vraag 1 - pnpschoolclub.e-classroom.co.za

19
e-classroom 2015 www.e-classroom.co.za © 1 GRAAD 11 KWARTAAL 2 LEWENSWETENSKAPPE DIERE: HERSIENINGSVRAE Punte: 88 Tyd: 88 minute VRAAG 1 Vir elke vraag word ʼn paar antwoorde verskaf. Lees die vraag en kies die mees geskikte antwoord uit dié wat gegee word. 1.1 Die diagram toon hoe die hoeveelheid spesies in verskillende gewerwelde groepe tussen 400 miljoen jaar gelede en 5 miljoen jaar gelede verander het Hoe breër die blok, hoe meer spesies is daar. Aan watter groep is voëls die naaste verwant? A. Visse B. Amfibiese diere C. Reptiele D. Soogdiere 1.2 Die meeste diere toon die volgende strukture of funksies, behalwe A. senu- en spierweefsel. B. outotrofiese voeding. C. seksuele voortplanting. D. veelselligheid. 1.3 Watter van die volgende terme of strukture hou nie met diere verband nie? A. Eukarioties B. Selwand C. Mitochondrion D. Sigoot

Upload: others

Post on 03-Oct-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Punte: 88 Tyd: 88 minute
VRAAG 1 Vir elke vraag word paar antwoorde verskaf.
Lees die vraag en kies die mees geskikte antwoord uit dié wat gegee word.
1.1 Die diagram toon hoe die hoeveelheid spesies in verskillende gewerwelde groepe tussen 400 miljoen jaar gelede en 5 miljoen jaar gelede verander het
Hoe breër die blok, hoe meer spesies is daar.
Aan watter groep is voëls die naaste verwant? A. Visse B. Amfibiese diere C. Reptiele D. Soogdiere
1.2 Die meeste diere toon die volgende strukture of funksies, behalwe A. senu- en spierweefsel.  B. outotrofiese voeding. C. seksuele voortplanting.  D. veelselligheid.
1.3 Watter van die volgende terme of strukture hou nie met diere verband nie? A. Eukarioties B. Selwand C. Mitochondrion  D. Sigoot
1.4 Diere en fungi is heterotrofies. Wat diereheterotrofie van swamheterotrofie onderskei, is dat slegs diere hul voeding
A. uit organiese stof verkry.  B. kry deur dit op te neem.  C. kry deur lewende, eerder as dooie, prooie te eet.  D. kry deur ensieme te gebruik om hul voedsel te verteer.
1.5 Wat is die korrekte volgorde van die volgende vier gebeure tydens dier se ontwikkeling?  1. Gastrulasie  2. Metamorfose 3. Bevrugting  4. Kliewing 
A. 4, 3, 2, 1  B. 4, 3, 1, 2  C. 3, 2, 4, 1  D. 3, 4, 1, 2
1.6 By watter fase sal mens vir die eerste keer diploblastiese embrio van triploblastiese embrio kan onderskei?
A. Bevrugting  B. Gastrulasie C Organogenese D. Metamorfose
1.7 Fossielbewyse toon dat die volgende gebeure plaasgevind het. Rangskik die gebeure van die vroegste tot die jongste? 1. Protostome val landomgewings binne.  2. Kambriese Ontploffing vind plaas.  3. Deuterostome val landomgewings binne.  4. Gewerwelde diere word die toproofdiere in die seë. 
A. 2, 4, 3, 1  B. 2, 1, 3, 4  C. 2, 4, 1, 3  D. 2, 3, 1, 4 
1.8 Die hooftakke van diere is die Radiata en die Bilateria. Na watter eienskap van hierdie diere verwys hierdie name? 
A. Grootte B. Tipes aanhangsels C. Embrionale kliewing D. Liggaamsimmetrie
GRAAD 11 KWARTAAL 2 LEWENSWETENSKAPPE DIERE: HERSIENINGSVRAE
1.9 Organismes wat radiale simmetrie toon, sal waarskynlik A. sterk swemmers wees. B. vinnige ontsnapgedrag toon. C. redelik stadig, indien enigsins, van plek tot plek beweeg. D. kan vlieg. 
