preekriglyne – vir eredienste · web viewgeweldige trauma of lyding kan 'n godsverduistering...

22
Johannes 13: 31-35 - Vyfde Sondag van Paastyd - 24 April 2016 1 Oorsig..........................................................1 1.1 Ander tekste................................................2 1.2 Fokusteks: Johannes 13:31-35................................3 1.3 Eksegetiese opmerkings......................................3 1.4 Ekstra stof.................................................4 1.4.1 Johannes 13:31–14:31 – Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle lief gehad het............................................4 2 Erediens........................................................5 2.1 Tema........................................................5 2.2 PowerPoint agtergrond.......................................5 2.3 Liturgie....................................................6 3 God nooi ons uit en ons kom tot rus.............................6 3.1 Rus.........................................................6 3.2 Liedere.....................................................7 4 God praat met ons en ons luister...............................10 4.1 Familie-oomblik............................................10 4.2 Preekriglyn................................................10 5 God stuur ons om te leef.......................................14 6 Volgende erediens..............................................14 1 Oorsig Van hierdie week af is die res van die seisoen se sleuteltekste uit Johannes. Jesus berei sy dissipels voor vir die aangaan met sy werk 1

Upload: others

Post on 06-Mar-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewGeweldige trauma of lyding kan 'n Godsverduistering oor mens bring. Ons moenie vinnig wees om mense wat van Jesus wegdraai te veroordeel

Johannes 13: 31-35 - Vyfde Sondag van Paastyd - 24 April 2016

1 Oorsig.............................................................................................................................................1

1.1 Ander tekste..........................................................................................................................2

1.2 Fokusteks: Johannes 13:31-35..............................................................................................3

1.3 Eksegetiese opmerkings........................................................................................................3

1.4 Ekstra stof.............................................................................................................................4

1.4.1 Johannes 13:31–14:31 – Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle lief gehad het................4

2 Erediens..........................................................................................................................................5

2.1 Tema.....................................................................................................................................5

2.2 PowerPoint agtergrond.........................................................................................................5

2.3 Liturgie..................................................................................................................................6

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus..............................................................................................6

3.1 Rus........................................................................................................................................6

3.2 Liedere..................................................................................................................................7

4 God praat met ons en ons luister.................................................................................................10

4.1 Familie-oomblik...................................................................................................................10

4.2 Preekriglyn..........................................................................................................................10

5 God stuur ons om te leef..............................................................................................................14

6 Volgende erediens........................................................................................................................14

1 OorsigVan hierdie week af is die res van die seisoen se sleuteltekste uit Johannes. Jesus berei sy dissipels voor vir die aangaan met sy werk na sy hemelvaart. In hierdie Sondag se teks, is dit Johannes se vertelling van Jesus se gee van die liefdesgebod.

Ander tekste: Handelinge 11:1-18; Psalm 148; Openbaring 21:1-6.

Die Openbaring- en Handelingeteks volg op die vorige Sondag s'n met hulle onderskeie storielyne vir die seisoen met die opgestane Jesus as fokus.

Die Openbaringteks beskryf die nuwe hemel en aarde waar God nou self by God se mense woon en die Handelingeteks gaan voort met Petrus se getuienis – hierdie keer aangaande dit wat God rein en onrein verklaar.

1

Page 2: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewGeweldige trauma of lyding kan 'n Godsverduistering oor mens bring. Ons moenie vinnig wees om mense wat van Jesus wegdraai te veroordeel

1.1 Ander tekstePsalm 148

Sy Naam alleen is hoog verhewe

148 Prys die Here! Prys die Here vanuit die hemele, prys Hom in die hoë hemel! 2Prys Hom, alle engele, prys Hom, alle hemelwesens! 3Prys Hom, son en maan, prys Hom, alle sterre! 4Prys Hom, hoogste hemele, en waters in die hoë hemelruim! 5Laat hulle die Naam van die Here

prys, want Hy het beveel

en hulle is geskep; 6Hy het hulle vir altyd

hulle vaste plek gegee, vir hulle ’n orde neergelê

waarbuite hulle nie kan beweeg nie.

7Prys die Here van die aarde af, seediere en al die oseane, 8weerlig en hael, sneeu en miswolke,stormwind wat sy opdrag gehoorsaam, 9berge, al die heuwels, vrugtebome, al die seders, 10wilde diere, al die vee, al wat kruip of vlieg, 11konings van die aarde, alle volke, vorste, alle regeerders van die aarde, 12jong manne en meisies, grysaards saam met seuns! 13Laat hulle die Naam van die Here

prys, want sý Naam alleen is hoog verhewe, sy majesteit strek oor die aarde

en oor die hemel. 14Hy het aan sy volk mag gegee. Dit is die roem

van al sy troue dienaars, die Israeliete,

die volk naby wie Hy is. Prys die Here!

