staan sterk as jy die sprong waag! - duxedmedia · heel van die begin af, vir die groter...

12
Hierdie artikel verwys jou ook na ’n verskeidenheid steunstrukture wat jou sal bemagtig en in staat stel om verstandige besluite te neem. Onthou dat die Werwingspan by Tukkies en die JuniorTukkiekantoor se personeel daar is om enige navrae te beantwoord Die oorgang van skool na universiteit het tipies drie stadiums 1. Skeiding van jou gesin en huis, en ook van jou hoërskool, jou vriende en die gemeenskap (stedelik/landelik) waar jy grootgeword het. 2. Oorgang is sowel ’n interne as ’n eksterne proses. Jy beweeg onvermydelik na ’n nuwe fisiese omgewing (bv ’n koshuis), wat bepaalde uitdagings bied. Terselfdertyd moet jy ’n interne skuif maak terwyl jy probeer om te begin inskakel, deelneem en aanpas by die uitdagings van jou program en woonreëlings. Albei vereis ’n aantal vaardighede wat jy redelik vinnig moet verwerf om te kan aanpas en floreer. 3. Inkorporering is die stadium waartydens jy jou voete gevind het, weet waar wat op die kampus is, vriende gemaak het en studeer met ’n sin van doelgerigtheid en volvoering. Staan sterk as jy die sprong waag! Die Universiteit van Pretoria sal jou help met ’n gladde oorgang van hoërskool na universiteit deur Anthea Pretorius Vir baie Graad 12’s word die opwinding dat hulle ’n plek by ’n Suid-Afrikaanse universiteit gekry het, getemper deur ’n mate van vrees en angstigheid omdat hulle nie weet wat om te verwag nie, of hulle is bang oor hoe hulle sal regkom en of hulle akademies en sosiaal hul voete sal vind. Daar is duidelike verskille tussen skool en universiteit, en dit is belangrik om bewus te wees van die bykomende eise van die lewe aan ’n tersiêre instelling en om jou daarvoor voor te berei. Die sprong van die bekende en vertroude skoolomgewing met klasse van 30 tot 50 leerders na ’n kampus met 60 000+ studente en klasse van 500 tot 1 000 studente kan geweldig uitdagend wees. Jy sal van ’n afhanklike leerder tot ’n onafhanklike leerder ontwikkel. Dit is ’n feit dat die nuwe omgewing sosiale, persoonlike en intellektuele uitdagings vir elke nuwe eerstejaarstudent stel, maar hoe beter jy voorberei is, hoe makliker sal jy by jou nuwe omgewing aanpas. Hierdie artikel verduidelik die vernaamste uitdagings wat die meeste eerstejaarstudente ondervind, en hoe om dit die hoof te bied. Wat is jou verwagtinge? Hoop jy om pret te hê, nuwe vriende te ontmoet en aan sport deel te neem? Hoop jy om ’n maat te kry wat dieselfde waardes as jy het? Wil jy in ’n stad ver van jou tuisdorp lewe en studeer? Wil jy die wêreld sien? Is jou enigste doel om ’n ordentlike kwalifikasie te kry? Hoe aanpasbaar is jy? Hoeveel vertroue het jy in jou vermoëns? Hierdie intrinsieke houding korreleer sterk met prestasie, motivering, emosionele veerkrag, die vermoë om deur te druk en te volhard om struikelblokke te oorkom en akademiese sukses te behaal. Hoe sterk is jy wat selfgereguleerde leer en doelverwesenliking betref? Is jou algemene kennis redelik goed? Is jy gedissiplineerd en selfstandig betreffende die oordeelkundige hantering van geld en die goeie bestuur van jou gesondheid, energie en persoonlike veiligheid? Het jy genoeg kennis van universiteite en hoe hul prosesse werk? Kan jy doeltreffend na inligting soek, dit evalueer en met ander soortgelyke inligting vergelyk, bv oor die vereistes vir toelating tot akademiese programme wat deur verskeie universiteite aangebied word?

Upload: others

Post on 04-Feb-2020

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Staan sterk as jy die sprong waag! - DuxEdMedia · heel van die begin af, vir die groter persoonlike vryheid wat jy op universiteit het betreffende jou keuses, lewenstyl en handhawing

Hierdie artikel verwys jou ook na ’n verskeidenheid steunstrukture wat jou sal bemagtig en in staat stel om verstandige besluite te neem. Onthou dat die Werwingspan by Tukkies en die JuniorTukkiekantoor se personeel daar is om enige navrae te beantwoord

Die oorgang van skool na universiteit het tipies drie stadiums

1. Skeiding van jou gesin en huis, en ook van jou hoërskool, jou vriende en die gemeenskap (stedelik/landelik) waar jy grootgeword het.

2. Oorgang is sowel ’n interne as ’n eksterne proses. Jy beweeg onvermydelik na ’n nuwe fisiese omgewing (bv ’n koshuis), wat bepaalde uitdagings bied. Terselfdertyd moet jy ’n interne skuif maak terwyl jy probeer om te begin inskakel, deelneem en aanpas by die uitdagings van jou program en woonreëlings. Albei vereis ’n aantal vaardighede wat jy redelik vinnig moet verwerf om te kan aanpas en floreer.

3. Inkorporering is die stadium waartydens jy jou voete gevind het, weet waar wat op die kampus is, vriende gemaak het en studeer met ’n sin van doelgerigtheid en volvoering.

Staan sterk as jy die sprong waag!Die Universiteit van Pretoria sal jou help met ’n gladde oorgang van hoërskool na universiteitdeur Anthea Pretorius

Vir baie Graad 12’s word die opwinding dat hulle ’n plek by ’n Suid-Afrikaanse universiteit gekry het, getemper deur ’n mate van vrees en angstigheid omdat hulle nie weet wat om te verwag nie, of hulle is bang oor hoe hulle sal regkom en of hulle akademies en sosiaal hul voete sal vind.

Daar is duidelike verskille tussen skool en universiteit, en dit is belangrik om bewus te wees van die bykomende eise van die lewe aan ’n tersiêre instelling en om jou daarvoor voor te berei. Die sprong van die bekende en vertroude skoolomgewing met klasse van 30 tot 50 leerders na ’n kampus met 60 000+ studente en klasse van 500 tot 1 000 studente kan geweldig uitdagend wees. Jy sal van ’n afhanklike leerder tot ’n onafhanklike leerder ontwikkel.

Dit is ’n feit dat die nuwe omgewing sosiale, persoonlike en intellektuele uitdagings vir elke nuwe eerstejaarstudent stel, maar hoe beter jy voorberei is, hoe makliker sal jy by jou nuwe omgewing aanpas. Hierdie artikel verduidelik die vernaamste uitdagings wat die meeste eerstejaarstudente ondervind, en hoe om dit die hoof te bied.

Wat is jou verwagtinge?

Hoop jy om pret te hê, nuwe vriende te ontmoet en aan sport deel te neem? Hoop jy om ’n maat te kry wat dieselfde waardes as jy het? Wil jy in ’n stad ver van jou tuisdorp lewe en studeer? Wil jy die wêreld sien? Is jou enigste doel om ’n ordentlike kwalifikasie te kry? Hoe aanpasbaar is jy? Hoeveel vertroue het jy in jou vermoëns? Hierdie intrinsieke houding korreleer

sterk met prestasie, motivering, emosionele veerkrag, die vermoë om deur te druk en te volhard om struikelblokke te oorkom en akademiese sukses te behaal.