1.10 Kefalisasie word hoofsaaklik geassosieer met  A. voortplantingsmetode.  B. lot van die blastopoor.  C. soort verteringstelsel.  D. bilaterale simmetrie.
1.11 Kefalisasie word gewoonlik met al die volgende geassosieer, behalwe A. sessiele bestaan.  B. konsentrasie van voelstrukture by die voorste punt.  C. brein.  D. longitudinale senustring.
1.12 Watter van die volgende is foutiewe assosiasie van dierekiemlaag met die weefsels of organe waartoe dit lei? 
A. Ektoderm – buitenste bedekking B. Endoderm – interne wand van spysverteringskanaal C. Mesoderm – senustelsel D. Endoderm – interne wande van lewer en longe
1.13 Jy probeer organisme identifiseer. Dit is dier, maar dit het nie senu- of spierweefsel nie. Dit is ook nie diploblasties of triploblasties nie. Dit is waarskynlik
A. platwurm. B. rondewurm. C. kamjellie. D. spons. 
1.14 Watter van die volgende kombinasies van filum (stam) en beskrywing is foutief?  A. Echinodermata (Stekelhuidiges) – seloom vorm uit die oerderm  B. Cnidaria – radiale simmetrie, diploblasties  C. Platyhelminthes – platwurms, aselomaat D. Porifera (Sponsagtiges) – selomaat, mond van blastopoor
GRAAD 11 KWARTAAL 2 LEWENSWETENSKAPPE DIERE: HERSIENINGSVRAE
1.15 Bilaterale simmetrie in die diereryk stem die sterkste ooreen met  A. vermoë om ewe goed in alle rigtings waar te neem.  B. die teenwoordigheid van skelet.  C. beweeglikheid en aktiewe predasie en ontsnapping.  D. ontwikkeling van ware seloom. 
1.16 Aselomate word gekenmerk deur  A. die afwesigheid van brein.  B. die afwesigheid van mesoderm.  C. deuterostoomontwikkeling.  D. stewige liggaam sonder holte om interne organe.
1.17 Die onderskeiding tussen sponse en ander dierfilums is hoofsaaklik gegrond op die afwesigheid teenoor die teenwoordigheid van
A. liggaamsholte.  B. volledige spysverteringskanaal.  C. ware weefsels.  D. mesoderm.
1.18 Watter van die volgende funksies is voordeel van liggaamsholte wat met vloeistof gevul is?  A. Interne organe word teen beserings beskerm.  B. Organe kan onafhanklik van die buitenste liggaamswand groei en beweeg.  C. Die holte dien as hidrostatiese skelet.  D. A, B, en C.
1.19 Dier wat vinnig op soek na prooi kan swem wat dit waargeneem het met visuele sintuie wat aan sy voorpunt gekonsentreer is, sal waarskynlik al die volgende wees behalwe
A. bilateraal simmetries.  B. selomaat.  C. gekefaliseerd.  D. diploblasties. 
1.20 Die blastopoor toon die teenwoordigheid van holte met endodermwand in die ontwikkelende embrio – holte wat bekend staan as die 
A. oerderm. B. blastoseel. C. seloom. D. kiemlaag.
GRAAD 11 KWARTAAL 2 LEWENSWETENSKAPPE DIERE: HERSIENINGSVRAE
1.21 Die oudste vertakking in dierefilogenie hang af van A. radiale of bilaterale simmetrie. B. liggaamshole of geen liggaamsholte nie. C. diploblastiese of triploblastiese embrio’s.  D. ware weefsels of geen weefsels nie. 
