kantoor van die hoof: onderwys - western cape · in die week wat voorlê, sal die klem val op die...

54
Kantoor van die Hoof: Onderwys Laer Parlementstraat, Kaapstad, 8001 Privaatsak X9114, Kaapstad, 8000 Tel.: +27 21 467 9280 Indiensnemings- en salarisnavrae: 0861 92 33 22 Veilige Skole: 0800 45 46 47 www.westerncape.gov.za Verwysing: COVID-19/202020523 Navrae: BK Schreuder Geagte Prinsipale, Skoolbestuurspanne en onderwysers van alle openbare skole (Vir inligting: Beheerliggame) (Vir inligting: Onafhanklike skole) Verdere riglyne vir die beheer van COVID-19 in openbare skole Ek wil prinsipale en skoolbestuurspanne (SBS’e) bedank vir die werk wat die afgelope week verrig is ter voorbereiding van skoolterreine en om gereed te wees vir die terugkeer van alle onderwysers op Maandag, 25 Mei 2020. Dankie dat daar begin is met die deeglike reiniging van skole en die noodsaaklike beplanning wat gedoen moes word: beplanning vir die daaglikse sifting van alle personeel, beplanning vir die oriëntering van personeel op hulle eerste dag terug by die skool, beplanning vir die stigting van gesondheids- en veiligheidskomitees (as deel van die SBS) en beplanning vir sosiale afstand van leerders en die uiteindelike planne vir wanneer skole nie meer leerders met sosiale afstand kan tegemoetkom nie. In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie 2020: planne vir die daaglikse sifting van leerders, oriëntering van leerders oor Covid-19 en nuwe gedragspatrone en ritmes, lesse om verantwoordelikheid vir hulle eie veiligheid te aanvaar, en finale voorbereiding vir die lewering van die kurrikulum vanaf 01 Junie 2020. Ter voorbereiding van die veilige terugkeer van onderwysers en leerders, het skole verslag gedoen dat meer as 80% van hulle skoonmaakmiddels teen 18 Mei 2020 ontvang het. Die aflewering van temperatuurskandeerders en maskers vir alle personeel is gister afgehandel. Die enkele skole wat nie beskikbaar was om die aflewerings van maskers en skandeerders te ontvang nie, moet onmiddellik met hulle distrikskantore in aanraking kom. Die eerste besendings bykomende middels (reinigers, bleikmiddels) is by die meeste skole afgelewer en dit sal voortduur. Genoeg maskers vir graad 12- en 7-leerders sal skole teen Woensdag, 27 Mei 2020, bereik. Maskers vir die res van die leerders sal vanaf die eerste week in Junie volg.

Upload: others

Post on 03-Nov-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

Kantoor van die Hoof: Onderwys

Laer Parlementstraat, Kaapstad, 8001 Privaatsak X9114, Kaapstad, 8000

Tel.: +27 21 467 9280 Indiensnemings- en salarisnavrae: 0861 92 33 22

Veilige Skole: 0800 45 46 47 www.westerncape.gov.za

Verwysing: COVID-19/202020523

Navrae: BK Schreuder

Geagte Prinsipale, Skoolbestuurspanne en onderwysers van alle openbare skole

(Vir inligting: Beheerliggame)

(Vir inligting: Onafhanklike skole)

Verdere riglyne vir die beheer van COVID-19 in openbare skole

Ek wil prinsipale en skoolbestuurspanne (SBS’e) bedank vir die werk wat die afgelope week

verrig is ter voorbereiding van skoolterreine en om gereed te wees vir die terugkeer van alle

onderwysers op Maandag, 25 Mei 2020.

Dankie dat daar begin is met die deeglike reiniging van skole en die noodsaaklike

beplanning wat gedoen moes word: beplanning vir die daaglikse sifting van alle personeel,

beplanning vir die oriëntering van personeel op hulle eerste dag terug by die skool,

beplanning vir die stigting van gesondheids- en veiligheidskomitees (as deel van die SBS) en

beplanning vir sosiale afstand van leerders en die uiteindelike planne vir wanneer skole nie

meer leerders met sosiale afstand kan tegemoetkom nie.

In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van

leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie 2020: planne vir die daaglikse sifting van leerders,

oriëntering van leerders oor Covid-19 en nuwe gedragspatrone en ritmes, lesse om

verantwoordelikheid vir hulle eie veiligheid te aanvaar, en finale voorbereiding vir die

lewering van die kurrikulum vanaf 01 Junie 2020.

Ter voorbereiding van die veilige terugkeer van onderwysers en leerders, het skole verslag

gedoen dat meer as 80% van hulle skoonmaakmiddels teen 18 Mei 2020 ontvang het. Die

aflewering van temperatuurskandeerders en maskers vir alle personeel is gister afgehandel.

Die enkele skole wat nie beskikbaar was om die aflewerings van maskers en skandeerders te

ontvang nie, moet onmiddellik met hulle distrikskantore in aanraking kom.

Die eerste besendings bykomende middels (reinigers, bleikmiddels) is by die meeste skole

afgelewer en dit sal voortduur. Genoeg maskers vir graad 12- en 7-leerders sal skole teen

Woensdag, 27 Mei 2020, bereik. Maskers vir die res van die leerders sal vanaf die eerste week

in Junie volg.

Page 2: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

2

Dit is absoluut noodsaaklik dat prinsipale aanspreeklikheid vir die gereedheid en veiligheid

van skole aanvaar. Ek wil prinsipale en SBS’e bedank dat hulle hierdie belangrike

verantwoordelikheid aangegryp het. Die manier waarop skole gelei en bestuur word, sal

noodsaaklikerwys anders wees as voor COVID-19 en ek kan nie genoeg beklemtoon hoe

belangrik die voortgesette gesondheids- en veiligheidsvoorsorgmaatreëls in onderwysers en

leerders se belang elke dag is nie.

Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) se riglyne

Ter ondersteuning van die enorme taak wat prinsipale en SBS’e het om te lei, beplan en voor

te berei vir die veilige terugkeer van leerders, het ons reeds die eerste vyf riglyne in ʼn reeks

riglyne uitgestuur en ons het ook die dokumente wat ons tot dusver van die Departement

van Basiese Onderwys (DBO) ontvang het, uitgestuur.

Die eerste stel WKOD-riglyne, A−E, oor hoe om Covid -19 in u skool te beheer, is op Sondag,

17 Mei 2020 aan u gestuur.

Die volgende riglyne word vir u aandag by hierdie brief aangeheg:

• F – WKOD-riglyn: Skoolvoeding

• G – WKOD-riglyn: Psigososiale ondersteuning

• I – WKOD-riglyn: Beheer van leerders met onderliggende komorbiditeite

• J – WKOD-riglyn: Veiligheid van leerders wat van die leerdervervoerskema gebruik maak

• K − WKOD-riglyn: Beheer van veiligheid in koshuise gedurende COVID-19

• L − WKOD-riglyn: Beheer van COVID-19-gevalle in skole

• M − WKOD-riglyn: Rolle en verantwoordelikhede van skoolbestuurspanne

Daarbenewens het die WKOD ook die volgende opgestel:

• H – WKOD-riglyn: Beheer van veiligheid van personeel met onderliggende komorbiditeite

Ons is huiwerig om hierdie riglyn tot dusver uit te gee aangesien ons wag op eenvormige

standpunte van die DBO oor hierdie kwessie.

Die WKOD is ook tans besig om riglyne vir die hantering van die kurrikulum op te stel:

• N – WKOD-riglyn: Hantering van die kurrikulum

Riglyne H en N sal so gou as moontlik uitgestuur word.

Page 3: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

3

Dit is absoluut noodsaaklik dat alle prinsipale, SBS’e, onderwysers en nie-onderrig personeel

die riglyndokumente deeglik bestudeer en daarvolgens optree. Dit is ter wille van almal se

veiligheid belangrik dat almal kennis dra van die inhoud van hierdie riglyne. As daar voorts

enige teenstrydighede tussen die WKOD-riglyne en die DBO-riglyne is, moet die WKOD-

riglyne aanvaar word totdat verdere duidelikheid gegee word.

Ons maak verskoning vir die tyd wat dit neem om die vertaalde weergawes van hierdie

dokumente uit te stuur weens die groot hoeveelheid werk wat dit verg en die druk spertye

wat betrokke is. Ons sal die vertaalde dokumente stuur sodra dit voltooi is.

Ek kan ongelukkig geen duidelikheid gee oor wanneer die volgende grade gaan terugkeer

nie. Ons wag op die besluit van die DBO. Die WKO het kommer uitgespreek oor die laat

terugkeer van die grondslagfase, aangesien hierdie grondslag vir leer van kardinale belang

is vir leervaardighede in die jare wat voorlê. Ons vertrou dat ons insette hieroor oorweeg sal

word.

Onderwysers met komorbiditeite: Tussentydse maatreëls

Ek is bewus dat onderwysers met onderliggende komorbiditeite bekommerd is om Maandag

terug te keer skool toe terwyl daar op nasionale leiding vanaf die DBO gewag word.

Hierdie aangeleentheid is weer met die provinsiale onderwyservakbonde in ons gereelde

vergadering vanoggend bespreek. Ons is in ooreenstemming dat ons ʼn weg behoort te vind

waarop onderwysers met komorbiditeite voordelig kan voortgaan met hulle werk onder

veiliger omstandighede, soos om van die huis af te werk.

Aangesien baie onderwysers in hierdie bootjie reeds mediese verslae oor hulle geskiedenis

aan hulle prinsipale voorgelê het, het die WKOD besluit om hierdie onderwysers toe te laat

om nie Maandag, 25 Mei 2020, terug te keer skool toe nie, in afwagting op verdere

samesprekings met die DBO. Ons sal graag onderwysers in hierdie bootjie hierdie week wil

inlig oor die WKOD se prosesse voordat leerders begin terugkeer skool toe.

Intussen versoek ons dat onderwysers met komorbiditeite ʼn aansoek om ʼn konssessie by hulle

prinsipale indien, saam met ʼn volledige verslag oor hulle mediese geskiedenis van hulle

mediese praktisyn, asook ʼn plan oor hoe hulle voorstel dat hulle van die huis af kan werk.

Hierdie verslae en planne moet so gou as moontlik ingedien word, maar voor of op

Woensdag, 27 Mei 2020 (selfs al is die mediese verslag nog agterstallig). Prinsipale moet

hierdie dokumente met ʼn aanbeveling teen Donderdag, 28 Mei 2020, aan die

distriksdirekteur stuur vir WKOD-oorweging, tesame met ʼn plan van hoe die skool sodanige

gevalle om van die huis af te werk, gaan hanteer.

Ons hoop van harte dat ons hierdie proses so gou as moontlik kan afhandel.

Page 4: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

4

Begroting

Ons is deeglik bewus dat alle skole in die toekoms onder druk en finansiële beperkings gaan

wees. Gevolglik sal SBS’e nou ʼn belangrike rol moet speel wat betref die herprioritisering van

die skool se begroting. Dit is ook belangrik dat skole moet toesien dat befondsing vir die

aanvulling van bruikbare reinigers, ontsmettingsmiddels, en skoonmaakmiddels opsy gesit

word op ʼn voortdurende manier soos die middels wat deur die WKOD in besendings voorsien

word, uitgeput raak.

Wenk

Alhoewel ons probeer om klein houers vir handreinigers te verkry, is dit bykans onmoontlik om

dit tans in groot maat aan te koop. Maar ʼn prinsipaal het onlangs met ʼn briljante idee

vorendag gekom: hy het sy ouers gevra om alle leë spuitbottels te versamel en dit skool toe

te bring wanneer leerders terugkeer om in die tussentyd te help met die oorplaas van

handreinigers.

Beleide oor hare en skoolklere

Daar was ʼn openbare debatvoering oor die beleid oor hare en die feit dat leerders nie ʼn

haarkapper of barbier kon besoek het nie weens die COVID-19-beperkings. Alhoewel ons

begrip het vir die dissiplinêre prosedures wat gehandhaaf moet word, wil ek ʼn beroep op

skole doen om redelik te wees gedurende hierdie tydperk en gevalle waar leerders se hare

nie aan die haarbeleidsvereistes voldoen nie, tegemoet te kom.

