laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · web...

82
JAARVERSLAG 2015 1. PERSONEEL SKOOLHOOF: Mnr. Hawkie de Villiers ADJUNKHOOF: Mnr. Jacques Horne ADJUNKHOOF: Me. Johannita Kruger DEPARTEMENTSHOOF: SENIORFASE Me. Carine Mocke DEPARTEMENTSHOOF: SPORT Mnr. Renaldo Payne DEPARTEMENTSHOOF: GRONDSLAGFASE Me. Barbara Greeff DEPARTEMENTSHOOF: GRONDSLAGFASE Me. Adiska du Preez Eekh 1 Me. Estelle Aspeling Sport Mnr. Renaldo Payne Eekh 2 Me. Marli Goldie Finansies Me. Liza Venter Eekh 3 Me Rozelle Koch Finansies Me. Lisl Fincham Gr. R1 Me. Shani Visagie Ontvangs Me. Sunette Marais Gr. R2 Me. Elzeth Truter Ontvangs Me. Leana Russouw Gr. R3 Me. Antel van Deventer Musiek Me. Paula Smit Gr. R4 Me. Marlene Bouwer Musiek Me. Marelize Moller Gr. 1A Me. Johannita Kruger Musiek Me. Annalene Kemp Gr. 1B Me. Anneri Naude Musiek Me. Riana de Wet Gr. 1C Me. Marlé Baard Musiek Mnr. Wayne Simpson Gr. 1D Me Noeline Southey Leerondersteun ing Me. Carolien Heenop Gr. 2A Me. Barbara Greeff KDA Me. Danelle Meintjes Gr. 2B Me. Jolande Botha ASSISTENTE Gr. 2C Me. Heidi Such Eekh 1 Me. Rosaline Tolobisa 1

Upload: others

Post on 15-Jan-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

JAARVERSLAG 2015

1. PERSONEEL

SKOOLHOOF: Mnr. Hawkie de Villiers

ADJUNKHOOF: Mnr. Jacques Horne

ADJUNKHOOF: Me. Johannita Kruger

DEPARTEMENTSHOOF: SENIORFASE Me. Carine Mocke

DEPARTEMENTSHOOF: SPORT Mnr. Renaldo Payne

DEPARTEMENTSHOOF: GRONDSLAGFASE Me. Barbara Greeff

DEPARTEMENTSHOOF: GRONDSLAGFASE Me. Adiska du Preez

Eekh 1 Me. Estelle Aspeling Sport Mnr. Renaldo Payne

Eekh 2 Me. Marli Goldie Finansies Me. Liza Venter

Eekh 3 Me Rozelle Koch Finansies Me. Lisl Fincham

Gr. R1 Me. Shani Visagie Ontvangs Me. Sunette Marais

Gr. R2 Me. Elzeth Truter Ontvangs Me. Leana Russouw

Gr. R3 Me. Antel van Deventer Musiek Me. Paula Smit

Gr. R4 Me. Marlene Bouwer Musiek Me. Marelize Moller

Gr. 1A Me. Johannita Kruger Musiek Me. Annalene Kemp

Gr. 1B Me. Anneri Naude Musiek Me. Riana de Wet

Gr. 1C Me. Marlé Baard Musiek Mnr. Wayne Simpson

Gr. 1D Me Noeline Southey LeerondersteuningMe. Carolien Heenop

Gr. 2A Me. Barbara Greeff KDA Me. Danelle Meintjes

Gr. 2B Me. Jolande Botha ASSISTENTE

Gr. 2C Me. Heidi Such Eekh 1 Me. Rosaline Tolobisa

Gr. 2D Me. Margo Lamprecht Eekh 2 Me. Denise Snyders

Gr. 3A Me. Adiska du Preez Eekh 3 Me. Shirley Forbes

Gr. 3B Me. Madelize de Vries Gr. R1 Me. Rosie Fortuin

Gr. 3C Me. Ilze-Marie Götze Gr. R2 Me. Wounie September

1

Page 2: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

Gr. 4A Mnr. Cornel Smuts Gr. R3 Me. Yolande van der Merwe

Gr. 4B Me. Menanteau Bester Gr. R4 Me Esmerelda Abelse

Gr. 4C Me. Marlene van der Westhuizen Gr. 1 Me. Adri Roos

Gr. 5A Mnr. Dawie de Vries Gr. 1 Me. Rolene Bosman

Gr. 5B Me. Carlien Fourie Gr. 2 Me. Liezl de Kock

Gr. 5C Me. Renika Stramrood Gr. 2 Me. Lana Aucamp

Gr. 6A Mnr. Francois Gerber Gr. 3 Me. Elmarie Stoeder

Gr. 6B Me. Lee-Anne Stofberg Gr. 3 Me. Anele Gouws

Gr. 6C Mnr. Tiaan Ellis Gr. 4 – 7 Mnr. Visser Maas

Gr. 7A Me. Carine Mocke Gr. 4 – 7 Mnr. Jan Prinsloo

Gr. 7B Mnr. Werner Vermeulen Drama Me. Winnie Nel

Gr. 7C Me. Susan Combrinck Arbeids Me. Liza Janse van Rensburg

Wisk Me. Johlene Fourie Arbeids Me. Jeanne-Marie Meyer

Wisk Me Christa Neethling Arbeids Me. Annré Agenbach

Afr Me. Anize Koetsier Spraak Me. Ronelle Slabbert

Kuns/Bib Me. Lelanie van der Berg Nasorg Me. Carina Opperman

BiblioteekMe. Marita Sirgel

TERREINWERKERS

Terrein Mnr. Stemmet Hector Assistent Me. Joeline van Nieker

Terrein Mnr. Donovan Williams Assistent Me. Gerty Duimpies

Terrein Mnr. Malibongwe Bojana Assistent Me. Lucy Mguzulwa

Terrein Mnr. Sipho Mpongwana Snoepie Me. Theresa Martin

Sekuriteit Mnr. Peter Philander

2

Page 3: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

2. AKADEMIE

2.1 GRAAD R en EEKHORINKIES

Op 21 Januarie 2015 het die nuwe Eekhorinkies by Laerskool Stellenbosch aangemeld. Al huilende en klouende het die mammas en pappas darem die skoolgronde uiteindelik verlaat. Die trane was egter van korte duur en toe hulle eers hulle plekkies op die mat ingeneem het, toe staar daardie gesiggies vol afwagting en opwinding na hulle nuwe “tannie” wat eintlik ‘n “juffrou” is. Die trane het maar nog vir so twee weke gevloei, maar gou-gou het elke kindjie besef dat die Eekhorinkie-juffrouens baie gaaf is. Juffrou Roseline, juffrou Denise en juffrou Shirly, die Eekhorinkies se assistente, maak die skool natuurlik nog lekkerder. Ons was altesaam 62 Eekhorinkies in drie klasse verdeel. Gewoonlik gaan ons nie op ‘n uitstappie in die eerste kwartaal nie, aangesien dit maar ‘n groot aanpassing is vir die ou kleintjies. En so het die eerste kwartaal ten einde geloop en almal was uitgeput, want vir leerder en onderwyser was dit ‘n besige kwartaal met baie opwinding, leer, uitdagings, aanpassings en sukses.

Die Eekhorinkies het die tweede kwartaal weggeval met ‘n heerlike uitstappie op die skoolterrein. Ons het die bome en plante gefynkam om die eerste tekens van herfs in die natuur te bespeur. In Meimaand het ons die universiteit se proefplaas besoek waar die leerders aan skape kon vat, hoenders en koeie van naby beskou en ook op die dierbare perd, Pamela, se rug kon ry. Tydens ons “mense wat ons help” tema het dr. Renscha ons kom vertel en wys wat ‘n dokter alles doen om mense te help. Sy het selfs gips aan een van die maatjies se arm gesit sodat ons kon sien hoe ‘n gebreekte arm behandel word. Die brandweer het ons by die skool kom besoek en ons kon elkeen ervaar hoe dit voel om met die brandslang te kan spuit. ‘n Kliniekverpleegster het ook vir ons by die skool kom vertel wat sy by die klinkiek doen. Daarna het ‘n regte egte ambulans na die skool gekom en die ambulanspersoneel het aan die leerders gedemonstreer hoe hulle ‘n beseerde pasiënt behandel en die leerders kon in die ambulans klim. Na ‘n leersame kwartaal van 12 weke het die wintervakansie aangebreek.

Na ‘n lang Junievakansie het ‘n baie bedrywige derde kwartaal afgeskop. Die leerders was teen dié tyd al meer tuis in die klas en ook baie geheg aan hul onderwyseresse. Ons eerste uitstappie was na die Jan Marais Park waar hulle vir ons leerders meer geleer het van verskillende slange en skilpaaie. Daarna het ons paddavisse gevang en elke klas het ‘n paar saam skool toe geneem. Aan die einde van die kwartaal het ons weer die paddavisse gaan teruggooi in die dam en die leerders het vir hulle ‘n totsiens liedjie gesing. Tydens ons lente-tema het ons piekniek gehou op die skool se rugbyvelde. Die leerders was gaande daaroor en het baie lekker in die sandput gespeel en allerhande ontdekkings gemaak en rugby gespeel. Daar is definitief ‘n paar toekomstige Stellies rugbyspelers onder die Eekhorinkies. Ons laaste uitstappie van die kwartaal was na die Universiteit Stellenbosch insekte-museum. Die leerders was verskriklik opgewonde en kon nie wag om daar te kom nie. Hulle het die leerders in twee groepe gedeel waarna die een groep meer geleer het van die insekte-alfabet en verskillende insekte ingekleur het en eksperimente gedoen het. Vir die ander groep het hulle verskillende insekte onder ‘n mikroskoop gewys en so ook meer vertel van die insekte, waarna die twee groepe weer geruil het. Ons het ‘n lang kwartaal van elf weke afgesluit met die temas, “die lewe is ‘n fees en vakansietyd”, waartydens ons reggemaak het vir ‘n klaspartytjie en behoorlik feesgevier het.

3

Page 4: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

Ons het die besige en kort vierde kwartaal afgeskop met ‘n beertjie piekniek op die rugbyveld. Elke beertjie het ‘n uitnodigingskaartjie gekry. Die piekniekmandjies en kombersies is gepak, sonroom is aangesmeer en elkeen was gewapen met ‘n selfgemaakte verkyker (om nog beertjies te soek) en sy beste beertjie. Dit was ‘n piekniek om te onthou. Daarna het ons verskuif na ‘n wonderlike Chinese ete wat deur onsself voorberei is en ons met Chinese stokkies geëet het. Elke leerder het ‘n Chinese hoedjie, wat hulle self gemaak het, gedra en het ‘n waaier in die hand gehad om die ergste somerhitte af te weer. Ons het ons jaar afgesluit met ‘n klaspartytjie. Daar is gespeel, geëet en “geslip-en–slide”. En so het ons jaar ten einde geloop en moes leerders en juffrouens hartseer afskeid neem van mekaar, want die lewe gaan aan.

GRAAD R

Aan die einde van 2015 kyk ons met groot dankbaarheid terug na alles wat hierdie jaar vermag is. In elke klas is daar gepoog om die leerders nuuskierig en opgewonde oor die leerproses te maak. Leerders is aangemoedig om te leer deur dinge self te ontdek.

Tydens die Inligtingsvergadering aan die begin van die jaar is belangrike inligting met die nuwe ouers gedeel. Die volgende aand kon die ouers en kinders mekaar tydens ‘n verwelkomingsbraai op die rugbyveld beter leer ken.

Gedurende die eerste kwartaal het ons geleer dat almal uniek is en die belangrikheid van respek en aanvaarding vir jou medemens is weer beklemtoon. Ons het ons skoolterrein verken, meer geleer oor die korrekte hantering van boeke en hoe om ons liggame op te pas en gesond te leef. ‘n Hoogtepunt was ons uitstappie na Uitkyk wynkelder waar ons gesien het hoe die parsproses werk. Ons kon selfs ‘n bietjie van die mos proe.

Die eerste week van die tweede kwartaal het ons die herfsseisoen met ons sintuie gaan beleef, deur in die Jan Maraispark te gaan stap. Die vriendelike personeel van die brandweer het weer hierdie jaar vir ons gedemonstreer hoe ‘n brand geblus word. Daarna kon ons in ‘n ‘regte’ brandweerwa ry en in die skuim baljaar. By Delvera het ons meer oor bewaring geleer. Ná ‘n kort DVD het ons lekker ver om die dam gaan stap en ons uitstappie is afgesluit met heerlike warm sjokolade en malvalekkers.

Elke Vrydag is daar gebak en gebrou. In die derde kwartaal, vroeg een reënerige oggend, het ons pannekoek gebak. Almal het altyd met groot entoesiasme deelgeneem.

Daar is hierdie kwartaal ook meer oor al die verskillende beroepe geleer. Ons het Gino’s besoek waar die sjef vir ons gewys het hoe om ‘n pizza te maak. Daarna het elke leerder sy/haar eie pizza gemaak en is dit in die pizza-oond gebak. Ons het omtrent gesmul aan al die pizza en bodemlose koeldrank.

Gedurende die vierde kwartaal het ons oor die wonderlike wệreld van reptiele, amfibieë, spinnekoppe, dinosourusse, wilde diere en insekte geleer. Ons het Spier besoek en na ‘n roofvoëlvertoning gekyk.

Tydens die graad 1-dag, het die graad R’e in hul nuwe klasse gaan kuier en hul nuwe onderwyseresse ontmoet. Daar was hierdie jaar weer ‘n opelugkonsert met die tema ‘Kids-Factor’ waar elke leerling die geleentheid kon kry om sy/haar talente ten toon te stel. Die jaar

4

Page 5: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

is afgesluit met ‘n piekniek by Delheim. Terwyl sommige leerders op die waterglybaan besig was, het die res agterop ‘n wa deur die plaas gery.

Ons was bevoorreg om vanjaar ‘n groot gedeelte van ons gras met kunsgras te vervang wat die modderprobleem in die winter heeltemal opgelos het. Ons terrein is opgeknap met heelwat verfwerk, twee bome wat aangeplant is en ‘n splinternuwe blombedding. Veranderings is aan die seuns se kleedkamer aangebring en daar is ‘n pragtige, ruim kleedkamer vir die dogters aangebou. ‘n Groot hoogtepunt vir die leerders was die bou van ‘n boomhuis.

Liggaamlike opvoeding is baie belangrik vir die graad R-kind se grootmotoriese ontwikkeling. Leerders het een maal per week vir ‘n KDA-periode verdaag waar daar op bewegingsaktiwiteite en balvaardighede gefokus is.

Die Ekotuin is gereeld besoek en die leerders het ook weekliks die geleentheid gekry om na die rekenaarklas te gaan om met die Cami-program vertroud te raak.

Leerders kon aan sportsoorte wat deur die skool aangebied word deelneem, naamlik swem, tennis, krieket, rugby en netbal. Daar is ook geleentheid om aan kultuuraktiwiteite soos drama, musiek en skaak deel te neem. Playball, Experi-maats, Kids Clay en Soetlief word deur groepe kinders ondersteun.

Dit is vir ons belangrik dat leerders dinge werklik beleef en nie net daaroor leer nie. Ons uitstappies is daarom waardevol en baie belangrik. Ons bedank al ons ouers wat altyd bereid was om te help waar hul kan.

2.2 GRONDSLAGFASE

In die Grondslagfase word elke kind as uniek en spesiaal gesien en daarom as ‘n individu behandel. Dit is elke leerder se reg om in ‘n veilige, ontspanne omgewing en stimulerende atmosfeer te ontwikkel en persoonlik te groei. Daarom poog ons om gesonde verhoudings tussen leerders, opvoeders en ouers uit te bou en as ‘n span saam te werk.

Ons hoofdoel in die Grondslagfase is om ‘n liefde vir skool by die leerders te kweek en hulle opgewonde oor die leerproses te maak deur hulle nuwe dinge te laat ontdek en hul kreatiewe en onafhanklike denke te stimuleer. Kritiese denke en probleemoplossingsvaardighede word daagliks op alle gebiede geïntegreer om te verseker dat ons leerders hul in die samelewing kan handhaaf.

Die Nasionale Kurrikulum word gevolg. Die opvoeder is die bron van kennis en verskaf die vaardighede om nuwe inligting te verwerf. Leerders word aangemoedig om met selfvertroue te ontdek, kanse te waag en hul opinies te lug. Om elke dag deel van ‘n kind se vordering en vorming as mens te kan wees, dien as motivering vir die leerkragte om daagliks goed voorbereid te wees en deurgaans aan nuwe planne te dink om die leerders in totaliteit te kan opvoed en ontwikkel! Opvoeders bly deurentyd op hoogte van die nuutste metodes en inligting. Graad 1-3 opvoeders het hierdie jaar die WKOD Wiskunde-opleiding bygewoon, asook verskeie ander opskerpingsessies in die middae wat deur die Departement van Onderwys aangebied is.

In die Grondslagfase heers daar ‘n sterk leerkultuur met deernisvolle leerkragte wat deurgaans werk van hoogstaande gehalte lewer wat lei tot konstante puik prestasies op akademiese

5

Page 6: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

gebied. In ons strewe na uitnemendheid, word ‘n gesonde opvoeder-leerderverhouding gehandhaaf wat bydra tot kwaliteit onderrig en prestasie. Twee assistente wat in elke graadgroep tussen die drie of vier klasse roteer, help om ons droom van individuele aandag te verwesenlik. Baie aandag word aan beide remediëring en verryking geskenk. Geen moeite word ontsien om leerders in klein groepies te onttrek indien nodig nie. Verdere ondersteuning in die vorm van didaktiese klasse in klanke, lees en Wiskunde is ook in die middae op ‘n baie informele wyse aan leerders beskikbaar. Ons was baie bevoorreg om vanjaar vir Tina Cowley leessentrum by ons skool te kon verwelkom. Hulle het leerders se leesspoed getoets en werk sedert die derde kwartaal intensief met spesifieke leerders om hulle lees en leesbegrip te verbeter.

Leerders se vordering word gereeld ná elke assessering met hul ouers bespreek. Dit help ook om die ouers beter in te lig oor hul kind se vordering reg deur die kwartaal. Probleemareas kan sodoende vinniger deur beide die opvoeder en die ouer aangespreek word. Die WKOD se sistemiese evaluering is ook vanjaar geskryf. ‘n Groepie dames van die WKOD het die toetse met die gr. 3’s kom aflê en alles het glad en sonder voorval verloop.

Ons streef daarna om elke kind se unieke belangstellings en gawes ten volle te ontdek en te ontwikkel deur die verskeidenheid aktiwiteite wat ons aanbied. Rekenaargesteunde onderrig is beskikbaar en dit bied geleentheid om met ander vakke te integreer. Nie net is die leerders blootgestel aan basiese rekenaarvaardighede nie, maar kan hulle ook weekliks sekere wiskundige vaardighede toepas as versterkings van die Wiskunde-leerplan met behulp van die CAMI-program.

Dit is met groot dankbaarheid in ons harte wat ons terugkyk na nog ‘n suksesvolle jaar. Leerdergesentreerde onderwys tesame met basiese vaardighede en waardes vorm die hoeksteen van ‘n stewige fondament in die Grondslagfase en ons bedank elke opvoeder en ouer wat in hierdie jaar op een of ander manier deel gehad het daaraan om die leerders in die Grondslagfase te help ontwikkel en te laat groei. Dit word opreg waardeer!

2.3 SENIORFASE EN INTERMEDIêRE FASE

Mnr. Jan Prinsloo is vanjaar as die gr. 4- en 5-assistent aangestel en mnr. Visser Maas as die gr. 6- en 7-assistent. Hul was verantwoordelik vir alle administratiewe pligte vir gr. 4-7. Dit sluit vorderingskedules, leerderverslae, optekeningskaarte, afwesigheidsvorms, afrolwerk en kopiëring in.

Gr. 4-7-leerders het vanjaar vir die vierde keer aan die WOW-Spelfees deelgeneem. Die Wintersportdag en Sporttoer het veroorsaak dat baie minder leerders kon deelneem. Dit is vrywillig en na baie wik en weeg het Rentia Meyer (gr. 7) en Angela Schindehütte, Anja Venter, Hildegard Conradie en Elsa-Marié van der Watt (gr. 6) en Jack van der Merwe en Iané Marx (gr. 5) vir die eerste rondte (Kring) ingeskryf. Rentia, Angela, Elsa-Marié en Iané het na die tweede rondte (Streek) deurgedring. Angela en Elsa-Marié het vir die Provinsiale en toe die Nasaionle rondte gekwalifisieer. Angela het na 3½ ure en 38 rondtes in die tweede plek geëindig. Dit is sowaar ‘n baie besondere prestasie. Hierdie leerders het baie ekstra tyd spandeer om voor te berei en was sowaar ware ambassadeurs van die skool.

