onmoontlike keuses

26
Onmoontlike keuses ...onberekenbare antwoorde...

Upload: kyros

Post on 24-Feb-2016

48 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Onmoontlike keuses. ...onberekenbare antwoorde. Mat 6:24 Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat G3404 en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!. - PowerPoint PPT Presentation

TRANSCRIPT

Page 1: Onmoontlike keuses

Onmoontlike keuses

...onberekenbare antwoorde...

Page 2: Onmoontlike keuses

Mat 6:24 Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haatG3404 en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!

G3404 - mis-eh'-o - From a primary word misos (hatred); to detest (especially to persecute)

1Kn 18:21 En Elía het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As JAHWEH God is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na! Maar die volk het hom niks geantwoord nie (hoekom?)

Page 3: Onmoontlike keuses

Die vraag sonder ‘n antwoord:

Wat sal gebeur as ‘n onstuitbare krag ‘n onbeweeglike voorwerp ontmoet?

Beide kan nie standhou nie. Vir die een om waar te wees, moet die ander ‘n leun wees. ‘n Baie goeie en groot leun – anders sou dit nooit gevorder het tot die stand van onaantasbaarheid nie.

Page 4: Onmoontlike keuses

Bring emosie by die vraag:

Jou pa het gesê dis ‘n onstuitbare krag, jou ma dat die voorwerp onbeweeglik is – wat gebeur met jou as die twee mekaar ontmoet, watter

deel van jou fondament stort in duie?

Dis ‘n onmoontlike antwoord vir ‘n kind om te gee, in ‘n wêreld waar die lewe antwoorde eis van die deelnemers daaraan.

Page 5: Onmoontlike keuses

Maar ek praat nie oor egskeiding spesifiek nie, ek ontwikkel net ‘n begrip vir die

betekenis van die tema:

Onmoontlike keuses

‘n Onmoontlike keuse is een waarvan die antwoord nie bereken wil of kan word nie – die verstand weier die som en verwerp die moontlikhede, eenvoudig omdat altwee nie reg kan wees nie, een moet verkeerd wees en die implikasie daarvan bereik ‘n soliede muur van weiering in die siel van die mens – ‘n vesting so vas en hoog dat verdere oorweging onmoontlik blyk te wees.

Page 6: Onmoontlike keuses

Wat gebeur met mense wanneer sulke vrae op hul lewensweg kom – sulke onmoontlike keuses?

Die antwoord sal makliker kom as ek eers nog voorbeelde aan u noem – sommige ontstellende voorbeeld:

Page 7: Onmoontlike keuses

‘n Man wat sy vermoë om te voorsien aan sy gesin, verloor of ontneem word.

Hy kan nie vir hul sorg nie, maar hy kan hul ook nie net so los om te vergaan nie – sy onvermoë gestel teen sy liefde vir hulle. Wat doen so ‘n man?

Page 8: Onmoontlike keuses

‘n Vrou wat verwerp word deur haar man, en nie kan sorg vir haar kinders nie.

Sy kan hul nie versorg nie, maar kan ook nie ‘n lewe sonder hul voorstel nie – haar onvermoë gestel teen haar liefde vir haar kinders.

Page 9: Onmoontlike keuses

‘n Kind wie se ouers mekaar verlaat, en wat vasgevang word tussen die twee wat nog tot gister saam sy fondament was, maar skielik

aparte en vyandige wêrelde betree het.

Die kind moet een van drie keuses maak – ma is reg, pa verkeerd, pa is reg en ma verkeerd, of die onlogiese – as ek by pa is, is hy reg, en by ma is, is sy reg – beide is reg. Eintlik een van twee reaksies - 1) Ontkenning: Ma reg – ontkenning van pa; Pa reg,

ontkenning van ma, of2) Gesplete: – verdeelde persoon: by pa praat ek ma

sleg, by ma praat ek pa sleg – sodat albei vir my lief bly.

Page 10: Onmoontlike keuses

Wanneer pa en ma vyande word:

Kind - egskeiding

Ma keuse Pa keuse

Verdeelde keuse

Ontken pa Ontken maGesplete

persoonlikheid• Ek by pa, dan is

ma verkeerd• Ek by ma, dan is

pa verkeerd

Verloor volle fondament

Page 11: Onmoontlike keuses

Die boodskap gaan nie oor die gesin of huwelik nie, maar ek demonstreer ‘n komplekse sielsbegrip aan die hand

van hierdie bekende voorbeelde.

