jaargang 55 uitgawe 611 die...ons het amper r18,000 ingesamel met eredienskollekte in die laaste ses...

20
Oktober 2019 Jaargang 55 Uitgawe 611 dankiemaand

Upload: others

Post on 16-Jul-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Jaargang 55 Uitgawe 611 Die...Ons het amper R18,000 ingesamel met eredienskollekte in die laaste ses maande. Dit het ‘n Dit het ‘n daling getoon van 10%, en dit terwyl ons oggendbywoning

Oktober 2019 Jaargang 55

Uitgawe 611

dankiemaand

Page 2: Jaargang 55 Uitgawe 611 Die...Ons het amper R18,000 ingesamel met eredienskollekte in die laaste ses maande. Dit het ‘n Dit het ‘n daling getoon van 10%, en dit terwyl ons oggendbywoning

uit die

2

Oktober, die mooiste mooiste maand. Maar vir party van ons is dit swaar en moeilik om in dié tyd ons oë te wil oopmaak in die oggende. Daar is soveel rede om te huil of kwaad te wees. Daar is soveel mense wat lelik is en afknouerig is en wat hulleself wil laat geld. Tog is daar vir my in dié tyd iets wat my opval en dis iets wat ek nou al ‘n paar keer genoem het op die kansel, en dit is dat ons “LUISTER” nie. Ons hoor wel maar ons “LUISTER” nie. Mens kan dit seker omdraai en sê: Die mense luister wel na die preek maar “HOOR” nie, maar dis nie nou ter sake nie. Wat wel belangrik is, is dat ons sien en tog sien ons nie, ons hoor en tog hoor ons nie: Matteus 13:13-17 Om hierdie rede praat Ek met hulle in gelykenisse: omdat hulle kyk maar nie sien nie, en hoor maar nie luister en verstaan nie. In hulle geval word die profesie van Jesaja vervul wat sê: ‘Julle sal hoor en hoor en tog niks verstaan nie, en kyk en kyk en tog niks sien nie. Hierdie volk se verstand is afgestomp: hulle het hulle ore toegedruk en hulle oë toegemaak sodat hulle nie met hulle oë kan sien en met hulle ore kan hoor en met hulle verstand kan verstaan en hulle bekeer, en Ek hulle gesond maak nie.’ Maar julle oë is bevoorreg dat hulle sien, en julle ore dat hulle hoor. Dit verseker Ek julle: Baie profete en gelowiges wou graag sien wat julle sien, maar het dit nie gesien nie, en wou graag hoor wat julle hoor, maar het dit nie gehoor nie.

Pastorie

Page 3: Jaargang 55 Uitgawe 611 Die...Ons het amper R18,000 ingesamel met eredienskollekte in die laaste ses maande. Dit het ‘n Dit het ‘n daling getoon van 10%, en dit terwyl ons oggendbywoning

3

Ons hoor by mense hoe die Here mense gesond maak en werk gee en help om deur te kom – natuurlik help Hy die wat hulleself wil help. Hy sê maklik: Spreuke 6:6 - Gaan kyk na die mier, luiaard, kyk hoe hy werk, en leer by hom. En sê Hy ook: Filippense 2:12 - Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing; Ons hoor nie meer as die Here ons waarsku nie. Ons hoor nie meer as die Here vir ons vertel hoe lief Hy vir ons is en dat ons op Hom moet vertrou nie. Ons hoor nie meer as die Here vir ons sê dat ons op Hom kan vertrou nie. Ons hoor nie as die dominee vir ons preek nie, of die vader of moeder ons wil vermaan nie. Nee, ons sal liewers baklei en ons kinders beskerm terwyl hulle eintlik skuldig is. Ons maak kinders groot wat nie sal oorleef in die wrede wêreld nie. My liewe broer en suster, wat moet ons maak om u tot stilstand te dwing sodat u kan hoor dat die Here u wil help en die donker wolke wil wegvat en die son weer vir u wil laat skyn? Kom ons bid saam dat ons kan hoor wat die Here vir sy gemeente in Quaggapoort wil sê. Groete,

Ds Christo en Antoinette.

Dit maak my bekommerd oor ons uitkyk op die lewe. Die Bybel en Jesus sê vir ons dat Hy ons gebede verhoor. Ons hoor dit maar ons hoor dit nie. Baie van ons het al soveel wonderwerke gesien, maar tog sien ons nie dat die Here wonderwerke doen in vandag se tyd nie.

Page 4: Jaargang 55 Uitgawe 611 Die...Ons het amper R18,000 ingesamel met eredienskollekte in die laaste ses maande. Dit het ‘n Dit het ‘n daling getoon van 10%, en dit terwyl ons oggendbywoning

vir óns mense Bid

Isabel de Ridder het ‘n voetoperasie ondergaan; Johan de Ridder se mammie se gesondheid gaan ook agteruit. Sy neef was ook in vir ‘n operasie; Estelle Swart se kleinseun was siek; Oom Robbie Rademeyer het steeds uitdagings met sy gesondheid; Dirk de Vos is baie ernstig siek; Amory en Ryan Croucamp was beide in die hospitaal; Theuns Steenkamp moet gaan vir oogoperasies; Pieter de Villiers moet ook ‘n oogoperasie ondergaan; Christa Scheepers (ons orrelis) was ook siek met brongitis; Daar is mense in ons gemeente wat ‘n stryd voer met kanker. Bid asseblief voortdurend vir hulle: Annatjie Swanepoel, Eugene Marx en Eugenie Bergh;

Hou mense met pyn, hartseer en ander uitdagings voortdurend in ons gebede; Bid dat God ons gemeente sal seën en versterk, en ook dat Hy ons eiendom sal beskerm; Bid asseblief vir ons DANKSEGGINGSEISOEN sodat God ons sal seën met dit wat ons gemeente nodig het om te oorleef.

