laerskool panoramadie vlakte onder en die see pryk pragtig panorama wat koers en rigting gee. hy is...

20
PROSPEKTUS LAERSKOOL PANORAMA PRIMARY

Upload: others

Post on 18-Nov-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

PROSPEKTUS

LAERSKOOL

PANORAMA PRIMARY

INHOUD

1. SKOOLWAPEN EN -LEUSE 1.1 PANORAMA 1.2 SIMBOLIEK VAN SKOOLKLEURE EN -WAPEN 2. SKOOLLIED 3. PANORAMA’S CALL 4. SKOOLBELEID 4.1 VISIE 4.2 MISSIE 4.3 SKOOLREëLS 4.3.1 SKOOLKURRIKULUM 4.3.2 VOORKOMS VAN LEERDERS 4.3.3 OPTREDE EN GEDRAG VAN LEERDERS 4.3.4 STRAF 5. SKOOLTYE 6. VOORSKRIFTE VIR SKOOLDRAG: 6.1 ALGEMEEN 6.1.1 DOGTERS: WINTERDRAG 6.1.2 DOGTERS: SOMERDRAG 6.1.3 DOGTERS: SPORTDRAG 6.1.4 ANDER 6.1.5 SEUNS: WINTERDRAG 6.1.6 SEUNS: SOMERDRAG 6.1.7 SEUNS: SPORTDRAG 6.1.8 ANDER 6.2 LEWERANSIERS 6.3 KLEREWINKEL 7. BUITE-KURRIKULêRE AKTIWITEITE 7.1 SPORT 7.2 KULTUREEL; MUSIEK, DIDAKTIES, REMEDIëRING, SKOOLBIBLIOTEEK 8. SKOOLGELDE 8.1 SKOOLFONDS 8.2 MUSIEKGELDE 9.3 LEERONDERSTEUNING 9. OUERBETROKKENHEID 10. OUERAANDE 11. NASORG 12. VOORSORG 13. PRE-PRIMêR 14. TOELATING TOT GRAAD 1 15. ONS WAARDES

LAERSKOOL PANORAMA

1.1 BETEKENIS

Panorama beteken: 'n wye uitsig; 'n onbelemmerde uitsig na alle kante toe; 'n vergesig;

'n onbeperkte visie.

Panorama verwoord ons ideaal om kinders te help om bo hul eie beperkings en die

probleme van die tyd uit te styg en hulle met idealisme te besiel sodat hulle met geloof

en kennis die toekoms tegemoet kan gaan.

1.2 SIMBOLIEK VAN DIE SKOOLKLEURE EN -WAPEN

Die drie amptelike kleure groen, rooi en wit, het elkeen sy besondere simboliek.

Groen dui op jeugdigheid, groei en die vitaliteit wat so kenmerkend is van jong kinders.

Rooi impliseer inspanning, arbeidsaamheid en vlytigheid ten einde kennis te ontsluit.

Wit simboliseer die reinheid en suiwerheid om tot geloof te kom.

Die rooi sleutel simboliseer die ontsluiting van kennis en die wit sleutel dui op die verwerwing van geloof.

Die gebruik van wit op die rooi en rooi op die wit beklemtoon die interaksie en

die onafskeibaarheid van KENNIS en GELOOF en die begeerte om GELOOF te verkry

deur KENNIS.

2. SKOOLLIED : AGTERGROND

In die skoollied word ons leuse Geloof en Kennis, ons afhanklikheid van God, ons trots

en trou aan ons skool verwoord.

Die woorde is geskryf deur mnr. A.S. Christensen (die eerste skoolhoof) en die musiekberyming is gedoen deur mnr. Dirkie de Villiers. Die musiek is in Julie 1980 by sy strandhuis te Kenton-on-Sea in die Oos-Kaap geskryf.

SKOOLLIED

Dig teen die Tygerberg geleë die vlakte onder en die see

Pryk pragtig Panorama wat koers en rigting gee.

