sig - 4 2018 mariette - durbanvillegemeente.co.za - 4 2018_1.pdf · daar is niks mooier nie as...

4
SIG UITGAWE 2018/4 OKTOBER Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld DOEN DINGE ANDERS! Stephan Ackermann Durbanville Moedergemeente se kerkkoor neem elke jaar aan 'n streeks-koorfees deel, waartydens 'n paar omliggende gemeentes (dié wat wel nog kore het!) bymekaarkom om sy Naam te loof en prys. Tydens die koorfees kry elke koor die geleentheid om twee liedere te sing. Die hoogtepunt van die byeenkoms is egter wanneer al die kore uiteindelik hulle stemme saamspan en as 'n massakoor optree. Die betrokke gemeentes kry kans om op 'n rotasie-basis as gasheer vir die koorfees op te tree. Hierdie jaar was die NG Moedergemeente Kuilsrivier die gasheer en die koorfees het op Sondagaand 26 Augustus plaasgevind. Afgesien van ons eie kerkkoor, het die kore van Malmesbury-Noord, VGK Durbanville, VGK Kraaifontein, Kuilsrivier De Eike asook Kuilsrivier Moedergemeente, aan die koorfees deelgeneem. Die koorfees word gewoonlik afgesluit met 'n heerlike onthaal na afloop van die diens waartydens die kore opgetree het. Dit bied dan 'n welkome geleentheid om weer met koorlede van ander gemeentes, met wie ons oor die jare goeie vriendskapsbande gesmee het, sosiaal te verkeer. In 2019 is Durbanville Moedergemeente aan die beurt om as gasheer op te tree en ons sal graag ons eie gemeentelede ook by hierdie geleentheid wil verwelkom. Andrew Kok Viooltjies in die voorhuis – Viooltjies blou en rooi! Viooltjies orals op die veld, En orals, ai, so mooi! Dit is die maand Oktober, die mooiste, mooiste maand! Dit is die maand Oktober! En so vier Durbanville Gemeente ook tradisioneel op die eerste Sondagoggend van Oktober die Lente. Feesvierend, onder die gelui van klokke en orrelspel, en met vier kleingoed wat gedoop word, herdenk ons Lentedag 2018. Na afloop van die erediens het gemeentelede heerlik saamgekuier onder die koeltebome in die tuin van die kerkgebou. Hulle het soos gebruiklik heerlike eetgoed en blomme saamgebring en daarvoor sê ons baie dankie. Dankie aan een en elk wat kom saamkuier het en dit 'n feesdag gemaak het. Ons doen dit graag weer volgende jaar. Soos Louis Leipoldt dan ook tereg verder dig: Ek dink die mense vier vir ewig in die hemel Oktobermaand soos hier! Wat wens jy meer as blomme, as helder dag en nag? Wat kan jy beter, mooier of heerliker verwag? Andrew Kok Dit is Sondagaand, 2 September 2018. Gemeentelede daag op vir die bevestiging van ds Wynand Breytenbach as die nuwe jong dominee van Durbanville Gemeente. Sommer gou kom jy agter dat dinge nie weer dieselfde gaan wees nie. Jonk en in pas met sy nuwe bedieningsveld, is Wynand lekker informeel aangetrek en skop hy die diens af deur vir ons 'n lied te sing – “Petrus” van die Straatligkinders. Sommer gou word dit duidelik dat hy passievol is oor musiek. Hy speel graag kitaar, komponeer sy eie lirieke en is 'n groot aanhanger van Spoegwolf en die liedjieskrywer en sanger Almero Welgemoed. Boonop is hy self ook lid van die musiekgroep Ek, jy en Corné. Wynand se intreepreek kom uit Johannes 21, waar Jesus sy dissipels uitdaag om dinge anders te doen. In hierdie gedeelte vra Jesus sy dissipels om hul visnette aan die anderkant van die boot uit te gooi. Dit is ook Wynand se boodskap aan ons – doen dinge anders. Maar as jy sou sink, is die uitnodiging nog altyd daar om bloot jou hand uit te steek vir hulp – net soos Jesus aan Petrus gedoen het. Wynand sluit sy boodskap af met 'n eie gedig. Op my vraag waar hierdie talente van fotografie, skryf, dig, toonset en komponeer vandaan kom, antwoord Wynand dat kuns vir hom 'n manier is om pyn te bêre en ook om daaraan uiting te gee. Ons is van nature skeppers en as jy dit nie doen nie, hou jy op leef. Lees gerus wat Wynand skryf in sy blog https://theplatvoet.wordpress.com/ en leer meer van die talent- volle jong man se siening oor die wêreld. Hierin sal julle ook sien dat Wynand ‘n liefde vir Afrika en sy mense het, en sy teologie op die beginsel van Ubuntu skoei. Maar wie is Wynand Breytenbach? Hy is gebore in Bellville en is 'n oudleerling en oud-onderhoofseun van Hoërskool Durbanville. Sy ouma is tans 'n inwoner van Huis Aristea. Ná skool gaan swot hy teologie aan Maties en is 'n inwoner van Simonsberg. Op die oomblik is hy besig met sy doktorale studies oor “Verbeelding en die kerk” aan die Universiteit van Radboud in Nijmegen (Nederland), in samewerking met die Universiteit Stellenbosch. Wynand se visie vir Durbanville Gemeente is dat ons geroep is om lief te hê. Ons moet ons jongmense bewus maak van ons tradisie en vanuit daardie wortels moet ons stadig en stewig groei. Ons moet hulle lei in dít wat ons reeds het en wat reeds goed gevestig is. Sy visie vir die Durbanville gemeenskap is dat ons gemeente 'n veilige spasie is vir die grensgevalle van die samelewing, en dat diegene by ons sal kan floreer. (Sien sy visie in sy eie woorde op p2) So, die uitdaging wat Wynand aan ons rig, is dus om dinge anders te gaan doen. Wynand wil graag ons gemeentelede persoonlik ontmoet en vra dat ons hom uitnooi vir koffie en 'n kuiertjie. Hy nooi gemeentelede ook uit vir 'n ete by hom. Kontak hom gerus. Lentetee – Sondag 7 Oktober Ons gemeente spog met ’n uitstekende kerkkoor