4

Here, hoor my stem…

Page 5: Jaargang 55 Uitgawe 611 Die...Ons het amper R18,000 ingesamel met eredienskollekte in die laaste ses maande. Dit het ‘n Dit het ‘n daling getoon van 10%, en dit terwyl ons oggendbywoning

5

‘n jaar ouer! 1 Oktober Anna Alberts

Hendrina Meintjies

2 Oktober Linda Jacome

3 Oktober Dirk Barnard

Mario Denner

4 Oktober Christa Scheepers

5 Oktober William Wheeler

7 Oktober Marilu Struwig

Antoinette Wandrag

9 Oktober Andries Boshoff

Hermanus du Plessis

10 Oktober Barend Robbertze

Tilana Swartz

12 Oktober Christiaan Bossert

Daniele Lombard

14 Oktober Cornelius Botha

15 Oktober Thea Pretorius

Christo Saunders

Johan Saunders

16 Oktober Carel Muller

Mia Oosthuizen

17 Oktober Martin Prinsloo

19 Oktober Rina Gouws

Elizabeth Henning

20 Oktober Edward Gorman

21 Oktober Stoffelina Nicholson

Petru Steynberg

22 Oktober Danelle Edwards

Hetsie Strydom

23 Oktober Rika Myburgh

Elize Zowitskey

24 Oktober Hannelie Janse van Vuuren

Jacobus Nel

26 Oktober Jennifer Delport

28 Oktober Pieter Muller

Louis Peens

29 Oktober Eddie Cordies

Jayjay Louw

31 Oktober Petro Jacobs

Johann Peens

Page 6: Jaargang 55 Uitgawe 611 Die...Ons het amper R18,000 ingesamel met eredienskollekte in die laaste ses maande. Dit het ‘n Dit het ‘n daling getoon van 10%, en dit terwyl ons oggendbywoning

6

Dit is kenmerkend dat ons in die Nuwe Testament die opdrag: Wees dankbaar!, teëkom (Kolossense 3:15). Dankbaarheid is dus nie 'n gemoedstemming wat bloot aan spontaneïteit oorgelaat word nie. Dit is blykbaar nodig dat ons tot dankbaarheid aangespoor word. Hoe ons tot egte dankbaarheid kan kom, word duidelik as ons die Griekse woord wat in die Nuwe Testament vir "dankbaarheid" gebruik word van nader bekyk. Dit is gevorm uit 'n ander Griekse woord, naamlik die woord "genade". Die woord "dankbaarheid" lui in die Grieks eucharistia. Laasgenoemde Griekse woord herinner aan die woord "eucharistie". Dit is 'n minder bekende Afrikaanse woord vir die nagmaal, die maaltyd wat by uitstek die fees van dankbaarheid is. Die woord “genade” lui in die Grieks charis. As ons die twee woorde eucharistia en charis langs mekaar plaas, sien ons duidelik die verwantskap. Die woord eucharistia is uit die woord charis gevorm. Die dankbaarheid word uit die genade gebore. Dankbaarheid beteken eintlik "om van genade te spreek". Ons kom die woord "genade" omtrent nêrens in die Nuwe Testament teen sonder om aan Jesus herinner te word nie. Ons kry alle goeie dinge in die lewe uit genade omdat Jesus dit deur sy lewe, sterwe en opstanding moontlik gemaak het. Die verband tussen al die goeie gawes wat aan ons gegee word en Jesus se lewenswerk word treffend verwoord in Romeine 8:32: "Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie?" Alle dinge word aan ons geskenk saam met Hom, uit genade. Agter alle dinge wat aan ons geskenk word, staan die selfoorgawe van die Seun. As ons dit kan raaksien, word ons dankbaar. Al die goeie dinge wat ons ontvang, word nie vanselfsprekend ons deel nie. Vanselfsprekendheid is die doodsteek van dankbaarheid. Dankbaarheid groei net in die grond van genade. Oktober is elke jaar dankbaarheidsmaand in baie gemeentes. In hierdie maand word jy veral opgeroep tot dankbaarheid. Natuurlik wil ons jou aanmoedig om jou dankbaarheid te toon deur 'n spesiale finansiële bydrae te maak vir jou gemeente se werksaamhede. Die besluit berus egter by jou oor hoe jy jou dankbaarheid wil toon. Die belangrikste is: Wees dankbaar! Vind maniere om uitdrukking te gee aan jou dankbaarheid. Groete ERIC SCHOLTZ NG Gemeente Lynnwood 4 Oktober 2019

dankiemaand

Page 7: Jaargang 55 Uitgawe 611 Die...Ons het amper R18,000 ingesamel met eredienskollekte in die laaste ses maande. Dit het ‘n Dit het ‘n daling getoon van 10%, en dit terwyl ons oggendbywoning

Vandag het ek weer die geleentheid, soos 6 maande gelede, om verslag te doen van ons

gemeente se stand van finansies.

Die samestelling van die portefeuljes het ek die vorige keer verduidelik, en gaan dit nie weer

herhaal nie. Indien u vrae hieroor het, kan u gerus met my kom gesels.

Eerste kyk ons na ons inkomstes

Onthou asseblief dat die bedrae vir die volle tydperk van 6 maande is, van 1 Maart tot 31

Augustus, en bedrae per maand nie.

Op die bord sal u verlede jaar se syfers sien teenoor dieselfde tydperk hierdie jaar.

