sabie primary school 100 years

16
25 October 2013 Edition / Uitgawe 14 SABIE PRIMARY Toeka: die eerste skoolgebou, 1913 – Old Rockingham Store. Nou: die skoolgebou soos dit in 2013 lyk. 1913 2013

Upload: editor-kemp

Post on 01-Jan-2016

474 views

Category:

Documents


2 download

DESCRIPTION

Sabie Primary School 100 Years Celebration

TRANSCRIPT

Page 1: Sabie Primary School 100 YEARS

25 October 2013Edition / Uitgawe 14 SABIE PRIMARY

Toeka: die eerste skoolgebou, 1913 – Old Rockingham Store. Nou: die skoolgebou soos dit in 2013 lyk.

1913 2013

Page 2: Sabie Primary School 100 YEARS

22 GGPPSS NNeewwss

Donderdag 24 Oktober

1 8: 00 – Kultuuraand

Vrydag 25 Oktober

07: 20 – Saalopening

08: 00 – Vlaghysing

09: 00 – Optog

1 1 : 00 – Kaskardag

– Partytj ie vir kinders

1 8: 00 – Skyfievertoning

1 8: 30 – Revue vir ouers

Saterdag 26 Oktober

1 0: 30 – Opening

1 0: 45 – Boomplanting

1 0: 00-1 6: 00 – Potj iekoskompetisie

– Biertuin / Teetuin /

Rugby op ’n groot

skerm

– Waterkaskenades

– Toer deur die skool

1 8: 00 – Skyfievertoning

1 8: 30 – Revue: kaas en wyn /

gedenkmuur (genooide

gaste)

Sondag 27 Oktober

09: 00 – Dankdiens

FFeeeesspprrooggrraammBoodskap van die hoofJohan Kruger

Honderd jaar in die geskiede-nis van ’n skool is ’n lang tyd-perk om na terug te kyk. Dit

is beslis ’n historiese jaar in die ge-skiedenis van ons pragtige skool – ’nskool wat die afgelope 100 jaar ’n trot-se geskiedenis op akademiese, opvoed-kundige en sportgebied opgebou het.Wat ’n voorreg is dit nie vir ons kin-

ders om in só ’n pragtige omgewingskool te gaan nie; daarom is dit niemoeilik om ons kinders só tot mensemet ’n waardering vir die mooie enskone te vorm nie.Om voort te bou op die fondamente

wat ons voorgangers gelê het, is nie ’nmaklike taak nie. Dit bly egter ’n be-nydenswaardige voorreg om deel tekan wees van 100 jaar se geskiedenis.Dis ’n skool wat verskeie leerlinge op-gelewer het wat later in hul lewe opverskillende terreine groot hoogtes be-reik het.Laerskool Sabie het saam met die

omgewing moeilike jare deurleef en isdikwels met ondergang bedreig, maarniks kon sy sterk fondasie kraak nie.Die groeipyne van ’n jongeling het onssterker gemaak om te kon uittroon en’n toonbeeld van sukses te word.Laerskool Sabie het nog altyd mettrots sy plek tussen ander puik skolein die Laeveld volgestaan.• 17 Januarie 1913: Die eerste

waarnemende hoof van Sabie-skoolwas mnr. J.A. van Wyk. Ook is dieeerste amtelike aantekening gemaakdat die skool op dié dag geopen is.Geen skoolbankies was beskikbaar nieen alternatiewe reëlings moes getrefword.Die skool het ’n gedeelte van ’n hotel

betrek en die lede van die skoolkomi-tee spreek hul ongelukkigheid uit metdie toestand van hul nuwe skool. Ty-delike onderwysers van Lydenburg-Noord sou waarneem totdat plaaslikeonderwysers aangestel kon word.• 27 Januarie 1913: Die eerste in-

skrywing in die toelatingsregister vanSabieskool was Hendrik Coetzer instanderd 2, Coenraad, Gert en Frede-rick Maritz, asook Salmon MarthinusMaritz.Gedurende die depressiejare (vroeë

1930’s) is bosbounedersettings rondomSabie gestig (die staat se hulp aanwerkloses) en skooltjies is op Berg-vliet, Ceylon, Tweefontein, Brook-lands en Spitzkop geopen. In 1935 isdie hoër afdeling by die skool begin –tot st. 8. In 1963 is ’n st. 9- en in 1964’n st. 10-klas ingestel.Tot in 1933 is alle inskrywings in

die skooljoernaal in Engels gedoen,maar van 10 Oktober 1933 is alle in-skrywings in Afrikaans gedoen.Op 14 Januarie 1959 is die leerlinge

van Spitzkop-skool en Tweefontein-skool na Sabie-skool oorgeplaas. Op 13Mei 1961 is die nuwe gedeelte van dieskoolgebou in gebruik geneem.Op 1 Januarie 1967 is die hoër- en

die laerskool amptelik geskei en diehoërskoolleerlinge het op 25 Septem-ber 1967 na die nuwe gebou (Sybrandvan Niekerk) oorgetrek.Benewens die geskiedkundige feite

het ons skool deelgehad aan die lief en

leed van die gemeenskap, soos dui-de-lik uit die joernaalinskrywings ge-sienkan word. Ons haal ’n paar aan:• Die eerste amptelike klag teen die

skool is op 2 Desember 1914 ingedientoe die ouers gekla het dat hul kindersnog nie die ABC ken nie.• Die kinders was baie afwesig van-

weë baie reënval en ook weens talleepidemies wat hulle geteister het. In’n stadium het die dokter die skool ge-sluit nadat hy by meer as 20 kinderswurms “in” hul kop gevind het.• In die beginjare moes die hoof nog

sy voorraad op Lydenburg gaan haalhet – ’n rit van twee dae te perd. Nie-mand het hul egter oor hom bekom-mer (hy moes te perd oor die berg) toehy eers ná vyf dae op Sabie terugge-kom het nie. Hul teleurstelling wasegter groot omdat die reën oor dieberg al die skrifte en ander voorraadbeskadig het.• Die onderwysers het hul ook nie

altyd laat voorsê nie. Een van die per-soneellede was nie baie lus vir skool-hou nie. Toe hy hoor hy kry inspeksie,het hy die leerlinge net so aan hul lotoorgelaat en ’n kleim gaan afsteek omeerder goud te gaan delf.

