totale pensioen en wvfbydraes deur die onderneming: b...

1
K OSTEREKENINGKUNDE verskaf belangrike in- ligting aan die bestuurders en eienaars van vervaardi- gingsondernemings. Deur kosterekeningkunde te ge- bruik kan die werklike produksiekoste van produkte bereken word. Dit is belangrik in die vasstelling van die verkoopprys van ’n produk. Dit verskaf ook fyner besonderhede wat in besluite oor koste- beheer gebruik kan word. Die beste metode om die vervaardigings- onderneming se winsgewendheid te verbeter is om die koste doel- treffend te bestuur en die bronne op die produktiefste manier aan te wend. Wanneer ’n vervaardigingsonderneming ’n administratiewe af- deling (kantoor) sowel as ’n verkoopsafdeling (winkel of agente) het, sal die formule vir die berekening van die gelykbreekpunt soos volg wees: Vaste koste Fabrieksbokoste + administratiewe koste Verander- like koste Grondstofkoste + direkte arbeidskoste + verkoops- en verspreidingskoste Gelykbreek- punt Vaste koste ÷ bydrae per eenheid waar vaste koste = fabrieksbokoste + administratiewe koste Bydrae per eenheid = verkoopprys per eenheid - (grondstofkoste + direkte arbeidskoste + verkoops- en verspreidingskoste) per eenheid VOORBEELD 1 Die volgende inligting het in die rekeningkundige rekord van Petersen Designs verskyn vir die jaar geëindig 31 Desem- ber 2012: 1 Inligting in verband met grondstowwe: Grondstowwe beskikbaar op 1 Januarie 2012: R250 000. Grondstowwe gedurende die jaar vir vervaardiging uitgereik: R1 200 000. Grondstowwe beskikbaar op 31 Desember 2012: R540 000. 2 Inligting wat betrekking het op direkte arbeid vir die jaar: Totaal van tjeks aan vervaardigingswerkers uitgereik: R368 000. Totale aftrekkings van vervaardigingswerkers se lone: R92 000. 8 AUGUSTUS 2013 huisgenoot.com huisgenoot.com 8 AUGUSTUS 2013 Onder redaksie van Rikus van Rooy Onder redaksie van Rikus van Rooy GRAAD 11 GRAAD 11 HG HG Week 29 Rekening- kunde Koste- rekeningkunde Eienaars en bestuurders moet die algemene koste van hul onderneming leer bepaal Week 29 Rekening- kunde B Veranderlike koste Koste wat regstreeks ver- band hou met die vlak van vervaardiging; die koste vermeerder wanneer meer produkte vervaardig word en verminder wanneer uitset verlaag. B Grondstofkoste Enige materiaal wat in die finale produk gebruik word; verwerkte of onverwerkte materiale. Hierdie materiale is duidelik sigbaar in die finale produk. B Direkte arbeidskoste Dit verwys na die betaling aan werkers wat direk betrokke is by vervaardi- ging, werkers wat die produk “aanraak” tydens vervaardiging of daaraan “werk”. Dit sluit alle koste vir die onderneming in, byvoorbeeld lone of salarisse plus werkgewersbydraes tot ’n pen- sioenfonds, WVF of mediese fonds. Direkte of primêre koste = grondstofkoste + direk- te arbeidskoste B Vaste koste Koste wat betaal moet word ongeag die vervaardigingsvlakke; dit moet betaal word selfs al is daar geen vervaardiging nie. Hierdie kos- te sluit alle fabrieksbokoste in, met ander woorde enige koste wat verband hou met die bedryf van die fabriek. B Eenheidskoste Die totale koste van vervaardi- ging van een produk. Totale vervaardigingskoste ÷ getal eenhede ver- vaardig. B Bydrae per eenheid Die gedeelte van die ver- koopprys van ’n eenheid wat gebruik word om die vaste koste te verreken of te dek, met ander woor- de die wins wat op elke eenheid gemaak word. B Gelykbreekpunt Die punt waar die onderneming genoeg eenhede van sy produk vervaardig en ver- koop sodat die uitgawes gedek is sonder om ’n wins of verlies te maak. Vaste koste ÷ bydrae per eenheid = Vaste koste ÷ (verkoopsprys per eenheid – ver- anderlike koste per eenheid) RELEVANTE BEGRIPPE B Gaan die vermorsing van grondstowwe en indirekte materiaal na. B Vermeerder die verkoopprys om die bydrae per eenheid te ver- hoog. VOORBEELD 2 Die volgende is inligting oor Ruling Party, ’n onderneming wat plastiekliniale vervaardig: Getal liniale vervaardig 12 000 Verkope vir die jaar (alle eenhede vervaardig, is verkoop) R480 000 Grondstof verbruik R132 000 Direkte arbeidskoste R108 000 Fabrieksbokoste R157 500 Administrasiekoste R52 500 Verkoops- en verspreidingskoste R60 000 2: OPDRAG EN OPLOSSINGS 2.1 Gee EEN voorbeeld van ’n vaste koste en EEN voorbeeld van ’n veranderlike koste. B Vaste koste: Enige voorbeeld uit fabrieksbokoste of admini- stratiewe koste. B Veranderlike koste: Grondstowwe of direkte arbeid of enige voorbeeld uit verkoops- en verspreidingskoste. 