studente - nwu | north-west university · 8 het die hof bevind dat die jurisdiksionele feite wat in...
TRANSCRIPT
STUDENTEREGSTYDSKRIF
UITGAWE 12013
http://www.nwu.ac.za/webfm_send/88525
Outeur:DJ Nel
VEREISTES VIR VISENTERINGSLASBRIEWE INGEVOLGE DIE STRAFPROSESWET 51 VAN 1977
NOORDWES-UNIVERSITEIT
DJ NEL 2013(1) NWUSR / NWUSLR
25/139
Vereistes vir visenteringslasbriewe ingevolge die Stafproseswet 51 van 1977
DJ NEL 1 Inleiding
In die Suid-Afrikaanse reg kom daar dikwels onsekerheid voor oor die presiese
posisie betreffende deursoekingslasbriewe en die geldigheidsvereistes wat daarmee
gepaardgaan. Die Strafproseswet 51 van 19971 bevat die algemene bepalings ten
opsigte van deursoekings van en beslagleggings op persone se privaat eiendom.
Deursoekings en so meer word hoofsaaklik deur artikel 19 van die Strafproseswet
gereël. Visentering of die deursoeking van persone of persele en beslaglegging op
persone se privaat eiendom deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens is prima facie
strydig met ’n persoon se fundamentele regte wat in Hoofstuk 2 van die Grondwet
van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 verskans is.2 Hoofsaaklik sluit hierdie
fundamentele regte vryheid en sekerheid van die persoon en elkeen se reg op
privaatheid3 artikel 12 en 14 van die Grondwet) in. Hierdie regte kan ingevolge artikel
36 van die Grondwet deur ‘n redelike en regverdigbare algemeen geldende
regsvoorskrif beperk word. Die Strafproseswet is die redelike en regverdigbare
algemeen geldende regsvoorskrif wat die fundamentele regte kan beperk en hieroor
bestaan daar genoegsame regsekerheid.
Die bepalings van hoofstuk 2 (aa 19, 20, 21 en 25) van die Strafproseswet doen nie
afbreuk aan die bevoegdheid om ’n perseel te betree of om ’n persoon, houer of
perseel te visenteer of om op iets beslag te lê, iets verbeurd te verklaar of om oor
iets te beskik, wat by ’n ander wet4 verleen word nie.5 Dit is egter nie moontlik om in
1 Hierna die Strafproseswet. 2 Hierna die Grondwet; Minister of Safety and Security v Van Der Merwe [2011] ZACC 19 par [35]. 3 Artikel 12 en 14 van die Grondwet. 4 Vervat in, byvoorbeeld, Die Wet op die Ondersoek van Ernstige Ekonomiese Misdrywe, 117 van
1991; Die Wet op Beheer van Vuurwapens, 60 van 2000; Wet op Dwelms en Dwelmsmokkelary, 140 van 1992.
DJ NEL 2013(1) NWUSR / NWUSLR
26/139
hierdie bydrae na al daardie ander wette te verwys nie. Ten einde hierdie probleem
effektief aan te spreek, moet elke statutêre instrument aangewend word om misdaad
uit te roei, of ten minste te verminder, of om dit aansienlik te verbeter.
ʼn Lasbrief wat ingevolge artikel 21 van die Strafproseswet uitgereik is, is een die
belangrikste instrumente wat daarop gerig is om die polisie te help om hul
grondwetlike mandaat van, onder andere, die voorkoming, die stryd teen, en die
ondersoek van misdaad effektief uit te voer.6 ʼn Lasbrief is ook ʼn manier in die
Strafproses waardeur die individu teen staatsmag beskerm word. Die vereiste van ʼn
lasbrief verseker dat die polisie nie private huise en eiendomme vir geen spesifieke
rede binneval of, nog erger, terroriseer nie. Alhoewel visentering sonder ‘n lasbrief
wel ingevolge die Strafproseswet in sekere gevalle toelaatbaar is, word daar in
hierdie bydrae net verwys na gevalle waar betreding en deursoeking van privaat
persele kragtens ‘n lasbrief geskied. Die lasbrief verseker verder dat die Staat, meer
spesifiek, die Staat se indringing op die individu se privaatheid, geregverdig optree.7
Hierdie bydrae bied ’n breë oorsig van die regsposisie ten opsigte van deursoekings-
lasbriewe ingevolge die Strafproseswet. Daar sal ook na onlangse konstitusionele
regspraak, waarin die geldigheid van visenteringslasbriewe betwyfel is, verwys word.
2 Deursoeking kragtens ’n visenteringslasbrief 2.1 Voorwerpe vatbaar vir beslaglegging
Artikel 20 van die Strafproseswet bepaal dat die Staat (dit sluit polisiebeamptes in)
slegs op sekere tipes voorwerpe beslag mag lê. Volgens artikel 20(a) sluit dit
voorwerpe wat by die pleging van ‘n misdryf betrokke is, of selfs wat op redelike
gronde vermoed word by die pleging van ‘n misdryf betrokke te wees, in. Ingevolge
artikel 20(b) en (c) word voorwerpe wat tot bewys kan strek van die pleging van 'n
5 A 19 van die Strafproseswet. 6 Minister of Safety and Security v Van Der Merwe [2011] ZACC 19 par [35]. 7 Du Toit et al Commentary on the Criminal Procedure Act RS 45, 2010 ch2 2T; Minister of Safety
and Security v Van Der Merwe [2011] ZACC 19 par [36].
DJ NEL 2013(1) NWUSR / NWUSLR
27/139
misdryf, hetsy binne die Republiek of elders, ook ingesluit. In hierdie verband kan
daar na regspraak verwys word om die uitleg van artikel 20 beter te verstaan.
In die saak van Elefterios Polonyfis v The Minister of Police,8 het die hof bevind dat
die jurisdiksionele feite wat in die uitreiking van ʼn enkele lasbrief benodig word, in al
drie subartikels van artikel 20 gevind kan word. Met ander woorde, dit kan ʼn
voorwerp wees wat by die pleging van ʼn misdryf betrokke is, wat tot bewys kan strek
van die pleging van ʼn misdryf en wat op redelike gronde vermoed word bestem te
wees om by die pleging van ’n misdryf betrokke te wees. Hierdie sal dikwels die
geval wees veral omdat die subartikels in die algemeen uitgelê word en dit is byna
onmoontlik om die artikels af te baken.9
2.2 Algemene reëls
Ingevolge artikel 21(1) van die Strafproseswet behoort deursoekings en
beslagleggings, waar enigsins moontlik, slegs uit hoofde van ’n lasbrief wat deur ’n
regterlike beampte, soos ’n landdros of ’n regter, uitgereik is, te geskied. Dit is ’n
meganisme wat deur wetgewing in werking getree het ten einde te verseker dat ’n
onafhanklike regterlike beampte tussen die polisiebeampte en die burger staan en
sodoende verhoed dat daar onnodig op die regte van die individu inbreuk gemaak
word.10
Die tydstip wanneer die lasbrief aangevra word, met ander woorde, voor of tydens
die verhoor, verskil van mekaar. Dit val egter binne die diskresie van die regterlike
beampte om in elke afsonderlike geval te bepaal of daar redelike gronde vir die
deursoeking bestaan ten einde ‘n lasbrief uit te reik al dan nie.11 Wanneer die
regterlike beampte besluit of daar redelike gronde vir die deursoeking bestaan, oefen
die regterlike beampte ‘n diskresie uit – net soos die diskresie wat hy by die
verlening van borgtog, die uitstel van ‘n verhoor, die oplegging van vonnis en so
8 2011 JDR 0202 (SCA). 9 Elefterios Polonyfis v The Minister of Police 2011 JDR 0202 (SCA) par [10]. 10 Park-Ross v Director: Office for Serious Economic Offences 1995 2 SA 148 (K) 172. 11 Joubert (red) Strafprosesreg Handboek 138.
