leseenheid 4 - christelikemedia.org · aktiwiteit 3: ek verstaan wat ek lees beantwoord die...

12
Leseenheid 4 Aktiwiteit 1: Kom ons luister Voëls van eenderse vere Luister na die voorlesing en beantwoord die volgende vrae (aanhangsels, p 137): 1. Waar het die studente gewoon? 2. Waar het hulle tuisgegaan? 3. Noem die drie studente se name. 4. Wanneer is die kuikens afgelewer? 5. Waaraan het die manne nie gedink nie? 6. Watter plan het hulle gemaak, toe die hoenders begin groot word? 7. Baie hoenders is dood. Waarom? 8. Watter plan het elkeen gemaak om nie so baie kuikens kos te gee nie? 9. Wat het hulle gedoen sodat elkeen sy kuikens kon uitken? 10. Het dit gewerk? Verduidelik. 11. Wat het twee van hulle gedoen om van die orige hoenders ontslae te raak? 12. Wat het die derde student gedoen? 13. Wat was verbode op die plek? 14. Waarom moes die hoenders gelawe word nadat hulle na die stasie vervoer is, en hoe is hulle gelawe? 15. Waarom kon die studente nie hulle losieskamers terugkry na die vakansie nie? Groepwerk Verdeel in groepe. Werk ‘n nuusberig uit waarin jy onder andere rapporteer hoe die Dierebeskermingsvereniging (DBV) opgetree het teen mense soos hierdie studente wat diere mishandel. Elkeen in die groep moet ‘n beurt kry om te praat. Julle nuusberig moet die volgende bevat: ‘n Nuusleser wat die bulletin aanbied ‘n Verslaggewer of twee op die toneel van die gebeurtenis Handelsflitse, met ander woorde advertensies ‘n Ekonomiese verslag • Weerberig Aktiwiteit 2: Ons lees vir mekaar Hoe berei diere hulle voor vir die winter Wat doen ons voordat ons uitgaan in die koue? Ja, ons trek ‘n warm jas en handskoene aan. Dit is ook dieselfde met die diere. Hulle berei hulleself ook goed voor vir die winter, veral in die ysige Europese lande. Die eekhorings daar se pels groei dikker 43

Upload: others

Post on 11-Sep-2019

10 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Leseenheid 4

Aktiwiteit 1: Kom ons luister

Voëls van eenderse vere

Luister na die voorlesing en beantwoord die volgende vrae (aanhangsels, p 137):

1. Waar het die studente gewoon?2. Waar het hulle tuisgegaan?3. Noem die drie studente se name.4. Wanneer is die kuikens afgelewer?5. Waaraan het die manne nie gedink nie?6. Watter plan het hulle gemaak, toe die hoenders begin groot word?7. Baie hoenders is dood. Waarom?8. Watter plan het elkeen gemaak om nie so baie kuikens kos te gee nie?9. Wat het hulle gedoen sodat elkeen sy kuikens kon uitken?10. Het dit gewerk? Verduidelik.11. Wat het twee van hulle gedoen om van die orige hoenders ontslae te raak?12. Wat het die derde student gedoen?13. Wat was verbode op die plek?14. Waarom moes die hoenders gelawe word nadat hulle na die stasie vervoer is, en

hoe is hulle gelawe?15. Waarom kon die studente nie hulle losieskamers terugkry na die vakansie nie?

Groepwerk

Verdeel in groepe. Werk ‘n nuusberig uit waarin jy onder andere rapporteer hoe die Dierebeskermingsvereniging (DBV) opgetree het teen mense soos hierdie studente wat diere mishandel. Elkeen in die groep moet ‘n beurt kry om te praat. Julle nuusberig moet die volgende bevat:

• ‘n Nuusleser wat die bulletin aanbied• ‘n Verslaggewer of twee op die toneel van die gebeurtenis• Handelsfl itse, met ander woorde advertensies• ‘n Ekonomiese verslag• Weerberig

Aktiwiteit 2: Ons lees vir mekaar

Hoe berei diere hulle voor vir die winter

Wat doen ons voordat ons uitgaan in die koue? Ja, ons trek ‘n warm jas en handskoene aan. Dit is ook dieselfde met die diere. Hulle berei hulleself ook goed voor vir die winter, veral in die ysige Europese lande. Die eekhorings daar se pels groei dikker

43

gedurende die herfsmaande om hulle teen die koue te beskerm, want ten spyte van die koue, moet die eekhorings uitgaan om kos te soek.