Daarbenewens, aangesien die WKOD twee gratis maskers per leerder voorsien, kan ouers

nie gedwing word om maskers van skole te koop nie, al is dit in die skool se kleure en het

handelsembleme. Ons vra weer vir ʼn redelike benadering van skole wat vereis dat ʼn leerder

ʼn besondere kleur dra.

Ek wil alle prinsipale, SBS’e en nie-onderrig personeel wat so hard werk om hulle skole

Maandag gereed te kry vir onderwysers en op 01 Junie 2020 vir leerders bedank. Ek ontvang

wonderlike terugvoering oor die inisiatief wat baie van julle aan die dag lê om veiligheid en

sosiale afstand te verseker.

Die uwe

BK SCHREUDER

HOOF: ONDERWYS

DATUM: 2020-05-23

Page 5: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

F – WKOD-riglyn:

Skoolvoeding

Tak: Inrigtingsontwikkeling

en -koördinering F - WKOD- riglyn:

Skoolvoeding

F - WKOD-riglyn Datum: 20 Mei 2020 Hersiening soos en

wanneer benodig word

Goedgekeur deur die Hoof van die Departement:

_____________________________

BK Schreuder

Datum: 2020-05-20

Page 6: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

F: WKOD-riglyn: Skoolvoeding 2

F - WKOD- RIGLYN: SKOOLVOEDING

1. Doel

1.1 Die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) voed gewoonlik deur middel

van die Nasionale Skoolvoedingsprogram (NSVP) ongeveer 285 406 leerders

daagliks wanneer die skool aan die gang is.

1.2 Die WKOD het besluit om tydens die inperkingstydperk voort te gaan om

leerders te voed totdat skole weer ten volle oopgestel is.

2. Vereistes

2.1 Weens Covid-19, die belangrikheid van veiligheid en om die verspreiding van

die virus te beperk, maak ons staat op die goeie samewerking van prinsipale,

personeel, voedselvrywilligers en die hele gemeenskap. Gevolglik sal almal

moet help met die nakoming van die fundamenteelste veiligheids- en

sekuriteitsmaatreëls wat ons op die pad vorentoe kan voorsien, met in

agneming van die buitengewone omstandighede

2.2 In die tussentyd sal skole leerders wat reeds klasse bywoon voed, asook leerders

wat nog nie teruggekeer het skool toe nie maar wat in die gemeenskap woon

(soos in die inperkingstydperk plaasgevind het). Die protokol vir skoolvoeding

wat vroeër uitgereik is, bevat reeds toepaslike veiligheidsinligting wat gevolg

moet word. (Standaardbedryfsprosedures No: 1/2020 – Standaardbedryfs-

prosedures vir prinsipale om te help met die voeding van kwesbare leerders

wat gedurende die inperkingstydperk van die Nasionale

Skoolvoedingsprogram (NSVP) afhanklik is).

2.3 Leerders wat nog nie teruggekeer het skool toe nie moet afsonderlik gevoed

word van leerders wat reeds klasse bywoon.

2.4 Skole moet voedingstye versprei onder die onderskeie groepe wat gevoed

moet word om samedromming te vermy en sosiale afstand te handhaaf.

2.5 Leerders wat daagliks skool toe kom om gevoed te word moenie met leerders

wat reeds klasse bywoon, meng nie.

2.6 Slegs leerders wat onder die skoolvoedingsprogram gevoed mag word, mag

gevoed word, en niemand anders nie. Lede van die gemeenskap wat

toegang tot kos wil hê, hou ʼn risiko in. Die beheerliggaam/gemeenskapsleiers

mag in hierdie verband help.

3. Verantwoordelikhede van die prinsipaal/skool

3.1 Leerders wat skool bywoon:

3.1.1 Maak seker dat die lokale/klaskamers wat gebruik word aan die vereiste

veiligheidstandaarde voldoen.

3.1.2 Ontsmet en beveilig die gebiede/oppervlaktes wat gebruik gaan word.

Page 7: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

F: WKOD-riglyn: Skoolvoeding 3

3.1.3 Lig ouers/leerders oor maaltydreëlings in en hoe belangrik die handhawing van

sosiale afstand is.

3.1.4 Voorkom lang toue en samedrommings. Versprei die voedingstye indien

moontlik.

3.2 Leerders wat nie skool bywoon nie:

3.2.1 Leerders wat van buite af vir kos kom, moet gesif word.

3.2.2 Leerders moet houers bring om kos te kry.

3.2.3 Kos moet op ʼn veilige plek aan leerders gelewer word.

3.2.4 Sien toe dat skole se NSVP-begunstigdes eerste gevoed word.

3.2.5 Leerders van ander skole in die gebied moet gevoed word as hulle vir voeding

aanmeld en indien die skool genoeg kos het. Hierdie bykomende getalle moet

by die distrikskantoor aangemeld word.

3.2.6 Sodra hulle hulle kos ontvang het, moet hulle die skool op ordelike wyse verlaat

en aangemoedig word om reguit huis toe te gaan.

3.2.7 Die protokol vir skoolvoeding gedurende inperking geld steeds.

3.2.8 Bywoningsregisters moet gehou word van leerders wat toegang tot die

voedingskemas het.

3.2.9 Slegs leerders wat die skool bywoon, mag by die skool eet. Ander leerders wat

nog nie klasonderrig en leer ontvang nie, behoort nie by die skool te eet nie.

3.2.10 Maak alle vrywillige voedselhanteerders touwys oor die COVID-19-

veiligheidsregulasies.

4. Veiligheidsmaatreëls tydens voedingsessies (Skole met NSVP)

4.1 Vrywillige voedselhanteerders moet hulle hande deeglik was voordat voedsel

voorberei word: gesigmaskers, weggooibare handskoene en weggooibare

plastiek voorskote moet gedra word om die oordra van druppeltjies te

verhoed.

4.2 Diegene wat kos voorberei en/of bedien moenie gesels, skree of oor kos lag

nie tensy hulle ʼn gesigmasker dra.

4.3 Alle oppervlaktes moet daagliks met ontsmettingskoonmaakmiddels (natrium

hipochloriet 0,5% [biocide-sakkies] of ʼn bleikmiddelmengsel van 250 ml

bleikmiddel met 5 liter water) skoongemaak word (voor en na maaltye).

4.4 Maak die kombuis/oppervlakte en alle gereedskap waarmee kos voorberei

word skoon voordat daar met die voorbereiding daarvan begin word.

4.5 Beoefen sosiale afstand. Leerders moet toustaan met spasies van 1.5 m tussen

mekaar.

4.6 Reël dat daar genoeg toesig by die hekke is en laat ʼn beheerbare getal

leerders by die skool op ʼn slag in. Ouers/beheerliggame kan versoek word om

te help.

4.7 Personeel moet hulle hande gereeld met seep en water was, of vir ten minste

20 sekondes lank.

4.8 Personeel moet veiligheidsmaatreëls wat hoes/nies betref, toepas.

Page 8: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

F: WKOD-riglyn: Skoolvoeding 4

4.9 Emmers water en seep kan by die ingangshekke geplaas word waar leerders

gevra kan word om hulle hande te was. Skole kan ook handreinigers vir hierdie

doel aankoop.

4.10 As hulle klaar bedien is, moet leerders gewys word om na die uitgang te

beweeg.

4.11 Versprei voedingstye sodat leerders wat die skool bywoon afsonderlik gevoed

word. Leerders in grade wat nog nie ingefaseer is nie, moenie met ander

leerders meng nie en moet die skoolterrein verlaat.

4.12 Maak alle gereedskap en potte aan die einde van die voedingsessie skoon.

Ontsmet die voedingsplek/kombuis deeglik.

4.13 Alle werksoppervlaktes moet gesteriliseer word met ʼn skoonmaakmiddel wat ʼn

hoë bleikmiddelinhoud bevat.

Page 9: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

G – WKOD-riglyn: Psigososiale ondersteuning

Tak: Inrigtingsontwikkeling en

-koördinering G - WKOD-riglyn:

Psigososiale ondersteuning

G - WKOD-riglyn Uitgereik:

20 Mei 2020

Hersiening soos en wanneer

benodig word

Goedgekeur deur die Hoof van die Departement:

_____________________________

BK Schreuder

Datum: 2020-05-20

Page 10: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

G - WKOD-riglyn: Psigososiale ondersteuning 1

G: WKOD-riglyn: Psigososiale ondersteuning

1. Doel:

1.1 Die volgende dokument verduidelik die verskeidenheid dienste en

ondersteuningsmaatreëls wat die WKOD se psigososiale ondersteuningsdienste

bied.

2. Vermoëns van die Wes-Kaap Onderwysdepartement

2.1 Psigososiale ondersteuningspersoneel:

• Distriksielkundiges/-beraders

• Distriksmaatskaplike werkers

• Distrikshulp-maatskaplike werkers

• Versorgings- en ondersteuningsassistente/leerderondersteuningsassistente in

skole met hoë risiko (MIV & TB Lewensvaardigheidsprogram)

• Sielkundiges en beraders by spesiale skole

Die WKOD het bestaande vennootskappe met die Departement van

Gesondheid en Maatskaplike Ontwikkeling onder beskerming van die

Geïntegreerde Skoolgesondheidsprogram.

2.2 Werknemergesondheid en welstand:

2.2.1 Die provinsie het ʼn werknemergesondheids- en welstandsdiens wat deur

Metropolitan Health voorsien word.

2.2.2 Die diens is beskikbaar aan alle WKOD-werknemers en hulle onmiddellike

gesinslede. Dit bied ondersteuning vir verskeie kwessies, vanaf uitdagings in

gesinsverband, finansiële raad, verhoudings, mediese raad en uitdagings in

werksverband. Hierdie dienste is aangepas om stres, angs en gesondheid

gedurende die huidige krisis te help beheer.

2.2.3 Werknemers kan in aanraking kom met die WHWP by hulle tolvrynommer:

08001110011 om ʼn vertroulike gesprek met een van hulle beraders te hê.

2.2.4 Werknemers kan ook ʼn “Bel my asseblief”-boodskap aan *134*664*38# stuur of ʼn

e-pos na [email protected].

2.2.5 Verdere inligting kan bekom word via die WKOD se WHWP-webportaal by:

https://wcedonline.westerncape.gov.za/employee-health-and-wellness-

programme.

Page 11: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

G - WKOD-riglyn: Psigososiale ondersteuning 2

2.3 Psigososiale ondersteuningsdienste

2.3.1 Psigososiale ondersteuningsdienste sal op die volgende ondersteuningsaspekte

gebaseer word:

2.3.2 Uitgebreide (hele skool) opbou van vermoëns wat betref onderwyser en leerder

se geestesgesondheidskennis/welstandbewuswording/praktyke/intervensies.

2.3.3 Klaskamerpraktyke wat fokus om skoolgemeenskappe ingeligte hou oor trouma

en opbou van geharde praktyke vir emosionele en sensoriese

regulering/selfbestuur bv. asemhalingsoefeninge, progressiewe ontspanning,

oplettendheid, beweging, dans, kuns, drama, naskoolse programme, ens.

2.3.4 Individuele en groepspsigososiale steun.

2.3.5 Psigososiale ondersteuningspersoneel sluit maatskaplike werkers, sielkundiges,

beraders, hulp-maatskaplike werkers, en versorgings- en ondersteuningsassis-tente

in.

3. Rolle en verantwoordelikhede

3.1 Die rol van die provinsiaalgebaseerde ondersteuningspan

3.1.1 Verskaf psigososiale steun aan die agt distrikte.

3.1.2 Monitor en identifiseer tendense oor psigososiale ondersteuningsbehoeftes en die

impak van intervensies.

3.1.3 Werk saam met Kurrikulum, Bestuur en Beheer (ingeslote Veilige Skole), ander

regeringsdepartemente, NRO’s, universiteite, ens.

