altyd u liefde ervaar waarmee ons oorval is. Dankie vir die voorsiening vir ons trek na ons aftreeplek. Dit word waardeer. Vir die vrouediens vir daardie fynere dingetjies wat hulle dikwels gedoen het in die stilte. Die verjaardag ruikers, etes, onderskraging en so baie wat vir ons gedoen is in moeilike tye vir ons as gesin. Ons het dit raakgesien en waardeer dit. Laaste, maar nie die minste: Ds Hendrik, Jossie en gesin: Dankie vir die saamwerk en geduld, al het dit soms moeilik gegaan. Vir die respek en liefde waarmee julle ons behandel het. Ek het baie geleer in hierdie tydjie van saamwerk in die gemeente en beskou dit as toerusting wat die Here voorsien het op die pad vorentoe. Ons gaan nog aanbly in die gemeente tot aan die einde van 2013 aangesien ons nog ‘n matrikulant in die huis het. Vir hierdie vergunning dank ons vir Solly Ferreira, die Ondersteuningsdienste en die kerkraad. Ons sal so hier en daar nog ‘n preek of wat waarneem na aftrede, maar andersyds besig wees met wortels uittrek en inpak. DV verhuis ons dan vroeg 2014 na Vleesbaai (Naby Mosselbaai) waar ons gaan aftree aangesien ons daar belange het. Vir eers gaan ons huisbou en daarna probeer doen waarvoor ons nooit tyd gehad het nie. U sal altyd welkom wees om by ons te kom inloer as u in die omgewing is. Ons kontaknommer sal dieselfde bly of beskikbaar wees by die kerkkantoor. Ons grootste dank gaan egter aan ons hemelse Vader wat ons tot hierdie diens geroep en ons trou gelei het in waaraan ons, ons lewe gewy het. Aan Hom al die eer. Mag die genade van ons Here Jesus Christus, die liefde van God ons Vader en die gemeenskap van die Heilige Gees met u wees en bly. ONS GROET U MET DIE LIEFDE VAN ONS HERE JESUS CHRISTUS Ds Jannie, Madeleine en gesin. D s J a n n i e G r o e t D s J a n n i e G r o e t

Upload: others

Post on 04-Jul-2020

7 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: GRATIS Uitgawe No 7 - April 2013 Tel: 013 262 3381/4114 Ds ... › uploads › Trompet 7.pdfU sal altyd welkom wees om by ons te kom inloer as u in die omgewing is. Ons kontaknommer

GRATIS Uitgawe No 7 - April 2013 Tel: 013 262 3381/4114

1

Ons groet.

Nameeras

dertigjaar in

diegemeente het

dit tyd geword om te groet en het ditoorstaptyd geword.In hierdie tyd het ses predikante na diegemeente oorgekom en sewe het weervertrek. Ons is die agste predikant wat DVaan einde van 2013 die gemeente gaanverlaat en die tweede predikant wat in diegemeente emeriteer, aftree, sedert syontstaan.Daar was moeilike tye veral met diewegbreek van ‘n leraar, ‘n aantalkerkraadslede en lidmate na die AfrikaanseProtestantse Kerk en tye wat ons alleen diewa deur die drif moes trek. In daardie tydhet die kerkraad ons getrou bygestaan enondersteun en kon ons steeds op die Herebly vertrou dat Hy steeds Sy doel met onsgemeente sal bereik. Ons dank u daarvoor.Die gemeentegetalle het weliswaar gedaaloor die jare heen toegeskryf aan die aantallidmate wat ons verloor het na ander kerke,dalende geboortes, Maleoskop en die mynewat toegemaak het, persele watsaamgesmelt het en die politiekeveranderinge sedert 1994. Daarby moetook die soms moeilike en ongewildeSinodebesluite genoem word. Ten spytehiervan het die kerkbywoning naverhouding redelik konstant gebly en wasdie persentasie bo die gemiddeld van dieAlgemene Sinode.Daar bly vir ons as gesin net aangenameherinneringe van hierdie gemeente oor. Uhet ons gekoester deur die jare, ons op diehande gedra, soms met ons eie hartseer, onsverdra met ons swakhede en foute. Ons hetsaam met baie van u moeilike tye beleef,dikwels met groot hartseer, maar ook inaangename tye. Ons kon saam met baie vanu ‘n pad loop in die geestelike lewe, dieverwerking van siekte en pyn, van hartseeren vreugde. Soveel dinge saam met u beleef.Daarvoor dank ons u.

Saam met baie van u het ons langs diesiekbed en oop graf gestaan, saam met u diehartseer deurgewerk tot weer die lewe indie oë kyk. Daar was die Bybelstudiegroepe waaralmal se lief en leed gedeel kon word en dieintensiewe studie ons lewens kon verryk endie saambid en omgee. Die kinders en die jongmense met hullevrae en borrelende energie wat ‘n ding konvat en daarmee loop, kategese, diestaptoere en kampe. Die senior burgers met hulle wysheid,dankbaarheid en entoesiasme met elkebiduur en uitstappies in die natuur.Die Avontuurgroep wat soveel sake onderhom geneem het en saamgedink en gedoenhet, die bejaardes, gestremdes, die kampeen uitstappies ver in die bosse en by die seevir gesinne waar ons saam kon lag en speel,die potjiekosaande, die skoustalletjies, 4x4geleenthede en ander uitstappies en braaiein die natuur. En vanaand waar onskopstukke kon gesels oor God se skeppingen die natuur en hoekom is ons hier. Ditwas lekker.En die Basaars waar ons vleis kon bewerken heerlik saam kon werk en met mekaarkon verkeer. Die konserte, die gemeente etesen kuiers ……. Ons gaan dit mis! Maar ons moet aanbeweeg….. Ons dank u dat u met geduld en liefde naons preke geluister het, vrae daaroor konvra en dit kon bespreek. Dit was vir ons elkekeer ‘n verrykende ervaring. Vir die kerewat ons u in die steek gelaat het, dalkseergemaak of nie genoegsaam by uuitgekom het nie. Ons is jammer daaroor.Ons dank aan die kerkkantoordames virhulle hulp en vriendelikheid, die lekkerkoppies tee en verversings. Die kosters endie terreinpersoneel.Dankie aan die kerkraad en elke lidmaatwat met ons saamgewerk het aan God sekoninkryk, vir die saambid en gebede watgetrou vir ons opgegaan het. Dankie vir dieverdraagsaamheid en die geduld waarmeeu ons hanteer het. Dankie vir u gedurige belangstelling in onsas gesin deur al die jare. Ons het altyd,maar altyd u liefde ervaar waarmee onsoorval is. Dankie vir die voorsiening vir onstrek na ons aftreeplek. Dit word waardeer.Vir die vrouediens vir daardie fyneredingetjies wat hulle dikwels gedoen het indie stilte. Die verjaardag ruikers, etes,onderskraging en so baie wat vir ons

gedoen is in moeilike tye vir ons as gesin.Ons het dit raakgesien en waardeer dit.Laaste, maar nie die minste: Ds Hendrik,Jossie en gesin: Dankie vir die saamwerken geduld, al het dit soms moeilik gegaan.Vir die respek en liefde waarmee julle onsbehandel het. Ek het baie geleer in hierdietydjie van saamwerk in die gemeente enbeskou dit as toerusting wat die Herevoorsien het op die pad vorentoe.Ons gaan nog aanbly in die gemeente totaan die einde van 2013 aangesien ons nog‘n matrikulant in die huis het. Vir hierdievergunning dank ons vir Solly Ferreira, dieOndersteuningsdienste en die kerkraad.Ons sal so hier en daar nog ‘n preek of watwaarneem na aftrede, maar andersydsbesig wees met wortels uittrek en inpak. DV verhuis ons dan vroeg 2014 naVleesbaai (Naby Mosselbaai) waar onsgaan aftree aangesien ons daar belangehet. Vir eers gaan ons huisbou en daarnaprobeer doen waarvoor ons nooit tyd gehadhet nie.U sal altyd welkom wees om by ons te kominloer as u in die omgewing is. Onskontaknommer sal dieselfde bly ofbeskikbaar wees by die kerkkantoor.Ons grootste dank gaan egter aan onshemelse Vader wat ons tot hierdie diensgeroep en ons trou gelei het in waaraanons, ons lewe gewy het. Aan Hom al die eer.Mag die genade van ons Here JesusChristus, die liefde van God ons Vader endie gemeenskap van dieHeilige Gees metu wees en bly.

ONSGROET UMET DIELIEFDE VANONS HEREJESUS CHRISTUS

Ds Jannie, Madeleine en gesin.

