pasella recipes

23
Pasella Recipes

Upload: edgar-adonis

Post on 24-Nov-2015

96 views

Category:

Documents

9 download

TRANSCRIPT

  • Pasella Recipes

  • EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

    Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!

    Vetkoek

    1 kg koekmeel e sout 1 pakkie kitsgis (10g) half liter louwarm water

    Meng koekmeel, sout en kitsgis. Voeg water by dro bestanddele en meng goed tot alle bestanddele nat is. Knie tot die deeg elasties is. Laat die deeg 15-30 min staan om te rys. Knie die deeg weer af. Rol uit en sny in stukke (grootte volgens voorkeur). Diepbraai in rook-warm olie tot goudbruin.

    Vetkoek

    Koljander in ons kos Sulke oulike Kollies! Van Rensburg en Hugo 'n wenkombinasie

    Naam:

    Van:

    Epos:

    teken in

    Thu, 19 Jun 2008

    Page 1 of 1www.pasella.com | resepte Vetkoek

    2008/06/19http://www.pasella.com/resepte/849700.htm

  • EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

    Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!

    Chakalaka

    k olie 1 ui, fyngekap 1 e fyngekapte knoffel 12 groensoetrissie, in blokkies gesny 5 wortels, gerasper 1 e masala 1 e rissiepoeier 2 e kerriepoeier 1 blikkies tamatiepasta (125g) (opsioneel) 1 e suiker 1 blikkie baked beans (450g)

    Verhit die olie in pan. Braai die ui, knoffel, soetrissie en wortels tot bruin. Voeg masala, rissiepoeier en kerriepoeier by en meng goed. Roer die suiker (en tamatiepasta as jy dit ook gebruik) by en wanneer die suiker opgelos is, die bone. Nou is dit reg om te bedien saam met vetkoek. NB: Die mengsel moenie kook wanneer die bone ingegooi is nie, dit moet saggies prut totdat dit warm is en dan van die hitte afgehaal word.

    Chakalaka

    Koljander in ons kos Sulke oulike Kollies! Van Rensburg en Hugo 'n wenkombinasie

    Naam:

    Van:

    Epos:

    teken in

    Thu, 19 Jun 2008

    Page 1 of 1www.pasella.com | resepte Chakalaka

    2008/06/19http://www.pasella.com/resepte/849586.htm

  • EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

    Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!

    Risotto (bedien 4)

    1 e olyfolie 2 salotte, fyngekap 1 knoffelhuisie, fyngekap 110 g gerookte spek, fyngekap 175 g arborio (risotto-rys) 425 ml goeie kwaliteit hoenderaftreksel 150 ml witwyn 2 e dubbelroom 2 e pietersielie, fyngekap 1-2 t seekat-ink

    Verhit olie in swaarboompan. Voeg salotte, knoffel en spek by en braai 3-4 minute. Voeg die rys by en meng goed. Voeg eers die witwyn en dan die hoenderaftreksel in klein hoeveelhede by. Roer na elke byvoeging. Hou aan roer totdat die rys goed uitgeswel is, maar steeds al dente (krakerig) is. Dit sal tussen 18 en 20 minute neem. Voeg seekat-ink druppel vir druppel by en toets vir kleur en geur. Voeg sout en peper by indien nodig. Roer die dubbelroom by en strooi pietersielie oor. Bedien onmiddellik

    Risotto

    Koljander in ons kos Sulke oulike Kollies! Van Rensburg en Hugo 'n wenkombinasie

    Naam:

    Van:

    Epos:

    teken in

    Thu, 19 Jun 2008

    Page 1 of 1www.pasella.com | resepte Risotto

    2008/06/19http://www.pasella.com/resepte/825366.htm

  • EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

    Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!

    Bobotie (6 tot 8 individuele porsies)

    Vulsel 450g beesmaalvleis, rou* 1 ui, fyngekap 2 t kerriepoeier t fyn naeltjies 1 t fyngekapte knoffel 1 t borrie klein handjievol pitlose rosyne k vrugteblatjang of soetrissiesous sout en peper na geur Sous 1 eier, liggies geklop k room lourierblare (vars of gedroog) vir garnering

    Voorverhit die oond tot 180 C. Meng al die vulselbestanddele saam. Skep dit in individuele porsies in oondpan wat met gesmeerde bakpapier uitgevoer is. (Jy kan minibroodpannetjies of groot ramekins gebruik). Meng die eier en room goed en bedruip elke porsie ruim daarmee. Garneer elkeen met lourierblaar. Bak vir 40 minute.

