snippets no 202

6
15 November 2012 ‘N DIENSIE AAN DIE PRESIDENT OP SY VERJAARSDAG TE VELDE (Deel 5) Deur Ronel Theart Die laer wat genl De Wet op sy tog na Machadodorp vergesel het, was meer ‘n remskoen as ‘n hulp. Die laer moes voortdurend beskerm word met die gevolg dat 800 burgers by die laer moes wees en kmdt Theron se verkenners op die agterhoede moes veg. Die verkenners moes sorg dat die vyand op ‘n afstand gehou word deur hulle terug te skiet of om die laer betyds te waarksu as hulle nie meer die vyand kan keer nie. So gebeur dit dan, dat daar by die gebrek aan brandwagte, en die vyand se skielike verskyning totale chaos heers en die laer agtergelaat is. Die persoon wat klaarblyklik die honderd Engelse gesien het, wat toevallig teen die laer gestuit is, het so groot geskrik dat hy die hele laer in beroering gebring het en almal het in hul dwaasheid die stroom gevolg. Geen burger het die moontlikheid oorweeg om terug te skiet op die Engelse verkenners nie, wat dan heel moontlik sou terugdraai waarna die Boere genoeg tyd gegun sou word om haastig te verskuif. Hierdie keer was dit nie die geval nie. Die laer en die kanonne het in die slag gebly. Dit was ‘n droewige dag buite Bothaville. Genl De Wet was oppad Kaapland toe. Hy wysig sy roete en besluit om oor die spoor in die rigting van Winburg te trek. Aanvanklik sou hy in die rigting van Philippolis getrek het. Op 2 Oktober kruis hulle die spoor. Hierdie is ‘n belangrike datum, want dit was die President se verjaardag. Terwyl hulle oor ‘n skotige opdraend trek gewaar hulle ‘n paar springbokke. Genl De Wet sê toe dat hy weet dat dit verbode is om op iets anders as Engelse te skiet, maar aangesien dit die president se verjaardag is… sal ons aan hom die geleentheid te gee om vir hom ‘n bok te skiet…dit moet egter uit die vuis wees. Dit was ‘n moeilike opdrag, maar toe die skoot klap lê die bok. Die bok spring egter weer op en begin hardloop. Die boud is egter afgeskiet. “Toe nou julle jongkêrels”, roep die President “laat ons nou sien wie van julle kan vir my ‘n bok vang.” Vyf of ses van die burgers spring op hul perde. Wynand Malan se perd, Very Nice, is egter baie vinniger as die res en hy vang die bok. “Dit was maar ‘n geringe daad, dog dit het my groot genoeë verskaf om die President op sy verjaardag so ‘n diensie te bewys.” (Bron: Pieterse, HJC, Oorlogsavonture van genl. Wynand Malan ) Links: Kunstenaars voorstelling van Genl de Wet en President Steyn wat vinnig op vlug slaan. ( Foto:Beroemde Krygsmanne deur Scholtz) Middel: Pres Setyn en Jokab de Villiers kap langs perdekar.(Foto Vrystaat Argief ) Regs bo: Pres Steyn en Danie Theron in gesprek ( Foto Vrystaat Argief) Regs onder: Pres Steyn en van sy die regering in Pelgrimsrus Sept 1900( Foto Nasionale Argief) Indien jy nie hierdie nuusbrief wil ontvang nie stuur ‘n epos aan [email protected] stop brief Stuur alle korrespondensie, berigte, navrae, ens. aan [email protected] . Die ander e-pos adresse waarop u Bloem Snippets ontvang is slegs vir uitgaande e-pos doeleindes.