6

Page 7: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

Volgens KABV-voorskrifte het ons vanjaar ‘n toetsreeks in die eerste en derde kwartaal (week 9) geskryf. Gedurende Junie en November word ‘n volwaardige eksamen volgens die voorskrifte van die WKOD geskryf. KABV is reeds vanjaar vir die tweede agtereenvolgende jaar deur al die grade gevolg en dit verloop seepglad.

Die personeel is weer volgens die GGBS-stelsel geëvalueer en daarna is vergaderings gehou waartydens elkeen se evaluering bespreek is. Die skoolhoof en adjunkhoof besoek ook elke onderwyser een keer per jaar vir lesevaluering. Dit vorm deel van die GGBS-evaluering.

Die intersenfase vergaderings is Dinsdag- en Donderdagmiddae vir ‘n halfuur waartydens waardevolle inligting bespreek word. Terugvoering van vergaderings van die WKOD word ook gegee en vakvergaderings geskied ook tydens die geleentheid.

Mevv. Susan Combrinck, Carine Mocke, Lelanie van der Berg, Carolien Heenop, Christa Neethling, Carlien Fourie, Johlene Fourie en mnre. Dawie de Vries, Francois Gerber en Jacques Horne het reeds die eerste E-leer opleiding ontvang. E-leer word vanaf 2016 in gr. 5 en 6 toegepas. Dit is reeds met die ouers tydens ‘n inligtingsaand bespreek.

‘n Leierskapkursus is in die vierde kwartaal vir al die gr. 6-leerders gehou. Dit dien as voorbereiding vir die verkiesing van die Leerderraad. Mnr. De Villiers, me. Susan Combrinck, me. Lelanie van der Berg, mnr. Jacques Horne, me. Carine Mocke en me. Renika Stramrood was die aanbieders. Die leerders het die informele groepwerk geniet en die terugvoering was vir die aanbieders insiggewend. Die middag is met ‘n worsbraai en konsert afgesluit.

Al die gr. 6-leerders is ook vanjaar in Oktober deur die WKOD geassesseer in Afrikaans en Wiskunde as deel van die sistemiese evaluering. Die skryf van die ANAS-vraestelle is tot Desember uitgestel.

Enkele vergaderings is vanjaar deur die WKOD gereël en die betrokke personeel het dit gereeld bygewoon.

Mevv. Madelize de Vries, Lelanie van der Berg, Carlien Fourie, Anneri Naudé, Marlene Bouwer, Marlene van der Westhuizen, Menanteau Bester, Noeline Southey en Margo Lamprecht asook mnr. Jacques Horne het die Summit aan die einde van Mei by die Protea Hotel buite Stellenbosch bygewoon. Mnr. Hawkie de Villiers het die Hoofde Simposium in Port Elizabeth bygewoon.

2.4 REKENAAR- EN MEDIASENTRUM

Rekenaarsentrum

Elke klas het een IT-periode per week wat deur me. Lee-Anne Stoffberg aangebied word. Me. Stoffberg bepaal self wat die inhoud van hierdie lesse behels. In hierdie periodes word basiese vaardighede in Microsoft Word, Excel en Powerpoint aan leerders bekend gestel en leerders kry self kans om oefeninge te doen. Elke leerder het ‘n lêer waarin die take wat aan hulle uitgedeel word, gestoor word. Dit is belangrik om te onthou om aan die einde van die jaar aan graad 3’s te kommunikeer dat elke leerder in graad 4 ‘n lêer vir IT moet aanskaf.

Leerders stoor die werk wat hul fisies op die rekenaar doen in ‘n ‘folder’ op die bediener en kan pouses of na skool ook hieraan werk. Graad 4 en 5 werk slegs met Word, terwyl Excel aan

7

Page 8: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

graad 6 en Powerpoint aan graad 7 bekendgestel en geoefen word. Die vierde kwartaal word gebruik vir hersiening sodat leerders kan toepas wat hulle deur die jaar geleer het.

Cami

Cami is beskikbaar vir leerders vanaf gr. R tot gr. 7 in Afrikaans, Engels, Wiskunde en Perseptuele vaardighede. Die nuutste weergawe is op ons rekenaars gelaai en elke klas het een periode per week wat hul na die rekenaarlaboratorium gaan om onderrig in CAMI te kry.

Graad R – Graad 5: Klasonderwysers neem die klas na die rekenaarlaboratorium en gebruik die CAMI-program van hul keuse om vaardighede te oefen. Die grondslagfase se onderskeie onderwysers besluit met elke periode self of hulle Taal, Wiskunde of Perseptuele vaardighede doen, terwyl die intermediêre fase slegs op Wiskunde fokus.

Graad 6 en 7: Wiskunde-onderwysers neem die klas een periode per week na die rekenaarlaboratorium om Wiskunde vaardighede, wat aansluit by die kurrikulum, te oefen. Leerders is ook welkom om gedurende pouses en ná skool op Cami te werk.

Cami kom jaarliks na die skool toe om die program te herinstalleer en nuwe leerderkodes aan alle leerders toe te ken. Hiervoor moet begroot word vir elke jaar.

Administrasie en bestuur van die skool se interne netwerk - Copytype

Me. Lee-Anne Stoffberg is die skakelpersoon by die skool wat hiervoor verantwoordelik is. Alle probleme/kwessies/vrae/voorstelle word aan haar gerapporteer. Indien me. Stoffberg nie self die kwessie kan hanteer nie, skakel sy vir Copytype wat dadelik daaraan aandag gee. Die kontrak met Copytype sluit die diens van mnr. Eben Visser in wat 8 ure per week/32 ure per maand vir die skool beskikbaar is. Hierdie ure word meestal op Woensdagoggende en Vrydae ingewerk.

Hier volg ‘n verslag van Copytype vir 2015 (‘n volledige opsomming oor die afgelope vyf jaar is by mnr. Henry Dalton van Copytype beskikbaar):

Ons het vanjaar die fase 3 opgegradeer. Die ou toerusting is op ‘n R1.00 kontrak gesit en die nuwe toerusting is as volg:

         4 x HP 450 Skootrekenaars – Dit is nogsteeds by ons kantoor en word eers Desember ingesit weens die sagtewareprobleem by die staat

         17 x i3 Computers Rekenaar Lokaal – Dit is nogsteeds by ons kantoor en word eers Desember ingesit weens die sagtewareprobleem by die staat

         1 x i3 Computer vir ontvangs reeds opgestel – mnr. De Villiers het gevra ons moet Office pakket koop; kan nie wag tot Desember nie.

         UPS x 1 3.5 ure

         2 telefone

         16GB Geheue vir die bediener

Wat geborg is aan die skool om beplande E-leer moontlik te maak is die volgende :8

Page 9: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

Trunking (150m) in 15 classes setup / wifi units installed 4 u installed in office (Mocke)

New & Old tv’s mounted, new brackets included

Supply Power cable /power plug from Mocke office to UPS 100m

Supply Ruckus ZoneFlex R500, dual band 802.11n Indoor Access Point

BeamFlex, 2x2:2, Dual-Ports, PoE x 14 units

Ruckus ZoneDirector 1200, licensed for up to 5 ZoneFlex Access Points up to 75 APs + 9 additional licenses

Ruckus Partner WatchDog Support for ZoneDirector 1205, 1 Year

Ruckus Partner WatchDog Support for ZoneDirector 1200 ONE AP  x 1units

Cyberroam  CR 50 iNG

Security Value Subscription includes Anti Malware, Web and Application Filter and Intrusion Prevention System  , 8x5 Support, hardware warranty and RMA fulfillment 3 years                                                                                                                

Edge-corE 18 Port Gigabit Websmart POE Switch, 16 POE & 2 units

Dedicated SFP Uplink Ports 190W x 2units

Installation and configuration of wifi network 2,2 Kva Riello Aros Sentinel Pro ER true online tower UPS plus VRLA type batteries (batteries

designed for UPS use that cannot leak or gas) housed on a covered battery stand to support +- 900 watts of running current for 5 hours.

 Addisionele hardeware wat ingesit is deur die jaar:

         Tweedehandse Lenovo Skootrekenaar R 5200.00 vir Carolien

         Lenovo Skootrekenaar vir onderwyser as per Hawkie – R 8399.00

         2 x Battery vervang op skootrekenaar

         1 x Koordlose foon in biblioteek

Webtuiste

Elke afdeling op die webtuiste het ‘n persoon verantwoordelik daarvoor om seker te maak dat die inligting vars en relevant bly. ‘n Lys is gesirkuleer waarby verantwoordelike persone geteken het as bewys dat hulle kennis dra hiervan. Veranderinge wat aangebring word moet na mev. Stoffberg gestuur word (per e-pos of op ‘n geheuestokkie) en sy behartig dan die opdatering van inligting. Foto’s moet ook digitaal aan haar gegee word. Sommige van die afdelings is op datum met nuwe nuus en foto’s, maar daar is steeds afdelings met ou en verkeerde inligting. Persone verantwoordlik moet aangespreek word. Addendum A is ‘n lys van die verskillende afdelings en verantwoordelike persone.

9

Page 10: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

Chillies is tans ons diensverskaffer, maar ons het geen kontrak wat enige diens i.t.v. veranderinge gedurende die jaar waarborg nie. Klein veranderinge of probleme word aan hulle gerapporteer en word spoedig reggestel. Vir groter take word ons per uur gekwoteer voor enige werk gedoen kan word en dit raak te duur. Die self-help stelsel werk, maar is baie oneffektief aangesien dit tot 5min neem om slegs een foto op te laai. Dit is dus onmoontlik om albums op te laai aangesien die sagteware oud is en nie ‘n ‘multi-loader’ bevat nie. Chillies het aanbeveel dat ‘n heel nuwe webtuiste gebou moet word om hierdie probleem reg te stel.

Kobus Louw van ‘Uitroep’ is tans besig om ‘n nuwe webtuiste te bou wat bogenoemde probleme kan oplos en ook die webtuiste meer gebruikersvriendelik sal maak. Op grond van analitiese data (Addendum B) oor die huidige webtuiste beveel Kobus Louw aan dat die 70 bladsye waaruit ons webtuiste tans bestaan drasties verminder moet word. Die data toon dat 44% van besoeke aan die twee gewildste bladsye is en 65% van besoeke aan die top 10 gewildste bladsye is. Daar is dus baie onnodige bladsye wat glad nie gebruik word nie. Mnr. De Villiers, me. Stoffberg en ‘n groep vrywillige personeellede het gaan sit en hierdie bladsye geïdentifiseer en Kobus Louw is tans besig om die nuwe webtuiste hiervolgens te bou.

Communicator

Onderwysers is opgelei en het gebruikersname en wagwoorde om die Communicator se administrasieprogram te gebruik. Sommige onderwysers gebruik dit self en laai nuusberigte en foto’s op, maar ander neem die inligting en foto’s na me. Stoffberg wat dit dan namens hulle doen. Juffrou Adiska du Preez laai elke kwartaal die kalender en juffrou Anneri Naudé is in beheer van die fotogallery.

Communicator is die skool se hoof kommunikasiekanaal met ouers en daar is nou ‘n nuwe toep beskikbaar wat ouers en personeellede op hulle selfone kan laai. Daar word beplan om dit by die eerste ouervergadering van 2016 aan ouers te verduidelik.

Afdrukke en kopieë

Me. Stoffberg gee aan die einde van elke maand vir me. Carine Mocke ‘n opsomming van hoeveel afdrukke en kopieë deur elke personeellid gemaak is. Daar is ‘n limiet van 15 kleurkopieë per personeellid en vir die grondslagfase ‘n limiet van 25. Elke personeellid het ‘n wagwoord wat ingesleutel moet word om op so ‘n manier boek te hou van die hoeveelheid afdrukke en kopieë.

Hierdie sisteem werk goed met die kopiemasjiene, maar nie met die druk van bladsye nie, aangesien daar in Carpe Diem se rekenaars te veel verskillende profiele gebruik word. Eben Visser van Copytype het voorgestel dat ons in 2016 vir elke personeellid ‘n persoonlike profiel skep om hierdie probleem op te los.

Tye

Die Rekenaarlaboratorium (en die Biblioteek) is vanaf Maandag tot Donderdag, elke pouse en na skool tot 15:30 oop. Leerders kan hul navorsing vir take en klaswerk gedurende hierdie tye voltooi.

Biblioteek

10

Page 11: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

Laerskool Stellenbosch is toegerus met ‘n uitstekende biblioteek. Dit is ons doel om ‘n liefde vir lees en navorsing aan te moedig deur die biblioteek aanloklik te maak. Ons skool se kinders word aangemoedig om te lees en daarom het ons ook ’n biblioteekperiode vir leerders vanaf gr. 1 – 6. Leerders mag een boek uitneem vir ‘n leentydperk van twee weke. ’n Verlore of beskadigde boek sal vervang of betaal moet word teen die huidige vervangingswaarde van die boek.

Ons graad 7-biblioteekleiers is opgedeel in twee semesters. Hierdie leerders het opleiding ontvang oor hoe die biblioteekstelsel werk. ‘n Nuwe rooster is opgestel en medialeiers werk nou net 1-2 dae per week in die Mediasentrum. Aansteekborde met foto’s van die verskeie leerders is opgestel om hulle aan al die leerders wat die biblioteek gebruik voor te stel.

Me. Lelanie van der Berg en me. Marita Sirgel was die betrokke onderwysers by die Biblioteek in 2015.

Drie verskillende uitgewers, naamlik Bargain Books, Bookbox en Lapa uitgewers, het boeke by die skool uitgestal en verkoop. Die skool ontvang 10% van die boekverkoopsyfer.

Biblioteektye:

Die Biblioteek is oop vir leerders op Maandae, Dinsdae, Woensdae en Donderdae tot 15:00. Leerders kan hul take en klaswerk gedurende hierdie tye kom navors of voltooi. Die biblioteek is ook oop gedurende 1ste en 2de pouse, behalwe op ‘n Vrydag.

Aanwins en uitneem van boeke:

Boeke word gereeld deur die jaar aangekoop. Daar is dus jaarliks nuwe leesstof vir die grondslagfase en senior fase. Ons maak grotendeels gebruik van Exclusive books, Bargain Books, Bookbox en Lapa uitgewers.

Biblioteekstelsel:

Die biblioteek maak gebruik van die Lipwin Biblioteekstelsel. Hierdie jaar het ons ook die stelsel gebruik vir die uitgee van elke kind se handboek. Alle handboeke is op die stelsel gelaai. Die leerders het in klasverband hul handboeke op hul biblioteekkaartjie uitgeneem en aan die einde van die jaar word die handboeke ingeneem. As daar enige rekord van ‘n verlore boek of ‘n boek in ‘n slegte kondisie op die stelsel is, sal die kind verantwoordelik gehou word daarvoor. Die stelsel stuur outomaties ‘n rekening aan leerders wat ‘n handboek verloor het.

Suid-Afrikaanse Biblioteekweek 16-23 Maart 2015:Die Departement van Kuns en Kultuur, in samewerking met die Biblioteek- en Inligtingsvereniging van Suid-Afrika (LIASA), het besluit dat die week van 16 - 23 Maart Suid-Afrikaanse Biblioteekweek (SALW) sou wees.Die tema van hierdie jaar was: “Connect @ your library".Hierdie tema vind aanklank by die oortuiging dat biblioteke moet bydra om mense, kennis en inligting, druk en elektroniese hulpbronne, tegnologie en professionele ondersteuning met mekaar te verbind.

Laerskool Stellenbosch het die week gevier deur die graad 4- tot 6-leerders bewus te maak van ’n “online library” en het ook die geleentheid gekry om deur middel van ‘n skyfievertoning op die internet, te kyk hoe universiteite in ander lande se biblioteke toegerus is.

11

Page 12: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

Wêreldboekedag 23 April 2015:

Wêreldboekedag word gevier op William Shakespeare se sterfdag. Ons het ‘n uitstalling van Shakespeare se inligting, werk en foto’s in die biblioteek gehou. Saam met die uitstalling is nuwe boeke wat vir die biblioteek aangekoop is ook uitgestal.

2.5 ONDERWYSSTUDENTE

Gedurende die eerste kwartaal het veertien B.Ed 2-studente van die Universiteit van Stellenbosch hul waarneming by ons skool kom doen. (Slegs gr. R, gr. 1 en gr. 4). Die doel van die waarneming was dat die studente moes ervaar wat alles aan die begin van ‘n jaar by ‘n skool gebeur.

Gedurende die eerste twee kwartale het die graad R-klasse elke Donderdag studente van die Universiteit van Stellenbosch ontvang. Die personeel moes die Universiteit help met die evaluering van die studente.

Gedurende die derde kwartaal het studente van die Universiteit van Stellenbosch, Universiteit van die Vrystaat en Kaapse Technikon (Wellington-kampus) ons skool besoek. Alle vierdejaarstudente moes lesse aanbied wat deur beide dosente en onderwysers geëvalueer is. Die doel van hierdie besoeke was dat die studente die geleentheid kon kry om die onderwysberoep in klasverband, sowel as buitemuurse verband te beleef.

3. KULTUUR

3.1 JUNIOR- EN SENIOR DRAMA

Die jaar het begin met inskrywings vir die kunswedstryd. Daar het hierdie jaar 44 leerders ingeskryf vir onder andere Afrikaanse gedigte, Engelse gedigte, Afrikaanse prosa en Engelse prosa, monoloog en openbare redevoering.

Die eerste kwartaal het ons gewerk aan die kunswedstryd en het ons aan die einde van die eerste kwartaal ‘n opvoering gehou om die leerders selfvertroue te gee.

Die tweede kwartaal het ons vanaf 4-15 Mei deelgeneem aan die kunswedstryd.

Ons leerders het baie goed gevaar.

Die uitslae was as volg:

2 – B 6 – B+ 15 - A 9 - A+ 11- Cum Laudes

Liela Van Zyl het die beker gewen vir beste voordrag van ‘n Afrikaanse gedig vir graad 2.

Daniël Sutherland het die beker gewen vir beste voordrag van ‘n Afrikaanse gedig vir graad 4.

12

Page 13: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

Die tweede kwartaal het ons verder gesels oor emosies en verskillende dramaspeletjies gespeel rondom emosies.

Die derde kwartaal het ons ‘n opvoering gehou van tongknopers en limerieke. Die graad 4-7’s het ook self hul eie limerieke geskryf.

Die vierde kwartaal hou die Eekhorinkies tot graad 3’s ‘n Kerskonsert. Dit het op 7 Desember plaasvind.

Intussen het die hele skool deelgeneem aan 2015 se Revue “Die Mirakel” wat die week van die 20 ste tot 23ste Oktober plaasgevind het. Die Revue was ‘n skouspel van vrolike kinders en uitmuntende toneelspel en dans.

Die Winnie Nel Dramaskool groei jaarliks en het hierdie jaar die rekordgetal van 70 kinders gehad.

3.2 STELLENBOSCH KUNSWEDSTRYD

Baie geluk aan elke leerder wat hierdie jaar aan die Kunswedstryd deelgeneem het.

Ons leerders het in die volgende kategorieë deelgeneem: Sang, Klavier, Blokfluit, Juniorkoor, Seniorkoor, Slagorkes en Voordrag.

Baie geluk met die pragtige uitslae:

Cum Laude: 17 A+: 38 A: 20

Gemengde Orkes: A+

Juniorkoor: Cum Laude

Bekerwenners:

Kyanti Greyling – Klavierduet 10 jaarKyanti Greyling – Sang 10 jaarAlma Human – Klavierduet 10 jaarDaniël Sutherland – Dramatiese Kunste 9 jaarCatharina Swanepoel – Sang 11 jaarMichélle Theron – Sang 12 jaarLiela-Marie van Zyl – Dramatiese Kunste 7 jaarHanna Holm – Klavier 12 jaar

3.3 KULTUURAAND

Die Kultuuraand vind plaas op 4 Augustus en trek hierdie jaar ‘n nuwe baadjie aan. Slegs leerders van graad 4-7 tree op. Ons leerders het weereens gespog met hul talente op verskeie gebiede. Albei ons kore tree op, asook die Djembe-dromgroepe en slagorkeste. Hierdie jaar tree daar grotendeels groepe op waarin ons verskeie instrumente op die verhoog gesien en gehoor het.

13

Page 14: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

Veels geluk aan elke leerder wat ons skool op Kultuurgebied verteenwoordig!