3.2 Die rolle van distriksgebaseerde en kringgebaseerde ondersteuningspanne

(DGOS’e en KGOS’e)

3.2.1 DGOS’e/KGOS’e: Distriksielkundiges en maatskaplike werkers werk saam met

skoolgebaseerde beraders, sielkundiges, verpleegsters, inklusiewe onderwys-

uitreikspanne, MIV-programversorgings- en ondersteuningsassistente en hulp-

maatskaplike werkers, Bestuur en Beheer (ingeslote Veilige Skole-koördineerders

en Skoolverrykingskoördineerders), ander staatsdepartemente en NRO’s om skole

(onderwysers/leerders) wat deur die COVID-19-pandemie geraak is, te

ondersteun.

3.2.2 DGOS’e/DBS’e, in samewerking met die Werknemergesondheids- en

Welstandsprogram, reël vir ondersteuning aan distrikte asook skoolpersoneel, bv.

personeelondervragingsessies.

3.2.3 DGOS’e/KGOS’e gee leiding en steun aan skole.

3.2.4 Leerders se aankomsaktiwiteite.

3.2.5 Grondlyn psigososiale klaskameropname moet gedoen word.

Page 12: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

G - WKOD-riglyn: Psigososiale ondersteuning 3

3.2.6 Psigososiale ondersteuning sal op verwysings via die ondersteuningsroete en

terugvoering van die skole gebaseer word.

3.2.7 Ondersteuning aan skole deur die DGOS’e en KGOS’e moet geprioritiseer word

volgens vlak van ondersteuning wat verlang word.

3.2.8 Psigososiale ondersteuningspersoneel kan volgens die terugvoering van skole

individuele en groepsondersteuningsessies/inligting/raad/opbou van vermoëns

bied volgens die vlak en aard van die behoefte.

3.2.9 Trouma-ingeligte-/Geharde skole (TIGS)-intervensies sal by die kwesbaarste skole

en gemeenskappe geprioritiseer word.

3.2.10 KGOS’e moet met SGOS’e/SBS’e/beheerliggame in verbinding tree om die

voorsiening van psigososiale ondersteuning deur die ondersteuningsroete te

fasiliteer.

3.2.11 DGOS’e moet samewerking en gesprekke met ander komponente op distriksvlak

aanwakker vir ʼn verenigde benadering.

• Kurrikulum: Skakel met Lewensoriëntering, ens. se vakadviseurs om COVID-19-

bewusmaking, oorsake, behandeling, higiëne, welstandpraktyke, ens. in te

bring in Lewensoriënteringslesse en ander lesvakke.

• Bestuur en Beheer: Kringbestuurders moet skole ondersteun met fundamentele

funksionaliteit oor ondersteuningstrukture, ens.

3.2.12 Veilige Skole: Skakel met Veilige Skole-koördineerders oor programme wat hulle

het en wat bygevoeg kan word by post-COVID-19-psigososiale ondersteuning.

3.2.13 MIV/VIGS: Skakel met versorgings- en ondersteuningskoördineerders oor

ondersteuningsprogramme wat bygevoeg kan word by post-COVID-19-

psigososiale ondersteuning.

3.2.14 Skoolverryking: Werk met skoolverrykingsamptenare saam wat betref COVID-19-

verwante skoolverrykingsprogramme.

4. Kontakte vir distrikshoof van inklusiewe en gespesialiseerde leerder- en

opvoederondersteuning

Distrik Hoof van GLOO Kontaknommer

Eden & Sentrale Karoo R Jacobs 044 803 8351

Kaapse Wynland S Swart 023 348 4658

Overberg A Crous 028 214 7399

Weskus A Arendse 021 860 1209

Metro- Sentraal E Hassen 021 514 6700

Metro- Suid G de Klerk 021 370 2090

Metro-Oos O Rustin 021 900 7187

Metro-Noord C Petersen 21 938 3063

Page 13: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

G - WKOD-riglyn: Psigososiale ondersteuning 4

5. Vloeidiagram vir psigososiale ondersteuning

Page 14: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

Tak: Inrigtingsontwikkeling en

-koördinering

I – WKOD Riglyn:

Hantering van leerders met komorbiditeite

I – WKOD Riglyn Uitgereik:

23 Mei 2020

Hersiening soos en wanneer

benodig word

Goedgekeur deur die Hoof van die Departement:

_____________________________

BK Schreuder

Datum: 23 Mei 2020

I – WKOD Riglyn:

Hantering van leerders met

komorbiditeite

Page 15: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

I – WKOD Riglyn: Hantering van leerders met onderliggende komorbiditeite 1

I – WKOD RIGLYN: HANTERING VAN LEERDERS MET KOMORBIDITEITE

1. Doel

1.1. Om leiding aan prinsipale en skoolbestuurspanne (SBSe) van die Wes-Kaap

Onderwysdepartement te bied oor hoe om leerders met komorbiditeite te

hanteer.

2. Omskrywing van komorbiditeite

2.1. Daar is baie omskrywings van komorbiditeite. Vir die doel van hierdie riglyn

word ʼn komorbiditeit beskou as ʼn chroniese gesondheidstoestand of ʼn

meewerkende siekte wat saam met die impak van Covid-19-voorkoms, die

siekte kan vererger.

3. Stappe wat geneem moet word

3.1. Skole moet alle leerders met komorbiditeite identifiseer. (Sien asseblief Bylae I

(A)).

3.2. Prinsipale moet aan die ouers van sulke leerders skryf (sien asseblief Bylae I (B))

en hulle die opsie bied om vir die volgende paar maande toesig te hou oor hul

kinders se tuisleer totdat die pandemie afneem.

3.3. Indien ouers nie tot hierdie verantwoordelikheid instem nie, moet die leerders

terugkeer skool toe.

3.4. Indien ouers die aanbod aanvaar om oor tuisleer toesig te hou, moet hulle die

aangehegte aanvaardingsvorm (Bylae I (C)) onderteken en na die skool

terugstuur vir rekordhouding.

4. Verantwoordelikhede van ouers

4.1. Ouers van kinders met komorbiditeite moet instem om toesig te hou oor die

daaglikse leer van hul kinders tuis, insluitend die daaglikse werk en

werkopdragte, en die aanvaardingsvorm (Bylaag I (C)) onderteken.

4.2. Ouers moet verseker dat daar ʼn bevorderlike leeromgewing vir die leerders tuis

is. Dit sal leerruimte, hulpbronne, ens. insluit.

4.3. Ouers moet verseker dat alle werk en werkopdragte, soos deur die skool

verlang, by die skool afgehaal en afgelewer word.

5. Verantwoordelikhede van die skool

5.1. Onderwysers moet daagliks of weekliks werk vir sulke leerders voorberei en dit

aan die ouers – leerder beskikbaar stel.

5.2. Onderwysers moet die werk of werkopdragte ontvang, dit nasien en aan die

leerder terugstuur.

Page 16: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

I – WKOD Riglyn: Hantering van leerders met onderliggende komorbiditeite 2

5.3. Onderwysers moet met die ouers skakel om reëlings vir die nodige assesserings

te tref.

5.4. Die skole en ouers sal in kennis gestel word wanneer hierdie konsessie tot ʼn

einde moet kom.

Page 17: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

Annexure I (A)

LEARNER RISK FACTORS FOR SEVERE COVID-19: COMORBIDITIES

Interim indicators (pending DBE confirmation)

The list of Comorbidities, Risk Factors and Definitions are:

Risk Factor Detail Definition

Cardiovascular

Disease

Moderate/ Severe Hypertension Moderate hypertension: systolic

BP 160-179mmHg and/or diastolic

BP 100-109 mmHg.

Severe hypertension: systolic BP

≥180 mmHg and/or diastolic BP

≥110 mmHg.

Congestive cardiac failure or other

serious cardiovascular disease

Confirmed clinical diagnosis of

congestive cardiac failure or

other serious cardiovascular

disease

Cerebrovascular disease, including

stroke and transient ischaemic

attack

Confirmed clinical diagnosis of

cerebrovascular disease.

Respiratory Disease Pulmonary Tuberculosis – untreated

or in early treatment

People who have not completed

the intensive phase or first two

months of treatment in line with

the National Department of

Health Standard Treatment

Guidelines.

Moderate to severe asthma Asthma which requires treatment

with high dose inhaled

corticosteroids plus a second

controller (and/or systemic

corticosteroids) to prevent it from

becoming ‘uncontrolled’ or

which remains ‘uncontrolled’

despite this therapy.

Chronic Obstructive Pulmonary

Disease (COPD)

Confirmed clinical diagnosis of

COPD

Page 18: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

Learner risk factors for severe Covid-19: Comorbidities 2

Risk Factor Detail Definition

Other severe chronic lung

pathology, including cystic fibrosis

and bronchiectasis

Confirmed clinical diagnosis –

irrespective of severity.

Kidney Disease Chronic Kidney Disease eGFR < 45

Pregnancy Third trimester pregnancy Estimated to be further than

week 27 of pregnancy

Immunosuppression Poorly controlled type II Diabetes

Mellitus

HBA1c ≥7.5% within last 6 months

Cancer undergoing active

treatment

Currently undergoing

chemotherapy and/or

radiotherapy

Human Immunodeficiency Virus

with advanced immunosuppression

HIV positive persons with CD4

count <200 cells/mm3 who are

ART-naïve or who initiated ART

within last 3 months

Chronic immunosuppressant use Chronic use of ccorticosteroids of

>20mg prednisone per day or

equivalent, methotrexate,

biologicals or other

immunosuppressants.

Transplant On chronic immunosuppressants

Primary

Immunodeficiencies

Diagnosed Primary

Immunodeficiency

On chronic immuno-globulin

treatment.

Metabolic

syndrome

Severe obesity Body mass index (MBI) of 40 and

higher

Page 19: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

Bylae I (B)

Geagte _____________________________________________(Ouer/Voog)

Hantering van leerders met komorbiditeite

Daar is baie omskrywings van komorbiditeite. Vir ons doeleindes word ʼn komorbiditeit

beskou as ʼn chroniese gesondheidstoestand of ʼn meewerkende siekte wat saam met

die impak van Covid-19-voorkoms, die siekte kan vererger.

Ons is bewus dat u kind met ʼn bestaande komorbiditeit gediagnoseer mag wees.

Indien wel, en in die belange van u kind se veiligheid, bied hierdie brief aan u as

ouer/voog van ʼn leerder met ʼn ernstige komorbiditeit, die opsie om u kind tuis te hou

as ʼn toegewing en toesig te hou oor sy/haar tuisleer vir die volgende rukkie totdat die

pandemie afneem.

As u van hierdie konsessie gebruik wil maak, moet u asseblief die volgende doen:

1. Voltooi die aangehegte vorm (Bylae I (C)).

2. Verskaf ʼn mediese verslag van die mediese praktisyn wat na hulle toestand

omsien oor die geskiedenis van die toestand.

Benewens die verskaffing van bogenoemde dokumente, moet ouers/voogde instem

tot die volgende:

1. Ouers moet toesien dat daar ʼn bevorderlike leeromgewing vir die leerder tuis is.

Dit sal leerruimte, hulpbronne, ens. insluit.

2. Aanvaar verantwoordelikheid vir die daaglikse toesig oor die tuisonderrig van

hulle kinders, ingeslote die daaglikse werk en assesserings.

3. Aanvaar verantwoordelikheid om toe te sien dat hulle ingelig is oor watter werk

geleer moet word en watter werk daagliks voltooi moet word.

4. Ouers moet toesien dat alle werk en werkopdragte by die skool afgehaal en

afgelewer word, soos deur die skool verlang word.

Page 20: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

Dis belangrik dat ouers die verantwoordelikheid vir die daaglikse leer van hulle kind

aanvaar.

As u kind reeds ʼn ingeskryfde leerder van die skool is en gereelde insette en

ondersteuning van hulle onderwysers ontvang, bly u as die ouer/voog

verantwoordelik vir die voortgesette betaling van skoolgeld.