Upload: bloem-snippets

Post on 06-Mar-2016

262 views

Category:

Documents


25 download

DESCRIPTION

Bloemfonteiners E-Nuublad 15 November 2012

TRANSCRIPT

Page 1: Snippets no 202

15 November 2012

‘N DIENSIE AAN DIE PRESIDENT OP SY VERJAARSDAG TE VELDE (Deel 5)

Deur Ronel Theart

Die laer wat genl De Wet op sy tog na Machadodorp vergesel het, was meer ‘n remskoen as ‘n hulp. Die laer moes voortdurend beskerm word met die gevolg dat 800 burgers by die laer moes wees en kmdt Theron se verkenners op die agterhoede moes veg. Die verkenners moes sorg dat die vyand op ‘n afstand gehou word deur hulle terug te skiet of om die laer betyds te waarksu as hulle nie meer die vyand kan keer nie. So gebeur dit dan, dat daar by die gebrek aan brandwagte, en die vyand se skielike verskyning totale chaos heers en die laer agtergelaat is. Die persoon wat klaarblyklik die honderd Engelse gesien het, wat toevallig teen die laer gestuit is, het so groot geskrik dat hy die hele laer in beroering gebring het en almal het in hul dwaasheid die stroom gevolg. Geen burger het die moontlikheid oorweeg om terug te skiet op die Engelse verkenners nie, wat dan heel moontlik sou terugdraai waarna die Boere genoeg tyd gegun sou word om haastig te verskuif. Hierdie keer was dit nie die geval nie. Die laer en die kanonne het in die slag gebly. Dit was ‘n droewige dag buite Bothaville.

Genl De Wet was oppad Kaapland toe. Hy wysig sy roete en besluit om oor die spoor in die rigting van Winburg te trek. Aanvanklik sou hy in die rigting van Philippolis getrek het. Op 2 Oktober kruis hulle die spoor. Hierdie is ‘n belangrike datum, want dit was die President se verjaardag. Terwyl hulle oor ‘n skotige opdraend trek gewaar hulle ‘n paar springbokke. Genl De Wet sê toe dat hy weet dat dit verbode is om op iets anders as Engelse te skiet, maar aangesien dit die president se verjaardag is… sal ons aan hom die geleentheid te gee om vir hom ‘n bok te skiet…dit moet egter uit die vuis wees. Dit was ‘n moeilike opdrag, maar toe die skoot klap lê die bok. Die bok spring egter weer op en begin hardloop. Die boud is egter afgeskiet. “Toe nou julle jongkêrels”, roep die President “laat ons nou sien wie van julle kan vir my ‘n bok vang.” Vyf of ses van die burgers spring op hul perde. Wynand Malan se perd, Very Nice, is egter baie vinniger as die res en hy vang die bok. “Dit was maar ‘n geringe daad, dog dit het my groot genoeë verskaf om die President op sy verjaardag so ‘n diensie te bewys.”

(Bron: Pieterse, HJC, Oorlogsavonture van genl. Wynand Malan )

Links: Kunstenaars voorstelling van Genl de Wet en President Steyn wat vinnig op vlug slaan. ( Foto:Beroemde Krygsmanne deur Scholtz)

Middel: Pres Setyn en Jokab de Villiers kap langs perdekar.(Foto Vrystaat Argief ) Regs bo: Pres Steyn en Danie Theron in gesprek ( Foto Vrystaat Argief) Regs onder: Pres Steyn en van sy die regering in Pelgrimsrus Sept 1900( Foto Nasionale Argief)

Indien jy nie hierdie nuusbrief wil ontvang nie stuur ‘n epos aan [email protected] – stop brief

Stuur alle korrespondensie, berigte, navrae, ens. aan [email protected].

Die ander e-pos adresse waarop u Bloem Snippets ontvang is slegs vir uitgaande e-pos doeleindes.

Page 2: Snippets no 202

Spesiale verjaarsdag-wense, van u, vriende, kollegas en families.

