navorsingsverslag bedelaars wit in suid-afrika · in suid-afrika navorsingsverslag deur nicolien...

19
Solidariteit Helpende Hand Solidariteit Beweging bedelaars Wit in Suid-Afrika NAVORSINGSVERSLAG Deur Nicolien Welthagen In opdrag van Solidariteit Helpende Hand, Januarie 2013 Solidariteit Navorsingsinstituut HH_bedelaarsverslag:Layout 1 1/28/13 9:48 PM Page 1

Upload: others

Post on 29-May-2020

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: NAVORSINGSVERSLAG bedelaars Wit in Suid-Afrika · in Suid-Afrika NAVORSINGSVERSLAG Deur Nicolien Welthagen In opdrag van Solidariteit Helpende Hand, Januarie 2013 Solidariteit Navorsingsinstituut

SolidariteitHelpende Hand

SolidariteitBeweging

bedelaarsWit

in Suid-Afrika

NAVORSINGSVERSLAG

Deur Nicolien Welthagen In opdrag van Solidariteit Helpende Hand, Januarie 2013

Solidariteit Navorsingsinstituut

HH_bedelaarsverslag:Layout 1 1/28/13 9:48 PM Page 1

Page 2: NAVORSINGSVERSLAG bedelaars Wit in Suid-Afrika · in Suid-Afrika NAVORSINGSVERSLAG Deur Nicolien Welthagen In opdrag van Solidariteit Helpende Hand, Januarie 2013 Solidariteit Navorsingsinstituut
Page 3: NAVORSINGSVERSLAG bedelaars Wit in Suid-Afrika · in Suid-Afrika NAVORSINGSVERSLAG Deur Nicolien Welthagen In opdrag van Solidariteit Helpende Hand, Januarie 2013 Solidariteit Navorsingsinstituut

InhoudsopgaweInleiding

1. Navorsingsmetode

2. Resultate3. Redes waarom mense op straat is

4. Kommentaar op Facebook

5.Aanlynkommentaar @ News24

6. Mites en waarhedeSamevatting

Bronnelys

45

510

1114

151618

Page 4: NAVORSINGSVERSLAG bedelaars Wit in Suid-Afrika · in Suid-Afrika NAVORSINGSVERSLAG Deur Nicolien Welthagen In opdrag van Solidariteit Helpende Hand, Januarie 2013 Solidariteit Navorsingsinstituut

Wit bedelaars in Suid-Afrika Navorsingsverslag opgestel deur die Solidariteit Navorsingsinstituut in opdrag van Solidariteit Helpende Hand Januarie 2013

4

Inleidingedelaars is ’n algemene gesig op Suid-Afrikaanse straathoeke. Geklee in rafel-klere,maak hulle staat op mense se simpatieen medemenslikheid. Die voor die hand liggende redes is ongeletterdheid, armoede en werkloosheid. Maar die euwelwat hieragter skuil, is dat bedel vir talle mense ’n winsgewende bedryf is. Armoede raak ons almal. Dit vernietig ’n

gemeenskap en rig onherstelbare skade aan. Al is dit hoe vernederend, is bedel vir talle wit mense regoor Suid-Afrika ’n finan-siële uitkoms en ’n middel tot oorlewing.

Bedel bly ’n kontroversiële en emosionele onderwerp. In Suid-Afrika, waar ander armoedekwessies aandag vereis, is wit bede-laars dikwels nie ’n gewilde onderwerp van bespreking of navorsing nie. Daarom is daar ’n ernstige tekort aan eerbiedwaardigestudies en inligting oor dié onderwerp. Die publiek het uiteenlopende sienings en vermoedens rondom wit bedelaars enhierdie studie het ten doel om hierdie aspekte toe te lig.

Kennis en inligting is nodig sodat ’n probleem suksesvol ontrafel en aangepak kan word. Solidariteit Helpende Hand het hierdieeksploratiewe navorsing versoek sodat daar beter begrip vir die probleem kan ontwikkel en sodat professionele en waardevollewerk op dié gebied gedoen kan word.

B

Daar is ’n ernstigetekort aan studiesen inligting oorwit bedelaarsin Suid-Afrika.

Page 5: NAVORSINGSVERSLAG bedelaars Wit in Suid-Afrika · in Suid-Afrika NAVORSINGSVERSLAG Deur Nicolien Welthagen In opdrag van Solidariteit Helpende Hand, Januarie 2013 Solidariteit Navorsingsinstituut

Figuur 1: Ouderdom van bedelaars volgens geslag

Januarie 2013 Navorsingsverslag opgestel deur die Solidariteit Navorsingsinstituut in opdrag van Solidariteit Helpende Hand Wit bedelaars in Suid-Afrika

5

1. Navorsingsmetode

2. Resultate

ksploratiewe navorsing het ten doel om ’n fenomeen te begin ondersoek en ’n inleidende kennisbasis te ontwikkel.Hierdie navorsing is nie bedoel om finale antwoorde en oplossings te bied nie, maar om eintlik meer vrae te skep sodatverdere navorsing hieruit kan voortspruit.

’n Vraelys is ontwikkel waarmee Helpende Hand-streekorganiseerders asook privaat veldwerkers wit straatbedelaars inverskeie dele van Suid-Afrika gedurende November en Desember 2012 kon nader.

Soos dikwels die geval is met eksploratiewe navorsing, is ’n gekombineerde kwantitatiewe / kwalitatiewe metode raadsaamen voordelig. Soos te wagte, gebeur dit ook dikwels tydens so ’n ondersoek dat daar verdere ondersoeke ontstaan wat nievooraf beplan is nie. Gedurende die verloop van hierdie studie, is daar besluit om ’n vraag op die Solidariteit Facebook-bladte plaas om mense se mening rondom wit bedelaars te verkry.

E

edurende die kort ondersoektydperk is 61 voltooide vraelyste terug ontvang. Dit is nie moontlik om te bepaalhoe verteenwoordigend die steekproef is nie, omdat daar nie veel kennis oor die populasie wit bedelaars in Suid-Afrika is nie.

