nasionale senior sertifikaat graad 11 · die siopis-kunswerk is 'n foto. wanneer en hoekom...

19
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye, insluitende volkleur visuele bronne. VISUELE KUNSTE V1 (VISUELE KULTUURSTUDIES) NOVEMBER 2007 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Upload: others

Post on 29-May-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 · Die Siopis-kunswerk is 'n foto. Wanneer en hoekom dink jy behoort fotografie as kuns beskou te word? Vergelyk die twee werke deur te verwys

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

PUNTE: 100 TYD: 3 uur

Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye, insluitende volkleur visuele bronne.

VISUELE KUNSTE V1 (VISUELE KULTUURSTUDIES)

NOVEMBER 2007

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 11

Page 2: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 · Die Siopis-kunswerk is 'n foto. Wanneer en hoekom dink jy behoort fotografie as kuns beskou te word? Vergelyk die twee werke deur te verwys

Visuele Kunste/V1 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2

INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7.

Beantwoord enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. Verwys na die visuele bronne waar van toepassing. Inligting wat in een antwoord bespreek word, sal NIE krediet ontvang as dit in ander antwoorde herhaal word nie. Kruisverwysing van kunswerke is toe-laatbaar. Noem die kunstenaar en titel van elke kunswerk wat bespreek word. Skryf in 'n duidelike, kreatiewe en ordelike styl en gebruik volsinne en paragrawe waar van toepassing. Skryf netjies en leesbaar.

In hierdie eksamen sal van jou verwag word om die volgende te demonstreer: • Die gebruik van korrekte kunsterminologie • Die gebruik van visuele analise en kritiese denke • Skryf- en navorsingsvaardighede binne 'n historiese en kulturele konteks • Die vermoë om voorbeelde van kunswerke in 'n sosiale en historiese konteks te

plaas • 'n Begrip van kenmerkende kunsstyle • Die identifikasie van die professionele praktyke van plaaslike kunstenaars

WOORDELYS: Gebruik die volgende woordelys om seker te maak dat jy verstaan hoe om 'n sekere vraag te benader:

Analiseer Vergelyk Bespreek Verduidelik Interpreteer Noem Beskryf:

: : : : : : :

'n Gedetailleerde en logiese bespreking van die formele elemente (soos lyn, kleur, skakering, formaat, ensovoorts) en komposisie van die werk. Dui die verskille en ooreenkomste in 'n geordende volgorde binne dieselfde argument aan. Stel jou standpunt en gee redes vir jou stellings. Verklaar en gee redes vir jou stellings. Gee 'n ingeligte mening en staaf dit met voorbeelde. Sê direk wat jy dink – gee jou mening sowel as 'n verduideliking. Bespreek wat jy in 'n kunswerk, gebou, ensovoorts sien.

Page 3: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 · Die Siopis-kunswerk is 'n foto. Wanneer en hoekom dink jy behoort fotografie as kuns beskou te word? Vergelyk die twee werke deur te verwys

Visuele Kunste/V1 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3

VRAAG 1 Visuele kuns moedig kunsontwikkeling aan deur van leerders te verwag om idees te ondersoek en om effektiewe werksmetodes deur 'n proses van ondersoek en eksperimentering te demonstreer. Leerders leer ook om op 'n ingeligte en geartikuleerde wyse op kuns te reageer, om sodoende die boodskappe en betekenisse van kuns te interpreteer, te bespreek en te debatteer.