Baie neute kan gedurende die herfs gevind word en dit is dan ook gedurende dié seisoen dat die eekhoring lekker vet word. Die vetlagie sal hulle lekker warm hou en energie verskaf gedurende die winterseisoen. Wanneer eekhorings soveel moontlik geëet het, begin hulle om van die voedsel weg te steek. Hulle steek dit in hol boomstamme asook in gate in die grond weg. Soms vergeet hulle waar die kos gebêre is, maar dan ontkiem die sade en neute en groei weer tot nuwe voedsel. Sommige eekhorings hiberneer, met ander woorde hulle slaap gedurende die koue wintermaande, soos baie ander diere.

Ander diere wat ook voorsorg teen die koue tref, is muise wat hulle ook besig hou om kos op te gaar vir die koue. Marmotte, slakke en vlermuise vind beskutte plekke waar hulle die winter kan deurbring. Wanneer hulle slaap, verlaag hulle liggaamstemperatuur en hulle asemhaling word ook stadiger, sodat hulle minder energie gebruik.

Swartbere en slange is ook diere wat ‘n winterslapie geniet.Het jy geweet slange stoor kos lank voor die tyd in hulle lywe? Hierdie kos stoor hulle

in die vorm van ‘n vetkoekie, en hulle kan heelwat daarvan stoor. Slange oorwinter gewoonlik in die grond. Sommige van hulle kom wel gedurende die dag so bietjie uit om in die son te lê. Die gate waarin hulle slaap, hou die temperatuur nogal konstant.

Voëls tref ook die nodige voorsorgmaatreëls vir die ysige winter wat voorlê. Soos die dae korter word, trek duisende voëls na Europa. Hulle verveer ook en kry nuwe, sterker vere by. Liggaamsvet word ook opgebou as energie vir die lang reis wat voorlê.

Gedurende die migrasie moet die voëls baie gevare trotseer: storms, winde, droogtes langs die roetes en selfs botsings teen mensgemaakte voorwerpe soos radiotorings en ligtorings. Baie van die voëls oorleef nie die reis na die warmer gebiede nie.

Diere wat op hierdie en ander maniere by die seisoene aanpas, verseker hulle voortbestaan vir die volgende seisoen.

Vrae

1. Die belangrikste gedagte van die artikel is:a. Winterslaap van diere.b. Diere se voorbereidings vir die winter.c. Hoe slange kos stoor vir die winter.d. Wat ons doen wanneer dit winter is.

2. Dui aan of die volgende bewerings waar of vals is:a. Eekhorings word vet in die herfs.b. Alle diere hiberneer in die winter.c. Slange gaan uit in die winter om kos te soek.d. Slange slaap ook gedurende die winter.e. Voëls berei hulleself ook voor vir die winter.

3. Waarom is dit belangrik dat diere hulleself voorberei vir die winter?

44

Aktiwiteit 3: Ek verstaan wat ek leesBeantwoord die volgende vrae oor die leesstuk – Hoe berei diere hulle voor vir die winter?

1. Gee ‘n ander woord wat min of meer dieselfde betekenis het as hibernering.2. Noem ‘n paar diere wat in die winter slaap.3. Wat doen eekhorings wat in baie koue lande bly om hulleself teen die koue te

beskerm?4. Waarom bêre eekhorinkies kos in hol boomstamme en in die grond?5. Waarom doen sekere diere baie min in die winter?6. Waar kry slange gedurende die winter kos?7. In die volgende paragraaf is elke vyfde woord weggelaat. Voltooi die paragraaf:

Wat doen ons voordat _________ uitgaan wanneer dit koud _________? Ja, ons trek ‘n ___________ jas en handskoene aan. ____________ is dieselfde met diere. _________ berei hulleself ook goed ___________ vir die winter. Sommige _________ slaap die hele winter __________ terwyl ander ekstra voedsel _________ die koue bymekaar maak _____________ hulle baie min of _____________ werk gedurende die tyd ______________ te verrig nie. Voëls ______________ gereed om die lang ______________ na die warmer lande _____________ te durf en pelsdiere _________ pels groei dikker om _____________ teen die ysige koue ____________ te beskerm omdat hulle ten _____________ van die koue tog _____________ uitgaan om voedsel te gaan soek.