Hy is ons trots, ons hoogste trou,

ons drang om sterk te strewe; Geloof en Kennis is ons deel,

die sleutel tot ons lewe.

Ons doel, ons taak in God se Hand staan hy, 'n sieraad in ons land: Die Laerskool Panorama (2x)

staan hy 'n sieraad in ons land: Die Laerskool Panorama!

SCHOOL SONG

Standing steadfast, sturdy as the mountain,

With the plains below and the sea; Our stately Panorama

Projects security.

It is our pride, our highest faith Our urge for strength to strive;

All Faith and Knowledge we proclaim The key to all our lives.

Our aim, our task as in God's Hand

We are outstanding in our land: Our pride, our Panorama (2x)

We are outstanding in our land: Our Primary Panorama!

3. TEMALIED : PANORAMA’S CALL

Come the day and come the hour Come the power and the glory

We have come to answer Our school’s call

The very best school in town

Panorama, Panorama Together standing tall Shoulder to shoulder

We'll answer Panorama’s call

From the mighty Atlantic Ocean From the rugged hills of Cape Town

From the Welgelegen And Tygerberg

The very best school in town

Panorama, Panorama Together standing tall Shoulder to shoulder

We'll answer Panorama’s call

Hearts of steel And heads unbowing

Vowing never to be broken We will fight, until

We can fight no more The very best school in town

Panorama, Panorama Together standing tall Shoulder to shoulder

We'll answer Panorama’s call

4. SKOOLBELEID

Die LAERSKOOL PANORAMA strewe daarna om sy opvoedingstaak,

gebaseer op waardegedrewe norme en in ooreenstemming met die

kultuurwaardes van die gemeenskap, uit te voer.

Dit is ons doelstelling om elke kind te help om sy volle potensiaal te ontgin

deur verantwoordelike onderrig en die kweek van gesonde gesindhede

ten opsigte van wellewendheid, verantwoordelikheid, netheid, pligsbesef,

selfdissipline en selftrots.

4.1 VISIE

By Laerskool Panorama streef ons daarna om:

* onderwys van progressiewe hoë gehalte te lewer aan al ons leerders

* ons personeel, ouers en leerders se talente en bekwaamhede te ontwikkel

en maksimaal te benut

* deur die gemeenskap te betrek, by te dra tot die uitbou van elkeen se

demokratiese reg

* te waak teen onregverdige diskriminasie ten opsigte van seksisme en

rassisme

* ‘n verskeidenheid van kulture, take en regte van die leerders, personeel en

ouers te beskerm

* in samewerking met die Staat, die verantwoordelikheid t.o.v. die

finansiering, organisasie en beheer van die opvoedingsproses te aanvaar

* by te dra tot die daarstelling van eenvormige norme en standaarde vir die

opvoeding van ons land se jeug.

Ons sal strewe om alles in bogenoemde genoem op waardegedrewe

norme en standaarde te grond.

4.2 MISSIE

By die LAERSKOOL PANORAMA is dit ons erns om:

* die leerder as MIDDELPUNT van die waardegedrewe onderwys en

opvoeding te plaas;

* die leerder se volle potensiaal te ontwikkel deur EFFEKTIEWE

ONDERRIG;

* die leerder te laat werk en skep om sy UNIEKE VERMOËNS in alle fasette

van menswees te ontwikkel;

* gesonde INTER-, OUER-, LEERDER-, EN OPVOEDERVERHOUDINGE

te kweek;

* die kind te lei tot SELFDISSIPLINE deur gesag en dissipline in die skool,

tuis en in die gemeenskap te aanvaar;

* by die kind 'n POSITIEWE SELFBEELD te ontwikkel deur liefde en leiding

van die opvoeders;

* die kind te lei tot SELFRESPEK en om BEGRIP en RESPEK vir elke

mede- Suid-Afrikaner aan te kweek, sodat ons gelukkig kan saamleef.