Ons dink vanjaar terug aan duisen-de manne en vroue wat in hierdie in-rigting onderrig gegee en ontvang heten ons erken met nederigheid endankbaarheid die werk en prestasieswat hierdie skool help uitbou het totwat dit vandag is. Ons sou graag ’nruk wou stilstaan om aan elkeen hul-de te bring, maar daar is net te veelwat waarde tot hierdie pragtige skool-tjie toegevoeg het.Die uitdagings van die huidige om-

standighede om ons kinders deur dietoegewyde inspanning van die perso-neel en ouers geestelik, moreel en fi-siek toe te rus om die gewigtige ver-antwoordelikhede van die nuwe mil-lennium met vrymoedigheid te kantrotseer, bly ons grootste prioriteit.Ons kan vir seker rigting vind in ditwat ons van ons voorgangers geleer,beleef en ontvang het.

Die personeel van 1948. Die hoof was JP du Plessis (voor, middel).

WWaaaarrddeeeerr ddiiee vveerrlleeddee......mmaaaarr llaaaatt ddiitt wwaaaarr ddiitt iiss..

BBoouu nnoouu ssaaaamm mmeett oonnss ddiiee ttooeekkoommss..

GPSNews & Printing

Hoofstraat, Sabie

[email protected]

013 764 3127

Page 3: Sabie Primary School 100 YEARS

33GGPPSS NNeewwss

Just ‘a row of corrugated iron classrooms’Christine Rossouw

Sabie today is a town bustling with shops, res-taurants, parking bays, fenced-in properties,schools, a hospital, a police station and the

ceaseless traffic of logging trucks. But one Sabieresident, who is in fact the longest living resident ofSabie, remembers a very different town from hisyouth.Oom Jannie Heyneke (87) moved to Sabie as a

three-year-old boy in 1929, and started school in1934 at Sabie Primary, which back then, was only21 years old.“The school was a row of corrugated iron class-

rooms, with the principal’s office at the one end.There were only a handful of children in the townthen, who together with the children of the goldmines attended the school,” says Oom Jannie.But Sabie Primary was not the only school in

town back then. Oom Jannie explains how duringthe Great Depression years (1929 to 1932) the Gov-ernment launched vast afforestation schemes in thearea with a view to providing employment to poorwhites and thousands of farmers who had suc-cumbed under the 14 years drought and the globalfinancial collapse of 1929.Commercial pine forests were established in

Spitzkop, Ceylon and Tweefontein and each of these“camps” had their own school for the children resid-ing there.“Back then, there were no doctors or hospitals in

Sabie,” says Oom Jannie.He explains how these foresters worked for a mere

three to six shillings per day. “With the outbreak ofWorld War II, these foresters all joined the army forbetter money, accommodation, doctors and clothesetc,” he says.“Gradually the camps became smaller and the

schools there were closed, so the remaining childrenstarted coming to Sabie Primary School.“Those were very poor years. Children went to

school barefoot with patched school clothes. We hadlittle box suitcases and, boy, did we look after them!”he says.Oom Jannie got his first pair of school shoes in

Std. 2 (now Gr. 4). “When the school day was over,I would take them off and put them away so that Ididn’t wear them out.”

Back then, Sabie Primary had no sports groundsand there was no such thing as a school anthem orassembly. Oom Jannie says pupils went to theschool solely to be educated. “There were no books;we used small blackboards and chalk and were edu-cated in Afrikaans, English and ‘rekenkunde’. Chil-dren were also given sandwiches with jam by theschool,” he recalls.Back then, corporal punishment was in effect and

he recalls how they would be given “ ’n hou met nlat” if they misbehaved. “Children back then lookedafter their clothes and possessions and had respectfor teachers and elders,” he says.After school, children would play outside, building

go-carts and inventing other outdoor games.Oom Jannie recalls how there were only two mo-

torcars in Sabie back then. “When the cars wouldstop outside the school, all the kids would run out-side to marvel at them,” he says. As the school gotbigger, boarding schools were built around townwhere the current-day Woodsman, hospital and highschool are. There was no high school in Sabie, soafter Std. 5 (Gr. 7) pupils had to go to Belfast orMiddelburg, where the closest high schools were.Oom Jannie recalls how one year a massive hail-

storm struck the town. “The hail must’ve been abouthalf a metre thick. My sister and I hid under the bed– we thought it was the end of the world!”“It was so long ago, but to me it’s yesterday,” he

says.Eventually, one row of brick classrooms was built

at Sabie Primary that Oom Jannie says is still partof the school today.

Oom Jannie Heyneke

Sabie Laerskool het groot manneopgelewer, waaronder die volgende:

Dr. Japie Jacobs (seun van'n nedersetter)Hoofbestuurder van die Reserwebank.

Mnr. Piet du Plessis, Minister vanMineraal- en Energiesake.

Meester Bonnie Koeleman, Hoof vanLaerskool, waar hy self in 1915 beginskoolgaan het.

– Uit “Momente langs die pad” deur JC Heyneke (oom Jannie se pa)Kadette by die skool, 1960’s.

Page 4: Sabie Primary School 100 YEARS

44 GGPPSS NNeewwss

Die hoofde deur die dekades17 Januarie 1913: Die eerste waarne-

mende hoof van Sabieskool is mnr. J.A. vanWyk.23 Januarie 1914: Die eerste amptelike

hoof, mnr. G. van Niekerk Schonken (1)open die nuwe skoolgebou.22 Januarie 1915: Die nuwe hoof, mnr.