Alhoewel hierdie nie ons grootste bron van inkomste is nie (en dit behoort eintlik te wees) is dit

vir seker ons belangrikste:

Ons het amper R18,000 ingesamel met eredienskollekte in die laaste ses maande. Dit het ‘n

daling getoon van 10%, en dit terwyl ons oggendbywoning met omtrent 20% afgeneem het in

net ‘n jaar se tyd;

Ons maandelikse dankoffers wat direk in die bank of by die kantoor inbetaal word, was net

onder R35,000 – Dit toon ‘n daling van 16%, ten spyte van ons hoop dat gereelde bydraes met

10% sou verhoog. Ons het wel gesien van verhoogde bydraes, maar ook ongelukkig van

lidmate wat glad nie meer bydra nie;

In dieselfde asem het ons bydraes wat uit wyke kom waar kollektante of diakens lidmate gaan

besoek, met 12% verhoog, en kon ons net meer as R41,000 daar insamel. Hiervoor is ons

baie dankbaar.

Ons volgende groepie inkomste lyk so:

Ons het net oor R50,000 verdien aan rente uit ons beleggings, wat 3% minder was as laasjaar;

Ons uitreik en donasies het byna totaal en al verdwyn. Die rede hiervoor is dat ons hierdie tyd

verlede jaar donasies van R31,000 gehad het van buite die gemeente, wat ons hierdie jaar nie

het nie. Dit het ons nogal redelik geaffekteer;

Uit gasvryheid het ons R3,600 verdien, 25% minder as verlede jaar. Dit sluit verkope in van die

Padkafee asook die LiG-tydskrif se verkope;

7

Finansiële Verslag vir 6 maande geëindig: 31 Augustus 2019

Page 8: Jaargang 55 Uitgawe 611 Die...Ons het amper R18,000 ingesamel met eredienskollekte in die laaste ses maande. Dit het ‘n Dit het ‘n daling getoon van 10%, en dit terwyl ons oggendbywoning

8

Ons huurinkomste se bedrae lyk effens buitensporig met daardie 300% verhoging. Alhoewel ons wel

heelwat meer verdien uit die uithuur van ons fasiliteite aan twee ander kerkgroepe, word die

huurinkomste van die pastorie nou ook op korrekte wyse aangeteken. Dit is voorheen afgeskryf teen

‘n Diens van Barmhartigheidsrekening, en nie as huurinkomste getoon nie. Die dubbel-

inskrywingreël geld nou ook hier, en daardie Diens van Barmhartigheidsrekening bestaan nie meer

nie;

Ons het na die groot inbraak hier in die kerkgebou ‘n versekeringseis ingestel, en byna R20,000

daaruit ontvang. Ons het nie ‘n wins hieruit gemaak nie, en die volle bedrag is aangewend om die

toerusting te vervang.

Dan verwys ek nou na “virtuele syfers”:

Dit is basies bedrae wat as inkomstes en uitgawes aangedui is in ons boeke, maar as’t ware net

oorplasings was tussen ons eie rekeninge. Ons moes baie van ons geldmarkfonds se geld gebruik

ter wille van onvoorsiene uitgawes, uitgawes waarvoor ons nie begroot het nie, of selfs om vir

alledaagse uitgawes te voorsien.

Die kleiner bedrae van verlede jaar was hoofsaaklik geld uit die bankrekening om die kleinkas aan te

vul. Ons doen dit ook nie meer op hierdie manier nie, meestal om bankkoste te spaar.

Ons moet hierdie “virtuele syfers” as inkomstes en uitgawes sodanig aandui, anders sal ons boeke

nie klop nie.

As ons dan na ons totale inkomste kyk vir die eerste helfte van die jaar, lyk dit so:

Ons het in totaal ‘n bedrag van R317,849-70 ontvang. Dit sluit dan die “virtuele syfers” in. Ons is 5%

onder ons begroting, maar ons het steeds 33% meer as verlede jaar ingesamel. Dit is ongelukkig as

gevolg van die oorplasings tussen rekeninge.

As ons die oorplasings uit die prentjie haal, lyk dit heelwat anders:

Dan verander ons totale ware inkomste na R238,019-70, wat beteken ons is eintlik 29% onder ons

begroting. Maar steeds het ons 14,5% meer ingesamel as verlede jaar.

As ons na ons uitgawes kyk, lyk dit so:

Ons 3 grootste uitgawes, is SALARISSE, STADSRAAD en INSTANDHOUDING:

Ons salarisse het toegeneem met 43%, alhoewel ons personeel net ‘n 6% verhoging gekry het. Dit is

ook as gevolg van ‘n inskrywingsreël wat nie in die verlede gevolg is nie. Die Diens van

Barmhartigheidsrekening wat vroeër genoem is, is nou vervang met ‘n Salarisrekening, omdat die

werk wat die amptenaar doen, gebalansseer word met die huur van die pastorie. Ons het dus

R156,000 in totaal aan salarisse spandeer;

Die stadsraadrekening het ook met 35% verhoog. Dit is nie net te wyte aan die jaarlikse

energieverhoging nie, maar ook aan die 4 ekstra dae per week wat die kerkfasiliteite gebruik word

deur die ander twee kerkgroepe. Wat gerusstellend is, is dat hierdie huurinkomste genoeg is om ons

volle water- en ligterekening elke maand te betaal;

Page 9: Jaargang 55 Uitgawe 611 Die...Ons het amper R18,000 ingesamel met eredienskollekte in die laaste ses maande. Dit het ‘n Dit het ‘n daling getoon van 10%, en dit terwyl ons oggendbywoning

