materials and matter - western cape€¦  · web viewmaterie en materiale. ondewyser notas oor...

22
© KCL/PENTECH/WKOD 2002 Materie en Materiale Ondewyser notas oor Translasie Aktiwiteite Lees voor gebruik Hierdie translasie aktiwiteite is geskryf om te help met die implementering van aspekte van UGO in die onderrig van wetenskap onderwerpe. Meeste van die aktiwiteite, nie almal nie, verlang dat leerders die inligting wat in een vorm gegee word- woorde, diagramme, tabelle, grafieke ens. in 'n ander vorm omskep. Die translasie aktiwiteite word beter behartig as leerders in klein groepe, van vier tot ses werk sodat hul tyd spandeer om hul eie idees te bespreek groepe te vra is vermoeiend. Na eerste terugvoerings kan res van die klas. In proeflopies, het onderwysers wat sukses met die aktiwiteite behaal het, twee of drie groepe gevra om aan klas terug te rapporteer. Om al die gevra word om enige iets nuuts by te voeg. Die klein groep besprekings en terugvoering werk die beste as verskille in opinies uitgelig en bespreek word. Om hierdie verskille in interpretasie uit te lig gee aan die onderwyser die geleentheid om tot die gesprek toe te tree vir verdere onderrig. Die klem val nie op reg en verkeerd nie maar meer op die feit dat leerders hul sê kan sê, en hul idees kan staaf en verdedig of weerspreek. Die aktiwiteite werk dus goed om prosesvaardighede te ontwikkel. Sommige aktiwiteite werk beter as indiwiduele take. Dit kan as tuiswerk gegee word of as assesering gebruik word. Gewoonlik word 'n stel van drie tot ses bladsye saam gevat om een aspek van 'n leerprogram te dek. © KCL, WCED, Pentech. 2002.

Upload: others

Post on 19-Oct-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Materials and Matter - Western Cape€¦  · Web viewMaterie en Materiale. Ondewyser notas oor Translasie Aktiwiteite. Lees . voor . gebruik • Hierdie translasie aktiwiteite is

© KCL/PENTECH/WKOD 2002

Materie en MaterialeOndewyser notas oor Translasie Aktiwiteite

Lees voor gebruik

• Hierdie translasie aktiwiteite is geskryf om te help met die implementering van aspekte van UGO in die onderrig van wetenskap onderwerpe.

• Meeste van die aktiwiteite, nie almal nie, verlang dat leerders die inligting wat in een vorm gegee word- woorde, diagramme, tabelle, grafieke ens. in 'n ander vorm omskep.

• Die translasie aktiwiteite word beter behartig as leerders in klein groepe, van vier tot ses werk sodat hul tyd spandeer om hul eie idees te bespreek groepe te vra is vermoeiend. Na eerste terugvoerings kan res van die klas.

• In proeflopies, het onderwysers wat sukses met die aktiwiteite behaal het, twee of drie groepe gevra om aan klas terug te rapporteer. Om al die gevra word om enige iets nuuts by te voeg.

• Die klein groep besprekings en terugvoering werk die beste as verskille in opinies uitgelig en bespreek word. Om hierdie verskille in interpretasie uit te lig gee aan die onderwyser die geleentheid om tot die gesprek toe te tree vir verdere onderrig.

• Die klem val nie op reg en verkeerd nie maar meer op die feit dat leerders hul sê kan sê, en hul idees kan staaf en verdedig of weerspreek. Die aktiwiteite werk dus goed om prosesvaardighede te ontwikkel.

• Sommige aktiwiteite werk beter as indiwiduele take. Dit kan as tuiswerk gegee word of as assesering gebruik word.

• Gewoonlik word 'n stel van drie tot ses bladsye saam gevat om een aspek van 'n leerprogram te dek.

• Die aktiwiteite is doelbewus eenvoudig in formaat sodat dit maklik op die bord geskryf kan word as daar 'n tekort aan papier is. Anders kan een blad per groep die aansporing wees om saam te werk.

Tydsberekening en aantal lesse benodig om leerprogram te voltooi sal afhang van aantal periodes en die moontlikheid van praktiese werk. Vier tot ses weke word aanbeveel.

© KCL, WCED, Pentech. 2002.

Page 2: Materials and Matter - Western Cape€¦  · Web viewMaterie en Materiale. Ondewyser notas oor Translasie Aktiwiteite. Lees . voor . gebruik • Hierdie translasie aktiwiteite is

• Sien werk oor Materiale en Lewens op bladsy 15 van hierdie gids voor daar met onderrig begin word.

