s dg dfhsdfgsfgdf

60
Brasilië (Portugees: Brasil), amptelik die Federale Republiek van Brasilië (Portugees: República Federativa do Brasil), is die grootste land en ook die land met die grootste bevolking in Suid-Amerika. Dit is verder ook die vyfde grootste land in die wêreld ten opsigte van bevolking en grondgebied. Die land strek oor die uitgestrekte gebied vanaf sentraal Suid-Amerika en die Atlantiese Oseaan. Die land strek die verste oos van al die lande in die Amerikas en grens aan Uruguay, Argentinië, Paraguay, B olivië, Peru, Colombia, Venezuela, Gu yana, Suriname en die Franse département van Frans- Guyana. Brasilië grens inderwaarheid aan bykans elke Suid-Amerikaanse land behalwe vir Ecuador en Chili.

Upload: emma-maria-del-toro-blanco

Post on 07-Jul-2016

225 views

Category:

Documents


9 download

DESCRIPTION

r gsdg cvv xcvv erg

TRANSCRIPT

Page 1: s Dg Dfhsdfgsfgdf

Brasilië (Portugees: Brasil), amptelik die Federale Republiek van Brasilië (Portugees: República Federativa do Brasil), is die grootste land en ook die land met die grootste bevolking in Suid-Amerika. Dit is verder ook die vyfde grootste land in die wêreld ten opsigte van bevolking en grondgebied. Die land strek oor die uitgestrekte gebied vanaf sentraal Suid-Amerika en die Atlantiese Oseaan. Die land strek die verste oos van al die lande in die Amerikas en grens aan Uruguay, Argentinië, Paraguay, Bolivië, Peru, Colombia, Venezuela, Guyana, Suriname en die Franse département van Frans-Guyana. Brasilië grens inderwaarheid aan bykans elke Suid-Amerikaanse land behalwe vir Ecuador en Chili.

Page 2: s Dg Dfhsdfgsfgdf

Daar word geglo dat die land se naam sy oorsprong het vanuit pau-brasil, 'n boomsoort wat hoog op prys gestel is deur die vroeë koloniste. Ander reken egter die naam vind sy oorsprong in 'n mitiese eiland wat in die Middeleeuse Europa bekend was. Brasilië bevat uitgebreide landbougebiede en reënwoude. Met sy baie natuurlike hulpbronne en groot arbeidsmark is die land Suid-Amerika se leidende ekonomiese moondheid.

Omdat dit 'n kolonie van Portugal was, is Portugees die amptelike taal van Brasilië.[8] Brasilië het die wêreld se tweede grootste Christen-bevolking na die Verenigde State (151 miljoen) en ook die wêreld se grootste Rooms-Katolieke bevolking, 'n sterk geskiedkundige band wat nagelaat is

Page 3: s Dg Dfhsdfgsfgdf

deur die Rooms-Katolieke Portugese koloniste.[9][10]

Inhoud

[versteek]

1Geskiedenis

o 1.1Republiekwording en die tydperk van die wêreldoorloë

o 1.2Die tydperk ná 1945

2Regering en politiek

o 2.1Staatsvorm

o 2.2Politieke ontwikkeling

o 2.3Administratiewe verdeling

3Geografie

4Demografie

o 4.1Tale

o 4.2Religie

o 4.3Etniese samestelling

5Ekonomie

o 5.1Huidige verwikkelinge

o 5.2Kwelvrae

Page 5: s Dg Dfhsdfgsfgdf

voordat die eerste Portugese ontdekkingsreisigers onder leiding van Pedro Álvares Cabral in 1500 daar voet aan wal gesit het.[11]

Admiraal Cabral se vloot het in Maart 1500 die hawe van Lissabon verlaat en was met dertien skepe en 'n bemanning van 1 500 die grootste wat tot dusver na die Suid-Atlantiese gebiede gestuur is. Die Portugese was van plan om hulle handelsbelange in Indië met swaar gewapende skepe teen Arabiese mededingers en plaaslike heersers te beskerm. Die ontdekking van Brasilië was min of meer 'n toeval: op 2 April 1500 het Cabral se manne naby die huidige Porto Seguro vir die eerste keer land raakgesien. Op 22 April 1500 het die Portugese voet aan wal

Page 6: s Dg Dfhsdfgsfgdf

gesit en op vreedsame Indiane afgekom, maar daar was klaarblyklik geen rykdomme in hierdie land nie. Op 3 Mei het Cabral weer seile gespan om Indië betyds te bereik.

Brasilië was aanvanklik van min belang vir Portugal, maar sou nogtans tot sy grootste en belangrikste kolonie ontwikkel.

Oor die loop van drie eeue is dit deur die Portugese hervestig en is die houtbronne eers ontgin en later ook landboubedrywighede in die vorm van suikerriet en koffiebone gevestig en is goudook daar ontgin. Die kolonie se mannekrag het aanvanklik bestaan uit slawe vanuit die oorspronklike boorlinge en ná 1550, hoofsaaklik vanuit Afrika.[12]

Tussen 1630 en 1654 is die gebied rondom Recife in die noordooste

Page 7: s Dg Dfhsdfgsfgdf

oorgeneem deur die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande en het die kolonie as Nederlands-Brasilië bekend gestaan. Die verskillende Nederlandse goewerneurs van die kolonie het probeer om soveel moontlik immigrante na die gebied te lok, met gematigde sukses. Uiteindelik word die Nederlanders, wat nie deur die moederland bygestaan kon word nie vanweë die Eerste Anglo-Nederlandse oorlog, in 1654 verdryf deur die Portugese wat die gebied weer by hulle kolonie gevoeg het.[13]

