wapad - 16 april 2015

16
SMS 31750 Teken in vir Wapad® se nuusbrief Iets om te sê? met die woord ‘wapad’ vooraan Innoveerders soos F.W. de Klerk het dié koerant in hul studentejare gelei. verjaar! Die redaksielede het Maandag bymekaargekom om Wapad (69) se verjaarsdag te vier. FOTO: Lize Lombard D ié studentekoerant het Sondag sy 69ste verjaars- dag gevier. Waar hy in 1946 nederig begin het en slegs uit vier blaaie bestaan het, bestaan van- dag se twee-weeklikse uitgawe ge- woonlik uit 16 blaaie. Wapad is een van die oudste kampuskoerante landwyd en het telkens bewys dat daar voor in die Wapad ’n lig brand. Suid-Afrikaanse innoveerders soos F.W. de Klerk het dié koerant in hul studentejare gelei. Dié uitgawe se mashoof is die einste een wat vir die eerste uit- gawe geskets is. Die pad in die agtergrond is die enigste visuele prikkel wat Chris Hattingh en Kie. in dié uitgawe gebruik het. Vandag maak die tegnologie dit moontlik vir elke joernalis om ’n jack of all trades te wees en inligting is dikwels net ’n Google- klik weg. Hoewel die tegnologie verbeter het, is die druk om ’n kwaliteit- produk te produseer ook hoër. Ná soveel jare verskaf Wapad steeds aan die studente van die NWU-Potchefstroomkampus on- partydige nuus en interessan- thede. Boonop het navorsers Wapad deur die jare nog altyd as ’n hoof- bron vir naslaanwerk oor die Potchefstroomkampus se geskie- denis benut. Die koerant se naam verwys na die verlede. Ons kan trots wees op ons herkoms: die Voortrekkers, wat ’n standpunt geneem het en na groener weivelde gaan soek het. Die huidige redaksie kan ook uit die verlede se foute leer. Dit is van onskatbare waarde dat Wapad ’n leerskool van 69 jaar het waaruit die redaksie daagliks kan leer. Die naam verwys egter ook na die toekoms, omdat ’n wapad altyd vorentoe loop. Net omdat die naam ons herinner aan ons Afrikaner- bloed, beteken dit nie Wapad kan nie vir ander stemme ook plek maak nie. Dit is daarom dat die redaksie ’n weldeurdagte besluit geneem het om minstens een Engelse berig op elke bladsy te plaas. ’n Koerant dra dus nie net ’n nostalgiese waarde nie, maar is ’n rigtingwyser wat op hoogte bly met die tye. In 69 jaar het die koerant met elke termyn drasties verander. Dit is immers vir elke redakteur en sy hoofredaksie moeilik om ’n ge- standardiseerde produk te verse- ker, aangesien die koerant hom- self elke jaar van voor af moet opbou wanneer die vorige hoofre- daksie uittree. Die merkwaardigheid van Wa- pad se bestaan ná soveel jare kan dus nie onderskat word nie. Dié koerant verdien ’n verjaarsdag. Hoewel dié outoppie lank reeds verby sy aftree-ouderdom is, staan Wapad steeds sterk. IN HIERDIE UITGAWE: Studenteblad van die NWU-Potchefstroomkampus sedert 1946 Vol. 5 ,Jaargang 69 Prys: gratis 16 April 2015

Upload: wapad

Post on 21-Jul-2016

329 views

Category:

Documents


3 download

DESCRIPTION

Tweeslagenjinfiets, drie NWU-studente sterf, satire: NWU trek na Game of Thrones, K&V: Man buns - hot or not?, Opinie: Jo van Eeden, Sport: huil Puk, huil.

TRANSCRIPT

Page 1: Wapad - 16 April 2015

SMS 31750 Teken in vir Wapad® se nuusbrief

Iets om te sê? met die woord ‘wapad’ vooraan

Innoveerders soos F.W. de Klerk het dié koerant in hul studentejare gelei.

verjaar!Die redaksielede het Maandag bymekaargekom om Wapad (69) se verjaarsdag te vier. FOTO: Lize Lombard

Dié studentekoerant het Sondag sy 69ste verjaars-dag gevier. Waar hy in 1946

nederig begin het en slegs uit vier blaaie bestaan het, bestaan van-dag se twee-weeklikse uitgawe ge-woonlik uit 16 blaaie.

