veevernuf sense die boer se staatmaker sedert 1999 · miltsiekte (antraks) ingeënt word. ‘n...

2
Supavax ® , die 3-in-1 entstof teen miltsiekte, lamsiekte en sponssiekte, is al sedert 1999 op die mark beskikbaar, en daar is al meer as 60 miljoen dosisse verkoop. Dit is duidelik die boer se nommer 1 keuse wanneer dit kom by breedvoerige beskerming teen 3 van die mees gevreesde siektes op enige bees- of skaapplaas. Elke produsent moet ‘n volledige inentingsprogram volg om die kudde teen die mees algemeenste en vernietigende veesiektes in Suid-Afrika te beskerm. Volgens die Dieregesondheidswet (Wet 35 van 1984), moet alle beeste en skape jaarliks teen miltsiekte (antraks) ingeënt word. ‘n Breedvoerige inentingsprogram is dus nie slegs ‘n belegging in jou kudde se gesondheid nie, maar ook wetlik noodsaaklik vir ‘n gesonde nasionale kudde. Die status van ons nasionale kudde is in elkeen van ons as landboukundiges en produsente se belang, aangesien dit ons invoer- en uitvoerstatus beïnvloed. Miltsiekte Miltsiekte word veroorsaak deur die bakterium Bacillus anthracis. Die bakterieë kan in die vorm van spore vir meer as ‘n eeu in die omgewing oorleef. Diere neem die spore gewoonlik per mond in, maar dit kan ook ingeasem word of deur bytende vlieë oorgedra word 1 . Na inname of inaseming, word die spore dikwels opgeneem in witbloedselle en sodoende in die bloedstroom deur die liggaam vervoer, vanwaar dit opgeneem word in die limfkliere. In die limfkliere ontkiem die spoor en die bakterieë produseer toksiene in die daaropvolgende groeiproses. Hierdie toksiene veroorsaak nekrose (dood) van alle weefsels, septisemie (bloedvergiftiging) en ekstensiewe bloeding, en dus kan die dier binne enkele ure vrek. Miltsiekte word gewoonlik deur die veearts vermoed wanneer bloeding, wat by alle liggaamsopeninge teenwoordig is, opgemerk word tydens die nadoodse ondersoek. Karkasse van diere wat vermoedelik aan miltsiekte gevrek het, moet onder geen omstandighede oopgesny word nie, aangesien dit die direkte omgewing onmiddellik sal besmet met spore. Miltsiekte is ook ‘n soönose en kan dus van dier na mens oorgedra word. Boere moet dus met uiterse sorg werk wanneer miltsiekte vermoed word. Inenting is uiters effektief om die siekte te voorkom en koeie wat teen dié siektes ingeënt is, sal die immuniteit deur hul biesmelk aan die kalf oordra, mits genoeg kolostrum (biesmelk) binne die eerste ses uur ná kalwing ingeneem is. Lamsiekte Lamsiekte, ook bekend as botulisme, is dodelik en onbehandelbaar. Lamsiekte is ‘n vergiftiging en word veroorsaak deur die botulinumtoksien wat geproduseer word deur Clostridium botulinum bakterieë. Dit is dus nie DIE BOER SE STAATMAKER SEDERT 1999 Dr Chriche du Plessis veeVERNUF stockSENSE Skandeer en sien hoe “QR reader App” benodig MILTSIEKTE SPONSSIEKTE LAMSIEKTE VOORKOM

Upload: others

Post on 25-Jan-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: veeVERNUF SENSE DIE BOER SE STAATMAKER SEDERT 1999 · miltsiekte (antraks) ingeënt word. ‘n Breedvoerige inentingsprogram is dus nie slegs ‘n belegging in jou kudde se gesondheid

Supavax®, die 3-in-1 entstof teen miltsiekte, lamsiekte en sponssiekte, is al sedert 1999 op die mark beskikbaar, en daar is al meer as 60 miljoen dosisse verkoop. Dit is duidelik die boer se nommer 1 keuse wanneer dit kom by breedvoerige beskerming teen 3 van die mees gevreesde siektes op enige bees- of skaapplaas.

Elke produsent moet ‘n volledige inentingsprogram volg om die kudde teen die mees algemeenste en vernietigende veesiektes in Suid-Afrika te beskerm. Volgens die Dieregesondheidswet (Wet 35 van 1984), moet alle beeste en skape jaarliks teen miltsiekte (antraks) ingeënt word. ‘n Breedvoerige inentingsprogram is dus nie slegs ‘n belegging in jou kudde se gesondheid nie, maar ook wetlik noodsaaklik vir ‘n gesonde nasionale kudde. Die status van ons nasionale kudde is in elkeen van ons as landboukundiges en produsente se belang, aangesien dit ons invoer- en uitvoerstatus beïnvloed.

Miltsiekte

Miltsiekte word veroorsaak deur die bakterium Bacillus anthracis. Die bakterieë kan in die vorm van spore vir meer as ‘n eeu in die omgewing oorleef. Diere neem die spore gewoonlik per mond in, maar dit kan ook ingeasem word of deur bytende vlieë oorgedra word1. Na inname of inaseming, word die spore dikwels opgeneem in witbloedselle en sodoende in die bloedstroom deur die liggaam vervoer, vanwaar dit opgeneem word in die limfkliere. In die limfkliere ontkiem die spoor en die bakterieë produseer toksiene in die daaropvolgende groeiproses. Hierdie toksiene veroorsaak nekrose (dood) van alle weefsels, septisemie (bloedvergiftiging) en ekstensiewe bloeding, en dus kan die dier binne enkele ure vrek.