Onderhoude is met bedelaars in Gauteng (Benoni, Boksburg, Boskop, Bothasig, Brakpan, Bronkhorstspruit, Danville,Germiston, Johannesburg, Kempton Park, Pretoria, Groenkloof, Pretoria-Oos, Pretoria – Atterburystraat, Pretoria –Queenswood, Pretoria – Garsfontein, Pretoria – Menlyn, Pretoria – Wonderboom, Rayton enWelbekend), die Wes-Kaap(Bellville, George, Kraaifontein en Plettenbergbaai),KwaZulu-Natal (Richardsbaai) en in die Suid-Kaap (Oudtshoorn) gevoer.

G

2.1 Ouderdom en geslag

Van die groep was 76% manlik en 24% vroulik. Uit figuur 1 is dit duidelik dat die mans hoofsaaklik tussen die ouderdom van21 en 30 jaar is en die vroue merendeels tussen 41 en 60 jaar oud is. By gebrek aan enige inligting wat lig kan werp opmoontlike persoonlikheidstipes en verskille in die geslag en ouderdom van bedelaars, het die navorser besluit om waarnodig die algemene inligting wat rondom armoede bestaan te gebruik.

60%

50%

40%

30%

20%

10%

0%< 20 jaar 21 tot 30 jaar 31 tot 40 jaar 41 tot 50 jaar 51 tot 60 jaar

OUDERDOM

PERSENTASIE MANLIK

VROULIK

2%

47%

18%16%

21%

36%

43%

13%

60 jaar <

4%

Page 6: NAVORSINGSVERSLAG bedelaars Wit in Suid-Afrika · in Suid-Afrika NAVORSINGSVERSLAG Deur Nicolien Welthagen In opdrag van Solidariteit Helpende Hand, Januarie 2013 Solidariteit Navorsingsinstituut

Wit bedelaars in Suid-Afrika Navorsingsverslag opgestel deur die Solidariteit Navorsingsinstituut in opdrag van Solidariteit Helpende Hand Januarie 2013

6

2.2 Kwalifikasie

Nagenoeg 60% van die bedelaars het nie matriek geslaag nie. Ongeveer 20% het genoem dat hulle wel gematrikuleer het.Daar is ’n klein groepie wat genoem het dat hulle ’n diploma (6,6%) of sertifikaat (13%) het.

Twee van die bedelaars het aangedui dat hulle ’n universiteitsgraad het, o.a. ’n B.Jur. en ’n “Associate Degree – councillor”.Dit is nie moontlik om te bepaal of hierdie inligting waar is nie.

Verder het die ander meestal aangedui dat hulle ’n ambagkwalifikasie het, byvoorbeeld in houtwerk of sweiswerk, of aspaneelklopper, passer en draaier, ketelmaker, bouer en ’n loodgieter. Sommige het genoem dat hulle ’n kursus in kookkuns,hotelbestuur, kuns, skoonheidstegnologie of verpleegkunde gevolg het of ’n restaurantkelnerin was. Sommige van die manshet aangedui dat hulle in die sekuriteitsbedryf gewerk het en een het genoem dat hy interne opleiding in ’n bank ontvanghet.

Dit is dus moontlik dat ongeveer 17% van die mense wat ’n diploma of sertifikaat het, wel die moontlikheid van voltydse ofdeeltydse werk het.

2.3 Huwelikstatus

Die meeste (57%) van die bedelaars waarmee onderhoude gevoer is, het aangedui aan dat hulle nie getroud is nie. ’n Derde(31%) is wel getroud en 12% is geskei.

Dit wil voorkom asof daar paartjies is (33%) wat saam bedel, al is hulle nie getroud nie. Hoewel dit nie direk gevra is nie,kan die afleiding tog gemaak word dat tussen 30% en 38% wel lewensmaats het, hoewel hulle nie getroud is nie.

Ongeveer ’n derde van die bedelaars het genoem dat hulle lewensmaats ook nie matriek geslaag het nie. Altesame 17%van hul lewensmaats het wel matriek geslaag en 8% het óf ’n sertifikaat óf diploma verwerf.

’n Derde van die bedelaars het genoem dat hulle lewensmaats ook bedel en 24% se lewensmaats het geen inkomste nie;28% se metgeselle werk voltyds, en 14% se maats werk deeltyds.

2.4 Toelae of hulp van welsynsorganisasies

Die meerderheid bedelaars (83%) kry nie ’n toelaag of enige hulp van welsynsorganisasies of ander organisasies nie. Altesame63% van die bedelaars behoort aan ’n kerk. Die meeste (35%) behoort aan die NG Kerk, 16% aan die AGS Kerk, 5% elkaan die Gereformeerde Kerk, LewendeWoord, en die PPK.

Ses van die bedelaars het genoem dat hulle hulp by die CMR, Helpende Hand Richardsbaai,Volkshulp 2000, NG Magaliesof by die gemeenskap kry.

Slegs 26% van die bedelaars wat ouer as 60 jaar is, ontvang ’n staatspensioen.

83%ontvang geen toelae nie

Page 7: NAVORSINGSVERSLAG bedelaars Wit in Suid-Afrika · in Suid-Afrika NAVORSINGSVERSLAG Deur Nicolien Welthagen In opdrag van Solidariteit Helpende Hand, Januarie 2013 Solidariteit Navorsingsinstituut

2.5 Kinders of afhanklikes

Ongeveer die helfte (51%) van die bedelaars het genoem dat hulle nie kinders het nie, terwyl ’n derde (32%) een kind het.Min (18%) het twee of meer kinders. Die kinders is meestal jonger as tien jaar. Daar is baie min bedelaars (4%), wat aanduidat hulle ’n kindertoelae ontvang. Altesame 94% van vrouebedelaars met kinders ontvang geen onderhoud nie.

Bykans ’n derde (29%) van die bedelaars het kinders wat ouer as 18 jaar is. Slegs 11% van die bedelaars kry enigsins finansiëlebydraes van hul werkende kinders.

Heelwat (22%) van die bedelaars het afhanklikes (nie noodwendig kinders of familie nie) waarvoor hulle moet sorg. Diemeeste (77%) het geen afhanklikes (buiten kinders) om voor te sorg nie.