Ds Jannie GroetDs Jannie Groet

Page 2: GRATIS Uitgawe No 7 - April 2013 Tel: 013 262 3381/4114 Ds ... › uploads › Trompet 7.pdfU sal altyd welkom wees om by ons te kom inloer as u in die omgewing is. Ons kontaknommer

2

GOD se Mandjie Ek het hierdie boodskap gekry by 'n goeie en dierbare vriendin en moet dit net met julle deel. "GOD het aan haar gesêdat Hy aan elkeen van ons 'n “mandjie” gee, nie ‘n tas of rugsak of trollie nie, 'n “mandjie”. Daarin kan ons elke dag al onssorge en probleme, hartseer, vrees, onsekerheid, pyn net mooi alles, wat vir ons swaar en moeilik is pak. Hoe meer onsinpak hoe groter word ons “mandjie”.......en natuurlik ook swaarder. Saam met hierdie “mandjie” gee GOD ook aan ons 'nuitnodiging om elke dag by Sy voete te kom sit en daardie “mandjie” uit te pak. Hy verwag nie van ons om daardie“mandjie” wat groot en swaar geword het, oral met ons saam te dra nie, Hy sê, kom dra jou “mandjie” net tot by Myvoete en kom pak alles daar by My uit. En soos ons uitpak krimp ons “mandjie” weer tot hy lig en klein is en maklik is virons om op te tel en verder te dra. Ons mag ook soveel keer as wat ons wil op 'n dag met ons “mandjie” by Sy voete gaansit. Daar is geen beperking op nie, net so is daar geen beperking op GOD se genade en vergifnis nie. Is dit nie wonderliknie? Vat jou "mandjie” en dra dit, dit gaan van jou afhang of jy dit vir jou-self gaan moeilik maak en ’n swaar “mandjie” ronddra en of jy daagliks jou “mandjie" by GOD se voete gaan sit en leeg maak, daar op te staan en alles wat jy daar uitgepak het, by Sy voete te los jou “mandjie” te vat en verder te loop.........maar kom ons onthou ook, dat wanneer dit met ons goed gaan ons ditook in ons “mandjie” sal pak sodat wanneer ons “mandjie” groot en swaar word van goedheid en guns ons dit ook voor GOD sal bring om vir Hom daarvoor dankie te sê.

GOD is so lief vir ons en Hy wil ons nie sien swaar kry nie. Al wat Hy vra is, kom na My toe......mag GOD elkeen wat hier lees Seën en toevou in Sy wonderlike liefde..

SorgeProblem

e

Ek hoop nie ek is te laat met my briefie nie, want oupa is baie siek.Nou wil ek net gou-gou vir Liewe Jesus vertel wat oupa van hou, sodat as hy in die hemel kom,

als reg sal wees.Liewe Jesus, sê tog vir ouma sy moet die afval en doekpoeding reghou, want ek dink oupa sal honger

wees as hy daar kom. Jesus weet mos self hoe ver is die Hemel van die aarde af en as mens so ver geryhet, is mens baie honger. Sorg asseblief dat daar baie boeke is, want oupa

het graag gelees toe hy nog jonk was. Hy hou niks van katte nie, want hy sêdit laat sy bors toetrek. Hy is mal oor honde, so dit sal goed wees as liewe

Jesus Brak wat verlede jaar dood is, daar kan hê.O ja, Liewe Jesus, oupa snuif net Singleton, dit sal nie help om anner snuif te

koop nie, Liewe Jesus gaan net die geld mors.Dan een laaste ou gunsie: My oupa het nooit van blink goeters gehou nie, enek lees in die Bybel die strate in die hemel is van goud. Ag Jesus, dis nie dat

oupa ondankbaar is nie, maar hy sal eerder daarvan hou om in die veldtussen die voëltjies en diere te bly. So asseblief, as ouma daar in die blink

strate bly, laat sy asseblief dadelik bos toe trek, want as oupa daar kom, salsy by hom wil wees.

Ek dink ek het nou als gesê wat ek moet.Stuur hierdie xxxx vir ouma.Ek lief Liewe Jesus duisend.

Liewe liewe Jesus,

“Die fondament is Jesus Christus

of dit goud, silwer, edelstene,

hout of straal is

waarmee iemand op die fondament bou,

elkeen se werk sal aan die lig kom.

Die dag wanneer Christus kom, sal dit duidelik word.

Die dag kom met vuur,

en die vuur sal die gehalte van elkeen se werk toets.

As iemand se bouwerk bly staan, sal hy beloon word:

As iemand se werk verbrand, sal hy self gered word,

Maar soos iemand wat uit die vuur geruk is.”

# # #

Jesus het gesê: “Kyk, Ek kom gou!

Ek bring die loon saam met My

om elkeen te beloon vir wat hy gedoen het.”

Openb 22:12

1 Kor 3 : 11b – 15

Page 3: GRATIS Uitgawe No 7 - April 2013 Tel: 013 262 3381/4114 Ds ... › uploads › Trompet 7.pdfU sal altyd welkom wees om by ons te kom inloer as u in die omgewing is. Ons kontaknommer

PPaa aass ee ii ee rrssBekend is die paaseier wat

random hierdie deel van die seisoen verkoop word. Die eier

kom in die meeste ou volke se godsdienstige feeste voor,

byvoorbeeld die Perse, Egiptenaars, Grieke en Romeine. Vir

hulle was dit 'n simbool van vrugbaarheid en opstanding.

Almal het eiergode, eierfeeste en eierspele gehad. Die ou

Rabbyne het beveel dat die Jode in die nag van die Pasga eiers

moet eet.

Sommige wil die gebruik van die Christene – om op

Paasfees eiers te eet – van hierdie gewoonte aflei, dog die

kerklike historici van die eerste eeue gee geen spoor hiervan

nie. Eers later word hiervan in 'n erediens melding, gemaak.

Waarskynlik het die eerste predikers dit gevind by die

offermaaltye van Ostera, aan wie eiers geoffer is.

By die Germane was die eier 'n sinnebeeld van die teelkrag van

die aarde, of die aarde self, daar dit rond soos aarde is en die

kiem van 'n nuwe skepsel in sy binneste omdra.

Die sendelinge het die Germane hul eiers laat behou, maar

deur die metode van aanpassing 'n Christelike inhoud daaraan

probeer gee, naamlik die gedagte van opstanding en nuwe

lewe.

Die paaseier het egter tot growwe bygeloof gelei. Die priesters

het dit gewy om genesende en onheilwerkende krag daaraan te

gee. In kerke is hulle geoffer, klerke en skoolmeesters is

daarmee vereer of ontvang dit as beloning. Die eiers is met

allerlei kleure geverf volgens die kleur van die altaar. Vandag

nog eet ons kinders gekleurde paaseiers; in Duitsland pryk dit

op die tafels, soms beskilder met allerlei figure van voëls en

blomme .

DD ii ee PPaa aasshhaa aassNet soos die paaseier vind die paashaas sy

oorsprong in heidense tradisies. Die haas

was verbind met die maan in Egiptiese

legendes. Soos die maan vir die nag

bestem is, so die haas wat in die nag sy

voedsel soek. As gevolg van die

ooreenkoms tussen die Egiptiese woord

vir haas: un en die woord periode, word die haas verbind

met die gereelde terugkeer, in hierdie geval die

periodieke terugkeer van die maan in sy siklus, maar

ook met die nuwe lewe in seuns en dogters. Dit sien

op die vrugbaarheid en vernuwing van die lewe.

Die tweede Paasdag of Maandag is vroeër gekenmerk

deur dartelheid en brassery. Wat op die vorige Sondag

deurgeskemer het, kom nou tot volle openbaring. Die

aansienlikes het maaltye aangerig en vriende en

familie uitgenooi, wat deur sommige Christens as

Belsasar se maaltye en sataniese geregte beskryf is.

Baie burgers het die dag in hotels en met dobbel- en

kaartspel deurgebring, en aan hul inhibisies vrye teuels

gegee.

Geen wonder dat die Hervorming met hierdie Roomse

paaspraktyke niks te doen wou hê nie. Eers deur die

provinsiale sinode van Dordrecht (1574) het die juiste

viering daarvan vaste vorm begin kry.

Paasfees behoort vandag nog by uitnemendheid 'n

groot fees te wees, trouens die moeder van al ons

Christelike feesdae. Die Oosterse kerke maak ook veel

daarvan, want by hulle is die kruis nie so sentraal nie,

maar eerder die opstanding van die Here.

Dit was die sentrale tema van die prediking van die

apostels: deur Sy verrysenis staan dit onteenseglik vas

dat Jesus die Seun van God is. In die verkondiging van

die hede word die aksent gelê op die eskatalogiese

betekenis: “En God het ook die Here opgewek en sal

ons opwek deur Sy krag" (I Kor. 6:14 OV). Sy

opstanding is die sekere waarborg vir die opstanding

van diegene wat in Hom glo.

Paasfees beteken verder die deurbraak van die nuwe

lewe. Dit is nog maar vir 'n oomblik, maar eendag sal

die gelowige 'n verheerlikte liggaam ontvang wat die

verheerliking van die ganse skepping sal meebring.

