pretville produksie-aantekeninge …€¦ ·...
TRANSCRIPT
HARTIWOOD-‐FILMSbied aan
Produksie-aantekeningeINLEIDING
Pretville is Hartiwoord-‐,ilms se splinternuwe Afrikaanse musiekrolprent. Die talentvolle rolprentspan wat vir die
2010-‐treffer Lie)ling, die Movie verantwoordelik was, vervaardigers Paul Krüger en Emma Krüger en
medevervaardiger en regisseur Linda Korsten, het weer saam gespan om ’n speelse, prettige Afrikaanse
musiekrolprent, wat in die vyftigerjare afspeel, te maak. In die klein maar opwindende dorp, Pretville, is enigiets
moontlik en interessante dinge gebeur voortdurend in die dorpie.
Die internasionaal bekroonde komponis en liedjieskrywer, Machiel Roets, wat die afgelope 12 jaar in Londen as
musiekregisseur vir pantomimes en musiekblyspele opgetree het, het meer as 25 nuwe liedjies vir Pretville
gekomponeer – liedjies wat tipies van die vyftigerjare is.
“Met Pretville probeer ons om die 50’s vas te vang juis omdat dit ’n era is wat grotendeels by ons verbygegaan het,”
sê regisseur Linda Korsten. “Hierdie rolprent is kleurvol en propvol pret, mooi musiek en danspassies. Die
karakters sal vir jou soos ou bekendes voel, al ken jy hulle nie persoonlik nie. As jy eers in Pretville gaan kuier het,
kan jy nie anders as om sielsgeluksalig te voel nie.”
Die musiek wissel van rock ’n roll tot doo-wop en roep ’n era op wat deur sjarme en romanse gekenmerk is. Net
soos die rolprente Grease en Hairspray is Pretville nie net kleurvol nie, maar ook stylvol. Die asemrowende
kostuums en pragtige stelontwerp oortref enigiets wat nog ooit in ’n plaaslike rolprent gesien is. Die stel is in sy
geheel uit niks uit by Hartebeespoort gebou en sluit ’n stadsaal, diner, haarsalon, motorhawe,
begrafnisonderneming en ’n paar ander tipiese kleindorpse bakens in. Omdat Pretville in die vyftigerjare afspeel,
kry die ,liekgangers ook die geleentheid om hulle in ’n verskeidenheid antieke motors te verlustig.
“Ons gebruik van die beste akteurs en aktrises, die beste musiek en die mooiste antieke motors in hierdie
rolprent,” het vervaardiger Paul Kruger gesê. “Daar bestaan by my geen twyfel nie dat Pretville ’n besondere
unieke en genotvolle prent gaan wees nie. Die dorpie wat ons gebou het, is regtig iets besonders en ons is vreeslik
trots op dit wat ons kunsdepartement vermag het. Die produksiewaardes van die rolprent is net soos die geval was
met Lie)ling, die Movie, van wêreldgehalte.”
Die hoofrolle word vertolk deur Marlee van der Merwe (Lie)ling, die Movie), die nuweling Eugene Jensen en Marno
van der Merwe (Longshot). Terence Bridgett speel die ,lambojante haarkapper en burgemeester van Pretville,
Pierre Lukuveer. Ander bekende sterre wat in die rolprent optree, is Annette Engelbrecht, Lizz Meiring, Steve
Hofmeyr, Rina Nienaber, Emo Adams, Margit Meyer-‐Rodenbeck, Willem Botha, Sanet Ackermann, Kevin Leo en
Jakkie Louw, maar ’n handvol nuwe, jong talentvolle akteurs en aktrises maak ook hulle verskyning in die prent.
Pretville word deur Indigenous Film Distribution versprei en is volgens Helen Kuun, HUB van die maatskappy, nog
’n topgehalte prent in ’n reeks gehalterolprente wat die afgelope tyd vervaardig is. “Die fokus val op pret en plesier
en hierdie opwindende rolprent sal die rolprentgangers inspireer om saam met die akteurs te sing. Dit is
wonderlik om die vooruitgang te sien betreffende die gehalte en produksiewaardes van rolprente in Suid-‐Afrika,
terwyl uitstekende Suid-‐Afrikaanse vermaak terselfdertyd geskep word.”
SINOPSIS
Serah Somers (Marlee van der Merwe) woon saam met haar Ouma Sarie (Annette Engelbrecht) en haar ma Emily
(Sanet Ackermann) in Pretville.
Pierre Lukuveer (Terence Bridgett) is die haarkapper en burgermeester van Pretville en die plaaslike skindernuus
versprei vinnig vanuit sy haarsalon. Ouma Sarie besoek feitlik daagliks die salon om op die hoogte van die
skindernuus te bly.
Frank (Marno van der Merwe) hou van meisies en glo vas dat Serah nog eendag sy meisie gaan wees. Maar toe
Serah en Dawid de Wit (Eugene Jensen), die seun van ’n boer in die omgewing, se paaie kruis, voel hulle dadelik tot
mekaar aangetrokke. Frank is bitter ongelukkig oor hierdie verwikkeling en sê die stryd aan om Serah se hart te
verower.
’n Vername popster, Eddie Elektriek (Steve Hofmeyr), wat vir die eerste keer in 25 jaar weer na Pretville terugkeer,
ontmoet weer sy ou liefde Emily en dit is duidelik dat hulle nog iets vir mekaar voel. Maar sal ’n verhouding dié
keer werk?
Grieta Geeverniet (Lizelle de Klerk) is swanger en almal in die dorp wonder wie die baba se pa is.
Roeda Regyt (Rina Nienaber) is ’n perfeksionis wat daarop aandring dat dinge behoorlik gedoen word, wat haar
nie baie gewild onder die ander inwoners van die dorp maak nie. Sy is ook ’n hipochondriese persoon wat altyd
die een of ander nuwe siekte onder lede het.
Die swietiewinkel se eienaar, Lollie le Roux (Lizz Meiring), is mal oor die jong mans van die dorp en sy )lirt sonder
ophou met hulle. Maar sal sy ooit die ware liefde in haar lewe ervaar?
In Pretville gebeur daar altyd iets. As die inwoners nie op ’n Saterdagaand rock ’n roll nie, dan hou hulle stylvolle,
vrolike partytjies.
Pretville vertoon vanaf 23 November 2012 landwyd in rolprentteaters.
REGISSEUR SE VERKLARINGDie naam sê reeds alles – hierdie dorp se inwoners weet hoe om hulleself te geniet. Ek het van die begin af geweet
dat hierdie rolprent prettig en plesierig moet wees, maar in daardie stadium was dit nog nie vir my duidelik hoe
ons dit op die skerm sou regkry nie. Pretville is ’n musiekrolprent in die ware sin van die woord omdat die storie
deur middel van musiek, dans en toneelspel oorgedra word.
Machiel Roets het die mooiste musiek geskryf om die storie mee te vertel. Dit is ’n fantasieverhaal wat in die
vyftigerjare afspeel en hierdie storie op die groot skerm gaan jou asem wegslaan.
Hoewel die onderwerp van die prent hom tot ’n kleurvolle, speelse en humoristiese aanslag leen, wou ons steeds
getrou aan die era bly. Die karakters moes ook herkenbaar wees – die soort mense wat jy daagliks in jou lewe
teeóókom. En ek glo vas dat ons hierin geslaag het. Almal wat aan die vervaardiging van die prent meegedoen het,
het dit wat van hulle verwag is, na die beste van hulle vermoëns gedoen. Die eindresultaat is ’n skouspelagtige
rolprent.
Alles en almal het saamgewerk om ’n suksesvolle eindproduk te verseker, van die pragtige stel wat spesiaal vir die
rolprent gebou is tot die musiek, choreogra,ie, stelinkleding, kostuums, voertuie, asook die tegniese span en
natuurlik die akteurs.
By tye was ek so moeg dat ek net wou weghardloop, maar daar was altyd iemand wat my hand gevat en my gehelp
het om nog ’n paar treë vorentoe te gee.
Linda Korsten
VRAE & ANTWOORDE: PAUL KRÜGER, VERVAARDIGER, REGISSEUR VAN FOTOGRAFIE
Jy het op die punt gestaan om met ’n ander rolprent te begin. Wat het jou van plan laat verander?
Ek het uit die bloute ’n telefoonoproep uit Londen van iemand met die naam Machiel ontvang. Die man het gevra
of hy vir my ’n paar liedjies kon stuur. Ek het die CD ontvang maar eers ’n maand later toe ek een aand nie kon
slaap nie daarna geluister. Ek het eintlik gedink ek kan net so wel na die ou se musiek luister sodat ek vir hom ’n e-‐
pos kan stuur waarin ek hom bedank vir sy moeite en sy CD vriendelik van die hand wys.
Die eerste liedjie het my beïndruk. Die tweede een was fenomenaal en teen die derde liedjie het ek geweet dat ek
met ’n baie besondere musikant te make het. Machiel het geen idee gehad waar in Suid-‐Afrika ek woon nie, maar
een van sy liedjies se titel is “Daar Anderkant Rietfontein”. Rietfontein is die naam van die plaas waarop ek woon
en waarop Hartiwood gebou is. Dit het die deurslag gegee.
Machiel se aanvanklike idee was om ’n musiekprogram vir televisie te maak en ’n hele klomp kunstenaars
bymekaar te kry om die liedjies in die styl van die 50’s te sing. Ek het hom egter oortuig dat dit ’n beter idee sal
wees om ’n rolprent te maak. Ek het vir hom ’n lysie met karakters gegee en die volgende dag het hy vir my ’n
liedjie gestuur. In 2011 was Machiel in Suid-‐Afrika vir Bobby van Jaarsveld se troue en sedertdien werk ons saam –
en is hy steeds in Suid-‐Afrika!
Hoe het jy dit reggekry om ’n paar liedjies in ’n rolprent te omskep?
Ons het reeds ’n klomp karakters vir ’n prent gehad en Machiel het vir elkeen van hulle liedjies geskryf. Daarna het
ek ’n ontmoeting tussen Machiel, Linda Korsten, Anel Stolp en Erik Holm gereël. Vandat ons besluit het dat dit ’n
musiekprent moet wees wat in die 1950’s afspeel, het dit omtrent ’n maand geduur om die konsep vir die rolprent
te skryf.
Ons het aanvanklik gesukkel om ’n naam vir die rolprent te kry en wou dit oorspronklik “Jive 50” noem, maar op ’n
dag het Linda genoem dat sy op pad Pretville toe is (haar naam vir Pretoria), wat my vrou, Emma, toe die briljante
idee gegee het om die rolprent Pretville te noem.”