DJ NEL 2013(1) NWUSR / NWUSLR
28/139
meer, uitoefen.12 Soos in elkeen van die ander gevalle, moet hy hierdie diskresie
geregtelik uitoefen. Dit beteken bloot dat die regterlike beampte sy diskresie redelik,
reëlmatig en ooreenkomstig die reg moet uitoefen met inagneming van al die
wesenlike feite.13 Die gronde, soos dit hier gebruik word, verwys na feite. Dit beteken
dat daar slegs gronde vir ‘n bepaalde vermoede of geloof sal bestaan indien die
vermoede of geloof met die beskikbare feite strook. Die bestaan al dan nie van ‘n feit
is iets wat objektief vasgestel moet word.14 Dit beteken dat daar gekyk moet word
na dit wat werklik bestaan en nie na dit wat iemand dink bestaan nie.15 Ingevolge
artikel 21(1) moet ’n onafhanklike, objektiewe, verantwoordelike beampte so ’n
beoordeling doen.16 Die regterlike beampte moet self besluit of daar redelike gronde
vir die deursoeking bestaan.17
2.3 Die diskresie van ʼn regterlike beampte
ʼn Landdros wat oor die toestaan van ʼn visenteringslasbrief moet besluit, oefen ʼn
regterlike diskresie uit om die aard en strekking van die deursoeking deur ʼn lasbrief
te reguleer. Na hierdie oorweging, kan die landdros die lasbrief uitreik.18 Die taak
vereis dat die lasbrief presies verfyn moet word ten einde te verseker dat die doel
van hierdie lasbrief duidelikheid aan moontlike draers van hierdie lasbrief gee. Die
diskresie van die landdros moet redelik, reëlmatig en ooreenkomstig die reg
uitgeoefen word en met inagneming van alle tersaaklike faktore en wesenlike feite.19
By die aanvraag van ʼn lasbrief deur ʼn polisiebeampte moet inligting onder eed voor
‘n landdros geplaas word. Die inligting kan in die vorm van skriftelike beëdigde
verklarings wees of in die vorm van mondelinge getuienis onder eed en waarvan ʼn
oorkonde gehou moet word.20 Die inligting moet ʼn redelike basis vir die geloof dat ʼn
voorwerp soos bedoel in artikel 20, in die besit of onder die beheer van ʼn persoon
12 Joubert (red) Strafprosesreg Handboek 138. 13 Ismael v Durban City Council 1973 2 SA 362 (N). 14 S v Van Heerden 1958 3 SA 150 (T) op 152 en S v Nell 1967 4 SA 489 (SWA) op 494-496. 15 Joubert (red) Strafprosesreg Handboek 138. 16 Joubert (red) Toegepaste Reg vir Polisiebeamptes (Juta Kaapstad 2001) 76. 17 Joubert (red) Strafprosesreg Handboek 138. 18 Du Toit et al Commentary on the Criminal Procedure Act RS 45, 2010 ch2 3. 19 Joubert (red) Strafprosesreg Handboek 138; Ismael v Durban City Council 1973 2 SA 362 (N). 20 Kriegler Hiemstra Suid-Afrikaanse Strafproses 34.
DJ NEL 2013(1) NWUSR / NWUSLR
29/139
binne die landdros of vrederegter se regsgebied is, verskaf.21 Die betrokke
voorwerp kan ook aan sy persoon wees.22
Indien ʼn lasbrief tydens die verhoor van ʼn misdryf versoek word, is dit nie nodig om
inligting onder eed voor die landdros te plaas nie.23 Enige inligting wat dit tot sy
kennis bring dat so ‘n voorwerp op ʼn perseel, of in die besit, of onder die beheer van
iemand is, is voldoende gronde vir die uitreiking van ʼn lasbrief – mits die voorwerp in
die landdros se oordeel as bewys by die verrigtinge nodig is.24
ʼn Landdros wat die aansoek om ʼn lasbrief oorweeg, moet seker maak dat die
lasbrief duidelikheid verskaf oor die tipe misdryf wat gepleeg is (of vermoed word
gepleeg te wees). Waar daar vermoed word dat ʼn misdryf gepleeg is, moet die
inligting wat reeds beskikbaar is of wat geredelik bekom kan word, by sodanige
misdade ingesluit word en die landdros moet aandring dat die lasbrief
dienooreenkomstig gewysig word.25
Die redelike gronde waarna artikel 21(1) verwys, is in die saak van Cine Films (Pty)
Ltd v Commisioner of Police26 bespreek. Volgens die hof is daar ʼn verskil tussen
gronde vir die instelling van ʼn vervolging en ʼn mening dat daar voldoende gronde
bestaan om bewyse te vind. Die woord "bewyse" word hier in gesprekstaal gebruik
en is nie beperk tot bewyse wat in ʼn geregshof toelaatbaar sal wees nie. Die hof het
ook bevind dat die voorwerpe waarna daar in artikel 20 verwys word en waarop
beslag gelê moet word, met voldoende sekerheid in die lasbrief omskryf moet word.
Wat egter van die gevalle waar die goed waarop beslag gelê moet word, nie met
voldoende sekerheid omskryf word nie? Daar is in regspraak bevind dat ʼn wyd-
bewoorde visenteringslasbrief in sodanige omstandighede ter syde gestel sal word.
In die saak World Wide Film Distributors v Divisional Commissioner27 het dit gebeur
21 Kriegler Hiemstra Suid-Afrikaanse Strafproses 34. 22 Kriegler Hiemstra Suid-Afrikaanse Strafproses 34. 23 Kriegler Hiemstra Suid-Afrikaanse Strafproses 34. 24 Kriegler Hiemstra Suid-Afrikaanse Strafproses 34. 25 Du Toit et al Commentary on the Criminal Procedure Act RS 45, 2010 ch2 3; Van Der Merwe v
Additional Magistrate, Cape Town 2010 1 SACR 470 (C) par [48]. 26 1971 4 SA 574 (W) 582 C. 27 1971 4 SA 312 (K).
DJ NEL 2013(1) NWUSR / NWUSLR
30/139
dat ʼn lasbrief die polisie bemagtig het om te soek na rolprente in verband met ʼn
beweerde inbreuk op kopiereg. Die fout was dat die lasbrief die polisie beveel het om
films te neem sonder inagname of hierdie films werklik op kopiereg inbreuk gemaak
het al dan nie. Die hof het in hierdie geval bevind dat daar strenger gelet moes word
op wat deur die Wet op Outeursreg 98 van 1978 strafbaar gestel word en wat nie.