1.22 Watter soort data sal waarskynlik die grootste impak op dieretaksonomie in die komende dekades hê? 
A. Fossielbewyse B. Vergelykende morfologie van lewende spesies  C. Nukleotiedopeenvolging van homoloë gene D. Ooreenstemmings in metaboliese bane
1.23 Filogenetiese bome kan die beste beskryf word as 
A. ware en onfeilbare stellings oor evolusieverhoudings. 
B. hipotetiese uitbeeldings van evolusieverhoudings. 
C. die akkuraatste voorstellings moontlik van genetiese verhoudings tussen taksons. 
D. evolusieteorieë. 
1.24 Die gemeenskaplike voorouer van alle diere was waarskynlik A. bakterie.  B. plant.  C. fungus.  D. protis.
1.25 Kies die een organisme wat die minste verwant aan die ander drie is. A. Rob B. Beer C. Pikkewyn D. Bewer
1.26 Kies die een organisme wat die minste verwant aan die ander drie is. A. Padda B. Slang C. Akkedis D. Alligator
GRAAD 11 KWARTAAL 2 LEWENSWETENSKAPPE DIERE: HERSIENINGSVRAE
1.27 Kies die een organisme wat die minste verwant aan die ander drie is. A. Rooiborsie B. Vlermuis C. Mossie D. Koekoek
1.28 Watter term sluit die ander drie in? A. Visse B. Gewerwelde diere C. Amfibiese diere D. Diere
1.29 Watter term sluit die ander drie in? A. Geleedpotige diere B. insekte C. Skaaldiere D. Duisendpote
1.30 Watter term sluit die ander drie in? A. Genus B. Orde C. Filum D. Spesie
1.31 Jy vind dier wat die volgende eienskappe het: ruggraat, skubberige pote en kloue, warmbloedig, en eierlêend.
Hoe sal jy hierdie dier klassifiseer? A. Reptiel B. Amfibiese dier C. Vis D. Voël
1.32 Jy vind dier wat die volgende eienskappe het: het nie werklike vorm nie, baie porieë, niebeweeglik, en harde buitenste bedekking.
Hoe sal jy hierdie dier klassifiseer? A. Stekelhuidige B. Holtedier C. Spons D. Weekdier
GRAAD 11 KWARTAAL 2 LEWENSWETENSKAPPE DIERE: HERSIENINGSVRAE
1.33 Watter van die volgende is ware stelling? A. Alle Chordata is gewerwelde diere. B. Alle gewerwelde diere is Chordata. C. Alle gewerwelde diere is soogdiere. D. Alle diere is gewerwelde diere.
1.34 Jy vind dier wat die volgende eienskappe het: gelede aanhangsels, gesegmenteerd, en eksoskelet.
Hoe sal jy hierdie dier klassifiseer? A. Annelied B. Holtedier C. Weekdier D. Geleedpotige dier
1.35 Jy vind dier wat die volgende eienskappe het: sagte liggaam, in verskillende tye van sy lewensiklus beweeglik en onbeweeglik, en bevat netelselle.
Hoe sal jy hierdie dier klassifiseer? A. Annelied B. Holtedier C. Weekdier D. Geleedpotige dier
1.36 Watter van die volgende filums bevat platwurms? A. Annelida B. Mollusca C. Arthropoda D. Platyhelminthes
1.37 Jy vind dier wat die volgende eienskappe het: dit het in sommige fases van sy lewe kiewe, ondergaan metamorfose, is koudbloedig, en leef in vogtige habitats.
Hoe sal jy hierdie dier klassifiseer? A. Amfibiese dier B. Annelied C. Vis D. Reptiel
GRAAD 11 KWARTAAL 2 LEWENSWETENSKAPPE DIERE: HERSIENINGSVRAE
1.38 Watter van die volgende filums bevat rondewurms? A. Annelida B. Mollusca C. Arthropoda D. Platyhelminthes Gebruik die tabel hier onder om vraag 39 tot 41 te beantwoord:
Dier i Dier ii Dier iii Dier iv Dier v hare vere gladde vel skubberige vel skubberige vel
ruggraat dopeier ruggraat dopeier kiewe plasenta kloue niedopeiers kloue waterdier