Wapad is een van die oudste kampuskoerante landwyd en het telkens bewys dat daar voor in die Wapad ’n lig brand.

Suid-Afrikaanse innoveerders soos F.W. de Klerk het dié koerant in hul studentejare gelei.

Dié uitgawe se mashoof is die einste een wat vir die eerste uit-gawe geskets is. Die pad in die agtergrond is die enigste visuele

prikkel wat Chris Hattingh en Kie. in dié uitgawe gebruik het.

Vandag maak die tegnologie dit moontlik vir elke joernalis om ’n jack of all trades te wees en inligting is dikwels net ’n Google-klik weg.

Hoewel die tegnologie verbeter het, is die druk om ’n kwaliteit-produk te produseer ook hoër.

Ná soveel jare verskaf Wapad steeds aan die studente van die NWU-Potchefstroomkampus on-partydige nuus en interessan-thede.

Boonop het navorsers Wapad deur die jare nog altyd as ’n hoof-bron vir naslaanwerk oor die

Potchefstroomkampus se geskie-denis benut.

Die koerant se naam verwys na die verlede. Ons kan trots wees op ons herkoms: die Voortrekkers, wat ’n standpunt geneem het en na groener weivelde gaan soek het. Die huidige redaksie kan ook

uit die verlede se foute leer. Dit is van onskatbare waarde

dat Wapad ’n leerskool van 69 jaar het waaruit die redaksie daagliks kan leer.

Die naam verwys egter ook na die toekoms, omdat ’n wapad altyd vorentoe loop. Net omdat die naam ons herinner aan ons Afrikaner-bloed, beteken dit nie Wapad kan nie vir ander stemme ook plek maak nie.

Dit is daarom dat die redaksie ’n weldeurdagte besluit geneem het om minstens een Engelse berig op elke bladsy te plaas.

’n Koerant dra dus nie net ’n nostalgiese waarde nie, maar is

’n rigtingwyser wat op hoogte bly met die tye.

In 69 jaar het die koerant met elke termyn drasties verander. Dit is immers vir elke redakteur en sy hoofredaksie moeilik om ’n ge-standardiseerde produk te verse- ker, aangesien die koerant hom-self elke jaar van voor af moet opbou wanneer die vorige hoofre-daksie uittree.

Die merkwaardigheid van Wa-pad se bestaan ná soveel jare kan dus nie onderskat word nie. Dié koerant verdien ’n verjaarsdag.

Hoewel dié outoppie lank reeds verby sy aftree-ouderdom is, staan Wapad steeds sterk.

IN HIERDIE UITGAWE:

Studenteblad van die NWU-Potchefstroomkampus sedert 1946

Vol. 5 ,Jaargang 69 Prys: gratis16 April 2015

Page 2: Wapad - 16 April 2015

Nuus 2 16 April 2015

InterkampusInterkampusSAAMGESTEL DEUR IDA STEENKAMP

TUKS Camerata kry dalk ’n toekenning

Dit is ’n groot eer vir die universiteit.

Barrett, meen dis ’n baie groot eer om vir die toekenning genomineer te word, veral omdat hulle die geleentheid kry om saam met van die beste musikante in Suid-Afrika genomineer te word.

Hy is trots op die toewyding wat die lede van Camerata asook aan die universiteit aan die koor toon .Die toekenningsere-monie vind 19 April 2015 by Sun City plaas.

Rhodes-standbeeld verwyder

kampus versprei is.D i e u n iv e r s i t e i t

het geleent-hede vir kommentaar rakende die onderwerp van die verwydering van die standbeeld gegee, maar die kommentaarborde was gevul met haatspraak en kommentaar oor rassisme.

Price meen die optrede is onaanvaarbaar en gaan dus dissiplinêre aksies teen die skrywers van die kommentaar neem.

Zethu Matebeni, ’n senior navorser by UK se Instituut vir Geesteswetenskappe in Afrika, beweer dit is belangrik vir die standbeeld om verwyder te word om transformasie te versnel. Volgens haar is die standbeeld ’n simbool van diskriminasie.