2

Page 3: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewGeweldige trauma of lyding kan 'n Godsverduistering oor mens bring. Ons moenie vinnig wees om mense wat van Jesus wegdraai te veroordeel

Handelinge 11:1-18

Petrus verantwoord hom voor die gemeente in Jerusalem

11 Die apostels en die ander gelowiges in Judea het gehoor dat mense wat nie Jode is nie, ook die woord van God aangeneem het. 2Toe Petrus dan in Jerusalem kom, het die Joodse gelowiges hom verwyt: 3“Jy het mense besoek wat nie besny is nie en het selfs saam met hulle geëet.”4Petrus het toe vir hulle alles mooi uiteengesit: 5“Ek was in Joppe besig om te bid toe ek in geesvervoering ’n gesig gesien het,” het hy gesê. “Ek het iets soos ’n groot doek wat aan sy vier punte neergelaat word, uit die hemel sien afkom, en dit het tot by my gekom. 6Toe ek goed daarna kyk, sien ek daarin viervoetige diere van die aarde, wilde en kruipende diere, en wilde voëls. 7Ek het toe ’n stem gehoor wat vir my sê: ‘Kom, Petrus, slag en eet.’8Maar ek het geantwoord: ‘Nooit nie, Here! Ek het nog nooit my mond aan iets gesit wat onrein of onheilig is nie.’9’n Tweede keer het ek die stem uit die hemel gehoor: ‘Wat God rein verklaar het, mag jy nie onrein ag nie.’10Dit het drie keer gebeur, en daarna is alles weer in die hemel opgetrek.11“Terselfdertyd het daar drie mans wat van Sesarea af na my toe gestuur is, by die huis aangekom waar ons tuis was. 12Die Gees het vir my gesê dat ek nie moet aarsel om saam met hulle te gaan nie. Ek en hierdie ses broers is toe saam met hulle, en ons het in Kornelius se huis ingegaan. 13Hy het vir ons vertel hoe hy die engel in sy huis sien staan het, wat vir hom gesê het: ‘Stuur iemand na Joppe toe en laat vir Simon daar haal wat ook Petrus genoem word. 14Hy het ’n boodskap vir jou waardeur jy gered sal word, jy en jou hele huisgesin.’15“Skaars het ek begin praat, of die Heilige Gees kom op hulle net soos op ons in die begin. 16Toe dink ek aan die woorde wat die Here gesê het: ‘Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word.’ 17Hulle het net soos ons in die Here Jesus Christus geglo, en God het aan hulle ook dieselfde gawe as aan ons gegee. Wie was ek dan om God te probeer verhinder?”18Toe die gelowiges dit hoor, was hulle tevrede. Hulle het God geprys en gesê: “God het selfs mense wat nie Jode is nie, tot inkeer gebring om aan hulle die lewe te gee.”

Openbaring 1:4-8

1.2 Fokusteks: Johannes 13:31-35Jesus se heengaan is naby

31Toe Judas uit is, sê Jesus: "Nou word die Seun van die mens verheerlik, en God word deur Hom verheerlik. 32En aangesien God deur Hom verheerlik word, sal God self Hom ook verheerlik; en Hy sal Hom binnekort verheerlik. 33My kinders, Ek is nog net 'n klein rukkie by julle. Dan sal julle My soek, en soos Ek vir die Jode gesê het, sê Ek nou vir julle ook: Waar Ek heen gaan, kan julle nie kom nie. 34Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. 35As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is."

1.3 Eksegetiese opmerkingsBybel-Media se Woord en Fees bevat volledige eksegetiese inligting oor die teks. Bestel by www.bmedia.co.za .

Meegaande preek verwerk insigte en formulerings uit Woord en Fees.

3

Page 4: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewGeweldige trauma of lyding kan 'n Godsverduistering oor mens bring. Ons moenie vinnig wees om mense wat van Jesus wegdraai te veroordeel

1.4 Ekstra stofDie eerste deel van die Johannes evangelie se fokus was op die publieke bediening van Jesus waarin Hy sewe wondertekens gedoen het wat onomwonde sy ware identiteit as die Seun van God openbaar het, en dit binne die konteks van die Joodse feeste.

Hoofstuk 13 begin die tweede deel van die Johannes evangelie waar die fokus gaan val op die persoonlike bediening van Jesus aan sy dissipels wat uitmond in sy verheerliking deur sy lyding, kruisdood en opstanding as publieke getuienis aan die wêreld binne die konteks van Jesus se bywoning van sy laaste Paasfees.

Dit word in 5 dele vertel, voor die kruisigingsverhaal aan die orde kom:

Johannes 13:1–30 – Jesus wat die voete van sy dissipels was en wys hoe ware gemeenskap werk, en tegelykertyd vir Judas as Sy verraaier uitwys;

Johannes 13:31–14:31 – Jesus wat sy dissipels verder en baie persoonlik onderrig dat Hy die weg, die waarheid en die lewe is;

Johannes 15:1–26 – Jesus wat hulle innooi in 'n diep gemeenskap met Hom as die ware wynstok;

Johannes 16:1-33 – Jesus wat die werk van die Heilige Gees as voortsetting van sy eie bediening verkondig;

Johannes 17:1–26 – Jesus se gebed vir sy dissipels om in 'n diep eenheid met God en met mekaar te leef.