2.4 Algemene visenteringslasbriewe
Artikel 21 reël die prosedure met betrekking tot visenteringslasbriewe. Volgens
artikel 21(1)(a) mag daar op ʼn voorwerp beslag gelê word kragtens ʼn
visenteringslasbrief wat deur 'n landdros of vrederegter uitgereik is. So ‘n
visenteringslasbrief kan uitgereik word indien dit uit inligting onder eed blyk dat
redelike gronde wel bestaan om te dink dat so 'n voorwerp in die besit of onder die
beheer van ‘n persoon, of aan sy persoon of op sy perseel, is.28 Alternatiewelik,
volgens artikel 21(1)(b), kan ‘n visenteringslasbrief uitgereik word deur 'n regter wat
by strafregtelike verrigtinge voorsit indien dit aan so 'n regter blyk dat so 'n voorwerp
in die besit of onder die beheer van 'n persoon, of op of by sy perseel, as getuienis
by bedoelde verrigtinge, nodig is.29 ‘n Onderskeid moet dus getref word tussen die
verskillende tydstippe van die Strafproses wanneer die lasbrief aangevra word. In
die algemeen word lasbriewe tydens die voor-verhoor fase van die Strafproses
aangevra. ʼn Regter of streekslanddros kan nie vooraf genader word nie; slegs ʼn
landdros of ʼn vrederegter kan gevra word om ʼn lasbrief uit te reik.30 Indien ʼn lasbrief
tydens die verhoor aangevra word, moet die regterlike beampte wat die verhoor
waarin die betrokke misdryf bereg word, genader word.31
Wat gebeur egter in die geval waar ‘n streekslanddros voor die aanvang van die
verhoor vir ‘n lasbrief genader word? In die saak van S v Dos Santos32 het die staat
geargumenteer dat ʼn lasbrief wat deur ʼn streekslanddros uitgereik is ongeldig is,
omdat ʼn streekslanddros nie ʼn landdros vir doeleindes van artikel 21(1) van die
Strafproseswet is nie. Ingevolge artikel 35(3) van die Grondwet het elke beskuldigde
28 Kriegler Hiemstra Suid-Afrikaanse Strafproses 33. 29 Kriegler Hiemstra Suid-Afrikaanse Strafproses 33. 30 Kriegler Hiemstra Suid-Afrikaanse Strafproses 34. 31 Kriegler Hiemstra Suid-Afrikaanse Strafproses 34. 32 2010 2 SACR 382 (SCA).
DJ NEL 2013(1) NWUSR / NWUSLR
31/139
persoon die reg op ʼn billike verhoor. Die hof het bevind dat die Grondwet se
spesifieke uitsluitingskriteria nie voorsiening maak vir die outomatiese uitsluiting van
getuienis wat verkry is in die skending van 'n beskuldigde se grondwetlike regte nie.
Getuienis behoort slegs uitgesluit te word as die toelating van die getuienis die
verhoor onbillik sal maak of as dit vir die regspleging nadelig sal wees.33 Om bloot
die getuienis uit te sluit net omdat die verkeerde landdros vir die uitreiking van die
lasbrief genader is sal teen die gees en strekking van die Grondwet indruis.34
Artikel 21(2) bepaal dat ’n lasbrief ’n polisiebeampte moet aansê om op die betrokke
voorwerp beslag te lê. Vir hierdie doel word so ’n polisiebeampte gemagtig om ’n
persoon of perseel wat in die betrokke lasbrief geïdentifiseer word, of enige persoon
wat op of by daardie perseel gevind word, te deursoek.35 Dit is ʼn belangrike
beginsel van die strafprosesreg dat ʼn lasbrief streng in belang van die beskerming
van die individu teen oormatige staatsingryping, uitgelê moet word.36 ʼn
Geïdentifiseerde polisiebeampte moet bemagtig word om die lasbrief uit te voer.
Lasbriewe wat private individue magtig om te deursoek en beslag te lê op
voorwerpe, is ultra vires die Strafproseswet.37 Dit is nie nodig om elke voorwerp
presies in die lasbrief te beskryf nie. Die tipes of klasse voorwerpe kan ook
geïdentifiseer word, solank daar redelike en duidelike beskrywings in dié verband
gegee word.38
In gevalle waar die gesogte voorwerp duidelik in die lasbrief beskryf word, is dit nie
nodig om na die misdryf te verwys nie.39 Die persoon wat aan die deursoeking en
beslaglegging onderhewig is, behoort so redelik as moontlik ingelig te word oor
watter voorwerp(e) hy moet oorhandig. Die plig van die polisiebeampte om tegniese
33 S v Dos Santos 2010 2 SACR 382 (SCA) par [21]. 34 S v Dos Santos 2010 2 SACR 382 (SCA) par [24]. 35 Joubert (red) Strafprosesreg Handboek 139. 36 NUSAS v Divisional Commissioner SAP 1971 4 SA 574 (W). 37 Du Toit et al Commentary on the Criminal Procedure Act RS 45, 2010 ch2 4; Extra Dimension v
Kruger 2004 2 SACR 493 (T) 396j-497h. 38 Du Toit et al Commentary on the Criminal Procedure Act RS 45, 2010 ch2 4; Powell NO v Van
der Merwe 2005 1 SACR 317 (SCA) 340b-c. 39 Minister of Safety and Security v Van Der Merwe [2011] ZACC 19 par [27].
DJ NEL 2013(1) NWUSR / NWUSLR
32/139
besonderhede van die voorwerpe te verskaf, moet daarenteen nie die ondersoek
van die polisiebeampte aan die wiele ry nie.40
Artikel 21(3)(a) bepaal dat ʼn lasbrief gedurende die dag uitgevoer moet word, tensy
die persoon wat die lasbrief uitreik skriftelik die uitvoering daarvan gedurende die
nag magtig. Verder bepaal artikel 21(3)(b) dat 'n visenteringslasbrief op enige dag
uitgereik kan word en van krag bly totdat dit uitgevoer is of deur die persoon wat dit
uitgereik het, of indien daardie persoon nie beskikbaar is nie, deur iemand met
dergelike gesag, teruggetrek word.
2.5 Lasbrief uitgereik kragtens artikel 25
Artikel 25 van die Strafproseswet bemagtig polisiebeamptes om ʼn perseel te betree
in verband met staatsveiligheid en dit is ʼn gevolg van die beslissing van Wolpe v
Officer Commanding South African Police, Johannesburg.41 Hierdie beslissing het
uiteindelik tot die invoeging van artikel 25 in die Strafproseswet gelei. Artikel 25(1)
bepaal dat ‘n landdros ‘n lasbrief mag uitreik indien dit vanuit inligting onder eed blyk
dat daar redelike gronde is om te dink dat die binnelandse veiligheid waarskynlik in
gevaar gestel sal word deur 'n vergadering wat in of op 'n perseel gehou word.
Verder mag ‘n landdros ook ‘n lasbrief uitreik indien 'n misdryf gepleeg word of indien
voorbereidings vir die pleging van 'n misdryf in of op 'n perseel getref word. Die
lasbrief bemagtig die polisiebeampte om die betrokke perseel op 'n redelike tyd te
betree ten einde die ondersoek in te stel en die stappe te doen wat bedoelde
polisiebeampte nodig ag vir die bewaring van die binnelandse veiligheid van die
Republiek; of vir die voorkoming van 'n misdryf; of om die perseel of enige persoon
in of op die perseel te deursoek vir 'n voorwerp wat bedoelde polisiebeampte op
redelike gronde vermoed in of op of by die perseel of aan bedoelde persoon is; en
om so 'n voorwerp in beslag te neem.
