inhoud hoofstuk 1 die struikelblok tot bewondering...

57
1 INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ................ Jy wil bewonder... .......................................................................................... Lyding maak dit moeilik ................................................................................ HOOFSTUK 2 En Jesus? ..................................................... God self .......................................................................................................... Maar werklik mens ........................................................................................ Wat lyding ken... ............................................................................................ Vir my sonde .................................................................................................. HOOFSTUK 3 Is my sonde so ernstig?................................ Hoe dit moes wees... ...................................................................................... Is ek verantwoordelik? ................................................................................... Hoe voel God oor dit alles? ........................................................................... En wat kan ek doen? ...................................................................................... HOOFSTUK 4 Is God in beheer van my lyding? ................ Waar is God?.................................................................................................. Is God in beheer en hoe?................................................................................ Raak my lyding God? .................................................................................... HOOFSTUK 5 Die Opstanding – anker van hoop .............. 1 Korintiërs 15 ............................................................................................... HOOFSTUK 6 Jy kan God aanbid! ..................................... Die Leeu en Lam............................................................................................

Upload: others

Post on 03-Sep-2019

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

1

INHOUD

HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering..........................Jy wil bewonder... ................................................................................................Lyding maak dit moeilik.............................................................................................

HOOFSTUK 2 En Jesus? ...............................................................

God self.......................................................................................................................Maar werklik mens ................................................................................................Wat lyding ken... ................................................................................................Vir my sonde.............................................................................................................

HOOFSTUK 3 Is my sonde so ernstig?................................

Hoe dit moes wees... ................................................................................................Is ek verantwoordelik?..............................................................................................Hoe voel God oor dit alles? ......................................................................................En wat kan ek doen? ................................................................................................

HOOFSTUK 4 Is God in beheer van my lyding?........................

Waar is God?.............................................................................................................Is God in beheer en hoe?...........................................................................................Raak my lyding God? ...............................................................................................

HOOFSTUK 5 Die Opstanding – anker van hoop......................

1 Korintiërs 15 ................................................................................................

HOOFSTUK 6 Jy kan God aanbid! .............................................

Die Leeu en Lam................................................................................................

Page 2: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

2

HOOFSTUK 1

Die struikelblok tot bewondering

Jy wil bewonder...

Jy en ek, elke mens, het ʼn begeerte om te bewonder. Dit is wat ons mense maak. Diere doen dit nie. Het jy al ooit ʼn bobbejaantjie gesien wat sit en hande klap as ʼn groot bobbejaan ʼn kragtoertjie uitvoer? Nee, dit is ʼn menslike verskynsel. Ons wil bewonder. Anders gestel, ons wil aanbid. En dit wat mense bewonder val in twee kategorieë. Ons bewonder krag en mag. In mense, in diere en in die natuur. Ons bewonder sagtheid en skoonheid. En veral het ons ʼn begeerte om iets te bewonder waarin krag en mag en skoonheid en sagtheid in ʼn harmonieuse eenheid saamgesnoer is. En niks en niemand in hierdie wêreld kan hierdie begeerte werklik bevredig nie. Die tragiese is dat selfs God, volgens ons oordeel, nie altyd daaraan voldoen nie. En tog, ons moet aanbid. Ons aanbid. Maar dit bevredig nie...

Lyding maak dit moeilik

Waarom voel ons dikwels, alhoewel ons dit nie altyd hard sal uitspreek nie, dat God nie voldoen aan die kriteria vir bewondering

Page 3: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

3

nie? Wel, die lewe met sy lyding, sonde, swaarkry, dood, smart en die oënskynlike afwesigheid van God hierin. Dít verhinder ons. God is vir baie die verpersoonliking van ʼn afwesige Pa. Natuurlik sal ons dit nie hardop sê nie, maar dit is so. Wat weet God werklik van ons, van my swaarkry, my smart en my lyding? Kyk hoe lyk die wêreld! Waar is Hy? Doen Hy ons nie hierdie dinge aan en sit nou rustig in die hemel en verlekker Hom in ons ellende, soos ʼn seuntjie wat ʼn klomp miertjies op die grond met sy skoen plattrap en hom dan vergaap aan hul geskarrel en gewriemel nie? En dan lees ons nog in die Bybel dat hierdie God ons gaan oordeel vir ons sonde. Hoe kan Hy? Hoe kan jy iemand oordeel as jy nog nooit ʼn mens was wat geleef, gely, smart, angs, benoudheid en eensaamheid beleef het nie? En hoe kan ek Hom in elk geval ooit tevrede stel? Ek probeer so hard, maar wanneer is dit genoeg? En hoe voel God regtig oor my sonde? Wat is nou regtig sonde en wat nie? Is ek nie maar ʼn slagoffer van my DNA nie? En is sonde so ernstig? Hoekom vergewe God dit nie net nie? As jy worstel met hierdie vrae moet jy verder lees!

Page 4: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

4

HOOFSTUK 2

En Jesus?

God self

Ons lees in die Apostoliese geloofsbelydenis. Ek glo in Jesus Christus… wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf en begrawe is en ter helle neergedaal het. So hierdie Jesus is volgens die geloofsbelydenis een wat gely het. Maar dit is nie ons probleem nie. Ons wil weet of God ons lyding verstaan. Die God wat geskep het. Wel, kom ons dink bietjie wie was hierdie Jesus wat gely het. C.S. Lewis het eenmaal gesê:

“Ek probeer hier keer dat die soort ding gesê word wat mense graag oor Jesus kwytraak: ’Ek is bereid om Jesus as ʼn groot morele leermeester te aanvaar, maar ek kan nie sy aanspraak aanvaar dat Hy God is nie.’ Dit is die een ding wat ons nie behoort te sê nie. “ʼn Mens wat net ʼn mens is, en die soort dinge sê wat Jesus gesê het, is geen groot leermeester nie. Hy sou óf gek wees – niks beter nie as iemand wat beweer dat hy ʼn gebakte eier is – óf hy sou die duiwel uit die hel wees. Jy moet kies. Óf hierdie man was en is die Seun

Page 5: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

5

van God; óf Hy was ʼn gek of iets ergers. Jy kan Hom as ʼn malle toesluit; jy kan op Hom spoeg en Hom as demoon doodmaak; of jy kan voor Hom neerval en Hom aanbid as jou Here en jou God. Maar moenie neerbuigende nonsens oor Hom praat en Hom ʼn ‘groot menslike leermeester’ noem nie. Hy het nie daardie opsie vir ons oopgelaat nie. Hy wou nie.” (Lewis, 2006:69)

Kom ons kyk gou na ʼn paar ander gedeeltes in die Bybel wat vir ons pragtig illustreer op watter manier Jesus die openbaring van... ja, van God is! In Johannes 1:1 lees ons dat Jesus die Woord is. Ons weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte. In Hebreërs 1:3 lees ons dat Jesus die afskynsel van God se heerlikheid is. Ons weet die helderheid van die strale druk die son uit, openbaar die son, al kan ons nie die son sien nie. In dieselfde vers lees ons dat Jesus die afdruksel van God se wese is. ʼn Wasafdruk druk presies die seël uit. Kom dink bietjie saam met my oor die hele gedagte dat Jesus God bekendmaak, wys of as jy wil, openbaar. Kom ons gebruik die beelde uit die Bybel wat ons nou gebruik het. Ons kan dan sê: Die woord is die ‘seun‘ van ‘n gedagte, die wasafdruk is die ‘seun’ van die seël, die strale is die ‘seun’ van die son, só is Jesus die seun van God. Lees nou bietjie die volgende aanhaling. Het jy al ooit só oor God gedink?

Hierdie gedeeltes (waarna hierbo verwys en ander) help my om in my denke ʼn prentjie te teken van hoe die Vader en die Seun een is, en tog verskillend is binne die drie-eenheid...

Page 6: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

6

Ek kan my voorstel, alhoewel dit my tot die uiterste neem, ʼn Wese wat nooit ʼn begin gehad het nie, maar ʼn spesifieke karakter. En verder kan ek my voorstel dat hierdie God altyd bewus was van Homself. Dit beteken dat Hy altyd Sy eie beeld voor Hom gehad het om te bedink en te geniet a.g.v. Sy grootheid en morele skoonheid. En kan dit nie wees dat hierdie beeld, hierdie vorm, so duidelik en werklik in God is, dat dit ook God is, die beeld van God, die vorm van God, die Seun van God nie? Die voordeel van so ʼn prentjie is dat dit ons help om te besef dat die Seun, wat die beeld en heerlikheid van God is, inderdaad gebore van die Vader kan wees en tog nie geskep nie. Daar was nooit ʼn tyd wat God die Vader nie hierdie perfekte, werklike en lewende beeld van Homself gehad het nie. Die seun is ewig gebore, nie geskep nie... (John Piper)

Ek wil nie hierdie beeld te ver voer nie, miskien het ons alreeds die grens van Bybelse spekulasie oorgesteek. Maar ek voel so sterk dat onder ons wat in die kerk grootgeword het, en die groot leerstellinge van die geloof in ons slaap kan opsê en deur die apostoliese geloofsbelydenis kan gaap, dat onder ons iets gedoen moet word om ons te help om weer die ontsagwekkendheid, die vrees, of die verbystering van die wonder van Jesus te voel. Hoe dood en ongevoelig het ons nie vir hierdie waarheid geword nie? Het jy al daaraan gedink dat Jesus se geboorte nie die totstandkoming

Page 7: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

7

van ʼn nuwe wese was nie, maar ʼn inkom in die wêreld van ʼn ou persoon? (Miga 5:2) Sy persoon, nie Sy liggaam nie, was van ewig! In Jesus kom God en sê: Kyk na Hom en julle sien alles wat Ek is en verwag. In Johannes 14:9-10 sê Jesus vir Filippus: “Wie My sien, sien die Vader.” En in Kolossense 1:19, “God het besluit om met sy volle wese in Hom te woon...” En luister na Kolossense 2:9; “In Hom is die volle wese van God beliggaam.” Die absolute eenheid tussen Jesus en die Vader word hieruit baie duidelik. En as Hy God is, wel dan is Hy onbeskryflik groot en magtig! Dink vir ʼn oomblik hieraan: As jy teen die spoed van lig beweeg (ongeveer 190,000 km per sekonde), sal jy sewe keer om die aarde beweeg in een sekonde en verby die maan beweeg in twee sekondes. Teen hierdie spoed sal dit jou 4.3 jaar neem om ons naaste ster te bereik en 100,000 jaar om ons sterrestelsel oor te steek. Daar word bereken dat daar ten minste 100,000,000,000 sterrestelsels in die heelal is. Dit sou 2,000,000 ligjare neem om die volgende naaste sterrestelsel te bereik en 20,000,000 ligjare om die volgende groep van galaksies te bereik.1 En dan het jy nog net begin om die hemelruim te ontdek. En dit alles is deur God geskep. Om die waarheid te sê, in Jesaja lees ons dat Hy die hemel afmeet met die breedte van Sy hand (Jes 40:12)! Nou dit is ʼn ruimtelike metafoor vir ʼn God wat buite ruimte bestaan, maar dit gee ons tog iets van ʼn bewustheid van die skaal van God: die hele heelal, pas in Sy hand. Hou jou hand op. Die heelal waarvan ons nou gepraat het, is so groot vir God! Ons lees in Handelinge 17:28 dat ons in hierdie God leef, beweeg en is! (O.A.V.). Verstommend. En hierdie selfde God (Joh 1:1) het volgens Joh 1:14, mens geword en onder ons kom woon. God die Seun. Jesus Christus!

1 Hierdie vergelyking word deur Tim Chester in sy boek: You can change, gebruik

Page 8: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

8

Van hierdie God die Seun lees ons in Kolossense 1:16-17 dat alle dinge, nie net deur Hom gemaak is nie, maar in Hom stand hou! So as ons praat van Jesus en ons praat van lyding, praat ons van hierdie Jesus. Onthou dit. Die Groot Een. Die Magtige. Die Leeu (Amos 1:2).

Maar werklik mens

Is dit nie verstommend nie? Die God wat die heelal gemaak het, die Een wat heilig, almagtig en verstommend groot is – het op ʼn sekere punt in die geskiedenis ʼn bevrugte eiersel in die baarmoeder van ʼn jong maagd geword!

Hy het in hierdie baarmoeder gegroei en is uiteindelik gebore. Maria het geboorte gegee net soos baie vrouens wat nou hier lees geboorte gegee het: haar water het gebreek, sy het kontraksies gehad, sy is oorweldig deur die proses wat in haar liggaam gebeur het, haar rug was seer, daar was pyn en inspanning en sweet en druk en strek en brandpyn – en dan uiteindelik, ongelooflik hierdie nuwe skepsel wat voortkom uit haar liggaam. ʼn Nuwe lewende wese bedek met amniotiese vloeistof en bloed – en hare as daar was, vasgeplak teen sy koppie, die koppie waarskynlik ietwat misvorm deur die ure se drukking, die vel blou in kleur, tot die eerste asemteug en die eerste skree.

Maria het geboorte gegee, en die baba Jesus het in die wêreld ingekom net soos ek en jy, deur sy ma se kragtige inspanning, bloederig, vuilerig – en tog pragtig.