Met ons oë gerig op God en ons visiere gestel op die toekoms, wil ons elke

skooldag met 'n glimlag nader.

4.3 SKOOLREëLS

4.3.1 SKOOLKURRIKULUM

* 'n Leerder moet aan die opvoedingsprogramme deelneem soos deur die

onderwyshoof goedgekeur, tensy vrystelling deur die onderwyshoof

verleen is.

* Wanneer 'n leerder vrywillig by 'n ko-kurrikulêre skoolbedrywigheid

aangesluit het, moet die verpligtinge en verantwoordelikhede in verband

daarmee stiptelik nagekom word.

* Leerders mag geen fasiliteite en toerusting van die skool buite skoolure

sonder die toestemming van die skoolhoof gebruik nie en mag nie buite

skoolure die skoolterrein sonder verlof van die skoolhoof betree nie.

4.3.2 VOORKOMS VAN LEERDERS

Die persoonlike voorkoms en drag van 'n leerder moet aan die norme,

soos deur die Beheerliggaam as verteenwoordigers van die gemeenskap

vasgestel, voldoen.

4.3.3 OPTREDE EN GEDRAG VAN LEERDERS

* Leerders moet die skool stiptelik volgens die vasgestelde skoolure

bywoon. In geval van afwesigheid moet die ouer die rede skriftelik of

d.m.v. 'n telefoonoproep aan die opvoeder verstrek.

* 'n Leerder mag nie gedurende skoolure sonder die skoolhoof se verlof uit

'n klas afwesig wees of die skoolterrein verlaat nie. Die skoolhoof sal

slegs toestemming verleen, indien hy 'n skriftelike versoek van die ouer

ontvang.

* Terwyl 'n leerder onder die skool se toesig is, moet hy/sy te alle tye

medeleerders se liggaamlike en geestelike welsyn , skoolrëels en

opvoeders respekteer.

* ONS SKOOL IS ONS TROTS! Skooleiendom en die eiendom van ander

persone moet te alle tye gerespekteer word.

* Leerders moet te alle tye eerbied en respek teenoor die Republiek van

SuidAfrika se nasionale simbole en die skool se simbole en kodes

openbaar.

* Die Laerskool Panorama is 'n Openbare skool.

4.3.4 STRAF

* Alle vorme van straf sal te alle tye opvoedkundig verantwoordbaar wees.

* Geen vorm van lyfstraf word toegelaat nie.

* Indien straf toegepas moet word, verwag ons die ondersteuning van ons

ouers. Indien u nie saamstem met die straf wat deur die skool, toegepas

word nie, skakel asseblief die betrokke opvoeder of skoolhoof.

(Verwys na die Gedragskode van Leerders)

5. SKOOLTYE

Dwarsdeur die jaar:

Maandae tot Donderdae 07:45 tot 12:30 (Gr. R)

07:45 tot 13:05 (Gr. 1 tot Gr. 2)

07:45 tot 14:20 (Gr. 3 tot Gr. 7)

Graad 1 tot 7 Vrydae 07:45 tot 12:35

6. VOORSKRIFTE VIR SKOOLDRAG : LAERSKOOL PANORAMA

Goedgekeur deur die Beheerliggaam.

Meeste van die klere is by die klerewinkel beskikbaar.

6.1 ALGEMEEN:

6.1.1 DOGTERS : WINTERDRAG

JURK: Groen skooljurk.

HEMP: Wit, langmouhemp, altyd gedra met skooldas.

DAS: Groen Panorama das met wit en rooi strepe.

SOKKIES: Bottelgroen knie-lengte sokkies met skoolkleure saam met

skoolrokke (soos vir seuns.) Grys skoolsokkies mag onder

grys langbroeke gedra word. Swart lang dik sykouse mag

ook by die rok gedra word.

TRUI: 'n Bottelgroen V-nek trui, met die skoolwapen op, is vir alle

dogters 'n nie-verpligte skooldrag-item. (Indien gedra, mag

slegs hierdie trui gedra word.) Geen hand- of

masjiengebreide truie nie.