Waarom het julle ’n stel vir die dorpie gebou?
Ons het lank na ’n geskikte plek met genoeg geboue uit die vyftigerjare gesoek, maar kon niks vind wat sou werk
nie. Ons was onder andere in Cullinan en Carltonville, maar die dorpe het net nie aan ons vereistes voldoen nie. Ek
het met my suster, wat ’n argitek is, gepraat en sy het voorgestel dat ons die dorpie self bou. Nadat sy die planne
opgetrek het, het ons volstoom aan die werk gespring. Ons het in April 2011 met die projek begin en dit het my,
sewe bouers en vyf assistente ongeveer ’n jaar geneem om te voltooi.
Dit is nie maklik om ’n rolprent te maak wat in die 50's afspeel nie. Hoe het jy jou span gekies?
Ek het geweet dat min mense in die bedryf ervaring van hierdie tipe werk het, maar ook besef hoe ’n fantastiese
geleentheid dit vir enigiemand sal wees. Daar is iets verleidelik aan hierdie tydperk en almal met wie ek oor die
idee gepraat het, het daarvan gehou.
Ek het ’n hele paar mense van die Lie)ling-‐span genader, mense soos Anel Stolp en Erik Holm, en vir Bathoni
Robinson gevra om die produksie-‐ontwerp te doen. Sy is ’n groot aanhanger van die vyftigerjare met ’n fyn oog vir
detail, wat baie belangrik is vir “period”-‐ rolprente. Nike Holm en Merishen Wessels het ook ’n waardevolle bydrae
in die opsig gelewer. Ons het Nerine Pienaar gevra om die kostuums te ontwerp. Sy was verskriklik opgewonde
daaroor – watter ontwerper sal nie wees nie – en het uitsonderlike kostuums gemaak of aangekoop.
Dit was vir my baie belangrik om die span met sorg te kies omdat almal bereid moes wees om saam te werk,
kritiek te hanteer en ook uit te deel. Ons is almal spanspelers – net soos ons in Lie)ling was. Een persoon is nie
belangriker as ’n ander persoon nie.
Hoe het jy te werk gegaan om die akteurs vir die verskillende rolle te kies?
Ek, Machiel en Linda het reeds ’n paar mense in gedagte gehad, maar die proses was redelik organies. Namate die
storie ontwikkel het, het name by ons opgekom vir die onderskeie rolle – soos Emo Adams en Margit Meyer-‐
Rodenbeck as die Pretville-‐polisiebeamptes en Kevin Leo en Jakkie Louw as die tronkbewaarders. En wie sou die
gevangenes beter kon speel as Kobus Wiese en Jimmy Abbott? Terence Bridgett was uitgeknip vir die rol as
haarkapper en burgemeester. En die rolverdeling was in die kol. Elke kunstenaar, akteur en danser wat ons
genader het, het dadelik ingestem om deel van die rolprent te wees en het hulle rolle met oortuiging en
entoesiasme vertolk. Niemand het oor geld gekibbel nie en ons kon die tariewe wat deur die bedryf aanbeveel
word, betaal. Almal was dit eens dat hierdie rolprent ’n unieke geleentheid is wat hulle nie wil misloop nie.
Vertel meer van die rolverdeling?Ek, Machiel en Linda het aanvanklik besluit dat ons die hoofrolle net op meriete sal kies. Dit is ’n groot risiko
omdat die publiek bekende sterre op die skerm wil sien. Ons het oudisies gehou en 180 mense, van die beste
akteurs in die land tot heeltemal onbekende akteurs, het opgedaag. Ons het Eugene Jensen, Marno van der Merwe
en Marlee van der Merwe op grond van die gehalte van hulle vertolkings gekies, maar ook omdat hulle die
voorkoms en gevoel van die vyftigerjare kon uitdra.
Waarom het jy Linda Korsten as die regisseur van Pretville gekies?
Linda wou nog altyd ’n rolprent regisseer en toe ek haar vroeg in 2011 oor die projek gepols het, was sy baie
entoesiasties oor Pretville. Sy het haar uitstekend van die taak om die rolprent te vervaardig en te regisseer
gekwyt en was boonop soos ’n ma vir ons almal.
Vrae & Antwoorde: LINDA KORSTEN – Regisseur
Watter ou musiekrolprente of verhoogstukke het as inspirasie vir Pretville gedien?
Ons het na heelwat musiekrolprente gekyk, onder andere Mama Mia, Grease, West Side Story, Fish en Pleasantville,
om te sien of ons op die regte spoor met Pretville is. Alhoewel ons nie noodwendig ons inspirasie van een
spesi,ieke ,ilm gekry het nie, het ons opgelet na hoe hulle dinge aangepak het. Pretville is egter ’n unieke ,ilm in eie
reg.
Hoe belangrik was die voorbereidingsproses veral ten opsigte van die sang en dans?
Met ’n musiekrolprent moet die musiek voor aanvang van ver,ilming ge,inaliseer en opgeneem word. Die
klankopnames is reeds in Oktober 2011 afgehandel. Gedurende hierdie opnames het ons bepaal watter karakters
ons gaan gebruik en presies hoe elke karakter voorgestel moet word, aangesien die liedjies in karakter gesing
moes word.
Die klankopnames het ongeveer ’n maand geneem, omdat daar 28 liedjies was om op te neem en verskillende
liedjies deur verskillende karakters gesing word. Hierdie uitgerekte proses het onder die leiding van Machiel Roets
plaasgevind. Ek was as regisseur deel van die proses omdat ek moes sorg dat almal in karakter is en soms moes
help met uitspraak.
Die liedjies is vooraf met die choreograaf, Ferdinand Gernandt, bespreek. Ons moes besluite neem oor
byvoorbeeld waar ’n liedjie die beste sou werk en wie almal betrokke is. Ek, Ferdi, Machiel en Paul Krüger het op
die stel bymekaar gekom en die teks se plasing van die karakters en wanneer wat moet gebeur, bespreek. Daarna
het Ferdinand die choreogra,ie op sy eie tyd beplan.
Twee weke voor ver,ilming het ons dansrepetisies met die dansers en akteurs gehou om seker te maak dat almal
hul danspassies ken. Ek was intens hierby betrokke aangesien dit my verantwoordelikheid was om toe te sien dat
almal in karakter bly en sekere tonele se danspassies in konteks bly.
Omdat soveel akteurs by Pretville betrokke is, was die karaktervoorbereiding van die akteurs nie te intens nie.
Na ’n gesprek met elkeen, het hulle geweet waar hulle met die karakter staan. Dit was wonderlik om ook met
akteurs te werk wat al jare in die bedryf is en presies weet wat om te doen, soos Rina Nienaber, Annette
Engelbrecht, Lizz Meiring, Steve Hofmeyr en Terence Bridgett. Dit was ook ’n fantastiese ondervinding om saam
met die jonger akteurs te werk. Hulle kry deesdae uitstekende opleiding in toneelspel, musiek (sang) en dans. Die
akteurs is almal baie talentvol en ek het dit ontsettend geniet om saam met hulle te werk – ’n ervaring wat my
altyd sal by bly.
Wanneer het Nerine aan boord gekom en wat was jou riglyne aan haar?
Die kostuumontwerper, Nerine Pienaar, het in September 2011 by ons aangesluit. Ons het deur die teks gewerk,
oor elke karakter en ander besonderhede gepraat – soos hoe ek elke karakter sien, hoe die karakter min of meer
moet lyk, sy/haar persoonlikheid, dat die kostuums by die vyftigerjare moet pas en kleurvol moet wees. Daarna
het Nerine die teks bestudeer en ’n paar weke later ’n kostuum-‐“bybel” aan my voorgelê. Dit wil sê, sy het met
prentjies en idees gekom om te wys hoe sy elke karakter se kostuums interpreteer. Sy het ook ’n kleurpalet van die
kostuums voorgelê. Nerine het baie navorsing oor die vyftigerjare gedoen. Navorsing is een van die belangrikste
aspekte van Pretville omdat dit ’n “periode”-‐rolprent is en die kleredrag, grimering, hare en stel so na as moontlik
aan die vyftigerjare moet wees.
Nerine het fantastiese werk gedoen. Sy het presies geweet wat die mense in die 50’s gedra het en daarvolgens
gewerk. Die kostuums was puik en die akteurs het wonderlik daarin gevoel. Annette Engelbrecht het byvoorbeeld
gesê dat sy nes haar ouma voel, want sy kan onthou dat haar ouma sulke klere gedra het. Nerine het voorwaar ’n
passie vir haar werk.
Waarom het julle Bethoni Robinson as produksieontwerper gekies?
Bethoni het by die Pretville-span aangesluit toe die dorpie amper klaar gebou was. Sy het hierdie ongeloo,like
talent om enige iets in goud te verander. Somtyds het ek gewonder hoe sekere kleure wat sy gekies het bymekaar
gaan lyk, maar ek het lanklaas iemand teëgekom met so ’n oog vir kleur en detail. Die moeite wat sy met elke
winkeltjie en eksterieur gedoen het, was ongeloo,lik.
Sy het ’n noukeurige studie van die teks gemaak, die vyftigerjare goed nagevors en die stel en rekwisiete
ooreenkomstig daardie tyd geïmplementeer. Alles het so keurig gelyk en gepas. Dit was ook ’n ongeloo,like
uitdaging om al die winkels wat as borge opgetree het, tevrede te stel – Bethoni het dit reggekry. Met min hulp en
,inansies het sy ’n dorpie geskep wat net so wel werklik uit die 1950’s kon dateer! Sonder haar bydrae sou
Pretville nie Pretville gewees het nie, maar net nóg ’n dorpie!
Wat is vir jou die belangrikste aspekte van die Ailmmaakproses?
Al is Pretville ’n ,iktiewe dorpie met karakters wat somtyds ’n bietjie eksentriek is, moet die storie geloofwaardig
wees. Die belangrikste aspekte was om ’n dorpie aan die publiek bekend te stel wat ’n prettige blyplek is en waar
jy die mense kan eien, in so ’n mate dat dit vir jou voel asof jy hulle ken. Hier dink ’n mens aan die kameraskote, die
beligting en stelle (dankie tog vir ’n permanente stel wat nie telkens verskuif moes word nie) en die akteurs
(karakters) wat saam met die ongeloo,like musiek ’n storie moet vertel. ’n Mens moet altyd in gedagte hou dat dit
wat op die ou end op die skerm verskyn, die ,liekganger moet aangryp. Dus speel AL die verskillende afdelings ’n
baie belangrike rol. Die musiek, wat die storie help vertel, is van kardinale belang, asook HOE die storie deur
middel van die verskillende kameraskote, die regte beligting, die toneelspel, ensovoorts, vertel word. Die
redigering is ook ’n baie belangrike aspek omdat skote wat nie korrek geredigeer word nie, ’n verkeerde boodskap
op die skerm kan oordra. Gelukkig kon ons op ’n baie goeie redigeerder – Anel Stolp – staatmaak.