In 1808 het koningin Maria I van Portugal en haar seun, die toekomstige João VI van Portugal, op die vlug geslaan vir die leërs van Napoleon en hulself in Rio de Janeiro in Brasilië hervestig tesame

Page 8: s Dg Dfhsdfgsfgdf

met die res van die koninklike familie, die adel en die regering.[14]

Keiser Pedro I van Brasilië (1822–1831)

Al het die koninklike familie in 1821 na Portugal teruggekeer, is daar intussen handelsroetes na die Verenigde Koninkryk gevestig, aangesien hulle van die Europese hawes afgesny is deur Napoleon se magte. Brasilië se status is ook verhoog na dié van 'n verenigde koninkryk onder die Portugese kroon. Na João VI van Portugal se vertrek het die oorblywende koninklike regering

Page 9: s Dg Dfhsdfgsfgdf

in Rio de Janeiro stappe gedoen om die Koninkryk van Brasilië te ontbind en sy status weer na kroonkolonie te verlaag. Dit het gelei tot 'n reeks kleinskaalse konflikte wat bekend staan as die Brasiliaanse Onafhanklikheidsoorlog. Op 7 September 1822 het kroonprins Pedro I van Brasilië (later Pedro IV van Portugal) onafhanklikheid verklaar en die onafhanklike Koninkryk van Brasilië tot stand gebring. 'n Verdrag wat die koninkryk se onafhanklikheid erken is op 29 Augustus 1825 met Brittanje en Portugal onderteken.

Page 10: s Dg Dfhsdfgsfgdf

Keiser Pedro II van Brasilië (1831–1889)

Aangesien die kroon steeds in die hande van die Huis van Braganza was, het die onafhanklikheid meer 'n verdeling van die Portugese Ryk in twee dele verteenwoordig en verskil dit ietwat met van die ander onafhanklikheidsbewegings wat elders in die Amerikas voorgekom het.

Die Brasiliaanse Ryk was teoreties 'n demokrasie volgens die Britse styl, al het die magsverdeling tussen die keiser en die parlement meer ooreenkomste met die destydse Keiserryk Oostenryk gehad. Slawerny is in 1888 afgeskaf deur die "Goue Wet" wat deur Prinses Isabel uitgevaardig is. 'n Grootskaalse immigrasie uit Europa het daarna die

Page 11: s Dg Dfhsdfgsfgdf

basis geskep vir verdere nywerheidsontwikkeling. Pedro I is opgevolg deur sy seun Pedro II — wat op sy oudag vasgevang is in 'n politiese stryd tussen die weermag en die kabinet, 'n krisis wat ontstaan het as gevolg van die Paraguay Oorlog. Om 'n burgeroorlog tussen die weermag en die vloot te voorkom het Pedro II op die 15de November 1889 van sy troon afstand gedoen toe 'n federale republiek tot stand gebring is deur Veldmaarskalk Deodora da Fonseca.

In die laat 19de en vroeë 20ste eeue, het Brasilië meer as 5 miljoen Europese, Arabiese en Japannese immigrante gelok. Die tydperk het dan ook die verdere nywerheidsontwikkeling en kolonialisasie van die binneland

Page 12: s Dg Dfhsdfgsfgdf

teweeg gebring. Brasiliaanse demokrasie is drie keer omvergegooi en deur diktatorskappe vervang tussen 1930–1934 en 1937–1945 onder die bewind van Getúlio Vargas en tussen 1964–1985 onder opeenvolgende generaals wat deur die militêre bewind aangestel is met die hulp van die VSA.

Republiekwording en die tydperk van die wêreldoorloë[wysig | wysig bron]

Proklamasie van die republiek in 1893

Die eerste Brasiliaanse republiek met 'n federatiewe grondwet (24 Februarie 1891), die Verenigde State van

Page 13: s Dg Dfhsdfgsfgdf

Brasilië (Portugees: República dos Estados Unidos do Brasil) is deur maarskalk Manuel Deodoro da Fonseca geproklameer, met die Verenigde State van Amerika as sy model. Die republikeinse regerings het die vinnige ontwikkeling van die Brasiliaanse ekonomie bevorder, en grenskonflikte met die buurstate is op 'n vreedsame manier besleg.

Die groot internasionale aanvraag na koffie, een van Brasilië se hoofsaaklike uitvoerprodukte, het aanvanklik die ekonomiese welvaart van die land verseker en die landbou het hom veral op hierdie gewas toegespits. Weens sterk mededinging van Asiatiese produsente het die plaaslike rubberbedryf egter al in 1914 in 'n ernstige krisis beland wat uiteindelik die hele ekonomie geraak

Page 14: s Dg Dfhsdfgsfgdf

het. Tydens die Eerste Wêreldoorlog was Brasilië sedert 1917 amptelik 'n lid van die geallieerde koalisie teen Duitsland, maar het egter geen aktiewe rol by die oorlogshandelinge gespeel nie.

Getúlio Vargas (links) saam met die Amerikaanse president Franklin D. Roosevelt in Rio de Janeiro, 1936

Die aanvraag na koffie het ná die einde van die oorlog skerp gedaal en die politieke stabiliteit is deur revolusies in die deelstate Sāo Paulo en Rio Grande do Sul bedreig. Tydens die twintigerjare het groot dele van die bevolking daarvoor gepleit om

Page 15: s Dg Dfhsdfgsfgdf

'n einde aan die oligargiese regeringstelsel te maak.