    *Jy kan ook gaar maalvleis gebruik. Dit hoef dan nie so lank te bak nie net totdat dit deurwarm is. Probeer ook eers die roumaalvleismengsel bak vir 40 minute, gooi dan die sous oor en bak verdere 10 minute. Dit werk goed as jy jou vulsel vooraf maak en gaarmaak en dan net voordat jy opdien, die sous oorgooi en dit dan weer in die oond druk totdat dit deurwarm is.

    Bobotie

    Koljander in ons kos Sulke oulike Kollies! Van Rensburg en Hugo 'n wenkombinasie

    Naam:

    Van:

    Epos:

    teken in

    Thu, 19 Jun 2008

    Page 1 of 2www.pasella.com | resepte Bobotie

    2008/06/19http://www.pasella.com/resepte/816180.htm

  • EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

    Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!

    Amarula-gegeurde bavarois* (bedien 6)

    1 k melk 3 eiergele 75 g witsuiker 1 e gelatienpoeier geweek in 2 e koue water knippie sout 1 t vanieljegeursel 1 e Amarula-likeur 1 k room, geklop

    Verhit die melk in 'n kastrol tot net warm.Verroom intussen die suiker en eiergele. Voeg dan die warm melk stadig by die eier en suikermengsel. Gooi die eier-melkmengsel terug in die kastrol en kook oor lae hitte terwyl gedurig geroer word. Hou aan totdat dit verdik of 'n dun lagie vorm op die agterkant van die houtlepel. Voeg die gedehidreerde gelatien by die warm mengsel en roer tot opgelos. Meng die sout, vanieljegeursel en likeur by en verwyder van hitte. Verkoel tot dit begin gel en vou dan geklopte room in. Gooi in 6 stolvorms en stol oornag. Om dit uit te haal, druk die onderkant van die vorms vinnig in warm water.

    *Bavarois is 'n nagereg wat gewoonlik bestaan uit eiervla wat met geklopte room gemeng en met gelatien in 'n vorm geset word.

    Amarula-gegeurde bavarois

    Koljander in ons kos Sulke oulike Kollies! Van Rensburg en Hugo 'n wenkombinasie

    Naam:

    Van:

    Epos:

    teken in

    Thu, 19 Jun 2008

    Page 1 of 1www.pasella.com | resepte Amarula-gegeurde bavarois

    2008/06/19http://www.pasella.com/resepte/694786.htm

    Gerookte snoekmousse (bedien 6)

    500 g gerookte snoek 1 e suurlemoensap 1 e gerasperde ui 2 t gekapte dhanja 1 k room, styfgeklop 2 blare gelatien geweek in 2 e koue water sout en wit peper na smaak

    Verwyder die grate van die snoek en vlok die vis. Haal gelatien uit water en druk die oortollige water uit. Voeg die gevlokte snoek en gelatien saam met die res van die bestanddele in 'n voedselverwerker en meng tot glad. Skep die mousse in 'n stolvorm, uitgevoer met plastiek. Plaas oornag in koelkas.

    Gerookte snoekmousse

    Koljander in ons kos Sulke oulike Kollies! Van Rensburg en Hugo 'n wenkombinasie

    Naam:

    Van:

    Epos:

    teken in

    Thu, 19 Jun 2008

    Page 1 of 1www.pasella.com | resepte Gerookte snoekmousse

    2008/06/19http://www.pasella.com/resepte/694702.htm

  • EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

    Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!

    Gesondheidsbrood (maak 2 brode)

    Pasella het in Bethlehem, een van die kouer wintersplekke in die land gaan kuier. Daar het Ena Louw van die Wooden Spoon Restaurant vir Paul gewys hoe om hierdie gesondheidsbrood te maak. Dit is Ena se eie resep, heerlik met vars plaasbotter en konfyt vir die koue winter maande.

    6 k Nutty wheat 1 k koekmeel 1 k rou hawermout 2 t sout 1 liter warm water 1 e heuning 1 e olie 1 pakkie dro kitsgis (10g)

    Voorverhit die oond tot 180 C. Voeg al die bestanddele saam in 'n bak en meng tot 'n gladde deeg vorm. Skep die deeg in twee gesmeerde broodpannetjies en laat dit dan ongeveer een uur in die pannetjies rys op 'n redelike warm plek. Bak een uur in die oond.

    Gesondheidsbrood

    Eko-huise vir natuurlike klimaatbeheer

    Avonturiers met voete van ys(ter) Bibber in Bethlehem? Watwou!

    Naam:

    Van:

    Epos:

    teken in

    Thu, 19 Jun 2008

    Page 1 of 1www.pasella.com | resepte Gesondheidsbrood

    2008/06/19http://www.pasella.com/resepte/615957.htm

  • EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

    Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!