2.2 Verduidelik waarom dit belangrik is om die verwagte gelykbreekpunt van ’n onderneming te bereken. B Om potensiële probleme weens te lae produksie te kan voor- sien. B Om verliese te verhinder; kan slegs wins maak as meer as die gelykbreekpunt vervaardig word. B Om die minimum getal wat vervaardig moet word te bepaal om verliese te voorkom. 2.3 Bereken die gelykbreekpunt. B Vaste koste: R157 500 + R52 500 = R210 000 B Veranderlike koste: R132 000 + R108 000 + R60 000 = R300 000 B Verkoopsprys/eenheid: R480 000 ÷ 12 000 = R40 B Veranderlike koste/eenheid: R300 000 ÷ 12 000 = R25 B Gelykbreekpunt: 210 000 = 210 000 = 14 000 eenhede 40-25 15 2.4 Lewer kommentaar op jou berekening in 2.3. Watter raad sal jy vir Ruling Party gee? Verduidelik kortliks. B Probleem: Gelykbreek van 14 000 is hoër as produksie van 12 000. B Raad: – Probeer die koste verminder. Kry ’n verskaffer wat goedkoper grondstowwe van dieselfde gehalte kan verskaf. – Verminder die nodigheid vir oortyd. – Lei werkers op om beter te presteer. – Verminder vermorsing. – Verhoog die verkoopprys. – Adverteer meer. S Totale pensioen- en WVF-bydraes deur die onderneming: R50 000. 3 Ander koste vir die jaar: Vaste fabrieksbokoste: R360 000. Verkoops- en verspreidingskoste: R90 000. Administrasiekoste: R81 000. 4 Daar was geen goedere-in-bewerking op 1 Januarie of 31 Desember 2012 nie. 5 Die onderneming het gedurende die jaar 7 500 items vervaar- dig en verkoop. 6 Produkte word teen R300 elk verkoop. 1: OPDRAG EN OPLOSSINGS 1.1 Bereken die totale veranderlike koste vir die jaar. B Grondstowwe: R1 200 000 B Direkte arbeid: R368 000 + R92 000 + R50 000 = R510 000 B Verkoops- en verspreidingskoste: R90 000 B Veranderlike koste = R1 200 000 + R510 000 + R90 000 = R1 800 000. 1.2 Bereken die gelykbreekpunt. B Totale vaste koste: R360 000 + R81 000 = R441 000 B Verkoopsprys per produk: R300 B Veranderlike koste per eenheid: R1 800 000 ÷ 7 500 = R240 B Gelykbreek: 441 000 = 7 350 eenhede (300-240) 1.3 Lewer kommentaar op die gelykbreekpunt. Dink jy die eienaar behoort tevrede te wees met die vervaardigingsvlak- ke? Staaf jou antwoord. B Die gelykbreekpunt is 7 350 produkte, terwyl die onderne- ming 7 500 vervaardig. B Daar is nie ’n groot verskil tussen die vervaardiging en gelyk- breek nie. Dit is nie ’n goeie situasie nie. Enige probleme in vervaardiging kan verhinder dat die onderneming gelykbreek. 1.4 Die werkers wat by produksie betrokke is, eis ’n ver- hoging in hul lone. As die onderneming instem om hulle meer te betaal, watter invloed sal dit op die gelykbreek- situasie hê? Verduidelik jou antwoord. B Die totale veranderlike koste sowel as die veranderlike koste per eenheid sal verhoog. B Dit sal ’n laer bydrae per eenheid tot gevolg hê (verkoopprys per eenheid - veranderlike koste per eenheid). B Die gelykbreekpunt sal daarom hoër wees en kan selfs hoër as die vervaardigingsvlakke wees. 1.5 Gee die eienaar raad oor hoe om die gelykbreekpunt te verminder om vinniger wins te kan maak. B Verlaag die fabrieksbokoste deur elektrisiteit te bespaar of dit doeltreffender te gebruik. B Gaan die toestand van die toerusting na. Probeer die herstel- werk en instandhoudingskoste van masjinerie en toerusting beheer deur nuwe, doeltreffender masjinerie en toerusting aan te skaf. B Verminder die arbeidskoste deur die oortydbetalings en die werkers se produktiwiteit te beheer. B Motiveer werkers om doeltreffender te werk deur hulle te be- loon as hulle teikens bereik. B Lei werkers op om doeltreffender te werk. SKRYWER: ELSA BOSHOFF; KOPIE: CUM LAUDE MEDIA