SKOENE: 'n Swart skoolskoen met 'n smal band oor die voetbrug en

gespe is dwarsdeur die jaar verpligtend. Geen sandale of

modeskoene word toegelaat nie. Swart skool

toerygskoene soos vir seuns mag gedra word.

LANG GRYS BROEKE: Dogters mag lang grys broeke dra. Dit kan by die

klerewinkel bestel word. Geen ander styl of materiaal word

toegelaat nie.

AMIGO WINDJEKKER: Opsioneel. By klerewinkel beskikbaar op

bestelling. As 'n windjekker gedra word, moet 'n trui

onderaan aangetrek wees (d.w.s. die windjekker vervang

nie die trui nie.) Die windjekker moet die skoolwapen ophê.

Geen ander groen windjekker mag gedra word nie.

6.1.2 DOGTERS : SOMERDRAG

JURK: Groen skooljurk.

HEMP: Kortmou, wit met oopslaan-kraag (Die kraag word bo-oor

die baadjie gevou, indien laasgenoemde gedra word en die

kortmouhemp word sonder 'n das gedra).

KOUSE: Wit, enkellengte (nie tuisgebrei of gehekel).

TRUI: Nie verpligtend, maar indien gedra, dieselfde as vir die

winter.

SKOENE: Dieselfde dwarsdeur die jaar.

6.1.3 DOGTERS : SPORTDRAG ( Beskikbaar by klerewinkel)

L.O. KLERE:

Broek: Voorgeskrewe bottelgroen broek.

Hemp: Die voorgeskrewe hemp met

"PANORAMA" daarop gedruk vir L.O. en

alle sport. L.O.-klere is verpligtend van

Graad 1 tot Graad 7. Volledige sweetpakke

moet oor die L.O.-klere gedra word.

Indien dit warm is, mag slegs die L.O.-klere

gedra word.

ATLETIEK: Voorgeskrewe atletiekfrokkie.

NETBAL: Voorgeskrewe bottelgroen-rompie met voorgeskrewe

hemp.

TENNIS: Wit rompie en voorgeskrewe wit hemp met "PANORAMA"

logo, wit sokkies en wit tekkies.

HOKKIE: Voorgeskrewe bottelgroen rompie. Voorgeskrewe hemp

met "Panorama" logo. Tekkies of hokkiestewels.

Voorgeskrewe groen hokkiesokkies vir spanne.

Mondskerm word aanbeveel.

SWEETPAK: Slegs die voorgeskrewe Panorama sweetpak is

aanvaarbaar. Mag gedra word op dae wanneer die

leerder se sport ‘n wedstryd speel. Provinsiale sweetpakke

mag by saalbyeenkomste gedra word. Volledige

sweetpakke mag ook op LO-dae gedra word met

sporttekkies en nie helderkleurige modetekkies nie.

SPORTSAK: Slegs die voorgeskrewe Panorama sportsak mag gebruik

word.

6.1.4 ANDER

BROEKIE: Bottelgroen broekie word met alle skooldrag gedra. (GEEN

wit of veelkleurige broekies nie.)

HARE: Hare moet te alle tye netjies versorg en onopgesmuk wees.

Vaste golwing van hare word nie toegelaat nie.

Hare mag nie gekleur of gebleik word nie. Sodra hare

skouerlengte bereik het, moet hare in 'n poniestert of twee

bokstertjies vasgemaak óf gevleg word. Kort "bob" hare

wat in die gesig en oë hang, moet weggesteek word. Geen

ekstreme haarstyle soos “undercut”, “dreadlocks” en

inskeer van strepe op die kop nie, of enige haarstyle wat sal

afbreek doen aan die eenvormigheid , netheid en dissipline

van die skool nie. Haarbande ("alice bands") mag gedra

word. Slegs bottelgroen, swart of skilpadbruin word

toegelaat. Nie rooi, wit of liggroen nie. Silwer- of

groenkleurige, driehoekige knippies, asook gly- en

skuifknippies in bottelgroen, bruin en swart is toelaatbaar,

maar geen ornamentele knippies mag gedra word nie.