    Lensiekerrie ( bedien 6-8)

    Miriam Misbach, eienares van die Noon Gun Restaurant in die Bo-Kaap het vir Pasella gewys watter geregte mens kan maak met sowel vars as fyn koljander. Vir hierdie lensie- kerrie gebruik sy vars koljanderblare.

    50 ml olie 2 uie, gekap 1 groot tamatie, gekap 2 e gekapte knoffel sout na smaak 1 e suiker 2 t komyn 2 t blaarmasala* 6 heel kerrieblare 2 t borrie 1 bondel vars dhania koljanderblare, gekap** 1 k water 1 pak gekookte bruin lensies (500g) 5 groot wortels, in dik skywe gesny 250 g vars sampioene, in skywe gesny 200 g jong murgpampoentjies, in skywe gesny groot blomkool, gekap rooi soetrissie, gekap geel soetrissie, gekap 1 eiervrug, in blokkies gesny

    Verhit olie en braai die uie oor medium hitte tot sag en bruin. Voeg die tamaties, knoffel, sout, suiker, speserye en koljander by en meng goed. Voeg dan die water by om aanbranding van die speserye te voorkom en braai vir paar sekondes. Voeg nou die lensies en wortels by en kook 30 minute tot die wortels sag is en die geure deurgetrek het. Voeg al die groentes by verlaag die hitte en kook tot dit die gewenste graad van gaarheid bereik het of 10 minute tot sag. Bedien op rys en besprinkel met bietjie koljander as garnering.

    * Masala is 'n geurige mengsel speserye wat in kerrie, breyani en atjar gebruik word. Daar is baie verskillende soorte, insluitende dro en nat masala. Dit is verkrygbaar by meeste supermarkte en speserywinkels.

    ** Dhania is 'n ander naam vir koljander en is 'n standaard bestanddeel in meeste Indiese geregte. Dit kan in saad-, blaar- of takkievorm wees en die sade kan in growwe of fyn poeier gemaal word.

    Lensiekerrie

    Eko-huise vir natuurlike klimaatbeheer

    Avonturiers met voete van ys(ter) Bibber in Bethlehem? Watwou!

    Naam:

    Van:

    Epos:

    teken in

    Thu, 19 Jun 2008

    Page 1 of 1www.pasella.com | resepte Lensiekerrie

    2008/06/19http://www.pasella.com/resepte/558816.htm

  • EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

    Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!

    Samoesas (maak 25 samoesas)

    Pasella het by die Noon Gun Restaurant in die Bo-kaap met koljander gekook. Zainie Misbach, 'n sjef by die restaurant het hierdie samoesas, wat vars koljander gebruik, gemaak.

    250 g maalvleis e fyn borrie e fyn kerrie e komyn e dro koljandersade, fyngemaal e vinkel blaarmasala* dro brandrissies, gekap e knoffel, gekap e gemmer, vars of droog, gekap 1 e sout 1 ui, fyngekap bossie vars dhania koljander, fyngekap** 25 purr deegvelletjies*** deeggom****

    Braai die maalvleis en speserye (behalwe die vars koljander) in 'n groot swaarboomkastrol oor medium hitte tot gaar en krummelrig. Laat die vleis afkoel. Meng die rou uie en vars koljander en voeg saam met die koue vleis. Gebruik 'n teelepel om die samoesapakkies te vul met 2 t van die vleismengsel en seel. So doen mens dit: vou die velletjie purr deeg in jou linkerhand en vou die onderste regterhoek van die velletjie boontoe om 'n driehoek te vorm met skerp punte. Vou die regterkantse oop-sy van hierdie driehoek 'n paar millimeter in om 'n driehoekige pakkie te vorm. Vul hierdie pakkie met 2 t van die vulsel. Vou nou die driehoek van regs na links oor, om 'n pakkie te vorm en herhaal tot die hele velletjie ingevou is. Seel die laaste oop kant, met die deeggom. Druk die twee onderste gedeeltes ligweg saam om die samoesa effens op te pof voor dit diepgebraai word.

    *Masala is 'n geurige mengsel speserye wat in kerrie, breyani en atjar gebruik word. Daar is baie verskillende soorte, insluitende dro en nat masala. Dit is verkrygbaar by meeste supermarkte en speserywinkels.

    **Dhania is 'n ander naam vir koljander en is 'n standaardbestanddeel in meeste Indiese geregte. Dit kan in saad-, blaar- of takkievorm wees en die sade kan in growwe of fyn poeier gemaal word.

