kathu bulletin 25 julie 2013

16
Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop 25 JULIE 2013 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA GRATIS Kathu Ilse Watson DIE Khumani-myn het op Nelson Mandela se verjaardag ’n prettige projek by die Laerskool Maikaelelo op Olifantshoek aangepak. Personeellede van die myn het die oggend geesdriftig ingeval en hulle het klaskamers skoongemaak, die mure en vensterruite gewas en skryfborde geverf. Lede van die Lohatla-weermagbasis het ge- help om die skoolterrein van alle rommel skoon te maak. “Ons het gekyk na minder bevoorregte skole in die omgewing en het besluit om Maikaelelo by te staan. Dié skool is een van die mees minder bevoorregte skole in die omgewing en ons wil graag ’n verskil maak,” het kapt. Thembinkosi Fono van die 101 Veldwerkplaas, Lothatla, gesê. “Ons oorhandig ook vandag ’n geskenkpakkie aan 54 gr. O-leerlinge. In die pakkie is ’n skool- uniform, skoene en ’n legkaart,” vertel Elizna Be- zuidenhout van die Khumani-myn. Na afloop van die oggend se verrigtinge is daar aan die 557 leerlinge van die skool warm worsbroodjies en ’n koeldrank oorhandig. Die lede van die weermag het ook ’n warm beker sop verskaf. Dankie, Madiba Die opgewonde gesiggies van leerlinge aan die Laerskool Maikaelelo. Foto: Ilse Watson

Upload: kalaharibulletin

Post on 16-Mar-2016

296 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Kathu bulletin 25 julie 2013

TRANSCRIPT

Page 1: Kathu bulletin 25 julie 2013

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

25 JULIE 2013 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA GRATIS

Kathu

Ilse Watson

DIE Khumani-myn het op Nelson Mandela severjaardag ’n prettige projek by die LaerskoolMaikaelelo op Olifantshoek aangepak.

Personeellede van die myn het die oggendgeesdriftig ingeval en hulle het klaskamersskoongemaak, die mure en vensterruite gewasen skryfborde geverf.

Lede van die Lohatla-weermagbasis het ge-help om die skoolterrein van alle rommel skoonte maak.

“Ons het gekyk na minder bevoorregte skolein die omgewing en het besluit om Maikaeleloby te staan. Dié skool is een van die mees minderbevoorregte skole in die omgewing en ons wilgraag ’n verskil maak,” het kapt. ThembinkosiFono van die 101 Veldwerkplaas, Lothatla, gesê.

“Ons oorhandig ook vandag ’n geskenkpakkieaan 54 gr. O-leerlinge. In die pakkie is ’n skool-uniform, skoene en ’n legkaart,” vertel Elizna Be-zuidenhout van die Khumani-myn.

Na afloop van die oggend se verrigtinge isdaar aan die 557 leerlinge van die skool warmworsbroodjies en ’n koeldrank oorhandig.

Die lede van die weermag het ook ’n warmbeker sop verskaf.

Dankie,Madiba

Die opgewonde gesiggies van leerlinge aan die Laerskool Maikaelelo.Foto: Ilse Watson

Page 2: Kathu bulletin 25 julie 2013

2 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

VAN links is Mpho Mogolegeng, Ursula Douw, Johannes Matobako, Jorge Santos, Syl-vester Horn enDezlinn Balie. Personeellede van die Khumani-mynmet die geskenkpak-kies wat aan al die gr. O-leerlinge van die skool oorhandig is. Foto’s: Ilse Watson

PERSONEELLEDE was speelgoed in dieklaskamers. Van links is Phetogo Molathlhe-gi, Felicity Gaobodiwe, Desmond Verryn, Ay-anda Mahote, Irene Dhlomo, Princess Twha-la, Freddy Seely en David van der Westhui-zen.

EEN van die klaska-mers lyk sommerstukke beter nadatdie speelgoed ge-was, die borde ge-verf en alles netjiesterug op hul plekkeis.

67minute67minutevir andervir ander

Ilse Watson

PRET en plesier by die Laerskool Maikaelelo op Oli-fantshoek. Vlytige personeellede het hard gewerkom klaskamers op te knap. Sien nog foto’s in diegalery op die webblad: www.kalaharibulletin.co.za

Page 3: Kathu bulletin 25 julie 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013 3

Ilse Watson

THE Kathu Village Mall, solely owned bythe JSE listed Resilient Property IncomeFund, will soon see much more retail ad-ded to this already thriving mall.The mall opened in late November 2008

and has since become the favourite shop-ping destination for local residents.The mall is currently anchored by Su-

per Spar and Edgars and also houses anarray of national retailers such as Tru-worths, Foschini and the Mr Price Groupamongst many others.The extension of the Kathu Village

Mall, anchored by Game, will increasethe size of the mall by 7 500 m², bringingthe total size to approximately 25 900 m².This will comprise a total retail compo-nent of close to 80 stores.Other tenancies will include that of

Foschini @ Home, Sportscene, Trappers,Studio88, Skipper Bar, Fragrance Bouti-que, NWJ, African Bank, Discount Fa-shion, Nedbank, Vodacom, Verimark,Franco Cecatto, Eyecatchers and Mr Pri-ce Home, to mention but a few.Additional parking will be catered for

and access and egress will be facilitatedfrom the Deben Road to ensure the easyflow of traffic.Building on its trading success, the

mall expansion aims to meet retail de-mand and add value to the customer expe-rience.Riekie Terblanche, centre manager of

the Kathu Village Mall, confirmed thatthe opening of phase two is scheduled for26 September and that the Kathu VillageMall will be offering its shoppers the verybest in retail and the ultimate in conve-nience.

