preekriglyne – vir eredienste · web view1 oorsig 1 1.1 ander tekste 2 1.2 fokusteks: titus...

27
Kersfees – 25 Desember 2018 – Titus 2:11-14 1 Oorsig..........................................................1 1.1 Ander tekste................................................2 1.2 Fokusteks: Titus 2:11-14....................................4 1.3 Eksegetiese opmerkings......................................5 1.4 Ekstra stof.................................................5 2 Erediens........................................................6 2.1 Tema........................................................6 2.2 PowerPoint agtergrond.......................................6 2.3 Liturgie....................................................6 3 God nooi ons uit en ons kom tot rus.............................7 3.1 Rus.........................................................7 3.2 Liedere.....................................................8 4 God praat met ons en ons luister...............................14 4.1 Familie-oomblik............................................15 4.2 Preekriglyn................................................15 5 God stuur ons om te leef.......................................19 6 Volgende erediens..............................................19 1 Oorsig Die fokusteks suggereer dat ons in die viering van Kersfees sowel die eerste as die tweede koms van Jesus in ons aanbidding gedenk. Daarom fokus die eerste beweging hoofsaaklik op die eerste koms van Jesus terwyl fokus in die nagmaalsviering veral na die tweede koms verskuif. Viering van nagmaal op Kersdag moet sterk oorweeg word. "Joy" is a word made cheap by modern Christmases. So much of our celebration 1

Upload: others

Post on 26-Feb-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Preekriglyne – vir eredienste · Web view1 Oorsig 1 1.1 Ander tekste 2 1.2 Fokusteks: Titus 2:11-14 4 1.3 Eksegetiese opmerkings 5 1.4 Ekstra stof 5 2 Erediens 6 2.1 Tema 6 2.2

Kersfees – 25 Desember 2018 – Titus 2:11-141 Oorsig............................................................................................................................................1

1.1 Ander tekste..........................................................................................................................2

1.2 Fokusteks: Titus 2:11-14........................................................................................................4

1.3 Eksegetiese opmerkings........................................................................................................5

1.4 Ekstra stof.............................................................................................................................5

2 Erediens.........................................................................................................................................6

2.1 Tema.....................................................................................................................................6

2.2 PowerPoint agtergrond.........................................................................................................6

2.3 Liturgie..................................................................................................................................6

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus..............................................................................................7

3.1 Rus........................................................................................................................................7

3.2 Liedere..................................................................................................................................8

4 God praat met ons en ons luister.................................................................................................14

4.1 Familie-oomblik...................................................................................................................15

4.2 Preekriglyn..........................................................................................................................15

5 God stuur ons om te leef.............................................................................................................19

6 Volgende erediens.......................................................................................................................19

1 OorsigDie fokusteks suggereer dat ons in die viering van Kersfees sowel die eerste as die tweede koms van Jesus in ons aanbidding gedenk. Daarom fokus die eerste beweging hoofsaaklik op die eerste koms van Jesus terwyl fokus in die nagmaalsviering veral na die tweede koms verskuif.

Viering van nagmaal op Kersdag moet sterk oorweeg word. "Joy" is a word made cheap by modern Christmases. So much of our celebration strikes me as 'make-joy'." So skryf Daniel Meeter reeds in 1988 in Reformed Worship. "All the cantatas, the pageants, the extra decorations, the extra effort in the music, the extra-long liturgies and programs—so much of it is 'make-joy'. Every December finds us looking for new things to do, new ideas, new banners. But when, in our attempt to be fresh, we leave out Holy Communion, we really miss the center of the celebration. The deepest joy of Christmas comes not from our liturgical activity but from Jesus' gift of himself in his Word and Spirit.

1

Page 2: Preekriglyne – vir eredienste · Web view1 Oorsig 1 1.1 Ander tekste 2 1.2 Fokusteks: Titus 2:11-14 4 1.3 Eksegetiese opmerkings 5 1.4 Ekstra stof 5 2 Erediens 6 2.1 Tema 6 2.2

"'Put Christ back into Christmas' is a call to put the full gospel back into Christmas. And that's just what Christmas Communion does. The words of the liturgy— which repeat the whole gospel story, from creation to cross to resurrection—remind us to confess and repent, to turn and be healed, to come hungry and be fed. Communion reminds us that Christmas is a day for conversion, that the birth of Christ enables us to be born again." (https://www.reformedworship.org/article/september-1988/lets-put-communion-back-christmas)

Liturgiese kleure is wit en goud.

Versier die Kersboom met miniatuur musiekinstrumente. Sodoende word die blydskap en lofprysing van Kersfees uitgebeeld.

Adventskrans: Die vier buitenste kerse op die krans word voor die erediens aangesteek. Die Christuskers in die middel vroeg in die erediens.

1.1 Ander teksteJesaja 9:2-72U het dié wat nie meer ’n nasie was nie, baie gemaak,hulle blydskap groot gemaak.Hulle het hulle in u teenwoordigheidverblysoos mense bly is in die oestyd,soos hulle juig wanneer hulledie buit verdeel.3Soos die dag toe Midian verslaan is,het U die juk verbreekwat op die volk gedruk het,die stok waarmee hulle geslaan is,waarmee hulle gedryf is.4Elke soldateskoen wat in die oorloggebruik is,en elke uniform wat met bloed bevlek is, sal verbrand word,deur die vuur verteer word.5Vir ons is ’n Seun gebore,aan ons is ’n Seun gegee;Hy sal heers, en Hy sal genoem word:Wonderbare Raadsman,Magtige God,Ewige Vader,Vredevors.6Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg.

Psalm 96Die Here kom om oor die aarde te heers

96 Sing ’n nuwe lied tot eer van die Here,sing tot eer van die Here, almal op aarde!

2

Page 3: Preekriglyne – vir eredienste · Web view1 Oorsig 1 1.1 Ander tekste 2 1.2 Fokusteks: Titus 2:11-14 4 1.3 Eksegetiese opmerkings 5 1.4 Ekstra stof 5 2 Erediens 6 2.1 Tema 6 2.2

2Sing tot eer van die Here, prys sy Naam, verkondig elke dag sy reddingsdade! 3Vertel die nasies van sy mag, al die volke van sy magtige dade. 4Die Here is groot, al die lof kom Hom toe, ontsagwekkend is Hy bo alle gode. 5Al die gode van die volke is niks: dit is die Here wat die hemele gemaak het. 6Majesteit en luister straal van Hom uit, krag en glans vul sy heiligdom. 7Prys die Here, alle volke, prys die Here om sy eer en mag! 8Prys die Here om die eer van sy Naam! Kom na sy voorhowe toe, bring vir Hom offers! 9Buig voor die Here by sy heilige verskyning; betoon eerbied aan Hom, almal op aarde. 10Verkondig onder die nasies: “Die Here regeer; die wêreld staan vas, dit wankel nie; die Here sal die volkeregverdig oordeel.” 11Die hemele moet bly wees en die aarde moet juig, die see en alles daarin moet druis, 12die veld en alles daarop moet jubel, al die bome in die bos moet hulle verheug 13voor die Here, want Hy kom, Hy kom om oor die aarde te heers. Hy sal oor die wêreld heers met regverdigheid, oor die volke met billikheid.