1.1 1.2

Deur die korrekte kunsterminologie te gebruik, skryf 'n kort paragraaf oor die praktiese dissipline wat jy gekies het om hierdie jaar op te fokus. Jy moet inligting oor die volgende insluit: • Die onderwerp waarmee jy gewerk het • Die konsepte wat jy wou oordra/uitdruk • Die prosesse en tegnieke wat jy gebruik het • Basiese sketse om hoofidees te toon, indien nodig Skryf 'n kort paragraaf waarin jy 'n kritiese bespreking gee van die kunsbewegings of spesifieke kunstenaars wat jou hierdie jaar beïnvloed het, óf in jou keuse van onderwerp óf in tegniek. Jy moet die kunstenaar noem en ten minste EEN spesifieke kunswerk kies om te analiseer, om sodoende die invloed daarvan op jou werk te demonstreer. Inligting om te oorweeg: • Historiese konteks van werke of bewegings wat jou beïnvloed het • Inhoud en betekenis van werke of bewegings wat jou beïnvloed het • Die styl, materiale en tegniek in die kunswerk(e) gebruik van werke of

bewegings wat jou beïnvloed het

(10)

(10)[20]

Page 4: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 · Die Siopis-kunswerk is 'n foto. Wanneer en hoekom dink jy behoort fotografie as kuns beskou te word? Vergelyk die twee werke deur te verwys

Visuele Kunste/V1 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4

VRAAG 2 Jacques-Louis David het politieke kommentaar in die skildery Die Dood van Marat (1795) gelewer (FIGUUR 2a). Jean Paul Marat was een van die leiers van die Franse Rewolusie (1789) en is in sy medisinale bad deur Charlotte Corday, 'n lid van 'n opponerende politieke faksie, doodgesteek.

In 1977 is Steve Biko, die leier van die Swart Bewustheidsbeweging in Suid-Afrika, dood terwyl hy in aanhouding was. Hy is brutaal deur veiligheidspolisie-ondervraers vermoor, waarna sy geboeide, naakte liggaam agter in 'n jeep 1 628 km ver van Port Elizabeth na die tronkhospitaal in Pretoria geneem is. Plaaslike kunstenaars, Willie Pieterse en Sam Nhlengethwa, het kunswerke wat politieke kommentaar op Steve Biko se dood lewer, geskep. 2.1 2.2 2.3 2.4 2.5 2.6

Watter visuele leidrade gebruik die kunstenaar David in sy skildery om die gewelddadige dood van Marat voor te stel? (FIGUUR 2a) Marat was 'n ou man wat 'n velsiekte gehad het toe hy vermoor is. David wys hom egter op 'n geïdealiseerde wyse. Verduidelik wat met geïdealiseer bedoel word en hoekom David besluit het om hom so uit te beeld. Verduidelik die komposisie van David se skildery en oorweeg hoekom hy besluit het om so 'n eenvoudige, plat agtergrond te gebruik. Die ander twee werke hou albei met Steve Biko se dood verband. Bespreek hoe hierdie kunstenaars verskillende maniere gebruik het om kommentaar op hierdie insident te lewer. (FIGUUR 2b en 2c) Watter kunswerk, volgens jou, gee die sterkste uitdrukking aan hierdie gebeurtenis? Gee redes vir jou antwoord. Bespreek die ooreenkomste en verskille tussen David en Nhlengethwa se werke. Lewer ook kommentaar op die funksie en doel van hierdie werke.

(2)

(3)

(3)

(3)

(2)

(7)[20]

Page 5: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 · Die Siopis-kunswerk is 'n foto. Wanneer en hoekom dink jy behoort fotografie as kuns beskou te word? Vergelyk die twee werke deur te verwys

Visuele Kunste/V1 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

5

FIGUUR2a: Jacques-Louis David, Die Dood van Marat, 1793. Olie op doek

FIGUUR 2b: Willie Bester, Steve Biko, 1993. Gemengde media

FIGUUR 2c: Sam Nhlengethwa, Dit het hom koud gelaat – die dood van Steve Biko, 1990. Collage, potlood, houtskool

Page 6: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 · Die Siopis-kunswerk is 'n foto. Wanneer en hoekom dink jy behoort fotografie as kuns beskou te word? Vergelyk die twee werke deur te verwys

Visuele Kunste/V1 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

6

VRAAG 3

Jy is deel van 'n span wat vir 'n groot maatskappy werk. Hulle beoog om 'n kuns-kompetisie vir 'n gemeenskapsbewustheidsprojek te borg om talent in Suid-Afrika te help bekendstel. Die wenner van hierdie kompetisie sal nie net 'n groot finansiële prys ontvang nie, maar sy/haar werk sal ook in 'n prominente openbare plek uitgestal word. Die volgende vrae is sommige van die kwessies waaroor jy en jou span moet besluit. Lees dit sorgvuldig deur en gee jou reaksie op elkeen.