1.39 Dier i tot iv behoort aan die filum van diere genaamd A. reptiele. B. voëls. C. Chordata. D. soogdiere.
1.40 Tot watter klas hoort die dier iv? A. Soogdiere B. Voëls C. Amfibiese diere D. Reptiele
1.41 Tot watter filum hoort dier v? A. Mollusca B. Annelida C. Echinodermata D. Chordata
1.42 Watter een van die volgende is nie eienskap van holtediere nie? A. Vlamsel-uitskeidingstelsel B. Spysverteringskanaal met een opening C. Senuweenet D. Nematosiste
1.43 Watter van die volgende eienskappe van geleedpotige diere was waarskynlik die belangrikste aanpassing tot landomgewing?
A. Bloedsomloopstelsel B. Volledige spysverteringskanaal C. Segmentasie D. Eksoskelet
GRAAD 11 KWARTAAL 2 LEWENSWETENSKAPPE DIERE: HERSIENINGSVRAE
1.44 Sponse verskil van die res van die diereryk omdat A. hulle heeltemal sessiel is. B. hulle radiale simmetrie het en filtreervreters is. C. hul eenvoudige liggaamstruktuur geen weefsels of organe bevat nie. D. hulle primitiewe senuweenet het.
1.45 By Cnidaria geld die volgende gewoonlik: A. Die poliep is vryswemmend. B. Die medusa is vryswemmend. C. Die medusa is sessiel. D. Sowel die poliep as die medusa is sessiel.
1.46 Watter van die volgende het nie bilaterale simmetrie nie? A. Slak B. Lintwurm C. Koraal D. Erdwurm
1.47 Die voorste streek van bilateraal simmetriese dier word die volgende genoem: A. Dorsaal B. Anterior C. Ventraal D. Posterior
1.48 Hermafrodiete bring die volgende voort: A. Óf sperms óf eiers B. Sowel sperms as eiers C. Slegs sperms D. Slegs eiers
1.49 Segmentasie het eerste voorgekom by A. platwurms. B. weekdiere. C. rondewurms. D. anneliede.
GRAAD 11 KWARTAAL 2 LEWENSWETENSKAPPE DIERE: HERSIENINGSVRAE
1.50 Voëls A. is endoterme. B. het sekere eienskappe van reptiele. C. het swaar, soliede bene. D. A en B is korrek.
1.51 Soogdiere wat ontwikkeling in buidel op die moeder se maag voltooi, word die volgende genoem:
A. Kloaakdiere B. Plasentale diere C. Buideldiere D. Nie een hiervan nie
1.52 Insek se vlerke en pote kom uit sy A. kop. B. kopborsstuk. C. agterlyf. D. bors (toraks).
1.53 By watter van die volgende diere word die embrio nie deur vrugwater beskerm nie? A. Rooiborsie B. Alligator C. Brulpadda D. Leeu
1.54 Watter een van die volgende is nie tipies van insekte nie? A. Liggaam verdeel in kop, toraks en agterlyf B. Saamgestelde oë C. Een paar voelhorings D. Vier pare pote
1.55 Amfibiese diere kan nie ten volle op droë land leef nie, omdat A. hul voorouers oënskynlik visse was. B. hul voedselorganismes in die water leef. C. hul voortplanting van water afhanklik is. D. die volwasse vorme suurstof deur kiewe uit die water verkry.