Upload: others

Post on 26-Sep-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: totale pensioen en WVFbydraes deur die onderneming: B ...d2zesjwqqxwkpt.cloudfront.net/2013/08/Graad-11-0808-REK.pdfmateriale. Hierdie materiale is duidelik sigbaar in die finale produk

Kosterekeningkunde verskaf belangrike in­ligting aan die bestuurders en eienaars van vervaardi­gingsondernemings. deur kosterekeningkunde te ge­bruik kan die werklike produksiekoste van produkte bereken word. dit is belangrik in die vasstelling van

die verkoopprys van ’n produk. dit verskaf ook fyner besonderhede wat in besluite oor koste­

beheer gebruik kan word. die beste metode om die vervaardigings­onderneming se winsgewendheid te verbeter is om die koste doel­treffend te bestuur en die bronne op die produktiefste manier aan te wend.

Wanneer ’n vervaardigingsonderneming ’n administratiewe af­deling (kantoor) sowel as ’n verkoopsafdeling (winkel of agente) het, sal die formule vir die berekening van die gelykbreekpunt soos volg wees:Vaste koste Fabrieksbokoste + administratiewe koste

Verander-like koste

Grondstofkoste + direkte arbeidskoste + verkoops- en verspreidingskoste

Gelykbreek-punt

Vaste koste ÷ bydrae per eenheid

waar

vaste koste = fabrieksbokoste + administratiewe koste

Bydrae per eenheid =verkoopprys per eenheid - (grondstofkoste + direkte arbeidskoste + verkoops- en verspreidingskoste) per eenheid

VOORBEELD 1Die volgende inligting het in die rekeningkundige rekord van Petersen Designs verskyn vir die jaar geëindig 31 Desem­ber 2012:1 inligting in verband met grondstowwe:

grondstowwe beskikbaar op 1 Januarie 2012: r250 000. grondstowwe gedurende die jaar vir vervaardiging uitgereik: r1 200 000. grondstowwe beskikbaar op 31 desember 2012: r540 000.