W.F. Easton (2), open die skool... en vind sakein wanorde.25 Februarie 1916: Mnr. P.H.S. Fouche

daag op om as hoof op te tree en bly tot 14 Ju-nie 1916, toe die skool weer weens kinkhoesgesluit word.8 Augustus 1916: Mnr. J.F. Bosch (3) be-

gin as die nuutaangestelde hoof van Sa-bieskool.25 Januarie 1922: Mev. M. Robertson tree

as waarnemende hoof op, moontlik vanaf Boschse skorsing.18 Julie 1922: Mnr. W.F. Easton word weer as hoof

aangestel nadat hy weg was om in die Eerste Wêreldoorlogte gaan veg.1 Junie 1933: Mnr. Schalk du Preez neem as hoof waar

en die skool verneem dat ’n st. 7-klas vir 1934 aan die skooltoegestaan is.12 Desember 1933: Mnr. D.S.A. van der Spuy (4)

word as nuwe hoof aangestel.1 Januarie 1936: Mnr. J.G. van Zyl neem as hoof waar.

Hy was ’n goeie, kundige man en het die steun van die per-soneel geniet.27 Julie 1936: Die nuwe hoof, mnr. Barnard (5), neem

die pos oor.1 Julie 1937: Van Zyl neem waar in die plek van Bar-

nard, wat tydens die vakansie verhuis het.20 Januarie 1938: Mnr. P.H. Kat (6) word as die nuwe

hoof aangestel.22 Julie 1943: Mnr. Bonnie Koeleman

ontvang ’n brief van die inspekteur van onder-wys dat hy tot einde 1944 sou waarneem.11 April 1944: Die nuwe hoof, mnr. J.P.L.

du Plessis (7), neem sy pos by die skool in.Koeleman word as onderhoof aangestel.31 Julie 1951: Du Plessis skuif na Hoër-

skool Balfour en Koeleman neem tot die eindevan die jaar waar.8 Januarie 1951: Dr.M.W. Smuts (8) word

as hoof aangestel.11 Januarie 1960: Koeleman neem waar.2 Augustus 1960: Mnr.W.C.J.B. du Toit

(9) neem die hoofpos oor.29 Februarie 1962: Nadat Koeleman weer

waargeneem het, word mnr. C.A. Coetzee(10) as hoof aangestel.1 Januarie 1968: Mnr. Bonnie Koeleman

(11) aanvaar diens as permanente hoof van Laerskool Sa-bie nadat hy meer as 20 jaar lank onderhoof was.24 Maart 1972: Mnr. A.J. Ueckermann neem waar as

hoof nadat Koeleman afgetree het.1 Januarie 1973: Mnr. R. Gouws (12) word as hoof

aangestel. Hy bly 23 jaar lank die hoof.25 Oktober 1996: Mnr. C.G.G. Lancaster (13) word die

permanente hoof nadat hy van 8 Januarie 1996 waarge-neem het.7 April 2003: Mnr. J.W. Groenewald (14) word as hoof

aangestel nadat hy van 20 Julie 2001 waargeneem het.19 November 2010: Mnr. Jaco de Wet neem as hoof

waar nadat Groenewald ’n betrekking in die Wes-Kaapaanvaar het.7 Februarie 2011: Mnr. J. Kruger (15) word as hoof

van Laerskool Sabie aangestel.

Dr. M.W. Smuts, hoofvan 1951 tot 1959.

Page 5: Sabie Primary School 100 YEARS

55GGPPSS NNeewwss

Generaal se ossewa kry rusplekMichéle du Plessis

Daar is nie veel be-sonderhede bekendoor die ossewa wat

al soveel jare op die skool-terrein staan nie, maarJapie Burger, ’n kleinseunvan Schalk Willem Burger,Boere-generaal en waarne-mende staatspresident vandie ZAR, het dié inligtingverskaf.Die wa, ’n Ierlander, is in

Pietermaritzburg gemaaken genl. Burger het die waomstreeks 1905 in Pieter-maritzburg gekoop en ditna sy plaas, Goedgedacht,naby Krugerspoort tussenLydenburg en Ohrigstadgebring.Die ossewa is op die plaas

gebruik en het altyd onder’n afdak gestaan – dishoekom dit so mooi bewaargebly het.Ná Burger se dood op 5

Desember 1918 het sy dogter, tantDorie, die plaas tot haar dood bewoon.’n Openbare veiling is in 1969 op dieplaas gehou en die ossewa is ook op-geveil, maar die wa het min belang-stelling uitgelok.Om te keer dat die ossewa in onge-

wenste hande val, het Dirk C. Groblerdie wa vir R20 gekoop. Hy het besluitom dit aan ’n Voortrekker-kommandote skenk en omdat hy baie geheg aanSabie was, het hy dit vir die LongTom-Voortrekker-kommando gegee.Piet Jacobs, heemraadslid van die

kommando, en Dawid van Rensburg,onderwyser en Voortrekker-offisier,het die wa met ’n vragmotor opGrobler se plaas, Doornhoek, gaanhaal.Die ossewa is in 1979 op sy huidige

staanplek geplaas.