Lukas 2:1-20Die geboorte van Jesus

(Matt 1:18–25)

2 In daardie tyd het keiser Augustus ’n bevel uitgevaardig dat ’n volkstelling in die hele ryk gehou moet word. 2Hierdie eerste volkstelling het plaasgevind toe Sirenius goewerneur was in die provinsie Sirië. 3Almal het gegaan om hulle te laat inskryf, elkeen na sy eie stad toe.4Ook Josef het gegaan. Hy het van die dorp Nasaret in Galilea na Judea toe gegaan, na Betlehem, die stad van Dawid, omdat hy tot die huis en geslag van Dawid behoort het. 5Maria, sy verloofde, wat

3

Page 4: Preekriglyne – vir eredienste · Web view1 Oorsig 1 1.1 Ander tekste 2 1.2 Fokusteks: Titus 2:11-14 4 1.3 Eksegetiese opmerkings 5 1.4 Ekstra stof 5 2 Erediens 6 2.1 Tema 6 2.2

swanger was, het saamgegaan om ingeskryf te word. 6Terwyl hulle daar was, het die tyd gekom dat haar kind gebore moes word. 7Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in ’n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.

Die skaapwagters en die engele8Daar was skaapwagters in daardie omgewing wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het. 9Meteens staan daar ’n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn. Hulle het baie groot geskrik. 10Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle ’n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. 11Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! 12En dit is vir julle die teken: julle sal ’n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in ’n krip lê.”13Skielik was daar saam met die engel ’n menigte engele uit die hemel wat God prys en sê:14“Eer aan God

in die hoogste hemel,

en vrede op aarde

vir die mense in wie Hy

’n welbehae het!”15Nadat die engele van hulle af weggegaan het na die hemel toe, sê die skaapwagters vir mekaar: “Kom ons gaan reguit Betlehem toe om te sien wat gebeur het, soos die Here dit aan ons bekend gemaak het.”16Hulle gaan toe haastig daarheen en kry vir Maria en Josef, en die Kindjie wat in die krip lê. 17Toe hulle Hom sien, het hulle vertel wat oor hierdie Kindjie aan hulle gesê is. 18Almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat die skaapwagters hulle vertel het. 19Maria het alles wat gesê is, onthou en telkens weer by haarself daaroor nagedink. 20Die skaapwagters het toe teruggegaan terwyl hulle God loof en prys oor alles wat hulle gehoor en gesien het. Dit was alles net soos dit vir hulle gesê is.

1.2 Fokusteks: Titus 2:11-14Die gesonde leer

2 Maar jy moet verkondig wat in ooreenstemming is met die gesonde leer. 2Sê vir die ouer mans hulle moet nugter wees, eerbaar, verstandig, gesond en vas in geloof, liefde en volharding. 3Net so moet jy ook vir die ouer vroue sê hulle gedrag moet dié wees van mense wat 'n heilige lewe lei. Hulle moenie kwaadpraat of aan drank verslaaf wees nie. Hulle moet goeie raad kan gee, 4sodat hulle die jonger vrouens kan leer om liefdevol teenoor hulle mans en kinders te wees, 5verstandig en kuis, goeie huisvrouens, onderdanig aan hulle mans. Dan sal die woord van God nie in diskrediet kom nie.6Net so moet jy die jonger mans vermaan om hulle verstandig te gedra. 7In alles moet jy self vir hulle 'n voorbeeld stel van goeie werk, suiwerheid in die leer, waardigheid in gedrag, 8gesonde en onaanvegbare prediking. Dan sal elke teenstander in die verleentheid kom dat hy niks slegs van ons sal kan sê nie.

4

Page 5: Preekriglyne – vir eredienste · Web view1 Oorsig 1 1.1 Ander tekste 2 1.2 Fokusteks: Titus 2:11-14 4 1.3 Eksegetiese opmerkings 5 1.4 Ekstra stof 5 2 Erediens 6 2.1 Tema 6 2.2

9Die slawe moet in alles aan hulle eienaars onderdanig wees en hulle tevrede stel. Hulle moenie teëpraat 10of iets vat nie; hulle moet bewys dat hulle in alles betroubaar is. So sal hulle in alles wat hulle doen, die aansien van die leer van God ons Verlosser verhoog.

11Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn. 12Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige wêreld te lewe, 13terwyl ons uitsien na die gelukkige dag wat ons verwag. Op daardie dag sal die heerlikheid van ons grote God en Verlosser, Jesus Christus, verskyn. 14Hy het Homself vir ons as offer gegee om ons van alle ongeregtigheid vry te maak en ons van sonde te reinig, sodat ons sy eie volk kan wees wat ywerig is om die goeie te doen.

15Dit is die dinge waaroor jy moet praat. Gebruik jou volle gesag om aan te moedig en tereg te wys. Gee aan niemand aanleiding om op jou neer te sien nie.

1.3 Eksegetiese opmerkingsBybel-Media se Woord en Fees bevat volledige eksegetiese inligting oor die teks. Bestel by www.bmedia.co.za.

Meegaande preek benut materiaal uit Woord en Fees.

1.4 Ekstra stofTitus se Griekse afkoms het hom besonder geskik gemaak om die evangelie aan Grieke te verkondig (Gal 2:3). Hy het onder Paulus se bediening tot bekering gekom, waarskynlik in Antiogië, omdat hy Paulus-hulle na Jerusalem vergesel met die vergadering se besinning oor die besnydenis (Gal 2:3; Hand 15). Hy werk in Korinte, Dalmasië en op die eiland Kreta. In Korinte was hy 'n soort "trouble-shooter" om die tweespalt in die gemeente te ontlont.