Suur spysversteuring• Hele klas besprekingVir hierdie eenheid sal dit van leerders verwag word om te verwys na vorige werk oor sure en basisse. Hulle moet daaraan herinner word dat die pH skaal gebruik word om die suurheid/alkaliniteit van 'n stof te monitor. Op die pH skaal sal die waarde 7 neutraal aandui; nie suur of alkalies nie.Dit is die pH van gedistilleerde water. Gekleurde indicators kan gebruik word om 'n vinnige blik van die pH te gee

Aan die begin kan vrae gevra word, wat met 'n bord opsomming kan eindig. Leerders kan dit afskryf.

• Translasie Aktiwiteite Suur spysversteuringSuur spysversteuring 1.Die taak vra nie:Wat leerders stap vir stap sal doen nie;Ook nie vir die apparaat wat gebruik word nie;Selfs nie om te beskryf watter tipe resultate hulle kan verwag nie; nog minder vra dit leerders hoe verskillende resultate verskillend geinterpreteer kan word nie.

Dit sal noodwendig in die inleiding gedek moet word. Laat slegs drie greope terugvoering gee. Te veel groepe is vervelig.Kyk vir kontrasterende idees op rondtes deur die klas.

Suur spysversteuring 2.- Stukkies tablet word in die glasbeker;- Druppels blou lakmoes oplossing word by tablet stukkies in glasbeker gevoeg;- asyn – 'n suur – word by inhoud gevoeg;- die lakmoes kleur verander van blou na rooi;- die volume asyn bygevoeg word in 'n maatsilinder gemeet.

Kry idees oor hoe die eksperiment verbeter kan word en skryf op die skryfbord.

Ralph het nie pil geweeg nie. Ons weet dus nie hoeveel van die pil met die asyn reageer het nie. Die massa van die stukkies tablet moet neergeskryf word.

Die suur in die maag is baie sterk. 'n Relatiewe klein tablet kan die maag suurheid laat afneem in maagsap wat omtrent een liter of meer kan beloop. Die suur wat Ralph gebruik

© KCL, WCED, Pentech. 2002.

Page 3: Materials and Matter - Western Cape€¦  · Web viewMaterie en Materiale. Ondewyser notas oor Translasie Aktiwiteite. Lees . voor . gebruik • Hierdie translasie aktiwiteite is

– asyn is 'n swak suur. Dit kan dus heelwat suur gebruik om die kleur van blou na rooi te laat verander. Hy moet moontlik 'n ander suur gebruik.

Hier kan alledaagse sure weer aan leerders deurgegee word, soos sitroensuur in lemoensap; soutsuur in in toilet skoonmaak middles; of swawelsuur in motor batterye.. Dan is daar die organise sure soos tartaarsuur – in bak poeiers; oksaalsuur – in spinasie; askorbiensuur – wat vitamien C is; deoksiyribonukleïensuur – in elke sel van die liggaam; die blou druk van die lewe.

Suur spysversteuring 3.Dit kan deur indiwidue in plaas van groepe gedoen word. Of, elke indiwidu in 'n groep kan gevra word om afsonderlik hul eie sketse te maak.

Dit is belangrik dat al die sketse ingeneem en uitgestal word. Dit moet dan bespreek word sodat die interpretasie soos deur leerder gedoen uitgelig kan word. Wat sou" 'n kraan oor die buis" beteken vir leerders? Hoe die krane soos geteken enigsins kon werk? Dit is wat bespreek moet word.

'n Buret is 'n besondere dun stuk apparaat en breek dus maklik. As een beskikbaar is, selfs 'n gebreekte eenkan aan leerders gewys word na bespreking van hul pogings.

Suur spysversteuring 4.Natuurlik, die skaal loop van bo na onder omdat ons wil sien hoeveel vloeistof loop uit en nie wat oorbly nie. As dit besef word is dit voor die handliggend waarom die kleinste eenheid 1ml is.

Die waardes is soos volg:zero – 0; 35ml; 37ml; 38ml; 40ml; and 41 ml.

Suur spysversteuring 5.Die vertikale skaal is nie so een voudig nie omdat die pH skaal nie 'n zero punt het nie. Die skaal begin dus by1 , nie zero nie, en loop tot by 14. Leerders moet hierop attent gemaak word deur vooraf die pH skaal te bespreek.

Die tegniese rede hiervoor is dat die pH skaal logaritmies is en logaritmiese skale het geen zero nie. Die gewone dinge om na te kyk in leerder grafieke is.

- Maak seker dat die horisontale as die volume suur voorstel. Dit is die onafhanklike veranderlike .

- Die asse moet met beide eenheid en hoeveelheid gemerk word. Die horisontale as sal in volume van suur gebruik – dit is die hoeveelheid, en die eenheid kubieke sentimeter, of cm3. Die tabel kon milli-liters (ml.) as eenheid van volume gehad het.

- Suur spysversteuring 6.

© KCL, WCED, Pentech. 2002.