Hoofstuk 13:1-30 beslaan twee hoofdele:

Jesus wat die Paasfees met sy dissipels vier en hulle wys hoe gemeenskap werk deur die voetewas simboliek – 13:1-17, en

Judas wat as Jesus se verraaier aangewys word – 13:18-30.

Dit tref 'n mens dat Judas tot op die einde nog kans gehad het om tot inkeer te kom. Dit tref my ook dat Jesus se beheer nie die een van magsvertoon is nie, maar van doelbewuste onderwerping aan vernedering.

Dan begin 'n volgende hoofdeel, waarin ons teks voorkom:

1.4.1 Johannes 13:31–14:31 – Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle lief gehad het

Jesus sluit aan by die aanwysing van Judas as sy verraaier en intensiveer sy gesprek met die oorblywende dissipels, waarskynlik in die eerste plek om hulle geloof te versterk, en hulle te verseker dat dieselfde lot hulle nie sal tref as vir Judas nie:

Liefde vir mekaar sal dissipels se uitstaande kenmerk wees (in teenstelling met Judas) – 13:31-35;

Hierdie liefde sal onder druk kom – soos in die geval van Petrus vir Jesus (Joh 18:25–27) – maar uiteindelik seëvier – 13:36-38;

4

Page 5: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewGeweldige trauma of lyding kan 'n Godsverduistering oor mens bring. Ons moenie vinnig wees om mense wat van Jesus wegdraai te veroordeel

Jesus gaan na sy Vader toe en word daardeur die weg en die waarheid en die lewe vir elkeen wat in Hom glo – 14:1-14;

Jesus gee hulle die Heilige Gees waardeur God self by hulle Sy intrek sal neem – 14:15-31.

13:31-35 en 36-38: Die punt van hierdie hele gesprek van Jesus is dat liefde bo-oor alles geskryf moet staan. Dit moet die uitstaande kenmerk van 'n dissipel van Jesus wees. Dit moet alles deursuur wat ons doen en sê. Daar moet niks in die pad staan van 'n lewe in liefde nie. En dit beteken, in die konteks van Jesus se naderende dood, dat 'n mens selfs bereid moet wees om jou lewe vir ander af te lê. Dit is ook die punt wat later in hoofstuk 17 oor eenheid gemaak sal word – niks mag in die pad van die eenheid staan nie. En niks mag in die pad van liefde staan nie.

Let ook op dat die nuwe gebod wat Jesus vir hulle gee – dat hulle mekaar so lief moet hê soos wat Hy hulle het – in die konteks van beide die verraad van Judas en die verloëning van Petrus gedoen word. Dat dié liefde moet wees soos Jesus dit gedemonstreer het, is die nuwigheid van hierdie liefde, aangesien liefde vir die naaste natuurlik van die begin af deel van die gelowige reaksie op God se werk was (Lev 19:18).

Dit sê vir 'n mens dat liefde 'n keuse is wat jy maak, al stel ander jou teleur (Judas) of al stel jy ander teleur (Petrus). Judas kom nie tot inkeer ná sy verraad nie, hy kies teen die liefde, selfs teen die genade, en word verwerp. Petrus aanvaar egter die hand van genade wat na hom uitgesteek word na sy verloëning (Joh 21:15-21 – en let op dat Jesus Petrus spesifiek uitvra oor sy liefde vir hom!), en word herstel in geloof en selfs die leiersposisie wat hy beklee het. En op die koop toe vervul hy uiteindelik die belofte wat hy hier maak, dat hy sy lewe sal aflê vir Jesus, wanneer hy ook aan 'n kruis sterwe aan die einde van sy lewe.

2 Erediens

2.1 Tema

2.2 PowerPoint agtergrondGrafika is die eiendom van Chris Krűg met die titel “love one another”. Kopiereg word gereël deur Creative Commons en laat plasing sowel as redigering toe. Dit is beskikbaar by

https://www.flickr.com/photos/kk/30937036/in/photolist-bvRd5z-8zDRKP-7No2Am-3Jyvb-bGxm4v-nUqdrv-zog8e-dYicHT-azLuoG-qtisv6-8KpKJT-ggTpq-bwRvRw-hKWoVu-a5oF29-5eAbe6-dYZfUm-do7hkA-nBVP4d-dWpD8t-615ZdR-4d9Aqw-7dYcvC-5YSeRa-eaRRsJ-29PfhW-azLyt5-8q1ivA-aZK8D8-bze724-YWyeD-effb8S-bjWQDC-9BzKaY-7P45yi-dYwyL-888RWV-691U1X-nUmBMW-7ZDa4-aWudL6-5For6s-cUSMgA-nSmQBN-dxW7rq-3nmwLM-6WKm5N-bUjcrn-sUMjx-61SYNa

