hoofstuk 2 postmodernisme

77

Click here to load reader

Upload: jorge-o-el-george

Post on 15-Sep-2015

117 views

Category:

Documents


46 download

DESCRIPTION

Hoofstuk 2 Postmodernisme

TRANSCRIPT

  • 26

    HOOFSTUK 2

    POSTMODERNISME

    2.1 INLEIDING

    Die veranderende kultuursituasie word getipeer as ? nuwe, eiesoortige kultuurfase

    wat volg op die moderniteit as tipering van die vroere kultuursituasie. Die

    veranderende kultuursituasie het ? beduidende invloed op die manier hoe die

    werklikheid verstaan word. Uit verskeie dissiplines en tradisies is daar telkens

    pogings om n vertolking te gee van die manier van hoe mense hulle alledaagse

    leefwreld tot ? singewende geheel, binne ? spesifieke interpretasieraamwerk kan

    integreer. Hierdie gekonstrueerde geskiedenis, gedeelde voorveronderstellings,

    etos, waardes, definisies, gedragspatrone en taalgebruik word gedurig uitgedaag in ?

    nuwe veranderende kultuursituasie. Die integrering waarbinne die

    werklikheidsverstaan plaasvind, word voorgestel as ? paradigma (Kuhn), symbolic

    universe (Berger), horizon (Gadamer), taalspel (Wittgenstein), episteme

    (Foucalt), fiduciary framework (Polanyi), system of symbols (Geertz),

    (Conradie 1994:234).

    Die term paradigamaskuif van Thomas Kuhn se werk, The Structure of Scientific

    Revolutions (1962), het n bekende term geword om hierdie nuwe kultuurfase te

    beskryf. Die verskillende ontwikkelingsfases in die Westerse beskawingsgeskiedenis

    word gekenmerk deur dominante idees wat bekendstaan as makro- of

    megaparadigmas. Die paradigmaverskuiwings vind plaas oor ? lang tydperk

    wanneer die filosofiese idees in die alledaagse samelewing neerslag vind. Hierdie

    idees is allesomvattend en verander die denke en die leefwreld van die mens in

    totaliteit (Froneman, Vorster & Fourie 2000:192). Die invloed van s n

    paradigmaskuif vind gestalte binne aspekte soos die politiek, teologie, kuns en

    ekonomie. Daar word toenemend gevra na ? nuwe interpretasieraamwerk vanwe ?

    radical shift of categories of culture (Brueggemann 1993:1). Elke

    vertolkingsraamwerk het sy eie metafore waarbinne die werklikheid van

    postmodernisme verstaan word. Die behoorlike verstaan van my eie

    vertolkingsraamwerk-bril is essensieel vir die verstaan van die postmodernisme.

  • 27

    2.2 WAT IS DIE POSTMODERNISME?

    Die tydsgees waarbinne die huidige samelewing woorde en gestaltes probeer vind vir

    singewing word as ? postmoderne kultuurfase beskryf. Die term verwys na ?

    historiese oorgang wat tans die wreldbeskouing van mense, asook sekere

    ontwikkelings binne die kuns vorm (Grenz 1996:2). Miller (1996:7) beskryf die

    postmodernisme soos volg: The term postmodernism captures the mood and the

    reality of a generation caught between the modern age and the future yet to be born.

    Diogenes Allen (1989:2) beskryf die proses as ? intellektuele revolusie oor hoe daar

    oor die wreld en die mens gedink word:

    A massive intellectual revolution is taking place that is perhaps as great as

    that which marked off the modern world from the Middle Ages. The

    foundations of the modern world are collapsing and we are entering a

    postmodern world. The principles forged during the Enlightenment

    (c. 1600-1780), which formed the foundations of the modern mentality, are

    crumbling.

    Vir Lyotard (1984:23) beteken die postmodernisme simplifying to the extreme,

    incredulity toward metanarratives. Dit was reeds die groot verhale van die

    Moderne-projek wat die rasionaliteit onder verdenking gebring het. Ward (1999:1)

    sluit by Allen aan deur te beweer dat daar ? nuwe werldbeskouing vanuit die

    ontnugtering binne die Verligtingstydperk gebore is: the term postmodernist was

    thought an apt description of our new period of disillusionment. Sedert 1980 is die

    term postmodernisme algemene spreektaal en word dit as ? catch-up term vir

    bykans enigiets gebruik. Daar word dikwels na hierdie veranderende kultuursituasie

    of tydsgees verwys as die postmoderniteit of die postmodernisme.

    Johnson (1995:75) reken dat Ferderico Onis die term postmodernisme eerste

    gebruik het. Onis het dit gebruik binne die kuns om die reaksie op modernistiese

    kuns te beskryf. Charles Jencks (in Appignanesi & Garratt 1995:3) reken dat die

    term postmodernisme die eerste keer deur die kunstenaar John Watkins Chapman

  • 28

    in 1870, en later in 1917 deur Rudolf Pannewitz, gebruik is. Ward (1999:5-8) dui die

    historiese verloop van die term postmodernisme soos volg aan:

    1870: John Watkins Chapman het die term binne die kuns gebruik om

    post-impressionistiese kuns te beskryf.

    1917: Rudolf Pannewitz beskryf die nihilistiese stroom binne die filosofie

    as postmodernisties.

    1947: Arnold Toynbee tipeer ? sekere tydperk in die geskiedenis as

    postmodern.

    1957: Bernard Rosenberg beskryf die sosiale en kulturele veranderinge in

    sy tyd as postmodern.

    1964: Leslie Fiedler beskryf die aanval op moderne kuns en literatuur as

    postmodern.

    1968: Leo Steinberg verwys na die populre kuns as postmodern,

    aangesien dit nie meer probeer om visuele of emosionele waarhede te

    verwoord nie, maar eerder op artificiality wil fokus.

    Om te poog om ? definisie te gee, is problematies aangesien die postmodernisme

    juis op die onvoltooidheid van ? sekere kultuurfase dui. Die postmodernisme is ook

    nie ? spesifieke gedagteskool of intellektuele beweging nie en besit geen spesifieke

    dominante teoretikus of segspersoon nie. Sweet (1999a:17) praat van ?

    oorgangsfase wat moontlik in 2020 voltooi sal wees. Johnson (1995:75) beskryf

    Hans K?ng se definisie van die postmodernisme as verhelderend: Postmodernity is

    neither a magic word that explains everything nor a polemical catch phrase, but a

    heuristic term. It characterizes an epoch that upon the closer inspection proves to

    have set in decades ago...and is now making broad inroads into the consciousness

    of the masses.

  • 29

    Cook (aangehaal deur Johnston 2001:24) beskryf dit soos volg: Postmodernism

    moves beyond the modern, scientifically based view of the world by blending a

    scepticism about technology, objectivity, absolutes and total explanations with a

    stress on image and appearance, personal interpretation, pleasure and the

    exploration of every spiritual and material perspective. Johnston (2001:27) verwys

    na ? worldview, a way of perceiving the world, that is a backlash against the

    Enlightment dream and dismisses any overarching set of ideas. Die

    postmodernisme kan beter beskryf word deur karaktertrekke eerder as deur ?

    definisie.

    Die postmodernisme het ook nie ? historiese terugskouing nie en gee deurlopend

    uitdrukking aan ? kaleidoskoop wat aanhoudend van kleur verwissel. Daarom kan

    die postmodernisme meer verwarrend as verhelderend wees. Postmodernism is

    thus far from a homogeneous phenomenon that falls neatly into fixed categories. It is

    a highly diversified school of thought (Du Toit 1995:37). Daar is soveel

    postmodernismes as wat daar kritiese tekste is.

    Jean-Francois Lyotard (1984) het in sy boek, La condition postmoderne nie probeer

    om die epistemologie van sy tyd te beskryf nie, maar eerder die wyse waardeur

    kennis bekom word. Hy trek te velde teen die les grands rcits , of meesterverhale,

    wat die oorsaak van die grootste epistemologiese ontnugtering is. Hy lewer in sy

    boek ? betoog teen:

    die rasionalisme van die Aufklrung wat bevryding deur kennis beloof;

    die parlementre demokrasie wat bevryding deur deelname aan mag

    beloof;

    die ekonomiese liberalisme wat bevryding deur die vrye mark beloof;

    Marxisme wat vryheid deur Kommunisme beloof; en

    die Christendom wat vryheid deur naasteliefde beloof.

  • 30

    Du Toit (1995:5) wys daarop dat die postmodernisme van ? houding en mood,

    eerder as van ? bewysbare kultuurverskuiwing spreek. Daar word dikwels gepoog

    om die postmoderisme te definier as ? kultuurverskuiwing n die Tweede

    Wreldoorlog, tog is daar duidelike spore van postmodernisme in moderne sowel as

    premoderne werke. Die postmodernisme kan ook nie tot ? spesifieke veld afgebaken

    word nie, aangesien dit nie vreemd is om te hoor van postmoderne kuns,

    postmoderne musiek en postmoderne teologie nie. Ben du Toit (2000:50) verkies

    om nie van die postmodernisme te praat nie, aangesien die -isme dui op ?

    filosofiese denkkonstruksie of ideologie wat nog nie voltooi is nie.

    Postmoderniteit word gebruik om na die nuwe kultuursituasie te wys wat op

    moderniteit volg. Postmoderniteit moet in samehang met modernisme verstaan

    word. Postmodernisme dui op ? benaderingswyse of houding wat in die argitektuur,

    die letterkunde, kuns en musiek vergestalt word. Ward (1999:12) maak die volgende

    onderskeid: Technically speaking, the first (postmodernism) refers to cultural and

    the artistic developments (i.e. music, literature, art, film, architecture and so on), while

    the second has to do with social conditions and the mood that these conditions give

    rise to. Vir Grenz (1995:12) is die postmodernisme die kulturele uitdrukkings en

    postmoderniteit die nuwe opkomende epog in die tyd waarin ons leef.

    Die problematiek l ook daarin dat die betekenisveld van postmodernisme

    byvoorbeeld in teologie en filosofie sal verskil van die betekenisveld in kuns en

    argitektuur (Johnson 1994:75; Ward 1999:3). Dit beskryf ? bewustelike lewenstyl

    wat alle konstruksies dekonstrueer, die ideologiese aard van alle uitsprake aandui en

    die vaderfiguur, god, subjek, kultuur en kennis dekanoniseer (Vosloo 1994:8). Dit lei

    ? tydperk in waar die de-hirargisering van begrippe die nuwe kultuur begin vorm

    (Neutjens 2000:289).

    Die teks word met die leser vervang en daar word gestreef om weg te doen met

    enige preskriptiewe interpretasies. Daarom hou die postmoderne kultuur van die

    metafoor aangesien die betekenis meerdimensioneel verstaan kan word. Daar word

    ook nie meer gesoek na die ware of dieper betekenisse van verstaan nie. Daar word

    gestreef na eenvoud aangesien eenvoud ook gekompliseerd beteken.

  • 31

    kerk

    KYKAFRIKAANS (Boshoff 1980:12)

    Orde en chaos komplementeer mekaar, aangesien daar binne enige chaos ook orde

    is. Die modernistiese dualistiese denke van waarheid en onwaarheid, nuttigheid en

    nutteloosheid, moraliteit en immoraliteit, word as monolities gesien. Generaliserend

    kan men zeggen dat het niet meer gaat om to be or not to be, maar om to be and not

    to be (Neutjens 2000:290).