2.6 Hoe lank en wanneer bedel hulle?

Die meeste (26%) van die bedelaars het aangedui dat hulle vir minder as ’n jaar lank bedel, terwyl ongeveer 12% reeds virlanger as tien jaar bedel. Daar is ’n groot groep (43%) wat tussen een en vyf jaar al bedel.

Die meeste van die bedelaars (65%) het aangedui dat hulle elke dag van die maand vir geld vra, terwyl 15% slegs in die weekbedel – ’n totaal van 20 dae per maand.

’n Tiende (10%) het genoem dat hulle nie op Sondae bedel nie en dus 24 dae ’n maand bedel. ’n Verdere 7% het te kennegegee dat hulle nie elke maand ’n spesifieke aantal dae bedel nie, maar slegs wanneer hulle geld nodig het. Daar is 3% watslegs bedel as hulle nie ander stukwerk gekry het nie.

Altesame 3% bedel vir 15 tot 20 dae per maand en ’n verdere 3% bedel tussen 10 en 15 dae per maand. Slegs 2% bedelvir minder as 10 dae ’n maand.

Dit wil voorkom asof dit meestal mans is wat elke dag van die maand bedel (84%), terwyl 50% van die vroue noem dat hulletussen 20 en 24 dae van die maand bedel.

Die meeste van die bedelaars (50%) sê dat hulle agt of meer ure of ’n voldag vir donasies vra.

Heelwat (25%) bedel egter vir minder as vyf ure per dag en 21% vir tussen vyf en agt ure.

Figuur 2: Hoe lank bedelaars al vir geld vra

Januarie 2013 Navorsingsverslag opgestel deur die Solidariteit Navorsingsinstituut in opdrag van Solidariteit Helpende Hand Wit bedelaars in Suid-Afrika

7

30%

25%

20%

15%

10%

5%

0%< 1 jaar

26%

AANTAL JAAR

PERSENTASIE

1 – 2 jaar 2 – 3 jaar 4 – 5 jaar 10 jaar <8 – 9 jaar7 – 8 jaar6 – 7 jaar5 – 6 jaar

18%15%

10%

3%

8%

3% 5%

12%

Page 8: NAVORSINGSVERSLAG bedelaars Wit in Suid-Afrika · in Suid-Afrika NAVORSINGSVERSLAG Deur Nicolien Welthagen In opdrag van Solidariteit Helpende Hand, Januarie 2013 Solidariteit Navorsingsinstituut

Figuur 3: Gemiddelde daaglikse bedelinkomste

Wit bedelaars in Suid-Afrika Navorsingsverslag opgestel deur die Solidariteit Navorsingsinstituut in opdrag van Solidariteit Helpende Hand Januarie 2013

8

2.7 Inkomste

Bykans die helfte (40%) van die bedelaars het genoem dat hulle tussen R50 en R150 per dag verdien,met 25% wat tussen R50en R100 verdien.

Volgens 16% verdien hulle minder as R50 per dag.Daar is ’n verdere 25% wat tussen R150 en R250 per dag verdien.Ongeveer9% het aangedui dat hulle tussen R300 en R400 per dag verdien en 3% samel R400 en R500 per dag in. Altesame 7% hetaangedui dat hulle meer as R500 per dag verdien.

Dit wil voorkom asof dit hoofsaaklik mans is wat aangedui het dat hulle minder as R300 per dag verdien. Altesame 67% vandie bedelaars wat aangedui het dat hulle tussen R300 en R350 per dag verdien, is vroue. Die bedelaars wat aangedui het dathulle tussen R400 en R450 per dag verdien, is op sy beurt meestal mans (60%).

Die bedelaars wat aangedui het dat hulle tussen R450 en R500 verdien, is almal vroue. Van dié wat aangedui het dat hulle meeras R500 per dag verdien, is 80% mans.

Kwalifikasie speel geen rol by die hoeveelheid geld wat die bedelaars insamel nie en dit wil ook nie voorkom asof die area waardie bedelaars bedel, noodwendig ’n rol speel in terme van die hoeveelheid geld wat hulle inkry nie.

30%

25%

20%

15%

10%

5%

0%R0 - R50 R51 - R100 R101 - R150 R151 - R250 R300 - R400 R401 - R500 R501 <

16%

25% 25%

15%

9%

3%7%

INKOMSTE PER DAG

PERSENTASIE

Page 9: NAVORSINGSVERSLAG bedelaars Wit in Suid-Afrika · in Suid-Afrika NAVORSINGSVERSLAG Deur Nicolien Welthagen In opdrag van Solidariteit Helpende Hand, Januarie 2013 Solidariteit Navorsingsinstituut

Figuur 4: Waarvoor word bedelinkomste aangewend?

Januarie 2013 Navorsingsverslag opgestel deur die Solidariteit Navorsingsinstituut in opdrag van Solidariteit Helpende Hand Wit bedelaars in Suid-Afrika

9

Dit is duidelik uit figuur 4 (bo) dat die meeste bedelaars meestal kos en basiese behoeftes met hul geld koop. Slegs 20% betaalvir verblyf en 18% noem dat hulle drank koop, terwyl 10% ook sigarette koop. Altesame 7% het erken dat hulle dwelms gebruik.Slegs 8% koop klere en 7% moet ook vir iemand anders met hul inkomste sorg.

2.8 Vorige of toekomstige betrekkinge

Die meeste van die bedelaars (81%) het aangedui dat hulle wel voorheen ’n werk gehad het. Altesame 19% het nog nooitgewerk nie.

’n Kwart van die bedelaars het as ambagslui gewerk voordat hulle begin bedel het. Hulle was onder meer loodgieters,houtwerkers, bouers, motorwerktuigkundiges, staalwerkers, ketelmakers ensovoorts. Van die vroue het aangedui dat hulle in’n haarkappersalon gewerk het. Verder het 6% as klerk, assistent of in logistiek gewerk. Sommige van die mans (3%) het genoemdat hulle by ’n sekuriteitsmaatskappy gewerk het, terwyl 3% van die vroue voorheen as verpleegsters gewerk het. Ander wasverder verkopers (byvoorbeeld byVerimark), kelnerinne, kinderoppassers of vragmotorbestuurders.