5

Page 6: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewGeweldige trauma of lyding kan 'n Godsverduistering oor mens bring. Ons moenie vinnig wees om mense wat van Jesus wegdraai te veroordeel

2.3 LiturgieToetredeLied 526 Waar daar liefde is ofF21. In Die Hemel Is Die Heer [baie bekend] http://flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F021

Votum(Openbaring 21:1-5)

Seëngroet

LofsangPsalm 148 [Leesrooster Psalm] ofLied 602 Ek sien ‘n nuwe hemel kom [Leesrooster teks] ofLied 168 Heilige Jesus ofVONKK 5 Vreugde! Vreugde! [dieselfde melodie as “Praat ek mense-, eng’letale] http://vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0005

Wet en Toewyding

GenadeverkondigingGeloofsbelydenisLied 264 Hoe heerlik is die Jesus-naam!

Gebed

SkriflesingJohannes 13:31-35

Familie-oomblik

Preek

Gebed

Dankoffer

Slotsang

Lied 530 Praat ek mense-, eng’letale

Seën

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus

3.1 RusToetrede

6

Page 7: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewGeweldige trauma of lyding kan 'n Godsverduistering oor mens bring. Ons moenie vinnig wees om mense wat van Jesus wegdraai te veroordeel

Lied 526 Waar daar liefde is ofF21. In Die Hemel Is Die Heer [baie bekend] http://flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F021

Votum(Openbaring 21:1-5)21 Toe het ek ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het nie meer bestaan nie. 2En ek het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel uit sien afkom. Die stad was gereed soos ’n bruid wat vir haar man versier is.3Toe het ek ’n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. 4Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.”5Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut.” En daarna sê Hy: “Skryf hierdie woorde op, want hulle is betroubaar en waar.”6Verder sê Hy vir my: “Dit het klaar gebeur. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water van die lewe, verniet.

Seëngroet

LofsangPsalm 148 [Leesrooster Psalm] ofLied 602 Ek sien ‘n nuwe hemel kom [Leesrooster teks] ofLied 168 Heilige Jesus ofVONKK 5 Vreugde! Vreugde! [dieselfde melodie as “Praat ek mense-, eng’letale] http://vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0005

Wet en ToewydingJohannes 13:34-35 en Lied 250 Gods wet vra al ons liefde of Johannes 13:34-35 en VONKK 278 Hemelse Vader, van U kom smeek ons http://vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0278 of VONKK 57 Ek Gee Aan Julle ‘n Nuwe Gebod http://vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0057

GenadeverkondigingV: Die Here bring vanoggend vir ons almal die goeie boodskap dat ons gered is.G: Jesus is die Here en God het Hom uit die dood opgewek.V: Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; met die mond bely ons, en ons word gered.G: Jesus is die Here en God het Hom uit die dood opgewek.V: Niemand wat in Hom glo, sal teleurgestel word nie.G: Jesus is die Here en God het Hom uit die dood opgewek.V: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.G: Jesus is die Here en God het Hom uit die dood opgewek.(Uit “Soos ’n Blom na die Son draai” deur Cas Wepener)

GeloofsbelydenisLied 264 Hoe heerlik is die Jesus-naam!

3.2 LiedereF21. In Die Hemel Is Die Heer(RUBRIEK: Kruisfuur – Lof / Verwondering) Teks en musiek: Tom Hiemstra Teks: (strofes 3,4 onbekend)

7

Page 8: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewGeweldige trauma of lyding kan 'n Godsverduistering oor mens bring. Ons moenie vinnig wees om mense wat van Jesus wegdraai te veroordeel

© 2001 MAR Gospel Music Publishers (vers 1 en 2 opgeneem op Louis Brittz se CD Ons Koning kom weer)

1. In die hemel is die Heeren sy glans is soos kristal.Hy’s die Heilige van Goden Hy heers oor die heelal.

Refrein: Daar is mag in sy Woord!Soos die waters druis sy stem.Soos die son op die see se blou,so die rykdom van sy trou.Want aan U is die mag en die heerlikheid en krag.En aan U is die eer en die lof, want U regeer.

2. Miljoene in gereedheid,is die eng’le om sy troon.Verbysterend sy sieraad en die weelde van sy kroon.

Refrein:

3. Drie maal heilig is die Heer,Hy wat was en is en kom.Hy’s die Alfa en Omega,almagtig en verhewe.

Refrein:

4. Aan Hom wat op die troon sit,en aan die Lam,die heerlikheid en lofvan nou af en vir ewig.

Refrein:

VONKK 278 Hemelse Vader, van U kom smeek ons

1. Hemelse Vader,van U kom smeek ons:Gee aan u kindersu liefde, deernis.Maak ons ‘n eenheid

8

Page 9: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewGeweldige trauma of lyding kan 'n Godsverduistering oor mens bring. Ons moenie vinnig wees om mense wat van Jesus wegdraai te veroordeel

deur u genade.Hemelse Vader,U is ons God.