As u as ʼn ouer/voog van ʼn leerder met ʼn komorbiditeit nie hierdie konsessie en die

gepaardgaande verantwoordelikhede kan aanvaar nie, moet u kind voortgaan om

skool by te woon.

Ons sien uit na u antwoord en bevestig ons toewyding aan voortgesette

ondersteuning in u kind se beste belange.

Die uwe

Prinsipaal:

Skool:

Datum:

Page 21: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

Bylae I (C)

Beste Prinsipaal

AANVAARDINGSVORM: LEERDERS MET KOMORBIDITEITE

Ek, ____________________________________________(Naam van ouer/voog),

ouer/voog van _______________________________________________________ (Naam van

leerder)

van _________________________________________________ (Skool se naam) aanvaar

hiermee die toegewing wat aangebied word om my kind tuis te hou weens hul

huidige mediese toestand, soos uiteengesit in die aangehegte bewys deur hul

mediese praktisyn, en toesig te hou oor sy/haar onderrig terwyl die Covid-19-

beperkings geld.

Komorbiditeit-toestand:

_____________________________________________________________

Hiermee aanvaar ek die verantwoordelikhede, soos uiteengesit in u brief, om toesig

te hou oor my kind se onderrig tuis.

Ek sal ook aan die versoeke betreffende die afhandeling van assesserings en ander

vereistes voldoen.

Handtekening: ___________________________

Datum: _______________________________

Page 22: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

J – WKOD-riglyn:

Veiligheid van leerders wat van

die leerdervervoerskema gebruik

maak

Tak: Inrigtingsontwikkeling en

-koördinering

J: WKOD-riglyn:

Veiligheid van leerders wat van die

leerdervervoerskema gebruik maak

J: WKOD-riglyn Uitgereik: 20 Mei

2020

Hersiening soos en wanneer

benodig word

Goedgekeur deur die Hoof van die Departement:

_____________________________

BK Schreuder

Datum: 2020-05-20

Page 23: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

J: WKOD-riglyn: Veiligheid van leerders wat van die leerdervervoerskema

gebruik maak 1

J: WKOD-RIGLYN: VEILIGHEID VAN LEERDERS WAT VAN DIE LEERDERVERVOERSKEMA

GEBRUIK MAAK

1. Doel

1.1. Om prinsipale en SBS’e te adviseer oor wat van hulle verwag word om die

veiligheid van leerders wat van die leerdervervoerskema gebruik maak, te

verseker.

2. Regulasies

2.1. Alle pendelaarvervoerdienste, ingeslote passassiersbusdienste, taxidienste en

privaat motors wat leerders skool toe vervoer, moet voldoen aan die regulasies

wat uitgereik is kragtens die Wet op Rampbestuur, 2002 (Wet 57 van 2002) en

aan alle direktiewe wat in die skedule uiteengesit is om die verspreiding van

COVID-19 aan te spreek en te verhoed.

3. Aflaai en oplaai van leerders by skole

3.1. Alle leerders moet toesien dat hulle fisieke afstandsmaatreëls handhaaf terwyl

hulle op vervoer wag.

3.2. Alle leerders moet altyd ʼn masker dra.

3.3. Leerders moet toesien dat hulle hulle hande was voordat hulle die huis

verlaat/of by die skool.

3.4. Slegs leerders wat op die leerdervervoerskema geregistreer is, mag van die

vervoer gebruik maak.

4. Dravermoë

4.1. Die dravermoë moet voldoen aan die regulasies oor die versekering van fisieke

afstand in ooreenstemming met Staatskoerant No. 43272 van 04 Mei 2020.

4.2. Voertuie se dravermoë is tans 70%.

5. Voorsiening van verbeterde toegang en higiëne, ontsmettingsbeheer op

leerdervervoer

5.1. Alle bestuurders moet handreinigers of ander higiënehouers verskaf om hulle

hande te reinig sodra die leerders en volwasse toesighouers die voertuig

betree.

5.2. Alle bestuurders moet toesien dat openbare vervoer se voertuie ontsmet word

voordat leerders opgelaai word en nadat hulle afgelaai is.

Page 24: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

J: WKOD-riglyn: Veiligheid van leerders wat van die leerdervervoerskema

gebruik maak 2

5.3. Bestuurders moet toesien dat die deur- en vensterhandvatsels, arm- en

handleunings en vensters waarteen leerders leun van alle leerders se voertuie

waarmee hulle vervoer word, ontsmet is voordat leerders op- en afgelaai word.

5.4. Bestuurders moet toesien dat alle leerdervervoer skoon en netjies is.

5.5. Alle bestuurders en leerders moet maskers dra.

6. Rolle en verantwoordelikhede van prinsipaal en SBS

6.1. Alle leerdervervoer, ingeslote dié in privaat besit of gereëlde vervoer, is

onderworpe aan die heersende regulasies tensy dit vir leerdervervoer in die

besonder gewysig is.

6.2. Prinsipale of ʼn aangewese amptenaar moet nakoming gereeld kontroleer.

6.3. Prinsipale of ʼn aangewese amptenaar moet nakoming kontroleer wanneer

busse leerders af-/oplaai.

6.4. Enige oortredings moet onmiddellik by die distrik aangemeld word.

Page 25: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

K – WKOD-riglyn:

Beheer van veiligheid by koshuise

gedurende Covid-19

Tak: Inrigtingsontwikkeling en

-koördinering

WKOD-riglyn:

Bylae K: Beheer van veiligheid by koshuise

gedurende Covid-19

Bylae K: WKOD-riglyn Uitgereik: 22 Mei

2020

Hersiening soos en wanneer

benodig word

Goedgekeur deur die Hoof van die Departement:

_____________________________

BK Schreuder

Datum: 2020-05-22

Page 26: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

K: WKOD-riglyn: Beheer van veiligheid by koshuise gedurende Covid-19 1

K: WKOD-RIGLYN: BEHEER VAN VEILIGHEID BY KOSHUISE GEDURENDE COVID-19

1. Doel

Hierdie riglyne is bedoel om skole en koshuisbestuur voor te berei vir die terugkeer

van leerders na koshuise toe en hoe om die koshuisomgewing gedurende Covid-

19 te beheer.

2. Voorbereiding vir die terugkeer van leerders na die koshuis

2.1 Koshuise moet skoongemaak word voordat leerders terugkeer. Kyk asseblief Bylae

E – WKOD-riglyn: Die skoonmaak van skole en handhawing van higiëne.

2.2 Kamers moet voorberei word, met inagneming van fisieke afstandsmaatreëls.

2.3 Kamers wat uitsluitlik vir slaap bedoel is, moet voorberei word. Maak seker dat

beddens in kamers ten minste 2 meter van mekaar af staan.

2.4 Handreiniger of vloeibare seep om hande mee te was, moet ten alle tye aan

leerders vir gebruik beskikbaar gestel word.

2.5 Maak seker dat daar geriewe by die koshuis is waar ʼn leerder of

koshuispersoneellid afgesonder kan word, indien nodig.

2.6 Daar moet gereël word vir geskikte plek(ke) vir leerders om onder toesig te studeer

of huiswerk te doen sodat sosiale afstand gehandhaaf kan word.

2.7 Beplan roosters vir die gebruik van badkamergeriewe in die oggend en aand.

2.8 Reël verspreide etenstye vir leerders om opeenhoping in die eetkamergeriewe te

voorkom. Oorweging moet gegee word aan getalle en sitplekreëlings terwyl daar

geëet word.

2.9 In die aanvanklike terugkeerfases van leerders na die koshuis toe, kan daar in ag

geneem word dat dit nodig is om kamers toe te wys sodat leerders so veel as

moontlik van mekaar geskei word.

3. Wanneer leerders terugkeer

3.1. Alle leerders en koshuispersoneel moet gesif word met hulle aankoms by die

koshuis. (Kyk asseblief Bylae D – WKOD-riglyn: Sifting van personeel en leerders.)

3.2. Koshuispersoneel moet elke oggend gesif word.

3.3. Alle inligting wat deur sifting ingesamel word, moet aangeteken word.

3.4. Sifting by koshuise is afsonderlik van sifting by die skool, d.w.s., koshuisleerders moet

ook elke oggend gesif word as hulle skool toe gaan.

3.5. Leerders moet oor gesondheid en veiligheid in die koshuis gedurende die

pandemie georiënteer word. (Kyk asseblief Bylae C – WKOD-riglyn: Oriëntering van

personeel en leerders.)

3.6. Leerders by koshuise moet ten alle tye ʼn veilige afstand van mekaar af handhaaf.

3.7. Leerders moenie ander kamers besoek nie.

3.8. Leerders moenie in groepe in kamers bymekaarkom nie.

Page 27: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

K: WKOD-riglyn: Beheer van veiligheid by koshuise gedurende Covid-19 2

3.9. Leerders moet onder toesig studeer of huiswerk doen, in ʼn geskikte omgewing wat

fisieke afstand handhaaf.

3.10. Leerders moet voldoen aan die roosters wat voorberei is vir die gebruik van

badkamergeriewe in die oggend en aand.

3.11. Leerders moet voldoen aan verspreide etenstye.

3.12. Leerders hoef nie maskers binne die koshuis te dra nie, maar moet dit dra as hulle

die koshuis verlaat.

3.13. Leerders moet geleer word hoe om hulle maskers te was en daarna te kyk. Indien

moontlik, moet koshuisleerders ʼn derde masker hê wat gebruik kan word.

3.14. Leerders moenie mekaar se maskers dra nie.

3.15. Personeel wat nie in die koshuis woon nie, moet elke dag met hul aankoms gesif

word en ten alle tye maskers dra.

3.16. Kombuispersoneel moet persoonlike beskermingstoerusting dra as hulle kos

voorberei en leerders kos gee.

3.17. Leerders en personeel moet handdrukke, omhelsings en direkte aanraking vermy.

3.18. Indien ʼn leerder of personeellid siek word, moet die skool die riglyne in Bylae

L – WKOD-riglyn: Beheer van Covid-19-gevalle in skole volg.

3.19. Die prinsipaal moet onmiddellik ingelig word as ʼn leerder, opvoeder of

koshuispersoneellid in direkte aanraking met ʼn bevestigde Covid-19-geval was, of

as hulle met Covid-19 gediagnoseer is.

3.20. As leerders oor naweke by die huis was, moet hulle met hul terugkoms gesif word.

4. As daar ʼn vermoedelik Covid-19-geval in die koshuis is

4.1. Indien ʼn koshuisleerder simptome van Covid-19 toon, moet die leerder afgesonder

word totdat hulle opgelaai of huis toe geneem kan word.

4.2. Ouers/voogde van die leerder moet onmiddellik in kennis gestel word.

4.3. Wanneer die leerder opgelaai word, moet die ouer inligting ontvang oor wat om

te doen as ʼn leerder simptome van Covid-19 toon.

5. As daar ʼn bevestigde geval van Covid-19 in die koshuis is

5.1. Die prinsipaal moet onmiddellik alle bevestigde gevalle by die

kringbestuurder/distriksdirekteur aanmeld, asook inligting oor die geval, soos:

• Wanneer laas was die leerder by die skool of in die koshuis?

• Met wie het hulle ʼn kamer gedeel?

• Met wie was hulle in direkte aanraking?

• En met wie was hulle in terloopse aanraking?

5.2. ʼn Assessering van die koshuis sal deur die Departement onderneem word in

samewerking met die prinsipaal en die Departement van Gesondheid. Die skool

sal van raad bedien word oor stappe wat gedoen moet word. Dit mag die

volgende insluit:

Page 28: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

K: WKOD-riglyn: Beheer van veiligheid by koshuise gedurende Covid-19 3

• Leerders (of party leerders) mag in die koshuis vir ʼn tydperk van tot 14 dae

afgesonder word.

• Dele van die koshuis mag gesluit en ontsmet word.

• Die koshuis mag gesluit en ontsmet word, waarná dit mag heropen.

5.3. Onthou dat slegs die Hoof van die Departement by magte is om die sluiting van ʼn

onderwysinrigting te magtig, Die Hoof van die Departement sal deur die

Departement van Gesondheid geadviseer word.