Muchmoremall for Kathu

AN aerial view of the Kathu Village Mall. Photo: Supplied

LEDE van die 101 Veldwerkplaas van die Lohatlha-weermagbasis het gister, in samewerkingmet die Khumani-myn, hul deel vir die Mandeladag-vieringe gedoen. Dié groepmans en vrouehet die sport- en skoolterrein van die Laerskool Maikaelelo op Olifantshoek skoongemaak.Hulle het ook gehelp met die was van klaskamervensterruite. Ná die oggend se “projek skoon-maak” het die weermag ’n warm beker sop aan elke leerling gegee. Foto: Ilse watson

PERSONEEL vanKumba Iron Ore hetop die IABC AfricaQuill Awards eerbe-wyse vir uitmuntendeprestasies in kom-munikasie ontvang.Van links is TanyaAucamp, NelmarieSchutte, MooketsiMocumi, Matilo Kea-obaka, NormanMbazima, GhrethnaKruger, George Ben-jamin, Carla Pattisonen Gert Schoeman.

Foto: Verskaf

Page 4: Kathu bulletin 25 julie 2013

4 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

Is dit nodig omouwonde oop tekrap?HANSIE CRONJÉ is nou 11 jaar násy dood weer van wedstrydknoeieryin Indië aangekla.

In 2000 het die wedstrydknoeierydie krieketwêreld geskud nadat ditaan die lug gekom het dat krieket-spelers geld ontvang het van be-roepswedders om wedstryde in ’nsekere rigting te stuur.

In daardie stadium was HansieCronjé die krieketheld van talleSuid-Afrikaanse krieketliefhebbersen veral ook van ’n magdom jongkrieketspelers wat na dié held opge-kyk het.

Die King-kommissie het gewysdié held het egter voete van klei.

Sy dood in 2002 het sy beeld in ’nmate herstel, soveel so dat mense ge-rieflikheidshalwe vandag terugkyk

en hom steeds kan prys oor sy voor-treflikekrieket terwylhulle syrol indie wedstrydknoeiery doelbewusmiskyk.

Nou kan gevra word hoekom ditnodig is om ná 13 jaar weer die won-de oop te maak en ou koeie uit diesloot te skop.

Daar kan egter met reg gesê worddat die gevoel is dat die volle waar-heid nie met die King-kommissieuitgekom het nie.

Daar is nie volle rekenskap oor aldie geld en al die betrokkenheid ge-gee nie. Is dit nodig om ná 13 jaar diegoeie herinneringe wat nog aanHansie kleef te verswart. Wat sê jy?Gaan lewer kommentaar oor die nu-we aanklag teen Hansie bywww.facebook.com/kbulletin.

Ware liefde gaan oordade aanmedemens

André de Villiers

LIEFDE is ’n werkwoord. – Lukas10:25-37

Om vir ander mense lief te weesblyk een van die moeilikste opdrag-te op aarde te wees.

Ons kan vir ons familie lief wees(ook nie eens altyd nie), ons kan virons kinders lief wees (die naastewat ons waarskynlik aan opoffe-rende liefde kom), maar om virmense lief te wees wat baie andersas ons is, is bykans onmoontlik. Ditwas van die vroegste tye af so.

Miskien daarom dat God so baieklem daarop gelê het in sy reëlingswat Hy met die volk Israel (en onsdaarna) getref het.

In die verhaal vra ’n wetsgeleer-de, wat veronderstel was om dieantwoord te ken, vir Jesus hoe hydie ewige, ware, volle lewe kan ver-kry. Jesus het hom daarop gewysdat hy gewoon moet lees wat diewet voorskryf (as wetsgeleerde souhy dié antwoord uit sy kop ken).Met sy hele wese vir God en synaaste liefmoetwees. So eenvoudigsoos dit. Die probleem word danduidelik: Hy wéét wat om te doen,maar is nie gereed om tot die daadoor te gaan nie. Hy probeer nog uit-kom deur te kyk of hy nie die naastekan definieer nie. Dalk net is daar“kategorieë” van mense by wie hynie betrokke hoef te raak nie. Dankom die gelykenis waarin Jesusduidelik maak dat dit glad nie kangebeur nie. Die voorbeelde wat Je-sus in die gelykenis gebruik, is soosvolg:

Die Leviet en priester was “kerk-mense” wie ons sou verwag dat hul-le sou help. Tog doen hulle dit nie,moontlik met goeie redes wat hullebetref. Die priester kon bv. onreinword as hy aan ’n (moontlik) dooiemens raak en dan kon hy volgenswet nie die gemeente gaan bedien

nie. Dan kom die Samaritaan, dieeen van wie ons die minste sou ver-wag om te help. Die twee volksgroe-pe het mekaar nie in die oë gekyknie. Tog stop hy, help hy en doenselfs meer: Hy laat die man verderversorg word en betaal vir sy reke-ning, beloof om nog uitgawes te be-taal indien dit nodig sou wees. Hyloop die ekstra myl, hy gee die on-derkleed as die persoon die bokleedvra. Met die voorbeeld sou die wet-geleerde hom kon verbind. Hy soudie gelykenis nie kon misverstaannie.

Maar dan kom die verrassendeteenvraag: Wie het ’n naaste ge-word van die man wat beseer was?(Nie: “Wie is my naaste?” nie,maar: “Vir wie kan ek ’n naastewees?”.) Die wetgeleerde moet kiesom ’n naaste te word en meelewendte raak.

Ware liefde vir God gaan oor da-de van liefde teenoor ons mede-mens. Ons “sien”, maar ons kry niemeer innig jammer nie. Dit roer nieons hart nie. Die Samaritaan krydit reg om sy vooroordele te laatstaan. Hy suspendeer al sy oortui-gings oor hoe die verhouding tus-sen Jode en Samaritane behoort tewerk, hy skuif dit uit die pad, igno-reer dit, gaan daarby verby enword ’n medemens en help ’n mede-mens. Hier is selfs ’n waarskuwing:As jy nie oorgaan tot dade nie, saljy die wonderlike lewe nie kry (er-vaar) nie. Ons probleem is dikwelsdat ons nie die nood raaksien nie,of dat die omvang van die nood onsoorweldig. Begin klein, doen net ditwat jy kan.