Watter styl het jy vir die verAilming gekies en waarom juis daardie styl?
Ons het na baie rolprente gekyk. Deesdae se manier van skiet en redigeer is taamlik vinnig – vinnige, artistieke
skote. Vir hierdie musiekrolprent het ek ’n stadiger styl, wat by die 50’s gepas het, gekies. Ons het redelike wye
skote gebruik sodat die danspassies tot hulle reg kon kom, asook eenvoudige skote sodat die storie beter vertel
kon word. Die vloei van die musiek moes natuurlik ook in ag geneem word. Een van die liedjies is byvoorbeeld ’n
hartseer liedjie wat deur Serah Somers gesing word en moes ons die eensaamheid en mistroostigheid van die
liedjie beklemtoon. ’n Mens kan dus nie vinnige, onsamehangende skote gebruik nie, maar moet eerder wye skote
met Serah as sentrale punt inspan om haar gevoel van alleenheid te beklemtoon.
Watter aspekte by die maak van die rolprent was vir jou die moeilikste en hoekom sê jy so?
Aangesien ons ’n beperkte aantal dae tot ons beskikking en ’n beperkte begroting gehad het om die rolprent te
skiet, kon ons nie altyd genoeg tyd aan al die tonele bestee nie.
Omdat so baie akteurs by die ,ilm betrokke was en al die akteurs, asook dansers en ekstras in sommige tonele
gebruik is, het hierdie groot tonele hulle tol geëis. Jy moet baie meer konsentreer.
Die grimering en haarstyle het ook heelwat tyd in beslag geneem. Ons het baie navorsing daaroor gedoen en na my
mening het die grimeerkunstenaars en haarstiliste hulle besonder goed van hulle taak gekwyt.
Ons het met ’n baie klein produksie-‐ en tegniese span gewerk en as mede-‐vervaardiger moes ek ook daar my kant
bring. Soms was dit baie moeilik om alles bymekaar te bring.
Op ’n meer persoonlike vlak – my ma was baie siek terwyl ons aan die prent gewerk het en is drie dae voordat ons
klaar geskiet het, oorlede. As regisseur het die ,ilmwerk baie uit my gehaal en dit was vir my moeilik om my
persoonlike en professionele lewe van mekaar te skei.
Hoe moeilik was dit om die sang en dans tot hulle reg te laat kom veral met so baie mense op stel?
Die gebarespel van die liedjies in ’n musiekrolprent is natuurlik baie belangrik en dit moet so te sê perfek wees.
Machiel Roets het ’n reuse-‐aandeel daarin gehad. Hy het die mense se gebarespel gedurende die ver,ilming
dopgehou en ons het dit herhaal totdat dit reg was.
Ferdinand Gernandt was van groot hulp by die danstonele asook die plasings van die karakters in sekere tonele.
Die danstonele was taamlik moeilik, want as net een of twee van die 30 mense effens uit pas uit is, lyk dit nie baie
goed lyk nie en moet dit oorgedoen word totdat dit reg is.
Die akteurs en dansers was fantasties gewees. Hulle was entoesiasties en het altyd hulle beste gelewer, al was
hulle somtyds doodmoeg – dit is een van die groot redes waarom ons danspassies deurentyd van so ’n hoë gehalte
is. Die klank is gelukkig voor die tyd opgeneem wat beteken het dat die mense bloot moes “mime”.
Vertel ’n bietjie van die rolverdeling. Was daar enige verassings?
Elke akteur het perfek in sy of haar karakterrol gepas. Ons het heelwat tyd daaraan spandeer om die regte mense
te kies. Die jong mense het almal vir oudisies gekom, maar baie van die gesoute akteurs soos Lizz Meiring, Steve
Hofmeyr en Terence Bridgett is direk in die regte rolle verdeel. Steve se karakter is byvoorbeeld baie naby aan hoe
Steve Hofmeyr regtig is: galant, ’n “charmer” en ’n sangsensasie!
Rina Nienaber, as Roeda Regyt, se rol het haar soos ’n handskoen gepas. Om nie van Annette Engelbrecht wat
ouma Sarie speel, te praat nie! Wat ’n wonderlike ouma was sy nie. Almal van ons wil graag so ’n sagte, gawe ouma
hê.
Iemand wat my met sy toneelspel verbaas het, was Willem Botha wat die rol van Hennie Hakkel speel. Hy het
regtig hard gewerk en die rol perfek ingeoefen. Om as akteur te hakkel, is beslis nie maklik nie, veral as jy boonop
in die regte lewe bry. Maar Willem het dit vervolmaak.
Ons het baie lank na die regte persoon gesoek om Serah Somers se ma, Emily, te speel. Sanet Ackerman het my
verstom met haar goeie vertolking van hierdie rol en ek weet hoe hard sy daaraan gewerk het.
’n Rol wat nie sommer in enige mens se broek sit nie, was die rol wat Terence Bridgett moes vertolk – die
haarkapper sowel as die burgemeester. Hy het dit uitmuntend gedoen.
Dan is daar Lizz Meiring wat die rol van Lollie le Roux speel – die koketterige “muurblom” wat almal probeer
verlei. Sy het haar uitstekend van haar taak gekwyt!
Die nuweling Eugene Jensen gee ’n puik vertolking van die plaasjapie, Dawid, en ek is seker dat hy ma’s en dogters
se knieë gaan lam maak. Om nie te praat van die windgat dorpsjapie Frank (gespeel deur Marno van der Merwe)
nie. Hy pas uitstekend in sy rol en gaan ook baie harte vinniger laat klop.
Die pragtige Marlee van der Merwe speel Serah Somers. Buiten dat die rol haar uitstekend pas, kan sy boonop sing
en dans!
Wat was Ferdinand Gernandt se bydrae?
Ferdinand het nie net gesorg vir die uitstekende choreogra,ie nie, maar het ook gehelp om karakters in sekere
tonele te plaas. Soos ek voorheen genoem het, word ’n musiekrolprent se storie vertel deur sang, dans en
toneelspel. In Pretville vertel die danspassies beslis ’n deel van die storie.
Meer as die helfte van die liedjies het intensiewe choreogra,ie geverg en Ferdinand het dit uitstekend vasgevat
sodat sy choreogra,ie ’n besonderse dimensie aan die ,ilm gee.
Soms het hy die dansers en akteurs uitgedaag om moeilike, intense danspassies te bemeester, maar dit was die
moeite werd en kan duidelik op die skerm gesien word. Ferdinand is ’n baie talentvolle jong man wat dit nog ver in
die ,ilmbedryf gaan bring.
VRAE EN ANTWOORDE MET MACHIEL ROETS (KOMPONIS)
Wat was jou inspirasie vir Pretville?
Ek is gefassineer deur die besondere gees wat gedurende die vyftiger-‐ en sestigerjare geheers het. Ek dink nie
Afrikaanse kunstenaars het kans gesien om met die Engelse en Amerikaanse musiek van daardie tyd mee te ding
nie. Boeremusiek was destyds groot, maar countrymusiek was net so gewild. Ek wou graag hierdie klanke in
Afrikaans hoor.
Verduidelik die skryfproses.
Ongeveer 90 persent van musiekblyspele – veral daardie jare se musicals soos Seven Brides for Seven Brothers en
die Gershwin musiekblyspelle – was liefdesverhale. Ons wou dit in ’n Suid-‐Afrikaanse konteks plaas met die
boerdery-‐agtergrond van die Afrikaner. Dit het ook vir my sin gemaak om ’n liefdesverhaal te skryf waar ’n
plaasjapie en ’n dorpsmeisie op mekaar verlief raak. Daarna het dinge makliker geword ek kon ek die ander
karakters inbring. Wat ek wel probeer doen het, was om die komiese kant van ons volk, veral die Afrikanervolk, uit
te lig.
Ons wou ’n haarsalon in die storie hê, ’n plek waar mense bymekaar kan kom om te praat en skinder, asook ’n
restaurant of diner omdat dit is so deel van die 50’s was. Die kern was dus die dorpie, ’n plaas en twee mense wat
by mekaar moet uitkom, met ’n handjievol ander karakters wat in daardie milieu die storielyn ondersteun.
Vertel meer van die wonderlike karakters wat geskep is.
Serah Somers was die eerste karakter waaraan ek gewerk het. Paul was mal oor Marlee van der Merwe saam met
wie hy in Lie)ling gewerk het. Dit gebeur dikwels dat ’n rol vir ’n spesi,ieke akteur of aktrise geskryf word. Ons het
van die begin af geweet Marlee gaan die hoofrol vertolk en ons het die storie met haar in gedagte verder geskryf.
Sy moes ’n ouma hê omdat oumas altyd die mense is wat raad kan gee. Haar ma moes ’n minnaar hê, wat Steve se
karakter regverdig het. Daarna het alles in plek begin val. Ons wou graag vir Steve Hofmeyr in die ,liek gebruik en
hy was perfek vir die rol van Eddie Elektriek, iemand wat ’n lang en suksesvolle loopbaan gehad het en skielik
besluit het om na die dorp terug te keer.
Ons kon net nie aan ’n naam vir die haarkapper dink nie en toe kom Anel Stolp vorendag met die Franse se “le
coiffeur” wat ons toe in Afrikaans vertaal het as Lukuveer – en net daar is Pierre Lukuveer gebore. Hy is ’n baie
snaakse en kleurvolle karakter en wat die haarkapper en sommer ook die burgemeester van die dorp is.
Omdat Pretville ’n fantasiedorp is, kon ons ’n wêreld skep waar alles mooi is en almal in relatiewe vrede met
mekaar saamleef. Ons het ook probeer al die kleure van die reënboog in die rolprent in te sluit.
Hoe het jy proses om die liedjies te skryf, benader?
Die groot ding van die musiek van die 50’s is dat selfs die ballades nooit “af” of weemoedig was nie. Die
goedvoelfaktor is altyd in die liedjies teenwoordig, van “rock en roll” tot ballades en selfs al het die liedjie ’n
hartseer ondertoon, dryf dit die luisteraar nooit jou na ’n punt waar jy jou polse wil sny nie. Die ritme van die
musiek help om die boodskap oor te dra en jou gemoed op te kikker.
Wanneer Serah Somers se hart gebreek word, voel jy wel lus om te huil, maar dis ’n aanvaarbare soort hartseer
wat eerder op simpatie dui.