Page 29: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

L – WKOD-riglyn:

Beheer van COVID-19-gevalle in

skole

Tak: Inrigtingsontwikkeling en

-koördinering

L – WKOD-riglyn:

Beheer van COVID-19-gevalle in skole

L – WKOD-riglyn Uitgereik:

22 Mei 2020

Hersiening soos en wanneer

benodig word

Goedgekeur deur die Hoof van die Departement:

_____________________________

BK Schreuder

Datum: 2020-05-22

Page 30: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

L – WKOD-riglyn: Beheer van Covid-19-gevalle in skole 1

L – WKOD-RIGLYN: BEHEER VAN COVID-19-GEVALLE IN SKOLE

1. Doel

1.1 Om prinsipale en skoolbestuurspanne te adviseer oor hoe om bevestigde of

vermoedelike COVID-19-gevalle in skole te beheer.

2. Voortgesette prosedures en voorbereidings

2.1 Alle leerders, opvoeders en nie-onderrig personeel moet daagliks gesif word

volgens die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) se riglyne.

2.2 ʼn Siekeboeg moet voorberei word om leerders of personeellede tydelik af te

sonder indien ʼn leerder of personeellid simptome van COVID-19 toon.

2.3 Inligting oor om met wie as naasbestaande in verbinding te tree indien ʼn leerder

of personeellid blyk COVID-19-simptome te hê, moet maklik aan alle leerders

en personeellede vrygestel kan word.

2.4 Inligting oor wat om te doen indien iemand simptome toon, moet maklik

vrygestel kan word en aan die leerder, hulle ouers of personeellid gegee kan

word (neem asseblief kennis van die pamflet: Behandeling van

https://wcedonline.westerncape.gov.za/back-school-covid-19-resources-

schools).

2.5 Indien ʼn klas, gedeelte van ʼn skool, of skool ontsmetting verg, moet die skool

met die distrik skakel wat die noodsaaklikheid daarvan sal bevestig en toesien

dat die dienste verkry word.

3. Stappe wat gedoen moet word as ʼn leerder siek blyk te wees of simptome wat

met COVID-19 gepaard gaan, toon

3.1 Die volgende is van toepassing as daar vermoed word dat ʼn leerder siek is of

simptome soos ʼn voortdurende droë hoes, hoë koors, respiratoriese ongemak

of kortasemheid, seer keel, ens. by die skool toon:

3.1.1 Alle leerders moet daagliks gesif word.

3.1.2 Die siekeboeg moet voorberei word om leerder(s) tydelik af te sonder.

3.1.3 Indien ʼn leerder COVID-19-simptome toon, moet die leerder afgesonder word

en hy/sy moet weg van ander leerders of personeel gehou word totdat hulle

gehaal en huis toe geneem kan word.

Page 31: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

L – WKOD-riglyn: Beheer van Covid-19-gevalle in skole 2

3.1.4 Die ouers/voog van die leerder moet onmiddellik in kennis gestel word en gevra

word om die leerder te kom haal.

3.1.5 Wanneer die leerder gehaal word, moet die ouer ingelig word oor wat daar

gedoen moet word en met wie in aanraking gekom moet word wanneer ʼn

leerder COVID-19-simptome toon.

4. Stappe wat gedoen moet word wanneer ʼn COVID-19-geval by ʼn leerder

bevestig is

4.1 Die prinsipaal moet onmiddellik alle bevestigde gevalle by die

kringbestuurder/distriksdirekteur aanmeld, asook inligting oor die geval gee,

soos:

• wanneer laas die leerder by die skool was;

• met wir hulle in direkte aanraking was; en

• met wie hulle vlugtig in aanraking was.

4.2 Die prinsipaal en distriksamptenare sal die geval assesseer en die

distriksamptenare sal die stappe wat gedoen moet word, bevestig.

4.3 Die Departement van Gesondheid sal verantwoordelik wees vir die

identifisering van mense met wie die leerder in aanraking was en sal die WKOD

adviseer oor enige verdere stappe wat gedoen moet word of

voorsorgmaatreëls wat getref moet word.

4.4 In die meeste gevalle sal dit nie nodig wees om die skool of inrigting te sluit nie.

4.5 Let op dat slegs die Hoof van die Departement die sluiting van ʼn

opvoedkundige inrigting kan magtig. Die Hoof van die Departement sal deur

die distrik ingelig word en sal optree volgens die raad van die Departement van

Gesondheid.

5. Stappe wat gedoen moet word wanneer ʼn leerder aan ʼn moontlike geval van

COVID-19 blootgestel was

5.1 As ʼn leerder in aanraking met ʼn vermoedelike geval was, is geen beperkings-

of spesiale beheermaatreëls nodig nie terwyl daar gewag word op

laboratoriumtoetse vir COVID-19.

5.2 Dis nie nodig om die skool te sluit of ander leerders of personeel huis toe te stuur

nie.

5.3 Die skool moet voortgaan om aan alle COVID-19-vereistes te voldoen.

Page 32: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

L – WKOD-riglyn: Beheer van Covid-19-gevalle in skole 3

5.4 Dus hoef personeellede geen stappe te doen voordat die uitkoms van die

toetsuitslae nie bekend is nie.

6. Stappe wat gedoen moet word as ʼn leerder blootgestel is aan ʼn bevestigde

geval van COVID-19

6.1 Enigiemand wat in noue aanraking met ʼn bevestigde geval van COVID-19 was,

moet geïdentifiseer word en versoek word om vir 14 dae tuis te bly vanaf die

datum van blootstelling om vir simptome te monitor. Hulle mag nie skool

bywoon nie. (Noue of direkte aanraking, bv. ʼn handdruk of omhelsing. Om

bloot in die kamer sonder enige direkte aanraking te wees, word as terloopse

aanraking sonder enige risiko beskou.)

6.2 Alle terloopse aanrakingsgevalle (geen direkte fisieke aanraking nie) moet

voortgaan om die skool by te woon.

6.3 Indien die leerder wat in noue aanraking was enige simptome toon terwyl hulle

by die huis is, kan die Wes-Kaapse Regering of die Nasionale Instituut vir

Oordraagbare Siektes se kitslynnommers geskakel word vir mediese hulp en

verdere toetsing.

6.4 Leerders wat nie in noue aanraking van ʼn bevestigde geval was nie, moet skool

bywoon.

6.5 Leerders wat in aanraking was met ʼn gesonde persoon van ʼn bevestigde geval

moet skool bywoon.

7. Stappe wat gedoen moet word as ʼn personeellid positief getoets is vir COVID-

19

7.1 Die personeellid wat positief vir COVID-19 getoets is, moet om siekteverlof

aansoek doen.

7.2 Alle personeellede en leerders wat in noue aanraking met die besmette person

was, moet in selfafsondering vir ʼn maksimum van 14 dae sedert die laaste

aanraking gaan.

7.3 Alle personeellede wat in selfafsondering moet gaan, moet om spesiale verlof

aansoek doen.

7.4 Daar moet ʼn lys van sodanige personeellede gehou word en by die betrokke

distrikskantoor ingedien word.

7.5 Die distrikskantoor moet skriftelike bewyse hou en dit by Hoofkantoor se

Mensbestuurpraktyke-afdeling indien.

Page 33: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

L – WKOD-riglyn: Beheer van Covid-19-gevalle in skole 4

7.6 Die reininging/ontsmetting van die besmette gebied moet verrig word soos in

(2.5) beskryf.

7.7 Daar moet in aanraking gebly word met sodanige personeellid of leerder om

hulle te monitor en evalueer.

8. ʼn Personeellid wat in aanraking met ʼn bevestigde geval van COVID-19 was

8.1 Alle personeellede wat in noue aanraking met die besmette person was, moet

tuis vir ʼn maksimum van 14 dae vanaf die laaste aanraking in selfafsondering

bly. (Direkte aanraking, bv. ʼn handdruk of omhelsing. Om bloot in die kamer te

wees sonder enige aanraking, word as terloopse aanraking met geen risiko

beskou.)

8.2 Personeellede wat hulleself moet afsonder, moet om spesiale verlof aansoek

doen.

8.3 Die prinsipaal moet toesien dat die werksgebied van mense wat hulle self moet

afsonder deeglik gereinig word.

8.4 Daar moet in aanraking gebly word met sodanige personeellid om hulle te

monitor en evalueer.

8.5 Die name van die personeellede moet aangeteken word by die skool en ʼn

afskrif moet by die distrikskantoor ingedien word.

8.6 Die distrikskantoor moet hierdie inligting by Hoofkantoor indien.

9. ʼn Personeellid was blootgestel aan ʼn moontlike (onbevestigde) COVID-19-

geval

9.1 Indien ʼn personeellid in aanraking was met ʼn onbevestigde geval, word geen

beperkings of spesiale beheermaatreëls vereis terwyl daar gewag word op

laboratoriumtoetsuitslae nie.

9.2 Die personeellid moet voortgaan om te werk.

9.3 Die skool moet voortgaan om aan alle COVID-19-vereistes te voldoen.

9.4 Daar is dus geen stappe wat personeellede hoef te doen voordat die uitslag

van die toets bekend is nie.

9.5 As die uitslag positief is, moet maatreëls wat in afdeling 8 voorgeskryf is,

toegepas word.

Page 34: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

L – WKOD-riglyn: Beheer van Covid-19-gevalle in skole 5

10. ʼn Personeellid of leerder vertoon simptome wat met COVID-19 gepaard gaan

terwyl hulle by die skool is

10.1 Sonder die personeellid of leerder tydelik af in ʼn siekeboeg of kamer wat vir

tydelike afsondering uitgewys is.

10.2 Adviseer die personeellid om huis toe te gaan en tree in verbinding met die

leerder se ouers/voog.

10.3 Adviseer die personeellid of die leerder se ouers/voog om die kitslynnommers

te skakel.

11. ʼn Personeellid weier om vir diens aan te meld as gevolg van vrees vir die

besmetting met COVID-19

11.1 Weiering om vir diens aan te meld kom daarop neer dat sodanige afwesigheid

onwettig is en sal hanteer word ingevolge die huidige dissiplinêre prosedures.

11.2 Gewone verlofbedeling is van toepassing, tensy anders aangedui word deur

enige COVID-19-regulasies wat gedurende die pandemie uitgevaardig mag

word.

12. Plaasvervangers vir opvoeders wat siek geword het

12.1 Sodra dit bevestig is dat ʼn opvoeder siek geword het weens COVID-19, moet

die skool aansoek doen om ʼn plaasvervanger.

12.2 Die skool moet ook aansoek om ʼn plaasvervanger doen as ʼn opvoeder afwesig

is van die werk as gevolg van die 14 dae-tydperk van selfafsondering.

12.3 Plaasvervangers sal oorweeg word as dit bekostig kan word.

12.4 Skole kan die gebruik van vrywilligers om sifting te doen, oorweeg indien dit

nodig word.

13. Beheer en monitor van afwesigheid

13.1 Bywoningsregisters moet daagliks voltooi word soos wat die norm vir

onderwysers, nie-onderrig personeel en leerders is. Dit is ʼn gewone WKOD-

vereiste, maar ook ʼn COVID-19-vereiste om met nasporing te help.

13.2 Identifiseer kritieke werksfunksies en poste by die skool en beplan paslik vir ander

geskikte gekwalifiseerde personeel by die skool om die gapings te vul wat mag

ontstaan weens COVID-19-gevolge.

Page 35: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

L – WKOD-riglyn: Beheer van Covid-19-gevalle in skole 6

14. Indien skole gesluit is, moet die volgende oorweeg word om voort te gaan met

leer en onderrig

14.1 Alle leerder- en ouerinligting, ingeslote digitale kontakinligting moet, waar

moontlik, bygewerk wees en maklik aan betrokke personeellede vrygestel kan

word.

14.2 Leermateriaal moet ter enige tyd vir ʼn tydperk van vier weke vooruit voorberei

word ingeval ʼn skool moet sluit as gevolg van waarskuwingsvlakbeperkings of

ander faktore.