Met die tweede krisis van die koffiebedryf in 1930 het die bevolking onder die leiding van Getúlio Vargas, die sogenaamde "Vader van die Armes", in opstand teen die regering gekom en Vargas het die amp van presidentskap oorgeneem. In die eerste maande van sy regering het die Brasiliaanse ekonomie begin herstel. In 1937 is Vargas tot lewenslange president en "welwillende diktator" uitgeroep.

Nadat die VSA druk op hom geplaas het, het Vargas in 1942 oorlog teen Duitsland en sy geallieerdes verklaar. 'n Afdeling van sowat 25 000 Brasiliaanse soldate is na Italië gestuur en het onder meer aan die Slag van Monte Cassino deelgeneem.

Page 16: s Dg Dfhsdfgsfgdf

Ná die oorlog is Vargas deur die Brasiliaanse weermag as president ontslaan.

Die tydperk ná 1945[wysig | wysig bron]

Die tweeder kamer van die Brasiliaanse Nasionale Kongres, dieCâmara dos Deputados (Kamer van Afgevaardigdes), vergader in die hoofstad Brasília

Net vyf jaar later is Vargas deur die Brasiliaanse volk vir 'n tweede ampstermyn gekies. Hy het 'n duidelik Sosialistiese beleid gevolg, maar nadat die Verenigde State en regsgesinde politieke kringe steeds meer druk op hom geplaas het om te

Page 17: s Dg Dfhsdfgsfgdf

bedank, het hy in 1954 selfmoord gepleeg. Sy opvolger Juscelino Kubitschek het saam met die Partido Trabalhista Brasileiro (PTB) daarin geslaag om buitelandse beleggers na die land te lok en in die laat vyftigerjare het die Brasiliaanse ekonomie weer vinniger begin groei. President Kubitschek se ambisieuse projek om 'n nuwe hoofstad Brasília in die sentrum van die land te stig, het die staatsfinansies erg verswak. Jânio da Silva Quadros het die presidentsverkiesing in 1960 gewen en 'n beleid van politieke onafhanklikheid (veral teenoor die VSA) en volhoubare staatsfinansies gevolg. Maar slegs enkele maande nadat hy die ampseed afgelê het, het hy in 1961 ten gunste van sy visepresident Joāo Goulart afgedank.

Page 18: s Dg Dfhsdfgsfgdf

Met die onbloedige revolusie van 1964 wat deur 'n aantal goewerneurs in die deelstate gesteun is, is 'n einde aan die presidentskap van die links-liberale Goulart gemaak en 'n militêre bewind het die mag oorgeneem. Brasilië het tot een van die gewildste bestemmings vir internasionale beleggings ontwikkel en 'n groot aantal multinasionale maatskappye het hulle in die land gevestig.

Sedert 1985 word Brasilië internasionaal as 'n demokrasie, en spesifiek 'n presidensiële demokrasie, erken. Die status is in 1993 deur 'n volkstemming bevestig, toe die kiesers gevra is om te kies tussen 'n presidensiële demokrasie of 'n parlementêre stelsel: kiesers het ook

Page 19: s Dg Dfhsdfgsfgdf

toe besluit om nie die land se grondwetlike monargie te herstel nie.

Regering en politiek[wysig | wysig bron]

Staatsvorm[wysig | wysig bron]

Brasilië se Nasionale Kongres is die bekendste landmerk in die hoofstad,Brasília

Die hoofstad van Brasilië is Brasília. Volgens die grondwet wat in 1988 bekragtig is, is Brasilië 'n federale presidensiële verteenwoordigende demokratiese republiek, waar die president, wat vir 'n ampstermyn van vier jaar regstreeks deur die volk verkies word, beide die staatshoof en regeringshoof is en ook die kabinet

Page 20: s Dg Dfhsdfgsfgdf

saamstel. Sedert 1998 mag die president, wat oor verreikende uitvoerende bevoegdhede beskik, vir 'n tweede ampstermyn herverkies word.

Die president Michel Temer

Die Unie se uitvoerende gesag word deur die regering uitgeoefen met die president as hoof. Wetgewende gesag berus by die Nasionale Kongres (Congresso Nacional), wat in twee kamers verdeel word. Die 513 afgevaardigdes van die Kamer van Afgevaardigdes van Brasilië (Câmara dos Deputados) word elke vier jaar

Page 21: s Dg Dfhsdfgsfgdf

verkies in 'n stelsel van proporsionele verteenwoordiging deur state. Die lede van die Federale Senaat (Senado Federal) word volgens 'n meerderheidsstelsel vir 'n agt-jaar tydperk verkies. Die gewone wetgewende proses vereis deelname van die uitvoerende gesag, wat die reg het om nuwe wetgewing te veto.

Nadat die grondwet aanvanklik 'n oorgangsklousule behels het, is in 1993 'n referendum oor Brasilië se staats- (monargie of republiek) en sy regeringsvorm (presidensiële of parlementêre stelsel) gehou. Die kiesers het hulle met 'n algehele meerderheid vir 'n republikeinse staatsvorm (87 persent) en 'n presidensiële regeringstelsel (69 persent) uitgespreek.

Page 22: s Dg Dfhsdfgsfgdf

Die administratiewe strukture van die staat is 'n federasie; Brasilië het egter die munisipaliteite as outonome politiese eenhede ingesluit wat die federasie drieledig maak en die Unie, die State en die munisipaliteite insluit. Die regstelsel is gebaseer op Romeinse Reg.