Ongeveer 22% van die bedelaars sê dat hulle nie ’n werk wil hê nie, terwyl 78% aangedui het dat hulle wel wil werk.

90%

80%

70%

60%

50%

40%

30%

20%

10%

0%

PERSENTASIE

7%7%8%10%18%20%

80%

15%

BASIESE

BEHOEF

TES

KOS

SORGVI

RANDER

DWELM

SKLER

ESIGA

RETTE

DRANK

VERBLYF

Page 10: NAVORSINGSVERSLAG bedelaars Wit in Suid-Afrika · in Suid-Afrika NAVORSINGSVERSLAG Deur Nicolien Welthagen In opdrag van Solidariteit Helpende Hand, Januarie 2013 Solidariteit Navorsingsinstituut

Wit bedelaars in Suid-Afrika Navorsingsverslag opgestel deur die Solidariteit Navorsingsinstituut in opdrag van Solidariteit Helpende Hand Januarie 2013

10

3. Redes waarom mense op straat isoewel hierdie aspek nie in die vraelys aangeraak is nie, het ’n literatuurstudie redelik lig daarop gewerp. Die redesvir die verskynsel van bedelary is nie eenvoudig nie. Dit is gewoonlik ’n sameloop van omstandighede of verskeiekwessies wat gelyktydig ’n rol speel.

Die belangrikste hiervan is seker ’n persoon se huislike omstandighede en opvoeding. Wanneer kinders in ’n huis grootwordwaar die ouers nie geskool is nie, mag dit wees dat skoling en studies nie as belangrik geag word nie, en die kinders dus nieaangemoedig word om te studeer nie. Kinders word dan toegelaat om die skool te verlaat.

Armoede kom dikwels ook voor in sulke gesinne, en daarom word die kinders moontlik aangemoedig om te gaan werk, sodathulle ’n bydrae tot die gesin se inkomste kan lewer.

Baie van die kinders wat later as volwassenes op straat beland, het leerprobleme of ander sielkundige, emosionele ofintellektuele probleme. Indien hulle uit armoedige ouerhuise kom, het hulle dikwels geen hulp, ondersteuning of terapieontvang nie.

Persoonlikheidsaspekte, soos iemand wat aan geen gesag onderwerp wil word nie, hardkoppig is, almal blameer vir hul eieprobleme, miskien impulskontroleprobleme het, of selfs ’n persoonlikheidsversteuring het – soos in die geval van psigopateof sosiopate – is dikwels ook faktore wat ’n invloed uitoefen.

Gemeenskaps- of sosiale omstandighede speel dikwels ook ’n rol wat in ag geneem moet word wanneer daar na redes gekykword waarom mense begin bedel. Gemeenskapsinvloede soos geweld, dwelms, alkohol, bendes en so meer, kan veroorsaakdat iemand die pad byster raak en later nie meer normaal in die samelewing kan funksioneer nie.

Dan is daar natuurlik ook normale lewensomstandighede wat tot bedelary aanleiding gee. Mense wat hul werk verloor, niedie nodige finansiële vaardighede het om hul geldsake te hanteer nie, of wat verkeerde besluite maak, beland dikwels in diemoeilikheid en moet noodgedwonge begin bedel vir ’n inkomste (City Press, 2010; Departement of Basic Education, 2011;Panday, S & Arends. F. 2008).

H

Kinders word dikwelstoegelaat om die skoolte verlaat en tegaan werk omtot die gesin seinkomste by te dra.

Page 11: NAVORSINGSVERSLAG bedelaars Wit in Suid-Afrika · in Suid-Afrika NAVORSINGSVERSLAG Deur Nicolien Welthagen In opdrag van Solidariteit Helpende Hand, Januarie 2013 Solidariteit Navorsingsinstituut

Januarie 2013 Navorsingsverslag opgestel deur die Solidariteit Navorsingsinstituut in opdrag van Solidariteit Helpende Hand Wit bedelaars in Suid-Afrika

11

4. Kommentaar op Facebookp 7 Januarie 2013 is mense op die Solidariteit- en Helpende Hand se Facebook-bladsye gevra om op die volgendestelling te reageer: “Helpende Hand is tans besig met ’n navorsingstudie oor wit bedelaars in SA. Wat is julle ondervindingvan wit bedelaars, het julle enige stories om met ons te deel? Wat is julle gevoel teenoor hulle? Sal julle geld gee, of voel

julle eerder dat hulle moet gaan werk, of vir hulp aanklop by ’n welsynsorganisasie? Hoeveel geld dink jy kry ’n bedelaar per dag?”

Die kwessie het mense na aan die hart gelê, en 122 kommentare is gelewer. Die response kan in twee breë groepe verdeelword, naamlik negatiewe kommentaar en positiewe kommentaar. Daar was heelwat meer negatiewe as positiewe reaksies.

Ná ’n kwalitatiewe inhoudontleding van die negatiewe stellings, is die volgende bevind:

Mense voel ten eerste dat bedelaars nie wil werk nie. Talle mense het geskryf dat hulle bedelaars werk aangebied het, maardat hulle nie “minderwaardige” werk wil doen nie. Verder het die meeste bedelaars wat werk aangebied is, gesê dat hulle baiemeer geld op straat kan verdien. Een of twee bedelaars wat wel werk aanvaar het, het dit byna onmiddellik gelos (binne ’n paardae) en weer begin bedel. Let daarop dat die stellings/aanhalings ongeredigeer gepubliseer word.• In Klerksdorp kan jy vir ieder gaan vra of hulle wil kom werk. Die antwoord bly

dieselfde: Nee, tot R6 000 is te min vir die kartonmonsters by ’n robot. Staaneerder heeldag in die son.

• Die familielid se man sê toe hy het ’n paar werkies vir daai man (wit bedelaar),dan sal hy hom betaal vir dit. Die bedelaar weier dit toe en sê hy maak meergeld deur te bedel en hoef nie ’n vinger te verroer.