Upload: others

Post on 16-Sep-2019

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

SIGUITGAWE 2018/4 OKTOBER

Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld

DOEN DINGE ANDERS!

Stephan AckermannDurbanville Moedergemeente se kerkkoor neem elke jaar aan 'n streeks-koorfees deel, waartydens 'n paar omliggende gemeentes (dié wat wel nog kore het!) bymekaarkom om sy Naam te loof en prys.

Tydens die koorfees kry elke koor die geleentheid om twee liedere te sing. Die hoogtepunt van die byeenkoms is egter wanneer al die kore uiteindelik hulle stemme saamspan en as 'n massakoor optree.

Die betrokke gemeentes kry kans om op 'n rotasie-basis as gasheer vir die koorfees op te tree. Hierdie jaar was die NG Moedergemeente Kuilsrivier die gasheer en die koorfees het

op Sondagaand 26 Augustus plaasgevind. Afgesien van ons eie kerkkoor, het die kore van Malmesbury-Noord, VGK Durbanville, VGK Kraaifontein, Kuilsrivier De Eike asook Kuilsrivier Moedergemeente, aan die koorfees deelgeneem.

Die koorfees word gewoonlik afgesluit met 'n heerlike onthaal na afloop van die diens waartydens die kore opgetree het. Dit bied dan 'n welkome geleentheid om weer met koorlede van ander gemeentes, met wie ons oor die jare goeie vriendskapsbande gesmee het, sosiaal te verkeer.

In 2019 is Durbanville Moedergemeente aan die beurt om as gasheer op te tree en ons sal graag ons eie gemeentelede ook by hierdie geleentheid wil verwelkom.

Andrew KokViooltjies in die voorhuis – Viooltjies blou en rooi! Viooltjies orals op die veld, En orals, ai, so mooi!

Dit is die maand Oktober, die mooiste, mooiste maand!Dit is die maand Oktober!