Hoe sterk is jy wat selfgereguleerde leer en doelverwesenliking betref? Is jou algemene kennis redelik goed? Is jy gedissiplineerd en selfstandig betreffende die oordeelkundige hantering

van geld en die goeie bestuur van jou gesondheid, energie en persoonlike veiligheid?

Het jy genoeg kennis van universiteite en hoe hul prosesse werk? Kan jy doeltreffend na inligting soek, dit evalueer en met ander soortgelyke

inligting vergelyk, bv oor die vereistes vir toelating tot akademiese programme wat deur verskeie universiteite aangebied word?

Page 2: Staan sterk as jy die sprong waag! - DuxEdMedia · heel van die begin af, vir die groter persoonlike vryheid wat jy op universiteit het betreffende jou keuses, lewenstyl en handhawing

Wat is belangrik in hierdie stadium?

Waardeer die feit dat jy aan ’n universiteit kan studeer. Dit is ’n groot voorreg. Jy is dalk die eerste persoon in jou familie wat ’n universiteit bywoon en dit kan soms moeilik wees, maar staan sterk. Ons sal jou help om sukses te behaal.

Universiteitstudie is duur, en ongeag of jou ouers vir jou betaal, of jy ’n gedeeltelike/volle beurs het en of jy ’n studielening gekry het, jy moet deeglik beplan en deurgaans hard werk om te verseker dat jy jou graad binne die bepaalde tyd sal behaal.

Leer hoe dinge gedoen word. Aanvaar verantwoordelikheid, heel van die begin af, vir die groter persoonlike vryheid wat jy op universiteit het betreffende jou keuses, lewenstyl en handhawing van ’n hoë akademiese standaard.

Niemand sal kyk of jy jou klasse bywoon, die nodige leeswerk doen of vir klasse voorberei nie, en of jy jou take inlewer en of dit aan die vereiste standaard voldoen nie. Dit is jou eie verantwoordelikheid. Neem hierdie besluit vroeg reeds, want hierdie vryheid gaan gepaard met geweldige verantwoordelikheid en gevolge, en dit vereis dus selfbeheer en ’n innerlike lokus van beheer. Jou toekoms word letterlik deur jou eie besluite en optrede bepaal.

Die grootste uitdagings wat eerstejaarstudente die hoof moet bied, is:

’n Gevoel van isolasie

Vir baie studente is dit die eerste keer dat hulle nie by die huis woon nie. Studente uit ’n landelike agtergrond kan dit nogal moeilik vind om in ’n groot, raserige stad of bedrywige koshuis te woon. As jy in ’n klein familie grootgeword en ’n hoërskool van gemiddelde grootte bygewoon het, sal jy dit dalk moeilik vind om op ‘n kampus met 60 000 studente aan te pas. Jy kan dalk ook geïsoleer voel as gevolg van jou kultuur, gender, seksuele georiënteerdheid, introversie of verlange, of omdat jy dit moeilik vind om vriende te maak en aan te pas in ’n koshuis.

1 OPLOSSING: Sluit aan by een van die baie studente-organisasies op die kampus; woon die verskillende sosiale geleenthede by; neem deel aan sport en kultuuraktiwiteite; stel jouself elke dag aan iemand anders voor; begin ’n studiegroep of sluit by een aan. Die meeste kerke het weeklikse byeenkomste vir enkellopendes en reël ook kampeeruitstappies – neem deel!

’n Gevoel van oorweldiging

Studente ondervind soms angs omdat hulle bang is hulle het nie die nodige akade-miese vaardighede nie of deur die werklading oorweldig word; besef dat hulle swak studiegewoontes of studievaardighede het en dit moeilik vind om ’n studierooster op te stel en hul tyd doeltreffend te bestuur; sukkel met voorbereiding vir eksa-mens, of vind dat hul sosiale lewe te vol is. Ander kry nie genoeg slaap nie of eet nie gereeld nie. Party studente is ook bekommerd of angstig oor finansiële beperkings.

2 OPLOSSING: Hierdie moeilike omstandighede bestaan werklik en moet nie geïgnoreer word nie. Besoek die Departement Studentesake, waar jy enigiets van studieadvies tot berading kan kry.

Probleme met integrasie

Gee jouself tyd om aan te pas. Nie almal vind dit maklik om nuwe vriende te maak en in te pas nie. Van die dinge wat integrasie kan bemoeilik, is skugterheid, taal, kultuur, ’n gevoel van vervreemding, onverdraagsaamheid of probleme met aanpassing om jou leefruimte in ‘n koshuis te deel. Teruggetrokke introverte sukkel om tussen luidrugtige ekstroverte aan te pas. Sosiale akklimatisering op universiteit is belangrik omdat jy tussen duisende studente is wat heeltemal anders as jy is en uit verskillende lande en verskillende taal- en godsdienstige agtergronde kom.

3 OPLOSSING: Leer om grense te stel. Respekteer jou eie plek en die plekke van ander mense in die instelling. Wees verdraagsaam en onbevooroordeeld. Wees geduldig. Laat jouself toe om ander mense te leer ken en laat hulle toe om jou te leer ken. Probeer om ’n gebalanseerde lewe te lei wat die hoeveelheid sosiale aktiwiteit insluit waarmee jy gemaklik is. Verken die beskikbare studentgedrewe inisiatiewe en kies dié wat jou opgewonde maak. Moenie gedwing of verplig voel om aan alles deel te neem nie. Leer om nee te sê. Moenie agterdogtig of bevooroordeeld wees nie. Gee jouself tyd – jy sal dalk verbaas wees oor die nuwe vriende wat jy maak!

Kry al die hulp wat jy kan kry van tutors, studiegroepe, die Departement Studentesake en ook die inligtingspesialiste by die biblioteke (www.library.up.ac.za), wat jou sal wys hoe om navorsing te doen en geloofwaardige artikels vir jou take te kry. Leer om krities te dink. Leer soveel mense as moontlik ken en bou jou professionele netwerk uit van die eerste dag af.

Page 3: Staan sterk as jy die sprong waag! - DuxEdMedia · heel van die begin af, vir die groter persoonlike vryheid wat jy op universiteit het betreffende jou keuses, lewenstyl en handhawing

Staan sterk as jy die sprong waag!

Die grootste uitdagings wat eerstejaarstudente die hoof moet bied, is:

Finansiële uitdagings

Daar is geweldige verskille tussen die ekonomiese status van ons studente, en ook tussen die koste van programme. Ongeag of jy van die huis af studeer, in ’n kommune woon, privaat akkommodasie het of in ’n koshuis woon, akkommodasie is ook duur.

Finansiële uitdagings is ’n werklikheid, en die koste waarvoor jy moet beplan, sluit in (a) betaling van aansoekgelde; (b) betaling van ’n studieplekheffing (en akkommodasie in ’n koshuis, as dit van toepassing is); geld vir boeke; kos/versnaperings; pendelkoste; en los items, soos fotostate.

Dit is uiters belangrik om vooruit te begroot. Ek doen aan die hand dat jy die webwerwe wat hier genoem word, besoek om bruikbare inligting te kry sodat jy oorwoë besluite kan neem.

4 OPLOSSING: TuksRes www.up.ac.za/accommodation (Hulle kan ook vir jou inligting oor alternatiewe akkommodasie in die nabyheid van ons kampusse gee.)

Finansieswww.up.ac.za/fees-and-funding (Kyk ook na die spesiale aanbod vir akademiese presteerders wat eerstejaarstudente is.) Oorweeg befondsing deur NSFAS (www.nsfas.org.za) en Fundi (Tel 0860 55 55 44, www.fundi.co.za).