    ***Purr deegblare is velletjies samoesadeeg wat beskikbaar is by deli's en speserywinkels.

    ****Deeggom word gemaak van 3 e koekmeel en net genoeg water om 'n taai massa te vorm. Dit word gebruik as 'gom' om die samoesas toe te seel.)

    Samoesas

    Eko-huise vir natuurlike klimaatbeheer

    Avonturiers met voete van ys(ter) Bibber in Bethlehem? Watwou!

    Naam:

    Van:

    Epos:

    teken in

    Thu, 19 Jun 2008

    Page 1 of 2www.pasella.com | resepte Samoesas

    2008/06/19http://www.pasella.com/resepte/558815.htm

  • EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

    Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!

    Hoenderkerrie (bedien 6)

    Hierdie hoenderkerrieresep is nog een van di wat vir Pasella deur Zainie Misbach van die Noon Gun Restaurant in die Bo-Kaap opgedien is. Pasella het gaan uitvind wat om te kook met fyn en vars koljander.

    1 e olie 2 groot uie, fyngekap 1 groot tamatie, fyngekap 1 kg hoender, in blokkies gesny 1 e knoffel, fyngedruk 1 e gemmer, gekap 1 t suiker 1 t fyn koljander 1 t fyn komyn 1 t rooi masala* 1 e borrie sout en peper na smaak 2 koppies water 3 groot aartappels, geskil en in kwarte gesny

    Verhit die olie en braai uie tot gaar. Voeg die tamaties, hoender, en al die speserye by. Braai tot gaar. Voeg 1 koppie water by en prut 5 minute voor die aartappels bygevoeg word. Voeg dan die res van die water by, plaas die deksel op en kook op lae hitte tot die aartappels sag is.

    * Masala is 'n geurige mengsel speserye wat in kerrie, breyani en atjar gebruik word. Daar is baie verskillende soorte, insluitende dro en nat masala. Dit is verkrygbaar by meeste supermarkte en speserywinkels.

    Hoenderkerrie

    Eko-huise vir natuurlike klimaatbeheer

    Avonturiers met voete van ys(ter) Bibber in Bethlehem? Watwou!

    Naam:

    Van:

    Epos:

    teken in

    Thu, 19 Jun 2008

    Page 1 of 1www.pasella.com | resepte Hoenderkerrie

    2008/06/19http://www.pasella.com/resepte/558812.htm

  • EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

    Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!

    Lamsvleisbreyani (bedien 6-8)

    Hierdie lamsvleisbreyani kry sowel fyn as vars koljander in en is dus perfek vir Pasella se insetsel waar ons met die spesery koljander gekook het. Foyzi Taylor van die Noon Gun Restaurant in die Bo-Kaap het vir Charlene gewys hoe om die gereg voor te berei.

    Marinade 2 groen brandrissies, ontpit en fyngekap 1 t borrie 2 t fyn komyn 2 t fyn koljander bossie vars dhania koljander opgekap* 2 t fyn vinkel 1 e breyanimasala** 2 t sout 2 groot tamaties, gerasper 1 koppie Bulgaarse jogurt 1 kg lamsvleis, in blokkies gesny Vleis 30 g botter 3 heel naeltjies 6 stukkies wonderpeper (all spice; pimento) 4 stokkies kaneel 8 peule kardamom 1 groot lourierblaar 1 ster anys 1 koppie olie 3 groot uie, in skywe gesny 1 kg lamsvleis, gemarineer* 2 koppies water Breyani 500 g basmatirys, half gaar gekook ( 5min) 1 t sout 250 g bruin lensies, gekook 6 aartappels, in kwarte gesny en in olie gebraai tot goudbruin 6 hardgekookte eiers, in die helfte gesny 100 g botter, in skywe gesny 15 saffraanhare 2 koppies water Dhay bossie dhaniablare, fyngekap* 1 t suurlemoensap 2 koppies ongegeurde Bulgaarse jogurt 1 e fyn koljander knippie sout 2 e suiker fyngekapte brandrissies, na smaak

    Marinade Meng al die marinadebestanddele saam. Was en dreineer die vleis en bedek met die marinade. Laat staan 3 ure. Vleis Smelt die botter in 'n groot pot en braai die speserye 30 sekondes op lae hitte. Voeg die olie en uie by en smoor op middelmatige hitte tot die uie bruin is. Voeg die gemarineerde

    Lamsvleisbreyani

    Eko-huise vir natuurlike klimaatbeheer

    Avonturiers met voete van ys(ter) Bibber in Bethlehem? Watwou!