    Daar is verskeie skole wat die postmodernisme artikuleer buite die verstaan van

    modernisme, wat werk met gefragmenteerde nuanserings van die begrip. Die doel

    van hierdie navorsing is nie om die verskillende teorie te bespreek en sodoende ?

    korrekte definisie daar te stel nie. Wat wel van belang is, is dat die mensdom

    homself tans in ? snelveranderende kultuursituasie bevind waarin die veronderstelde

    verligtingsdenke van die modernisme bevraagteken word. Of hierdie

    bevraagtekening dui op ? breuk met die moderniteit en/of dit slegs ? verlengstuk van

    die moderniteit is, val buite die bestek van hierdie navorsing. Ek gebruik die term

    postmodernisme wat postmodern iteit insluit, om te verwys na n onafgehandelde

    filosofiese denkkonstruksie as reaksie op moderniteit.

  • 32

    2.3 AANLOOP NA DIE POSTMODERNISME

    Degenaar (in Slabbert 1998:17) toon aan dat daar drie maniere is hoe die werklikheid

    vertolk kan word: premodern (primitief, onkrities, geslote werldbeeld), modern

    (rasioneel, self-krities) en postmodern (kompleksiteit, fragmentasie, pluraliteit). Van

    Peursen (1975:17-18), ? Nederlandse kultuurfilosoof, beskryf drie kultuurfases wat

    die aard en kwaliteit van ? veranderende geloof tipeer, naamlik die mistiese

    kultuurfase, die ontologiese kultuurfase en die funksionele kultuurfase.

    Die mistiese kultuurfase maak geen onderskeid tussen die goddelike en die

    menslike, die sakrale en die profane nie. Dit is die tydperk van die primitiewe

    samelewing waarin die individuele mens volledig opgeneem is en byna geabsorbeer

    is deur die samehange van stamverband en wreldmagte, verbeelde en mistiese

    verhale (Bohnen 1981:8). Die geheimsinnige natuurmagte omskryf die geloof van

    die mens. Die mens het geglo dat sy lot bepaal word deur die mistiese kragte buite

    homself. Binne hierdie raamwerk het die Westerse beskawing se denke bestaan uit

    ? mengsel van wreldbeskouinge, naamlik Bybelse openbaringe, klassieke

    rasionalisme en heidense mitologie. Die gemeenskaplikheid van hierdie

    beskouinge was egter ? kosmologiese harmonie op ekologiese, metafisiese en

    epistemologiese gebied (Froneman et al. 2000:193).

    Die ontologiese kultuurfase probeer die werklikheid objektiveer en poog om nie meer

    onder die mag van die mistiese magte te leef nie. Die mens word toeskouer en nie

    meer deelnemer van die wreld nie. Substansialisme vind plaas. Dit is die tendens

    om die werklikheid ter sprake te bring in gesoleerde en afgeslote simbole waarvan

    die selfgenoegsame bestaan teruggevoer word op hulle tydloos -blywende en bo-

    empiriese karakter (Bohnen 1981:10). Daar word gepraat van die onttowering of die

    ontluistering van die wreld. Gedurende die sewentiende en agtiende eeue het

    ontwikkelinge op die gebied van die wetenskap gelei tot die ontstaan van die

    moderne era wat gekenmerk is deur rasionaliteit, wetenskaplike ondersoek en

    menslike outonomie. Deurdat die mens die werklikheid kan objektiveer, stel dit hom

    in staat om die moderne wetenskap te bedryf. Die kosmos word in hierdie tydperk

    volkome selfonderhoudend. Die heelal word gesien as ? geslote, sistematiese en

    geordende sisteem wat op deterministiese wyse onderhou word deur oorsaak en

  • 33

    gevolg. Die defisering van die wetenskap en die tegnologie lei tot selfvervolmaking

    van die mens. Dit is juis in hierdie fase wat daar konkrete tekens van verset teen die

    Moderne-projek is. Die kontrakultuur tydens die sestigerjare was reeds ? pleidooi vir

    ? meer organiese lewenstyl, vry van morele en rasionele beperkinge.

    Die funksionele fase staan krities teenoor die ontologiese fase. Die kern in hierdie

    fase word vervat in die woord relasie. Die funksionele mens bemoei hom nie met die

    gesoleerde substansie nie, maar neem sy uitgangspunt in die wisselvallige,

    kontingensie van die leefwreld. Wat waar en werklik is, kan alleen bepaal word

    deur die sinvolle verhouding waarmee daar toegetree kan word en nie deur die

    abstrakte denkskema van die waar en werklik soos deur die ontologiese fase

    voorgestel word nie. Die werklikheid het alleen betekenis danksy die versinnende

    daad van die mens (Bohnen 1981:11). Die mens word die agent van die

    werklikheidsontsluiting en wil self deel daarvan wees en die proses ervaar. Die

    funksionele fase lei ? protestog teen die dehumanisering van die mens as gevolg van

    die meganistiese en hirargiese denkwyse van die moderniteit.

    Die ontologiese fase het geboorte gegee aan die post- woorde om aan te dui dat

    die einde van ? kultuurfase aangebreek het. Die post- woorde vertel meer van die

    ou situasie wat verlaat word as van die nuwe situasie wat ingegaan word. Daarom

    kan die postmodernisme nie los van postmoderniteit en die modernisme verstaan

    word nie. Postmodernisme moet verstaan word as die reaksie teen die totalitarisme

    van die moderniteit en die ontwikkeling van ? multi -perspektiwisme op die

    moderniteit.

    2.3.1 Premodernisme

    Premodernisme sluit aan by die mistiese fase van Van Peursen. Sedert die 4de eeu

    het die Westerse beskawing ontwikkel as corpus Christianum (Strydom 1991:278).

    Die wreldbeeld is deur die transendente bepaal. Die kunsbeoefening en

    lewenspatroon van die mens het in diens van die kerk gestaan. Die lewe het sakraal

    geword en teenoor die aardsheid gestaan. Die kerk het waggehou oor die Westerse

    beskawing.

  • 34

    Du Toit (2000:14) wys daarop dat dit belangrik is dat die drie groot godsdienste wat

    in die Weste aangetref word, naamlik die Judasme, die Christendom en Islam met

    hulle godsdienstige geskrifte in die premoderne tyd ontstaan het. ? Futuristiese

    epistemologiese perspektief van die modernisme sou onmoontlik wees vir die

    skrywers van die grondtekste, aangesien hulle geskiedskrywing aan hulle

    wreldbeeld en lewensbeskouing, wat kultuurgetrou was, verbind was. Baie van die

    hedendaagse godsdienste funksioneer binne premoderne gemeenskappe, soos in

    Afrika, die Ooste en Suid-Amerika.

    Die premoderne wreld kan die beste verstaan word as die tydperk van die sakrale.

    Die wreldbeskouing was holisties, met ? definitiewe onderskeid tussen die sakrale

    en die profane. Die hoofkaraktereienskap van die premoderne tyd was die vertikale

    metafisiese dualisme, doelgedrewe taal om die kosmos te beskryf en die vertroue in

    tradisie as die bron van outoritre kennis en antroposentriese wreldbeeld. Die

    mens het ontbreek aan selfkritiese denke (Muller et al. 2002:72). Natuurverskynsels

    is animisties gesien en die mens het homself in die omgewing daarvan tuis gevoel.

    Die mens het tot die kosmos behoort. Sy persoonlike lot was ook die lot van die

    heelal. Binne hierdie relasie is daar betekenis gevind. Hierdie partisiperende

    bewussyn dui op die versmelting met sy omgewing. Hierdie alchemie was die laaste

    groot samehangende uitdrukking van ? deelnemende bewussyn in die Weste

    (Kritzinger, Schoeman, Van Aarde & Veldsman 1990:268). Kuns was volkskuns of

    the art of the tribe (Wolterstorff 1980:22).

    Jesus word altyd met n ligkrans voorgestel. Die mens kyk altyd op na Hom.

    Kruisiging Hoog-Hollandse Bybel

  • 35

    Die kerk het ? gestalte gevind binne ? apostoliese paradigma in die jare 30-313 n.C.

    (Mead 1991:9-13; Hendriks 2000:34). Kenmerke van hierdie paradigma was:

    Die identiteit is bepaal deur geloof in Jesus Christus en die koninkryk van

    God.

    Die gemeenskap van gelowiges het tot stand gekom vanwe die

    ondervinding van bekering. Hierdie geloofsgemeenskap kom tot stand ten

    spyte van die vervolging teen hulle.

    Die geloofsgemeenskap is as sektaries gesien en daarom is hulle vervolg.

    Hulle waardes en lewenstyl het radikaal verskil van die kultuur waarbinne

    hulle gelewe het.

    Geloofsgetuienis en evangelisasie het spontaan plaasgevind.

    Die tydperk word geken aan konflik asook klein huisgemeentes met ? sterk

    missionre aksent.

    Die begin van die vierde eeu het egter ? nuwe paradigma ingelei (Mead 1991:13-29).

    Dit het begin met die bekering van Konstantyn in 313 n.C. Die identiteit van die kerk

    het egter verander:

    Staat en Kerk het een geword.

    Dit het voordelig geword om aan die kerk te behoort.

    Die genstitusionaliseerde kerk het die geloofsgemeenskap vervang en die

    missionre aksent het verander.

    Die gemeentes het ? parogie met sterk grense geword.

  • 36

    Sending was die verlengstuk van die staat. Soldate het die boodskap aan

    die heidene verkondig.

    Die Renaissance en opkoms van die Humanisme (14-15de eeu) het egter die weg vir

    n nuwe paradigma gebaan. Hierdie paradigma sou later bekend staan as die

    verligtingsera. Francis Bacon (1561-1626) was van die eerste Renaissance

    denkers wat die oorgang na die verligtingsera deur sy filosofie aangemoedig het. Die

    wetenskap sou die basis van verstaan van die mens word. Die wetenskap sou ook

    vir die mens mag gee, vandaar sy diktum: Kennis is mag. Die natuurlike

    werklikheid is beskryf in terme van fisiese partikels (atome, protone en neutrone)

    (Muller et al. 2002:73). Die geheime van die natuur moes ontdek word sodat die

    mens sy mag daaroor kan uitvoer. Rene Descartes (1596-1650) word as die grootste

    verteenwoordiger van die Verligtingsprojek gesien (Bosch 1991:349; Kritzinger et

    al. 1990:269; Du Toit 1995:26). Hy was sterk benvloed deur die groeiende

    wiskunde van sy dag, waar daar gefokus is op die kwalitatiewe eerder as die

    kwantitatiewe dimensies van realiteit. Die werke van Johannes Kepler (1571-1630)

    en Galileo (1564-1642) het die mistiese teologie onder verdenking geplaas.

    Descartes se diktatum cognito ergo sum, ek dink daarom is ek, sou die weg baan

    vir die era van skeptisisme en pessimisme. Grenz (1995:64) wys daarop dat

    Descartes hierdie begrip egter by Augustines oorgeneem het. Descartes het aan die

    Pous verduidelik dat God se bestaan alleen geregverdig kan word deur die feit dat

    die mens bestaan en dat hy kan dink. Hierdie paradigma het die pad na die

    modernisme gebaan.