Prof. H.D.A du Toit

WAT GELD KAN DOENGeld kan baie dinge koop:’n bed maar nie slaap nie;boeke maar nie verstand nie; kos maar nie ’n eetlus nie;’n huis maar nie ’n tuiste nie; medisyne maar nie gesondheid nie; luukshede maar nie geluk nie ontspanningsgeleenthede maar nie verlossing nie;’n reiskaartjie na enige plek maar nie hemel toe nie.

3

Vir jou….. Al gesels ons net soms is jy nog altyd my vriendin

En ‘n deel van jou gee aan my lewe sinOp hierdie dag herdenk jy die dag waarop jy die lug kon

inasem ‘n teken dat God oor jou sal waakSo al raak jy soms bang as jy dink oor ‘n ernstige saakOnthou God sal jou omvou al lyk dit of die ruite opwasem

Mag jy Sy liefde ervaar in elke tree wat jy geeHou jou oë gefokus na voor op jou weë

Voel Sy aanraking in ‘n vriend se hand na jou gestrekHoor Sy liefdeswoorde in elke privaat gesprek

Sien Sy wonderdade in elke opdrag wat jy uitvoerGlo in Sy belofte met elke dag se sonstraal wat vir jou loer

Spreek van Sy nabyheid in elke woord wat jy sêEn jy sal alles kry wat jy vir die dag nodig mag hê

Mag jy woorde kry wat sag is om na te luisterMag jou stem sag en liefdevol wees soos ‘n fluister

Mag jou oë net die mooi dinge raak sienMag jou hande handel was bewys dat jy God dien

Mag jou voete loop op die pad soos deur Jesus vir ons gewysMag jou gedagtes jou vul om Sy liefde aan jou te

bewysMag jou lewenswyse spreek van die Heilige

Gees se werking in jou.Geskryf deur Leen

Page 4: GRATIS Uitgawe No 7 - April 2013 Tel: 013 262 3381/4114 Ds ... › uploads › Trompet 7.pdfU sal altyd welkom wees om by ons te kom inloer as u in die omgewing is. Ons kontaknommer

4

Ek het grootgeword in ’n huis waar Hervormde lidmate van onsgesin se nouste vriende was. Tydens my studies aan Tukkies hetek ook goed bevriend geraak met tokkelokke van Afdeling A.In Weltevredenpark was die Hervormde leraar meer as net ’nkollega, want ons gesinne is vriende en ons seuns het saam besluitom teologie te studeer en is albei nou predikante in ons Kerke.In my huidige opset werk ek ten nouste saam metteologiedosente van die Hervormde Kerk. Een van die grootvreugdes is die studente, vir wie ek besondere waardering het.Hierdie noue bande dien geensins as kwalikasie om allerhandeinsigte oor die Hervormde Kerk kwyt te raak nie, maar bevestigtog my diep waardering vir ons nabye familie. As iemand my sou vra om my indrukke van die Hervormde Kerkvinnig op te som, sal ek ten minste ’n paar dinge graag wil deel:Ek is diep onder die indruk van die intellektuele integriteit enakademiese vaardigheid van leraars en lidmate. Ek sien dit bypredikante en studente, maar ervaar ook iets daarvan byvergaderings van ringe en veral ook die AlgemeneKerkvergadering.Ek is net so diep onder die indruk van die Kerk selotsverbondenheid met Afrikaners, veral in die noorde van onsland. Ek dink die geskiedenis is getuie van die Hervormde Kerkse passie om hulle geestelik te versorg en by te staan in moeiliketye. My blootstelling aan toegewyde lidmate het my ook dieponder die indruk gebring van die geweldige bydrae wat stoereHervormers tot hul plaaslike geloofsgemeenskappe en ookAfrikaners se gemeenskapslewe gemaak het Dit lyk vir my of die NG Kerk en Hervormde Kerk in baie opsigtedieselfde soort uitdagings die hoof moet bied: Albei moetgewoond raak om as ’n klein minderheid oor die evangelie tegetuig. Albei is besig om in terme van getalle en vermoëns tekrimp. Ons moet die nuwe Groot Trek van ons lidmate na stedeen voorstede hanteer. In baie plattelandse gemeenskappe gaandaar binnekort net uiters klein NG en Hervormde gemeentes oor

wees. Hoe lyk hul pad saam vorentoe? Lidmate in ons Kerke hetnog steeds allerhande wroegings in die afskeid van apartheiden die omhelsing van die nuwe werklikhede van Suid-Afrika. Hoelyk geregtigheid en ware versoening in ons land? Ons wonderalmal oor ons noue verbondenheid aan blankeAfrikaanssprekendes en wat dit vir ons kerkwees beteken as onsmeer erns maak met die feit dat die kerk van Jesus Christus inhaar wese missionaal is. Daar sal diep en ernstig gedink moetword oor die betekenis en praktiese aard van eenheid in diekerk. Die feit dat die Hervormde Kerk se teoloë goed vertroudis met Karl Barth, en die oplewing in nadenke oor die implikasiesvan die Triniteit vir kerkwees, gaan hierdie proses sekerlik help.As kind het ek nogal gewonder hoekom ons twee kerke is. OnsHervormde vriende het baie dieselfde as ons gedink oorgodsdiens en kerkwees. Ek was bewus dat eredienste in dieHervormde Kerk so ’n bietjie anders was, maar ook nie juis baieanders nie. Ons het mekaar soms geterg, maar het mekaar altydas ons mense gesien. Dit het dalk veroorsaak dat ek opuniversiteit my sterk uitgespreek het oor die verdeeldheid tussendie drie Afrikaanse susterkerke, soos ons toe daaroor gepraathet. Ek het selfs groot byeenkomste daaroor gereël en een maalwas die hele amteater op Tukkies volgepak vir ’n debat tussendie groot kanonne (kerkleiers) van die drie kerke – ongelukkigis daar meer op mekaar geskiet as wat eenheid gebou is. Ek sal ontrou aan lewenslange oortuigings wees as ek nie weer’n keer ’n pleidooi lewer vir volle eenheid tussen ons twee Kerkenie. Die bestaande ooreenkoms tussen die NG Kerk enHervormde Kerk lê ’n goeie basis. Ek dink die Protestantse Kerkin Nederland se eenheidsmodel kan ons baie help. Ek dink dieevangelie eis dit van ons. Ek dink die werklikhede van ons landmaak dit onafwendbaar…

Prof Nelus Niemandt, Voorsitter: Dagbestuur, Algemene SinodaleKommissie, NG Kerk.

‘n perspektief vanuit die NG Kerk(Voorblad van die Weeklikse nuusbrief van die eHervomer)

Kerkwees in 2013

The old pathsI liked the old paths, when moms were at home.Dads were at work, brothers went intothe army, and sisters got marriedBEFORE having children!Crime did not pay – hardwork did, and people knew thedifference.Moms could cook, dads would work,children would behave.Husbands were loving, wives weresupportive and children were polite.Women wore the jewelry and men wore the pants.Women looked like ladies, men looked like gentlemen,and children looked decent.People loved the truth and hated a lieThey came to church to get IN, not get OUT.Hymns sounded Godly, sermons sounded helpfulRejoicing sounded normal and crying sounded sincere.Cursing was wicked, drugs were for illness and divorcewas unthinkable.The flag was honoured, Zimbabwe was beautiful andGod was welcome!We read the Bible in public, prayed in school andpreached from house to house.To be called a Zimbabwean was worth dying for;To be called a Christian was worth living for;To be called a traiter was a shame!

Preachers preached because they had a message;And Christians rejoice because they had the VICTORY!Singers sang from the heart and sinners turned to theLord to be SAVED!A new birth meant a new life; salvation meant achanged life; following Christ led to eternal life.Being a preacher meant you proclaimed the word of God;Being a deacon meant you would serve the Lord;Being a Christian meant you would live for Jesus;And being a sinner meant someone was praying for you!Laws were based on the Bible, homes read the Bible andchurches taught the Bible.God was worshiped, Christ was exalted and the HolySpirit was respected…Church was where you found Christians on the Lord’sday, rather than in the garden on the river bank, on thegolf course, or being entertained somewhere else.I STILL LIKE THE OLD PATHS THE BEST!

Page 5: GRATIS Uitgawe No 7 - April 2013 Tel: 013 262 3381/4114 Ds ... › uploads › Trompet 7.pdfU sal altyd welkom wees om by ons te kom inloer as u in die omgewing is. Ons kontaknommer

5

‘n Man was besig om te hengel op een van die groot mere van

die VSA. Skielik het ‘n arend soos ‘n pyl uit ‘n boog uit die

hoogte op die water neergeskiet, sy kloue diep in die groot vis

ingeslaan en daarmee begin opstyg. Hoe hoër hy gestyg het, hoe

stadiger het dit gegaan totdat dit gelyk het asof hy stilstaan. Toe

begin hy val, vinniger en vinniger – tot selfvernietiging – met

prooi en al. Die hengelaars ontdek toe dat die gewig van die vis

vir die arend te veel geword het en toe hy dit wou laat los, ontdek

hy dat sy kloue so diep daarin geslaan is, dat dit vir hom

onmoontlik was. So is hy saam met sy prooi vernietig.