Foto: Shirly Mathebula

Page 6: Sabie Primary School 100 YEARS

66 GGPPSS NNeewwss

Mis die goeie, stoute, ou speeldaeMichéle du Plessis

OomDaantjie Killian,77 jaar oud en al netsoveel jare ’n Sabie-

inwoner, is ’n staaltjievertellersonder weerga.Hy is op 22 September 1936

in Sabie gebore en in 1942 be-gin hy met gr. 1 in LaerskoolSabie. Hier het hy tot st. 8skoolgegaan, waarna hy inLydenburg hoërskool toegegaan het. Oom Daantjievertel dat hy selfs in die ouAssembly Hall skoolgegaanhet en hoe die skool in daardiedae gelyk het.’n Inskrywing in die skool-

joernale vertel van die op-skudding wat die IK-toetse bydie skool veroorsaak het. “Dietoetsery het hewige konster-nasie en meningsverskille ver-oorsaak! Die leerling wat dieeerste plek in die klas beklee,is feitlik die laagste op die IK-lys!”Nou is die saak egter opge-

klaar: Oom Daantjie vertel dathy en sy een vriend gedink hetdie IK-toetse is sommer bog enhet afgespreek om ’n grootgrap van die ding te maak...met ’n vreeslike nadraai. Diehoof het oom Daantjie se pa gaanspreek en gesê dat hy in ’n skool hoort“waar hulle met blokkies speel”. Dithet sy pa so kwaad gemaak dat hygedreig het om die saak parlement toete neem. Op die ou einde is DaantjieLydenburg-skool toe.“Mnr. Vosloo, een van ons onder-

wysers, het op ’n dag met die seunsoor onderbroeke gepraat. Ons het nievan sulke goed geweet nie. En danwas dit nog so ’n lelike ding ook. Opdie ou end moes ons almal toe onder-broeke skool toe dra.” Volgens hom

het die meisies almal sulke lang“bloomers” gedra. Skooluniforms wasdaardie tyd nog nie ingestel nie en al-mal het maar gedra wat hulle wou.Hy vertel van ’n mnr. Bronkhorst,

wat ’n houtbeen gehad het. “As onsstout was, het hy ons sommer met diehoutbeen geskop.”Oom Daantjie vertel ook van die

drie seuns wat destyds terpentyn indie hande gekry en al wat ’n hond indie dorp was, terpentyn gesmeer het.“Daar waar Capitec nou is, was ’nkafee gewees, en van hierdie honde

het so op hulle gatte diewinkel ingestorm. Dieglasrakke, toonbanke enbaie goed is verniel soosdie honde amok gemaakhet. Daai drie seuns hetelk vyf rottanghoue bysersant Hough in diepolisiekantoor gekry.Dit was ’n vreeslike dinggewees.”Oom Daantjie het in

die konsert “Tien kleinkaffertjies” opgetree enhet ook rugby gespeel.Volgens hom was dieeen kant van die rugby-veld so ses voet hoër asdie ander kant. Die spanwat die loot gewen het,kon kies of hulle op of afwou speel. Hy vertel ookvan die visdam en goud-visse by die skool. Diedam was eers daar waardie skoolsaal nou is.Oom Daantjie en van dieseuns het bye gevang endit in die water vir diegoudvisse gevoer. “Jysien, as die vis die byegryp dan dryf daardievissie nou-nou sommerso skeef in die water.Ons het so baie pak ge-

kry oor die stoutigheid.”Volgens hom het almal pak gekry –

seuns én meisies.“In daai tyd was daar nie skinder-

bekke gewees nie. Almal was maardieselfde en daar was ook nie wit-broodjies gewees nie.”Dan was daar ook nog die groot,

rooi sprinkane. Dit het gemaak dat aldie seuns in die skool op ’n dag metdie rottang deurgedraf is. Hierdie rooisprinkane is gevang en sommigeseuns het “crinkle paper” aan diespringkane vasgemaak. Die sprinkane

is dan ná pouse almal tegelyk op dievierkant gelos. “Dit het baie mooigelyk. Al hierdie sprinkane het daarbo die kinders se koppe soos vegvlieg-tuie gelyk,” lag hy.Hy vertel hoe hulle die hare van die

meisies voor hulle in die klas met inkgeverf het, van mev. Howl met diesnaakse neus (wie se bynaam Pape-gaai was) en van die speletjies wat diekinders gespeel het. “Hop en fly, ken-netjie, slangetjie, waar die laaste ou indie lang ry sommerso deur die luggevlieg het, en cowboys en crooks.”Hoe die kinders, as dit gereën het, bydie korfbalbane “slides” gemaak heten hoe vreeslik hul klere daarna gelykhet. Goeie tye wat hy mis, meen hy.As ’n vliegtuig oor die skool gevlieg

het, het almal – kinders én onder-wysers – uitgestorm om te gaan kyk.“Dit was iets ongewoons. Ons het nievan sulke dinge geken nie.”Oom Daantjie het nie “girlfriends”

gehad nie. Daarvoor was hy heeltemalte skaam.In daardie tyd was Sabie ’n baie be-

sige dorp: “Daar was elke week ’ndans en daar het vier flieks per weekin die bioskoop gewys. Daar was sowat22 myne in Sabie en hier was baiemense. Daarna, in die depressiejare,het die bosbou oorgevat en blankeshet die plantasies aangeplant. Menskon nog vir vier pennies met die treinvan Sabie na Graskop ry.”Ons het lank gesels en ek het lank-

laas so lekker gelag. Oom Daantjie hetdie vermoë om die staaltjies te laatleef en prentjies met woorde te teken.Hy het sy herinneringe oor LaerskoolSabie en die dorp gedeel, oor hoe stouthy was en hoeveel pak hy gekry hetoor die goed wat hy aangevang het, sydrome wat hy gehad het om ’n dokterte word, maar dat dit onmoontlik wasom te werk en terselfdertyd testudeer. En hoe hy daardie goeie oudae mis... Dankie, oom Daantjie.

Oom DaantjieKillian

Onthou jy nog die dae van tikmasjiene...?

Page 7: Sabie Primary School 100 YEARS

77GGPPSS NNeewwss

Die groei van die skoolDie ontstaangeskiedenis van die

Sabiese Skool soos beskryf in die

gedenkblad van 1 962.

Voor 1913 kan Sabie kortliksbeskryf word as ’n gehuggie.Dit het bestaan uit die geboue

nodig vir die daarstelling van ’n myn,nl. die Glynn’s Lydenburg & Co. Ltd.,met hier en daar ’n huis, meestal vansink en hout, bewoon deur myners enwerkers, ’n winkel en ’n poskan-toortjie. Daar was geen same-hangende patroon te bespeur nie.Dit was gedurende dié tyd dat mnr.