2. O Here Jesus,ons kniel hier voor U,herdenk u lydingen u oorwinning.Ons bring ons lofsangen ons aanbiddingaan U, o Here.U is ons God.

3. Heilige Trooster,ons vra afhanklik:Skenk ons genade, geloof, volharding.Neem ons gebedetot by die Vader.Heilige Trooster,U is ons God.

Teks: Elena G Maquiso; Hannes van der Merwe 2014 © Melodie: ILONGGO – Tradisioneel Filippyns Orrelbegeleiding: Friena Maritz 2014 © © Teks en orrelbegeleiding: 2014 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media)© Melodie: Openbare besit RUBRIEK: Multikultureel – Gebede / Drie-eenheidsondag / Geloof en Vertroue

VONKK 5 Vreugde! Vreugde!1. Vreugde! Vreugde! Juig van vreugde,want ons Heiland het verrys.Tot die dood was Hy verneder,uit die graf het Hy herrys.Alle eer aan die Oorwinnaar!Elke knie moet voor Hom buig.“Jesus Christus is die Here!” –elke tong moet dit getuig.

2. Jesus leef, Hy heers vir ewig, heerlik is sy majesteit. As gestuurde van die Vaderstuur Hy ons nou wêreldwyd.Hy bring heling, skenk bevryding:daarvan moet ons bly getuig.Vreugde! Vreugde! Juig van vreugdewant ons Heiland het verrys.

9

Page 10: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewGeweldige trauma of lyding kan 'n Godsverduistering oor mens bring. Ons moenie vinnig wees om mense wat van Jesus wegdraai te veroordeel

Teks: JJH du Plessis 2007 (Pro Deo) Melodie: ODE AN DIE FREUDE (Koraal-simfonie Nr 9) – Ludwig van Beethoven 1824 (ritmies aangepas) © Teks: 2009 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media) © Melodie: openbare besit RUBRIEK: Klassiek – Paasfees / Uitsending

VONKK 57 Ek Gee Aan Julle ‘n Nuwe GebodEk gee aan julle ‘n nuwe gebodom soos Ek julle liefhet, mekaar lief te hê,om soos Ek julle liefhet, mekaar lief te hê.Want so sien alle mense wie is my dissipels:deur liefde wat jul vir mekaar het.Want so sien alle mense wie is my dissipels:deur liefde wat jul vir mekaar het.

Johannes 13:34-35 Teks: A new commandment I give unto you – Roy Crabtree; Afrikaanse teks: Daleen Kruger 2008 (Pro Deo) Melodie: NEW COMMANDMENT – Roy Crabtree Orrelbegeleiding: Albert Troskie 2009 (Pro Deo)Klavierbegeleiding: Andy Silver Kantoryverwerking: Albert Troskie 2011 (Pro Deo)© Melodie en klavierbegeleiding: Roy Crabtree © Afrikaanse teks, orrelbegeleiding en kantoryverwerking: 2011 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media) RUBRIEK: Kontemporêr – Die Wil van God / Liefde, Dankbaarheid en Diens

4 God praat met ons en ons luisterGebed

SkriflesingJohannes 13:31-35

Familie-oomblik

Preek

4.1 Familie-oomblikLaat almal voorbeelde noem van liefde. Wie is almal lief vir jou?

As julle mense in jul gemeente het wat betrokke is by een of ander liefdesdiens – voedingsprojek, versorging van kinders, ens – gee inligting van die projek deur en verduidelik dat dit ook liefde is.

Julle kan ook “charades” speel, waar mense verskillende maniere van liefde wys uitbeeld. Kyk by http://www.kidssundayschool.com/1661/gradeschool/love-charades.php

BybelMedia se Woord en Fees: Preekriglyne en Liturgiese Voorstelle vir 2015-16 maak die volgende oulike voorstel:Vra vir die kinders hoe mense kan sien in watter skool hulle is.

As jy in die winkel gaan rondloop met jou skooluniform aan gaan almal mos weet in watter skool jy is.

Jesus sê dis so met ons wat sy dissipels is ook. Ons het ook 'n uniform waaraan mense ons uitken.

Jesus sê in Johannes 13:35: "As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van my is."

Ons uniform is nie klere nie, maar dat ons vir God, mekaar en ander mense lief is!

4.2 PreekriglynOns kort teksgedeelte is gelaai met intrige en betekenis. Die toneel is Jesus se laaste gesprekke met sy dissipels op die vooraand van sy gevangeneming en kruisiging. Judas verlaat die dissipelkring nadat

10

Page 11: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewGeweldige trauma of lyding kan 'n Godsverduistering oor mens bring. Ons moenie vinnig wees om mense wat van Jesus wegdraai te veroordeel

hy die stukkie brood by Jesus gevat het. Verder is Jesus se verheerliking ter sprake. Die spanning word verdiep met die mededeling dat Jesus ook die dissipels gaan verlaat. Waar Hy heen gaan, kan die dissipels nie kom nie. Maar hulle word geroep om mekaar met Jesus se liefde lief te hê.