• Dawid het die reus Goliat roemryk verslaan, maar die reus

Wellus het Dawid roemloos verslaan. (Lees daarvan in 1 Sam

11: 1- 12:23).

• Simson was met sy geboorte aan God gewy, ‘n verlosser van

sy mense, ‘n doring in die sy van die Filistyne en gespierd soos

Rambo. Hierdie heldefiguur sterf tragies vanweë sy swakheid –

wellus. Hy het ‘n Timna en ‘n Gasa in die geheime deel van sy

lewe gehad waar hy homself in onbeteulde wellus aan ‘n

verraderlike Delila oorgegee het.

Die Bybel is pynlik eerlik met sy mensebeskrywings. Vratte en

karbonkels word nooit weggelaat nie. Dis om vir ons ‘n

waarskuwing te wees, soos die skedel en kruisbene op

dinamietkiste.

Wellus is soos dinamiet – dit lyk heeltemal onskadelik, maar

doen ongelooflike vernietigingswerk.

• Wellus kom ons harte deur ons oë binne. Dawid sien teen die

aand vir Batseba waar sy besig was om op haar huis se dak te

bad. Dit was die kortpad na wellus (2 Sam 11:2)! Die eerste

woorde van Simson aan sy ouers wat ons in die Bybel lees, is:

“Ek het ‘n vrou in Timna gesien….” (Rig 14:2).

• Wellus gaan gewoonlik oor uiterlike voorkoms en nie innerlike

karakter nie. Van Urija se vrou Batseba lees ons: “Sy was ‘n baie

mooi vrou.” So mooi dat Dawid gewillig was om Urija te

vermoor deur hom in die voorste linie te laat veg.

• So sneeubal die sonde van wellus altyd. Jy kan nie vurige kole

in jou skoot dra sonder om jouself te verbrand nie. Dawid

vermoor sy gewete en Urija; Simson verloën sy wydingsbelofte

en sy God. Salomo (en wie sou meer van vroue weet as hy!) het

‘n waarskuwing hieroor uitgespreek: “Die oortreding van die

goddelose agterhaal hom, hy draai hom vas in sy sonde. Hy sterf

deur sy gebrek aan selfbeheersing, sy dwaasheid het hom op die

verkeerde pad gebring” (Spr 5:22 en 23).

Die grootste enkele gevaar van wellus, is dat jy jou doelbewus

of onbewus sal losmaak van God. Dawid bid na sy val in hierdie

slagyster: “Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees

van my af wegneem nie. Laat my weer die blydskap ervaar van

iemand wat deur U verlos is.” (Ps 51: 13 en 14).

Simson – tragiese waarheid – “het nie besef dat die Here hom

verlaat het nie.” (Rig 16:20)

Met onbeheerste wellus verloor jy uiteindelik alles wat kosbaar

is: Simson het eers sy selfbeheersing verloor, toe sy hare, sy

krag, sy oë, sy Here …. En sy lewe! Soos Milton in Samson

Agonistes sê: “All passions spent!”

Die oplossing? Metanoia – draai om! Bekeer jou! Draai na

Christus toe. Hy is ons enigste toevlug in die aanslag.

“Of weet julle nie dat ons almal wat in Jesus Christus gedoop is,

in sy dood gedoop is nie! Deur die doop is ons immers saam met

Hom in sy dood begrawe, sodat soos Christus deur die heerlike

magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so ‘n

nuwe lewe kan lei” (Rom 6:3-4)

Slaan die deur na wellus toe, Staan met ‘n dubbelloop-

haelgeweer daaragter. Trek die volle wapenrusting aan wat God

jou gee. Die deur mag nie eers op ‘n skrefie oopstaan nie – die

duiwel is listig en kom soos Houdini in.

• Josef het met die dowwe lig van die Ou Testament reeds geweet

hoe om met wellus ‘n straatgeveg aan te knoop. (Sien Gen 39).

Vlug, dit was sy aanvalswapen – al moes hy sy baadjie op die

gevegsterrein agterlaat. Hierdie geveg kan jy nie wen nie. Stuur

Christus om vir jou te veg. Verloor liewer jou baadjie as jou

lewe!

Dawid en Simson het gedink hulle kon die reus Wellus

vertroetel sonder om oneindig seer te kry.

Sonder sy oë, sou Simson nooit weer vir ‘n vrou kon knik nie.

Die reuk van parfuum is vervang met die muwwe reuk van ‘n

tronk van die gehate vyand waarin hy ingekerker is. Sy krag het

weggevloei soos water in woestynsand en sy toewyingsbelofte

het ‘n bespotting geword.

Nog ‘n grafskrif in die kerkhof van wellus: “Hier lê Simson,

met sy geboorte aan God toegewy. Hy het gedink dat hy die vlam

van wellus kon aanblaas sonder om te brand!”

Simson sou dit met eie hand onderteken. Al is hy nou dood, praat

hy nog altyd: “Oppas vir die reus WELLUS!”

Die Reuswat Dawid en Simson verslaan het

- Solly Osrovech

EIETYDSE

AFRIKAANSE

WOORDEStapler Papiervampier

Bad mood Perdebui

Sweet 16 Druktyd

Apprentice Moerjoggie

Facelift Hysbakkies

Casual wear Saterdrag

Taxi Sardyntrein

Make-up Jeugdeeg

Tissue Bloplappie

Old lady Hekeltannie

Hangover Bewerlewertjie

Toi-toi Vakbondvastrap

Blind date Mog dit trof

Nerd Fundivakie

Softy Noodlehare

Back seat driver Skouervlieg

Page 6: GRATIS Uitgawe No 7 - April 2013 Tel: 013 262 3381/4114 Ds ... › uploads › Trompet 7.pdfU sal altyd welkom wees om by ons te kom inloer as u in die omgewing is. Ons kontaknommer

6

Die jaar 2013 het aangebreek en lê

onbekend voor ons uitgestrek. Tog het die

1ste termyn se uurglas in ‘n oogwink

leeggeloop en is die eerste skof van die

Vrouebediening agter die rug. Dit was ‘n

heerlike samesyn: die kuiermiddae,

Wêreldbiddag vir Vroue en ook die saam

dien geleenthede, maar ongelukking was

net 10 persent van ons dames meelewend

binne die Vrouebediening in hierdie

afgelope termyn.

Watter dames maak deel uit van die

Vrouebediening?

Is die bediening slegs bedoel vir ‘n gekose

groepie vroue, is dit dalk ‘n opsie, of moet jy

‘n sekere ouderdom bereik voordat jy lid kan

word van dié bediening. Nee, die seisoene

van ons lewens, is nie noodwendig

gekoppel aan ons ouderdom om binne die

vrouebediening te funksioneer nie. Dit is ook

nie net vir ‘n elite groepie vroue of ‘n opsie

nie. Maar, of jy nou die voor-oorlogse

uitgawe of ‘n Baby Boomer is en of jy uit die

Generasie X spruit, elke vrou is outomaties

deel van Groblersdal NG Gemeente se

Vrouebediening.

Hoe was ons vroue lidmate betrokke in die

afgelope termyn?

Die meeste vroue se betrokkenheid behels

die bywoning van ons kuiermiddae (die 1ste

Woensdag van elke maand, tensy anders

vermeld) wat aangebied word, maar ook die

organisasie van die dienswerk aan en van

die vrouelidmate. Sommige was ook

betrokke by die fisiese dienswerk van die

vrouediens – soos kinderbediening,

besoeke aan bejaardes, en die

voedingsprojek. Ons het ook ‘n suksesvolle

Wêreldbiddag vir Vroue aangebied, wat

deur heelwat van die ander kerke se dames,

asook ons eie dames bygewoon is. Dit was

‘n geseënde oggend, en die wat kon, het

agterna heerlik saam gekuier. Die

Sparstalletjies het gesorg vir saamwerk en

dien geleenthede. Ons het hard gewerk,

baie warm gekry, máár ons het elke oomblik

geniet, want ons het gesorg vir ligte

oomblike vol lag en humor.

Ons kuiermiddae is ontspanne, prettig,

leersaam en met baie omgee liefde. As jy dit

nog nie bygewoon nie, mis jy baie. Onthou

ons hou nie vergadering op sulke middae

nie, deel ook nie werk uit nie, vra nie van jou

geld nie en verwag ook nie jy moet Sondae

teeskink na die erediens nie. Als wat jy wil

doen is vrywillig en uit dankbaarheid vir dit

waarmee God jou seën. Hoekom vra ek dat

jy dit bywoon of betrokke raak? Prediker 4:9

-12 sê: “Twee vaar beter as een. Hulle

inspanning kom tot iets. As die een val, kan

die ander hom ophelp. Maar as een val wat

alleen is, is daar niemand om hom op te

help nie.”