Die rock en roll-‐nommers is lekker om na die luister en die klank perfek en eg. Die saksofoon is natuurlik vir my
kersie op die koek. Ek het nog nooit vantevore vir ’n saksofoon geskryf nie, maar die orkes was fantasies en het ’n
ongeloo,like klank geskep.
Wat was die inspirasie vir die liedjie “Lie en Deny” / “Lieg en Bedrieg”?
Om die liedjie te verstaan, moes jy al verhoudings waargeneem het of verkieslik self in ’n verhouding gewees het.
Die liedjie is op my ma en pa gebaseer – Pa gaan kuier saam met die pelle en as hy by die huis kom, is hy in die
moeilikheid. Ma is ontsteld omdat hy nie met haar eerlik was nie en nie gesê het waar hy was nie – wat ’n baie
beter opsie sou gewees het. Ek weet nie of sy hom regtig sou vergewe het nie, maar in elke verhouding is daar tye
wanneer die een party jok om die vrede te bewaar. Na my mening maak Suid-‐Afrikaanse mans hulle gereeld
skuldig aan “lie and deny” en die vrouens weet hoe om hulle uit te vang.
Wat is jou gunstelingliedjie?
Ek raak op elke liedjie op ’n ander manier verlief. Rietfontein is vir my baie spesiaal omdat die liedjie Paul se hart
gesteel het en gesorg het dat ek die werk gekry het. Ek het ook ’n sagte plekkie vir die Hennie Hakkel-‐liedjie, wat
in ’n mate op “Summer Loving” gebaseer is, maar ek hou ook van die lawwer liedjies soos die “Kraam Song”. En
Marlee van der Merwe se vertolking van “Is Jy Verlief” is wonderlik.
Watter liedjies was die moeilikste om te skryf en waarom?
“Roeda is Dood”. Hoe skryf jy ’n liedjie oor iemand wat dood is maar jy vind die persoon steeds snaaks? Die
ondertoon van rou moet tog ook aanwesig wees. Dit was ’n groot uitdaging, maar ek dink ek het dit reggekry.
Hoe het jy die choreograAie gesien?
Pretville gaan oor sang en dans. In my kop het ek net die hop en bop gesien van die 50’s, maar Ferdinand het hy ’n
unieke styl geskep. Hy het vir ons die oorspronklike Pretville-danspassies uitgewerk, nie net die Amerikaners
nageaap nie. Sy choreogra,ie is van die begin en tot die einde haarfyn uitgewerk. Hy is ’n baie skerp ou en as ons ’n
danspassie wou invoeg, kon hy dit binne minute uitdink. Hy is ongeloo,like talentvol.
WIE IS IN PRETVILLE?
Serah Somers (Marlee van der Merwe): Serah is ’n baie gewilde jong meisie wat saam met haar ma, Emily, in
Pretville bly. Die jong mans van die dorp hou baie van haar en ding teen mekaar mee om haar guns te wen. Sy steur
haar nie te veel aan hulle nie, maar geniet tog al die aandag. Sy help haar ma op ’n gereelde basis in die Diner en
gaan kuier in die haarsalon by haar ouma Sarie, waar sy ook op die hoogte gehou word van al die skindernuus.
Dawid de Wit (Eugene Jensen): Dawid en drie van sy vriende werk op die plaas Rietfontein. Hy laai gereeld
plaasprodukte op Pretville af en terwyl hy in die dorp is, verlustig hy hom aan die mooi meisies. Hy is self
aantreklik en geniet die meisies se aandag. Hy ken vir Grieta Geeverniet van sy kinderdae af en gaan loer altyd by
haar in om seker te maak dat sy oukei is.
Frank Fouche (Marno van der Merwe): Frank is die hartebreker van Pretville. Hy en sy vriende verf graag die dorp
rooi. Hulle is redelik windgat en die jong meisies is mal oor hulle. Frank en sy trawante werk in Pretville se
motorhawe, waar hy die bestuurder is, maar hulle is meer in die strate as by die motorhawe.
HAARKAPPER / BURGEMEESTER
Pierre Lukuveer (Terence Bridgett): Pierre Lukuveer is die ,lambojante haarkapper van Pretville en omdat hy so
geliefd is by die mense is hy ook die burgemeester van die dorp. As jy iets van iemand in die dorp wil weet, kan jy
net by die haarsalon ’n draai maak, Pierre sal jou vinnig op die hoogte van sake bring. Ouma Sarie kuier elke dag in
die salon en kan die twee skinder!
Dyna en Dot (Christel Mutombo en D’Anne Mahlangu): Dyna en Dot is die “Supremes” van Pretville. Hulle is Pierre
Lukuveer se assistente in die haarsalon maar hou ook hulle lywe agtergrondsangeresse saam met Kallie Klawers
se orkes. Hulle help Pierre ook met sy pligte as burgemeester. Hulle het ’n heerlike lewe in Pretville.
DIE POPSTER
Eddie Elektriek (Steve Hofmeyr): Eddie Erasmus (nou Elektriek, nadat hy beroemdheid verwerf het) het vroeër
jare in Pretville gebly en in sy vroeë twintigerjare die dorp verlaat om sy roem elders te gaan soek. Voordat hy
destyds weg is, het hy en Emily Somers ’n verhouding gehad. Eddie is en was nog altyd ’n rokjagter. Hy is terug in
Pretville en almal wonder wat hy nou weer gaan aanvang.
DIE MENSE VAN DIE DINER
Emily Somers (Sanet Ackermann): Emily is Serah se ma. Sy het vroeër jare in Pretville gebly, daarna Kimberley toe
getrek en uitgevind dat sy swanger is. Sy het later met haar dogter Serah teruggekeer Pretville toe en die Diner
gekoop, wat sy met ’n baie ferm hand bestuur. As jong meisie het sy ’n verhouding met Eddie Elektriek gehad, wat
’n mens laat wonder wie Serah se pa is.
Minnie en Bets (Nadia Beukes en Fredia Roux): Hierdie twee aanvallige dames is Serah se beste vriendinne en die
drie mis nie een dans in die Pretville-‐stadsaal nie. Hulle werk in die Diner en weet presies wat in die dorp aangaan.
DIE DORPSJAPIES
Frik en Faan (Chris van Rensburg en Kenneth Meyer): Frik en Faan is Frank se beste pelle en werk ook by die
motorhandelaar. Hierdie drie jong, windgat manne is altyd in die dorp se strate waar hulle agter die meisies aan is
en soms ook skoor soek as hulle dink hulle staan ’n beter kans met ’n meisie as die ander ouens.
DIE PLAASJAPIES
Wiks, Faan en Jan (Jaco van Rensburg, Si,iso Mazibuko en Reynard Hugo): Wiks, Faan en Jan is altyd aan Dawid se
sy. Hulle werk saam met Dawid op die plaas en hou van mooi meisies. Hulle moedig Dawid aan om rond te kyk en
die veld te speel.
DIE SWIETIEWINKEL
Lollie, Bettie en Lettie (Lizz Meiring, Estelle Kriek en Annika Steenkamp): Lollie is die eienares van die
Swietiewinkel in Pretville. Sy is mal oor die jong mans van die dorp, maar hulle steur hulle nie aan haar nie. Sy is
baie ekstrovert, soms te luidrugtig. Sy het vir Bettie en Lettie aangestel om haar in die winkel te help. Hulle gaan
ook naweke na die stadsaaldanse, maar niemand wil ooit met hulle dans nie en hulle word die “muurblomme”
genoem.
DIE OU DAMES
Ouma Sarie (Annette Engelbrecht): Hoewel Ouma Sarie Serah Somers se ouma is, dink almal in Pretville aan haar
as hulle ouma. Sy is ’n bobaas kok en haar pruimterte wen elke jaar die eerste prys by die Pruimfees. Sy is amper
elke dag in die haarsalon waar sy en Pierre skinder oor almal en alles in Pretville.
Roeda Regyt (Rina Nienaber): Roeda is die burgemeester se assistent en dra altyd ’n hoed. Sy is gewoonlik in die
haarsalon en is vreeslik beterweterig. Sy is (na haar mening) ’n perfeksionis en is altyd besig om dinge reg te ruk.
Sy het ’n passie vir oliebolle en eet dit die hele dag. Sy steek ook graag haar neus in ander se sake en kan taamlik
ongeskik wees, dus vervies die dorpenaars hulle gereeld vir haar.
DIE GEEVERNIETTE
Gerda en Grieta Geeverniet (Carike Keuzenkamp & Lizelle de Klerk): Grieta werk saam met Tommie in die
hardewarewinkel. Gerda is Grieta se ma en ondersteun haar ten volle in alles wat sy doen. Grieta is hoogswanger,
maar niemand weet wie die pa is nie. Sy lê ook aan by al wat ’n man is. Sy en Dawid het saam grootgeword en is
goeie vriende.
DIE POSMAN
Hennie Hakkel (Willem Botha): Asof dit nie erg genoeg is dat Hennie hakkel nie, bry hy boonop ook, veral as hy
baie opgewonde raak. Hy lewer per ,iets pos aan almal in Pretville af. Hy wil vreeslik graag ’n meisie hê, maar
niemand stel regtig in hom belang nie. Hy is maar net altyd daar.
DIE MEDICI
Dr. Sylvester en Santjie (Pieter Koen en Liesl du Toit): Hulle is die plaaslike dokter en verpleegster, maar kuier
meer as wat hulle werk aangesien bitter min mense ooit siek word. Dr. Sylvester is al gewoond aan Roeda se
ipekonders en hanteer haar dit maar met ’n knippie sout.
DIE POLISIEBEAMPTES
Jakkie en Jakomien (Emo Adams en Margit Meyer-‐Rodenbeck): Hulle is die vredemakers van Pretville en is erg
verveeld met hulle werk omdat so te sê niks in die dorp gebeur nie. Jakkie kan baie goed dans en voer sommer
danspassies uit wanneer hy mense arresteer. Jakomien is blond ... wat meer kan ’n mens sê!
DIE TRONKBEWAARDERS
Bennie en Buks (Jakkie Louw en Kevin Leo): In Pretville word mense nie sommer in die tronk gegooi nie, maar
Bennie en Buks, die twee tronkbewaarders, is altyd paraat vir die ouens wat wel daar beland. Hulle is nie net
tronkbewaarders nie, maar in hulle vrye tyd ook begrafnisondernemers.
