leeu pre

6
2014 Julie 8 Nuusbrief 21 Saamgestel deur Wilna van Rooyen 083 454 2843 [email protected] KONSERT ! BAIE Dankie, aan u elkeen vir die onder- steuning, bywoning en hulp met die konsert! Ons waardeer dit oneindig baie! U maak van ons funksies ’n sukses en ons kan u nie ge- noeg prys vir die gehalte ouers wat u is nie! Ons kleuters kan so dankbaar en trots wees op hul ouers, grootouers, familie en vriende, wat so diep in hul belangstel en vir hul omgee. U is waarlik merkwaardig! UITSTAPPIE NA DIE DINOSOURUSSE BY SANDTON!: Ons herinner u graag aan die gr. 00 en gr. 0 uitstappie, wat hierdie Vrydag, 11 Julie, plaasvind! OUERMIDDAG 30 Julie: Ons ouermiddag vind op 30 Julie plaas. Tydens hierdie geleen- theid sal u kleuter se vorderingsverslaggie voorsien word en u kan met u kleuter se klasjuffrou gesels. Die kunsstukke van die kleuters kan ook tydens dié geleentheid afgehaal word! BAIE Dankie! AAN: Hyla Meyer, vir die fietsies en netbalring en Bertha Franken vir die lessenaars en trollie wat hul aan ons geskenk het! Ons het groot waardering vir jul welwillendheid en mededeelsaamheid! Noodinligting oor konsert op bladsy 4! NB! NB!

Upload: tame-times

Post on 01-Apr-2016

255 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Leeu pre

TRANSCRIPT

Page 1: Leeu pre

2014 Julie 8 Nuusbrief 21

Saamgestel deur Wilna van Rooyen

083 454 2843

[email protected]

KONSERT !

BAIE Dankie, aan u elkeen vir die onder-

steuning, bywoning en hulp met die konsert!

Ons waardeer dit oneindig baie! U maak van

ons funksies ’n sukses en ons kan u nie ge-

noeg prys vir die gehalte ouers wat u is nie!

Ons kleuters kan so dankbaar en trots wees

op hul ouers, grootouers, familie en vriende,

wat so diep in hul belangstel en vir hul

omgee.

U is waarlik merkwaardig!

UITSTAPPIE NA DIE DINOSOURUSSE BY SANDTON!:

Ons herinner u graag aan die gr. 00 en gr. 0 uitstappie, wat

hierdie Vrydag, 11 Julie, plaasvind!

OUERMIDDAG 30 Julie:

Ons ouermiddag vind op 30 Julie plaas. Tydens hierdie geleen-

theid sal u kleuter se vorderingsverslaggie voorsien word en u

kan met u kleuter se klasjuffrou gesels.

Die kunsstukke van die kleuters kan ook tydens dié geleentheid

afgehaal word!

BAIE Dankie! AAN:

Hyla Meyer, vir die fietsies en netbalring en Bertha Franken vir

die lessenaars en trollie wat hul aan ons geskenk het! Ons het

groot waardering vir jul welwillendheid en mededeelsaamheid!

Noodinligting

oor konsert op

bladsy 4! NB! NB!

Page 2: Leeu pre

Page 2

GR. 0 LEERDERS:

Dit is ’n baie goeie idee om alle gr. 0 leerders se ogies en

ore te laat toets, voordat hul volgende jaar skool toe gaan!

Dit voorkom dikwels ernstige leerprobleme.

DVD’S VAN DIE KONSERT:

DVD’s van die konsert sal een van die dae

beskikbaar wees! Daar is ook individuele foto’s

van die kleuters op, wat ’n wonderlike aandenking

is aan die sorglose kleutertyd, ’n tyd wat so be-

langrik en kosbaar vir ons kleuters is!

GHOLFDAG 1 Augustus:

Ons ouers gaan ’n onvergeetlike dag geniet! Ont-

hou asseblief van al die pryse wat u nog vir ons

kan stuur! Van sambrele tot flitse, wit wyn tot

rooi wyn, sjokolade tot sjerrie, glas tot metaal,

enige prys is welkom!

Baie dankie aan ouers wat al sulke interessante

pryse vir ons gestuur het, van lekker bederf

gesigsbehandelings tot vakansies op wildsplase!

Ons is bevoorreg!

UITSTAPPIE gr. 000 25 Julie:

Op 25 Julie gaan die Bytjies, die Hasies en die

Vissies na Kids Unleashed, in Alberton, aangesien

hul op 11 Julie vol is as gevolg van die openbare

skole se vakansie.

Die koste van die uitstappie beloop R55 per kind,

wat die dag se kossies insluit.

Vul asb. ook net vir hulle die afskeurstrokie in, op

bladsy 4 en stuur aan die skool. E-posse is welkom!

BAIE Dankie aan Jayden Smit vir die boekie wat hy

aan ons geskenk het om sy verjaarsdag te vier!

Ons gaan so lekker lees aan die oulike boekie!