Daarom kuier, leer, dien en lag ons saam,

dan groei ons saam en het ons baie omgee

liefde vir mekaar.

Hoe raak ek betrokke sonder geld, sonder

vaardighede, sonder lewenskrag, sonder

die moed om te wil?

• Bid vir die insluitende liefde van ons Here.

“Here u ken my” Wat is U opdrag aan my?

• Bid vir ander mense, ook vir dié in wie jy ‘n

weersin het.

• Reik uit slegs deur ‘n glimlag en

belangstelling.

• Luister sonder om te praat.

• Verstaan sonder om te kritiseer.

• Leef positief, die enigste sekerheid is dat

ons saam op die koms van ons Here wag.

• Woon kuiermiddae by, dáár kry jy kos vir

die siel, omgee liefde en woema om aan te

gaan.

“Here, ek is onbevoeg, te oud, te jonk, te

moeg, te….. ”

Ons as vroue vergelyk onsself met die vrou

van Spreuke 31 en dan voel ons, ons skiet

te kort. Daar is ‘n paar beginsels wat ons

uit Spr 31 kan neem en sien dat die

standaard wat daar gestel word nie buite

ons bereik is nie. Die belangrikste wat ons

van hierdie vrou kan sien is dat sy die Here

vrees. Hierdie vrees spreek van ‘n begeerte

om God nie teleur te stel nie, om Hom

alleen te behaag. Is dit nie ook jou begeerte

nie? Ons is gehoorsaam aan God juis

omdat ons nie wil teleurstel nie, juis om

Hom te behaag, en ons gehoorsaamheid

aan God is ‘n demonstrasie van ons liefde

(Joh14:15 en 21). Dan verander die “te” in

“ek wil, ek kan, ek sal en ek gaan!”.

Leef jou droom

Ons laat dit toe dat ons omstandighede

droomdiewe word. Soms as gevolg van ons

omstandighede leef ons nie die droom wat

God in ons harte geplaas het uit nie. Ons

omstandighede vang God nie ontkant nie en

verander nie Sy plan vir ons lewens nie.

God is in beheer. Rus in hierdie wete en

begin jou droom te LEEF! As jy jou droom

só leef gaan jy lus wees om mee te leef en

betrokke te raak by die Vrouebediening!

Kom wees deel van, deel in, en deel jou

droom met die ander dames van die

Vrouebediening. Ons wil jou baie graag

daar hê omdat jy en jou gawes en talente

(al is dit net ‘n mooi glimlag) uniek is, sal dit

‘n verlore skakel in die bediening voltooi.

Sien jou by ons volgende kuiermiddag…..

2de Termyn

April 2013

Woens 10de Vrouebedieningsmiddag Alle dames

Son 14de Teeskink na erediens Vryw. skinkers

Son 21ste Teeskink na erediens Vryw. skinkers

Son 28ste Teeskink na erediens Vryw. skinkers

Donderdae

11, 18, 25 Voedingsprojek Alet O’Connel

076 599 8133

Mei 2013

Son 5de Teeskink na erediens Vryw. skinkers

Woens 8ste Vrouebedieningsmiddag Alle dames

Son - Don

12de- 16de Verversings en teeskink na pinksterdiens

Vryw. skinkers

Son 19de Teeskink na erediens Vryw. skinkers

Son 26ste Gemeente ete

Afskeidpreek Ds. Jannie Alle blokke

Don 2, 9, 16, 23, 30 Voedingsprojek

Alet O’Connel 076 599 8133

Junie 2013

Son 2de Teeskink na erediens Vryw. skinkers

Woens 5de Vrouebedieningsmiddag Alle dames

Son 9de Teeskink na erediens Vryw. skinkers

Donderdag 6, 12, 20 Voedingsprojek

Alet O’Connel

076 599 8133

Alle Sondae: blomme in die kerk Zanet du Plessis

Dames, kom help asb. teeskink op ‘n

Sondag na die erediens. Niemand word

ingedeel vir spesifieke Sondae nie, dis

absoluut vrywillig. Kom ons maak dit ‘n

geleentheid om mekaar te leer ken en

dien.

Groete

Esther Dempsey

Page 7: GRATIS Uitgawe No 7 - April 2013 Tel: 013 262 3381/4114 Ds ... › uploads › Trompet 7.pdfU sal altyd welkom wees om by ons te kom inloer as u in die omgewing is. Ons kontaknommer

7

PINKSTER 2013

TEMA VIR PINKSTER 2013 (12 Mei tot 16 Mei)

1. Sondagoggend Ontmoeting wat jou lewe verander

Eks 3:4-6; Gen 12:1-4; Hand 9:15-19

2. Sondagaand ‘n Ontmoeting wat jou dors les.

Joh 4:1-15

3. Maandagaand ‘n Ontmoeting wat my blootstel

Joh 4:15-18, 28-29

4. Dinsdagaand ‘n Ontmoeting wat lei tot aanbidding

Joh 4:19-26

5. Woensdagaand ‘n Ontmoeting wat ander se lewe verander

Joh 4:39-41

6. Donderdagaand ‘n Ontmoeting deur die Heilige Gees

Hand 2:1-13

Pinkster is net om die draai, vanaf

12 Mei tot 16 Mei. Die kerkraad het

Ds Louis van der Walt genader om

die Pinkster dienste vir ons te lei.

Hy was lank leraar by die

Scottburgh gemeente en het nou

afgetree. Ek was een jaar

gedurende Pinkster met vakansie

in Scottburgh en ek het die

Pinkster reeks bygewoon met die

tema:

Ontmoetings met Jesus verander

jou lewe.

Daardie Pinkster het ‘n geweldige

invloed op my geestelike lewe

gehad en die Kerkraad het dit

goedgedink om hom te nooi om

daardie boodskap aan ons oor te

dra.

Ons nooi u uit na ‘n ontmoeting

met Jesus – dit sal u lewe

verander, nooi ook u vriende

saam. Ds Hendrik sal dieselfde tyd

ook ‘n kinderpinkster aanbied vir

die laerskool kinders.

Die kerkraad vra dat ons noual

voorbidding sal doen vir hierdie

belangrike week. Bid vir Ds van

der Walt vir sy reis hierheen en

terug. Bid dat sy prediking deur die

werking van die Heilige Gees die

hart van elke persoon sal aanraak.

Bid dat die Heilige Gees vooruit sal

gaan en mense wat hierdie

boodskap nodig het sal begelei om

hierdie week se dienste by te

woon. Bid vir al die reëlings

rondom hierdie week. Bid vir Ds

Hendrik met die kinderpinkster, dat

die boodskap soos die Here aan

hom opgedra het in ons kinders se

hartjies sal kom vaslê.

Piet en Engela Winterbach groetIn elkeen van ons se lewens is daar ‘n tyd om te groet.Totsiens is nie altyd lekker nie maar die tyd het vir onsaangebreek om Marloth Park toe te verhuis.Groblersdal was vir baie jare deel van ons lewe gewees,waar ons die voorreg gehad het om kinders te konvoorberei vir ‘n toekoms, vriendskappe kon sluit maarmeer nog om saam te kon aanbid.Ons sê totsiens maar nie vaarwel nie, julle sal altyd inons gedagtes en gebede wees.Seën vir elkeen

Piet en Engela Winterbach

Page 8: GRATIS Uitgawe No 7 - April 2013 Tel: 013 262 3381/4114 Ds ... › uploads › Trompet 7.pdfU sal altyd welkom wees om by ons te kom inloer as u in die omgewing is. Ons kontaknommer

8

EENUUR:Sê vir my ek leef net eenmaal en

daarom moet ek die lewe waardeer

en my tyd hier op aarde reg gebruik.

TWEE-UURSê ek het twee ouers wat ek moet eer en liefhê en

gehoorsaam

DRIE-UURHerinner my aan die Drie-

Enige God wat ek

met my hele hart moet

dien.

VIERUURHerinner my aan die vier windstreke en dat ek waar ek

ookal mag gaan, ek die Hemel se kompas (Die Bybel)

nodig het om vir my rigting aan te dui.

VYFUURDui op die vyf vingers aan elke

hand waarmee ek moet werk om

my brood eerlik te verdien en

diensbaar moet wees vir die Here.

SESUURSê vir my ek moet my pligte getrou nakom en ses dae

van die week werk.

SEWE-UURSê vir my dat ek op die sewende dag moet rus en kerk

toe moet gaan.

AGTUURLaat my dink aan die agt siele in

Noag se ark wat in die Sondvloed

behoue gebly het, en dat ek net

so behoue sal bly as ek by

Christus skuiling soek.

NEGE-UURHerinner my aan die nege melaatses wat nie

teruggekom het om die Here te bedank nadat hulle

gesond geword het nie en maan my om dankbaar te

wees vir al die goeie dinge wat ek uit Sy hand ontvang.