    Aristoteles se natuurlike beginsels word beskou as spekulasie en slegs

    gekwantifiseerde wetenskaplike metodiek kan die mens tot sy volle potensiaal laat

    kom. Isaac Newton (1642 - 1727) lewer een van die grootste bydraes in die

    Wetenskaplike Revolusie, deurdat hy die wreld verklaar as ? grand, orderly

    machine. Newton sou aantoon dat sekere wette die skepping beheer. Alhoewel

    Newton die wetenskap wou gebruik om die grootheid van God daarmee te beskryf,

    het hierdie Newtoniaanse denke die begronding geword om God in die middelpunt

    van die skepping met die wetenskap te vervang. So het die politiek, die etiek, die

    filosofie asook die teologie ? vertakking van die wetenskap begin word.

  • 37

    2.3.2 Modernisme

    Die term modern in sy Latynse vorm, modernus, word sedert die 5de eeu in ?

    chronologiese sin gebruik saam met die adjektiwiese teenstelling van antiqui en

    moderni. Die bedoeling was om die hede, wat offisieel Christelik geword het, van sy

    Romeinse en heidense verlede te onderskei. In die moderne Europese tale word die

    term eers later gesubstanstiveer tot die kunste. Daarom kan die moderne ook nie as

    losstaande van die estetiese verstaan word nie. Die ontdekking van die Nuwe

    Wreld, die Renaissance en die Reformasie gedurende die 15de eeu vorm die

    epogale drempel tussen die Middeleeue en die Nuwe of Moderne Tyd. Die

    waarneembare wreld het in hierdie tyd baie belangrik geword. Al die wetenskaplike

    verklarings het verwys na materie en beweging wat in ? meganistiese wreldbeeld

    resulteer. Kirsten (1988:22) onderskei vier fundamentele verskuiwings:

    Hiermee korrespondeer drie tipiese moderne beginsels, t.w.

    onderskeidelik die fundamentalistiese prinsiep van die outonome rede, en

    die antroposentriese motief van die konstituerende subjek en die

    kontinuteitsmodel van historiese vooruitgang. Daarby kan nog die

    logosentriese selfbegrip van die tradis ionele filosofie bygevoeg word.

    McEvilley (1993:2) sluit by Kirsten aan en wys daarop dat die woord modern slegs

    op die huidige dui en nie die isme beskryf nie. Die modernisme sluit nie

    noodwendig die huidige in nie, maar dui op ? houding wat twee elemente bevat,

    naamlik geskiedenis as ? progressiewe narratief en die rede as objektiewe en

    universele maatstaf. Harvey (1990:13) beskryf die Moderne-projek soos volg: The

    extravagant expectation that the arts and sciences would promote not only the

    control of natural forces, but also understanding of the world and of the self, moral

    progress, the justice of institutions and even the happiness of human beings.

    Met die aanbreek van die 16de eeu het daar ? geleidelike mondigwording en

    verligting van die mens plaasgevind wat hom sou losmaak van die wreldbeskouing

    van die premoderne mens. Die 18de eeu gee geboorte aan hierdie wreldbeeld:

    Die Verligtings -era. Habermas (1985:9) beskryf dit as objective science, universal

    morality and law, and autonomous art according to their inner logic.

  • 38

    Daar is gestrewe na konstante verandering waarbinne fragmentasie gesien is as ?

    voorvereiste vir die projek (Habermas 1987:7). Die mens kon nou verlos word deur

    die Verligtingsprojek van die religieuse kettings deur die onttowering en

    desakralisering van kennis en die sosiale organisasie (Harvey 1990:12). Daar word

    ? sterk onderskeid gemaak tussen die waarnemer en die waargenome. Die

    versmelting tussen die natuur en die mens vind nie meer plaas nie, maar word

    afgesonder teenoor mekaar. Die subjek en die objek word teenoor mekaar gestel.

    Dit beteken dat die mens nie deel van sy ervaringe uitmaak nie en dus nie deel van

    die wreld rondom hom is nie. Die kosmologiese wreldbeeld, gekenmerk deur sy

    monolitiese waardesisteem, word vervang met ? gedesentreerde wreldbegrip wat

    gekenmerk word deur die proliferasie van waardesfere wat elk hul eie logika besit

    (Habermas 1987:225-298; Hendriks 2000:35). Hier sou die rede die mens

    emansipeer tot die maatstaf van bevryding. Rieff (aangehaal deur Lundin 1993:6)

    wys daarop dat die Moderne-projek geboorte gegee het aan ? verknogte p?eteit

    teenoor die self: This self, improved, is the ultimate concern of modern culture.

    Die doel van enige navorsing sou die ware kennis ontbloot (Kant 1929:17-37). Net

    soos wat Kopernikus (1473-1543) die son met die aarde vervang het as middelpunt

    van die planeetstelsel, het die rede ook die sentrum van menslike kenteorie

    (epistemologie) geword. Kant verwys hierna as die Kopernikus Revolusie. Lundin

    (1993:4) wys daarop dat Kant die Aufklrung beskryf het as Sapere Aude: Gebruik

    jou eie intelligensie en moet nie steun op die intelligensie wat aan jou voorgehou

    word nie. Kant pleeg die onvergeeflike sonde om homself van die Verligtingsdenkers

    te onderskei deurdat hy na radical evil as die oersonde van die mens verwys (Grenz

    & Olson 1992:29). Hy herinterpreteer genade en sien moraliteit as die sentrum van

    die mens se bestaan. Waar die Verligtingsdenkers behep was met die teorie, het

    Kant die praktiese uitvoering van die denke as belangri k geag. Die immanensie van

    God kan alleen deur moraliteit verstaan word. Kant het, in teenstelling met die

    klassieke teolo wat die openbaring van God gesien het as die verligting van die

    denke, die verligting van die denke gesien as die openbaring van God.

    Die moderne wetenskap, moraal en kuns beroep hulle nie meer op een of ander

    buite-gesag nie, maar regverdig hulle bestaan kragtens bestaan deur ? kongnitief-

  • 39

    instrumentele, moreel-praktiese en esteties-ekspressiewe vorm van rasionaliteit.

    Daar bestaan geen waarheid naas die menslike subjek nie. Die 16de en 17de eeu

    het saamgehang met die verbrokkeling van die idee van ? goddelike voorsienigheid

    en verlossing. Die krisis is besweer deur die nuwe geeskader van die Kapitalisme en

    die daarmeegepaardgaande definisie van die werklikheid, wat gebaseer is op die

    wetenskaplike metode van eksperimentering, meting en tegniese heerskappy

    (Kritzinger et al. 1990:272). Die eindproduk was die tegnologiese manipulasie van

    die omgewing en die akkumulasie van kapitaal waarbinne die mens sy verlossing kon

    vind. Henry Ford se woorde: to live in the present and the only history that is worth

    a thinkers damn is the history we make today het die verlossing van die mens

    aangekondig (Bauman 2001:21). Die toue tussen arbeid en geld het die nuwe hemel

    geword waarbinne die mens sy geluk sou vind. Harvey (1990:127) verwys hierna as

    Fordism. Die moderne mens bestaan daarin dat hy homself nie langer

    kosmosentries in terme van sy bestaansorde begryp nie, maar omgekeerd die wreld

    antroposentries vanuit sy syn as mens verstaan (Kirsten 1988:22). Die idee van die

    mens as fabricator mundi bevestig die antroposentriese installering van die menslike

    subjek as die min of meer absolute referensiepunt en die sin -sentrum van die

    geskiedenis.

    Die mens kyk af na Christus en die mens het

    die sentrale plek in die skepping in geneem.

    Salvador Dali

    Kruisiging (Shanes 1994:63)

  • 40

    Dit beteken ook die noodwendige sekularisering van die Christelike eskatologie,

    aangesien die toekoms alreeds begin het. Die enigste outoritre mag wat die

    geskiedenis besit, word slegs gelegitimeer wanneer die mens dit selfbemagtig. Die

    verhouding-tot-die-self was die struktuur waarop die Moderne-projek gebou het en

    die geboorte daarvan was ? soort subjektiwiese magsgeorinteerde mentaliteit.

    Schoeman (1990:269) beskryf die gevolg van die Moderne-projek soos volg:

    In die vakuum wat geskep is deur die verval van tradisionele waardes en

    bindinge, manifesteer allerlei histeriese evangeliese herlewings -

    bewegings, massale bekerings tot die kerk van Reverend Moon en ons

    bemerk daagliks die algemene vlug in die vergetelheid waarin

    verdowingsmiddels, televisie en kalmeerpille voorsien.

    Hierdie totalitre wreldbeeld, wat deur die universele rede gevoed is, het die basis

    van die verligtingsepistemologie geword. Daar vind ? verskuiwing plaas van die

    rasionele na die kuns om die doelwitte van die Moderne-projek te bevorder.

    Moderne kuns het ook al hoe moeiliker geword om te verstaan. Modernisme word

    nou ook ultra-modernisme wat in 1922 met die publikasie van Ulysses van James

    Joyces en Wasteland van T S Elliot n hoogtepunt bereik het. Die middelklas was

    nie beskore vir hierdie verhewe kuns nie en die geboorte van die priesthood" en

    kritici vind in hierdie tyd plaas (Powell 1998:16). The pursuit of aesthetic experience

    as an end itself became, of course, the hallmark of the romantic movement (Harvey

    1990:19). Marx en die vroere Romantisisme van die 19de eeu kan as ?

    omgekeerde voortsetting van die epistemologie van die verligtingsera gesien word.

    Hy sien die werkersklas as die agent van die mens se bevryding en emansipasie van

    die kapitalistiese bestel.

    Die spirituele waarde wat aan die wiskunde en die fisika toegeken is, het in die laat

    19de en vroeg 20ste eeu verdwyn. Einstein se relatiwiteitsbeginsel het nuwe

    perspektiewe op absolute waarhede binne die wiskunde gebring. Die konteks van

    verwysingsraamwerk het ? gonswoord vir die bepaling van waarheid geword. Die

    bundel/golf-dualiteit van Heisenberg se onsekerheidsbeginsel het tot die

  • 41

    gevolgtrekking gelei dat die waarheid nie altyd rasioneel verklaar kan word nie. Daar

    bestaan met ander woorde nie meer iets soos ? onafhanklike waarnemer nie. Die

    grens tussen subjek en objek het verdwyn. Hegel (1770 - 1831) verhef ook hierdie

    rasionele selfbegronding tot ? filosofiese tema. Hegel verskil met die empirici van die

    verligtingstydperk dat die realiteit nie staties is nie, maar eerder ? proses is wat

    ontwikkel. Filosofie, en nie die wetenskap nie, was vir Hegel die enigste weg na

    absolute waarheid. Hegel het een van die mees invloedrykste Christelike filosowe

    net voor sy dood in 1831 geword (Grenz & Olson 1992:38). Hegel wys daarop dat

    die immanensie van God wel binne die rede in die historisiteit gevind kan word. Die

    wreldgeskiedenis is ook God se geskiedenis. Uit hierdie beskouing word daar ook

    vertakkings van pantesme ontwikkel. David Friedrich Strauss ontwikkel sy konsep

    van evangeliese mites uit Hegel se werk. Die verhale in die Nuwe Testament is nie

    noodwendig historiese feite nie, maar wel teologiese waarhede. Ludwig Fauerbach

    (1804 - 1872) het Hegel se teologie in antropologie verander - spreke oor God is ook

    spreke oor die mens. Karl Marx (1818 - 1883) het Hegel se dialektiek in ? sosio-

    politiese en ekonomiese konteks verstaan en die spiritualiteit van Hegel verwerp.