9

Ons instandhouding en sekuriteit was die grootste sondebokke hoekom ons van ons ander

rekeninge geld nodig gehad het. Ons het die dak herstel wat ons R29,000 gekos het, en die alarm

laat installeer wat ons byna R10,000 gekos het. Dit sluit ook skade in uit die vele inbrake wat ons

gekies het om nie van die versekering te eis nie;

Ons koste vir administrasie het met 25% toegeneem. Dit sluit die huur van die fotostaatmasjien in,

asook al die drukwerk, en die aankope wat gemaak word vir benodigdhede, tee, koffie,

skoonmaakmiddels, en natuurlik die LiG-tydskrifte. Ons het die besluit geneem om nie hier te veel

kostes te bespaar nie, want dis nodig om skoon te maak, en die kuier rondom tee en koffie na

eredienste is belangriker as wat ons dalk dink. Ons sal wel die fotostaatmasjien se huur weer

oorweeg na die kontrak oor twee jaar verstryk. Hierdie kostes sluit ook ons bydraes in wat ons aan

die Ring en Sinode moes betaal;

Die kostes wat aangegaan is vir ons inventaris, was meestal die versekeringseis se geld wat ons

gebruik het om die toerusting aan te koop wat gesteel is tydens die inbraak;

U sal sien dat ons bankkoste met meer as die helfte verminder is. Die rede hiervoor is dat ons nie

meer kontant bank nie. Ons wend die kontant aan om die kleinkas aan te vul, en om rekeninge

eerder met die kontant te gaan vereffen. Ons kon byna elke maand se stadsraadrekening kontant

gaan betaal. Ook die kleiner rekeninge soos die fotostaatkostes, LiG-intekening, en selfs van ons

CMR bydraes kon ons met kontant gaan betaal. Natuurlik word die tuinwerker en orrelis se

vergoeding ook in kontant betaal. Dus maak dit ‘n groot verskil op ons bankkoste;

Aanbiddingskoste is meestal lisensiegelde vir die projeksie van die Liedboek en ander liedere, asook

die lisensie vir ons lidmate-databasis. Ons gebruik ook hierdie geld om doopbybels en ander boeke

aan te koop. Ons kan nie werklik hierop spaar nie;

Ons uitreik-koste het met 17% verhoog. Hier het ons R5,800 aan die CMR betaal wat ons laasjaar

nie gedoen het nie. Dus is ons alimentasie-koste ongeveer R4,000 minder as verlede jaar;

Gasvryheid se koste het ook heelwat verhoog. Dit is waar aankope gedoen is vir funksies of

vergaderings, en kostes vir die Daniël- en Estherkonferensies.

In totaal het ons R346,691-41 aan uitgawes spandeer in die eerste helfte van die jaar. Ons het 3%

meer spandeer as wat ons moes, en 56% meer as verlede jaar, maar ons het uitgawes gehad van

meer as R53,000 waarvoor ons nie begroot het nie.

Weer, as ons die “virtuele syfers” of oorplasings buite berekening laat, verander dit die prentjie

ietwat. Dan het ons ‘n total van R331,691-41 spandeer, wat darem 1% onder die begroting is, maar

‘n skokkende 68% meer as verlede jaar, maar met dieselfde bedrag uitgawes waarvoor daar nie

begroot was nie.

Page 10: Jaargang 55 Uitgawe 611 Die...Ons het amper R18,000 ingesamel met eredienskollekte in die laaste ses maande. Dit het ‘n Dit het ‘n daling getoon van 10%, en dit terwyl ons oggendbywoning

As ons nou ons huidige stand moet bereken, staan ons sake so:

Ons ly tans ‘n verlies van byna R29,000, waar ons verlede jaar hierdie tyd ‘n surplus getoon het

van R16,400. Hier kan u sien hoe belangrik daardie R31,000 donasies was wat ons laasjaar

gehad het, wat ons nou nie meer het nie.

As ons nie daardie rugsteun geld in ons geldmarkfonds gehad het nie, sou ons nou ‘n verlies

getoon het van R93,000, en sou ons nie die dak reg gemaak het nie,en sou ons nie die alarm

installeer het nie.

U sal dus sien dat die R29,000 verlies wys in ons bankrekening, want ons is tans daardie bedrag

oortrokke op ons tjekrekening. Op 31 Augustus was daar R1,041 in die kleinkas.

Behalwe vir ons geldmarkfonds, het ons beleggings nie verander nie:

Ons geldmarkfonds staan nou op R39,000;

Die Johnny Wilson-fonds is op R1,783;

Daar is R124,000 in die Van der Merwe-Studiefonds;

En ons 5-jaar beleggingsrekening is nogsteeds op R1-miljoen.

Deel van ons huidige stand is ons erediensbywoning:

Ons oggenddienste het met 20% afgeneem. Ons het tans ‘n gemiddelde bywoning van 44. Ons

aanddienste het met die helfte afgeneem, en net ‘n gemiddeld van 11 mense woon dit nou by.

Is daar opsies om dinge in ons gemeente te verbeter?