14.3 Gaan voort om leermaterial vir leerders te ontwikkel as die skool gesluit is.

14.4 Maak gebruik van die lesse wat deur die Algemene Onderwys-en-opleiding

en/of Verdere Onderwys en Opleiding se kurrikulumdirektorate veskaf word.

14.5 Moedig aanlyn leer via die WKOD se e-Portaal aan.

14.6 Verskaf inligting aan ouers oor lesse op die radio, televisie en die

telematikaprogram.

14.7 Verseker deurlopende onderwys:

• hersien deurlopende planne vir onderrig en leer; en

• stel e-leerplanne in, ingeslote digitale en afstandsopsies waar moontlik en

toepaslik.

14.8 Indien nodig, bepaal, in oorleg met skooldistriksamptenare of ander toepaslike

staats- of plaaslike vennote:

• hoe om opvoeders op te lei in die oorskakeling van persoonlike na aanlyn

lesse;

• hoe om tegniese kwessies uit te sorteer wanneer daar beperkte IT-

ondersteuning en personeel is;

• hoe om toepaslike volwassetoesig aan te moedig terwyl leerders

afstandsonderrigbenaderings gebruik; en

• hoe om leerders se moontlike gebrek aan toegang tot rekenaars en die

internet tuis te hanteer.

14.9 Konsolideer ʼn lys van beskikbare, geskikte hulpbronne vanaf die radio, televisie

en ander mediaplatforms en stel dit aan leerders en ouers vry.

14.10 Verseker deurlopende maaltydprogramme, indien van toepassing.

Page 36: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

M – WKOD-riglyn:

Rolle en verantwoordelikhede van

beheerliggame

Tak: Inrigtingsontwikkeling en

-koördinering

WKOD-riglyn:

Bylae M: Rolle en verantwoordelikhede van

beheerliggame

Bylae M – WKOD-riglyn Uitgereik: 23 Mei 2020 Hersiening soos en wanneer

benodig word

Goedgekeur deur die Hoof van die Departement:

_____________________________

BK Schreuder

Datum: 2020-05-23

Page 37: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

M – WKOD-riglyne: Rolle en verantwoordelikhede van beheerliggame 2

M – WKOD-RIGLYN: ROLLE EN VERANTWOORDELIKHEDE VAN BEHEERLIGGAME

1. Doel

Die volgende dokument skets die verskillende rolle en verantwoordelikhede van

beheerliggaamlede om die beheer van Covid-19 te ondersteun.

2. Rolle van beheerliggame

2.1. Die regulasies oor die Covid-19-pandemie doen geen afbreuk aan die rolle en

verantwoordelikhede van beheerliggame soos deur die Suid-Afrikaanse

Skolewet (SASW) bepaal nie.

2.2. Die beheerliggaam moet voortgaan om toe te sien dat dit aan sy funksie

voldoen soos verklaar in artikel 20(1)(e) van die SASW, nl. “die prinsipaal,

opvoeders en ander personeel van die skool ondersteun in die verrigting van

hulle professionele werksaamhede”.

2.3. Die Covid-19-pandemie verg dat beheerliggame die skoolbestuur ondersteun

om te voldoen aan die gesondheids- en veiligheidsvereistes van die

skoolgemeenskap.

3. Stappe wat gedoen moet word

3.1. Om ʼn Covid-19-komitee op die been te bring wat ʼn plan moet opstel in

samewerking met die prinsipaal en skoolbestuurspan (SBS) binne die nasionale

regulasies. Hierdie gesondheids- en veiligheidskomitee kan moontlik ʼn

uitbreiding van die skoolveiligheidskomitee wees.

3.2. Ondersteun die skoolbestuur met die implementering van die gesondheids- en

veiligheidsprotokols. Dit sluit toegang tot die skoolterrein in, die siftingsplan en

die hersiene skoolplan (watter leerders skool toe gekom het, wanneer hulle

gekom het en roosterbeplanning).

3.3. Om die oriënteringsprogram van leerders en kommunikasie met ouers te

ondersteun.

3.4. Herprioritisering van begrotings, met inagneming van:

3.4.1. Besparings wat plaasgevind het omdat die skool vanaf 20 Maart 2020 gesluit

was – byvoorbeeld: instandhouding, water en elektrisiteit, telefoon, reis,

buitemuurse aktiwiteite en kansellasies van projekte.

3.4.2. Inkomstetekorte uit skoolgeld-insamelings.

3.4.3. Bykomende uitgawes wat kan voortspruit uit die versekering dat skole in die

volgende paar maande funksioneer, veral wat betref veiligheid en sekuriteit

(ingeslote die bewaring van persoonlike veiligheidstoerusting),

kurrikulumlewering en, waar nodig, bykomende personeel.

Page 38: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

M – WKOD-riglyne: Rolle en verantwoordelikhede van beheerliggame 3

3.5 Hanteer personeelkwessies wat mag voortspruit uit verminderde inkomste en

die betaling van beheerliggaamwerknemers.

3.6 Hanteer personeelkwessies wat mag voortspruit uit personeel-afwesigheid.

3.7 Handel die 2021-toelatingsproses af.

3.8 Hanteer kontrakte met diensverskaffers as gevolg van die kansellering van

buitemuurse aktiwiteite.

3.9 Versoek ʼn aksieplan van die prinsipaal oor die implementering van die riglyne

en maandelikse verslae oor implementering en risiko’s.

3.10 Keur veranderinge aan skooltye goed, waar van toepassing, en maak seker dat

dit voldoen aan enige toepaslike indiensnemingsvoorwaardes van personeel

(SASW, artikel 20(1)(f)).

3.11 Kommunikeer met ouers oor wat van hulle verwag word ten opsigte van

skoolgeldbetaling.

3.12 Maak besluite oor hoe om niebetaling van skoolgeld te hanteer.

3.13 Besluit oor hoe om ouers wat die skool wil besoek, te hanteer.

3.14 Keur addendums of uitbreidings aan bestaande beleide oor hoe om Covid-19

te hanteer, goed. Byvoorbeeld: Die veiligheidsbeleid, die gedragskode,

bepaling van beleid oor betaling van skoolpersoneel wat afwesig is weens

komorbiditeite, of enige ander beleide wat Covid-19-addendums benodig.

Erkennings:

Hierdie riglyn is saamgestel met die vriendelike samewerking van die Stigting vir Beheerliggame

(GBF) en die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas).

Page 39: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

N – WKOD-riglyn:

Hantering van die kurrikulum

Tak: Inrigtingsontwikkeling en -

koördinering

N – WKOD-riglyn:

Hantering van die kurrikulum

N – WKOD-riglyn Uitgereik:

27 Mei 2020

Hersiening soos en wanneer

benodig word

Goedgekeur deur die Hoof van die Departement:

_____________________________

BK Schreuder

Datum: 2020-05-27

Page 40: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

N – WKOD-riglyn: Hantering van die kurrikulum 1

N – WKOD-RIGLYN: HANTERING VAN DIE KURRIKULUM

1. Doel

Die doel van hierdie riglyn is om kurrikulum- en assesseringsleiding te gee oor

hoe om met die aangepaste kurrikulum vir graad 7 en 12 te werk.

2. Ondersteuning deur die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) tydens

die inperkingstydperk

2.1 Alhoewel die aanvanklike doel van die ondersteuning aan die begin van die

inperking was om leermateriaal te verskaf wat leerders kan help om aan te

hou leer, het dit vinnig verander in ʼn onderwyser-en-leerderonderneming.

2.2 Die doel was om onderrig en leer in elke vak en elke graad te ondersteun,

gebaseer op die onderrig- en assesseringsplanne wat aan onderwysers aan

die begin van die 2020-skooljaar uitgereik is.

2.3 Die ondersteuningsinisiatiewe is ontwikkel om Algemene Onderwys en

Opleiding (AOO) en Verder Onderwys en Opleiding (VOO) se

kurrikulumlewering mootlik te maak en dit is versterk deur ʼn professionele

onderwyserontwikkelingsdimensie wat gefokus het op:

• hulp aan onderwysers met afstandsonderrig; en

• hulp aan leerders om óf met hulp van ander mense tuis te leer (meestal

laerskoolgrade), óf selfgerig te leer (meestal hoërskoolgrade).

2.4 Bylae A som die ondersteuning wat aangebied is en steeds beskikbaar is op.

Onderwysers word aangeraai om toegang te kry tot die webwerfadresse wat

aangehaal word vir toegang tot ʼn groot getal kurrikulummateriaal en

professionele onderwyserontwikkelingsaanbiedinge.

2.5 ʼn Reeks radio- en televisielesse wat geïntegreer kan word is ook beskikbaar ter

ondersteuning van onderrig en leer. Amptenare en onderwysers van die

WKOD dra gereeld tot hierdie produksies by.

3. Die terugkeer van graad 7- en 12-leerders

3.1 Gedurende Kwartaal 1 van die 2020-skooljaar het onderrig en

skoolgebaseerde assesserings (SGA) plaasgevind volgens die leiding wat in

die onderrig- en assesseringsplanne gegee is

(https://wcedeportal.co.za/eresource/88496).

3.2 Nadat bykans agt skoolweke verlore gegaan het as gevolg van die inperking,

moes die Departement van Basiese Onderwys (DBO) die kurrikulum- en SBA-

Page 41: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

N – WKOD-riglyn: Hantering van die kurrikulum 2

vereistes aanpas om by die hersiene skoolkalender vir graad R tot 11 aan te

pas. Die graad 12-kurrikulum het onveranderd gebly.

3.3 Die KABV-kurrikulum is verminder na beheerbare kerninhoud (kyk Bylae B) en

dit sluit die vaardighede, kennis, ingesteldhede en waardes per vak per

graad in sodat:

3.3.1. dit wat onderrig moet word en dit wat geassesseer moet word duidelik

gemaak is en in ooreenstemming is met die hersiene skoolkalender;

3.3.2. deeglike beplanning gedoen is en doeltreffende onderrigstrategieë gebruik is

om te verseker dat diep en betekenisvolle leer plaasvind;

3.3.3. die vakleerbaan vir leerders gehandhaaf word, sonder om hulle oorgang

tussen grade te kompromitteer; en,

3.3.4. leerders en onderwysers nie onder onnodige druk geplaas word om te poog

om die volledige kurrikulum te voltooi nie, maar belangrike leer kan baasraak

in die oorblywende beskikbare tyd.

3.4 SGA’s sal ook aangepas word. Die DBO sal duidelikheid gee oor die getal

SGA-take wat vereis sal word. Die gebruik van ander assesseringsvorms word

aangemoedig en die klem sal eerder op assessering VIR leer (formatiewe) as

op VAN leer (summatiewe) val.

3.5 Die hersiene leer- en assesseringsvereistes sal aan alle skole gebied word via

geskrewe en aanlyn kommunikasie vir elke vak soos die verskillende grade

infaseer word. Die veranderings word verduidelik in ʼn PowerPoint-aanbieding,

wat na onderwysers deurgestuur sal word.

3.6 Daar sal geen Junie-eksamens wees nie. Die graad 12-proefeksamen behoort

egter soos in die verlede afgelê te word, met vraestelle wat deur onderwysers

op skoolvlak opgestel en gemodereer word.

4. Nuwe maniere van onderrig, assessering en leer

4.1 Sterk onderrigsleierskap deur die skoolbestuurspan (SBS) word verlang om toe

te sien dat daar doeltreffende beplanning en voorbereiding is vir die nuwe

manier van onderrig, assessering en leer. Die volgende oorwegings is van

belang:

4.1.1 Hoe om te verseker dat daar voldoen word aan die sosiale afstandsvereistes

(kyk Bylae C) waar onderrig of assessering plaasvind.

4.1.2 Hoe om onderrig en SGA’s oor die aangepaste kurrikulum nou so goed as

moontlik te beplan vir leerders by die skool asook leerders tuis.

4.1.3 Hoe om WKOD-kurrikulumondersteuning (wat op die WKOD se e-Portaal en

deur vakadviseurs voorsien word) te gebruik om beplanning en onderrig te

verbeter.