    Kirsten (1988:19) som hierdie tyd soos volg op: Die Moderne of Verligting as

    historiese projek, verwys na die voortgesette tradisie van kognitiewe en politieke

    emansipasiebewegings sedert die verval van die oud-Europese maatskappy, waarin

    daar onderneem word om die onvoltooide prosesse van die rede en die vryheid op ?

    praktiese vlak te kontinueer. Dit het ? revolusionre verandering in die selfbegrip

    van die wreld meegebring.

    Lundin (1993:41) haal Rorty aan: About two hundred years ago, the idea that truth

    was made rather than found began to take hold of the imagination of Europe - then

    construction has come to replace discovery as the basic metaphor of the minds

    activity. Die moderne wreld het die speelveld geword van gekonstruktureerde

    interpretasies wat die belofte van ? beter wreld belowe het. Neutjens (2000:285)

    praat in hierdie verband van die versadigingspunt wat die Moderne-projek bereik het.

    Die vooruitgang het gelei tot ? beskawingsoptimistiese aanname van ? parallelle

    ontwikkeling van kennis en vryheid, tegniek en humaniteit, arbeid en geregtigheid,

    maar die wetenskap en geluk het egter misluk: So one problem with modernism is

    that science and reason didnt just create progress - they created Auschwitz and

  • 42

    Hiroshima (Powell 1998:16). Die teendeel van Auschwitz, Hiroshima en die Goelag

    Argipel, epidemiese hongersnood, globale omgewingsbesoedeling, die eskalerende

    wapenwedloop, toenemende terreur, anonimiteit, identiteitsverlies en soveel ander

    aanwysers het bewys dat die mens nie deur sy georganiseerde tegnologiese

    onderwerping van die natuur, politieke vryheid, geregtigheid en geluk kon verwerf

    nie. Die tegnokratiese verowering het verder tot gesofistikeerde onreg en kliniese

    onmenslikheid gelei. Die mens het eendimensioneel geword. Marcuse (1964:9-154)

    beskryf die eendimensionele mens, as n produk van tegniek, as die universeIe vorm

    van materile reproduksie. Mense herken hulle self in hulle verbruikersartikels en

    word wat hulle besit. Marcuse noem dit die Gelukkige Bewussyn van

    gebruiksartikels. In ? poging om hom uit die ondeursigtige magte van die natuur te

    bevry, so skyn dit, word die mens deur ? nuwe afhanklikheid, in die vorm van die ewe

    anonieme magsisteme van sy eie kennis en organisasie oorval. Kirsten (1988:19)

    reken dat hierdie ommekeer van subjek en objek die spil vorm waarom die

    genealogie van die moderne maatskappy en die diagnose van sy patologie wentel.

    Ons is n junkfood-samelewing

    Daars n honderdduisend redes vir hierdie mental sifilis

    Voedselvergiftiging

    Die bar op De Aar (Andr Letoit 1988:12)

    In di verband word daar vandag gepraat van die einde van die filosofie-debat, die

    einde van die meta-fisika, en die einde van die subjek waar die dood van die

    individu en mens bepaal word. Die afgelope paar dekades probeer verskillende

    vakdissiplines om die huidige tydvak met behulp van post-karakteriseringe te

    beskryf, soos byvoorbeeld post-industrieel, post-Christelik, post-individualisties,

    post-kapitalisties en post-modern.

    Die strewe na die humane emansipasie het verander in n sisteem van universele

    onderdrukking in die naam van die verlossing van die mens. Die strewe na logika

    was die strewe na die logika van onderdrukking (Griffin 1989:56-57). Nietzsche

    (1844 - 1900) was die eerste denker wat die filosofie van die logika as onderdrukking

    gepopulariseer het (Du Toit 1995:30). Nietzsche word deur sommige skrywers as die

  • 43

    patron saint of postmodern philosophy gesien (Grenz 1995:88). Hy verklaar

    homself as vyand van die Moderne-projek. Die enigste waarde wat daar in die

    wreld bestaan is die waarde wat die mens self daarby voeg. Alle kennis is slegs ?

    perspektief en ? interpretasie en alle interpretasies is leuens (Nietz sche 1967:14-15).

    Vir Nietzsche is kennis nie neutraal nie en hy het die konsep hermeneutics of

    suspicion ontwikkel. Die mens het ? behoefte na mag (the will to power) en wil dit

    graag kreatief uitoefen. Hierdie mag kan net in die konteks van kennis verstaan

    word. Hieruit ontwikkel Nietz sche die bekende term perspectivism. Daar bestaan

    geen waarheid nie, behalwe relatiewe waarhede wat geldend kan wees in ?

    bepaalde gemeenskap. Hy verklaar dat God dood is en kondig daarmee die einde

    van die Christelike tradisie binne die Westerse samelewing aan. Nietzsche

    (aangehaal in Grenz 1995:96-97) probeer uit die verval van die Christelike

    bourgeoisie nuwe waardes daarstel. Hy l veral klem op die rol wat mites, die natuur

    en taal in die kulturele lewe behoort te speel. Taal is slegs ? sisteem van

    interpretasie. Objektiewe korrektheid moet vervang word met beautiful possibilities

    binne die interpretasieproses (Nietz sche 1937:9). Daar bestaan nie iets soos ? iets

    (thing) nie, elke iets is slegs ? maskerdraer van ? ander iets en elke ander iets dra

    ook maskers.

    Die vader van die moderne hermeneutiek was Friederich Schleiermacher

    (1768 - 1834) wat reeds ? halwe eeu voor Nietzsche probeer antwoorde vind het oor

    die rol en plek van godsdiens in die verligtingsera (Grenz & Olson 1992:39). Vir

    Schleiermacher was die sentrum vir die teologie nie die rede of moraliteit, soos in die

    geval van Hegel en Kant nie, maar feeling en intusie. Die Bybelse tekste is nie ?

    teologies-sistematiese gegewendheid nie, maar eerder die skepping van kreatiewe

    mense wat binne hulle eie kultuur-historiese omstandighede respondeer. Die lewe

    van die outeur en die lewe agter die woorde is belangrik binne die

    interpretasieproses. Schleiermacher maak ? onderskeid tussen grammatiese en

    psigologiese interpretasie. Hy stel ? filosofiese raamwerk voor met woorde

    (grammatika) en die omstandighede (psigologiese) waarbinne die woorde tot stand

    gekom het. Wilhelm Dilthey (1833 - 1911) het wegbeweeg van die transentendale

    self wat deur die Duitse Idealiste voorgestel is en die hermeneutiek binne die

    historiese konteks geplaas. Die self konstrueer nie meer die wreld nie, maar eerder

    die ervaring van die mens binne ? spesifieke kultuur-historiese konteks. Daarom kan

  • 44

    wreldbeskouings verskil en geen mens kan absolute waarheid vir homself toe-eien

    nie. Martin Heidegger (1884-1976) sluit hierby aan en word die vader van die Duitse

    eksistensialisme genoem. Sy werke het ? groot invloed op Rudolf Bultmann en John

    Macquarrie se eksistensiele teologie gehad (Grenz 1995:104). Heidegger ontwikkel

    die begrip Dasein (being-in of being there) waar die sin van die lewe binne die

    mens se bestaan ontrafel moet word. Die grootste soeke van die mens l in wie hy is

    en waarom hy bestaan. Die antwoorde op hierdie vrae l nie in die uitvind van wie

    ek is nie, maar in die uitwerk van wie ek is. Dit kan alleen gebeur deur in die wreld

    te leef. In die 1960s ontwikkel Hans-George Gadamer sy hermeneutiek uit

    Heidegger wat glo dat die mens nie slegs ? eksterne objek binne die geskiedenis is

    nie, maar deel van die ontwikkelingsproses in die geskiedenis is. Gadamer het kuns

    as die ervaring van waarheid gesien. Hy ontwikkel ? nuwe epistemologie wat ten

    velde trek teen objektiwiteit. Hy verskil met Schleiermacher dat die gedagtes en die

    intensies van die outeur nie verstaan kan word nie. Die doel van hermeneutiek is nie

    om die reeds voorafbepaalde betekenisse vas te stel nie, maar eerder die plek te

    bepaal waar die hermeneut die teks van die wreld betree.

    Ferdinand de Saussure (1857 - 1913) bou op Nietzsche voort en reken dat the

    signifier (a word) to the signified (the object to which we attempt to point with words)

    is always an arbitrary matter of the will and linguistic convention. Vir Nietzsche het

    dit om ? essentriese interpretasie gegaan terwyl De Saussure gepleit het dat woorde

    verstaan moet word binne die verhouding van die signifier en die signified. Hy

    vergelyk woorde met ? simfonieorkes. Om die musiek te verstaan moet daar na die

    geheel en nie slegs na ? individu nie, geluister word. De Saussure lewer sterk kritiek

    teen die Verligtingstydperk wat met gefragmenteerde naunserings die wreld soos

    die detached wetenskaplikes probeer beskryf het. Hy ontwikkel hieruit die begrip

    strukturele linguistiek (De Saussure 1959:116-120). Binne die strukturele linguistiek

    word daar gereken dat daar ? universele kulturele sisteem is wat die mens se begrip

    struktureer binne taal en enige sosiale konteks. Taal is slegs ? sisteem van relasie

    en woorde kry alleen betekenis binne die konteks waarbinne hulle voorkom. Ludwig

    Wittgenstein (1889 - 1951) ontwikkel sy begrip taalspel waar daar ook geen

    objektiewe waarheid bestaan nie, maar waar taal as slegs ? spel binne ? sekere

    konteks verstaan moet word (Wittgenstein 1961:151). Die taalspel verander die

    wreld waarbinne die mens leef. Die ware wreld is slegs n veranderende sosiale

  • 45

    konstruksie. Die wreld word meer simbolies gesien as ? sosiale konstruksie wat

    voortdurend verander.

    Die sinne kan op meer as een manier gelees word.

    landskap

    Om te Lewe is Onnatuurlik (Gert Vlok Nel 1993:12)

    Die ontnugtering binne die Moderne-projek het ? vlaag van nuwe kreatiewe insigte tot

    stand gebring. Binne die kunste is daar gepoog om die waarheid binne sy

    gefragmenteerde bestaan te verwoord (Harvey 1990:30). Hierdie konteks verklaar

    ook waarom die modernisme oorbehep was met taalspel omdat dit die enigste

    manier was om die waarheid te verteenwoordig. De Saussure, in Du Toit (1995:35),

    het die taalspel gesien as deel van ? groter struktuur waarbinne woorde gevorm word

    in hul verhouding tot ander woorde en nie binne ? eksterne realiteit nie. Dit sou die

    basis van die postmoderne taalspel word. Derrida ontwikkel dan ook sy denke oor

    dekonstruksie uit De Saussure se taalspel (Derrida 1976:29). Dekonstruksie is die

    pleidooi vir die verbreking van die hirargie van woorde in konstruksies.