    Naam:

    Van:

    Epos:

    teken in

    Page 1 of 2www.pasella.com | resepte Lamsvleisbreyani

    2008/06/19http://www.pasella.com/resepte/558811.htm

  • vleis by en smoor saam met die water tot gaar en sag. Dit sal 30 na 45 minute neem. Verwyder van hitte en hou eenkant. Breyani Gebruik 'n groot pot en voer dit uit met foelie om aanbranding te voorkom. Plaas helfte van die rys in die pot, sprinkel met sout. Plaas die gebraaide vleis- en uiemengsel bo-op die rys gevolg deur die lensies en dan die aartappels. Plaas die res van die rys bo-op, gevolg deur die eiers, botter skywe, saffraan en 500 ml water. Sit die deksel stewig op en kook sowat 45 minute oor lae hitte. Onthou om nie die pot oop te maak voor die kooktyd verby is nie! Dhay*** Meng die dhaniablare en suurlemoensap in 'n bakkie en 2 eetlepels van die jogurt met die koljander in 'n ander bakkie. Meng nou die suurlemoensapmengsel en die koljander-jogurt saam en voeg dan die res van die bestanddele (ook die res van die jogurt) by. Meng goed tot 'n dik maar tog vloeibare massa. Melk kan bygevoeg word as die mengsel te dik is. Plaas in klein melkbekertjies en hou in die yskas tot opdiening. Bedien saam met die breyani.

    * Dhania is 'n ander naam vir koljander en is 'n standaard bestanddeel in meeste Indiese geregte. Dit kan in saad-, blaar- of takkievorm wees en die sade kan in growwe of fyn poeier gemaal word.

    **Masala is 'n geurige mengsel speserye wat in kerrie, breyani en atjar gebruik word. Daar is baie verskillende soorte, insluitende dro en nat masala. Dit is verkrygbaar by meeste supermarkte en speserywinkels.

    *** Dhay is 'n jogurt wat saam met breyani geregte bedien word.

    Thu, 19 Jun 2008

    Page 2 of 2www.pasella.com | resepte Lamsvleisbreyani

    2008/06/19http://www.pasella.com/resepte/558811.htm

  • EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

    Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!

    Daltjies (chilly bites) (maak 25 daltjies)

    Daltjies,'n tradisionele Maleisiese gereg, is vir Pasella gemaak deur Zainie Misbach van die Noon Gun Restaurant in die Bo-Kaap. Pasella het gaan kook met die spesery en krui, koljander, en daltjies is een van die geregte wat gemaak is.

    1 mediumgrootte ui, fyngekap 10 takkies vars dhania koljander, fyngekap* 3 groot spinasieblare, fyngekap 1 koppie selfrysmeel 1 koppie ertjiemeel** 1 e bakpoeier 1 t sout 1 t fyn borrie 1 t fyn komyn 1 t rooi masala*** t dro of vars rissies, gekap 1 eier koppie water olie vir diep braai

    Meng al die dro bestanddele en speserye saam. Voeg die eier by en roer goed terwyl die water stadig bygevoeg word. Roer tot dit 'n drupbare dikte bereik, nog water kan bygevoeg word indien nodig. Vul 'n 3cm-diep pannetjie met olie en verhit. Skep die deeg lepelsgewys in die warm olie en braai oor medium hitte tot goudbruin en gaar.

    * Dhania is 'n ander naam vir koljander en is 'n standaard bestanddeel in meeste Indiese geregte. Dit kan in saad-, blaar- of takkievorm wees en die sade kan in heel of as fyn poeier gekoop word.

    ** Ertjiemeel word gemaak van dro ertjies en is beskikbaar by speserywinkels. As alternatief kan channa-meel gebruik word. Dit word gemaak van 'n witter ertjie of lensie en is ook beskikbaar by speserywinkels.

    *** Masala is 'n geurige mengsel speserye wat in kerrie, breyani en atjar gebruik word. Daar is baie verskillende soorte, insluitende dro en nat masala. Dit is verkrygbaar by meeste supermarkte en speserywinkels.

    Daltjies (chilly bites)

    Eko-huise vir natuurlike klimaatbeheer

    Avonturiers met voete van ys(ter) Bibber in Bethlehem? Watwou!

    Naam:

    Van:

    Epos:

    teken in

    Thu, 19 Jun 2008

    Page 1 of 1www.pasella.com | resepte Daltjies (chilly bites)

    2008/06/19http://www.pasella.com/resepte/558809.htm

  • EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

    Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!

    Melktert (maak 2 terte)

    Melktert loop al 'n lang pad in die Suid Afrikaanse geskiedenis en volgens Niel Els hoofbestuurder van Boschendal Restaurante is dit ook een van gunsteling nageregte wat in die 19de eeu gemaak is. Dit is saam met ander soetgoed opgedien tydens Pasella se 19de eeuse onthaal.