Wat is die punt van dit alles? Jesus was ʼn baba, ʼn normale baba, gebore op ʼn normale manier. Jesus was regtig mens. Jesus was ʼn baba wat homself vuilgemaak het, melk opgebring het, geskree het

Page 9: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

9

as Hy honger was. Hy was volkome afhanklik van sy ouers om in elke behoefte van Hom te voorsien. Hy kon niks vir Homself doen nie. Met sy klein handjies het Hy die vingers gegryp wat na Hom uitgehou is. Hy kon vir eers nie anders kommunikeer as net deur te skree nie. Hy het maande gevat om te leer kruip, en nog meer maande om te leer loop en praat – Jesus was ʼn normale, menslike baba...

Verder is Jesus gebore uit ʼn arm familie, in buitengewoon moeilike omstandighede. Terwyl ons kan seker wees dat Maria en Josef hulle bes probeer het om die nuutgebore gemaklik, veilig en skoon te maak, is dit so dat ʼn stal van daardie tyd geen sanitêre vertoonkas was nie. Hoe ver was hulle van water? Hoe het hulle hom skoongemaak na geboorte? Hoe het die stal gelyk? – ons weet wat alles in ʼn stal gebeur!

En ja, Jesus is gebore onder die wolk van buite-egtelikheid. Bittermin het waarskynlik Maria se storie van die engel Gabriël geglo, verseker het die meeste wat haar swanger gesien het, aangeneem sy het op die normale manier swanger geword. Inderdaad het hierdie wolk oor Jesus gehang sy hele lewe, die Fariseërs verwys hierna in Johannes hoofstuk 8. So dit was die baba Jesus. Ten volle mens. ʼn Nederige baba, van ʼn arm familie. In die meeste se oë - buite egtelik. Maar hierdie Jesus het ook opgegroei en deur al die fases van grootword gegaan. Hy het ook sy tone stukkend gestamp teen klippe, ook gespeel met ander kinders en dalk soms ook paddavissies gevang. Hy het ook puberteit bereik. Hy was ook bewus dat sy liggaam verander en ontwikkel. Daarmee saam het Hy al die normale drange en begeertes van ʼn tiener seun beleef. Die enigste verskil met ons – Hy het nooit in dit alles gesondig nie. Maar Hy verstaan

Page 10: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

10

elke versoeking. Hy is in elke opsig versoek soos ons, en daarom verstaan Hy dit! (Heb 2:18; 4:15). Hy was egter geen leeglêer tiener nie. Hy het gewerk. Hy het houtwerk gedoen saam met sy Pa Josef van kleins af. Hy weet wat dit is om jou vinger met ʼn hamer te tref en die pyn te voel opskiet dat dit voel jy word blind daarvan. Ja, Hy weet wat dit is om te sweet en te bloei. Hy weet wat dit is om ʼn seer rug te hê van heeldag se staan. Hy het ook beleef hoe jy verskil met jou pa... Vir 30 jaar het Hy totaal onbekend, ʼn doogewone lewe geleef as hardwerkende Joodse seun. Terloops, Hy het soos ʼn gewone Joodse seun en later jong Joodse man gelyk. Hy het verseker nie lang blonde lokke gehad en ʼn vroue gesig nie! En Hy het nie heeldag met skapies in sy arms geloop terwyl sy rok pragtig spierwit was nie. Dit is die absurde belaglike beeld wat Kinderbybels en skilderye skets, maar niks kan verder verwyder wees van die realiteit nie. Hy was waarskynlik bruingebrand deur die son, met taai goed gedefinieerde spiere van al die swaar werk. ʼn Gewone Joodse man, en ja, Hy was lief vir wyn soos alle Jode. Tydens sy 3 jaar van bediening het Hy honger en dors geken. Sy voete het seer en vuil geword van die lang afstande op vuil stowwerige Palestynse paaie. Hy het geen plek gehad om sy kop neer te lê nie. Van hard en ongemaklik slaap het Hy alles geweet... Hy het soos ʼn normale jong Joodse man gesels, grappe gemaak en gelag saam met sy nou vriendekring, die dissipels. Terloops, hulle was geensins fyn, gekultiveerde ouens nie. Rowwe vissermanne... Hy het saam met hulle geloop, gelag, gekuier. Hy kon gesels met die rowwe ouens in die “pubs” van die dag. Nié, omdat Hy soos hulle wou wees nie, maar omdat hy hulle wou wen vir die koninkryk.

Page 11: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

11

Genoeg gesê. Jesus, die een wat volkome God was, was volkome mens soos ek en jy. Niks van menswees is vir hom vreemd of ʼn verrassing nie.

Wat lyding ken...

Hierdie Jesus is, met eerbied gesê, met sy geboorte al op ʼn reis na die hel... Ons het reeds gesien dat die mooi prentjies van die “liewe Jesus” wat tussen glinsterende strooi lê in ʼn stal, ʼn wanvoorstelling is. Maar meer as dit. Vir Jesus was dit hel. Hy, die ewige heerlike God, het Homself verneder deur aan mense gelyk te word (Fil 2:7). Ons kan dit ons beswaarlik voorstel: die grote God waarvan ons netnou gepraat het; wat uit die heerlikheid van die hemel die dampkring van ons aardse aakligheid moet binnetree, uitgelewer aan wesens wat God en hulle naaste van nature haat. Maar dit is maar die eerste stop langs Jesus se lydensweg. Dit was erg. Baie erg. Maar nie die ergste. Daarna kom nog ander by, elkeen erger as die vorige een: die verwerping deur sy eie mense, die verraad en verloëning deur dié wat die naaste aan Hom was, sy dissipels... Maar wanneer Hy in Getsemane kom, sien ons Hom die eerste keer terugdeins... Hoekom? Is dit die fisiese lyding waarvoor Hy weggeskram het, die marteling en die bespotting aan die kruis, deur goddeloses saam met die sielkundige effekte van verloëning, die verwerping deur sy vriende? Sekerlik het ons nie ʼn idée van die fisiese pyn wat Hy deurgemaak het nie. As ons praat van Goeie Vrydag sê ons vir mekaar dit wat

Page 12: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

12

daar aan die kruis gebeur het op ʼn Vrydag meer as 2000 jaar gelede, was goed. Nou ons dink waarskynlik nie eers meer oor wat ons sê nie. Ons sê die kruis, kruisiging was goed. Ons gaan natuurlik selfs verder en sing selfs liedjies waarin ons praat van die “dierbare kruis” – ek dink aan ʼn spesifieke ou “Halleluja” lied (As jy jonger as 35 is, sal jy waarskynlik nie weet waarvan ek praat nie). Baie Christene dra kruisies om hulle nek, en het kruisies wat in hulle huise hang met mooi woorde op. Wel, vir die mense wat 2000 jaar gelede geleef het, sou hierdie manier van praat en optrede so vreemd wees as wat dit vandag sou wees om te praat van die goeie dierbare Aids besmette naald, en dit om jou nek te dra en in jou huis op te hang-waarskynlik nog meer vreemd. Kruisigings is deur die Persiërs omtrent 500 v.C. uitgevind en vervolmaak deur die Romeine in die tyd van Jesus en het eers verdwyn onder Konstantyn in die 4de eeu. In die dae van Jesus is die kruis gereserveer vir net die mees weersinwekkende kriminele. Ook die Jode het kruisiging beskou as die ergste vorm van dood denkbaar - in Deuteronomium 21:22-23 lees ons: “En as in iemand ʼn sonde is wat die doodstraf verdien en hy gedood word en jy hom aan ʼn paal ophang, dan mag sy lyk nie aan die paal oornag nie, maar jy moet hom sekerlik dié dag nog begrawe; want een wat opgehang is, is deur God vervloek.” Die antieke Romeinse Filosoof Cicero het gevra dat ordentlike Romeinse burgers nie eers sal praat van die kruis nie, omdat dit ‘n te walglike onderwerp was vir die ore van ordentlike mense. Die wroeging en pyn aan ʼn kruis is so geweldig dat ʼn woord in Engels ontwerp is om dit te verduidelik. Excruciating beteken letterlik; ‘van die kruis.’

Page 13: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

13

ʼn Gekruisigde persoon kon dae lank aan ʼn kruis hang, en in en uit komas beweeg soos hulle longe worstel om asem te haal onder die gewig van hulle liggaam. Dit was nie vreemd om te sien hoe persone aan die kruis pogings aanwend om lug uit hulle longe te dwing sodat hulle vinniger kan sterf nie. Om die maksimum lyding te veroorsaak, is ʼn persoon natuurlik eers gegesel. Dit was so pynvol en wreedaardig dat baie, ja baie dit nooit eens gemaak het tot by die kruis nie. Die lang leer repe het metaal punte gehad wat sagte vleis afgeskeur het van die veroordeelde wat hom dikwels in ʼn bebloede onherkenbare massa verander het. Honderde jare voor Jesus se geseling skryf die profeet Jesaja in hoofstuk 52:14: “soos baie hulle oor U verstom het—so misvormd was sy voorkoms, geen mens meer nie, en sy gestalte was nie soos dié van ʼn mensekind nie” (O.A.V.). Jesus het hiermee saam ʼn kroon van dorings gehad wat in sy kop ingedruk is terwyl verbygangers Hom bespot as koning van die Jode. Bloed het gevloei oor Jesus se gesig wat veroorsaak het dat sy hare en baard ʼn bebloede mat geword het, sy oë het waarskynlik gebrand soos Hy probeer sien het deur sy eie sweet en bloed terwyl daar gedobbel is oor sy kleed. Hierna is Jesus geforseer om ʼn ruwe dwarsbalk van ongeveer 100 kg op sy kaal rou bebloede skouers te dra. As gevolg van die slapelose nagte, kilometers se stap en uiterste geseling word Simon van Cirene gevra om sy kruis te dra. As daar by die plek van kruisiging gekom word, word Sy baard uitgepluk – ʼn gebaar van absolute disrespek in antieke kulture. Ja, ek weet jy sien dit nie so duidelik in die evangelies nie, maar dit was redelik standaard praktyk. Jesaja wat voorspel wat met die sogenaamde ‘Dienskneg van die Here’ gaan gebeur, verwys ook hierna (vgl. Jes

Page 14: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

14

50:6). En dan word daar ook op Hom gespoeg en Hy word gespot - voor sy familie en vriende! Vir Jesus die skrynwerker was die lang, rowwe metaal spykers wat deur die mees sensitiefste senuwee areas van die liggaam, die hande en voete, gedryf is, nie onbekend nie... Hy is letterlik vasgespyker aan hierdie kruis. Op hierdie punt verkeer Hy in ondraaglike pyn. Hierná is die kruis opgelig en ingeruk in ʼn voorbereide gat. Vir verdere bespotting is ʼn teken bo Jesus aangebring: ‘Jesus van Nasaret, Koning van die Jode.’ Op hierdie stadium gedurende die kruisiging, sukkel die slagoffer geweldig om asem te haal. Naak en verleë, sal die slagoffer gewoonlik sy oorblywende krag gebruik om as’t ware hom te wreek op die skare deur op hulle te skreeu en te spoeg. Sommige is so oorweldig deur die pyn dat hulle geen beheer meer gehad het oor liggaamsfunksies nie – aan die voet van die kruis was dit dus ʼn afstootlike gemors. Jesus se kruisiging was ʼn walglike toneel. Jesaja skryf in hoofstuk 53:3-4: “Hy was verag en deur die mense verlaat, ʼn man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ʼn mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie” (O.A.V.). Dit alles gebeur in die openbaar. Terloops, vrouens is feitlik nooit gekruisig nie. Indien wel, is hulle met gesigte na die kruis gekruisig. Geen mens is dapper genoeg om ʼn vrou se gesig te aanskou in sulke pyn en angs nie. As ek en jy daar was sou ons die geur van dood geruik het, doodsangs gevoel het, aan ʼn kruis kon vat en ’n splinter in die vinger kry... Dit was werklikheid en dit was nie goed nie.

Page 15: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

15

Die fisiese lyding aan die kruis was angswekkend en ontsettend. Niks sal my egter laat glo dat die beker wat Jesus gevrees het, nét die fisiese lyding en die sielkundige effekte daarvan was nie. Sokrates in sy sel in Athene, het sy gifbeker, volgens Plato se weergawe, sonder bewing of verandering van kleur of uitdrukking geneem. Hy het “die beker gelig en na sy lippe gebring en baie opgewek maar stil dit geledig.” Toe sy vriende uitgebars het in trane het hy hulle stilgemaak, en bestraf vir hulle absurde gedrag! En hulle gemaan om stil en dapper te wees. Sokrates sterf sonder vrees, hartseer of protes. So was Sokrates dapperder as Jesus? Of was Jesus se beker gevul met ‘n ander soort gif? Dan is daar natuurlik die Christen martelare. Jesus self het sy volgelinge vertel om bly te wees en hulle te verheug as vervolging en smaad oor hulle kom. Het Jesus nie gedoen wat Hy gepreek het nie? Sy apostels het. In Handelinge lees ons dat toe hulle al bloeiende die Sanhedrin verlaat het, het hulle hul verheug dat hulle vir Sy naam kon ly. In die hele res van die kerkgeskiedenis, lees ʼn mens hoe martelare op brandstapels lofliedere sing, met ongekende vreugde!