3.1 3.2 3.3 3.4 3.5

Op watter maatskaplike bewustheidstema en media het jou span vir die openbare kunswerkuitdaging besluit? Gee 'n geldige rede hoekom hierdie tema/media gekies is. Bepaal 'n spesifieke soort openbare ruimte om die werk wat wen uit te stal. Gee redes hoekom jy hierdie spesifieke ruimte/plek gekies het. Watter tipes kunswerke, dink jy, sal vir uitstalling in 'n openbare plek geskik wees? Bespreek EEN toepaslike voorbeeld wat jy in 'n spesifieke omgewing ervaar het. Kunskompetisies het 'n rol om te speel om jong Suid-Afrkaanse talent te bevorder, maar dit is soms slegs 'n manier vir 'n maatskappy om goeie media-dekking te kry. Debatteer hierdie stelling met verwysing na jou vorige antwoorde. Skryf 'n kort paragraaf waarin jy EEN spesifieke kunswerk van enige kunstenaar wat jy bestudeer het (van oorsee of Afrika), wie se werk jy voel sal goed lyk in 'n openbare plek van jou keuse, noem en analiseer. Gee geldige redes vir jou keuse van kunstenaar, werk en uitstalruimte. Dit is belangrik om die volgende inligting in jou paragraaf in te sluit: • Titel van werk • Naam van kunstenaar • Beweging of tydperk waaruit dit kom • Onderwerp/Tema • Styl • Materiale en tegnieke gebruik om dit te skep • Skaal • Interaksie van werk met omringende ruimte

(2)

(3)

(3)

(4)

(8)[20]

Kunskompetisies of -toekennings word deur groot maatskappye geborg om innovering en uitmuntendheid in visuele kunste somtyds te vier. Hulle bied 'n wonderlike geleentheid en uitdaging aan jong, opkomende kunstenaars om vir hulleself naam te maak.

Page 7: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 · Die Siopis-kunswerk is 'n foto. Wanneer en hoekom dink jy behoort fotografie as kuns beskou te word? Vergelyk die twee werke deur te verwys

Visuele Kunste/V1 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

7

VRAAG 4 Beide Seurat en Pemba wys mense wat ontspan in hulle skilderye (FIGURE 4a en 4b). Seurat wys hoe modieuse Parysenaars 'n Sondag langs die Seine in die 1880's geniet, terwyl Pemba sy skildery net na die Soweto-opstande geskep het en lewe in 'n Suid-Afrikaanse 'township' wys. 4.1 4.2

Bespreek die uitbeelding van die mense/figure in die twee skilderye (FIGUUR 4a en FIGUUR 4b), deur die volgende vrae te beantwoord: • Wat doen die mense in hierdie skilderye? • Beskryf hul klere in elke kunswerk. • Watter formele komposisionele elemente het die kunstenaars gebruik

om jou aandag na die figure in elke werk te trek? • Hoe het die kunstenaar die menslike figuur in elke kunswerk

uitgebeeld? • Is daar interaksie tussen die mense? • Wat vertel die industriële perseel in die Pemba-skildery ons?