H.T. Glynn, die bestuurder en direk-teur van Glynn’s Lydenburg & Co.Ltd., die landmeter van die myn, mnr.Lea, genader het om die gronde uit temeet om ’n moontlike dorpsaanleg tebeplan, sodat orde en ’n patroondaargestel kon word. ’n Plek vir ’nkerk, een vir ’n skool, ’n saal, besig-heidspersele moes en was toedaargestel.Meeste ouers van leerlinge het ver

uitmekaar gewoon en die kinders hetna wind en weer opgegroei, op diebulte en walle van die Sabie-riviergespeel. Alleen sommige kinders,meerendeel Engelssprekend is deurgoedgunstige belangstellendes ’nbietjie aangehelp. Die idee van diedaarstelling van skoolgeriewe isaanhangig gemaak by die Lydenburg-

Noord Skoolraad so vroeg as 1912deur mnr. Glynn, wat later ook lid vandie Skoolraad geword het. Dit was ’nsonde in sy oog en nie reg volgens symening dat die kinders sonder skoolmoes opgroei nie. Ook sou sy maat-skappy beter werkers trek as daarsulke fasiliteite was, hier, ver enafgesonder in die klowe.Daar was reeds ’n spoorweg-

aansluiting by Nelspruit aan dieKomatipoort-Pretoria spoorlyn inaanbou, wat een keer per weekgebruik sou word. In 1913 is dieaansluiting eers in werking gestel.Al die skoolkinders is vir ’n rit naGraskop en terug geneem.Die Lydenburg-Noord Skoolraad het

gunstige oorweging geskenk, sodat ’nskool in 1913 geopen kon word en ’ntydelike leerkrag nl. mnr. J.A. vanWyk hierheen gestuur is. Geengeskikte plek kon eers gevind wordnie en ’n paar kamers is gehuurdaarvoor. Mnr. Van Wyk arriveer perperdekar oor die gedugte MountAndersonpas, ’n volle dag se reis vanafLydenburg.Mnr. Van Wyk open die skool, soos

die joernaalboek aangee op 27Januarie 1913:“A Government school was opened

here today. Temporary arrangementshad to be made with regard to seatingaccommodation as no school desks are

available. The building is totallyunsuitable for the purpose as the lightis very bad, the roof too low, in shortnothing could be said in favour of theplace as a school.”In die vertrek hou hy skool tot 16

Junie 1913, toe die ou winkelgeboubekend as “Rockingham Glynn’sStore” betrek is – “This building islarge and airy but the light is ratherpoor.”Sabie is toe beskou as een van die

koorsgeteisterde uithoeke van dieTransvaal, en as gevolg hiervan kommin mense na die omgewing.Verbindings met ander plekke endorpe, veral met die sentrum Lyden-burg, was uiters swak. ’n Hoë reeksberge, moeilik om oor te kom, lê

tussen Sabie en Lydenburg. DieLydenburg-Noord Skoolraad het ooksoms hande saamgeslaan inmagteloosheid om iets daar te stel virdie plekkie. As vrug van hul yweregter, staan ’n sierlike en permanentetwee-klaskamer-gebou binne een jaarna die stigting op die skoolterrein – ’nskool is daargestel!Maar wat wou, die elemente,

kindersiektes ens. teister die ouskooltjie sodat dit soms gesluit wordweens aansteeklike siektes wat dieouers paniekbevange laat raak, ofoorstromings as gevolg van soms tot11 duim reën per week, verhoed diekind of ouer om die skooltjie te bereik.Teenwoordigheid daal soms tot vyfleerlinge.

Sabie-dorpsgebied, met St. Peter’s se kerktoring op die agtergrond.

Page 8: Sabie Primary School 100 YEARS

88 GGPPSS NNeewwss

A snapshot of the seventiesChristine Rossouw

Walter Comley of MerryPebbles was a schoolboy ofSabie Primary in the early

1970s. He joined the school in Std. 2(now Gr. 4), when his family relocatedto Sabie in 1971.“It was strange coming from a

school in Johannesburg, where thechildren had to wear blazers and ties,while here in Sabie schoolkids didn’twear shoes to school and just a shirtand shorts,” Walter chuckles.Back then, he says, Sabie was a

small town with a very smallcommunity. “There must’ve beenabout 20 English pupils in the schooland we were in three classrooms. MrWeson was the teacher for the Std. 3-5class – he played a piano accordion –and Mrs McCabe was the Std. 1 and 2teacher.”There were seven pupils in his class

(Std. 3-5) when he was in Std. 5. Inthat same year, Walter served as theschool’s first English head boy. “Forscience and biology classes, whichwere given by the headmaster of theschool, we would share lessons withthe Afrikaans pupils,” he says.

Back then, Sabie Primary doesn’tseem to have enjoyed the samesporting success as it does today.Walter recalls that they played rugbyand cricket, tennis and athletics. “Butwe weren’t very good – we gotwhipped in everything,” he laughs.At the end of each period, Walter

says the vice principal would ring agreat, big bell.School pupils who lived further out

were driven by Mrs MacDonald in abus. “Her house was in town, in thearea behind Smokey Restaurant, andshe’d drive out and fetch pupils fromas far as Brooklyn.”For Sabie in the seventies the main

hub of the town was Grand Café(present day Russels). “Right nextdoor to Grand Café was a movie housethat played a movie three times aweek, on a Wednesday, Friday andSaturday night. It would show thesame film for that whole week, so we’dgo see the same movie three times.“In the intervals, everyone would

dive into Stavaros’ Grand Café nextdoor.”He was in Std. 4 when the Wimpy

opened in Sabie, and Walter recallsthe event to have been of tremendousexcitement in the town, and especiallyamong the school pupils.Walter wishes his old primary

school congratulations on theircentenary celebrations and hopes thatthe school will bear as much fruit inthe next 100 years as it did during thefirst.

Old head boy Walter Comley.

