veiligheid en die omgewing...gemeenskappe te bevredig op ’n ekonomiese, omgewings- en...

2
July 2012 VEILIGHEID EN DIE OMGEWING Vir meer inligting, besoek asseblief ons webwerf by http://www.shell.co.za/karoo Ons veiligheids- en omgewingstandaarde Dit is Shell se doelwit om die energiebehoeftes van gemeenskappe te bevredig op ’n ekonomiese, omgewings- en sosiaalverantwoordelike wyse. Ons onderskryf dus omvattende sakebeginsels en streng standaarde wat gerig is op gesondheid, veiligheid, sekuriteit, die omgewing en sosiale impakte. Omgewingsbeskerming Shell voorsien Suid-Afrikaners reeds sedert 1902 van energie, onder meer brandstof vir vragmotors en motors. Vóór dit het ons paraffien en lampolie verskaf en gedurende die 1960’s het ons gehelp om die steenkoolreserwes, waarvan die land steeds afhanklik is, te ontwikkel. Ons werksaamhede en petroleumprodukte dra vandag steeds by tot die ekonomiese groei van Suid-Afrika. Ons onderneem eksplorasies oor die hele wêreld vir aardgas. Dit is ’n skoner en omgewingsvriendeliker brandstof wat ’n reuse rol kan speel om ons afhanklikheid aan steenkool te verminder en terselfdertyd koolstofuitlatings beduidend te verlaag. Namate ons aan die groeiende globale vraag na energie voorsien, stel gevorderde tegnologie, nuwe bedryfsmetodes en vennootskappe met omgewingsdeskundiges en wetenskaplikes ons in staat om die omgewingsimpak van ons energieproduksie beter te bestuur. Ons verbind onsself reeds op ’n vroeë stadium om ’n omgewings-, sosiale en gesondheidsimpakstudie vir al ons projekte te onderneem. Ons maak gebruik van die dienste van eksterne wetenskaplikes en omgewingsdeskundiges, asook kenners uit die gemeenskap om die omgewing waarin ons gaan werk, beter te verstaan. Die inligting wat ons hieruit kry rig ons projekontwerp en bepaal hoe ons die projek aanpak om te verseker dat ons ingryping tot ‘n minimum beperk word, terwyl die plaaslike gemeenskap terselfdertyd tog sosiale en omgewingsvoordele uit die projek put. Suid-Afrika het ’n unieke geleentheid om volhoubare energie vir die toekoms te voorsien en die land se afhanklikheid van steenkool te verminder deur meer omgewingsvriendelike opsies soos aardgas te benut. Groot hoeveelhede aardgas – die skoonste van alle fossielbrandstowwe – kan moontlik in dele van die skalierotsformasies diep onder die oppervlak van die Karookom voorkom. Dit kan help om Suid-Afrika in die toekoms van energie te voorsien, maar slegs as ons die eiesoortige karakter van hierdie gebied kan bewaar. Wanneer ons in hoë biodiversiteitsgebiede werk, ontwikkel ons deurdagte aksieplanne om sensitiewe ekosisteme te beskerm. In 2010 byvoorbeeld het ons 30 verskillende projekte saam met IUCN, Wetlands International, die Nature Conservancy, en Earthwatch aangepak om sensitiewe pool-, mangliet- en woestyngebiede beter te bestuur. In 2011 het Shell ’n Omgewingsbestuursplan vir die Karooprojek ingedien. As deel van ons lisensie-aansoek, bied hierdie bestuursplan ’n oorsig van die omgewingsrisiko’s van ons ekplorasieplan. Indien die eksplorasielisensie toegestaan word, is die volgende stap om ’n volledige omgewings-, sosiale en gesondheidsimpakstudie te loods. Dit sal ons help met die ontwerp van die projek en bepaal hoe en waar ons die eksplorasiegate moet boor. Veiligheid Ons benadering tot veiligheid vereis dat alle fasiliteite deeglik ontwerp, onderhou en geïnspekteer word, asook dat ons werksaamhede veilig en betroubaar bedryf word. Danksy beduidende tegnologiese vooruitgang en dekades van ondervinding in die bedryf (meestal in die VSA), kan aardgas vandag met veiligheid uit diepliggende skalierotsformasies geproduseer word op ’n wyse wat die U.S. Environmental Protection Agency en ander onafhanklike omgewingsdeskundiges – insluitend die US Ground Water Protection Council – as ’n veilige and beproefde metode beskou. Shell het aansoek gedoen om aardgas in die Karookom te ontgin indien kommersiële aardgashulpbronne daar bestaan. Indien lisensies aan ons toegeken word beteken dit dat ons tot 24 boorgate oor ’n tydperk van drie jaar sal boor. Enige moontlike ontwikkeling sal oor ten minste nege jaar eers plaasvind en is ’n aanduiding van hoe uiters versigtig ons hierdie program sal onderneem. SHELL.2481 839419_UI_CX_Karoo Briefing Notes_Afrikaans_Veiligheid_AA_v2.indd 1 10/17/12 1:53 PM