Vir my sonde

Wat moet ons dus maak met die bang, bloedswetende figuur in Getsemane? Was Hy na alles tog ʼn lafaard? Nee, al die bewyse van sy vorige lering, karakter en gedrag, wys die teenoorgestelde. Die antwoord lê in die beker wat Hy moes drink. Ja, die Ou Testament praat dikwels van God se oordeel as ʼn beker van toorn (woede), voorberei vir sondaars. Luister na Psalm 75:8-9:“Want in die hand van die HERE is ʼn beker, en die wyn skuim; dit is

Page 16: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

16

oorvloedig gemeng, en Hy skink daaruit; ja, die afsaksel daarvan moet al die goddelose van die aarde opslurp, uitdrink” (O.A.V.). Of luister na Jeremia 25:15-16: “Want so het die HERE, die God van Israel, vir my gesê: Neem hierdie beker van die wyn van grimmigheid uit my hand en gee dit om te drink aan al die nasies na wie Ek jou stuur, dat hulle kan drink en waggel en rasend word weens die swaard wat Ek onder hulle stuur” (O.A.V.). Maar die beker van toorn was nie net ʼn Ou Testamentiese beeld nie. ʼn Beker van toorn is gereed vir elkeen wat weier om aan Jesus vas te hou vir verlossing. In die boek Openbaring lees ons die volgende i.v.m. hulle wat Jesus verwerp om agter ander gode aan te loop, gesimboliseer deur die dier. Luister na Openbaring 14:9: “En ʼn derde engel het hulle gevolg en met ʼn groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ʼn merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn…, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam" (O.A.V). Dit sal ʼn ewige drink van die beker van God se toorn teen sonde wees, en dit bevat niks anders as afsaksel tot die droesel toe nie. Besef jy, as jy wat lees ʼn gelowige is, waarvan Jesus jou verlos het?! Jy sal nooit jou lippe sit om die rand van die beker wat mense laat steier nie. Jy sal nooit jou kop hoef te laat sak om die skuimende beker van God se toorn uit te drink nie. As jy dalk nog ʼn ongelowige is: Besef jy werklik die konsekwensies van jou ongeloof? Bewe jou hand nie as jy dink aan die gedagte om jou hand te sluit om die beker van God se woede nie? Bewe jou lippe nie by die gedagte om hierdie beker tot die droesel toe te ledig nie?

Page 17: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

17

Jy sien die beker moet gedrink word. God se woede teen sonde moet tevrede gestel word, dit moet uitgegiet word. Hy kan nie sonde onder die mat van die heelal vee nie. En daarom is die beker nie langer die beker van God se toorn in die hand van die sondaar nie. Dit is God se oordeel in die hand van die sondelose. Dit is die skuimende bitter beker in die hand van Jesus Christus, die een wat vir ons sonde geword het (2 Kor 5:21). En Jesus drink die beker tot die droesel toe. Dit gebeur in daardie 3 ure van duisternis aan die kruis. Maar wag, laat ons nie te vinnig hieroor praat nie. Wat daar gebeur het was iets wat jou denke laat duisel. Iets waarvoor daar ontsettend lank gewag is... Verbeel jou vir ʼn oomblik - die heiliges in die hemel wat neerkyk op die aarde. Kom ons sê, Abel en sy vriende wat lank voor die vloed reeds in die heerlikheid gesit het. Hulle sit en sien hoe Abraham kom, en hulle wonder en peins terwyl hulle sien hoe God Christus aan Abraham openbaar in die persoon van Isak. Ja, hulle staar net soos die engele, begerig om in hierdie misterie in te sien. Van die tye van Noag, Abraham, Isak en Jakob, sien hulle altare rook, ʼn herinnering dat die mens skuldig is. Stel jou voor, die heiliges voor die troon vra: “Here wanneer sal die offers eindig, wanneer sal bloed nie meer gestort word nie?” Die bring van bloedige offers het egter net al meer geword. Dit word nou uitgevoer deur mense wat daarvoor aangestel is. Aäron en die hoëpriesters, en die Leviete - elke oggend en elke aand word ʼn lam geoffer en groot offerandes op spesiale geleenthede. Bulle brul, ramme bloei, die nekke van duiwe word afgedraai, en die hele tyd deur roep hierdie heiliges: “Here hoe lank nog - wanneer sal die offers verdwyn?”

Page 18: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

18

Jaar na jaar gaan die hoëpriester in die Allerheiligste en besprinkel die versoendeksel met bloed. Die volgende jaar dieselfde, en dieselfde en dieselfde, oor en oor. Dawid offer dosyne by dosyne, Salomo slag tienduisende, Hiskia offer riviere van olie, Josia gee duisende van die vet van beeste en die heiliges sê: “Sal dit nooit volbring word nie?” Moet daar altyd ‘n herinnering aan sondes wees? Sal die laaste hoëpriester nooit kom nie? Maar nog gebeur dit nie, selfs na die ballingskap vir nog vier eeue... En dan, dan verskyn Hy - nie met klingelende klokke of skitterende juwele op sy borsplaat nie- Nee, Hy kom in ‘n menslike liggaam. Ons het daarna gekyk. Sy kruis die altaar, sy liggaam en siel die slagoffer, Hyself die priester, en kyk Hy offer Homself vir God binne die voorhangsel van duisternis wat hom verberg van mense. Hy doen versoening nie net vir die volk Israel se sonde nie, maar vir die nuwe volk uit elke stam en volk en taal en nasie. Vir jou sonde. In daardie drie uur duisternis, het Hy die rol vervul van die sondebok van Levitikus 16. Die sondebok was eintlik twee bokke. Een is geoffer en een is weggestuur , die woestyn in… Jesus was die sondebok op Wie die sondes van die wêreld gelaai is en wat weggestuur is uit die lig, uit lewe na duisternis. Hy dra dit weg. Hy is terselfdertyd die plaasvervangende sondebok wat gesterf het in my en jou plek... Net ietsie meer oor die plaasvervangende offer. Hierdie offer is gebring vir sonde wat die dood verdien. Die lê van jou hande op die bok (offerdier), voor dit geoffer word, simboliseer dat jy jouself op die dier oordra. Jy met jou sonde. Die groot vraag was nou of God dit gaan aanvaar. As Hy nie die oordrag aanvaar nie, sou jy as skuldenaar sterf. Jy kon jou voorstel die spanning as die offer

Page 19: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

19

gebring word. Wat gaan gebeur? Sal ek bly leef? Ek, die persoon wat die offer bring, sal nie die ontmoeting met die Heilige God oorleef as Hy nie my offer aanvaar nie... As die offer gebring word en jy sterf nie, het dit beteken dat God die oordra van jouself op die offerdier aanvaar het. Jy leef! God is tevrede! Dit is wat op Golgota gebeur het. As Hy uitroep: “Dit is volbring!”( Joh 19:30), roep Hy uit: “God het die oordrag aanvaar. Jy, mens, kan leef!” Verstaan jy dit? In die Ou Testament was daar geen so ʼn versoenende, oorgedraagde offer, wat versoening vir eens en vir altyd kon bring nie. Dit moes daarom herhaal word (Heb 10). Dit is ook duidelik dat die dood van ʼn plaasvervangende offer nie die reiniging van die mensheid kon bewerk nie. Nie eens die offer van ʼn spesifieke persoon kon God se versoening van die mensdom en die wêreld bewerk nie. Nee, net as die persoon, die mens, terselfdertyd ook God kon wees. En het ons nie nou al gesien dat daar net Een is wat hieraan voldoen nie? Jesus Christus. Gaan lees maar weer die evangelies en die briewe van Paulus en jy sal sien dat sy Dood weer en weer beskryf word as ʼn offer. Hý is die Lam wat geoffer is. Wie is dus hierdie Lam? Die finale plaasvervanger in die groot, finale offer, wie is Hy? Sekerlik nie Jesus Christus, as Hy gesien word as ʼn derde party nie. Enige gedagte van plaasvervanging waarin drie onafhanklikes ʼn rol speel - die skuldige party, die regter wat straf, en die onskuldige slagoffer - moet verwerp word. Dit sal nie net onregverdig insigself wees nie, maar ook ’n verkeerde leer omtrent Jesus Christus weerspieël. Jesus Christus is nie ’n

Page 20: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

20

onafhanklike derde party nie, maar die ewige Seun van die Vader, wat een is met die Vader in Sy basiese wese. Ons het dit tog nou net gesien! So wat jy moet verstaan is dit: Daar was nie drie partye betrokke by dit wat op daardie dramatiese dag aan die kruis gebeur het nie. Daar was net twee. Onsself, jy en ek, aan die een kant, en God aan die ander kant. Onthou, ons het gesien Jesus is waarlik God. Hy is God die Seun. God self. God die Seun is die plaasvervangende offer. In jou plek. Dit is Hyself wat dit weer moontlik maak om in liefdesharmonie met Hom te leef. O, bewonder jy Hom nie hiervoor nie? Só ‘n God het ons! En as jy verstaan wat Hy gedoen het, moet jy daaraan vashou dat jou skuld radikaal, vir eens en altyd weggeneem is. Blaai in jou Bybel na Kolossense 2:14. Sien jy dit? Die skuldbrief teen ons is uitgedelg! Weggeruim, aan die kruis vasgenael! Uitgedelg, of liewer uitgevee, is ʼn baie sterker woord as gekanselleer - die gewone destydse begrip wanneer ʼn skuldbewys verval het. Dit is gekanselleer deur ʼn streep deur te trek. Maar onder die streep kon dan nog gelees word wat die skuld was. God vee egter die letters op die skuldbewys uit sodat niemand agterna eers meer kan uitmaak wat die skuld was nie. Vergelyk die gedagte van die profete dat God ons sonde vergewe en: vergeet! Weggeruim, opgeskeur en in die snippermandjie gegooi sodat dit nie meer bestaan nie, en iemand dus nie eens op grond van die onleesbare skuldbrief, tog nog sou weet dat daar een of ander skuld teen ons opgeteken gestaan het nie. GOD het dit gedoen. Van begin tot einde het God alles gedoen sodat jy Hom kan ken en liefhê.

Page 21: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

21

HOOFSTUK 3

Is my sonde só ernstig?

Hoe dit moes wees...

As jy sukkel om jou skuld, jou sonde te verstaan - kom dink vir ʼn oomblik na oor presies hoe die verhouding in Eden daar uitgesien het: ʼn Perfekte verhouding tussen God en mens. Die mens wat in ʼn volkome verhouding met homself is. Die mens wat in ʼn volkome verhouding met sy medemens is, en met sy omgewing. Ja, geen skaamte vir God nie. Geen skuldgevoel nie. Niks om weg te steek nie. Nie skaam vir mekaar nie. Man en vrou wat perfek oor die weg kom! Niks om weg te steek nie. Geen besoedeling nie. Niks wat verniel en bemors word nie. Kan jy jou dit indink? Ons kan hierdie verhouding uitdruk met die Hebreeuse term shalom. Shalom is meer as vrede. Dit is wanneer alles gesond en heel is, en groot vreugde alles deursuur. Die profete het verlang na ’n tyd waarin die wêreld weer hierdeur gekenmerk sal word. Shalom is hoe dinge moet wees. As elke mens en elke dier en ding doen waarvoor dit bedoel is en ook in opbouende verhoudinge met mekaar staan. Stel jou voor! Dit is soos dit moet wees! En nou: Sonde, jou sonde, my sonde is wanneer ons hierdie soort heelheid, vrede en vreugde as’t ware stukkend trap en vertrap. En

Page 22: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

22

omdat hierdie shalom deur God daar gestel is en Sy begeerte is, is sonde ʼn belediging van God... Ek dink jy stem saam: God moet dit straf. Kom ons dink bietjie meer prakties oor wat ons met die shalom doen. Hoe verbreek ons, jy, die shalom? Hoe vlug ons, jy, weg daarvan? Beide is natuurlik ʼn omvergooi daarvan. Dink bietjie saam met my oor hoé ons dit verbreek. Vat iets soos afguns. Afguns is erger as blote begeerte. Om te begeer beteken jy wil iemand anders se goed so graag hê dat jy dit sal steel. Afguns beteken jy wil dit só graag hê dat jy onder die versoeking is om dit te vernietig. Kain het later nie meer God se seën begeer nie, maar Abel se dood. Onthou jy die vorige keer toe iemand anders geprys is oor iets, terwyl jy gevoel het die lof kom jou toe? Onthou jy daardie bitter smaak in die mond, daardie pyn in die bors? Jy het die gebeure as onregverdig en beledigend ervaar. Jy wou byna moor. Jy was gegrief! En dink daaraan, jy was nie gegrief oor iets wat sleg was nie. Die ou wat geprys is, erken dit, was ‘n goeie ou! Hiérdie gegriefdheid verbreek die shalom! Hoekom dink jy aan die voorspoed wat iemand anders beleef as beskadiging van jouself? Die antwoord is hoogmoed! Die kern van hoogmoed is die begeerte om ander ander te verkleineer en af te kraak, sodat jy beter kan lyk. Jy wil alleen in die lewensspel speel wees. En as jy voel iemand gaan jou wen, val jy selfs die reëls van die spel aan. Ten diepste wil ons God se pos hê. Nie die Bybelse God, wat die goeie skep en koester in ander nie, maar ʼn heidense God. ‘n God wat net vir Homself dinge wil hê. Dit is hoe die heidense gode is, daarom moet jy hulle altyd tevrede stel met offers, geskenke