MMMiiimmmooosssaaa MMMaaallllll

Cloud Atlas

Para Norman

Sammy 2

Taken 2

Ted

The Champaign

Twilight Saga: Breaking Dawn – Part 2

Wolwedans in die Skemer

For Ster Kinekor movie times follow this link: http://www.moviesite.co.za/where/Mimosa_Mall.htm

Stuur aan Bloem Snippets u vriende en familie se verjaarsdae. [email protected]

Cloud Atlas

Hit and run

Moonrise Kingdom

The Old Life of Timothy Green

Teaters rystoelvriendelik

Dinsdae en Woensdae kaartjies R20

12:00; 14:30; 17:15; 20:00

16 tot 22 Nov

6 Nov Braam Botha 12 Nov Marie Jacobs 13 Nov Tanya Botha 16 Nov Mannas Lee

17 Nov Linita van Zyl Chrismarie Le Roux 18 Nov Ina Agenbag LC van der Walt 21 Nov Johan Botha

Upcoming Events @

PLEASE BOOK IN ADVANCE- Limited space available!

Saturday 24 Nov 09h00 - Fashion Show and Breakfast by Carrasco Models - R60 pp

Sunday 16 December 12h00 - Bacchus Nel & Friends - R65 pp

Sondag 18 November TE MIDDE VAN PRYSVERHOGINGS,

BLY ONS PRYSE EN KWALITEIT ONVERANDERD!!!! Hoofgeregte:

Lamskenkel(±250g – ideale porsie vir dames) R 70

Slightly Nutty Styl Gebraaide ¼ Hoender R 55

2 X Lamstjoppies(± 300g) R 75

300g T-Bone R 65

Alle disse word bedien met Slightly Nutty Aartappelgereg

met Balsamiese Asyn en Uie, Gemengde Gebraaide

groente en Slaai.

Terme en voorwaardes geld– terwyl voorraad hou. Foto’s is slegs ‘n voorstelling.

Besprekings Noodsaaklik Skakel Rudi by 083 432 9927

MEDIASIE vir OUERS ‘n Wen-Wen uitkoms vir Almal

involved

ATTORNEYS

Presents a workshop on

Datum: 24 Nov. ‘12 vanaf 09h00 tot 12h00

Webbersgebou, Charlesstraat 96,

Bloemfontein

Koste: R80 pp Verversings en kursusmateriaal ingesluit

BESPREKINGS NOODSAAKLIK Kontak: Anette Conradie – 082 871 4477 [email protected] Michelle Uys – 084 570 3249 faks: 086 545 8459

Moeg

vir

baklei?

Vind jy dit moeilik om „n

verhouding te bou met

jou kind en voel jy soos „n

“naweek ouer”?

Tree jy in

jou kind

se beste

belang

op?

Ervaar jy probleme om jou

kontakregte met jou kind uit

te oefen?

Page 3: Snippets no 202

Afrikaans op sy Beste

SPEELKAARTE

Steeds in die dobbelsaal: Speelkaarte is ook geweldig oud – dit het in China ontstaan en het veroorsaak dat die eerste papiergeld uitgegee is. Die vroeë Chinese speelkaarte was buitengewoon duur en pragtig versier. Hulle was so waardevol en mooi dat hule trouens in ander speletjies as dobbelgeld aanvaar is. Die dobbelgees het eintlik al eeue lank ‘n houvas op die mense van dié land – en die speelkaarte is dus gou wyd aanvaar as ‘n nie-amptelike geldstelsel. Die regering van die dag wou graag hul goudreserwes beskerm en het dus afbeeldings van die kaarte gepubliseer – maar sommer op gewone papier, en het sodoende papiergeld in omloop gebring.