Die Kerkraad praat al geruime tyd daaroor om dalk die aanddienste te staak. Dit is nie iets wat ons

WIL doen nie! As ons ‘n kosteberekening moet doen, is ons inkomste vir aanddienste ongeveer

R400 per maand, maar ons uitgawes is R2,560. Moet ons waarlik eredienste staak as gevolg van

geld? Of moet ons eerder weer mense hier probeer kry?;

Wat kan/moet ons doen om ons erediensbywoning te verbeter? Moet ons die orrel uitsmyt en ‘n

“band” hier voor sit? Moet Ds Christo sy wyses verander, of moet ons dalk ‘n ander dominee gaan

soek?;

Wat moet ons doen aan negatiewe praatjies wat rondloop oor ons gemeente? Wat moet ons doen

om oud-lidmate wat vir ons kwaad is, te stop om ons naam by ander gemeentes te beswadder?;

Hoe moet ons ons fasiliteite beter instandhou? Hoe moet ons ‘n heining opsit wat R160,000 kos,

vir net R100,000?;

Hoe kan ons ons tuine en gronde beter laat lyk? Want as ons tuine nog meer agteruit gaan, gaan

die skinderstories vir seker erger word, want ‘n kwaad oud-lidmaat gaan net een kyk gee, en sê:

“Hemel, kyk hoe lyk dit hier…”

10

Page 11: Jaargang 55 Uitgawe 611 Die...Ons het amper R18,000 ingesamel met eredienskollekte in die laaste ses maande. Dit het ‘n Dit het ‘n daling getoon van 10%, en dit terwyl ons oggendbywoning

U sal op vanoggend se blaadjie sien wat ons nodig het vir ons tuine. Bring steggies en plante uit u

eie tuin as u dalk uitspit. Ons gaan dit vir seker iewers kan gebruik. Ons tuinwerker het nou opdrag

om 1 keer per week weer nat te maak. Ons wil graag die hele strook tuin langs Sishenstraat

oordoen – omspit, kompos gooi en dalk gras plant. So ‘n verandering kan dalk gesindhede ook

verander.

Ja! Ons kan iets doen, wat ons nie noodwendig gaan geld kos nie…

Ons het hierdie jaar nog elke maand ‘n geleentheid gehad waar u iemand kon saambring kerk toe.

Wie het wel al iemand gebring? Maak ‘n daadwerklike poging om iemand te nooi, al is dit na ‘n

“movie night”. Dit kan iemand se lewe verander, en dit kan ons gemeente se vooruitsigte verander;

As u oud-lidmate raakloop, nooi hulle terug. Van hulle gaan sê hulle sal nooit weer hulle voete hier

sit nie, maar wees dan maar eerlik, en vertel hulle hoe nodig ons hulle het. Nie vir hulle geld nie,

maar vir hulle menswees – vir die samesyn van gemeentewees;

As u weer ‘n negatiewe storie hoor, en ons daarvan wil vertel, wees dan bereid om ‘n fluitjieblaser

te wees. Ons is op ‘n sensitiewe punt waar ons wil weet wie stories oor ons gemeente versprei. As

u nie weet wie dit gesê het nie, wil ons nie daarvan weet nie. Ds Christo het ‘n pertinente punt

hiervan gemaak by die afgelope Ringsitting, en ons is oortuig dat mense voortaan hieroor

aangespreek gaan word. Maar wat baie kommerwekkend is, is dat ‘n gemeente anderkant van die

berg in so mate gegroei het dat hulle ‘n tweede leraar kan aanstel, en ons sit hierdie kant en

sukkel omdat ons mense, daar is. Moenie verkeerd verstaan nie – ons is nie bitter daaroor nie,

maar gaan mense dan werklik vir die regte rede kerk toe? Wees ‘n fluitjieblaser. Ons MOET dit

aanspreek;

As u nie geldelik kan of selfs wil bydra nie, gee u tyd, of gee u gawes. Hier is altyd iets om te doen

by die kerk, en ons het altyd hande nodig. Hier is mense in hierdie gemeente wat al letterlik hulle

hele lewe die werk in hierdie gemeente doen. Ons het waarlik hulp nodig. Dit gaan regtig nie altyd

oor die geld nie;

Maar as u wel in staat is, oorweeg asseblief om u dankoffer met net 10% te verhoog. Daar is vele

van u wat dit reeds doen na ons die vorige keer gevra het. Ons sien dit, en ons is baie dankbaar.

Maar as u gewoond is om R10 in die bordjie te gooi, probeer volgende keer R11. As u R500 ‘n

maand in ons rekening betaal, probeer van volgende maand af R550 inbetaal as u dit kan

bekostig. As u R20 tydens ‘n besoek vir ‘n kollektant of diaken gee, probeer onthou om volgende

maand R2 ekstra te betaal. Elke ekstra ronde muntstuk gaan ‘n gat kan toestop.

Vandag loods ons ons heel eerste Dankseggingseisoen. Ons pleit dat u hierdie inisiatief sal

ondersteun. Dit gaan daaroor dat ons ons boeke moet laat klop teen 29 Februarie volgende jaar.

En dit gaan oor koninkrykswerk!

11

Page 12: Jaargang 55 Uitgawe 611 Die...Ons het amper R18,000 ingesamel met eredienskollekte in die laaste ses maande. Dit het ‘n Dit het ‘n daling getoon van 10%, en dit terwyl ons oggendbywoning

12

Ons het nie meer ‘n basaar nie, want ons het nie meer hande nie, en die Padkafee vervang nie

heeltemal daardie gaping nie. Hierdie vervang ook so half die Ouer-en Kinderdankofferfees wat

ons altyd gehad het aan die begin van November.

Dus vra ons om u basaarbydraes vir ons in geldelike bydraes te maak, addisioneel tot u gewone

offergawe. Of gee vir die kerk wat op u hart lê. Ons gaan vertrou dat God ons sal voorsien met

dit wat ons nodig het om die mas op te kom.

U het ‘n koevert gekry saam met die blaadjie. As u nie een gekry het nie, sal die diakens by die

deur vir u een gee as u uitstap. Ons wil hom nie vandag terughê nie. Gaan sit hom neer daar

waar u stiltetyd hou, en bid dat die Here u sal wys wat om daarmee te doen. Die kollektante sal

ook koeverte by hulle hê as hulle weer besoek aflê. Kom gooi hom dan in die bordjie, of in die

houer hier voor, of gee hom terug vir die kollektant, of bring hom kerkkantoor toe. Ekself is elke

Saterdagoggend tussen 09:00 en 10:00 in die kerkkantoor. Kom gesels gerus met my – oor

enige iets!