Page 12: Onmoontlike keuses

Hierdie boodskap handel oor die volk waarvan ons deel is, en oor die

“ONMOONTLIKE KEUSES” wat hul tans konfronteer.

Oor die oorsake daarvan, hul hantering van die probleem, en die gevolge wat dit inhou.

Laastens kyk ons na die oplossing, en uit eie ervaring, die vrymaking van die las van

“ONMOONTLIKE KEUSES”.

Page 13: Onmoontlike keuses

‘n Mens (volk) wie se ervaring van werklikheid nie oplyn met wat hy verstaan ‘n

onfeilbare God se opdrag is nie.

Of die mens moet die werklikheid ontken, of besluit God is nie onfeilbaar nie – beide keuses is onberekenbaar in gevolg – ‘n ONMOONTLIKE KEUSE.

Voorbeelde ?My godsdiens sê: Doen wat God beveel, en dit sal goed gaan – maar die werklikheid is dat dit al slegter gaan hoe meer ons doen wat ons dink God sê as volk. Toe ons gedoen het wat ons dink God nie sê nie, het dit met ons goed gegaan as volk.

Liefde teenoor my naaste, my vyand, my verkragter, my kind se

moordenaar...... Waarom hardloop die grenslyn tussen die wat aanhoudend

gee en moet vergewe, en die wat eis en neem sonder genade amper pressies

op die raslyne, as ras niks met dit te doen behoort te hê nie?

Page 14: Onmoontlike keuses

Wanneer my begrip van God se wil bots met die realiteit om my – as of Elohim teen ons oordeel terwyl ons reken ons nou op die regte weg is:

Volk / mens

God is reg Werklikheid

Twee gedagtes

Ontken werklikheid

Ontken GodGesplete persoonlikheid• Sondag geloof• Week werklikheid

Verloor volle fondament

Α≠Ω

Page 15: Onmoontlike keuses

Laat jou onderrig deur JHWH se oordele in die wêreld rondom jou.

Jes 26:9 Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid. Jes 26:10 Word aan die goddelose genade bewys, dan leer hy geen geregtigheid nie; wat onreg is, doen hy in ‘n land van reg, en hy sien die hoogheid van JAHWEH nie. Jes 26:11 HERE, is u hand opgehef, hulle sien dit nie; maar hulle sal dit sien en beskaamd staan; die ywer vir die volk, ook die vuur teen u teëstanders sal hulle verteer.

As jy glo jy vlieg windaf, maar die wêreld onder jou beweeg verkeerde rigting, glo jy verkeerd – laat jou waarneming jou ten

minste bring tot herbesinning.

Page 16: Onmoontlike keuses

Wat is oorsaak van die “ONMOONTLIKE KEUSE”

1. Onbeproefde teorieë wat as feite aanvaar word: “Onstuitbaar, onbeweeglik”

2. Eie begeerlikhede wat vermom word as noodsaaklikhede: “Het geen ander opsie nie, dit laat my met geen keuse nie”

3. Eskalasie van meerderheidsopinies na God se opinie: “Almal kan tog nie verkeerd wees nie, hulle behoort beter te weet want hul het gestudeer daarin”

4. Aanvanklike traagheid, gevolg deur eindelik oorreaksie: “Mens moenie begin torring aan jou godsdiens nie vs nou wil ek niks te doen hê met kerk, God en geloof nie!”

5. Die Bose se vernuftigheid met die aard van die mens se siel.

Page 17: Onmoontlike keuses

Hoe hanteer mense die “ONMOONTLIKE KEUSE”

1. Ontkenning A: “Vergeet van al die dinge, fokus op jou redding”, “God wou my iets leer deur die onheil wat Hy my aangedoen het”, “Ons word gestraf oor ons verlede, daarom gaan dit al slegter met die land”

2. Ontkenning B: “Daar is geen buitewêreldse God nie, god is in ons elk, uit ons is die godsgedagte, god is wat jy dit maak”, “ek glo wat ek kan sien, en ek kan geen god sien nie”, “geniet die lewe volheid, more sterf ons”

3. Gesplete gedagtegang: “Ek vergewe hulle, en ons moet alles oorwin met die liefde”, “Ek kan nie verstaan dat hul so optree nie, dis soos diere, mense maak nie so nie”

4. Ontvlugting.

Page 18: Onmoontlike keuses

Watter gevolge het die “ONMOONTLIKE KEUSE”

1. Selfvernietiging: Irrasionele keuses om die twyfel te verdryf. 2. Haat: Verwyt, magtelose woede, rigtinglose houe.3. Vergrype: “Te-” is die norm.4. Verslawing – ‘n gees wat gemaklik voel in slawerny, want dit is

veilig daar.