Turnstile troubles

Electrics in layman's terms

There are about 17 turnstiles at the NWU Potchefstroom Campus.

The NWU-PUK uses about 1 500 liters per hour for the generators' diesel during a power outage. It totals at ap-proximately R400 000 daily.

The generators pull about 7 000 kW per day during summertime and about 10 000 kW in the winter

ISABEL MOISES

The long rows of students at the turnstiles on the NWU-PUK Campus makes one

think that parking is for the birds. Students are only able to gain

access to campus through the turnstiles on Jooste Street during power outages.

According to Jean-Marc Stidworthy, project manager at the NWU-PUK, the traffic at this turnstile has doubled since the inhabitancy of Unilofts.

Stidworthy admitted that most of the turnstiles are not connected to the generators.

Bertie Jacobs of Marketing and Communications has also confirmed that the most turnstiles are still not connected to the emergency power system. These turnstiles are dependent of the municipal power.

The lack of emergency power is an inconvenience for many students. “Every time the power goes off, the turnstile at Villagers doesn’t work for almost the whole

day,” said Della Groenewald, a third-year in BA Graphic Design.

“The NWU-PUK should really pay attention to it and not just fix it temporarily.”

According to Jacobs, the university is examining the costs related to emergency power for the turnstiles.

However, it is not just power outages that are responsible for the long queues, said Jacobs. “Damaged cards, equipment damaged by vandalism and rain,” and students that are too hasty during activation also have an effect on the long queues the turnstiles.

Jenna Mclaren, a second-year in BA Communications, suggests that the NWU-PUK should install a turnstile for each traffic direction, because “there is always a queue at Vinkel and Koljander’s turnstiles”.

Apart from the long queues, students believe the turnstile system is unsafe at some areas. “The safety at Hombré has to be questioned, because if a student

swipes once, three people can go through,” Groenewald said.

According to Giel Senekal, head of Traffic and Access Control to Protection Services: “Any complaint regarding the turnstiles is investigated to ensure that any defects are restored.”

FOTO: LIZE LOMBARDOne of the turnstiles that students cannot use during power cutages.

UK weier om swart professors aan te stel

Daar heers tans ’n hewige debat tussen die studente, lektore, akademici en an-der werknemers oor die stadige pas van transfor-masie by die Universiteit van Kaapstad (UK).

’n Dosent aan die universiteit , Xolela Mangcu, beklemtoon die gebrek aan transformasie wat die personeel van die universiteit betref.

Hy beskuldig dr Max Price, visekanselier, daarvan dat hy pertinent weier om swart professors aan te stel.

Volgens Price is dit moeilik om swart professors by die universiteit te kry.

Mangcu beweer hy het vir Price ’n lys van swart

professors afkomstig van Yale-, Harvard- en Colombia universiteite gegee.

Mangcu beweer dat slegs vyf uit die 200 senior professors by die UK swart is. Patricia Berry, ’n lid van die Nehawu-tak by die universiteit, sê daar is nie genoeg swart personeellede in senior posisies waar hulle ’n aktiewe rol in die proses van besluitneming rakende die universiteit kan neem nie.

Personeel aan die universiteit besef dat transformasie van belang is vir die bevordering van die universiteit en stappe sal geneem moet word om hierdie transformasie te laat plaasvind.

LIENEKE PIETERSE

Een ding wat ’n mens nié oor Potchefstroom kan sê nie is dat dié dorp ’n tekort aan kuierplek-ke het. Of jy nou daarvan hou om tot vroegmôre op die dansvloer te kerjakker of diep gesprekke ron-dom ’n glasie wyn te geniet, is hier beslis iets vir almal.

Studente is baie uitgesproke oor waar jy dit kan bekostig om gesien te word. Dit is ’n eeue-oue debat: Hang net hipsters by MVG uit? Is die ouens wat van Music Café hou die soort wat hul meisies ‘Bokkie’ noem en oor hul toekomstige man caves fantaseer? Die vrae is einde-loos.

