navorsingsimposium – 2014 – research symposium 2… · vrese oor grondrestitusie grootliks...

16
Page 54 • CHIPS • September/Oktober 2014 Artikel: Gawie Geyer en dr. Fienie Niederwieser / Foto’s: Gawie Geyer Navorsingsimposium – 2014 – Research Symposium Die Aartappelnavorsingsimposium wat op 5 en 6 Augustus 2014 by Khaya Ibhubesi op Parys gehou is, het die ideale platform geskep vir die aartappelnavorsingsgemeenskap vir terugvoering insake vordering met navorsingsprojekte, die uitslae van die proewe wat deur die onderskeie aartappelwerkgroepe onderneem is, bespreking van die pad vorentoe en natuurlik skakeling. Landbou in die Wes-Vrystaat - Mnr. JF van der Merwe, Voorsitter van die Wes-Vrystaat Gebiedsbestuur Aartappels is een van die top nege gewasse wat in die streek verbou word en die inkomste wat uit aartappelverbouing gegeneer word, beloop sowat R750 miljoen per jaar. 1 700 hektaar aartappels word onder droëlandtoestande verbou en 5 500 hektaar onder besproeiing. Hiervan is 4 600 hektaar vir die verbouing van moere geoormerk en 2 600 hektaar vir tafelmark en verwerking. Wat landbou in die algemeen betref het mnr. Van der Merwe sy kommer uitgespreek oor die drastiese toename in landbouskuld wat vanaf R4.8 miljard in 1982 tot R88.8 miljard in 2012 gestyg het. Hy het genoem dat alhoewel vrese oor grondrestitusie grootliks bydra dat boere hul geld uit die landbou neem, die strewe na maksimum opbrengs ook ’n belangrike rol speel, nieteenstaande die feit dat maksimum opbrengs nie noodwendig maksimum wins verteenwoordig nie. Mnr. Van der Merwe het ten slotte die belangrikheid beklemtoon dat daar bepaal moet watter tonnemaat optimale wins verteenwoordig en dat die inligting aan aartappelprodusente beskikbaar gestel moet word. Resultate van die Aartappelwerkgroepe se kultivarproewe - Me René Carlson: Aartappels SA Aangesien omgewingstoestande in die onderskeie produksiestreke verskil word kultivarproewe in die meete produksiestreke onderneem. Om die stabiliteit van die kultivars onder die uiteenlopende omgewingstoestande te kan bepaal word die kultivars oor meer as een seisoen getoets. Ten einde kultivars te identifiseer wat sedert 2005 die beste resultate lewer in terme van opbrengs en stabiliteit is resultate van drie verskillende scenario’s vergelyk, naamlik waterregime (droëlandproduksie en produksie onder besproeiing), groeiseisoen (winter- en somerproduksie) en kultivar- groeiperiode (kort, medium en lank). Aanplanting Aantal kultivars geproef Toestande, streke en groeiperiode Kultivars in volgorde van prestasie Besproeiing 69 Limpopo, Loskopvallei, Oos- Kaap, Mpumalanga, Noord- wes, Suidwes-Vrystaat, Ceres, Oos-Vrystaat, Wes-Vrystaat, Noord-Kaap, Noordoos-Kaap, KwaZulu-Natal en Sandveld (twee lokaliteite) Mondial; Valor; Sifra; Markies; Almera Droëland 38 Oos-Vrystaat (vier lokaliteite) Mondial; Up-to-Date; Sifra; Markies; Valor Resultate word in onderstande tabel opgesom.

Upload: vophuc

Post on 12-Apr-2018

251 views

Category:

Documents


11 download

TRANSCRIPT

Page 1: Navorsingsimposium – 2014 – Research Symposium 2… · vrese oor grondrestitusie grootliks bydra dat boere hul geld uit die landbou neem, die strewe na maksimum opbrengs ook ’n

Page 54 • CHIPS • September/Oktober 2014

Artikel: Gawie Geyer en dr. Fienie Niederwieser / Foto’s: Gawie Geyer

Navorsingsimposium – 2014 –

Research SymposiumDie Aartappelnavorsingsimposium wat op 5 en 6 Augustus 2014 by Khaya Ibhubesi op Parys gehou is, het die ideale platform geskep vir die aartappelnavorsingsgemeenskap vir terugvoering insake vordering met navorsingsprojekte, die uitslae van die proewe wat deur die onderskeie aartappelwerkgroepe onderneem is, bespreking van die pad vorentoe en natuurlik skakeling.

Landbou in die Wes-Vrystaat - Mnr. JF van der Merwe, Voorsitter van die Wes-Vrystaat Gebiedsbestuur

Aartappels is een van die top nege gewasse wat in die streek verbou word en

die inkomste wat uit aartappelverbouing gegeneer word, beloop sowat R750 miljoen per jaar. 1 700 hektaar aartappels word onder droëlandtoestande verbou en 5 500 hektaar onder besproeiing. Hiervan is 4 600 hektaar vir die verbouing van moere geoormerk en 2 600 hektaar vir tafelmark en verwerking.

Wat landbou in die algemeen betref het mnr. Van der Merwe sy kommer uitgespreek oor die drastiese toename in landbouskuld wat vanaf R4.8 miljard in 1982 tot R88.8 miljard in 2012 gestyg het. Hy het genoem dat alhoewel vrese oor grondrestitusie grootliks bydra dat boere hul geld uit die landbou neem, die strewe na maksimum

opbrengs ook ’n belangrike rol speel, nieteenstaande die feit dat maksimum opbrengs nie noodwendig maksimum wins verteenwoordig nie. Mnr. Van der Merwe het ten slotte die belangrikheid beklemtoon dat daar bepaal moet watter tonnemaat optimale wins verteenwoordig en dat die inligting aan aartappelprodusente beskikbaar gestel moet word.

Resultate van die Aartappelwerkgroepe se kultivarproewe - Me René Carlson: Aartappels SA

Aangesien omgewingstoestande in die onderskeie produksiestreke verskil word

kultivarproewe in die meete produksiestreke onderneem. Om die stabiliteit van die kultivars onder die uiteenlopende omgewingstoestande te kan bepaal word die kultivars oor meer as een seisoen getoets. Ten einde kultivars te identifiseer wat sedert 2005 die beste resultate lewer in terme van opbrengs en stabiliteit is resultate van drie verskillende scenario’s vergelyk, naamlik waterregime (droëlandproduksie en produksie onder besproeiing), groeiseisoen (winter- en somerproduksie) en kultivar-groeiperiode (kort, medium en lank).

Aanplanting Aantal kultivars geproef Toestande, streke en groeiperiode

Kultivars in volgorde van prestasie

Besproeiing 69 Limpopo, Loskopvallei, Oos-Kaap, Mpumalanga, Noord-wes, Suidwes-Vrystaat, Ceres, Oos-Vrystaat, Wes-Vrystaat, Noord-Kaap, Noordoos-Kaap, KwaZulu-Natal en Sandveld (twee lokaliteite)

Mondial; Valor; Sifra; Markies; Almera

Droëland 38 Oos-Vrystaat (vier lokaliteite) Mondial; Up-to-Date; Sifra; Markies; Valor

Resultate word in onderstande tabel opgesom.

