snippets no 196

8
4 Oktober 2012 OORLOG IS ‘n PERD VAN ‘n ANDER KLEUR… Deur Ronel Theart Willem Steyn skryf “’n Ou oom Swart met ‘n lang baard skrik so groot vir die groot koeëls wat so runnik soos ‘n perd as dit oor sy kop trek dat hy sy hoed styf op sy kop vasgedruk het en met sy vosperd weggejaag het. Hulle het hom nooit weer gesien nie.” Daar het gereeld nuwelinge/rekrute by die kommando’s aangesluit. Hulle was nie almal bedrewe perderuiters nie. Behalwe vir hulle lippe wat so skurf geraak het dat dit begin bloei het, het hulle ook deurgeloop onder die stiegrieme. Dit het hul bene rou geskaaf. Ten einde vinnig te beweeg het die ruiters baie min toerusting by hulle gehad. Meeste van hulle het net ‘n kombers, jas, een of twee perde, saal, toom en geweer gehad. Dit was al… Die perdryery was ook geen maklike taak nie. Die burgers se eie perde het nie lank oorleef op kommando nie. Die gevolg was hulle moes toe maar perde vat wat beskikbaar was. Die oorgrote meerderheid van die perde was nie gemaklik om op te ry nie. Sommige het gestrykstap, iets soortgelyk aan die gewieg van ‘n rystoel – dit was dus maklik om aan die slaap te raak. Die ander keuse was ‘n perd wat op ‘n kort draffie beweeg het. Die ruiter het so op en af gewip dat dit naderhand vir hom gevoel het asof sy binnegoed by sy keel wil uitspring. Dan was daar ook die perde wat op ‘n vermenging van ‘n galop-draf-stap of trippel beweeg het en die ruiters moes byhou. Met die langer afstande het die stadiger perde uitgesak. Die voordeel was egter om ‘n verkenner te wees, dan het jy eerste keuse gehad op ‘n nuwe perd. ‘n Verdere struikelblok vir perd en ruiter was die aaklikgste stof. Op ‘n windstil dag het die verstikkende stof opgeborrel onder die perde se pote uit. Die neusgate, oë en ore van ruiter en perd is gevul met die stof. Dan volg geweldige hoes- en niesbuie. Die stof was ook verantwoordelik vir balansversteuring by die ruiter. Dit was dus glad nie snaaks om ruiters hul perde te sien bestyg, wat aan die anderkant weer afval. Bron: Van der Walt, J.W., Johannes Strydsman Legendariese Boere Verkenner en Kaapse Rebel Links: Skets voorstelling van die Royal Horse Artillerie op Natalse front in beweging(Foto uit Beroemde Krygsmanne van Scholtz) Middel: Kmdt Conroy met n pas inebreekte perd.(Foto:Nasionale Argief) Regs bo: ZAR burger op n maer perd.( Foto:Nasionale Argief) Regs: Perde is ookdeur Britse soldate gebruik vir sports en vermaak(Foto: Kaapse Argief)

Upload: bloem-snippets

Post on 10-Mar-2016

244 views

Category:

Documents


8 download

DESCRIPTION

OORLOG IS ‘n PERD VAN ‘n ANDER KLEUR

TRANSCRIPT

Page 1: Snippets no 196

4 Oktober 2012

OORLOG IS ‘n PERD VAN ‘n ANDER KLEUR…

Deur Ronel Theart

Willem Steyn skryf “’n Ou oom Swart met ‘n lang baard skrik so groot vir die groot koeëls wat so runnik soos ‘n perd as dit oor sy kop trek dat hy sy hoed styf op sy kop vasgedruk het en met sy vosperd weggejaag het. Hulle het hom nooit weer gesien nie.”

Daar het gereeld nuwelinge/rekrute by die kommando’s aangesluit. Hulle was nie almal bedrewe perderuiters nie. Behalwe vir hulle lippe wat so skurf geraak het dat dit begin bloei het, het hulle ook deurgeloop onder die stiegrieme. Dit het hul bene rou geskaaf. Ten einde vinnig te beweeg het die ruiters baie min toerusting by hulle gehad. Meeste van hulle het net ‘n kombers, jas, een of twee perde, saal, toom en geweer gehad. Dit was al…

Die perdryery was ook geen maklike taak nie. Die burgers se eie perde het nie lank oorleef op kommando nie. Die gevolg was hulle moes toe maar perde vat wat beskikbaar was. Die oorgrote meerderheid van die perde was nie gemaklik om op te ry nie. Sommige het gestrykstap, iets soortgelyk aan die gewieg van ‘n rystoel – dit was dus maklik om aan die slaap te raak.