8. Skryf die hoofgedagte, met ander woorde dit waaroor die paragraaf gaan, neer.9. Skryf nou een sin neer wat die hele leesstuk opsom.

Groepwerk

1. Die ruimtewesens gebruik ‘n syferskrif om met mekaar te kommunikeer. Gelukkig het een van hulle ‘n kodekaart verloor, en nou kan jy hul skrif ontsyfer. Kyk of jy verstaan hoe dit werk:Voorbeeld:A = 11B = 12J = 32W = 63

45

2. Kyk mooi na die betekenisse van die Egiptiese hiërogliewe:

a. Ontwerp saam met ‘n maat jul eie hiërogliewe vir die ses klinkers in ons alfabet.

b. Ontwerp ook saam tekens vir die medeklinkers waarvoor daar geen hiërogliewe bestaan nie.

c. Gebruik nou al die tekens en skryf ‘n geheime boodskap wat jou maat moet ontsyfer.

d. Rangskik die volgende woorde in alfabetiese volgorde:hiërogliewe, geoloog, klipspeurder, krulversierings, Egiptoloog, argeoloog.

Aktiwiteit 4: Ek verstaan wat ek leesLees die volgende aandagtig deur:

In die middel van ‘n woud het ‘n wekker gestaan wat per ongeluk deur ‘n spannetjie kampeerders daar vergeet is. Hoewel hy vir niemand meer die tyd aangegee het nie, het hy tog dapper voortgegaan om die sekondes af te tel, soos dit ‘n ordentlike wekker betaam. Hy het klets gesê as ‘n halwe en klats as ‘n hele sekonde om was, en hy het hom daarin deur niemand van stryk laat bring nie. Op ‘n dag kom daar twee muise verby. Hulle bly verbaas staan toe hulle die wekker sien en sê: “Goeiedag, geëerde meneer. Is u miskien ‘n wekker?”

“Klets-klats, klets-klats,” tik die wekker.Die muise kyk na mekaar en sê: “’n Wekker is hy nie!”“Is u miskien ‘n plant?” vra die eerste muis.“Klets-klats, klets-klats,” tik die wekker.“Is u miskien ‘n dier?” vra die tweede muis.“Klets-klats, klets-klats,” tik die wekker.Daarna vra albei bangerig: “Eet u dalk muise?”Toe raak die wekker van die uitvraery deurmekaar, want dit hinder hom in sy tellery,

iets wat hy as baie belangrik beskou. Daarom begin hy skielik rammel en ratel en

46

aasvoël

riet

voorarm

kuiken

been

sitplek

horingadder

uil

water

mond

binneplein

gedraaide string

ingewande

insekmaag

deurslotgevoudemateriaal

poel, meer

heuwel

mandjie met handvatsel

kruikstaander

brood

leisels

band

slang

klingelend lui. Die twee muise skrik hulle byna oorhoeks.

Uit: Die arend en die duif – James Krüss (Tafelberg)

Vrae

1. Hoe het die wekker in die woud gekom?2. Wat is ‘n woud?3. Was daar baie kampeerders? Hoe weet jy?4. Wat is die werk van ‘n ordentlike wekker?5. Het die muise geweet dit is ‘n wekker?6. Wat het die muise gedink sal die wekker doen?7. Wat is vir die wekker baie belangrik?8. Wat gebeur as jy jou oorhoeks skrik?9. Gee ‘n paar woorde uit die stuk wat klank naboots.10. Wat doen jy as jy jou deur iemand van stryk laat bring?

Aktiwiteit 5: Gedigte is mooi

Klaas Vakie

Hy stoot die voordeur stadig oop,En in die skadu sien ek hom; Sy swart manel is oopgeknoop, 1Sy snaakse lyfi e is uitgedroog,Hy staat by my skaars skouerhoog!

Sy ogies knip, sy lippe lag,Sy lang bol-hoed is in sy hand; 2Hy kom van buite uit die nag,En bly net in die skadurand.

