sparkle sêr edition 2015

13
Sparkle Sêr Edition 2015 Sparkle Sêr uitgawe/Edition

Upload: bellatrix-dameskoshuis

Post on 22-Jul-2016

216 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

 

TRANSCRIPT

Page 1: Sparkle sêr edition 2015

Sparkle – Sêr Edition 2015

Sparkle Sêr uitgawe/Edition

Page 2: Sparkle sêr edition 2015

Sparkle – Sêr Edition 2015

Sêr…

Wat is sêr? Vir enige iemand wat al deur ʼn sêr week geleef het, is dit redelik maklik om te

beskryf. Dit is ʼn intense, angswekkende, vang-my-ek-gaan-flou-word experience. Dis ʼn tranedal

en bakleiery en oor-en-weer omkopery.

En dis net uit ʼn ondersteuner oogpunt...

In my eerste jaar het ek per chance gala aand kaartjies gekry en ek kon nie verstaan hoekom

mense my honderde rande aanbied asof ek een van Willy Wonka se Golden Tickets besit nie. So op

die Vrydagaand dress ek en ʼn paar vriendinne op en ons gaan kyk sêr in die Oudit.

Dit was die einde. Net daar het my obsessie met alles sêr begin.

(As mens nie kan deelneem nie, raak jy maar ʼn groupie)

Die volgende jaar is daar al vroeg beplan hoe sêr week aangepak word. Militêre taktieke word

bespreek en reinforcements ingeroep om met hul kredietkaarte net voor nege reg te sit en sêr

kaartjies per die interwebz te kry. Wat maak dit saak as jy met ʼn ekstra sêrkaartjie of twee

sit? Kies die beste een en verkoop die ander op die swartmark en betaal jou studielening af.

Nie net is die reinforcements ingeroep nie, maar daar is ʼn backup plan ook opgestel. Wat as ons

nie kaartjies kry nie? Dit word dan uitverkoop binne die eerste 2.5 sekondes (ek oordryf. 1.5

sekondes).

Ons sal maar by die Totius gaan uitkamp net vir ingeval.

Ek erken, dis baie beter om in die Oudit te gaan sêr kyk, die koshuise gee alles daar, dis

hoendervleis-kort-ʼn-ekstra-broek intens.

Maar niks beat die vibe in die Totius nie. Die koshuise is ontspanne, hulle waai en deel geskenkies

uit vir die lucky few in die gehoor en sêr etiket is redelik non-existent.

Dis hoekom ek nou nog na al die jare ʼn mansaand oudit kaartjie maklik van die hand kan wys net

om in die Totius te gaan kyk. Wat hierdie jaar meer interessant gaan maak is dat daar ‘n 3de

show die aand gaan wees ook. Dit gaan plaasvind in die saal op Onderwyskampus (C6).

Maar genoeg van my sêr-entoesiasme. Dis tyd om bietjie dieper in dinge te delf, veral vir die sêr

newbies.

Page 3: Sparkle sêr edition 2015

Sparkle – Sêr Edition 2015

Sêr For Dummies:

Wat is Sêr?

“Dit is twintig mense wat accapella sing, soos Pitch Perfect, net beter”

(Sêr deelnemer)

Wat is Sêr-Etiket?

Wanneer mens in die Oudit gaan sêr kyk is daar ʼn paar goed om te onthou:

- Jy mag glad nie die koshuise se name uitskree nie;

- Moenie geraas maak wanneer die noot gegee word nie, jy gooi die koshuis

heeltemal van hul groove af;

- Moenie aanhoudend klap nie, die sêr-klap is spesiaal vir jou entoesiasme ontwikkel

– dis soos jazz hands, net beter.

Hoe om die Totius Ry te Survive:

So jy wil ook die vibe van ʼn Totius aand beleef? Dan is daar ʼn paar goedjies wat jy moet

weet:

- Kom vroeg. Seriously vroeg. Voor half 7 klasse begin vroeg.

- Jy het 2 basiese goed nodig vir die sêrtou: Backup & Resources.