Hoewel dié debat steeds hewig onder studente stook, is daar wel ’n paar kuierplekke waaroor die meeste saamstem.

Bourbons, die oudste kuierplek op die Bult, is ook die eerste plek op ons lys. In die oog van die stu-dente word dié watergat as die soort kuierplek beskou waarheen

jy gaan as jy reeds ’n paar sterk drankies agter die blad het en besope op die Bult rondstrompel.

“G’n mens met nugter gedag-tes gaan soontoe nie. Jy eindig net daar op,” meen Tanya Nel ’n derdejaar verbruikersweten-skappe student.

Nog ’n derdejaar verbruikers-wetenskappe student, Zane de Meyer, stem saam: “Dit is ’n vuil plek. Ek sal nie sommer soontoe gaan nie.”

Gelukkig word nie al die Bult-kuierplekke oor dieselfde kam geskeer nie, soos beide Picasso’s se Cocktail Lounge en Dansbar, wat gewild onder studente is.

“Ek is nie meer mal oor Bour-bons nie. As ek en my vriende wil los dans gaan ons Picasso’s toe,” vertel Marli de Klerk ’n honneursstudent in menslike-hulpbronbestuur.

Dié wat nie daarvan hou om te dans nie, ry egter verby die Bult en draai by die Mystic Boer in vir skuiling. “Daar is te veel van

daardie pomp-vibes op die Bult. Ek dink hierdie soort plekke is gekop-pel aan mense se persoonlikhede. Mense wat by Bourbons uithang is tien teen een die wat gym, pienk gholf-hempies dra en almal baby noem,” meen Gretchen Crots, ’n tweedejaar grafiese ontwerpstu-dent.

Baie Mystic Boer-aanhangers se vriende deel nie dieselfde liefde nie. “Wanneer ek uitgaan, wil ek gaan dans en die Mystic Boer het nie genoeg plek daarvoor nie. Die mense wat daar uithang is bie-tjie weird,” meen Bianca Bell, ’n derdejaar kommunikasiestudent.

Dis duidelik dat mense kui-erplekke met verskillende soorte studente assosieer. As jy egter ’n oopkop het, sal jy besef dat elke kuierplek iets vir elke deel van jou persoonlikheid aanbied.

Studente soos Alicia Kleynhans, derdejaar farmasie, het die regte idee: “Ek hou van al die plekke, omdat ek saam met verskillende mense kuier.”

Die Universiteit van Pre-toria (Tukkies) se musiek-groep, Camerata, se nuuste CD is vir ’n Suid-Afri-kaanse mu-siektoekenning (SAMA) genomineer.

Camerata is onder leiding van Michael Barrett. Die CD, Phoenix, is genomineer vir die kategorie "Beste Klassieke en Instrumentele Album" en is aangekondig by die 21ste SAMA nominasie aankondigingseremonie wat by die Rand Club in Johannesburg gehou is.

Die Universiteit van Kaapstad (UK) se visekan-selier, dr Max Price se voorstel om die standbeeld van Cecil John Rhodes van kampus te verwyder, is sowat drie weke gelede deur die universiteit se Se-nior leierskapgroep (SLG) goedgekeur.

Price het glo met die SLG, onder andere die uitvoerende direkteurs, die adjunkvisekanselier en die direkteure van Institusionele Beplanning en Transformasie vergader om dié besluit te maak.

D i e ve r w yd e r i n g van dié standbeeld het gelei tot briewe van ou Studenteraadvoorsitters, studente wat protesteer en selfs plakkate van Hitler en swastikas wat regoor die

Maak die kroeg die man?

Page 3: Wapad - 16 April 2015

3 Nuus16 April 2015

RAYNIQUE MEYER

Indien jy al ’n geel blits verby jou op kampus sien jaag het, wees verseker jou oë het jou nie

bedrieg nie.Dit is Hein Papenfus, derdejaar

LLB-student, en brein agter dié jaar se unieke help-my-trap weergawe.

“Ek het nie my fiets soos wat hy is gekoop nie, ek het hom so gebou,” sê Papenfus.

’n Help-my-trap is ’n fiets wat beskik oor ’n tweeslagenjin wat die fietsryer help met die trapslag.