Page 23: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

23

ensomeer. Ons, en miskien jy, vind ook vreugde in “mislukkings” van “teenstanders.” Dit klink erg, maar is so waar! Jy sal weet dat dit jouself eintlik vol gif maak, en jy kan geen gemeenskap, geen werklike vriendskap hê, met die persone in wie se mislukkings jy jou verlustig nie. As jy nie verstaan wat ek sê nie: Dít is presies wat gebeur as jy skinder! Ag, daardie tragiese nuus van ou Piet se sonde wat jy by die biduur vertel... Dit is nie soos dit moet wees nie! Dink bietjie saam met my oor hoe ons van shalom af wegvlug. Ons doen dit op baie maniere. Deur op te tree soos almal rondom ons. Ons draai maar ʼn blinde oog vir die verbreking van shalom rondom ons. As iemand se handsak voor ons gesteel word, kyk ons maar ander pad. Soos al die ander. Nader ons ons lyf: As ‘n ou oom of tannie ‘n sitplek in die kerk soek en jy bly jy sit soos al die ander, jy maak asof jy dit nie gesien het nie...? En daai blikkie wat jy by jou motor se venster uitgooi? Deur shalom baie minder te maak as wat dit is.. ʼn Man wat voorgee dat hy sy vrou liefhet deur op sy kroegstoel te sit en praat oor hoe lief hy haar het, terwyl sy alleen by die huis sit, is ʼn goeie voorbeeld daarvan. Deur jou verantwoordelikheid tot deelname aan shalom handhawing te ontwyk. Dit gebeur byvoorbeeld as jy elke dag deur winkelsentrums drentel, en so ander beroof van dit wat jy in hulle lewens kon inbou. Veral die dames en die tieners moet hierdie sin gou weer lees... Deur te onttrek in ʼn klein wêreld van vriende, die kerk, die werk, jou eie gevoelens, ja selfs jou “kosbare” familie, terwyl jy nie na buite getuig van Jesus en wat Hy kom doen het nie. Deur jouself tot die dood toe te vermaak deur voor die televisie te sit en rekenaar te speel, in stede daarvan om deel te hê aan shalom handhawing en uitbouing.

Page 24: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

24

Op al hierdie maniere sê jy eintlik: “Ek wil nie shalom hê nie!” En dit beteken: “Ek wil nie hê wat God wil hê nie”. Jy het die rug gedraai op God en selfs in ʼn sekere manier op jouself. Onthou hierdie shalom is God se standaard, dit is die kern van die gebod van liefde vir God en liefde vir mekaar. Dit is wat ons in Jesus, God se finale openbaring sien (vgl. Joh 1:14-18). In Jesus sien ons wat God nog altyd wou gehad het die mens moet wees. En jy vertrap dit. Jy kan ook só daaroor dink: Die feit dat God, die Leeu van die heelal, mens, Lam geword het, openbaar jou en my probleem. Dat God mens moes word, wys dat ons, jou, probleem is dat jy God wil wees. Die feit dat Hy wat Heer is, dienskneg word (Fil 2:7), wys dat jy wat ‘n dienskneg van God moet wees, baas wil wees. Die feit dat die regter van die wêreld die veroordeelde word, wys jy wil regter wees, self besluit oor reg en verkeerd...

Is ek verantwoordelik?

Miskien dink jy: “Is ons nie bloot slagoffers van ons DNA, ons tydelike hormonale wanbalans, ons oorgeërfde temperament, ons ouers se mislukking in ons vroeëre kinderjare, ons opvoedkundige en sosiale omgewing nie?” Klink na ʼn waterdigte alibi, nie waar nie? Ja, ons erken almal die beginsel van verminderde verantwoordelikheid, sogenaamde versagtende omstandighede. Dit is in die meeste regstelsels ingebou, dit was reeds in die wet van Moses - die onderskeid tussen byvoorbeeld beplande moord en onbeplande moord deur ʼn ongeluk ensovoorts. Daar is vandag verskillende wette wat versagtende omstandighede in gedagte hou by byvoorbeeld kindermoord. Die hele wetlike-sisteem berus egter op verstandelike en morele verantwoordelikheid. Jy is verantwoordelik vir wat jy dink en uiteindelik doen. Pleidooie oor ʼn tekort aan bewustelikheid of beheer moet altyd baie goed gedefinieer word en is uitsonderlik. ʼn

Page 25: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

25

Aangeklaagde persoon kan nie pleit op grond van sy genetiese oorerwing, of sy sosiale opvoeding, as ʼn verskoning vir sy kriminele gedrag nie, wat nog te sê persoonlike nalatigheid: “Ek het bloot nie gedink wat ek doen nie.” Oor die algemeen berus die hele prosedure van skuldigbevinding en vonnis op die aanname dat mense vry is om keuses te maak, en verantwoordelik is vir die keuses wat hulle maak. En jy is ‘n mens. As ons na die Bybel gaan, is daar dieselfde spanning waarvan ons bewus is in ons persoonlike ervaring, die spanning tussen dit wat ons kondisioneer en selfs beheer en ons blywende morele verantwoordelikheid. Die Bybel maak dit baie duidelik dat ons is wat ons is, as gevolg van die oortreding van Adam. As gevolg van hom word ons met ʼn ingebore genetiese geneigdheid tot sonde gebore. Ons sien dit van kleins af. “Ek wil dit hê”, “dit is myne.” Dit is daar, net soos ʼn vark nie anders kan as om in die modder te rol nie. Die Bybel praat daarvan dat ons slawe van sonde is (Joh. 8:34). Die Bybel se erkenning van ons verminderde verantwoordelikheid beteken nie dat dit vernietig is nie. Nee, die teenoorgestelde is waar. Die Bybel hanteer ons as moreel verantwoordelike agente. Dit lê die verantwoordelikheid op ons om te kies tussen goed en kwaad, lewe en dood. Die lewende God en afgode. Dit roep ons op tot gehoorsaamheid en bestraf ons as ons dit nie doen nie. In Matteus 23:37 kla Jesus Jerusalem aan, dat hulle nie na Hom gekom het nie. Hy sê egter ook, dat niemand na Hom kan kom as die Vader hom nie trek nie, maar hy sê dit net nadat Hy gesê het: “julle wil nie na my kom nie.” Hoekom is dit dat mense nie na Jesus kom nie? Is dit omdat hulle nie kan nie, of nie wil nie? Jesus leer beide. En in hierdie kan nie en wil nie lê die oënskynlike teenstrydigheid tussen menslike

Page 26: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

26

verantwoordelikheid en Goddelike soewereiniteit. Maar hoe dit ookal sy, dit is baie duidelik dat ons nie een van die kante kan uitskakel nie. Ons verantwoordelikheid voor God is ʼn onontkombare aspek van ons menslike waardigheid. Jou waardigheid. Die finale uitdrukking daarvan sal op die oordeelsdag wees. Niemand sal geoordeel word sonder ‘n verhoor nie. Alle mense, klein en groot, ongeag sosiale klas, sal voor God staan, en nie bloot weggeveeg word nie, maar daar sal aan hulle die laaste teken van respek vir menslike verantwoordelikheid gegee word, as elkeen ʼn verslag sal gee van wat hy/sy… jy… gedoen het met God se shalom. Om te sê iemand is nie verantwoordelik vir sy dade nie, is om hom minder as ʼn menslike wese te maak. Dit is deel van die heerlikheid van die mens om verantwoordelik gehou te word vir sy dade. En omdat ons verantwoordelik is, is ons werklik skuldig. Jy is verantwoordelik vir jou sonde, jy is skuldig. Paulus se konklusie nadat hy die saak van Jood en heiden opgeweeg het, is dat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig is (Rom 3:19). Op die laaste dag gaan daar nie baie gepraat word nie... Ons probleme hou egter nie daarby op dat ons werklik skuldig is omdat ons deur God verantwoordelik gehou word vir ons dade nie, ons staan ook nog werklik skuldig op grond van Adam se sonde! Sy verbondsverbreking. Sjoe! Ons staan skuldig omdat hy as verantwoordelike wese teen God oortree het. Gaan lees maar net ʼn gedeelte soos Romeine 5 in die Bybel. Of ons daarvan hou of nie, toe Adam doelbewus sondig en God in die gesig slaan met sy sonde, toe sondig jy, en word jy skuldig voor God. Ons kan sê Adam het die

Page 27: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

27

mensheid voor God verteenwoordig. Hy het dus een en elkeen van ons verteenwoordig. Jou ook. Al sy nakomelinge is gevolglik saam met hom ‘verantwoordelik’ vir die sondeval - hulle is ewe skuldig en net so strafbaar. As jy dink dit is snaaks en onregverdig, onthou ons ken soortgelyke situasies in die lewe. Iemand soos Hitler het deur sy optrede ʼn hele Duitse volk in die gemors gedompel. Onsedelike ouers kan veroorsaak dat hulle kinders HIV positief gebore word. Dit is dus ʼn alledaagse feit dat mense in ellende ingebore kan word, sonder dat hulle direk by die oorsaak daarvan betrokke was. Jy is ʼn dubbel skuldige... en jy word verantwoordelik gehou!

Hoe voel God oor dit alles?

Die Bybel het verskeie maniere om te wys dat God sondaars moet straf as Hy getrou wil bly aan Homself. God se heiligheid ontbloot sonde, Sy toorn, of woede, bots daarmee. Sonde kan nie naby God kom nie, en God kan sonde nie verdra nie. Daar is baie metafore in die Bybel wat hierdie feit illustreer. Ek noem net ʼn paar: Daar is eerstens die metafoor van afstand. Ons durf nie te naby aan Hom kom nie. Reeds vir Moses by die brandende bos sê God: “Moenie nader kom nie…” Toe God op Sinai verskyn mag die volk nie naby die berg gekom het nie, daar is ʼn heining omgesit. Die wat te naby gekom het, het gesterf. Toe die tabernakel, en later die tempel gebou is, het ʼn gordyn, ʼn voorhangsel gekeer dat die gewone mens nie naby kon kom waar God teenwoordig is nie. Toe die Israeliete op die punt was om die Jordaan te kruis na die beloofde land, sê God in Josua 3:4, “Hou ʼn afstand van omtrent duisend meter tussen julle en die ark: moenie nader kom nie…” Ons weet

Page 28: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

28

almal wat gebeur met Ussia as die osse struikel en hy sy hand uitsteek om die ark te keer - hy sterf onmiddellik. En dan is daar die metafoor van lig en vuur. God is Lig (1 Joh 1:5). God is ʼn verterende Vuur sê Hebreërs 12:29. Beide ontmoedig ʼn té naby kom. Skerp lig is verblindend, ons oë kan nie die helderheid verduur nie, in die hitte van ʼn vuur vermurwe en verkrummel alles weer. Dit is verskriklik om te val in die hande van ʼn lewende God. Hy is ‘n verterende vuur... (Heb 12:29). Laastens, maar sekerlik die skokkendste, is die metafoor van vomering. Ons noem dit sommer opgooi. Dit is die liggaam se gewelddadigste reaksie. In ons vertalings sien mens dit nie raak nie, maar die Hebreeuse woord vir vomering word gebruik in die Ou Testament as daar gesê word hoe God voel oor die sonde van Israel. Die bekendste voorbeeld in die Nuwe Testament, waar dieselfde woord gebruik word, is Openbaring 3:16. Die Griekse woord emeo, beteken niks anders as vomeer nie. Ons delikate opvoeding en dié van die vertalers skram weg hiervoor. Dit is egter wat daar staan. Die prentjie is skokkend. Die betekenis duidelik. God kan nie sonde en valsheid verdra, of verteer nie. Dit smaak nie net sleg vir Hom nie, dit maak Hom naar. Dit is so afskuwelik vir Hom, dat Hy daarvan moet ontslae raak. Hy moet dit uitbring... God en sonde kan nie saam bestaan nie – dit is die punt. As boosheid Hom nie tot woede uittart nie, sou Hy ons respek verloor en geensins meer God wees nie. Hy kan nie sommer net vergewe nie, soos alreeds gesê is: Hy kan nie sommer net alles onder die mat van die heelal invee nie! Die ongelooflike is dat Hy Sy regverdige woede oor sonde op Homself, God die Seun, uitgiet omdat Hy jou en my so ontsaglik liefhet dat Hy ons nie kan vernietig nie. Aan die kruis kom God se

Page 29: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

29

regverdigheid (Hy moet sonde straf) en Sy liefde (Hy sterf in jou plek) bymekaar. Verstommend.

En wat kan ék doen?