Die prentkaarte van ‘n pak speelkaarte se gesigte is nie sommer lukraak deur vroeë kunstenaars geteken nie. Die sogenaamde court cards is so genoem omdat hulle die heraldiese tekens van onder andere konings vertoon het. Die koning (heer in hiperkorrekte Afrikaans) van klawers was oorspronklik die skild van die Pous, skoppens dié van die koning van Frankryk, diamante (ruite),Spanje en harte Engeland. In Frankryk het die vier konings die gesigte van historiese persone bevat, naamlik Dawid as skoppenskoning, Alexander die Grote klawers, Julius Caesar diamante en Karel die Grote (Charlemagne) harte, wat onderskeidelik die Joodse, Griekse, Romeinse en Frankiese Ryke verteenwoordig het. Net terloops, in Indië is daar soortgelyke simboliese pakke kaarte. Een van die bekendste is die dasavatara, ‘n pak met tien kleure wat die tien avatars (inkarnasies van die god Visjnoe) verteenwoordig, naamlik vis, skilpad, wildevark, leeu, dwerg, byl, pyl en boog, donderslag, skulp en perd. Die kaarte is rond.

22 Nov – Riaan van Rensburg en CH2 Skins and Strings

23 Nov – Southern Gypsy Queen en Black Cat Bones R45 studente R55

Izami R65 by deur

24 Nov - Cat Stevens Tribute deur Henk Botes R50 Izami R75 by die

deur

28 Nov – Magrets Daughter R35 Izami R45 by die deur

30 Nov – Beatles Tribute R60 Izami R70 by die deur

12 Des – Jan Blohme Nuwe CD vrystelling R95 Izami R110 by die deur

13 Des – Shadow Club R40 Izami R50 by die deur

14 Des – Juba

18 Des – Pieter Smith R75 Izami R85 by die deur

19 Des – DJ Ossewa R95 Izami R110 by die deur

20 Des – Dewald Wasserfall R55 Izami R65 by die deur

31 Des – Oujaars “Party” met Top Deck en Bahlzak

SATURDAY 24 NOVEMBER 2012

GREY COLLEGE

19H00

R100 pp (CHILDREN UNDER 4 ARE FREE)

TICKETS AVAILABLE AT:

SPOTTED APPLE, 12A PRESIDENT STEYN STREET, BLOEMFONTEIN – 0514471086 – MON-FRI 08h30 – 13h00 & 14h00 – 16h30

Page 4: Snippets no 202

NUWE BOEK VRYGESTEL "Die boek 'Belhar geweeg' het sopas by Kraal-uitgewers in Pretoria verskyn. Die boek bevat bydraes van 18 skrywers wat krities kyk na die voorgestelde Belydenis van Belhar wat in 1986 deur die ou NG Sendingkerk, 'n lid van die NG Kerkfamilie, aanvaar is. Belhar was gemik teen wat hulle die teologiese en morele regverdiging van apartheid genoem het. Die NG Kerk sal binnekort in kerkrade en gemeentes opnuut oor hierdie dokument praat. Die Algemene Sinode van 2011 het besluit om artikel 44 van die Kerkrode in werking te stel wat die aanvaarding van Belhar as belydenis afhanklik stel van 'n tweederde meerderheid van tweederdes van alle kerkrade en die al 10 sinodes. 'Belhar geweeg' is geskryf omdat die skrywers oordeel dat die argumente teen Belhar nie duidelik uitkom in die openbare debat nie. Onder die skywers is daar proff Piet en Sybrand Strauss (UV), Pieter Coertzen (US) en John Bolt van Grand Rapids in die VSA. Laasgenoemde se sinode het pas besluit om Belhar nie as belydenis te aanvaar nie. 'n Voormalige dekaan van die Fakulteit Teologie aan die UV, prof Pieter Potgieter, het die voorwoord geskryf. Belhar word vanuit 'n dogmatiese, historiese, kerkordelike en gemeentelike hoek bekyk. Naas bekende predikante is daar ook 'n aantal jong predikante wat hulle mening gee. Die boek kos R150-00 en kan per sms direk vanaf Kraal bestel word. Sms net die woordjie 'Belhar' na 34388. Die Uitgewer sal met u in verbinding tree."