En so vier Durbanville Gemeente ook tradisioneel op die eerste Sondagoggend van Oktober die Lente. Feesvierend, onder die gelui van klokke en orrelspel, en met vier kleingoed wat gedoop word, herdenk ons Lentedag 2018.

Na afloop van die erediens het gemeentelede heerlik saamgekuier onder die koeltebome in die tuin van die kerkgebou. Hulle het soos gebruiklik heerlike eetgoed en blomme saamgebring en daarvoor sê ons baie dankie.

Dankie aan een en elk wat kom saamkuier het en dit 'n feesdag gemaak het. Ons doen dit graag weer volgende jaar.

Soos Louis Leipoldt dan ook tereg verder dig:

Ek dink die mense vier vir ewig in die hemel

Oktobermaand soos hier!

Wat wens jy meer as blomme,as helder dag en nag?

Wat kan jy beter, mooierof heerliker verwag?

Andrew KokDit is Sondagaand, 2 September 2018. Gemeentelede daag op

vir die bevestiging van ds Wynand Breytenbach as die nuwe

jong dominee van Durbanville Gemeente. Sommer gou kom jy

agter dat dinge nie weer dieselfde gaan wees nie. Jonk en in

pas met sy nuwe bedieningsveld, is Wynand lekker informeel

aangetrek en skop hy die diens af deur vir ons 'n lied te sing –

“Petrus” van die Straatligkinders.

Sommer gou word dit duidelik dat hy passievol is oor musiek.

Hy speel graag kitaar, komponeer sy eie lirieke en is 'n groot

aanhanger van Spoegwolf en die liedjieskrywer en sanger

Almero Welgemoed. Boonop is hy self ook lid van die

musiekgroep Ek, jy en Corné.

Wynand se intreepreek kom uit Johannes 21, waar Jesus sy

dissipels uitdaag om dinge anders te doen. In hierdie gedeelte

vra Jesus sy dissipels om hul visnette aan die anderkant van

die boot uit te gooi. Dit is ook Wynand se boodskap aan ons –

doen dinge anders. Maar as jy sou sink, is die uitnodiging nog

altyd daar om bloot jou hand uit te steek vir hulp – net soos

Jesus aan Petrus gedoen het.

Wynand sluit sy boodskap af met 'n eie gedig. Op my vraag

waar hierdie talente van fotografie, skryf, dig, toonset en

komponeer vandaan kom, antwoord Wynand dat kuns vir hom

'n manier is om pyn te bêre en ook om daaraan uiting te gee.

Ons is van nature skeppers en as jy dit nie doen nie, hou jy op

leef. Lees gerus wat Wynand skryf in sy blog

https://theplatvoet.wordpress.com/ en leer meer van die talent-

volle jong man se siening oor die wêreld. Hierin sal julle ook

sien dat Wynand ‘n liefde vir Afrika en sy mense het, en sy

teologie op die beginsel van Ubuntu skoei.

Maar wie is Wynand Breytenbach? Hy is gebore in Bellville en

is 'n oudleerling en oud-onderhoofseun van Hoërskool

Durbanville. Sy ouma is tans 'n inwoner van Huis Aristea. Ná

skool gaan swot hy teologie aan Maties en is 'n inwoner van

Simonsberg. Op die oomblik is hy besig met sy doktorale

studies oor “Verbeelding en die kerk” aan die Universiteit van

Radboud in Nijmegen (Nederland), in samewerking met die

Universiteit Stellenbosch.

Wynand se visie vir Durbanville Gemeente is dat ons geroep is

om lief te hê. Ons moet ons jongmense bewus maak van ons

tradisie en vanuit daardie wortels moet ons stadig en stewig

groei. Ons moet hulle lei in dít wat ons reeds het en wat reeds

goed gevestig is. Sy visie vir die Durbanville gemeenskap is dat

ons gemeente 'n veilige spasie is vir die grensgevalle van die

samelewing, en dat diegene by ons sal kan floreer. (Sien sy

visie in sy eie woorde op p2)

So, die uitdaging wat Wynand aan ons rig, is dus om dinge

anders te gaan doen.