Ander beursopsies sluit in: www.up.ac.za/sport (vir UP-sportbeurse) www.gostudy.mobi (’n lys van beurse volgens studieveld) http://bursary.hcifoundation.co.za Die Beursregister: Tel +27 (0)11 672 6559 of

e-pos [email protected]

Hoe om doeltreffend te studeer

Baie leerders kom na die universiteit en ontdek dat hoewel hulle in Graad 12 goed gevaar het, hulle bykomende wenke en studieadvies nodig het om die groot volume werk wat hulle onafhanklik moet doen, te kan hanteer.

5 OPLOSSING: Hoe gouer jy ’n realistiese prentjie kan vorm van wat van jou verwag word en dan daarvolgens beplan, hoe beter. Besoek die Departement Studentesake om studieadvies te kry. Weet wat die vereistes van elke module is en teken belangrike datums in jou dagboek aan. Dit hang van jou af of jy ’n indruk gaan maak. Stel vrae as jy iets nie verstaan nie. Maak seker dat jy weet wat van jou verwag word wanneer jy take doen. Prioritiseer jou werklading. Moenie oorhaastig wees nie – werk teen ’n bestendige tempo. Aanvaar alle hulp wat jy kan kry. Raak vertroud met assesseermetodes, hibriede leer, akademiese skryfkonvensies en dosente se spesifikasies vir take en hoe dit ingedien moet word.

Om by te bly, sal jy drie uur per week aan elke module-eenheid moet bestee. Dit sluit nie die tyd in wat jy aan die skryf van take of voorbereiding vir toetse en eksamens moet bestee nie.

Veels te veel studente misreken hulle met die tyd wat hulle weekliks moet bestee ten einde hul akademiese werklading doeltreffend te hanteer, en dit bring mee dat hulle moet blok of deurnag moet werk om in te haal. In die meeste programme sal jy elke week tussen 24 en 36 uur vir jou akademiese werk opsy moet sit, afhangende van hoe vinnig en doeltreffend jy leer en hoe stelselmatig jy werk. Om goeie klasnotas af te neem, is ’n waardevolle vaardigheid wat met oefening aangeleer word.

Raak vertroud met die kampus

Die Universiteit van Pretoria het verskeie kampusse. Die Hatfieldkampus huisves die Fakulteite Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie, Geesteswetenskappe, Regsgeleerdheid, Natuur- en Landbouwetenskappe en die Fakulteit Teologie en Religie.

Die Groenkloofkampus huisves die Fakulteit Opvoedkunde. Die Onderstepoortkampus huisves die Fakulteit Veeartsenykunde en die Prinshofkampus huisves die Fakulteit Gesondheidswetenskappe. Die Hillcrestsportkampus huisves TuksSport, hpc en die TuksSport Hoërskool.

6 OPLOSSING: Dit is belangrik om gedurende die oriëntasietydperk elke sessie by te woon. Tydens hierdie sessies word belangrike inligting oorgedra wat jou sal help om die kampus gouer te leer ken. Neem deel aan kampus- en biblioteektoere, wat geweldig nuttig is. Woon opedae by en neem deel aan die UP Virtuele Toer deur ons kampusse en fakulteite.

Page 4: Staan sterk as jy die sprong waag! - DuxEdMedia · heel van die begin af, vir die groter persoonlike vryheid wat jy op universiteit het betreffende jou keuses, lewenstyl en handhawing

KONTROLELYS VIR GRAAD 9-LEERDERS

Laai die Graad 10-vakkeusebrosjure af by www.up.ac.za. Klik op ‘New Students’. Klik op ‘Study information’.

Bespreek jou drome en toekomsplanne met jou ouers. Wees eerlik. Luister aandagtig na wat hulle sê. Hulle is lief vir jou en wil net die beste vir jou hê!

Op grond van jou sterk vakke en belangstellings, bespreek loopbaanopsies met jou Lewensoriëntering-onderwyser.

Ontwikkel goeie studiegewoontes en wees gedissiplineerd om akademies goed te vaar.

Oorweeg deeltydse vrywillige werk. Probeer om skaduwerk op jou

belangstellingsterrein te doen. Onthou dat studie aan ’n universiteit

of kollege nie ’n vereiste is om jou vir ’n loopbaan voor te berei nie – daar is talle ewe waardige loopbane op die gebied van byvoorbeeld sport en tegnologie deur Verdere Onderwys- en Opleiding (VOO)-kolleges.

KONTROLELYS VIR GRAAD 10-LEERDERS

Laai die Graad 10-vakkeusebrosjure af by www.up.ac.za. Klik op ‘New Students’. Klik op ‘Study information’.

Dit is baie belangrik om seker te maak dat jou vakpakket ooreenstem met die studievelde waarin jy belang stel. Dit sal rampspoedig wees om in Graad 12 uit te vind dat jy Wiskundige Geletterdheid geneem het vir programme in ’n fakulteit waar net Wiskunde vereis word.

Raadpleeg jou skoolsielkundige oor psigometriese toetse om jou aanleg te bepaal.

Gaan na www.pacecareers.com en klik op ‘Services’. Rol af na ‘Get career guidance’ en klik dan op ‘Start Questionnaire’. Die vraelys bevat 105 stellings waarop Ja of Nee geantwoord moet word. Die stelsel sal vir jou ’n profiel van jou belangstellingsvelde gee en jy kan dan op die spesifieke velde klik om vollediger inligting te kry.

Begin om jou eie Individuele Onderwysplan te ontwikkel.

Doen navorsing oor loopbane wat vir jou interessant lyk. Gesels met mense wat op daardie gebiede werk en vind uit wat hul werk behels.

Maak ’n lys van jou persoonlike vermoëns, sterk punte, talente, voorkeure en belangstellings.

Raak vertroud met die toelatingsvereistes en TPT vir die verskillende programme wat jy oorweeg.

As jy leiding nodig het, skakel met ’n Studenteadviseur by Tel +27 (0)12 420 5144.

Sluit aan by die JuniorTukkieklub (www.up.ac.za/juniortukkie)

en laai die JT-toep af.

KONTROLELYS VIR GRAAD 11-LEERDERS

Dit is akademies gesproke die belangrikste jaar, want jy gaan jou Graad 11-resultate gebruik om vir toelating tot ‘n universiteit aansoek te doen. Sorg dat jou uitslae goed is!

Brei jou Individuele Onderwysplan uit namate jy meer inligting van universiteite se webwerwe en brosjures kry. Vergelyk programme.

As jy advies nodig het, skakel met ’n Studenteadviseur by Tel +27 (0)12 420 5144.

Gaan na www.up.ac.za en doen die Virtuele Toer deur ons kampusse, die nege fakulteite en ons fasiliteite.

As jy nog nie by die JT-klub aangesluit het nie, doen dit nou en laai die JT-toep af (www.up.ac.za/juniortukkie).

KONTROLELYS VIR GRAAD 12-LEERDERS

Neem jou finale besluit oor ’n gekose akademiese program.

Raadpleeg UP se aanlyn aansoekproses om seker te maak dat jy alles gereed het om jou aanlyn aansoek in te dien.

Doen vroeg aansoek! Aansoeke by UP open op 1 Maart.

Jy sal aanlyn aansoekgeld moet betaal wanneer jy jou aanlyn aansoek indien.

Tref die nodige reëlings vir aanvanklike betalings, klasgelde en koshuis/akkommodasiegelde in jou eerste jaar.

Indien nodig, doen aansoek vir finansiële bystand.

Maak seker van die sluitingsdatum vir aansoek vir toelating tot jou gekose program(me). Keuringsprogramme het ’n vroeër sluitingsdatum.

Die JT-klub sal sy lede met hul aansoeke help.