Een kers brand stadig in die tuit,Die ander fl ikker heen en weer;En langs my, deur die onderruit, 3Daar loer die nag so swart as kruit!Die skadu’s – kort en dik en bont – Spring op die vloer soos lammers rond!

Tant Sannie sit nog kouse stop;Haar naald blink nes ‘n weerligstraal; 4Haar lyf is alles dof en vaal;Die kerslig skyn net op haar kop.

Vlak voor my oë dans die dons,En as tant Sannie met my praat, 5

47

Dan gaan dit nes ‘n brommer gons;Haar woorde is so nors en kwaad.

Die donker kruip uit elke skeur,Dis alles deurmekaargevleg; 6Ek sien hom nou – dan is hy weg – Die snaakse outjie by die deur!

Die donker wikkel om hom heen, Dit gryp sy voet en dan sy been, 7En as my oë wyer rekDan staat ‘n skadu in sy plek.

Daar is hy weer, so skelm-slim!En voet vir voet bekruip hy my; 8Ek sien sy skadu hoër klim,En tel sy knopies op ‘n ry.

Dis tante Sannie weer wat praat:“Kyk, Jannie, dis baie laaten tyd vir kleintjies om te slaap – 9Wat sit jy nog te snork en gaap,met reeds ‘n krakie in jou nek?Nou, snuiter, kooi toe, op die plek!”

Ek ken die stem, nou moet ek hoor!en as ek opstaan om te gaan, 10Dan kom hy weer van daarvandaanEn trap so soetjies in my spoor

Eugene N. Marais

Vrae

1. Wie word in die eerste twee strofes beskryf?2. Hoe lyk hy?3. Wat doen tant Sannie?4. Waar kom die rymwoorde in elke strofe voor?5. In die gedig word baie beskrywende woorde gebruik. Noem ‘n paar.6. Waarom klink Tant Sannie se woorde “… nes ‘n brommer wat gons…”? (Strofe 5

reël 3)7. Wat bedoel die digter met die laaste twee reëls van strofe 7?8. Waarom gebruik die digter “tante” in strofe 9 se eerste reël in plaas van “tant” soos

hy in strofe 4 en 5 gebruik het?9. Wie vertel die storie?10. In die gedig vergelyk die digter ook heelwat dinge met iets anders, soos byvoorbeeld:

“En as tant Sannie met my praat,

48

Dan gaan dit nes ‘n brommer gons”Gee nog twee sulke voorbeelde uit die gedig.

11. Gee woorde wat min of meer dieselfde beteken as die volgende:“snuiter” in strofe 9 reël 6“kooi” in strofe 9 reël 6.

12. Wat bedoel tant Sannie as sy sê: “Met reeds ‘n krakie in jou nek?…”?

Aktiwiteit 6: Kom ons lees vir die lekker

Die sprinkaan en die miere

Die somersonnetjie bak heerlik warm. Oral sien jy net miere heen en weer hardloop. Hulle is dag en nag besig om voedsel bymekaar te maak vir die koue winter met sy sneeu. ‘n Sprinkaan sit eenkant en hou hulle dop. Hy lag hardop vir hulle, terwyl hulle sonder ophou kos aandra na hulle pakkamers toe.

“Julle klomp gekke!” spot hy. “Vir wat werk julle julle halfdood? Die son is nog heerlik warm en daar is nie eers sprake van ‘n koue luggie nie. Kom, sing en dans saam met my,” nooi hy.

Die miere steur hulle glad nie aan hom nie en swoeg maar voort om hulle kosvoorraad aan te vul. Die sprinkaan sit in die son rond en vermaak homself met die liedjies en speletjies. Die skaduwees het al langer geword en gou was die somer verby. Ysige sneeu het nou die hele aarde bedek. Nêrens was nou meer kos te vinde nie. Die sprinkaan wat natuurlik geen voorsorg getref het nie, was nou rasend van die honger. Hy besluit om na die miere met hulle vol pakkamers te gaan. Hy sukkel stadig en swakkies tot by hulle.

“En wat wil jy hê?” vra die miere terwyl hulle hul kos sorteer en hul plek aan die kant maak. Geen mier is ledig nie. “Ek is baie swak van hongerte en ek het gewonder of julle nie asseblief vir my van julle kos kan gee wat julle weggebêre het nie, anders gaan ek dood,” pleit die sprinkaan.