Page 2: Navorsingsimposium – 2014 – Research Symposium 2… · vrese oor grondrestitusie grootliks bydra dat boere hul geld uit die landbou neem, die strewe na maksimum opbrengs ook ’n

Tegniese Nuus • Technical News

CHIPS • September/October 2014 • Page 55

Aanplanting Aantal kultivars geproef Toestande, streke en groeiperiode

Kultivars in volgorde van prestasie

Winter 54 Plantdatum: 1 Maart tot 31 Julie Mpumalanga, Noordwes, Suidwes-Vrystaat, Ceres, Oos-Vrystaat, Wes-Vrystaat, Noord-Kaap, Noordoos-Kaap, Weenen (KwaZulu-Natal) en Sandveld

Mondial; Valor; Fianna; Kikko; Labadia

Somer 63 Plantdatum: 1 Augustus tot 28 Februarie Limpopo, Loskopvallei, Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Sandveld

Mondial; Sifra; Valor; Markies; Almera

Kort groeiers 14 <90 dae Almera; Lanorma; Harmony; Marimba; Emergo

Medium groeiers 45 90 – 100 dae Mondial; Valor; Sifra; Martk-ies; Kikko

Lang groeiers 8 >110 dae Fianna; Up-to-date; Cella; Pentland Dell; Eryn

Navorsingstrategie van die Suid-Afrikaanse aartappelbedryf: Dr. Fienie Niederwieser, Aartapppels SA

Navorsing moet die beperkinge en geleenthede aanspreek wat ‘n invloed uitoefen op die volhoubaarheid van die Suid-Afrikaanse aartappelbedryf. In ‘n voortdurend veranderende milieu is dit noodsaaklik dat die aartappelbedryf se navorsingstrategie elke paar jaar onder die loep geneem word en indien nodig opgedateer word. Aartappels Suid-Afrika se navorsingstrategie is gedurende die organisasie se 2013/2014-finansiële jaar gewysig om by die verandere behoeftes en omstandighede aan te pas. Die nuwe strategie is die uitvloeisel van besluite wat tydens ‘n bedryfsverteenwoordigende werkswinkel geneem is en na konsultasie met aartappelprodusente in die produksiestreke.

(‘n Omvattende verslag insake die gewysigde Aartappelbedryfnavorsingstrategie het in CHIPS – Mei / Junie 2014 verskyn – sien pp. 42 tot 44.)

The impact of potato cultivation on groundwater resources in the Sandveld – Mr Julian Conrad, GEOSS

The Sandveld is a major potato production region. Potatoes are cultivated under irrigation. However, as the region experiences low rainfall, irrigation water is mainly derived from groundwater. Based on a four year

rotation cycle approximately 60 Mm3/a of groundwater is abstracted for the irrigation of potatoes in the broader Sandveld.

The abstraction of groundwater is a sensitive issue in the Sandveld as groundwater is also supplied to towns in the region and, in addition, it plays a critical role in sustaining sensitive ecosystems such as the Verlorenvlei. The groundwater resources have been monitored for almost 10 years now and the results are becoming meaningful. Results have shown that the level and quality of gound water have in general not deteriorated in the testing period. During cycles with low rain fall in the area, ground water levels dropped, but after a cycle of good rainfall levels have generally risen to levels at the beginning of the monitoring period.

For more information see article in CHIPS – March / April 2014, pp. 32 to 36)

Fasilitering van die implementering van besproeiingskedulering vir meer volhoubare aartappelproduksie: Prof. Martin Steyn, Universiteit van Pretoria

Die langtermyn doelwit van die projek is om omgewings- en ekonomiese volhoubaarheid van aartappelproduksie te bevorder deur die wyer fasilitering van die implementering van besproeiingskedulering.

Die implementering van besproeiingskedulering op

Page 3: Navorsingsimposium – 2014 – Research Symposium 2… · vrese oor grondrestitusie grootliks bydra dat boere hul geld uit die landbou neem, die strewe na maksimum opbrengs ook ’n

Page 56 • CHIPS • September/Oktober 2014

Mr Morgan Naidoo, Cedara KZN Department of Agriculture - Cedara

Due to the scrapping of the packaging specifications from the official regulations applicable to the grading, packing and marking of potatoes, a number of bags

have been found to be manufactured from inferior quality paper. This prompted Potatoes South Africa to develop a guideline paper specification for use in the potato industry for the benefit and protection of producers and other stakeholders in the value chain.

The Agronomy Section of Cedara Agricultural College conducted greening tests on 250 coded bags supplied by defferent bag manufacturers / suppliers. Although the basic trends of the paper density on greening have been identified, it is imperative that the trials should be repeated under a different data collection regime.

Once the trials have been completed the outcome of the results will be evaluated and ratified by Potatoes South Africa with a view to compiling and implementing a guideline specification.

Profielsamestelling van gebraaide aartappelskyfies (slaptjips) vanuit elf kultivars vir die informele mark: Me. Carmen van Niekerk, Universiteit van Pretoria

Aangesien die huidige aartappelklassifikasiestelsel nie die Trots Suid-Afrikaanse produk slaptjips insluit nie, is ‘n studie onderneem om te bepaal watter kultivarseienskappe ‘n rol speel wanneer slaptjips op ‘n dubbelbraaimetode gemaak word. Die hoofverbruikers van slaptjips is die LSM 4 – 7 verbruikers.

Die slaptjips van elf kultivars uit die Oos-Vrystaat is deur ‘n opgeleide sensoriese paneel geëvalueer. Die aartappels is op dieselfde dag geoes, volgens kleinskaalpraktyke geprosesseer, dubbelgebraai in sonneblomolie en op ‘n ewekansige blinde basis aan die paneel voorgesit.

Die belangrikste gevolgtrekking van die studie is dat enige klas aartappel geskik is vir die maak van slaptjips aangesien persoonlike voorkeure vir spesifieke eienskappe die verbruiker se keuse bepaal.

Development of descriptive terms for potato classification: Ms Carmen van Niekerk, University of Pretoria

The current classification system used for potatoes in South

aartappelproduksie is eerste in die Sandveld geloods en 18 produsente neem daaraan deel. Dit is in 2013 na die Limpopo uitgebrei. Om die Limpopo aartappelprodusente by te staan in die gebruik van kapasitansie-sensors (“probes”) is twee verskaffers van besproeiingskeduleringstoerusting geïdentifiseer op grond van hulle produkreeks, diensopsies en belangstelling om in die streek besigheid te doen. Daar is tans tien Limpopo aartappelprodusente wat sensors vir besproeiingsbestuur gebruik. Die vlak van dienslewering word deurlopend in beide streke gemonitor om te verseker dat die skeduleringsdienste doeltreffend funksioneer.

Die volgende fase van die projek sal die fokus verskuif na meer aartappelproduksiestreke.

Hulpbrongebruiks-doeltreffendheid en risiko’s verbonde aan aartappelproduksie in Suid-Afrika: Proff. Martin Steyn en Jacquie van der Waals, Universiteit van Pretoria

Aartappelproduksie vereis hoë insettevlakke van onder andere moere, kunsmis, besproeiing, plaag- en pesbeheer, energie en arbeid wat ‘n wesentlike impak op volhoubaarheid het.

Die projek wat inligting van meer as 100 aartappelprodusente in die 16 produksiestreke insluit, was daarop gemik om (i) die verskillende produksiestreke te assesseer ten opsigte van hulle gebruik van grond, water, energie, bemesting en arbeid, (ii) die risiko’s van siektes, peste en weersomstandighede te bepaal en (iii) ingrypings aan te beveel om hulpbron-intensiewe praktyke aan te spreek en sodoende omgewings- en ekonomiese volhoubaarheid te verseker.

Alhoewel die resultate van streek tot streek verskil dui die resultate daarop dat kunsmis en besproeiing die grootste energie-insette verteenwoordig, gevolg deur vervoer en koelopberging. Van die belangrikste aspekte wat volgens die studie aangespreek moet word, is bemestingspraktyke en waterverbruiksdoeltreffendheid.

Terugvoering ten opsigte van die resultate word in die produksiestreke gegee ten einde ondoeltreffende praktyke te identifiseer en te bepaal hoe dit aangespreek kan word, soos om minder kunsmis en/of chemikalieë toe te dien en om besluitnemingshulpmiddels te gebruik vir byvoorbeeld besproeiing en plaagbeheer.

Investigation into the effect of paper colour and density on greening of stored potato tubers:

Page 4: Navorsingsimposium – 2014 – Research Symposium 2… · vrese oor grondrestitusie grootliks bydra dat boere hul geld uit die landbou neem, die strewe na maksimum opbrengs ook ’n

Tegniese Nuus • Technical News

CHIPS • September/October 2014 • Page 57

belangrikheid en voortslepende soeke na moontlike beheer vir swartstam en sagte vrot regverdig die herhaling en uitbreiding van hierdie eksperiment.