Hierdie brief is 'n uiteensetting van die dinge waarop hy moet fokus in sy bediening daar, toegespits op 'n gesonde geloofslewe (Tit 1:13), weereens meer as 'n "trouble-shooter", totdat Artemas en Tigikus daar sou aankom (Tit 3:12). Soos dit die geval was met die briewe aan Kolosse en Efese, is dit nou ook die geval met die brief aan Titus en die 1ste brief aan Timoteus – die temas wat aangeraak word, kom baie ooreen. Sommige beskou die brief aan Titus daarom as 'n kleiner weergawe van 1 Timoteus.

Weereens word die valse leringe van dwaalleraars – dit kon selfs van die plaaslike huiskerk ouderlinge in die verskillende dorpe (Tit 1:5) gewees het – aangevat, en die gesonde leer daarteenoor beklemtoon.

Let egter op:

dat die kwalifikasie vir ouderlinge in Titus eerste aangeraak word (1:5-9), voor daar oor die dwaalleraars gepraat word (1:10-16; 3:9-11). In Timoteus was dit juis andersom. Die rede is waarskynlik dat Timoteus in Efese gewerk het met 'n gemeente wat al 12 jaar aan die gang was, en die gemeentes in die dorpe van Kreta so pas maar begin het.

dat die gedeelte wat handel oor jongmans en -vroue, sowel as oor slawe (Tit 2:1-10), 'n langer uitbreiding van die basiese gegewens van 1 Tim 5:1-2 en 6:1-2 is.

Paulus het 'n geweldige vertroue in Titus gehad: "handel hy en ek nie in dieselfde gees nie, en loop ons nie in dieselfde spore nie!" (2 Kor 12:18). Voorwaar 'n jongman wat 'n groot bate vir die vroeë kerk was.

5

Page 6: Preekriglyne – vir eredienste · Web view1 Oorsig 1 1.1 Ander tekste 2 1.2 Fokusteks: Titus 2:11-14 4 1.3 Eksegetiese opmerkings 5 1.4 Ekstra stof 5 2 Erediens 6 2.1 Tema 6 2.2

Die boodskap aan Titus oor sy bediening kan soos volg opgesom word: 'n fokus op 'n gesonde geloof en 'n gesonde leer, lei na 'n gesonde lewe in die Here.

Titus 2:1-15 – Gesonde leer

Paulus begin die hoofstuk met die klem op die gesonde leer (hugiainoo didaskalia). Hiermee bedoel hy nie soseer die sistematisering van die Christelike geloof wat 'n mens aan 'n kweekskool of universiteit sou leer nie, maar eerder die praktiese toepassing van die geloof, waarin hulle deur Paulus onderrig is. 'n Mens sou ook daarvan as dissipelskap kon praat, as't ware die praktiese implikasies van jou geloof in Jesus Christus.

Let op hoe hy hierdie praktiese toepassing van die geloof uitspel vir dieselfde groepe as wat hy in 1 Timoteus 5:1-2 en 6:1-2 ook genoem het: ouer mans, ouer vroue, jonger vroue, jonger mans en slawe. Die geloof moet dus praktiese gestalte kry in 'n verskeidenheid van sosiale groeperinge.

En let veral op dat sy motivering vir hierdie opdrag lê in die impak wat dit sal hê op mense wat nog buite die gemeente staan. 'n Lewe wat in ooreenstemming met die gesonde leer geleef word, sal:

die woord van God nie in diskrediet bring nie (2:5),

die teenstanders in verleentheid bring dat hulle niks slegs sal kan sê van Christene nie (2:8) en,

die aansien van Jesus Christus verhoog (2:10).

Om dit te kan regkry, moet Titus nie net praat daaroor nie, maar as voorbeeld vir hulle wys hoe.

Let ook op hoe Paulus – weereens soos hy in 1 Timoteus geskrywe het – 'n verdere motivering vir hierdie opdrag gee deur na God se werk in die verlede te wys, sowel as na wat in die toekoms vir ons wag. God se doel met ons is om ons van alle ongeregtigheid vry te maak, van ons sonde te reinig, sodat ons nie net aan sy volk kan behoort nie, maar ook ywerig sal wees om die goeie te doen.

2 Erediens2.1 Tema2.2 PowerPoint agtergrondGrafika bekom met Google advanced search- geen kopiereg, beskikbaar by

https://www.google.com/search?q=christmas+wallpaper&lr=&source=lnms&tbm=isch&sa=X&ved=0ahUKEwj5qtb0tpTfAhVzXhUIHWerAgkQ_AUIDigB&biw=1920&bih=969#imgrc=qN3bgl9Nx8vq2M:

2.3 LiturgieRUSToetrede Lied 348 Votum Terwyl eerste 4 kerse aangesteek wordRespons VONKK 283 [bekend: Away in a manger] of Flam 367 Seëngroet Terwyl wit kers aangesteek word

6

Page 7: Preekriglyne – vir eredienste · Web view1 Oorsig 1 1.1 Ander tekste 2 1.2 Fokusteks: Titus 2:11-14 4 1.3 Eksegetiese opmerkings 5 1.4 Ekstra stof 5 2 Erediens 6 2.1 Tema 6 2.2

[votum en seëngroet uit Cas Wepener se “Soos ‘n blom na die son draai”.]Lofsang Lied 344 of VONKK 124 [bekend] of Geloofsbelydenis en toewyding [Spaanse Geloofsbelydenis uit: Vir die erediens – ‘n handleiding]Respons Lied 365 of VONKK 256 [dieselfde melodie as “Herders op die ope velde] of Flam 319 HOORGebed Messias deur Koos van der MerweSkriflesing Titus 2:11-14Familie-oomblikPreekLEEFGebedSlotsang Lied 358 of Vonkk 68 (bekend – Joy to the World) of Flam 453 SeënRespons Lied 348 vers 2 laaste 2 reëls Of Lied 258 vers 3 refrein

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus3.1 RusToetredeLied 348 Stille Nag

VotumTerwyl eerste 4 kerse aangesteek wordVoorganger: In ons wêreld, soos in die skoot van Maria …Gemeente: Kom, Here Jesus.V: Op al die vergete plekke, soos in die stal van Betlehem …G: Kom, Here Jesus. V: Vir die mense wat wag …G: Kom, Here Jesus.V: Bring hoop in die lewe van armes; bring omsigtigheid in die lewe van magtiges; bring rus in die lewe van vermoeides; bring onrus in die lewe van oor-gerustes. In ons lewe en in ons verlange, wie ons ook al is …G: Kom, Here Jesus.