• Dit het ’n baie gewilde beroep geword en jy betaal geen belasting nie!

Hierbenewens gee heelparty mense te kenne dat hulle voel bedelaars is lui,arrogant en bedrieg mense. Die siening is dat meeste boemelaars gesond ensterk genoeg is om werk te kan doen as hulle wil. Hulle voel bedelaars isarrogant om net te sit en wag dat ander vir hulle moet gee of sorg. Mense sêdat boemelaars werk moet gaan soek soos wat ons almal moet doen.• As hy/sy die hele dag in die bloedige hitte kan bedel, kan hy ook die hele dag

gaan werk soek!• Ek was altyd baie jammer vir hulle.Vra die oom hy moet net bietjie opskyf hy

is baie dronk hier voor die winkel toe spoeg hy my en se ek is ’n .... so baiegeleer al vir ’n vrou na julle toe gestuur toe skree sy vir my dit is naweek ek werk net hier by Kloofsig.

• I support helping the needy, I oppose funding the lazy.

Baie mense het op Facebook geskryf dat hulle gesien het hoe bedelaars met nuwe karre van die straathoeke wegry; hoe hullekos wat iemand aan hulle gegee het in die asblik gooi omdat hulle eerder geld wil hê. Een man noem selfs dat hy aan ’n bedelaargeld gegee het, en hom toe later die aand in Ster-Kinekor raakgeloop het. Baie mense het gesê hulle het gesien hoe dat bedelaarsdirek van die strate af drankwinkel toe is.• ... hier in Strand is baie blanke bedelaars meeste wil net nie werk nie ek doen berading ons het verskeie al probeer help met

kospakkies maar dan hoor jy hulle verkoop dit net weer vir drank- of dwelmgeld. Hier is ’n blanke familie wat hul kindershandgemaakte kerse verkoop dan vat die ouers die geld vir drank.

Wat verder kommerwekkend is, is dat mense noem dat wit bedelaars hulle skaam maak, omdat swart mense dikwels probeerom iets op straat te verkoop,maar dat die wit mense meeste van die tyd net staan en bedel en niks probeer doen nie. SommigeFacebook-skrywers noem ook dat hulle ’n bedelaarsmentaliteit bespeur en dat wit bedelaars “slegte Afrikaners” is.• Wat my pla, is dat swartes bereid is om goed by verkeersligte te probeer smous terwyl blankes bedel, dit maak my skaam vir my

medeblankes!

Baie mense het juis om bogenoemde redes verklaar dat hulle nooit vir bedelaars geld sal gee nie, maar eerder kos of klere salaanbied. Mense skryf dat bedelaars se dwelm- en drankgebruikgewoontes in stand gehou word deurdat mense vir hulle geldgee. Mense wat gee, hou bedelaars op straat.• Bedelgedrag word in stand gehou deur dié wat gee ... eksself gee niks nie ... het al werk aangebied maar hulle wil nie ... ai en as

hul eers kinders of diere saamsleep .... daar is shelters ... toelaes ens. ... ongelukkig is daar altyd drank of middelafhanklikheid asmens begin gesels ... kom mens gou agter ...

• Solank ons gee, sal daar bedelaars wees.

O

“Dit het ’n baiegewilde beroepgeword en jy betaalgeen belasting nie!”

Page 12: NAVORSINGSVERSLAG bedelaars Wit in Suid-Afrika · in Suid-Afrika NAVORSINGSVERSLAG Deur Nicolien Welthagen In opdrag van Solidariteit Helpende Hand, Januarie 2013 Solidariteit Navorsingsinstituut

Wit bedelaars in Suid-Afrika Navorsingsverslag opgestel deur die Solidariteit Navorsingsinstituut in opdrag van Solidariteit Helpende Hand Januarie 2013

12

Die ontleding van die positiewe Facebook-kommentaar het die volgende resultate opgelewer:

Baie mense voel dat daar begrip vir die bedelaars moet wees, omdat die omstandighede wat aanleiding tot hulle situasie gegeehet, onbekend is. Hulle noem dat daar in baie gevalle onvoorsiene gebeure in die bedelaars se lewens kon wees en dat andernie mag oordeel nie. Dié wat positiewe kommentaar gelewer het, het gevoel dat dit nodig is dat mense vir mekaar moet bid,en mekaar moet help. Dit kan met enigiemand gebeur, en mens moet dankbaar wees dan jyself nie in daardie situasie is nie.Baie het vanuit ’n godsdienstige oogpunt daarna gekyk en gesê dat dit ons plig is om mekaar te help.Ook in hierdie geval worddie opmerkings ongeredigeerd gepubliseer.

• Sit jouself in daai situasie van hulle – niemand sien jou as “mens” nie en behandel jou ook nie daarvolgens nie – sou jy dan ooknie maar eerder na drank wat jou laat goed voel gryp nie? Hier moet met die mense gewerk word, maar ons as blankes, stel niemeer belang daarin nie, al wat vir ons belangrik is, is geld vir eie gewin. Die hart van omgee is 90% nie meer in welsynsorganisasiesnie ... so nee, dis nie dat hulle te lui is om te werk nie. Ek het in wit plakkerskampe gewerk – en baie stel nie belang om te gaanwerk nie, want die eienaar van die plakkerskamp stel ‘n vereiste dat 50–70% van hulle salaris aan hom oorbetaal word – sou jyregtig gaan werk het as jy so te se niks uitkry nie? En indien jy nie doen nie, skop hy jou van sy grond af ... mense is blind en verstaannie hoe dit regtig daarbuite is nie ...

• Ek gee altyd as ek het om te gee, want ek dink altyd hoe swaar dit moet wees om dit te doen, en dan dink ek aan hoeveel ekhet om voor dankbaar te wees. Kan my so in hul skoene indink en voel veral vir die kinders baie jammer wat daarby betrokke kanwees. En wonder wat kon hulle tot hier gebring het.