“Jy moes daaraan gedink het toe jy die somer omgespeel en gesing het. Hier is net genoeg om ons die winter deur te sien. Nee wat, jy moet nou maar die winter om dans. Dalk help dit jou om warm te bly,” het die miere geantwoord en weer vlytig met hul werk voortgegaan.

Die sprinkaan was toe baie spyt dat hy so lui was en moes treurig verder gaan op sy bedeltog.

Aktiwiteit 7: Ek word ‘n reklame-agent1. Beplan ‘n advertensie vir ‘n restaurant vir die radio of televisie. Onthou om in ag te

neem wat mense aanmoedig om die restaurant te besoek byvoorbeeld goeie diens,

49

pryse, smaaklike kos, atmosfeer, ens.

Kies een van die volgende ondernemings vir jou advertensie:

Die VetkoekpaleisHamburgerhuisWafelwêreldPannekoekhoekie.

Dit is baie belangrik dat jy van soveel moontlik goeie beskrywende woorde vir die items soos die kos en die plek self, sowel as die dinge wat jy daar doen, sal gebruik. (Byvoeglike naamwoorde en bywoorde)

Neem jou advertensie op band op nadat jy dit geskryf het.

2. Voltooi die volgende rympie en sing dit as ‘n radio-advertensie: (besluit self wat dit is)

Keppies smaak so bak,Kraaklekker ___________________________Hoe meer jy eet __________________________________Krag en gesondheid _______________________________________

3. Kyk na ‘n advertensie op video. Draai die klank af. Skryf jou eie woorde vir die advertensie. Lees dit aan jou maats voor.

4. Kies enige advertensie in ‘n tydskrif. Skryf ‘n briefi e aan die vervaardigers van die produk. Verduidelik waarom jy van hul produk en advertensie hou of nie.

Aktiwiteit 8: Ken jou taalVerwys na die leesstuk by aktiwiteit 2 – “Hoe berei diere hulle voor vir die winter?”

Groepopdragte

Werk in jou groep. Soek al die werkwoorde in die eerste paragraaf van die teks. Kyk of julle woorde kan vind wat die werkwoord beskryf deur die volgende vrae te vra:

- Werkwoord + hoe word dit gedoen?- Werkwoord + wanneer word dit gedoen?- Werkwoord + waar word dit gedoen?

Opdragte

1. Kyk na die strokiesprentE op die volgende bladsy. Verander die woordorde van die spraakborrels deur elke keer met die onderstreepte woord te begin:

50

2. Watter ander woorde kan jy in die plek van die onderstreepte woorde gebruik?3. Kies geskikte bywoorde en voltooi die volgende paragrafi e:

Wanneer ek ______________ of ______________ voel, gaan kuier ek ____________ by my ouma. Sy wil _________________ luister en help. ____________________ maak sy vir ons elkeen ‘n koppie tee dan gesels ons ____________________. Sy glimlag ________ en dan voel ek _________________.

4. Knip ‘n berig of artikel oor diere uit jou tydskrif of koerant en soek soveel moontlik woorde wat beskryf hoe iets gedoen word of gebeur (bywoorde wat werkwoorde beskryf). Omkring die bywoorde en maak jou eie sinne daarmee.

5. Kyk hoeveel voegwoorde jy in hierdie blok kan opspoor. Gebruik enige twee om goeie sinne van jou eie te maak.

A L K R A B M A A R R S T V AB E L S L C L S N O P E U W DO F M T H D M N I K O L M N LM G N U O E W A N T H I J Y FD A T V E F A O D E F G W K HA H O W W G S P I C D R L B JT I P G E H S O E D E R T D LC J O F L I F R N T N W Y R MD T Q Y A J K S T U V A B S O

Opdragte

Verwys na die leesstuk by aktiwiteit 6 – “Die sprinkaan en die miere”.

1. Skryf al die woorde neer wat twee sinne saamvoeg in die leesstuk. Skryf die twee sinne wat aanmekaar gevoeg is, neer sonder die voegwoord.