Page 42: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

N – WKOD-riglyn: Hantering van die kurrikulum 3

4.1.4 Watter onderrigmetodes (behalwe persoonlike onderrig by die skool) word

benodig om aan die leerbehoeftes van alle leerders te voldoen, bv. gedrukte

materiaal, WhatsApp-platforms en digitale platforms.

4.1.5 Hoe om te verseker dat alle leerders optimale toegang het tot die

leermetodes wat gebruik word.

4.1.6 Of leerders assesseringstake by die skool en tuis kan voltooi en of dit die

leerder help om die verband tussen wat hulle geleer het en die wêreld

daarbuite te sien.

4.1.7 Of elke leerder hulle eie vakhandboek en/of werkboeke het (dit is ʼn

noodsaaklike vereiste).

4.1.8 Watter professionele onderwyserontwikkelingsgeleenthede beskikbaar is ter

ondersteuning van onderwysers in hulle doeltreffende hantering van die

nuwe onderrigwerklikhede.

4.1.9 Hoe ons saam met ander skole kan werk of saam ons hulpbronne kan deel.

4.2 Ter ondersteuning van die beplanningsprosesse op skoolvlak, het ons op een

bladsy die belangrikste aspekte vasgelê wat onderwysers nodig het om te

oorweeg wanneer hulle terugkeer. Dit is ʼn eenvoudige poging om die

terugkeer van onderwysers in konteks te plaas, maar ook ʼn “dinkgids” wat

belangrike pedagogiese vrae opper waaroor gedink moet word wanneer

onderwysers begin met beplanning (kyk Bylae D). Ons kom voor ʼn

veranderde opvoedkundige arena te staan en dit sal nuwe denk- en

doenwyses verg.

5. Belangrike inligting waarvan graad 7-onderwysers kennis moet dra

5.1 As skole nie Kwartaal 1 se SGA’s voltooi het nie, moet dit afgehandel word en

op SOBIS aangeteken word.

5.2 Besonderhede oor die planne vir die moderering van SGA’s, minipraktiese

assesseringstake (PAT’s) en praktiese eksamens sal verskaf word. Prinsipale

moet egter toesien dat die pre- en postmoderering van alle SGA’s uitgevoer

word.

5.3 Lesse vir Kwartale 3 en 4 sal beskikbaar gestel word en sal in Engels, Afrikaans

en Xhosa ontwikkel word.

5.4 ʼn AOO-hulpbronpakket vir onderwys- en kurrikulumontwikkeling – Graad 9 sal

ook beskikbaar wees om leerders te help. Dit sal video’s en aktiwiteite in alle

vakke in Engels, Afrikaans en Xhosa insluit.

6. Belangrike inligting waarvan graad 12-onderwysers kennis moet dra

Page 43: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

N – WKOD-riglyn: Hantering van die kurrikulum 4

6.1 Alhoewel die graad 12-kurrikulum nie gesnoei is nie, is sekere toegewings en

veranderings aan SGA’s gemaak. Die veranderings aan vereistes vir

mondelinge en praktiese eksamens is per vak in besonderhede uiteengesit.

6.2 Lesse wat op die aangepaste kurrikulum gebaseer is, sal vir Kwartaal 3 en 4 in

Engels en Afrikaans ontwikkel word. Weeklikse lesse vir Kwartaal 2 is op die

WKOD se e-Portaal beskikbaar.

6.3 As skole nie Kwartaal 1 se SGA’s voltooi het nie, moet dit afgehandel word en

op SOBIS teen 15 Junie 2020 aangeteken word.

6.4 Besonderhede oor die planne vir die moderering van SGA’s, PAT’s en

mondelinge eksamens sal verskaf word. Prinsipale moet egter toesien dat die

pre- en postmoderering van alle SGA’s uitgevoer word.

6.5 Die finale eksamenrooster sal hersien word en besonderhede daaroor

oorgedra word sodra dit afgehandel is.

7. Ondersteuning en ontwikkeling van onderwysers

7.1 Toegang kan verkry word tot ʼn omvattende kieslys van aanlyn kursusse wat

deur die Direktorate AOO, VOO, Kaapse onderrig- en leierskapinstituut (KOLI),

e-Leer en Inklusiewe Onderwys ontwikkel is, en dit kan deur onderwysers vir

hulle persoonlike en professionele behoeftes gebruik word.

7.2 Hierdie kursusse dek areas wat met die kurrikulum, (Grondslag-, Intermediêre

en Senior fases, asook VOO), inklusiewe onderwys, IKT-integrasie, skoolbestuur

en leierskap, ens. verband hou. Verdere inligting oor hierdie professionele

onderwyserontwikkelingsgeleenthede sal aan skole oorgedra word (kyk Bylae

A).

8. Digitale hulpbronne

ʼn Uitgebreide reeks hulpbronne is op die WKOD se e-Portaal beskikbaar en

daar is gereelde bywerkings (kyk Bylae A). Ingeslote by hierdie aanbiedings

onder “Teacher Side-kick” is ʼn digitale leer-noodinhoudspakket vir

onderwysers (Emergency content pack for teachers) om afstandsonderrig- en

leerpraktyke te versterk (kyk Bylae A).

9. DBO se aangepaste kurrikulum

9.1 Die proses om die kurrikulum aan te pas wat op die hersiene skoolkalender

gebaseer is, is afgehandel. Kyk asseblief na die volgende skakel van die DBO-

webwerf waar al die toepaslike dokumente verkry kan word:

https://www.education.gov.za/Home/RecoveryPlan2020.aspx.

Page 44: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

N – WKOD-riglyn: Hantering van die kurrikulum 5

9.2 Dit sluit die 2020 DBO-omsendbrief S2 van 23 Mei 2020 in, waarin die proses

verduidelik word, asook die beginsels wat die besnoeiing en herorganisasie

van die kurrikulum ondersteun het.

9.3 Die tabel hieronder bied ʼn opsomming van die dokumente wat vir graad 7 en

12 gevind kan word.

9.4 Die dokumente vir ander grade, asook riglyne oor SGA’s, sal later aan skole

verskaf word.

Graad Dokument se naam

1 12 Nasionale jaarplanne vir onderrig (Inhoudsvakke)

2 12 Nasionale jaarplanne vir onderrig (Tale)

3 10–12 Nasionale faseplan vir inhoud (Inhoudsvakke)

4 10–12 Nasionale faseplan vir inhoud (Huistale)

5 10–12 Nasionale faseplan vir inhoud (Eerste Addisionele Tale)

6 10–12 Nasionale faseplan vir inhoud (Tweede Addisionele Tale)

1 7 Nasionale jaarplanne vir onderrig (Inhoudsvakke)

2 7 Nasionale jaarplanne vir onderrig (Tale)

3 7–9 Nasionale faseplan vir inhoud (Inhoudsvakke)

4 7–9 Nasionale faseplan vir inhoud (Huistale)

5 7–9 Nasionale faseplan vir inhoud (Eerste Addisionele Tale)

Page 45: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

N – WKOD-riglyn: Hantering van die kurrikulum 6

Bylae A

Fokus Inisiatief Ondersteuningsmikpunt Webskakel

AOO 1 bladsy vir elke vak Hersiening en leerondersteuning vir

onderwysers, ouers en leerders terwyl

graad R–9-werk wat in Kwartaal 1

gedoen is, gekonsolideer word

https://wcedeportal.co.za/eresource/90931

DBO-werkboeke vir

Taal en WIskunde

Hersiening en voorbereiding van werk

wat in Kwartaal 2 gedoen moet word

https://www.education.gov.za/Curriculum/

LearningandTeachingSupportMaterials(LTSM)/

Workbooks.aspx

Weeklikse lesse Lesse wat die kerninhoud van en

vaardighede in vakke vir leerders

vasvang, is ontwikkel en per e-pos en

WhatsApp aan alle skole via

distrikskantore versprei

Graad R–3:

https://wcedeportal.co.za/eresource/92236

https://wcedeportal.co.za/eresource/93061

https://wcedeportal.co.za/node/94156

https://wcedeportal.co.za/eresource/101201

Graad 4–6:

https://wcedeportal.co.za/eresource/92191

https://wcedeportal.co.za/eresource/93051

https://wcedeportal.co.za/eresource/94176

https://wcedeportal.co.za/eresource/102396

https://wcedeportal.co.za/eresource/105001

Graad 7–9:

https://wcedeportal.co.za/eresource/92186

https://wcedeportal.co.za/eresource/93046

https://wcedeportal.co.za/eresource/97196

https://wcedeportal.co.za/eresource/102416

https://wcedeportal.co.za/eresource/105031

Gehaltelees tuis Ouerondersteuning met lees as daaglikse

aktiwiteit

https://wcedeportal.co.za/partners/#103111

Page 46: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

N – WKOD-riglyn: Hantering van die kurrikulum 7

Fokus Inisiatief Ondersteuningsmikpunt Webskakel

VOO 1 bladsy vir elke vak Hersiening en leerondersteuning vir

onderwysers, ouers en leerders terwyl

graad 10–12-werk wat in Kwartaal 1

gedoen is, gekonsolideer word

https://wcedeportal.co.za/eresource/88506

Graad 12-leer- en

onderrigmateriaal

Hersiening vir matrikulante in gekose

vakke

https://wcedeportal.co.za/eresource/90261

Telematikalesse

Regstreekse telematika-uitsendings van

die onderrig van gekose vakke of die

gebruik van voorafopgeneemde lesse

https://schools.sun.ac.za/login/index.php

Weeklikse lesse Lesse wat die kerninhoud van en

vaardighede in vakke vir leerders

vasvang, is ontwikkel en per e-pos en

WhatsApp aan alle skole via

distrikskantore versprei

Graad 10–12:

https://wcedeportal.co.za/eresource/92511 (W1)

https://wcedeportal.co.za/eresource/93481 (W2)

https://wcedeportal.co.za/eresource/94171 (W3)

https://wcedeportal.co.za/eresource/99256 (W4)

Graad 10:

https://wcedeportal.co.za/eresource/105831

https://wcedeportal.co.za/eresource/106171

Graad 11:

https://wcedeportal.co.za/eresource/99321

https://wcedeportal.co.za/eresource/106196

Graad 12:

https://wcedeportal.co.za/eresource/105841

https://wcedeportal.co.za/eresource/106206

Page 47: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

N – WKOD-riglyn: Hantering van die kurrikulum 8

Fokus Inisiatief Ondersteuningsmikpunt Webskakel

e-Leer

&

KOLI

Professionele

onderwyserontwikkeling

Uitgebreide kieslys van professionele

aanlyn ontwikkelingskursusse wat oor ʼn

verskeidenheid onderwerpe beskikbaar

is.

e-Leerriglyndokument om prinsipale en

onderwysers te help met

afstandsonderrig en -leer.

https://wcedeportal.co.za

https://wcedctli.co.za/

https://wcedeteacher.wixsite.com/eteacher

https://wcedeteacher.wixsite.com/covid19/free-courses

WKOD se e-

Portaal

Ander aanlyn

ondersteuningsplatforms

WKOD se e-Portaal https://wcedeportal.co.za

KOLI by WKOD https://wcedctli.co.za/

WKOD aanlyn https://wcedonline.westerncape.gov.za/

WKOD Moodle Site https://wcedelearn.westerncape.gov.za/

WKOD COVID-19-inligting https://wcedeteacher.wixsite.com/covid19

WKOD-kodering https://wcedeteacher.wixsite.com/coding/what-is-coding

WKOD-e-Onderwyser https://wcedeteacher.wixsite.com/eteacher

WKOD-middelpunte https://wcedeteacher.wixsite.com/hubs

WKOD se IKT-aanvaardingstrategie https://wcedeteacher.wixsite.com/adoption-online

Page 48: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

N – WKOD-riglyn: Hantering van die kurrikulum 9

Bylae B

ʼn Voorbeeld van ʼn hersiene onderrigplan vir Tegnologie in graad 7:

(https://www.education.gov.za/Home/RecoveryPlan2020.aspx)

Week KABV-

onderwerp

Inhoud, konsepte en vaardighede Hulpbronne

Tegnologie Senior Fase: COVID-19-onderrigplan (Hersiene ATP) Graad 7

Hersiene Kwartaal 2-inhoud

Week 1 Strukture • Omskrywing en doel van strukture om toe te maak, beskerm, ondersteun, oorbrug.