Die ander keuse was ‘n perd wat op ‘n kort draffie beweeg het. Die ruiter het so op en af gewip dat dit naderhand vir hom gevoel het asof sy binnegoed by sy keel wil uitspring. Dan was daar ook die perde wat op ‘n vermenging van ‘n galop-draf-stap of trippel beweeg het en die ruiters moes byhou. Met die langer afstande het die stadiger perde uitgesak. Die voordeel was egter om ‘n verkenner te wees, dan het jy eerste keuse gehad op ‘n nuwe perd.

‘n Verdere struikelblok vir perd en ruiter was die aaklikgste stof. Op ‘n windstil dag het die verstikkende stof opgeborrel onder die perde se pote uit. Die neusgate, oë en ore van ruiter en perd is gevul met die stof. Dan volg geweldige hoes- en niesbuie. Die stof was ook verantwoordelik vir balansversteuring by die ruiter. Dit was dus glad nie snaaks om ruiters hul perde te sien bestyg, wat aan die anderkant weer afval.

Bron: Van der Walt, J.W., Johannes Strydsman – Legendariese Boere

Verkenner en Kaapse Rebel

Links: Skets voorstelling van die Royal Horse Artillerie op Natalse front in beweging(Foto uit Beroemde Krygsmanne van Scholtz)

Middel: Kmdt Conroy met ‘n pas inebreekte perd.(Foto:Nasionale Argief) Regs bo: ZAR burger op ‘n maer perd.( Foto:Nasionale Argief) Regs: Perde is ookdeur Britse soldate gebruik vir sports en vermaak(Foto: Kaapse

Argief)

Page 2: Snippets no 196

Spesiale verjaarsdag-wense, van u, vriende, kollegas en families.

MMMiiimmmooosssaaa MMMaaallllll

A Monster in Paris

Dredd

Hotel Transylvania

Agter Die Ligte

Die Wonderwerker

Expandables 2

Hit and Run

Ted

The Bourne Legacy

Wolwedans in die Skemer

For Ster Kinekor movie times follow this link:

http://www.moviesite.co.za/where/Mimosa_Mall.htm

Stuur aan Bloem Snippets u vriende en familie se verjaarsdae. [email protected]

Brave

Wolwedans in die Skemer

The Watch

Wonderwerker

The Flowers of War

Teaters rystoelvriendelik

Dinsdae en Woensdae kaartjies R20

10:00; 12:15; 14:30; 17:15; 20:00

5-11 Okt

28 Sept Johan Moster 29 Sept Alex Coetzee

Louise Herbst Madelein Koning

1 Okt Elize Fourie Frans Wasserman 2 Okt Annemarie Viljoen 3 Okt Quintin Smit 4 Okt Ann van Aswegen

4 Okt Florina Motshabi 6 Okt Nelius Wilken

Drian Kotze 8 Okt Annatjie Engelbrecht

Artha Beukes Tamzin Mostert

9 Okt Patric Segone 11 Okt Hugo du Plessis

Regie: Elna van der Walt

Plek: Sand du Plessis Teater

Datum: 19 & 20 Oktober 2012 Kaartjies: Pacofs of 082 462 5507 Izami Bloemiste, Bayswater Elna van der Walt Balletskool

FOOD LOVERS –

DON’T MISS OUT THIS SUNDAY

7 OCTOBER

This Sunday we serve a wide variety of quality dishes at unbeatable prices:

280g Fire Grilled Yellowtail in white wine sauce R75 3 X Lamb Chops R75 Meduim Eisbein R60 Beef Roast with Gravy R55 Beef Stroganoff on Rice R50

All served with Fire Grilled Mealies, Mixed Roasted Vegetables, Slighty Nutty Style Potato Salad and Pumpkin Fritters with Caramel Sauce.