’n Lasbrief ingevolge artikel 25(1) verleen wye bevoegdhede aan die polisie. Hierdie
wye bevoeghede moet daarom streng uitgelê word. Die feit dat die polisiebeampte
40 Du Toit et al Commentary on the Criminal Procedure Act RS 45, 2010 ch2 4; Powell NO v Van der Merwe 2005 1 SACR 317 (SCA) 340b-c.
41 1955 2 SA 87 (W).
DJ NEL 2013(1) NWUSR / NWUSLR
33/139
wat uit hoofde daarvan optree, enige stappe kan doen wat hy nodig ag ter bewaring
van die binnelandse veiligheid van die Republiek, die handhawing van wet en orde
of vir die voorkoming van ’n misdryf, beteken dat die polisiebeampte se diskresie in
die verband subjektief beoordeel moet word. Die diskresie wat aan sulke
polisiebeamptes verleen word is ‘n wye diskresie. Volgens Hiemstra lê beteken dit
dat so ʼn lasbrief slegs aan senior lede van die polisiemag toevertrou moet word.42
Die woord "polisiebeampte" word in artikel 1 van die Strafproseswet gedefinieer as ʼn
lid van die mag soos omskryf in artikel 1 van die Polisiewet.43 Dit beteken dat ʼn
konstabel ook ʼn polisiebeampte vir doeleindes van die Strafproseswet is. Die stappe
wat hy doen, soos die ontbinding van ‘n vergadering of inhegtenisname van die
voorname, sal subjektief beoordeel sal word, aangesien dit stappe is wat bedoelde
polisiebeampte nodig ag.44
2.6 Algemene inligtingsvereiste met betrekking tot lasbriewe
As ’n beginsel vir gesonde regspleging is dit wesenlik dat, wanneer daar kragtens ’n
lasbrief opgetree word, die betrokke onderdaan insae in die dokument wat die
inbreukmaking op sy private belange magtig, verkry.45 In gevalle waar die individu
nie insae in die lasbrief kan verkry nie, kan dit moontlik aanleiding gee tot
verskillende regsaksies wat die individu teen die polisie kan instel. Waar die polisie
byvoorbeeld buite die bepalings van die lasbrief optree en ‘n venster onnodig breek,
moet die polisie tog deliktueel vir daardie skade aanspreeklik gehou word. Die
effektiewe uitoefening van regsmiddele, byvoorbeeld ’n interdik of selfs die instelling
van die rei vindicatio en die Actio legis Aquiliae, kan grootliks daarvan afhang.46 Die
rei vindicatio is ʼn sakeregtelike remedie waarmee ʼn eienaar ʼn bestaande en
identifiseerbare saak (of gelykstaande waarde daarvan) kan terugvorder.47 Die Actio
legis Aquiliae is ʼn deliktuele remedie waarmee die eienaar van ʼn saak
42 Kriegler Hiemstra Suid-Afrikaanse Strafproses 41. 43 7 van 1958. 44 Kriegler Hiemstra Suid-Afrikaanse Strafproses 41. 45 Joubert (red) Strafprosesreg Handboek 141. 46 Joubert (red) Strafprosesreg Handboek 141. 47 Van Der Walt en Pienaar Inleiding tot die Sakereg 157.
DJ NEL 2013(1) NWUSR / NWUSLR
34/139
skadevergoeding eis van ʼn persoon wat die saak op ‘n onregmatige, skuldige wyse
beskadig of vernietig het.48
In die geval waar 'n persoon insae in die lasbrief moet verkry, bepaal artikel 21(4)
van die Strafproseswet dat 'n polisiebeampte wat 'n lasbrief ingevolge artikel 21 of
artikel 25 uitvoer, na sodanige uitvoering, op versoek van iemand wie se regte
geraak is, 'n afskrif van die lasbrief aan hom oorhandig. Oorhandiging kan net gevra
word nadat die deursoeking afgehandel is. Waar die deursoeking reeds begin het,
kan hy kragtens algemene beginsels eis dat die lasbrief aan hom getoon word.49 Dit
is dus duidelik dat die persoon nie geregtig is op ’n afskrif van die lasbrief voor
sodanige deursoeking en baslaglegging begin het nie. Die persoon moet eerder
daarop geregtig wees om die oorspronklike lasbrief te besigtig en te inspekteer
voordat die deursoeking of beslaglegging begin.50
Volgens Joubert bestaan daar twee besware teen artikel 21(4). Eerstens, ’n afskrif
van die lasbrief behoort, waar moontlik, reeds voor die deursoeking en/of
beslaglegging oorhandig te word indien die onderdaan tydens die uitvoering van die
lasbrief teenwoordig is. Tweedens, oorhandiging van ’n afskrif behoort nie van ’n
versoek van die betrokkene af te hang nie.51 Volgens Joubert moet dit nie van ’n
versoek afhang nie, omrede baie onderdane weens ‘n gebrek aan regskennis hulself
potensieel sal benadeel deur nie sodanige versoeke te rig nie.52 Die voorskrif
aangaande oorhandiging geld ook vir ’n deursoeking kragtens artikel 25.53
In die saak van Elefterios Polonyfis v The Minister of Police54 het die hof beslis dat
dit belangrik is dat die polisiebeampte ʼn afskrif van die lasbrief aan die persoon wat
deursoek word, oorhandig slegs nadat die deursoeking plaasgevind het. Die rede
hiervoor is dat die deursoeking- en beslagleggingsproses ʼn eensydige uitoefening is
wat nie van die samewerking van die onderdaan wat deursoek word, afhang nie. Dit
48 Van Der Walt en Pienaar Inleiding tot die Sakereg 168. 49 Kriegler Hiemstra Suid-Afrikaanse Strafproses 37. 50 Du Toit et al Commentary on the Criminal Procedure Act RS 45, 2010 ch2 4A. 51 Joubert (red) Strafprosesreg Handboek 141. 52 Joubert (red) Strafprosesreg Handboek 141. 53 Kriegler Hiemstra Suid-Afrikaanse Strafproses 37. 54 2011 JDR 0202 (SCA).
DJ NEL 2013(1) NWUSR / NWUSLR
35/139
hang van die deursoekende polisiebeampte af om te besluit of ʼn voorwerp binne die
bepalings van die lasbrief val al dan nie. ʼn Afskrif behoort op aanvraag aan die
onderdaan oorhandig te word sodat hy kan besluit of hy die geldigheid van die
lasbrief wil aanveg op grond daarvan dat dit óf onregmatig uitgereik is óf onregmatig
uitgevoer is.55
2.7 Regspraak oor die geldigheid van lasbriewe
In die onlangse saak van Powell NO v Van der Merwe56 moes die hof beslis of ʼn
lasbrief vir die beslaglegging op dokumente so duidelik en presies bewoord moet
word dat daar geen ruimte vir die polisie bestaan om misbruik daarvan te maak nie.