Upload: others

Post on 17-Jan-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: VEILIGHEID EN DIE OMGEWING...gemeenskappe te bevredig op ’n ekonomiese, omgewings- en sosiaalverantwoordelike wyse. Ons onderskryf dus omvattende sakebeginsels en streng standaarde

July 2012

VEILIGHEID EN DIE OMGEWING

Vir meer inligting, besoek asseblief ons webwerf by http://www.shell.co.za/karoo

Ons veiligheids- en omgewingstandaardeDit is Shell se doelwit om die energiebehoeftes van gemeenskappe te bevredig op ’n ekonomiese, omgewings- en sosiaalverantwoordelike wyse. Ons onderskryf dus omvattende sakebeginsels en streng standaarde wat gerig is op gesondheid, veiligheid, sekuriteit, die omgewing en sosiale impakte.

OmgewingsbeskermingShell voorsien Suid-Afrikaners reeds sedert 1902 van energie, onder meer brandstof vir vragmotors en motors. Vóór dit het ons paraffi en en lampolie verskaf en gedurende die 1960’s het ons gehelp om die steenkoolreserwes, waarvan die land steeds afhanklik is, te ontwikkel.

Ons werksaamhede en petroleumprodukte dra vandag steeds by tot die ekonomiese groei van Suid-Afrika. Ons onderneem eksplorasies oor die hele wêreld vir aardgas. Dit is ’n skoner en omgewingsvriendeliker brandstof wat ’n reuse rol kan speel om ons afhanklikheid aan steenkool te verminder en terselfdertyd koolstofuitlatings beduidend te verlaag.

Namate ons aan die groeiende globale vraag na energie voorsien, stel gevorderde tegnologie, nuwe bedryfsmetodes en vennootskappe met omgewingsdeskundiges en wetenskaplikes ons in staat om die omgewingsimpak van ons energieproduksie beter te bestuur.

Ons verbind onsself reeds op ’n vroeë stadium om ’n omgewings-, sosiale en gesondheidsimpakstudie vir al ons projekte te onderneem. Ons maak gebruik van die dienste van eksterne wetenskaplikes en omgewingsdeskundiges, asook kenners uit die gemeenskap om die omgewing waarin ons gaan werk, beter te verstaan. Die inligting wat ons hieruit kry rig ons projekontwerp en bepaal hoe ons die projek aanpak om te verseker dat ons ingryping tot ‘n minimum beperk word, terwyl die plaaslike gemeenskap terselfdertyd tog sosiale en omgewingsvoordele uit die projek put.

Suid-Afrika het ’n unieke geleentheid om volhoubare energie vir die toekoms te voorsien en die land se afhanklikheid van steenkool te verminder deur meer omgewingsvriendelike opsies soos aardgas te benut.

Groot hoeveelhede aardgas – die skoonste van alle fossielbrandstowwe – kan moontlik in dele van die skalierotsformasies diep onder die oppervlak van die Karookom voorkom. Dit kan help om Suid-Afrika in die toekoms van energie te voorsien, maar slegs as ons die eiesoortige karakter van hierdie gebied kan bewaar.

Wanneer ons in hoë biodiversiteitsgebiede werk, ontwikkel ons deurdagte aksieplanne om sensitiewe ekosisteme te beskerm. In 2010 byvoorbeeld het ons 30 verskillende projekte saam met IUCN, Wetlands International, die Nature Conservancy, en Earthwatch aangepak om sensitiewe pool-, mangliet- en woestyngebiede beter te bestuur.

In 2011 het Shell ’n Omgewingsbestuursplan vir die Karooprojek ingedien. As deel van ons lisensie-aansoek, bied hierdie bestuursplan ’n oorsig van die omgewingsrisiko’s van ons ekplorasieplan. Indien die eksplorasielisensie toegestaan word, is die volgende stap om ’n volledige omgewings-, sosiale en gesondheidsimpakstudie te loods. Dit sal ons help met die ontwerp van die projek en bepaal hoe en waar ons die eksplorasiegate moet boor.

