l primary

4
2014 Junie 23 Nuusbrief 20 Saamgestel deur Wilna van Rooyen 083 454 2843 [email protected] KONSERT 26 Junie LINDEROUDITORIUM 18:30 : ADRES: St. Andrewsweg 27, Parktown. (Nr. 27 nie 7 nie!) Die Linder is op die Onderwyskampus van Wits Universiteit— die ou Johannesburg College of Education (JCE). Van die skool af neem mens N3 Suid, daarna M2 Wes na Johannesburg. (Francois Oberholzer motorweg). By die Crown Wisselaar hou links en volg die Pretoria / Sandton aanwysings M1 Noord tot by Jan Smuts afrit. Gaan reguit oor Jan Smutslaan, u is dan reeds in St. Andrewsweg. Gaan oor die M1 snelweg, drie verkeersligte verder, draai links in die Wits gronde in. Volg die pad tot by die Linderou- ditorium en parkeer! Geniet die konsert! RESES 27 Junie tot 7 Julie: Ons en die Laerskool sluit Vrydag 27 Junie om 11:00 en die Hoërskool om 12:00, vir parkeringsdoeleindes. Die busse vertrek egter steeds net na 12:00. Ons vertrou ons kleuters gaan die reses vreeslik geniet en verkwik terugkeer, vir die laaste deel van die termyn! Pappas! ’n Pappa laat ’n kind veilig voel. ’n Pappa laat ’n kind mens- waardig voel. ’n Pappa speel met ’n kind. ’n Pappa leer ’n kind. ’n Pappa aanvaar ’n kind. Dankie, aan al ons wonder- like pappas! Noodinligting oor konsert op bladsy 4! NB! NB!

Upload: tame-times

Post on 31-Mar-2016

240 views

Category:

Documents


9 download

DESCRIPTION

L primary

TRANSCRIPT

Page 1: L primary

2014 Junie 23 Nuusbrief 20

Saamgestel deur Wilna van Rooyen

083 454 2843

[email protected]

KONSERT 26 Junie LINDEROUDITORIUM

18:30 :

ADRES: St. Andrewsweg 27, Parktown. (Nr. 27 nie 7 nie!)

Die Linder is op die Onderwyskampus van Wits Universiteit—

die ou Johannesburg College of Education (JCE).

Van die skool af neem mens N3 Suid, daarna M2 Wes na

Johannesburg. (Francois Oberholzer motorweg).

By die Crown Wisselaar hou links en volg die Pretoria /

Sandton aanwysings M1 Noord tot by Jan Smuts afrit. Gaan

reguit oor Jan Smutslaan, u is dan reeds in St. Andrewsweg.

Gaan oor die M1 snelweg, drie verkeersligte verder, draai

links in die Wits gronde in. Volg die pad tot by die Linderou-

ditorium en parkeer! Geniet die konsert!

RESES 27 Junie tot 7 Julie:

Ons en die Laerskool sluit Vrydag 27 Junie om 11:00 en die

Hoërskool om 12:00, vir parkeringsdoeleindes. Die busse

vertrek egter steeds net na 12:00.

Ons vertrou ons kleuters gaan die reses vreeslik geniet en

verkwik terugkeer, vir die laaste deel van die termyn!

Pappas!

’n Pappa laat ’n kind veilig voel. ’n Pappa laat ’n kind mens-

waardig voel. ’n Pappa speel met ’n kind. ’n Pappa leer ’n

kind. ’n Pappa aanvaar ’n kind. Dankie, aan al ons wonder-

like pappas!

Noodinligting

oor konsert op

bladsy 4! NB! NB!

Page 2: L primary

Page 2

WELPIERUGBY:

Ons dra graag ons dank oor aan Philip en Celeste Pieterse,

wat soveel moeite met ons seuntjies gedoen het!

Ons welpierugby is nou afgesluit en ons hartlike dank ook

aan elkeen wat by die afsluitingsfunksie betrokke was!

Baie dankie aan juf. Karin, vir haar instaan by die rugby!

Ons toekomstige springbokke het met trots gespeel!

KONSERT 26 Junie Verversings:

Soos in die vorige skrywe genoem, mag ons en

ons kinders geen verversings in die ouditorium

of waglokale geniet nie. Die kleuters mag slegs

waterbotteltjies in die waglokaal gebruik.

Dit sal dus gaaf wees, indien u hul sommer klaar

buite kan laat eet, of in die kafeteria.

Die kafeteria se pryse is baie billik.

Ons begin om 18:30 met die verrigtinge.

Ons vertrou dat ons pragtige kleuters u heerlik

gaan vermaak!

Die opgewondenheid by die skool, ken geen perker

nie!