GRAAD 11 KWARTAAL 2 LEWENSWETENSKAPPE DIERE: HERSIENINGSVRAE
1.56 By die meeste moderne soogdiere gaan die kleintjies deur tydperk van ontwikkeling wat aan die moeder verbind is deur die
A. kloaak. B. eier. C. melkkliere. D. plasenta.
1.57 Die amniotiese eier het aanvanklik in watter van die volgende groepe geëvolueer? A. Visse B. Reptiele C. Voëls D. Eierlêende soogdiere (kloaakdiere)
1.58 Diploblastiese organismes het A. twee embrionale sellae. B. twee pote. C twee voelhorings. D. twee saamgestelde oë.
1.59 Metamerisasie is A. kliewing. B. kraking. C segmentasie. D. verdeling.
1.60 Jellievis hoort tot die filum Cnidaria want dit het A. eksoskelet gemaak van chitien. B. seloom wat met vloeistof gevul is wat hidrostatiese skelet vorm. C. geen skelet nie. D. dermkanaal en mesoglea wat met vloeistof gevul is wat hidrostatiese skelet vorm.
1.61 Die simmetrie van die dier wat hier onder getoon word, is A. radiaal.
B. asimmetries. C. bilateraal. D. amorf.
GRAAD 11 KWARTAAL 2 LEWENSWETENSKAPPE DIERE: HERSIENINGSVRAE
1.62 Die organisme in die diagram hoort tot die filum A. Arthropoda.
B. Annelida. C. Platyhelminthes. D. Vertebrata.
1.63 Die organisme in die diagram hoort tot die filum A. Arthropoda. B. Annelida. C. Platyhelminthes. D. Vertebrata.
1.64 Die organisme in die diagram hoort tot die filum A. Arthropoda. B. Annelida. C. Platyhelminthes. D. Vertebrata.
1.65 Die organisme in die diagram hoort tot die filum A. Porifera. B. Cnideria. C. Platyhelminthes. D. Annelida.
GRAAD 11 KWARTAAL 2 LEWENSWETENSKAPPE DIERE: HERSIENINGSVRAE
1.66 Die organisme in die diagram hoort tot die filum A. Porifera. B. Cnideria. C. Platyhelminthes. D. Annelida.
1.67 Die organisme in die diagram hoort tot die filum A. Porifera. B. Arthropoda. C. Platyhelminthes. D. Annelida.
1.68 Watter van die volgende lyste bevat slegs geleedpotige diere? A. Anneliede, insekte B. Aragnide, skaaldiere C. Insekte, weekdiere D. Platwurms, skaaldiere
1.69 Die diagram toon paar eksterne kenmerke van rot.
Watter kenmerke wat in die diagram gesien kan word toon dat rot soogdier is?
A. Diafragma en longe B. Pels en snorbaard C. Warmbloedig en lewende kleintjies D. Melk- en sweetproduksie
GRAAD 11 KWARTAAL 2 LEWENSWETENSKAPPE DIERE: HERSIENINGSVRAE
1.70 Watter soort vel het amfibiese diere? A. Droog sonder skubbe B. Droog met skubbe C. Vogtig sonder skubbe D. Vogtig met skubbe
1.71 Watter soort lewende dier het growwe, droë, skubberige vel? A. Amfibiese dier B. Vis C. Soogdier D. Reptiel
1.72 Watter groep sluit diere met vier pote en droë, skubberige vel in? A. Amfibiese diere B. Voëls C. Soogdiere D. Reptiele
1.73 Die tabel toon enkele van die eienskappe van drie groepe ongewerwelde diere – geleedpotige diere, anneliede en weekdiere. Watter ry toon die korrekte eienskappe van elke groep?
geleedpotige diere annelied weekdiere
gesegmenteerde sagte liggaam, het selde pote
ongesegmenteerde sagte liggaam, het interne of eksterne dop
B gesegmenteerde liggaam, eksoskelet en gelede ledemate
gesegmenteerde liggaam, eksoskelet en gelede ledemate
gesegmenteerde sagte liggaam, het selde pote
C ongesegmenteerde sagte liggaam, het interne of eksterne dop
gesegmenteerde sagte liggaam, het selde pote
ongesegmenteerde sagte liggaam, het interne of eksterne dop
D gesegmenteerde sagte liggaam, het selde pote
ongesegmenteerde sagte liggaam, het interne of eksterne dop
gesegmenteerde liggaam, eksoskelet en gelede ledemate
1.74 Wat is die korrekte volgorde van groepe geleedpotige diere, vanaf dié met die meeste pote tot dié met die minste pote?