Developing a sanitation model to reduce post harvest decay of potatoes: Mr Tlangenani Nghondzweni, Tshwane University of Tecnology

The use of chlorinated chemicals is currently the most preferred control measure to control post-harvest soft rot of potato tubers caused by Pectobacterium carotovorum subsp. carotovorum (Pcc) during storage. However, chlorine has been reported to have a greatly reduced bactericidal effect in the presence of soils and organic matter in wash flumes and dip tanks.

The aim of this study was to determine the efficacy of existing and new sanitation products/protocols to assist in developing an integrated sanitation protocol that will successfully and safely reduce post-harvest decay of potatoes caused by Pcc. The results indicated that Mondial tubers were significantly more susceptible to soft rot than Fianna tubers since Mondial tubers showed 100% soft rot incidence at 35 days of evaluation whereas Fianna tubers only showed 47% disease incidence over the same period. It was also shown that treating artificially infected potato tubers from both cultivars with post-harvest sanitizing products had a significant effect on post-harvest soft rot incidence. The findings show that (a) by planting a tolerant potato cultivar, soft rot incidence can be reduced by up to 53% and (b) by applying an effective post-harvest sanitizer as a potato wash, disease incidence can be reduced by up to 43%. In theory we can therefore deduce that combining the use of a tolerant potato cultivar and effective post-harvest treatment, the incidence of post-harvest soft rot can potentially be reduced by more than 70%.

Evaluation of cultivar susceptibility of powdery scab in field trials - results from five trials: Prof Jacquie van der Waals, University of Pretoria

Powdery scab is caused by Spongospora subterranea f.sp. subterranea (Sss). There are currently no methods available that can completely eradicate the pathogen from the soil or seed. Cultivar tolerance to powdery scab is thus one of the most effective tools in the management thereof. For this reason, five cultivar trials were planted in commercial fields naturally contaminated with Sss to evaluate root and tuber susceptibility.

Africa groups cultivars in three classes, i.e. waxy, floury and waxy/floury. Unfortunately these terms mean little to the consumer and might even elicit a negative connotation. Consequently a need was identified to investigate descriptive terms for consumer education and labelling purposes to provide the consumer with a clear indication of the characteristics of potatoes, and how it can be used in meals. It was also taken into consideration that the LSM 4-7 consumer group purchases more than 50% of potatoes and it is therefore imperative that they can clearly associate with the description.

Electronic questionnaires were distributed and completed to determine common words describing potatoes and its culinary applications. The culinary applications were further categorised into group categories during focus group sessions. The focus group members further supplied descriptive words which they would use on a regular basis to describe the desired outcomes of each culinary grouping.

The descriptive terms agreed upon were Soft, Crisp, Firm but Soft and Buttery/Creamy. It is felt that these new descriptive terms will simplify the consumers’ purchasing decisions and also ensure that consumers purchase the right potato for the specific cooking techniques.

Evaluasie van verskeie ontsmettingsmiddels vir die beheer van sagte vrot veroorsaak deur Pectobacterium carotovorum subsp. brasilliense: Me Susan du Raan, Universiteit van Pretoria

Swartstam en sagte vrot is verantwoordelik vir soveel as 60% van verliese in die land en tydens opberging wat veroorsaak word deur die groep pektinolitiese bakteriese patogene in die genera Pectobacterium en Dickeya. Die hoogs virulente spesie Pectobacterium carotovorum subsp. brasilliense (Pcb) kom in al die aartappelproduksiestreke in Suid-Afrika voor en is verantwoordelik vir die meeste verliese weens sagte vrot. Die gebrek aan chemikalieë vir die beheer en uitroei van die patogeen bemoeilik die bestuur van die siekte. Verskeie chemikalieë word tans gebruik tesame met ander beheerpraktyke om ‘n mate van beheer toe te pas, hoofsaaklik as oppervlakkige ontsmettingsmiddels in sanitasiepraktyke van knolle, masjinerie en opbergingsareas.

Nege verskillende produkte is getoets. In vitro metodes, insluitend minimum effektiewe dosis (MED) bepaling en konsentrasie-tyd toetse, is gedoen. Belowende MED resultate is gebruik in die besluitneming van watter middels en konsentrasies verder getoets moet word. Die

Page 5: Navorsingsimposium – 2014 – Research Symposium 2… · vrese oor grondrestitusie grootliks bydra dat boere hul geld uit die landbou neem, die strewe na maksimum opbrengs ook ’n

Page 58 • CHIPS • September/Oktober 2014

Page 6: Navorsingsimposium – 2014 – Research Symposium 2… · vrese oor grondrestitusie grootliks bydra dat boere hul geld uit die landbou neem, die strewe na maksimum opbrengs ook ’n

Tegniese Nuus • Technical News

CHIPS • September/October 2014 • Page 59

Page 7: Navorsingsimposium – 2014 – Research Symposium 2… · vrese oor grondrestitusie grootliks bydra dat boere hul geld uit die landbou neem, die strewe na maksimum opbrengs ook ’n

Page 60 • CHIPS • September/Oktober 2014

Common scab caused by Streptomyces spp. is a widespread bacterial disease affecting potato production. Various management practices have been investigated aimed towards reducing disease incidence, however, few have been successful when applied individually. The aim of this project was to investigate the effect of rotation crops as part of an integrated management strategy to manage common scab.

A project at a trial site was initiated at the Agricultural Research Council-Vegetable and Ornamental Plant Institute (ARC-VOPI) in long term experimental blocks. During the first year fifteen Streptomyces spp. isolates (including fissure scab isolates) were isolated from necrotic lesions of potato tubers and used to prepare inoculum to artificially inoculate the field. A susceptible potato cultivar was planted to settle the inoculum in the soil. The site was then subjected to soil sampling before and after each follow-up crop. The follow-up crops were chosen to address specific management goals such as soil improvement, disease suppression and representation of a standard cropping rotation system. Enzyme analysis and biological assays were carried out on the soil samples. The soil samples were stored in a cold room for further biological assay on different ISP growth medium. To evaluate the overall effect of the integrated disease management program towards reducing common scab disease incidence, a susceptible potato cultivar BP1 was planted. Preliminary results indivcated that rotation crops can reduce the scab index on potatoes, but the treatments need to be repeated one more year before recommendations can be made.

Bewaringsboerderypraktyke vir aartappelproduksie in die Sandveld: Dr. Jacques van Zyl, Departement van Landbou Wes-Kaap

Bewaringsbewerkingpraktyke wat uit minimum bewerking, permanente bedekkings en wisselbou bestaan, het die potensiaal om in samewerking met dekgewasbestuur, die degradering van grond teen te werk en goeie opbrengste en ekosisteemstabiliteit te onderhou. Die volhoubaarheid van gewasproduksie word onderhou en verbeter deur effektiewe en aktiewe mikro-organismepopulasies. Hierdie populasies benodig egter ’n hoë organiese koolstofinhoud in die grond om selfonderhoudend te wees. Bewerking speel ‘n kardinale rol in die verandering van die grondstruktuur aangesien dit die verspreiding van energieryke organiese materiaal in die grondprofiel beïnvloed en sodoende ook die energievloei en die dinamiek van grondchemiese prosesse.Die projek word op die plaas Fisantekraal Aurora uitgevoer met die doelwit om die effek van

Results from powdery scab assessments showed no relationship between root and tuber susceptibility of cultivars. Most cultivars showed similar susceptibility to powdery scab in all. This is an indication of the low genetic variation in the pathogen population and that the host resistance is probably horizontal, thus allowing the resistance to be effective under adverse environmental conditions. The results, although not conclusive, give an indication of the relative susceptibility to powdery scab of certain cultivars planted in South Africa and can help growers make informed pre-plant decisions.