Back of the programme of Repelsteeltjie (Rumpelstilt-skin), “an operette in five acts”, which Sabie Primarypresented in 1974. Walter Comley (above right) playedthe part of the miller.

Bo en onder: “Tamboernooientjies” by die viering vandie skool se 50ste bestaansjaar in 1963.

Page 9: Sabie Primary School 100 YEARS

99GGPPSS NNeewwss

My SabiePrimaryChristine Rossouw

Myschool career at Sabie Primary started in 1993.I entered the school as a Std. 1 (now known asGr. 3) pupil. Back then, English pupils were few,

so classes were small and consolidated. Us Std. 1s shared aclassroom with the Std. 2s as well and were all taught byMrs Herring.That remarkable woman I will never forget. She was a

brilliant teacher and nurtured each and every individual inher class. It was actually her who encouraged my writingabilities and told me she could picture me as a journalistone day. There are many other teachers that stand out inmemory from my primary school days: Mrs Neethling, MrDe Wet, Mrs Le Roux and Mrs Kinghorn were all teacherswhose passion for their profession resonated in all they did.I loved Sabie Primary. My sister and I lived at the bot-

tom of Lea Street and would walk to school and back everyday. I remember the smell of jasmine in spring along thatwalk; the “skolierpatrollies” we would mischievously annoyby walking slower and slower as we approached the school;how our bright white school socks would slowly slide off ourankles and into our shoes (why is that?).It was the interregnum of South Africa’s political and so-

cial revolution, but we were none the wiser, for our child-minds were completely oblivious to racism, oppression,crime, politics and social injustice. Our world revolvedaround netball, homework, piano lessons, birthday parties,k-tv on weekends and gymnastics. But it’s true that SouthAfrica, Sabie and Sabie Primary were very different 20years ago. There were only a handful of African children inthe school back then, one of whom was my sister’s child-hood best friend. Her name was Saronne and she was oneof the best netball players I have ever seen.Ah, netball. My memoirs of Sabie Primary cannot be

complete without a mention of it. Our little team of sevenwas brilliant! Coached by an ex-Springbok netball playerwhose daughter was in our team, Tannie Wilna trans-formed a small town school’s netball team into the best in

the league. We were the school’s pride and joy, winning theleague year after year, and in. Std. 5 (Gr. 7) beat the teamfrom Richard’s Bay, which back then was rated the bestteam in South Africa. What a moment that was! Oh boy!And what a game! We beat them by one point, snatched inthe final seconds of the game.Juffrou Le Roux was the music teacher of Sabie Primary

back then, and the calibre and frequency of concerts, re-vues and choir performances was inspiring.In Std. 5 I was chosen as the school’s head girl, becoming

the first English pupil to wear the “balkie”. As I have gonethrough life, I have always carried the lessons and values Ilearnt in Sabie Primary very close to heart. To the schooland teachers who gave me such a solid academic and socialgrounding I say thank you.Congratulations on your centenary celebrations. May you

continue to be such a pillar to the youth of Sabie foranother 100 years.

ChristineRossouwin Std. 4.

Christine’s under12A netball team,1996. Back from left:Gina Robson, Henri-ette van Wyk andCorli Welmans.Front from left:Elmien Prinsloo,Christine Ros-souw, tannieWilma (coach),Leandi Smitand IzanneNieuhaus.

Page 10: Sabie Primary School 100 YEARS

1100 GGPPSS NNeewwss

Glynn: the driving force of SabieH.T. Glynn was 23 when he bought the farmGrootfontein (now largely the town of Sabie).In 1896 he decided to build a house, which

he named Huntingdon (this was the originalspelling of the name, but through some error itwas corrupted to Huntington, which, throughthe years, has been accepted as the correctspelling).Every year a huge tree was erected in the

garden at Christmas time. Every man, womanand child, English as well as Afrikaans, wereinvited to the Christmas party.Hundreds of natives from the farms and

mines performed war dances on Christmasday, resplendent in their skins and beads.They were handed presents of candles,matches and sweets.Several oxen had to be slaughtered to

provide meat for the feast that followed.In her younger days, Mrs Glynn could be

seen driving in her carriage and pair of sleekwhite horses, Peter and Paul. She was the firstto have a motor car in Sabie, a Detroiter. Allmovement in villages stopped to gaze at thiswonder: a cart moving on it’s own – no horses,no oxen! After her husband died, she moved toWhite River, where she lived until her death.During his lifetime, HT made innumerable

notes on his life and work, which providedenough material for a book under the title“Game and Gold”, published posthumously andedited by a Mr Abernethy.The Glynn motto was: IF THERE IS NO

WAY, MAKE ONE!

Left: H.T. Glynn’s house,Huntingdon. The building alsoserved as Sabie School’s firsthostel. On 13 April 1936,Huntingdon was rented ashostel and 17 pupils moved in.

Above: Mailcoach.

Page 11: Sabie Primary School 100 YEARS

1111GGPPSS NNeewwss

Skool reik ook uit na anderLaerskool Sabie het die afgelope 100 jaar nie net danksy diesteun van die gemeenskap en omgewing van krag tot kraggegaan nie, maar gee ook vir ander om en gee aan diegemeenskap terug.Taamlik onlangs nog is dit deur sy steun aan Sabie Mir-

acle Foundation (SMF) met sy betrokkenheid by behoeftigesgetoon.Kalvyn Olivier van SMF het namens die groep se be-

stuurskomitee geskryf:Die hoof, personeel en kinders van Laerskool Sabie, seën

vir julle. Die bakkie op die foto hierby is vól gelaai met...nee, nié slegs met kos en klere nie, maar met sakke enbokse vol hartjies wat warm klop vir ander, hartjies watomgee en, ja, hartjies wat die liefde van Jesus Christus uit-straal.Ons het ’n behoeftebepaling in Harmony Hill gedoen en

sal die kos en klere aan behoeftiges daar uitdeel en in dieproses ook probeer om die gesindheid waarmee julle ditgeskenk het, aan hulle oor te dra.Die opvoedkundige items en speelgoed sal ons graag wil

behou om te gebruik in die voor- en naskoolse sorgsentrum.In hierdie sentrum will ons die hele gemeenskap betrek enopleiding verskaf waardeur kernwaardes wéér gevestig kanword.Die opleiding sal nie net tydens skooltyd nie maar veral

ook naweke plaasvind wanneer verskillende aktiwiteiteaangebied sal word, soos sport, kuns, handvaardighede endies meer.Mag julle die liefde en deernis van die gemeeskap ervaar

en die seën van Bo ontvang.