Ons begin dan vandag met ons dankseggingseisoen, en ons sluit dit af op 10 November. Dan

gaan ons feesvier en dankie sê. Ons gaan as gemeente lekker saam eet. Ons sal eersdaags

lyste opsit met inligting en wat ons gaan nodig hê vir die fees. Bring u gesindheid, bring u hande

en bring u liefde!

Graag wil ons weer ‘n Kerssangdiens aanbied soos jare tevore. Dalk sal ons nie weer stoele

indra nie, maar ons kan probeer om die kerk weer vol te sit. Kyk uit daarvoor, en nooi u mense

saam op 1 Desember. Ons het reeds ‘n koor en ‘n trompet wat kom!;

En dan gewoonlik in Desember en Januarie is die offergawes waarlik die helfte minder. Ons pleit

dat u dieselfde sal gee as al die ander maande. Dis ook vir die gemeente ‘n stil tyd!

Om vir die kerk te gee, hoef nie ‘n verpligting te wees nie. En ons vra nie om te gee as u nie het

nie. Ons vra om te gee soos wat die Woord ons leer om te gee:

Deuteronomium 16:17

“Elkeen moet ‘n geskenk bring in die mate waarin die Here jou God jou voorspoedig gemaak

het.”

2 Korintiërs 8:12

“As die goeie wil daar is en iemand gee volgens wat hy het, neem God die gawe aan. Hy verwag

nie van hom wat hy nie het nie.”

2 Korintiërs 9:7

“Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want

God het die blymoedige gewer lief.”

Baie dankie dat ons mag vra. Baie dankie dat u ons gemeente dra.

God beskerm, dra en seën hierdie gemeente al vir 75 jaar, en ons sal aanhou vertrou dat Hy sal

voorsien. Want niks het eintlik verander nie!

Dankie dat u vanoggend na my gesluister het.

Page 13: Jaargang 55 Uitgawe 611 Die...Ons het amper R18,000 ingesamel met eredienskollekte in die laaste ses maande. Dit het ‘n Dit het ‘n daling getoon van 10%, en dit terwyl ons oggendbywoning

13

WARE INKOMSTE: 2018 2019 %Kollekte 19898.60 17960.90 -10Maandelikse Dankoffers 41410.00 34857.00 -16Wyke 36760.00 41350.00 12Rente verdien 51642.93 50146.50 -3Uitreik en Donasies 35159.60 1175.50 -97Gasvryheid 4924.60 3666.80 -25Huurinkomste en Geboueprojekte 17304.93 68937.00 300Versekeringseise 0.00 19926.00

"VIRTUELE SYFERS"Oorplasings uit ander rekeninge 32250.00 79830.00

TOTALE INKOMSTE 239350.66 317849.70

Nota's: 5% onder begroting33% meer verdien as in 2018

INKOMSTE, OORPLASINGS UITGESLUIT207100.66 238019.70

Nota's: 29% onder begroting14.5% meer verdien as in 2018

SYFERS TOT DIE FINANSIëLE VERSLAG6 Maande geëindig: 31 Augustus 2019

Page 14: Jaargang 55 Uitgawe 611 Die...Ons het amper R18,000 ingesamel met eredienskollekte in die laaste ses maande. Dit het ‘n Dit het ‘n daling getoon van 10%, en dit terwyl ons oggendbywoning

WARE UITGAWES: 2018 2019 %Diensverhoudinge 109317.00 156112.00 43Stadsraad 32304.45 43488.16 35Instandhouding en Sekuriteit 15310.43 60081.26 290Administrasie en Kerkkantoor 21031.85 26318.78 25Inventaris 0.00 24471.27Bankkoste en Rente 11706.94 5659.47 -52Aanbidding 7435.48 5138.30 -30Uitreik 6221.00 7277.70 17Gasvryheid 565.00 3144.47 450

"VIRTUELE SYFERS"Oorplasings terug na ander rekeninge 25944.00 15000.00

TOTALE UITGAWES 229836.15 346691.41

Nota's: 3% oor begroting56% meer spandeer as in 2018Daar was uitgawes van R53471.27waarvoor nie begroot was nie

INKOMSTE, OORPLASINGS UITGESLUIT203892.15 331691.41

Nota's: 1% onder begroting68% meer spandeer as in 2018Daar was uitgawes van R53471.27waarvoor nie begroot was nie

HUIDIGE STAND 2018 2019Oorplasings ingesluit 9414.15 -28841.71Oorplasings uitgesluit 3208.51 -93671.71

BALANSE IN REKENINGETjekrekening -29883.15

Kleinkas 1041.44

Geldmarkfonds 39655.57

Johnny Wilson-fonds 1783.28

Van der Merwe-studiefonds 124088.53

ABSA 5-jaar belegging 1000000.00

EREDIENSBYWONING 2018 2019Oggenddienste 54 44Aanddienste 22 11

14

Page 15: Jaargang 55 Uitgawe 611 Die...Ons het amper R18,000 ingesamel met eredienskollekte in die laaste ses maande. Dit het ‘n Dit het ‘n daling getoon van 10%, en dit terwyl ons oggendbywoning

15

Danksegging Vanjaar loods ons ons eerste DANKSEGGINGSEISOEN. Jy sal onthou ons het vroeërjare

groot moeite gedoen met die Ouer-en Kinderdankofferfees in November. Ons

dankseggingseisoen “vervang” nou hierdie vieringe, en omdat ons nie meer ‘n basaar

kan hou nie, is dit wesenlik belangrik om fondse in te samel vir die werksaamhede, nie

net in ons gemeente nie, maar ook in God se koninkryk. Daarom pleit ons ons lidmate

om addisioneel tot hulle gewone bydraes, ‘n bydrae te maak vir danksegging. Daar is

koeverte by die deure, en ons voeg ook een in hierdie uitgawe van “Die Kandelaar”.