Enige regdenkende mens behoort stomgeslaan te wees oor dit wat God, die heilige regverdige Regter gedoen het toe Hy in my plek die veroordeelde word. Die vraag is egter: Wat nou? As Hy alles gedoen het, wat kan en moet ék doen? Om hierdie vraag te beantwoord moet jy regverdigmaking deur die geloof alleen verstaan. Martin Luther het per geleentheid die volgende uitspraak gelewer: “Regverdigmaking is die hoofartikel van die Christelike geloof. Vir hom wat dit verstaan, is die gebruik daarvan en die heerlikheid daarvan so groot, dat alle ander dinge baie vaag sal lyk en in niks sal verander nie... As ons hierdie artikel verstaan, is ons in die duidelikste lig, as ons dit nie verstaan nie, bly ons in die dikste duisternis...” Blaai gou in jou Bybel na Romeine 4:1-5 (lees dit in albei Afrikaanse vertalings). Sien jy dit? God spreek goddeloses en nét goddeloses vry wat nie werk nie. Mense wat nie probeer om Hom te beïndruk en punte by Hom aan te teken nie. Die implikasie: Jy word nie geregverdig as jy werk of as jy godsdienstig is nie! Ja, jy het reg gehoor. Maar hoe dan? Kom ons kyk eers wat beteken die begrip regverdiging, vryspraak. Dit beteken om regverdig verklaar te word voor God. Dit beteken om 'n nuwe status voor God te geniet van “in die regte verhouding met Hom te wees”, om deur God aanvaar te wees. Let wel, dit beteken nie primêr dat God ons regverdig maak in die sin dat Hy ons goed maak en ons aanvaar omdat ons nou goed is in onsself nie- nee Hy verklaar ons regverdig ten spyte van wie ons inherent is. Let wel, God spreek goddeloses vry - m.a.w. vryspraak is

Page 30: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

30

nie op grond van iets goeds in ons nie, of vanweë enige vorm van verdienste nie. Maar hoe kan God dit doen? God kan tog nie mense wat goddeloos is, voor Hom regverdig verklaar nie? Jy is heeltemal reg. Jou en my enigste kans om deur God as goddeloses regverdig verklaar te word, is as hierdie geregtigheid van iemand anders kom. Hy kan dit net doen as Hy na jou kyk en iemand anders se lewe voor Hom sien. ‘n Lewe van volkome liefde vir God en mense. ‘n Lewe wat shalom vergestalt en gehandhaaf het. En ons het mos gesien dit is wat aan die kruis gebeur het. Plaasvervanging. ʼn Wonderlike uitruiling. Op Hom is my sonde, my verbreking van God se shalom geplaas. Hy sterf en ek is vry. Maar daar is meer. Ek het ook sý Shalom verhouding met God, met mense en die skepping ontvang. Dit word aan my toegereken. Dit is hoe God my nou sien. Ek moet dit egter vat. Ek moet glo. Ek moet vertrou dat dit wat Hy sê gedoen is, gedoen is. Alles wat ek bý kan doen, kan dit net verongeluk! Mense wat dít verstaan, die evangelie (goeie nuus), is mense wat ‘n heel nuwe sisteem van nadering tot God aangeneem het. Hulle mag beide godsdienstige en godsdienslose fases in hulle lewens gehad het. Maar hulle is mense wat gesien het dat die hele rede vir beide hulle godsdiens en godsdiensloosheid in beginsel dieselfde was - en in beginsel verkeerd was! Mense wat die evangelie verstaan is mense wat gesien het dat beide hulle sonde en hulle beste dade ten diepste maniere was om Jesus te vermy as Verlosser. Hulle het gesien dat Christenskap nie ‘n uitnodiging is om meer godsdienstig te word nie. ‘n Christen is iemand wat by die punt gekom het waar hy of sy sê: “Alhoewel ek

Page 31: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

31

dikwels misluk het om volgens God se standaarde te leef, was my dieper probleem die rede waarom ek dit probeer gehoorsaam het!” Selfs my pogings om te gehoorsaam was net ‘n manier om my eie verlosser te probeer wees! Met daardie uitkyk is selfs my gehoorsaamheid of my vra vir vergifnis ’n teenstaan van die evangelie en ‘n poging om my self verlosser te maak. As jy die evangelie snap, draai jy van selfregverdiging en vertrou op Jesus se verhouding met God. Anders gestel; ongodsdienstiges bekeer glad nie, en godsdienstiges bekeer net van sonde. Christene bekeer ook van hulle eie geregtigheid, dít is die verskil! As jy sukkel om te begryp wat ek nou alles gesê het, dink só aan die lewe: Ons elkeen is gestrand op ‘n oorhangende krans, in ‘n hewige storm, en selfs ons harde asemhaling kan ons laat afstort; En God kom na ons, na jou toe, en sê: “Ek sal jou red en beskerm van die storm, maar daar is een voorwaarde… O, en jou hart sink. Jou gesig is teen die rotswand. Jou vingernaels grawe in die wand in. Jy voel hoe jy besig is om greep te verloor. Jy weet as jy selfs jou lippe gaan beweeg gaan jy val. Jy weet daar is niks wat jy nou kan doen vir God nie! En dan spreek Hy die evangeliese bevel uit: “My vereiste is dat jy hoop in MY! Glo in MY!” Wat moet jy doen? GLO in hierdie Jesus! Onthou: Om te glo en te bekeer is nie bloot om te sien dat ek so hulpeloos soos ʼn kind is nie, maar om dit ook te erken. Iemand het dit so gestel:

“As long as I according to my inherent nature, think that I must have a part and that I must assist the Saviour in accomplishing my salvation, whether it be by repentance, contrition and faith,

Page 32: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

32

so long do I put forth opposition tot the salvation of God, whether I myself realize it or not. During this time, therefore, the aim of Gods quiet but purposive work is to kill me, that is to persuade me to lay down all opposition, which in turn means to get me to acknowledge that I can do absolutely nothing but stand in the way of God. From the moment I acknowledge this, God is free to inpart to me His whole salvation as to a little child” (Hallesby, 1995:72)

Doen dit nou: Kyk na die dooie Jesus aan die kruis, sien dat die mens wat jy is, vernietig word aan die kruis. Uitgewis word. God doen dit. Jy kan nie ʼn snars daaraan doen nie – ons kan net kyk. Kyk nóg - Jesus staan op uit die dood. En dan sien jy hoe voel God nou, oor jou, hoe sien God jou? Hy sien jou as ʼn nuwe mens. Die mens wat jy was het verdwyn, die nuwe het gekom. Kyk na die opgestane Jesus, en sien jouself soos God jou nou sien. Ook in Sy opstanding is Jesus ons verteenwoordiger. Van begin tot end doen Hy alles. Jy is in Hom geïnkorporeer. Ongelooflik. Gaan lees weer Rom 6, Ef 2, Kol 3; 2 Kor 5:15. Sommer nou! Verlustig jou hierin. As onsekerheid my vreugde wegneem? Wel, antwoord die volgende vrae uit die Bybel:

Page 33: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

33

• Is daar oordeel en ʼn vloek wat nog oor my hang? Wat sê Gal 3:13?

• Is daar veroordeling in die troonkamer van die hemel? Wat sê Rom 8:33-34?

• Is daar ontelbare oortredinge wat opgehoop word teen my? Wat sê Ef 1:17?

• Word ʼn geregtigheid verwag wat ek kan en moet bewerk? Wat sê 2 Kor. 5:21, Rom 5:19?

• Is ek afgesny van die ewige lewe? Wat sê Joh 3:16? • Is ek vasgevang in die heerskappy van sonde wat my

lewe vernietig? Wat sê 1 Pet 2:24; 2 Kor 5:15? • Sal al die oortredinge en mislukkings van my verlede

my aftrek met onomkeerbare, vernietigende gevolge? Wat sê Rom 8:28?

• Het ek al die goeie dinge verloor wat God beplan het vir sy kinders? Wat sê Rom 8:32?

• Is daar enige hoop dat sondaars soos ek ʼn alles bevredigende ewigheid met God kan spandeer? Kan ek ooit huis toe gaan na God? Wat sê 1 Pet 3:18?

As jy gekyk het, gekom het. Dank Hom. Aanbid Hom!

Page 34: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

34

HOOFSTUK 4

Is God in beheer van my lyding?

Tot dusver in hierdie boekie het jy gesien dat God in Jesus Christus mens geword het. Hy ken menswees, meer nog, Hy ken ook swaarkry en lyding. Die kruis wys dit. Die kruis gaan egter ook oor meer. Ons het gesien daar en daar alleen lê ons hoop vir verlossing, regverdigmaking/vryspraak voor God van ons sonde wat deel is, ja selfs die oorsaak is van hierdie wêreld se smarte en lyding. Ek kan dus as regverdige, vrygespreek leef voor hierdie God. Ek kan Hom aanbid vir die heerlike verlossing wat Hy bewerk het. Maar selfs as Christen kan ek dalk nog steeds worstel met die vraag: “Maar wat van my lyding? Hoe moet ek God en hierdie lyding bymekaar bring?”

En dit belemmer jou aanbidding van hierdie God.

Waar is God?

In ʼn debat oor die bestaan van God wat in 1993 by die universiteit van Kalifornië gehou is het Edward Tabash, ʼn vurige ateïs, sy opponent uitgedaag met die volgende stelling: “As die God van die Bybel bestaan, wil ek Hom aankla vir nalatigheid deurdat Hy aan die slaap was aan die wiel van die heelal toe my oupa en oom vergas is in Auschwitz.” Die meeste van ons sal nie só ver gaan nie, maar tog is daar die knaende vraag by Christene wat intense lyding deurgaan: Wat van die aaklige plaasmoorde, die kind wat verdrink in die swembad, die verkragtings, my terminale siekte? Is God ook in beheer van al

Page 35: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

35

hierdie dinge? As Hy in beheer is, hoe is Hy in beheer, watter soort God is Hy, voel Hy enige iets? Die grootste smart in pyn, is die oënskynlike Godverlatenheid van dit alles… In Jesaja 43:10-13 maak God seker om te verklaar dat Hy God is en Hy alleen. En om dit as te ware vas te slaan praat Hy van Sy soewereiniteit. Hy is gewillig om so ver te gaan as om finale verantwoordelikheid vir alles in die wêreld te neem. Kyk net na Jesaja 45:5-7. “Ek is die Here daar is geen ander nie, buiten my is daar geen God nie... Ek maak lig en skep die donker; Ek gee voorspoed en skep rampspoed...” (O.A.V.). Hoekom neem God finale verantwoordelikheid vir al die rampe in die wêreld? Omdat Hy ons met bewende ontsag wil vul met die feit dat Hy God is. Dit alles beteken dat Hy soewerein is. Hy kan maak soos Hy wil. Hy werk en niemand kan dit omkeer nie. Beteken dit God is die direkte oorsaak van pyn en ellende? Beteken dit Hy is ʼn sadis? Nee, ons weet God het alles goed gemaak, God is liefde, Hy is heiligheid, reinheid, regverdigheid. Ons weet sonde het deur een mens in die wêreld gekom (Romeine 5), en daarmee saam natuurlik lyding. Wat beteken dit dan? Wel, dit beteken dat God die kwaad, pyn en lyding wat deur sonde, ons sonde, in die wêreld gekom het, kan gebruik en aanwend soos Hy wil. Hy is in beheer. Hy is egter nie die eerste oorsprong daarvan nie. Kom ons probeer kyk hoe dit alles inmekaar steek. Wat ek wil hê jy moet sien, is dat ook lyding deur God ingeskakel word in Sy plan van heil (om shalom te herstel) en dat Hy deeglik in beheer is.

Page 36: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

36

Ek gaan eerstens dus probeer aandui dat Efesiërs 1:11 ook in lyding waar is. As jy nie weet wat daar staan nie, gaan kyk gou. Maar tweedens gaan ons probeer aandui dat God alles behalwe apaties teenoor lyding staan. Ons gaan probeer vasstel of lyding, my lyding en jou lyding, God raak. Ek wil dus hê jy moet na twee vrae saam met my kyk. Eerstens: Is God in beheer en hoe is Hy in beheer? En tweedens: Raak ons, oftewel my lyding God?

Is God in beheer en hoe?