ResponsVONKK 283 Kom buig in die stal voor die hemelse Kind [bekend: Away in a manger] http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/0283/ ofFlam 367 Hoor Jy Die Eng’le (Sing Halleluja) http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f367/

SeëngroetTerwyl wit kers aangesteek wordV: Dit is die goeie nuus: Christus is gebore. Christus kom weer. Geseënd is elkeen wat bid en werk totdat Hy weer kom.G: Kom, Here Jesus! Kom gou! Amen.[votum en seëngroet uit Cas Wepener se “Soos ‘n blom na die son draai”.]

Lofsang

7

Page 8: Preekriglyne – vir eredienste · Web view1 Oorsig 1 1.1 Ander tekste 2 1.2 Fokusteks: Titus 2:11-14 4 1.3 Eksegetiese opmerkings 5 1.4 Ekstra stof 5 2 Erediens 6 2.1 Tema 6 2.2

Lied 344 O die goeie tyding, o die blye tyding ofVONKK 124 Jesus Bring Vreugde [bekend] http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/vonkk-00124/ ofFlam 103 Kersfees Is ’n Vreugdefees http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f103/

Geloofsbelydenis en toewydingLiturg: Ons glo in God die Almagtige, Skepper van die hemel en die aarde; Skepper van alle nasies en kerke; Skepper van alle tale en rasse.Leser 2: Ons glo in Jesus Christus, sy Seun, ons Here, God wat mens geword het as ’n mens vir die mensdom, God wat mens geword het in tyd vir alle tye, God wat mens geword het in een kultuur vir alle kulture, God wat mens geword het in liefde en genade vir die hele skepping.Leser 3: Ons glo in die Heilige Gees deur Wie God in Jesus Christus sy teenwoordigheid bekend maak in ons mense en in ons kulture, deur Wie God, die Skepper van alles wat bestaan, aan ons die krag gee om nuwe skepsels te word, Wie se oneindige gawes ons een liggaam maak: die liggaam van Christus.Leser 4: Ons glo aan die kerk wat universeel is, omdat dit die teken van God se heerskappy is, Wie se getrouheid in al sy skakerings getoon word waar al die kleure saam net een landskap teken en alle tonge dieselfde lof besing.Leser 5: Ons glo aan die (finale) heerskappy van God – die dag van die groot fees wanneer al die kleure van die skepping ’n harmonieuse reënboog sal vorm, wanneer alle mense sal deelneem aan ’n vreugdevolle feesmaal, wanneer alle tonge in die heelal dieselfde lied sal sing.Liturg: En omdat ons glo, verbind ons ons:Almal: om te glo vir hulle wat nie glo nie, om lief te hê vir hulle wat nie liefhet nie, om te droom vir hulle wat nie droom nie, tot die dag wanneer hoop ’n werklikheid word. Amen.[Spaanse Geloofsbelydenis uit: Vir die erediens – ‘n handleiding]

ResponsLied 365 Hoor die blye Eng’lelied ofVONKK 256 Vol van vreugde wil ons jubel [dieselfde melodie as “Herders op die ope velde] http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/0256/ ofFlam 319 Want ’n Kind Is Vir Ons Gebore (Immanuel) http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f319-in-a/

3.2 LiedereF103. Kersfees Is ’n Vreugdefees(RUBRIEK: Flammikidz – Kersfees / Diens en Getuienis) Teks en musiek: Jan de Wet© 2003 MAR Gospel Music Publishers (Opgeneem op Lofliedere vir Jesus – 100 Gunstelinge)

1. Kersfees is ’n vreugdefees.Jesus is nou hier.Hy wil by sy mense weesom saam met hulle fees te vier.

2. Kersfees is ’n Christusfeesas ons net verstaan,dat Hy nie net in ’n krip lê nie,maar ook aan ’n kruis moes hang.

8

Page 9: Preekriglyne – vir eredienste · Web view1 Oorsig 1 1.1 Ander tekste 2 1.2 Fokusteks: Titus 2:11-14 4 1.3 Eksegetiese opmerkings 5 1.4 Ekstra stof 5 2 Erediens 6 2.1 Tema 6 2.2

Refrein:Vir jou en my het Jesus mens geword.Hy het gely om ons die lewe te gee.Maak oop jou hart en laat sy vrede in.Kersfees sal dan in jou begin.

3. Kersfees is ’n vreugdefees.Jesus het gekom.Hy wil by sy mense weesdat hul kan glo in Hom.

4. Kersfees is ’n vreugdefees.As ons net verstaan,dat Hy nie net in ’n krip lê nie,maar ook deur ’n graf moes gaan.

Refrein:

Nie net een keer in ’n jaar nie!Kersfees elke dag heel jaar.

F367. Hoor Jy Die Eng’le (Sing Halleluja)(RUBRIEK: Flam – Kersfees) Musiek: Francé Ludik Teks: Annalise WiidKopiereg: 2005 Annie’s Song (Geadministreer deur Flam Musiek-Uitgewers)

Hoor jy die eng’le,hoor jy vir Josef,hoor jy Maria,sing tot sy eer?

Sien jy die herders,sien jy die wyses,sien jy ons almal, buig voor Hom neer?

Refrein:Sing halleluja, sing halleluja, sing halleluja,God kom na ons toe!Sing halleluja, sing halleluja, sing halleluja,Jesus is hier!

God the Almightyloved us so deeplywanted to help usand set us free.

Laid down his glory

9

Page 10: Preekriglyne – vir eredienste · Web view1 Oorsig 1 1.1 Ander tekste 2 1.2 Fokusteks: Titus 2:11-14 4 1.3 Eksegetiese opmerkings 5 1.4 Ekstra stof 5 2 Erediens 6 2.1 Tema 6 2.2

came as a babyentered our weakness,entered our need.

Refrein:Sing alleluia, sing alleluia, sing alleluiaGod is among us!Sing alleluia, sing alleluia, sing alleluiaJesus is here!

God van die eeue, God van die heelallê in ’n stal – babatjieklein.God of the heavens, God of the angelsentered our sorrow, entered our pain.

Sing alleluia, sing alleluias, sing alleluiaGod is among us!Sing halleluja, sing halleluja, sing hallelujaJesus is hier! (x2)

F319. Want ’n Kind Is Vir Ons Gebore (Immanuel)(RUBRIEK: Flam / Flammikidz – Kersfees) Oorspronklik: Immanuel Teks en musiek: Marcel ZimmerAfrikaanse vertaling: Faani Engelbrecht © 1993 Celmar Music

1. Want ’n kind is vir ons gebore,God het sy Seun aan ons gegee.Die heerskappy rus op sy skouersen sy Naam sal wees:

Refrein:Wonderbare Raadsman, Magtige God,Ewige Vader, die Vredevors.