Op die JT-toep sal jy gereeld nuus kry oor kwessies wat jou raak.

Doen spesiale moeite om jou punte in al jou skoolvakke te handhaaf of te verbeter.

As jy advies nodig het, skakel met

’n Studenteadviseur by Tel +27 (0)12 420 5144.

Besoek die webwerf www.up.ac.za en doen die Virtuele Toer deur ons kampusse, die nege fakulteite en ons fasiliteite.

Om ’n universiteitstudent te wees, is die beste tyd van jou lewe. Hê pret; wees soms laf; geniet dit; kyk hoe dinge werk – jy is knap genoeg. Ontwikkel veerkrag. Jy kan jouself oor en oor herontdek!

Ons sien daarna uit om jou by Tukkies te verwelkom, waar jou sukses regtig vir ons saak maak!

Nuttige skakels:

JT tel +27 (0)12 420 6606/5102

JT e-pos [email protected]

JT webwerf www.up.ac.za/juniortukkie

JT toep www.up.ac.za/juniortukkie> JT APP

Kies die regte program www.up.ac.za > ‘What to study’

Toelatingsvereistes www.up.ac.za/admissioninfo

Spesiale pakketaanbod vir akademiese presteerders en inligting oor beurse en leningswww.up.ac.za/fees-and-funding

Staan sterk as jy die sprong waag!

Page 5: Staan sterk as jy die sprong waag! - DuxEdMedia · heel van die begin af, vir die groter persoonlike vryheid wat jy op universiteit het betreffende jou keuses, lewenstyl en handhawing

Aanlyn aansoekproses vir studie 2019

Kies ʼn programLees die inligting oor al die voorgraadse programme wat UP aanbied by www.up.ac.za/toelatingsinligting > Studie-inligting.

� Dit is belangrik om sowel jou eerste as jou tweede programkeuse op die aanlyn aansoek aan te dui. Die aansoek maak vir slegs twee studiekeuses voorsiening. Indien jy ’n derde keuse wil byvoeg of jou studiekeuse wil verander nadat jy reeds jou aanlyn aansoek ingedien het, moet jy jou versoek rig aan [email protected].

� Jou tweede programkeuse sal outomaties oorweeg word indien jou aansoek vir jou eerste programkeuse nie suksesvol is nie of indien jou eerste keuse ’n keuringsprogram is.

� Jy moet sorg dat jou eerste en tweede programkeuse aan die minimum

toelatingsvereistes asook die betrokke fakulteit se keuringsriglyne voldoen.

� Let wel dat sekere programme nie as jou tweede programkeuse oorweeg sal word nie. Raadpleeg die fakulteitsbrosjures by www.up.ac.za/toelatingsinligting > Studie-inligting.

� Vir enige raad oor studies, maak ’n afspraak met ’n studenteadviseur via me Carol Bosch by +27 (0)12 420 5144 of [email protected] Meer inligting is beskikbaar by www.up.ac.za > Studeer by UP > Wat om te studeer.

Klas- en koshuisgeldeVir meer inligting oor klas- en koshuisgelde, gaan na www.up.ac.za/fees-and-funding.

� Kwotasie vir gelde: Gaan na http://www.up.ac.za/en/fees-and-funding/article/2582340/quotations om ’n beraming te kry van wat die program(me) waarin jy belangstel, sal kos.

� Gesinsafslag: Wanneer twee of meer afhanklike kinders van dieselfde gesin tegelykertyd registreer aan die Universiteit van Pretoria, mag julle aansoek doen om ’n afslag op klasgelde.

� Die 2,5%-afslag: Indien die studenterekening ten volle vereffen is (maw 100%) teen 30 April, geld ’n afslag van 2,5%.

� Aanvanklike betaling: Hierdie betaling is nie addisioneel nie, maar vorm deel van die klasgelde en is ’n eerste betaling ten opsigte van die klasgelde.

� Koshuisreserveringsgeld: Hierdie geld is betaalbaar binne 30 dae

nadat jy plek in ’n UP-koshuis gekry het. Vir koshuiskamergelde, gaan na www.up.ac.za/accommodation.

� Geld wat deur beurse betaal word: Studente moet voor registrasie skriftelike bewys deur die borg van die beurs wat aan hulle toegeken is, indien, anders is hulle verantwoordelik vir die aanvanklike betaling. Die finale besluit oor die aanvaarding van ’n beursbrief lê by die Universiteit.

� Hoe en waar om te betaal: Kassiere is op al ons kampusse beskikbaar van Maandae tot Vrydae, van 08:00 tot 16:00. Laat asseblief ten minste vyf werkdae toe vir betalings deur middel van EFO en kredietkaarte om op jou studenterekening te wys.

� UP-bankbesonderhede: Gaan na www.up.ac.za/fees-and-funding.

Doen aansoek om by Tuks te studeerDoen AANLYN aansoek by www.up.ac.za/apply, vanaf 1 Maart in die jaar wat jou studie voorafgaan.

� Voordat jy die aanlyn aansoek voltooi, moet jy asseblief kyk na die video ‘How to complete the online application’ by https://youtu.be/kGRmciWG9Eg.

� Maak seker dat die e-posadres wat jy op jou aanlyn aansoek aandui korrek is, want jou tydelike wagwoord en T-nommer word na hierdie e-posadres gestuur.

� Maak seker dat jy voor die sluitingsdatums aansoek doen vir jou eerste en tweede programkeuse. Die sluitingsdatums verskyn op die

fakulteitstabelle; gaan na www.up.ac.za/sluitingsdatums.� Sekere programme sal nie as jou tweede programkeuse oorweeg word

nie.� Jy sal jou studentenommer ontvang binne 10 werkdae nadat jou

aansoek aanlyn ingedien is.� By ontvangs van jou studentenommer kan jy jou aansoekstatus op die

UP-studenteportaal volg. Raadpleeg Stap 7 vir instruksies oor hoe om toegang tot die Studenteportaal te kry

Doen aansoek om koshuisplasingDie aanlyn aansoek het ’n gedeelte wat voltooi moet word indien jy in koshuisplasing belangstel.

� Koshuisplasing is gebaseer op akademiese meriete en die aansoekdatum.

� Die vraag na verblyf oorskry die beskikbare plekke – doen dus so gou as moontlik na 1 Maart aansoek.

� Voorkeur word gegee aan studente met ’n akademiese gemiddeld van 75% en hoër.

Meer inligting is beskikbaar by www.up.ac.za/accommodation.

� Ten einde vir gewaarborgde plasing in een van UP se koshuise te kwalifiseer, moet die voornemende student:

� voor 1 Mei van die jaar wat studie voorafgaan, aansoek doen; � ’n minimum gemiddeld van 85% behaal in die eksamen op grond

waarvan die student aansoek doen om by UP te registreer; en � reeds voorwaardelik tot ’n program toegelaat wees.

Lees asseblief deur al die stappe hieronder om vas te stel watter van die stappe relevant is vir jou aansoek om in 2019 aan die Universiteit van Pretoria te studeer. Nie-Suid-Afrikaanse burgers moet kennis neem van die stappe hieronder, asook die belangrike inligting by www.up.ac.za/international-cooperation-division.

Doen aansoek om beurse en leningsBesoek die toepaslike webwerf vir sluitingsdatums.

UP-beurse en -lenings� Aansoeke moet deur middel van die UP-studenteportaal of www.up.ac.za/fees-and-funding ingedien word. Geen laat aansoeke sal

aanvaar word nie.� UP-sportbeurse: www.up.ac.za/sport

Die National Student Financial Aid Scheme (NSFAS)� Vir aansoeke en omvattende inligting, besoek www.nsfas.org.za.