- Backup:

Jy kan nie verwag om vir ure en ure in ʼn tou te sit sonder backup nie. Jy gaan

honger word, jy gaan moet badkamer toe gaan en dan is daar nog klasse om te

oorweeg. Kry ʼn paar vriende bymekaar voor die tyd en werk ʼn skedule uit.

Page 4: Sparkle sêr edition 2015

Sparkle – Sêr Edition 2015

- Resources:

Jou basiese benodighede:

- Kos (nie net snacks nie, anders gaan jy nooit oorleef nie. Pak vir jou ʼn

sandwich);

- Water;

- Hoofpynpille (want heeldag in die son sit raak een te veel);

- Komberse (Sêr is in die winter so dit raak koud)

- Kussings.

Vir die wat ʼn paar ekstras wil saambring:

- Sambreel;

- Kampstoele;

- Matrasse;

- Coolbag;

- Tablet, laptop;

- Kaarte en/of board games

Page 5: Sparkle sêr edition 2015

Sparkle – Sêr Edition 2015

Sêrtou etiket:

Maak vriende met die mense om jou, julle sit heeldag saam met dieselfde doel. Die

maklikste manier om vriende te maak is om jou snacks vir die agter jou aan te bied. Die

ander manier is om jou pak kaarte uit te pluk en ʼn game te begin. Almal het ʼn nuwe

game om jou te leer en dit laat tyd vinniger verby gaan.

Indien jy plek hou, moenie dit in die dubbel syfers laat ingaan nie. ʼn Goeie getal is tussen

5 en 7 mense. Daar is niks slegter as om heeldag in die son te sit en skielik druk ʼn hele

koshuis voor jou in nie.

If you didn’t do the time...: Moenie van ander verwag om ʼn plek vir jou te hou as jy nie

een uur kon afstaan om ook in die tou te sit nie. Dit is onregverdig teenoor jou groep en

die kilometer lang tou agter jou. En trust me, die mense agter jou sal weet as jy nie

daar gesit het gedurende die dag nie.

Hou jou geld reg: Sodra die deure oopgaan is dit ʼn geskarrel en gestamp. Kom vinnig uit

almal se pad uit deur die kontant vir jou kaartjie reg te hê.

Sêr gossip:

- Dames voorgeskrewe lied: Therapy, Mary J Blige

- Mans voorgeskrewe lied: It had better be tonight, Michael Buble

- Is daar ʼn koshuis wat se tema gypsies is? Was dit nie laas jaar ook gedoen nie?

- Watter liedjies gaan die unofficial voorgeskrewe liedjies wees? Insider info sê:

Warriors (Imagine Dragons) , Blank Space (Taylor Swift), Love me Like you do en

Ugly Heart.

Wat sê laas jaar se Sêr Wenners, Minjonet, oor sêr?

Miemie Richter: “Sêr was ʼn amazing ervaring, dis iets wat jy vir niemand in woorde kan beskryf

nie. Jy maak sussies wat dieselfde passie deel. Die journey saam is die elangrikste en die

ongelooflikste tyd in jou lewe. Die wen was net ʼn bonus. Die gevoel om op die verhoog so

connected te wees dat jy bhyna kan antisipeer wat die een langs jou den. Dis eenvoudig magic. En

dis wat ser beteken, magic oomblikke in musiek.

Page 6: Sparkle sêr edition 2015

Sparkle – Sêr Edition 2015

welkom by Sêr 2015

Page 7: Sparkle sêr edition 2015

Sparkle – Sêr Edition 2015

From the inner Sêrkel ʼn Insider oogpunt

Toe ek my eerste sêr gekyk het, was ek heeltemal weggeblaas. Ek het nie besef dat dit moontlik is om ‘n hele simfonieorkes te wees, net deur jou mond te gebruik nie. Ek was verslaaf. En toe ek op die PUK aankom, besef ek dat ek nie die enigste een is nie! As ‘n sêrlid kan ek egter sê dat die eindproduk baie misleidend kan wees. Dit is nie net soos is Pitch Perfect wat almal in ‘n swembad staan en improviseer en skielik amazing klink nie. DIt is dekselse harde werk! Hier is 5 “mites” oor sêr. Sommige is baie baie waar... En ander BAIE nie! 1. Jou sêr groep klink van die begin af goed

VALS!! Alhoewel elke individuele sêrlid wel ongelooflik talentvol is, klink jy as ‘n groep nie altyd goed nie. Stemme verskil te veel. Deel van die 12 ure per week wat ons oefen, is om ons klank só te kry dat dit bymekaar en by die liedjie pas.

