preekriglyne – vir eredienste · web viewaanhef van die brief 4 van johannes. aan die sewe...

21
Openbaring 1:4-8 – Tweede Sondag van Paastyd – 07 April 2013 1 Oorsig..........................................................1 1.1 Ander tekste................................................ 2 1.2 Fokusteks: Openbaring 1:4-8.................................4 1.3 Vorige riglyne.............................................. 5 1.4 Eksegetiese opmerkings......................................5 2 Erediens........................................................5 2.1 Tema........................................................ 5 2.2 PowerPoint agtergrond.......................................5 2.3 Liturgie.................................................... 6 3 God nooi ons uit en ons kom tot rus.............................6 3.1 Rus......................................................... 6 3.2 Liedere..................................................... 7 4 God praat met ons en ons luister................................9 4.1 Familie-oomblik............................................. 9 4.2 Preekriglyn................................................ 10 5 God stuur ons om te leef.......................................14 6 Volgende erediens..............................................15 1 Oorsig 1

Upload: others

Post on 25-Jan-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Openbaring 1:4-8 – Tweede Sondag van Paastyd – 07 April 2013

11Oorsig

21.1Ander tekste

41.2Fokusteks: Openbaring 1:4-8

51.3Vorige riglyne

51.4Eksegetiese opmerkings

52Erediens

52.1Tema

52.2PowerPoint agtergrond

62.3Liturgie

63God nooi ons uit en ons kom tot rus

63.1Rus

73.2Liedere

94God praat met ons en ons luister

94.1Familie-oomblik

104.2Preekriglyn

145God stuur ons om te leef

156Volgende erediens

1 Oorsig

Jesus Christus, die Eerste wat uit die dood opgestaan het (Op 1), maak die kerk deel van sy koninkryk. Die kerk se roeping is om in die krag van die Gees getuies van Jesus te wees tot aan die uithoeke van die wêreld. Die dissipels ontvang die Gees van die opgestane Jesus (Joh 20). Saam met die Gees getuig die vroeë kerk van die opgestane Jesus (Hand 5) – selfs onder groot druk (vgl ook Ps 118). Loof die Here (Ps 150), want God doen kragtige dade!

1.1 Ander tekste

Handelinge 5:27-32

27Hulle het hulle voor die Raad gebring, en die hoëpriester sê toe vir hulle: 28“Het ons julle nie uitdruklik belet om die mense in hierdie Naam te leer nie? En nou lê die hele Jerusalem vol van julle leer! Boonop wil julle ons ook nog verantwoordelik hou vir hierdie man se dood.”

29Petrus en die ander apostels het geantwoord: “’n Mens moet eerder aan God gehoorsaam wees as aan mense! 30Die God van ons voorvaders het Jesus uit die dood opgewek nadat julle Hom vermoor het deur Hom aan die kruis te hang. 31God het Hom verhoog tot Leidsman en Verlosser aan sy regterhand, sodat Hy Israel tot bekering kan bring en hulle sondes kan vergewe. 32En ons is getuies hiervan, ons en die Heilige Gees wat deur God gegee is aan dié wat aan Hom gehoorsaam is.”

Psalms 118:14-29

14Die Here is my krag en my beskerming.

Dit is Hy wat my gered het!

Hoor die gejuig

in die laer van die oorwinnaars:

“Die Here doen kragtige dade,

16die Here triomfeer,

die Here doen kragtige dade!”

17Ek sal nie sterwe nie, ek sal lewe

en van die dade van die Here getuig.

18Die Here het my swaar gekasty,

maar my nie aan die dood

oorgegee nie.

19Maak die tempelpoort vir my oop:

ek wil ingaan en die Here loof.

20Dit is die poort na die Here toe;

regverdiges mag daardeur ingaan.

21Ek wil U loof

omdat U my gebed verhoor

en my gered het.

22Die klip wat deur die bouers

afgekeur is,

juis hy het die belangrikste klip

in die gebou geword.

23Dit is deur die Here gedoen

en is ’n wonder in ons oë!

24Dit is die dag

wat die Here gemaak het;

laat ons daaroor juig en bly wees.

25Red tog, Here,

gee tog voorspoed, Here!

26Prys hom

wat in die Naam van die Here kom!

Ons seën julle uit die huis van die Here.

27Die Here is God;

Hy skenk ons die lewe.

Begin die fees! Wuif met takke!