Die rol van inokulum bron van Rhizoctonia solani in siekte ontwikkeling: Prof. Jacquie van der Waals, Universiteit van Pretoria

Rhizoctonia solani is ‘n aartappelpatogeen wat kwalitatiewe en kwantitatiewe verliese veroorsaak. Kwalitatiewe verliese is as gevolg van die ontwikkeling van sklerotia (swart skurf), groeikrake, trompetgate, olifantskil en misvorming van knolle. Kwantitatiewe verliese vind plaas wanneer die patogeen wortels of stolons aanval, wat tot swak plantegroei en verminderde opbrengste lei. Daar is twee hoofbronne van primêre inokulum, naamlik saad- en grondgedraagde inokulum. ‘n Studie is uitgevoer in mini-plotte op die Universiteit van Pretoria se proefplaas om die ope vrae oor die belang en invloed van R. solani inokulum bron op siekte ontwikkeling in aartappels te ondersoek.

Daar was geen betekenisvolle verskille in swart skurf siekte-indeks tussen die geïnokuleerde behandelings nie, alhoewel almal hoër was as die kontrole. Soortgelyk het beide saad- en grond-inokulum die opkoms betekenisvol verminder in vergelyking met die kontrole, maar daar was geen verskille tussen die geïnokuleerde behandelings nie. Daar is bewys dat saadgedraagde inokulum van R. solani potensieel meer aggressief kan wees as grondgedraagde inokulum in wortelinfeksies. Hierdie resultate bevestig die van verskeie ander navorsers wat gewys het dat swart skurf en ondergrondse simptome verhoog word wanneer beide inokulumbronne teenwoordig is. Siektevlakke kan tot ‘n mate verminder word deur die toediening van in-voor grondbehandelings, maar hierdie behandelings is minder effektief wanneer saad- en / of grond-inokulumvlakke hoog is. Dit is daarom belangrik dat al twee inokulumbronne beheer word vir optimale siektebestuur.

Integrated disease management for the reduction of common scab of potato (Streptomyces spp.) in South Africa: Ms Rendani Murovhi, ARC-VOPI and Tshwane University of Technology

Page 8: Navorsingsimposium – 2014 – Research Symposium 2… · vrese oor grondrestitusie grootliks bydra dat boere hul geld uit die landbou neem, die strewe na maksimum opbrengs ook ’n

Tegniese Nuus • Technical News

CHIPS • September/October 2014 • Page 61

‘n negatiewe korrelasie met plant parasitiese aalwurms en bruinskurf.

(‘n Uitgebreide verslag van die resultate is beskikbaar in Chips November / Desember 2013, p 34-40)

Effect of soil health on plant parasitic nematodes: Mr Edward Onkendi, University of Pretoria

Plant parasitic nematodes, in particular the destructive cyst (Heterodera spp.), lesion (Pratylenchus spp.) and root-knot

nematodes (Meloidogyne spp.), play a significant role in influencing potato production. The prevalence of diseases and plant-parasitic nematodes in the soil are determined mainly by soil health. Soil health affects water, air and the productivity of microorganisms in the soil and crops, which depend directly on soil life. The abundance and diversity of different soil organisms act as indicators of the healthiness of the soil. Moreover, physical attributes of the soil, for example organic matter content, presence of living organisms, water retention capacity, soil texture and aeration often act as parameters for evaluating soil health. Poor soils often exhibit an increased build-up of plant parasitic nematodes and a disturbed soil structure. Land use and management practices have significant effects on the biological, chemical and physical properties of any given soil. Negative effects on the three key properties of the soil often lead to increases in the plant-parasitic nematode population.

To improve soil heath nematodes densities can be reduced through cultural pratices, biological antagonists and organic amendments. It is emperative that new transmissions be avoided, effective biological methods be adopted and soils be fumigated and solarized.

Aphid flight patterns in three seed-potato producing regions: Prof Kerstin Krüger, University of Pretoria

Aphid species differ in their ability to transmit Potato leafroll virus (PLRV) and

Potato virus Y (PVY). Virus transmission in the field is further influenced by aphid flight patterns.

The aim of this study was to compare aphid vector species composition and seasonal flight patterns in the summer rainfall region of South Africa. Aphids were collected with 12.2 m high Rothamsted-type suction traps in seed-potato producing regions in KwaZulu-Natal (three traps), and the Northern Cape and Western Free State (one trap each).

bewaringsboerderypraktyke op opbrengs, fisiese, biologiese en chemiese status van die grond asook om die waterverbruiksdoeltreffendheid in aartappelproduksie te bepaal. ‘n Verdere doelwit is die ontwikkeling van bewaringsboerderyriglyne wat geïnkorporeer kan word in die beste praktyke vir aartappelproduksie in die Sandveld. In die proef is hawer, rog en ‘n kombinasie van rog en ‘n graangewas aangeplant. Die dekgewasse skep onder andere beter toestande vir die groei en ontwikkeling van wortels, verminder water en gronderosie, verminder waterdruppelimpak op die grondoppervlak en lei tot verhoogde humusvorming.

Die resultate van die eerste seisoen was baie insiggewend en het interessante tendense getoon wat ‘n groot impak sal lewer indien hierdie tendense herhaal kan word in die verloop van die proef aangesien dit die bewerkingsmetode in die toekoms kan verander om daardeur ‘n meer volhoubare produksiesisteem daar te stel vir implementering in die Sandveld.

Beduidende verskille is onder andere gevind ten opsigte van die grondrespirasie en aktiewe koolstofvlakke met die hoogste waardes in die minimum bewerkte behandelings. Die plantparasitiese nematodes het in beduidend hoër getalle voorgekom by die maksimale bewerkte behandelings. Die opbrengs en grootteverspreiding het getoon dat die minimum bewerkte persele statisties die hoogste opbrengste getoon het met die beste grootteverspreiding. Grond penetrometerlesings is geneem en beduidende verskille het voorgekom op die onderskeie dieptes.

(‘n Uitgebreide verslag van die resultate is beskikbaar in Chips November / Desember 2013, p 34-40)

Die invloed van bewaringsboerdery praktyke op grond mikrobiese populasies en grondgedraagde siektes van aartappels: Me René Carlson, Aartappels Suid-Afrika

Die biologiese gedeelte van die langtermyn-bewaringsboerdery projek wat in die Sandveld geloods is, bestudeer die invloed van bewaringsboerdery-praktyke op die inheemse mikrobiese populasies en die voorkoms van grondgedraagde siektes van aartappels en of daar ‘n korrelasie voorkom. Kultuur-afhanklike en -onafhanklike metodes is toegepas om die veranderinge in mikrobiese populasies te meet. Mikrobiese aktiwiteit is gemeet deur ensiem-aktiwiteit en mikrobiese diversiteit deur koolstofbronverbruik. Die eerste seisoen se resultate dui op ‘n positiewe korrelasie tussen bewaringsbewerking en aktiewe koolstof, grondrespirasie, aartappelopbrengs, vry-lewende aalwurms, sowel as mikrobiese diversiteit en

Page 9: Navorsingsimposium – 2014 – Research Symposium 2… · vrese oor grondrestitusie grootliks bydra dat boere hul geld uit die landbou neem, die strewe na maksimum opbrengs ook ’n

Page 62 • CHIPS • September/Oktober 2014

Host plant preference of Rhopalosiphum padi (Hemiptera: Aphididae) and its role in selecting crop border plants to reduce Potato virus Y (PVY) in seed potatoes: Dr Michelle Schröder, University of Pretoria

Alate (winged) Rhopalosiphum padi in search of host plants transmit the non-persistent Potato virus Y (PVY) to seed potatoes. Aphids land in high numbers at the edge of a field, therefore the planting of a non-virus host plant as a crop border can reduce PVY incidence by acting as a virus sink.

The present study evaluated R. padi preference for maize and wheat cultivars compared to potato cultivars in order to identify a potential crop border plant that is attractive to aphids for landing, but does not support a high aphid population density. The information will contribute to the development of selection criteria for potential crop border plants. Landing and settling preferences and reproductive rates of R. padi on three cultivars each of maize, potato and wheat were compared. The attractiveness to R. padi of different shades of green (relative to differences in spectral reflectance of the crop cultivars) was determined, as well as olfactory responses of this species to the plant cultivars tested.