2 inligting wat betrekking het op direkte arbeid vir die jaar: totaal van tjeks aan vervaardigingswerkers uitgereik: r368 000. totale aftrekkings van vervaardigingswerkers se lone: r92 000.

8 augustus 2013 huisgenoot.com huisgenoot.com 8 augustus 2013

Onder redaksie van Rikus van RooyOnder redaksie van Rikus van Rooy

GRaaD 11GRaaD 11 HG HG Week

29Rekening-

kunde

Koste-rekeningkunde

Eienaars en bestuurders moet die algemene koste van hul onderneming leer bepaal

Week 29

Rekening-kunde

B Veranderlike koste Koste wat regstreeks ver-band hou met die vlak van vervaardiging; die koste vermeerder wanneer meer produkte vervaardig word en verminder wanneer uitset verlaag.

B Grondstofkoste Enige materiaal wat in die finale produk gebruik word; verwerkte of onverwerkte materiale. Hierdie materiale is duidelik sigbaar in die finale produk.

B Direkte arbeidskoste Dit verwys na die betaling aan werkers wat direk betrokke is by vervaardi-ging, werkers wat die produk “aanraak” tydens vervaardiging of daaraan “werk”. Dit sluit alle koste vir die onderneming in, byvoorbeeld lone of salarisse plus werkgewersbydraes tot ’n pen-sioenfonds, WVF of mediese fonds.

Direkte of primêre koste = grondstofkoste + direk-te arbeidskoste

B Vaste koste Koste wat betaal moet word ongeag die vervaardigingsvlakke; dit moet betaal word selfs al is daar geen vervaardiging nie. Hierdie kos-te sluit alle fabrieksbokoste in, met ander woorde enige koste wat verband hou met die bedryf van die fabriek.

B Eenheidskoste Die totale koste van vervaardi-ging van een produk.

Totale vervaardigingskoste ÷ getal eenhede ver-vaardig.

B Bydrae per eenheid Die gedeelte van die ver-koopprys van ’n eenheid wat gebruik word om die vaste koste te verreken of te dek, met ander woor-de die wins wat op elke eenheid gemaak word.

B Gelykbreekpunt Die punt waar die onderneming genoeg eenhede van sy produk vervaardig en ver-koop sodat die uitgawes gedek is sonder om ’n wins of verlies te maak.

Vaste koste ÷ bydrae per eenheid = Vaste koste ÷ (verkoopsprys per eenheid – ver-anderlike koste per eenheid)

RELEVantE BEGRippE

B gaan die vermorsing van grondstowwe en indirekte materiaal na.B Vermeerder die verkoopprys om die bydrae per eenheid te ver­

hoog.

VOORBEELD 2Die volgende is inligting oor Ruling Party, ’n onderneming wat plastiekliniale vervaardig:

Getal liniale vervaardig 12 000

Verkope vir die jaar (alle eenhede vervaardig, is verkoop)

R480 000

Grondstof verbruik R132 000

Direkte arbeidskoste R108 000

Fabrieksbokoste R157 500

Administrasiekoste R52 500

Verkoops- en verspreidingskoste R60 000

2: OpDRaG En OpLOSSinGS2.1 Gee EEN voorbeeld van ’n vaste koste en EEN voorbeeld

van ’n veranderlike koste.B Vaste koste: enige voorbeeld uit fabrieksbokoste of admini­

stratiewe koste.B Veranderlike koste: grondstowwe of direkte arbeid of enige

voorbeeld uit verkoops­ en verspreidingskoste.2.2 Verduidelik waarom dit belangrik is om die verwagte

gelykbreekpunt van ’n onderneming te bereken.B om potensiële probleme weens te lae produksie te kan voor­

sien.B om verliese te verhinder; kan slegs wins maak as meer as die

gelykbreekpunt vervaardig word.B om die minimum getal wat vervaardig moet word te bepaal

om verliese te voorkom.