Page 12: Sabie Primary School 100 YEARS

1122 GGPPSS NNeewwss

Inwydingvan dieskoolsaal,1962.

Die eerste kleurskoolbaadjie word oorhandig.

Page 13: Sabie Primary School 100 YEARS

1133GGPPSS NNeewwss

Skool is goed gewapenArmorial bearings of the SabieSchool(The new “School Badge”, designed by

M.W. Smuts, August 1959)Checked and approved by The Heraldic

Society of South Africa, Cape Town.

BLAZONA late-Gothic shield party per chevron

(flanches)1. Dexter chief: on a field vert pine-

tree argent2. Sinister chief: on a field sable a

lion’shead gardent or.3. In fess argent a cross potent azure.4. Base azure indented.5. Scroll: argent bearing motto:

Manu et Corde.

Sabieskool se wapenOntwerp deur M.W. Smuts, Augustus

1959Soos nagegaan en goedgekeur deur die

Heraldiese Vereniging van Suid-Afrika

‘n Laat-Gotiese skild verdeel in ’ningebuigde kepesnede.

1. In groen ’n silwerdenneboom2. In swart ’n goue aansiende

leeukop3. In silwer ’n blou krukkekruis en ’n

blou hoekige skildvoet4. Wapenspreuk: “Manu et Corde” –

Met Hand en Hart

Page 14: Sabie Primary School 100 YEARS

1144 GGPPSS NNeewwss

2010: My skitterjaar by Laerskool SabieNatasché du Plessis

Eksit en blaai so deur al die koeranknip-sels, plakkate, sertifikate en foto’s... hopefoto’s! En dan besef ek dat 2010 ’n hoo-

gtepunt in my lewe was.Goed, dit het al aan die einde van 2009 – die

aand van 15 Oktober – by die prysuitdeling begintoe mnr. Groenewald, die hoof, my en SchalkSchoombie as hoofleiers saam met ’n span vannog 12 leiers aangewys het. Ek kan onthou toe ekvir die eerste keer my hoofmeisiebaadjie aan-getrek het... dit was absoluut magic! Tog het ekhet geweet dat die jaar wat voorlê, nie ’n maklikejaar sou wees nie, maar beslis ’n vrugtevolle jaar.Ons span het alles aangepak – van sokkies tot

modeparades. As mens ’n rukkie sit en terug-dink, speel daar boekdele in jou kop af. Die “Wieis ek?”-ma-en-dogter-oggendtee was iets beson-der spesiaal, en die toespraak wat tannie Valeriegelewer het, speel vandag ’n groot rol in my lewe.Dan was daar die dag toe ek mevrou, of, nee, soossý dit verkies, tannie Miemie Coertze die aandvoor die “Black Tie Ensemble” ontmoet het.Mense, die formidabelste vrou wat mens kanontmoet, en een van die grootste voorregte watek kon kry!Daar was ’n paar persoonlike hoogtepunte ook

gewees... Ek is vir die Standard Bank EisteddfodGala-aand gekies; ek was deel van die eersteLaerskool Sabie-meisieskaakspan; dit was eenvan my beste akademiese, kultuur- en sportjare;en die hoogtepunt was toe ek in Oktober as diealgehele Suid-Afrikaanse wenner van die Eskom-wetenskapekspo aangewys is en ’n goue medalje

huis toe gebring het.Deur die jaar was alles nie maanskyn en rose

nie. Daar was trane – emmers vol. Party dae wasdit so erg dat ek geglimlag het totdat ek by dieskoolhek uit is en dan onophoudelik begin huilhet. En daar was bakleiery, wat sulke diepwonde veroorsaak het dat ek dit nie eens mygrootste vyand toewens nie...Tog het al die goeies die bietjie sleg oorskadu.

2010 was ’n jaar wat ek ontsettend geniet het.Waar ek gelag en gespeel het. Waar ek elke dagsaam met ’n ongelooflike span kon werk. Elkeoggend het ek met ’n goeie gesindheid teenoor diedag opgestaan en die beste van elke dag gemaak.Dit was ’n jaar van: “Maak nie saak wat nie, onsgáán!”As ek vandag na die pad terugkyk, het elke

dag my ’n sterker, goed gegronde en afgerondejong dame gemaak. Dit het my waardes ennorme geleer; dit het my van ware integriteit enmoraliteit geleer, van vergeet en vergewe; ek hetmyself leer ken en dit het my in staat gestel omaan my foute te werk en as ’n beter mens daaruit te stap.Aan die einde van 2010 het die tyd aangebreek

– soos elke goeie jaar seker tot ’n einde moet kom– toe ek moes groet – nie net my hoofmeisieskapnie, maar my skool, waarna ek sewe jaar lankelke dag van my lewe gegaan het. Nie net myspan, my vriende en my onderwysers nie, maar’n familie...Dankie, Laerskool Sabie, vir ’n onvergeetlike

ervaring, die ongelooflik groot voorreg om te kondien, en vir ’n gatskop-2010. Want ons doen dit“met hart en hand”! Natasché du Plessis met van haar toekennings.

Page 15: Sabie Primary School 100 YEARS

1155GGPPSS NNeewwss

Vernuwende stelsel vanprefekte verlig die drukMichéle du Plessis

In 1979 is Laerskool Sabie se eerste prefekte ge-kies, en 33 jaar later – in 2012 – is ’n algehelevernuwing aan die stelsel aangebring.