Moet hom nie dadelik terugstuur nie. Sit hom neer daar waar jy jou stiltetyd hou, en

vra vir God om jou te lei, en om te gee binne jou vermoë.

En onthou, dis nie nood-

wendig geld nie. Ons het

altyd hande, hulp en liefde

nodig. Mag God u lei en

seën tydens ons dankseg-

gingseisoen!

Kom 10 November, dan

kuier ons saam by die kerk

rondom ‘n lekker bord

potjiekos. Dan vier ons fees

omdat God vir ons goed is,

omdat Hy altyd voorsien in

ons behoeftes, omdat ons

waarlik dankbaar is. Nooi

jou gesin en kom deel in

‘n lekker kuier. Kyk wat

ons benodig, en help

asseblief waar jy kan. Die

lyste is by die kerk op die

inligtingtafel. Skryf ook

jou naam daar op as julle

die geleentheid wil kom

bywoon.

Kontak ook die kerk-

kantoor, stuur ‘n SMS of

stuur sommer ‘n boodskap

op WhatsApp. Kontak-

nommers is hier langsaan.

2019

Page 16: Jaargang 55 Uitgawe 611 Die...Ons het amper R18,000 ingesamel met eredienskollekte in die laaste ses maande. Dit het ‘n Dit het ‘n daling getoon van 10%, en dit terwyl ons oggendbywoning

16

Sondag

20 Oktober 2019

18:00

Aanddiens

Skinder is uit, regtig Ek moes lag toe skoonma ons vertel hoedat ‘n haarkapper haar nou die dag vra wie die jong man is wat daar by haar kuier. Want iemand het in die haarsalon kom vertel sy het gesien hoe skoonma ‘n aanvallige jong man soen wat een aand daar by haar oorgebly het. Dat was toe al die tyd haar eie seun. My swaer slaap gereeld by haar oor as hy in Gauteng kom sake doen. Toe gaan maak iemand sy eie storie op en vertel dit met ietwat van ‘n byt oor by die haarkapper. Hoekom geniet sommige dit so om mense agter hul rug in ‘n slegte lig te probeer stel? Paulus waarsku juis die gemeente van Tessalonika om hul neus uit ander mense se sake te hou. Dit pas nie by gelowiges om stories oor ander mense te vertel nie. Nog minder pas dit by gelowiges om halwe waarhede te versin en oor te vertel. In gewone Afrikaans noem mens dit skinder. Moenie! Spreuke 20:19 – Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit; bly weg van iemand wat baie praat. Spreuke 34:13-14 – As iemand die lewe liefhet en ‘n land lewe begeer om die goeie te geniet, moet hy sy tong weerhou van kwaadpraat en sy lippe van leuens. Stephan Joubert Beeld – 26 September 2019

MISTASTING

Oumagrootjie lyk effe lusteloos en die familie

besluit om die dokter te laat kom om haar ‘n slag

van kop tot tone deeglik te ondersoek.

Nadat die dokter weg is, kom sy uit haar kamer

en vra: “Die predikant wat nou net hier was – wat

is sy naam nou weer?”

“Nee Ouma.” antwoord ons, “dit was nie ‘n

predikant nie. Dit was die dokter.”

“Ooo,” sê sy. “Ek wou sê hy’s bietjie vatterig vir

‘n predikant…”

KENNISGEWING: Op die Kerkraadsvergadering van 17 September 2019, het die Kerkraad besluit dat vanaf Februarie 2020, sal daar slegs een Sondag per maand ‘n aanddiens aangebied word, naamlik die eerste Sondag van elke maand. Daar sal steeds tydens skoolvakansies en oor langnaweke geen aanddienste wees nie. Die lidmate van ons gemeente het tot 15 Oktober 2019 om op hierdie besluit te reageer en alternatiewe voorstelle te maak. Rig u skrywes aan Die Skriba – [email protected]

Page 17: Jaargang 55 Uitgawe 611 Die...Ons het amper R18,000 ingesamel met eredienskollekte in die laaste ses maande. Dit het ‘n Dit het ‘n daling getoon van 10%, en dit terwyl ons oggendbywoning

17

Dalk was sy tog geseënd gewees…

Ek het vanoggend vir Yolanda (28/12/1977 - 21/09/2019) begrawe. Dit was moeiliker as

gewoonlik. Want sien Yolanda was een van die onsigbares in ons wêreld. Een van die

mense wat op die rand van ons samelewing geleef het: min het haar, haar behoeftes en

drome geken.

Yolanda is gebore uit liefde van 'n pa en ma wat haar seker met groot opgewondenheid in

die lewe ontvang het. Op 2 was sy 'n pragtige klein dogtertjie met 'n vonkel in haar oog.

Gou het haar lewe 'n ander pad begin loop. Sy val eers in 'n swembad en doen

breinskade op. Die breinskade was van 'n ligte graad maar vertraag haar intellektuele

ontwikkeling en veroorsaak dat haar gesigvorm ook verander.

Haar ouers kan later nie meer vir haar sorg nie en sy woon vir jare tussen ander

familielede.

Veel meer weet ek nie.