) Ds. André de Villiers is ’n le-raar aan die NG kerk op Kathu.

Onsigbare dade en stories se fluisterstem die soetste’n PAAR jaar gelede terwyl ek mygraad aan ’n (nie-so-goedkoop)universiteit voltooi het, het ek ont-dek dat my ma se maandelikse sa-laris direk in ’n afsonderlike reke-ning gedeponeer word.

Hierdie rekening was net geskepom vir my onderrig te betaal, virniks anders nie.

Die vier jaar dat ek op universi-teit was, was ek egter salig onbe-wus hiervan.

Ek het nooit daarvan geweet nie,want ek het met behulp van ’n stu-dielening gestudeer en die aan-vanklike plan was om dié groot be-drag terug te betaal die oomblikdat die dekaan my met daardiestokkie op die skouer geslaan heten ek my graad in die hand het.

Op daardie dag, in my finalejaar, het dit vir my gevoel asof die

wind uit my seile was. Die dag toeek moes hoor dié enorme rekeningis reeds vereffen.

Vir ’n oomblik het ek eers on-waardig gevoel dat so ’n groot ge-skenk aan my gegee is en daarnawas ek so verstom dat dit so stille-tjies gedoen is.

Geen trompette het geblaas nie.Geen bohaai is daaroor gemaak

nie.Geen kyk-watter-goeie-ma-is-ek-

soeke vir erkenning nie.Net my ma wat elke dag by die

werk opdaag sodat ek universiteittoe kon gaan.

En toe ek haar daaroor uitvra,antwoord sy: “Dit is wat ma’s virhul kinders doen.”

Net dit. Terwyl sy in die kom-buis staan en kosmaak.

Ek kon nog nooit ophou dink aan

hierdie ongelooflike daad nie, enveral – dat dit so ongesiens en stil-letjies aan my gegee is.

Ek het nog nie kinders nie, maarek kan met alle eerlikheid sê datek nog nooit iets so onselfsugtigsvir iemand gedoen het nie.

Gewoonlik wanneer ’n mens ietsdoen, soek ’n mens erkenningdaarvoor.

Ek, soos baie ander mense, isbang om onsigbaar te wees.

Dit is snaaks hoe ’n mens so aanjou grootste vrese vasklou dat jydit begin uitleef en jy jou eie werk-likheid skep.

Daar is oomblikke dat ek versig-tig met mense omgaan, konflik tenalle koste vermy net sodat ek opniemand se tone trap nie, sodat eknooit in die kollig beland en te veelruimte inneem nie.

En dan is daar oomblikke, se-ker wanneer ek te moeg is omso stil te wees, dat ek luidrugtigwíl wees, net sodat iemand myhoor.

Ons almal het ’n storie.Om eerlik te wees, ek wou nog

altyd hê my storie moet ’n bietjieraserig wees. Dat dit nie te stil enongesiens verbygaan nie.

Maar as ek dink aan my ma enhonderde ander se stil, mooi, een-voudige en onsigbare stories kanek nie anders as om te besef nie:’n Stil storie is nie ’n slegte storienie.

Trouens, dit mag net dalk diebeste storie in die boek wees.

Daar is mense wat nooit virerkenning vra nie, wat nooit hulnaam in neonligte wil sien flikkerof in hoofopskrifte wil raakleesnie.

Hulle daag net elke dag op omhul individuele stories te skep endoen wat reg is – dade van moeden liefde, sigbaar of nie.

Daar is helde in my storie, heldein hul eie storie en helde in die gro-ter Storie wat geskryf word, al kykniemand.

Dan begin jy kyk vir daardiemense wat ’n stil lewe lei terwylhulle pragtige stories skryf.

En dan gebeur die vreemde dingas ’n mens hulle begin raaksien: Jyis nie meer bang om self onsigbaarte wees nie.

Dankie virgoeie diensPIETER VAN ZYL, Kuruman:

IN ’n tyd van swak diensleweringwil ek die werkers van die Ga-Sego-nyana-munisipaliteit, wat ná urenoodherstelwerk aan kragdradegedoen het, bedank. Wanneer onskla dat ons in die donker moet sit,moet julle die koue trotseer en reëldat daar weer lig in ons lewe is.Dankie dat julle dit so vinnig doen.

TARTENDE hoë wit duine wat wag om uitgeklim te word. Só lyk dit in die Witsand-natuurreservaat, ’nmooi kuierplek met baie fotogeleenthede. Foto: Ilse Watson

Malema andMugabe alikeVINCENT WARD, Kuruman:

JULIUS MALEMA born, trained,used in the ANC and now sponso-red by the ANC in his new politicaldebacle.

How does the ANC sponsor thechief in command as Julius callshimself now?

The language that he is using andthe ridiculous political ideas we allhave heard long time ago, are thewords of Robert Mugabe.

Mugabe is his political fatherand mentor in how to become a dic-tator and claiming the land foryourself.

Not so long ago the ANC wrote ofalmost R600 million on fuel deliver-ed to Robert Mugabe that he could

Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarinstandpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet dieskrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedags

gekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwyswat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn

het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer virpublikasie. Briewe wat per e-pos ontvang word, sal voorkeur geniet.

not pay. So far the ANC govern-ment is donating millions and mil-lions to Mugabe for every electionthat is taking place even if Mugabeis the only party taking part in theelection.

Recently R1 milliard was dona-ted to Robert Mugabe for the up-co-ming elections that will take place.

Now the question is: Where doyou think Julius Malema is goingto get sponsors from to helphim?

The answer is right in front ofour eyes. Robert Mugabe is goingto sponsor him, because the twoshare the same ideas and politicalviews.

Who is looking like a bunch offools? Our own ANC government.

They have created their own ene-my in Julius Malema and they can-not see that by donating to RobertMugabe.

They are creating a political en-vironment for Julius Malema to gi-ve them a run for their money inthe up-coming elections.

MEESTER: ’n Strokiesprent deur Danie Cronjé.