BIOGRAFIEË VAN DIE AKTEURS
MARLEE VAN DER MERWE – Serah Somers
Nadat sy vir ’n jaar vermaaklikheidswese aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie studeer het, het Marlee van
der Merwe ’n driejaardiploma in musiek-‐teater aan dieselfde instelling voltooi. Tydens haar studentejare het sy op
verskillende gebiede uitgeblink en haar natuurlike aanleg vir choreogra,ie het haar in 2003 ’n plek in die FNB
Dance Umbrella se feesprogram gegee waar haar komposisie vir viole, “Violence”, opgevoer is.
Nadat Marlee gegradueer het, het sy dadelik haar droom om aktrise te wees, begin uitleef en onder meer in
musiekproduksies soos Showboat, The Full Monty, Afrikaans 2038, High School Musical, Mamma Mia!, Jesus Christ
Superstar opgetree, asook in verskillende produksies van die Barnyard-‐teaters en by korporatiewe gebeurtenisse.
Haar loopbaan as teateraktrise, sangeres en danser het haar al die wêreld laat deurkruis, waar sy voor uitgelese
gehore opgetree het. Meer onlangs het sy die rol van Melani von Staden in die rolprent, Lie)ling, vertolk.
Marlee weet goed hoe opname-‐ateljees werk en was al by baie kommersiële projekte as sanger en liedjieskrywer
betrokke. Sy werk tans aan haar debuutsolo-‐album en is erg in haar skik en trots daarop om deel van Hartiwood se
jongste meesterstuk te wees. Sy hoop dat die gehore dieselfde liefde en passie vir Pretville sal ervaar as wat almal
betrokke by die maak van hierdie spesiale rolprent ervaar het.
EUGENE JENSEN – Dawid
Eugene is ’n lewendige, energieke mens met ’n liefde vir die fyner dinge in die lewe. Hy maak die afgelope 13 jaar
musiek, is deel van ’n talentvolle en musikale familie en het sedert sy hoërskooldae in ’n paar bands gespeel. Sy
ouers se ondersteuning en geloof in sy vermoë om musiek te maak, het daartoe gelei dat hy eers die tromme
gespeel het maar nou die kitaar speel. Hy het jazz aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie studeer en daarna
in die teater-‐ en televisiebedryf begin werk. Jy sal hom dalk onthou in die telenovelle, Hart van Staal, wat ’n paar
jaar gelede op kykNET vertoon is.
Eugene vertolk een van die hoofrolle in die Afrikaanse rolprent, Pretville, wat in November 2012 vrygestel word.
Hy speel die rol van Dawid de Wit en is baie opgewonde oor die geleentheid om in die prent toneel te speel, te sing
en te dans. Hy tree saam met bekende name in die bedryf soos Paul Kruger, Machiel Roets, Annette Engelbrecht,
Lizz Meiring, Steve Hofmeyr en Ferdinandt Gernandt op.
MARNO VAN DER MERWE – FRANK
Marno se eerste professionele optrede was toe hy in April 2009 aan die musiekproduksie Houtkruis deelgeneem
het. Hierna tree hy as hoofsanger en danser in die produksie, Dance Some More, by die Performer-‐teater op. Terwyl
hy met die vertoning besig was, het hy begin repeteer vir Tyrone Watkins se produksie, Spotlight, in Emperors
Palace, waarin hy gesing gedans en toneel gespeel het. In Februarie 2010 was Marno deel van Kidz Rock by die
Barnyard-‐teaters en daarna het hy vir twee maande by Ushaka Marine World-‐teater in Durban in Party Police
gespeel.
Hierna het Marno die ondersteunende hoofrol in die musiekblyspel Haweloos vertolk en toe in Janice Honeyman
se pantomime Robinson Crusoe gespeel. In 2011 was hy in die trefferreeks Hartland op kykNET en het hy
terselfdertyd in twee verhoogstukke opgetree: One Hit Wonders by die Boma-‐teater en The Rocky Horror Picture
Show by die Barnyard-‐teaters. In Desember 2012 sal Marno weer in Janice Honeyman se pantomime, Cinderella, te
sien wees.
TERENCE BRIDGETT – Pierre Lukuveer
Terence is in Kaapstad gebore en getoë en het sy skoolloopbaan by die Drakensberg Seunskool begin, aan SACS
gematrikuleer en ’n BA-‐graad aan die Universiteit van Kaapstad behaal. As student het hy ook ’n voordragdiploma
in spraak en drama en ’n Fleur du Cap-‐nominasie vir die belowendste student verwerf.
In die daaropvolgende twee jaar word hy gereeld op die Kaapse verhoë te sien in dramas, komedies en
musiekblyspele, asook sy gunsteling Shakespeare-‐produksies. Dit was toe ook The Bard wat hom in die Noorde
laat beland het. Clare Stopforth se Twelfth Night het hom in 1998 na Jozi laat verhuis, waar die verhoogstuk, Babes
in die Wood, hom ’n Vita-‐nominasie as beste akteur in ’n komedierol besorg het.
Na sy televisiedebuut in Hotnotsgode het Terence in verskeie drama en situasiekomedies gespeel voordat hy die
rol van Chico Booysen in SABC3 se Isidingo losgeslaan het. Hierdie rol het in 2001 aan hom ’n AVANTI-‐toekenning
vir die beste ondersteunende akteur besorg. Nadat hy verskynings in 7de Laan en Backstage gemaak het, doop die
media hom Suid-‐Afrika se “sepieslet”. Hy is egter trots op sy verbintenis tot plaaslike produksies soos Zero
Tolerance, Snitch, The Lab en die Kanadese medeproduksie, Jozi H.
Hy kan ook in ’n aantal ernstige B-‐graad internasionale rolprente gesien word, waarin van ’n Meksikaanse
ruimtevaarder tot ’n verstandelikgestremde Arabier speel! Hy was in die wolke toe hy onlangs die geleentheid
gehad het om saam met sy gunstelingakteur, John Malkovich, aan Disgrace, te werk.
In 2004 het hy saam met die akteur en entrepreneur Rowan Cloete 8Ball Productions van stapel gestuur. Dit is ’n
teatermaatskappy wat sedert sy totstandkoming projekte aangepak het soos Crimes of the Heart, Plofstof, The
Unvarnished Truth, die 25ste herdenkingsproduksie van Poppie Nongena, die hoogaangeskrewe Love! Valour!
Compassion! en drie seisoene van die loketsukses, My Night With Reg – waarvoor hy ’n Fleur du Cap-‐nominasie
gekry het.
Vir die musiekverhoog het Terence onlangs sy kop kaalgeskeer vir die rol van Faroa in Paul Warnick Grif,in se
Joseph and the Amazing Technicolour Dreamcoat. Hy het ook 15 kg verloor (en die meeste van sy klere) vir
Saturday Night Fever – The Musical en ’n pers pruik van vier voet lank gedra vir sy rol teenoor Tobie Cronjé in die
Barok-‐komedie, Sing, wat in Junie 2009 na die Staatsteater teruggekeer het.
Terence het onlangs die Brits-‐Kanadese minireeks, Rough, afgehandel, daarna onderskeidelik die tweede en derde
seisoene van Erfsondes en The Lab geskiet, asook in Paul Slabolepszy se situasiekomedie, Konsternasie Oppie
Stasie, gespeel. Sy terugkeer na Isidingo is onderbreek deur nog ’n sepie nadat hy ingestem het om in MNet se
Binneland Sub Judice te speel – om gestand te doen aan sy mediabynaam as Suid-‐Afrika se “sepieslet”.
DORIANNE N. MAHLANGU – Dot
Die ongeloo,lik talentvolle D'Anne Nokuhlula Mahlangu het in Pretoria grootgeword en nog altyd ’n liefde en
passie vir die teater, musiek en toneelspel gehad. Sy het hierdie liefde en haar talent vir die kunste ontdek toe sy ’n
leerder aan die Pro Arte Alphen Park Skool van die Uitvoerende Kunste was met drama as haar hoofrigting. Sy het
later ’n B.Tech in musiekteater by die Tshwane Universiteit van Tegnologie verwerf.
Haar teateroptredes sluit in Lindiwe in Have you seen Zandile deur E. Crauze (2005), Ragtime as die ensemble/
harlenvrou wat deur Tim Walton (2007) geregisseer is, Urinetown (2008) as Josephine Strong, geregisseer deur
Elizma van Renzburg en haar debuut professionele optrede as die hoofsanger en stelontwerper van African Dream
(2010), geregisseer deur Johnny Loate. Sy werk op die oomblik aan projekte soos Trapped (2011/2012),
geregisseer deur Princess Z. Mhlongo en Arepp: Theatre for Life (2011). Haar liefde en respek vir die kunste is ’n
volgehoue, passievolle proses.
LIZZ MEIRING - Lollie
Lizz is as een van Suid-‐Afrika se veelsydigste professionele vermaaklikheidskunstenaars bekend. Sy is ’n gevierde
aktrise, televisie-‐aanbieder, teaterregisseur, dramaturg, novelleskrywer, teksskrywer, dosent, teatervervaardiger,
joernalis, compère, stemkunstenaar en draaiboekskrywer. Sy is al 29 jaar in die bedryf en het nog nooit ’n tekort
aan werk gehad nie. Haar veelsydigheid en professionaliteit sorg daarvoor dat sy soms gelyktydig aan tot ses
projekte werk.
Lizz het op agtjarige ouderdom as professionele aktrise begin werk, later drama gaan swot en toe vir PACT-‐drama,
PACT-‐ballet en verskillende televisieproduksies vir die SABC gewerk. Sy het sedertdien in televisieproduksies van
al die plaaslike kanale opgetree: SABC, MNet, kykNET, E-‐TV asook Thames Television (VK).
Nadat sy in 1983 haar BA Drama Honneurs-‐graad aan die Universiteit van Pretoria behaal het, het Lizz in meer as
312 verhoogproduksies, 268 televisieproduksies en 14 rolprente gespeel. Hierdie produksies wissel van die
“klassieke” tot eietydse dramas en klugte, komedies, situasiekomedies, musiekblyspele, pantomimes en kabaret.
Sy het 193 produksies geskryf en geregisseer en is intens betrokke by hoofstroomteater.
Lizz het vyf toneelstukke van Frans en Engels na Afrikaans vertaal, televisietekste en draaiboeke vir rolprente
geskryf en in agt eenvrouvertonings opgetree. Sy is ook bekend as televisie-‐aanbieder, tydskri,joernalis,
dramadosent, eksterne eksaminator vir dramaskole, stemkunstenaar, teksredigeerder, beoordelaar by
kunstefeeste en is ’n gesogte compère en spreker by korporatiewe en welsynsgeleenthede. Sy doen ontsettend
baie om die visuele kunste te beskerm, skryf gereeld artikels oor Suid-‐Afrika se visuele kunstenaars (kunstenaars
soos Chris Diederichs, Sanna Swart, Berko Wilsenach, Isolde Kramst, Eugene Marais en Musha Neluheni) en tree
as gasspreker op by openingsgeleenthede van kunsuitstallings.