Immanuel,God met ons.Immanuel,God met ons,Immanuel.

2. Want so lief het God die wêreld,Hy het sy Seun aan ons gegee sodat die wat nou in Hom gloleef tot in ewigheid.

Refrein:

10

Page 11: Preekriglyne – vir eredienste · Web view1 Oorsig 1 1.1 Ander tekste 2 1.2 Fokusteks: Titus 2:11-14 4 1.3 Eksegetiese opmerkings 5 1.4 Ekstra stof 5 2 Erediens 6 2.1 Tema 6 2.2

F453. In Ons Suiderland, Ruis ’n Kersfeesklank (Suiderkruis/Karoo Kerslied)(RUBRIEK: FLAM – Verwondering / Geloof en vertroue) Teks en musiek: Neil Büchner, Retief Burger, Louis Brittz, Helmut MeijerKopiereg: © Urial Publishing

In ons suiderland, ruis ’n kersfeesklanken die vlaktes hoor weer die englekoormet die staldeur oop waardeur herders loopis die spoor te vind na die Redderkind.

Pre-refreinKersfeesliefde kom ons haalal het ons ook ver verdwaal.

RefreinLei ons soos die suiderkruisin die rigting wat u Seun ons wys.Met die ster vooruit vind ons ware suidhelder skyn die Jesuskruis.

Hy nooi almal uit vier dit wêreldwyddaardie stille nag was lank verwag.

Pre-refreinKruishout liefde kom ons haalal het ons ook ver verdwaal.

VONKK 124 Jesus Bring VreugdeTeks: AP van der Colf 1988 (met toestemming NG Kerk-Uitgewers) Melodie: In Dir ist Freude – Giovanni Giacomo Gastoldi 1591Orrelbegeleiding: H Pieter van der Westhuizen 2001 (met toestemming NG Kerk-Uitgewers) Musikale verryking: Anton Esterhuyse 2010© Teks en orrelbegeleiding: 2010 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media) © Melodie: Openbare besitRUBRIEK: Klassiek – Lofprysing / Kersfees en Epifanie

1. Jesus bring vreugde, redding en vreugde –Hy het mens vir ons geword.Engele juig dit, herders getuig dit:”Jesus, Redder, Seun van God!”Wyd oor die aarde kring sy behae;Hy kom vergewe, Hy laat ons lewe.Hy maak ons, mense, kinders van God.Wyd oor die aarde kring sy behae;Hy kom vergewe, Hy laat ons lewe.Hy maak ons, mense, kinders van God.

2. Jesus bring vrede, hemelse vrede:Al ons skuld het Hy versoen.Nie meer verlore – wedergeboredeur sy Gees wat wonders doen.

11

Page 12: Preekriglyne – vir eredienste · Web view1 Oorsig 1 1.1 Ander tekste 2 1.2 Fokusteks: Titus 2:11-14 4 1.3 Eksegetiese opmerkings 5 1.4 Ekstra stof 5 2 Erediens 6 2.1 Tema 6 2.2

Vry kan ons nader tot God die Vader:Niks kan ons skei nie, niks wat ons ly nie.Hy is ons vrede – vrede wat bly.Vry kan ons nader tot God die Vader:Niks kan ons skei nie, niks wat ons ly nie.Hy is ons vrede – vrede wat bly.

3. Heer, U bring vryheid, Heer, U bring blyheid,U wat mens word in ons nag.Heerlike gawes gee U weldadig,God van Liefde, God van mag.Ewige Koning, ons is u woning;Hemel en aarde kry nuwe waarde.U is die Here, U maak ons vry.Ewige Koning, ons is u woning;hemel en aarde kry nuwe waarde.U is die Here, U maak ons vry.

VONKK 283 Kom buig in die stal voor die hemelse KindJesaja 9 : 5-6 Teks: Away in a manger – John Thomas McFarland 1851-1913; Afrikaanse teks: Breda Ludik 2014Melodie: AWAY IN A MANGER – James Ramsey Murray 1841-1905 Orrelbegeleiding 1: James Ramsey Murray 1841-1905Orrelbegeleiding 2: Gerrit Jordaan 2014 © Musikale verryking: Gerrit Jordaan 2014 ©© Teks en musikale verryking: 2014 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media) © Musiek: Openbare besitRUBRIEK: Klassiek – Kersfees en Epifanie

1. Kom buig in die stal voor die hemelse Kind.Kom, almal wat smag om die lewe te vind.Kom buig voor die Kindjie deur eeue verwag –die gawe van God vir ‘n wêreld wat wag.

2. Vir ons is gebore, vir ons is gegeedie ewige Koning, met luister beklee.Die hemel en aarde smelt saam in die Kind –die hoop vir ‘n wêreld wat soek en nooit vind.

3. O Vredevors, Raadsman, Verlosser en Heer,die grootste genade kom daal in U neer:geregtigheid, vrede, die lewe in God – vir altyd en altyd ons heerlike lot!

VONKK 256 Vol van vreugde wil ons jubelTeks: Jacques Louw 2012 © Melodie: Les anges dans nos campagnes – Franse Kerslied E18. Orrelbegeleiding: Werkgroep Kerkmusiek UOVS 1978. Gebruik met toestemming Bybel-Media. Diskant: Jacques Louw 2012 ©© Teks, orrelbegeleiding en diskant: 2012 VONKK-Uitgewers (admin Bybel-Media) © Melodie: Openbare besitRUBRIEK: Klassiek – Kersfees en Epifanie

1. Vol van vreugde wil ons jubelen oor God se goedheid sing.

12

Page 13: Preekriglyne – vir eredienste · Web view1 Oorsig 1 1.1 Ander tekste 2 1.2 Fokusteks: Titus 2:11-14 4 1.3 Eksegetiese opmerkings 5 1.4 Ekstra stof 5 2 Erediens 6 2.1 Tema 6 2.2

God se liefde vir die mensdomhet sy Seun na ons gebring.Refrein:Kom, loof die Heer, loof die Heer, loof die Here God,met jou hele lewe!Kom, loof die Heer, loof die Heer, loof die Here God.Loof die Hemelkoning.