Met ander woorde, die polisie moet op alle dokumente wat op die perseel voorkom
beslag lê, selfs al het dit niks met die ondersoek te doen nie. Cameron R het na die
uitspraak van Divinsional Commisioner of SA Police, Witwatersrand Area v SA
Assosiated Newspapers Ltd57 verwys waar Beyers R die volgende te sê gehad het:
It has been long estabilished that the Courts will refuse to recognise as avalid warrant the terms of which are too general. The executing officer, when examining the documents reffered to in the warrant must, in deciding whether he will seize aparticular document, use his judgement as to whether it will afford evidence as to the commision of the crime being investigated. It seems to me that in the present case the warrant allows him no discretion at all. He is allowed the latitude of seizing ‘all’ the documents ‘concerningreports in connection with conditions in goals, etc’. 58
Cameron R het hiermee saamgestem en beslis dat:
55 Elefterios Polonyfis v The Minister of Police 2011 JDR 0202 (SCA) par [19]. 56 2005 1 SASV 317 (HHA). Die feite van die saak was dat’n lasbrief ingevolge artikel 29(5) van die
Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag 32 van 1998 uitgereik wat die deursoeking (as deel van ’n voorlopige ondersoek na beweerde ongerymdhede) van die eerste applikant se eiendom magtig. Daar is gevolglik op verskeie dokumente beslag gelê (waarvan sommiges later aan die applikant terugbesorg is). Die applikant het aansoek gedoen vir die teruggawe van die oorblywende dokumente. Hierdie aansoek was onsuksesvol in die Hoë Hof en die saak is op appèl geneem. Die Hoogste Hof van Appèl het onder andere die kwessie van die bewoording van ’n lasbrief (as ’n geldigheidsvereiste) oorweeg.
57 1966 2 SA 503 (A). 58 Powell NO v Van der Merwe 2005 1 SASV 317 (HHA) par [56].
DJ NEL 2013(1) NWUSR / NWUSLR
36/139
The ambit is so wide that the imagination boggles at the suggestion that the reexisted reasonable grounds for believing that each and every document in this large catogory ‘would’ not ‘might’ afford evidence.59
Die hof in Powell het bevind dat, indien die lasbrief vaag en onduidelik bewoord is,
die lasbrief ongeldig is en dat dit tersyde gestel moet word.60 Cameron R het ʼn stel
riglyne neergelê wat gevolg moet word indien daar gevalle voorkom waar daar
oorweging geskenk moet word of ʼn lasbrief vaag en onduidelik is.61 Vanuit die
uitspraak blyk dit ook dat die howe as bewakers van die ideale van die regstaat,
moet toesien dat alledaagse wetstoepassing nie vir misbruik vatbaar is nie. Dit sluit
die bewoording en aanwending van lasbriewe in. Indien ’n lasbrief so wyd of vaag
bewoord is dat dit feitelik onbeperkte bevoegdheid aan die polisie of ander
wetstoepassers bied, is daar altyd ruimte vir misbruik. Die punt wat regter Cameron
hier maak is dat die vae bewoording van ’n lasbrief, die lasbrief as sodanig ongeldig
maak, ongeag of sodanige lasbrief inderdaad tot misbruik aanleiding gee al dan
nie,.62
In die saak van Elefterios Polonyfis v The Minister of Police63 het die hof beslis dat,
indien die polisie beslag lê op goedere wat nie in die lasbrief beskryf word nie en wat
maklik geïdentifiseer kan word en dadelik, sonder vooroordeel, aan die persoon wat
in beheer van die perseel is, terugbesorg kan word, die openbare beleid bepaal dat
59 Powell NO v Van der Merwe 2005 1 SASV 317 (HHA) par [57]. 60 Powell NO v Van der Merwe 2005 1 SASV 317 (HHA) par [60]. 61 Powell NO v Van der Merwe 2005 1 SASV 317 (HHA) par [59]. 62 Kemp, Terblanche en Watney Strafprosesreg Vonnisbundel 38; Powell NO v Van der Merwe
2005 1 SASV 317 (HHA) par [60]. 63 2011 JDR 0202 (SCA). Die feite van die saak isdie appellant het geappelleer teen die beslissing
van die Noord Kaapse Hoë Hof wat ʼn aansoek om ʼn lasbrief uitgereik deur die landdros van Colesberg ter syde te stel, van die hand gewys. Die appellant was die eienaar van ʼn besigheid wat handel gedryf het onder die naam The Entertainment Centre en wat geleë is te Colesberg. Op versoek van lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, het die landdros ʼn visenteringslasbrief uitgereik en daar was ʼn beëdigde verklaring aangeheg aan die lasbrief. Die beëdigde verklaring het ʼn wye beskrywing gegee van die goedere in die lasbrief. Op die dag van die deursoeking het die polisiebeamptes slegs ʼn kopie van die lasbrief aan die eienaar van die perseel oorhandig en nie die beëdigde verklaring nie. Daarna het die polisiebeamptes beslag gelê op ʼn verskeidenheid goedere, wat dobbel masjiene, ʼn muntstukteller, ʼn skaal wat gebruik word om ruilmunte te weeg, dokumente, asbakkies, sleutels en verskeie ander klein items insluit. Die hof a quo het bevind dat die feit dat die polisie versuim het om ʼn volledige lasbrief te oorhandig, nie die lasbrief wat ondersteun is deur ʼn beëdigde verklaring ongeldig maak op grond van vaagheid nie. Die Hoogste Hof van Appèl het saam gestem met die hof a quo se beslissing en beslis dat die hof a quo nie verkeerd was om die appellant se aansoek van die hand te wys nie.
DJ NEL 2013(1) NWUSR / NWUSLR
37/139
die bekamping van misdaad swaarder weeg as die beskerming van die individu se
reg op privaatheid. In sulke omstandighede is dit nie nodig om die hele lasbrief
tersyde te stel vanweë die polisie se optrede in die uitvoering van die lasbrief nie.64
Die Hoogste Hof van Appèl gaan verder deur te sê dat die feit dat die lasbrief geldig
is, beteken nie dat die uitvoering van die lasbrief verder gegaan het as wat die streng
terme daarvan toegelaat het nie. In hierdie verband wys Cachalia AR op die
volgende:
I do not think that the behavior or conduct of the police amounted to, in Pretoria Portland’s formulation, either an ‘abuse of power’ or ‘gross violation’ of the appellant’s rights. The seizure simply went beyond the ambit of the warrant and the appropriate remedy for this was, as the high court ordered, the return of those articles that were seized but not authorised by the warrant.65
In Minister of Safety and Security v Van der Merwe66 het verskeie regsvrae na vore
gekom. Eerstens, of inligting voor die beampte wat die lasbrief uitgereik het,
genoegsame gronde vir ʼn redelike vermoede dat die misdryf gepleeg is. geopenbaar
het.67 Verder, vir ʼn lasbrief om verstaanbaar te wees, moet die lasbrief nie vaag en
oorbodig wees nie en moet daar gespesifiseer word met watter misdrywe die lasbrief
in verband staan.68
Die Hof het die gesag omvattend hersien en bevind dat die geldigheid van ʼn lasbrief
teen die bepaalde wetgewing waaronder dit uitgereik is getoets moet word en bevind
dat daar universele kriteria hiervoor bestaan. Een so ‘n kriterium behels dat die
lasbrief verstaanbaar moet wees in dié sin dat die lasbrief se terme nie vaag of
64 Polonyfis v Provincial Commisioner, South African Police Service, Northern Cape NO & Others 2010 1 SACR 586 (NCK) par [10].