2. Jy het woorde baie woorde om te sing

VALS!! Meeste van jou repetoire bestaan uit “Doem doem”, “Din din” en “Aaaaahhhh”. Dit is om die klank te vorm waarop die solo die woorde sal sing.

3. Jy oefen baie

WAAR!! O so waar! Soos ek gesê het: hierdie jaar is dit 3 ure per aand, 4 aande per week. Dit is oefennaweke. Dit is sêrkamp, wat ‘n week lank is. Maar dit is deur en deur die moeite werd! Die eindproduk is gewoonlik AMAZING! Sien hierdie soos leer vir ‘n eksamen – hoe harder jy leer en hoe meer moeite jy insit, hoe beter is jou punte.

Page 8: Sparkle sêr edition 2015

Sparkle – Sêr Edition 2015

4. Jy moet musikaal wees om te kan sêr sing VALS!! Alhoewel dit help, is ‘n gebore musikaliteit nie ‘n vereiste nie. Meeste van ons kan nie ‘n instrument speel nie, en ‘n paar van ons het nooit iets anders as laerskoolkoor gesing nie. Vir party van die meisies is dit die eerste keer in hulle lewe wat hulle in ‘n ander plek as die kerk en die stort sing! Die belangrike deel is om nootvas te wees, ‘n goeie stem te hê en nie bang te wees om te leer nie.

5. Jy raak baie close

WAAR!! Hierdie was vir my die wonderlikste van sêr. Jy raak meer as vriendinne – jy raak soos sussies. Jy lag soos sussies, baklei soos sussies, en huil soos sussies... Maar jy sal enigiets vir daardie 19 meisies saam met jou opoffer!

So jy wil sêr sing... hier’s wat jy moet hê Commitment. Wees bereid om van jou tyd op te offer “for the greater good” Energie. Hoe meer energie, hoe beter gaan jou medley waarskynlik klink Dissipline. Luister na die afrigter, en jou mede sêrlede. Leer jou tracks en

werk saam Selfvertroue. Embrace your inner diva en SING! Sêr is groot op die PUK. Huge. Jy word verskoon van klasse. Jy word aangekyk met ‘n bewondering asof jy ‘n rockstar is. Mense slaap letterlik in rye in jou te kom sien! Maar vir my het hierdie meer beteken as wat ek ooit besef het dit sou. Dit het my stem ongelooflik ontwikkel. Dit het my selfvertroue gebou, my gemaklik gemaak met wie ek is. Ek het geleer van uithouvermoë (glo my, die 50ste keer klink daai medley nie meer so cool vir jou soos die eerste keer nie). Ek het geleer om mense uit alle dele van die lewe ‘n kans te gee. Ek het geleer dans! Ek het vriende gemaak wat ek voor sal oorlog toe gaan. Ek het die beste ervaring van my studentelewe!

Page 9: Sparkle sêr edition 2015

Sparkle – Sêr Edition 2015

Flashback

2011:

Page 10: Sparkle sêr edition 2015

Sparkle – Sêr Edition 2015

2012:

Page 11: Sparkle sêr edition 2015

Sparkle – Sêr Edition 2015

2013:

Page 12: Sparkle sêr edition 2015

Sparkle – Sêr Edition 2015

2014:

Page 13: Sparkle sêr edition 2015

Sparkle – Sêr Edition 2015

Belangrike datums:

- 21 Julie – Dames aand

- 22 Julie – Mans aand

- 23 Julie – Finale aand (Top 5 Mans en

Top 5 Dames)

- 24 Julie – Gala aand (Wenners word

aangekondig)