Fundi (voorheen bekend as Eduloan)As ’n geregistreerde kredietverskaffer dek Fundi ’n wye verskeidenheid studentverwante benodigdhede soos boeke, toebehore, skootrekenaars, universiteits- en privaat akkommodasie en klasgeld teen ’n vasgestelde maandelikse paaiement. Studente, ouers of voogde kan vir ’n lening aansoek doen, op voorwaarde dat die aansoeker voltyds werksaam is of ’n geregistreerde besigheid het. Vir meer inligting, besoek www.fundi.co.za.

Ander opsies vir beurse� Beurse volgens studierigting: www.gostudy.mobi� The Bursary Register: Kontak [email protected] of +27 (0)11 672 6559

Page 6: Staan sterk as jy die sprong waag! - DuxEdMedia · heel van die begin af, vir die groter persoonlike vryheid wat jy op universiteit het betreffende jou keuses, lewenstyl en handhawing

Spesiale pakketaanbod aan akademiese presteerdersTDie spesiale pakketaanbod aan nuwelingeerstejaarstudente is gebaseer op die akademiese gemiddelde persentasie wat in die finale skooleindeksamen behaal is.

Die spesiale pakketaanbod sluit die volgende in:� Gewaarborgde prestasietoekennings aan studente wat daarvoor

kwalifiseer. � Gewaarborgde toelating tot eerste- of tweedekeuseprogramme (nie-

keuringsprogramme) vir voornemende studente met ’n akademiese gemiddelde persentasie van tussen 75% en 100%, indien die aansoek nie later nie as 1 Mei ontvang word in die jaar wat die studie voorafgaan.

� Gewaarborgde plasing in ’n UP-koshuis aan voornemende studente met ’n akademiese gemiddelde persentasie van tussen 85% en 100%, indien:

- jou aansoek ontvang word nie later nie as 1 Mei van die jaar wat jou studie voorafgaan; en

- jy reeds voorwaardelik tot ’n program toegelaat is.Meer inligting is beskikbaar by www.up.ac.za/fees-and-funding.

Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT)Die Nasionale Normtoets is nie vir alle programme verpligtend nie.

� Registreer by www.nbt.ac.za om die NBT te skryf.� Die NBT-uitslag ondersteun die uitslae van die finale skooleksamen

maar vervang of dupliseer dit nie.� Daar word in die fakulteitsbrosjures by die betrokke programme

aangedui of die NBT vereis word of nie. Gaan na www.up.ac.za/toelatingsinligting > Studie-inligting.

� Die toetse is vertroulik.� Geen vorige toetsvraestelle is beskikbaar nie.

� Die NBT bestaan uit twee komponente: (1) AQL (in Engels Academic & Quantitative Literacy): Akademiese

en Kwantitatiewe Geletterdheid (gekombineer). Kwantitatiewe Geletterdheid is soortgelyk aan Wiskundige Geletterdheid. Die AQL-toets is ook in Braille vertaal.

(2) MAT: Wiskunde.� ’n Lys van al die toetssentrums is beskikbaar op die NBT-webwerf by

www.nbt.ac.za.

Hoe om toegang tot die UP-studenteportaal te kryGaan na www.up.ac.za en klik op ‘MyTUKS Login’.

LET WEL: ’n T-nommer is ’n tydelike nommer en is NIE ’n studentenommer nie. Hierdie T-nommer word aan die begin van die aanlyn aansoekproses uitgereik. ’n Aansoeker sal ’n UP-studentenommer kry binne 10 werkdae nadat sy/haar aansoek suksesvol ingedien is.

Aansoekers sal toegang tot die UP-studenteportaal kry slegs nadat hulle ’n UP-studentenommer ontvang het, bv u18123456.

Klik op die skakel ‘New user’ nadat jy aangeteken het.. � Tik jou gebruikersnaam (‘u’ gevolg deur jou studentenommer) en jou

nasionale ID- of paspoortnommer in. � Klik op ‘Proceed’.

� Tik jou nuwe wagwoord in en bevestig dit in die tweede blokkie. Klik op ‘Proceed’.

� ’n Boodskap verskyn wat jou in kennis stel dat die wagwoord aanvaar is. Klik op ‘OK’.

� ’n Lys uitdaagvrae verskyn; jy mag enige drie hiervan kies om te beantwoord.

� Kies enige drie uitdaagvrae en klik dan ‘Submit’. � Tik jou antwoord op elkeen van die uitdaagvrae in. Klik op ‘Save’. � ’n Boodskap sal verskyn dat jou uitdaagvrae opgestel is. Klik op ‘OK’. � Jy is nou gereed om die UP-studenteportaal te gebruik. � Teken weer aan met jou gebruikersnaam en wagwoord.

Fakulteit Gesondheidswetenskappe Toegevoegdewaarde-vraelysFakulteit Veeartsenykunde Toegevoegdewaarde-vorm

� Hierdie dokumente is op die UP-studenteportaal beskikbaar slegs vir voornemende studente in bogenoemde fakulteite wat aan die minimum toelatingsvereistes voldoen. Besoek die Studenteportaal gereeld vir kennisgewings in hierdie verband.

� Sorg dat jy die toepaslike dokumente voltooi en voor die sperdatum indien. Die fakulteit sal die sperdatum aan studente bekend maak op die UP-studenteportaal onder ‘Communications’.

• Navrae kan gerig word aan [email protected].

UP-studentekontrakVoordat ’n student kan registreer, moet ’n kontrak tussen die student en die Universiteit van Pretoria gesluit word.

� Studente kan die kontrak aanlyn bekom via die UP-studenteportaal by www.up.ac.za > ‘MyTUKS Login.’

� Die kontrak moet aanlyn ingevul word en dan gedruk en geteken word.� Die voltooide en getekende oorspronklike kontrak moet by die

Studentedienssentrum ingehandig word, of dit kan gepos word aan die Studentedienssentrum, Universiteit van Pretoria, Privaatsak X20,

Hatfield, 0028. Die Universiteit van Pretoria aanvaar nie kontrakte wat gefaks, geskandeer of per e-pos gestuur word nie.

� Kyk na die video ‘Hoe om die UP-studentekontrak te voltooi’ by https://youtu.be/OOaHDREGcRg

Oriëntering vir nuwelingeerstejaarstudente

� Die Oriënteringsprogram sal teen die einde van Desember 2018 beskikbaar wees by www.up.ac.za/orientation.

� Die datums vir aanlyn registrasie van eerstejaarstudente sal teen die einde van Desember 2018 gekommunikeer word.

Page 7: Staan sterk as jy die sprong waag! - DuxEdMedia · heel van die begin af, vir die groter persoonlike vryheid wat jy op universiteit het betreffende jou keuses, lewenstyl en handhawing

Die Departement Studentesake (DSS) bied ’n verskeidenheid dienste aan om studente se sukses, leierskap, welsyn en welstand te verbeter. Ons dienste het ’n proaktiewe en programgebaseerde benadering.

DSS bestaan uit vyf eenhede, naamlik Studenteberading, Studentegesondheidsdienste, Studenteregering, Studenteontwikkeling en die Gestremdheidseenheid.

Dit is baie opwindend om vir die eerste keer universiteit toe te gaan, maar dit kan ook intimiderend en selfs uitdagend wees. Dit is ’n tyd van oorgang en groei; dit is ’n tyd waarin jy ’n verskeidenheid bykomende vaardighede gaan verwerf; dit is ’n tyd waarin daar bykomende eise aan jou gestel gaan word.As jy gebruik maak van die programme en dienste wat ons by DSS bied, sal jy nie net bemagtig word nie, maar sal jy ook floreer op universiteit en tydens jou reis as ’n student. Gryp elke geleentheid aan wat jou gebied word!