3.4 REDENAARSDie Redenaarsklub groei jaarliks. Aan die begin van die jaar is daar baie belangstellendes wat kom saamkuier en idees uitruil tydens die KDA- sportperiode op Maandae. Ons het vanjaar 25 leerders gehad wat aan die Intergraadkompetisie deelgeneem het. Ons het vanjaar aan die volgende kompetisies deelgeneem: Intergraadkompetisie, ATKV- kompetisie, Paarl Gimnasium se Interskole kompetisie en ons eie Redenaarsfees.

Tydens die eerste kwartaal hou ons die Intergraadkompetisie en kondig die eerste drie plekke in elke graad aan. Vanjaar was die onderskeie wenners:

Gr.4: Timon Viljoen die wenner en Annabelle van Zyl tweede.

Gr.5: Hugo Radley het gewen en Kamilla Haasbroek en Dirkie Aldrich was onderskeidelik tweede en derde.

Gr.6: Ziya Wessels was die wenner met Mia du Toit en Angela Schindehutte onderskeidelik in die tweede en derde plekke.

Gr.7: Rentia Meyer het gewen, Strauss Viljoen was tweede en Jané Louw eindig derde.

In die tweede kwartaal neem ons deel aan die ATKV se eerste uitdunrondte wat by Laerskool De Kuilen aangebied word. A.g.v beperkte getalle wat ons vanjaar kon inskryf, het slegs vier leerders aan die ATKV se kompetisie deelgeneem. Slegs die gr. 6 en 7 se wenners en naaswenners het deelgeneem. Ziya en Mia het deurgedring na die semi-finale rondte wat deur Parel Vallei aangebied is.

Paarl Gimnasium nooi jaarliks slegs een deelnemer in elk gr. 6 en 7 uit om aan die Interskole kompetisie deel te neem. Rentia en Ziya het deelgeneem waarna Ziya derde geeïndig het.

Tydens ons Redenaarsfees nooi ons sewe skole uit om deel te neem. Ons het vanjaar ‘n wenner in beide afdelings gehad, nl. Ziya Wessels wen die gr. 6/7-afdeling en Hugo Radley wen die gr. 4/5-afdeling.

Hugo Radley se mamma, Maryke Radley, het ons tydens die eerste kwartaal bygestaan met die skryf van toesprake by gr. 4 en 5.

Ons kyk met trots terug op nog ‘n suksesvolle jaar. ‘n Groot dankie aan elke persoon wat op een of ander manier betrokke was by die redenaars.

Nuwe mikpunte vir 2016 is om ‘n borg te kry vir ons eie Redenaarsfees en om gr. 3’s betrokke te kry.

3.5 MUSIEKEKSAMENS

ROYAL SCHOOLS: Clara Louw Gr1 Klavier 88% LOF, Ivan Radley Gr1 Klavier 85% LOF, Jana Basson Gr 2 Klavier 78% EV, Christiaan Bell Gr3 Klavier 81% LOF, Hilda Krige Gr3 Klavier 78% EV, Greta Malan Gr3 Klavier 81% LOF, Ester de Wet Gr 3 Klavier 82% LOF, Reuben Faure Gr4 Klavier 83% LOF.

14

Page 15: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

ALMSA: Stefan de Villiers Inisiaal Klavier 92% EREROL, Juan Compaan Inisiaal Klavier 88% LOF, Lila-Marie van Zyl Inisiaal Klavier 93% GOUE EREROL, Katrien Booysen Inisiaal Klavier 92% EREROL, Marese Kriel Inisiaal Klavier 92% EREROL, Adeeb Borraine Voorgr1 Klavier 89% LOF, Annabelle van Zyl Voorgr1 Klavier 80% EV, Johan Beyers Voorgr1 Klavier 85% EV, Daniël Sutherland Gr1 Klavier 85% EV, Norman Celliers Gr1 Klavier 86% EV, Calina Pfaff Gr2 Klavier 85% EV, Jana le Grange Gr2 Klavier 85% EV, Daniël Kleinhans Gr2 Klavier 93% GOUE EREROL, Anne-Marie Celliers Gr2 Klavier 91% EREROL, Chané Ferreira Gr2 Klavier 93% GOUE EREROL, Willem van der Westhuizen Gr3 Klavier 90% EREROL.

UNISA: Lela Swart Gr1 Klavier 80% LOF, Charlise Prins Gr1 Klavier 74% EV, Lydia Laubscher Gr2 Klavier 70% EV, Mea Smit Gr2 Klavier 81% LOF, Mea Smit Gr2 Blokfluit 86% LOF, Nina Fourie Gr2 Blokfluit 83% LOF, Hubert Esterhuyse Gr2 Blokfluit 74% EV, Nicola Rowher Gr2 Dwarsfluit 76% EV, Naomi le Roux Gr3 Klavier 80% LOF, Elsa-Marié van der Watt Gr3 Viool 80% LOF, Carla Müller Gr3 Viool 77% EV, Carla Müller Gr4 Klavier 78% EV, Christelle Koetsier Gr4 Klavier 84% LOF

Unisa Teorie-uitslae

Graad 4: Christelle Koetsier LOFGraad 3: Carla Müller EREROL, Alma Human EREROL, Elsa-Marié van der Watt EERVOLLE VERMELDING Graad 2: Anelma Grobler EREROL, Hubert Esterhuyse LOF , Christi Noades LOF , Anja Venter LOF, Michélle Theron LOF, Anouk Heuer LOF, Nicke Hay LOF, Karlien Theron LOFGraad 1: Mea Smit EREROL , Anne-Marie Celliers EREROL, Jana Vorster EREROL, Lela Swart LOF, Lydia Laubscher LOF, Nina Fourie LOF

3.6 JUNIORKOOR

Die Juniorkoor het ‘n opwindende jaar beleef. Daar is by verskeie plekke opgetree en verskillende projekte is aangepak.

Optredes in 2015:

Stellenbosch Kunswedstryd Kultuuraand van Laerskool Stellenbosch ‘Sing in Harmonie’ rondte een in Worcester Hoërskool Stellenbosch se Kunste Prestige-aand in die Endlersaal Graad 1-Opedag Stellenbosch Moedergemeente Finaal van ‘Sing in Harmonie’

Die koor verower ‘n Cum Laude sertifikaat by die Stellenbosch Kunswedstryd. Hulle wen ook hulle rondte in die ‘Sing in Harmonie’ koorkompetisie en wen ook die finaal op 5 Desember 2015.

Die Juniorkoor was hierdie jaar onder leiding van me. Jolande Botha en word begelei deur Annalene Kemp, Marelize Moller en Riana de Wet.

15

Page 16: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

3.7 SENIORKOOR

Die Seniorkoor was hierdie jaar onder leiding van me. Ilze Götze en word begelei deur me. Annalene Kemp. Die koor is steeds trots op die drie Tygerbergkinderkoorlede (TKK): Julia Louw (graad 7), Saskia Marais (graad 7) en Alma Human (graad 5). Alma is ook hierdie jaar verkies tot ‘n groep van die TKK, wat deel vorm van die ‘Voice of Angels’. Sy sal volgende jaar, in 2016, voortgaan om ons skool by beide groepe te verteenwoordig.

Ons het in 2015 baie hard gewerk in die beperkte tyd wat ons gehad het. Ons repertorium sluit twee- en driestemmige liedere in. Optredes was min aangesien dit met vele skoolaktiwiteite gebots het.

Optredes sluit in: Laerskool Stellenbosch Kultuuraand en Stellenbosch Sentraal-gemeente se Kerssangdiens.

3.8 ORKES

Die Seniororkes bestaan uit 20 leerders. Instrumente wat bespeel word is: strykers (viool, tjello en kontrabas), blasers (dwarsfluite en blokfluite) en kitare. Klavier, slagwerk en die trekklavier word ook gebruik.

Die orkes, in kombinasie met die dromgroepe, tree op by die Stellenbosch Kunswedstryd. Tydens die Kultuuraand het hul hoofsaaklik items gelewer met slaginstrumente en Orff-instrumente.

DJEMBE-DROMGROEPE

Die dromgroepe bestaan uit junior- en seniorleerders. Hierdie leerders speel ook op xilofone en ander perkussie-instrumente.

Beide groepe het hierdie jaar gesamentlik aan die Stellenbosch Kunswedstryd deelgeneem en ‘n A+ verower. Hulle tree op tydens ons skool se Kultuuraand en tydens die Graad 1-dag.

Die Junior-orkes tree elke kwartaal voor hul graadgroep op tydens die Grondslagfase-musiekkonserte. Hulle speel dan ook op xilofone en marimbas tesame met die djembe-dromme.

3.8 ENTREPRENEURS

Doel van Klub:

Die Entrepreneursklub se doel is om aan leerders die geleentheid te bied om hulle besigheidsvaardighede te ontwikkel. Omtrent 30 leerders het by die Entrepreneursklub aangesluit.

Juffrou Lelanie van der Berg en mnr. Werner Vermeulen is die betrokke onderwysers.

Tye:

16

Page 17: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

Tydens die eerste, tweede en vierde kwartaal, kry hierdie gr. 4- tot gr. 7-leerders ’n beurt om hulle produkte elke Woensdag tydens eerste pouse te verkoop. Hiervoor moet leerders ’n volledige besigheidsplan indien en betaal hulle R10 per kwartaal per produkreeks wat hulle verkoop. Aan die einde van die jaar ontvang die drie leerders wat die meeste wins gegenereer het, ’n klein kontantbedrag.

Tydens die derde kwartaal kry die graad 7-leerders die geleentheid om produkte te verkoop. Elke leerder moet dus ‘n sakeplan, advertensie en balansstaat opstel. Hierdie geleentheid is ’n verlenging van die leerarea Ekonomiese en Bestuurswetenskappe waarvan entrepreneurskap ’n uitkomste is.

Grondslagfase en Seniorfase:

Die leerders stel hul kreatiwiteit en besigheidsvaardighede ten toon en pak hierdie projek gewoonlik met groot entoesiasme aan. Tydens die entrepreneursdae van die Grondslagfase wat ook in die derde kwartaal plaasvind, word ouers toegelaat om die leerders met die hantering van geld te help. Die senior leerders moet egter onafhanklik werk. Elke leerder is verantwoordelik vir sy eie advertensie en kleingeld. Die grondslagfase leerders kry ook die geleentheid om te bak en brou vir hierdie spesiale dag. Die entrepreneurs vermaak ons gewoonlik met hul interessante advertensies en rympies en dit is verblydend om te sien met hoeveel entoesiasme die leerders hierdie dae aanpak.

Entrepreneurskompetisies:

Hierdie jaar het mnr. Jacques Horne dit goed gedink om van ons leerders die geleentheid te gee om aan die Finfokus Financial Planners se Entrepreneurs-kompetisie deel te neem.

By dié prysuitdeling het Laerskool Stellenbosch se drie pryswenners uitstekende resultate behaal. Ian Botha het die derde prys in die afdeling van graad 3 en 4 gewen. (R1000 Investec Beleggingsbedrag)Anouk Heuer het die tweede prys in die afdeling van  graad 5 tot 7 gewen. (R3000) Lisa Dudley het die eerste prys gewen in die afdeling van graad 5 tot 7.(R5000 Investec Beleggingsbedrag)Daar was oor die 2500 inskrywings van 17 skole in Stellenbosch.

3.9 KOFFIEKROEG

Die Koffiekroeg het vanjaar op ‘n hoë noot afgeskop met lekker buite-aktiwiteite en ‘n buitespreker wat ons kom vertel het dat enigiets wat jy droom moontlik is. Die leerders het in hul massas opgedaag vir Koffiekroeg. Met die verloop van die kwartaal het sport, buitemuurse aktiwiteite en akademie sy tol begin eis en leerderes het al minder begin opdaag.

Gedurende die tweede kwartaal was daar tot vier opeenvolgende geleenthede waar geen leerders opgedaag het nie. Die wintertye vir Koffiekroeg is vervroeg aangesien leerders nie in die donker huis toe kan stap nie. Dit het steeds nie die probleem opgelos nie. Die leerders is gevra waarom hulle nie kom nie en huiswerk was die probleem. Buitemuurse aktiwiteite hou so laat aan dat die meeste leerders eers na ses in die aand daarmee kan begin. Dus het Koffiekroeg heeltemal doodgeloop.

17

Page 18: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

‘n Uitdaging, dalk nie vir almal nie, is dat daar nie materiaal is wat aan die leerders aangebied kan word nie. Indien ons ‘n boek of program met temas kan kry waarop uitgebrei kan word sal dit help. Soms raak die kwartaal so besig dat idees opraak.

‘n Nuwe aanslag vir Koffiekroeg is dalk nodig. My voorstel is dat ons die Koffiekroeg en Natuur- en Stapklub kombineer en een maal ‘n maand iewers gaan stap en die Woord op so ‘n manier ook aan die leerders bring. Nog ‘n voorstel is dat ons i.p.v. ‘n uur Koffiekroeg in die aand net ‘n halfuur op ‘n oggend voor skool bymekaar kom en ‘n gebedsessie met die leerders het wat wil. Dit is belangriker dat ons die leerders leer hoe om ‘n persoonlike gesprek met die Here te hê eerder as net aktiwiteite doen en sosiaal verkeer. Dit moet meer van ‘n intieme ervaring en afspraak met die Here wees. Baie min leerders en huisgesinne woon kerk by en min leerders weet regtig wat ‘n verhouding met die Here is...dis nie net kerk toe gaan en Bybel lees nie.

Dus is ek meer as bereid om hiermee voort te gaan, maar nie op die ou manier nie. Dit het vir die meeste leerders ‘n sosiale uithangplek geraak eerder as ‘n geestelike ervaring.

3.10 LEERDERRAAD

Die Leerderraad het vanjaar ‘n splinternuwe baadjie aangetrek. Vir die eerste keer is ‘n hoofseun, hoofdogter, onder-hoofseun en onder-hoofdogter per semester verkies. Die eerste semester was: Ingo Reuter en Emma-Louise van der Sandt die hoofleiers en Strauss Viljoen en Anouk Heuer was die onder-hoofleiers. Vir die tweede kwartaal is Luke Burger en Rochelle Pienaar aangewys as hoofleiers en Andreas Wild en Carla Müller as onder-hoofleiers. Die res van die graad 7-leerders is toe in twee groepe verdeel – eerste en tweede semester. Elke semestergroep is toe weer in die verskillende portefeuljes, nl. Akademie, Sport, Fasiliteite, Rekenaars, Biblioteek en Kultuur verdeel. Daar is dus ongeveer 40 leerders aan diens per semester.

Hierdie stelsel het dit moontlik gemaak dat elke Graad 7 se leierskapvermoëns geïdentifiseer en ontwikkel word. Die Leerderraad was vanjaar verantwoordelik vir ‘n paar projekte, nl.: drie suksesvolle Speletjiesaande, pret met Valentynsdag, hulp tydens die Gholfdag, Pretloop en verkoop van Sterri Stumpies en die insameling van skoene vir die ACVV van Franschhoek.

3.11 BYBELVASVRA

Die Bybelvasvra-kompetisie is ‘n landswye kompetisie vir laerskoolleerders. Ons skool se leerders neem jaarliks daaraan deel en ons kon vanjaar drie spanne van vier lede elk inskryf. Ons hartlike dank aan mev. Louise le Roux wat ons spanne so mooi afrig.

3.12 BOSCHPRAATJIESDie Boschpraatjies het vanjaar ‘n effense nuwe baadjie aangetrek. Die verdeling van take is onder die redaksielede versprei om kreatiwiteit en verskeidenheid van elke uitgawe te verseker en ook die werkslading te verminder.

Onderwyserredaksie

Die onderwyserredaksie het uit ses lede bestaan. Elke onderwyser het portefeuljes ontvang 18

Page 19: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

waaraan hulle moes werk.

Die indeling was as volg:

Marlene van der Westhuizen (Advertensies) Noeline Southey (Grondslagfase, Onnieblad) Renika Stramrood (Boodskappe, Aktueel, Seniorfase) Carlien Fourie (Sport) Antel van Deventer (Nuus en Kultuur) Anneri Naudé (Middelblad en Agterblad). Voorblaaie is op rotasiebasis gedoen.

Elke onderwyser het saam met een of twee redaksielede gewerk. Die leerders moes die artikels skryf en inligting bekom oor die verskeie gebeure wat plaasgevind het. Elke kwartaal is daar ‘n vergadering gehou met onderwysers en redaksielede waar elkeen ‘n bladuitleg van die Boschpraatjies ontvang. Daar word dan bespreek watter geleenthede en gebeure onder watter portefeulje (blad) geplaas gaan word en sperdatums word ook vasgestel. Almal het insae hierin. Daarna het elke onderwyser self met haar redaksielede gekommunikeer en gewerk. Die onderwysers moet egter rekenaarvaardig wees aangesien hulle baie tyd met die blikbrein spandeer om die finale produk te kry.

Sperdatums wat gegee word sluit in:

Afsnydatum vir adverteerders. Datum wanneer leerders se artikels by onderwysers ingehandig word. Datum wanneer onderwysers se voltooide elektroniese blaaie by die Boschpraatjies

koördineerder ingehandig word. Datum wanneer Boschpraatjies na eksterne proefleser gaan. Datum wanneer Boschpraatjies via Wetransfer na die drukkers (Minuteman Press)

gestuur word. Afleweringsdatum van Boschpraatjies by skool. (Kontak die drukkers hiervoor.)

Leerderredaksie

Die leerderredaksie van die Boschpraatjies is in twee semesters verdeel. Daar is tussen ses en sewe redaksielede gekies wat uit seuns en meisies bestaan het. Beide kwartale het ons ‘n redaktrise gehad. Die tweede semester se redaktrise is uit die eerste semester se redaksie gekies aangesien die leerder haarself goed bewys het en reeds 6 maande se ondervinding opgedoen het. Dit het werklik die tweede semester glad laat verloop.

Redaksielede moet ernstig wees oor die Boschpraatjies aangesien dit baie ekstra tyd in beslag neem. Hulle moet toegewyd en kreatief wees, maar ook ‘n aanvoeling vir skryf hê ten einde sperdatums te bereik en voortdurend met nuwe idees vorendag te kom.

Om die proses te laat vlot, moet daar voortdurend kontak tussen onderwysers en leerders wees. Daarom is e-pos adresse uitgeruil sodat leerders enige tyd met die onderwyser in verbinding kon tree of artikels kon e-pos en die onderwyser die leerder gereeld aan sperdatums kon herinner.

19

Page 20: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

Prosedure

Nadat elke onderwyser die nodige artikels en foto’s ontvang het, begin die ontwerpproses op die program Publisher. Elke onderwyser se eie kreatiwiteit word hierin uitgebeeld.

Die voltooide blaaie word elektronies aan die koördineerder van die Boschpraatjies gestuur. Die koördineerder plaas al die bladsye saam op een dokument. Sy kyk ook dat al die kleurskemas, skriftipes en skrifgroottes saamwerk oor al die verskillende bladsye heen. Die artikels word ook deurgegaan om te kyk dat dit volledig verskyn op die blad. Foto’s se kwaliteit en grootte word ook nagegaan. Dit is egter moeilik om altyd ‘n goeie oordeel hierin te vel, aangesien die rekenaarproduk en finale gedrukte kopie se kleurkwaliteit soms verskil.

Daarna word die bladsye in wit en swart uitgedruk en na ‘n eksterne proefleser gestuur. Wanneer dit terug ontvang word, maak die koördineerder die grammatikale veranderinge en gaan die Boschpraatjies een laaste maal haarfyn deur. Dan word dit na die drukkers gestuur via die Wetransfer program, want dit is te groot om te e-pos.

Die drukkers druk een proefkopie wat weer deurgegaan word deur die koördineerder en mnr. De Villiers. Aanpassings word gemaak en die dokument word weer aan die drukkers gestuur. Die finale aantal Boschpraatjies-kopieë word gedruk en afgelewer op die laaste skooldag. Slegs oudstes en enigstes vanaf Eekhorinkies tot graad 7 ontvang ‘n koerant. Ekstra Boschpraatjies vir onderwysers en adverteerders word ook bestel.

Voorstelle

Die drukkers het voorgestel dat ‘n nuwe sagtewareprogram (Corel) gebruik moet word vir die ontwerp en samestelling van die Boschpraatjies aangesien hulle soms probleme ondervind met die huidige program (Publisher) wat gebruik word.

Die Boschpraatjies se ontwerp en samestelling kan nie, soos algemeen aanvaar word, deur die verloop van die kwartaal gedoen word nie. Die artikels en foto’s word stuk-stuk of alles gelyk ingehandig. Die onderwysers kan eers werklik met die ontwerp begin sodra hulle alle foto’s en artikels het. Die sperdatums val ook in ‘n baie besige tyd van die kwartaal. Dit kan nie verander word nie, aangesien ons soveel as moontlik van die skoolaktiwiteite wil insluit.