Page 5: Kathu bulletin 25 julie 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013 5

DIE Hoërskool Upington se twee dra-maproduksies van 2013, Grens enKliek, het hul debuut op die Reza deWet-tienertoneelfees op die Vryfeesin Bloemfontein gemaak.Dié tienertoneelfees is die eerste

dramafees waaraan Upington van-jaar deelgeneem het.Sowel Grens as Kliek het goeie re-

pliek van die beoordelaars ontvang.Grens het tweede geëindig en Reu-

benMurphy is as die belowendste ak-teur op die fees vir sy vertolking vandie karakter Samuel aangewys.SZ Minnaar is as die beste akteur

op die fees vir sy rol as David aange-wys. Albei leerlinge speel in die pro-duksie Grens.Kliek gee ’n deurdringende kykie

na die digitale wêreld waarin vandagse tieners hulle bevind. ’nWreed ont-nugterende stuk wat demonstreer

hoe maklik dinge kan verkeerd loop.Grens is die verhaal van David en

Samuel, twee seuns wat aan verskil-lende kante van die apartheidsre-gime grootword. Hartverskeurende,intieme teater op sy beste.albei dié dramas sal weer aan die

Upington-gemeenskap vertoonword.Hou Upington se Facebook-blad, dieKalahari Bulletin en reklamebordevir dié vertonings dop.

Vertonings vaar goed op fees

DIE dramaleerlinge wat aandie Reza de Wet-tienertoneel-fees in Bloemfontein deelge-neem het, is van links ZaskiaPain, Dennis Hoft, SamanthaJansen, Reuben Murphy, SZMinnaar, Jana Lategan enSue-Ellen Pretorius.

Foto: Verskaf

Page 6: Kathu bulletin 25 julie 2013

6 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

Page 7: Kathu bulletin 25 julie 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013 7

JAN COETZER, inwoner engewese stadsklerk van Deben:

IN die Kalahari Bulletin van 20Junie in die artikel oor Deben sewindpompe word na die herkomsvan die naam van die dorpverwys.

Dit is so dat die tradisioneleverklaring vir die naam Debenwel “eerste drinkplek” beteken.Die naam dateer van die dae toeEerwaarde Moffat op Kurumangewoon het en in sy weswaartsetogte die eerste water by diehuidige Deben se destydsestandhoudende fontein konbekom.

Wat wel ’n kommer is, is datdie Tswana-benaminge van“Deben”, “Dibeng”en “Dedeben”

glad nie meer in die Setswana-woordeboek voorkom nie. Dieafleiding wat noodwendig gemaakkan word, is dat die woord óf inonbruik geraak het, óf nooitbestaan het nie. Wanneer inSetswana na water, waterbronne,fonteine of putte verwys word,word deurgaans na die stamwoord“metsi” verwys.

Volgens die internet kom diewoord “Deben” tans net voorwaar dit verwys na ’n rivier inEngeland, as ’n Belgiese familie-naam, as ’n Egiptiese gewigsmaaten ’n Oosterse blom.

In ’n soeke na ’n moontlikeverklaring van dié taalfenomeenwil ek die volgende stukkie“spekulering” ter tafel lê: Van1896 het ’n Engelse landmeter indiens van die destydse RhodesianRailways plase in die huidigeKuruman-Deben-distrik opgemeet.Wat my laat wonder of die naamDeben nie ’n Engelse oorspronghet nie en dalk geen Setswana-konnotasie het nie.

Ek wonder of Setswana-taalken-ners of historici nie dalk vir onslig op die onderwerp kan biednie?) Wat sê jy? Ons nooi graaglesers om deel te neem en hierooraan die Kalahari Bulletin te skryf.Stuur briewe aan [email protected].

Deben se betekenis(se)

ONTHOU om die Kathu Mall sebruidskou vandag, môre en Saterdagte besoek.

Daar sal uitstallings wees van de-kor-kunstenaars, mense/maatskap-pye wat al jou kos vir jou troue kanvoorberei, bloemiste, fotograwe ennog vele meer!

Die tye van die bruidskou is:Donderdag 25 Julie vanaf 09:00 –

18:00;Vrydag 26 Julie vanaf 09:00 – 18:00

enSaterdag 27 Julie vanaf 09:00 – 15:00.

INWONERS van die verspreidings-gebied (Kathu, Olifantshoek,Postmasburg, Dingleton en Deben)kan die redaksie vir interessantenuusgebeure, stories oor mense ofenige probleme op hul dorpkontak. Skryf aan [email protected] of bel haar by079-831-5579.

Om advertensies te plaas in diekoerant skryf aan Madri Scheepersby [email protected] bel haar by 083-578-7198.

Koerant wagjou stories in

ONGEVEER 366 miljoen menseis in 2011 deur diabetes geaffek-teer. Daar word beraam dat teen2030 ongeveer 552 miljoen menseaan diabetes gaan ly.

Diabetes Melitus of suikersiek-te is ’n chroniese siektetoestandwat voorkom as die liggaam niegenoeg insulienproduseer omdiebloedsuiker (glukose) effektiewe-lik te kan verlaag nie. Hoë vlakkevan glukose is toksies enkan ergeorgaan-beskadiging veroorsaak.Gesonde vlakke van insulienhelp om glukose van voedsel inenergie om te skakel.Tekens en simptome:

) Meer gereelde urinering metuitermatige dors;) Erge graad vanmoegheid en te-kort aan energie;) Chroniese honger.) Skielike gewigsverlies of ge-wigtoename;) Wonde wat stadig genees;) Herhaaldelike infeksies;) Dowwe visie,) Voete wat brand;) Seksuele probleme.

Verskillende soorte diabeteskom voor, soos tipe 1, tipe 2 en di-abetes in swangerskap.

Met tipe 1-diabetes vervaardigdie liggaamgeen insuliennie.Dietoestandkannie geneeswordnie,maar dit kan beheer word deurdaaglikse insulien-inspuitingsvir die res van jou lewe te neem.