Slegs bottelgroen linte, bolletjies of handdoekrekkies mag

gedra word. Laprekkies ("scrunchies") word toegelaat, mits

dit dieselfde kleur groen as die trui se groen is en nie breër

as 3 cm is nie.

JUWELE: Juwele is onvanpas by skooldrag. Geen mode-horlosies,

kettinkies, armbande of ringe mag gedra word nie. Geen

neusringe, tongringe, naeltjieringe, tatoeërmerke of

"stickers" word toegelaat nie. Geen graffiti word op die

liggaam toegelaat nie. Geen plastiekbandjies word

toegelaat nie, slegs Medic Alert bande. Onaanvaarbare

juweliersware sal afgeneem word en in die kluis in ‘n

koevert gehou word tot aan die einde van die kwartaal.

OORBELLE: Slegs heel klein goue of silwer knoppies (3mm in deursnee)

of ringetjies (1cm) ("sleepers") mag gedra word in gevalle

waar 'n dogter gaatjies in haar ore het. Geen versierde

oorbelle nie. Geen twee of meer gaatjies met oorbelle per

oor nie. Die oorbel word slegs in die onderste oorlel van die

oor gedra. Geen vreemde voorwerpe in die oor om gaatjies

oop te hou nie.

BAADJIES: Dit word gedra deur Gr. 6 en 7 –leerders. Verpligtend. By

klerewinkel beskikbaar op bestelling.

LAPELWAPENS: Slegs wapens wat goedgekeur is, mag op die baadjie

gedra word.

SERPE: Slegs voorgeskrewe bottelgroen serpe mag gedra word.

Beskikbaar by klerewinkel. Geen swart, wit of ander serpe

nie.

MUSSE: Word nie toegelaat nadat die skool begin het nie. Slegs

bottelgroen word toegelaat.

GRIMERING: Geen grimering word saam met die amptelike skooldrag of

spandrag gedra nie.

NAELS: Dit moet te alle tye kort en skoon wees. Naels mag nie

langer as die vingerpunte wees nie. Geen naellak.

KOUGOM: Die kou van kougom word nie in die skool toegelaat nie.

REëNJASSE: Helder, sigbare (bv. oranje) reënjasse word aanbeveel.

AMIGO WINDJEKKER: Opsioneel. By klerewinkel beskikbaar op

bestelling.

Slegs voorgeskrewe windjekker mag gedra word. Geen

ander windjekkers mag gedra word nie.Die windjekker moet

die skoolwapen op hê.

SKOOLTASSE: Slegs die goedgekeurde Panorama-tasse mag gebruik

word. Skooltasse is by die klerewinkel beskikbaar.

Formele skooldrag is volledige winteruitrusting en word gedra tydens

openbare optredes of soos deur die skoolhoof bepaal.

Alle kledingstukke moet duidelik gemerk wees, sowel as enige ander

artikel wat by die skool gebruik word.

6.1.5 SEUNS : WINTERDRAG

BROEK: Gewone grys kort- of langbroek. ‘n Swart gordel moet by

die broek gedra word.

HEMP: Wit langmouhemp, altyd gedra met 'n skooldas.

DAS: Groen das met wit en rooi strepe.

KOUSE: Bottelgroen knie-lengte kouse met skoolkleure, dwarsdeur

die jaar. Grys kouse moet onder ‘n grys langbroek gedra

word, maar nie by die kortbroek nie.

TRUI: 'n Bottelgroen V-nek trui, met die skoolwapen op, is vir alle

seuns 'n nie-verpligte skooldrag-item. (Indien gedra, mag

slegs hierdie trui gedra word). Geen hand- of

masjiengebreide truie nie.