Page 4: Materials and Matter - Western Cape€¦  · Web viewMaterie en Materiale. Ondewyser notas oor Translasie Aktiwiteite. Lees . voor . gebruik • Hierdie translasie aktiwiteite is

- Deur melk van magnesia by die soutsuur te voeg veranderdie pH van die oplossing;- Die pH van die soutsuur is 1 aan die begin. Dit is baie suur.- Die pH verander nie veel aan die begin nie ;- Daana verander die pH vinnig tussen sowat 2.5 en 8-9.- Hierna sal byvoeging van die melk van magnesia nie die pH nagenoeg so vinnig

verander nie;- Na 'n sekere punt sal sal die pH konstant by 11 tot 12 bly. Dit is die pH van melk van

magnesia..

Die melk van magnesia is nie naastenby so alkalies soos die soutsuur suur is nie. Dit is moontlik omdat dit gedrink moet word. 'n Baie sterk alkali is uiters gevaarlik en kan baie skade doen.

Die suur in die maag is baie suur.Die selle in die maag slymvlies is aangepas om dit te hanteer wat ander weefsels in die liggaam nie kan doen nie. Wanneer jy siek is komhierdie sterk maagsuur na die mond toe op en is baie onaangenaam.

Suur spysversteuring 7.'n Kopie van /n periodieke table sal benodig word. 'n Muurkaart is die beste vir klas bespreking.

Patrone wat leerdes mag identifiseer kan insluit:- Alkalieë mag 'n word hidroksied as deel van die naam;- neig om metale te bevat links van die periodieke tabel Ammoniim is anders en pas

nie in hierdie patron nie;- maar ammonium en ander hidroksiedes bevat almal 'n (OH) in in hul chemiese

formulas; na regs in die formule;- die aantal OH varieer. Metale nader na die middel van die periodieke tabel – soos

aluminium – het meer (OH) in hul alkali formules.- sure blyk elemente te hê wat regs in die periodieke tabel voorkom. Hierdie is die nie-

metale : fosfor, swawel, chloor.- die sure het almal waterstof in hul formulesen is altyd in dieselfde posisie links in die

formule;- die hoeveelheid waterstof wissel van suur tot suur. Nie-metale regs van die periodieke

tabel het minder waterstowwe in hul chemiese formule. - in die alkalie ammonium, lyk dit asof die (NH4) die plek van metale in ander alkalieë

neem.As die klas met sulke patrone vorentoe kom is daar hoop.Na verloop van 'n redelike tydsverloop versamel patrone vanuit elke groep. Neem een per groep voordat daar vir 'n tweede van een groep gevra word. Skryf op die bord sodat almal daarin kan deel.

Suur spysversteuring 8.Leerders mag die volgende oplet:- bloed is die een vloeistof wat skynbaar neutral is met pH van 7;- maagsuur is die suurste van al die vloeistowwe;

© KCL, WCED, Pentech. 2002.

Page 5: Materials and Matter - Western Cape€¦  · Web viewMaterie en Materiale. Ondewyser notas oor Translasie Aktiwiteite. Lees . voor . gebruik • Hierdie translasie aktiwiteite is

- uriene lyk asof dit die meeste variasie in pH toon. Dit varieer tussen 5 en 8. Die konsentrasie van soute in die uriene verander deur die dag afhangende van die etes en drankies geneem;

- duodenale vloeistof is die een alkali met pH van sowat 9. Die duodenale vloeistof kry gal vanaf die galblaas wat die pH laat verander. Met die nuwe pH kan verskillende ensieme die vetbestanddele in die voedsel verteer wat van die maag na die dunderm deurgegaan het.

- tamatie en suurlemoen is beide vrugte en is albei sure. Die suurlemoen is meer suur as die tamatie.

Moenie te haastig wees om die klein groepe se besprekings te stop nie. Gee kans vir nog idees. Versamel idees en skryf dit op die bord. sodat almal daarin kan deel deur bespreking..

Kersies en kettings• VoorbereidingDie eerste aktiwiteit vereis dat leerders biljette maak. Kan leerders oorreed om die biljette aan einde van eenheid klaar te hê.

• Translasie aktiwiteite Kersies en kettingsKersies en kettings 1.Handig eerste blad uit en kan beskou word as taakstelling aan die leerders.Dit sal tyd verg om die taak te voltooi en leerders dit aan die einde van die eenheid gereed hê. Kry leerders om die taak deur te lees aan die hele klas en behandel punte soos dit opgehaal word.

Kersies en kettings 2.

Kersies en kettings 3.1. Vir yster moet daar beide water en lug wees. 2. Die uitsluiting van of water (met kalsium chloride) of die lug (deur beide water te

kook en die lampolie te gebruik) verhoed roes.Die getuienis vir 1 kom in eerste proefbuis.Die getuienis vir 2 kom vanaf 2de en 3de proefbuise.