Jou sukses maak saak vir ons by Studentesake!

Die STARS-mentorskapprogram

Die STARS-program help eerstejaar- studente om sosiaal en emosioneel by die universiteitslewe aan te pas. ’n Eerstejaarstudent wat gementor word, werk saam met ’n mentor (senior student van dieselfde fakulteit en, waar moontlik, dieselfde program) wat op alle vlakke van die studentelewe vir die eerstejaar ondersteuning en leiding kan gee. Jou sukses maak baie saak vir ons!

Eenheid vir Studentegesondheidsdienste

Ons wil hê al ons studente moet gesond en veilig wees. Maak proaktiewe lewenstylkeuses om jou gesondheid en lewenskrag te bewaar. Ons sal jou die hele tyd ondersteun!Alle geregistreerde studente aan UP het toegang tot die dienste wat deur Studentegesondheid gebied word, insluitende MIV-toetsing, in samewerking met die Sentrum vir Seksualiteite, Vigs en Gender (SSV&G). Studentegesondheidsdienste sluit in gratis basiese primêre gesondheidsorgdienste op die Hatfieldkampus elke weeksdag,

en op ’n rotasiegrondslag op UP se ander kampusse. Kliniekpersoneel bestaan uit ‘n professionele verpleegkundige en ’n sessiedokter op spesifieke dae. Die volgende professionele persone is beskikbaar: Mediese dokters Professionele verpleegkundiges Dieetkundiges Optometriste MIV-portuurberaders (of Bevrienders,

wat spesiaal opgeleide SSV&G-vrywilligers is)

Onthou om jou studentekaart saam te bring wanneer jy die kliniek besoek.

deur Dr Matete Madiba

Page 8: Staan sterk as jy die sprong waag! - DuxEdMedia · heel van die begin af, vir die groter persoonlike vryheid wat jy op universiteit het betreffende jou keuses, lewenstyl en handhawing

Studenteberadingseenheid Studenteregeringseenheid

Die lewenspad maak allerlei draaie wat ons lewensverhale kompleks en uitdagend maak. Jy hoef nie in stilte te ly nie. Reik uit na diegene wat steun kan aanbied. Jy het ’n gesonde gemoedstoestand nodig om sukses met jou studie te behaal.

In die een of ander stadium van hul studie vind baie studente dit moeilik om ver van die huis te wees terwyl hulle onafhanklik moet funksioneer en goeie besluite oor hulle studie, lewenstyl, geld en verhoudings moet neem. Vir sommige is dit moeilik om akkommodasie te deel of om te verkeer met mense uit verskillende agtergronde wat heel verskillende menings huldig; ander ondervind akademiese druk, terwyl nog ander probleme ondervind om doeltreffend te leer. Die universiteit kan uitdagend en oorweldigend wees.

Studenteberadingsdienste is ’n eenheid wat sielkundige dienste aanbied wat berading deur beradingsielkundiges, opvoedkundige sielkundiges en kliniese sielkundiges insluit. Hierdie dienste is vertroulik en

gratis vir geregistreerde studente van die Universiteit van Pretoria. Hierdie sessies sal jou help om by die universiteitslewe aan te pas en kan jou help met verhoudingsprobleme of geestesgesondheidskwessies soos angs en depressie.

As jy trauma, ’n beduidende verlies of gesinsprobleme ondervind, word jy aangemoedig om die bekwame personeel van hierdie eenheid te raadpleeg.

Hulle sal jou help om te floreer en weer optimale sielkundige welstand te bereik sodat jy jou Beste Self kan wees!

Jou groei in leierskap maak vir ons saak. Maak seker dat jy aan studenteregeringstrukture deelneem om met ’n beter leierskapsprofiel te gradueer.Die Studenteregeringseenheid is verantwoordelik vir die koördinering en ondersteuning van die aktiwiteite van die Verteenwoordigende Studenteraad (VSR), wat studentesake bestuur en studente in die Universiteit se besluitnemingskomitees en -forums verteenwoordig. Die VSR koördineer ook georganiseerde studentelewe-aktiwiteite en dra studente se behoeftes en belange aan die Universiteitsbestuur oor.

Daar is meer as 120 studenteverenigings waaraan jy kan deelneem!Die VSR het ’n Hulpkantoor, waar studente met die toelatings- en registrasieprosesse gehelp word.

Die Gestremdheidseenheid

Dit is vir die Universiteit van Pretoria belangrik dat studente met gestremdhede in staat gestel moet word om ten volle aan studenteaktiwiteite deel te neem en bydraende lede van die samelewing te word wanneer hulle gradueer.

By UP word studente met gestremdhede nie gemarginaliseer nie – hulle word vanaf die eerste dag ten volle by die studentelewe en ook sosiaal geïntegreer. Hulle word ook toegerus met kennis, vaardighede en geleenthede om by te dra tot ’n samelewing wat omgewingskundige, maatskaplike en ekonomiese welstand beskerm. Hulle het sinvolle toegang tot onderrig- en leeraktiwiteite asook tot buite-kurrikulêre aktiwiteite. Eerstejaar- studente met gestremdhede word in hul aanpassing by die universiteits-omgewing bygestaan deur die gebruik van aanpassingstegnologie, loopbaanbeplanning, studievaardighede,

mentorskap en leierskapontwikkeling. Hulle neem deel aan sport soos krieket vir blindes en rolstoelrugby, en aan verskeie kultuuraktiwiteite.

Hulle word ook bygestaan met kurrikulumontwerp, buite-kurrikulêre aktiwiteite en aanpassing by inligting- en kommunikasietegnologieë. By UP word alle studente met gestremdhede aan Universal Design for Learning se omgewings en aktiwiteite blootgestel.Leergeleenthede buite die klaskamer is net so belangrik soos dié in die klaskamer. Studente met gestremdhede word geleenthede gebied om leierskap- vaardighede te bou, hul kommuni- kasievaardighede te verbeter, vaardig-hede vir kritiese denke te ontwikkel en voorberei om werkgereed te wees.

’n Toep wat studente met visuele gestremdhede in staat sal stel om veilig op die kampus rond te beweeg, word tans deur die Departement Rekenaarwetenskap saam met die Gestremdheidseenheid en die privaat bedryf ontwikkel. By die Universiteit van Pretoria het ons taktiele plaveisel, wat mobiliteit en oriëntasie van studente met gestremdhede verhoog.

Die Gestremdheidseenheid skakel met baie maatskappye om die indiensneembaarheid van gegradueerdes met gestremdhede te verhoog en hulle handhaaf ’n netwerk van kontakte met hoëronderwysinstellings in Suid-Afrika, insluitende tegniese en beroepsonderwys- en opleidingskolleges.

Daar is ’n aanlyninstrument wat toeganklikheid by hoëronderwysinstellings vir studente met gestremdhede karteer. Die doel is om toegang vir studente met gestremdhede te verbeter.

Die Gestremdheidseenheid bied jaarliks die Gauteng Hope School – Mandeville Disability-loopbaanuitstalling aan in samewerking met die Universiteit van die Witwatersrand, en staan leerders by dié skool by. Leerders met gestremdhede van baie skole dwarsoor Gauteng woon hierdie geleentheid by.

By UP het ons ook ’n interaktiewe Gestremdheidsensitiwiteitwerksessie, wat bedoel is om dosente en steun-personeel op te lei en te sensiteer.