Gaan tot by die horings van die altaar.

28U is my God, U wil ek loof;

my God, u grootheid wil ek besing.

29Loof die Here, want Hy is goed,

aan sy liefde is daar geen einde nie.

Psalm 150

150 Prys die Here!

Prys God in sy heiligdom,

prys Hom hier onder sy magtige

hemelgewelf!

2Prys Hom oor sy kragtige dade,

prys Hom in sy magtige grootheid!

3Prys Hom met die ramshoring,

prys Hom met harp en lier!

4Prys Hom met tamboeryn

en koordanse,

prys Hom met snaarinstrumente

en fluite!

5Prys Hom met simbale,

prys Hom met galmende simbale!

6Laat alles wat asem haal,

die Here prys!

Prys die Here!

Johannes 20:19-31

Jesus verskyn aan sy dissipels

(Matt 28:16–20; Mark 16:14–18; Luk 24:36–49)

19Daardie Sondagaand was die dissipels bymekaar. Alhoewel die deure gesluit was omdat hulle bang was vir die Jode, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en vir hulle gesê: “Vrede vir julle!”

20Nadat Hy dit gesê het, wys Hy sy hande en sy sy vir hulle. Die dissipels was baie bly toe hulle die Here sien.

21“Vrede vir julle!” sê Hy weer vir hulle. “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.”

22Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy oor hulle en sê: “Ontvang die Heilige Gees! 23As julle vir mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe; as julle dit nie vergewe nie, word dit nie deur God vergewe nie.”

24Tomas, wat ook Didimus genoem is, een van die twaalf, was nie by die dissipels toe Jesus gekom het nie. 25Die ander dissipels sê toe vir hom: “Ons het die Here gesien!”

Maar hy sê vir hulle: “As ek nie die merke van die spykers in sy hande sien en my vinger in die merke van die spykers steek en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie.”

Jesus en Tomas

26Ag dae later was Jesus se dissipels weer bymekaar, en Tomas was by julle. Hoewel die deure gesluit was, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en gesê: “Vrede vir julle!”

27Daarna sê Hy vir Tomas: “Bring jou vinger hier en kyk na my hande; en bring jou hand en steek hom in my sy; en moenie langer ongelowig wees nie, maar wees gelowig.”

28En Tomas sê vir Hom: “My Here en my God!”

29Toe sê Jesus vir hom: “Glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo.”

30Jesus het nog baie ander wondertekens, wat nie in hierdie boek beskrywe is nie, voor sy dissipels gedoen. 31Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê.

1.2 Fokusteks: Openbaring 1:4-8

Voorwoord

1 Wat hier volg, is deur Jesus Christus geopenbaar. God het die openbaring oor wat binnekort moet gebeur, vir Hom gegee om aan sy dienaars bekend te maak. Jesus het toe sy engel gestuur om sy dienaar Johannes dit alles te laat sien. 2Johannes is die getuie van wat God gesê en wat Jesus Christus bevestig het; hy getuig van alles wat hy gesien het.

3Geseënd is die een wat die woorde van hierdie profesie lees, en die mense wat dit hoor en wat ter harte neem wat daarin geskrywe staan, want die eindtyd is naby.

Aanhef van die brief

4Van Johannes.

Aan die sewe gemeentes in die provinsie Asië.

Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste voor sy troon, 5en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde.

Uit liefde vir ons het Hy ons deur sy bloed van ons sondes verlos 6en ons sy koninkryk gemaak, priesters vir God sy Vader. Aan Hom behoort die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.

Tema van die boek

7Kyk, Hy kom met die wolke,

en al die mense sal Hom sien,

ook hulle wat Hom deurboor het;

en al die volke van die aarde

sal oor Hom in selfverwyt weeklaag.

Ja, dit is seker!

8“Ek is die Alfa en die Omega,” sê die Here God, Hy wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

Jesus se verskyning aan Johannes

9“Ek, Johannes, is julle medegelowige, en deur ons verbondenheid met Jesus het ek saam met julle deel aan die verdrukking en aan die koninkryk en aan die volharding. Ek was op die eiland Patmos, waarheen ek verban was omdat ek die woord van God en die getuienis van Jesus verkondig het. 10Op die dag van die Here is ek deur die Gees meegevoer en ek het agter my, so hard soos die geluid van ’n trompet, ’n stem hoor 11sê: “Skrywe wat jy sien in ’n boek op en stuur dit vir die sewe gemeentes: Efese, Smirna, Pergamum, Tiatira, Sardis, Filadelfia en Laodisea.”