Politieke ontwikkeling[wysig | wysig bron]

Brasilië was tussen 1964 en 1985 onder militêre bewind. In hierdie periode het veral indigene Brasilianers slagoffers van menseregvergrype geword, terwyl die ekonomiese ontwikkeling deur 'n reeks grootskaalse en ekologies onsensitiewe prestige-projekte gekenmerk was – waaronder die grootpad Transamazônica, die waterkragsentrale Itaipú, die

Page 23: s Dg Dfhsdfgsfgdf

kernkragsentrale in Angra dos Reis en talle snelweë. Die ekonomiese gevolge was 'n reuse-skuldlas (Brasilië se buitelandse skulde was die hoogste van alle lande) en sukkelende staatsondernemings.

Alhoewel die land se demokrasie op 'n veelpartystelsel berus, beskik Brasiliaanse partye nie oor ideologies gebaseerde programme nie – 'n gebrek wat van hulle swak regerende partye maak. Gewoonlik moet hulle ná verkiesings koalisieregerings vorm wat neig om onstabiel en kortstondig te wees. Wetsontwerpe vereis dus onderhandelinge met ander partye.

Die groot aantal kleiner partye, wat in die Brasiliaanse parlement verteenwoordig is, lei net soos korrupsie tot 'n onstabiele politieke situasie en belemmer daarnaas die

Page 24: s Dg Dfhsdfgsfgdf

administrasie van die land. In die verkiesings van 2006 het altesaam twintig partye setels in die parlement verower, waarby die vyf grootste partye twee derdes van alle afgevaardigdes op hulle verenig.

Administratiewe verdeling[wysig | wysig bron]

Hoofartikel: Deelstate van Brasilië.

Brasilië is 'n federasie wat bestaan uit 26 state en 1 federale distrik, wat 'n totaal van 27 Federale Eenhede gee.

Politiese verdeling van Brasilië.

Page 25: s Dg Dfhsdfgsfgdf

Noordelike Streek

1. Roraima

2. Amapá

3. Amazonas

4. Pará

5. Tocantins

6. Acre

7. Rondônia

Noordoostelike Streek

8. Maranhão

9. Piauí

10. Ceará

11. Rio Grande do Norte

12. Paraíba

13. Pernambuco

14. Alagoas

15. Sergipe

16. Bahia

Sentraalwestelike Streek

17. Mato Grosso

18. Goiás

19. Distrito Federal

20. Mato Grosso do Sul

Page 26: s Dg Dfhsdfgsfgdf

Suidoostelike Streek

21. Minas Gerais

22. Espírito Santo

23. Rio de Janeiro

24. São Paulo

Suidelike Streek

25. Paraná

26. Santa Catarina

27. Rio Grande do Sul

Die Brasiliaanse state geniet werklike onafhanklikheid ten opsigte van hul regering, wetgewing, openbare veiligheid en belasting. Die regering van 'n staat word bestuur deur 'n goewerneur wat met 'n meerderheidstem verkies word en het ook sy eie wetgewende liggaam.

Elke staat word verdeel in munisipaliteite wat op hul beurt hulle eie wetgewende rade het met 'n

Page 27: s Dg Dfhsdfgsfgdf

burgemeester, wat outonoom en hiërargies onafhanklik is van beide die federale- en staatsregerings. 'n Munisipaliteit kan ander dorpe buiten die munisipale setels insluit wat nie 'n aparte regering het nie.

Die regsbank word bestuur vanaf die staat- en federale vlakke binne distrikte wat comarcas genoem word. Een comarca kan verskeie munisipaliteite insluit.

Sien ook: Vlae van state van Brasilië

Geografie[wysig | wysig bron]

Die Amasone se rivierloop in die tropiese reënwoud

Page 28: s Dg Dfhsdfgsfgdf

Brasilië word gekenmerk deur die uitgebreide laagliggende Amasone-reënwoud in die noorde en 'n meer oop terrein bestaande uit heuwels en lae berge na die suide — tuiste van die meeste mense in Brasilië en ook die plek waar die landbou hoofsaaklik plaasvind. Langs die Atlantiese kus is daar ook verskeie bergreekse wat hoogtes van soveel as 2 900 meter bo seespieël bereik. Die hoogste piek is die Pico da Neblina wat 3 014 meter bo seespieël in die Guyaneese hooglande uitstyg. Die hoof riviere sluit die Amasone, die grootste rivier in die wêreld in terme van vloeiende watervolume en die tweede langste in die wêreld; die Paraná en sy hoofvertakking, dieIguaçu-rivier, waar die

Page 29: s Dg Dfhsdfgsfgdf

indrukwekkende Iguazú-watervalle gevind kan word; die Rio Negro-, São Francisco-, Xingu-, Madeira- en die Tapajós-riviere.

Brasilië is hoofsaaklik in die trope geleë en daarom toon die klimaat baie min seisoenale veranderinge. In die suidelikste deel van Brasilië kry 'n mens 'n subtropiese gematigde klimaat, wat nou en dan selfs ryp en sneeu in die hoër dele kan ervaar. Neerslag is oorvloedig in die vogtige Amasonekom, maar daar word ook droër dele aangetref, veral in die noordooste van die land.

'n Aantal eilande in die Atlantiese Oseaan is ook deel van Brasilië:

Sint Peter

Rocas Atol

Page 30: s Dg Dfhsdfgsfgdf

Fernando de Noronha

Trinidade en Martim Vaz

Rio de Janeiro, die tweede grootste stad in Brasilië

Die Brasiliaanse vasteland word oor die algemeen geografies in 5 kenmerkende streke verdeel: die Noordelike streek, die Noordoostelike streek, die Sentraalwestelike streek, die Suidoostelike streek en die Suidelike streek.