TIENUURHerinner my aan tien jong meisies waarvan

vyf nie gereed was toe die Bruidegom

gekom het nie en waarsku my om nie so

dwaas soos hulle te wees nie.

ELFUURHerinner my aan so baie mense wat tot elfder uur

uitstel om hulle te bekeer en dan onverwags te sterwe

kom. Dit maan my om altyd gereed te wees om die

Here te ontmoet.

TWAALFUURSê vir my die genadetyd is haas

verby. Om middernag kom die

Bruidegom en ek moet sorg dat ek

nie agterbly as Hy Sy kinders kom

haal nie.

ELKE TIK VAN DIE HORLOSIE,

ELKE KLOP VAN DIE HART BIED ‘N

GELEENTHEID, GEBRUIK DIT TOT

EER VAN DIE HERE.

Elke uur van die horlosie het ‘n boodskap...

Dr Peter en Ria Conradie se totsiensAan die NG lidmate sê ons totsiens. Die afgelope jare kon ons nie die eredienste bywoon nie. Dit was ‘n groot

gemis in ons lewens. Die mooi boodskappe was siele kos vir ons. Ons was beide ook bevoorregom op die kerkraad te dien. Peter as ouderling en ek as diaken.

Spesiale dank aan ds van Eeden vir sy gereelde besoeke in tye van siekte aan ons, asook symooi gebede. Die hartlikheid van die platteland sal ons mis. Ons het altyd gevoel soos een

van ‘n groot familie.Ons sê totsiens

Dr Peter en Ria Conradie

Page 9: GRATIS Uitgawe No 7 - April 2013 Tel: 013 262 3381/4114 Ds ... › uploads › Trompet 7.pdfU sal altyd welkom wees om by ons te kom inloer as u in die omgewing is. Ons kontaknommer

9

Spoorwegman se Gebed

O, Here, noudat ek die vlag gestryk het, bid ek U, neem my voete van die nuwe spoorbaan

af en plaas hulle veilig bo-op die trein van redding.

Laat wysheid my handlamp wees en die Bybel my hooflig.

Laat die trein gekoppel wees met die sterk skakel van liefde.

En, Hemelse Vader, hou alle wissels gesluit wat na sylyne uitdraai, en veral die wat lei na ‘n doodloopspoor.

O, Here, as dit U wil is, laat elke sinjaal langs die lyn die witlig

van hoop vertoon sodat ek die lewensreis kan aflê sonder om stil te

hou.

En, Here, laat U gebod my rooster wees.En wanneer ek die reis volgens

roostertyd afgelê het en in die groot donker stasie van die

dood ingetrek het, mag die Superintendent van die Heelal sê:“Mooi so goeie en getroue dienaar,

kom teken die betaalstaat en ontvang jou loon

van ewige geluksaligheid.”

Page 10: GRATIS Uitgawe No 7 - April 2013 Tel: 013 262 3381/4114 Ds ... › uploads › Trompet 7.pdfU sal altyd welkom wees om by ons te kom inloer as u in die omgewing is. Ons kontaknommer

Nou die aand met ons Paassangdiens,het ek opnuut weer gedink aan diegebeure voor en rondom diekruisiging van Jesus, die God-mens.

In Getsemane het Hy bloed gesweet.In doodsangs het Hy as mens SyVader gevra om die lydensbeker byHom te laat verbygaan as dit sy Vaderse wil is, maar Sy Vader het nie gehelpnie – Hy moes die volle prys end uitvir die sondes van die wêreld betaal.

Dink aan die vernedering en pyn in Syhart toe Judas, een van die dissipelswat Hyself gekies het, Hom met ‘nsoen verraai. Simon Petrus, een van Sydissipels die naaste aan Hom, driekeer ontken het dat hy Hom ken. Dinkaan die vernedering en spot wat Hymoes verduur voor die Joodse Raad,Pilatus, Herodus, die skare wat netvoor dit, palmtakke en hul klere opdie grond voor Hom neergegooi hettoe Hy op die donkie Jerusalem ingeryhet en “Hosanna”geskree het – nou

skree hulle “Kruisig Hom!”

Die soldate het Hom gespot, ‘ndoringkroon is op sy kop gesit (dinkaan die pyn). Ook het pyn toe Hy aandie kruis hang met die spykers deurSy hande en voete. Deur die pyn hetHy afgekyk en Sy moeder enJohannes en die ander vroue aan dievoet van Sy kruis met betraande oë enseer harte na Hom staan en opkyk. Hyvergeet haar nie – Hy vra Johannesom haar te versorg en in sy huis in teneem. Hoe sou Hy ook sy moeder konvergeet, dit was immers sy, geseëndevrou wat deur God uitgekies is om syGod-menskind in die wêreld te bring,nie ‘n prinses of koningin nie, maar ‘ngewone meisie, soos een van ons eiemeisies. Maria moes Hom voed,vertroetel en versorg (soos enigemamma seker ook maar seervingertjies en toontjies gesond soen!)tot op dié dag dat sy aan die voet vanSy kruis gestaan het, (Hy, Seun vanGod, ook haar verlosser) en ‘n

“swaard deur haar siel” gegaan het,soos Simeon in die tempel vir haarvoorspel het.

Die ergste straf wat Hy toe moesverduur, was toe Hy, as mens,uitgeroep het: “My God, my God,waarom het U My verlaat?” Dit wasdie vreeslikste. Ek weet net van eenplek waar iemand deur God verlate is,en dit is die hel. Eers toé het Hy dievolle prys vir ons sondes betaal. Na syopstanding die derde dag was Hy niemeer God-mens nie, maar God.

Hy het belowe dat elkeen wat glo datHy die Seun van God is, en verlossingvan sondes ontvang het, eendag saammet Hom sal gaan, dié dag wat Hy opdie wolke kom om ons te kom haal.Watter wonderlike vooruitsig is ditnie!

Paassangdiens 2013 - M Ferreira

10

HOE KRY JY HULLE SO VER?“Hoe kry jy tog reg om jou kinders Sondae kerk toe te laat gaan?” vra die moedelose ouer aan

‘n vriendin. “Ek laat hulle nie gaan nie”, antwoord sy. “Maar dis mos nie waar nie. Jou seun het dan netnou vertel waaroor die dominee

vandag en twee weke gelede gepreek het!”“Ja, hulle gaan kerk toe”, antwoord die ma, “Maar ek LAAT hulle nie gaan nie.

Ek neem hulle saam met my.”

HEBRON CHRISTIAN CHURCH“And you shall know the truth, and the truth shall set you free.”

JOHN 8:32

THE SILENT SERMONA member of a certain church, who previously had been attending services regularly, stopped going. After a few weeks, thepreacher decided to visit him.

It was a chilly evening. The pastor found the man at home alone, sitting before a blazing fire. Guessing the reason for hispreacher’s visit, the man welcomed him led him to a comfortable chair near the fireplace and waited.

The preacher made himself at home but said nothing. In the grave silence, he contemplated the dance of the flames around theburning logs. After some minutes the preacher took the fire tongs, carefully picked up a brightly burning ember and placed it toone side of the hearth all alone, then he sat back in his chair, still silent.

The host watched all this in quiet contemplation. As the one lone ember’s flame flickered and diminished, there was a momentaryglow and then its fire was no more. Soon it was cold and dead.

Not a word had been spoken since the initial greeting. The preacher glanced at his watch and realized it was time to leave. Heslowly stood up, picked up the cold, dead embewr and placed it back in the middle of the fire. Immediately it began to glow,once more with the light and warmth of the burning coals around it.

As the preacher reached the door to leave, his host said, with a tear running down his cheek: “Thank you so much for your visitand especially for the fiery sermon. I will be back in curch next Sunday.”