2. Jesus Christus, die Verlosser,kom in ons gebrokenheid.Hy bevry ons uit genadevan ons skuld en sondigheid.Refrein:Kom, loof die Heer, loof die Heer, loof die Here God,met jou hele lewe!Kom, loof die Heer, loof die Heer, loof die Here God.Loof die Hemelkoning.

3. Jesus is ons Lig en Lewe – wat ’n vaste sekerheid!By Hom is daar ware vrede, lewe tot in ewigheid!Refrein:Kom, loof die Heer, loof die Heer, loof die Here God,met jou hele lewe!Kom, loof die Heer, loof die Heer, loof die Here God.Loof die Hemelkoning.

4. Saam met eng’le uit die hemelwil ons ook ons hulde bring.“Alle eer aan God, die Here!”,juig ons in verwondering. Refrein:Kom, loof die Heer, loof die Heer, loof die Here God,met jou hele lewe!Kom, loof die Heer, loof die Heer, loof die Here God.Loof die Hemelkoning.

LW: Instrumentale verwerkings van hierdie melodie vir onder andere fluit, viole, simbale en klokkies, is beskikbaar by die musikale verryking van VONKK 84.

VONKK 68 Ere Aan God, Bring Hom Die Eer!Teks: Joy to the world – Isaac Watts 1719; Tom Gouws 1993; gewysig VONKK Werkgroep 2009Gebruik met toestemming van die NG Kerk Uitgewers Musiek: ANTIOCH – Lowell Mason 1848, in aansluiting by GF Handel (1658-1759)© Teks: 2009 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media) © Musiek: openbare besit RUBRIEK: Klassiek – Kersfees en Epifanie

13

Page 14: Preekriglyne – vir eredienste · Web view1 Oorsig 1 1.1 Ander tekste 2 1.2 Fokusteks: Titus 2:11-14 4 1.3 Eksegetiese opmerkings 5 1.4 Ekstra stof 5 2 Erediens 6 2.1 Tema 6 2.2

1. Ere aan God, bring Hom die eer!Hy buig in liefde neer.Profete se verwagtinggaan heerlik in vervulling.‘n Kind vir ons geskenk! ‘n Seun vir ons gegee!‘n Koningskind is vir ons gegee!

2. God is met ons, Immanuel!‘n Engel deel dit mee.Uiteindelik het Hy gekom,Verlosser van die mensdom.Kom buig nou almal neer!Kom buig voor God, die Heer!‘n Koningskind is vir ons gegee!

3. Buig voor die Kindjie in die stal.Hy heers oor die heelal.Ons wonderbare Raadsman,ons Vredevors, ons Vader.Verheerlik Hom tesaam!Verheerlik Hom tesaam!‘n Koningskind is vir ons gegee!

4 God praat met ons en ons luisterGebedMessias deur Koos van der MerweRaaisels in antieke boekeGeheime eeue oudVoorspellings dromeWense soekeVan harte dors en koudDuisend verse profesieJota tittel kommapuntOnmoontlik dat ek in een messiasElke letter sin kan vindNet u is elke vraag se antwoordElke nagsê oggendsonOok my reis wat soekend kronkelMoet by u bestemming kom

SkriflesingTitus 2:11-14

Familie-oomblik

14

Page 15: Preekriglyne – vir eredienste · Web view1 Oorsig 1 1.1 Ander tekste 2 1.2 Fokusteks: Titus 2:11-14 4 1.3 Eksegetiese opmerkings 5 1.4 Ekstra stof 5 2 Erediens 6 2.1 Tema 6 2.2

Preek

4.1 Familie-oomblikBetrek kinders van verskillende ouderdomme deurgaans deur die liturgie. Laat hulle kerse aansteek en voorlesings doen.

Dikwels bring kinders hul Kersgeskenke saam erediens toe. Vra dat hulle dit vir die gemeente kom wys en geniet dit saam met hulle. Herinner mekaar dan aan die heel beste geskenk, net voordat julle ‘n lofsang sing.

Daar is ’n magdom pragtige Kersverhale wat jy kan lees! The Birds of Bethlehem is op Kindle beskikbaar vir $11.49. Op hierdie video is die storie vanaf 4:42. In my eie versameling is die volgende Kersverhale, waarvan baie op Kindle en/of YouTube beskikbaar is: Panov; Eseltjie se droom; Old Bafana; Star Bright; The Giveaway en Song of the Stars. (Onthou om nie dokumente uit dropbox uit te haal nie – copy and paste).

Carolyn Brown wys op ‘n interessante vergelyking wat vanuit die Titus Skriflesing getrek kan word tussen Jesus en Kersvader. Kersvader bring nét geskenke vir die kinders wat soet was. Dink bv aan die liedjie “Santa Clause is coming to town”:

You better watch out, you better not cry | Better not pout, I'm telling you why | Santa Claus is comin' to town | He's making a list and checking it twice| Gonna find out who's naughty and nice ... He sees you when you're sleepin' | He knows when you're a wake | He knows if you've been bad or good | So be good for goodness sake (Die eerste minuut van hierdie video is ’n kinderlike weergawe van dié lied.)

Brown sê: Santa brings toys only to the good. Jesus comes to love us not because of anything we have done to earn it but because God loves us.

Kinders sal dit geniet om tydens die preek hierdie engeltjies te maak terwyl hulle luister.

4.2 PreekriglynDie fliek Sully is in September 2016 in Suid-Afrika vrygestel. Sully is die noemnaam van Chesley Sullenberger III wat die kaptein van die passasiersvliegtuig was wat op 15 Januarie 2009 om 15:26 vanaf La Guardia lughawe in New York opgestyg het. Die vliegtuig se bestemming was Charlotte in Noord-Carolina.

Die vliegtuig het egter nie by sy bestemming uitgekom nie. Kort nadat dit opgestyg het, het dit 'n swerm ganse getref wat groot skade aan beide die enjins aangerig het. Sully en sy medevlieënier het 'n noodlanding op die Hudsonrivier gedoen. Om 'n noodlanding op water te doen, is baie moeilik en die prosedures wat gevolg moes word om die vliegtuig daarvoor gereed te kry binne die toegelate twee tot drie minute voor die landing was ingewikkeld en omvattend.

In die fliek vertel die medevlieënier hoe briljant Sully die situasie hanteer het. Vlieëniers tree volgens vooraf ingeoefende prosedures op. Sully moes sekere van hierdie instruksies ignoreer, omdat dit in die situasie nie van toepassing was nie. Hy moes die regte prosedures identifiseer en dit nougeset uitvoer. Dit het hy briljant gedoen.