Die Noorde beslaan sowat 45.27% van die oppervlakte van Brasilië en is ook die streek met die kleinste bevolking. Daar is min

Page 31: s Dg Dfhsdfgsfgdf

nywerheidsontwikkelinge en die streek is redelik onderontwikkel (met die uitsondering van Manaus, wat 'n belastingvrye nywerheidsone bevat). Die streek bevat ook die grootste reënwoude in die wêreld, die Amasone waar baie inheemse stamme van Brasilië woon.

Die Noordoostelike streek bevat 'n derde van Brasilië se bevolking. Die mense daar het diverse kulture met sommiges wat sterk wortels het uit die Portugese koloniale tydperk en ander met 'n sterk Afro-Brasiliaanse kultuur en dan is daar ook diegene wie se kultuur deur hul inheemse Brasiliaanse Indiaanse afkoms beïnvloed word. Dit is ook die armste streek van

Page 32: s Dg Dfhsdfgsfgdf

Brasilië en beleef lang droë klimaatstoestande.

Fortaleza

Die Sentraalwestelike streek is die tweede grootste streek in Brasilië maar het 'n lae bevolkingsdigtheid. Dit is hier waar die Brasiliaanse hoofstad Brasília geleë is. Die streek bevat die Pantanal, die wêreld se grootste moerasgebied, asook 'n klein deel van die Amasone-reënwoud in die noordwestelike deel daarvan. 'n Groot deel van die streek is begroei deur die Cerrado, die grootste grasvlakte in die wêreld, wat twee duidelik onderskeibare

Page 33: s Dg Dfhsdfgsfgdf

seisoene beleef: 'n reënseisoen (vanaf Oktober tot April) en 'n droë seisoen (vanaf Mei tot September). Dit is ook die belangrikste landbougebied in die land. Die belangrikste stede hier is: Brasília, Goiânia,Campo Grande en Cuiabá.

Die Suidoostelike streek is die rykste en digbevolkste streek. Dit het meer inwoners as enige ander Suid-Amerikaanse land en bevat een van die grootste metropolitaanse gebiede in die wêreld, waarvan die hoofstede die land se twee grootstes is; São Paulo en Rio de Janeiro. Die streek bevat 'n groot diversiteit insluitende die groot sakegebied van São Paulo, die geskiedkundige stede van Minas

Page 34: s Dg Dfhsdfgsfgdf

Gerais, die wêreldbekende strande van Rio de Janeiro en die hoogs aangeskrewe kus van Espírito Santo.

Die Suidelike streek is die welvarendste (in terme van die BBP per kop), met die hoogste lewenstandaard in die land. Dit is ook die koudste streek van Brasilië. Baie Europese immigrante het hulself hier gevestig, hoofsaaklikDuitsers, Italianers en mense van Slawiese afkoms. Die inwoners van hierdie streek se kultuur toon sterk invloede vanuit dié kulture.

Demografie[wysig | wysig bron]

Page 35: s Dg Dfhsdfgsfgdf

Karnaval in Rio de Janeiro

Brasilië word deur 'n uiters onegalige bevolkingsverspreiding gekenmerk, wat sy oorsake in die geografie en historiese ontwikkeling van die land het. Die digbevolkte kusgebiede van Noordoos- en Suidoos-Brasilië kontrasteer met die binneland, waar die bevolkingsdigtheid skerp afneem. Groot dele van die Amasonebekken is onbewoon. Die geweste Middel-Weste en Noorde, wat naastenby twee derdes van die Brasiliaanse oppervlak verteenwoordig, het minder inwoners as die

Page 36: s Dg Dfhsdfgsfgdf

metropolitaanse gebied van Sāo Paulo.

Brasilië het 'n gemengde bevolking, wat sedert die vroeë 19de eeu onder meer danksy die immigrasie uit Europa en Asië sterk gegroei het. 'n Groot deel van die blanke inwoners, wat sowat die helfte van die Brasiliaanse bevolking verteenwoordig, is nasate van Portugese immigrante. Ander belangrike groepe wat hulle in die land gevestig het, is Italianers, Spanjaarde, Duitsers, Oos-Europeërs en Japannese.

Die aandeel van die swart bevolking, oorwegend nasate van slawe wat in die tydperk tussen die 16de en 19de eeu uit Afrika ingevoer is, is veral in die noord-ooste van Brasilië baie hoog. Meer

Page 37: s Dg Dfhsdfgsfgdf

as drie miljoen swartes uitAngola, Nigerië, Benin, Togo, Ghana, Ivoorkus en Sāo Tomé e Príncipe is deur slawehandelaars na Brasilië gebring, voordat die slawehandel in 1850 verbied is. Baie swartes het met die Portugese setlaars vermeng, sodat daar nou ook 'n groot kleurlingbevolking is.

Die inheemse Indiane is in die loop van die geskiedenis byna uitgeroei. Omtrent 1500 was daar sowat agt miljoen Indiane in Brasilië. Baie van hulle het ook aan ingevoerde siektes beswyk of het met ander etniese groepe vermeng. Tans is daar na ramings sowat 300 000 Indiane.

Tale[wysig | wysig bron]

Page 38: s Dg Dfhsdfgsfgdf

'n Gebou in Ouro Preto, die stad is tot wêrelderfenisgebied verklaar vanweë sy barokargitektuur

Brasilië is die enigste Portugeessprekende land in Suid-Amerika. Die plaaslike variant van die Portugese taal het sy eie karakter ontwikkel en verskil van Europese Portugees ten opsigte van sy uitspraak en – in 'n mindere mate – sy woordeskat, spelling en grammatika. Portugees is die enigste ampstaal en word deur sowat 97 persent van die bevolking as moedertaal gepraat.