• Verder hanteer ek hulle altyd met respek en ’n glimlag, want hulle bly steeds my mense en ek sal nooit op hulle neerkyk nie. Myhart is gebroke vir al die mensies en kinders op straat en in die plakkerskampe!!

• ... hulle kan net nie wen nie ... sodra hulle na ‘n besigheid aangestap kom, jaag ons hulle al weg... so werk soek is vir hulle ‘n baiegroot uitdaging. As ons as opgeleides sukkel om werk te kry – wat van hulle?

• Ek kry ons mense regtig jammer, veral in Pretoria.• Ek wil nie oordeel nie. Wat van ons vat net hande en bid vir mekaar?

Daar is min mense wat noem dat hulle geld sal gee. Meeste sal geld vir organisasies en kerke gee wat dit dan versprei nahulpbehoewendes. Ander gee weer kos en klere of bied werk of skuiling aan.

• As hulle genoeg geld so maak en niemand ly skade nie, laat hulle aangaan. Ek dink nie daar is baie mense wat een oggendwakker word en besluit om ‘n bedelaar te word nie. Dis gewoonlik een van die laaste goed op hul lysie. Gelukkig is dit iets waarmeehulle oraait geld kan verdien as hulle gelukkig is.

Wat die opmerkings rondom die bedelaars se inkomste betref, het baie min mense gewaag om ’n bedrag te skat. Die meesteis dit egter eens dat bedelaars goed genoeg moet doen om redelik selfversorgend te kan wees. Baie het selfs genoem datbedelaars baie geld maak, soveel dat hulle motors en selfone kan bekostig.

• Daar was ’n paar jaar gelede ’n bedelaar by Makro in Centurion, ná iemand hom begin dophou het, het hulle hom gesien ry met’n splinternuwe motor.

• Hier’s ’n paar in Brits waarvoor ek ook al geld gegee het tot ek per toeval die een by ’n winkel raakgeloop het waar sy op ’n splin-ternuwe Blackberry staan en gesels.

• Ek dink hul maak in elk geval meer geld as die basiese loon.

Page 13: NAVORSINGSVERSLAG bedelaars Wit in Suid-Afrika · in Suid-Afrika NAVORSINGSVERSLAG Deur Nicolien Welthagen In opdrag van Solidariteit Helpende Hand, Januarie 2013 Solidariteit Navorsingsinstituut

Januarie 2013 Navorsingsverslag opgestel deur die Solidariteit Navorsingsinstituut in opdrag van Solidariteit Helpende Hand Wit bedelaars in Suid-Afrika

13

“Ek wil nie oordeel nie.Wat van ons vatnet hande en bid

vir mekaar?”

Page 14: NAVORSINGSVERSLAG bedelaars Wit in Suid-Afrika · in Suid-Afrika NAVORSINGSVERSLAG Deur Nicolien Welthagen In opdrag van Solidariteit Helpende Hand, Januarie 2013 Solidariteit Navorsingsinstituut

edurende Februarie 2009 het News24 in sy “Answer it”-kolom (http://answerit.news24.com/Question/Do%20u%20-think%20street%20beggers%20earn%20a%20livable%20income%20by%20begging%20on%20the%20corners?/21707)gevra: “Do you think streetbeggers earn a livable income by begging on the corners?”

Die kommentaar wat ontvang is, stem grootliks ooreen met die Facebook-kommentaar. Daar moet in gedagte gehou word datNews24 se kommentaar oor wit en swart bedelaars handel. 93 response is ontvang.

Die meeste het genoem dat hulle nie geld gee nie, maar eerder aan welsynsorganisasies sal gee. Baie het ook gesê dat hulleervarings gehad het waar hulle agtergekom het dat bedelaars hulle bedrieg het. Heelwat mense het ook gevoel dat bedelaarsnie hulp wil aanvaar nie, omdat hulle genoeg geld op straat verdien.

• Definitely not! There are institutions and movements that focus on helping those that are displaced and sleeping on the streets.• There have been so many instances where I have seen a “blind” man walking without assistance or a cane.• Then there are the beggars who have cell phones, smoking, have a good pair of shoes on and a nice-looking watch – look at the

“beggar” next time you see one and look at the person’s attire.

Baie het ook gemeld dat bedelaars te lui is om te werk of werk te soek en dat alkohol- en dwelmgebruik ’n groot probleem is.

• I think they are all just lazy, how many jobs are available to people that WANT to work.• Everybody works for money, so should beggars. There is no free lunch. They should be spending their time working vegetable gardens

rather than want free cash.• The worst thing that you can do is give a beggar cash.Very often this cash is used for buying things like booze, drugs and not spent

on food.

Dan was daar weer ’n kleiner groep wat aangedui het dat ’n mens medemenslikheid moet hê en moet probeer verstaan datdie lewe vir bedelaars moeilik is.

• Even if you don’t/can’t give something to someone at the robots – at least look them in the eyes and acknowledge their presence(treating them like a human). It’s so upsetting to see people pull forward as a beggar arrives at their window or pretend to beotherwise preoccupied within the car. It only takes two seconds to shake your head and mouth ‘sorry’ but at least the personexperiences the dignity of interaction with you.

• In many cases because this is the final option available to them. Not all are simply lazy although there are undoubtedly some.I am always just very grateful that the beggars I see on my way to / from work each day aren’t me. Whether you believe it tobe the hand of a “God” or just simply the reward for your own life efforts, be grateful for what you have and make sure youdon’t lose it.

Die feit dat die temas van die Facebook- en News24-response grootliks ooreenstem, verskaf verifikasie en geldigheid aan dieresultate. Dit blyk ook dat mense se sienings dus ook nie oor tyd verander het nie.