In die twee tot drie minute wat hulle gehad het, moes hulle die volgende wesenlike stappe uitvoer:

Die enjins afskakel

15

Page 16: Preekriglyne – vir eredienste · Web view1 Oorsig 1 1.1 Ander tekste 2 1.2 Fokusteks: Titus 2:11-14 4 1.3 Eksegetiese opmerkings 5 1.4 Ekstra stof 5 2 Erediens 6 2.1 Tema 6 2.2

Die spoed van die vliegtuig reg beheer, sodat dit so lank moontlik sou bly sweef

Die neus van die vliegtuig afdruk om spoed te behou

Die outomatiese vlieënier afskakel en die vlugbeheerstelsel uitskakel

Hulle moes alle ventilasieopeninge en kleppe sluit sodat die vliegtuig so lank moontlik kon bly dryf

Hulle moes 'n skerp draai na links uitvoer sodat die vliegtuig in die rigting van die vloei van die Hudsonrivier sou kon "land"

Na die skerp draai moes die vlerke heeltemal horisontaal wees sodra die vliegtuig die water tref

Net voor die landing moes hulle die neus optrek sodat die vliegtuig se stert die water eerste tref en as rem kon optree.

Die veilige landing en die feit dat almal sonder besering oorleef het, kan as 'n wonderwerk gesien word. Dit is sekerlik, maar dit is ook die vrug van jarelange oefening en voorbereiding.

Mens sien hierin ook die krag van goeie gewoontes.

Gedrag is belangrik

Die omgekeerde is ook waar: Die verkeerde gedrag kan lewens kos en verwoes. Dit is waarskynlik maklik om aan voorbeelde te dink waar growwe nalatigheid groot skade aan mense aangerig het. Dit is egter ook waar van "minder ernstige" oortredings. Dit is dikwels liefdeloosheid, hooghartigheid, veroordeling en beterweterigheid by gelowiges wat mense van die geloof "afsit".

Dit is daarom seker nie om dowe neute dat Paulus in hierdie brief aan Titus aandag gee aan Titus se gedrag nie. Titus is 'n jong geestelike leier van 'n jong gemeente op die eiland Kreta. Paulus gee egter nie net aandag aan Titus se gedrag nie. Hy is begaan oor die gedrag van die gelowiges in die algemeen, van almal in die gemeente. Dit sluit in Titus, die ouderlinge, gesinslede teenoor mekaar en gelowiges teenoor ongelowiges.

Hooftema van die brief

Die brief aan Titus bestaan uit drie dele:

Die eerste hoofdeel wat van 1:5-16 strek, fokus op die ouderlinge wat onberispelik van gedrag moet wees (lewe) en só aan die betroubare waarheid (leer) moet vashou dat hulle met die gesonde leer die argumente van die teenstanders kan weerlê. Die teenstanders is mense wat van die waarheid (leer) afgedwaal het en wie se dade (lewe) wys dat hulle net voorgee om God te ken.

In die tweede hoofdeel (2:1-15) gaan dit oor die verkondiging wat in ooreenstemming met die gesonde leer moet wees. Die verkondiging word gerig op die lewe van verskillende groepe mense. Die doel van die goeie dade (lewe) is om die waarheid van die Woord van God teenoor ongelowiges te bevestig.

Paulus sê prakties: Julle moet mooi lewe, sodat die aansien van ons Verlosser se leer verhoog word, want die genade het aan alle mense verskyn. Omdat die evangelie die oog op alle mense het en omdat dié mense weer die Christene in die oog hou, moet die Christene se lewe só wees dat die uitverkorenes (1:1) tot geloof sal kan kom.

16

Page 17: Preekriglyne – vir eredienste · Web view1 Oorsig 1 1.1 Ander tekste 2 1.2 Fokusteks: Titus 2:11-14 4 1.3 Eksegetiese opmerkings 5 1.4 Ekstra stof 5 2 Erediens 6 2.1 Tema 6 2.2

In die derde hoofdeel (3:1-8b) word gefokus op die gedrag na buite (lewe), veral teenoor die owerheid en gesagsdraers. Gelowiges moet hulle op goeie werke toelê. Ook in hierdie deel kom die teenstanders ter sprake.

In al drie hoofdele van die brief is daar dus 'n sterk fokus op die Christelike lewe. Die hoofdoel van die brief is dus om die kragtige getuienis van 'n deugsame en moreel goeie lewe ten gunste van die evangelie onderstreep.

Kersdag

Hierdie teks uit Titus is deur die eeue 'n gewilde keuse in gemeentes vir Kersdag. Waarom? Die teks bevat immers geen verwysings na herders of wyse manne, 'n jongvrou en 'n baba in 'n krip nie. Dit is veral vers 11 wat gelowiges se aandag op Kersdag boei:

Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn.

Hierdie "verskyning" waarna die teks verwys, het egter nie net betrekking op Jesus se geboorte nie, maar op sy eerste koms in die geheel. Kersdag lui die verskyning van God se genade in. Dit is die bron van ons vreugde.

Daar is 'n belangrike verskil tussen die eerste Kersfees en alle Kersfeeste wat daarop volg. Tydens die eerste Kersfees het God gebruik gemaak van engele en 'n ster om die geboorte aan te kondig. Elke Kersfees daarna word nie deur engele nie, maar deur mense aangekondig! Dit is die geval op Kreta waar Titus die jong geestelike leier van 'n jong gemeente is. En dit is ook die geval op elke tyd en plek waar Kersfees sedertdien gevier word.

Dit het implikasies! Dit is asof Paulus vir Titus en die gelowiges op Kreta wil sê: As julle die rol van die engele moet oorneem, moet julle darem, op 'n manier, by wyse van spreke, soos engele lyk. Anders gestel, dit is net nie moontlik om op Kreta te sê: Christus het verskyn, en te verwag dat mense jou ernstig moet opneem as jy nie die wêreldse begeerlikhede laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug lewe nie. Die genade van God voed ons immers op . . . Daarom beklemtoon Paulus die lewe en gedrag van geestelike leiers en gelowiges in besonder in ons teks.

Tussen twee verskynings

Paulus se argument is dat ons tussen twee verskynings van Christus leef, tussen sy eerste koms en sy tweede koms. Mense wat dit weet, se gedrag word daardeur verander. Ons leef soos Christus wil hê ons moet leef. Ons oefen die regte gedrag voortdurend in.