Tipe 2-diabetes is die soort watdie mees algemeen voorkom. Die

liggaam produseer te min insu-lien of gebruik nie die insulienwat vervaardig is effektief nie.Dit kom meestal voor in volwas-senes, maar toenemend in kin-ders en adolessente. Risiko-fakto-re sluit ’n familie-geskiedenisvan diabetes, oorgewig, slegte di-eet en te min fisieke oefening in.

Diabetes tydens swangerskapgaan gewoonlik ná die geboorteweg, hoewel die moeder, sowel asdie baba, die risiko loop om dia-betes later in hul lewe te ontwik-kel.

Aanhoudende verhoogdebloedglukosevlakke kan ’n ern-stige impak op die hart, bloedva-te, oë, niere en senuwees hê. Dia-betes is die hoofoorsaak vanblindheid, nierversaking en on-derste ledemaat-amputasie. Daaris ook ’n verhoogde risiko om in-feksies te ontwikkel. Deur ’n ge-sonde lewenstyl aan te neem engereelde oefening is dit moontlikom ’n lewe van goeie gehalte telei.Hoe om gesond te bly:Eet gesond deur maer vleis en

baie groente en vrugte te eet, oe-fen gereeld (ongeveer 30 minute,5 dae per week), hou bloedgluko-se tussen 3,5 en 6,2 ml per liter,monitor die bloeddruk, beheercholesterolvlakke, moenie rooknie, gebruik alkohol in matigehoeveelhede.) Gesondheidswenke deur dieMediclinic Kathu verskaf.

Ligloop vir diabetes

Page 8: Kathu bulletin 25 julie 2013

8 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

Ilse Watson

MEMBERS from the Ses-heng Dance Club took partin the Future Dance StarsFestival at Carnival City’sTop Arena in Johannes-burg.The competi- tion was

held on 13 July.The categories they par-

ticipated in were ball-room, Latin and belly dan-ce. The girls won first andsecond places respectivelyin the beginners section.

Clubmembers dowell in dance

FROM the left are Boitsho-ko Maine, Sheila Rebang(first), IsagoMogadiele andTshidi Gabotswe (second).

Photo: Supplied

DIE leerlingraad vandie Hoërskool Kathuhet die afgelope Sater-dag in die Spur op Ka-thu gewerk om geld virdie matriekfonds in tesamel. Van links is,voor: Thabisa Mpixa,Jenene Thirion, Verni-que Rabie (hoofmei-sie), Miché Joseph,Vladimir Mokgosi,Tamzyn van Wyk enKashieta Louw (be-stuurder: Spur); agter:Moses Jamangile (be-stuurder: Spur), JolaneMitchell, Dalise vanNiekerk, Mauritz Nie-mand (hoofseun), Ju-van Dreyer, ChristoBotes, Robin van Wyk,Elsa van Blerk en JanSmit. Foto: Ilse Watson

Samel geldvir fonds in

Page 9: Kathu bulletin 25 julie 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013 9

SO af en toe loer ek na die kom-mentaar wat op die fotoskool-web-werf gelewer word. Een aspek vanfoto’s waaroor gereeld kommen-taar gelewer word, is die horison-lyn. Hier is inligting wat kan help:

Die horisonlyn wat deur die fotostrek, is ongelooflik belangrik watdie komposisie van die foto betref.

In die eerste plek probeer foto-grawe gewoonlik om nie die hori-sonlyn reg deur die middel van diefoto te laat strek nie. Dit deel diefoto in twee dele en plaas die eenwat daarna kyk in vertwyfelingoor watter deel die belangrikste is.

Dit werk soms, soos in die gevalvan weerkaatsings, maar in diemeeste gevalle is dit ’n waagstuk.

Veral met landskappe geld diebeginsel dat ’n mens die foto intwee dele opdeel waarvan die dra-matieser gedeelte twee derdes vandie foto in beslag neem en die an-der deel een derde. Dit is natuurlikwonderlik as ’n mens drama in dielandskap en die wolke kry.

Ongelukkig haak baie mense bydie een-derde-twee-derdes-begin-sel vas. En so dikwels veroorsaakdit ’n probleem, veral wanneer ’nmens mense in ’n landskap af-neem. Dink aan troufoto’s.

Die egpaar trou in ’n pragtigeomgewing en die omgewing moetdeel van die foto’s wees. Tog, as jydie egpaar afneem sonder om jouhoek te verander loop die horison-lyn dikwels steurend deur die foto.Die egpaar se nekke word geïso-leer danksy die bergreeks op dieagtergrondwat skouerhoogte deurdie foto sny. Of die egpaar raakverlore, omdat hulle nie heeltemalteen die agtergrond uitstaan nie.

Dit is uiters belangrik om jou

hoek te verander ten einde die eg-paar te beklemtoon.

Kyk na die foto van die paartjiehierby. Ek moes plat op my maaglê om die horisonlyn in die foto la-er af te laat wees ten einde diepaartjie teen die agtergrond te laatuitstaan .

Nie net is die hoogte van die ho-risonlyn in die foto’s uiters belang-rik nie, die horisonlyn moet ookverkieslik reguit loop – anders sitdie mens wat na die foto kyk latersoos ’n skewekop-papegaai enwonder wanneer die modelle teendie horison gaan afgly.

Kyk gerus na die plasing en diehoek van die horisonlyne in jou fo-to’s. Goeie gebruik van horisonly-ne onderskei dikwels ’n uitnemen-de foto van ’n middelmatige foto.) Igno vanNiekerk is ’n bekendeBloemfonteinse fotograaf watgraag sy fotografiekennis deel.

KALAHARI BULLETIN hetop 18 Julie sy nuwe mobi sitebekend gestel.

Met dié bekendstelling isook ’n kompetisie vir elkeenvan die drie uitgawes begin.Lesers van Kuruman, Kathuen Upington kan elkeen aandie kompetisie deelneem enpryse wen.