© KCL, WCED, Pentech. 2002.

iron nail plus water

iron nail plus

calcium chloride

iron nail plus

boiled water

paraffin oil

Sikili and Solani's experiment

Page 6: Materials and Matter - Western Cape€¦  · Web viewMaterie en Materiale. Ondewyser notas oor Translasie Aktiwiteite. Lees . voor . gebruik • Hierdie translasie aktiwiteite is

Om te wys dat suurstof in die lug roes veroorsaak moet daar 'n proefbuis wees sonder suurstof in lug of water en die spyker. Hulle sal dus moet dink aan 'n manier om suurstof uit die lug te verwyder. Vra hulle om aan moontlikhede daarvan te dink.

Een manier is om lug te gebruik waarin iets gebrand is. Die verbranding verbind suurstof met die brandstof en laat 'n onaktiewe koolsuurgas na. Die vraa is natuurlik hoe om dit te doen. Miskien 'n brandende kers in 'n omgekeerde houer oor gekookte water. Die water om die houer moet met lampolie versëel word. Dit is egter onseker of die omgewing in die houer feitlik suurstof vry sal wees.'n Tweede houer oor gekookte water sonder 'n brandende kers kan gebruik word om die graad van roes te vergelyk. Dit kan miskien beter werk as net in aanwesigheid of afwesigheid van suurstof.

Om dus bewyse te kry is nie altyd so maklik nie. Kersies en kettings 4.Hierdie aktiwiteit benodig 'n skriftelike verslag as finale produk. Dit mag lonend wees om bespreking in klein groepies toe te laat om die groepe se idees te kry omtrent die blad. Elke groep moet hul idees neerskryf. Dit kan dan gekollekteer word en by wyse van 'n bord opsoming daarvan deur die hele klas bespreek word. Na die ope bespreking kan elke leerder sy/haar eie verslag as tuiswerk skryf wat vir assessering gebruik kan word.

Kersies en kettings 5.'n Klas bespreking behoort hierdie aktiwiteit aan die gang kry. Leerders kan verwag word om iets soos hieronder te teken.

© KCL, WCED, Pentech. 2002.

chrome on handleschrome on

window edging

oil on engine parts

painted body work

some galvanized underparts

chrome around light fittings

Page 7: Materials and Matter - Western Cape€¦  · Web viewMaterie en Materiale. Ondewyser notas oor Translasie Aktiwiteite. Lees . voor . gebruik • Hierdie translasie aktiwiteite is

Kersies en kettings 6.

Dit is belangrik om die klem te laat val op die chemiese reaksie wat in die selle plaasvind waar glukose omskep word tot koolsuurgas en water met die vrystelling van energie. Dit is die chemiese aard van respirasie wat belangrik is om sodoende 'n vergelyking te kan tref met roes en verbranding.

Kersies en kettings 7.

Die volgende kan verwag word:- koolsuurgas indikator is in twee soortgelyke buise waardeur die lug ingesuig word - vars lug word deur die linkerkanste buis ingetrek sodat die lug deur die indikator

borrel;- terselfdertyd is die buis na die regterkantse buis toe geknyp sodat geen lug , water en

koolsuurgas indikator vanaf die regterkantse buis na na mond en longe kan gaan nie; - die indikator in die linkerkantse buis verander nie van kleur nie;

© KCL, WCED, Pentech. 2002.

the sugar glucose stored in the liver

oxygen in the air absorbed by blood stream in lungs

carbon dioxide carried to lungs by blood stream

digestion of food

glucose and oxygen carried to cells by blood stream

cells

cells

cells

chemical reaction in cells to give energy carbon dioxide an water

carbon dioxide carried away from cells, back to the lungs by the blood stream

Page 8: Materials and Matter - Western Cape€¦  · Web viewMaterie en Materiale. Ondewyser notas oor Translasie Aktiwiteite. Lees . voor . gebruik • Hierdie translasie aktiwiteite is

- wanneer lug uitgeasem word is die situasie omgekeer. Die linkerkantse buis word toegeknyp sodat die uitgeasemde lug deur die koolsuurgas indicator in die regtekantse buis moet beweeg ;

- die indikator verander van kleur wat beteken dat koolsuurgas teenwoordig is.

Kersies en kettings 7.Soos in aktiwiteit 4 word 'n geskrewe stuk van leerders verwag as die finale produk Dit mag lonend wees om bespreking in klein groepies toe te laat om die groepe se idees te kry omtrent die blad. Elke groep moet hul idees neerskryf. Dit kan dan gekollekteer word en by wyse van 'n bord opsoming daarvan deur die hele klas bespreek word. Na die ope bespreking kan elke leerder sy/haar eie verslag as tuiswerk skryf wat vir assessering gebruik kan word.