Daar was geleenthede in die Bybel waar dit ook gelyk het asof God nie in beheer is nie. Kom ons kyk eers na die Ou Testament. Dink aan die verhaal van Josef. Ons sien dat Josef se broers allerhande sondige dade pleeg in die proses om van Josef ontslae te raak. Dink maar net aan die leuens aan hulle pa. As gevolg van hulle dade gaan hy die lyding deur van weg wees van sy pa, en ook sy pa gaan die vreeslike smart deur van die gedagte dat hy sy seun verloor het. Jy as pa, kan jou die wroeging voorstel. In Egipte self beland Josef in die tronk. Waar is God in dit alles? Is God in beheer? Tog, as hulle uiteindelik voor Josef staan, sê Josef dat hulle hom nie daarheen gestuur het nie, maar God! Gaan lees gou Genesis 50:20. God was dus in beheer. Hoe? God deurkruis hierdie verkeerde dade van die broers en maak van hierdie minus ʼn plus. Die sonde van die broers was nie God se wil nie, nee hulle is verantwoordelik en skuldig daaraan, maar God skakel dit in by sy plan van heil, van verlossing van shalom. Maar baie belangrik. Die feit dat God die kwaad deurkruis en dit inskakel by sy plan van heil (verlossing), is nie vir ons duidelik en verstaanbaar as dit gebeur nie. Die boek Job is seker die beste

Page 37: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

37

voorbeeld hiervan. Ons ken die verhaal van Job. Ons weet van die verskriklike lyding wat oor hom gekom het, maar ons (anders as hy) weet van die gesprek tussen God en Satan - hy nie! Vir Job was die verskriklike smart en lyding onverstaanbaar. Ons weet hy kon nie saamstem met sy vriende se maklike oplossing dat dit maar net oor sy sonde was dat God hom straf nie. Uit die einde van die boek weet ons sy vriende se raad was verkeerd (Job 42:7). Maar wat was Job se grootste bekommernis en smart? Gaan lees net weer Job 23:8,9. Die punt hier is dit. Waar is God? Ek sien Hom nie, ek ervaar nie Hy is in beheer nie. En as ons nie geweet het van die gesprek tussen God en Satan aan die begin van die boek Job nie, wat sou ons konklusie wees? Wel ons sou sê: “Waar is God? God is nie in beheer van hierdie lyding van Job nie.” Maar dan kom God en Hy antwoord Job in hoofstuk 38. En wat God daar vir Hom wys is dít: “Job, Ek is in beheer. Daar is planmatigheid in wat Ek doen. Alhoewel daar a.g.v. jou beperkte insig ook onverklaarbare dinge is. Maar Ek kan ingryp in die negatiewe en Ek kan die positiewe inspan. Ek is in beheer.” Gaan lees net weer hoofstuk 38 en jy sal dit sien. Die boek Job sê dus: Lyding bly vir ons dikwels ‘n onverklaarbare misterie, maar net soos in die geval van Josef is die groot troos dat God lyding ten goede laat meewerk vir sy mense. Job kon positief hieroor getuig (42:5). Ons moenie gedurig soek na die oorsake van ons lyding en probeer om God te manipuleer om ons daarvan te verlos nie. God is soewerein en Sy raadsplan is dikwels te groot vir ons om daarin sin te sien. Maar daar is vastigheid in, omdat ons hier te doen het met die raad van sy wil. Sy Heilswil. Hy is doelgerig. Hy het niks anders in die oog

Page 38: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

38

as die totale verlossing en bevryding van sy skepping in Jesus Christus nie (Ef 1:9-11). En juis daarom kan ons troos vind in Romine 8:28. Ek is seker jy ken dit. Hierdie teks bevestig dat God daarvoor sorg dat Sy heilswil nie verydel word nie. Daarom is Hy in beheer van “alles” en laat dit ten goede meewerk. In hierdie “alles” gaan dit om meer as net al die dinge wat in die pad van die gelowige kom. Dit bring tot uitdrukking dat die beheer van God ‘n totale, omvattende karakter het. Met die oog op die heil wat Hy wil, is God in die mees omvattende sin teenwoordig en werksaam – ook teen dit wat sy Wil probeer weerstaan. Hierdie teenwoordigheid van God, wat ons troos behoort te gee, word deur Jesus verklank in in sy bekende woorde in Matteus 10:29-30. Die 1983 vertaling is ongelukkig hier nie korrek in hul vertaling nie. Lettterlik staan daar, soos die 1953 vertaling dit stel: “nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie.” Die teks sê dus nie dat God die mossie op die aarde laat val nie, maar dat Hy daarby is, en in beheer van die situasie is. Maar is dit al wat ons kan sê? Ons weet nou God is in beheer. ʼn Mens kan egter maklik so ʼn stelling maak, tot jy self in pyn en smart beland. Totius gebruik die pragtige beeld van die “wag-ʼn–bietjie-bos” van die Godsbesluit. Terloops hy skryf die gedig na hy ʼn kind verloor het. Wat Totius in effek sê, is dat hierdie hele saak van God wat in beheer is en die regte besluit neem soos ʼn pragtige groen bos lyk. As jy dit van ver af bekyk. Maar kom jy nader en nader aan die bos, begin jy in die aaklige dorings vassit. Tot op hierdie punt kan ‘n mens dalk die indruk kry dat God wel in beheer is, maar redelik koud en gevoelloos. Hoe ons krul en skreeu

Page 39: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

39

raak Hom nie soseer as die feit dat hy besig is met sy Groot plan en dit vir ons die beste uitwerk nie. Ja, Hy deurkruis ons lyding en is daarby en in beheer, maar in hoe ‘n mate werklik? Raak dit Hom werklik - Sit Hy nie tog maar rustig in sy leunstoel, dankbaar dat Hy onaangeraak is deur alles, terwyl miljoene op aarde ly nie?

Raak my lyding God?

Dank God ons hoef nie net by die Ou Testament stil te staan nie. Die Ou Testament is ʼn onvoltooide boek sonder die Nuwe. Ons moet die Ou Testament lees in die lig van die Nuwe! So dit bring ons by die vraag: “Raak ons (my) lyding God ?” Ek dink veral in die lig van Job, is ons dit eens dat die vrae: “Hoe kan God lyding in die wêreld toegelaat het, hoe het dit ingekom, hoekom het dit oor my gekom ?”, vrae is wat tot blote spekulasie deur beperkte mense sal lei. Veel belangriker is dit om met die konkrete situasie te werk. Sonde, lyding en dood is ʼn feit. Veral in Suid-Afrika weet ons dit. Maar ons moet nie net vanuit die konkrete, werklike situasie beweeg nie, ons moet ook vra: “Wie is die konkrete, werklike God?” “Wie is die God wat in beheer is in lyding?” Dan alleen sal ons weet hoe Hy in Sy beheer teenoor lyding staan. As ek sê ons moet vra wie die konkrete God is, bedoel ek ons moet vergeet van ons idée van wie God is en van ʼn God wat in beheer is. Ons idée is dikwels niks minder as menslike moontlikhede wat oorgedra word op God nie. Byvoorbeeld, ons dink aan God se mag as menslike mag, net in die oortreffende trap; as ons dink aan God wat in beheer is, dink ons aan hoe mense optree wat beheer het en dan dra ons dít in die oortreffende trap aan God oor.

Page 40: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

40

Kan ons dit doen? Nee ons kan nie! Hoe weet ons God is soos ons, net in die oortreffende trap? Om die waarheid te sê, die Bybel sê eksplisiet God is nie soos die mens nie. Hoe kan ons uitvind, waar kan ons Hom in die hande kry? Kyk na Johannes 1:18. Sien jy? Ons het dit mos alreeds aan die begin van hierdie boek gesien, of hoe? Ons vind God eintlik nie, Hy bied Homself aan in Sy openbaring, in Jesus Christus. Jesus Christus is die ware God, Hy en niemand anders nie. As ons wil weet Wie God is moet ons na Hóm kyk. Natuurlik het ons dit al in die begin van hierdie boekie gesien. Maar dit is uiters belangrik op hierdie punt waar ons nou is. As ons oor Goddelike eienskappe wil praat, moet ons verwys na die dade van Jesus Christus. Die God waarvan ons praat mag geen abstraksie van ons idees wees nie, maar dit moet dié Een wees wat konkreet aanwesig is in sy Woord, wat Jesus Christus is (Joh 1:1, Kol 1:18). As ons nadink oor God en lyding moet ons daarom nie by abstrakte idees oor almag en goedheid bly staan nie, maar ons moet by Jesus gaan staan. In watter verhouding staan God, die een wat Homself openbaar het in Christus Jesus, tot lyding en smart? Mý lyding en smart. Wel, ons moet begin by Jesus. Ons moet begin by die inkarnasie. Die menswording. Dit beteken dat Hy uit die hemelse heerlikheid neergedaal het en ʼn mens geword het wat alle menslike laste gedra het. Oor die menswording het ons nou reeds gepraat. Gaan lees net weer Filippense 2:2-6. Hy wat die Heer was, het kneg geword. Ons het reeds gesien dat dit vir Hom hel moes wees. Maar wat sê dit vir ons? Dit beteken ʼn veroordeling van die kwaad van sonde, wat lyding insluit. Ons kan dus nie die sonde toeskryf aan die wil van God nie. Ook nie lyding nie, dit kom nie van God in die

Page 41: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

41

eerste plek nie. Dit staan teenoor God, dit hoort by ons. As ons na Jesus kyk, sien ons dat God anders is as die sondige mens. God is nie magsbehep nie. God is nie egoïsties nie. God is daarop uit om te dien. God dink aan die voordeel van ander. As Jesus Christus die openbaring van God is en die enigste bron van kennis van Hom, dan kan ons op geen manier sê dat sonde, met alles wat dit insluit, voortkom uit God se hand nie. Juis deur die koms van Christus word die sonde en die kwaad wat daarmee saamgaan aan die lig gebring as dit wat teen God gerig is. As God in Jesus Christus wys Wie Hy is en wat sy Wil is, word dit duidelik dat mense anders is en nie lewe volgens sy Wil nie. En daarom breek Hy die sonde deur dit definitief te bestry en te oorwin. Dit bring ons nou by die lyding en kruisdood van Jesus. Terwyl die gebeurtenisse ontvou, ontmoet ons allerhande mense wat in eie verantwoordelikheid handel: Die Jode en Judas, Pontius Pilatus en Herodus. Nêrens is daar sprake dat hulle nie in eie verantwoordelikheid opgetree het nie. Daarom is die kruis in die vroeë gemeentes dan ook in die eerste plek aanvaar as die werk van sondige mense. As God se Seun oopgespalk en magteloos aan ʼn kruishout hang, lyk dit nie of God in beheer is nie. Dit lyk asof sondige mense in beheer is. Asof God nie teenwoordig is in die lyding van sy eie Seun nie. Maar agterna, wanneer daar vanuit die perspektief van die opstanding terug gekyk word op hierdie gebeurtenis, word God se beslissende hand daarin gesien. Daarom is daar in hierdie teksgedeeltes sprake van God se ‘raad’, Sy voorkennis en Sy vooruit bepaling (Hand 2:23;4:28). In retrospek word God se handelinge in en deur die dade van mense sigbaar en daarom word dit in verband met God se raad gebring.

Page 42: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

42

God deurkruis hierdie grootste minus van alle tye en maak dit die grootste plus van alle tye. Maar die kruisiging gebeure bevestig ook weereens dat die mens en sy geweld en die lyding wat deur hul hande plaasvind totaal anders is as God. Waar was God meer in beheer as juis aan die kruis? God werk deur die oënskynlike Godverlatenheid en lyding om die grootste werk ooit te volbring. MAAR BAIE BELANGRIK: die kruis wys ons dus nie net onomwonde dat God in beheer is van lyding nie, maar DAT DIT HOM RAAK! Die kruis verpletter die beeld van God wat hande gevou op ʼn leunstoel sit, onaangeraak deur die pyn van mense en magteloos om iets te doen daaraan. Ons moet God nie op ʼn leunstoel sien nie, maar aan ʼn kruis. Die God wat toelaat dat ons ly, het eens self in Christus gely. En dit vertroos ons meer as enige iets anders as ons lyding deurgaan. John Stott (1986:335) stel dit so kragtig:

”… In the real world of pain, how could one worship a God who is immune to it? I have entered many Buddhist temples in different Asian countries and stood respectfully before the statue of the Buddha, his legs crossed, arms folded, eyes closed, the ghost of a smile playing round his mouth, a remote look on his face, detached from the agonies of the world. But each time, after a while I have to turn away. In my imagination I have turned instead to that lonely, twisted, tortured figure on

Page 43: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

43

the cross, nails through hands and feet, back lacerated, limbs wrenched, brow bleeding from thorn pricks, mouth dry and intolerably thirsty, plunged in God-forsaken darkness. That is the God for me! He laid aside His immunity to pain. He entered our world of flesh and blood tears and death. He suffered for us. Our sufferings become more manageable in the light of this.”