Vergelyk die volgende elemente in die twee skilderye: • Die style en kwashale wat in die skilderye gebruik is • Perspektief en uitbeelding van diepte in die werke

(10)

(4)(6)

[20]

Page 8: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 · Die Siopis-kunswerk is 'n foto. Wanneer en hoekom dink jy behoort fotografie as kuns beskou te word? Vergelyk die twee werke deur te verwys

Visuele Kunste/V1 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

8

FIGUUR 4a: Georges Seurat, La Grande Jatte, 1884 – 1886. Olie op doek

FIGUUR 4b: George Pemba, New Brighton, 1977. Olie op bord

Page 9: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 · Die Siopis-kunswerk is 'n foto. Wanneer en hoekom dink jy behoort fotografie as kuns beskou te word? Vergelyk die twee werke deur te verwys

Visuele Kunste/V1 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

9

VRAAG 5

FIGUUR 5a: FIGUUR 5b: FIGUUR 5c: 'n Jong Zoeloemeisie by die jaarlikse Shembe-fees dra 'n kralewerkdansuitrus-ting. Die ontwerp van die kralewerk is tipies Shembe.

'n Uda adolessente meisie van Suid-Sudan. Die ingewikkelde kralewerk van die korset is 'n teken van hubaarheid.

Hoogmode tref die Paryse loopplank in hierdie tradi-sionele Afrika-geïnspi-reerde ontwerp. Nou hoog in aanvraag in die mode-hoofstede van die wêreld, vertel die kralewerk 'n storie in elke ontwerp.

5.1 5.2 5.3 5.4

Soos gesien in die kort teks hierbo oor die geskiedenis van krale, is krale al eeue lank 'n belangrike deel van die lewe in Afrika. Dink jy dat die tradisionele gebruik van krale in vandag se samelewing nog relevant is? Verduidelik en motiveer jou antwoord. Daar is kommer dat die kennis (vaardighede, tradisies, ensovoorts) wat deur tradisionele kunsvlyt-/handwerkkunstenaars gebruik word, nie suksesvol van geslag tot geslag oorgedra word nie. Hoekom dink jy is dit so? Noem TWEE innoverende wyses waarop jy dink hierdie tradisionele vaardig-hede oorgedra kan word en met jonger generasies gedeel kan word. Skryf 'n kort paragraaf waarin jy enige kunsvlyt-/handwerkkunstenaar wie se werk jy bestudeer het, noem en bespreek. Jy moet ten minste EEN spesifieke werk wat deur hierdie kunstenaar geskep is, bespreek, waarin jy begrip toon van hoe hy/sy sy/haar materiale en tegnieke gebruik het.

(3)

(3)

(4)

(10)[20]

Reeds 'n duisend jaar gelede het Arabiese bote teen die kus van Afrika afgereis en met die inheemse inwoners handel gedryf. Krale was hoogs verhandelbare goedere, aangesien daar geen glasblaastegnologie onder die Afrikastamme bestaan het nie en krale altyd in aanvraag was. Krale was 'n simbool van prestige, soos ook in latere Zoeloe en Sotho koninklike gemeenskappe.

Page 10: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 · Die Siopis-kunswerk is 'n foto. Wanneer en hoekom dink jy behoort fotografie as kuns beskou te word? Vergelyk die twee werke deur te verwys

Visuele Kunste/V1 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

10

VRAAG 6 MIV/Vigs is 'n krisis in Suid-Afrika. Sommige kunstenaars het in hul werk oor hierdie siekte besin. 6.1 6.2 6.3 6.4 6.5

Die Siyazama-poppe (FIGUUR 6a) word gewoonlik as vlytkuns/handwerk-kuns geklassifiseer, terwyl die Siopis-kunswerk (FIGUUR 6b) as kuns gedefinieer word. Wat sou jy as die verskil tussen vlytkuns/handwerkkuns en kuns beskou en dink jy dat daar so 'n onderskeid moet wees? Die Siopis-kunswerk is 'n foto. Wanneer en hoekom dink jy behoort fotografie as kuns beskou te word? Vergelyk die twee werke deur te verwys na die verskillende style en tegnieke van uitbeelding wat deur elke kunstenaar gebruik word. Bespreek hoe die universele simbool van Vigs (die rooi strikkie) in die twee werke gebruik is. Watter werk dink jy maak 'n mens die sterkste van Vigs bewus? Gee TWEE goeie redes vir jou antwoord.