12Ek het omgedraai om te sien wie dit is wat met my praat. En toe ek omgedraai het, het ek sewe goue staanlampe gesien 13en tussen die lampe Iemand soos die Seun van die mens. Hy het ’n lang kleed aangehad en ’n goue band om sy bors gedra. 14Die hare op sy kop was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë het soos vuur gevlam. 15Sy voete was soos geelkoper wat in ’n smeltoond gloei, en sy stem soos die gedruis van ’n groot watermassa. 16In sy regterhand het Hy sewe sterre gehad, en ’n skerp swaard met twee snykante het uit sy mond uit gekom. Sy hele voorkoms was soos die son wat op sy helderste skyn.

17Toe ek Hom sien, het ek by sy voete neergeval en bly lê soos een wat dood is. Hy het toe met sy regterhand aan my gevat en vir my gesê: “Moenie bang wees nie, dit is Ek, die Eerste en die Laaste, 18die Lewende. Ek was dood en, kyk, Ek lewe tot in alle ewigheid; en Ek het die sleutels van die dood en die doderyk. 19Skrywe nou op wat jy gesien het, wat nou daar is en wat hierna gaan gebeur. 20En dit is die verborge betekenis van die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, en van die sewe goue lampe: die sewe sterre is die leraars van die sewe gemeentes, en die sewe lampe is die sewe gemeentes.”

1.3 Vorige riglyne

Daar is een vorige riglyn by Seisoen van Luister:

Openbaring

1:4-8

Powerpoint (1.27 MB) - Word (202 KB)

2de Sondag van Paastyd - 15 April 2007

Daar is ook een vorige riglyn by Leesrooster.co.za:

Openbaring 01_4-8.doc

1.4 Eksegetiese opmerkings

Bybel-Media se Woord en fees - Preekstudies en liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar 2012-2013 bied uitstekende agtergrond oor teks en konteks. Bestel by www.bmedia.co.za.

In onderstaande preekskets word prof Jan A du Rand se boek, Die A-Z van Openbaring, uitgegee deur CUM (2007) deurgaans as ondersteunende bron gebruik.

2 Erediens

2.1 Tema

Leef uit God se seën, genade en vrede.

2.2 PowerPoint agtergrond

Koning Louis XIV van Frankryk is vanuit die Notre Dame in Frankryk begrawe.  Hierdie foto van die Notre Dame is deur Saturne by flickr.com (Creative Commons Lisensie).

2.3 Liturgie

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus

3.1 Rus

Lied161Halleluja Heer U is ons lewe vs 1

Aanvangswoord

22Die klip wat deur die bouers

afgekeur is,

juis hy het die belangrikste klip

in die gebou geword.

23Dit is deur die Here gedoen

en is ’n wonder in ons oë!

24Dit is die dag

wat die Here gemaak het;

laat ons daaroor juig en bly wees.

(Psalm 118)

Seëngroet

Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste voor sy troon, 5en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde. (Open 1)

Lied118Kom loof die Heer se liefdesdae vs 1, 4,6

Verootmoediging

Jesus se opstanding ontlok twee uiteenlopende reaksies by mense: sommige is skepties en ongelowig, selfs vyandig; ander glo in Hom en verdedig Hom met groot oortuiging. Hoor hoe die Heilige Gees ons in Handelinge 5 herinner om Jesus se Naam onverskrokke te bely.

Handelinge 5:27-32

27Hulle het hulle voor die Raad gebring, en die hoëpriester sê toe vir hulle: 28“Het ons julle nie uitdruklik belet om die mense in hierdie Naam te leer nie? En nou lê die hele Jerusalem vol van julle leer! Boonop wil julle ons ook nog verantwoordelik hou vir hierdie man se dood.”

29Petrus en die ander apostels het geantwoord: “’n Mens moet eerder aan God gehoorsaam wees as aan mense! 30Die God van ons voorvaders het Jesus uit die dood opgewek nadat julle Hom vermoor het deur Hom aan die kruis te hang. 31God het Hom verhoog tot Leidsman en Verlosser aan sy regterhand, sodat Hy Israel tot bekering kan bring en hulle sondes kan vergewe. 32En ons is getuies hiervan, ons en die Heilige Gees wat deur God gegee is aan dié wat aan Hom gehoorsaam is.”