Die oplossing vir hierdie probleem is dat die onderwyserredaksie nog groter gemaak moet word. As elke onderwyser slegs een portefeulje behartig, is die ontwerp en samestelling nie so tydrowend nie. Die finale produk van die Boschpraatjies is ten einde die onderwysers se handewerk.

Ten slotte

Hierdie jaar was werklik ‘n aangename en leersame ervaring. Die span het hul beste gegee en nooit gekla nie. Almal het saamgewerk om van die Boschpraatjies die treffer te maak wat dit is. Baie tyd, kreatiwiteit, stres en nog stres word hier ingeploeg, maar alles vir ‘n bevredigende eindproduk. Dit is werklik die skool se trots!

3.13 BUITELUGOPVOEDINGSKAMPE

20

Page 21: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

Die leerders van die seniorfase (graad 5 - 7) het die opvoedingskampe baie geniet. Dit was soos in die verlede weer een van die hoogtepunte van die jaar. Die kampe het vanaf 25 Februarie tot 27 Februarie plaasgevind. Die leerders het die volgende kampterreine besoek:

Graad 7 – MelkbosstrandGraad 6 – Bergkroon WellingtonGraad 5 – Karmel Franschoek

Die volgende personeellede het die leerders vergesel:Me. Carine Mocke, mnr. Werner Vermeulen en me. Susan Combrinck – gr. 7Me. Lee-Anne Stoffberg, mnr. Tiaan Ellis en mnr. Francois Gerber – gr.6Me. Renika Stramrood, me. Carlien Fourie en mnr. Dawie de Vries – gr. 5

Die graad 4-leerders het vir een aand uitgeslaap en die wonderlike geleentheid het by Simonsberg-kampterrein in Stellenbosch op 6 en 7 Februarie plaasgevind. Me. Menanteau Bester, me. Marlene van der Westhuizen en mnr. Cornel Smuts het die leerders vergesel.

Dankie aan elkeen wat die geleentheid moontlik gemaak het.

4. SPORT

4.1 SWEM

INLEIDINGLaerskool Stellenbosch het hierdie afgelope swemseisoen nuwe hoogtes bereik. Ons het hard gewerk om diepte onder ons swemmers te bewerkstellig en leerders aan te moedig om van kleins af aan alle items deel te neem. Dit het goed gewerk deur gala’s vir die grondslagfase en graad R’e aan te bied. Die struktuur en tegniese punte rondom die oefeninge het meer aandag gekry, meer afrigters per oefengroep en minder swemmers per afrigter het goed gewerk. Ons het hierdie jaar aan elf galas deelgeneem, maar beplan om in 2016 meer aandag aan interne galas te gee. Dit sorg dat ons swemmers genoeg blootgestel word aan gehalte galas om sodoende hul fiksheid en vaardigehede te verhoog.

OEFENINGE (Eerste en vierde kwartaal)By die oefeninge word daar op styl en stamina gekonsentreer, asook op hulp aan beginners om die water met selfvertroue aan te durf en die basiese vaardighede te bemeester. Daar is vanaf 2013 ook ‘n swemspanoefening wat bestaan uit swemmers wat by die Interkleure gala onder die eerste 3 plekke geëindig het. Die swemspanoefening fokus op stylfafrigting asook stamina vir ons gevorderde swemmers. Dit gaan baie goed met die oefeninge in ons eie swembad en ons kan reeds sien watter verskil dit aan die prestasie van ons swemmers by galas maak. Die groot hoeveelhede beginner-swemmers (veral graad R tot graad 3) wat op een slag by oefeninge opdaag, is steeds vir ons ‘n uitdaging.

In 2014 het ons ons kommer uitgespreek oor afrigters wat nodig het om opleiding te ontvang. In 2015 het ons die aspek aangespreek deur van Judy-Lynn Holden gebruik te maak om vir elke sessie ‘n oefenprogram uit te werk en dit vooraf aan die betrokke afrigters te e-pos. Elke afrigter het dan die onderskeie programme vir hul ouderdom en ontwikkelingsvlak toegepas.

21

Page 22: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

Judy-Lynn was deurentyd beskikbaar vir demonstrasies en afrigters kon haar kontak indien hulle onseker was oor enige aspek. Judy-Lynn is direk by die afrigting van die Junior en Senior swemspanne betrokke en rig saam met die onderskeie afrigters die spanne af.

In 2016 sal die oefenprogramme met meer kundigheid toegepas kan word. Die hoeveelheid graad R- tot graad 3-swemmers per afrigter gaan beperk word tot net 3 swemmers per afrigter per 15 minute sessie. Dit gee die afrigter die geleentheid om veiligheid behoorlik toe te pas en om elke swemmer optimaal af te rig. Die graad R-swemmers is in die derde kwartaal van 2015 weer ingedeel in vaardigheidsvlakke sodat ‘n afrigter in een sessie swemmers het met dieselfde vaardigheid. Die graad 1- tot 3-swemmers sal in die vierde kwartaal van 2015 op dieselfde wyse ingedeel word. Die Eekhorings sal in die eerste kwartaal van 2016 ingedeel word in hul onderskeie vaardigheidsgroepe.

Maandae:

Graad 1 – 3 beginners vanaf 14:30-15:00.

Graad 1 – 3 gevorderd vanaf 15:00 - 15:30.

Junior swemspan (graad 1 – 3) vanaf 16:00 – 16:45.

Senior swemspan (graad 4 – 7) vanaf 16:45 – 17:30.

Dinsdae:

Graad R vanaf 13:30 – 14:30.

Graad 4 en 5 vanaf 16:30 – 17:00.

Graad 6 en 7 vanaf 17:00 – 17:30.

Woensdae:

Graad 1 – 3 beginners vanaf 14:30-15:00.

Graad 1 – 3 gevorderd vanaf 15:00 - 15:30.

Graad 4 en 5 vanaf 16:30 – 17:00.

Graad 6 en 7 vanaf 17:00 – 17:30.

Donderdae:

Graad R vanaf 13:30 – 14:30.

Junior swemspan (graad 1 – 3) vanaf 16:00 – 16:45.

Senior swemspan (graad 4 – 7) vanaf 16:45 – 17:30.

AFRIGTERS:

GRAAD R

GRAAD 1-3 GRAAD 1-3 GEVORDERD

GRAAD

4-5

GRAAD

6-7

JUNIOR SWEMSPAN

SENIOR SWEMSPAN

Antel Marlé Madelize Adiska Adiska Madelize Carolien

22

Page 23: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

Marlene Noeline Menanteau Wynand Wynand Judy-Lynn Judy-Lynn

Shani Barbara Margo

Elzeth Menanteau

Margo

INDELING VAN GROEPE

GRAAD R:

Hulle word afgerig deur hulle eie klasonderwysers. Leerders word in twee groepe gedeel wat onderskeidelik op Dinsdae en Donderdae oefen.

GRAAD 1 – 3:

Beginner-swemmers in graad 1 – 3 swem in die groep.

GRAAD 1 – 3 GEVORDERD:

Leerders in graad R – 3 wat reeds ‘n lengte kan swem, maar nog nie die korrekte styl swem nie.

GRAAD 4 – 5:

Leerders in graad 4 – 5 wat reeds ‘n lengte kan swem, maar nog nie die korrekte styl swem nie.

GRAAD 6 – 7:

Leerders in graad 6 – 7 wat reeds ‘n lengte kan swem, maar nog nie die korrekte styl swem nie.

JUNIOR SWEMSPAN:

Leerders in graad 1 – 3 wat reeds gereed is om aan ‘n gala deel te neem.

SENIOR SWEMSPAN:

Leerders in graad 4 – 7 wat reeds gereed is om aan ‘n gala deel te neem.

GRONDSLAGFASE PRETGALAOns eerste Grondslagfase pretgala is op Maandag, 9 Februarie gehou. Ons was bevoorreg om ‘n borg vir die gala te ontvang vanaf Sorét Heüser van die Tina Cowley Leessentrum in Stellenbosch. Sorét sit van haar baniere in die swembadarea op, heg pamflette by die programme aan en elke swemmer wat op die podium staan ontvang ‘n malvalekker vissie. Met hierdie gala poog ons om die vaardige swemmers sowel as die swemmers wat nog nie hul swemstyl afgerond het nie, die geleentheid te gee om aan ‘n informele gala deel te neem. Die items waaraan deelgeneem kan word is bordjie, rugslag, borsslag, vlinderslag en vryslag. Alle leerders vanaf graad 1 tot graad 3 is welkom om in te skryf. Leerders in graad 3, wat reeds o/10 is, mag in hul gepaste ouderdom aan die gala deelneem. Hierdie gala word addisioneel

23

Page 24: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

tot die Interkleure Gala gehou. Swempette is by die klerebank beskikbaar. Donkerblou of swart swembroeke moet deur swemmers gedra word. Geen tweestukke is toelaatbaar nie.

LEERDERS WAT NIE BY DIE GRONDSLAGFASE GALA SWEM NIE

Sportoefeninge vir die Graad 1- tot 3-leerders gaan voort. Die swemmers wat sport het, sal verskoon word van die oefening. Die res van die Grondslagfase vergader vanaf 13:00 in die musieklokaal. Graad 1 en 2 verdaag om 13:25 en graad 3 verdaag om 14:25.

SEUNSGALA

Die 25m-gala vind op Dinsdag, 10 Februarie by Laerskool Stellenbosch se swembad plaas. Die gala begin om 15:00 en duur tot 17:00. Ons eie onderwysers en die deelnemende skole se onderwysers tree as beamptes op. Skole wat aan die gala deelgeneem het was Laerskool Stellenbosch, Hugo Rust, Worcester-Oos, Rhenish, Paarl Primêre Skool, Hugenote, Courtrai, Noord-Eind en Drakenstein. Ons verskaf aan die eerste vier plekke by die gala elk ’n sertifikaat en die R5 inskrywingsgeld per swemmer word aangewend om die verversings vir die beamptes te voorsien. Reuben Faure, Johan van der Merwe, George Fischer en Muller Fischer is van ons seuns wat sertifikate ontvang. Ons versoek aan Boland swem se bestuur om die gala jaarliks aan te bied, maar daar is ander skole wat ook die geleentheid by hul eie skole wil aanbied. Dit gaan voortaan op ’n rotasie-basis geskied.

DOGTERSGALA

Die 25m-gala vind op Dinsdag, 17 Februarie by Hoër Meisieskool se swembad plaas. Die gala begin om 15:00 en duur tot 17:00. Ons eie onderwysers en die deelnemende skole se onderwysers tree as beamptes op. Skole wat aan die gala deelgeneem het was Laerskool Stellenbosch, Bridge House, Hugo Rust, Hoër Meisieskool, Rhenish, Hugenote, Courtrai, Noord-Eind en Drakenstein. Die eerste vier plekke by die gala ontvang elk ’n sertifikaat. Elke swemmer betaal R5 inskrywingsfooi. Iané Marx is ons enigste dogter wat ‘n sertifikaat ontvang.

INTERKLEURE GALAOns 25m-Interkleure gala was op Maandag, 16 Februarie. Deur die gala poog ons om massadeelname te bevorder. Die Interkleure Gala word as ‘n middag-aand gala aangebied. Die gala begin om 16:00 en is teen 19:00 afgehandel. Enige leerder vanaf graad 1 – 7, wat ‘n lengte in die korrekte styl kan swem, is welkom om aan die gala deel te neem. Elkeen wat swem, verdien ‘n punt vir sy kleurspan. Swempette is by die klerebank beskikbaar. Donkerblou of swart swembroeke moet deur die swemmers gedra word. Geen tweestukke is toelaatbaar nie. Verversings kan gedurende die gala by die snoepie gekoop word.

Trofee-wenners 2015:

Junior Victor Ludorum – Reuben van der Merwe

Junior Victrix Ludorum – Olivia Scwartz

Senior Victor Ludorum – Luke Burger

Senior Victrix Ludorum – Iané Marx

24

Page 25: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

Beste dogterswemmer – Christi Noades en Mila Olivier

Beste seunswemmer – Johan van der Merwe

Wenspan - Groen

JOE GRINDLAY GALA

Dit is altyd een van die hoogtepunte van ons swemseisoen. Die Joe Grindlay gala tussen Noord-Eind, Stellenbosch en Courtrai vind in Februarie by Laerskool Noord-Eind plaas. Die jaarlikse gala begin om 17:00 en maak min of meer om 19:30 klaar. Ongelukkig kon ons nie vanjaar aan die gala deelneem nie, a.g.v. ons eie Interkleure atletiek wat op dieselfde dag plaasgevind het. Ons het reeds met Courtrai in verbinding getree oor die datum vir 2016 om seker te maak ons kan dan aan die gala deelneem.

BOLANDKAMPIOENSKAPPEDie kampioenskappe vind op 27 Februarie by die Paarl-Oos munisipale swembad plaas. Die gala begin om 16:00 en is teen 20:00 afgehandel. Inskrywingsgeld van R5 per item is betaalbaar. Swemmers mag net in een ouderdomsgroep swem. Reuben Faure, Iané Marx en Johan van der Merwe behaal Bolandkleure.

BRIDGE HOUSE AFLOSGALA

Die 25m-gala vir o/8- tot o/13-swemmers word Vrydag, 6 Maart, deur Bridge House aangebied. Die gala begin om 14:30 by Bridge House se swembad. Die swemmers word Vrydag reeds om 13:30 verskoon. Die skole wat aan die gala deelneem is Bridge House, Carnegie House, Rhenish, Eikestad , Edgemead Primêr, Parklands Kollege, Stellenbosch Primary en La Rochelle. Ons behaal 16 eerste plekke, 11 tweede plekke en 9 derde plekke. Mila Olivier verbeter twee rekords.

DOLFYNTJIE GALA – DE HOOP (GRONDSLAGFASE GALA)

Die 25m-gala vir o/7- tot o/10-swemmers word op Dinsdag, 17 Maart, deur Laerskool De Hoop aangebied. Die gala begin om 15:00 en duur tot 16:00. Slegs een swemmer per item word ingeskryf. Swemmers mag aan slegs twee items deelneem. Swemmers mag slegs in een ouderdomsgoep deelneem, behalwe vir vlinderslag. By die leeraflos swem een seun en een dogter per ouderdomsgroep. Dit is ’n formele gala en swemmers word gediskwalifiseer vir verkeerde swemstyl. Ons behaal 5 eerste plekke, 4 tweede plekke en 4 derde plekke. Algeheel eindig ons in die derde plek.

WES-KAAPPROEWE

Die Wes-Kaapproewe vind op 5 September by die Strand Munisipale swembad plaas. Die swemmers wat dan hier gekies word vir die Wes-Kaapspan gaan vanaf 10 – 16 Desember in Gauteng aan die SA Skole Spele deelneem. Al drie ons Bolandswemmers ontvang die nodige inligting rakende die Wes-Kaapproewe, maar verkies om nie aan die proewe deel te neem nie. Redes vir hulle besluite was a.g.v. die datums wat so laat vanaf Boland ontvang is en aangesien die SA Skole Spele in die Desembervakansie is en gesinne reeds planne het vir die tyd.

KENRIDGE AFLOSGALA

25

Page 26: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

Die 50m-aflosgala vir o/10- tot o/14-swemmers word op Vrydag, 30 Oktober, by Bellville Publieke Swembad in Voortrekkerstraat aangebied. Die swembad is langs die Hardekraaltjie karavaanpark. Die gala begin om 14:30 en duur tot 17:00. Geen ontrekkings mag plaasvind nie omdat hierdie gala in spanverband geskied. Ons swemmers behaal ‘n tweede plek tussen die volgende skole: Kenridge skryf ‘n A- en ‘n B-span in, Welgemoed, Paarl Girls High, Paarl Seuns, Beaumont, Durbanville en Eikestad. Tydens die gala behaal ons 3 eerste plekke, 9 tweede plekke, 12 derde plekke, 5 vierde plekke en 2 vyfde plekke.

BEAUMONT SEUNSGALA

Die 25m-aflosgala vir o/7- tot o/14-seuns word op Maandag, 2 November, deur Beaumont Laerskool aangebied. Die gala begin om 15:00 en duur tot 16:00. Geen ontrekkings mag plaasvind nie omdat hierdie gala in spanverband geskied. Ons behaal ‘n algehele derde plek. Ons wen die leeraflos en die o/12-seuns wen hul medley??. Rhenish wen die gala, met De Hoop in die tweede plek. Ander skole wat die gala bywoon is Somerset House en Somerset College.

VINSURE GALA

Die gala vind op Dinsdag, 3 November, om 15:00 plaas en is teen 17:00 afgehandel. Die 0/7- tot 0/11-leerders swem 25 meter en die 0/12- en 0/14-leerders swem 50 meter. Laerskool De Hoop, Laerskool Stellenbosch, Eversdal Primêr, Laerskool Eikestad en Laerskool Kenridge neem aan die gala deel. Die gala word afgesluit met ‘n leeraflos van 5 x 25m vir 0/7- tot 0/11-leerders en 2 x 50 meter vir 0/12- en 0/14-leerders. By die gala swem net die leerders wat eerste of tweede plekke by ons Interkleure gala behaal het. Ons neem nie vanjaar die uitnodiging aan nie, aangesien die afgelope twee jaar se uitslae by die gala toon dat ons swemmers nie sterk genoeg is om met die skole te kompeteer nie.

RHENISH AFLOSGALA

Die 25m-aflosgala vir o/7- tot o/14-swemmers word op Donderdag, 5 November, deur Rhenish aangebied. Die gala begin om 15:00 en duur tot 16:30. Ons kan ongelukkig nie vanjaar aan die gala deelneem nie, aangesien dit met ‘n atletiekbyeenkoms bots.

AKKERGALADie gala word op Woensdag, 11 November, gehou. Volgende jaar sal dit in die eerste week van die vierde kwartaal gehou word. Die leerders vanaf o/7 tot o/14, wat die eerste sewe plekke tydens die Interkleure gala behaal het, neem hier deel. Leerders wat deur die winter geoefen het en hul tye verbeter het, word dan daarvolgens vir galas in die vierde kwartaal ingeskryf. Die gala begin om 15:00 en eindig om 16:30. Ons was bevoorreg om ‘n borg vir die gala te ontvang vanaf Sorét Heüser van die Tina Cowley Leessentrum in Stellenbosch. Sorét gee aan elke swemmer wat op die podium staan ‘n malvalekker vissie. Nuwe leerders wat deur die jaar by ons swem ingeskakel het, hou op Donderdag, 5 November, uitdunne waarby hul tyd geneem word om te kyk of hulle een van die bestaande sewe swemmers kan uitswem vir ‘n plek in die gala. Die naam van die gala sal volgende jaar verander aangesien ons beplan om die Driehoek Akkergala tussen ons en twee ander skole weer te begin hou.

4.2 ATLETIEK

26

Page 27: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

Stellies kan met groot tevredenheid op 2015 se atletiek-jaar terugkyk. Dit was ‘n jaar vol opwinding, nuwe rekords, medaljes en gelukkige atlete wat alles vir hulle skool sal gee.

Soos altyd het die atletiekseisoen met die Interkleure byeenkoms afgeskop waar die drie kleurspanne meeding om vir ‘n jaar lank die spreekwoordelike kroon te dra.

Kleurebyeenkoms : 26, 28 en 30 Januarie 2015Die byeenkomste het reeds Maandag, 26 Januarie met die Grondslagfase byeenkoms afgeskop.  In die koelte van die reuse dennebome het die grondslagfase leerders mekaar aangevat en vir almal gewys dat 2015 ‘n groot atletiekjaar gaan wees. Op Woensdag, 28 Januarie, het die seniorfase leerders kans gehad om deel te neem aan velditems. Die velditems het op ons eie veld plaasgevind en die leerders het met groot oorgawe deelgeneem.Van die hoogtepunte van hierdie dag was Mia van der Merwe wat die gewigstoot rekord vir dogters 0/10 verbeter het.  Anouk Heuer verbeter ook die spiesgooi rekord vir dogters 0/13.  Na afloop van hierdie twee byeenkomste was die Rooi-, Wit- en Groenspanne kort op mekaar se hakke en almal het uitgesien na Vrydag se byeenkoms by Markötter.  Op ‘n heerlike koel Vrydagoggend het die baan- en sekere van die velditems plaasgevind.  Markus van Aswegen het die eerste rekord van die dag vir seuns 0/10 in die 1 200m verbeter.  Carla Müller verbeter ook die rekord in die 75m hekkies vir dogters 0/13, Luke Burger in verspring seuns 0/13 en Greta Malan in verspring dogters 0/12.  Die spanne het met groot gees deelgeneem.  Die Groenspan wen vir die tweede agtereenvolgende jaar terwyl die Witspan die geesbeker wen.Die volgende atlete ontvang spesiale toekennings vir hulle pragtige prestasies:Lisa Brugman –   Junior Victrix LudorumLukas Heyns –  Junior Victor LudorumMarkus van Aswegen – Beste baanatleet, seunsHelena Swart –  Senior Victrix LudorumCarla Müller – Beste baanatleet, dogters  en die beste prestasie van die dagAnouk Heuer –  Beste veldatleet, dogtersLuke Burger –  Senior Victor Ludorum en die beste veldatleet, seuns

Na afloop van die Kleurebyeenkoms moet atlete dadelik gereed wees om aan die Stellenbosch Seksie 1 byeenkoms te gaan deelneem. Hier ding die Stellies met 8 ander skole mee om vir die Stellenbosch Kampioenskappe te kwalifiseer.