Metale uit rots• Klas bespreking en demonstrasie'n Hersiening oor hoe verskillende metale lyk; dat verskillende metale verskillend aangewend word in die maak van sekere objekte. Vrae kan gestel word oor watter materiaal gebruik word vir die maak van spesifieke objekte.

Klem moet val op die waarde van metale as 'n besondere groep materiale weens hul aanpasbaarheid. As voorbeelde van verskillende metale beskikbaar is, kan dit uitgehandig word en sodoende die verskille in eienskappe demonstreer.

• Translasie aktiwiteite Metale uit rots.Metale uit rots 1.Leerders behoort in groepe saam te werk om 'n lys van materiale saam te stel wat gebruik is in die maak van die drie stelsels van vervoer. Die volgende kan verwag word: glas, rubber, plastiek, leer asook metale soos yster, staal, chroom koper ens.

Die een material wat gemeenskaplik voorkom en die bespreking sal begin is yster. Ander idees sal uit kom, maar stuur bespreking in die rigting van die metale.

Metale uit rots 2.Alumina is aluminiumoksied.Dit is geassosieer met die corrundum groep van verbindings wat edelstene soos saffier en robyn insluit.

Die grafiek wys dat:- nie alle materiaal dieselfde sterkte het nie;- die sterkte van die material wat uitgetrek word tot vesels en onder spanning geplaas

word nie dieselfde is as dié van dieselfde materiaal wat in blok onder spanning geplaas word nie;

- vir dieselfde materiaal is die sterkte van die vessel onder spanning in die algemeen groter as die sterkte van die blok onder samepersing. In die grafiek , vir die gegewe data is aluminium 'n uitsondering;

© KCL, WCED, Pentech. 2002.

Page 9: Materials and Matter - Western Cape€¦  · Web viewMaterie en Materiale. Ondewyser notas oor Translasie Aktiwiteite. Lees . voor . gebruik • Hierdie translasie aktiwiteite is

- nie-metale soos silikon en koolstof – in silikon karbied, en koolstof in grafiet bied die sterkste vesels;

- suiwer metale soos yster, koper en aluminium is nie so sterk soos nie-metale soos silikon en koolstof nie;

- yster, as 'n blok onder samepersing is die sterkste blok van materiaal soos in die grafiek gewys. Dit neem die middel posisie in as 'n vesel onder spanning.

Yster is goedkoop. Ystererts is wyd verspreid op die aarde. Die smeltpunt is 1500oC beteken dat dit nie te moeilik is om te ontgin nie. Dit kan in verskillende vorms gevorm word. Dit kan tot drade uitgetrek word en kan ook in dun plate gemaak word. Dit kan met ander metale of plastiek bedek word om dit meer duursaam te maak, minder vatbaar vir roes. Die magnetiese eienskappe daarvan is soms bruikbaar.

Yster voorwere is swaar omdat yster dig is (omtrent 51/2 keer die digtheid van water). Dit roes maklik, wat beteken dat dit met suurstof verbind om ysteroksied te vorm.

Metale uit rots 3.Dit is beter om deur dir teks te praat. Vra leerders om teks sin vir sin te lees en bespreek dit wat beskryf word.

Dit is beter as die skets 'n indiwiduele poging is, of as 'n klas aktiwiteit of as tuiswerk. As 'n indiwiduele oefening kan dit vir assessering gebruik word.

Metale uit rots 4.In hierdie aktiwiteit is daar twee terme wat vreemd vir leerders mag wees. Kooks is koolstof wat in 'n suurstof-vrye omgewing gerooster is, sodat dit nie brand nie. Die olies en teer verdamp en die dampe word opgevang en onder koue water gekondenseer.Wat oorbly is net koolstof as kooks. Die olies en teer word in die farmasetiese industrie gebruik in die maak van seep en medisinale middels. Kleurstowwe word ook hiervan gemaak.

Sintel/metaalskuim/slak is 'n mengsel wat die onsuiwerhede van die erts bevat. Sommige hiervan is chemies verbind. Omdat dit minder dig as yster is dryf dit op die gesmelte yster. Sintel hope, mensgemaakte heuwels van afval, rondom yster suiweringswerke kom oral oor die wêreld voor.

Metale uit rots 5.Dit is een van daardie take wat maklik is, as jy weet wat jy doen. Die idee van die oefening is om die leerders ruimte te gee om hul verbeelding en skeppings vermoëns te gebruik. Die verskillende diagramme en sketse is belangrik om leerders te help ervaar hoe wetenskaplikes, in die skepping van nuwe kennis, skeppend moet wees.