    150 g blaardeeg 60 g botter 1 liter melk 2 kaneelstokkies 6 eiers, geskei 4 e mielieblom 2 e koekmeel 6 e suiker 1 t vanieljegeursel kaneelsuiker as garnering

    Verhit die oond na 180 C. Rol die blaardeeg 3 mm dik uit en voer twee ronde pasteihouers met 'n deursnee van 20 cm elk daarmee uit. Prik die bodem 'n paar keer met 'n vurk en verkoel dan goed. Plaas die botter, melk en kaneelstokkies in 'n pan en bring tot kookpunt. Verwyder van hitte en verwyder dan ook die kaneelstokkies. Plaas die eiergeel, koringmeel, koekmeel, suiker en vanielje in 'n bak en meng tot 'n deeg. Voeg dan stadig die melkmengsel by die deeg en meng om 'n vla te vorm. Klits die eierwitte tot sagtepunt en vou in die vlamengsel in. Gooi die mengsel in die twee verkoelde pasteihouers en bak 30 min tot goudbruin bo-op. Besprinkel met kaneelsuiker en bedien.

    Melktert

    Koljander in ons kos Sulke oulike Kollies! Van Rensburg en Hugo 'n wenkombinasie

    Naam:

    Van:

    Epos:

    teken in

    Thu, 19 Jun 2008

    Page 1 of 1www.pasella.com | resepte Melktert

    2008/06/19http://www.pasella.com/resepte/520978.htm

  • EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

    Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!

    Kweperkonfyt (maak 220g)

    Malin Clayton van Cotage Fromage het hierdie tradisionele kweperkonfyt vir Pasella se 19de eeuse onthaal gemaak. In daai dae was daar nie yskaste om bestanddele vars te hou nie en daarom is vrugte op hierdie manier bewaar wanneer daar 'n oorvloed was. Dit gaan perfek saam met barmbrood en bokmelkkaas.

    500 g kweper, geskil en in stukke gesny water, vir kook van kwepers 200 g suiker 1 suurlemoen, versap 1 lemoen, versap steranys, een vir elke kweper*

    Kook die kwepers in water tot dit sag is. Dreineer en voeg die suiker, suurlemoensap, lemoensap en steranys by. Laat toe om 2-3 ure teen baie lae hitte te prut tot die kweper diep-oranje in kleur is en die stroop dik is. Gooi in gesteriliseerde bottel en bedek met suikerstroop.

    * Omdat steranys 'n sterk smaak het, kan dit bygevoeg word volgens jou voorkeur, maar in hierdie resep is ongeveer een steranys per kweper wat gebruik word bygevoeg.

    Kweperkonfyt

    Eko-huise vir natuurlike klimaatbeheer

    Avonturiers met voete van ys(ter) Bibber in Bethlehem? Watwou!

    Naam:

    Van:

    Epos:

    teken in

    Thu, 19 Jun 2008

    Page 1 of 1www.pasella.com | resepte Kweperkonfyt

    2008/06/19http://www.pasella.com/resepte/520976.htm

  • EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

    Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!

    Appeltert (maak 1 tert)

    Vir die 19de eeuse onthaal wat Pasella gehou het, het Niel Els die hoofbestuurder van Boschendal Restaurante hierdie heerlike tradisionele nagereg opgedien.

    300 g soet tertdeeg* 500 g geskilde 'golden delicious' appels, stronk verwyder en in kwarte gesny 4 eiergele 90 g suiker 2 druppels vanieljegeursel 4 knippies kaneel 200 ml room

    Voorverhit die oond tot 215 C. Smeer 'n tertbord van 26 cm in deursnee, met 'n bietjie botter. Rol die soet tertdeeg 3 mm dik uit, sny in 'n 30 cm-sirkel en voer die tertbord daarmee. Sny elke appelkwart in 4 snye en plaas eweredig oor die deeg. Begin aan die buitekant en laat die snye effens oorvleuel. Bak 15 minute. In die tussentyd, meng die eiergeel, suiker, vanielje en kaneel baie goed. Klop die room tot styf en vou in saam met die eiergeel-mengsel. Bedek dan die gebakte appel en deeg met die eiermengsel en bak 'n verdere 35 minute of tot die appels sag is. Bedien warm net so, saam met room of vanieljeroomys.

    *Soet tertdeeg (maak 500 g)

    125 g sagte botter 90 g strooisuiker 1 eier 250 g koekmeel 2 knippies sout

    Room die botter en suiker tot lig en donsig. Voeg die eier by en meng 30 sekondes. Voeg dan die meel en sout by en meng tot 'n dro deeg vorm. Verkoel tot benodig.