Page 19: Onmoontlike keuses

Watter oplossing is daar teen die “ONMOONTLIKE KEUSE”

1. Elimineer die vraag, laat jou oordeel gerig word deur wat JHWH om jou doen, en verhard jou hart nie as wat jy sien wesenlik in die ander rigting beweeg as wat jy glo jy behoort te sien nie: Daar behoort nie so ‘n keuse gemaak te word nie, want die selfde Elohim wat die oordele om ons uitvoer, is die Elohim van ons geloof en godsdiens – daar behoort nie twee werklikhede te wees nie, maar harmonie tussen ons geloof interpretasie en die realiteit om ons. Dinge moet sin maak.

Dit het nie nodig om altyd met jou goed te gaan vir dinge om sin te maak nie – Paulus is vervolg en uiteindelik gedood maar hy het ten alle tye verstaan waaroor sy lyding gaan, en hoekom hy vervolg is, ook deur wie hy vervolg word. Hy het nie probeer om sy vervolgers se wreedhede en bedrog te regverdig met gefabriseerd “Goddelike raadsplanne” nie, maar hul sonder vrees “goddelose”, “nie van ons”, en “ingesmokkeldes” genoem. Volgens hul vrugte het hy hul geoordeel, en nie gekondoneer nie.

Page 20: Onmoontlike keuses

Einde van die dae wanneer groot leuens die natuurlike orde omkeer….

Rom 1:22 Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword Rom 1:23 en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere. Rom 1:24 Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer Rom 1:25 hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen. Rom 1:26 Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; Rom 1:27 en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.

Page 21: Onmoontlike keuses

Gevange deur ‘n leuen

2Ts 2:8 en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak, 2Ts 2:9 hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen 2Ts 2:10 en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. 2Ts 2:11 En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, 2Ts 2:12 sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.

Psa 59:12 Sonde van hulle mond is die woord van hulle lippe; laat hulle dan gevang word in hul trots, en vanweë die vloek en die leuen wat hulle vertel.

Page 22: Onmoontlike keuses

Vrygemaak deur waarheid

Joh 8:31 En Jahshua sê vir die Judeërs wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. Joh 8:32 En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.

Joh 8:34 Jahshua antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen, ‘n dienskneg van die sonde is (hy wat die leuen glo, is ‘n dienskneg van die leuenmeester). Joh 8:35 En die dienskneg bly nie vir altyd in die huis nie; die seun bly vir altyd. Joh 8:36 As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees (alle waarheid, alle vryheid begin by bekering en wedergeboorte in Jahshua)

Page 23: Onmoontlike keuses

Die waarheid is dat ons in Jahshua vry is van:1. Die ewige dood2. Veroordeling3. Vrees4. Verwydering van ons erfdeel5. Hopeloosheid6. Die tydelike aard van alles7. Die Wet van Moses se las

Maar waarheid in ons geloof en Godsdiens maak ons ook vry van:1. Onmoontlike keuses tussen botsende realiteite2. Onversoenbare meesters in ons lewe3. Onverstaanbare oordele om ons4. Onverwerkbare haat en frustrasie oor sinnelose onreg

Page 24: Onmoontlike keuses

Daar is plek vir haat in heiligmaking – haat ongeregtigheid, haat die leuen wat slawe maak van

vrygemaaktes

Haat dit soveel dat jy die ergste ding doen wat ‘n mens aan iets kan doen -

…oorhandig dit aan die geREG, aan die geREGSDIENAAR – aan die EEN wat wag om die ongeregtigheid te verteer met die vuur wat uit Sy oë skiet, die swaard uit Sy mond.

Page 25: Onmoontlike keuses

Ek is vrygemaak van hoender-haat

Page 26: Onmoontlike keuses

Amen