OORTREKTRUI: 'n Bottelgroen V-nek trui, met die skoolwapen op, is vir

alle seuns opsioneel.

SKOENE: Swart, toerygskoene.

6.1.6 SEUNS : SOMERDRAG

BROEK: Grys kortbroek. Die dra van 'n langbroek gedurende die

somermaande is opsioneel. ‘n Swart gordel moet gedra

word.

HEMP: Kortmou, wit somerhemp met oopslaankraag. (Die kraag

word bo-oor die baadjie gevou indien laasgenoemde gedra

word en die kortmouhemp word sonder 'n das gedra).

TRUI: Nie verpligtend. Soos vir die winter.

KOUSE EN SKOENE: Soos vir die winter.

6.1.7 SEUNS : SPORTDRAG (Beskikbaar by klerewinkel)

L.O. KLERE:

Broek Voorgeskrewe bottelgroen broek.

Hemp Die voorgeskrewe wit hemp met

"PANORAMA" daarop gedruk vir L.O. en

alle sporte, behalwe rugby. L.O.-klere is

verpligtend van Graad 1 tot Graad 7.

Volledige sweetpakke moet oor die L.O.-

klere gedra word.

Indien dit warm is, mag slegs die L.O.-klere

gedra word.

ATLETIEK: Voorgeskrewe atletiekfrokkie .

RUGBY: Voorgeskrewe bottelgroen broek met Panorama rugbytrui.

Verpligtend vanaf O.7.

KRIEKET: Wit kortbroek, wit voorgeskrewe hemp met Panorama

skoolwapen, skoolkouse, wit tekkies.

TENNIS: Soos vir krieket, maar kort, wit sokkies.

HOKKIE: Voorgeskrewe bottelgroen broek met voorgeskrewe hemp.

Tekkies of hokkiestewels. Voorgeskrewe groen

hokkiesokkies vir spanne. Mondskerm word aanbeveel.

SWEETPAK: Slegs die voorgeskrewe Panorama sweetpak is

aanvaarbaar. Volledige sweetpakke mag gedra word op

dae wat die leerder se sport wedstryd speel.

Provinsiale sweetpakke mag tydens saalbyeenkomste

gedra word. Volledige sweetpakke mag ook op LO-dae

gedra word met sporttekkies en nie helderkleurige

modetekkies nie.

SPORTSAK: Slegs die voorgeskrewe Panorama sportsak mag vir

sportgeleenthede en uitstappies gebruik word.

6.1.8 ANDER:

HARE: Moet te alle tye kort geknip en netjies versorg wees (bv. Die

kuif mag nie die wenkbroue raak nie, hare mag nie oor die

ore groei nie en hare mag nie die kraag van diue hemp

raak nie). Geen modetrante sal toegelaat word nie. Geen

bleik of kleur van hare nie. Hare mag nie gegolf word nie.

Geen ekstreme modesnitte sal toegelaat word nie bv. ‘n

“step”, ‘English cut”, geskeerde strepe, “punk”, “dreadlocks”

of enige ander haarstyle wat afbreek sal doen aan die

eenvormigheid, netheid, en dissipline van die skool nie.

JUWELE: Slegs funksionele en nie-ornamentele horlosies is

toelaatbaar. Geen neusringe, oorringe, tongringe,

hangertjies of armbande nie. Geen plastiekbandjies word

toegelaat nie, slegs Medic alert bande. Geen tatoeëring,

graffiti of “stickers” word op die liggaam toegelaat nie.

Onaanvaarbare juwele sal ingeneem word en in die kluis in

‘n koevert tot aan die einde van die kwartaal gehou word.

BAADJIES: Dit word gedra deur Gr. 6 en 7 –leerders. Verpligtend. By

klerewinkel beskikbaar op bestelling.

LAPELWAPENS: Slegs wapens wat goedgekeur is, mag op die baadjie

gedra word.