Laat groepe saamwerk en moedig bespreking aan oor die verskillende maniere om diagramme en sketse te teken. Kies die drie van die mees uiteenlopende pogings. Stal dit uit sodat die meriete van elke skets bespreek kan word. Gebruik die lesing notas en wys

© KCL, WCED, Pentech. 2002.

Page 10: Materials and Matter - Western Cape€¦  · Web viewMaterie en Materiale. Ondewyser notas oor Translasie Aktiwiteite. Lees . voor . gebruik • Hierdie translasie aktiwiteite is

hoe elke skets punte in die lesing notas voor stel. een moontlike voorstelling word hiernaas gegee.

Metaleuit rots 6.Die taak sal verskeie vrae na vore bring oor hoe atome en molekules voorgestel word wanneer stowwe in die vastestof en opgeloste vorms voorkom. Dit kan net help as dit vooraf met leeders bespreek word. In die algemeen:

- vastestowwe word aangedui met die atome (of molekules) bymekaar in groepe gepak;- vastestowwe , in oplossing word voorgestel as geïsoleerde atome (of molekules)

tussen oplosmiddel atome/molekules.

Die vorms van voorstelling is nie vanselfsprekend nie. As dit so was sou dit nie mense soos Priestly, Scheele, Lavoisier en Dalton dekades van geduldige studie en sorgvuldige denke geneem het om tot die hedendaagse chemie te kom nie. Dit mag net help as hierdie feite uitgewys word.

Ja, wetenskaplikes is skeppend en verbeeldingryk in hul denke oor natuur verskynsels. Nee, hulle kan nie net enige ding uitdink nie. Hierdie idees moet bruikbaar genoeg vir hul kollegas sodat hulle dit kan aanvaar. Deur hul eie idees aan die res van die klas te wys,

© KCL, WCED, Pentech. 2002.

Ironore

CokeplusIron + OxygenatomsCarbonatoms

plusIs thesame as

heat

Iron +Oxygenatoms

Ironatom

Oxygenatom

Carbon atom

Oxygen atoms

Carbon dioxide gas

This is reduction This is oxidation

Page 11: Materials and Matter - Western Cape€¦  · Web viewMaterie en Materiale. Ondewyser notas oor Translasie Aktiwiteite. Lees . voor . gebruik • Hierdie translasie aktiwiteite is

kan groepe leerders 'n kykie kry in die soort oortuigings proses wat nodig is. Deur hul diagramme en sketse uit te stal en te verduidelik moet hulle hul maats kan oortuig dat hul poging die beste is.

Verwys na tekening in Engelse weergawe

Metale uit rots 7.'n Metrieke ton is 1 000 kilogram. Die eerste taak behels net die skuiwe van die desimale punt drie plekke na links. Die getalle word dan:

Al: R13; Cu: R16; Au: R110 000 ( 'n groot klomp geld); Fe: 45 sent (baie goedkoop); Pb:R4.40; Ag: 1 700: Sn: R41; Zn: R7.50.

Om die pryse grafies voor te stel sal beteken dat besluit moet word in watter metale die belangstelling eintlik is. As die pryse van die edel metale soos (goud en silwer) sal die onedele metale (yster, lood en sink) nie veel van zero verskil nie. Andersom sal die pryse van die edel metale die grense (skaal) van die grafiek ver oorskry.

Een oplossing is om 'n logaritmiese skaal te gebruik waarin beide groot en klein getalle saam voorgestel kan word. Die pH skaal, waarmee leerders reeds kennis gemaak het, is so 'n logaritmiese skaal. Gelyke intervalle op die logaritmiese skaal stel nie gelyke veranderings in waarde voor nie. In plaas daarvan stel dit gelyke verhoudings voor.

'n Logaritmiese skaal

Soos die pH skaal is daar geen zero nie. Die volgende indeling na links van “1” sal 0.1, (1/10de van 1) wees, nie zero nie. Leerders kan gevra word om die grafiek in logaritmiese skaal oor te teken maar net as hulle liniêre skale kan gebruik

Skaarsheid is natuurlik 'n groot faktor en is die verklaring vir meeste verskille in prys Goud is skaars, yster is algemeen. Koste vir ontginning is ook belangrik. Metale soos yster ,lood en sink word ontgin deur 'n rooster proses met 'n reduseermiddel, gewoonlik kooks. Metale soos aluminium en koper word of elektrolities (aluminium) ontgin of elektrolities gesuiwer(koper) en is dus duurder.

Die laaste taak kan voltooi word met die inligting soos aangegee op blad. Addisionele inligting oor termiese en elektriese geleiding van metale, en hul chemiese reaktiwiteit is nodig vir 'n meer volledige oorsig. Die inligting is nie aangedui nie. Metale uit rots 8.Dit is beter om dit in twee fases te doen. Die eerste sal wees om terug te gaan na die lys van materiale wat in die eerste aktiwiteit opgetrek is.