’n Spoed van sowat 60km per uur kan bereik word indien daar

geen aankomende verkeer is nie.“Ek het nog nooit in iemand

vasgery nie, maar my brake pads hou nie. Só my fiets het gewoonlik nie brieke nie.”

Na ’n briek 101-les, het Papenfus gelag en met sy hande gewys dat hy later by die fiets die verskil sal verduidelik.

Maar dís nie al nie.Volgens Papenfus vat die tenk

slegs 2 liter brandstof en kan sowat 100km aflê.

“Ek het voorheen ’n Land Rover-bakkie gery, maar dit was te swaar op brandstof en hier is nie genoeg parkering nie.”

Dié buitengewone fiets is dalk

Dié bicycle het nie brieke nie

Méér as net ’n �etsdie oplossing vir die verkeer en die NWU-Puk parkeringsprobleem.

“As die karre in sulke lang rye staan – veral Vrydagmiddae – ry ek sommer langs hulle verby. Die NWU-Puk is baie fietsvriendelik, ek kan nou op enige plek stop en ek kry nie meer boetes nie.”

Papenfus se ekonomiese trapfiets is ook ’n oplossing vir die minder selfbewustes onder ons. Hy ry ’n ent vooruit en kom met ’n breë glimlag terug.

“En soos … dit is cool vir lui mense.”

MARNUS KOK

Persepsies en verdagmakerye is nie in belang van die proses om ’n moontlike nuwe model vir die Noordwes-Universiteit (NWU) te vind nie.

Dit is die strekking van adv Johan Kruger, voorsitter van die NWU-Raad, se verklaring wat hy ná die raadsvergadering op Saterdag 21 Maart by Leriba Lodge in Centurion aan joernaliste voorgelees het.

Verskeie voorstelle vir moont-like bestuursmodelle is op dié raadsvergadering bespreek.

Prof Dan Kgwadi, visekanselier van die NWU, het ook gedurende die vraesessie gesê dat die strategiese hersieningsproses nie net betyds klaar moet wees vir die volgende raadsvergadering in Junie 2015 nie, maar “ook vir ons rapportering in Desember 2015 aan die departement van hoër onderwys”.

Op Maandag 23 Maart het

die Institusionele Kantoor van die NWU in ’n persverklaring aangekondig dat “prof Herman van Schalkwyk se ampstermyn op 31 Januarie 2016 verstryk”.

Die Raad het egter onderstreep dat die besluit “uitsluitlik ge- baseer is op regsadvies wat hulle ontvang het”.

Dit is omdat Van Schalkwyk se kontrak as kampusrektor van die NWU-Potchefstroom- kampus dan verstryk en kragtens ’n regsmening nie hernieu kan word nie.

Van Schalkwyk het in korrespondensie aan die NWU-Puk bevestig dat hy kennis dra van die Raad se besluit oor sy toekoms as kampusrektor.

Hy het hom egter nie uitgelaat oor die moontlike hernuwing van sy termyn as rektor nie.

“Aangesien dit tans die onderwerp van ’n dispuut tussen my en my werkgewer, die Noordwes-Universiteit is,” het Van Schalkwyk gesê.

Verdagmakerye nie in belang van proses

FOTO: Lize Lombard

Leiers verdwyn soos mis voor die son

JEANELLE GREYLING

Nege huiskomiteelede van dorps- en kampuskoshuise het reeds bedank. Een van dié lede het egter slegs twee ure ná sy aanstelling bedank.

Hoewel die meeste van die redes vir die bedankings vertroulik gehou word, het Wapad verneem dat baie van hulle bloot nie die druk kon hanteer nie.

Twee van Oosterhof-vroue- koshuis se HK-lede het kort ná mekaar bedank.

Volgens Anri Boshoff, primaria, is hulle steeds geregtig op hul leierskapsbeurse, omdat hulle ses maande op die HK gedien het. Nuwe HK-lede is kort daarna in hul plek aangestel.

’n Mediaverklaring wat die NWU se institusionele kantoor vroeër vanjaar uitgereik het, het ook berig dat twee van Hombré-manskoshuis se HK-lede bedank het.