Skuldbelydenis

“O Here, God van genade,

verlos my om Jesus ontwil van my louheid

en steek die vuur van die Gees in my aan.

Neem die hart van klip in my binneste,

en maak vir my ’n hart wat vir U ontvanklik is;

’n hart wat U sal liefhê, loof en aanbid

wat U sal volg en vreugde daarin sal vind.

(Anselmus, 11e eeu; uit: “Die Groot Gebedeboek”, bl 196)

Lied 279 “Hoor ons sug, O Heer”

Johannes 20:26-29

Jesus en Tomas

26Ag dae later was Jesus se dissipels weer bymekaar, en Tomas was by julle. Hoewel die deure gesluit was, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en gesê: “Vrede vir julle!”

27Daarna sê Hy vir Tomas: “Bring jou vinger hier en kyk na my hande; en bring jou hand en steek hom in my sy; en moenie langer ongelowig wees nie, maar wees gelowig.”

28En Tomas sê vir Hom: “My Here en my God!”

29Toe sê Jesus vir hom: “Glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo.”

Gebed

Here van die lewe,

U het U tot die dood toe aan die mensdom verbind.

U het die graf oorwin.

Deur ‘n skouspel vir mense te word,

opgelig teen die vloekhout,

het U volkere na U getrek.

Die lewe wat ons vanweë ons sonde verloor het,

het U herstel deur u opstanding uit die dood.

Gedurende hierdie vyftig dae van Pase

verkondig ons die heerlike openbaring van u sterwe en opstanding.

Want alle eer kom U toe,

Nou, en tot in ewigheid.

Amen.

(Uit die bydrae van 15 April 2007 by Leesrooster.co.za)

Lofprysing

Lied 414Juig verlostes, juig en sing vs 1,2 en

Lied417Jesus ons eer U (opgestane Heer) vs 1,2

3.2 Liedere

Flam 126 Jesus, Lig in die duisternis

Oorspronklike titel: Jezus, Licht in de duisternis

Teks en Musiek:Peter van Essen

Afrikaanse vertaling:Faani & Gerda Engelbrecht

© 2005 Unisong Music Publishers t/a Samuel Music

Jesus, Lig in die duisternis,

Jesus, oorsprong van al’s wat is

Jesus, liefde wat ewig is,

ek prys U

Jesus, weg waarop U my lei

Jesus, waarheid, U maak vry

Jesus, lewe by U te kry

ek prys U

Koor:

Waar sou ek gaan sonder U?

waarom bestaan sonder U?

Jesus, my hoop en my krag

U is my Heer,

U is my Heer

Jesus, tot die tyd só bestem

Jesus, totdat ek U kan ken

Jesus, gee ek my hart en stem

Ek prys U

Koor:

Waar sou ek gaan sonder U?

waarom bestaan sonder U?

Jesus, my hoop en my krag

U is my Heer,

U is my Heer

Flam 142 Kom, Jesus kom

Teks en Musiek:Retief Burger

© 2005 Retief Burger

(Op 19:6-9; Op 22:16-21; 2 Kor. 5:6-9)

Opgeneem op die CD Luidkeels

Here van die Heiliges, U wat was en U wat is,

Ek sal sing, ek sal sing

U liefde sal vir ewig staan, u liefde sal ook my kom haal

ek sal sing, ek sal sing

Die Gees en die Bruid roep uit, ons wag, ons smag

ons verlang na U Heer, na U Heer

 

Refrein:

Kom, Jesus, kom vir u bruid

vir hierdie mense wat voor u staan

Kom, Heil'ge Gees, en reinig ons

vir die bruilof van die Lam

Jesus kom, Jesus kom, Jesus kom tog gou! Kom!

 

Here van die ewigheid, oorwinnaar van die laaste stryd

Ek sal sing, ek sal sing

U liefde sal vir ewig bly, die dag sal kom, die nag verdwyn

Ek sal sing, Ek sal sing

Die Gees en die Bruid roep uit, ons wag, ons smag

ons verlang na U Heer, na U Heer

Refrein:

4 God praat met ons en ons luister

Epiklese

Here van die lewe,

U het U tot die dood toe aan die mensdom verbind.

U het die graf oorwin.

Deur ‘n skouspel vir mense te word,

opgelig teen die vloekhout,

het U volkere na U getrek.