2. Gebruik die volgende voegwoorde en maak jou eie sinne daarmee:toe, omdat, of, mits, as, hoewel

3. Verander die woordorde van die sinne deur elke keer met die onderstreepte woord te begin:

51

bring hulle nou dadelik

terug!

jy sal vanaand weet

ek het gisteraand die wonderlikste droom

gehad, fred ......

mmmmm?

a. Die voëltjies tjirp op die dak terwyl ons nog slaap.b. Ek vat aan die duif toe vlieg hy weg.c. Die sprinkaan dans omdat hy te lui is om kos te versamel.d. Die miere wil graag speel, nogtans werk hulle fl uks.e. Die miere weier om vir die sprinkaan kos te gee hoewel hulle ‘n groot

voorraad het.

Het jy geweet?

• Jy kan sinne aan mekaar voeg met sekere woorde wat ons voegwoorde noem.

• Wanneer ons twee sinne aan mekaar verbind, sal die volgorde van die woorde (woordorde) van die sin verander.

Aktiwiteit 9: Spelling is belangrikLees die leesstuk deur en voltooi die opdragte wat daarop volg

Besoedeling vernietig alles!

“Hou vas, Droppie! Ons val nou vinnig aarde toe. Die mense sal bly wees oor die heerlike reën.”

“Wat as ons in een van die besoedelde riviere, damme of mere val, Drippie?”

“Wat op aarde is besoedel, Droppie? As jy praat voor ons op die aarde land, kan ons dit miskien vryspring.”

“Besoedeling is vreeslik erg. Ons sal nie in die water kan leef nie. Enige afval wat in die water beland, soos plastieksakkies en vullis, besoedel die riviere en damme. Dan kan niks in die water lewe nie. Sommige fabrieke stort gebruikte water in die riviere. Dié water bevat opgeloste stowwe soos soute, sure en alkalië wat giftig is vir visse en ander waterdiertjies. Daar is nog baie soorte besoedeling, maar ek glo nie daar sal genoeg tyd wees om dit alles vir jou te verduidelik nie.”

“Sê my, Droppie, wat is die gevolg van besoedeling?”“Wel, hoe meer water besoedel word, hoe minder water is daar om te drink. Die olie

van skepe besoedel die strande en die opdrifsels in die riviere en spruite verkleur die water. Dit laat die natuur lelik lyk. Mense kan baie siek word van besoedelde water, want dit is vol kieme. Diere kan ook nie van die besoedelde water drink nie en vissies gaan dood daarvan.”

“Al wat mense moet doen, is om nie rommel in die omgewing te strooi nie. Ook

52

moet hulle water spaarsamig gebruik en nie afval in waterstroompies gooi nie. Ons is nou naby aan die aarde, Drippie.”

Plons!!!“Dit was ‘n harde landing. Ons kan gelukkig wees ons het nie in ‘n besoedelde

rivier geval nie, Droppie. As al die riviere, mere en dammetjies net so skoon soos die voëlbakkie in hierdie tuintjie was, sou dit nie nodig wees om bekommerd te wees oor die water nie.” Corrie van Staden

Opdragte

1. Waarom word die vet gedrukte woorde met ‘n hoofl etter geskryf?2. Skryf al die woorde uit die leesstuk neer wat verkleining aandui.3. Wat was plastieksakkies voordat dit verklein is?4. Kan jy nou ‘n reël afl ei vir ander woorde wat soos “sak” lyk?5. Watter ander reëls sien jy by die res van die verkleinwoorde?6. Voltooi die volgende kolom met jou eie voorbeelde:

-etjie -tjie -kie -pie______________ _____________ _______________ ______________

7. Voltooi die blokkiesraaisel deur verkleinwoorde te gebruik: Af: Dwars: 1. reep 6. piesang

2. kussing 7. ketting3. man 8. roos4. eiers 9. skraap5. stert 10. arm

1 2

6

3 4

5

7

8

9

10

53

8. Verdeel die volgende woorde in lettergrepe:a. beserinkie b. lekkertjie c. kringetjie d. persketjie e. soompie

9. Gebruik die verkleining van die volgende woorde in goeie sinne:a. koning b. neus c. lening d. pad e. albasters

10. Kyk in ‘n verklarende woordeboek of jy die verkleining van die volgende woorde kan vind:a. mandjie b. baadjie c. tannie

54