Dis 'n mondvol. Tot vandag is hierdie gedeelte ryk aan betekenis vir die lewe van Jesus se dissipels.

Judas se verraad

Ons teks verwys na Judas wat die dissipelkring verlaat. In die voorafgaande gedeelte sê Jesus die dissipels wat Hom gaan verraai, is die een vir wie Hy die stukkie brood gaan aangee. Hy gee dit dan aan Judas, met die opdrag dat Judas gou moet maak. Judas neem die brood, en gaan dadelik uit. Dit was letterlik (en figuurlik) nag.

Jesus het duidelik geweet wie Hom gaan verraai. Waarom Judas besluit het om Jesus te verraai, is onduidelik. Ons getuienis oor Judas se innerlike worsteling is beperk. Judas was ingetrek by die worsteling tussen lig en duisternis; tussen waarheid en leuen; tussen God en Satan. Judas word 'n voertuig van God se teenstanders.

Toe Judas die brood neem, het die Satan in hom ingevaar. Van dié oomblik af is Judas nie meer homself nie. Hy is oorgeneem deur die duisternis. Dit is nie Jesus wat die duiwel in hom ingejaag het nie. Hierdie gedeelte wil eerder sê Satan kon niks doen voordat Jesus hom die reg daartoe gegee het nie. Dit dui op die mag wat Jesus het. Hy is in beheer van alles wat met Hom gebeur. As Jesus sê Judas moet gou maak, bevestig dit hierdie gedagte. Jesus is volkome in beheer. Soos Hy in Johannes 10:17-18 gesê het, lê Hy sy lewe sélf af en sal dit ook sélf opneem.

Judas was iemand wat nader aan God se openbaring was as baie ander mense. Hy het Jesus se onderrig beleef en sy wonderwerke gesien. Petrus het getwyfel toe Jesus oor sy kruisiging gepraat het en Tomas sou later die opstanding betwyfel, maar ons het geen aanduiding dat Judas ooit iets anders as getrou was nie. In die bokamer wou Petrus nie dat Jesus sy voete was nie. Judas het dit oënskynlik hom laat geval en Jesus se nederige rol aanvaar. Iets moes gebeur het om die man se ywer te vernietig. Hy het kante geruil en 'n pion van die bose geword.

Intense aanvalle

Opvallend genoeg word die verraad in die bokamer aan die orde gestel. Die bokamersituasie was 'n keerpunt in die lewe van die dissipels. Jesus het hier besondere geestelike voorbereidingswerk gedoen. Daar waar God intensief besig is om te werk, is Satan se aanval soveel meer intens.

In die Lukasevangelie se weergawe van die laaste nagmaal is dit op hierdie punt dat Jesus vir Simon Petrus vertel dat die Satan hom ook wil hê (Luk 22:31-32). Satan se begeerte om Jesus se volgelinge te verongeluk, bereik dieper vlakke as wat ons kan dink. Die vraag kom onwillekeurig of almal wat vandag intiem verbind is met die lewe en werk van Christus, ook so kwesbaar is?

Moderne verraad

Judas se optrede is paradoksaal. Mens vra jouself af hoe dit moontlik is dat iemand in die dissipelkring opgeneem is, en tog sy rug op Jesus kan draai. Hoe kan so iets gebeur?

11

Page 12: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewGeweldige trauma of lyding kan 'n Godsverduistering oor mens bring. Ons moenie vinnig wees om mense wat van Jesus wegdraai te veroordeel

Hierdie verraad is 'n moontlikheid wat nie net tot die kring van die dissipels beperk is nie, maar ook betrekking het op vandag se volgelinge van Jesus. Vir baie is die wegdraai en die uiteindelik verraad iets wat oor 'n lang tyd in hulle groei. Dalk het dit te doen met ander stemme wat algaande die stem van Jesus in hul lewe begin verdring. Of met verwagtinge van Jesus wat nie materialiseer nie. Dalk het jy gemeen Jesus sou bepaalde seëninge oor jou uitstort, maar vir jou gevoel het jy net teenspoed beleef.

Geweldige trauma of lyding kan 'n Godsverduistering oor mens bring. Ons moenie vinnig wees om mense wat van Jesus wegdraai te veroordeel nie. Die regte weg is om steeds liefde te beoefen, en oor Jesus te bly gesels en te getuig.

Verder moet ons self aan Jesus bly vashou en ons bly voed met die woorde van Jesus, wat lewe gee. Dit is voorts wesenlik om nie jou rug op die dissipelkring te draai nie, selfs al misluk so baie dissipels, want in die geloofsgemeenskap lê die behoud van die band met Jesus.