Die lewe wat ons vanweë ons sonde verloor het,

het U herstel deur u opstanding uit die dood.

Gedurende hierdie vyftig dae van Pase

verkondig ons die heerlike openbaring van u sterwe en opstanding.

Want alle eer kom U toe,

Nou, en tot in ewigheid.

Amen.

(Uit die bydrae van 15 April 2007 by Leesrooster.co.za)

SkriflesingOpenbaring 1:1-8

Prediking

4.1 Familie-oomblik

Die konsep van God se bestaan en grootheid kan aan die hand van die beskrywing van die Alfa en die Omega verduidelik word.

4.2 Preekriglyn

[Nota: In hierdie preekskets word gewerk met Openbaring 1:1-8, en nie slegs met 1:4-8 soos die RCL voorstel nie.]

Koning Louis XIV van Frankryk het verkies om "Louis die Grote" genoem te word. Hy is bekend vir sy arrogante stelling: "Ek is die staat!" Sy hof was by verre die mees luukse en glorieryke in die Europa van sy tyd. Uiteindelik was sy begrafnis ook die mees luisterryke ooit.

In die swierige katedraal, waar die begrafnis plaasvind, het sy liggaam in ʼn goue kis gelê. Om sy grootheid te beklemtoon, is opdrag gegee dat die katedraal baie swak verlig moes word. Een spesiale kers is aan die bopunt van die kis geplaas om sy stoflike oorskot te verlig.

Die duisende begrafnisgangers het in stilte gewag. Toe begin aartsbiskop Massillon te praat. Hy het stadig vooroor gebuig, die spesiale kers doodgeblaas, en gesê: "Nét God is groot."

Wie is groot?

Die boek Openbaring is die openbaring deur Jesus Christus. (1) Die Griekse woord vir openbaring, apokalupsis, beteken om dit wat voorheen ongekend was te onthul of bekend te maak. Die boek vertel van die bestemming waarop die wêreld afstuur. God gee hierdie openbaring oor wat binnekort gaan gebeur, aan Jesus, wat dit deur sy engel op die eiland Patmos aan Johannes bekendmaak. Johannes getuig teenoor die sewe gemeentes van die Here in die Romeinse provinsie van Klein-Asië (vandag die westelike deel van Turkye) oor wat hy gesien het. (1-2) Deur sy getuienis bereik hierdie boodskap ook vir ons wat vandag steeds lewensrigting benodig.

Die doel van die boek is om te vertel Wie werklik groot is. Wie is in beheer, ten spyte van alles wat gelowiges elke dag rondom hulle sien? Voor Wie se regterstoel gaan die wêreldgeskiedenis eindig? Wie sê die laaste woord?

As apokalupsis is Openbaring ook ʼn profesie. Die eerste drie verse vertoon heelwat ooreenkomste met die inleidings van die profetiese boeke van die Ou Testament. Deur hierdie boek maak God sy wil bekend, en God se wil het implikasies vir die wyse waarop die toekoms hom afspeel.

Geseënd wie dié woorde ter harte neem

Openbaring is die woorde wat kom van dié Een wie se woorde werklikhede skep. God praat met die volgelinge van Jesus Christus. Hy help hulle verstaan wat in die wêreld se geskiedenis aan die gebeur is. Deur allerlei beelde, simbole, visioene en gesigte, wat soos ʼn rolprent in mens voor die leser se geestesoog afspeel, help God ons om die eintlike werklikheid en die eintlike stand van sake raak te sien. Só leer God ons dit maak sin om Jesus na te volg en te gehoorsaam. Wie kies om aan Jesus getrou te bly, bly reg georiënteer aan God se wil, en sal as oorwinnaar in Christus eindig.

Jan A du Rand skryf in sy skitterende A-Z van Openbaring:

Die doel van die visioene in die boek Openbaring is om die verborge waarhede van God se wêreldplan in die verlede, hede en toekoms aan die gelowiges bekend te maak. God is in beheer en sal alles tot ʼn einde voer: Hy straf die goddeloses, en Hy bring verlossing vir die gelowiges. (120)

Daarom begin Openbaring deur te sê:

Geseënd is die een wat die woorde van hierdie profesie lees, en die mense wat dit hoor en wat ter harte neem wat daarin geskrywe staan, want die eindtyd is naby. (3)

Mens kan vra waarom die eindtyd, die dinge "wat binnekort moet gebeur" (1) na ongeveer 20 eeue nog nie plaasgevind het nie? Weer Du Rand:

Binnekort impliseer hier egter nie ʼn kort tydsverloop nie, maar eerder die akuutheidvan die gebeure wat moet volg. Die akuutheid van die eindgebeure vra van die gelowiges ʼn opgeskerpte getrouheid en ʼn verantwoordelike gereed-wees. Die eindgebeure het reeds begin met die oorwinning van die Lam, en sy wederkoms sal dit afsluit. (121)

Die ware geseëndes is diegene wat hulle steur aan die Here Jesus, en hulle lewens volgens sy woorde inrig. Hulle leef in die lig van die einde van die geskiedenis, wat in God se hande is. Selfs al lyk dit op die korttermyn of hulle diegene is wat in die hek duik. Die ware geseëndes leef onder die beloftes van God se woorde, en tree daarvolgens op.

Genade en vrede

Die aanhef van die brief (vanaf vers 4) rig die Openbaring aan die sewe gemeentes, en kondig genade en vrede aan van die drie-enige God, Vader (Hom wat is en wat was en wat kom), Jesus Christus en die volheid van die werking van die Heilige Gees (die sewe Geeste voor sy troon dui op die volheid of volmaaktheid van die Gees se werk).

Die genade (die Griekse begrip charein) en die vrede (die Hebreeuse sjalom) dui op konkrete voorspoed in die hede, maar ook op die seën wat met die wederkoms aanbreek. Vader, Seun en Heilige Gees sê aan gelowiges God se sorg en getrouheid toe, met ʼn diep geestelike belofte daarby: In Christus kan ons nou reeds in die geestelike seën deel waarop ons hoop, naamlik genade en vrede, wat ons in sy volheid met die wederkoms sal ervaar. (Du Rand, p 125)

Die Openbaringboek sit die noot hoog in. Daar is geweldige beloftes verbonde aan die ken van die Here en die doen van sy wil. Dit gaan om meer as maar net interessante inligting, of wetenswaardige toekomsvoorspellings. Hier is die diepste sekerheid van ʼn mens se lewe te sprake. Die diepste bronne waaruit mens die water van die lewe kan skep, is op die spel. Waar gaan jy die ankerpenne van jou lewe inslaan? Vanwaar gaan jy jou heil verwag? Uit die seën, genade en en vrede wat uit ʼn verhouding met die lewende God spruit, en uit gehoorsaamheid aan wat dié Here vra?

Openbaring ken mense, en weet hoeveel aanmoediging ons nodig het. Ons sukkel om te glo, en staan dikwels eerder bekend vir ons worsteling om te glo, as vir ons geloof. Dáárom verbind die boek die aanmoediging wat ons ontvang met die lewe, werk, regerings en wederkoms van die Here Jesus Christus.

Die Here Jesus Christus

Op ʼn aangrypende manier word Jesus Christus in vers 5 geteken. Hy is:

· Die geloofwaardige getuie;

· Die eerste wat uit die dood opgestaan het

· Die heerser oor die konings van die aarde

Na sy aardse lewe was Jesus die geloofwaardige getuie van God se weg met mense. Hy het God se boodskap getrou verkondig en beliggaam. Hy was enduit getrou, al het dit Hom sy lewe gekos. Hy het sy lyf ter wille van gehoorsaamheid op die spel geplaas, en sy bloed (5) gestort om ons van ons sondes te verlos. As getroue, gehoorsame getuie beliggaam Jesus vir ons as mense wat God van ons verwag: gehoorsaamheid aan God. Daarom, sê Openbaring op baie plekke, moet die gelowiges ook getuig, al kos dit ons ons lewe.

Jesus is ook die eerste wat uit die dood opgestaan het. Volgens Du Rand is dit ʼn sinspeling op Psalm 89:28 waar Dawid beskryf word as God se eersgeborene. Die eersgeborene was in die Joodse omgewing die volgende hoof van die familie en ook die een wat die erfenis beheer het. Kolossense 1:15 noem Jesus die eersgeborene van die skepping. In 1 Korintiërs 15:20 word Christus die eersteling genoem van dié wat gesterf en opgestaan het. Soos Hy wat die eerste was, sal ook die hele "oes" van God uit die dood "opstaan." Die gelowiges deel volledig in sy opstanding. Hy wat eerste opgestaan het, kwalifiseer elke gelowige se hele bestaan. Hy waarborg die gelowige se hede en toekoms. (Du Rand p 127)

Hierdie Jesus is ook die heerser oor die konings van die aarde. In Openbaring is die konings van die aarde (dink bv. aan die Romeinse Keiser wat aanbid wil word as ʼn god) die groot teenstanders van Christus en sy volgelinge. Openbaring teken hulle later as leiers van die magte wat teen die Here optrek vir ʼn groot veldslag, en wat dan verslaan word. Die opgestane, verheerlikte Jesus is die Here en Heerser wat aanbid moet word, nie een of ander aardse heerser nie.