5. Aanlynkommentaar @ News24

G

Wit bedelaars in Suid-Afrika Navorsingsverslag opgestel deur die Solidariteit Navorsingsinstituut in opdrag van Solidariteit Helpende Hand Januarie 2013

14

Page 15: NAVORSINGSVERSLAG bedelaars Wit in Suid-Afrika · in Suid-Afrika NAVORSINGSVERSLAG Deur Nicolien Welthagen In opdrag van Solidariteit Helpende Hand, Januarie 2013 Solidariteit Navorsingsinstituut

Januarie 2013 Navorsingsverslag opgestel deur die Solidariteit Navorsingsinstituut in opdrag van Solidariteit Helpende Hand Wit bedelaars in Suid-Afrika

15

6. Mites en waarhede

Bedelaars wil nie werk nie, hulle is lui. 78% van die bedelaars het aangedui dat hulle wil werk.Maar:• Bedelaars wil moontlik nie “minderwaardige werk”

doen nie.• Swart bedelaars probeer iets op straat verkoop, wit

bedelaars nie.• Hulle word werk aangebied, maar hulle weier dit.• Hulle kry meer geld op straat as wat hulle as onge-

skoolde werker sal verdien.

Bedelaars kry genoeg geld op straat. • Wisselvallig – enigiets van R50 tot R500 per dag.Meeste “werk” 24 of meer dae van die maand.

• Ongeveer R1 200+ per maand.• Sommige bedel net tot hulle genoeg geld het vir kos of

sigarette. Hulle is moontlik “tevrede” met hierdiestandaard.

Meeste koop alkohol, dwelms of sigarette. • 18% koop drank.• 10% koop sigarette.• 7% gebruik dwelms.

Gee mense geld aan bedelaars of aan welsynsorganisasies? • Meer mense het aangedui dat hulle nie vir bedelaarssal geld gee nie, teenoor min wat wel gee. Baie het gesêdat hulle eerder kos of klere sal gee, maar dat diebedelaars dit nie wil hê nie.

• 6% gee vir welsynsorganisasies.

Bedelaars is ’n frustrasie en irritasie vir ander. Mense vermy bedelaars en kyk neer op hulle. HelpendeHand-veldwerkers (Mans, M. & Kruger, A. Oktober 2012)het die volgende beleef:• Mense toon geen emosie nie – hulle kyk my net sonder

emosie aan, met ’n gesigsuitdrukking van “o, please”.• Ryk mense in duur karre maak nie oogkontak nie. Steur

hulle glad nie aan die bedelaars nie.• Hulle wil nie gekonfronteer word met arm, bedelaar-wit

mense nie.• Mense is óf skaam vir bedelaars omdat hulle voel hulle

moet gaan werk, óf hulle vererg hulle vir die situasie, ófhulle voel skuldig teenoor hulle.

Bedelaars makeer niks en kan na werk soek. • Literatuur dui aan dat ’n groot persentasie vanbedelaars wel intellektueel of fisiek gestremd is.

• Dwelm- en drankafhanklikheid maak baie ookonbevoeg om te werk.

• 60% het nie matriek geslaag nie.• 6,6% het ’n diploma.• 13% het ’n sertifikaat.

Publiek se opvatting oor bedelaars teenoor navorsingsresultateTabel 1

Publiek se opvatting oor bedelaars Navorsingsresultate

12

34

56

Page 16: NAVORSINGSVERSLAG bedelaars Wit in Suid-Afrika · in Suid-Afrika NAVORSINGSVERSLAG Deur Nicolien Welthagen In opdrag van Solidariteit Helpende Hand, Januarie 2013 Solidariteit Navorsingsinstituut

Wit bedelaars in Suid-Afrika Navorsingsverslag opgestel deur die Solidariteit Navorsingsinstituut in opdrag van Solidariteit Helpende Hand Januarie 2013

16

Bedelaars bedrieg en vertel leuens. • Pastoor Van Assenderp van die “Old FortChapel”(Desember 2012), wat reeds vir baie jare metveral wit bedelaars in Durban werk, noem dat diebedelaars dikwels moeilike en hardkoppige mense iswat nie samelewingsreëls wil nakom nie en wat vrywilligof gedwonge uit hulle huise weg is. Baie wil nie gesagaanvaar nie en baie blameer ander vir hulle probleme.

• ’n Bedelaar wat langs die Vaalrivier woon (Beeld, 22 Des.2012) wil nie sy naam gee nie, want hy is bang sy maweet dan waar hy is – en hy sê die oewer van dieVaal-rivier is die enigste plek waar niemand hom kan pla nie.

• Paul van Jaarsveld het vir jare ’n sorgsentrum vir menseop straat bestuur, maar vertel in Beeld (13 Jan. 2013)van baie probleme wat hy ondervind het):Van die probleme is drank- en dwelmmisbruik en bakleierytussen die inwoners. Hy het verskeie moeilikheidmakersweggejaag en nou gaan dit volgens Van Jaarsveld taamlikrustig. Amos Momberg, leier van die sowat 20 huidigeinwoners, sê daar is drie soorte mense wat in sulkesentrums kom bly: Dis mense soos hy wat “geval het” toehulle hul werk verloor het, mense wat met drank endwelms deurmekaar is, en boemelaars. Boemelaars blydikwels net ’n maand of twee, waartydens hulle voorraadsoos klere aanvul en vat dan weer die pad. Dwelm- endrankgebruikers veroorsaak baie probleme. Hulle sal steelen hul buit verkoop om geld vir drank of dwelms te kry.

<<< Vervolg van bladsy 15

Samevattingie algemene indruk wat ’n mens van bedelaars kry, is dat hulle aan die buitegrense van die samelewing lewe en dathulle uitgesluit en sonder hoop is. Hulle moet swaarkry en armoede trotseer en ontlok gevoelens wat wissel vanaggressie en irritasie tot simpatie en begrip. Sommige mense wil hulle help en ander ignoreer die probleem. Die

probleem word selde opgelos.

Wat ook al die redes is waarom mense bedel, wat hul ouderdomme of kwalifikasie is of aan watter fisieke of emosioneleversteuring hulle lei, mense behoort nie op straat te staan en vra vir geld nie. Bedelaars is blootgestel aan uitbuiting en kanop geen manier ’n normale lewe in die samelewing met vriende en ondersteuning lei nie. Hulle word blootgestel aan siektesen verwaarlosing sonder mediese sorg. Baie kan moontlik depressief word en selfs selfmoord oorweeg. Dwelm- enalkoholafhanklikheid is aan die orde van die dag. Diefstal kan voorkom.