ONS EIE PRIMA

BALLERINA!

Page 3: Leeu pre

11 Julie: Uitstappie Dinosourus gr. 00

en 0 R85 18 Julie: Balledag 25 Julie: Uitstappie Kids Unleashed gr.

000 en Bytjies R55 29 Julie: Beoordeling van ons

kunsstukke 30 Julie: Ouermiddag—afhaal van

kunsstukke, asook vorderings-verslae

1 Augustus: Leeuwenhof Akademie Gholfdag by Glenvista 8 Augustus: Skool sluit om 11:00

Belangrike datums: Page 3

TERAPIE:

Hoe vroeër jy uitvalle identifiseer, hoe gouer kan jy daadwerklik optree om latere

leerprobleme uit te skakel. Elke soort terapie het spesifieke voordele vir jou kind.

KUNSTERAPIE:

Hierdie terapie gee kinders ’n veilige en ondersteunende metode om

hul gedagtes en gevoelens weer te gee, met die hulp van verf, klei,

kryte of enige ander item wat omskep kan word in ’n kunswerk.

Die werk word nie geïnterpreteer of beoordeel nie—die skep van die

werk is belangrik, nie die werk self nie. Die kind kan hom of haar

uitdruk sonder enige reëls en bekommernisse oor struktuur en

vorm.

Die terapeut gebruik die proses om ’n verhouding met die kind te bou

en die kind ontwikkel mettertyd ’n “stem” waarmee na buite gekom-

munikeer word. Die teorie agter kunsterapie word gedeeltelik

gegrond op die veronderstelling dat kreatiwiteit en genesing van

dieselfde plek af kom.

VIR WIE HELP DIT?

Kinders wat getraumatiseer of mishandel is. Kinders met ontwik-

kelingsprobleme of ander probleme soos outisme, aandaggebrek en

hipersensitiwiteit. Kinders wat ly aan angstigheid, depressie of nag-

merries.

Baie soorte terapeute span kuns in hul terapie in, as hulpmiddel. Vir

verdere inligting, skakel juffrou Wilna.

WAAR IS MAM-

MA EN PAPPA

DAN??

Page 4: Leeu pre

Kopiereg

Voorebehou

Telefoon: 011 622-1806

Wilna: 083 454-2843

[email protected]

Vier pilare:

Christelikheid en

dissipline

Uitnemende Akademie

Kultuur en Sport

Professionaliteit

MY BELANGRIKE PAPPA!

’n Pappa vervul ’n onvervangbare belangrike rol in ’n seuntjie EN dogtertjie se lewe! ’n Kind se geslagsidentifikasie

hang grootliks van ’n pappa af. ’n Kind—dogtertjie en seuntjie, het nodig dat pappa fisies by hul betrokke is deur spel!

Pappa kan maar rof speel—ook met sussie! ’n Dogtertjie se eerste ervaring van liefde teenoor die teenoorgestelde

geslag, behoort haar pappa te wees. Die gesonde verhouding wat sy met pappa het, sal ’n integrale rol speel in haar

verdere verhoudings met mense, van albei geslagte. ’n Dogtertjie smag na die bevestiging van haar pappa of pa-

figuur. Elke dogtertjie verlang na ’n hegte band met die belangrikste man in haar lewe—haar pappa! Lees gerus Dr.

James Dobson se boeke; “Om dogters groot te maak” en “ Om seuns groot te maak”.

Baie dankie!

Vriendelike groete!

Wilna van Rooyen en die Voorskoolpersoneel

A dad’s leadership at home should be a model of strength and authority,

but always tempered by love and compassion. Harsh discipline tends

to close down a sensitive feminine spirit, but permissiveness and

capriciousness can create lifelong disdain for men.

James Dobson

Toestemmingsbriefie vir die uitstappie na Kids Unleashed in Alberton (Bytjies en gr. 000)

Hiermee gee ____________________ toestemming dat my kind _________________________ die uitstappie

op 25 Julie 2014 mag meemaak en sluit hierby die bedrag van R55 in.

Geteken: __________________________ Datum: _______________________

Page 5: Leeu pre
Page 6: Leeu pre

ACTNOW! ONLY 5000 TICKETS

AVAILABLE

R1000 pER RugBY TICKET

pRIZE fOR fOuR!

pRIZE INCLuDES:• Matchticketsfor 2Quarter-finals–17en18Oct2015 2Semi-finals–24en25Oct2015

•AllmatchesatTwickenham(London)

•BusinessClassAirTickets

•9nights4starBed&Breakfast

• BigBusHoponHopoffTour(3routes)

Formoreinformation pleasegotoourfacebookpageorourwebsitewww.leeuwenhof.co.za

LeeuwenhofAkademie

Afrikaanse Privaatskool

English Parallel Medium High School

Atripfor4tothe2015RugbyWorldCupinLondontothevalueofR770,000

BuY YOuR RugBYTICKETTODAY&

WIN!