SERPE: Slegs voorgeskrewe bottelgroen serpe mag gedra word.

Beskikbaar by die klerewinkel. Geen swart, wit of ander

kleur serpe sal toegelaat word nie.

MUSSE: Word nie toegelaat nadat die skool begin het nie. Slegs

bottelgroen musse mag voor skool gedra word.

NAELS: Moet te alle tye kort en skoon wees. Naels mag nie langer

as die vingers wees nie.

KOUGOM: Die kou van kougom word nie in die skool toegelaat nie.

REëNJASSE: Helder, sigbare (bv. oranje) reënjasse word aanbeveel.

AMIGO WINDJEKKER: Opsioneel. Slegs die groen windjekker met die

skoowapen op, is aanvaarbaar. By klerewinkel

beskikbaar op bestelling.

SKOOLTASSE: Slegs die aanbevole Panorama-tasse mag gebruik word.

Skooltas is by klerewinkel beskikbaar.

Formele skooldrag is volledige winteruitrusting en word gedra tydens

openbare optredes of soos deur die skoolhoof bepaal.

Alle kledingstukke moet duidelik gemerk wees, sowel as enige ander

artikel wat by die skool gebruik word.

Indien borge gevind kan word, sal die eerste spanne van al die

sportsoorte toegelaat word om sportdrag soos wat deur die afrigters

ontwerp en deur die Beheerliggaam goedgekeur is, te dra.

Indien enige ander spanne geborg sou word, sal die borg se naam op die

skool se bestaande uitrusting aangebring word.

6.2 LEWERANSIERS VAN SKOOLDRAG:

Wit hemde en grys broeke vir seuns kan by enige leweransier gekoop

word. Grys broeke vir dogters en ander voorgeskrewe artikels is by die

skool se klerewinkel beskikbaar.

6.3 KLEREWINKEL: (Op skoolperseel)

Bedryfsure: By sekretaresse, op die D6 óf teen die bord by klerewinkel

beskikbaar.

Die winkel hou 'n voorraad van nie-standaard items van die skooldrag aan.

(Navrae : Tel. 558 7337)

Indien daar enigsins van die Dragkode van Laerskool Panorama afgewyk

moet word, moet daar ‘n skriftelike versoek aan die Skool Beheerliggaam

gerig word, wat op hul beurt die meriete van die versoek sal ondersoek en

daarna terugvoering sal gee.

Tweedehandse skooldrag word ook verkoop.

7. BUITE-KURRIKULêRE AKTIWITEITE

Om die kind in sy totaliteit op te voed, wil ons alle leerders sterk

aanmoedig om aan ten minste een wintersportsoort en een

somersportsoort wat deur die skool aangebied word, deel te neem en

ook aktief by kulturele aktiwiteite in te skakel. Ouers word dus versoek om

saam met hulle kinders 'n gebalanseerde buitemuurse program saam te

stel.

'n Buitemuurse program word aan die begin van die kwartaal op die D 6

geplaas vir die ouers. Dié program bevat alle inligting soos oefendae,

oefentye, afrigters, ensovoorts.

Die volgende ko-kurrikulêre aktiwiteite word aangebied.

7.1 SPORT

EERSTE EN VIERDE KWARTAAL

Mini-krieket - seuns (o.7, o.8 en o.9)

Atletiek - seuns en dogters (o.7 tot o.13)

Krieket - seuns (o.10; o.11 en o.13)

Tennis - seuns en dogters (o.8 – o.13)

Landloop - seuns en dogters o.9; o.11; o.13)

Skaak - seuns en dogters (Gr. 3 – 7)

TWEEDE EN DERDE KWARTAAL

Rugby - seuns (o.10 tot o.13)

Mini-rugby - seuns (o.7; o.8 en o/9)

Netbal - dogters (o.10; o.11; o.12; o.13)

Mini-netbal - dogters (o.7; o.8; o.9)

Landloop - seuns en dogters (o.9; o.11; o.13)

Hokkie - seuns en dogters (o.11 tot o. 13)

Mini-hokkie - seuns en dogters (o.7; o.8; o.9; o.10)

Skaak - seuns en dogters (Gr. 3 tot gr. 7)

*Swem, ballet en karate word na skoolure deur professionele persone

aangebied. Meer inligting kan by die skool verkry word.