Page 39: s Dg Dfhsdfgsfgdf

Net 0,1 persent van die bevolking praat nog een van die sowat 180 tradisionele Indiaanse tale, waarvan Guaranì, Tupi en Gês die belangrikstes is. Die twee laasgenoemdes word veral in die Amazonasgebied gebesig, waar die Europese invloed beperk gebly het. In die kusgebiede het die Indiaanse tale byna heeltemal verdwyn, alhoewel Guaraní in die koloniale tydperk hier 'n groter rol gespeel het.

Belangrike minderheidstale sluit ook immigrantetale soos Duits, Italiaans, Spaans en Japannees in.

Religie[wysig | wysig bron]

Page 40: s Dg Dfhsdfgsfgdf

Candomblé-tempel in Recife

In 2000 was 73,6 persent van die bevolking Rooms-Katoliek, 15,4 persent Protestant en 7,4 persent ongebonde. Vanweë die sendingwerk van veral Amerikaanse evangeliese groeperings neem die aantal Protestante vinnig toe.[15] Die persentasie Rooms-Katolieke Brasiliane was in 1960 nog 93 persent en het tussen 1980 en 2007 van 89 tot 64 persent afgeneem. Die regering se betrekkinge met die Rooms-Katolieke bly veral weens die aborsie-vraagstuk gespanne nadat president Lula vir 'n liberalisering van Brasilië se aborsiewette gepleit het.

Daar is ook minderhede van Boeddhiste, Bahaí, Moslems en Jode. Inheemse Indiaanse en Afro-

Page 41: s Dg Dfhsdfgsfgdf

Brasiliaanse religies soos Candomblé en Umbanda speel 'n belangrike rol. Die omgewing van die hoofstad Brasilia is die sentrum van 'n aantal esoteriese bewegings.

Etniese samestelling[wysig | wysig bron]

53,7 persent van die bevolking is nasate van Portugese, Italiaanse, Duitse en ander Europese immigrante; 38,5 persent is van gemengde afkoms; 6,2 persent is swartes en 1,2 persent van ander afkoms (waaronder 0,6 persent Asiate). Volgens die sensus van 2000 was daar 734 131 Indiane van sowat 200 verskillende volke.

Ekonomie[wysig | wysig bron]

Page 42: s Dg Dfhsdfgsfgdf

São Paulo, die vierde grootste stad in die wêreld en die finansiële hoofstad van die land

Die Bolsa de Valores de São Paulo (BOVESPA) – die grootse effektebeurs in Suid-Amerika

'n KC-390 militêre transportvliegtuig, ontwikkel en gebou deur Embraer, die derde grootste vervaardiger van siviele vliegtuie na Airbus en Boeing[16]

Page 43: s Dg Dfhsdfgsfgdf

Brasilië het met sy groot en goed ontwikkelde landbou-, mynbou-, vervaardiging- en diensverskaffingsektore en sy groot arbeidsmag die grootste BBP van al die Latyns-Amerikaanse lande en is die kernekonomie van Mercosur, die Suid-Amerikaanse Doeane-unie. Met 'n bruto binnelandse produk (BBP) van 1 400 miljard VSA-$ was Brasilië in 2007 die tiende grootste ekonomie ter wêreld.[17] Die BBP per capita het in dieselfde jaar 7 600 VSA-$ beloop. Die dienstesektor het met 64 persent die belangrikste bydrae tot die BBP gelewer, terwyl die nywerheidsektor sowat 30 en die landbousektor 6 persent bygedra het. Volgens die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank, het Brasilië die negende grootste

Page 44: s Dg Dfhsdfgsfgdf

ekonomie in die wêreld ten opsigte van koopkragpariteit en die elfde grootste ten opsigte van handelsvolumes. Brasilië het sy middelklas ekonomie gediversifiseer met 'n wyd uiteenlopende ontwikkelingsvlakke. Die meeste groot industrieë is gevestig in die Suide en die Suidooste. Die Noordooste is die armste streek van Brasilië, maar nuwe beleggings begin daarheen vloei.

Die land het die afgelope jare sy teenwoordigheid in wêreldmarkte verbreed. Hoofuitvoerprodukte sluit vliegtuie, koffie, voertuie, sojabone, ystererts, lemoensap, staal, tekstiele, skoene en elektriese toerusting in. Brasilië het daarnaas ook voordeel uit die prysverhogings vir natuurlike hulpbronne getrek en

Page 45: s Dg Dfhsdfgsfgdf

was danksy die stewige handelsoorskot in staat om sy buitelandse skuldlas te verminder. Die monetêre beleid, wat op stabiliteit gemik is, het inflasiesyfers aansienlik verlaag.

Die BBP het in 2007 met 5,4 persent gegroei en die regering het vroeg in 2007 'n program van stapel gestuur wat die ekonomiese groei verder sal aanwakker, die sogenaamde PAC – Programa de Aceleração do Crescimento. Tot in 2010 word beleggings ter waarde van meer as 500 miljard reais (naastenby 200 miljard €) in veral infrastruktuurprojekte beplan. Staatsbeheerde en privaatondernemings sal die grootste bedrae belê, terwyl die

Page 46: s Dg Dfhsdfgsfgdf

staatsektor 68 miljard reais sal bydra.