Stellenbosch Seksie 1-byeenkoms Die byeenkoms het op Woensdag, 4 Februarie 2015, by Markötter sportterrein plaasgevind.  Vier-en-negentig van Stellies se atlete neem deel en verower 41 eerste- , 29 tweede- en 23 derde plekke.  Niks minder nie as 72 atlete kwalifiseer om Saterdag, 7 Februarie 2015, by Coetzenburg aan die Stellenbosch Kampioenskappe deel te neem.  Sowaar ‘n prestasie om op trots te wees. 

27

Page 28: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

Stellenbosch KampioenskappeDie Stellenbosch Kampioenskappe het op Saterdag, 7 Februarie, plaasgevind.  Die Stellies atlete was reg om teen 17 ander skole se atlete in Stellenbosch deel te neem.  Nie eers die hitte kon die Stellies atlete stop nie en ons spog met die meeste medaljes van die dag.  21 eerste-, 22 tweede- en 22 derde plekke.  Dit beteken dat 65 Stellies atlete op Saterdag, 14 Februarie 2015 aan die Boland-Sentraal Kampioenskappe gaan deelneem. 

Boland-Sentraal KampioenskappeOp ‘n heerlike somers-Valentynsdag het 65 van Stellies se atlete by Dal Josafat in die Paarl gaan deelneem.  Hier neem die atlete teen die skole van Wellington, Paarl en Drakenstein deel.  Atlete het hier ‘n kans om vir die Boland Kampioenskappe te kwalifiseer deur onder die eerste 4 atlete te eindig. Nie minder nie as 26 atlete kwalifiseer om aan die Kampioenskappe op 21 Februarie 2015 deel te neem.

Boland KampioenskappeMet uiterste strawwe kompetisie in elke item word 13 van ons atlete in die Bolandspan opgeneem om aan die Wes-Kaap Kampioenskappe op 7 Maart 2015 by Coetzenburg deel te neem.Dit is die meeste Bolandatlete van ons skool wat vir dié span kwalifiseer en die meeste van enige skool in die Boland.

Die atlete is:

Carla Müller – 75m Hekkies dogters o/13

Bronwin Lee – 1 500m dogters o/13

Anouk Heuer – spiesgooi dogters o/13

Jana le Grange – 100m dogters o/13

Maria Jacobs – hoogspring dogters o/13

Greta Malan – 75m hekkies en verspring dogters o/12

Anne-Marie Celliers – 75m hekkies dogters o/12

Mila vd Merwe – 75m hekkies dogters o/12

Mila Olivier – diskus dogters o/12

Charlise Prins – diskus dogters o/12

Carl Roothman – 1 200m seuns o/12

Willem vd Westhuizen – 75m hekkies seuns o/12

Markus van Aswegen – 1 200m seuns o/10

28

Page 29: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

 Wes-Kaap Kampioenskappe : 7 Maart 2015Hierdie jaar het die kampioenskappe op Coetzenburg plaasgevind.  Die atlete van SWD, WP en Boland neem teen mekaar deel vir ‘n plek in die Wes-Kaap span en die geleentheid om die Wes-Kaap by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe te verteenwoordig.By die byeenkoms moet jy ‘n medalje wen om vir die span gekies te word.Die volgende ses Stellies word vir die elite span gekies om aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Germiston te gaan deelneem.

Markus van Aswegen – 1 200m seuns o/10

Carl Roothman – 1 200m seuns o/12

Mila Olivier – diskus dogters o/12

Bronwin Lee – 1 500m dogters o/13

Anouk Heuer – spiesgooi dogters o/13

Carla Müller – 75m Hekkies dogters o/13

 Eikestad prestige-byeenkoms : Dinsdag 3 Maart 2015Die Eikestad prestige-byeenkoms gee atlete van verskillende streke die geleentheid om teen mekaar deel te neem.  Nie minder nie as 16 skole neem aan die byeenkoms deel.  Atlete wat onder die eerste sewe in hulle onderskeie items eindig verseker punte vir hul spanne.  Die Stellies atlete het met oorgawe deelgeneem en ons skool se naam by byna elke item hoog gehou.  Aan die einde van die aand stap die Stellies weg met ‘n algehele 2de plek. Baie geluk aan al die atlete wat so goed presteer het.

Hier volg die uitslae van die prestige byeenkoms:

 1 Gene Louw 2 Laerskool Stellenbosch 3 Laerskool Eikestad 4 De Hoop 5 Laerskool Courtrai 6 Worcester Primêre skool 7 Laerskool Paarl Gimnasium 8 Panorama Primary 9 Laerskool Durbanville 10 Kenridge Primary 11 Laerskool Eversdal 12 Laerskool Swartland 13 Laerskool Welgemoed

29

Page 30: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

 14 Rhenish Primary 15 Weber Gedenk primêr 16 Elkanah House Suid-Afrikaanse Laerskole AtletiekkampioenskappeDie SA's het op Vrydag & Saterdag, 20 & 21 Maart in Germiston(Johannesburg) plaasgevind. Carl Roothman hardloop die 1200m 0/12, maar as gevolg van siekte, kan hy ongelukkig nie sy beste gee nie. Mila Olivier kon ongelukkig ook nie haar beste lewer by die dogters 0/12 diskusgooi nie. Ons kan egter dié atlete volgende jaar dophou. Niks klop ervaring nie.Bronwin Lee, wat net nie die dun lug van die hoëveld in die 1500m dogters 0/13 kon baasraak nie, het ‘n moeilike wedloop gehad.

Anouk Heuer het die beste prestasie van ons atlete gelewer toe sy die spies in die 0/13 dogters 32,64m ver gegooi het. Sy het haar vorige beste afstand met 'n hele 4m oortref en 'n 5de plek behaal.Carla Muller in die 75m Hekkies 0/13 het 'n 2de plek in die semi-finaal met 'n tyd van 11,91s behaal, maar moes met 'n 6de plek in die finaal tevrede wees. Die wegspringblokke het 'n hele ent teruggeskuif en dit het tot gevolg gehad dat sy baie swak weggespring het. Markus van Aswegen het 'n uitstekende semi-finaal gehardloop. In die finaal was hy in 'n medalje posisie, maar is ongelukkig deur 'n ander atleet gepootjie en het hard neergeslaan. Dit was egter vir die ses atlete 'n belewenis om saam met die room van Suid-Afrika deel te neem.

Die vierde kwartaal gee atlete weer die kans om aan byeenkomste deel te neem en het met die Bredasdorp se top 10 byeenkoms afgeskop:

Bredasdorp Top 10

Op 16 Oktober reis ons Top 10-atlete na Bredasdorp vir die jaarlikse Top 10-Atletiekbyeenkoms waaraan 29 skole van oor die Wes-Kaap deelneem.

Atlete kry punte vir hulle prestasies wat met behulp van die ASA tabel bereken word. Nie eers die wind en son kon die Stellies atlete keer nie. Markus en Elle neem saam met die 0/11-groep deel aangesien daar geen 0/10-afdeling by hierdie byeenkoms is nie.

Ons Top 10-span:

Azrea Sylvester, Bronwin Lee, Jana Le Grange, Carla Müller, Mila Olivier, Anne-Marie Celliers, Elle Olivier, Cecilia Willer, Willem vd Westhuyzen en Markus van Aswegen maak die reis die moeite werd! Ons WEN die byeenkoms!!!Carla Müller se prestasie in die 75m Hekkies sorg vir nog ‘n hoogtepunt deurdat sy aangewys word as die beste dogtersatleet vir die baanitems van al die deelnemers.Die top 5 skole was:Stellenbosch – 8092; Outeniqua – 7869; Worcester-Oos – 7768; George-Suid – 7687 en Worcester – 7592.

Lochnerhof – Top 12

30

Page 31: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

Saterdag, 24 Oktober neem ons aan die Top 12-byeenkoms van Lochnerhof deel. Na twee weke se harde Revue-oefening en vier aande se optrede vir die 2015 Revue neem ‘n moeë Stellies-span aan Lochnerhof se Top 12 deel. Hier is 73 van ons atlete in aksie en ding teen 23 skole deel. Ons atlete verower 17 medaljes met Markus van Aswegen, Carla Müller, Anouk Heuer en Greta Malan ons toppresteerders.

Courtrai-aflosbyeenkoms

Donderdag, 5 November, neem ons aan Courtrai se aflosbyeenkoms deel en die deelnemende skole was: Stellenbosch, Courtrai, Paarl Gimnasium, William Lloyd, Paarl Meisieskool en Hugo Rust. 54 van ons atlete is betrokke en dit is ons 0/13-dogters wat die aand vir twee hoogtepunte sorg. Hulle verbeter eers die 4 x 100m en daarna die 4 x medley (400m, 200m, 150m,150m) wedlope se rekords. Die vier brekers is Carla Müller, Bronwin Lee, Anouk Heuer en Jana La Grange.

Driehoekbyeenkoms

Vrydag, 6 November, vind die eerste Driehoekbyeenkoms plaas, waar Stellenbosch, Lochnerhof en Welgemoed kragte meet. Die motivering is massadeelname en 114 Stellies neem deel. Ons verower 98 medaljes, en met Welgemoed op 69 en Lochnerhof met 61, kraai ons koning.Carla Müller ontvang die toekenning as beste dogtersatleet op die baan vir haar baie goeie tyd in die 75m hekkies en Elle Olivier as die beste dogtersatleet van die dag vir haar pragafstand in die gewigstoot.

Ons is bevoorreg om te kan terugkyk op ‘n jaar vol opwinding en goeie prestasies. Dit maak ons opgewonde oor 2016 se atletiekseisoen.

4.3 TENNIS

Laerskool Stellenbosch het ‘n baie suksesvolle jaar op die tennisbaan beleef. Tennis word dwarsdeur die jaar beoefen en verskeie spanne het aan ligawedstryde en nasionale toernooie deelgeneem. Vier dogters- en ses seunsspanne het dié jaar aan die liga deelgeneem. Oefening het op Maandae, Dinsdae en Woensdae en ligawedstryde op Donderdae gedurende die eerste en vierde kwartale plaasgevind. Die afrigters en spanbestuurders wat by tennis betrokke is, is Cornel Smuts, Heidi Such, Lelanie van der Berg, Renika Stramrood, Tiaan Ellis, Danelle Meintjies en Margo Lamprecht.

Tennistoernooie:

Eikestad Dubbelstoernooi:Ons 0/13- en 0/11-seuns en -dogters het op 27 en 28 Februarie aan hierdie prestige toernooi deelgeneem. Ons 0/13's het ‘n 3de plek behaal en die 0/11's ‘n 4de plek.

Die volgende spelers het ons skool verteenwoordig:

o/13-spanCarl Roothman            Rochelle Pienaar

31

Page 32: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

Ingo Reuter     Anelma GroblerWiaan Janse van Rensburg     Amy HenningJP Verster          Anelda van Rensburg o/11-spanSebastiano Sola         Lize-Mari PienaarDirkie Aldrich            Janeke van der WaltMorkel van der Westhuizen     Carisa LiebenbergJack van der Merwe            Zanne Roothman

Truida Kestell-toernooi:Op Woensdag, 22 April, het drie onderwysers met dertien opgewonde o/11-spelers na Behtlehem vertrek om aan die Truida Kestell tennistoernooi deel te neem. Spanne van regoor die land speel in hierdie gesogte toernooi. Die A-afdeling bestaan uit 16 spanne en die B-afdeling uit 10. Vir baie van ons spelers was dit hulle eerste toernooi en hulle het hulle puik van hul taak gekwyt. Die seuns A-span het ‘n pragtige vierde plek behaal.

Dogters A-span Seuns A-span Lize-Mari Pienaar Sebastiano SolaJaneke van der Walt Dirkie AldrichCarisa Liebenberg Morkel van der WesthuizenZanne Roothman Jack van der Merwe

Seuns B-spanLeonardo SolaCarl BekkerDaniël KleynhansLouis FourieIngemar Scholtz

Amanda Coetzer-toernooi:Laerskool Stellenbosch is baie trots op sewe van ons dogters wat vanaf 28- 30 Mei in Bloemfontein aan die Amanda Coetzer tennistoernooi deelgeneem het. Hierdie leerders het ons skool se naam hoog gehou en 'n vierde plek behaal. Daar was groot kompetisie, maar ons spelers het tot die einde toe geveg. Baie geluk aan Rochelle Pienaar, Anelma Grobler, Amy Henning, Anelda van Rensburg, Catherina Swanepoel, Kara Steyn en Margaret van der Merwe.

CR van der Merwe-toernooi:Die jaarlikse CR van der Merwe-toernooi het op Donderdag, 3 September, afgeskop. Die toernooi word deur Curro privaatskool in Durbanville aangebied. Ons het ‘n seuns- en dogters A-span ingeskryf. Na afloop van die toernooi kon ons spog met beide spanne wat ‘n derde plek behaal het.

Dogters A-span A-span seunsAnelma Grobler Ingo ReuterAmy Henning Wiaan Janse van Rensburg

32

Page 33: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

Anelda van Rensburg Sebastiano SolaCatherina Swanepoel Morkel van der WesthuizenKara Steyn Dirkie Aldrich

KFC Gemengde dubbelstoernooi:Op 16 en 17 Oktober het vier van ons spelers aan hierdie toernooi by Laerskool Mikro in Kuilsrivier, deelgeneem. Ons skool het uitstekend gevaar. Rochelle Pienaar en Carl Roothman het die Prestige-kompetisie gewen, terwyl Amy Henning en Sebastiano Sola ook die Plaatkompetisie gewen het!

Gerrie Berner-toernooi:Vanaf 22-24 Oktober het ons seuns en dogters A-span aan Klein Gim se jaarlikse Nasionale Gerrie Berner-tennistoernooi deelgeneem. Ons het teen baie verskillende skole gespeel. Die seuns het ‘n algehele tweede plek behaal en die dogters ‘n vyfde plek. Ons is in besonder trots op Amy Henning wat die toekenning vir die speler met die beste sportmangees ontvang het.

Baie geluk aan:Rochelle Pienaar Carl RoothmanAnelma Grobler Ingo ReuterAmy Henning Wiaan Janse van RensburgAnelda van Rensburg JP VersterCatherina Swanepoel Sebastiano SolaKara Steyn Dirkie AldrichMila van der Merwe Morkel van der Westhuizen

Jocelyn Marais Matchpointtoernooi:Ons seuns en dogters A-spanne het vanaf 30-31 Oktober aan die Jocelyn Marais Matchpointtennistoernooi op Graaff-Reinet deelgeneem. Beide spanne het pragtig presteer en tot die finaal deurgedring. Die seuns het as wenners uit die stryd getree, terwyl die dogters met slegs ‘n verskil van 1 pot die silwer medalje ontvang het. Ons is ook baie trots op Rochelle Pienaar en Carl Roothman wat as die beste dogter- en seunspeler van die toernooi aangewys is!

Die spanne was as volg:

Dogters SeunsRochelle Pienaar Carl RoothmanAnelma Grobler Ingo ReuterAmy Henning Wiaan Janse van RensburgAnelda van Rensburg JP Verster

Boland- en SA-spelers en individuele prestasies:Verskeie spelers het ook aan provinsiale en individuele toernooie deelgeneem:

Boland-Sentraal:o/10 Seuns: Leonardo Sola, Ingemar Scholtz

33

Page 34: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

o/10 Dogters: Lize-Mari Pienaar, Zanne Roothmano/11 Seuns: Sebastiano Sola, Jack van der Merwe, Carl Bekkero/11 Dogters: Carisa Liebenberg, Lian Bell, Janeke van der Walto/12 Seuns: Carl Roothman, JP Verstero/12 Dogters: Anelma Grobler, Catherina Swanepoel, Mila van der Merwe, Jana

Vorster, Nadia Lochnero/13 Seuns: Ingo Reuter, Wiaan Janse van Rensburgo/13 Dogters: Rochelle Pienaar, Amy Henning, Anelda van Rensburg

Bolandspanne:o/10 Seuns: Leonardo Solao/11 Seuns: Sebastiano Solao/12 Dogters: Anelma Groblero/13 Seuns: Ingo Reuter, Wiaan Janse van Rensburgo/13 Dogters: Rochelle Pienaar, Amy Henning, Anelda van Rensburg

Individuele prestasiesCarl RoothmanCarl het in Januarie Suid-Afrika as nr. 1 o/12-seun in Botswana verteenwoordig. Hier word hy deur die ITF gekies om Suider-Afrika in September in Morokko vir die African Cup te verteenwoordig. Die Suider-Afrika span eindig tweede en Carl wen die individuele kompetisie, wat hom die Afrika-kampioen vir seuns o/12 maak. In Julie het hy Suid-Afrika as die nr. 1 o/12-seun by die Nations Cup in Italië verteenwoordig. Suid-Afrika het in die semi-finaal verloor. In Augustus het Carl Suid-Afrika as die nr. 1 o/12-seun in Kanada verteenwoordig. Die span neem deel aan die Coupe le Blanc-toernooi in Montreal.

Rochelle PienaarRochelle het aan verskeie toernooie deur die jaar deelgeneem en puik presteer:Eastern Province Key Health Series GS14 - wennerBorder Key Health Series GS14 - wennerGD14 - wennerXD14 - wennerWestern Province Mini 2 GS16 - finalisBoland Sportsmans Warehouse Mini GS14 - wennerFree State Dunlop TSA Series Consolation - kwarteind rondeWestern Province Mini 3 GS18 - eindig 6deKZN Coca Cola GS14 - finalisKZN Dunlop TSA Series GS14 - semi-finalisGC TSA Series Quarter GS34 - eindig 4deBoland TSA Series - posisie 9-12, kwarteind ronde van die GD14 en XD14Oktober 2015 TSA Junior Masters GS14 - eindig 5deNr. 1 in die Boland o/13-span - eindig derde by die TSA Laerskole Tennisweek. Rochelle is gekies vir die Suid-Afrikaanse o/13-skolespan wat na New Orleans, VSA gereis het.Baie geluk aan al ons spelers met hulle pragtige prestasies!

4.4 KRIEKET

34

Page 35: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

Laerskool Stellenbosch begin alreeds van graad 1 af met krieket. Die o/7 – o/9 spelers neem deel aan die sagtebal weergawe van die spel genaamd mini-krieket. Vanaf o/10 begin leerders om met die harde bal te speel.

Mini-krieket

Laerskool Stellenbosch het gedurende die eerste en die vierde kwartaal skitterende mini-krieket gespeel. Die wedstryde vind plaas op Donderdae en daar is ook ‘n paar Saterdae-sportdae waarin ons deelgeneem het. Die doel van die geleenthede is om ‘n liefde vir die sport te kweek. Die afgelope jaar het drie o/8-, drie o/9- en vier o/7-spanne die skool verteenwoordig.

Senior krieket

Laerskool Stellenbosch het een van sy beste seisoene agter die rug. Vanjaar spog ons met 7 spelers in die Boland-Sentraal II span en een speler in die Bolandspan. Die blootstelling wat die leerders op die skoolvlak sowel as die streek en provinsiale vlak opdoen is ongelooflik gesond vir hul verdere ontwikkeling. Ons hoop om volgende jaar hierdie gesonde krieketkultuur voort te sit en meer spelers die geleentheid te gee om te ontwikkel in klas krieketspelers.

Presteerders 2015:Boland Sentraal 2: Herman Lourens, Luca Reuter, Jack Brugman, JP Verster, Carl Roothman, Paython Loggenberg, Reuben Faure.Boland o/12: JP Verster.