• Klassifikasie van strukture: natuurlik en mensgemaak.

• Soorte strukture: Dop, raam, solied – leerders voltooi ʼn werkblad.

Handboeke

Siyavula-werkboek

Werkblaaie

Gepaste

hulpbronne

Week 2 • Ondersoek: ʼn selfoontoring – ʼn raamstruktuur.

• Gevallestudie: ondersoek bestaande torings wat deur triangulering versterk is, ingeslote

torings, windmeule en mynskagtorings.

Handboeke

Siyavula-werkboek

Gepaste

hulpbronne

Week 3 • Evalueer: werkblad oor die voordele en nadele van telefoonstelsels

Landlyn teenoor selfoon. Leerders voltooi ʼn tabel.

Handboeke

Siyavula-werkboek

Gepaste

hulpbronne

Week 4 Aksienavorsing: om materiaal/strukture te versterk

• Praktiese aktiwiteit 1 – Versterk ʼn strukturele materiaal met pypwerk – indiwiduele aktiwiteit

• Praktiese aktiwiteit 2 – Versterk ʼn strukturele materiaal met vouing – indiwiduele aktiwiteit

• Praktiese aktiwiteit 3 – Versterk ʼn raamstruktuur deur triangulering – indiwiduele aktiwiteit

Handboeke

Siyavula-werkboek

Werkblaaie

Gepaste

hulpbronne

Page 49: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

N – WKOD-riglyn: Hantering van die kurrikulum 10

ʼn Voorbeeld van ʼn hersiene onderrigplan vir Rekenaartoepassingstegnologie in graad 12

Kwartaal 3

(37 dae) 03–14 Augustus 17 Augustus–01 September 02–23 September

KABV-

onderwerp Inligtingsbestuur en PAT Inhoud met gebruik van gevallestudies Proefeksamen

Konsepte,

vaardighede

en waardes

Praktiese assesseringstaak: Versterk

vaardighede vir inligtingsbestuur.

Gebruik inligting en data wat

versamel is. Verwerking en

analisering.

Reproduseer en skep dokumente wat teks, grafika en

data insluit. Manipuleer grafika en teks in

dokumente. Gebruik geïntegreerde sagteware om

dokumente vir spesifieke doeleindes te skep en

ontwerp. Pas algemene beginsels van uitleg en

ontwerp toe op ʼn dokumentproses. Beklemtoon

inligting deur tegnieke soos plasing en kleur te

gebruik. Skep dokumente deur pasgemaakte

template. Gebruik die media, visuele geletterdheids-

en tegnologiese vaardighede om produkte te skep

wat begrip uitdruk.

Identifiseer algemene apparatuurkonfigurasie:

Verstaan rekenaars en hulle gebruike. Maak beter

koopbesluite, interpreteer advertensies en vorm

menings oor gehalte en bruikbaarheid by die

aankoop van toerusting en sagteware. Weet hoe om

gewone rekenaarprobleme op te los en hanteer

uitdagings wat te vore kom as gevolg van die

gebruik van rekenaars. Weet hoe om die internet en

e-pos te gebruik. Toepaslike

gebruikstoepassingspakette.

Maak ingeligte besluite en keuses oor wannneer

kommunikasietoestelle en kommunikasiemetodes

gekies word vir ʼn gegewe scenario. Weet hoe om

jouself teen aanlyn gevare te beskerm. Verstaan

tegnologiese konsepte, stelsels en werksaamhede en

Kognitiewe vlakke:

Laerorde – 30%

Middelorde – 40%

Hoërorde – 30%

Praktiese vraestel

(V1)

Teorievraestel

(V2)

3 uur 3 uur

180 punte 150 punte

7 vrae:

V 1–2:

Woordverwerking

V 3 –4: Sigbladsy

V 5: Databasis

V 6: HTML

V 7: Integrasie

10 vrae:

Afdeling A:

V 1–3

(25 punte)

Afdeling B:

V 4–8

(75 punte)

Afdeling C:

Geïntegreerde

scenario

(50 punte)

Page 50: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

N – WKOD-riglyn: Hantering van die kurrikulum 11

hoe dit effektief, doeltreffend en akkuraat werk.

Weet wanneer om op te gradeer, wanneer om

nuwe toerusting of sagteware te koop en hoe om

ingeligte besluite te maak.

Vereiste

voorafkennis

UItbreiding en bevordering van

inhoud wat in vorige kwartaal gedek

is, Graad 10 en 11.

UItbreiding en bevordering van inhoud wat in vorige

kwartaal gedek is, Graad 10 en 11.

Hulpbronne

(buiten

handboek) om

leer te versterk

Rekenaar met gepaste

sagtewaretoepassing en apparatuur.

Internet. Skyfieaanbiedings.

Dataprojektor. PAT-rubriek en

leerderkontroleringslys.

Rekenaar met gepaste sagtewaretoepassing en

apparatuur. Internet. Skyfieaanbiedings.

Dataprojektor. Video’s

Informele

assessering,

remediëring

Google-vasvrae, Kahoot!,

waarneming, kompetisies,

portuurassessering, uitgebreide

geleenthede/aktiwiteite, ens.

Google-vasvrae, Kahoot!, waarneming, kompetisies,

portuurassessering, uitgebreide

geleenthede/aktiwiteite, ens.

SGA (formele

assessering)

Praktiese assesseringstaak:

Fases 1 (hersien), 2 (hersien) en 3

(finaal)

Assesseringstaak 5: Voorlopige

eksamen

Page 51: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

N – WKOD-riglyn: Hantering van die kurrikulum 12

Bylae C

Sosiale afstand tydens onderrig en leer

1. Sosiale afstand

1.1 Sosiale afstand as ʼn lewenswyse/bedryf verg betekenisvolle beperkte

persoonlike interaksie met alle mense gedurende skoolure op die skoolterrein.

Om dit te kan doen, moet personeel sowel as leerders onderrig word oor

Covid-19, hoe dit versprei en die nodige maatreëls om die impak daarvan te

verminder.

1.2 Die maatreëls wat in die klaskamer getref word, moet deel van ʼn inklusiewe

strategie wees om te verseker dat gesondheids- en veiligheidsrisiko’s vir almal

op die skoolterrein verminder word. Die WKOD-riglyne vir die werksaamhede

van openbare skole tydens die Covid-19-ramptoestand verduidelik die

nodige veiligheidsvereistes.

2. Planne vir ʼn veilige onderrig en leeromgewing

2.1 Algemene vereistes

2.1.1 Almal wat ʼn onderrigruimte betree (klaskamer, laboratorium, tegniese

werksgebied, rekenaarkamer of skoolsaal) moet ʼn masker dra.

2.1.2 Die getal persone wat in ʼn onderrigruimte toegelaat word, moet bepaal word

deur die vereiste om 1.5 m tussen mense te handhaaf.

• Leerders se lessenaars moet ten minste 1 meter van mekaar af staan –

sal voorafgaande sitplekreëlings benodig.

• Lessenaars moet in rye gerangskik word, met die lessenaars wat met

hulle gesigte vorentoe staan om persoonlike kontak tussen leerders te

verminder.

• Laat daar slegs een leerder by elke lessenaar sit, waar moontlik, en laat

daardie leerder weer toe om die volgende dag by dieselfde lessenaar

te sit.

• Maak vensters en deure so veel as moontlik oop om te verseker dat

daar baie vars lug in die lokaal kom.

• Dis noodsaaklik dat daar eerbiedige betrokkenheid tussen onderwyser

en leerder en tussen leerders self moet wees vir produktiewe onderrig en

leer om plaas te vind.

• Plaas waar moontlik ʼn handreinigingsplek by die ingang van die

onderrigruimte en sien toe dat elkeen wat by die klaskamer inkom of

uitgaan hulle hande ontsmet.

• Gebruik die eerste vyf minute van elke dag om leerders te herinner aan

hoe belangrik dit is om die “goue reëls” te beoefen sodat die

verspreiding van die virus voorkom kan word.

Page 52: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

N – WKOD-riglyn: Hantering van die kurrikulum 13

• Reageer met die nodige sensitiwiteit op enige vrae wat leerders mag

hê.

2.2 Planne vir onderrig

2.2.1 Prinsipale en SBS’e moet hulle bestuurs- en kontroleringsplan uitwerk om te

verseker dat daar voldoen word aan die vereiste sosiale afstand tydens

onderrig/assessering.

2.2.2 Duidelik moet gegee word oor:

• die rooster vir die graad(grade) wat sal terugkeer skool toe;

• die getal leerders wat in klasgroepe toegelaat sal word;

• of daar ʼn “botallige”-klas vir sekere graadvakke sal wees, en watter

ander ruimte gebruik gaan word;

• wie mede-onderrig in die “botallige”-klas sal gee of die leer gaan

behartig;

• professionele ontwikkeling om mede-onderrig of die behartiging

daarvan mootlik te maak; en

• wie verantwoordelikheid sal aanvaar vir administratiewe en

assesseringspligte in die “botallige”-klas.

2.2.3 Spesiale sorg moet getref word as onderwysers persoonlike kontak met

leerders het tydens onderrig- en assesseringsprosesse – vermy aanraking.

2.2.4 Herorganiseer lesplanne en aktiwiteite om die deel van boeke/materiaal en

die aangee van voorwerpe tussen mekaar te verminder.

2.2.5 Leerders moenie voorwerpe soos penne, liniale, sakrekenaars, ens. met

mekaar deel nie.

2.2.6 Onderwysers sowel as leerders sal verantwoordelikheid moet aanvaar vir die

reiniging van onderrig- en leermiddels.

2.2.7 Onderwysers moet verkieslik tussen klasse vir lesse beweeg eerder as wat daar

van leerders verwag word om in die skool rond te beweeg na verskillende

klasse toe.

2.2.8 Kommunikasie aan ouers/voogde moet die planne wat gemaak is om aan

sosiale afstand te voldoen insluit, asook die strategieë wat geïmplementeer

sal word om die risiko van Covid-19-blootstelling by die skool te verminder. Dit

moet ook toegee dat strategieë moontlik kan verander as die vlak van

gemeenskapsoordrag sodanig vergroot het dat die skoolprogram

onderbreek moet word.

2.2.9 Prinsipale moet toesien dat daar onmiddellik opgetree word om ʼn

onderwyser te vervang wanneer daardie onderwyser of vrywilliger siek word.

2.2.10 Wanneer onderrig- en leeraktwiteite buite die klaskamer plaasvind, moet

leerders aangemoedig word om uit te sprei.

2.2.11 Spoor leerder- en personeelafwesigheid na om tendense wat aangemeld

moet word, te identifiseer.

Page 53: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

N – WKOD-riglyn: Hantering van die kurrikulum 14

3. Oorwegings wanneer toetse/eksamens afgelê of ʼn PAT gedoen word

3.1 Elke leerder moet altyd ʼn masker dra.

3.2 Maak seker dat daar genoeg handontsmettingshouers regdeur die lokaal is.

3.3 As daar genoeg ruimte is, rangskik sitplekke op so ʼn manier dat leerders ten

minste 1,5 meter van mekaar af sit.

3.4 Nadat assessering plaasgevind het, behou die name en

kontakbesonderhede van alle leerders vir ten minste een maand. Dit sal

openbare gesondheidsowerhede help om mense wat moontlik aan Covid-19

blootgestel kon wees, na te spoor, indien een of meer deelnemers kort na die

assessering siek raak.

Page 54: Kantoor van die Hoof: Onderwys - Western Cape · In die week wat voorlê, sal die klem val op die regmaak van die skool vir die terugkeer van leerders in graad 12 en 7 op 01 Junie

N – WKOD-riglyn: Hantering van die kurrikulum 15

Bylae D

Oorwegings vir die beplanning van onderrig vir die res van die 2020-skooljaar