    Vir Kant was die goddelike nabyheid van God in die menslike rede gele. Hy erken

    die Bybel as die gesag van die kerk, maar dat pure religion of reason die geldende

    hermeneutiek van die Bybel is (Kant 1960:105). Vir Kant was die morele dimensie,

    virtue striving towards holiness die doel van die verhale in die Bybel. Hy

    herinterpreteer genade en gee aan werke ? sentrale plek wat dominant was tot en

  • 46

    met die Reformasie. Hegel het God gesien as die immanente Weltgeist of Gees

    binne die historiese verstaan van die mens. Realiteit is vir Hegel nie staties nie maar

    aktief en besig om te ontwikkel. Hieruit ontwikkel hy sy dialektiese filosofie. Nie

    alleen is logika realiteit nie, maar realiteit is ook logika. Hy stel die filosofie bo die

    wetenskap. Schleiermacher probeer om die verhouding tussen die transendensie en

    immanensie van God te herstel deur gevoel en intusie die sentrum van religie te

    maak (Schleiermacher 1969:79). Hy word sterk deur die Romantisisme benvloed.

    Die bonatuurlike was vir Schleiermacher gevaarlik want dit sou God teenoor die

    wreld stel. Hy word deur baie teolo van pantesme beskuldig. Barth beskuldig

    hom van antroposentrisme waar God die mens word. Ritschl (1822 - 1889)

    onderskei tussen wetenskaplike kennis en godsdienstige kennis en probeer om die

    teologie te bevry van die oorheersende filosofiese denke. Die 1960s en 1970s was

    gekenmerk deur die Ritschl Renaissance toe sy werke opnuut bestudeer is. Teolo

    en predikante ontwikkel uit sy werke die social gospel (Grenz & Olson 1992:58).

    Karl Barth (1886 - 1968) word gereken as een van die mees prominente teolo in die

    geskiedenis van die mens. Hy het te velde getrek teen die natuurlike teologie wat

    volgens hom gelei het tot ? kulturele verdraaiing van die evangelie. Die evangelie

    het vir Barth die slagoffer geword van die klassieke Rooms Katolieke teologie,

    liberale Protestantse teologie en die Duitse teologie wat met die ideologie van die

    Nazis deurvleg was: ...natural theology has already conquered it at the very outset,

    making revelation into non-revelation (Barth 1957:139). Barth het probeer om die

    transendensie van God bo die rede te stel deur openbaring as die enigste weg tot die

    kennis van God te sien. Die openbaring van kennis kan alleen deur God se Woord

    verstaan word: The possibility of knowledge of Gods Word lies in Gods Word and

    nowhere else (Barth 1975:222). Brunner sluit aan by Barth maar probeer om die

    transendensie van God ook in die natuur te sien.

    Rudolf Bultmann het die tradisionele histories-kritiese hermeneutiek as onvoldoende

    beskou om die brug tussen die bybelskrywers en die moderne wreld te oorkom.

    Liberale teolo het hierdie brug oorkom deur die tydlose waarhede binne die

    verskeie Bybelse dokumente te bewys. Bultmann verskil egter hiervan en glo dat

    daar nie universele waarhede is wat deur die objektiewe hermeneut ontdek kan word

    nie. Die verhouding tussen die leser en die teks was egter vir hom belangrik. Die

  • 47

    vraag wat na die teks gebring word sal ook die antwoord wees wat die hermeneut

    kry: the subject matter determines our question (Bultmann 1961:51).

    Johnson (1994:61) wys daarop dat teolo soos Bultmann die Bybel binne

    aanvaarbare modernistiese denke probeer verklaar het: The world-view of Scripture

    is mythological and is therefore unacceptable to modern man whose thinking has

    been shaped by science and is therefore no longer mythical. Bultman was van

    mening dat, indien die intellek nie gebruik word binne die Nuwe-Testamentiese

    kosmologie nie, die eindresultaat skisofrenie sal wees. Niebuhr reageer sterk teen

    die Liberale teolo en veral die social gospel en probeer deur sy teologiese

    formulering die balans tussen die immanensie en transendensie van God daar stel.

    Niebuhr verskil met Bultmann en reken dat mites wel nog n plek het in die moderne

    samelewing en plaas sy teologie telkens binne die konteks van sosiale etiek. Die

    Bybel het vir Tillich die belangrikheid van die transendensie van God beklemtoon,

    maar nooit ten koste van die intimate relation to the world (Niebuhr 1964:26) nie.

    Vir Tillich het dit gegaan om die evangelie apologeties aan te bied binne die moderne

    verstaan van die tydsgees. Hy word die apostel van die intellektueles genoem en

    kritiseer fundamentalisme en die kerugmatiese teologie (neo-ortodoksie) van sy tyd

    (Tillich 1967:13).

    Die 1960s het ? nuwe wending binne die teologie gebring. Europa en Amerika is

    geken aan vele opstande en demonstrasies teen oorlo, individuele vryheid, sosiale

    verantwoordelikheid en wreldvrede (Harvey 1990:38). Die 1960s is geken aan ?

    behoefte om die term sekulr met die teologie te versoen. Dietrich Bonhoeffer se

    teologie sou instrumenteel word om die teologie in die 1960s op die immanensie van

    God te laat fokus (Grenz & Olson 1992:146). Bonhoeffer (1953:93) stel ?

    dissipelskap voor wat hy holy worldliness noem en glo dat die Christologie sy

    beslag binne die wreld kry. Dit blyk ook in die 1960s dat die God-is-dood-beweging

    n hoogtepunt bereik het. Hamilton en Altizer was die groot kampvegters hiervoor en

    het kort voor lank ? mediarevolusie veroorsaak. In hierdie tyd pleit Robinson dat

    daar ? nuwe Reformasie nodig is om die evangelie sekulr aan mense te bring. Hy

    word sterk benvloed deur Tillich se begrip oor God en Bonhoeffer se Christologie.

    Die groeiende negatiewe teologie en protes -atesme in die Sestigerjare het die

    geboorte van ? nuwe eskatologie gebring. Dit het bekend gestaan as die teologie

  • 48

    van hoop. Moltmann, Pannenberg, Metz en Braaten sou die toonaangewers van

    hierdie teologie word. Moltmann verskuif die hoop wat belowe is deur Kant se rede:

    f deur God in die sekulre, f God as deel van die historiese verloop van die

    geskiedenis na die kruisiging van Christus wat die hoop van die toekoms belowe.

    Die hoop is realisties en word gegrond in die geskiedenis en ervaring

    (Moltmann 1967:84). Teologie gaan nie soseer oor die interpretasie van die wreld

    nie, maar eerder ? interpretasie van hoop in die lig van God se finale transformasie

    met die wreld. Vir Pannenberg kan formules God nie beskryf nie. Die toekoms

    alleen is die verwysingspunt van absolute waarheid. Hy kritiseer die Neo-

    Protestantisme as ? subjektiewe verstaan van geloof waar die daad van geloof self

    die fokuspunt van openbaring word. Pannenberg en Linbeck skep ? nuwe teologiese

    impuls waarmee die teologie in gesprek tree met die postmoderne konteks (Grenz &

    Franke 2001:43). Linbeck reken dat die dogma te na aan die kognitiewe dimensie l

    en ervaring baie subjektief is, wat aansluit by baie ander wreld-godsdienste. Hy stel

    ? kulturele-linguistiese benadering voor en sluit aan by Wittgenstein se taalspel

    (Lindbeck 1984:16).

    Die kerk het gou sy reformatoriese gloed verloor, genstitusionaliseerd geraak en was

    slegs vir die gekultiveerdes gereserveer (Strydom 1991:328). Die kerk het verstar in

    gedogmatiseerde tradisies. Die moderne voorstelling van die mens as geeslose

    konsument het die weg gebaan vir die post-Cartesiaanse, post-meganiese of post-

    moderne wreld. Die kloof tussen sakraal en sekulr, hemel en aarde, kerk en

    wreld, het veroorsaak dat die kerk post-Christelik geword het. Die Westerse mens

    het modern of mondig geword, hy het mens van sy saeclum (sy tydsgewrig) geword

    (Strydom 1991:279). Die mens verruil die transendente lewenshouding vir ?

    immanente houding. Die kultuur is ge-ontsakraliseer en die aardsheid daarvan

    vooropgestel.

    2.3.2.1 Opsomming

    Verskeie teolo het verskillend op die modernisme gereageer. Daar was eerstens

    die fundamentaliste wat die Bybel probeer verander het in ? wetenskaplike dokument

    en aan die ander pool die liberale teolo wat gepoog het om die psigologiese waarde

    eerder as die historisiteit van die Bybel te onderskryf. Die grootste teologiese

  • 49

    vraagstukke het gegaan oor die transendensie en immanensie van God as antwoord

    op die tydsgees waarbinne die Moderne-projek gekristalliseer het. Binne die

    Moderne tydperk vind die geboorte van die Liberale teologie plaas. Grenz & Olson

    (1992:52) wys daarop dat die Liberale teologie intens gepoog het om die kultuur van

    sy tyd te interpreteer. Liberale teologie was gekenmerk deur:

    die erkenning van die Moderne denke;

    die vryheid van die individu;

    die bevraagtekening van die tradisionele dogmas;

    die beklemtoning van die praktiese en etiese aspekte van die Christelike

    leer;

    die bevraagtekening van die absolute gesag van die Bybel; en

    die beklemtoning van die immanensie ten koste van die transendensie.

    Die liberale teologie het ? groot bydrae gelewer tot die herinterpretasie en kritiese

    evaluering van die teologie. Nuwe perspektiewe is op die tafel gel vir besinning.

    Daar was telkens gepoog om balans tussen die immanensie en die transendensie

    van God te vind. Daar word in hierdie tyd ook baie postmodernistiese perspektiewe

    voorgestel waar rasionaliteit ook experientia insluit. In hierdie verband het Barth,

    Schleiermacher, Gadamer en ander ? groot bydrae gelewer. Die experientia binne

    die postmoderne denke kan ook alleen deur die praxis plaasvind. Die Dasein -denke

    van Heidegger sou neerslag vind in baie teolo se denke om rasionaliteit ook

    immanent te maak.

    2.3.3 Postmodernisme

    Die huidige kultuur word beskryf as post-Christelik. Post-Christelikheid dien as ?

    beskrywing wat die einde beteken van die magsposisie wat die Christelike godsdiens

  • 50

    vanaf die jaar 400 ingeneem het nadat Konstantyn die Christelike geloof as

    staatsgodsdiens verklaar het. Die kerk het as corpus Christianum (Strydom

    1991:278) ontwikkel. Daar word veronderstel dat die begrip post-Christelike periode

    ? wisselvorm of sinoniem van die begrip post-Konstantynse periode is. Die

    eksklusiewe waarheidsaansprake van die Christendom het verbrokkel binne ?

    veranderende Westerse kultuur. Alhoewel die term post-Christelikheid baie s oor

    die historiese ontwikkeling van die geloof, asook die huidige geloofsontwikkeling,

    spreek dit nie die toekoms aan nie. Die verlies van die invloed in die huidige kultuur

    mag die einde van ? kultuurhisto riese tydperk wees, maar beteken nie noodwendig

    die einde van geloof nie. Greyling (1998:11) toon aan dat post-Christelik nie on-

    Christelik hoef te beteken nie. Post-Christelikheid veroorsaak dat die mens post-

    kerklik na die kerk kyk. Die metaverhaal van die Christendom word eerder gesien as

    agent van die Moderne-projek.