Wynand wil graag ons gemeentelede persoonlik ontmoet en vra

dat ons hom uitnooi vir koffie en 'n kuiertjie. Hy nooi

gemeentelede ook uit vir 'n ete by hom. Kontak hom gerus.

Lentetee – Sondag 7 Oktober

Ons gemeente spog met ’n uitstekende kerkkoor

02

Petrus uit Suid-Oos AsiëNa vyf lang ure op 'n bus, 'n kort huurmotorrit na 'n inkopie-sentrum, sit ek saam met twee manne om 'n tafel. My tweede glas koeldrank is amper leeg en ek voel effe moeg. Soos die gesprek vorder, raak ek bewus van die sagte stem van die Heilige Gees: “Petrus, kyk mooi: Ek is besig om my koninkryk te bou!”

Hier is hoe dit gebeur het: Joe* is 'n 49-jarige man van Sjinese afkoms. Hy werk met rekenaarstelsels en is sy gemeente se “Opleidingsouderling”. Die ander man, Andy*, is 'n 30-jarige Amerikaner. Hy is 'n kerkplanter in ons organisasie. Andy en sy gesin het twee maande gelede hierheen getrek nadat hulle 5½ jaar in Suid-Asië gewoon het.

Terwyl hulle hulleself voorstel, vertel Andy dat hy graag met Urdu-sprekers wil werk. Joe begin toe vertel van 'n huis-kerk met amper 70 Urdu-sprekers wat hy nou probeer help met 'n gebou en opleiding. Hoe meer die gesprek oor Urdu-sprekers vorder, hoe meer opgewonde raak hulle altwee. Andy is opsoek na geleenthede om Urdu-sprekers te ont-moet en Joe ken verskeie van hulle, maar kan nie hulle taal praat nie.

Op 'n stadium roep Joe uit: “Ek het vir die Here gesê ek kan nie Urdu praat nie! Maar Hy het vir my gesê Hy sal voor-sien!” Andy, sit vorentoe, glimlag en sê: “Is jy getroud? My vrou sal baie graag jou familie wil ontmoet en saam met julle kuier.” Ek kyk na die twee, groot glimlaggende gesigte om my en besef die Heilige Gees is besig om hulle liefde vir sy Urdu-mense aan te blaas. Sy planne vir hulle is onafwend-baar!

Daar is ongeveer 16,000 Urdu-sprekers hier en hulle vorm deel van die meer as 22 miljoen wat in 22 lande woon. Daar is Christene wat hier met hulle werk, maar hulle is nog steeds onbereik (minder as 2% evangeliese Christene). Hier-die volksgroep kom hoofsaaklik uit Pakistan en Indië, maar hulle is versprei oor die wêreld as gevolg van werk en moeilike omstandighede in hulle tuislande.

“God het 'n plan vir die Urdu-sprekers hier!” kom daardie sagte stem van die Heilige Gees weer. “Petrus, dankie vir jou rol hierin. Nou moet jy BID dat Ek hulle sal seën vir my werk onder hierdie kosbare mense.”

Daarom wil ons vra dat almal die volgende gebed sal saambid: “Here Jesus, help elke Urdu-gelowige om in U te bly soos 'n loot in die wynstok bly – sodat hulle baie vrugte sal dra. Rus hulle toe om die Goeie Nuus met hulle mense te deel en om gehoorsame dissipels van U te raak. Laat dissipels nuwe dissipels maak. Laat kerke nog kerke plant. Laat leiers nog leiers oplei sodat die Urdu-sprekers van die wêreld aan U kan behoort.

Seën asseblief vir Joe en Andy in hulle werk met Urdu-sprekers. Salf hulle met u Gees om gehoorsame dissipels van Jesus te maak wat U liefhet met hulle hele hart, siel en verstand. Amen.”

*Name is verander ter wille van mense in die storie se veiligheid.

God bou sy koninkryk onder Urdu-sprekers

My visie vir Durbanville ...Wynand BreytenbachJoshua na die Reën sing in hulle lied Heuwels en Berge die woorde: “Al ken jy my, kies jy om nog by my te wees”. Ek glo ons het mense nodig wat op só 'n manier lief het. Mense wat kies om ander, mét al hulle diepste gebrokenheid, lief te hê. Mense wat ander se gebrokenheid erken.