Vir lesers wat nie in die ge-noemde dorpe woon nie – be-sluit watter kompetisie lokjoudiemeeste enskryf jouvirdaardie een in.

Vir lesersvanKathuenKu-ruman is ’n geskenkbewysvan Buco op Kathu en vir dielesers vanUpington is daar ’nkis van die Orange River Cel-lars se 2012- wit muskadel.Dié muskadel is onlangs aseen van die tien topmuskaat-wyne indiewêreldaangewys.Om jou te registreer op kala-haribulletin.mobi doen dievolgende:1. Kliek “Register”.2. Vul jou besonderhede in.3. Aktiveer jou rekening.4. Begin lees.

Om jou in te skryf, kliek op“Competitions” en kliek danop die kompetisie van joustreek. Elke streek het sy eieprys en vraag wat beant-woord moet word. Die ant-woord sal in ’n berig in die ge-drukte koerant, op die web-tuise en op diemobisitewees.Voer die korrekte antwoordin en wag vir die beste. Drielesers sal elk ’npryswen.Houdie koerant van 1 Augustusdop vir die wenners.

Leserskan sówen

Horisonmáák fotoHorisonmáák foto

’n TROUFOTO met ’n horisontale lyn. Die fotograaf moet plat op sy maag lê om die horisonlyn so laag moontlikte hou en te verseker dat die paartjie uitstaan. Hier vorm die wolke ’n belangrike agtergrond ten einde die foto’sdramatieser te maak. Foto: Igno van Niekerk

Page 10: Kathu bulletin 25 julie 2013

10 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

Department of economic Development, environment, conservation anD tourism

Bid InvitationThe Department of Economic Development, Environment, Conservation and Tourism invites suitable, competent and experienced service providerswho have rendered services in similar fields to deal with the following projects:

Bid No Description Evaluation Criteria Compulsory BriefingSession

Closing Date Enquiries

NWDEDECT1/13/14

Security Services atTaung Skull WorldHeritage Site

90/1090-Price only10-B-BBEE status level ofcontributionFunctionality will be used toprequalify bidders

A compulsory briefingsession will be held on1 August 2013 at 10:00at Taung Heritage SkullSite

27 August 2013 Technical information:Mr Swayi Mokoena, tel.(018) 387-7877Bid documents (SCM):Happy Mokone, tel.(018) 387-7790/808/704

NWDEDECT2/13/14

Security Services at:• Rustenburg

Regional Offices• Lotlamoreng Dam• Industrial Site,

Mafikeng• NWDC building at

Head Office

90/1090-Price only10-B-BBEE status level ofcontributionFunctionality will be used toprequalify bidders

A compulsory briefingsession will be held on2 August 2013 at 10:00,at Head Office, NWDCBuilding, cnr UniversityDrive and ProvidentStreet, Mmabatho

27 August 2013 Technical information:Mr Swayi Mokoena, tel.(018) 387-7877Bid documents (SCM):Happy Mokone, tel.(018) 387-7790/808/704

NWDEDECT3/13/14

Supply and Deliveryof Furniture

80/2080-Price only20-B-BBEE status level ofcontributionFunctionality will be used toprequalify bidders

A compulsory briefingsession will be held on2 August 2013 at 12:00,at Head Office, NWDCBuilding, cnr UniversityDrive and ProvidentStreet, Mmabatho

28 August 2013 Technical Information:Bid documents (SCM):Happy Mokone, tel.(018) 387-7790/808/704

NWDEDECT4/13/14

Integrated WasteManagement Plans forVredefort Dome WorldHeritage Site

80/2080-Price only20-B-BBEE status level ofcontributionFunctionality will be used toprequalify bidders

A compulsory briefingsession will be held on6 August 2013 at 12:00,at Vredefort Dome,Potchefstroom

29 August 2013 Technical information:Ms Lebo Diale, tel.(018) 389-5751Bid documents (SCM):Happy Mokone, tel.(018) 387-7790/808/704

NWDEDECT5/13/14

Maintenance and DataManagement of SevenProvincial Air QualityMonitoring Stations

90/1090-Price only10-B-BBEE status level ofcontributionFunctionality will be used toprequalify bidders

A compulsory briefingsession will be held on2 August 2013 at 14:00,at Head Office, NWDCBuilding, cnr UniversityDrive and ProvidentStreet, Mmabatho

28 August 2013 Technical Information:Ms Thokozile Ramoroa,tel. (018) 389-5952Bid documents (SCM):Happy Mokone, tel.(018) 387-7790/808/704

NWDEDECT6/13/14

Impact HeritageAssessment for TaungWorld Heritage Site

80/2080-Price only20-B-BBEE status level ofcontributionFunctionality will be used toprequalify bidders

A compulsory briefingsession will be held on1 August 2013 at 14:00at Taung Heritage SkullSite

29 August 2013 Technical information:Ms Lebo Diale, tel.(018) 389-5751Bid documents (SCM):Happy Mokone, tel.(018) 387-7790/808/704

The Department of Economic Development, Environment, Conservation and Tourism and its clients or stakeholders donot bind themselves to accept the lowest or any other bid in whole or in part.Bid documents are available at the Department of Economic Development, Environment, Conservation and Tourism, OfficeNumbers 273 and 265 at the NWDC Building, cnr University Drive and Provident Street, Mmabatho from 08:00 to 16:30from Monday to Friday before the closing date and time, at a non-refundable deposit of R100.00 per bidding document.Important Notice: Should the original Tax Clearance Certificate bearing the legal trading name of the bidding companynot be attached by the closing date of the bid, the bid will be declared invalid.

Kone Solutions K21008

Ilse Watson

DIE skouterrein se geboue op Olifantshoekword willens en wetens geplunder. In dievroeër jare is die gebouegebruikvir die jaar-likse skou en daar is ook baie troues gehou.Nou is daar amperniksmeer oorvandie des-tydsepragtigegebouenie.Diestowe isuitdiekombuise gesteel en van die vensters is daarniks meer oor nie. Die staal van die dakkeword weggedra en dit is basies net die raam-werk wat nog staande is.In 1973 het die Beeshoekmyn die paviljoen

opgerig. Die saal is deur die boereverenigingin 1960 gebou en in 1980 het Abri Maritz enBart Zaayman die nuwe saal opgerig. Dieplundery geskied al die afgelope jaar.