    Postmodernisme moet verstaan word as die epistemologiese breuk met die verlede

    en ? selektiewe afskeid van die sogenaamde Moderne-tyd (Kirsten 1988:31). Vir

    Lyotard (1984:23) beteken postmodernisme simplifying to the extreme...incredulity

    toward metanarratives. Hierdie tydvak word begelei deur die oplewing in die eeue-

    oue negatiewe teologie. Negatiewe teologie is gekant teen enige poging om God

    aan ? wysgerige raamwerk te verbind (Greyling 1998:50). Daarom is

    postmodernisme vir Charles Jencks double coding waar daar geen dominante

    wreldbeeld is nie (Powell 1998:149). Die wreld het gekrimp en word deur

    pluralisme beheer.

    Die ontnugtering in die scintisme het moderne denkers met afgryse na die lewe laat

    kyk. Vir Lyotard (1984:38) is dit die wese van die postmodernisme: One

    contemporary attempt to indicate the way beyond these dilemmas within the modern

    paradigm, is called postmodernism. Binne die Moderne-projek is die wreldbeeld

    van optimisme vervang met pessimisme. Die lewe was n verhaal wat deur die idioot

    vertel word (Shakespeare). Die lewe is iets wat nie behoort te wees nie

    (Schopenhauer). Daar is net een werklike ernstige filosofiese probleem: selfmoord

    (Camus). Die lewe is vergeefse hartstog (Sartre) (Van der Walt 2000:123).

  • 51

    Lees jy my poetry, verstaan jy my wanhoop

    die flap vanuit die meeue, die sny van die skr

    Saxofoon-Blues

    Die bar op De Aar (Andr Letoit 1988:27)

    Tieleman (1995:115) reken dat hierdie breukvlak tussen die modernisme en die

    postmodernisme geboorte gegee het aan twee teologiese modelle. Die eerste model

    noem hy die Eksodus na Ballingskapsmodel. In die sestigerjare het dit baie goed

    gegaan met die mens. Die mens het geglo dat hy die wreld van onderdrukking kon

    bevry. Die metafoor van God wat ? volk soos Israel uit Egipte bevry, het die

    teologiese paradigma bepaal. Egipte is dan die simbool van verontmensliking

    waarvan Israel bevry word. Die laaste paar dekades het die Eksodusmodel egter

    plek gemaak vir die Ballingskapsmodel. Daar word wegbeweeg van bevryding na

    gevangenisskap. Die Ballingskapsmodel word ? geloofskrisis eerder as ?

    geloofservaring. Die tweede model wat Tieleman bespreek, noem hy van spreke na

    stilte en sluit by die denke van die postmodernisme aan. Binne die stilte van

    ontnugtering word daar nuwe woorde gesoek om die gefragmenteerde wreld te

    beskryf.

    Die gewone mens het ook nou toegang tot Christus (Steve Hawley)

    Descent from the Cross (Smith 1994:12)

    Allen (1989:3-5) toon aan dat daar vier aspekte binne die verkrummeling van

    moderniteit was wat vyandig gestaan het teenoor die Christelike aansprake:

  • 52

    Ten eerste, die idee dat God in die intellektuele wreld oorbodig is om ? juiste

    weergawe van die werklikheid te gee. Daarteenoor begin die postmoderne wreld

    binne die fundamentele ontwikkeling, binne die filosofie en kosmologie, juis in die

    rigting van God dui.

    Tweedens meen Allen dat die skema van moderniteit, om moraliteit in die rede

    (eerder as religie) te verwoord en dus ? sekulre basis van moraliteit daar te stel, as

    moreel bankrot verklaar is.

    Die derde aspek van moderniteit wat onder verdenking staan is die onwrikbare

    geloof in vooruitgang. Die huidige warboel van armoede, kriminaliteit, besoedeling,

    rassisme, met nog ? lys van n legio ekonomiese en sosiale diaspora, het die

    vooruitgangsgeloof ongeloofwaardig gemaak.

    Die vierde aspek van moderniteit wat bevraagteken word, is die aanname dat kennis

    inherent goed is. Die wetenskap was bedoel om vir die beswil van die mensdom

    aangewend te word, terwyl genetiese ingenieurswese en kernbewapening die

    teendeel bewys het. Die twee wreldoorlo, die Russiese en Chinese revolusies, die

    skending van menseregte deur heersers in lande wat verbind was tot sosialisme,

    fasisme, kommunisme en kapitalisme, die groterwordende gaping tussen ryk en arm

    en die ekologiese krisis het mense met totale ontnugtering oor vooruitgang en kennis

    gelaat (Bosch 1991:363). McEvilley (1993:5) stel dit soos volg: Post-Modernism

    was born from a horrified realization of the dark sub-text of the myth of history; it was

    the attitude of a mind reeling back from that gaze into the abyss.

    Moderne denke is gebaseer op linire progressie, absolute waarhede, rasionele

    beplanning in ? gedealiseerde samelewing en standaardisasie van kennis en

    produksie, waar postmoderne denke op fragmentasie, onbepaalheid, emosie,

    pluralisme en ? afkeer van totaliserende en universele diskoerse gebaseer is

    (Froneman et al. 2000:195).

  • 53

    Kinders moenie in die water mors nie

    Die bar op De Aar (Andr Letoit 1988:18)

    Binne die postmodernisme is die eens vertroude Verligtingstradisie nie langer geskik

    as konseptuele verwysingsraamwerk waarbinne die betekenis en die funksie van die

    oorgelewerde begrippe soos rede, outonomie, vooruitgang, versoening en die

    posisie en rol van die subjek in die geskiedenis, op ? geloofwaardige wyse ter sprake

    gebring kan word nie. Dit vra na ? beperking van die draagwydte van die rede en die

    opskorting van die konstituerende rol van die menslike subjek. Die ontmaskering van

    die antroposentriese, egostiese en die besitlike aspekte van die Westerse

    individualisme het die sleutelopvattings van die Humanisme as bankrot verklaar. Die

    postmodernisme het die kritiek geword op die fundamentalistiese, humanistiese,

    progressiwiteit en logosentriese paradigmas waarbinne die idees van die rede, die

    subjek, die geskiedenis en die filosofie self in die loop van die Verligtingstradisie

    begrond is. Gevolglik word die postmoderne projek gekenmerk deur ? desublimering

    van die rede, ? desentrering van die subjek en ? detotalisering van die geskiedenis

    (Kirsten 1988:22). Neutjens (2000:281) stel dit soos volg: Misschien is een van de

    meest algemene kenmerken van dit Postmodernisme de poging om de rationaliteit

    niet langer te zien als de enige geldige basis waarop een cultuur moet worden

    gebouwd.

    Alhoewel begrippe soos moderniteit en postmoderniteit baie moeilik konseptueel

    verwoord kan word, het invloedryke denkers woorde probeer vind om die erfenis van

    die moderniteit te bevraagteken. Invloedryke filosowe soos Jacques Derrida, Michel

  • 54

    Foucault, Richard Rorty en Alasdair MacIntyre het gedurig die moderniteit

    bevraagteken en op die onderdrukkende potensiaal daarvan gewys. Ken Wilber

    (1998:42-43) onderskei tussen twee soorte postmodernismes naamlik:

    Ekstreme postmodernisme , wat ? eng tegniese beskrywing is waar die waarheid

    slegs ? interpretasie en sosiale konstruksie is.

    Postmodernisme , in ? brere sin, wat as ? reaksie teen die Moderne-projek

    ontstaan het, maar wat ook soms as ? voorsetting van die moderniteit in ? ander

    vorm gesien word.

    2.3.3.1 Kenmerke van die Postmodernisme

    Die wreld het ? global village geword met die massa kultuur en ekonomie wat as

    McWorld bekend staan (Grenz 1996:19). Dit is ? wreld wat op verskeie vlakke

    ontmoet, maar ook ? wreld wat uitmekaarval. McLaren (2000:162-166) beskryf vyf

    kernwaardes van die postmodernisme:

    skepties oor enige sekerhede;

    sensitief vir die kon teks;

    geneigdheid tot humor;

    subjektiewe ervaring; en

    togetherness.

    Johnston (2001:26) gee die volgende eienskappe wat tiperend is van

    postmodernisme:

    reaktief teenoor die modernisme;

    verwerp absolute waarheid;

    skepties teenoor outoriteit;

    op soek na selfidentiteit;

    verdraaide moraliteit;

    behoefte aan die bonatuurlike;

  • 55

    skep van n eie mediawreld;

    behoefte aan kennis;

    verhoudingsgedrewe lewens; en

    dematerialisasie .

    Die postmodernis het geen spesifieke wreldbeskouing nie, aangesien die wreld

    slegs ? objek van die mens se persepsie is. Kennis word met interpretasie vervang

    (Grenz 1996:40). Die ware wreld is slegs ? sosiale konstruksie wat deur taal

    geskep word wat voortdurend verander.

    Die volgende kenmerke van hierdie vernuwende interpretasie moet in berekening

    gebring word by die ontwikkeling van ? gemeentemodel.

    2.3.3.1.1 Detradisionering

    Die modernisme het die era van totale verwerping van tradisie ingelei. Die

    postmodernisme lei die era in waar tradisie herontdek word. If postmodern means

    anything, it means a new openess to the past and to the authority of the tradition in

    the future (Sweet 1994:19). Dit dui geensins op tradisionalisme nie, maar eerder ?

    erkenning van die mens se eie historiese en sosiale lokaliteit. Sekularisme word

    verwerp, terwyl die sakrale herontdek word. Terwyl die modernisme ? absolute

    breuk met die verlede gemaak het, wil die postmodernisme weer die historiese

    kontinuum herstel deur na historiese gebouoplossings terug te verwys (Hatting &

    Pauw 1994:149).

    Die herontdekking van die meesterverhale en die ontwikkeling van klein verhale

    neem ? sentrale plek binne die postmodernisme in. Die moderniste poog om tradisie

    ongedaan te maak deur die geldigheid daarvan te rasionaliseer. Dit het veroorsaak

    dat baie van die tradisionele en geestelike huisvestings verkrummel het. Nols de

    Bruin skryf in die Die Kerkbode (16 Oktober 2001) dat hierdie geestelike

    fondamentloosheid en soektog na nuwe betekenis en waardes, is duidelik in die

    wyse waarop die mens van ons tyd ook angstig moderne mites skep en nuwe

    gestaltes van ou mites aangryp. Mites speel dan ook n belangrike rol om betekenis

    aan geloof te gee. Deur die eeue het tradisionele mites waardes geskep wat die

  • 56

    mens gehelp het om orde en harmonie binne sy geskapenheid te handhaaf. Die

    mitologie was deel van die mens se herkoms, eksistensile bestaan en sy

    eskatologiese roeping. Kenmerkend van die postmodernistiese detradisionering is

    die skep van eietydse mites.

    Binne die popkultuur word die kleredrag gemeng met duidelike elemente van die

    vorige vier dekades. Gentz (1996:38) stel dit soos volg: They live in a world in

    which the distinction between truth and fiction has evaporated. Consequently, they

    become collectors of experiences, repositories of transitory, fleeting images produced

    and fostered by the diversity of media forms endemic in postmodern society. Die

    verwering van tradisie het meegebring dat daar ? nuwe soeke na tradisie ontstaan

    het: Modernity involves the belief that rejecting the shackles of tradition will forward

    the progress towards human emancipation. But promoting the present and the future

    and negating the past as a foundation for action and selfhood forces people to

    question the nature of their identity (Ward 1999:107). Die verlede word ook deel van

    die antwoord na die verstaan van identiteit.

    n Volksliedjie word in die rock genre gesing

    Afrikaners is plesierig deur Karin Zoid

    http://www.karenzoid.co.za/index.asp?zoid=6

  • 57

    In hierdie verband word die term bricolage gebruik om te verwys na die

    gebruikmaking van vorige tradisionele elemente om ? sekere kontemporre doel te

    bereik of om ? ironiese stelling te maak.