Afrigters 2015:o/7 – Carlien Fourieo/8 – Dawie de Vrieso/9 – Visser Maaso/11 – Werner Vermeulen en Jan Prinslooo/13 – Francois Gerber, Jacques Horne en Tiaan Ellis

Laerskool Volschenk ses-aan-’n-kanttoernooi

Laerskool Stellenbosch het verlede jaar vir die eerste keer deelgeneem aan Laerskool Volschenk op Riversdal se ses-aan-‘n-kant kriekettoernooi en na die positiewe ervaring het ons besluit om dit ‘n permanente instelling te maak op ons kalender. Elke span ontvang tien beurte om onderskeidelik te kolf en boul. Daar is twee groepe van vier spanne wat rondomtalie wedstryde teen mekaar speel en daarna speel die wenners van die twee groepe in die finaal teen mekaar. Die toernooi het die 16de en 17de Oktober geskied. Ons het die Vrydag middag teen Laerskool Volschenk en Laerskool Overberg gespeel en beide wedstryde gewen. Na afloop van die wedstryde was daar ‘n samesyn vir die spelers en afrigters by die skool se klubhuis en die spelers het oorgeslaap in die koshuis van Hoërskool Langenhoven Gimnasium. Die Saterdag het ons vir Laerskool Riebeek-Kasteel geklop en na die finaal deurgedring teen Laerskool Noord-Eind. Ongelukkig moes ons die knie buig teen die sterk span van Laerskool Noord-Eind. Die seuns het dit baie geniet en baie karakter gewys om na die finaal deur te dring. Volgende jaar sal ons weer poog om die toernooi te wen.

35

Page 36: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

Laerskool Stellenbosch ses-aan-’n-kanttoernooiLaerskool Stellenbosch se sewende ses-aan-‘n-kanttoernooi het dié jaar op 7 November plaasgevind. Ses skole het aan ons toernooi deelgeneem. Die skole speel in twee groepe van drie spanne elk en in die formaat kry elke span net vyf boulbeurte om onderskeidelik te kolf en te boul. Ons spelers het in die uitspeelwedstryde verloor teen Laerskool Mikro en gewen teen Laerskool Swartland. Ongelukkig het ons nie vir die finaal gekwalifiseer nie. Baie geluk aan Bridge House wat as die wenners van die dag weggestap het.

Die volgende leerders het die afgelope jaar vir Laerskool Stellenbosch se eerste span verteenwoordig:Ingo Reuter, Strauss Viljoen, JP Verster, Carl Roothman, Kyle Smith, Wiaan Janse van Rensburg, Ivan Stevens, Luthon Edom, Nicolaas Schoombee, Reuben Faure, SJ van Niekerk, Andreas Wild en Kieran Wilsnach.

Spesiale dank moet uitgaan aan Johan Krige wat vir ons ‘n krieketblad beskikbaar gestel het by Kanonkop op die plaas. Ons hoop om in die toekoms nog baie wedstryde daar te speel. So ’n seisoen gebeur nie net vanself nie en die afrigters verdien erkenning vir die prestasies van ons spelers. Dankie aan die afrigtingspan vir al die tyd in die son. Ons sien baie uit na die 2016 seisoen.

4.5 NETBAL

Laerskool Stellenbosch het in 2015 ‘n baie suksesvolle jaar op die netbalbaan beleef. Die spanne het hul kant gebring en puik spel is gedurende die seisoen gelewer. Spanne het baie goeie spel gelewer en massadeelname het veroorsaak dat daar mooi beplan moes word om vir elke groep ‘n baan beskikbaar te stel. Die getalle by mini-netbal het so gegroei dat ons behoorlik moes bontstaan om afrigters en bane vir 6 o.7-spanne te kry.

Die o.12- en o.13-dogters het die geleentheid gehad om aan die Stellenbosch Soneproewe deel te neem. Na afloop van al die proewe is Emma-Louise van der Sandt, Sibella Barnard, Hanna Holm, Anouk Heuer, Miya Hartogh en Michélle Theron in die o.13-Boland-Sentraalspan opgeneem en Azrea Sylvester en Jana le Grange in die o.13-Wes-Kaapspan. Isabella de Wet en Ané Jooste is in die o.12-Bolandspan en Greta Malan in die o.12-Wes-Kaapspan opgeneem. Ongelukkig moes ‘n paar dogters weer ‘n keuse maak tussen netbal- en hokkieproewe.

Die o.11-netbalspeelsters het ook in Augustus aan ‘n sone proewe deelgeneem en 5 van ons dogters is gekies vir die toernooi in die Paarl. Dit is die volgende speelsters: A-span – Kyanti Greyling, Helena Swart, Abigail Reynolds en Lara Steyn. B-span – Miske Truter.

Die Wintersportdag kon ná twee jaar se afstel weens reën weer plaasvind nadat ons dié dag na die tweede kwartaal geskuif het. Van ons dogters het egter aan die Bolandproewe deelgeneem en ons moes die o.13A-span onttrek. Die Wintersportdag was ‘n heerlike dag en die spanne het gemengde uitslae behaal.

Die eerste naweek van die derde kwartaal het die o.13A-netbalspan aan die finale rondte van die Topskole-byeenkoms in Pretoria by Hoërskool Waterkloof deelgeneem. Die span het 7 wedstryde gespeel waarvan hulle 5 gewen en 2 verloor het en sodoende 15de in die land

36

Page 37: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

geëindig het. Dit is voorwaar ‘n ongelooflike prestasie en ondervinding. Baie geluk aan me. Danelle Meintjes en die span.

Die o.13A-, o.13B- en o.12A-netbalspanne het tydens die sporttoer in Augustus by George aan Outeniqua se sportdag deelgeneem en al hul wedstryde gewen.

Die seisoen is afgesluit met die interkleure-wedstryde waaraan elke netbalspeelster deelgeneem het. Baie dankie aan elke afrigter vir haar tyd, moeite, geduld, motivering en entoesiasme. Dit word opreg waardeer en mag elke afrigter en netbalspeelster in 2016 ‘n wonderlike netbalseisoen beleef.

‘n Spesiale woord van dank aan die volgende buite-afrigters:

Adéle Verster o.10C en D

Anele Gouws o.11C en D

Sanet Joubert o.12A en B

Liza Mangiagalli o.12C en D

Adri Roos het gereeld vir Danelle ingestaan as afrigter en skeidsregter.

4.6 RUGBY

“My uncle played rugby, and my dad played football, and they used to argue which game was the roughest - and everybody agreed rugby was. It's a great team sport, and to be successful, every person has to play in the same level.”

- Clint Eastwood -

Laerskool Stellenbosch se rugbyspelers het gedurende die 2015 seisoen op verskeie terreine uitgeblink en uitgestaan as ware sportmanne met ware sportmansgees. Ons het aan verskeie toernooie en wedstryde deelgeneem en was deurentyd uitstekende ambassadeurs van ons skool. Vanjaar was Luke Burger die WP Cravenweekspan se onderkaptein waar hy aangewys was as een van die spelers van die toernooi. JP Verster het die WP se o.12A-Rugbyspan gehaal en hy was een van die uitblinkers tydens die Kustoernooi te Riversdal, waaraan die span deelgeneem het. Daar was soveel ander Stellies Rugby-hoogtepunte ook waarop ons besonder trots is. Ons afrigters stel onsself die volgende ten doel wanneer ons spelers afrig en bestuur:

Om liefde en waardering vir die sport te kweek Om lewenswaardes en norme aan spelers te leer Om vaardighede en beginsels aan spelers te leer Om spelers konstruktief en aktief besig te hou Om kameraadskap en spanwerk te kweek Om swakpunte in sterkpunte te ontwikkel en sterkpunte te verbeter. Om respek vir mede-spelers, opponente, afrigters en skeidsregters te ontwikkel Om goeie rugbyspelers vanaf Laerskool Stelenbosch aan die hoërskole te lewer Om simpatie en empatie by spelers te kweek en te ontwikkel

37

Page 38: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

o.7-Rugby:

Die o.7-rugbyspelers het eers in die derde kwartaal aan wedstryde begin deelneem. Toe hierdie manne wegtrek, het hulle gesorg vir groot opwinding op en langs die veld. Hulle het baie mooi ontwikkel as rugbyspelers en het die nuwe vaardighede maklik bemeester. Ons sien baie daarna uit om hierdie groep seuns se vordering en spelpeil dop te hou. Dankie aan mnr. Dawie de Vries en sy mede-afrigters vir die hoë vlak van afrigting en die liefde vir rugby wat op daardie ouderdom gekweek word.

o.8-Rugby:

Hierdie groep ywerige en toegewyde rugbyspelers het hul staal menigmaal gewys. Ons is baie trots op die manier hoe hulle hul vaardighede ten toon gestel het. Hierdie manne toon groot belofte vir die toekoms en ons sal hulle vordering fyn dophou. Dankie aan mnr. Visser Maas en sy afrigtingspan vir die enorme aandeel in die opbou van hierdie seuns se selfvertroue op die rugbyveld.

o.9-Rugby

Hierdie manne het vanjaar vir die eerste maal posisioneel begin speel en danksy uitstekende afrigting het hulle die toets met vlieënde vaandels geslaag. Baie geluk aan ons o.9-spelers met die skitterende prestasies gedurende die seisoen. Dit was voorwaar ‘n aangename ervaring om hierdie spanne dop te hou. Dankie aan mnr. Renaldo Payne wat aan die stuur van sake is vir jou ervare, kalm en positiewe benadering.

o.11-Rugby

Ons o.11-rugbyspelers het vanjaar soms besonder goed presteer en ons het gereeld in opgewondenheid gekyk hoe hulle hul opponente met vaardighede en deursettingsvermoë troef. Ons is geweldig trots op hierdie groep seuns se toewyding en vasberadenheid. Hulle het bewys dat wanneer jy val, jy weer kan opstaan, uithou en sukses behaal. Dankie aan mnre. Francois Gerber, Werner Vermeulen en die mede-afrigters vir die manier hoe die seuns afgerig en bestuur is.

o.13-Rugby

‘n Besondere jaar met baie spesiale herinneringe veral vir die gr. 7-seuns. Ons was vanjaar bevoorreg om genoeg spelers vir drie spanne te kon hê. Die C-span het, wanneer daar wel vir hulle wedstryde was, baie goed gespeel en dit terdeë geniet. Die B-span was vanjaar baie sterk en hulle het hulle teenstanders gereeld met slim spel en inklim-rugby uitoorlê. Mnr. Tiaan Ellis het harde werk met hierdie span gedoen en ons wil hom graag van harte gelukwens.

Die o.13A-rugbyspan, oftewel Stellies Tigers, het vanjaar ‘n onvergeetlike seisoen beleef. Hierdie spelers was saamgesnoer tot ‘n hegte eenheid wat baie effektiewe en aanskoulike rugby gespeel het. Hulle het deurentyd gewys oor watter groot mate van vasberadenheid en strewe tot die span se sukses hulle beskik. Laerskool Stellenbosch was vanjaar bevoorreg om hierdie seuns as ambassadeurs te kon hê. Dankie aan die afrigters, mnre. Jacques Horne en Werner Truter vir die toegewyde werk.

38

Page 39: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

4.7 RUGBY- EN NETBALTOER

Die jaarlikse sporttoer na die Suid-Kaap het vanjaar van 27 – 29 Augustus plaasgevind. Die spanne wat die toer meegemaak het, was soos volg:

o.12A-netbal o.13A-netbal o.13B-netbalo.13A-rugby o.13A-hokkieseunso.13A-hokkiedogtersEerste seunstennisspanEerste dogterstennisspan

Die netbalspanne het aan Laerskool Outeniqua se sportdag deelgeneem en baie goeie prestasies behaal. Hulle het weer eens gewys dat ons skool se netbal beslis van die sterkstes in die land is.

Die rugbyspan, tennis- en die hokkiespanne het aan Laerskool Blanco se sportdag deelgeneem en teen sterk opposisie te staan gekom. Ons leerders het hulself baie goed van hul taak gekwyt.

Die toer was ‘n geweldige groot sukses. Daar was 58 leerders op die toer en 6 personeellede het hulle vergesel. Ons dank aan alle betrokke partye en vir ons leerders wat baie goeie ambassadeurs van die skool was.

4.8 HOKKIE

Laerskool Stellenbosch het ‘n suksesvolle jaar op die hokkieveld gehad.

BOLAND PRIMêRE SKOLE HOKKIE JAARVERGADERING Word op Vrydag, 27 Februarie, om 14:00 te Laerskool Hugenote in Wellington gehou.

INSKRYWING VIR LIGA‘n Administrasiefooi van R100,00 word jaarliks aan Boland Hokkie oorbetaal. In Februarie skryf ons 97 seuns en 94 dogters vir die liga in.

SKOOLPROEWEProewe vind reeds in die eerste kwartaal plaas om die leerders wat in Maart aan die Streekproewe moet gaan deelneem te identifiseer. Die o/13’s se proewe is meer formeel en eksterne afrigters word genader om die proewe saam met die huidige afrigters te doen.

MAANDAE EN WOENSDAE OEFENINGE Tydens die tweede en derde kwartaal word hokkie aan die graad 3- tot 7-leerders aangebied. Graad 3-leerders speel geen wedstryde nie, maar oefen elke Maandag en Woensdag.

Oefentye:

o/9 + o/10 (dogters) + o/11 (seuns en dogters)

Maandae 14:30 – 15:1539

Page 40: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

Woensdae 14:30 – 15:15

(wedstryde word ook vir Woensdae geskeduleer)

o/13 (seuns) en o/11 (seuns)

Maandae 15:15 – 16:15

Woensdae 15:15 – 16:15

(wedstryde word ook vir Woensdae geskeduleer)

o/13 (dogters)

Maandae 16:15 – 17:15

Woensdae 16:15 – 17:15

(wedstryde word ook vir Woensdae geskeduleer)

Ons soek voortdurend gekwalifiseerde afrigters en maak van die dienste van ‘n hele paar ouers, assistente en studente gebruik. Ons poog om vir elke span sy eie afrigter te verskaf. Ons het vanjaar van ‘n privaat maatskappy, TRUE SPORTS, gebruik gemaak om vir ons gekwalifiseerde afrigters te verskaf. Dit het ons taak aansienlik vergemaklik en elke span het sy eie afrigter gehad. Intensiewe afrigting kon dus vir elke span plaasvind.

SPANNE EN AFRIGTERS 0/13A-seuns: Cornel Smuts

0/13B-seuns: Dylan Van Dyk

0/13C- +D-seuns: Chad Ackermann

0/13A-dogters: Anneri Naude

0/13B-dogters: Zandre Barnard

0/13C-+D-dogters: Tamsyn Matheson

0/11A-seuns: Carolien Heenop

0/11B-seuns: Siobhan Baatjes

0/11A-+B-dogters: Menantaeu Bester

0/11C-+D-dogters: Adri Roos

0/10A-+B-seuns: Renika Stramrood

0/10C-seuns: Tom Lennon

0/10A-dogters: Heidi Such

40

Page 41: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

0/10B-dogters: Catherine Fish

0/9-seuns: Marlene Bouwer

0/9-dogters: Antel Van Deventer

AFWESIGHEDEBy elke oefening en wedstryd word noukeurig van leerders se teenwoordigheid rekord gehou. Leerders wat die oefeninge nie kan bywoon nie, moet direk by die afrigter verskoning maak.

WEDSTRYDE

Ligawedstryde vir die seisoen word deur die Bolandbestuur geskeduleer en aan die verskeie skole deurgegee. ‘n Versoek word in 2014 aan die Bolandbestuur gerig om die meeste ligawedstryde eerder in die derde kwartaal te speel, aangesien die spanne tydens die tweede kwartaal nog uiteengesit word en praktiese oefeninge nog van kardinale belang is. Die versoek is by die jaarvergadering in 2015 bespreek, maar word nie deurgevoer nie, aangesien daar te veel ander sportsoorte se wedstryde en toernooie in die derde kwartaal plaasvind – wat botsings veroorsaak.

Ons skeduleer deurentyd ons eie vriendskaplike wedstryde om die leerders soveel moontlik blootstelling aan wedstryde te gee. Totale uitslae van alle wedstryde vir die seisoen is soos volg: Wen – 88. Gelyk – 32. Verloor – 54.

STREEK- EN BOLANDPROEWE

Streekproewe word vanaf 18 – 25 Maart gehou en Bolandproewe word vanaf 18 - 25 April op Hoër Meisieskool se astrobane gehou. Ons leerders betaal elkeen R20,00 aan die Bolandbestuur, uit hul eie sak, om aan die proewe deel te neem. Spelers wat deelneem mag nie in hul skool se sportklere speel nie. Die spanne se oefeninge is verpligtend en vind elke Vrydag vanaf 8 Mei tot 28 Junie tussen 15:00 en 17:30 plaas. Elke speler moet R25 per oefening aan die Bolandbestuur betaal om die kostes van die astrobane te dek. Die Streekspanne neem vanaf 29 Junie tot 1 Julie aan ‘n toernooi in George deel. Die Bolandspan vertrek op 5 Julie vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe na Durban vir hulle toernooi en keer op 9 Julie weer terug. Die dogters speel by Pietermaritzburg Hoërskool hulle wedstryde en die seuns by Maritzburg Kollege.

Bolandspan 2015:

- Luke Burger

Streekspan 2015:

- Myron-Lee Jonkerman- Anouk Heuer- Michelle Theron

HOKKIEDAG

Dit is beslis een van die hoogtepunte van ons hokkieseisoen. Die hokkiedag en die Wintersportdag ruil datums om. Die rede hiervoor is dat die Wintersportdag, in die derde kwartaal, gereeld uitreën. Die hokkie verwelkom hierdie reëling aangesien ons spelers meer

41

Page 42: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

tyd kry om voor te berei. Ons hou ons Hokkiedag op Saterdag, 25 Julie, op ons skoolvelde. Die wedstryde begin om 08:00 en is naastenby om 14:00 klaar. Elke span ontvang ‘n medalje vir hul speler van die dag. Heerlike kosstalletjies is op die dag beskikbaar en sop, broodjies, koffie, tee en koeldrank word heeldag vanuit die aktiwiteitsentrum aan afrigters verskaf. Die hoofborg vir die dag is Parmalat. Tien skole neem aan die dag se verrigtinge deel. Slegs ons A- en B-spanne neem op die die dag deel nadat die besluit in 2013 deur die leierspan geneem is.

INTERSKOLE

Die Interskole vind vanjaar by ons skool plaas. Elke leerder het die wedstryde teen Hermanus geniet. Ons spanne vaar goed en openbaar goeie sportmangees.

MATIES-HOKKIE

Gedurende die tweede tot vierde kwartaal word ons spelers genooi om buite skoolverband aan mini-hokkie toernooie op die astrobane by Maties deel te neem. Leerders skryf hul eie spanne in en mag nie in hul skool se sportdrag speel nie.

BINNEMUURSE HOKKIE

Heelwat spelers skryf die derde kwartaal in vir die binnemuurse seisoen wat by Maties se DF Malansaal aangebied word. Tot en met 2012 was die binnemuurse hokkie net by UCT aangebied. Die oefeninge en wedstryde vind op Saterdae plaas.

BRIDGE HOUSE BINNEMUURSE TOERNOOI

Ons o/13A-seuns en -dogters word uitgenooi om op Vrydag, 11 September, aan Bridge House se binnemuurse toernooi deel te neem. Die toernooi word baie goed aangebied en ons spelers en afrigters is opgewonde om volgende jaar weer deel te neem.

PAUL ROOS o/12-HOCKEY CUP

Ons o/12-seuns word uigenooi om op Vrydag, 11 September en Saterdag, 12 September, aan Paul Roos se o/12-Hockey Cup deel te neem. Die seuns speel in spanne van agt op Maties se astrobane en daar is geen kostes aan verbonde nie. Paul Roos verskaf die skeidsregters vir al die wedstryde.

VOORRAAD

Ses nuwe doelwagterstelle word vanaf 2011 tot 2015 aangeskaf. Die stelle word by die 0/13A-seuns, 0/13A-dogters, 0/13B-dogters, 0/11A-dogters en by die 0/11A-seuns aangewend. Nuwe sportsakke vir afrigters word in 2014 aangekoop. Twee groot doelbokse vir volveldhokkie is in 2014 aangeskaf en in 2015 kan beide die o/13’s met hulle eie volveld-doelhokke speel. Die nette vir die doelbokse is reeds in 2012 aangekoop. Agt gesigskerms, vir korthoekies, is in 2015 vir die o/13’s aangeskaf. Tydens korthoekies kan al vier die verdedigers dus met gesigmaskers aan speel.

AFRIGTINGSKURSUS

SAHA bied ’n Vlak o-kursus en ’n Vlak 1-kursus aan. Vlak o kos R400 en Vlak 2 R520 per persoon. ’n Skeidsregterkursus word aangebied teen R400. Dit is belangrik dat afrigters hulself kwalifiseer en op hoogte hou van die reëls.