The results of the present study suggest that maize ‘6Q-121’ could be a suitable crop border plant in seed potato production regions where R. padi is abundant due to high aphid landing and low reproduction rates. A suitable crop border plant should (1) be a preferred host plant species and a cultivar that attracts, but does not support high population densities of the dominant aphid vector species in a specific region, (2) reflect a higher percentage of light in the green-yellow wavelength region than the main crop, and (3) not emit volatile compounds known to repel the aphid vector.

Die bepaling van weerstand van kommersieël aangeplante Suid-Afrikaanse aartappelkultivars teen PVYNTN: Prof. Dirk Bellstedt, Universiteit van Stellenbosch

Die PVYNTN ras is die ernstigste PVY ras in Suid-Afrika.

Aartappelkultivars besit verskillende vlakke van weerstandbiedendheid teenoor PVYNTN. In weerstandbiedende plante word die verspreiding van die virus in die plant vertraag. Deur die aanwending van RT-PCR, is die spoed van verspreiding in aartappelplante

The most abundant vector of PVY in recent years in all study regions was Rhopalosiphum padi (bird-cherry oat aphid). This species do not reproduce on potato, and also has a low PVY transmission efficiency. However, it can be an important vector of PVY when occurring in high numbers. In addition, Aphis spp. was abundant in the Western Free State trap and one trap in KwaZulu-Natal. Several members of this genus not only transmit PVY but also PLRV, and feed and reproduce on potato. The abundance of R. padi and Aphis spp. varied between regions. Peaks for R. padi occurred around October/November and again around February/March, depending on the region. In both the Western Free State trap and in one trap in KwaZulu-Natal, Aphis spp. peaked in February/March. In recent years Myzus persicae (peach-potato aphid), the most efficient vector of PVY and PLRV, was recorded in all regions in low numbers only. Information on aphid species composition and flight patterns has important implications for the timing of management strategies to reduce virus incidence.

Ondersoek na die invloed van klimaat op die aktiwiteit en intensiteit van aartappelvirus vektore in die winterreënstreek: Dr Kobus Laubscher, Wes-Kaap Departement van Landbou

Daar is weer in die Sandveld op die maande Maart, April en Mei gedurende die 2013-seisoen gekonsentreer om vektoraktiwiteite met reënval te vergelyk. Resultate het weereens die invloed van reën op vektordruk en plantluisaktiwiteite gedurende die bogenoemde maande van die jaar bevestig. As die druk van die 2013-seisoen vergelyk word met die 2012-data, is die belangrikste verskil in die aktiwiteite van vektore gedurende die 2013-seisoen as gevolg van die wisselvallige reënvalpatroon aan die begin van die Sandveld se moerproduksieseisoen en ongeag die afwesigheid van ‘n gereelde reënval patroon, het die druk bly styg.

In die Koue Bokkeveld is hoër plantluisaktiwiteite gedurende Oktober (hoofsaaklik aartappelplantluise) waargeneem en weer vroeg in Januarie waarna dit toegeneem het tot vroeg in Maart 2014 (meestal as gevolg van perskeluise). Daar was hoër aartappelplantluis-aktiwiteite gedurende die eerste deel van Oktober, maar dit het gedurende November begin daal en op daardie vlak gebly tot Januarie. Gedurende hierdie tydperk (2013), was die aartappelplantluis weer in getalle teenwoordig tesame met die graanplantluis-kompleks. Die groen perskeluis het weer gedurende die derde week van 2014 verskyn en getalle het begin verhoog tot op dieselfde vlak as gedurende die 2012/13-seisoen.

Page 10: Navorsingsimposium – 2014 – Research Symposium 2… · vrese oor grondrestitusie grootliks bydra dat boere hul geld uit die landbou neem, die strewe na maksimum opbrengs ook ’n

Tegniese Nuus • Technical News

CHIPS • September/October 2014 • Page 63

was nie.

Die validasie van virus-spesifieke in-tydse RT-PCR toetse vir kommersiële gebruik in die aartappelindustrie: Me Anel Espach, Plantovita

Die toelaatbare patogeen- en siektevlakke vir verskillende generasies moere word in die Suid-Afrikaanse Aartappelmoersertifiserigskema voorgeskryf. Weens beperkinge, hoofsaaklik in sensitiwiteit van die ELISA toetsmetode, neem dit ‘n minimum van 28 dae om die virus-spesifieke toetsresultate te genereer. Om die behoefte van kwekers na toetsuitslae wat vroeër beskikbaar is aan te spreek, het hierdie projek ten doel om na validasie (ontwikkeling, optimalisering en evaluering), ‘n kommersiële in-tydse RT-PCR toets beskikbaar te stel spesifiek vir PVY en PLRV vir kommersiële gebruik en toepassing in die aartappelbedryf.

Voorvoerders en peilers is ontwerp spesifiek vir beide PVY en PLRV om uitvoering van ‘n sogenaamde TaqMan toets moontlik te maak. Kombinasies van hierdie voorvoerders en peiler toon die effektiewe amplifisering van teiken patogeenvolgordes. Die eenstap, enkelvoudige formaat reaksie blyk effektief te wees in die amplifisering van die virusspesifieke teiken RNA na isolasie uit knolle (vars en uitgeloop) en blare. Na evaluasie is bevind dat die S. tubersorum 18s rRNA spesifieke voorvoerders en peilers gebruik kan word as interne kontrole op ‘n roetine basis. In ‘n poging om koste te verlaag, word daar beplan om die enkelvoudige formaat uit te brei na ‘n veelvuldige formaat (sg multiplex). Die magnetiese partikel-gebaseerde ekstraksie metode met ‘n pre-lise buffer bygevoeg tydens homogenisering, het die generering van goeie gehalte RNA op grootskaal tot gevolg.

Monsters is getoets met behulp van beide die ELISA en PKR op dieselfde knolle asook verskillende knolle uit dieselfde land. Geselekteerde monsters is daarna in ‘n kweekhuis uitgeplant om die loof te toets ten einde die aanvanklike resultate te bevestig. Voorlopige uitslae in die vergelyking tussen die virus-spesifieke ELISA toetse tans in gebruik en die RT-PCR toets bevestig die beter opsporing van virus teenwoordig in laer vlakke (soos wat voorkom gedurende in-seisoen infeksie) vir beide PVY en PLRV. Resultate van sekondêre geinfekteerde materiaal is vergelykbaar wanneer die metodes in parallel gebruik word.

bepaal na kunsmatige meganiese infeksie van blare. In hierdie projek is die spoed van verspreiding van PVYNTN in ses aartappelkultivars, naamlik Hermes, BP1, Mondial, Avalanche, Van der Plank en Up-to-date bepaal. G0 miniknolle is in glashuise geplant, meganies met drie bekende isolate van PVYNTN geïnfekteer, en die verspreiding van die virus is oor ’n periode van ses weke, weekliks bepaal. Die kultivar Hermes is as kontrole vir vatbaarheid gebruik, m.a.w. laagste weerstand teen PVYNTN. Hermes is bevind om virusverspreiding vinnig in die plant toe te laat, terwyl die ander kultivars in die volgorde van vinnigste tot stadigste verspreiding, met ander woorde mees vatbaar tot minder vatbaar, in die volgorde van Hermes, BP1, Mondial, Avalanche, Van der Plank tot Up-to-date bepaal is. Alhoewel die ontwikkeling van knolnekrose baie van grond temperatuur afhanklik is, is die persentasie van knolnekrose van elke kultivar bepaal. Van die kultivars het geen knolnekrose ontwikkel nie, maar ander het so hoog as 58% knolnekrose vertoon. Wanneer meer kultivars se virusverspreidingspoed en knolnekrosevlakke bepaal is, sal data na ’n weerstandsindeks verwerk word wat boere sal toelaat om kultivars wat meer weerstand bied teen die nadelige effekte van PVYNTN infeksie te plant.