(4)

(3)

(6)

(4)

(3)[20]

Page 11: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 · Die Siopis-kunswerk is 'n foto. Wanneer en hoekom dink jy behoort fotografie as kuns beskou te word? Vergelyk die twee werke deur te verwys

Visuele Kunste/V1 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

11

FIGUUR 6a: Siyazama Vigs-projek, Vigs-weeskinders. Geborduurde poppe. Materiaal, draad, krale

FIGUUR 6b: Penelope Siopis, Baba in Rooi, 2000. 'Cibachrome'-foto

Page 12: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 · Die Siopis-kunswerk is 'n foto. Wanneer en hoekom dink jy behoort fotografie as kuns beskou te word? Vergelyk die twee werke deur te verwys

Visuele Kunste/V1 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

12

VRAAG 7 Afrika-kuns is gretig deur baie van die kunstenaars wat Fauvisme, Ekspressionisme en Kubisme aangehang het, versamel. Alhoewel hierdie artifakte al hierdie bewegings beïnvloed het, het dit verskillende en nuwe vorme van uitdrukking tot gevolg gehad.

Al die visuele bronne (FIGURE 7a tot 7d) toon uitbeeldings van vroue. Skryf 'n opstel oor hierdie werke waarin jy die volgende bespreek: • Redes waarom die kunstenaars van die bewegings hierbo genoem, deur Afrika-

kuns geïnspireer is • Hoe Afrika-kuns hierdie kunstenaars se benadering tot lyn, vorm en ander

formele kunselemente beïnvloed het • Vergelyk die style en doelstellings van hierdie kunstenaars/bewegings in hulle

poging om vroue op verskillende maniere uit te beeld • Die verskillende maniere waarop ruimte gebruik is • Die Afrika-beeld in FIGUUR 7a is 'n veralgemeende figuur met geen betrekking

op enige spesifieke vrou nie. Dink jy dieselfde is waar van die vrouens wat in FIGURE 7b, 7c en 7d uitgebeeld word?

• Sluit jou persoonlike reaksie op hierdie die werke in en motiveer jou stellings [20]

Page 13: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 · Die Siopis-kunswerk is 'n foto. Wanneer en hoekom dink jy behoort fotografie as kuns beskou te word? Vergelyk die twee werke deur te verwys

Visuele Kunste/V1 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

13

AFRIKA-KUNS FIGUUR 7a: Onbekende kunste-naar, Voorvaderfiguur in die Fang-styl, geen datum. Gabon

FAUVISME FIGUUR 7b: Henri Matisse, Madame Matisse, Portret met Groen Streep, 1905.

EKSPRESSIONISME FIGUUR 7c: Ernst Ludwig Kirchner, Vrou in die Spieël, 1912.

KUBISME FIGUUR 7d: Pablo Picasso, Sittende Vrou in Stoel, 1909.

Page 14: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 · Die Siopis-kunswerk is 'n foto. Wanneer en hoekom dink jy behoort fotografie as kuns beskou te word? Vergelyk die twee werke deur te verwys

Visuele Kunste/V1 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

14

VRAAG 8 In die visuele bronne in FIGUUR 8a en FIGUUR 8b gegee, lewer die kunstenaars kommentaar oor gruweldade wat die mens se onmenslikheid teenoor sy medemens wys.