42

Page 43: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

4.9 SKAAK

Oefentye, wedstryde en toernooie : Die belangstelling in skaak het hierdie jaar so gegroei dat ons genoodsaak was om die spelers in twee groepe te verdeel. Oefeninge vir die beginners vind elke Dinsdag vanaf 15:30 tot 16:30 in die Biblioteek plaas. Die oefentye vir die senior spelers vind ook op Dinsdae vanaf 16:30 tot 17:30 plaas. Die beginners word deur me Noeline Southey en me Margot Lamprecht afgerig. Ons is baie bevoorreg om meneer Roché Compaan as afrigter vir die senior spelers te kan hê. Leerders van alle grade is welkom om hierdie oefeninge by te woon.

Gedurende die tweede en derde kwartaal word liga- en vriendskaplike wedstryde op Vrydagmiddae gespeel.  Ons probeer om aan soveel moontlik skaaktoernooie deel te neem. Ons eie skaaktoernooi in die derde kwartaal was 'n hoogtepunt. Ongeveer 70 leerders van verskeie skole het aan hierdie toernooi deelgeneem. Die spelers van Laerskool Stellenbosch het baie goed gevaar met Salmo Cilliers as die algehele wenner van die dag.

Prestasies 2015:

Tydens die 2015 Rhenish-toernooi is Salmo Cilliers as algehele wenner van die toernooi aangewys.

Die volgende leerders het Boland verteenwoordig:

Juan CompaanLisa BrugmanIlse BrugmanKarla BrugmanSalmo Cilliers

Die volgende leerders het die Wes-Kaap by die SA Skole-toernooi verteenwoordig:Lisa BrugmanIlse BrugmanKarla BrugmanSalmo Cilliers

Die drie Brugman-dogters het ook in Botswana aan ‘n Afrika-toernooi deelgeneem en uitstekend in hul onderskeie afdelings gevaar.

Die skool is trots op die drie Brugman-dogters met hul insluiting in die SA skaakspan.

4.10 BUITESPORTE

Buitesportsoorte

43

Page 44: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

Die volgende leerders is in 2015 tot die volgende Provinsiale- of Nasionale Spanne verkies in sportsoorte wat nie as ‘n skolesport aangebied word nie. Ons weet dat dit baie tyd en harde werk behels en ons is trots op elkeen se prestasie.

Nasionaal

Leerder naam SportsoortAnika Cloete Perdry

Wes-Kaap

Leerder naam SportsoortAnna-Christina Kriel Ritmiese GimnastiekKamilla Haasbroek GimnastiekMegan Vermeulen GimnastiekKarla Nel PerdryElle Olivier PerdryMila Olivier Perdry

Boland

Leerder naam SportsoortKara Steyn TafeltennisIané Marx Tweekamp

BiathléStephan Erasmus Kunsvlieg VisvangOdelia Krige GimnastiekTammy Brinkhuis GimnastiekAnouk Heuer Tennis

4.11 KDA

Soos elke jaar was KDA ‘n hoogtepunt op elke leerder se rooster. Die leerders het nie net liggaamlike aktiwiteite beoefen nie, maar het ook geleentheid gekry om hulle sosiale vaardighede te verbeter. Die oorheersende doel van KDA was om die leerders se motoriese vaardighede te ontwikkel en te verbeter asook vir leerders blootstelling te gee aan verskeie sportsoorte. Die doel was dan ook om ‘n liefde vir sport en liggaamlike aktiwiteit by die leerders aan te wakker wat nie sport of liggaamlike aktiwiteit as belangrik ag nie. Verder ook om dié wat alreeds ‘n vlak van vaardigheid het verder te ontwikkel.

Die waarneming deur die jaar was dat leerders ‘n beter begrip ontwikkel het oor die doel van sekere aktiwiteite en hoekom vaardighede ontwikkel moet word. Leerders kon ook die verband sien tussen sekere vaardighede en verskeie sportsoorte.

Die blootstelling aan die verskillende sportsoorte het definitief belangstelling ook gelok. Kwartaal een en vier het ons gefokus op krieket, atletiek en swem waar leerders se fiksheidsvlak, swemvermoë en algemene balvaardighede getoets is. In die tweede en derde kwartaal was ons hooffokus op rugby- en netbalvaardighede. Daar was duidelike leemtes in

44

Page 45: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

sekere vaardighede, maar deur die jaar het die leerders se vaardighede ontwikkel en verbeter om dan ten einde goed te presteer in hul verskeie sportsoorte.

Ons streef elke jaar daarna om verdere en groter hoogtes te bereik met Laerskool Stellenbosch se sport en glo dat KDA ‘n basis bied om juis dit te kan bereik.

4.12 SKIETKLUB

Die skietklub van Laerskool Stellenbosch se gewildheid neem jaarliks toe. Ons is baie trots om te sê dat ons twee meisies by gekry het hierdie kwartaal en dat hulle die manne lekker laat les opsê.

Die skuts oefen elke Maandag van 16:30 tot 17:30 in die skoolsaal. Dit is belangrik dat elke leerder wat wil kom skiet beoefen sy of haar eie geweer (windbuks) en patrone moet saambring. Dit spaar tyd en maak die oefeninge meer doeltreffend.

Die Wes-Kaap Skietvereniging (WKSSV) bied elke jaar ‘n paar kompetisies aan vir leerders om hul talente ten toon te stel. Leerders wat wil deelneem aan hierdie kompetisies moet geaffilieer word en kan ‘n vorm by enige van die afrigters aanvra indien hulle belangstel.

Laastens wil ons baie dankie sê aan die ouers wat tydens die skietoefeninge ons ondersteun en ‘n hand bysit waar nodig.

Baie dankie aan mnre. Werner, Francois en Jan vir hul getroue afrigting.

45

Page 46: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

5. ALGEMEEN

5.1 SEKSUALITEITSPROGRAM: GRAAD 7

‘n Seksualiteitsprogram is op 26 Junie vir die gr. 7’s in die Aktiwiteitslokaal aangebied. Francois Esterhuyse, ‘n berader, het die program aangebied en van die onderwerpe was groepsdruk, partytjies, verhoudings en God het ons verskillend gemaak. Die program is afgesluit met ‘n vraag-en- antwoord geleentheid. Gedurende die pouses het die leerders saam met Francois sjokolade en warm sjokolade geniet.

5.2 LEERONDERONDERSTEUNING

SKOOLGEBASEERDE ONDERSTEUNINGSPAN (SGOS)

Die doel van hierdie span is hoofsaaklik om na die vordering van die leerders om te sien, maar om ook aan die onderwysers hulp en leiding te gee.

HOOF Hawkie de Villiers

021 887 6934

[email protected]

SGOS-Koördineerder

Leerondersteuning Gr.1 – 7

Carolien Heenop

021 887 6934

[email protected]

Departementshoof Intermediêre fase

Carine Mocke 021 887 6934

[email protected]

Departementshoof Grondslagfase

Johannita Kruger

021 887 6934

[email protected]

HOOF VAN ARBEIDSTERAPEUTE:

Arbeidsterapie / Spelterapie

Liza Janse Van Rensburg

021 887 6551

083 293 3795

[email protected]

Arbeidsterapie Annaré Agenbag

072 449 9050

[email protected]

Arbeidsterapie Jeanne-Marie Meyer

083 321 7349 [email protected]

Spraakterapie Ronelle Slabbert

073 172 3780 [email protected]

Kliniese Sielkundige Madelise van 082 894 [email protected]

46

Page 47: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

Coller 3168

Opvoedkundige sielkundige Mia Schoeman 083 3768740 [email protected]

Leerondersteuning Gr.R - 2 Marli Goldie 021 887 6934 [email protected]

WAT BEHELS LEERONDERSTEUNING?

Ons is bevoorreg om ‘n leerondersteuningspos te hê. Die emosionele welstand van ons leerders is baie belangrik, aangesien dit ‘n groot impak op hulle akademiese prestasie kan maak. Wanneer die leerder se selfvertroue en selfbeeld goed is, lei dit tot verbetering in sy/haar skoolprestasies. Die leerder se unieke leerbehoeftes word bepaal d.m.v. die volgende:

Informele assessering Die leerder se skoolboeke en leerderverslag Gesprekke met die leerder se ouers, betrokke onderwyser(es) en terapeute.

Die leerder word daagliks vir ten minste ‘n halfuur onttrek. Tydens Leerondersteuning word individueel aandag gegee aan die leerder se spesifieke leerbehoeftes, bv. leesvermoë, leesbegrip, spelling, vaslegging van taalkonsepte en wiskundige begrippe. Sodoende word die agterstande wat die leerder mag beleef ingehaal en die basiese beginsels (klanke, spelreëls, getalbegrip) weer vasgelê. Leerondersteuning behels ook verryking deur die bekendstelling, vaslegging en inoefening van verskillende studiemetodes, hulp met huiswerk en leer vir toetse en eksamens. Aanbevelings geskied in samewerking met sielkundiges en terapeute. 

Die volgende dienste word op ons skoolterrein aangebied:ArbeidsterapieSpraakterapieSpelterapieTaalontwikkelingLeesterapieKonsentrasieStudiemetodesWiskundige vaardighede

DAGLEERDERS

Sedert die tweede kwartaal van 2014 is daar nie meer leerders wat as dagleerders uit die klasse onttrek word nie. Die leerders bly in hul onderskeie klasse terwyl die vakonderwyser die nodige werk verduidelik en opdragte gegee word. Die leerder kry die geleentheid om die nodige vrae oor die opdrag te vra en seker te maak dat die opdrag verstaan word. Dit voorsien dat leerders nie enige inligting, wat deur die vakonderwyser wat die assessering gaan opstel, mis nie. Die leerders word eers uit die klas onttrek in ‘n ander vak waarin daar nie hindernisse ervaar word nie.

47

Page 48: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

VERWYSINGSPROSEDURE

Die onderwyser bespeur ‘n hindernis:

• Hanteer in klaskamerverband, doen intervensie en vul die intervensievorm in.

• Neem die leerder binne- en buite klasverband waar en maak volledige aantekeninge.

• Bestudeer die leerderprofiel, vorige werkboeke, vorige jaar se vorderingskedules.

• Bespreek die probleem met die ouers en vra hul bystand.

• Voltooi ‘n verwysingsvorm vir SGOS (Skoolgebaseerde Ondersteuningspan).

SGOS-koördineerder:

• Bestudeer die verwysingsvorm

• Nooi die onderwyser wat die leerder verwys het na ‘n SGOS-vergadering.

SGOS-vergadering met die onderwyser wat die leerder verwys het:

• Spanlede bestudeer die geval

• Identifiseer die probleem.

• Vra vrae indien nodig.

• Stel uitkomste vas, maak aanbevelings.

Onderwyser voer aanbevelings uit.

SGOS volg op en hersien aanbevelings indien nodig.

INTERVENSIES

Amptelike WKOD-intervensievorms word kwartaalliks deur elke vakonderwyser ingevul. Die vorms is verpligtend vir leerders wat nie aan die slaagvereistes voldoen nie.

DIDAKTIES

Vakonderwysers doen ‘n uur ‘n week didaktiese klasse met leerders wat leerhindernisse ervaar. Die klasse word in ‘n tydgleuf ingepas wat die onderwyser genoegsame tyd gun om by verpligte buitemuurse aktiwiteite betrokke te wees. Die leerder en ouer(s) word deur die vakonderwyser in kennis gestel indien die leerder didaktiese klasse benodig.

HULPVERLENING

Hulpverlening word deur die assistente van graad R tot graad 3 verskaf. Die assistente staan die leerders in skooltyd by en hindernisse word uit die weg geruim of vaslegging word gedoen.

48

Page 49: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

SGOS-VERGADERINGS

Die Skoolgebaseerde ondersteuningspan vergader weekliks in een van die pouses. Tydens die vergadering word leerders of onderwysers se behoeftes rakende leerhindernisse bespreek en ‘n plan van aksie word gevorm om die betrokke partye by te staan. Volledige notules word gehou.

LEERDERS MET SPESIALE VERGUNNINGS VIR TOETSE EN EKSAMENS

Vanjaar het tien van ons leerders die nodige dokumentasie en toestemming van die WKOD ontvang om die eksamen met vergunning te skryf. Die leerders skryf eksamen in ‘n aparte lokaal. Fasiliteerders, wat deur die WKOD opgelei is, ondersteun die leerders tydens toetse en eksamens, maar daar moet aan streng voorskrifte voldoen word. Die toekenning van fasiliteerders aan leerders hang af van die beskikbaarheid van fasiliteerders en lokale. Die volgende onderwysers en assistente, wat steeds by die skool betrokke is, is in 2014 opgelei: Carolien Heenop, Noeline Southey, Visser Maas, Elmarie Stoeder, Roelene Enslin, Martlé Smit en Joanet Joubert.

LEERDERS MET VOLTYDSE FASILITEERDERS

Vanjaar het ons een leerder in graad 2 met ‘n voltydse fasiliteerder gehad.

KOSTE VAN LEERONDERSTEUNING

Vanaf 2015 is daar geen koste vir leerders wat Leerondersteuning by Carolien Heenop of Marli Goldie ontvang nie.

TINA COWLEY LEESSENTRUMDie Tina Cowley Leessentrum Stellenbosch is vanaf 2015 op ons skoolterrein. Vanaf die derde kwartaal het elke leerder, gedurende skoolure, ‘n gratis leesevaluasie ontvang. Toestemmingsbriewe is na alle leerders se ouers gestuur. Die vind van beskikbare datums vir oueraande, waartydens terugvoering aan die ouers gegee word, het moeilik geraak tydens die vierde kwartaal aangesien dit ‘n baie besige kwartaal was. Die ouers kon ook vir Sorét Heüser direk kontak vir terugvoering of net vra dat hul kind se verslag huis toe gestuur kan word. Die ouers kon ook op hul eie tyd met Sorét Heüser kontak maak vir enige navrae.

BIOLINKBIOLINK, onder leiding van Esther Nothnagel, bied kursusse en konsentrasie sessies vir ons leerders en ouers aan. Die sessies vind Dinsdae en Donderdae op die skoolterrein plaas. Biolink help leerders om te konsentreer en te fokus om optimaal te presteer.

SAMI - SOUTH AFRICAN MEMORY INSTITUTE

49

Page 50: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

Die SA Instituut vir Geheue-ontwikkeling, onder leiding van Deerdre Gouws, is `n dinamiese opvoedkundige instansie wat aan ons leerders die geleentheid bied om hul totale menswees te ontwikkel, hul studietydperk te verkort en hul studievaardighede te verbeter. Deerdre kontak die ouers en leerders persoonlik vir afsprake, maar maak van sommige klaskamers gebruik wanneer sy ‘n kursus aanbied en opvolgsessies met die leerders het.

C-MATHS ABACUSGhita Rix bied die wiskunde-ondersteuning vir kinders vanaf 3 jaar aan. Die diens is op Maandae en Woensdae by die skool beskikbaar.

5.3 NASORG

Die Nasorgfasiliteit van Laerskool Stellenbosch word deur 113 betalende leerders gebruik, 10 leerders van die personeel maak ook van die nasorg gebruik. Tans staan die getalle op 113 + 10 = 123. Die getal leerders wissel per dag tussen 25 en 33 leerders Junior nasorg, 25 en 39 leerders Senior nasorg afhangende van hulle buitemuurse aktiwiteite.

Dit is vir ons baie belangrik dat ‘n huislike atmosfeer geskep word waarin die leerders veilig en geborge voel. Ouers word versoek om te alle tye afwesighede aan Carina Opperman deur te gee. Dit kan persoonlik of per sms gedoen word. Die Nasorgfasiliteit is daagliks beskikbaar vanaf 13:50 tot 17:30, buiten op Vrydae wanneer dit 17:00 sluit.

Middagete word nie voorsien nie, maar die leerders bring hulle eie kos of daar kan van die skool se snoepie gebruik gemaak word vir hulle middagete. Middagete word deur almal saam geniet.

Die leerders kan gebruik maak van ‘n groot verskeidenheid opvoedkundige speelgoed en immergewilde skaakstelle, blokkies en UNO kaarte. Dit is vir ons baie belangrik dat die leerders saam buite speel; dus moedig ons buitespel aan. In die somer mag die nasorg ook gebruik maak van die swembad wanneer daar ‘n tydgleuf beskikbaar is. Gedurende die wintermaande word daar gebruik gemaak van die DVD-fasiliteit om die leerders besig te hou, maar hulle word steeds aangemoedig om eerder met die verskeidenheid opvoedkundige speelgoed en speletjies te speel of boek te lees.

Die leerders mag ook gebruik maak van die sportvelde naaste aan die nasorgfasiliteit. Hier speel hulle graag rugby, sokker of krieket. Die meisies speel graag netbal in die winter. Die leerders speel ook graag handjie-tennis (“dumpies”) op die netbalbaan. Nasorgleerders het ook albasters gespeel.

Sportvelde is net tot die nasorgfasilitete beskikbaar wanneer amptelike oefeninge en wedstryde verby is. Leerders mag ook Vrydae van die swembad gebruik maak.

Vir studiedoeleindes is die leerders in drie studieklasse verdeel, sodat die nasorgpersoneel hulp met huiswerk kan verleen.

Verdeling van studieklasse:

Eekhorinkies en Graad R’e: Wounie

Graad 1: Roseline en Rosie

50

Page 51: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

Graad 2 - 3: Denise

Graad 4 – 7: Carina

Studietye: Maandae 14:30 tot 15:30, ekstra uur vir toetse Dinsdae.

Dinsdae tot Woensdae 15:00 tot 16:00.

Vrydae geen studietyd.

Een ekstra uur word ingewerk elke dag vir leerders wat buitemuurse aktiwiteite gedoen het.

Gedurende die eksamentye word twee ure afgestaan vir die graad 4- tot 7- leerders om te studeer.

Woensdae voor studietyd kom tannie Marietjie vir die kinders ‘n storie uit die Bybel lees en bespreek. Die leerders sien baie daarna uit en 14:00 kan nie vinnig genoeg kom nie.

Nasorgleerders het ook Vrydagmiddae by Tannie Thea aangesluit vir haar koffiekroeg.

5.4 ARBEIDSTERAPIE

In 2015 het 76 kinders (hoofsaaklik voorskools tot graad 7) van Laerskool Stellenbosch, asook van buiteskole, Arbeidsterapie en/of spelterapie behandeling/evaluasies, een of twee maal per week ontvang.

Tans is Liza Janse van Rensburg, Jean-Marie Marais, Annare Agenbag en Mia Schoeman almal op ’n deeltydse basis betrokke by Laerskool Stellenbosch.

Mia Schoeman is ’n Opvoedkundige Sielkundige en is sedert Februarie 2015 deeltyds betrokke by hierdie praktyk om dienste aan kinders by Laerskool Stellenbosch te lewer.

Arbeidsterapie spesialiseer hoofsaaklik in die hantering van kinders met leerprobleme of spesiale behoeftes. Sensories-motoriese integrasieterapie word hoofsaaklik toegepas om die integrasieproses t.o.v. motoriese en perseptuele ontwikkeling te bevorder.

Spelterapie fokus op die behandeling van kinders met emosionele- en gedragsprobleme. Dit sluit o.a kinders in wat deur traumatiese ervarings is, agressiewe gedrag toon, angstig is, swak selfbeeld en -vertroue het, of deur egskeidings van hul ouers geaffekteer word.

Annare (Arbeidsterapeut) het hierdie jaar die volgende beroepsverryking bygewoon:

Stark Griffen dyslexia opleiding gedoen. Sensoriese Integrasie behandelingskursus. Slaag haar protokols vir die Sensoriese Integrasie interpretasiekursus. Voltooi INSTOPP “Practice Management E-Learning module”. Voltooi Impact Learning se “Progressive child E-Learning” vraelys. Lewer praatjies oor visuele persepsie aan personeel by Laerskool Stellenbosch. Lewer praatjie oor skoolgereedheid aan ouers en personeel van Idasvallei Primȇ�r.Liza (Spelterapeut) woon ses maal per jaar ’n supervisie groep van Elzahn Frank (Opvoedkundige sielkundige) by, waar probleemgevalle bespreek word.

51

Page 52: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

Verder het Liza die volgende kursusse bygewoon:

’n Eendagkursus in Gestalt Kleurterapie. ’n Driedag gevorderde kursus in Gestalt Spelterapie. Seminaar oor etiek in die mediese beroepe aangebied deur Pathcare.

Jean- Marie woon die volgende kursusse by:

“Ideational dyspraxia” “Floortime” inleidingskursus.