Ek leer ken haar 7 jaar gelede as een van ons gemeente se lidmate. Sondag na Sondag

sien ek haar daar op die gallery van ons kerkgebou. Alleen.

Na die diens kom drink sy tee. Alleen.

In die week sien ek haar stap op straat – alleen -, altyd doelgerig. Soms stoot sy 'n

waentjie met kinders wat sy oppas. Op 'n ander keer vertel sy my sy pas nou vir

"Oupatjie" op. Ek kon nooit uitvind wie "Oupatjie" is nie. Na "Oupatjie" se dood doen sy

"carwatch". Dit betaal nie goed nie maar dis darem iets, sy kla nie.

Sien, sy het nooit gekla nie, sy het nooit iets gevra nie. As jy haar help met iets en sy het

twee, dan bring sy een terug.

Die gevolge van die "carwatch" kon mens op haar gesig sien, blootgestel aan die son en

die elemente.

So jaar of wat gelede vertel sy dat sy kanker het, 'n gewas aan haar nek. Eers na

Helderberg Hospitaal later Tygerberg. Sy moet “chemo” (kiemo soos sy gesê het) kry, sê

sy.

Later sal ek hoor dat sy elke keer as sy 'chemo' kry die trein 5:00 van Strand-stasie af

gevat het tot by Bellville-stasie, daar het sy 5km gestap tot by Tygerberg hospitaal,

'chemo' gekry, terug gestap, en die trein gekry. Môre, staan sy weer “carwatch”.

Page 18: Jaargang 55 Uitgawe 611 Die...Ons het amper R18,000 ingesamel met eredienskollekte in die laaste ses maande. Dit het ‘n Dit het ‘n daling getoon van 10%, en dit terwyl ons oggendbywoning

Na die “chemo” het dit goed gegaan vir 'n ruk, sy het 'n vriend gehad, sy het blyplek in

'n kamer in Gordonsbaai gekry. Sondag na Sondag het sy 'n geleentheid gereël om

kerk toe te kom.

Alleen.

Toe kom die kanker terug, meer agressief, meer vernietigend.

Weer het die “chemo” begin. Weer het sy die trein gevat.

Gestremdheid, wees wees, armoede kon haar nie baas raak nie, maar nou het haar eie

liggaam haar begin baas raak. Nooit het sy opgegee nie, tot op die einde nog “chemo”

gehad.

Vrydagnag is sy finaal huis toe.

Hemel toe.

Waar daar ʼn feesmaal is,

waar daar ʼn Vader is,

waar daar vreugde is.

Vir baie van ons is hierdie lewe al hemel, baie pret,

baie plesier. Daarom stel ons nie veel belang in wat

wag nie, want dit kan mos nie beter wees nie.

Yolanda moes 42 jaar wag vir haar hemel.

Ek sien hierdie week 'n blink voertuig verby ry met

die nommerplaat "blessed". Ek wonder wat het sy

gedink as sy die "blessed" motor moes oppas totdat

die kreunende kruidenierswa met meer blessings

terugkom van die supermark. Yolanda was seker

dan nie "blessed" gewees nie.

Tog het sy vasgehou aan die hoop wat sy nie kon

sien nie. Uitkoms was daar min in haar lewe, maar

sy het vasgehou aan haar Vader. Sien, Yolanda was

geseënd gewees, geseënd met 'n geloof wat alle

verstand te bowe gaan.

Ds Christo Benadé

NG Gemeente Suider-Strand

27 September 2019

18

Page 19: Jaargang 55 Uitgawe 611 Die...Ons het amper R18,000 ingesamel met eredienskollekte in die laaste ses maande. Dit het ‘n Dit het ‘n daling getoon van 10%, en dit terwyl ons oggendbywoning

VONKK 130 Dankie Vir Hierdie Nuwe Môre Dankie vir hierdie nuwe môre, dankie vir elke sonskyndag. Dankie dat U my trou bewaar deur elke donker nag. Dankie vir die natuur daar buite, dankie vir elke boom en blom. Dankie vir al die goeie gawes wat van U af kom. Dankie dat ek gesond kan wees, Heer, dankie dat ek kan speel en lag. Dankie vir kos en klere en vir elke dag se krag. Dankie vir al my vriende, Jesus, dankie ook vir my pa en ma. Dankie dat hul my liefhet en dat ek hul als kan vra. Dankie dat U my liefhet, Jesus, dankie dat ek aan U behoort. Dankie dat ek kan vashou aan die waarheid van u Woord. Dankie dat ek kan sing en bly wees, dankie dat ek u liefde ken. Dankie dat U my help om ander ook vir U te wen.

19

Page 20: Jaargang 55 Uitgawe 611 Die...Ons het amper R18,000 ingesamel met eredienskollekte in die laaste ses maande. Dit het ‘n Dit het ‘n daling getoon van 10%, en dit terwyl ons oggendbywoning

20

Ek is gelukkig soos ek my tans in die

gemeente bevind

Ek wil graag hê iemand moet my besoek

Ek wil graag hê die predikant moet my

besoek

Ek wil hê iemand moet my skakel

Ek ken iemand wat graag kerk wil bywoon

Ek ken iemand wat graag wil terugkom

Quaggapoort toe

Ek het voorbidding nodig

Ek ken iemand wat voorbidding nodig het

Ek het hulp/berading nodig

Ek ken iemand wat hulp/berading nodig het

Ek wil graag betrokke raak by 'n projek

Ek het 'n voorstel hoe om gemeentegroei

te bewerkstellig

NaamKontaknommerEposWoonadres

U kan hierdie nota in die kollektebord gooi, of in die

koperhouer voor die kansel tydens enige erediens.

GEMEENTE-KOMMUNIKASIE