Brasilië het die gevorderdste nywerheidsektor in Latyns-Amerika. Die nywerheidsektor maak ongeveer 'n derde van die BBP uit en sluit 'n wye verskeidenheid nywerhede in wat wissel van motorvoertuie, staal en petrochemikalieë tot rekenaars, vliegtuie en verbruiksgoedere. Brasilië was in 2001 die sesde belangrikste produsent van koelkaste (3,4 miljoen eenhede), die sewende belangrikste produsent van televisietoestelle (5,5 miljoen eenhede) en die elfde belangrikste produsent van motors (1,5 miljoen eenhede) ter wêreld.

Met die verhoogde stabiliteit van die Plano Real, het Brasiliaanse en multinasionale ondernemings hul

Page 47: s Dg Dfhsdfgsfgdf

beleggings in nuwe toerusting en tegnologie drasties verhoog. 'n Groot hoeveelheid van hierdie beleggings is afkomstig vanaf Noord-Amerikaanse ondernemings. Brasilië het ook 'n diverse en gesofistikeerde diensteverskaffingssektor. Tydens die 1990's het die bankwese soveel as 16% tot die BBP bygedra. Ten spyte van die feit dat die finansiële dienstesektor 'n groot opknappingsproses ondergaan, verskaf dit 'n wye reeks dienste en lok dit verskeie nuwe spelers in die mark. Die effektebeurse van São Paulo en Rio de Janeiro is ook in die proses van konsolidasie.

Alhoewel Brasilië se ekonomie progressief is en baie belangrik vir die streek is, is die probleme wat

Page 48: s Dg Dfhsdfgsfgdf

met korrupsie, armoede en ongeletterdheid gepaard gaan, steeds groot struikelblokke vir verdere ontwikkeling.

Huidige verwikkelinge[wysig | wysig bron]

Die eksklusiewe ekonomiese sone van Brasilië

Na vele dekades van hoë inflasie en verskeie pogings om dit te beheer, het Brasilië in Julie 1994 'n ekonomiese stabiliseringsprogram onderneem, die Real Plan, tydens die administrasie van Itamar Franco. Die inflasiekoers wat byna 5 000% bereik het aan die einde van 1993, het skerp gedaal en in 1998 'n laagtepunt van 2.5% bereik. Die

Page 49: s Dg Dfhsdfgsfgdf

bekragtiging van die Fiskale Verantwoordelikheidswet in 2000 het die fiskale dissipline van die plaaslike en federale regerings verbeter al was dit ten koste van broodnodige belegging in infrastruktuur en verbetering van maatskaplike dienste. Tydens die bewind van Fernando Henrique Cardoso (1995–2002), het die regering pogings aangewend om die staatsgedomineerde ekonomie om te skakel na 'n meer markgedrewe een. Die Kongres het verskeie wysigings tot wetgewing goedgekeur om die ekonomie meer toeganklik te maak vir verhoogde deelname deur die privaatsektor en die betrokkenheid van buitelandse beleggers aan te moedig. Teen die einde van 2003, het Brasilië se

Page 50: s Dg Dfhsdfgsfgdf

privatiseringsprogram, wat die verkoop van staal-, elektrisiteits- en telekommunikasiefirmas ingesluit het, meer as $90 miljard ingevorder.

In Januarie 1999 het die Brasiliaanse Sentrale Bank aangekondig dat die Real nie meer teen 'n vaste koers teen die V.S.A dollar sou verhandel nie; 'n stap wat 'n grootskaalse devaluasie van die Brasiliaanse geldeenheid meegebring het. Die ekonomie het in 2000 met 4,4% gegroei en 1,3% in 2001. In 2002 het gerugte dat die presidensiële kandidaat wat as die gunsteling beskou was om te wen, Luis Inácio Lula da Silva, nie Brasilië se skuld sou eerbiedig nie, gelei tot 'n vertouenskrisis wat veroorsaak het dat die ekonomie begin agteruitgaan het. Na hy egter

Page 51: s Dg Dfhsdfgsfgdf

verkies is, het Lula sy voorganger se ekonomiese beleid bly volg. In 2003 het President Lula streng maatreëls gevolg en inflasie beheer en surplusse op die lopende rekening nagestreef om sodoende Brasilië se skuldverpligtinge na te kom.

Na 'n toename van 0,5% in die BBP in 2003 het Brasilië 'n sterk groei van 4,9% in 2004 getoon wat ietwat afgeneem het tot 2.3% in 2005; internasionale ekonomiese groei en gevolglike verhogings van uitvoere het bygedra tot hierdie prestasie.

Kwelvrae[wysig | wysig bron]

Page 52: s Dg Dfhsdfgsfgdf

Die krotbuurt (favela) Vidigal lê digby welvarende woonbuurte van Rio de Janeiro

Die ekonomie staar steeds ernstige uitdagings in die gesig en belangrike hervormings moet nog geïmplementeer word. Ernstige probleme met betrekking tot swak infrastruktuur, inkomsteverdeling, lae kwaliteit openbare dienste, korrupsie, sosiale konflikte en regeringsburokrasie dreig om ekonomiese groei te kniehalter. Die interne openbare skuldlas het 'n hoogtepunt bereik en openbare uitgawes is ook verhoog. Belastings verteenwoordig reeds 'n noemenswaardige deel van die nasionale inkomste en is 'n swaar las vir alle sosiale klasse en verlaag die geleenthede vir belegging.

Page 53: s Dg Dfhsdfgsfgdf

Verder word entrepreneurskap in die wiele gery deur hoë lisensiekostes en komplekse goedkeuringsprosesse. Die huidige ekonomiese groei is laer as dié van vergelykbare Latyns-Amerikaanse lande, asook dié van Sjina en Indië. Brasilië het elf posisies op die Wêreld Ekonomiese Forum se ranglys vir Groei Mededingendheidsindeks gesak tussen 2003 tot 2005.