65 Elefterios Polonyfis v The Minister of Police2011 JDR 0202 (SCA) par [23]. 66 2011 1 SASV 211 (HHA). Die feite van die saak was dat drie lasbriewe vir deursoeking en
beslaglegging uitgereik is deur ʼn Kaapstadse landdros en ʼn vierde is uitgereik deur ʼn landdros in Bellville. Al vier die lasbriewe het die deursoeking van (en beslaglegging op) dokumente gemagtig wat verbind is met die respondente. Op aansoek van die respondente, is die drie Kaapse lasbriewe tersyde gestel deur die Hoë Hof op die gronde dat hulle nie gespesifiseer het met watter misdrywe die dokumente mee te make het nie. Maar die Bellville lasbrief het die misdrywe gespesifiseer en die aansoek vir tersydestelling is van die hand gewys. Met verlof van die Hoë Hof het die appellante geappelleer teen die tersydestelling van die Kaapstadse lasbriewe terwyl die respondente kruis-appèl aangeteken het teen die feit dat die Bellville lasbrief nie ter syde gestel is nie. Die respondente het geargumenteer dat dit vaag en oorbodig is.
67 Minister of Safety and Security v Van Der Merwe 2011 1 SASV 211 (HHA) 13G-I. 68 Minister of Safety and Security v Van Der Merwe 2011 1 SASV 211 (HHA) 14I-A.
DJ NEL 2013(1) NWUSR / NWUSLR
38/139
oorbodig moet wees nie. Die Hof het verwys na die uitspraak van Thint (Pty) Ltd v
National Director of Public Prosecutions; Zuma v National Director of Public
Prosecutions69 wat onomwonde neergelê het dat verstaanbaarheid vereis dat die
misdrywe in die lasbrief gespesifiseer moet word. In hierdie opsig is daar geen
materiële onderskeid tussen ʼn lasbrief wat ingevolge die Strafproseswet uitgereik is
en een wat ingevolge ander wetgewing uitgereik is nie. Die Hof het bevind dat die
Kaapse lasbriewe nie die relevante misdrywe gespesifiseer het nie en die hof a quo
se bevinding dat hulle ongeldig is, is korrek. Die appèl teen die bevinding is gevolglik
van die hand gewys.70
Wat die kruis-appèl betref, het die hof bevind dat, omdat die Bellville lasbrief die
items waarna gesoek en waarop beslag gelê moet word gelys het, daar geen
probleem was om te bepaal waar sodanige voorwerpe was nie en dus kon die
lasbrief nie vaag wees nie. Oor die vraag of die lasbrief te wyd was, wys die Hof uit
dat in al die paragrawe in die lasbrief, behalwe een, die voorwerpe wat gesoek is
uitdruklik vermeld was om in verband met die spesifieke misdrywe te staan. In
verband met die laaste paragraaf het die Hof bevind dat, as die paragraaf saam met
die bylae wat die misdrywe beskryf gelees word, die doel van die soektog tog
duidelik is. In die konteks van die lasbrief as geheel, kan die voorwerpe wat in
daardie paragraaf gelys word, nie redelik gesien kan word as dokumente wat nie in
verband met die misdrywe staan nie. Die Hof het bevind dat die Bellville lasbrief
geldig is en die kruis-appèl is ook van die hand gewys.71
Die saak is onlangs in die Konstitusionele Hof verhoor en Mogoeng R het bevind dat
indien ʼn lasbrief ingevolge artikel 21 van die Strafproseswet uitgereik is, die lasbrief
moet stipuleer waarop dit gebaseer word ten einde dit verstaanbaar te maak. Die
versuim om aan hierdie vereiste te voldoen, is nadelig vir die geldigheid van die
lasbriewe.72 Die Hof het ook riglyne neergelê vir wanneer die geldigheid van
lasbriewe bevraagteken word. Volgens die Hof is ʼn geldige lasbrief een wat op ʼn
verstaanbare wyse aandui op watter statutêre bepaling dit uitgereik is, wie die
69 2008 2 SASV 421 (KH). 70 Minister of Safety and Security v Van Der Merwe 2011 1 SASV 211 (HHA) par [30]-[33]. 71 Minister of Safety and Security v Van Der Merwe 2011 1 SASV 211 (HHA) par [34]-[38]. 72 Minister of Safety and Security v Van Der Merwe [2011] ZACC 19 par [57].
DJ NEL 2013(1) NWUSR / NWUSLR
39/139
persoon is wat die deursoeking moet behartig, op watter gesag die bevoegdheid aan
die deursoeker verleen word, wat die persoon, houer of perseel wat deursoek moet
word identifiseer, wat die voorwerp wat gesoek en waarop beslag gelê moet word
met voldoende besonderhede beskryf en wat presies die misdryf wat aanleiding tot
die kriminele ondersoek gegee het, is en die naam(e) van die vermeende
oortreder(s) beskryf.73 MogoengR wys ook daarop dat:
In addition, the guidelines to be observed by a court considering the validity of the warrants include the following:
(a) the person is suing the warrant must have authority and jurisdiction;
(b) the person authorising the warrant must satisfy herself that the affidavit contains sufficient information on the existence of the jurisdictional facts;
(c) the terms of the warrant must be neither vague nor overbroad;
(d) a warrant must be reasonably intelligible to both the searcher and the searched person;
(e) the court must always consider the validity of the warrants with a jealous regard for the searched person’s constitutional rights; and
(f) the terms of the warrant must be construed with reasonable strictness.74
3 Die algemene welvoeglikheidsvereiste by visentering
Dit is verder belangrik om aandag te skenk aan artikel 29 van die Strafproseswet wat
bepaal dat alle deursoekings op ’n welvoeglike en ordelike wyse moet geskied. 'n
Vrou moet slegs deur 'n vrou deursoek word, en indien geen vroulike polisiebeampte
beskikbaar is nie, word die deursoeking gedoen deur 'n vrou wat deur 'n
polisiebeampte vir dié doel aangewys is.75 Joubert voer aan dat enige afwyking van
hierdie bepaling daartoe sal lei dat die deursoeking wederregtelik is en dat
toestemming tot afwyking deur die persoon wat deursoek word, ongeldig sal wees as
synde die contra bones mores.76 In hierdie verband kan daar na na die saak van
73 Minister of Safety and Security v Van Der Merwe [2011] ZACC 19 par [55]. 74 Minister of Safety and Security v Van Der Merwe [2011] ZACC 19 par [56]. 75 Joubert (red) Strafprosesreg Handboek 145. 76 Joubert (red) Strafprosesreg Handboek 145.
DJ NEL 2013(1) NWUSR / NWUSLR
40/139
Smit and Maritz v Louwrens NO77verwys word waar Van Oosten R beslis het dat ʼn
lasbrief ingevolge artikel 29, wat aan alle polisiebeamptes gerig was, ongeldig was.