Die bepaling van die patogenisiteit van PLRV rasse in Suid-Afrika: Mr Wiets Roos, Universiteit van Stellenbosch

Die genoomopeenvolgings van nege Suid-Afrikaanse isolate van PLRV van

alle aartappelproduserende-gebiede in Suid-Afrika is bepaal en geanaliseer deur middel van filogenetiese en bioinformatika-ontledings. Resultate toon dat Suid-Afrikaanse PLRV rasse betekenisvol van oorsese isolate verskil. Bioinformatika analises word tans voorgesit en toon betekenisvolle verskille in die mantelproteïengene en bewegingsproteïengene in Suid-Afrikaanse rasse, wat moontlik kon lei tot erger patogenese in aartappels wat met Suid-Afrikaanse PLRV rasse geïnfekteer is.

Die tweede doelwit was om die verspreiding van PLRV in aartappelplante na te gaan met behulp van ELISA en RT-PCR in ‘n groeiseisoen. Proewe is op twee kultivars uitgevoer nl. Avalanche en Mondial. Blaarmonsters van 20 sigbaar geïnfekteerde en 60 plante sonder visuele simptome van virusinfeksie is versamel tydens ’n groeiseisoen gevolg deur die oes van knolle van elkeen van die geïnfekteerde plante. Knolle by oes en na drie maande opberging is getoets. In beide proewe is gevind dat RT-PCR baie sensitiewer was as ELISA in sowel blaar en knolmonsters en dat die RT-PCR toetsmetode in staat was om die teenwoordigeheid van virus in knolle by oes te identifiseer, waar dit met die ELISA-metode nie moontlik

Page 11: Navorsingsimposium – 2014 – Research Symposium 2… · vrese oor grondrestitusie grootliks bydra dat boere hul geld uit die landbou neem, die strewe na maksimum opbrengs ook ’n

Page 64 • CHIPS • September/Oktober 2014

In hierdie projek is reeds gevind dat daar ‘n verband bestaan tussen die Ca toedieningskonsentrasie, knolinisiasie, knolgrootte-verspreiding en totale opbrengs. Daar was ‘n goeie korrelasie tussen die Ca toedieningspeil en die Ca inhoud van die knolle. Knolle met ‘n lae Ca konsentrasie in die medulla was meer geneig tot beskadiging en vrot na oes.

Aangesien die beskikbaarheid van voedingstowwe vir die opname deur wortels nie net beïnvloed word deur die toedieningspeil nie maar ook deur die chemiese en fisiese eienskappe van die grond, was dit nodig om ook die effek van verskillende Ca toedieningspeile op knol- opbrengs en kwaliteit in gronde met verskillende KUKs te evalueer. Vier kultivars per grondtipe is geëvalueer en Ca is toegedien 125 dpm, 200 dpm en 400dpm. Opbrengs was beïnvloed deur die Ca toedieningspeil sowel as die grondtipe. Die algemene tendens was dat toename in Ca toediening asook ‘n toename in die KUK van die grond aanleiding gegee het tot hoër opbrengste. In die sand-leemgrond was ‘n toename in opbrengs opmerklik wanneer die Ca toedienings peil verhoog is. Die hoogste totale opbrengs onder hierdie kondisies was verkry van plante in leemgronde by ‘n Ca toedieningspeil van 200 en 400 dpm. Al die kultivars het laer opbrengste getoon in die sandgrond in vergelyking met die leemgrond. Knolgrootte-verspreiding was beduidend beïnvloed in die lae KUK grond en lae Ca toedieningspeil (125 dpm) vir al die kultivars wat geëvalueer is. Dit het vorige resultate bevestig wat aangedui het dat die beskikbaarheid van kalsium tydens knolinisiasie, stolonvertakking en die aantal knolle wat geïnisieer word, kan beïnvloed (aeroponika proewe).

Die chemiese samestelling en na-oes gevoeligheid teenoor stres is ook gevalueer. Voedingsoplossing wat onttrek is vanuit die boonste laag, stolonlaag en wortellaag, is ook gedoen en vergelyk. Geen beduidende verskille in die pH, EG en Ca konsentrasie van die oplossings in die verskillende lae is in die sandgrond gevind nie. In die gronde met die hoër KUKs is ‘n toename in die Ca konsentrasie asook die totale EG in beide die stolon en wortellae opgemerk. Alternatiewe metodes om die plant beskikbare Ca in die verskillende gronde te analiseer is ook geëvalueer en vergelyk.

Evaluation of alternative systemic herbicides for volunteer potato control: Dr James Allemann, University of the Free State

Control of volunteer potato plants is both difficult and costly. Presently many

producers use the herbicide picloram to kill volunteers, but this is a practice that should not be encouraged as this

Effek van stikstofbestuur op knolinisiasie van geselekteerde aartappelkultivars: Me Chantel du Raan, Universiteit van Pretoria

Die fokus in hierdie studie is om te bepaal hoe kombinasies van verskillende

hoeveelhede stikstof en toedieningstye, knolinisiëring, aantal knolle, finale opbrengs, grootteverspreiding en kwaliteit van drie kultivars beïnvloed.

Moere met dieselfde fisiologiese ouderdom van die kultivars BP1, Eos en Lanorma is gebruik. Stikstof is teen drie peile (160 kg/ha N, 240 kg/ha N en 360 kg/ha N) toegedien met drie toedieningstye (30% met plant en 70% ±3 weke na opkoms; 50% met plant en 50% na opkoms; en 70% met plant en 30% na opkoms) Voorlopige resultate het aangetoon dat daar ‘n betekenisvolle verskil tussen aanvang en duur van knolinisiasie tussen kultivars was, maar geen beduidende verskille rakende stikstof toedieningstye nie.

Finale knolopbrengs het beduidend van peile 160 tot 360 kg/ha N verhoog. Die toedieningstye het ook ‘n betekenisvolle verskil in finale knolopbrengs gemaak. Die behandeling waar 70% N met plant en 30% ± 3 weke na opkoms toegedien is, het die beste gevaar. Die bemarkbare opbrengs (medium en groot) is beduidend deur kultivars, toedieningstye en stikstofpeile beïnvloed. Daar was deurgaans ‘n tendens dat die hoogste stikstofpeile by planttyd die hoogste knolopbrengs en bemarkbare opbrengs gelewer het. Kultivar het ook ‘n groot effek op SG. Skyfiekleur is weinig deur enige behandeling beïnvloed, maar wel deur die tipe kultivar, waar BP1 en Lanorma baie beter gevaar het as Eos.

N toediening van 360 kg/ha, 30% met plant en 70% ±3 weke na opkoms, het die hoogste finale knol en bemarkbare opbrengs gelewer. Hierdie behandelings word nie aanbeveel nie aangesien die hoogste stikstofpeil knolkwaliteit aansienlik benadeel. Dit blyk dus dat behandelings 240kg/ha N, 70% met plant en 30% ±3 weke na opkoms, die optimale stikstofbehandeling is om aanvaarbare resultate te lewer. Verdere kwaliteitstoetse en statistiese analises (vir groei-analise data) moet egter nog uitgevoer word voor finale aanbevelings of gevolgtrekkings gemaak kan word.

Kalsium bemestingseffek op knol- ontwikkeling en kwaliteit: Me Estelle Kempen, Universiteit van Stellenbosch

Page 12: Navorsingsimposium – 2014 – Research Symposium 2… · vrese oor grondrestitusie grootliks bydra dat boere hul geld uit die landbou neem, die strewe na maksimum opbrengs ook ’n

Tegniese Nuus • Technical News

CHIPS • September/October 2014 • Page 65

naamlik Limpopo, Sandveld, KwaZulu-Natal en Oos-Vrystaat. Mondial is as varsmarkkontrole geplant en Fianna as kontrole vir verwerking. Die toestande op die vier lokaliteite het verskil ten opsigte van klimaat en produksiepraktyke. Toestande was oor die algemeen gunstig en hoë opbrengste is gerealsieer. In Limpopo was die plantdatum 18 Junie, in die Sandveld 19 Julie en in KwaZulu-Natal en die Oos-Vrystaat 23 September.

Evaluasies wat regdeur die seisoen gedoen is, het opkomsdatum, plantestand, halmtelling en weeklikse metings van hoogte en deursnit van plante ingesluit. Met oes is die totale en bemarkbare opbrengs, knoldefekte, interne kwaliteit, grootteverspreiding, gradering en algemene voorkoms vir al drie herhalings geëvalueer. Al vier produsente wat deelgeneem het aan die evaluasie van die proewe, het ook deelgeneem aan die finale evaulasie en voorstelle.