Maar dit openbaar iets geweldig omtrent die beheer van God in lyding. Onthou: Jesus en wat met Hom gebeur het, is die sleutel tot die verstaan van die werklikheid. Hy is die Alfa en die Omega van die geskiedenis. God skep met Hom in gedagte (Kol 1:16). Dieselfde Gees wat in Christus was, is in ons. In jou, as jy ‘n Christen is. Glo jy dit? En hoe werk daardie Gees? Daardie Gees is die Gees wat langs die weg van pyn, smart en oënskynlike Godverlatenheid ons na verhoging ly. Dít is die pad wat die prototipe van die nuwe mens, Jesus, gestap het. Hy het eerste hierdie pad gestap, na die nuwe heelal en werklikheid. Ons volg Hom, want Hy is die eersteling van die broeders. Is dit nie ʼn geweldige troos vir ons as Christene in ons lyding nie? Dit is die pad. God se mense op pad na heerlikheid is nie die “ideale” gesonde, gespierde, rimpelloos welvarende mense nie – nee dit is die veragte, bloeiende mense wat dikwels uitroep: “My God my God, waarom?.” Ek weet nie van jou nie, maar dit vertroos my. Ons kan die saak van God se teenwoordigheid en nabyheid in lyding ook bietjie uit ʼn ander hoek stel. ʼn Mens kan vra: “Watter

Page 44: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

44

betekenis kan daar in ʼn liefde wees, wat nie iets kos vir die minnaar nie?” As liefde die gee van die self is, dan is dit onvermydelik kwesbaar vir pyn, aangesien dit homself blootstel vir die moontlikheid van verwerping en belediging. As God dus die God van liefde is, soos alle Christene bely, dan is Hy ook die God wat ly. Die een wat kan liefhê, is ook die een wat kan ly. God het nie net in Christus gely nie, maar God ly in Christus steeds met sy mense. Het Jesus nie vir Paulus gevra waarom hy Hom vervolg nie? En vir wie het Paulus vervolg? Die gemeentes natuurlik! Christus is een met sy mense! Hy ly saam met jou. Glo dit. Vat dit. Maar ons, jou, werklike, konkrete God is nog meer... Hy is ook die meestrydende God. As vyande Sy mense bedreig, stry Hy met en vir hulle. Soos reeds genoem is die pad van lyding die pad na verhoging. Ons kan sê: net so konkreet, so werklik, soos lyding en stryd, is die oorwinning! Onthou: As daar troos is in lyding omdat God daarin saam met jou is, is dit veral so omdat die Lydende verheerlik is! Hy bestry al ons vyande en Hy oorwin tot die laaste vyand oorwin is (1 Kor 15:25-27). Ons lees in Openbaring 19:6-10 van die bruilofsmaal van die Lam. Ja, na al die smart en pyn van hierdie wêreld sal ons verenig word as die nuwe volk van God op die groot Paasfees. Die nag der nagte word om middernag (met die uitroep: “Daar kom die bruidegom!”) die nag van die fees (Matt 25:6). Die soewereine regering van God, die in beheer wees van God in lyding, beteken daarom nie net dat daar aan die agterkant van alle gebeure staan “Made by God” nie, maar dat Hy in jou lyding deel en die mag van sonde en lyding bestry en oorwin. Dit gee ons moed om vol te hou. Geloof in lyding, is geloof in dié God wat in jou nood en smart naby is, as die Een wat in jou lyding ly en in Wie se lyding ons

Page 45: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

45

die oorwinning voor ons geteken sien. Daarom sterwe ons nie as mense sonde hoop nie (1Tess 4:13). Jy hoef nie sonder hoop te sterf nie. Is dit nodig om al die vrae rondom lyding op te los? Nee, al wat nodig is om Jesus te sien, God met ons.

HOOFSTUK 5

Die Opstanding – anker van hoop

Ek dink jy sal dit eens wees met my, dat al die hoop wat die kruis bring vir ons sondeprobleem en al die vertroosting wat dit bring vir ons lydingsprobleem, uiteindelik nutteloos sal wees as Jesus Christus nie in die geskiedenis opgestaan het uit die dood nie. Meer nog, as ek en jy nie uiteindelik gaan opstaan nie. Die Nuwe Testament is baie duidelik oor die feit dat ons sonder die opstanding, die grootste idiote sal wees wat daar kan bestaan (1 Kor 15: 14-15).

1 Korintiërs 15

Die apostel Paulus werk in 1Korintiërs 15:12-19 die implikasies daarvan uit as dit sou waar wees dat Christus “nie opgewek is nie” (v.14,17). Hy kom tot die volgende skokkende gevolgtrekkings: Die apostels se prediking sou sonder inhoud en gevolglik tevergeefs gewees het (v.14). Aangesien die ekstrak van hulle prediking in die

Page 46: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

46

Nuwe Testament opgeteken is, beteken dit dat groot dele daarvan totaal onbetroubaar is. Nog meer, alle verkondiging van die evangelie sedertdien was tevergeefs - alle sendingwerk en elke preek. Ons geloof sou tevergeefs wees (v.14). Die hand waarmee ek na Christus gegryp het, het net lug gegryp; die anker wat ek in Hom beleef, is net ʼn illusie. Die wedergeboorte, regverdiging en aanneming waarvan ek getuig is net bluf; die heerlikmaking waarop ek hoop, ʼn lugspieëling. My kruisdra en self-aflegging is totaal futiel! Ons sou nog gevangenes van ons sondes wees (v.17) M.a.w. jy sou nog ʼn slaaf van jou vlees, die wêreld en die duiwel wees; en nog onder die toorn van God. Jy kon net sowel in ʼn koei glo! Die apostels sou vals getuies wees (v.15). Ons glo dus ʼn leuen; die Nuwe Testament stort in duie. As bedrog komplot van die eeue, het dit nie eers die waarde van ʼn gewone boek nie Diegene van wie ons glo dat hulle in Christus gesterf het, sou verlore wees (v.18). Waarom? Omdat ons geen waarborg het die Vader het Christus se werk aan die kruis aanvaar nie! “Wag’’, sê iemand, “ons het darem Sy inspirerende lering en voorbeeld. Al sou Hy nie opgestaan het nie, leef Hy ten minste in ons harte, ons herinneringe, ons medemenslikheid voort.” Paulus se antwoord hierop is eenvoudig: “As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense” (v.19). Waarom? Omdat ons eintlike nood die verlossing van sondes, die vrywaring van God se toorn en die beërwing van ewige saligheid is. Paulus kan tot net een slotsom kom: ”As die dooies nie opgewek word nie, laat ons eet en drink, want more sterf ons!” Ons moet dus weet of dit histories waar was. Nou hieroor is al baie geskryf en ek wil nie weer alles herhaal wat baie ander al uitgewys

Page 47: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

47

het nie. Maar dit is tog goed om die volgende te onthou: Daar is so iets soos onweerlegbare historiese bewyse. ʼn Historiese feit word normaalweg deur enigeen van die volgende vier dinge bevestig (1) ooggetuies se getuienis, (2) institusionele instellings wat daaruit spruit, (3) gebruike en tradisies wat daarheen teruggevoer kan word, en (4) fisiese oorblyfsels soos bouvalle en dies meer. Eersgenoemde drie staan vas m.b.t. die opstanding. En dit is goed dat geen fisiese oorblyfsels bestaan nie, want afgodery sou beslis die gevolg wees! So kom ons kyk kortliks daarna. Daar was baie getuies. Presies dit is Paulus se punt in 1Kor 15:5-8. Om getuies van die opstanding te wees, was immers aan die hart van die apostels se roeping. Maar talle ander het ook die opgestane Christus gesien; selfs meer as vyfhonderd tegelyk (1Kor 15:6). En Paulus dui aan dat hulle nog leef – jy kon hulle dus gaan vra! Enige regter sou ook sonder huiwering uitspraak gee op grond van minder getuienis. Sekerlik ken nie een van ons ʼn apostel om persoonlik te vra nie, maar ons het hulle geskrifte en elke historikus sal bevestig dat verskillende dokumente van verskillende skrywers wat mekaar bevestig, ʼn historiese feit vasmaak. As institusionele instelling bestaan die kerk (met die opstanding as sentrale element van geloof) al twintig eeue - groeiend, onvernietigbaar en florerend onder vervolging. Van die begin af is die nagmaal, die doop en die Sondag universele ‘gebruike’ waar die kerk ookal is- en in elkeen word die opstanding onder andere herdenk. Dit is dus logies en verantwoordelik om in die opstanding te glo! ʼn Belangriker vraag is egter: Glo jy Jesus het opgestaan uit die dood? Glo jy dit regtig? Maar meer nog, is jy oortuig van die verband tussen Jesus se opstanding en jou liggaamlike opstanding. Kyk net; in vers 13 maak

Page 48: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

48

Paulus dit duidelik dat as die dooies nie opgewek word nie, is Christus ook nie opgewek nie. Jy kan nie die een sonder die ander hê nie. As jy nie glo jy gaan liggaamlik opgewek word nie, glo jy ook nie Jesus is opgewek nie. Punt. Maar as Jesus opgewek is, dan het die hele lewenswerklikheid, of moet ek sê doodswerklikheid, verander. Radikaal. En dit is die verskil tussen Paulus en die mense in Korinte en tussen Paulus en baie van ons wat hier lees. Paulus het geglo dat Jesus opgestaan het. En hy was oortuig dat as Jesus opgestaan sal ons verseker ook opgewek word! (vers 20 e.v.). Die rede vir hierdie sekerheid lê in die feit dat Jesus as die laaste Adam, die eerste Een van die nuwe mensdom is. As Hy liggaamlik opgewek is, sal ek en jy volg. Wat is die waarborg daarvan? Hoe weet ons God is sterker as die dood? Jesus het uit die dood opgestaan. Die vyand is oorwin. As jy dit glo, dan moet jy saam met Paulus stem. As jy nie absoluut oortuig is van wat Paulus hier sê nie... wel, dan is jou lewe ʼn absolute gekkespul. Jy sien dit was waarskynlik die groot probleem in die Korinte gemeente. Hulle het die boodskap van die opstanding gehoor, meer nog dit lyk asof hulle dit aanvaar het en met hulle mond bely het. Daarom kan Paulus in die eerste elf verse van hierdie hoofstuk sonder verskoning sommer hulle herinner aan die historiese basis van die opstandingsgeloof, aan die werklikheid van die opstanding. Die tragiese is dat hulle iewers langs die pad begin twyfel het aan die verband tussen Jesus se opstanding en hulle liggaamlike opstanding. Waarskynlik onder die invloed van die Griekse denke wat net dink aan ʼn siel wat oorleef maar enige liggaamlike bestaan ná die dood ontken. Die gevolg was ʼn lewensfilosofie wat in vers 32 verwoord word deur Paulus. As daar nie ʼn opstanding is nie – wel eet maar daai ekstra

Page 49: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

49

tjoppie, en ag, drink maar nog ʼn drankie, want wat is daar eintlik aan die lewe? Net soos die Korintiërs bely ons ook die opstanding met ons mond. Maar in werklikheid soek ons troos in baie ander dinge, belangrike dinge, maar wat ons nie werklik kan troos nie. Die nuwe program op TV. Die moontlikheid van ʼn nuwe motor. ʼn Groter salaris, of die prestasies van ons kinders. Ons jaag dikwels na hierdie dinge asof ons lewe daarvan afhang! Wat is dit anders as die filosofie van die Korintiërs? En dan as ʼn geliefde sterf, stort ons lewens dikwels in duie. Paulus kom sê vir jou wat so lewe: Jy het geen kennis nie. Wat Paulus bo alles wil hê die Korintiërs moet weet, en wat ons moet weet, is dat jy opgewek gaan word. Jý, met siel en liggaam. Kyk na die twee vrae in vers 35. Kyk mooi: Die vraag “Hoe word die dooies opgewek? Watter soort liggaam sal hulle hê?”, is ʼn herhaling van dieselfde vraag in verskillende begrippe. Die frase “Watter soort liggaam sal hulle hê?” is ʼn herhaling van die eerste vraag, en impliseer nie dat die ‘hulle’ die eintlike belangrike ding is, met ‘n liggaam wat om hulle gaan sit soos ‘n dop nie. Nee, in werklikheid vra hy: “Hoe is die bestaanwyse van die opgewekte mens!’” “Hoe gaan hierdie opgewekte mense wees?” Miskien moet ons net ʼn oomblik stilstaan by die betekenis van die begrip liggaam. Met baie goeie bedoelings, beskou mense soms die Bybelse nadruk op die opstanding van die liggaam as ʼn besondere waardering van die liggaam teenoor die Grieke wat die liggaam eintlik as iets minderwaardig gesien het. Net die siel is belangrik! Die gevolge hiervan is natuurlik dat sonde in en teen die liggaam ook nie so erg is nie! Hoe dit ook al sy, jy moet weet: Dit is nie so dat die Bybel net soos die Grieke siel en liggaam teenoor mekaar stel en dan net die liggaam belangriker ag as die siel nie.

Page 50: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

50

Die Bybel dink heeltemal anders oor die mens. Begrippe soos siel en liggaam het eenvoudig ander betekenis in die Bybel as by Griekse filosowe. As Paulus volgens Romeine 12:1 die gemeente vermaan om hulle liggame as ʼn offer aan God te wy, bedoel hy nie hul hoef nie hul siele aan God te wy nie. Natuurlik nie! Nee, onder liggaam bedoel hy die hele mens en veral sy aardse lewe. Daarom is die hele evangelie volgens hom op die spel as die opstanding ontken word! As hy praat van die opstanding van die liggaam bedoel hy die opstanding van die mens. Hy stel nie die opstanding van die liggaam teenoor die onsterflikheid van die siel asof net ʼn deel van die mens (die liggaam) sou sterf, terwyl die ander deel (die siel) van nature onsterflik is nie. As Paulus so gedink het, was die hele evangelie mos nie op die spel met die opstanding nie. Dan was die een (belangrikste) deel van die mens, die siel, al klaar gered voor die opstanding. Dan kon die opstanding hoogstens nog ʼn deel van die mens (die liggaam) byvoeg by die reeds geredde, onsterflike siel. Hierdie denkwyse verwring Paulus se boodskap egter heeltemal. Die opstanding van die liggaam is die opstanding van die mens. En die opstandingsliggaam is die bestaanswyse van die mens na die opstanding. Die Bybelse waardering van die liggaam is sy waardering van die mens. Eers as jy dit verstaan, verstaan jy hoedat die ganse evangelie vir Paulus met die opstanding van die liggaam (die mens) op die spel is! Die siel is nie gered as die liggaam nie opstaan nie, want dan laat God die werke van sy hande vaar – en dan het al sy beloftes verval. Sien dít is hoekom Paulus kan sê: “dan is julle nog in julle sondes; dan is ook die wat in Christus gesterf het - verlore!”