“Die skouterreinwas altyd deel van die ge-meenskap. Hierdie geboue was die byme-kaarkomplek vir die hele gemeenskap. Onshet sulke goeieherinneringevan spesiale tyesaam met ons vriende hierso,” vertel Tho-mas Collen, ’n inwoner van Olifantshoek.Volgens Collen is die afbreek van hierdie

gebouealverskeiekerebydiepolisievanOli-fantshoek aangemeld. Die polisie het al weldie plunderaars in hegtenis geneem, maarhulle beweer dat hulle nie veel kan doen asdaar nie ’n formele klag teen die plunderaarsingedien word nie. Olifantshoek se polisiebeweer dat die Gamagara-munisipaliteit navore moet tree en amptelike klagte moet in-dien. Die Gamagara-munisipaliteit kon nievir kommentaar bereik word nie.

DIE eens pragtige geboue op die skouterrein. Foto: Ilse Watson

Geplunder

Wat sê jy hieroor? Stuur ’n sms na 45333.Kostes beloop R1.50 per sms. Begin jousms met kaskougronde en lewer jou kom-mentaar.

Page 11: Kathu bulletin 25 julie 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013 11

MEVMARIOLIVIER

(LOCKE), skakelassebliefvirBarbaraBouwerby 011825 3655/6/7/8i.v.m.CarelMarais.

2013-SPILPUNT-mielierestebale,plusminus180 kg.R160 perbaal. Met

netomhulsel.Bloemfontein-omgewing. SkakelFourie083 309 3008.AANDAG: ALLEGROOTMANS!Grootnommersin

winkelbeskikbaar.Kontantafslaggewaarborg.Specialsvir dieweek!Uitgesoekvir diesomer.Kortmouhemde -R100Kortbroeke - R150The Nu-Shop,PalmGate-sentrum,Hoofstraat, Kuru-man.Tel.053 712 1264.

Page 12: Kathu bulletin 25 julie 2013

12 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

MIS TEKOOP:KurumanSkouterrein. Agterkleinvee-krale.R15/sakof R150/bakkievrag. SkakelAlbie083 440 1355.

OPREGTELABRADOR-hondjieste koop.8 wekeoud eningeënt.R990 elk.

Skakel084 651 3000.YORKIE-REUNTJIES tekoop.KanKUSAregistreer.

Skakel082 819 0767.

CO

LU

MB

IA-9

-10

-08-K

B-L

H

ColumbiaCarpets/Blinds

053 712 1961

053 712 2068

ELEKTRIESEHEININGSBeveiligueiendom.Vir pro-

fessionelegeakrediteerde in-stallasies.SkakelFrancois072 156 4035.HEKMOTORHERSTELENINSTALLASIES.Geakrediteerdeinstalleerders.SkakelOkker082 829 0292.

AUBREY'SINDUST

RIALSERVICE&PROJECTSCCYourhome-maintenanceproblemssolved.Specialising in:Newbuildings,renovations,painting,paving,tiling,plastering, roofingandceilings.FREEQUOTATIONAubrey071 926 5455 or082 063 0281.Joseph071 094 8677. 3242SecondStreet,Sisheng,Kathu.

Die gebruik van die letter

, leestekens soos

of of die gebruik van

syfers met die doel om dieadvertensie na die bopuntvan die klassifikasie-lys teskuif, is streng verbode.

"A" "!"

"*"

SMALLS NOTICE

AANDAGALLE

ADVERTEERDERS

Page 13: Kathu bulletin 25 julie 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013 13

KENNIS VAN OMGEWINGSGOEDKEURING

ARRIESFONTEIN GEKONSENTREERDESONTERMIESE KRAG AANLEG.

DOS-VERW.: 12/12/20/2646

Kennis word hiermee gegee kragtens die Omgewingsimpakbepaling (OIB) Regulasies wat verskynin Regeringskennisgewings Nr. R543 tot 546 (2010), afgekondig ingevolge Artikel 24(5) van die Wet opNasionale Omgewingsbestuur (Wet Nr. 107 van 1998) en die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Afval(Wet Nr. 59 van 2008) van die goedkeuring van die bogenoemde projek.

Na aanleiding van die hersienning van die Omgewingsimpakbepalingsverslag vir die projek het dieDepartement van Omgewingsake (DOS), ‘n Omgewingsgoedkeuring uitgereik gedateer 14 Julie 2013. ‘nKopie van die Omgewingsgoedkeuring, met die redes vir die goedkeuring asook die projek voorwaardes, isverkrygbaar by die WorleyParsons veteenwoordiger by die kontak besonderhede hieronder.

Persone wat will appeleer teen die goedkeuring van die projek, kan so doen in terme van die voorsieningsvan Hoofstuk 7 van OIB R 543. Die voorneme om te appelleer mag geplaas word by die Minister binne20 dae (3 Augustus 2013) vanaf die datum van die uitreiking van die goedkeuring deur enige van dieonderstaande metodes:

Faks: 012 320 7561;

Pos: Privaatsak X447, Pretoria, 0001; of

Afgelewer: 2de Vloer, Fedsure Gebou, North tower, Hoek van. Lillian Ngoyi (Van der Walt) and PretoriusStrate, Pretoria

Kontak WorleyParsons gerus indien u enige navrae sou he oor die goedkeuring van die projek.

WorleyParsons RSAMr. Francois Humphries

Posbus 22Menlyn, 0063Telefoon: 012 745 2090Faks: 012 745 2001E-pos: [email protected]

Die gebruik van die letter

, leestekens soos

of of die gebruik van

syfers met die doel om dieadvertensie na die bopuntvan die klassifikasie-lys teskuif, is streng verbode.