2.3 Bereken die gelykbreekpunt.B Vaste koste: r157 500 + r52 500 = r210 000B Veranderlike koste: r132 000 + r108 000 + r60 000 = r300 000B Verkoopsprys/eenheid: r480 000 ÷ 12 000 = r40B Veranderlike koste/eenheid: r300 000 ÷ 12 000 = r25B Gelykbreekpunt: 210 000 = 210 000 = 14 000 eenhede 40­25 15

2.4 Lewer kommentaar op jou berekening in 2.3. Watter raad sal jy vir Ruling Party gee? Verduidelik kortliks.B Probleem: gelykbreek van 14 000 is hoër as produksie van

12 000.B Raad: – Probeer die koste verminder. kry ’n verskaffer wat goedkoper

grondstowwe van dieselfde gehalte kan verskaf.– Verminder die nodigheid vir oortyd.– Lei werkers op om beter te presteer.– Verminder vermorsing.– Verhoog die verkoopprys.– Adverteer meer. S

totale pensioen­ en WVF­bydraes deur die onderneming: r50 000.

3 Ander koste vir die jaar: Vaste fabrieksbokoste: r360 000. Verkoops­ en verspreidingskoste: r90 000. Administrasiekoste: r81 000.

4 daar was geen goedere­in­bewerking op 1 Januarie of 31 desember 2012 nie.

5 die onderneming het gedurende die jaar 7 500 items vervaar­dig en verkoop.

6 Produkte word teen r300 elk verkoop.

1: OpDRaG En OpLOSSinGS1.1 Bereken die totale veranderlike koste vir die jaar.B grondstowwe: r1 200 000B direkte arbeid: r368 000 + r92 000 + r50 000 = r510 000B Verkoops­ en verspreidingskoste: r90 000B Veranderlike koste = r1 200 000 + r510 000 + r90 000 =

r1 800 000.1.2 Bereken die gelykbreekpunt.B totale vaste koste: r360 000 + r81 000 = r441 000 B Verkoopsprys per produk: r300B Veranderlike koste per eenheid: r1 800 000 ÷ 7 500 = r240B gelykbreek: 441 000 = 7 350 eenhede (300­240)1.3 Lewer kommentaar op die gelykbreekpunt. Dink jy die

eienaar behoort tevrede te wees met die vervaardigingsvlak­ke? Staaf jou antwoord.B die gelykbreekpunt is 7 350 produkte, terwyl die onderne­

ming 7 500 vervaardig.B daar is nie ’n groot verskil tussen die vervaardiging en gelyk­

breek nie. dit is nie ’n goeie situasie nie. enige probleme in vervaardiging kan verhinder dat die onderneming gelykbreek.

1.4 Die werkers wat by produksie betrokke is, eis ’n ver­hoging in hul lone. As die onderneming instem om hulle meer te betaal, watter invloed sal dit op die gelykbreek­situasie hê? Verduidelik jou antwoord. B die totale veranderlike koste sowel as die veranderlike koste

per eenheid sal verhoog.B dit sal ’n laer bydrae per eenheid tot gevolg hê (verkoopprys

per eenheid ­ veranderlike koste per eenheid).B die gelykbreekpunt sal daarom hoër wees en kan selfs hoër as

die vervaardigingsvlakke wees. 1.5 Gee die eienaar raad oor hoe om die gelykbreekpunt te

verminder om vinniger wins te kan maak.B Verlaag die fabrieksbokoste deur elektrisiteit te bespaar of dit

doeltreffender te gebruik.B gaan die toestand van die toerusting na. Probeer die herstel­

werk en instandhoudingskoste van masjinerie en toerusting beheer deur nuwe, doeltreffender masjinerie en toerusting aan te skaf.B Verminder die arbeidskoste deur die oortydbetalings en die

werkers se produktiwiteit te beheer.BMotiveer werkers om doeltreffender te werk deur hulle te be­

loon as hulle teikens bereik.B Lei werkers op om doeltreffender te werk. Skrywer: elSa BoShoff; kopie: Cum lauDe meDia