Sy het oorsee in lande soos Nederland, Denemarke, Engeland (Londen in die besonder) gewerk, asook by die
Edinburgh-‐fees en saam met die internasionaal bekende kabaretster en politieke satiris, Pieter-‐Dirk Uys, opgetree.
Lizz het reeds 10 toekennings ontvang, wat die gesamentlike Vita-‐toekennings en die Critic’s Award – die Dalro –
vir die beste aktrise en beste ondersteunende aktrise insluit. Sy het ook in 2001 die gesogte Ster Kinekor/Nu
Metro-‐rolprenttoekenning, “The Golden Entertainer” by die Suid-‐Afrikaanse rolprentbedryf gewen. In 2004
ontvang sy die Mr Video/Ster Kinekor/Nu Metro Spotlight Award vir die beste aktrise van die afgelope eeu (vir
televisie, video en rolprente), asook die Randburgse Kultuurtoekenning en in 2005 die Naledi-‐toekenning vir die
beste ondersteunende aktrise.
Sy het ook die VLU-‐toekenning as die kunstenaar van 2011 ingepalm. Haar nominasies sluit in: die Vita-‐, Dalro-‐,
Naledi-‐toekennings vir die beste produksie, beste nuwe teks/draaiboek, beste regisseur, beste spel in ’n komedie,
beste aktrise, beste ondersteunende aktrise; twee Artes-‐toekennings; die Edinburgh Crystal Award vir die beste
aktrise in ’n hoofrol; in 2006 die SAFTA/Golden Horn-‐toekenning as die beste ondersteunende aktrise vir ’n
televisiereeks; en die Kanna-‐toekenning in 2011 vir die beste produksie vir “My naam is Ellen Pakkies”.
ANNICA STEENKAMP – Bettie
Annica het musiekteater aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie studeer en as student deelgeneem het aan
musiekblyspele soos Spring Awakening (Frau Bergman), Assassins (Sara Jane Moore) en I Love You, You’re Perfect,
Now Change.
Op hoërskool het sy eenvrouvertonings in die Centurion-‐teater aangebied en ten spyte daarvan dat sy
teateropleiding ontvang het, is sy gek oor televisie-‐ en rolprentwerk.
Annica bly besig deur monoloë, popballades en soms ’n kabaret te skryf. Haar groot begeerte is om ’n gedrewe en
suksesvolle kunstenaar te wees.
BIOGRAFIEË VAN DIE FILMMAKERS
PAUL KRÜGER – Uitvoerende Vervaardiger en Regisseur van Fotogra]ie
Paul Krüger se loopbaan met ’n kamera in die hand het in 1990 afgeskop en kort daarna het hy hom by die SABC
aangesluit. In 1996 besluit hy om weer vryskut te werk en begin hy sy eie maatskappy, Eschol Video Productions.
Gedurende die afgelope 19 jaar het Paul ’n uitstekende reputasie opgebou as vervaardiger en regisseur van
verskillende televisieprogramme en dokumentêre programme.
Paul het Hartiwoord Films in 2006 begin en sy maatskappy was een van die eerstes in Suid-‐Afrikaanse om die Red
One-‐kamer in te voer. Hierdie kamera het aan hom die vryheid gegee om verskillende projekte te verken en het
gelei tot die rolprentlokettreffer, Lie)ling, die Movie.
Net voordat ,ilmwerk aan Pretville begin het, het Paul twee Scarlet Red-‐kameras en ’n Epic Red-‐kamera ingevoer.
Hy het ook die briljante idee gehad om die Pretville-‐dorpie in sy geheel vir die rolprent te bou. Pretville is van niks
af op sy plot in Hartebeespoort gebou en die dorpie spog met teerpaaie, ’n diner, haarsalon, stadsaal, heelwat
winkeltjies en selfs ’n tronk.
Met sy puik kameras, wonderlike stel en uitstekende naproduksiefasiliteite by Hartiwood Films is Paul en span
gereed om die plaaslike rolprentbedryf te verower.
LINDA KORSTEN – Regisseur
Linda Korsten, wat die regisseur en medevervaardiger van Pretville is, het as onderwyser aan die Universiteit van
Pretoria gekwali,iseer. Nadat sy vir ’n kort tydjie skoolgehou het, het sy in 1976 by die SABC as
produksiesekretaresse by die Afrikaanse Verskeidenheidsdepartement begin werk, waar sy hoofsaaklik die
musiekprogramme hanteer het en later die direkteur geword het.
Na vyf jaar by die SABC het sy as vryskutregisseur by Louise Smit-‐produksies begin werk en merendeels
kinderprogramme vervaardig het. Vir die volgende 17 jaar regisseer sy programme soos Pumpkin Patch, Kideo,
Bimbo, Ketonki en Ha ra Bapaleng, om maar net ’n paar te noem. Sy het ook ongeveer 2 500 draaiboeke vir
kinderprogramme vir televisie geskryf.
In 1997 begin sy haar eie maatskappy, Fun House Productions, en hulle spits hulle steeds toe op die vervaardiging,
regissering en skryf van kinderprogramme soos Fundani Nathi, Snazzy Stories en Fun Factory.
Linda het minstens 3 000 televisieprogramme agter die blad en het vir drie jaar by die ,ilmskool van die Pretoria
Tegniese Kollege klasgegee waar sy studente geleer het om draaiboeke vir die jong kyker te skryf.
Linda vervaardig en regisseer die afgelope sewe jaar Carike Keuzenkamp se gewilde DVD’s vir kinders met
Ghoempie and Gheoghoe, waarvoor hulle ’n Vonk-‐toekenning gekry het.
Sy was in 2010 die medevervaardiger van die treffermusiekrolprent, Lie)ling, die Movie.
MACHIEL ROETS – Komponis
Machiel Roets is gebore op die plaas, Langspruit, naby Harrismith in die Vrystaat. Vanaf negejarige ouderdom het
hy klavierlesse geneem en nadat hy aan die Hoërskool Ladysmith in Natal gematrikuleer het, studeer hy vir vier
jaar sang by prof. Werner Nel. Hy verwerf sy B.Mus-‐graad aan die Potchefstroomse Universiteit.
In 1997 het Machiel sy vlerke gesprei en die wêreld oorsee gaan verken. Hy het eers 'n paar maande in Amsterdam
gewoon voordat hy Engeland toe is.
In 1998 het hy 'n pos as sangdosent en musiekregisseur by die Sylvia Young Theatre School aanvaar – van sy
leerlinge was onder andere Amy Whinehouse, Lee Ryan van die boyband “Blue” en Matt Wallis van die groep
“Busted”.
Hy word later 'n pos aangebied as hoof van musiek by Redroofs Theatre College, waar bekendes soos Kate Winslet
studeer het. Sedert 1999 was Machiel betrokke as verwerker en musikale regisseur van pantomimes regoor
Engeland.
Machiel was ook vir drie opeenvolgende jare ’n ATKV Crescendo-‐,inalis: 1999, 2000 en 2001. In Engeland het
Machiel saam met bekendes soos Pieter Smith, Dissellblom en Anton Goosen opgetree en begelei hy ook vir Jak de
Priester en Robbie Wessels wanneer hulle in Engeland optree.
Van Machiel se musiek is deur Eden, Shine 4, Laurika Rauch, Bobby en Karlien van Jaarsveld opgeneem. Hy was
ook die pianis van die geselsprogram, The Graham Norton Show, waartydens hy saam met bekendes soos Phill
Collins, Val Kilmer en Eric Mcormack (Will van Will & Grace) op die kassie verskyn het.
Machiel het in 2007 sy eerste CD, “Afrika Kind”, in Londen uitgereik – die eerste Afrikaanse CD wat in Londen
opgeneem en vervaardig is. Hy tree gereeld in die Aardvark Pub in Londen op as ook by die Halfmoon in Putney,
waar U2 en The Rolling Stones bekend geword het.
Machiel is ’n bekende gesig by die KKNK nadat sy kabaret Die Bloementals in 1996 en sy musiekproduksie “Afrika
Kind” in 2007 daar gedebiteer het.
FERDINAND GERNANDT – Choreograaf
Ferdinand het in 1999 ’n diploma in musiekteater aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie behaal, waarna hy
drie jaar (704 optredes) by African Footprint betrokke was en deel van die oorspronklike rolverdeling was. Hulle
het onder meer deur Atlanta en Georgië met die produksie getoer en in 2000 by die Royal Variety Performance in
Londen opgetree.
Hy het ook vir twee jaar as sanger/danser en vermaaklikheidskunstenaar vir Celebrity Cruise Lines en Princess
Cruises gewerk en by sy terugkeer na Suid-‐Afrika het hy die choreogra,ie van Best of the Boys – Calendar Boys, wat
by die Performer Teater aangebied is, behartig en was hy ook die hoofsanger van die produksie. In 2005 doen hy
vir Tshwane Universiteit van Tegnologie se jaarlikse dansseisoen die choreogra,ie van Duke. Ander vertonings sluit
in 7’Tease Fever, The Wizard of Oz, Vodacom CEO Awards 2005, Fred Casely in Chicago, die musiekblyspel
Goldilocks and The Three Bears, die plaasvervanger Galileo in We Will Rock You en bekoor hy die gehore bekoor as
die John Travolta-‐karakter, Tony Manero, in die West End-‐treffer, Saturday Night Fever.
In 2011 word Ferdinand deel van die INNIBOS-‐span en was hy verantwoordelik vir die konseptualisering,
regissering en choreogra,ie van die ,inale Jakaranda-‐optrede waaraan Steve Hofmeyr, Nianell, Bok van Blerk, Dozi,
Nicholis Louw en Kurt Darren deelgeneem het.
Hy is ook baie trots op die feit dat hy een van die Departement van Onderwys se hoofeksaminatore vir dans is.
Ferdinand en sy vrou Diani is die mede-‐eienaars en stigters van hulle vermaaklikheidsmaatskappy FADCreationS,
wat in korporatiewe vermaak, professionele en amateur teaterproduksies spesialiseer.
NERINE PIENAAR – Kostuumontwerp
Nerine se ouers het kreatiwiteit van jongs af gestimuleer en haar aangemoedig om nuwe avonture aan te pak.
Nerine se ma, Willi, se pragtige trourokontwerpe het Nerine se passie vir karakterstilering ontwikkel.