Waarskuwing

Judas se verhaal is ook 'n waarskuwing. Ons lees sy verhaal as "insiders" wat dink dit teken 'n prentjie van iemand anders. Maar Judas is 'n meer verontrustende figuur as Pilatus en Kajafas of enige van die ander Joodse leiers. Hy het immers die lig gesien en dit verstaan, maar nogtans die duisternis gekies. Judas is die herinnering daaraan dat elke dag oordeelsdag is en dat op enige dag die getrouste volgeling, soos Judas, of soos ek en jy, mag wegdraai van die lig en die duisternis in strompel, vasgevang in die mag van die bose.

Paulus is brutaal eerlik oor die moontlikheid van hierdie bedreiging. Hy waarsku teen die mense wat "die Satan navolg" (1 Tim 5:15), en dié wat deur die duiwel verlei kan word om "sy wil te doen" (2 Tim 2:26). Johannes self konfronteer mense wat Christus ken, wat met die geloof goed bekend is, maar wat dit verdraai en dan teenoor Christus gaan staan. Hy noem hulle die "antichris" (1 Joh 2:18, 22; 4:3; 2 Joh 1:17).

Dis is maklik om verleiding in 'n ander se lewe raak te sien. Die moeiliker opgaaf is om dit by jouself te eien. Daarom het ons mekaar se wysheid, ondersteuning en oorsig oor ons lewens nodig.

Viervoudige verheerliking

Wanneer Judas laat spaander, bly Jesus duidelik die Een wat in beheer van sake is. Hy vermy nie die verraad en die lyding wat voorlê nie. Jesus reageer op die verraad en kruis deur te sê die Seun van die mens gaan verheerlik word. Die lyding wat voorlê is die pad van sy verheerliking. Jesus is nie die passiewe slagoffer van Judas se verraad nie. Hy kies om sy lydingsweg as pad na sy verheerliking in gehoorsaamheid te loop.

Iemand sê die gedeelte vertel van 'n viervoudige verheerliking:

Die verheerliking van Jesus het aangebreek. Die verheerliking is die kruis. Die spanning is weg. Enige twyfel is finaal verwyder, heeltemal weg. Judas het uitgegaan en die kruis is nou verseker.

In Jesus is God verheerlik. Die gehoorsaamheid van Jesus verheerlik God. Daar is slegs een manier vir iemand om te wys dat Hy sy Vader liefhet, bewonder en vertrou, en dit is om hom

12

Page 13: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewGeweldige trauma of lyding kan 'n Godsverduistering oor mens bring. Ons moenie vinnig wees om mense wat van Jesus wegdraai te veroordeel

te gehoorsaam, indien nodig tot die bitter einde toe. Die enigste manier vir 'n kind om sy ouers te eer is om hulle te gehoorsaam. Jesus bewys die hoogste eer en glorie aan God, omdat Hy tot die dood gehoorsaam sal wees aan Hom.

In Jesus verheerlik die Vader Homself. Dit is 'n vreemde gedagte dat die hoogste eer van God in Jesus se menswording en die kruis lê. Daar is geen groter eer as dat iemand jou lief het nie.

God verheerlik Jesus. Dit is die anderkant van die saak. Op hierdie oomblik was die kruis die verheerliking van Jesus. Maar daar is veel meer. Na die opstanding en die hemelvaart kom ook die finale triomf van Christus. Dis is waarvan die Nuwe Testament praat as die tweede koms van Christus. Op die oomblik is die kruis die verheerliking van Jesus, maar die dag sal kom dat sy heerlikheid sigbaar sal wees aan die hele skepping.

Opdrag aan die dissipels

Die verheerliking van Jesus sal uitloop op sy weggaan (33). Dit beteken nie dat sy dissipels ledig moet wag op sy terugkeer nie. Wanneer Jesus weggaan, moet sy dissipels optree soos Hy van sy volgelinge verwag. Hy is hulle Here en Meester en hulle moet Hom eer deur sy gebod uit te voer (34-35)

Die basiese opdrag van Jesus is liefde, wat in hierdie verband nie op 'n blote gevoel dui nie, maar opofferende liefde soos Jesus met die voetwassing geïllustreer het. Die gebod van die liefde was nie heeltemal nuut nie – die wet en die profete is opgesom in die dubbele gebod: Jy moet die Here jou God liefhê . . . Jy moet jou naaste liefhê soos jouself (Deut 6:5; Lev 19:18; Mark 12:28-33; Gal 5:14). Deur sy onderrig en voorbeeld het Jesus nuwe betekenis aan die gebod gegee.

Jesus gee 'n uitdruklike opdrag aan sy dissipels. Hy gebruik in Johannes 13:34 die sterkste taal moontlik. Vir Jesus is hierdie opdrag nie net 'n voorstel of 'n suggestie nie, net so min as die opdragte van die Vader aan Hom ''n suggestie was. Die opdrag om lief te hê, dra al die gesag van die persoon wat dit gegee het; God self.