8.1 8.2 8.3 8.4 8.5 8.6 8.7

Bestudeer die werk deur Daumier en debatteer oor of hy die afgryslikheid van die slagting suksesvol weergegee het. Gee redes vir jou antwoord. Daumier se werk is 'n tonale afdruk. Dink jy dat die gebruik van tonale variasie in hierdie kunswerk belangrik is? Verduidelik hoe die kunstenaar se gebruik van toonwaardes jou reaksie op hierdie werk beïnvloed. Die insident wat vir ons uitgebeeld is, strek in werklikheid 'verby die prentraam'. Hoekom dink jy het Daumier hierdie foto-aansig ('snap-shot') gebruik? Lewer kommentaar op die titel Rampe van Vrede, Hoekom 'Defy'? wat die Suid-Afrikaanse kunstenaar Diane Victor haar ets gegee het. Wat is die hooffokuspunt in hierdie werk? Benewens dat dit as 'n wapen gebruik is, watter ander betekenisse/inter-pretasies kan in die beeld van die strykyster gesien word? Voel jy dat hierdie twee kunstenaars daarin geslaag het om aspekte van die samelewing waarin hul leef/geleef het, weer te gee? Motiveer jou antwoord.

(3)

(5)

(3)

(3)

(1)

(3)

(2)[20]

Page 15: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 · Die Siopis-kunswerk is 'n foto. Wanneer en hoekom dink jy behoort fotografie as kuns beskou te word? Vergelyk die twee werke deur te verwys

Visuele Kunste/V1 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

15

FIGUUR 8a: Honoré Daumier, Rue Transnonain, 1834. Litograaf

FIGUUR 8b: Diane Victor, Rampe van Vrede, Hoekom 'Defy'? Ets

Vroue wat fisies mishandel is, word in die agtergrond van hierdie ets gewys. Die Defy-strykyster is gebruik as 'n wapen om 'n slagoffer van ge-weld te slaan, te vermink, te brand en te martel.

In hierdie politieke kommentaar het Daumier, 'n 19de-eeuse Franse Realisme-kunstenaar, 'n insident wat in die 19de eeu in Parys gebeur het, uitgebeeld. Soldate, op wie vanuit 'n gebou in 'n werkersklasbuurt geskiet is, het die gebou binne -gegaan en die mense wat in daardie gebou gebly het, vermoor.

Page 16: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 · Die Siopis-kunswerk is 'n foto. Wanneer en hoekom dink jy behoort fotografie as kuns beskou te word? Vergelyk die twee werke deur te verwys

Visuele Kunste/V1 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

16

VRAAG 9: GRAFFITI Hip-Hop-graffiti, ook as 'bombing' bekend, het as 'n ondergrondse beweging in Amerikaanse binnestede begin. Bendes het verfspuitkanne gebruik om hul terrein af te baken en openbare uitsprake te maak. Graffiti-kunstenaars het treine en moltrein-stasiemure gekies omdat groot getalle pendelaars dit elke dag gesien het. Hulle bood-skappe is dikwels op bendes gerig en daarom geheimsinnig of moeilik vir ander mense om te verstaan. Kunstenaars het spesiale simbole en prente, deur strokies of tatoeëer-kuns geïnspireer, gebruik. Die woorde is ook in 'n ingewikkelde skryfstyl geskryf. Soos ander vorme van Hip-Hop-kultuur, het 'bombing' kompeterend geword en kunstenaars het probeer om mekaar met hulle vaardighede te oortref. Graffiti het groter en meer ryklik versier geword. Die letterwerk het meer kompleks geword, soms met 3-dimen-sionele effekte of die illusie van diepte. Alhoewel 'bombers' as vandale beskou is en aanhoudend met die gereg gebots het, het hulle begin om wye belangstelling en waardering uit te lok. Graffiti het oor die wêreld versprei, insluitend Suid-Afrika.

[Aangepas en vertaal uit: Sgubhu Samampela - Real Sounds, verduidelikende leerprogram, ontwikkel deur die Gauteng Instituut vir Onderwysontwikkeling]

Graffiti-kuns word nou as 'n alternatief vir 'hoë/ernstige kuns' gesien en het baie gewild onder die Suid-Afrikaanse jeug geword. Terwyl baie graffiti-kunstenaars esteties aangename werke skep, is daar ander wat onvanpaste ontwerpe in onvanpaste ge-biede maak, wat plaaslike munisipaliteite groot bedrae geld kos om dit skoon te maak. Die belangrikheid van baie graffiti-kuns word oorskat, met baie mense wat beweer dat hulle kunstenaars is.