Brasilië se landbousektor trek voordeel uit die stygende wêreldmarkpryse vir onder meer vleis en soja en die land het tot een van die grootste uitvoerders van landbouprodukte ter wêreld ontwikkel. Die uitbreiding van veeteelt en sojaverbouing het egter rampsalige gevolge vir die

Page 54: s Dg Dfhsdfgsfgdf

Brasiliaanse reënwoud. Volgens amptelike statistieke is tussen Augustus 2003 en Augustus 2004 meer as 26 000 vierkante kilometer se tropiese woud afgekap om plek te maak vir sojavelde.

Die probleem van grootskaalse ontbossing, wat bydra tot die heersende koers van globale verhitting, het gedurende die presidentskap Luis Inácio Lula da Silva nog vererger. Volgens natuurbewaringsorganisasies beloop die jaarlikse verlies aan bosgebiede as gevolg van kap-en-brand-praktyke, houtontginning, sojaverbouing, veeteelt en padbou nou jaarliks byna 30 000 vierkante kilometer.

Geldeenheid[wysig | wysig bron]

Page 55: s Dg Dfhsdfgsfgdf

10 mil réis-banknoot uit die jaar 1925

Brasilië se huidige geldeenheid is die Brasiliaanse Real (meervoud: Reais, simbool: R$). Daar is banknote ter waarde van R$1 (wat geleidelik ten gunste van muntstukke uitgefaseer word), R$2, R$5, R$10, R$20, R$50 en R$100. Vanweë die hoë inflasiekoerse van die verlede word tans net beelde van Brasiliaanse diere op die banknote gebruik – die vroeëre hiperinflasie en gereelde vervanging van banknote het daartoe gelei dat afbeeldings van bekende persoonlikhede uit die Brasiliaanse geskiedenis as minder geskik geag

Page 56: s Dg Dfhsdfgsfgdf

is, aangesien die snel wisselende ontwerpe nie meer as 'n verering sou kon beskou word nie.

Real-muntstukke in verskillende groottes en kleure word ter waarde van 1, 5, 10, 25 en 50 Centavos en 1 Real geslaan.

As gevolg van die hoë inflasiekoerse gedurende die 1980's en vroeë 1990's was die land gedwing om sy geldeenheid verskeie kere te verander. Tot in 1986 was die Brasiliaanse Cruzeiro in gebruik; in hierdie jaar is drie nulle volgens 'n ekonomiese hervormingsplan geskrap en 'n nuwe geldeenheid, die Cruzado, ingevoer. Enkele jare later is nog eens drie nulle geskrap by die invoering van nog 'n nuwe geldeenheid, die Cruzado Novo ("Nuwe Cruzado"). In 1990 is

Page 57: s Dg Dfhsdfgsfgdf

die Cruzado Novo met die herinvoer van die Cruzeiro uitgefaseer, maar as gevolg van die heersende hiperinflasie is ook by hierdie geldeenheid in 1993 weereens drie nulle geskrap om die Cruzeiro Real in te voer.

Met 'n nuwe monetêre beleid is die huidige geldeenheid Real in 1994 ingevoer. Die jaarlikse inflasiekoerse het sedertdien duidelik afwaarts gebeur, en Brasiliane het nou aan 'n stabiele geldeenheid gewoond geraak. Op 22 Maart 2009 was 1 Brasiliaanse Real se waarde gelyk aan R4,22.

Sosiale vraagstukke[wysig | wysig bron]

Page 58: s Dg Dfhsdfgsfgdf

Rocinha, 'n favela in Rio de Janeiro

Ten spyte daarvan dat Brasilië 'n groot land is wat ryk is aan natuurlike hulpbronne en 'n baie groot ekonomie, het Brasilië meer as 22 miljoen mense wat in klaaglike armoede leef. Die syfer is baie hoër as diegene wat in betreklike armoede leef ook by die syfer ingesluit word. Dit is 'n kritiese kwessie en word deels toegeskryf aan die land se ekonomiese wanverdeling, een van die hoogste ter wêreld volgens die Gini-

Page 59: s Dg Dfhsdfgsfgdf

koëffisiëntindeks. Armoede in Brasilië is die sigbaarste in die talle favelas, 'n groot aantal krotbuurte in die land se metropolitaanse gebiede en ook op die afgeleë platteland waar daar bitter min ekonomiese en maatskaplike vooruitgang plaasvind. Die Noordoostelike streek het kroniese probleme vanweë die semi-woestynklimaat in die binneland en die periodieke droogtes beïnvloed miljoene mense.[18]

Die mees onlangse pogings om hierdie probleme aan te pak word tans uitgevoer deur president Luiz Inácio Lula da Silva, wat 'n program genaamd Fome Zero voorgestel het om hongersnood uit te wis en het 'n begroting saamgestel vir handjievol

Page 60: s Dg Dfhsdfgsfgdf

programme vir die verspreiding van welvaart, daar is egter baie bespreking en kritiek oor die doeltreffendheid van die stappe.

In die afgelope 12 jaar is Brasilië se belastingkoerse geleidelik opgestoot van rondom 28% van die land se BBP tot meer as 37%.[19] Ten spyte hiervan was daar onvoldoende (en in sommige gevalle geen) verbetering in openbare dienste wat deur federale of die meeste staats- en munisipale regerings verskaf word nie.[20]

Ongeveer 16 miljoen mense in Brasilië word ampt