Sy het ook later haar ma gehelp om kleremaakkursusse aan te bied. Haar pa se kreatiewe en innoverende idees het
haar die moed gegee om haar eie maatskappy te begin. Die Wardrobe Studio bedien die rolprent-‐ en kommersiële
bedryf en het Nerine gehelp om haar vaardighede te verfyn ten opsigte van die hantering van haar klante en om ’n
professionele diens aan hulle te lewer.
Sy het haar studies by Joline’s Fashion Academy in Pretoria voortgesit, waar haar dosente haar uitsonderlike talent
en vermoë om verder as die vanselfsprekende te dink raakgesien het. Haar unieke kostuums wat perfek pas by die
karakters en stories wat sy moet interpreteer, het hulle ook beïndruk. In 1994 verwerf sy haar diploma in mode en
tydens die ,inale modevertoning wen sy die prys vir die beste kleremakerswerk. Sy word ook as sy die
naaswenner vir die Jong ontwerpers-‐toekenning vir 1994 aangewys.
Vanaf 1997 tot 1999 het Nerine verskeie kort kursusse in Londen by die London College of Fashion en Central St
Martin gedoen.
Vir die volgende twee en ’n half jaar het sy soveel as moontlik oor modeneigings probeer leer deur by verskillende
modemaatskappye soos Christian Laxio, Armani en Issyi Miyaki te werk. Sy werk ook vir ’n jaar en ’n half by die
maatskappy Gft wat invoerders is vir onder meer Armani, Ungaro, Valentino en Marni.
As vertoonkamerkoördineerder ontvang sy opleiding in die fynere kuns om couturierklere te maak. Sy verbreed
haar werkservaring in modekleinhandel deur oor naweke vir die grootste mode-‐afdelingswinkels soos Harrods,
Harvey Nichol en Selfridges as kleinhandelassistent te werk. Haar lekkerste ervaring was om trourokke vir
Harrods te verkoop en so haar droom te verwesenlik. By haar terugkeer in Suid-‐Afrika was Nerine reg om die
plaaslike modebedryf aan te durf.
Sy werk eers vir Jenni Button en word vinnig bevorder na streeksbestuurder van Johannesburg – in daardie tyd is
Malcolm Kluk die maatskappy se ontwerper en hy tree as mentor vir Nerine op. Na agt maande durf Nerine die
wêreld van tydskrifte en rolprente aan en haar eerste opdrag was om Jackie Burger, destydse moderedakteur van
Fair Lady, te assisteer.
Vir die daaropvolgende vier jaar is sy Sue Steele, ’n gerespekteerder kuns-‐ en produksie-‐ontwerper in die
rolprent-‐ en kommersiële bedryf, se assistent. Saam met Sue werk sy ook vir agt maande as HOD vir Isidingo,
waarna sy na Kaapstad terugkeer en haar toespits op internasionale handels,litse.
Nerine se talent is nie tot karakterstilering beperk nie, sy is ’n veelsydige ontwerper wat feitlik alles kan doen.
Nerine besit en bestuur tans ’n garderobe-‐verhuringsmaatskappy, The Wardrobe Studio in Johannesburg, en het in
2010 ’n SAFTA-‐toekenning vir die beste kostuumontwerp vir ’n rolprent gewen.
ANEL STOLP – Redigeerder
Anel het in 2002 aan die Hoërskool Menlopark gematrikuleer en nadat sy ’n jaar in Engeland deurgebring het, het
sy rolprentwese aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie gaan studeer.
Tydens haar studies is sy op ’n deeltydse basis die assistent-‐redigeerder van Kaelo Miracle Stories, waarna sy
voltyds verskeie kinderprogramme soos Snazzy Stories en Fun Factory vir Funhouse Productions en Eschol Video
Productions geredigeer het. Sy het ook ses kindermusiek-‐DVD’s vir Carike Keuzenkamp gemaak en twee musiek-‐
DVD’s, Pianoman en Celebration, vir Salon-‐musiek.
END CREDITSSerah Somers Marlee van der MerweDawid de Wit Eugene JensenFrank Fouche Marno van der MerweGrieta Geeverniet Lizelle de KlerkEddie Elektriek Steve HofmeyrEmily Sanet AckermannPierre Lukuveer Terence BridgettOuma Sarie Annette EngelbrechtRoeda Regyt Rina NienaberLollie le Roux Lizz MeiringHennie Hakkel Willem BothaJakkie Emo AdamsJakomien Margit Meyer-‐RödenbeckKallie Klawers Machiel RoetsGerda Geeverniet Carike KeuzenkampMinnie Nadia BeukesBets Fredia RouxWiks Jaco van RensburgJaap Si,iso MazibukoJan Reynardt HugoFrik Chris van RensburgFaan Kenneth MeyerBettie Annica SteenkampLettie Estelle KriekDyna Christel MutomboDot D’Anne MahlanguBennie Jakkie LouwBuks Kevin LeoShortie, die Koerantverkoper Tristin GernandtOom Frik Rouel BeukesDr Sylvester Pieter KoenSuster Santjie Liesl du ToitTommie Hykie BergJacaranda Omroeper Martin BesterFris Chris Kobus WieseBaby Boom verkoopsdame Carley BaileyTronkvoëls Kobus Wiese
Jimmy Abbot Dozi Ghapi Willem-‐Edward Coetzee
MNI man Albertus KotzeFotograaf Albert BredenhamSlagter Pierre CoetzerDame by Groente Stalletjie Wynette Theart
Bakker Laurinda PretoriusPetroljoggie Andries HillsPG Glass man Lucky VigarellisWeber man Tommy Dickson Orkes Bruce Wallace
Ruan Theron Manie van Niekerk Werner Spies Dawid van Graan Pieta van der Westhuizen
Dansers: Diani Gernandt Wiaan Laing Vikki Bischoff Stephan van der Walt Malan le Roux Jarred B Jordaan Thabiso Lekuba Ilva Lawrence Trudy-‐Ann Fredericks Marise Dusheiko Michelle Leibrandt
Uitvoerende Vervaardigers E m m a K r ü g e r Paul Krüger
Vervaardigers Linda Korsten Paul Krüger
Regisseur Linda KorstenMusiek & Lirieke/Musiekregisseur Machiel Roets Regisseur van Fotogra,ie Paul KrügerAssistent regisseur Renske de KlerkAssistent vir die Regisseur Erik Holm Redigeerder en Gradeerder Anel StolpAssistent Redigeerder Daniel ShelleyChoreograaf Ferdinand Gernandt Assistent Choreograaf Diani Gernandt Produksiebestuurder Renske de KlerkOorspronklike konsep P a u l K r ü g e r
Teks Machiel Roets en die Hartiwood spanKunsregisseur Bathoni RobinsonAssistent Kunsregisseur Merishen WesselsStelinkleders Nike Holm
Elsabe Holm
Kuns assistent Charline GordonArgitek Ellen Wilken
Pretville Poskantoor verfraai deur Amelia van der WaltVerversings in Stadsaal Corelize KrügerKunsstudente van TUT Rozani du Plessis
Nadia Ferreira Frances van Zyl Helouise Fielix Charline Gordon
Kostuumontwerp Nerine PienaarKostuum ‘mistress’ Corlia PienaarKostuum aankoper Christina ElgieKostuum opsiener Ina CrockerKostuumassistente Doreen Coetzee
Jolandi PienaarBeverly Mogorosi
Miniel Britz
Hoede Tracy Jonker
Hoof van Grimering Charlie RungeGrimeer assistente Samantha Carter
Liezl Callaghan Raine Tauber Gerlia Groenewald Charline Gordon Madelaine van Antwerp
Haarstilering Lee-‐Anne Nourse Haarkapper assistent Ina NourseKameraman #1 Gustav Germishuizen Kameraman #2 Paul KrügerKameraman #3 Dieter Uys Kamera assistent Daniel ShelleyTakelaar Lourens du ToitJib Operateur Johan Strydom Jib Assistant Heavyman MoshwetsiSound Chris Rothman Animasie/spesiale effekte JHH van der MerweMusiek opname ingenieurs Bruce Wallace
Machiel Roets
Musiek klankmeng Bruce Wallace Machiel Roets
Byklanke en Oorklanking Machiel Roets Linda Korsten
Finale klankmeng Janno Muller Tim Pringle Bruce Wallis
MusikanteKitaar Ruan TheronAkoestiese kitaar Mauritz Lotz Dromme en perkussie Bruce Wallace
Bruce plays Zildjian Cymbals Kontrabas Werner SpiesBaskitaar Denny LalouetteKlavier Machiel RoetsKoperblasers Brendon Ross
Yusuf Justin HolcroftDave Holland
Na Produksie fasiliteite Eschol Video ProduksiesMusiekopname ateljees Hartiwood Studios
Beat in Time StudiosFinale klankateljee On-‐Key Sound StudiosPublisiteit David Alex WilsonRegsdienste Charl Groenewald
MacRobert Inc.