Page 9: Staan sterk as jy die sprong waag! - DuxEdMedia · heel van die begin af, vir die groter persoonlike vryheid wat jy op universiteit het betreffende jou keuses, lewenstyl en handhawing

Studenteontwikkelingseenheid

By hierdie eenheid is die fokus op leierskapontwikkeling, afrigting en mentorskap van studente. Ons organiseer en koördineer studentelewe deur verskeie studentekomitees en programme. Aktiewe deelname aan sommige van die aanbiedings van die georganiseerde studentelewe is baie belangrik en studente word aangemoedig om betrokke te raak. Jy kan deelneem aan:

Studentevoeding- en Vorderingsprogram (SNAPP)

Dit gaan alles oor die uitwissing van honger op die kampus. UP se Studentevoeding- en Vorderingsprogram (SNAPP), ook bekend as die UP-voedingskema, steun studente wat finansieel behoeftig is.

Deur SNAPP kry behoeftige studente ’n etetoelae of kospakkies. Honger is een struikelblok wat ons moet verwyder om te verseker dat studente nie gekniehalter word wat die behaling van akademiese sukses betref nie.

VSR-komitees: STUKU (Studente-

kultuurkomitee) TuksJOOL SSK (Studente-

sportkomitee)

Perdeby:

Perdeby is die amptelike studente-koerant en word elke Maandagmiddag gedurende die universiteitstermyn gratis versprei. Word ’n lid van die span!

www.perdeby.co.za

Fakulteitshuise:

Elke fakulteit het ’n fakulteitshuis. Daar word op die handhawing van ’n hoë akademiese standaard gefokus, maar daar is ook talle geleenthede vir sosialisering en pret.

Daghuise:

Studente wat nie in UP-koshuise woon nie, neem aan die Jool, sport, kulturele en sosiale geleenthede deel deur die volgende daghuise: Dregeana Vividusdames Luminous en Docendo

Moet dit nie misloop nie – sluit aan by die huis van jou keuse!Registreer aanlyn: www.up.ac.za/day-houses. Jaarlikse aansluitingsgelde is betaalbaar.

‘Die DSS het my die grootste voorreg gebied, naamlik om as ’n studenteleier te leer en te ontwikkel. Ek het geleer die hoogste diens is om eerstejaarstudente deur STARS-mentorskap te help.’ – Calvin Kuhuni

‘Die belangrikste rede hoekom fakulteitshuise op die kampus nodig is, is omdat hulle die rol van bemiddelaar tussen die bestuur en studente speel. Ek dink om fakulteitshuise die prettige en ondersteunende vriend te noem wat elke student wil hê, is ’n onderbeklemtoning. Hulle is veel meer as dit! Hulle poog om studentekultuur

te verbeter en ’n gevoel van gemeenskaplikheid in die fakulteit te bevorder.’ – Remofilwe Dikoma

‘Fakulteitshuise is die belangrikste skakel tussen studente van ’n fakulteit en die fakulteit self. ’n Fakulteitshuis verstaan die dinamika van die verskillende grade in daardie fakulteit en verseker dus samehorigheid wat sukses fasiliteer. Fakulteitshuise probeer werklik om die beperkings van middelmatigheid af te skud.’ – David Kabwa

Page 10: Staan sterk as jy die sprong waag! - DuxEdMedia · heel van die begin af, vir die groter persoonlike vryheid wat jy op universiteit het betreffende jou keuses, lewenstyl en handhawing

Ontmoet die werwingspan by TUKKIES!Die Werwingsafdeling word gehuisves in die Departement Toelating en

Studenteadministrasie aan die Universiteit van Pretoria.

Skole te besoek

As ambassadeurs die beeld van die Universiteit

van Pretoria uit te bou

Loopbaan- en studieadvies te gee

Verhoudings met skole, ouers, leerders en die breër

samelewing te bou

Studie-inligting in ons teikenmark te versprei

Die primêre verantwoordelikhede van die werwingspan is om:

Wallace Isaacs (Adjunkdirekteur: Studentewerwing, Toelating en Finansiële Hulp vir Studente)

E-pos [email protected]

Die Universiteit van Pretoria is een van die top universiteite in die wêreld en dit is ‘n eer en voorreg om deel van so ‘n uit- stekende instelling te wees. As jy #ChooseUP, sal jy ’n geleent-heid kry om jou akademiese doelwitte te haal en moontlik ’n beduidende verskil in jou eie toekoms en die toekoms van jou gesin, jou gemeenskap en die wêreld te maak.

Cila Myburgh (Direkteur: Toelating en Studenteadministrasie)

UP bly ’n toonaangewende navorsingsintensiewe universiteit in Afrika. Ons verwelkom studente uit uiteenlopende kulture en agtergronde en ons is trots op ons lewendige kultuur onder hulle.

#ChooseUP omdat: UP hoëkwaliteitonderrig bied, wat jou ’n beter kans gee

om na graduering werk te kry; UP goed geplaas is onder universiteite nasionaal en

internasionaal; en UP jou sal help om op tyd te gradueer met #FLY@UP. Anthea Pretorius

(Projekbestuurder: Publikasies)

E-pos [email protected]

Dit is my vreugde en genot om elke jaar ’n verskeidenheid inligtingsprodukte saam te stel oor die uitstekende voorgraadse programme wat ons by die Universiteit van Pretoria aanbied. Ek deel ook stories oor ons studente se verstommende akademiese prestasies en dit wat hulle op die gebied van sport, kultuur en navorsing bereik. Ons foto’s toon ons meelewende personeel en studente, ons pragtige kampusse, geboue en fasiliteite, asook ons talle fasiliteite. Dis ’n slim keuse om te #ChooseUP!

Dr Pieter Clase (Senior Assistentdirekteur: Werwing)

E-pos [email protected]

Passie, harde werk en ’n positiewe houding sal jou ’n trotse gegradueerde van Tukkies maak!

By geselekteerde loop- baanuitstallings teenwoordig

te wees

Oueraande en inligtingsessies by te woon

Akademiese presteerders deur verskeie werwings-

geleenthede te identifiseer

Page 11: Staan sterk as jy die sprong waag! - DuxEdMedia · heel van die begin af, vir die groter persoonlike vryheid wat jy op universiteit het betreffende jou keuses, lewenstyl en handhawing

Martie Kilian(Senior Projekbestuursbeampte) E-pos [email protected]

My verantwoordelikhede sluit in die bestuur van die JuniorTukkie-toep,

webblad, databasis, maandelikse verslagdoening en samestelling van statistieke. Ek is lid van die Publikasiespan wat ’n verskeidenheid voorgraadse publikasies bywerk, en ek is mede-organiseerder van die jaarlikse Skoolleierskonferensie. #ChooseUP en talle nuwe geleenthede wag vir jou!

Eunice Maboitshego (Senior Finansiële Beampte) E-pos [email protected]

My verantwoordelikhede sluit in die doeltreffende operasionele bestuur, administrasie en beheer van finansies en hulpbronne en om te verseker dat finansies

en vervoerhulpbronne beskikbaar is en kostedoeltreffend en behoorlik gebruik word ooreenkomstig finansiële beleid. Ek is geredelik beskikbaar om gepaste finansiële advies aan die hele JT-span te gee wanneer nodig. En as jou toekoms vir jou so belangrik soos finansies is, kies dan #ChooseUP.

Carol Bosch(Senior Administratiewe Assistent) E-pos [email protected]

Ek is die Administratiewe Assistent vir die Werwingspan. Ek bestuur die dagboeke van adviseurs deur afsprake te maak vir kliënte wat met hulle wil konsulteer en maak seker dat hulle loopbaanuitstallings bywoon. Die

doel van ons afdeling is om te verseker dat alle leerders die regte studiekeuses maak en weet hoekom hulle moet #ChooseUP.