Synergy het die hoogste opbrengs behaal gevolg deur Mondial en Valor. Hoë waardes vir soortlike gewig (SG) is deurentyd aangeteken vir Fiana en Divaa terwyl lae waardes vir Synergy aangeteken is. Ten opsigte van die varsmarkkultivars is relatief hoë waardes vir Triomf aangeteken. Valor se opbrengs was die stabielste.

Aartappel-pes opname om die streekgebonde sowel as die nasionale status van al die potensiële artropode plae in al die aartappelproduksiegebiede van Suid-Afrika te bepaal: Wes-Vrystaat en Noordwesstreke: Dr. Diedrich Visser (LNR-IGS)

Meer as sestig artropode spesies val aartappels in Suid-Afrika aan, maar slegs ongeveer 10% hiervan word deur aartappelprodusente aangemeld as nadelig vir opbrengste. Ons kennis aangaande aartappelplae, en spesifiek waar hulle voorkom en watter plae skadeliker is in spesifieke gebiede, is egter steeds beperk.

Die doelwit van die opname is om die akkuraatheid van inligting rakende die pes-status van individuele peste in die verskillende produksiegebiede te bevestig. In die verslag- jaar is die opname in die Wes-Vrystaat en Noordwes gedoen.

Die belangrikste insekprobleme in die Wes-Vrystaat is aartappelmot, blaarmyners, nematodes en plantluise. In Noordwes is die belangrikste probleme aartappelmot en nematodes. Die Wes-Vrystaat het rooispinmyte, en Noordwes, blaarmyners, plantluise en rooispinmyte gerapporteer as peste wat soms oesverliese kan

particular herbicide is not registered (Act 36 of 1947) for use in cropping systems, and can also have unforeseen consequences in that it has a very long period of residual activity, and can also end up in the groundwater supply. In both cases it can cause severe damage to sensitive crops for years following application.

The aim of this project is to evaluate alternative herbicide that can preferably be employed pre-emergence to control volunteer potato plants before they become a problem. During the past season 12 herbicides and a fumigant were evaluated for their effect on the potato cultivars Mondial and Sifra in a glasshouse trial. The majority of the herbicides (seven) are registered for use in maize crops, four on soya and other bean crops, and one on vegetables. Some of these herbicides are registered for use as either pre-emergence or post emergence treatments, and in these cases both application times were tested. Metam potassium (690 g L-1) was the soil fumigant used. In all cases the application rates used were the maximum recommended by the companies for the particular soil being used for pre-emergence (PRE) application or the maximum recommended for post emergence (POST) applications. Although initial symptoms were noted with most PRE applications, plants recovered from most applied herbicides, with only picloram and mesotrione causing major damage. Sifra appeared to be more sensitive to mesotrione as Mondial plants started to recover after four weeks. Application of Metam potassium resulted in death of the tubers, with no stems emerging from the soil. POST applications were made when the plants were in the 6 – 8 leaf stage. Epinasty was noted within two days, and chlorosis within seven days of fluoroxypyr application. Bromoxynil – leaf necrosis of top leaves started developing within two days of application, and necrotic spots started to develop on leaves of plants treated with oxyfluorfen. Plants treated with glyphosate started to develop chlorosis within eight days of application, and started dying within 20 days. The most successful POST treatments were fluoroxypyr, glyphosate and picloram. In all cases it appeared as though Sifra plants were more sensitive to the herbicides than those of Mondial. Mesotrione appears to be the most successful PRE treatment and will be investigated in more detail during the coming season.

Although picloram is an efficient herbicide in controlling volunteer potatoes its use cannot be recommended..

Opsomming van die werkgroep kultivarevaluasies: Mnr Gert Bester, Boer van die Oos Vrystaat

Nege kommersiële en vroeë-kultivars is in 2013 in vier produksiestreke aangeplant

Page 13: Navorsingsimposium – 2014 – Research Symposium 2… · vrese oor grondrestitusie grootliks bydra dat boere hul geld uit die landbou neem, die strewe na maksimum opbrengs ook ’n

Page 66 • CHIPS • September/Oktober 2014

Verminderde sensitiwiteit in Alternaria alternata isolate teen ‘n QoI swamdoder, en implikasies vir bestuur van malroes: Prof. Jacquie van der Waals, Universiteit van Pretoria

Malroes van aartappels is ‘n nuwe of opkomende siekte in Suid-Afrika wat oor die afgelope 5 tot 8 jaar ernstige oesverliese tot gevolg gehad het in verskeie aartappelproduksiestreke en is aan die toeneem. Malroes is ‘n loofsiekte wat deur Alternaria alternata veroorsaak word, een van die mees algemene plantpatogene. Die siekte kom reg deur die groeiseisoen voor en veroorsaak simptome wat gereeld verwar word met die van vroeëroes. ’n Populasie studie op A. alternata isolate van aartappels in Suid-Afrika is uitgevoer om onder andere epidemiologie en swamdodersensitiwiteit te ondersoek, met die doel om beter siektebestuursadvies te kan gee. Sensitiwiteit van A. alternata isolate teen die “quinone outside inhibitor” (QoI) swamdoder, azoksistrobien, is bepaal. A. alternata isolate van malroesletsels uit vyf produksiestreke is gebruik vir die toetse. Aanduidings van verminderde sensitiwiteit teen azoksistrobien is by 6 isolate gevind. Volgorde analise van ‘n gedeelte van die Sitochroom b geen het ’n sterk korrelasie gewys van die verminderde sensitiwiteit en ‘n basisvervanging van glisien met alanien, wat ‘n aminosuurverandering tot gevolg het by posisie 143 (G143A). Alhoewel verminderde sensitiwiteit al voorheen gerapporteer is op ander gewasse waar azoksistrobien gebruik is om verskeie patogene te beheer, is hierdie die eerste verslag daarvan in A. alternata veldisolate vanaf aartappels in Suid-Afrika. Hierdie en soortgelyke mutasies kan ook verminderde sensitiwiteit teen ander QoI swamdoders tot gevolg hê.

Die resultate van hierdie studie is nie van toepassing op A. solani, die veroorsakende agent van vroeëroes nie. A. solani word tans nog deur QoI swamdoders beheer. Daar is tans slegs een produk wat geregistreer is vir die beheer van A. alternata op aartappels in Suid-Afrika.

Die bestuur van malroes berus op geïntegreerde strategieë wat daarop gemik is om patogeen-inokulum te verminder en om plante gesond te hou. Gewasrotasie vir ‘n minimum van drie jaar met nie-gashere; verwydering en verbranding van geïnfekteerde plante, onkruide en plantreste kan inokulumdruk verminder. Goeie plaagbeheer is ook belangrik omdat insekte as vektore kan optree en wonde kan veroorsaak waardeer die patogeen die plant kan infekteer. Ander infeksieweë sluit in nutrienttekorte of -toksisiteite, en water- of klimaatgeïnduseerde stresse, wat die belang van goeie kunsmis en besproeiïngsskeduleringsprogramme beklemtoon.

veroorsaak. Alle boere gebruik insekdoders om peste te onderdruk en die algemene gevoel was dat organiese aartappelverbouing nie op grootskaal moontlik is nie. Ander inligting sluit in: insetkoste vir pesbeheer beloop ongeveer R15 000/ha, waarvan die helfte vir nematode-beheer is, en die meeste produsente maak gebruik van ‘n plaagbeheer landbou-agent vir aanbevelings.

Hierdie en ander inligting sal ontleed word om ‘n breë oorsig te kry van die plaagkomplekse en beheerstrategieë van die aartappelboer in Suid-Afrika. Die projek word elke jaar na addisionele produksie-streke uitgebrei.