9.1 9.2 9.3 9.4 9.5

Bespreek ten minste TWEE van die graffiti-voorbeelde getoon in FIGURE 9a - 9e. Oorweeg die gebruik van vorm/fatsoen, beelde en letterwerk. Jy kan ook na die wyse waarop hul geskep is, die medium gebruik (spuitverf) en die rol wat Hip-Hop-musiek in hul werke speel, verwys. Hoekom word graffiti as 'n alternatief vir 'hoë/ernstige kuns' beskou? Verwys na die verskille in style, liggings en oogmerke tussen sogenaamde hoë kuns en graffiti-kuns. Sou jy saamstem met graffiti-kunstenaars wat hul kuns as 'n meer invloedryke kommunikasiemiddel as koerante, skilderye of boeke beskou? Gee redes vir jou antwoord. Hoe kan graffiti-kuns positief in jou gemeenskap en in die samelewing gebruik word? Gee ook voorbeelde. Wat is jou gevoel oor graffiti? Beskou jy dit as 'n kunsvorm of as suiwer vandalisme? Hoe kan graffiti meer aanvaarbaar vir die groter gemeenskap gemaak word, of sal dit die doel verydel? Gee redes vir jou antwoord.

(5)

(4)

(3)

(3)

(5)[20]

Page 17: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 · Die Siopis-kunswerk is 'n foto. Wanneer en hoekom dink jy behoort fotografie as kuns beskou te word? Vergelyk die twee werke deur te verwys

Visuele Kunste/V1 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

17

FIGUUR 9a: Gogga. Johannesburg FIGUUR 9b: Gogga

FIGUUR 9c: Faith 47. Kaapstad FIGUUR 9d: Falco

FIGUUR 9e: Faith 47. Kaapstad

Page 18: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 · Die Siopis-kunswerk is 'n foto. Wanneer en hoekom dink jy behoort fotografie as kuns beskou te word? Vergelyk die twee werke deur te verwys

Visuele Kunste/V1 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

18

VRAAG 10 Argitekte verwys soms na hul geboue as monumentale beeldhouwerke. 'n Mens kan tot 'n sekere mate sê dat argitektuur 'n reuse uitgeholde beeldhouwerk is. Tog word tussen argitektuur en beeldhoukuns onderskei op grond van die feit dat argitektuur die kuns is om binneruimte van buiteruimte te skei op só 'n manier dat die binneruimte vir praktiese doeleindes gebruik kan word. 10.1 10.2

Deur te verwys na die voorbeelde in FIGUUR 10a en FIGUUR 10b, asook EEN spesifieke voorbeeld wat jy uit die 20ste eeu bestudeer het, skryf 'n paragraaf oor die volgende: • Die hantering van binne- en buiteruimte • Die gebruik van vorm/fatsoen, tekstuur, materiaal en/of konstruksie-

metode om óf met die omgewing en/of natuur te kontrasteer óf om daarmee saam te smelt

• Die funksionaliteit van die gebou Wat sou jy as die belangrikste beskou, die buitekant van die gebou of die binnekant? Motiveer jou antwoord deur na relevante voorbeelde wat jy bestudeer/ervaar het, te verwys. Jy mag NIE inligting in VRAAG 10.1 gebruik, herhaal nie.

(12)

(8)[20]

Page 19: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 · Die Siopis-kunswerk is 'n foto. Wanneer en hoekom dink jy behoort fotografie as kuns beskou te word? Vergelyk die twee werke deur te verwys

Visuele Kunste/V1 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou

19

FIGUUR 10a: Le Corbusier, Villa Savoye, 1928 – 1931.

Figure 10b: Frank Lloyd Wright, Falling Water, 1937.

TOTAAL: 100