    Appeltert

    Koljander in ons kos Sulke oulike Kollies! Van Rensburg en Hugo 'n wenkombinasie

    Naam:

    Van:

    Epos:

    teken in

    Thu, 19 Jun 2008

    Page 1 of 1www.pasella.com | resepte Appeltert

    2008/06/19http://www.pasella.com/resepte/520775.htm

  • EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

    Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!

    Appel-en-vanielje-margarita (maak 1)

    Bestanddele: 1 handvol gerasperde appel 1 kroeglepel* of teelepel vanieljesuiker** 2 sopies tequila 1 sopies cointreau (lemoenlikeur) 1 sopies lemmetjiesap

    Metode: Druk die skemerkelkglasie se rand in sout (sit bietjie suurlemoensap in 'n piering en 'n bietjie sout in 'n ander. Rol die raam van die skemerkeltjieglas liggies eers in die suurlemoensap en dan in die sout).

    Voeg al die bestanddele in 'n skudbottel met ys en skud goed. Gooi die drankie deur dun siffie en gooi dit in die glasie. Garneer die drankie met 'n stukkie lemmetjieskil.(Dit word tradisioneel met suurlemoen of lemmetjiewiel gegarneer.)

    *'n kroeglepel is min of meer die grootte van 'n teelepel maar het 'n langer steel. **Maak vanieljesuiker deur n vanieljepeul in n potjie met suiker te sit. Sit n deksel op en laat dit n paar dae staan om die geur goed te laat intrek.

    Don Julio uit die oude doos (maak 1)

    Bestanddele: 1 kroeglepel* of teelepel suiker 'n paar druppels bitters 2 sopies tequila stukkie lemoenskil

    Metode: Plaas suiker en bitters in glas en meng totdat die suiker opgelos is. Voeg 'n bietjie van die tequila by en roer tot goed gemeng. Voeg 'n paar blokkies ys by die tequilamengsel en hou aan roer. Volg die laaste twee stappe totdat die volle 2 sopies tequila gebruik is dit neem sowat 5 minute om die perfekte Don Julio uit die oude doos te maak!

    Vul die drankie met ys nadat dit goed gemeng is. Vat stukkie lemoenskil en vee dit om die rand van die glas. Die skil se olie gee die drankie aangename lemoengeur en reuk. Gooi dan die skil in die drankie as garnering.

    *'n kroeglepel is min of meer die grootte van 'n teelepel maar het 'n langer steel.

    Granaat-kosmopolitaan (maak 1)

    Skemerkelkies

    Koljander in ons kos Sulke oulike Kollies! Van Rensburg en Hugo 'n wenkombinasie

    Naam:

    Van:

    Epos:

    teken in

    Thu, 19 Jun 2008

    Page 1 of 2www.pasella.com | resepte Skemerkelkies

    2008/06/19http://www.pasella.com/resepte/459535.htm

  • Bestanddele: 1 sopies vodka 1 sopies cointreau (lemoenlikeur) 2 sopies granaatsap lemmetjiekonsentraat stukkie lemoenskil

    Metode: Meng die vodka, cointreau, granaatsap en lemmetjiekonsentraat in 'n skudbottel en skud met mening. Gooi die mengsel deur 'n siffie en dan in 'n mooi glas. Sny 'n stukkie lemoenskil van die vrug af en verhit die skil met aansteker. Terwyl die vlam brand druk die olie oor die drankie uit. Dit sal so effense vonkie maak. Smeer die skil aan die rand van die glas en gooi in die drankie as garnering.

    Page 2 of 2www.pasella.com | resepte Skemerkelkies

    2008/06/19http://www.pasella.com/resepte/459535.htm

  • EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

    Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!

    Gebakte sjokoladepoeding (bedien 6)

    Carol Weideman, van die L'Olive Restaurant in Stellenbosch het hierdie nagereg vir Pasella opgedien. Carol, al 'n ou hand in die kombuis is ook 'n dosent by die Institute of Culinary Arts en het vir Pasella wenke gegee oor hoe om oorskietbrood in blink geregte te omskep.

    Sjokoladevla* 1 dag oue brood , in dik snye gesny en korsies afgesny 1-2 pakkies sjokoladelekkers**, van jou keuse

    Verhit die oond tot 180 C. Berei 6 oondvaste bakkies voor deur dit met botter te smeer. Week die snye brood in sjokoladevla en voer dan elke bakkie uit met die geweekte snye brood. Plaas een of twee sjokoladelekkertjies in die middel van die broodbakkie en plaas 'n brooddekseltjie bo-op elk. Bak 10 minute in bain-marie in die oond tot gestol. Verwyder uit die oond, keer uit en bedien dadelik.