VeiligheidOns benadering tot veiligheid vereis dat alle fasiliteite deeglik ontwerp, onderhou en geïnspekteer word, asook dat ons werksaamhede veilig en betroubaar bedryf word.

Danksy beduidende tegnologiese vooruitgang en dekades van ondervinding in die bedryf (meestal in die VSA), kan aardgas vandag met veiligheid uit diepliggende skalierotsformasies geproduseer word op ’n wyse wat die U.S. Environmental Protection Agency en ander onafhanklike omgewingsdeskundiges – insluitend die US Ground Water Protection Council – as ’n veilige and beproefde metode beskou.

Shell het aansoek gedoen om aardgas in die Karookom te ontgin indien kommersiële aardgashulpbronne daar bestaan. Indien lisensies aan ons toegeken word beteken dit dat ons tot 24 boorgate oor ’n tydperk van drie jaar sal boor. Enige moontlike ontwikkeling sal oor ten minste nege jaar eers plaasvind en is ’n aanduiding van hoe uiters versigtig ons hierdie program sal onderneem.

SHELL.2481 839419_UI_CX_Karoo Briefing Notes_Afrikaans_Veiligheid_AA_v2.indd 1 10/17/12 1:53 PM

Page 2: VEILIGHEID EN DIE OMGEWING...gemeenskappe te bevredig op ’n ekonomiese, omgewings- en sosiaalverantwoordelike wyse. Ons onderskryf dus omvattende sakebeginsels en streng standaarde

Shell se wêreldwye bedryfsbeginselsgasbedrywe toegepas word. Ons glo dat hierdie beginsels ’n raamwerk vorm om die water, lug, natuurlewe en die gemeenskappe waarbinne ons werk, te beskerm. Onderliggend aan hierdie beginsels is ’n doelgerigte fokus op veiligheid, deurlopende opgradering, samewerking met die owerhede en plaaslike inwoners. Ons streef na openlikheid en deursigtigheid in al ons werksaamhede en die uitwerking wat dit moontlik kan hê.

n Veiligheid en boorgatintegriteit Shell ontwerp, bou en bedryf boorgate op ’n veilige en verantwoordelike wyse.

n Water Shell bedryf sy werksaamhede op ‘n wyse wat grondwater beskerm en gebruik so min grondwater as wat prakties moontlik is.

n Lug Shell bedryf sy werksaamhede op ’n wyse wat luggehalte beskerm en vluguitlatings beheer.

n Voetspoor Shell poog voortdurend om sy operasionele voetspoor te verminder.

n Gemeenskap Shell is by die plaaslike gemeenskappe betrokke wanneer dit kom by die sosio-ekonomiese impak van sy werksaamhede.

Shell se verbintenis tot die Karoon Ons sal ’n onafhanklike advieskomitee en plaaslike

adviesgroepe saamstel om ons te adviseer oor die omgewings- en sosiale impak van die projek, insluitend die gebruik van hidrouliese breking en ons verbruik van water.

n Indien aardgas in die Karoo gevind word, sal ons daarna streef om die hoogste standaarde ten opsigte van die bestuur van water-, geraas-, pad-, verkeers- en luggehalte na te kom.

n Ons sal voortgaan om ‘n leiersrol te speel in die vestiging van wêreldwye beste-praktyke en bedryfstandaarde vir aardgasontwikkeling in die Karoo.

n Ons sal ons boorgatontwerp- en waterbeskermingsplanne, wat op die beste praktyke wêreldwyd gebaseer sal wees, bekend maak.

n Ons sal die ontwikkeling van ‘beste-in-klas’ regulerende standaarde vir hidrouliese breking in Suid-Afrika ondersteun.

n Ons sal relevante aanbevelings - wat mag voortvloei uit die studie oor hidrouliese breking wat die U.S. Environmental Protection Agency tans onderneem en wat in 2014 voltooi sal word - in ons projek implenteer.

n Ons onderneem om omgewings- en sosiale impakstudies ten opsigte van hierdie projek te doen en dat dit uitgebreide samesprekings met mense in die Karoo sal insluit.

Ons is deurlopend met die gemeenskappe in die Karoo in verbinding, maar besoek gerus ook ons webwerf by http://www.shell.co.za/karoo

SHELL.2481 839419_UI_CX_Karoo Briefing Notes_Afrikaans_Veiligheid_AA_v2.indd 2 10/17/12 1:53 PM