"A" "!"

"*"

SMALLS NOTICE

AANDAGALLE

ADVERTEERDERS

Page 14: Kathu bulletin 25 julie 2013

14 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

Page 15: Kathu bulletin 25 julie 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013 15

Ilse Watson

OP ’n koue en winderige wintersoggend indie Kalahari het Annemie van Huyssteen (’nfinalis in dieMev.VerenigdeNasies SA-kom-petisie) kankeroorwinnaars op Kathu toege-spreek.Op ’n gesellige kuier-en-ontbytgeleentheid

in die Spur op Kathu het sy oor Een lewe, ’ngehaltelewe gepraat.Ds. André de Villiers van Kathu het die

ontbyt met gebed geopen.

“Toe ek die kankeroorwinnaars ontmoethet, het ek so ’n knop in my keel gekry, wantdie mense sprankel en lag. Ons wat gesondis, vergeet so maklik om dankbaar te weesvir alles wat ons in die lewe het,” vertel VanHuyssteen.“Dit was ’n voorreg om saam met hulle te

kan kuier en vir hulle te vertel dat ons ’n ver-skil in ander mense se lewe kan maak. Ditwas ’n belewenis om soveel positiewe mensete ontmoet. Dit is ’n ondervinding wat eknooit sal vergeet nie,” sê sy.

Hul dankbaarheidbring knop in keel

VAN links is Marietjie Bam (Kansa), Hendrik Spangenberg (eienaar: Kathu Spur), Marie duPlessis, Annemie van Huyssteen en Hannes van Biljon. Foto: Verskaf

DIELaerskool Seodin het onlangs die jaarlik-seVanDruten-rugby- en -netbaleindstrydeopSeodinpark aangebied.Altesaam 18 rugby- en 20 netbalspanne van

oor die streek heen het aan die eindstrydedeelgeneem. Al die spelers het hul talent tentoon gestel en rugby ennetbal vanhoogstaan-de gehalte is gespeel. Dié dag was ’n reuse-sukses.Elke speler het ná elke wedstryd ’n medal-

je ontvang en die wenspan het ’n skild ge-kry. Living Ball, ’n organisasie wat dieWoord onder sportmanne en -vroue versprei,het ekstra kleur aan die eindrondes gegee.Daar is ook in die eindstryde geskiedenis

gemaak. Die eerste keer in Van Druten-laer-skole se geskiedenis het ’n laerskole-meisie-hokkiewedstryd plaasgevind. Die eerstespanne van Seodin enKathu het teenmekaarkragte gemeet en Seodin het dié geskiedkun-digewedstrydmet 2-1 gewen.Nádiewedstrydhet die Laerskool Seodin, namens Suid-Afri-

kaanse hokkie, ’n sak met hokkietoerustingaan die Laerskool Kathu oorhandig. Ná diedag se wedstryde het die eregaste en beamp-tes saam in die skoolsaal gekuier.

Jonges speel kookwaterrugby, -netbal

HIER speel die Laerskole Seodin en Kathu seeerste rugbyspanne teen mekaar.

Foto: Joanie Bergh

Page 16: Kathu bulletin 25 julie 2013

16 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

DIE LaerskoolSeodin het onlangsdie jaarlikse VanDruten- rugby- en-netbaleindstrydeop Seodinparkaangebied.Altesaam 18rugby- en 20netbalspanne vanoor die streek heenhet aan dieeindstrydedeelgeneem. Al diespelers het hultalent ten toongestel en rugby ennetbal vanhoogstaande

gehalte is gespeel.Dié dag was ’nreuse-sukses.Elkespeler het ná elkewedstryd ’nmedalje ontvangen die wenspanhet ’n skildgekry. LivingBall, ’n organisasiewat die Woordonder sportmanneen -vroue versprei,het ekstra kleuraan die eindrondesgegee.Daar is ookin die eindstrydegeskiedenisgemaak. Die eerstekeer in VanDruten-laerskole segeskiedenis het ’nlaerskole-meisiehokkiewedstryd plaasgevind.Die eerste spannevan Seodin enKathu het teenmekaar kragtegemeet en Seodinhet diégeskiedkundigewedstryd met 2-1gewen. Ná diewedstryd het dieLaerskool Seodin,namens Suid-Afrikaanse hokkie,’n sak methokkietoerustingaan die LaerskoolKathu oorhandig.Ná die dag sewedstryde het dieeregaste enbeamptes saam indie skoolsaalgekuier.Hier volgdie dag seuitslae:Rugby: A-liga:o.9: Seodin 7– Kathu 0o.11:Seodin 20 – Kathu5o.13: Seodin 10 –Kathu 5Netbal: A-liga:o.9: Seodin 8– Posmansburg4o.10: Seodin 1 –Kathu 0 (SuddenDeath)o.11: Seodin10 – Kathu 0o.12:Kathu 12 – Seodin11o.13: Kathu 13 –Seodin 11Rugby:B-liga:o.9: LimeAcres/Daniëlskuil15 – Hotrock7o.11: Kuruman 29– Kathu 0o.13:Kathu 7 – LimeAcres/Daniëlskuil5 Netbal: B-liga:o.9: LimeAcres 4 – Kathu3o.10: Danielskuil9 – Seodin 4o.11:Sishen 7 – LimeAcres 4o.12:Danielskuil 8 –Kathu 5o.13:Sishen 6 – LimeAcres 4Rugby:Plaateindstryde:o.9B: Sishen 12 –Kathu 7o.11B: –Sishen 10 – Seodin0o.13B: – Seodin20 – Kathu 0

Sportfees gesien in eindstryde

DIE eerste netbalspanne van dieLaerskole Seodin en Kathu het ’nspanningsvolle wedstryd opgelewer.Foto’s: Joanie Bergh

HIER speel die LaerskoleSeodin en Kathu se eersterugbyspanne teen mekaar.

DIE Laerskool Seodin klop die LaerskoolKathu met 10-5.