    Hernieude belangstelling om oudhede te vermeng

    met die hedendaagse elektriese lewenstyl

    Die Grafsteensangers : T rane Op My Kussing

    2.3.3.1.2 Pluraliteit en Fragmentasie

    Die wreld se probleme het almal se probleme geword. Die wedersydse ontmoeting

    van die Eerste, Tweede en Derde Wreld binne Suid-Afrika is n sprekende

    voorbeeld hiervan. Daar kan gepraat word van die globalisasie van die kultuur:

    The new world disorder dubbed globalization has, however, one truly revolutionary

    effect: devaluation of order as such (Bauman 2001:35). Dit is die tyd van

    bevrydingsbewegings en kontekstuele teologie. Die postmoderne tyd word

    gekenmerk deur pluraliteit ten opsigte van ervaring, interpretasie en praktyk. Dit

    gaan ook nie meer soseer oor liberale of konservatiewe teologie nie, maar eerder oor

    fragmentasie binne die onderskeidelike teologie (Grenz & Franke 2001:4).

    Homogene situasies beskik nie oor die nodige veerkrag vir oorlewing nie.

    Kenmerkend van die Moderne-projek is die mens se enkelsoortige ekosisteme,

  • 58

    duidelik in die argitektuur te sien en die bourgeois -ideale van die goeie lewe. Die

    monomanie van die Joods-Christelike tradisie is tot alles en iedereen uitgebrei

    (Kritzinger et al. 1990:287).

    Die moderne droom van enkelsoortigheid

    Sans Retour, Ni Consigne deur J F Batellier

    The Condition of Postmodernity (Harvey 1990:18)

    Die imperialisme het probeer om die inheemse kulture en individuele lewenspatrone

    uit te roei om sodoende ? wreldomvattende homogene manier van lewe daar te stel.

    Hatting & Pauw (1994:148) wys op Venturi se sleutelbegrip wat postmoderniteit oor

    die algemeen opgesom, naamlik ? voorkeur vir both-and-argitektuur bo either-or-

    argitektuur. Die argitektuur dra ? ryker en meerduidiger karakter as die eng en

    eksklusiewe karakter van die modernisme.

  • 59

    Moderne argitektuur met Romeinse argitektuur vermeng

    Die A T & T Gebou in New York

    Postmodernism (Ward 1999:22)

    Binne die postmodernisme is daar die viering van ? pluraliteit van sieninge. Greyling

    (1998:11) sien pluraliteit as ? sosiale begrip wat poog om reg te laat geskied aan die

    verskillende vorme en gestaltes waarin die Christelike geloof voorkom. Pluraliteit in

    die Christendom vind gestalte binne die naasbestaan met ander godsdienste,

    besprekings rondom die teologie van godsdienste en binne die diversiteit van die

    Christelike tradisie self (Botha 2000:2). Die interkerklike biddag op Nuweland in

    Kaapstad wat deur die sakeman Graeme Power op 27 April 2001 begin is, waar 40

    000 mense saam kom bid het, is ? sprekende voorbeeld hiervan. Die vieringe van

    die pluraliteit beteken dat ek saam met iemand anders as ek is en die estetiese genot

    kan ervaar by die erkenning van sy andersheid. Die Cartesiaanse dualisme is reeds

    so vroeg soos 1926 deur JC Smuts (in Hatting & Pauw 1994:150) voorgestel as

    onwerkbaar en hy het ? meer holistiese benadering voorspel wat kontekstueel

    behoort te wees. Denkpatrone word inherent as polr voorgestel soos die yin/yan in

    Taosme of Venturi se n-n-benadering: Postmodern cultural works are often

    double coded carring meaning on two levels (Grenz 1996:20; Powell 1998:151).

    Postmodernity can produce a lot of paradoxes (Celek & Zander 1996:51). Die

    Monte Casino in Johannesburg is ? dobbelhuis sowel as ? inkopiesentrum onder ?

    dakillusie van dag en nag, met ? plattelandse Italiaanse gevoel. Die teenoorgestelde

  • 60

    polariteite maak egter deel van een geheel uit en word gesamentlik hanteer. Die

    beklemtoning van die een pool bo die ander lei tot die f-f-benadering van die

    modernisme. Die films Pulp Fiction en Natural Born Killers is voorbeelde van hoe

    wreedheid met tong-in-die-kies humor uitgebeeld word.

    Die keersy van pluraliteit is individualiteit: Die mens raak nou self mondig. Hierdie

    mondigwording was die geboorteplek van die modernisme en het tot die opkoms van

    die postmodernisme gelei. Die werklikheid van pluraliteit word veral binne ? Suid-

    Afrikaanse konteks as ? morele krisis beleef. Haat binne hierdie konteks sou

    beteken dat ek eis dat iemand soos ek moet wees, veilig, voorspelbaar en in

    werklikheid ? clich. Daar is ? wye verskeidenheid van dikwels konflikterende

    sienings oor religieuse, morele en politieke sake. Hierdie pluraliteit blyk ook duidelik

    uit die verskeidenheid van metodologie en benaderings waarbinne elkeen hierdie

    krisis probeer vertolk.

    Die moderne pluralisme het binne die meta-taal van feite en die wetenskap tot stand

    gekom. Dit het aanleiding gegee tot ? gefragmenteerde pluralisme waar die een

    waarheid teenoor die ander verhef is. Die uitwerking van sulke absolute waarhede

    het tot onderdrukking en uitbuiting gelei. Postmoderne pluralisme vra vir ? groter

    openheid en bewustheid van die andersheid van verskeie multi-etniese en multi-

    linguistieke gestaltes binne die religie. Diversiteit word gevier. Relatiwisme word

    aanvaar as die natuur van die mens en dat daar nie meer ? middelpunt is waaruit die

    mens lewe nie. Dit sal beteken dat niemand dan iets hoef op te gee of te verloor

    deur iemand anders se opinie te erken nie (Lyotard 1984 26). Enige poging om

    Christologie te formuleer binne ? postmoderne konteks sal moet rekening hou met

    die epistemologiese pluraliteit. Die groot vraag wat teolo moet beantwoord, is: Is

    the presence of the Spirit to be found exclusively in Christ as Christians claim?

    (Newbigin 1989:38).

    ? Uitvloeisel van fragmentasie is dat die sosiale identiteit nie meer beperk kan word

    tot die totalitre enkel-ekonomiese-klas-sisteem nie. Minderheidsgroepe speel ?

    belangrike rol en die mens begin meer in individuele sake as die grootskaalse party-

    politiek belangstel. Voorbeelde hiervan is die betoging van vrouens in Indi wat

    hulleself wou verbrand as protes teen die Mejuffrou Wreld kompetisie, die

  • 61

    Amerikaanse verkiesing wat oorheers word deur aborsie, asook die debatte deur

    blanke Britse parlementslede wat kapsie maak teen Amerikaanse rap lirieke.

    Die postmodernis sal skepties bly oor globalisering waar universele idees soos in die

    moderne tydperk op mense afgedwing word. Die droom van ? Utopia word met die

    politiek van die hier en nou vervang.

    Die mens beleef ook fragmentasie in homself deurdat hy ? masjien-mens word. Die

    vraag moet gevra word of hy masjien of mens is. Films soos Bladerunner, The

    Terminator, Robocop en Demolition Man is voorbeelde hiervan. Silikoon, pas-

    aangers, kontaklense, prostetiese liggaamsdele, proefbuisbabas, die internet en

    vele meer het die mens in n half-robot verander. Die vraag word onwillekeurig

    gevra: Wat maak die mens humaan? Wanneer is die mens mens of wanneer is hy ?

    robot?

    2.3.3.1.3 Epistemologiese Verskuiwing

    In Lyotard (1984:37,38) se boek, The Postmodern Condition, kondig hy die val van

    die meta-verhale, wat gefundeer word in universele, transendentale waarhede, aan.

    Hy wys op die manipulatiewe waarheidsaansprake van die moderniste. Vir baie lank

    het die kerk die lees- en verstaanproses van die Bybel binne dogmatiese raamwerke

    gemonopoliseer (Coetzee 2002:6). Habermas (1987:355) het, in teenstelling

    hiermee, die groot verhale erken, maar ook dat dit alleen sin kan gee binne ware

    humaniteit.

    Een van die groot wagwoorde binne die postmodernisme is holisme, ? poging om die

    versplinterings van modernistiese denke bymekaar te bring. Postmodernistiese

    filosowe het kritiek gelewer teen die modernistiese denke wat poneer dat die mens

    deur sy redelike vermons in staat gestel word om sy lewe outonoom te bepaal en

    die wreld deur middel van wetenskaplike kennis te beheers. Objektiewe waarheid

    word vervang met subjektiewe waarheid binne ? postmodernistiese samelewing. Die

    desentralisering van die subjektiewe self veroorsaak dat daar ? groter

    verdraagsaamheid teenoor verskillende subjektiewe waarhede is. Die materile

    bestaan slegs binne die gedagtes van die mens: esse est percipi, to be is to be

  • 62

    perceived. Die verskrikking van moderne oorlo, die vernietiging van die natuur en

    die onkontroleerbaarheid van die tegnologiese ontwikkeling, het die fondamente

    geword waarop die protesfilosofie bedryf is. Kritiek is veral gelewer teen die menslike

    outonomie en die daarmeegepaardgaande universele pretensies wat lei tot totalitre

    aansprake en op sy beurt tot die onderdrukking en uitsluiting lei van alles wat nie plek

    het binne die modernistiese rasionaliteit nie. Die kerk word baie negatief binne so n

    milieu ervaar: They perceive the church to be a telling institution, not a listening one

    (Regele 1995:100). Die kritiek teen die modernistiese rasionaliteit was nie op

    rasionaliteit as sodanig gerig nie. Dit is gerig op die vorm van rasionaliteit wat nie

    erns met die konteks van kennis maak nie, waar menslikheid ten koste van

    waarheidsaansprake vergruis is. Die enigste oorlewing word gesien as ? holistiese

    of deelnemende bewussyn en ? gepaardgaande sosio-politieke beweging,

    verwetenskaplik en totalitr gekontroleerd.

    Die wreld word vandag gesien as ? global village. Kommunikasie en netwerke

    maak dit moontlik om vinnig met verafgele plekke in aanraking te kom. Dit

    konformeer die mens met die pluraliteit van religieuse tradisies wat elkeen op

    geloofwaardigheid aanspraak maak. Die ervaring dat die wreld kleiner word, is ook

    die ervaring van many faiths, all c laiming to be true (Cox 1984:223).

    Waarheidsfanatisme het in die verligtingsera hoogty gevier. Dit het soms tot

    bloedvergieting en geweld gelei. Eksklusiewe monisme het gelei tot Heilige Oorlo.