Page 11: GRATIS Uitgawe No 7 - April 2013 Tel: 013 262 3381/4114 Ds ... › uploads › Trompet 7.pdfU sal altyd welkom wees om by ons te kom inloer as u in die omgewing is. Ons kontaknommer

Dit was die 16de keer dat ek hierdie jaar die Argusfietstoer in dieKaap kon gaan ry en as ek terugkyk , is dankie maar ‘n baie kleinwoordjie vir soveel seën en genade wat ek ontvang het van dieHere. Dis voorwaar ‘n voorreg om deel te wees van die grootsteeendag fietstoer ter wêreld waar al 34500(2013) deelnemers se tydgeneem word. Ek kon elke keer die fietstoer suksesvol klaarmaak en het nie eers‘n pap wiel gekry nie. Daar was wel ‘n paar noue ontkomings soosdie jaar toe die wind so gewaai het,dat jy jou fiets onderdeur dieburgersentrum waar ons wegspring, moes gestoot het anders hetdie wind jou omgewaai en toe die wind ‘n meisie met haar fiets enal voor my ingewaai het, en ek wild moes remme aanslaan om ‘nbotsing te vermy. Wat maak die Agusfietstoer so besonderse belewenis dat jy jaar virjaar oefen en spaar om weer die 109km roete te gaan doen? Disinderdaad die roete, die gees en die dankbaarheid as jy klaarmaak.Maar dis eintlik ‘n lewenservaring, want die Argus fietstoer is baiesoos jou toer deur die lewe. Dis om saam met jou groep van 500+weg te spring en verby die hospitaal te trap @ 50kmpu en dandankie te sê dat jy heel is en al jou ledemate werk. Dis altyd sogerustellend om te weet dat jy deel is van God se kerk en saam isons in hierdie wedloop tot Sy eer en daar is soveel om voordankbaar te wees vir ons gemeente al is die pas soms redelikvinnig, help ons mekaar om by te bly. Dis om teen die 1ste styl opdraande van 1km uit te trap ondertoejuiging van vrolike toeskouers en jy kry die 1ste gestremde watop sy rug lê en met sy arms en hande die trapwerk doen ,net omweer dankie te sê dat jou bene werk. Dis juis die ondersteuning vanmedelidmate wat jou teen die opdraendes van die lewe uithelp enwat ook waar is van ons gemeente. Dan val jy rustig agter joubondel in en vat die blousnelweg @ 55kmpu tot by Muizenbergwaar die see jou met ‘n vars briesie groet. Dis die lekker van ons gemeente dat daar soveel mense is watbereid is om ook partykeer voor te loop en dan kan jy sommer netdie saamloop geniet. Vir die volgende 30km trap jy met die see aanjou linkerkant en die bergpieke aan jou regterkant met die mooistepad en getuig jy met dankhaarheid oor God se handewerk. Ditmaak so groot indruk op jou dat jy nie te vinnig hier wil verby nie,want jy wil net kyk en bewonder. Dis hoe dit soms ook voel as jydeur die vallei ry van die een boer na die ander en elkeen begroetjou vanuit die vreugde van hul handewerk. As jy om die draai kom by Simonstad sorg jy weer dat jy agter in diebondel is,want die wind begroet jou met ‘n harde druk. Soms soekons ook maar skuiling by mekaar as die winde van die lewe jou sovan voor begroet. Anderkant Simonstad moet jy uitkyk vir diewaaghalsige bobbejane wat nie altyd by die voetgangerreels hou

nie en kyk wat kan hulle aas. By Millerspuntdraai die pad en die goeie nuus is dat diewind van agter is,maar daar wag die 1stestyl 5km opdraande en jy besef hoe klein jydaar op jou fiets teen die geweldigeberghang is. Dit laat jou opnuut jouafhanklikheid besef as jy deel vorm van Godse groot plan vir Sy wêreld. Dis asof Godhierdie bergpieke so met sy hande spesiaalgevorm het en hier en daar maak dierotsformasies die mooitste prentjies.

Die see raak ver weg onder die berghang en ek ry met die wind vanagter @ 65kmpu verby die natuurreservaat waar jy vinnig moet kykom ‘n paar bokkies raak te sien. Dan draai ek links af na Misty Cliffswaar ‘n lekker koue mistige windjie jou begroet en die helder see sybranders egalig op die witsand uitstoot. Die lighuis vertel die verhaalvan die ruwe rotsriwwe wat deur die see gevorm is. So is ons kerk telkemal die lighuis in my lewe wat my op die mooien die gevare wys. Deur Noordhoek soek ek weer die bondel enspaar my bene vir die eintlike opdraande van die dag , dieasemrowende Chapmanspeak waar jy 170m in 9km klim. Voor jydie opdraande vat ,kyk jy terug op Noordhoek se pragtige stranden dan klim jy kronkelend al langs die see op en op,soms onder dieberghang deur en soms net-net aan die kant en as jy bo-oorChappies gaan dan slaan die uitsig oor Houtbaai jou asem weg. Sois die lewe ook maar soos ‘n opdraende en as jy bo deurbreek danslaan God se voorsienigheid vir die opdraende jou asem weg.Danvat jy die lang welverdiende afdraand @ 65kmpu en as jy om die

kort draaie gaan trek jy ‘n paar “G’s” en voel jy of jy so teen jou fietsvasgedruk word. Dis wanneer jy die afdraendes en lekker tye in dielewe sam met God geniet. Deur Houtbaaigaan dit vinnig en dan wag die laasteopdraande van die dag,Suikerbossie, lanken reguit en styl vir 6km. Dis hier waar dietoeskouers jou aandag van die langopdraande af hou en vir 6km staan hullelangs die pad en moedig jou teen dieopdraande uit. Dan is dit die laaste 15km afdraande alkronkelend langs die see af in dieskaduwee van Tafelberg en verby diepragtige strand van Kampsbaai tot byGroenpunt waar jy met blydskap en grootdankbaarheid die eindpunt sien, maar ook half jammer is al die mooiis verby tot ‘n volgende keer. Met so belewenis deur God se wonderlike natuur op paaie wat diewonder van die skepping net verder laat oopbloei, word fietsry ‘nverhoudingsbelewenis saam met God wat by ons is. En eendagweet ons gaan ons die eindstreep op aarde bereik wat vir ons diebeginstreep in die hemel sal word.

Argusgroete Ds Hendrik.

Dankie vir nog ‘n Argusfietstoer

Hoekom is ‘n Coke blikkie rooi?

11

Page 12: GRATIS Uitgawe No 7 - April 2013 Tel: 013 262 3381/4114 Ds ... › uploads › Trompet 7.pdfU sal altyd welkom wees om by ons te kom inloer as u in die omgewing is. Ons kontaknommer

Dankie is ‘n klein woordjie – hoe dikwels vergeet ons NIE die HERE as dit goed gaan met ons nie.

As dit egter droog is dan roep ons gou na die Here. Selfs die beeste en diere roep tot God vir hulle kos.

Die Here sê in Jesaja 43:20 : “Die wilde diere van die veld sal My eer, die jakkalse en die voltruise, omdat Ek water gee in diewoestyn….” So dikwels soek ons die skuld by ander mense en nie by onsself nie. Ander moet vir ons jammer kry en vir ons help, inplaas daarvan dat ons, ons hulp by die Here gaan soek.

1 Tess 5:14 sê: “Bid sonder ophou.” God sal antwoord, As ons nie moeg word om te bid nie. Hy word nie moeg vir ons nie. Iemandhet gesê ons moet nou al dankie sê vir dit wat die Here vir ons wil gee.

Ek moet met ‘n gesindheid van dankbaarheid na die huis van die Here gaan. Nie net om te ontvang nie, maar om aan Hom die lof endie eer en dank te bring vir alles wat ek uit Sy hand ontvang, elke dag. Die Here skuld vir niemand iets nie.

Die son en die wind en die reën behoort aan die Here, nie aan ons as swakke en nietige mense nie, wantons sou dit nooit kon beheer nie. Hy gee dit aan ons, soos wat ons dit nodig het, en nie al die reën op eendag nie. Daarom mag ons tot Hom bid as ons iets nodig het.

Ons gaan nie net na die huis van die Here om te ontvang nie, maar ook om aan Hom dankie te sê vir al Sygoeie gawes wat ons ontvang het.

Rom 8”37 sê: “maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons lief het.” (N.V).

Laat ons op die Here vertrou elke dag – en net DANKIE sê.

12

Ons het vandag groter huise en kleiner families. Meer gerieflik, maar minder tyd. Ons het meer grade maar minder gesonde verstand. Meer kennis, maar het minder goeie oordeel. Ons het meer deskundiges, maar baie meerprobleme.Meer medisyne maar minder heel mense. Ons spandeer te roekeloos;

Lag te min, Ry te vinnig, Word te gou kwaad,

Gaan slaap te laat, Lees te min, Kyk te veel televisie,en ons Bid te min! Ons vermenigvuldig ons besittings, Maar onswaardes verminder.Ons praat te veel, luister te min, en het minder lief. Ons het geleer om ‘n bestaan te maak maar nie hoeom te leef nie. Ons het jare by ons lewe gevoeg maar nie lewe byons jare nie. Ons het hoër geboue , maar korter humeure; Wyer snelweë, maar enger standpunte. Ons koop meer , maar geniet dit minder. Ons was maan toe en terug,maar sukkel om oor die straat te loop om ons nuwebure te ontmoet. Onsoorwin die buitenste ruimtes, maar nie onsinnerlike nie. Ons kan ‘n atoom vernietig, Maar ons vooroordelebly. Ons skryf meer maar leer minder; beplan meermaar kry minder reg. Ons het geleer om gou te maak, maar nie om te

wag nie.Ons het hoër inkomstes maar laer morelestandaarde.Ons is gesteld op kwantiteit, Maar gee nie oor kwaliteit om nie. Groter mans met kleiner integriteit. Ons bou meer rekenaars met meer gigagrepe watmeer informasie kan stoor, sodat ons meer kan sê,maar ons het minder kommunikasie. Meer ontspanning en minder plesier; Meer soorte kos, maar minder voedingswaarde. Twee salarisse, maar meer egskeidings. Mooier huise maar meer gebroke “huise”. Die lewe is opeenvolgende geleenthede om tegeniet, dit gaan nie oor oorlewing nie. Gebruik daardie kristalglase nou. Waarvoor bêre jy jou beste parfuum, gebruik dit so dikwels as jy kan en wil. Verwyder uit jou woordeskat frases soos “een van diedae“ of “eendag”. Skryf daardie brief wat jy al oorweeg het om te skryf,of maak daardie oproep. Sê vir jou familie en vriende hoe lief dat jy hulle regtighet. Moenie die geleentheid om te lag en nou bly tewees laat verbygaan nie. Elke dag, elke jaar en elke minuut is spesiaal. Jy weet nie of dit jou laaste is nie. Glo my, “Een van die dae ” is mens dalk nie meerhier nie. Verwerk deur Sors Geldenhuys.