Straatligkinders bevestig dit wanneer hulle sing: “Jou seer is die brug na iemand anders se hart” en Francois van Coke verstaan dit wanneer hy sing: “huis is waar jou mense is”. Die kerk moet 'n ark wees waar mense kan kom veilig voel wanneer hulle

wêrelde ineenstort.

Daar is niks mooier nie as wanneer 'n professor 'n straatkind bevriend en sy kennis met hom deel, wanneer 'n besigheidsvrou iemand uit 'n informele nedersetting mentor, of wanneer 'n wiskunde onderwyser gratis ekstra klasse aanbied vir studente wat sukkel. Ons sal die brûe tussen ryk en arm bou met gemeenskap.

My visie vir Durbanville is dat die kerk 'n plek sal wees waar gebroke mense in ’n egte, eerlike en opregte gemeenskap met mekaar sal leef.

SteakbraaiMarnel AgenbagVrydagaand 7 September, was nie sommer net nog 'n lui, vervelige aandjie tuis nie. Nee, dit was weer die jaarlikse steakbraai by die kerk en gemeentelede en vriende het 'n hond uit 'n bos gekuier oor geurige steaks en keurige

bykosse. Hierdie gesellige geleentheid word jaarliks in samewerking met die plaaslike boeregemeenskap aangebied en almal wat dit bygewoon het was dit eens dat hierdie nie ene is om te mis nie.

Brokenness is unconnectedness and

healing is found in Community.

Jean Vanier

“ “ Ons is lief vir sommige goed omdat dit waardevol is,

maar dan is daar sommige goed wat waardevol is omdat

ons dit lief het.

“ “

Scholtz MaraisDaar is by baie mense 'n groeiende behoefte aan sinvolle stilword en gedagtewisseling rondom dit wat regtig saakmaak in die lewe. Ons word egter so maklik meegesleur – weg van hierdie baie belangrike aktiwiteit – deur daaglikse verpligtinge en negatiewe nuus. Dit raak al moeiliker om die gewoonte van stilword in ons lewens te hê. Ons mannegroep het 'n paar jaar gelede, onder leiding van ds Gys van Schoor, hierdie probleem identifiseer en besluit om mekaar te help.

Ons gebruik die kerk se leesrooster. Ds Gys skryf steeds weekliks 'n meditasie rondom dit, en ons ontvang dit op ons whatsapp-groep.

Ons ontmoet mekaar dan Vrydagoggende om 06h00 in die kerk. Begin met koffie, raak stil vir ’n paar minute rondom die stukkie wat gelees word. Daarna deel ons met mekaar wat ons gehoor het. Teen 06h45 is ons klaar sodat almal betyds hul dag kan begin.

Deur die jare het hierdie samekoms van ons ontwikkel tot 'n veilige plek, waar dit relatief maklik is om dit waarmee die Here in jou besig is, te kom deel. Natuurlik is dit nie 'n inklusiewe groepie nie en wil ons graag alle mans nooi om te kom kyk. Glo my, dis waardevol.

Vir enige verdere inligting kontak gerus een van die volgende:

André Agenbag (082 828 6704) / Scholtz Marais (082 448 4710)/ Charl du Toit (078 499 3946)

Mannebediening

Jackie PretoriousVerrassend ... 'n Nuwe vorm van onthaal waar elke gas moes beweeg om met 'n teelepel te kan skep. Verkwikkend … Mynhardt Kruger, 'n jong, onbekende, dinamiese sanger het homself oortref met ''goue oues''. Hy het die gaste betower met sy talent en persoonlikheid.

Die bestuur van De Port'Uur-groep was baie verras en dankbaar vir 'n goeie opkoms van omtrent 90 gaste en veral oor 15 van die manlike geslag.

Baie dankie vir elke gas se teenwoordigheid. Die Bestuur poog om die toekomstige funksies net so interessant aan te bied en sodoende baie meer gaste te trek.