Die verandering het eers teëkanting gekry, maardit het geblyk dat dit die regte stap was om te doen.“Kinderopvoeders landwyd maak al lank die stem

dik oor dié praktyk, veral in laerskole, waar kindersvan skaars 12 jaar oud verkies word om leiersrollete vertolk wat eintlik ver bo hul vuurmaakplek is,”berig Die Pos in 2011. Navorsing toon dat die breinvan ’n kind van 12 jaar oud nog ontwikkel en dathulle nie fisiek heeltemal in staat is om altyd wysebesluite te neem nie.“Dit sal egter ’n dapper skoolhoof moet wees wat

die eerste stap doen om dié onwenslike tradisies afte skaf,” sê dr. Ezette du Plessis, kindersielkundigevan Pretoria. En inderdaad – Laerskool Sabie het só’n dapper hoof! Johan Kruger het verlede jaar diepositiewe stap gedoen om ’n verandering in die pre-fektestelsel teweeg te bring.“In die begin was daar baie weerstand, maar veral

Stefan Davey, voorsitter van die beheerliggaam, hetmy baie ondersteun. Nou is daar soveel positieweterugvoering van ouers en onderwysers,” sê Johan.“Kinders is nie emosioneel voorbereid om die ge-

weldige druk wat op hulle geplaas word, te hanteernie. En die konflik tussen die kinders dra tot baiespanning by. Ek voel dis wreed om al hierdie drukop hulle te plaas. Hulle moet eintlik nog speel!”

Dit is die rede hoekom ’n kindervriendeliker stel-sel ingestel is. Die stelsel bestaan uit sewe rade, elkmet ’n voorsitter en ’n ondervoorsitter, en die resvan die gr. 7’s word in dié rade ingedeel.Die leerlingraad word op grond van die volgende

sewe kriteria verkies: gr. 5-, 6- en 7-leerlinge 10%,huidige leerlingraad 5%, leierskampverrigtinge10%, personeel 25%, akademiese resultate 25%,buitemuurse aktiwiteite 15% en dissipline 10%. Ditgeskied volgens ’n baie streng en geslote proses metvoorafgenommerde stembriewe. In al die besluitehet die skoolhoof in samewerking met die personeel-lede in beheer ’n bepalende stem. Dié verkiesingsbe-leid sal jaarliks geëvalueer word om dit te verbeter.Elke raad ontvang ’n pligstaat vir die jaar en die

terrein word in sewe gebiede verdeel. Die dissiplineis baie streng en voorsitters en ondervoorsitters krynie ’n tweede kans as hulle ’n ernstige oortredingbegaan het nie.“Vanjaar het geen bakleiery tussen die leiers voor-

gekom nie en almal het ongelooflik goed saamge-werk. Nie een van die onderwysers wil na die oustelsel terugskakel nie,” sê Johan.Die verandering in die prefektestelsel is ’n positie-

we stap om die uiters mededingende skoolomgewingte verbeter. Die ongelooflike druk wat op die leiers,veral die hoofleiers, geplaas is, was genoeg om byvolwassenes geweldige spanning te veroorsaak. Ge-lukkig sal kinders nou danksy die verandering indie prefektestelsel toegelaat word om presies net dítte wees: kinders.

1 968 Carina du Plessis Hansie Combrink1 969 Hester Loubser Johann Ueckermann1 970 Marieta Boerman Antonie Bekker1 971 Amanda Oberholzer Eugene van Zyl1 972 Riana Blom Simon Riekert1 973 Wilma Venter Wiebo van der Meulen1 974 Rachel Henning Walter Comley1 975 Elizabeth Breytenbach Denis Lundi1 976 Veronica Haasbroek Johan Steenkamp1 977 Gerda Weber Carel Kriek1 978 Tessa Schroeder Jacob van Zyl1 979 Sonja Luiters Ronald Langford1 980 Ansie Joubert Johan Smit1 981 Elbeth Gouws Douw G. van der Merwe1 982 Michelle Venter Egbert de Waal1 983 Pearl-Ann Aronowitz Johan Boshoff1 984 Karen Louw Kees-Piet Barnhoorn1 985 Natl i Coetzee Johannes du Toit1 986 Linda Oosthuizen Heinrich Pretorius1 987 Adri du Preez Juan van Staden1 988 Drienie Krieg Anton Kotze1 989 Carin Bester David Butt1 990 Anneke Hart Werner Kotze1 991 Jeanne Nel Henk Wasserman1 992 Elizabeth Prinsloo Derick Martins1 993 Carey-Ann Connolly Lesl ie du Plessis1 994 Annchen Mielmann James Madden1 995 Angelique Herbert Daniël de Klerk1 996 Elizabeth Brits Jan Harm du Plessis1 997 Christine Rossouw Christoff Truter1 998 Sanell Venter Darius Steyn1 999 Suné Bester Schalk Neethl ing2000 Margaretha Bierman Neil Linde2001 Landi van Wyk Jaco Welmans2002 Leoné van den Berg Wimpie Breytenbach2003 Tania Louw Sean Rodrigues2004 Palesa Dibakwane Franco Maritz2005 Carmi Maritz Weber Levendal2006 Engela Henning Kobus de Beer2007 Nelize Schroeder Kosie van der Walt2008 Elizmaré Olivier Danie Louw2009 Rochelle Esterhuizen Thiensie van der Walt201 0 Natashé du Plessis Schalk Schoombie2011 Kyla Smit Ari Loubser201 2 Lucinda Joubert Ben Mantswane201 3 Anja Cronjé Estian Schroeder

Hoofmeisie/Head girl • Hoofseun/Head boy

Uit die 1964-jaarblad van “Sabiese Skool”.

Page 16: Sabie Primary School 100 YEARS

1166 GGPPSS NNeewwss