Vertaling Linda KorstenMachiel RoetsNicolene Lourens
Gra,ies kunstenaar Annemarie BurgerEenheid bestuurder Joepie HammanHoof van Spyseniering Ina Human Spyseniering assistente Sune van der Colff
Sanet SchoemanPersina MonyaiRosie Lekoane
Koördineerder Leana PoolAgter die Skerms kamera Daniel Shelley
Gustav GermishuizenDieter UysPaul Krüger
Data bestuurder Daniel ShelleyWebtuiste Indigenous Film DistributionStil fotogra,ie A l b e r t B r e d e n h a n n
Pixel Pro Photography
Annemarie Burger
Landmeter Anthony CalogeroBoukonsultant Vivian Willemse
Thuli Badenhorst
Stelbouers Hennie Bruwer Andries Phatshwane Innocent Majoni Brian Masango Wilson Makobela Dixon Mtetwa Fillip Langa Apostol Makamo Shadrak Nkozi Godknows Muhlapusi Charles Sithole Billion Masimba John Donald
Skrynwerkers André van der Walt Yochanan Karl Lewis Lourens du Toit Noek Theron
Elektrisiën Ernest CrockerLoodgieter Jan Joubert
Mnr Holm se persoonlike assistent Gabriel Mvinji
Ekstras: Abraham Viljoen Adelia Laubsher Adelle Wentzel
Alicia Champman Alicia Enslin Alida SiebertAmelia van der Walt Anita Rautenbach Annette du PreezAnnika van der Merwe Anri Korb Anton van ZylAnton Marius van Zyl BJ Robbertse Bismarck van der WaltBraam Viljoen Brenton Alexander Cara BosmanCarien Bosman Carla Strydom Centaine KnuppeChantal van Zyl Chantelle Charlene VermeulenCharmaine Douglas Christene van der Merwe Christina SchoemanChristo Valentyn Christo Wentzel Constant ViljoenDawie Barnard Dawie Schutte De Villiers EsterhuyseDewalt van der Merwe Doreen Coetzee Doret PotgieterDriekie Vorster Eckard Boshoff Elizabeth MaraisElizma Brink Elli Krüger Elmonique BesterElsa J. Siebert Elsje Schoeman Emmerentia Jacobs
Erik Enslin Esme Wessels Fanie CrousFrans Jonker Fleur Schipper Francois JonkerFrancois B. Siebert Francois Vorster Fi,i RoetsFriederke Elfeldt Gaylene Crous Gerhard Oosthuizen Gerhard van der Merwe Gusta Koekemoer Hanlie van SittertHannes Pieterse Hein Bezuidenhout Helen StanderHelenè Reyneke Hendrik Johannes Oosthuizen Henriette SchnetlerHenriette Terblanche Ian du Plessis Ilse KoekemoerIlse Smit Ina Human Inè HumanInike Human Isabel Krüger Jaco HumanJaques Diedericks Janine Jacobs Janke van DeventerJaques Barnard Japie Schoonraad Jean-‐Marie DiedericksJean-‐Marie van der Colff Jean Pierre Millard Jeanetta ClaassensJessica Claassen Johan Fourie Johan OttoJohan van der Walt Joost Conradie Joshua ErasmusJuandre van Metzinger Keanu Karien LouwKelly Ann Bekker Kobus Richards Kosie RobbertseLeandri Potgieter Lena Faber LezanneLichelle van der Merwe Lida-‐Ne Barnard Lielie ViljoenLisa Terreblanche Lizel Richards Lizel WillemseLize-‐Marie Diedericks Barnard Lukas Schoeman Lyndell AlexanderMagda Maria Elizabeth van der Colff Mariaan van der Merwe Marian Enslin Mariska Douglas Mariska van der WaltMarius Wessels Mariza Schoeman Marizelle OosthuizenMarkus Steinman Marna Strauss Marnus van BrakelMartinus Wessel Pretorius Maryke Robbertse Matsobane MarokalalaMia van der Walt Michael Moll Michelle van ZylMineh Malatola Monique Moll Mouritz du PreezNadia van der Merwe Neline Enslin Nico van RensburgNicolaas Schoeman Nicoleen Lourens Nina SchoemanNoeline van der Walt Noeline Viljoen Patricia JonkerPaul Jacobus Siebert Paulus Krüger Phillip RoetsPierre Diedericks (Junior) Pierre Diedericks (Senior) Pierre Eckard BoshoffPieto Heslinga PR Human Quinton PretoriusRenè van Zyl Renier Struwig Riana OoshuizenRicolette von Wielligh Riekert Barnardo Rikus EngelbrechtRobyn Schipper Ronel de Beer Ronel RobbertseS Vermeulen Sanet Schoeman Sjibbolet van der WaltStefan Schoeman Stefan van der Colff Stephan NthumaneStephen Mafanikane Sune van der Colff Sybrand van ZylSunè le Roux Tanja Smith Tanya VorsterTheresa Wolfswindel Tihan van der Colff Tracy JonkerVickey Vicky Enslin Vivien WillemseWilhelmina Schuerger Yzane Zelmine van ZylZurika Earle Frans Marokalala
CD en Kookboek nou te koop in musiekwinkels en boekwinkels.
Veteraanmotors verskaf deur: Pierre En Elli Diedericks
Jack BouwerFanie Booysens
Nico van RensburgJan Botha
Markus SteinmannDot van Heerden
Spesiale dank aan:Anton HeunisAnton van Zyl
Barend en Amelia van der WaltCharl Marais
Charmaine DouglasCobus van der Linde
Deon MareeDeon Pagel
Eric en Annelise SkippertGavin HoltshausenHardus van Aswegen
Hendrik van der WesthuizenHenry Gerber
Jaco van der ColffJohan Fourie van Landrover
Kosie RobertseLinda HobbsLindi StrydomLucky Vigarelli
Marcus SteinmannMarius van der ColffMartin Carelse
Renier VermeulenRex van DeventerSean PretoriusStefan le Roux
Vivienne WillemseWaldo Prins
Werner Koekemoer
Wessel Smit
PRETVILLE is moontlik gemaak deur:Acrylic ArtAfrimatAIDA
Akasia Road SurfacingAlpha PharmArtery DesignsBaby Boom
Broadway SweetsBUCO
Concrete PeopleCGM Insurance
The Department of Trade and Industry
Dromme verksaf deur ‘Music Instruments Atterbury’en ‘Zildjian Cymbal company’
Eagle TowingEcho 4x4 Centre
Etana Insurance Company LimitedFrancois Juwellers
Frankiesghd South AfricaHelpende HandHeunis Steel
Indigenous Film DistributionIntercape Luxury Coach Services
Jacaranda FMJannie en Issie Parsons
JonwayKilokor Motors
Laerskool Generaal Hendrik SchoemanLe Creuset
MacRobert AttorneysMartin’s Funerals
Menlyn Park Shopping CentreMNI
MosaiekMSC Starlight Cruises
MusiekwêreldMVA Stene
Nimue Skin Technology South AfricaOptimum Financial Services Group
Outdoor Division of Foodcorp Pty Ltd. WeberPEP
PG Glass
PHD UnderwearPhoenix Rising MediaPixel Pro Photography
PSC ContractingQuantum SteelRooi RoseSabrix
Shayamanzi (Leopard.tv)Silverton Radiators
SpectrumTshwane Universiteit van Tegnologie
Uitkyk VleismarkVan Gaalen kaasmakerijYanmar Construction
Zipz Shoes
LIEDJIESIS JY MYNE
Musiek en lirieke -‐ Machiel RoetsGesing deur -‐ Marlee vd Merwe
Uitgewer -‐ SAMRO
KOERANTE TE KOOPMusiek en lirieke -‐ Machiel RoetsGesing deur -‐ Tristin Gernandt
Uitgewer -‐ SAMRO
DINAMIETMusiek en lirieke -‐ Machiel Roets
Gesing deur -‐ Marno vd Merwe, Kenneth Meyer, Chris v RensburgUitgewer -‐ SAMRO
BOEPIE KLUBMusiek en lirieke -‐ Machiel Roets
Gesing deur -‐ Carike Keuzenkamp, Lizelle de Klerk, Carly BaileyUitgewer -‐ SAMRO
KAN JY DIT OOK ONTHOUMusiek en lirieke -‐ Machiel Roets
Gesing deur -‐ Steve Hofmeyr & Sanet AckermannUitgewer -‐ SAMRO
PIERRE LUKUVEERMusiek en lirieke -‐ Machiel Roets
Gesing deur -‐ Terence BridgettUitgewer -‐ SAMRO
SKILLIE SKILPADMusiek en lirieke -‐ Machiel RoetsGesing deur -‐ Jaco v Rensburg
Uitgewer -‐ SAMRO
HENNIE HAKKELMusiek en lirieke -‐ Machiel RoetsGesing deur -‐ Willem Botha
Uitgewer -‐ SAMRO
RIETFONTEINMusiek en lirieke -‐ Machiel Roets
Gesing deur -‐ Eugene Jensen, Si,iso Mazibuko, Jaco vRensburg, Reynardt Hugo
Uitgewer -‐ SAMRO
SKUD, SKOP EN HOPMusiek en lirieke -‐ Machiel Roets
Gesing deur -‐ GroepUitgewer -‐ SAMRO
EMILYMusiek en lirieke -‐ Machiel RoetsGesing deur -‐ Steve Hofmeyr
Uitgewer -‐ SAMRO
KRAAMSONGMusiek en lirieke -‐ Machiel Roets
Gesing deur -‐ Lizelle de Klerk en groepUitgewer -‐ SAMRO
IS JY VERLIEFMusiek en lirieke -‐ Machiel Roets
Gesing deur -‐ Marlee van der MerweUitgewer -‐ SAMRO
SERAHMusiek en lirieke -‐ Machiel Roets
Gesing deur -‐ Eugene Jensen en groepUitgewer -‐ SAMRO
SWIETIE SONGMusiek en lirieke -‐ Machiel Roets
Gesing deur -‐ Lizz Meiring
Uitgewer -‐ SAMRO
FLUISTER IN SY OREMusiek en lirieke -‐ Machiel Roets
Gesing deur -‐ Annette Engelbrecht en Marlee vd MerweUitgewer -‐ SAMRO
LIE AND DENY/LIEG EN BEDRIEGMusiek en lirieke -‐ Machiel Roets
Gesing deur -‐ Machiel Roets, Rina Nienaber en groepUitgewer -‐ SAMRO
SIT EN WAGMusiek en lirieke -‐ Machiel Roets
Gesing deur -‐ Lizz MeiringUitgewer -‐ SAMRO
IN DIE MAANLIGMusiek en lirieke -‐ Machiel Roets
Gesing deur -‐ Marlee vd Merwe, Eugene JensenUitgewer -‐ SAMRO
DIE VUISTE SLAANMusiek en lirieke -‐ Machiel Roets
Gesing deur -‐ Marno vd Merwe, Eugene Jensen en groepUitgewer -‐ SAMRO
PRETVILLE POLISIEMusiek en lirieke -‐ Machiel Roets
Gesing deur -‐ Emo AdamsUitgewer -‐ SAMRO
TRONKVOËL BLUESMusiek en lirieke -‐ Machiel Roets
Gesing deur -‐ Kevin Leo, Jakkie Louw, Kobus WieseUitgewer -‐ SAMRO
JY BREEK MY HARTMusiek en lirieke -‐ Machiel RoetsGesing deur -‐ Marlee vd Merwe
Uitgewer -‐ SAMRO
DOKTER, DOKTERMusiek en lirieke -‐ Machiel Roets
Gesing deur -‐ Rina Nienaber, Pieter KoenUitgewer -‐ SAMRO
ROEDA IS DOODMusiek en lirieke -‐ Machiel Roets
Gesing deur -‐ GroepUitgewer -‐ SAMRO
PRUIMFEESMusiek en lirieke -‐ Machiel RoetsGesing deur -‐ Instrumenteel
Uitgewer -‐ SAMRO
PRETVILLEMusiek en lirieke -‐ Machiel Roets
Gesing deur -‐ GroepUitgewer -‐ SAMRO
EK EN JYMusiek en lirieke -‐ Machiel Roets
Gesing deur -‐Marlee vd Merwe, Eugene Jensen, Marno vd MerweUitgewer -‐ SAMRO
ZAZA’SMusiek en lirieke -‐ Machiel Roets
Gesing deur -‐ Marlee van der MerweUitgewer -‐ SAMRO