Terms and conditions– while stocks last. Booking essential – 083 432 9927

Page 3: Snippets no 196

Afrikaans op sy Beste

GRIEKSE GESKENKE

Pasop vir Griekse geskenke is ‘n vernaming wat uit die antieke geskiedenis kom. Die beroemdste, of

berugste, Griekse geskenk van alle tye is die reusagtige perd wat die Grieke na Troje gestuur het. Na tien

jaar se onsuksesvolle beleg van die stad, is die perd met Griekse soldate gevul wat toe binne die stad

uitgespring en gehelp het om die verowering daarvan moontlik te maak. Virgilius in sy Aeneïs laat Laokoön

die Trojane waarsku dat hulle nie die perd moet binnelaat nie, want, sê hy: ‘Ek is nog steeds bang vir die

Grieke, selfs wanneer hulle geskenke aanbied.” Die Griekse geskenk vind vandag nog weerklank in die

betreklik onskadelike skaakspel. In een besondere posisie bied wit sy loper, as geskenk, aan swart aan om

die beskerming voor die swart koning te vernietig. Die naam daarvan staan algemeen bekend as die

Griekse geskenkloper.

KUNSUITSTALLING

DIE "ART ASSOCIATION BLOEMFONTEIN" TAK HET ELKE

EERSTE SATERDAG VAN DIE MAAND 'N

KUNSUITSTALLING, TE LOCH LOGAN WATERFRONT, AAN

DIE VOORKANT BY ROLTRAPPE.

KUNSTENAARS SE MOTIVERING VIR HIERDIE BEWEGING

IS OM WEER 'N TEN VOLLE FUNKSIONERENDE

KUNSMARK TE Hê IN BLOEMFONTEIN, SOOS IN VROëER

JARE, MET DIE KLEM OP KUNS.

TYE IS VANAF 08H00 TOT EN MET 14H00.

VOLGENDE UITSTALLING - 06 OKTOBER 2012.

12 Oktober Saarkie R35 vooraf R45 by deur/ In die ou dae

het matrose hulle skippe moertoe gery teen die klippe

omdat sexy cherries op ander rocks "topless" gesit en sing

het. Laat hierdie 'sirens jou rock. (hulle dra darem klere

deesdae en ek vra rêrig onverskoning vir hierdie slegte

gewoonte wat posgevat het, waars die goeie ou dae! Dit is

niks anders is as 'n kommersiële set deur Levi, Truworths en

al die ander kapitaliste nie- Viva Tieties!)

13 Oktober - Stefan Dixon

17 Oktober - Diandri R35 by Izami R45 by deur

20 Oktober - Tribute Bob Marley by Suede Entertainment

R45 by Izami R55 by deur

24 Oktober - Magna Carta R95 Izami R130 by deur

25 Oktober - Kollektiewe Bruiloffees R40 Izami R50 by deur

Troise en Cobie wat toor met oudiovisuele kuns en klank.

26 Oktober - Rooibaardt R45 Izami R55 by deur

31 Oktober - Jam Blik – oop mikrofoon – aansoeke word

ingewag vir onbekende en bekende mense wat wil kom optree

op die verhoog

Page 4: Snippets no 196

PACOFS Program – kaartjies beskikbaar te Izami Bloemiste:

Choice of the Bleeding Heart – 8 Oktober

Livewire Explosion – 8 Oktober

Local Theatre Performance – 8 Oktober

Ons Konsert – 9 Oktober

Poetry – 11 Oktober

The Handkerchief – 11 Oktober

Liefling die musical – 19 en 20 Oktober

SAMB Ballet Gala – 24 Oktober

NATANIëL IN CONCERT On 31 October 2012 Nataniël will present one performance of his annual Nataniël in Concert at the Sand Du Plessis Theatre in Bloemfontein. Over the years these concerts have

become a tradition in Bloemfontein, with performances sold out weeks ahead.

Nataniël will perform new versions of classic hits and

inspirational songs, as well as his own original songs, also blues, soul and jazz standards. He will entertain the audience with new magical stories in both English and Afrikaans.

Nataniël shares the stage with Charl du Plessis (piano), Juan Oosthuizen (guitar), Werner Spies (bass) and Hugo Radyn (drums).

Costumes are by Floris Louw.

A festive and heartwarming experience not to be missed!

Books, Cd's, DVD's and Kaalkop products available at all shows!

No children under 13.

Date(s): Wed, 31 October @ 19:30

Venue: Sand du Plessis Theatre

Admission Fee: R120, R140 & R160

Kaartjies=> Izami en PACOFS

AANDAG WYNLIEFHEBBERS!

Die wynmakers van Delheim en Groote Post besoek ons onderskeidelik op Maandag 8 Oktober (HIERDIE MAANDAG WAT KOM!) en Maandag 15 Oktober omstreeks 18h30 vir 19h00. Die wynproe behels die proe van 6 verskillende wyne asook 'n tweegangmaal vir net R70 per persoon. Bespreek vroegtydig - Verlede keer was 'n geweldige lekker informele kuier en persone wat nie noodwendig iets van wyne af weet nie, is ook welkom.