Page 51: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

51

Maar hoe moet ons dan nou dink oor hierdie bestaanwyse na die dood? Dit is vir ons so moeilik, want die dood is so traumaties en die graf voor ons so ʼn oorweldigende realiteit! Paulus wil hê ons moet anders begin dink oor alles. Kom ons dink oor die analogie van die saad. Ons lewens is nou soos saad wat gesaai word. Met ons dood val ons in die grond, net om heerlik, nuut op te kom! Stel jou dit so voor: God is die een met die saaisak. God saai ons in die grond in; man, vrou, groot en klein. Oud en jonk. Wanneer ons mense sien sterf in groot getalle soos tydens oorloë of groot epidemies, is dit God wat sy hand in die saaisak sit en ʼn handvol om Hom op die grond gooi. Let wel, die hand word ook nie altyd versigtig ingedruk nie. Die saad word soms hard, soms liggies, soms onderstebo uitgehaal. Hoe dit ookal sy, op die oog af lyk dit ook net asof God ʼn handvol hier en ʼn handvol dáár in ʼn begraafplaas gooi. Dit lyk soos die einde vir ons, soos ewige verganklikheid. Maar God het ʼn ander perspektief daarop. Hy doen dit slegs sodat jy en ek, sy klein saadjies, weer met groter skoonheid tydens die somer van alle somers na hierdie ellendige koue witgrys ‘Narnia winter’ kan opstaan. As ek en jy so aan ʼn begraafplaas dink, sal dit nogal ons lewens verander, nie waar nie? Die begraafplaas is nie bloot ʼn bergplek vir dooies nie, maar ʼn landery vol saad. En dit wag net vir die somer! Maar wat is presies die sin van die analogie van Paulus tussen die saad en die opstanding. Wel, allereers dat jy nie noodwendig gaan lyk soos jy nou lyk nie (Let op: jy saai nie ʼn liggaam nie, maar ʼn blote korrel (v.37).

Page 52: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

52

En dan, die aard, of vorm van die liggaam berus by God se vrymag (vers 38). Maar God gee aan elkeen van die saadkorrels soos Hy gewil, of bepaal het - sy eie liggaam. Weerens, let op: ‘n Liggaam! Wat ons wel uit vers 40-44 sien is dat die opstandingsliggaam veel heerliker, beter, wonderliker sal wees as die liggaam wat “gesaai” word. En dit verduidelik die apostel dan aan die hand van die tweede analogie: Adam-Christus. Die laaste Adam (Christus) is veel heerliker as die eerste, onder andere omdat Christus deur sy opstanding die “lewendmakende Gees” geword het (v. 45) sodat Hy ons nou kan lewend maak. Die “geestelike liggaam” (v.44) is dus nie ʼn liggaam wat uit “gees” bestaan nie, maar wat deur die Gees, die verheerlikte Christus voortgebring is en bepaal of beheers word! Dit moet nooit vergeet word nie. Waarom kan ons in verganklikheid gesaai word en in onverganklikheid opgewek word? Wel, vers 45 gee die rede: Jesus. Hy word onderwerp aan Genesis 3 se beginsel: “Stof is jy en tot stof sal jy terugkeer.” Jy sien, Hy word in liggaamlike verganklikheid gesaai, sodat jy in liggaamlike onverganklikheid opgewek kan word. Hy word in liggaamlike geringheid gesaai sodat jy in liggaamlike heerlikheid opgewek kan word. Hy word in liggaamlike swakheid gesaai sodat jy in krag opgewek kan word. Ja, dit lyk asof Hy die pad van alle mense bewandel, dit lyk asof Hy die pad van alle mense loop – die pad na die stof... Maar dan gebeur die verbysterende. Ons het alreeds daarop gefokus. God aanvaar dit wat Hy in daardie donker ure op Golgota doen. Die koringkorrel, van alle koringkorrels val in die grond. Hy sterf. Ons het nou reeds gesien wat daar gebeur het in daardie donker ure wat Hy in die “grond” was. Maar God wek Hom op – as bewys dat daar klaar gespeel is met sonde en die dood. Hy wek Jesus op met ʼn liggaam. Maar ʼn nuwe liggaam.

Page 53: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

53

En so word Hy wat die laaste asem uitgeblaas het, die lewendmakende Gees. Hy word die lewegewende gees van die nuwe mensheid. Hulle kan leef, ʼn nuwe gees beheerde liggaam hê a.g.v. Hom. Hy kom woon in hulle. Anders gestel: As die laaste Adam sluit Hy die ou era af van sonde en dood, en Hy lui die nuwe herskeppingsera in. Die era waarin ons in heerlikheid opgewek kan word. A.g.v. van wat Hy gedoen het, kan die saad ontkiem. Die saad lê wel nou nog as’t ware dormant in die winter. Maar alles wat nodig is om dit te laat ontkiem is gedoen. Die aanbreek van die somer en die opkom van die saad is nou bloot ‘n kwessie van tyd. Die trompet sal blaas en die dooies sal as onverganklikes opgewek word (v. 52). Só sal dit gebeur. Jy en ek sal ʼn trompetgeskal hoor wat die lug sal deurklief. Dit sal die stilte van die dood in flarde ruk. Die finale bewindsoorname van Jesus sal so aankondig word! Die Somer van alle somers! En luister, dit sal in ʼn oogknip gebeur (v.52). So vinnig soos jy jou vingers kan klap. So vinnig sal jy ʼn onverganklike liggaam kry (v.53). Maar natuurlik maak so ʼn nuwe liggaam geen sin sonder ʼn nuwe aarde waar dit kan funksioneer nie. Opgestane liggame is nie bedoel om in die ruimte rond te sweef of van wolk tot wolk te vlieg nie. Hulle benodig ʼn nuwe aarde waar hulle kan leef en werk, tot eer van God. Om die waarheid te sê, die leer oor die opstanding van die liggaam maak geen sin as dit geskei word van die leer oor die nuwe aarde nie. En dit is wat vir jou en my wag. Dit is wat wag vir al jou geliefdes wat as gelowiges gesterf het. Wat ‘n vertroosting! Nuwe mense, op ʼn nuwe aarde vir altyd en altyd by dié God wat ons verlos het, ons ken, ons verstaan, ons oneindig liefhet. Hy wil niks minder as om weer met ons

Page 54: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

54

te leef in die verhouding wat daar was in die tuin van Eden nie. Net nog beter. En die wonderlikste van alles: Geen sondeval is weer moontlik nie!

HOOFSTUK 6

Jy kan God aanbid!

Die Leeu en Lam

Ons het aan die begin van hierdie boekie gesê dat ons ʼn begeerte het om iets of iemand te aanbid waarin krag en mag en skoonheid en sagtheid in ʼn harmonieuse eenheid saamgesnoer is. In Openbaring 5:5-6 sien ons dat dít alles in Jesus, God die Seun, gevind word. Jesus word hier beskryf as ʼn Leeu (vers 5). Ek weet nie waaraan jy dink as jy aan ʼn leeu dink nie, maar ek dink altyd aan die video “Eternal Enemies.” Een van die laaste tonele is die van ʼn reusagtige Leeumannetjie wat ʼn Hiëna van agter inhardloop, spiere golwend oor sy hele lyf, en met een kap van sy voorpoot sy ruggraat vermorsel. ʼn Leeu soek prooi, is sterk, en majestueus en gevaarlik. In vers 6 sien ons egter die Leeu, is ʼn Lam! ʼn Dier wat maklik ten prooi val en wat swak is en skadeloos, en sag. Hy word geskeer om vir ons klere te maak en geslag vir kos. En dit onderstreep wat ons in hierdie boek so duidelik gesien het:

Page 55: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

55

Jesus is nie bloot soos ʼn Leeu nie. Hy is nie bloot soos ʼn Lam nie. Nee, Hy is ʼn Leeuagtige Lam en ʼn Lamagtige Leeu. Hy is die magtige God en die werklike, lydende mens. Kyk bietjie noukeurig na die verhouding tussen vers 5 en vers 9 van Openbaring hoofstuk 5. In vers 5 is die rede waarom die Leeu van Juda die boekrol kan oopmaak: Hy het oorwin (Leeu!). In vers 9 is die rede: Hy is geslag en deur Sy bloed is mense vir God losgekoop (Lam!). Jesus se reg om die boekrol oop te maak is dus te danke aan die feit dat Hy mense vir God losgekoop het deur sy dood, en hierdie loskoop was die oorwinning waarna vers 5 verwys het. Sonder om lank hierby stil te staan: Die opening van die seëls waarvan ons hier lees, is niks anders as die loop van die geskiedenis nie, en die res van die rol is die storie van die einde van die wêreld en die finale triomf van God se koninkryk. Terug na die Leeu en die Lam. Watter soort Leeu was Jesus? Hy was ‘n Lamagtige Leeu. Die Leeu van Juda het oorwin omdat Hy gewilig was om die rol van ‘n Lam te speel. Hy het ingekom op Palm Sondag soos ‘n koning op weg na Sy troon, en Hy gaan uit Jerusalem op goeie Vrydag soos ‘n Lam wat na die slagpale gelei word. Hy het die “rowers” uit die tempel gedryf, soos ‘n Leeu sy prooi verslind. En dan teen die einde van die week het Hy sy majestueuse nek gedraai vir die mes, en hulle het die leeu van Juda geslag soos ‘n Lam. Ons het by hierdie gebeure stilgestaan. Só het Hy sonde en dood oorwin, nie net omdat hy ‘n Leeu was nie, maar omdat Hy ‘n Lamagtige Leeu was. En juis dáárom is Hy bewonderingswaardig, voortreflik en waardig om die boekrol te neem en die seëls te open en hierdie wêreld tot ʼn einde te bring vir die eer van sy Naam en die welweë van sy losgekoopte mense (vgl. Openb 5:1-5).

Page 56: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

56

Hou op om minderwaardige dinge te bewonder! Hou op om minderwaardige dinge te aanbid! Dit kan nie vervul nie. Dit sal jou altyd leeg los. Dit hou geen toekoms in nie. Onthou: As die Leeu, het Hy absolute en totale mag oor jou lewe en oor stede en state en nasies. Hy het absolute, onbeperkte mag oor jou lewe. As jy nie voor Hom buig en Hom aanbid en vertrou en gehoorsaam nie, gaan jy prooi word van die Leeu van Juda. Dan is dit jy en Hy op die oordeelsdag... As Leeu het hy die mag en reg op jou besigheid, jou loopbaan. Jou huis is Syne, jou kinders is, jou liggaam is, jou vakansie is. Hy is die Leeu! Buig voor Hom as die Leeu. As die Leeu kan Hy jou beskerm: Is jou kop elke dag gevul met “asse”? “Wat as ek my werk verloor? Wat as ek gekaap word?” Ons is so gepreokkupeer met alles wat moontlik kan gebeur! Ons is dikwels so gespanne en beangs oor moontlike dinge wat kan gebeur. En natuurlik probeer die media ʼn atmosfeer skep van konstante noodgeval. Sal ons nie begin glo dat die Leeu uit die stam van Juda die geskiedenis tot volvoering sal bring nie? Wie sal bang wees om in die wildernis rond te loop as ʼn Leeu langs jou loop? Die Leeu uit die stam van Juda het beloof: “Ek is met julle tot aan die einde!” ( Matt 28:20). Maar Hy is die Lam. Hy is sag. Hy verstaan jou swakheid. Hy ken jou lyding. Hy ly saam. Hy verstaan. Hy breek nie die geknakte riet nie. Hy doof nie die dowwe lamppit uit nie. Hy het medelye met ons swakheid. Die swakheid van lammers want Hy het die Lam geword. Die pad van lyding is die pad wat Hy geloop het, dit is die pad van die Heilige Gees. Maar omdat Hy ook die Leeu is, kan Hy en Hy alléén jou help in jou swakheid. En Hy sal alle dinge uiteindelik omkeer en verander, en vir altyd regeer oor ʼn nuwe skepping sonder

Page 57: INHOUD HOOFSTUK 1 Die struikelblok tot bewondering ...storage.cloversites.com/antipasreformedbaptistchurch/documents/Leeu Lam.pdf · weet ʼn woord is die uitdrukking van ʼn gedagte

57

sonde, pyn en hartseer. Soek die wonderlike nabyheid van die Leeu en Lam op - maak tyd vir Hom en jy sal vind dat die Leeuagtige Lam en die Lamagtige Leeu alles is wat jy nodig het! Bewonder Hom. Aanbid Hom. Hy is dit waardig. Doen dit NOU!

Bronne aangehaal en geraadpleeg: CHESTER, T. 2008. You can change. Nottingham: IVP. DRISCOLL, M. 2007. Vintage Jesus. Wheaton: Christain Art. HALLESBY, O. 1995. Conscience. Leicester: IVP. LEWIS, CS. 2006. Doodgewoon Christen. Wellington: Lux Verbi. PIPER, J. www. desiringgod.org PLANTINGA, C. 1995. Not the way it’s supposed to be. Michigan: Eerdmans. STOTT, J. 1986. The cross of Christ. Leicester:IVP VAN DE BEEK, A. 1984, Waarom? Over lijden, schuld en God. Nijkerk:Callenbach.