Wie geseënd wil lewe, vol genade en vrede, moet God dus gehoorsaam. Die fondament van hierdie gehoorsaamheid is die Here Jesus Christus. Deur geloof, toewyding en gehoorsaamheid aan Jesus plaas mens jou lewe op die regte koers. Hy is die Vors van die lewe by wie alle hoop te vind is.

Hy kom met die wolke

In verse 7 tot 8 word hierdie Jesus geteken as die Een wat aan die einde van die tye in volle heerlikheid terugkom om sy volle koningsrol op te neem. Dan sal die mense wat Hom doodgemaak en Hom geminag het, vol selfverwyt wees.

Daar is geen twyfel dat Jesus, die getroue getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, aan die einde van die tyd as die oorwinnaar uit die stryd sal tree nie.

Dit beteken nie Jesus is nou weg, en ons sien Hom eers weer met sy wederkoms nie. Nee, Hy is steeds teenwoordig by sy volgelinge, Hy dra sy kerk. Hy verhoed dat die vyandige kragte en magte sy kerk oorwoeker. Om die waarheid te sê, die wyse waarop Hy nou - onderweg na sy wederkoms – sy koningskap uitoefen, skep ruimte vir mense om van hul bose koers weg te draai, en Hom na te volg.

Juis daarom moedig Openbaring ons aan om te bly glo en van Jesus en ons hoop in Jesus te bly getuig. Die hoopvolle verwagting, bevestig deur die eeue, is dat die kerk se getuienis ʼn verskil maak. Getroue getuienis, die volhardende bekendmaak van God se werk deur Jesus Christus, maak impak. Mense kom tot geloof, nasies bekeer hulle, miljoene der miljoen leer om hulle vertroue op die Here te plaas.

Selfs vir diegene wat Hom deurboor het, is daar hoop. Niemand roep die Here tevergeefs aan nie.

Jesus se wederkoms is ons bron van hoop. Openbaring roep ons op om elke dag te bedink dat Jesus aan die kom is. Ons moet ʼn helder prentjie hê dat die Koningskap aan Hom behoort. Dit gee ons moet om elke dag te lewe en getrou te wees.

Ons identiteit en roeping

Ons teks bevat ook ʼn aangrypende lofprysing (doksologie):

Uit liefde vir ons het Hy ons deur sy bloed van ons sondes verlos en ons sy koninkryk gemaak, priesters vir God se Vader. Aan Hom behoort die heerlikheid en die krag tot in ewigheid! Amen. (5b-6)

Christus se verlossingswerk word in Openbaring gewoonlik weergegee met uitdrukkings soos die Lam wat geslag was en die offer van sy bloed. Dit beeld Christus se lyding aan die kruis en die martelaarskap van die gelowiges uit.

In hierdie lofprysing word gesê dat Christus ons sy koninkryk en priesters maak. Dit herinner aan die woorde van Eksodus 19:6 waar die Here sê as die Israeliete Hom gehoorsaam en sy verbondsvereistes getrou nakom, God hulle ʼn koninkryk sal maak wat Hom as priesters dien. Die gelowiges, die kerk, is hiervolgens die nuwe volk van God wat op pad is na die "beloofde land," die nuwe Jerusalem. Hiervoor stel God ons aan as heersers en priesters indien van God (1 Pet. 2:9). Te midde van hewige vervolging en lyding, word gelowiges verseker dat ons God se "personeel" op aarde is: heersers namens en saam met Hom en priesters in sy diens:

· Om ʼn priester te wees beteken om direkte toegang tot God te hê en om Hom te dien. Net soos Christus se priesterdiens tot sy dood gelei het, moet die gelowiges enduit dien, selfs al kos dit hulle lewe.