Miltsiekte word gewoonlik deur die veearts vermoed wanneer bloeding, wat by alle liggaamsopeninge teenwoordig is, opgemerk word

tydens die nadoodse ondersoek. Karkasse van diere wat vermoedelik aan miltsiekte gevrek het, moet onder geen omstandighede oopgesny word nie, aangesien dit die direkte omgewing onmiddellik sal besmet met spore. Miltsiekte is ook ‘n soönose en kan dus van dier na mens oorgedra word. Boere moet dus met uiterse sorg werk wanneer miltsiekte vermoed word.

Inenting is uiters effektief om die siekte te voorkom en koeie wat teen dié siektes ingeënt is, sal die immuniteit deur hul biesmelk aan die kalf oordra, mits genoeg kolostrum (biesmelk) binne die eerste ses uur ná kalwing ingeneem is.

Lamsiekte

Lamsiekte, ook bekend as botulisme, is dodelik en onbehandelbaar. Lamsiekte is ‘n vergiftiging en word veroorsaak deur die botulinumtoksien wat geproduseer word deur Clostridium botulinum bakterieë. Dit is dus nie

DIE BOER SE STAATMAKER SEDERT 1999Dr Chriche du Plessis

veeVERNUFstockSENSE

Skandeer en sien hoe

“QR reader App” benodig

MILTSIEKTE

SPONSSIEKTE

LAMSIEKTE

VOORKOM

Page 2: veeVERNUF SENSE DIE BOER SE STAATMAKER SEDERT 1999 · miltsiekte (antraks) ingeënt word. ‘n Breedvoerige inentingsprogram is dus nie slegs ‘n belegging in jou kudde se gesondheid

Intervet (Pty) Ltd. Reg. No. 1984/006837/0720 Spartan Road, Spartan, 1619, RSA. Private Bag X2026, Isando, 1600, RSATel: +27 (0) 11 923 9300. Fax: +27 (0) 11 392 3158. Sales fax: +27 (0) 86 603 1777www.msd-animal-health.co.za | ZA/SVX/0818/0018

oordraagbaar tussen diere nie. Botulinumtoksien is die mees toksiese stof wat aan ons bekend is2. Hierdie bakterieë produseer die botulinumtoksien wanneer dit groei in verrottende karkasmateriaal. Lamsiekte word algemeen gesien wanneer produsente hoendermis aan diere voer waarin kuikenkarkasse teenwoordig is. Lamsiekte het ook al uitgebreek wanneer voerbale met dooie rotte in, aan beeste of skape gevoer word.

Die toksien veroorsaak ‘n progressiewe slapverlamming wat verswakte visie, moeilike kou- en slukbewegings, asook totale spierverlamming, insluit. Die dier se hart- asook asemhalingsspiere word ook aangetas en lei dus tot die dier se dood. Aangesien daar nie meer antiserum beskikbaar is om hierdie toestand te behandel nie, is genadedood die enigste opsie. Inenting teen hierdie dodelike kondisie is dus van uiterste belang, en moet plaasvind ten minste 3-4 weke voordat enige risikoperiode vir lamsiekte begin.

Sponssiekte

Sponssiekte kan veroorsaak word deur ‘n groep gram-positiewe bakterieë in die klas Clostridria, maar die mees algemeenste oorsaak in ekstensiewe kuddes is spesifiek die spesie Clostridium chauvoei. Klostridiale bakterieë word natuurlik in die dermkanaal van beeste en skape gevind. Spore word dus saam met die mis uitgeskei, en kan vir jare in die omgewing oorleef. Jong diere in ‘n goeie kondisie, gewoonlik onder die ouderdom van 3 jaar, is normaalweg

Gratis spuit ingesluit by die 25 dosis verpakking.

50 ml = 25 diere

die diere wat deur sponssiekte geaffekteer sal word. Die bakterieë verkies lae suurstoftoestande in die groot spiergroepe.

Wonde, kneusing of ooreising van diere, kan lei tot die ideale groeitoestande vir die bakterieë. Gedurende die bakterieë se normale groeiproses, word toksiene vrygestel wat die kliniese tekens van sponssiekte veroorsaak. Aangesien die siekteproses deur die toksien veroorsaak word, is behandeling teen die bakterieë gewoonlik te laat, en kan daar niks vir die dier gedoen word nie. Akute vrektes word ook gewoonlik gesien sonder dat die produsent enigsins bewus was dat die dier siek was.

Omdat alle entstowwe teen sponssiekte geïnaktiveer is, moet diere jaarliks ‘n skraagdosis ontvang. Aangesien meer as een spesie bakterie in die klas Clostridia sponssiekte kan veroorsaak, kontak jou veearts indien jy as produsent steeds gevalle van sponssiekte ervaar met die gebruik van Supavax®.

Supavax® is geregistreer vir gebruik in skape en beeste. Die dosis is ’n gemaklike 2 mℓ wat onderhuids toegedien word, en is beskikbaar in ‘n 50 mℓ en 100 mℓ bottel. Supavax® kan toegedien word vir diere ouer as 6 maande van ouderdom, en moet opgevolg word met ‘n jaarlikse skraagdosis. Verwysings:

1. Hugh-Jones, ME. Overview of Anthrax. Beskikbaar by www.msdvetmanual.com. Besoek 02 Mei 2018.

2. Center for Infectious Disease Research and Policy. Botulism. Beskikbaar by www.cidrap.umn.edu. Besoek 2 Mei 2018.

SUPAVAX® Reg. Nr. G2643 (Wet 36/1947) Namibië Reg. Nr. V99/24.4/501 Bevat toksoïede van Clostridium botulinum tipe C1 + 2 en tipe D, anakulture van onaktiewe Clostridium chauvoei en lewendige spore van Bacillus anthracis.