Page 5: Snippets no 196
Page 6: Snippets no 196

Dear Children of God in Bloemfontein, We all know there is no evil, crime, injustice or abomination as bad as abortion - the killing of innocent unborn babies. The children of God in South Africa should never have allowed it to happen in their country – but it now happens 30-50 times per day just in Bloemfontein! What a tradegy and failure from our side. We all know and feel we need to do something about it and that we are indeed guilty for not doing enough. One way of declaring our opposition to abortion is by forming Life Chains. Sunday 7 October is International Life Chain Sunday. Over 1 million Christians in over 900 locations worldwide are expected to stand for the right to life of pre-born babies. We will hold our life chain in Bloemfontein on the sidewalks around Mimosa Mall on Saturday 6 October 2012 from 9.00-10.00. Mimosa Mall is about 900 meters in circumference. We will split it up in 90 sections of 10 meters each and will challenge each congregation in Bloemfontein to choose a 10 meter section and to get at least 10 of their members to form a life chain in their section. A congregation may take more than one section if they can fill it with 10 members per section. Each congregation / section makes their own banners, posters or pamphlets. We will have a limited number of posters available for those who could not make their own. We will meet beforehand at 8.30 in the southern parking area of the Brandwagsentrum next to Mandela Drive. Posters will be in the white VW kombi CSY148FS with blue curtains. Please forward to all your spiritual brothers and sister contacts.

Page 7: Snippets no 196

Penumbra Kom ondersteun van Bloemfontein se beste jong kunstenaars deur die opening van die opwindende Fractal Jong Kunstenaar-uitstalling 2012, getiteld Penumbra, op Donderdag, 27 September, om 19:00 in die Anneksgalery by Oliewenhuis-kunsmuseum by te woon.

Hierdie projek word elke tweede jaar deur Fractal, 'n ad hoc-komitee van die Vriende van Oliewenhuis-kunsmuseum, aangebied. Die doel van die projek is om jong kunstenaars die geleentheid te bied om hulle kunswerke professioneel ten toon te stel in 'n goed gevestigde omgewing en hul geleentheid te gee vir die uitbreiding van kennis en ervaring in die saamstel van 'n uitstalling. Toni Pretorius, Mandi Bezuidenhout, David Griessel en Louis Krüger is deur ‘n paneel, bestaande uit lede van die Oliewenhuis-advieskomitee, die Fractal-komitee en ander visuele kunstenaars, gekies om aan die Jong Kunstenaar-uitstalling deel te neem.

Die titel van die uitstalling, Penumbra, verwys na die gedeeltelike skadu tussen streke van volledige skaduwee en volledige verligting, 'n term wat hierdie jong kunstenaars assosieer met die grys, tussenin - sones waarin kuns sy oorsprong het. Konseptueel fluktueer die uitstalkunstenaars se werk wisseling tussen donker en verligte fasette van die lewe met betrekking tot seksualiteit, politiek, fantasie en die dood. In die uitgestalde werke manifesteer tradisionele kunsmedia soos teken en beeldhou, sowel as kontemporêre media soos digitale fotografie, film, installasie en uitvoerende kuns. Die werke manifesteer beide tradisionele kunsmedia soos tekenkuns en beeldhouwerk, sowel as kontemporêre media, met inbegrip van digitale fotografie, film, installasie en uitvoerende kuns.

Die uitstalling sal deur die Absa L'Atelier-wenner van 2012 Elrie Joubert, geopen word, waarna 'n loptrede deur konseptuele pianis, Myra sal volg. Die Penumbra-kunstenaars sal 'n begeleide toer van die uitstalling op Vrydag, 28 September 2012, om 10:00 aanbied. Die uitstalling sal tot Woensdag, 24 Oktober 2012, duur.

Besoek ons by www.fractaloliewenhuis.co.za vir verdere inligting oor die kunstenaars of om jou mening oor die uitstalling te lug. Om te RSVP vi r die opening en/of begeleide toer, kontak Oliewenhuis-kunsmuseum by 051 011 0525 (uitbr 611) of [email protected].

Page 8: Snippets no 196

Indien jy nie hierdie nuusbrief wil ontvang nie stuur ‘n epos aan [email protected] – stop brief

Stuur alle korrespondensie, berigte, navrae, ens. aan [email protected].

Die ander e-pos adresse waarop u Bloem Snippets ontvang is slegs vir uitgaande e-pos doeleindes.