UITSTAPPIE gr. 000 25 Julie:

Op 25 Julie gaan die Bytjies, die Hasies en die

Vissies na Kids Unleashed, in Alberton, aangesien

hul op 11 Julie vol is as gevolg van die openbare

skole se vakansie.

Die koste van die uitstappie beloop R55 per kind,

wat die dag se kossies insluit.

Vul asb. ook net vir hulle die afskeurstrokie in, op

bladsy 4 en stuur aan die skool. E-posse is welkom!

Page 3: L primary

26 Junie: Voorskool konsert

Linderouditorium R50 per volw. en R25 per kind

27 Junie: Skool sluit 12:00 vir reses 7 Julie: Skool open na reses 11 Julie: Uitstappie Dinosourus gr. 00

en 0 R85 Uitstappie Kids Unleashed gr.

000 en Bytjies R55 1 Augustus: Leeuwenhof Akademie Gholfdag by Glenvista

Belangrike datums: Page 3

TERAPIE:

Hoe vroeër jy uitvalle identifiseer, hoe gouer kan jy daadwerklik optree om latere

leerprobleme uit te skakel. Elke soort terapie het spesifieke voordele vir jou kind.

ARBEIDSTERAPIE:

Dit behels die identifikasie en behandeling van enige probleme wat ’n

kind se funksionering beïnvloed, of dit nou fisiek, emosioneel of so-

siaal is. By kinders gaan dit veral oor die identifisering van vroeë

ontwikkelingsprobleme soos groot of klein motoriese, perseptuele of

kognitiewe agterstande.

Behandeling vind plaas deur middel van speelaktiwiteite, wat groot

motoriek, perseptuele aktiwiteite of kreatiewe aktiwiteite (knip, plak

of kleispel) behels.

VIR WIE HELP DIT?

Kinders tussen 4 en 6 jaar oud behoort vir ’n langer tydperk stil te

sit, opdragte te uitvoer, tekenapparaat soos kryte te hanteer, spe-

letjies te verstaan en te speel, ’n handvoorkeur te hê, goed te klim en

klouter en fisieke aktiwiteite goed te uitvoer en geniet.

Aandag en konsentrasie asook bilaterale integrasie en motoriese

beplanning is belangrik. Daarby moet kinders goeie luistervemoëns

hê, onafhanklik kan werk en opdragte kan uitvoer en klaarmaak.

DIT HELP OOK vir kinders wat oorsensitief of onsensitief is vir klank,

aanraking en lig—sensoriese uitvalle.

Kinders wat sukkel om hul eie liggaam te hanteer (lompheid, ens.)

Kinders wat sukkel met logiese aksiebeplanning, reaksies of die

uitvoering van take. Kinders met hoë of lae spiertonus, balvaar-

dighede, fyn motoriese vaardighede en so meer.

Hendrij de Korte met sy 6 Diplomas!!

Page 4: L primary

Kopiereg

Voorebehou

Telefoon: 011 622-1806

Wilna: 083 454-2843

[email protected]

Vier pilare:

Christelikheid en

dissipline

Uitnemende Akademie

Kultuur en Sport

Professionaliteit

Die boublokke vir lees:

Voor ’n kind kan loop, moet hy eers kruip. Voor ’n kind kan leer lees, moet die fondamente vir lees eers stewig

vasgelê word, anders kan hy dalk heeltemal verkeerd leer lees en die res van sy lewe ’n agterstand hê. Vir

skoolkinders wat nie behoorlik kan lees nie, is skool soos om ’n wedloop met een been te hardloop terwyl hulle meed-

ing teen naellopers wat heeltemal normaal is.

Boublok 1: Praat met jou kind. Praat en praat en praat—dis die enigste manier waarop hy woorde en hul betekenis

kan leer. En lees onophoudelik vir hom. Wys vir hom prentjies en speel kinderliedjies. Leer hom liedjies, rympies en

gediggies en maak jul eie rympies op. So brei jy woordeskat uit. Hoe beter die woordeskat, hoe beter is die leesver-

moë!

Baie dankie!

Vriendelike groete!

Wilna van Rooyen en die Voorskoolpersoneel

Almal het die een of ander talent. Wat skaars is, is die

moed om daardie talent al die pad te ontwikkel, ook al

lei dit deur donker plekke.

Erica Jong

Toestemmingsbriefie vir die uitstappie na Kids Unleashed in Alberton (Bytjies en gr. 000)

Hiermee gee ____________________ toestemming dat my kind _________________________ die uitstappie

op 25 Julie 2014 mag meemaak en sluit hierby die bedrag van R55 in.

Geteken: __________________________ Datum: _______________________

Nuwe formule

1 kampioene