Die Paradoks van die tyd waarin ons leef

Onthou om Dankie te Se ...Ds Petrus Etsebeth

Page 13: GRATIS Uitgawe No 7 - April 2013 Tel: 013 262 3381/4114 Ds ... › uploads › Trompet 7.pdfU sal altyd welkom wees om by ons te kom inloer as u in die omgewing is. Ons kontaknommer

13

REDAKSIONEELREDAKSIONEELDie uitstorting van die Heilige Gees bly ‘n

wonder waaroor gelowiges alleen maar in

diepe ootmoed voor God kan buig.

Daardeur het God self immers by sy kerk

en in sy kinders kom woon.

Die pinksterfees is daarom minstens net so

‘n belangrike fees as Goeie Vrydag. Sonder

die verligting en die oorredingswerk van die

Gees van God sou niemand Jesus se

woorde en sterwe ter harte geneem het nie,

en sou ons almal verlore wees:

“….niemand kan sê: Jesus, is die Here nie,

behalwe deur die Heilige Gees,” skryf

Paulus in 1 Kor 12:3.

Laat tog die Gees van God toe om ook

vandag met sy heerlike werk in en deur jou

lewe voort te gaan!

LEES ONS ALTYD

DIE FYNSKRIFNou die dag ry ek in die dorp en by 'n stopstraat stop ek agter 'n

motor en agter op die motor is 'n plakker wat se Psalms 128: 1�6

Dadelik wonder ek wat wil die persoon vir my se wat staan in

Psalm 128 . Daardie aand met stilte tyd blaai ek na Ps 128

Die Vrug van jou arbeid sal jy geniet 'n Pelgrimslied

1 Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien en sy wil doen

2 Die vrug van jou arbeid sal jy geniet, gelukkig en

voorspoedig sal jy wees

3 Jou vrou is in jou huis soos 'n vrugbare winderdstok, jou

seuns is rondom jou tafel soos jong olyfboompies

4 Kyk, so word die man geseën wat die Here dien

5 Mag die Here jou seën uit Sion, dat jy die voerspoed van

Jerusalem kan aanskou al die dae van jou lewe

6 en dat jy jou kindskinders mag sien. Mag daar vir Israel

vrede wees!

Toe ek Ps 128 klaar gelees het wonder ek of daardie person wat die

Ps 128 plakker op sy voertuig geplak het, net hierdie

wonderlike een van die Here vir hom begeer, of het hy

die fynskrif raak gelees dat alle seën begin by die diens

aan die Here en Sy wil, en of hy bereid is om eers

dienskneg en all wat diens in hou te doen voordat

hy seën kan verwag.

Ek het maar net gewonder,

Solly Ferreira

Psalms128: 1-6

Page 14: GRATIS Uitgawe No 7 - April 2013 Tel: 013 262 3381/4114 Ds ... › uploads › Trompet 7.pdfU sal altyd welkom wees om by ons te kom inloer as u in die omgewing is. Ons kontaknommer

14

Epos alle bydraes na BEIDE epos adresse OF u kan dit by die kerkkantoor inhandig. Baie dankie.

Tel: 013 262 3381 / 4114

Epos: Solly Ferreira: [email protected] / [email protected]

Artikels wat nie in die uitgawe is nie sal in volgende uitgawes verskyn weens beperkte spasie.

GESOEK...Past Beyers van Rooyen

Die Kerk het wegbeweeg van priesters wat alleen die Bybel kan lees en interpreteer na elke gelowige wat ‘npersooonlike verhouding met God het.Dit het ook beteken dat elke gelowige sy rol in die Liggaam van Christus moes uitleef en dat al die werk nie die werkvan die priester is nie.Ongelukkig het die Kerk in baie gevalle terugbeweeg na die ou Katolieke stelsel. Die mense in die gemeente sê, “Onsbetaal die pastoor of dominee, en hy moet al die werk doen en sy salaris verdien.”Ek het op ‘n klassieke voorbeeld van ‘n advertensie afgekom.

1. Give God what’s right – not what’s left.2. Man’s way leads to a hopeless end –God’s way leads to an endless hope.3. A lot of kneeling will keep you in goodstanding.4. He who kneels before God, can standbefore anyone.5. In the sentence of life, the devil may bea comma – but never let him be theperiod.6. Don’t put a question mark where Godputs a period.7. Are you wrinkled with burden? Come tothe church for a face�lift.8. When praying, don’t give Godinstructions – just report for duty.

9. Don’t wait for six strong men to takeyou to church.10. We don’t change God’s message –His message changes us.11. The church is prayer�conditioned.12. When God ordains, He sustains.13. WARNING: exposure to the Son mayprevent burning.14. Plan ahead – it wasn’t raining whenNoah built the ark.15. Most people want to serve God, butonly in an advisory position.16. Suffering from truth decay? Brush upon your Bible.17. Exercise daily – walk with the Lord.18. Never give the devil a ride – he will

always want to drive.19. Nothing else ruins the truth likestretching it.20. Compassion is difficult to give awaybecause it keeps coming back.21. He who angers you controls you.22. Worry is the darkroom in whichnegatives can develop.23. Give satan an inch and he’ll be aruler.24. Be ye fishers of men – you catchthem and He’ll clean them.25. God doesn’t call the qualified, Hequalifies the called.26. Read the Bible – it will scare the hellout of you.

Gesoek : Pastoor vir vinnige groeiende en gemeenskap-betrokkegemeente.‘n Uitdaging vir die regte man. Stuur asseblief CV aan diekerkkantoor.Die volgende vereistes vir die aansoeker:Hy moet opgelei en bekwaam wees om die volgende funksies tekan uitvoer:“ Preek, Bybelskool onderrig, berading, jeugwerk, ou mensebediening, welsyn situasies hanteer, hospital besoeke, VIGSbegeleiding, Evangelisasie uitreike beplan, sendelinge bemoedig,doodsbegeleiding en begrafnisse, troues en enige ander bedieningwat sal ontstaan.Hy moet vriendelik wees, maar reguit, terselfdertyd moet hy niemense aanstoot gee nie. Hy moet reageer in liefde en vergifnisteenoor mense wat krities is en hom in die rug steek. Hy moet ‘nprediker wees wat die mense se aandag sal hou, maar moet nieontstoke raak wanneer mense nie die vorige week se preek kanonthou nie. Hy moet ook ‘n goeie luisteraar wees en genoeg tydkan inruim om na al sy mense se moeilikheid te kan luister.Omdat dit ‘n plattelandse gemeente is met baie boere enbesigheidsmense, moet hy ‘n wye algemene kennis hê oor dieekonomiese toestande en gesprekke kan voer hieroor. Daar is ookheelwat ouer mense in die gemeente, so hy moet lief wees vir koek

en tee, maar ook onthou dat die jongmense soek ‘n aktiewe ensportiewe pastor.Hy moet ook in die teologie van huisbesoek glo, want dit sal eenvan sy belangrikste take wees.Sy vrou moet ‘n aangename persoonlikheid hê en salverantwoordelik wees vir al die vroue bedienings, die kospakkiesopmaak vir minderbevoorregte gesinne en die uitdeel daarvan.Sy sal ook die Kinderkerk lei, en dit sal ook in hulle guns tel as symusikaal is om die Aanbiddingspan te kan lei.Die netjies hou van die kerk en die kerktuin sal ook van hom/haarverwag word. Omdat sy en haar man een is, sal sy nie ‘n salarisontvang nie.Almal wat aansoek doen vir hierdie pos sal eers gaan vir ‘nsielkundige evaluasie om te bepaal of hulle dit sal kan hanteer.Hy moet bereid wees om vir ‘n ondergemiddelde salaris te werk.” Ons, ek en jy, is die arbeiders van God wat Hy soek om Sy wil tedoen en diensbaar te wees vir Hom, en dit beteken dat ons ookmet die regte diensbaarheid ook teenoor ons herders wataangestel is deur God en nie die mens of raad nie, hulle hande salneem as medewerkers.1Kor 3-9: “Want ons is medewerkers van God; die akker van God,die gebou van God is julle.”

SOMETHING TO START/END YOUR DAY!