Welvoeglikheid en ordelikheid vereis dat die lasbrief aan ʼn spesifieke polisiebeampte
geadresseer moet word. Volgens Van Oosten R beteken dit dat dit ʼn identifiseerbare
polisiebeampte moet wees en sodoende beskerm dit die persoon wat aan die
beslaglegging onderworpe is.78
4 Wederregtelike deursoeking
4.1 Inleiding
Joubert is van mening dat die bepalings wat deursoekings reël, ‘n dubbele funksie
het: Vanuit ʼn materieëlregtelike oogpunt, kom die bepalings op regverdigingsgronde
neer en vanuit ʼn formeelregtelike oogpunt bepaal dit die prosedurele stappe
waarvolgens ʼn uiteindelike geregtelike bevinding reëlmatig verkry kan word.79 Ten
opsigte van laasgenoemde is die legaliteitsbeginsel en die strafregtelike begrip
"juridiese skuld" van kardinale belang. Indien ʼn skuldige persoon nie aan die man
gebring kan word binne die perke van die bepalings van die strafprosesreg, dit wil sê
met streng nakoming van die voorgeskrewe reëls en beperkings nie, skryf die reg
voor dat hy vry uitgaan.80 Dit laat die vraag ontstaan oor wat die uitwerking van
wederregtelike optrede aan die kant van polisiebeamptes ten opsigte van die voor
verhoor strafprosesreëls is.
4.2 Formeelregtelike gevolge van onreëlmatige owerheidsoptrede
Artikel 35(5) van die Grondwet bepaal dat getuienis wat verkry is op ’n wyse wat
enige reg in die Handves van Regte skend, uitgesluit moet word indien die toelating
daarvan die verhoor onbillik sou maak of andersins nadelig vir die regspleging sou
wees. Dit is ’n bewysregtelike remedie wat volgens skrywers soos Joubert, ’n
77 2002 1 SACR 152 (W). 78 Du Toit et al Commentary on the Criminal Procedure Act RS 28, 2002 ch 2 8. 79 Joubert (red) Strafprosesreg Handboek 145. 80 Joubert (red) Strafprosesreg Handboek 145.
DJ NEL 2013(1) NWUSR / NWUSLR
41/139
meganisme is om te verseker dat deursoekings en beslagleggings nie op ’n
onregmatige wyse uitgevoer word nie. Verder maak dit ook aan beamptes van die
staat duidelik dat, indien getuienis op ’n onregmatige wyse bekom is, sodanige
getuienis geensins deur die hof in aanmerking geneem sal word wanneer die saak
beslis moet word nie.81
In die saak van S v Dos Santos82 is daar egter beslis dat sekere getuienis nie
uitgesluit kan word nie. Ten spyte daarvan dat die lasbrief ʼn tegniese gebrek gehad
het, het die ondersoekbeamptes nie die persoon wat deursoek is se grondwetlike
regte geskend nie. Die ondersoekbeamptes het egter gepoog om geregtelike gesag
vir hul optrede te soek. Die hof het beslis dat hierdie geregtelike imprimatur ʼn poging
was om die gereg binne die gees en strekking van die Grondwet te handhaaf, ten
spyte daarvan dat nie een van die polisiebeamptes wat die lasbrief uitgevoer het
daarvan bewus was dat dit aan 'n gebrek gelei het nie.83
Joubert voer aan dat ’n regsgehoorsame polisiebeampte wat, objektief gesproke,
weet dat hy geen redelike gronde tot sy beskikking het nie, homself sal bedwing,
selfs al het hy ’n sterk subjektiewe aanvoeling wat optrede, sover dit homself betref,
wesenlik sou maak. Hy sal eers ’n lasbrief moet bekom. Intussen verdwyn die
verdagte met al die getuienis. Hierdie moontlike resultaat is ’n berekende risiko wat
individue moet loop indien persoonlike vryheid so hoog aangeslaan word dat die
algemene publiek nie bereid is om hulself aan die blote subjektiewe verdenkings van
die polisie uit te lewer nie.84
4.3 Materieëlregtelike gevolge van onreëlmatige owerheidsoptrede
Onreëlmatige owerheidsoptrede gedurende deursoekings word in die algemeen in
artikel 28 van die Strafproseswet gedefinieer. Ingevolge artikel 28(1) pleeg ’n
polisiebeampte ’n misdryf indien so ‘n polisiebeampte in stryd met die magtiging van
'n visenteringslasbrief optree. Verder bepaal artikel 28 dat hy aan die genoemde
81 Joubert (red) Strafprosesreg Handboek 145. 82 2010 2 SACR 382 (SCA). 83 S v Dos Santos 2010 2 SACR 382 (SCA) par [23]. 84 Joubert (red) Strafprosesreg Handboek 28.
DJ NEL 2013(1) NWUSR / NWUSLR
42/139
misdryf skuldig is en by skuldigbevinding is hy strafbaar met 'n boete van hoogstens
R600 of gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens ses maande.
Volgens Hiemstra is artikel 28 noodsaaklik om eiegeregtige en aanmatigende
optrede deur polisiebeamptes te beteuel op ’n terrein wat diep ingryp teen die
privaatheid van die landsburger. ’n Polisiebeampte moet weet dat hy eers ’n lasbrief
moet kry en moet hy hom streng by die perke van die lasbrief behou. Die wetgewer
meld nie uitdruklik dat strenge skuldlas wel ’n skuldvorm beoog nie en indien een
beoog word, of dit culpa of dolus is nie. Volgens regspraak soos S v Arenstein kan
dit gestel word dat skuldlose aanspreeklikheid nie hier bedoel was nie, maar skuld in
die vorm van culpa.85 Die staat moet bo redelike twyfel bewys dat geen redelike
mens in die posisie van die betrokke polisiebeampte sou gehandel het soos hy wel
gehandel het nie.86
Goedere wat wederregtelik geneem is, moet teruggegee word en die polisie kan in
hulle amptelike hoedanigheid beveel word om die onderliggende koste te betaal.
Betaling van hierdie koste de bonis propriis kan ook beveel word. Dit beteken dat die
polisie verantwoordelik is vir ’n verlies wat die boedel gely het as gevolg van die
wederregtelike neem van goedere.87 Wanneer goedere egter bona fide geneem is,
kan daar nie ’n kostebevel teen die polisie verkry word nie.88 Hiemstra bedoel dat
daar geen rede is dat ’n nuwe beslaglegging, met ’n behoorlike lasbrief, nie dadelik
kan plaasvind nie.89
Artikel 28(2) bepaal verder dat waar 'n persoon valslik inligting onder eed verstrek en
'n visenteringslasbrief bekom, en so 'n persoon ten gevolge van bedoelde valse
inligting aan meineed skuldig bevind word, kan die hof wat daardie persoon skuldig
bevind, op aansoek van iemand wat skade gely het ten gevolge van die onwettige
betreding, deursoeking of beslaglegging, na gelang van die geval, vergoeding ten
opsigte van bedoelde skade toeken, waarop die bepalings van artikel 300 mutatis
mutandis met betrekking tot so 'n toekenning van toepassing is.
85 S v Arenstein 1964 1 SA 361 (A) 365C-366B; S v Melk 1988 4 SA 561 (A) 576A-577I. 86 Kriegler Hiemstra Suid-Afrikaanse Strafproses 48. 87 Pullen v Waja1929 TPD 838. 88 Hodes v Deputy Commissioner 1959 4 SA 650 (K). 89 Kriegler Hiemstra Suid-Afrikaanse Strafproses 37.