Rozani Honiball, primaria van LaVaria-vrouekoshuis, meen een van haar HK-lede bedank omdat sy “nie kon cope nie”.

“Ek sal nie sê dis só baie werk nie. Dit hang maar af van hoe elke persoon dit hanteer,” het Honiball gesê.

Wanda-vrouekoshuis het hul SJGD HK-lid weens “persoonlike-

HK-termyn vir party te moeilik

en mediese redes” verloor, het Grizelda du Plessis, primaria, gesê. “Ons het niemand in haar plek aangestel nie, maar haar pligte is tussen die ander HK-lede verdeel.”

Volgens du Plessis is die werkslading groot, “maar jy moet jou tyd net goed beplan en bestuur,” het Du Plessis gesê.

Een HK-lid van Excelsior-manskoshuis het binne twee ure ná sy aanstelling bedank, omdat sy pa dié aanstelling nie goedgekeur het nie, het Jacques Hugo, primarius, gesê.

Volgens Hugo gaan dié termyn met baie spanning gepaard. “Daar is onsekerheid, want soveel dinge het weggeval.”

Ruan Chapman, Ratau Lebone- manskoshuis se prim, meen ook die aanpassing het sy “glitches”.

“Daar was byvoorbeeld nie ’n oordragsverslag nie, omdat al die ou tradisies en maniere van doen weggeval het,” het Chapman gesê.

Dis volgens hom goed dat die eerstejaars self goeie besluite neem en verkies om akademies te verkeer eerder as om uit te gaan in die aande.

Joe Smit, prim van Thaba-Jäh-manskoshuis, meen hulle het maklik aangepas. “Ons is ’n redelike nuwe koshuis en ons is divers.”

Demi-Leigh Nel-Peters is as die 2015 mej Varsity Cup aangewys.

Sy is tans ‘n tweedejaar in BCom Ondernemingsbestuur en Entrepreneurskap aan die NWU-Puk.

Hoewel die stemme slegs 40% getel het, het Nel-Peters so baie ondersteuning ontvang dat die kampusrektor, prof Herman van Schalkwyk, se kantoor ‘n kortteksboodskap aan alle studente gestuur het om vir haar te stem.

FOTO: Facebook

Darem wen Demi-Leigh

FOTO: Verskaf

Die Noordwes Universiteit het op 1 Januarie 2004 amptelik tot stand gekom, met die samesmelting van die Universiteit van Noord-wes wat in Mafikeng geleë was.

Die Puk-kampus het voorheen bekend gestaan as die Potchef-stroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO). Dit was ’n tradisionele wit en Afrikaanssprekende universiteit.

Die PU vir CHO het ’n kampus in die Vaaldriehoek gehad. Dié kampus het saamgesmelt met die Sebokengkampus van die Vista Universiteit, wat hoofsaaklik swart was.

Die samesmelting in 2004 het drie kampusse tot gevolg gehad, elkeen met ’n afsonderlike rektor en bestuur.

Die eerste visekanselier van die NWU, was dr Theuns Eloff, wat voorheen rektor van die PU vir CHO was. Prof Dan Kgwadi was vir nege jaar rektor van die Mafikengkampus, voordat hy die leisels op 1 April 2014 by dr. Eloff as visekanselier oorgeneem het.

NWU geskiedenis

Hein Papenfus sê hy hou van die aandag wat hy weens dié �ets kry.

Page 4: Wapad - 16 April 2015

Nuus4 16 April 2015

INGE JANSE VAN RENSBURG

Rugby en akademie loop nie mak-lik hand-aan-hand nie en al hoe meer druk word op die NWU-Puk rugbyspelers geplaas met die Var-sity Cup-eindstryd wat ál nader strek.

Hoe handhaaf ons rugbyspan die oefeninge en wedstryde, asook die akademiese druk?

Hoewel ons weet die NWU-Puk rugbyspan duld nie verloorwed-stryde nie, weet min dat hulle dit ook moeilik vind om lae slaag- syfers te duld.

Volgens Rhyk Welgemoed, ’n finale jaar in BSc in geografie en

omgewingsbestuur en ’n NWU-Puk rugbyspeler, word daar van die spelers verwag om ’n mini-mum van ten minste 60% te be-haal.