    Lundin (1993:38) beskryf Nietzsche se betoog soos volg:

    For Nietzsche and his ideological descendents, all knowledge is a matter

    of perspective, that is, it is an issue of interpretation, and all

    interpretations are lies. It would be impossible for matters to be

    otherwise, Nietzsche would argue, because the only relationship of

    language to reality, of words to things, is that which has been

    established by acts of violence and through the agencies of habit and

    convention.

    Die mens het sy vertroue in die waarheid verloor. Alle godsdienste word eerder as

    ewe normatief beskou en is essensiel dieselfde. Kennis is kontekstueel en bestaan

    uit deelwaarhede. Daar is verskeie perspektiewe op die waarheid moontlik sonder

  • 63

    dat die een perspektief meer waar as die ander is (Brueggemann 1993:10). Die

    vraag is nie meer soseer of die teorie reg of verkeerd is nie, maar eerder wat die

    uitkoms van die teorie sal beteken. Die Historiese bronne word nie meer beskou as

    data en bewys nie maar eerder as moontlikhede van ? verskeidenheid van

    interpretasies.

    Tieleman (1995:94) wys daarop dat Derrida en ander filosowe gepleit het vir die

    kontekstualisering van verstaan. Derrida het ook verder gegaan en gereken dat die

    teks nooit ? vaste betekenis het nie.

    Die leser verdwyn in die teks

    Die teks word die leser en die leser word die teks

    Reader (Smith 1994:119)

    Sonder die leser of die hoorder het geen teks ? vaste betekenis nie. Die waarheid

    word eerder gesien as ? verhouding tussen leser en teks. Die Moderne-projek het

    taal as representasie van die werklikheid gesien. Taal het geen onties-deiktiese

    waarde gehad nie en taal staan nie buite die denke nie, maar is die denke

    (Bohnen 1981:10). Waarheid is nie staties nie, maar dinamies en word mede-bepaal

    deur die voorveronderstellings, religieuse agtergrond en die kulturele erfenis wat die

    persoon na die Bybel toe bring (Coetzee 2002:7). Dit staan lynreg teenoor die

  • 64

    klassieke hermeneutici wat van mening is dat daar wel ? vaste betekenis van die teks

    is. Derrida het die begrip dekonstruksie gebruik om hierdie dilemma aan te spreek.

    Dekonstruksie word instrumenteel om die invloedryke konsepte wat mense se lewens

    beheer, te verbreek. Rorty (1980:7) wys daarop dat die val van die verligtingsera die

    konsolidasie van hermeunetiek beteken: Hermeneuticsis what we get when we

    are no longer epistemological.

    Wittgensteiniaanse fidesme sien die epistemologie in die lig van sy taalspel-begrip

    waar religieuse diskoers ? eiesoortige kriteria vir betekenis en waarheid het.

    Hiermee wil Wittgensteiniaanse fidesme onder andere s dat die betekenis en

    waarheid van die religieuse diskoers slegs as sodanig sal blyk vir diegene wat

    daaraan deelneem (Louw 1995:99). Intertekstualiteit het n bekende term geword om

    die hermeneutiek binne taalspel te plaas. In Wittgenstein se woorde is daar n

    familieverhouding waarbinne die teks staan. Bohnen (2000:75) beskryf hierdie

    hermeneutiek soos volg:

    The view of the text, not as a self-contained structure but as differential

    inter-network, not structures of presence, but traces and tracings of other

    texts, has gained some support amongst New Testament scholars over

    the past decade. Engagement with biblical texts is thus much more than

    just historical description and explanation. The reader, considered as

    semantic and semiotic position, plays a pivotal role in enlarging and

    augmenting the text through an act of framing.

    Derrida het egter die term intertekstualiteit baie min gebruik, maar het dit sterk

    ondersteun deur sy gebruik van taalspel. Volgens Derrida is taal die enigste toegang

    tot ? teks. Die lewe bestaan uit tekstuele en linguistiese taal: We live, move and

    have our being in language (Lyotard 1984:15). Hy wys daarop dat alle waarheid

    slegs deur ? ingewikkelde proses ontrafel kan word. Woorde is egter leenwoorde; dit

    behoort eintlik aan ander en word nooit uit n persoon self ontleen nie. Pasco (in

    Bohnen 2000:78) stel dit so: Speaking and writing are acts of respeaking and

    rewriting or inserting texts within some network. Kennis word gesien as relasioneel

    en afhanklik van die verbande waarbinne dit staan. ? Art pro arte-benadering (kuns

  • 65

    net om die kuns) word as minder sinvol beskou as kuns wat ? groter samehang

    erken en verbeeld.

    Die outonomie van die teks as onaantasbare eenheid en die skepper van die teks as

    die enigste betekenisgewer, staan onder verdenking terwyl die gebruiker ? groter rol

    in die betekenisgewing kry. Daar word selfs van die dood van die outeur en

    hergeboorte van die leser gepraat. Bonta (1979:232) stel dit soos volg: People

    want to see their own meanings in the enviroment with their own systems of values,

    shaped by the expressive systems that they share with their community but not

    necessarily the designer. Die outeur se dood word voortgestu deur die feit dat hy

    nie beskikbaar is vir gesprekvoering nie. Die outeur kan ook nie die interpretasies

    verdedig wat die mense van sy werk maak nie. Woorde genereer vry betekenisse

    wat niemand kan beheer nie en die woorde van die outeur verbeeld meer die kultuur

    en die produk van taal as sy persoonlike intensie. Die postmodernis ontken nie die

    aandeel van die skrywer nie, maar pleit dat daar nie soveel geloof in die outeur

    geplaas moet word nie.

    Die massamedia het ? nuwe virtuele wreld geskep waarbinne fiksie en waarheid as

    sinoniem beleef word. Die mens sien homself as tegnologies-humaan. Umberto Eco

    verwys na die massamedia as frantic self-referentiality en Jean Baudrillard verwys

    na beelde that bears no relation to any reality whatever: It is its own pure

    simulacrum (Ward 1999:59). Vir Baudrilllard is die postmodernisme a flow of ultra-

    technological images in a consumerist hyperreality across a mediascape or

    mindscreen to which we can only passively surrender (Powell 1998:149). Televisie

    het ? grootheid in homself geword en staan los van die werklikheid rondom hom. Vir

    Eco en Baudrillard is die media net in gesprek met hulleself. Eco noem dit Neo-TV

    en verwys na voorbeelde soos:

    Chat shows, award ceremonies, TV news items about TV celebrities, TV

    documentaries about the making of TV, TV quiz about TV shows, TV

    shows about public complain or praise TV shows, out-takes shows, ads

    which recycle old ads, airing lost episodes of old sit-coms, animals that

    have been captured for the first time on camera (Ward 1999:58).

  • 66

    Iets word nuuswaardig of kry waarde omdat dit op TV verskyn het. Die beelde wat

    beleef word is verwyderd van die werklikheid. Baudrillard verwys na die duur brand

    name sneakers wat almal dra alhoewel bitter min mense wat dit koop wel sport

    beoefen. Hy wys daarop dat verskillende kossoorte soos tradisionele kos,

    gesondheidskos, dieet-kos, eksotiese kos, tuisgemaakte kos en natuurlike kos

    gekoop word op grond van die tipe persone wat mense dink hulle is. Die beeld wat

    mense van hulleself het staan nie los van hulle daaglikse identifikasie met

    byvoorbeeld die media, tydskrifte en musiek nie. Hy noem hierdie die wreld van

    simulasie:

    Everything is destined to reappear as simulation. Landscapes as

    photography, women as the sexual senario, thoughts as writing, terrorism

    as fashion and the media. Things seem only to exist by vitue ot this

    strange destiny. You wonder whether the world itself isnt just here to

    serve as advertising copy in some other world (Baudrillard aangehaal deur

    Ward 1999:67).

    Daar is geen verband tussen die horlosie en die branding nie

    Citizen Watches (Harvey 1999:64)

  • 67

    2.3.3.1.4 Kuns

    Die premoderne kunsbeskouing het aangesluit by die Skoonheidsleer, waar geglo is

    dat God hom altyd openbaar in die vorm van skoonheid en dat skoonheid inherent

    goed is omdat dit van God af kom. Snyman (1982:308) beskryf dit soos volg:

    Ever since Plotinus, goodness and beauty have been identified with God.

    Within the Christian tradition since Augustine, and especially under the

    infuence of the light metaphysics of high Scholasticism, the following two

    approaches also within the intellectual pattern of Calvinism found

    fruitful ground: God reveals himself always/only in the form of beauty.

    The beautiful, because it is one of the vestiges of the Divine, is by

    definition always/only the good.

    Die tydperk van die Renaissance / Humanisme en die Reformasie het egter ? nuwe

    tydvak in die kuns ingelei. Die kosmologiese denke oor skoonheid is nie oorboord

    gegooi nie, maar verder ontwikkel. In plaas van op die artes liberales , begin die

    fokus nou val op die beaux arts (skone kunste) (Strydom 1991:325). Die skilderkuns,

    beeldhoukuns, argitektuur, musiek en digkuns (beaux arts) het die toneel begin

    oorheers. Die Middeleeue het die skeppingsteologie ontwikkel terwyl die

    Renaissance die teologie gesekulariseer en die mens as die skone verklaar het

    (Snyman 1982:204). Die mens staan nie meer in diens van die kerk nie, maar is vry

    om in die diens van sy kuns te staan. Dit het gegaan om lart pour lart, om kuns ter

    wille van kuns te ervaar. Wolterstorff (1980:21) noem dit die institution of high art.

    Kort voor lank was die toneel oorheers deur ? kontra-rasionele stroom van abstrakte

    ekspressionisme, wat ook geboorte gegee het aan die pop-beweging en die

    happening-kultuur van die sestigs (Strydom 1991:330-331). Die ontnugtering van

    die rasionele mens met sy werklikheidswetmatighede, die wetenskap- en die

    masjienmens het onder verdenking begin staan. Hierdie kultuur-in-ontwikkeling het

    in die kunswreld vrae begin vra na die romantiek en nie net na die rasionele nie, na

    die mistiese en nie net die wetenskaplike nie en na die egte en nie net die

    gestandaardiseerde mens nie.

  • 68

    Johnson (1994:87) reken dat die postmodernisme sy ontstaan binne die kuns gehad

    het. Die mees visuele uitdrukking vind plaas binne ? elektriese styl van kuns en

    argitektuur. Die postmodernisme is die vertrekpunt weg van funksionele staal en glas

    skyscrapers na funksionaliteit eerder as styl. Daar word wegbeweeg van taal na

    betekenis. Betekenis word eerder aan simbole gegee. Moderne teolo het die

    Christelike geloof gesien as n poging om binne die rasionele debat homself te

    verantwoord. Binne die postmoderne kultuur word die taal van idees met die medium

    van simboliek en beelde vervang.

    Lundin (1993:196) wys daarop dat Christian aestheticians have often argued that,

    yes, science and philosophy do accurately describe the rational and emperical side of

    human experience, but those disciplines fail to do justice to the sphere of the intuitive

    and the imaginative. Kant het hierdie kreatiwiteit gesien as reflektiewe oordeel wat

    slegs berus op illusies. Vir Rorty (1982:143) bestaan die tekstualisme in die

    twintigste eeu slegs as literre genres. Die filosofie en die wetenskap word slegs as

    literre werke gesien: It is the feature of what I shall call literature that one can

    achieve success by introducing a quite new genre of poem or novel or critical essay