Sally Brown verduidelik:

The congregation already knows about living between decisive moments from ordinary human experience. Between engagement and marriage, between the moment of the positive pregnancy test and the longed-for moment of birth, between admission into degree candidacy and conferral of degree, between the diagnosis of incurable illness and—as used to be said in my childhood church, perhaps euphemistically but also faithfully—the 'entering into glory', altered expectations come to bear, priorities shift, self-assessment changes, relationships take on heightened significance. Something has happened that makes this time like no other time; something is going to happen that will alter life again. Between-times living cannot be business as usual; and the Christian sense of what matters is uniquely defined by acts of God unrepeatable and decisive.

17

Page 18: Preekriglyne – vir eredienste · Web view1 Oorsig 1 1.1 Ander tekste 2 1.2 Fokusteks: Titus 2:11-14 4 1.3 Eksegetiese opmerkings 5 1.4 Ekstra stof 5 2 Erediens 6 2.1 Tema 6 2.2

Inoefen

Mens kan sê ons oefen nou al reeds die ritme van Christus in, sodat ons in pas met God se koninkryk lewe. Net soos Sulley se veilige landing op die Hudsonrivier met goeie rede 'n wonderwerk genoem word, moet dit ook gesien word as die uitvloeisel van jare lange opleiding en ervaring, van die krag van goeie gewoontes. Die krag van oefen, soos Paulus dit in hierdie brief aan Titus vra.

Hier is nog 'n voorbeeld:

Die dokumentêre film Dancemaker (1998) bekyk die lewe en werk van die internasionaal bekende choreograaf Paul Taylor. 'n Greep uit die film handel oor Taylor en sy groep dansers wat genooi word om in Indië op te tree. Hulle berei met die oog daarop 'n nuwe werk voor. Die voorbereiding begin met Taylor en die dansers wat indringend na die musiek sit en luister om al die fyn nuanses te hoor. Nadat hulle hulself in die musiek verdiep het, staan Taylor op en begin om spontaan bewegings uit te voer. Een vir een staan die ander dansers op; eers volg hulle Taylor se bewegings en dan gee hulle hulle eie interpretasie aan sy bewegings en die musiek. Die dans wat sodoende ontwikkel, is nie die resultaat van een persoon se skeppende vermoë nie, maar dit is 'n gesamentlike skepping van die groep.

Hierna volg die inoefening van die stuk wat 'n lang en moeisame proses is. Dit kos bloed, sweet en trane! Hierdie fase van die produksie gaan gepaard met beserings, lang werksure en min vrye tyd, asook die nougesette volg van 'n streng dieet. Iemand lewer soos volg kommentaar hierop: "But the dancers understand this paradoxical truth: without discipline there can be no freedom to dance. Their dedication symbolizes their love, and their love is reflected in their discipline."

En toe vertrek die groep na Indië. Die groot aand, die première, breek aan. Die teater is stampvol in afwagting op iets spesiaal van die meester en sy dansgroep. Die ligte verdof, die musiek begin oor die klankstelsel speel, en die dansers se ritmiese bewegings vloei saam met die musiek . . . En toe, skielik, hou die musiek op met speel. Die volgende kameraskoot fokus op die verhoogbestuurder en die deurmekaarspul agter die verhoog. Die verhoogbestuurder druk paniekerig elke moontlike knoppie op die beheerpaneel terwyl sy probeer uitmaak waarom daar geen klank nie is en waarom die bandmasjien nie loop nie.

Die kameraskoot skuif na die verhoog. Daar is steeds geen klank nie, maar die dansers is nog aan die dans! Daar is nie 'n sweempie van vrees of verwarring op hulle gesigte te sien nie. Dit is asof hulle met nog groter intensiteit luister, met hulle hele liggaam luister na die musiek. En alhoewel die musiek onhoorbaar is, kan hulle nog dans, want hulle het 'n intieme kennis van die musiek. Dit leef in hulle!

Die kamera beweeg terug na die gebeure agter die verhoog. Dit kom voor asof die probleem opgelos is. Die tegnici gee vir die verhoogbestuurder 'n aanduiding dat alle konneksies herstel is en dat sy die knoppie kan druk vir die bandmasjien om te speel. Toe sy op die punt staan om die bandmasjien se knoppie te druk, besef sy dat die dansers aanhou dans het terwyl die bandmasjien stilgestaan het . . . Die plek in die musiek waar die bandmasjien sou hervat, was nie meer in pas met die dansers nie . . .

En toe onthou die verhoogbestuurder dat daar 'n tweede bandmasjien, wat met batterye werk, aan die stelsel gekoppel is en wat met die eerste een gesinkroniseer is om as rugsteun vir die eerste bandmasjien te dien. Hierdie tweede bandmasjien het nog die heeltyd tydens die kragonderbreking geloop. Die tegnici help haar om die omskakeling na die tweede bandmasjien te doen. Sy druk die

18

Page 19: Preekriglyne – vir eredienste · Web view1 Oorsig 1 1.1 Ander tekste 2 1.2 Fokusteks: Titus 2:11-14 4 1.3 Eksegetiese opmerkings 5 1.4 Ekstra stof 5 2 Erediens 6 2.1 Tema 6 2.2

speelknoppie; die musiek kom aan; en die dansers en die musiek is volmaak in pas. Die dansers het nie 'n enkele maatslag verloor nie!

Oefen in die waarheid en goeie gewoontes het ongelooflike vrug.

5 God stuur ons om te leefGebed

SlotsangLied 358 Welkom, o stille nag van vredeVonkk 68 Ere aan God, Bring Hom die Eer (bekend – Joy to the World) http://vonkk.kerkmusiek.co.za/product/vonkk-00068/ ofFlam 453 In Ons Suiderland, Ruis ’n Kersfeesklank (Suiderkruis/Karoo Kerslied) http://flam.kerkmusiek.co.za/product/f453/

SeënMag die God van die engele wat Christus se geboorte aangekondig het, vir ons vrede gee.Mag die God van liefde wat sy enigste Seun vir ons gegee het, se liefde in ons leef.Mag Immanuel, God met ons, ons elke dag vergesel.

ResponsLied 348 vers 2 laaste 2 reëls: Juig, die Redder is daar! OfLied 258 vers 3 refrein: Christus kom, Christus kom – gee aan God die eer. Skenk ons ‘n helder Somerkersfees, in hierdie land, o Heer

6 Volgende erediensPsalm 148

Liturgie en familie-oomblik: Rethie van Niekerk

Powerpoint: Wicus Wait

Preekriglyn: Danie Mouton

Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk

19