In vitro genebank maintenance of open and sub-license potato cultivars: Ms Nokuthula Myeza (ARC-VOPI)

The in vitro genebank at the ARC-VOPI is officially accredited by the Independent

Certification Council for Seed Potatoes (ICCSP) to provide the South African potato industry with potato mother material. The potato mother material is conserved and maintained in the form of in vitro plantlets in test tubes, using a slow growth, medium-term storage method. At present, the facility stores and maintains eight commercially grown open and sub-license potato cultivars. Accessions of these cultivars are maintained in specialised storage cabinets. For safekeeping, the duplicate set of each collection is housed in a separate building that has an independent power supply. Stored plant material is monitored for contamination and vigor every three months. In order to avoid somaclonal variation clones of the cultivars that have reached high generation numbers of 18 in storage, are renewed.

The genebank supplies the South African potato industry with disease-free mother material from open and sub-license potato cultivars for the production of potato seed planting material. Accessions of all eight commercially produced potato cultivars were successfully stored in vitro. None of the accessions were lost due to contamination, human error or infrastructure breakdown. True-to-type, disease-free mother material of BP1, Up-to-date, Hertha, Van der Plank and Buffelspoort potato cultivars was supplied to accredited potato tissue culture laboratories for further multiplication and to the universities and research institutes for research on potato. Selected new clones of Hertha, Darius and Buffelspoort were successfully established in vitro, tested for prohibited bacteria and viral diseases and were found to be true-to-type through DNA fingerprinting.

Page 14: Navorsingsimposium – 2014 – Research Symposium 2… · vrese oor grondrestitusie grootliks bydra dat boere hul geld uit die landbou neem, die strewe na maksimum opbrengs ook ’n

Tegniese Nuus • Technical News

CHIPS • September/October 2014 • Page 67

POSTER PRESENTATION

Diversity of Soft Rot Enterobacteriaceae in South Africa: Project leader: Dr Lucy N Moleleki (University of Pretoria) Ntwanano L Maluleke, Edward M Onkendi (University of Pretoria)

Potato plants are constantly under attack from various pathogens, including bacteria, fungi, viruses and nematodes. A group of phytopathogens of significant concern in relation to potatoes are the Soft Rot Enterobacteriaceae (SRE), formerly called Erwinia, which cause huge economic losses. SRE are gram-negative pectolytic bacterial pathogens with a broad host range. These pathogens were recently reclassified into two genera, namely the Pectobacterium and Dickeya species.

Members of the SRE cause blackleg symptoms in the field and soft rot during post-harvest storage. Since the new names (Pectobacterium and Dickeya) were adopted, only two Pectobacterium species have been reported in South Africa (Pectobacterium carotovorum subspp. brasiliense and Pectobacterium wasabiae), and no Dickeya species have been identified. Hence there is a very little knowledge of the presence of many of these species in potatoes or other crop plants in South Africa.

The aim of this study is to investigate diversity of Soft Rot Enterobacteriaceae in South Africa using culture-based and molecular identification techniques. The findings of this study will be highly significant to South African potato growers in their attempts to develop strategies to effectively manage and control the disease. C

Aartappelwerkgroepe-projekteDie Aartappelnavorsingsimposium - 2014 het Aartappelwerkgroepe die geleentheid gebied om verslag te doen oor die ondergenoemde werkgroepproewe wat in die onderskeie aartappelproduksiegebiede onderneem word:

Samevatting van resultate van werkgroep kultivarevaluasieproewe René Carlson

Wes-Vrystaat kultivarproef onder besproeiing op Bultfontein in 2013

Wes-Vrystaat kultivarproef onder droëlandtoestande op Kroonstad in 2012-13

Attie van den Berg, et al

Ceres kultivarproef onder besproeiing op Donderbos in 2013/2014 Inus Oosthuizen, et al

Limpopo kultivarproef onder besproeiing op Tom Burke in 2013 Schalk Grobbelaar, et al

Mnr. Johan van den Heever, lid van Aartappels Suid-Afrika se direksie en voorsitter van die organisasie se Navorsingskomitee, het as voorsitter van die Navorsingsimposium opgetree.

Page 15: Navorsingsimposium – 2014 – Research Symposium 2… · vrese oor grondrestitusie grootliks bydra dat boere hul geld uit die landbou neem, die strewe na maksimum opbrengs ook ’n

Page 68 • CHIPS • September/Oktober 2014

Aartappelwerkgroepe-projekteDie Aartappelnavorsingsimposium - 2014 het Aartappelwerkgroepe die geleentheid gebied om verslag te doen oor die ondergenoemde werkgroepproewe wat in die onderskeie aartappelproduksiegebiede onderneem word:

KZN kultivarproef onder besproeiing op Weenen in 2013

Noordoos-Kaap kultivarproef onder besproeiing op Ugie in 2013/2014

Dániel Möller, et al

Sandveld kultivarproef onder besproeiing op Aurora in 2013/2014 Piet Brink, et al

Suidwes-Vrystaat kultivarproef onder besproeiing op Petrusburg in 2013/2014 Suid-Wes Vrystaat plantestandproef op die kultivar Sifra op Petrusburg in 2013/2014Suid-Wes Vrystaat plantestandproef op die kultivar lanorma op Petrusburg in 2013/2014

Fanus van Zyl, et al

Mpumalanga kultivarproef onder besproeiing op Middelburg in 2013/2014

Jaco Botes, et al

Noord Kaap kultivarproef onder besproeiing op Douglas in 2013 Andre Prins, et al

Nasionale vroeë kultivarevaluasie proewe in 2013/2014 Gert Bester, et al

Loskopvallei kultivarproef onder besproeing op Marble Hall in 2013

Albert Boneschans, et al

Noordwes kultivarproef onder besproeiing op Louwna in 2013/2014

Herman Haak, et al

Oos-Vrystaat kultivarproef onder droëlandtoestande op Warden in 2013/2014Oos-Vrystaat verwerkerskultivarproef onder droëlandtoestande op Warden in 2013/2014

Johan van Zyl, et al

Oos Vrystaat kultivarproef onder besproeiing op Oranjeville in 2013/2014 /Oos Vrystaat kultivar spesifieke N-proef onder droëlandtoestande op Warden in 2013/2014/

Attie van den Berg, et al

Page 16: Navorsingsimposium – 2014 – Research Symposium 2… · vrese oor grondrestitusie grootliks bydra dat boere hul geld uit die landbou neem, die strewe na maksimum opbrengs ook ’n

Tegniese Nuus • Technical News

CHIPS • September/October 2014 • Page 69

• BASF prize for best presentation by a work group representative: Schalk Grobbelaar, Chairman of the Limpopo Potato Work Group, for his report on the Cultivar evaluation trial at Tom Burke.

• Potatoes South Africa’s prize for best represented potato work group: Western Free State Potato Work Group.

• Potato Industry Development Trust prize to the best student presentation: Chantal du Raan, a master student at the University of Pretoria, for her report on her study Nitrogen management effects on tuber initiation on selected potato cultivars.

And the winners are...Richard Schulze, BASF’s Commercial Manager, said in his welcoming address at a most enjoyable BASF Dinner and Awards Evening that his company is proud of its partnership with Potatoes South Africa in assisting to build the Potato Research Symposium as an ideal platform to take research in potato industry to the next level. “BASF is committed to serving the potato farmer and has a committed sales team to do just that. We offer creative, reliable and innovative solutions backed by excellent service in order that the farmer can farm sustainably and profitably. This in turn will create abundance and prosperity for farmers which will create wealth down the chain as well as ensuring that sufficient quality crops are produced to feed a growing world population”, he said.

Rita van der Merwe, Portfolio Manager at BASF, provided and overview of Orvego® with Initium®, BASF’s latest fungicide and said that the company’s developers have created yet another innovative new fungicide. She added that “this power-packed combination product – delivering a double punch with Initium®, a new active ingredient, and dimethomorph, BASF’s leading local systemic fungicide – ensures that farmers can count on consistently increasing yields and boost the quality of their potatoes.”

The following awards were made at event:

• BASF prize for best presentation by a researcher: Prof Dirk Bellstedt of the Stellenbosch University for his presentation on his teams study on Resistance of commercial potato cultivars to PVY-NTN.

C