Ons bedank ook graag ons agt gasvroue vir jul tyd en bereidwilligheid om die tafels so vrolik te dek en die geregte keurig, uit jul eie sak voor te berei. Daar is groot waardering daarvoor.

TEELEPELTJIE-TEE'n Verrassende en verkwikkende oggend vol vreugde!

03

Tinus van ZylHoe onderskei 'n mens wat God se wil vir jou lewe is? Hoe weet jy of jou lewe op die regte koers is? Hoe neem jy besluite as jy botsende belange teen mekaar moet opweeg en almal ewe swaar weeg?

Sedert die begin van vanjaar behandel ons elke maand een hoofstuk uit Henri Nouwen se boek Discernment: Reading the signs of daily life. Nouwen het 'n unieke verhaal. Hy was 'n bekende akademikus, skrywer en spreker, wat ook opspraak en opgang in die wêreld gemaak het. Maar ná 'n jarelange proses van geloofsonderskeiding was hy oortuig dat God hom geroep het om in 'n gemeenskap saam met fisies en verstandelik gestremde persone te gaan woon.

Wat merkwaardig is van hierdie boek, is dat Nouwen geen kitsresepte of formules tot die lewe verskaf nie. Hy vertel sy eie verhaal en deel met 'n rou eerlikheid al die pyn en worsteling wat dit ingehou het, sonder om vir 'n oomblik te suggereer dat die leser se verhaal dieselfde sal wees.

Nouwen dink baie meer holisties as om slegs 'n antwoord te verskaf op die vraag: Wat moet ek doen met my lewe? Tog is dit 'n belangrike vraag wat hom baie jare geneem het om te beantwoord. Maar Nouwen beklemtoon telkens dat die proses om by die antwoord uit te kom, baie belangriker was as die antwoord self.

Hiermee word verwys na die proses van geloofsonder-skeiding, wat ons leer om naby aan God te leef. Om God se wil vir my lewe te leer ken, beteken dat ek ontdek dat God teenwoordig is in elke situasie en dat God die hele tyd besig is om deur my lewe en my omstandighede met my te praat.

Op Woensdag 31 Oktober bespreek ons die tweede laaste hoofstuk van Nouwen se boek. Hierdie hoofstuk handel oor 'n baie interessante vraagstuk, naamlik Leer ken die tye: Wanneer om te wag, wanneer om te doen en wanneer om te lei.

Enige iemand is welkom, selfs al het jy nie enige van die vorige sessies bygewoon nie. Jy hoef ook nie die boek aan te koop nie. Jy kan by die 11:00- of die 18:30-groep aansluit, by De Oude Caab gastehuis, Kerkstraat 3. Dit is gratis, maar bespreek asseblief by die kerkkantoor sodat ons weet hoeveel notas om voor te berei.

LERING:God se wil vir my lewe

Dit bring ons by die vraag: Waarvoor is ek dankbaar?

Ons almal leef daagliks met bekommernisse. Finansies is iets waaroor ons maklik bekommerd en angstig kan raak. Jesus sê in die Bergrede dat ons ons nie moet bekommer oor die dag van môre, oor wat ons gaan eet of aantrek nie, MAAR dit is makliker gesê as gedaan. Dit is normaal en verstaanbaar om bekommerd en angstig te wees oor finansies, veral in die huidige ekonomiese klimaat – alles word net duurder en duurder. Maar hoe kan ons verhoed dat ons vrese ons oorweldig en ons hele lewe begin oorheers?

Die antwoord lê in DANKBAARHEID. Dit is wanneer ons die ontdekking maak dat God alreeds alles vir ons geskenk het wat ons nodig het (2 Petrus 1:3), sodat ons met dankbaarheid kan begin lewe. Dan word ons lewe nie meer oorheers deur ons bekommernisse en vrese nie. Ons moet al ons begeertes, ons behoeftes en ons bekommernisse, aan God bekend maak, met gebed en smeking én met danksegging, sê Filippense 4:6-7. Dan sal die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan en oor ons harte en gedagtes waghou.

Dit is wanneer ons dié ontdekking maak dat God die Herder oor ons lewe is, wat selfs in die dal van doodskaduwee by ons sal wees, dat ons saam met Dawid kan sê: “Ek kom niks kort nie” (Psalm 23).