Baie bedelaars het substandaardbehuising of moontlik glad nie ’n dak oor hul kop nie. Hulle is blootgestel aan die elementeof selfs wangedrag van die publiek. Behuising, mediese of maatskaplike sorg, opbouende sosiale verhoudinge, ’n gesinslewe,werk, ’n normale bestaan waar mense kan groei en vooruitgaan, is basiese menslike behoeftes en regte wat hulle nie het ofas vanselfsprekend kan aanvaar nie.

Lede van die publiek wat aan bedelaars gee, dra daartoe by dat bedelaars nie basiese regte het nie. Hulle dra by tot dieprobleem. Geen gemeenskap kan toelaat dat bedelary ’n winsgewende of aanloklike opsie word nie.

Die publiek en bedelaars moet besef dat daar organisasies is wat kan help, waar hulle vaardighede kan aanleer en waar hulbasiese behoeftes bevredig word.Welsynsorganisasies gee hoop en ’n beter toekoms.

D

Publiek se opvatting oor bedelaars Navorsingsresultate

7

Page 17: NAVORSINGSVERSLAG bedelaars Wit in Suid-Afrika · in Suid-Afrika NAVORSINGSVERSLAG Deur Nicolien Welthagen In opdrag van Solidariteit Helpende Hand, Januarie 2013 Solidariteit Navorsingsinstituut
Page 18: NAVORSINGSVERSLAG bedelaars Wit in Suid-Afrika · in Suid-Afrika NAVORSINGSVERSLAG Deur Nicolien Welthagen In opdrag van Solidariteit Helpende Hand, Januarie 2013 Solidariteit Navorsingsinstituut

Wit bedelaars in Suid-Afrika Navorsingsverslag opgestel deur die Solidariteit Navorsingsinstituut in opdrag van Solidariteit Helpende Hand Januarie 2013

18

BronnelysDepartment of Basic Education. “Report on Dropout and Learner Retention Strategy to Portfolio Committee onEducation”. June 2011. Aanlyn beskikbaar by:http://www.education.gov.za/LinkClick.aspx?fileticket=jcSsY0rHcME%3D&tabid=422&mid=1261. Besoek op 4 Jan. 2013.

Jackson, N. 2013. “Armes gee radioman opdraande”. Beeld, 13 Jan. Aanlyn beskikbaar by: http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Armes-gee-radioman-opdraande-20130113. Besoek op 18 Jan. 2012.

Mans, M. & Kruger, A. 2012. “Helpende Hand Streekverteenwoordigers. Oos-Kaap”. Onderhoud gevoer op 22 Nov. 2012.Müller, T. Aug. 2012. SA Difference. Bridging the divide. White squatters. Poverty knows no colour. Pdf verkry vanaf http://www.zadif-ference.org/. Besoek op 13 Nov. 2012.

Ngcakangisa, S. 10 Okt. 2012. Move. Beggars make driving unbearable. Pdf verkry vanafhttp://www.journaids.org/index.php/blog/blog-entry/beggars_make_driving_unbearable/. Besoek op 22 Nov. 2012.

City Press news. 17 Jan. 2010. “School dropout mystery”. Aanlyn by: http://www.citypress.co.za/news/school-drop-out-mys-tery-20100117/. Besoek op 12 Jan. 2013.

Nel, R. 2012. “Vaal-lewensaar :Armes vang vis om te oorleef ”. Beeld, 22 Nov.

Panday, S. & Arends. F. Maart 2008. School Dropouts. HSRC Review –Volume 6, No.1. Aanlyn beskikbaar by:http://www.hsrc.ac.za/HSRC_Review_Article-82.phtml/. Besoek op 17 Jan. 2013.

Van Assenderp, L. 2012. “Old Fort Chapel”. Durban. Onderhoud gevoer op 8 Des. 2012.

Page 19: NAVORSINGSVERSLAG bedelaars Wit in Suid-Afrika · in Suid-Afrika NAVORSINGSVERSLAG Deur Nicolien Welthagen In opdrag van Solidariteit Helpende Hand, Januarie 2013 Solidariteit Navorsingsinstituut

Solidariteit Helpende Hand is ’ngemeenskapsorganisasie wat as deel vandie Solidariteit Beweging fokus opopheffing deur middel vanopleiding. Helpende Hand het in 1949ontstaan om die nood van Afrikaner -mynwerkers te help verlig en help noujongmense om vir die wêreld van werkvoor te berei. In ’n neutedop skepHelpende Hand toekomshoop deurmiddel van opheffing en opleiding virAfrikaners wat maatskaplike noodbeleef. Ons noem dit hoop in aksie!

In die huidige armoede vraagstukvind Helpende Hand weer aansluitingby die historiese wortels deur dievolgende waardes konkreet enkontekstueel toe te pas:• armoede is ’n totale bestaanskrisiswat beide op ’n maatskaplike vlak enidentiteitsvlak aangepak moet word;

• roepingsvervulling is die fondasiewaarop gebou moet word om ’npersoon in nood weer sin en rigtingte gee;

• die aanvaarding van verant woor de -likheid vir jou omstandighede; en

• selfhelp as ’n voorwaarde vir hulp -verlening.

Helpende Hand werk vanuit ’nChristelike waardestelsel en stelgemeenskappe in staat om kort- enlangtermynoplossings te vind virdie nood in hul eie omgewing. HelpendeHand se dienste word in vyf temasverdeel: • Ontwikkeling van die totale mensen gemeenskap as langtermyn -opheffingsoplossing.

• Opleiding as kernfaktor vir dieopheffing van ’n gemeenskap in nood.

• Ondersteuning as deel van diehulpverleningsproses.

• Onafhanklikheid:Aanvaardingvan eie verantwoordelikheid.

• Omgee: Om deel te vorm van dieomgee-gemeenskap.

HOOPinaksie

0861 25 24 23www.helpendehand.co.za

Uitleg en grafiese ontwerp: Aksent Media –tel: 082 445 4513 • Foto’s: Roelyn Cornwall –tel: 082 440 6813