Spesialis Senior Studenteadviseurs

Christo le Roux E-pos [email protected]

Kennis bied jou ’n geleentheid om ’n verskil te maak, nie net in jou eie lewe nie maar ook in die lewe van ander. Moet nooit bang wees om foute te maak nie – wees eerder bang om nie te probeer nie!

Jean Thomaïdes E-pos [email protected]

As jy aan ’n wêreldbekende universiteit wil studeer wat internasionaal geakkrediteerde grade bied, hoef jy nie verder te soek nie. #ChooseUP. Dis tog net TUKS of NIKS!

Glynis Nkuna E-pos [email protected]

Dit is die belangrikste jaar in jou akademiese reis. Laat dit saak maak! Benut elke geleentheid wat jou gebied word. Ek gee graag die volgende advies: ‘Werk soos ’n slaaf en leef soos ’n koning.

Johan Kloppers E-pos [email protected]

Berei jouself vir akademiese sukses voor deur jou potensiaal by Tukkies te ontsluit. Kies reg. Kies slim. Kies om wêreldklas te wees. Kies Tukkies!

Neo Letlonkane E-pos [email protected]

Die Universiteit van Pretoria is ’n instelling wat die belange van sy studente eerste stel. Ons poog om studente te help om afgeronde individue te word wat gereed is om die korporatiewe wêreld te betree. Ons help ons studente om hul volle potensiaal

te verwesenlik. Ek is bevoorreg om deel te wees van ’n instelling wat poog om net die beste vir sy studente te bied.

Samuel Mashishi E-pos [email protected]

#ChooseUP vir kwaliteitonderwys wat internasionaal erken word, FLY@UP, gradueer op tyd en reik na die sterre. Doen aansoek vir nagraadse studie sodra jy jou voorgraadse studie voltooi. Soos Nora Roberts gesê het:

‘As jy nie werk vir wat jy wil hê nie, sal jy dit nooit hê nie. As jy nie vra nie, sal die antwoord altyd nee wees, en as jy nie vorentoe tree nie, sal jy altyd op dieselfde plek bly.’

Tebogo Maponya E-pos [email protected]

Die groot aantal loopbaankeuses wat tans tot beskikking van studente is, maak dit noodsaaklik om vooruit te beplan deur die verskillende opsies te bestudeer en uit te vind presies wat gedoen moet word. By UP

spesialiseer ons daarin om vir voornemende studente nuttige en volledige inligting oor geskikte loopbaan- en studiekeuses te gee.

Tembela Mkuyana E-pos [email protected]

Jou Graad 12-sertifikaat is nie net uittrede uit hoërskool nie maar die sleutel tot tersiêre studie en toekomstige akademiese uitnemendheid. Ontsluit jou potensiaal en daag jouself uit om alles te bereik waarvan jy droom. Ek wens jou sukses toe met jou studie en jou toekomstige loopbaan.

Rirhandzu Golele E-pos [email protected]

Die sukses wat jy dwarsdeur jou skoolloopbaan behaal het, moes jou oortuig het dat jy die vermoë en aanpasbaarheid het wat nodig is om in tersiêre studie te slaag. Goeie onderwys verseker ’n beter toekoms vir jouself, jou gesin en jou land. Onderwys

het die mag om die wêreld ’n beter plek te maak deur armoede te verminder, inkomste te verhoog en vrede te bevorder. Ek wens jou alles van die beste toe vir jou studie. (SSA verantwoordelik vir werwing van BVSc- en BVetNurs-studente)

Page 12: Staan sterk as jy die sprong waag! - DuxEdMedia · heel van die begin af, vir die groter persoonlike vryheid wat jy op universiteit het betreffende jou keuses, lewenstyl en handhawing

Die JUNIORTUKKIE-span

Petrus Lombard (Projekbestuurder: JuniorTukkie)

E-pos [email protected]

Die JuniorTukkieklub werf leerders van Graad 9 tot Graad 12 wat groot drome het om deel van die JuniorTukkieklub te word. Die doel is om hulle te help om ingeligte studie- en loopbaankeuses te maak en om hulle vir ’n baie genotvolle en gebalanseerde studentelewe voor te berei. Die JuniorTukkieprogram stel hulle aan verrykingsprogramme bloot en rus hulle toe met vaardighede wat akademiese sukses verseker. JT voorsien voornemende studente van geleenthede nie net om persoonlike en professionele vermoëns te ontwikkel nie, maar ook om ’n suksesvolle oorgang van hoërskool na hoër onderwys te maak. JuniorTukkie, die toekoms behoort aan jou!

Selena Davids (JuniorTukkie-koördineerder: Interne Projekte) E-pos [email protected]

Ek is verantwoordelik vir alle interne JT-projekte, insluitende die Bemagtigingsweek vir Graad 11-leerders, die Voorbereidingskonferensie vir Graad

12-leerders, opedae en die Toppresteerdersfunksies vir Grade 9, 10 en 11. Die JT-studenteambassadeursvereniging, wat omsien na UP-studente van hul eerste tot hul finale jaar, is ook deel van my portefeulje. Ons het in 2018 begin met ’n JT-alumni-afdeling wat daarop fokus om JT-alumni aan te moedig om in die lewens van toekomstige generasies te investeer. Ek geniet dit werklik om met die jeug te werk en leerders en studente te adviseer, te bemagtig en te ontwikkel.

John Madisha(Administratiewe Assistent/Motorbestuurder) E-pos [email protected]

Ek is verantwoordelik vir voorraadbeheer en die hantering van aflewering van inligtings-produkte aan skole. Ek help met alle JT-geleenthede en ek help om leerders na die

verskillende lokale te vervoer en vergesel die JT-ambassadeurs wanneer hulle skole en gemeenskappe besoek.

Nancy Mashele (JuniorTukkie-koördineerder: Eksterne Projekte) E-pos [email protected]

Ek is verantwoordelik vir al die eksterne projekte van JuniorTukkie, veral die korporatiewe maatskaplike investeringsprojekte. Die doel van

die JuniorTukkie/DESA Outreach Kutlwanong, die DESA/JuniorTukkie-uitreikprogram met verskeie KMI-maatskappye, Ignobilis, Kutlwanong LISA-skole, SAICA, ens dwarsoor Suid-Afrika is om leerders te help om aan die lewe na skool te dink en hulle te help met hul aansoeke om aan UP te studeer. ’n Spesiale uitreikprogram is ontwikkel om hulle te help met ’n suksesvolle oorgang van hoërskool na hoër onderwys. JT sal by jou wees op jou reis aan UP tot gradedag.

Themba Maluleka (JuniorTukkie-geleentheidskoördineerder) E-pos [email protected]

Ek is verantwoordelik vir die JT Akademie en die e-leerprogramme in Wiskunde en Fisiese Wetenskap, asook vir die Graad 11-somerskole in Wiskunde en

Fisiese Wetenskap en die Graad 12-winterskole. Ek bestuur die Lectorsa-leesontwikkelingsprogram en die VukaUP-lojaliteitsprogram. Die koördinering van alle JuniorTukkie-geleenthede op die kampus is ook deel van my portefeulje. Ek dink altyd hieraan: Elke persoon na wie jy opkyk, het al meer kere geval as wat jy probeer opstaan het.

To download the JT APP: Go to Apple App store or Google Play Store and search for ‘juniortukkie’. Scan the QR code. Visit www.up.ac.za/juniortukkie > ‘JT APP’ for more information. Forward enquiries to [email protected] or +27 (0)12 420 6486.