Die dankbaarheidsoffer is 'n offer wat ons gee, nie om God tevrede te stel nie en ook nie om die kerk se begroting te laat klop nie, maar om ons lewe oor te gee in die hande van God … in die vertroue dat daar by God

genoeg is. Mag hierdie jaar se dankbaarheidsoffer vir ons elkeen 'n tyd wees waarin ons 'n verdieping ervaar in ons vertroue in God se voorsiening en 'n bevryding van die vrese en bekommernisse.

Mag ons in hierdie dae ontdek dat ons alreeds alles van God ontvang het wat ons nodig het om te lewe, en mag dit ons met oneindige dankbaarheid vul.

DankbaarheidsofferIn November begin ons gemeente se jaarlikse Dankbaarheidsoffer.

Ons mikpunt hierdie jaar is R1 500 000-00. Die Dankbaarheidsoffer kan op verskeie maniere gegee word: • Gebruik die koeverte vir die Dankbaarheidsoffer wat

uitgedeel word en ook in die portale beskikbaar is. • Bring die offer persoonlik deur die week na die

kantoor of op 'n Sondag na die kerk. Dit kan in die offergawe-sakkie geplaas word.

• Indien jy weet van iemand wat nie by die kerk / kerkkantoor kan uitkom nie, neem vir so 'n persoon 'n koevertjie en spreek af wanneer jy dit weer sal kom afhaal OF neem vrymoedigheid om vir Christa by die kerkkantoor te kontak (Tel. 021 975 6370). Sy sal 'n reëling tref om dit by jou af te haal.

• Betaal jou offer elektronies oor in die gemeente se bankrekening: NG Gemeente Durbanville, ABSA Durbanville, Rek nr : 1410580019. (Meld asb by die verwysing: voorletters en van / Dankbaar. bv. J van Niekerk / Dankbaar)

Gelukis die kortste weg naDANKBAARHEID

Baie geluk ds. JANA DICKASON!1

Jana het 'n beroep na NGK La Rochelle aanvaar.

AFSKEIDSPREEK: 4 Nov. – ALIVE aanddiens: 18:00

Almal welkom om saam vir Jana te kom groet!

04

Atel Streicher

4 - 6 porsies

250 g vars aarbeie, afgespoel en gehalveer250 g vars bloubessies100 g kersietamaties, gehalveer100 g of 'n groot handvol beet spaghetti 100 g mengsel van vars roket- en koljanderblaartjies of mikrokruie

Om voor te sit:Balsamiese slaaisous of glasuursel

1. Kombineer bestanddele op ’n dienbord2. Sprinkel met balsamiese slaaisous of balsamiese

glasuursel3. Sit dadelik voor

Feestelike Slaai

URE: Maandag tot Sondag 07:30 – 20:00

KONTAKNOMMER: 021 975 9730

E-POS: [email protected]

Design A Print 021 975 9648

Wat gebeur in die 4de kwartaal

25 Oktober

Senior Bederfete by Eensgezind om 12:00

DANKBAARHEIDSOFFERS

IN NOVEMBER

04 November

Belydenis van Geloof by die

Alive-aanddiens om 18:00

02 Desember 2018

Kersprogram om 19:00 in die kerk.

09 Desember

• Gesamentlike diens om 09:00 in die kerk

• Kersspel om 19:00 in die Gemeentesentrum

12 Desember

Skole sluit

Tinus van ZylEk het baie laat gearriveer in die wêreld van

“podcasts” (ek is jammer, maar potgooi klink vir my net

té veel na opgooi). En nog steeds weet ek eintlik baie min

daarvan, maar die “podcast” On Being het in 'n kort tydjie 'n

essensiële boublokkie in my geestelike dissiplines geword.

Die program word aangebied deur Krista Tippett, 'n joernalis

en voormalige diplomaat, wat ook in

teologie opgelei is. President

Obama het in 2013 die

Amerikaanse nasionale

humaniteitsmedalje aan

Tippet toegeken, en

opgemerk: “On the air and

in print, Ms. Tippett avoids

easy answers, embracing

complexity and inviting

people of all faiths, no

faith, and every

background to join the

conversation.”