Mia woon ook ses maal/jaar die supervisiegroep van Elzahn Frank by.

Verder het Mia die volgende kursusse bygewoon:

NEPSY neurologiese toets (tweedag kursus plus prakties) Sensoriese integrasie vir babas “Record keeping” deur Alfred Allen.

Ons bedank graag die leierskap van die skool en spesifiek mnr. De Villiers en me. Carolien Heenop (onderwyseres) wat die koȍ�rdinering van die Onderwys-hulpspan op ’n hoogs professionele wyse behartig. Dit is vir ons ’n voorreg om as deel van ’n professionele span by Laerskool Stellenbosch ’n diens in die gemeenskap te lewer.

52

Page 53: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

5.5 GEBEDSGROEP

Aan die begin van die jaar het 23 ma’s van die skool aangebied om te bid vir die skool, personeel, leerders en ook die breër gemeenskap. Daar is weekliks afwisselende ontmoetings met die hoof en onderhoof, asook ‘n samekoms vir betrokke ma’s elke Vrydagoggend (7:40-8:30) om te bid.

Daar is ook ingeskakel met die groter Stellenbosch Gebedsnetwerk se twee gebedsweke waartydens ‘n gebedsruimte ingerig is by die skool (18-22 Mei 2105 en 14-18 September 2015). Leerders kon vrywillig gaan kyk en deelneem aan gebedsaktiwiteite tydens speeltyd.

Dit is vir ons ‘n groot voorreg om op hierdie wyse by Laerskool Stellenbosch betrokke te kan wees en ons bedank die skool vir hierdie geleentheid om die skool op te opdra. Dit is ‘n bemoedigend om te ervaar hoe God getrou bly aan sy Woord en ons gee aan Hom al die eer vir elke antwoord op gebed.

Enige ouers wat betrokke wil raak by die gebedsgroep kan Lenore Retief kontak by 082 770 3553 vir meer inligting.

5.6 OUERVERENIGING

Ou lede vanaf 2014: Muriel Brent, Ilse Reuter, Tania Verheem, Suzette van Wyk

Nuwe lede in 2015: Elsa Kruger, Christine Pietersen, Tanya Becker, Janet Louw, Beatrix van der Linde (bedank vroeg 2015 agv swangerskap).

Daar is reeds lede gewerf vir 2016, maar ‘n formele uitnodiging sal aan alle ouers gerig word.

‘BUDDY’-STELSEL

Die Buddy-stelsel is weer in Januarie vir die sesde jaar gevolg om nuwe ouers te verwelkom en van belangrike ondersteuning en inligting te voorsien. Die nuwe ouers vind die projek uiters behulpsaam. Nuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende 2016.

Die lys van nuwe gesinne vir 2016 is nog nie gefinaliseer nie, maar sodra dit beskikbaar is sal indelings voor einde 2015 gedoen word. Intussen sal daar op die Communicator gevra word watter ouers bereid sal wees om Buddy-ouers te wees.

OUERBETROKKENHEID

Die OV het, soos in 2014, op 21 Janurarie 2015 ‘n omsendbrief uitgestuur om ouerhulp vir die hele jaar te vra en te koördineer. Goeie terugvoer is ontvang , maar daar is steeds ‘n behoefte

53

Page 54: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

dat elke ouer hom-/ haarself beskikbaar sal stel vir ten minste een area (hetsy komitees, sport, kultuur, kundigheid, donasies) waar hul bereid is om te help en daarna ook dié onderneming deur te voer wanneer daar op hul nommer gedruk word. Die tendens bestaan steeds dat dit altyd sekere ouers is wat help en dat daar ‘n kultuur moet ontwikkel waar dit aanvaarbare praktyk is dat elke ouer ten minste op een gebied gedurende die jaar help in die skoolgemeenskap.

KLASVERTEENWOORDIGERS

Daar is ‘n kaas-en-wynaand vir revue-klasverteenwoordigers gehou. Die verteenwoordigers is ingelig wat van hulle gedurende die jaar verwag word.

Die doel was om dankie te sê vir die klasverteenwoordigers en aan te moedig.

KONTANTVLOEI TYDENS SPORTBYEENKOMSTE (SNOEPIE SE VERKOPE UITGESLUIT)

(PERSONEEL-ETES INGESLUIT)

aangeheg is die volledige kontantvloeistaat:

54

Page 55: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

Byeenkoms Datum BERAAMDE WINS

Interkleure Markotter (slegs seniors)Interkleure GalaNeelsie PrestigeWintersportdagDirkie Uys InterskoleHokkiedagHermanus InterskoleKontreifeesTrapkarbyeenkomsMY SCHOOL

30 Januarie9 Februarie 24 Februarie9 Mei 20156 Junie 201525 Julie 2015Augustus18 September 4 Desember

R2600R1400-R300R184000R11300R10 0000N.V.TR11600Totale wins R53176.66

Baie ouers was weer betrokke by verkope gedurende die sportdae, alhoewel dit soms moeilik was om genoeg helpers bymekaar te kry vir sekere van die geleenthede. Rekords is gehou van beplanning, verkope, hoeveelhede en lesse geleer tydens elke byeenkoms om te verseker dat historiese inligting beskikbaar bly vir toekomstige OV-spanne.

VERVERSINGS VIR PERSONEEL / BEAMPTES TYDENS SPORTBYEENKOMSTE EN ANDER GELEENTHEDE

Daar is by die bogenoemde sportbyeenkomste en ook by ander geleenthede soos die Graad 1-dag verversings aan onderwysers en gaste verskaf. Gedetailleerde rekords is ook hiervan gehou vir die inligting van toekomstige OV-spanne.

DONKIE DERBY/Trapkarresies

Daar is in samewerking met die bestuur besluit om nie in 2015 die Donkie Derby aan te bied nie en ander projekte te loods om fondse in te samel waarvan die Trapkarbyeenkoms een is.

Die trapkarresies word 4 Desember2015 gehou in skooltyd, as ‘n finale en heerlike afsluiting tot die skooljaar. Die klasse neem teen mekaar deel in ‘n aflosformaat. Die OV het ook betrokkenheid van die vaders van die skool bewerkstellig. Hierdie komitee is in noue samewerking met die OV.

‘n Lotery van die trapkar is ook deel van die pret. Alle kinders gaan deelneem in klasverband en hopelik maak die skool ook genoeg om dit volgende jaar weer aan te bied.

PROJEKTE IN KLASVERBAND: BROODJIES & BLOMME

Die ouers van Laerskool Stellenbosch onderneem reeds vir die afgelope paar jaar twee klein projekte in klasverband. Die eerste is om elke skooldag vir ‘n paar leerders wat vertroulik deur die opvoeders geïdentifiseer is, kospakkies te voorsien. Die tweede is om weekliks vars blomme in die skool se voorportaal te plaas. Soos in die verlede is ‘n rooster opgestel

55

Page 56: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

waarvolgens elke klas van gr. 1 tot gr. 7 hoogstens twee weeklange beurte per jaar hiervoor kry. Klasverteenwoordigers administreer dit onder leiding van Marlé Fourie en ‘n groot hoeveelheid ouers is betrokke.

SNOEPIE

Die snoepie het vanaf 2015 onafhanklik funksioneer. Die snoepie en OV ondersteun mekaar egter ten volle, maar die finansies is geskei. Produkte word oor en weer gekoop en hulp word vrylik verleen.

KONTINUÏTEIT IN OUERVERENIGING

Ons gaan voort om soos vorige jare beter kontinuïteit in die Ouervereniging te bewerkstellig deur jaarliks nuwe lede te werf wat dan beskikbaar sal wees om vir ‘n twee jaar periode op die OV te dien.

KONTREIFEES

Die OV help met diensbeurte reël en kaartjieverkope by die hekke.

CAMPUS EXCHANGE

Die webblad is gestig, maar daar is besluit om dit in 2016 aan die ouers voor te stel. Dit sal as platform dien vir tweedehandse sport- en speeltoerusting. Daar word beoog om ‘n fooi van R200 te hef vir die gebruik van die platform.

FACEBOOKGROEP

‘n Facebookgroep is gestig ten einde ‘n sin van betrokkenheid en opgewondenheid te kweek binne die skool. Ouers pos gereeld foto’s van sportwedstryde, kulturele gebeure en sommer lawwighede. Die groep is ter aanvulling van die offisiële blad van die skool. Geen advertensies en bemarking word toegelaat nie.

AANWENDING VAN FONDSE:

ENERGIEBESPARINGSPROJEK

‘n Data-logger is aangekoop om die elektrisiteitsverbruik van die skool te bepaal. ‘n Verslag word eersdaags beskikbaar gestel en ‘n aantal moontlikhede sal uitgewys word om krag te bespaar. ‘n Voorlegging sal by die volgende bestuursraadsvergadering voorgedra word.

DANKIE

Die OV het 2015 as uiters positief beleef. Die hoofdoel van die OV is om die verkope tydens sport-en kultuurbedrywighede te bestuur. Daar is bevind dat ouers meer betrokke is indien hulle meer inligting en terugvoer ontvang oor skoolwerksaamhede.

Die verdere rol is om ouerbetrokkenheid te bewerkstellig en sosiale interaksie tussen ouers te bevorder. Die OV stel hom ook ten doel om die skool se finansiële las te verlig met verkope tydens sport- en kulturele dae.

Hierdie drie doelstellings is nie moontlik sonder die fantastiese ouerspan wat aanwesig is in ons ongelooflike skool nie. Voorwaarts na 2016!

56

Page 57: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

5.7SPRAAKTERAPIE

Die spraak- en taalterapie dienste wat by Stellenbosch Laerskool gelewer word is aan die begin van 2015 deur Ronelle Slabbert by Carin ten Cate oorgeneem. Spraak- en taalterapie het plaasgevind op Dinsdae, Woensdae en Vrydae. Daar het ongeveer 30 leerders van Stellenbosch Laerskool hierdie jaar spraak- en taalterapie ontvang. Leerders word individueel of in klein groepies gesien vir die betrokke terapie en geskied weekliks. Terapie gaan gepaard met ouerleiding en daar word ook nou saamgewerk met die onderskeie onderwyseresse om goeie vordering van leerders se spraak- en taalvaardighede te bevorder.

Die gevallelading sluit hoofsaaklik taalontwikkelingsagterstande, artikulasieprobleme, ouditiewe persepsieprobleme, pragmatiese (sosiale) taalafwykings en vlotheidversteurings in. Daar is ook begin om ‘n luistervaardigheidsprogram te ontwikkel en vir die gr. R-leerders aan te bied. Hierdie program word deur die spraak-taalterapeut aangebied waarna die onderwyseresse aktiwiteite ontvang wat hulle met die leerders in hulle klasse kan doen. Daar word beplan om hierdie program in 2016 verder te ontwikkel en uit te brei.

5.8GESONDHEIDSKOMITEE

2015 was nog ‘n jaar van groei vir ons gesonde snoepie. Nie net wat wins betref nie, maar ook met die bekendstelling van ons voorafbestel-stelsel, sowel as die toevoeging van ons eie koffiewinkel. Die Snoepie het ‘n ware ontspanningsarea geword waar leerders, asook ouers, kan tyd verwyl terwyl hulle middagete geniet, huiswerk doen of die koerant lees.Ons hoofdoel is steeds om gesonde maaltye teen bekostigbare pryse te verskaf, terwyl ons aanhou om die beleid van ‘n gesonde snoepie toe te pas. Ons wil weer eens die vrywiller-ma’s bedank vir die verpakking en voorbereiding van ons gesonde etes. Riana Hay en haar regterhand, Theresa, is die gesig van ons Snoepie. Hulle het vanjaar fantastiese werk gedoen. Baie geluk!

5.9EKO-TUIN

Die Eko-tuin is ‘n baie groot bate vir die leerders van Laerskool Stellenbosch. Ons probeer gereeld nuwe plantspesies versamel om daar te plant en ons het die visdam onlangs ook oorgedoen. Daar is tans vyf visse wat werklik floreer. Ons nooi almal uit om ‘n besoek aan die pragtige Eko-tuin te bring.

57

Page 58: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

5.10 BEHEERLIGGAAM

VOORSITTERSVERSLAG

Die afgelope jaar was een van vele uitdagings vir die leierspan, personeel, beheerliggaam en ouers van Laerskool Stellenbosch.

Die nuutverkose beheerliggaam (sedert Maart 2015) se strategiese doelwitte is gefokus op die optimale aanwending van tegnologie, die verbetering van fasiliteite en personeelontwikkeling.

Die ekonomiese, politiese en sosiale agteruitgang in ons land het ook ‘n direkte invloed op onderwys, die ingesteldheid van belanghebbende partye en die manier hoe situasies hanteer word.

Die voorreg om uitstaande onderrig te ontvang van bekwame, toegewyde leerkragte in ‘n pragtige omgewing teen billike koste word dikwels oorskadu deur ‘n minderheid van ouers wat krities is, maar meestal nie bereid is om in te spring en te help nie en deur hul optrede en die voorbeeld wat hulle vir hulle kinders stel, beslis nie die waardes van ons skool nastreef nie, naamlik:

Godsvertroue – Ek is tot alles in staat deur God wat my krag gee;

Respek – Gee om vir ander;

Integriteit – My woord is my eer;

Voortreflikheid – Elke dag my beste;

Dienslewering – Help mekaar;

Onvoorwaardelike aanvaarding – Ek is uniek;

Ek stel dit met oortuiging dat ons skool met trots kan meeding met enige skool in ons land, op alle terreine - van akademie, kuns en kultuur tot sport. Verder is ons fasiliteite van hoogstaande gehalte vir ons leerders en opvoeders, wat bydra tot die uitsonderlike prestasies van ons leerders op akademiese, kulturele en sportgebied. Toekennings vir topprestasie in Wiskunde en tale in die Wes-Kaap, asook verskeie provinsiale en nasionale kleure vir sport en kultuur deur leerders getuig hiervan.

Hierdie gunstige posisie is slegs moontlik omdat daar by ons skool ’n sterk leierspan, toegewyde en bekwame opvoeders is en ouers wat verstaan dat sonder hul betrokkendheid die kanse op uitnemendheid beperk is.

Dankie vir elke ouer wat sy of haar tyd, energie, talente en hulpvaardigheid gebruik om onbaatsugtig te help om saam met die leerkragte ‘n omgewing van groei en ontwikkeling te skep. Dankie ook aan die ouers wat instaat is om finansieel by te dra en dit mildelik doen!

Moet natuurlik nie uit die oog verloor dat ons leerders se ingesteldheid, potensiaal en talente ons skool se grootste bate is nie en ons strewe om:

58

Page 59: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

Leerders toe te rus met die vermoëns tot selfstandige denke, lewensvaardighede, kommunikasievermoëns en kreatiwiteit ter voorbereiding vir die eise van 'n voortdurend veranderende en kennisgedrewe wêreld.

Leerkragte wat die geskikte leeromgewing en geleenthede skep deur leerders te stimuleer, te bemagtig met kennis en die toepassing daarvan, sodat leerders tot hulle volle potensiaal kan ontwikkel.

Ouers wat, in deelgenootskap met die skool, aktief betrokke is by 'n verskeidenheid van aktiwiteite en ook bydraes lewer sodat leerders en leerkragte op hulle take kan fokus.

Projekte

Ons het die afgelope jaar die skool se fasilitiete verder verbeter. Die snoepie se veranderinge het dit in ‘n lekker kuierarea verander. Die opgradering en toevoeging van badkamers het en sal deurlopend aandag geniet.

Skadunette by die swembad en spreiligte by die tennisbane is ook aangebring.

Die uitstaande Revue saamgestel deur Winnie Nel en haar bekwame span en waarin al ons leerders van graad 1-7 deelgeneem het, was ‘n dawerende sukses.

Ons het die afgelope jaar ‘n indiepte ondersoek gedoen rondom die optimale aanwending van tegnologie as onderrigmiddel en daar is besluit om met grade 5 en 6 in 2016 af te skop.

Ons skool bly onder konstante druk om vir meer leerders voorsiening te maak en ons het die Departement van Onderwys genader om ons van infrastruktuur te voorsien om ‘n vierde baan te kan voorsien. Die versoek is in beginsel goedgekeur en ons hoop om volgende jaar addisionele klaskamers te kan bou.

Finansies

Ons skool se finansies is gesond, kapitale projekte word uit donasies en fondsinsamelings befonds en skoolfonds word bepaal na aanleiding van die bedryfskoste-behoefte van die skool. Ons skoolfonds vir 2016 is in lyn met ons portuurskole en selfs minder en ons poog om jaarlikse aanpassings so laag as moontlik te hou. Skoolgelde vir 2016 beloop R13 640 per leerling.

Uittreksels uit die 2016 begroting:

Bedryfsbegroting: R 12,5m;

Inkomste verdienste uit donasies/fondsinsamelings/verhuring: R 1,3m;

Kapitale begroting (projekte): R1,3m;

Aantal leerders: 852

Aantal opvoeders en administratiewe personeel: 64 (WKOD poste 19, Beheerliggaamposte 45);

59

Page 60: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

Die volledige begroting is ter insae beskikbaar by Liza Venter by die finansiële kantoor.

Beheerliggaam en ouervereniging

Dit is met groot dankbaarheid dat ek kan getuig van die kwaliteit van die ouers en opvoeders wat betrokke is by ons beheerliggaam en ouervereniging.

Die onbaatsugtige diens, opoffering van tyd en die entoesiasme waarmee bedrywighede aangepak word, asook die aanbied van kundigheid om ons skool na verdere hoogtes uit te bou, spreek boekdele van ‘n positiewe ingesteldheid!

Die verkose lede van die beheerliggaam is daartoe verbind om die werksaamhede van die beheerliggaam na die beste van ons vermoëns te laat vlot. Sodoende aanvaar ons die vertroue wat u as ouers in ons gestel het toe u ons verkies het.

Dit is ‘n voorreg om met ‘n bekwame opvoederspan onder leiding van mnr. Hawkie de Villiers te bou aan die fondasies van ons kinders se toekoms!

Ek wens al ons opvoeders, leerders en ouers ’n Geseënde Kersfees en welverdiende ruskans toe en vertrou almal sal 2016 met nuwe energie en ’n positiewe lewensuitkyk tegemoet gaan.

VANDAG MY PLIG!

Marthinus Fourie

Voorsitter: Beheerliggaam Laerskool Stellenbosch

Baie dankie ...

♦ aan elke lojale en toegewyde leerder van hierdie skool;

♦ aan Stemmet Hector en die span werkers wat sorg dat die skoolterrein so netjies is;

♦ aan elke positiewe en betrokke ouer vir hul ondersteuning;

♦ aan die OV onder leiding van me. Muriel Brent, vir ure se onbaatsugtige diens; asook ouers wat broodjies skool toe gestuur het;

♦ mnr. Marthinus Fourie en sy dinamiese Beheerliggaam;

♦ Lisl Fincham en die Gholfkomitee vir die baie ure wat hulle ingesit het;

♦ al die afrigters vir die uitstekende werk wat hulle verrig het;

♦ aan die ma’s van die omgee-gebedsgroep, onder leiding van me. Lenore Retief;

♦ aan al die ouers o.l.v. me. Yasmine Celliers en me. Riana Hay se werk met die

gesondheidsnoepie;

♦ me. Carin Viljoen vir die uitstekende diens van die Klerebank;

♦ me. Emsie Human en span vir die bestuur van die Skatkamer;

♦ al die ouers wat gesorg het dat die voorportaal altyd so treffend lyk;

60

Page 61: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

♦ me. Johlene Fourie en al haar helpers van die Ina Paarman-fondsinsamelingsprojek;

♦ ouers wat help met vervoer;

♦ mnr. Renaldo Payne vir die uitstekende bestuur van sport;

♦ ons sekretaresses, me. Sunette Marais, me. Leana Russouw, me. Liza Venter en me. Lisl Fincham;

♦ my regterhande, mnr. Jacques Horne en me. Johannita Kruger (Adjunkhoofde);

♦ ons departementshoofde, mnr. Renaldo Payne, me. Carine Mocke, Adiska du Preez en Barbara Greeff;

♦ die personeel!!! Ons kinders is bevoorreg om opvoeders van sulke kwaliteit te hê.

ONS DANK AAN ONS HEMELSE VADER WAT HIERDIE SKOOL SO MILDELIK SEëN!!

’n Geseënde Kersfees en voorspoedige nuwe jaar word u toegewens.

Hawkie de Villiers

61

Page 62: laerskoolstellenbosch.co.zalaerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2016/01/... · Web viewNuwe ouers wat nie in Januarie by die skool aansluit nie, moet ook gekontak word gedurende

62