A. Aragnide à skaaldiere à insekte à veelpotiges B. Skaaldiere à veelpotiges à insekte à aragnide C. Insekte à aragnide à veelpotiges à skaaldiere D. Veelpotiges à skaaldiere à aragnide à insekte
1.75 Die diagram toon dier.
Gebruik die sleutel om hierdie dier te identifiseer.
1 ronde ore A
2 kolle op die liggaam B
geen kolle op die liggaam nie gaan na 3
3 reguit stert C
krullerige stert D
1.76 By geleedpotige diere vind groei eers plaas nadat die eksoskelet afgegooi is en voordat die nuwe een verhard.
Watter grafiek toon tipiese groeikromme vir geleedpotige dier?
lengte van geleedpotige
lengte van geleedpotige
lengte van geleedpotige
lengte van geleedpotige
A. 1 B. 2 C. 3 D. 4
1.78 Watter groep organismes het die volgende eienskappe? • Drie pare gelede pote • Driedelige gesegmenteerde liggaam • Een paar voelhorings
A. Aragnide B. Skaaldiere C. Insekte D. Veelpotige diere
1.79 Die tabel toon paar eienskappe van vier verskillende gewerwelde diere. Watter gewerwelde dier is reptiel?
Vinne Pote Skubbe Hare Sleutel: A u ³ u ³
u = eienskap teenwoordig B ³ u u ³
C ³ u ³ ³ ³ = eienskap afwesig
D ³ u ³ u
1.80 Watter dier is nie geleedpotige dier nie?
1.81 Die diagram toon dier wat in vars water voorkom.
Gebruik die sleutel om die dier te identifiseer. 1. liggaam in segmente verdeel gaan na 2
liggaam nie in segmente verdeel nie gaan na 3
2. reguit liggaam dier A geboë liggaam dier B
3 het dop dier C het nie dop nie dier D
1.82 Die tabel toon paar eienskappe van vier gewerwelde diere. Watter gewerwelde dier is soogdier?
Gewerwelde dier
A u u ³ ³ ³ u = eienskap teenwoordig
B ³ u ³ ³ ³
C ³ u u u ³ ³ = eienskap afwesig
D ³ ³ ³ u u
1.83 Watter eienskappe het visse?
Ruggraat Skubbe Hare Sleutel: A ³ ³ u
u = eienskap teenwoordig B ³ u ³
C u u ³ ³ = eienskap afwesig
D u ³ u
GRAAD 11 KWARTAAL 2 LEWENSWETENSKAPPE DIERE: HERSIENINGSVRAE
1.84 Die diagram toon dier. Gebruik die sleutel om die dier te identifiseer.
1 voorste ledemate het vyf vingers gaan na 2
voorste ledemate het vier vingers gaan na 3
2 vel met kolle A vel sonder kolle B
3 stert met vinne C stert sonder vinne D
1.85 Die diagram toon vier geleedpotige diere. Watter geleedpotige dier is insek?
1.86 Leerder neem gewerwelde dier waar wat in dammetjie swem. Die dier se oppervlak is glad en haarloos. Hy gebruik sy agterpote met swemvliese om te swem. Nou en dan kom die dier op na die wateroppervlak om lug te skep.
Tot watter klas van gewerwelde diere hoort hierdie dier? A. Amfibiese diere B. Visse C. Soogdiere D. Reptiele
1.87 Die diagram toon geleedpotige dier. Hoeveel pare gelede pote het hierdie geleedpotige dier? A. 2 B. 20 C. 21 D. 40
1.88 Watter groep bevat nie diere wat geleedpotige diere is nie? A. Anneliede B. Aragnide C. Skaaldiere D. Insekte
MEMORANDUM Punte: 88 Tyd: 88 minute
Vraag 1 1.1 Cü