© KCL, WCED, Pentech. 2002.

Page 12: Materials and Matter - Western Cape€¦  · Web viewMaterie en Materiale. Ondewyser notas oor Translasie Aktiwiteite. Lees . voor . gebruik • Hierdie translasie aktiwiteite is

Daar is beswaarlik iets wat nie as afval weggegooi word nie. Daar is natuurlik een uitsondering, dit wat geld inhou. Geen persoon sal iets weggooi wat van goud gemaak is nie. Dit is die moontlikheid van uitruiling wat waarde aan afval gee en hersikulering daarvan sinvol maak. Ons kan papier, yster, glas ens. slegs hersirkuleer as iemand bereid is om daarvoor te betaal omdat dit nie as afval gesien word nie. Wat in verskillende gemeenskappe en onder verskeie omstandighede en tye hersirkuleer word is nie verbasend verskillend nie. Leerders kan gevra word wat skaars is in hul huise – en nie net geld nie.

Alhoewel yster goedkoop is, gebruik die reduksie van yster erts in hoogoonde kooks en kalksteen wat minder volop as yster erts self is. Die hersirkulering van yster het veel te make met die aftakeling van die omgewing asook met die koste van yster. Yster is goedkoop maar wie wil nou in 'n wêreld vol slak, kalksteen steengroewe en yster myne, sinsel hope en hoogoonde leef? Nee.

© KCL, WCED, Pentech. 2002.

Page 13: Materials and Matter - Western Cape€¦  · Web viewMaterie en Materiale. Ondewyser notas oor Translasie Aktiwiteite. Lees . voor . gebruik • Hierdie translasie aktiwiteite is

Reaksie met Metale• Translasie aktiwiteite Reaksie met metaleReaksies met metale 1.In hierdie geval is die strategie om die blad aan die groepe uit deel sodat leerders in hul groepe sommer begin met bespreking en besluit wat verkeerd is en hoe om die eksperiment te verbeter. Monitor die vordering in die besprekings. Stop die klein groep besprekings wanneer genoegsame vordering na raming gemaak is. Al die groepe sal nie noodwendig klaar wees met die take nie. Kies drie groepe met uiteenlopende idees vir terugvoering aan die res van die klas.

• Onderwyser demonstrasieAs magnesium lint beskikbaar is, kan dit nou gebrand word soos in Actiwiteit 1. Dit sal die nodige ervaring vir die klas bied oor wat bespreek was. Alhoewel die demonstrasie van die verskynsel normaalweg voor die bespreking daarvan gedoen word mag dit in hierdie geval beter wees, andersom: Aktiwiteit 1 kom voor die onderwyser demonstrasie.

Reaksies met metale 2.Die is 'n klassieke translasie aktwiteit waar die leerders woorde in 'n diagram moet omskep. Die apparaat is redelik eenvoudig. Miskien, is dit nou geleë om aan te dring dat leerders diagramme met die regte afmetings maak

Selfs al is die les plan om leerders se diagramme uit te stal monitor die situasie om te kan besluit of dit van enige waarde sou wees. As leerders perfekte kroesies geteken het sal dit nie nodig wees om uit te stal nie. Die voordeel van die uitstalling lê in die verskille wat moontlik mag voorkom. Reaksies met metale 3.Nog 'n klassieke translasie aktiwiteit: hierdie geval prente na woorde.- 'n Kroesie word gebruik. Keer dat die magnesiumoksied uitval. Die kroesie word

geweeg;- 'n stukkie magnesium lint word afgesny, skoongemaak en in kroesie geplaas;- die gewig van die kroesie en magnesium lint word geneem. Dit massa van die

magnesium lint kan dan bereken word;- die kroesie word vir vyftien minute verhit sodat magnesium kan brand. - die kroesie word toegelaat om af te koel – omtrent 30 minute;- die finale massa van die kroesie en die magnesiumoksied word bepaal. Hiermee kan

die massa van die suurstof wat met die magnesium verbind het te kan bereken.

Reaksies met metale 4.Die massa van die magnesium word bereken deur die massa van die kroesie (in die eerste lyn van die resultate) af te trek van die massa van die magnesium plus die kroesie ( in die tweede lyn van die resultate). Dit kan ook simbolies voorgestel word, nie omdat die vergelyking moeilik is nie, maar om leerders te wys hoe wetenskaplikes vergelykings skep.

© KCL, WCED, Pentech. 2002.