Diskonto boeke—Boekverkoping

’n Boekwurm se droom

@ Bainsvlei Biblioteek: Boerneefstraat, Langenhovenpark

& Fichardtpark Biblioteek: BeNadeRylaan, Fichardtpark

28 November: 10:00—18:00

29 November: 08:00—17:00

30 November: 08:00—10:00

Hul bied ‘n groot verskeidenhied boeke aan van naaldwerk tot kookboeke, van fiksie tot nie-fiksie,

sowel as goeie geestelike boeke. Moenie die winskopies misloop nie!

THE ARTHRITIS FOUNDATION

OF SOUTH AFRICA Registered Nonprofit Organisation - No. 002-847 Registered Public Benefit Organisation – No. 930011128 National Helpline: 0861 30 30 30

21-November-2012 Complimentary Therapy: Hidden dangers of self-medication and Hydrotherapy

Dr Nyda Fourie (Pharmacologist) Marike (Physiotherapist)

CJC Nel Lecture hall Universitas Hospital Time: 17:50 to 20:00

Refreshments will be provided and any donations will greatly be appreciated.

Inquiries/bookings: Corrie Bruwer @ 082 921 4234 or SMS

Stap, ry of galop, maar sorg dat

jy dié mark nie misloop nie!

Allerlei geskenke

Badspeelgoed vir kinders

Handgemaakte juwele Klere van deftig tot ‘casual’

Alles @ bekostigbare pryse

DAGBOEK DIE DATUM!

Page 5: Snippets no 202

KAARTJIES BY

16 Nov : Bobby van Jaarsveld met Passi bekendstelling van nuwe CD

te Doxa Deo R120. Studente en pensioenarisse R80

17 Nov : Manie Jackson bekendstelling van nuwe CD te Banquetsaal, Skougronde R60 p.p.

24 Nov : Juanita du Plessis & Theuns Jordaan. Hart van Drome te Grey Kollege R100 p.p. Kinders onder 4 is gratis.

Bring eie stoel – eet of drinkgoed stalletjies beskikvaar

Die Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Noord nooi alle belangstellendes na die

KERSSANGDIENS

Op SONDAG 25 NOVEMBER 2012 om 18:00 in die kerkgebou, h/v Dealeweg en Kiplingstraat, Dan Pienaar, Bloemfontein.

KOM LOOF DIE HERE IN SANG EN WOORDVERKON- DIGING SAAM MET ONS.

Orrelis: Lourie Coetzee Prediker: Ds Kobus Botha

Navrae: Kantoor: 051 436 2932/ [email protected]

Daar word beoog om na die diens ‘n gesellige byeenkoms te hou waar verversings-/piekniekmandjies te koop aangebied sal word. Die inkomste sal aan die Yade-tehuise geskenk word. Elke gesin bring ‘n kombers saam om op te sit wat as donasie aan die Reddersburg-Kinderhuis geskenk kan word.

Stylistic Links The Bloemfontein Group and Other South African Artists

15 November 2012 - 20 January 2013

Oliewenhuis Art Museum

DRAMA PRODUCTION: SIZWE BANZI IS DEAD

Sizwe Banzi Is Dead (by Athol Fugard) is an acclaimed play, originally co-written by John Kani, Winston Ntshona and Athol Fugard. The play, set in Styles’ Photographic Studio, follows Sizwe’s quest for survival in the Port Elizabeth of the late sixties, early seventies. Sizwe has been caught without a passbook and must return to King Williams Town to his poverty stricken family or take a chance that could force him to abandon his given name and sense of identity.