Die opdrag om lief te hê was vir Johannes van die grootste belang. Dwarsdeur sy briewe verwys hy daarna as die kenmerk van diegene wat die teenwoordigheid van God in hulle lewe reflekteer. Johannes het as pastor waarskynlik 'n gemeente gesien wat deur rusie verdeel is (1 Joh 2:11). Daarom stel hy die eis om Christus se liefde te wys, in belangrikheid, gelyk aan die geloof in Christus (1 Joh 3:23).

Liefde gee en ontvang

Die liefdesgebod stel in woorde wat Jesus in Johannes 13:14 bedoel het toe Hy sy dissipels beveel het om mekaar se voete te was. As ons nie 'n ondubbelsinnige ervaring of belewenis gehad het van hoe dit werklik voel om liefde te ontvang nie, is dit onmoontlik om self onvoorwaardelik liefde te betoon aan iemand anders. Jesus staan op die punt om sy dissipels te verlaat, maar Hy laat hulle 'n skat na voordat Hy gaan; sy liefde, sy vreugde (Joh 15:11) en sy vrede (Joh 14:7).

Tertullianus vertel van die heidene ('n eeu nadat hierdie evangelie geskryf is) wat oor die Christene opmerk: "Kyk hoe lief het hulle mekaar! Hoe gereed is hulle om vir mekaar te sterf."

In die vroeë kerk was dit juis die sosiale omgee vir mekaar en die toewyding van Christene aan mekaar wat so 'n verblindende getuienis was in die Romeinse wêreld met sy skerp sosiale verdelings

13

Page 14: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewGeweldige trauma of lyding kan 'n Godsverduistering oor mens bring. Ons moenie vinnig wees om mense wat van Jesus wegdraai te veroordeel

en grense. Niks kan 'n beter getuienis in hierdie stukkende en gebreekte wêreld van ons uitdra as die radikale en opregte liefde wat tussen die lede van die kerk bestaan nie.

Daar is baie plekke waar jy gemeenskappe gaan kry wat jou belange deel. Daar is baie plekke met mense net soos jy; lief vir sport, lief vir musiek, lief vir tuinmaak, lief vir politiek, lief vir motors. Maar dit is die opdrag van die kerk om 'n gemeenskap van liefde te wees, 'n gemeenskap van volgelinge van Jesus Christus wat in mekaar belê omdat Christus in hulle belê het. Mense wat nie liefde betoon op grond van die gedeelde belange of die aantreklikheid van die ander nie, maar wat liefhet op grond van die voorbeeld van Christus Jesus, wat almal se voete gewas het, ook dié van Judas.

Waarheid en liefde

Jesus verbind liefde en dissipelskap. As ons mekaar liefhet, sal almal weet ons is dissipels van Jesus (35). Dissipels is mense wat die lewe, leer en voorbeeld van Jesus navolg. Jesus is die waarheid, en gee die opdrag om lief te hê.

Dit is dikwels moeilik om liefde en waarheid sáám vas te hou. Christene verskil dikwels in nasionale debatte oor kerklike, politieke of kulturele sake. In plaaslike gemeentes verskil ons ook. Die spanning tussen ons passie vir die waarheid en die opdrag van Jesus om lief te hê, bly lewensgroot by ons.

Ons faal baie keer. Kyk hoe ons oor leerstellige sake kan verskil, hoe ons met een of ander sosiale saak of geregtigheid onderling met mekaar kan handel, mekaar veroordeel, uitsluit, afbreek en bespot. Dis soms skrikwekkend hoe die ywer vir die waarheid en die opdrag om lief te hê so teenoor mekaar kan staan binne die kerk en gemeentes en gemeenskappe.

Ja, dit is nie altyd eenvoudig om die verheerlikte Christus te volg nie. Dikwels veraai mens vir Jesus. Dikwels faal ons die liefde wat Hy ons geleer het. Ons word in hierdie teks genooi om nie soos Judas "uit te gaan" nie, maar by Jesus te bly en sy groot, vernuwende gebod uit te voer. Ons doen dit as mense wat beleef het Jesus dien ons. Hy het my voete gewas, en ook die voete van Judas. So moet ek en jy ook liefhê!

5 God stuur ons om te leefGebed

Dankoffer

SlotsangLied 530 Praat ek mense-, eng’letale

Seën

6 Volgende erediensJohannes 14:23-29

14

Page 15: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewGeweldige trauma of lyding kan 'n Godsverduistering oor mens bring. Ons moenie vinnig wees om mense wat van Jesus wegdraai te veroordeel

Familie-oomblik en Liturgie: Rethie van Niekerk

Powerpoint: Wicus Wait

Preekverwerking: Danie Mouton

Proses en ekstra stof: Chris van Wyk

15