Page 14: Materials and Matter - Western Cape€¦  · Web viewMaterie en Materiale. Ondewyser notas oor Translasie Aktiwiteite. Lees . voor . gebruik • Hierdie translasie aktiwiteite is

M m = Mm+k – Mk

Die massa van die suurstof word bereken deur die massa van die kroesie plus magnesium (tweede lyn van die resultate) van die massa van die kroesie plus magnesium oksied (derde lyn van die resultate – gebrande magnesium) af te trek.. Dit kan ook in simboool vorm geskryf word:.

M o = Mk+m+o – Mk+m

Die finale tabel moet die volgende sel inhoud hê.

Massa van magnesium in gm.

0.30 0.40 0.20 0.45

Massa van oksied in gm. 0.49 0.65 0.32 0.74

Massa van suurstof in gm. 0.19 0.25 0.12 0.29

Reaksies met metale 5.Op die asse van die grafiek, is die magnesium die onafhanklike veanderlike – dit wat ons kan verander – gaann dus op die horisontale as. Die suurstof wat verbind gaan dus op die vertikale as. Die asse moet benoem word met beide die hoeveelhede en die eenhede waarin die hoeveelhede gemeet word (massa van magnesium en die massa van die suurstof is gram gemeet).

Reaksie met metale 6.Druk leerders om die meer uit die grafiek te probeer kry. Soos die besprekings vorder vra groepe of hulle nog iets in die grafiek kan lees.

Die grafiek wys:- almal het nie dieselfde massa magnesium gebruik nie. Die grootste stukkie het 'n

massa van omtrent 0.52 gm. Die kleinste het 'n massa van omtrent 0.18gm gehad;- die resultate wat laat was is konstant laer as die wat vroeg was;- soos die massa van die magnesium vermeerder, so vermeerder die massa van die

suurstof wat daarmee verbind;- dit lyk of daar 'n direkte eweredigheid is. Dit beteken dat as die massa van die

magnesium verdubbel dan verdubbel die massa van die suurstof wat daarmee verbind ook, halvering van die massa van die magnesium beteken dit verbind met die helfte die massa van die suurstof;

- die verhouding van die massa van die magnesium tot die massa van die suurstof is konstant;

- die verhouding in massa is een deel magnesium verbind met 0.6 dele suurstof (bereken vanaf die 0.4gm magnesium verbind met 0.24gm suurstof). As suurstof as

© KCL, WCED, Pentech. 2002.

Page 15: Materials and Matter - Western Cape€¦  · Web viewMaterie en Materiale. Ondewyser notas oor Translasie Aktiwiteite. Lees . voor . gebruik • Hierdie translasie aktiwiteite is

die hoof reagens geneem word is die verhouding 1.66 magnesium tot 1 suurstof (bereken vanaf 1/0.6);

Die verduideliking oor wat gebeur kan in terme van atome gedoen word. As al die atome van die magnesium dieselfde is, en al die suurstof atome dieselfde is, dan sal die verbinding van een atoom magnesium met een atoom suurstf 'n konstante massa verhouding toon. Spandeer 'n bietjie tyd aan die as – dan aspek van die verklaring, want dit maak die verklaring 'n gissing/veronderstelling. Die gissing was sowat 200 honderd jaar gelede wyd bespreek deur mense wat materie en materiale bestudeer het. Die name Amadeo Avagadro en John Dalton is meer algemeen met die soort van 'n idee geassosieer.

Reaksies met metale 7.Die blaai neem dieselfde vorm as Kersies en kettings 4 en 8. Leerders kan hieraan herinner word.

Reaksies met metale 8.Die beskrywing van hierdie aktiwiteit sal 'n translasie aktiwiteit wees. Dit kan egter as tuiswerk of as assessering van leerders se kennis en vaardighede gebruik word. Die patrone is dieselfde soos in die vorige aktiwiteite. Die verskil lê in lengte van die lint anders as die massa van die magnesium. Maar as aangeneem word dat die lint uniform oor die lengte is dan sal lengte in massa oorsit. Kyk tog dat leerders hierdieaanname duidelik in hul antwoorde uitbring.

Materiale en leweDie stel van ses blaaie' tesmae met die opdrag blad dien eintlik as afronding van hierdie werk oor Materie en Materiale. Take kan nou aan leerders uitgedeel word voordat daar met Suur spysvertering begin word. Gereelde Groepe moet op 'n gereelde grondslag herinner word dat hulle hul aanbiedings sal werk en so verseker dat die kwaliteit van werk beter sal wees.

Ses aanbiedings in een sitting mag net te veel wees. Dit mag beter werk as die aanbiedings in fases oor lesure gedoen word. Moontlik kan aanbiedings aan die einde van 'n periode gedoen word nadat leerders aan Suur spysvertering, Kersies en kettings, metale uit rots of Reaksies met metale gewerk het. 'n Ander alternatief sal wees om drie te bêre vir die laaste periode en die ander oor lesse te versprei.

© KCL, WCED, Pentech. 2002.