DJ NEL 2013(1) NWUSR / NWUSLR
43/139
Dit is duidelik dat die bepalings van artikel 300 behoort te geld indien daar ’n
toekenning deur die hof aan ’n benadeelde persoon gemaak moet word. ʼn
Toekenning sal ingevolge artikel 300 gemaak word indien die misdryf aanleiding
gegee het tot skade aan of verlies van goed (geldelike skade of verlies) met inbegrip
van die feit dat 'n streekshof of 'n landdroshof nie so 'n toekenning doen nie indien
die vergoeding waarom aansoek gedoen word, die bedrag wat die Minister van tyd
tot tyd by kennisgewing in die Staatskoerant ten opsigte van die onderskeie howe
bepaal, te bowe gaan. Artikel 300 bepaal verder dat die toekenning die vorm sal
aanneem van ’n siviele vonnis en dit beteken dat dit afdwingbaar sal wees teen ’n
polisiebeampte wat ingevolge artikel 28(1) strafregtelik aanspreeklik is.90
Hiemstra verwys na enkele voorbeelde waar verskyningsvorms van 'n oortreding van
artikel 28(1)(a) kan voorkom. Dit sluit gevalle in waar ‘n artikel 21 of artikel 25(1)
lasbrief beslaglegging magtig op ‘n voorwerp of ‘n kategorie-voorwerpe A, terwyl
beslaglegging op B uitgevoer word, of waar sodanige lasbrief in die nag uitgevoer
word sonder die skriftelike magtiging daartoe. Verdere gevalle sluit in waar ’n lasbrief
ingevolge artikel 25(1)(a) betreding van perseel A magtig, maar perseel B word
betree, of die korrekte perseel word betree maar op ’n onredelike tyd, of gevalle
waar met ’n lasbrief ingevolge artikel 25(1)(a) word die korrekte perseel betree, dan
volg daar ’n deursoeking van persone of van die perseel sonder redelike gronde vir
’n vermoede dat ’n artikel 20 bedoelde voorwerp te vinde is, of beslag word gelê op
’n voorwerp wat gevind word terwyl dit nie ’n voorwerp is waarop artikel 20 van
toepassing is nie.91
5 Gevolgtrekking
Inhierdie bydrae is die regsposisie rakende visenteringslasbriewe uiteengesit. Daar
is daarop gewys dat die visenteringslasbrief, aan die eenkant, die belangrikste
instrument is om die polisie te help om hul grondwetlike mandaat van, onder andere,
die voorkoming, die stryd teen, en die ondersoek van misdaad effektief uit te voer.
90 Joubert (red) Strafprosesreg Handboek 146. 91 KrieglerHiemstra Suid-Afrikaanse Strafproses 49.
DJ NEL 2013(1) NWUSR / NWUSLR
44/139
Aan die ander kant, is ʼn lasbrief ook ʼn manier om die individu teen die
wederregtelike uitoefening van staatsmag te beskerm. Die aanvraag, uitreiking en
uitvoering van lasbriewe moet aan alle vereistes in die Strafproseswet voldoen,
andersins kan getuienis wat vir die vervolging van ʼn misdryf belangrik is, weens 'n
gebrek in die lasbrief uitgesluit word. In die bespreking hierbo is daar na gevalle
verwys waar die geldigheid van lasbriewe al bevraagteken is en daar is ook riglyne
deur die Konstitusionele Hof gegee wat gevolg moet word indien die geldigheid van
lasbriewe bevraagteken word. Al hierdie gesaghebbende beginsels behoort, waar
redelik moontlik, in die praktyk gevolg en toegepas word sodat daar nie op ‘n individu
se grondwetlike regte inbreuk gemaak word nie en ook om te verseker dat die
beskuldigde ‘n billike verhoor ontvang.
DJ NEL 2013(1) NWUSR / NWUSLR
45/139
BIBLIOGRAFIE
Literatuur
D Du Toit et al Commetary on the Criminal Procedure Act
Du Toit E et al Commentary on the Criminal Procedure Act 1e uitg (Juta
Kaapstad 1987)
J Joubert (red) Toegepaste Reg vir Polisiebeamptes (Juta Kaapstad 2001)
Joubert C (red) Toegepaste Reg vir Polisiebeamptes 2e uitg (Juta Kaapstad
2001)
Joubert (red) Strafprosesreg Handboek (Juta Kaapstad 2009)
Joubert JJ (red) Strafprosesreg Handboek 8e uitg (Juta Kaapstad 2009)
K Kemp, Terblanche en Watney Strafprosesreg Vonnisbundel
Kemp G, Terblanche SS en Watney NM Strafprosesreg Vonnisbundel 1e uitg
(Juta Kaapstad 2010)
Kriegler Hiemstra Suid-Afrikaanse Strafproses
Kriegler J Hiemstra Suid-Afrikaanse Strafproses 5e uitg (Butterworths Durban
1993)
V Van Der Walt en Pienaar Inleiding tot die Sakereg
Van der Walt, AJ en Pienaar, GJ Inleiding tot die Sakereg 5e uitg (Juta
Kaapstad 2006)
DJ NEL 2013(1) NWUSR / NWUSLR
46/139
Regspraak
C Cine Films (Pty) Ltd v Commisioner of Police1971 4 SA 574 (W) D
DivinsionalCommisioner of SA Police, Witwatersrand Area v SA Assosiated
Newspapers Ltd 1966 2 SA 503 (A)
E
Elefterios Polonyfis v The Minister of Police2011 JDR 0202 (SCA)
Extra Dimension v Kruger 2004 2 SACR 493 (T)
H
Hodes v Deputy Commissioner 1959 4 SA 650 (K) I Ismael v Durban City Council 1973 2 SA 362 (N)
M
Minister of Safety and Security v Van der Merwe 2011 1 SASV 211 (HHA)
Minister of Safety and Security v Van Der Merwe 2011 ZACC 19
N NUSAS v Divisional Commissioner SAP 1971 4 SA 574 (W)
P Park-Ross v Director: Office for Serious Economic Offences 1995 2 SA 148 (K)
Polonyfis v Provincial Commisioner, South African Police Service, Northern
Cape2010 1 SACR 586 (NCK)
Powell NO v Van der Merwe 2005 1 SASV 317 (HHA)
DJ NEL 2013(1) NWUSR / NWUSLR
47/139
Pullen v Waja1929 TPD 838
S S v Arenstein 1964 1 SA 361 (A)
S v Dos Santos 2010 2 SACR 382 (SCA)
S v Melk 1988 4 SA 561 (A)
Smit and Maritz v Louwrens NO 2002 1 SACR 152 (W)
T Thint (Pty) Ltd v NationalDirector of PublicProsecutions; Zuma v National Director of
Public Prosecutions 2008 2 SASV 421 (KH)
V
Van Der Merwe v Additional Magistrate, Cape Town 2010 1 SACR 470 (C)
W
Wolpe v Officer Commanding South African Police, Johannesburg 1955 2 SA 87 (W)
Wolrd Wide Film Distributors v Divisional Commissioner 1971 4 SA 312 (K)
Wetgewing
G Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996
S Strafproseswet 51 van 1997
W Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag 32 van 1998