    *Sjokoladevla

    2 koppies volmelk 80 - 100 g donker sjokolade, gekap 5 eiergele 60 g strooisuiker 1 t vanieljegeursel

    Verhit die melk tot net voor kookpunt. Voeg die gekapte sjokolade by die melkmengsel en roer tot die sjokolade gesmelt is. Klits intussen die eiergele en suiker saam tot lig en donsig. Voeg die melk- en sjokolademengsel geleidelik by en meng goed. Giet die mengsel weer terug in 'n skoon kastrol en verhit oor lae hitte. Roer deurentyd tot die sous begin verdik. Verwyder van die hitte, en hou aan roer tot die sous begin afkoel. Voeg die vanieljegeursel by. Moenie die sous oorverhit nie, dit skif baie maklik.

    **Carol gebruik sjokoladelekkers met 'n toffie in die middel.

    Gebakte sjokoladepoeding

    Koljander in ons kos Sulke oulike Kollies! Van Rensburg en Hugo 'n wenkombinasie

    Naam:

    Van:

    Epos:

    teken in

    Thu, 19 Jun 2008

    Page 1 of 1www.pasella.com | resepte Gebakte sjokoladepoeding

    2008/06/19http://www.pasella.com/resepte/247166.htm

  • EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

    Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!

    Paasbolletjie brood-en-botterpoeding (bedien 6)

    6 paasbolletjies 50 g sagte botter 75 g appelkooskonfyt 2 eiers 1 k melk 1 k room 160 ml versiersuiker 1 t vanieljegeursel

    Voorverhit oond tot 160 C. Sny paasbolletjies in 3 snye horisontaal. Smeer elke sny met sagte botter en appelkooskonfyt. Plaas paasbolletjiesnye een vir een in oondvaste koppies, sodat daar op die einde een hele paasbolletjie in elke koppie is. Maak seker die kruis van die paasbolletjie is bo-op. Berei die eiervla deur eiers, melk, room en versiersuiker saam te klits. Gooi oor paasbolletjies in koppies en laat toe om ongeveer 45 minute te staan voordat dit gebak word. Bak 35 minute in 'n kookwater-waterbad in voorverhitte oond of net tot gestol. Sprinkel versiersuiker oor volgens smaak en bedien.

    Paasbolletjie brood-en-botterpoeding

    Koljander in ons kos Sulke oulike Kollies! Van Rensburg en Hugo 'n wenkombinasie

    Naam:

    Van:

    Epos:

    teken in

    Thu, 19 Jun 2008

    Page 1 of 1www.pasella.com | resepte Paasbolletjie brood-en-botterpoeding

    2008/06/19http://www.pasella.com/resepte/240834.htm

  • EPISODES AANBIEDERS RESEPTE AGTER DIE SKERMS DOEN-DIT-SELF KONTAK TUIS

    Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermo om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!

    Wortel- en malavalekkerkolwyntjies (bedien 12)

    Kolwyntjies 200 g koekmeel 125g bruinsuiker 25 g gouestroop 50 g gerasperde wortel 125 g sagte botter k volroom melk 2 t bakpoeier 2 eiers 2 ml sout 10ml bakpoeier 100 g malvalekkers, gekap

    Versiersel 200 g versiersuiker 125 g sagte botter 1t vanielje-ekstrak 2 ml sout

    Kolwyntjies Voorverhit die oond na 180C. Plaas al die bestanddele in die mengbak van voedselverwerker en meng paar sekondes op lae spoed. Verhoog die spoed en klop die mengsel ongeveer 2 minute. Plaas 12 papierkoppies in muffinpannetjies en skep deegmengsel in. Druk drie stukkies gekapte malvalekkers in elke degie. Bak 18 minute. Laat afkoel op draadrak.

    Versiersel Klop al die bestanddele saam tot glad en romerig. Versier die afgekoelde kolwyntjies en gebruik klein eier-lekkertjies vir verdere versiering as jy wil.

    Wortel- en malavalekkerkolwyntjies

    Koljander in ons kos Sulke oulike Kollies! Van Rensburg en Hugo 'n wenkombinasie

    Naam:

    Van:

    Epos:

    teken in

    Thu, 19 Jun 2008

    Page 1 of 1www.pasella.com | resepte Wortel- en malavalekkerkolwyntjies

    2008/06/19http://www.pasella.com/resepte/216516.htm