· Om saam met Christus te heers, is ʼn bekende motief in Openbaring. Namens Christus heers die verdrukte, lydende kerk deur Christus se getroue getuies te wees. Die manier hoe ons deelneem aan Christus se heerskappy, is deur die boodskap van Christus bekend te maak. Selfs al word ons daarvoor gehoon en daarvoor vervolg – ʼn hedendaags realiteit vir baie gelowiges.

Ons word daarom aangemoedig om ons heil net by Christus te soek. Ook in onsself leef hoogmoed en die pretensie dat ons groot is. Ons is ook ingekoop op die boodskap dat die kragte van hierdie wêreld eintlik in beheer is. Openbaring nooi ons om hierdie pretensie af te sterf, ons eie ydelheid en selfsug te kruisig, en as priesters en heersers saam met Christus te lewe.

Nét Christus

Ons dien hierdie Christus, want aan Hom behoort die heerlikheid en die krag tot in ewigheid (6). Hoe pretensieus alle aardse mag ook al is, Sy goddelike krag oortref dit alles. As Seun van sy Vader, gaan sy Goddelike heerlikheid alles te bowe. Daarom volg ons Hom.

Brand maar, selfverheerlikende kers, brand! Brand maar kers van hoogmoed, eiewaan, selfsug, pretensie dat jy in beheer is, brand! Brand maar, boosheid en duisternis in my eie hart, brand!

Jou einde is naby, jou liggie word uitgedoof. Nét God is groot.

5 God stuur ons om te leef

Gebed: ’n Gebed van St. Patrick

Christus met my, Christus voor my, Christus agter my,

Christus in my, Christus onder my, Christus bo my,

Christus regs van my, Christus links van my,

Christus waar ek lê, Christus waar ek sit, Christus waar ek opstaan,

Christus in die hart van elke mens wat aan my dink,

Christus op die tong van elke mens wat oor my praat,

Christus in elke oog wat my sien,

Christus in elke oor wat my hoor.

Christus wat my vandag beskerm teen alle gevaar wat oor my pad kom,

sodat ek die lewe in Sy oorvloed mag beleef.

Amen.

(Uit bydrae by Seisoen van Luister, 15 April 2007)

Geloofsbelydenis

V: Saam met Markus bely ons ons geloof in Jesus Christus. Saam met Johannes die Doper …

G: Die Een wat ná my kom, is my meerdere.

V: Saam met die stem uit die hemel …

G: Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My!

V: Saam met Simon Petrus …

G: U is die Christus!

V: Saam met die stem uit die wolk …

G: Dit is my geliefde Seun. Luister na Hom!

V: Saam met die Romeinse offisier …

G: Hierdie man was werklik die Seun van God.

V: En jy, wat glo jy?

G: Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde. En in Jesus, sy eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het; wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dood; wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, van waar Hy sal kom om te oordeel dié wat nog lewe en dié wat reeds gesterf het. Ek glo in die Heilige Gees. Ek glo aan ’n heilige, algemene, Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges; die vergewing van sondes; die opstanding van die vlees, en ’n ewige lewe.

A: Amen.

(Uit: Soos ‘n blom na die son draai van Cas Wepener, 2011:63)

Offergawes

Wegsending411Kom almal laat jul stem verrys vs 1,2,3

Seën

Die Here is voor jou om die weg gelyk te maak;

die Here is langs jou om jou in Sy arms toe te vou;

die Here is agter jou om die aanvalle van die bose af te weer;

die Here is onder jou om jou te dra as jy mag val;

die Here is rondom jou om jou te beskerm;

die Here is bokant jou om jou te seën;

die Here is binne-in jou om jou te lei met Sy Heilige Gees-

so seën die drie-enige God jou, van nou af tot in ewigheid.

(Preekstudies met liturgiese voorstelle (BUVTON) 2000/2001: 38)

Musikale Amen

Lied 312/313/314/315/ of

F361. Laat Dit So Wees (Amen)

(RUBRIEK: Kersflam – Gebed)

Teks en musiek: Neil Büchner

Kopiereg: ( Flam Musiek-Uitgewers

Laat dit so wees, Here, Amen.

Laat dit so wees, Here, Amen.

Heer, laat ons leef soos U leer

Here, Amen.

Laat dit so wees, Here, Amen.

6 Volgende erediens

Openbaring 5:11-14

Liturgie en Familie-oomblik:Wicus Wait

Powerpoint:

Rethie van Niekerk

Preekriglyn:

Danie Mouton

Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk

1