7.2 KULTUREEL

Kuns - seuns en dogters (gr. 1 tot gr. 7)

Junior Koor - seuns en dogters (gr. 2 en gr. 3)

Senior Koor - seuns en dogters (gr. 4 tot gr. 7)

Spraak en drama - seuns en dogters (gr. 1 tot gr. 7)

Jnr Orff Orkes - seuns en dogters (gr. 2 en 3)

Snr Orff Orkes - seuns en dogters (gr. 4 tot gr. 7)

Ensemble - seuns en dogters (gr. 4 tot gr. 7)

7.3 SKOOLBIBLIOTEEK

Die skool beskik oor 'n goed toegeruste biblioteek. Leerders word

toegelaat om tydens pouses, voor en na skool boeke uit te neem. Die

biblioteek is elke middag van Maandag tot Donderdag ‘n uur na skool oop.

8. SKOOLGELDE:

8.1 SKOOLGELDE

Skoolgelde word jaarliks deur die Finansiële Komitee van die

Beheerliggaam bepaal. Dit moet dan deur die Beheerliggaam en die

ouers tydens die Begrotingsvergadering in die vierde kwartaal,

goedgekeur word. Verdere inligting hieroor kan by die skool verkry word.

8.2 MUSIEKGELDE

Leerders wat belangstel om musiek te neem, word getoets en volgens

meriete op 'n waglys geplaas. Skriftelike kennisgewing van een kwartaal

word vereis wanneer 'n leerder nie verdere onderrig wil ontvang nie.

8.3 REMEDIëRING

Daar is twee private remediërende opvoeders, arbeidsterapeute en

spraakterapeute beskikbaar. Tariewe is op aanvraag beskikbaar.

9. OUERBETROKKENHEID

Die ouer en die opvoeder vorm saam 'n belangrike vennootskap in die

opvoedingsproses van hul kinders. Gereelde skakeling tussen ouers en

opvoeders word dus sterk aangemoedig.

10. OUERAANDE

Oueraande word op 'n gereelde basis deur die loop van die jaar

aangebied.

Tydens hierdie byeenkomste word algemene sake rakende die skool

bespreek. Sprekers word ook soms genooi om ouers toe te spreek

aangaande opvoedingsaangeleenthede.

Individuele onderhoude met die opvoeders word elke kwartaal gereël.

Ouers sal daaroor ingelig word. Maak asseblief van hierdie geleentheid

gebruik om u kind/ers se vordering te bespreek.

Komitees waar ouers betrokke kan raak:

- Klasverteenwoordigers

- OOV

- Beheerliggaam

11. NASORG

Die skool beskik oor ‘n goed toegeruste nasorgfasiliteit met beperkte inname. Daar moet dus betyds aansoek gedoen word indien u belangstel.

12. PRE-PRIMêR

Skooltye: 07:45 – 12:30

Hekke open om 07:30 Tans nie verpligtend, maar word sterk aanbeveel. Geen vryskelding van skoolfooie aangesien alle personeel en leermiddele uit eie fondse gefinansier moet word. Slegs leerders wat voor 30 Junie van die betrokke jaar 5 word of gedurende die jaar 6 word, sal oorweeg word. Leerders wat in sy/haar Graad R-jaar 6 word, sal voorkeur geniet.

13. TOELATING TOT GRAAD 1

Voorkeur word gegee aan leerders wat skoolpligtig is, m.a.w.

leerders wat in hul graad 1 jaar, 7 word.

Verwys na die Toelatingsbeleid van Laerskool Panorama.

14. ONS WAARDES