He is forced to rethink what he believes makes up a man’s identity. Is being a man measured by what a man is called, his clan name and such or does it have to do with the role a man plays and the risks he is willing to take for those who depend on him for their survival? Venue: Andre Huguenet Theatre Evening shows: 20-23 November @ 19h30 24 November @ 14h30 & 19h30 Admission: R50 Tickets are available at PACOFS Booking Office (051) 447 7772, Izami Florist & BCF Micro Finance (Kenworth Centre). www.pacofs.co.za/ [email protected]

Released by: PACOFS Communications and Marketing Department Tel: (051) 447 7771 ext 2316

EMOYA ESTATE BIED AAN ‘N

PERSOONLIKE EN INTIEME AAND AAN

SAAM MET

STEVE

HOFMEYER

16 November 2012

R200 pp (Sluit 500g Kerrie en rys in) Moet dit nie misloop nie (Slegs 600 Kaartjies beskikbaar)

GESELLIGE KONTANT KROEG OPEN 18:00

Ouma Lenie se Anglo-

Boereoorlog-ervaringe te koop

Die boekie is ‘n ware verhaal van my Ouma Lenie van der Walt soos sy dit geskryf het

van haar wedervaringe tydens die Anglo Boereoorlog 1899 tot 1902. Sy het al die jare

die aantekeninge na die oorlog bewaar en in 1949, ‘n paar jaar voor haar afsterwe,

het sy dit in ‘n boek met potlood oorgeskryf.

Die handgeskrewe boek is al die jare bewaar deur die familie. Ons het toe besluit om

die handgeskrewe boek oor te tik en in boekvorm te laat druk. Die besonderhede

soos sy dit onthou en geskryf het, is net so oorgetik in die spelling deur haar

neergeskryf. Sy het gedurende die oorlog voor die Engelse uitgevlug en is nooit

gevang nie. Haar baba was vyf ure oud toe sy begin vlug het in November 1899.

In die verhaal beskryf sy haar ontberinge saam met ander vlugtelinge.

Die gedrukte boekie is by my beskikbaar teen R60.00 elk. Kontak Gerrie van der Walt

by 083 380 5277 vir u eksemplaar.

Page 6: Snippets no 202

Odeion Skool vir Musiek

O P E N B A R E E K S A M E N U I T V O E R I N G S 2012

Die Odeion Skool vir Musiek bied Openbare Eksamenuitvoerings in die vorm van konserte aan. U word vriendelik uitgenooi na hierdie gratis geleenthede.

Luzanne Eigelaar (B.Mus. – orrel) VRYDAG, 16 NOVEMBER,17:00

Odeion Program: werke van Buxtehude, Bach, Merkel, Kloppers & Pepping

Elsabé Raath (M.Mus. – altviool) tweede uitvoering

VRYDAG, 16 NOVEMBER,20:00 Odeion

Program: werke van Schubert, Brahms, Paganini, Joubert met Lesley-Ann Mathews (klavier) & Petro Engelbrecht (klavier)

Kom geniet ook die volgende korter ensemble-eksamens van B.Mus.Hons.-kandidate in die Odeion:

Chrisna Gouws (klarinet) – 16 November om 13:00

Navrae: Ninette Pretorius (tel. 051 401 2504)

Musgrave

mark

KERS AANDMARK

In samewerking met

DIE HERVORMDE KERK

Vrydagaand 23 November 2012

17h00 – 23h00 BIERTUIN

KERSVADER FOTO’S

VERSKEIE KOS-EN-GESKENKSTALLETIJES

DIAMANTSTORMLOOP SPRINGKASTEEL

Veiling en baie meer

300m Suid van die Windmill Casino Bfn. BESPREEK NOU!!!

Koos – 072 376 0572 / Theresa – 082 875 4852

Kunstenaars sluit in:

CELAVIE MICHIEL & CHENELL

Musgrave

mark

SATERDAGMARK

MAAK SEKER U MIS NIE

LAASTE

SATERDAGOGGEND

MARK NIE

SATERDAGOGGEND

17 November 2012

VANAF 23 Nov 2012 sal die mark op VRYDAGAANDE WEES.

NEEM KENNIS VANAF 23 NOV

SAL MARK OP VRYDAGAANDE WEES

300m Suid van die Windmill Casino Bfn.

BESPREEK NOU!!!

Koos – 072 376 0572 / Theresa – 082 875 4852