In die tyd waarin

ons leef, word

mense al meer

gepolariseer, en

verleer mense om na verskillende sienings te luister en by

mekaar te leer. Met sosiale media platforms wat slegs

artikels aanbeveel wat soortgelyk is aan die voriges waarvan

jy gehou het, word mense al dieper ingegrawe in hulle

ideologiese loopgrawe.

Die hedendaagse woord wat hiervoor gebruik word, is “echo

chambers”. Ons leef, danksy die slim algoritmes van die

internet, in geïsoleerde grotte waarin ons net die eggo's van

ons reeds bestaande standpunte hoor. Gevolglik word ons

nooit uitgedaag om ons vooropgestelde idees en vooroordele

te herevalueer deur mense wat anders as ons is en dink nie.

In sulke omstandighede is Krista Tippet, met haar On Being

“podcast” en die “civil conversations project”, 'n rare

verskynsel. Sy kry dit reg om mense vanuit verskillende

geloofstradisies, geestelikes en wetenskaplikes, oud en jonk,

verskillende rasse en agtergronde, diverse velde soos musiek

en digkuns, sielkunde en neuro-wetenskap, teologie en

filosofie, sosiologie en ekonomie, op 'n konstruktiewe manier

met mekaar te laat praat en na mekaar te laat luister.

Gaan luister gerus na On Being op jou “Podcast”-toepassing

(“app”) op jou slimfoon, of besoek Onbeing.org op die

internet. In 'n tyd waarin 'n mens al meer wanhopig raak oor

die toenemende konflikte in die wêreld, is hierdie “podcast”

'n getuienis van hoop.

Jana DickasonTydens die Junie-vakansie het ons tieners, in samewerking met Stellenberg Gemeente, na Calitzdorp gereis om kennis te maak met die gemeenskap en meer spesifiek die area “Bergsig”, binne Calitzdorp. Bergsig is 'n minderbevoorregte area in Calitzdorp. Baie van die mense wat daar woon, het nie werk nie en swak omstandighede lei tot o.a. middelafhank-likheid wat 'n groot probleem is.

Die tieners is voor die tyd opgelei vir die nuwe, maar uit-dagende ervaring. Hulle het huisbesoek gedoen, vir mense gaan bid en die kinders bedien met liedjies en rolspel. Calitzdorp het by ons ‘n besef van dankbaarheid laat ontwikkel. Ons was dankbaar en bevoorreg dat mense ons ingenooi het in hulle persoonlike ruimtes en ons met ongelooflike gasvryheid ontvang het.

Die mense is mense wat mekaar en die gemeenskap op hulle harte dra. Hulle ondersteun, bemoedig en sorg vir mekaar. Hoewel daar baie uitdagings in die gemeenskap is, is daar mense in die gemeenskap wat in hulle eie hoedanigheid projekte loods om die gemeenskap op te bou.

Vir ons almal betrokke, was dit ook 'n “inreik”-ervaring. Ons is in ruimtes ingenooi waar ons gekonfronteer was met ons eie verse, projeksies en ook wanpersepsies. Ons het terugge-keer met meer insig oor onsself, maar ook hoe ons leef as dissipels van Jesus in hierdie wêreld.

Na die “inreik” was die tieners geïnspireer om iets te probeer teruggee aan die gemeenskap van Calitzdorp. So ontstaan die “Skoene vir Calitzdorp” -projek, waartydens die tieners die gemeente vra om hulle hande te vat en skoene in te samel vir die gemeenskap.

Na afloop van hierdie projek wil ons tieners net baie dankie sê vir almal wat hierdie projek ondersteun het! Ons het sakke en sakke vol skoene ingesamel wat tydens die September-vakansie aan Calitzdorp oorhandig is.

Durbanville Gemeente se tieners is opgewonde oor hierdie nuwe avontuur en verhouding wat tussen Calitzdorp en Durbanville se tieners ontstaan het. Ons beplan alreeds aan 2019 se besoek!

Calitzdorp Uitreik

Resensie