Dus vereis dit van spelers om beide op die veld en akademies te presteer. Elke Jan Rap en sy maat kan dus nie vir die NWU-Puk uitdraf nie.

Johan Deysel, ’n vyfdejaar by die Besigheidskool en ook ’n NWU-Puk rugbyspeler, meen hul afrigters akkommodeer die spe- lers so ver as moontlik sodat hulle by hul sport sowel as akademie kan uitkom.

“Die oefeninge word tussen klastye gehou of anders word

IDA STEENKAMP

Load shedding: a few hours of utter darkness that causes students to stream to

restaurants in their area to avoid starvation. Countless takeaways are bought during load shedding, but what about sushi?

Sharonne Beacham, a second- year in BIng Chemical Engineering, bought sushi at Huamin, a Chinese restaurant at the Bult area, in February.

The raw salmon has led to food poisoning and Beacham suspects

Load shedding leads to smelly sushithe fish defrosted in the freezer during load shedding and froze again when the power went on.

By printing time, the owner of the Huamin has still refused to comment on the accusation. She did not want to reveal her name.

However, Brandon Labuschag- ne, one of the workers at Hello Sushi, said that defrosted sushi should be used immediately.

“We have a generator, but it does not work for the fridges. It only works for the lights. So the refrigerators do not keep the drinks and the fish cold during

load shedding.”“We have to use a lot of ice to

keep the fish cold and fresh and it has worked so far. We do not use the fish once it is defrosted,” Labuschagne said.

According to Labuschagne, there are a lot more customers who come to order sushi during load shedding, presumably because they do not have electricity at home to cook.

It is beneficial for the business if the fish is kept fresh with the ice. It can, however, be catastrophic if the fish being

served is not fresh.According to About Health’s

website (www.about.com) raw fish that is not fresh, leads to diseases like Anisakis simplex – a form of worms that accommodate themselves within the human body.

Symptoms of this infection include abdominal pain, nausea and severe vomiting during the first few hours after the food is eaten. About Health reported that a bacterial species, Vibrio parahaemolyticus, is associated with eating raw fish. This

bacteria includes symptoms like diarrhoea, abdominal cramps, nausea, vomiting, headache, fever and chills.

According to experts on the About Health website, you can avoid food poisoning if you buy sushi at a restaurant where the food is prepared in front of you, because the fish in these restaurants have a greater chance of being fresh. You should not buy sushi that smells like fish, as it is a sign that it is no longer fresh. By eating it you may get food poisoning.

Toutrek tussen rugby en akademie

ISABEL MOISES

Despite its extended operatio- nal period, it seems that Group- Wise’s days are numbered.

The extension of this email system was implemented to avoid any potential instability before and during the examinations, but the system will be disabled in the next semester.

The replacement, Microsoft Pro 365+, promises more disk space for the NWU students.

According to Boeta Pretorius, manager of IT Applications and Research, the software will not be available until the end of the first semester.

“The compliance and legal daar gevra wie op ’n sekere tyd kan oefen,” het Deysel gesê.

Marnus Tack, ’n NWU-Puk rug-byspeler en ’n tweedejaar in BA sportwetenskap, glo “dit is moont-lik om albei te handhaaf, maar dit is moeilik”.

Deysel meen jou sukses berus daarop dat jy vooruit beplan, niks vir die laaste nippertjie los nie en die hulp van jou medestudente.

“Waar die akademie moeilik raak, is wanneer jy moeg is in die aand en dan nog moet leer en op-dragte doen,” het Deysel gesê.

Welgemoed meen sy besige ske- dule sorg juis dat hy al sy verant-woordelikhede nakom en pres- teer.

GroupWise bids farewell

Approximately 3% of students have not supplied alternate email addresses.

About 50,435 e-mails on average are still sent to students from the GroupWise system every day.

Both students and staff receive and send 30 981MB's e-mails daily.

processes take longer as a result of new legislation that has to be met,” said Pretorius.

“We have more work than usual at the moment, because we are still busy with the project.

“This will continue to be the case for a long period, because we still have to go through cleaning and many other processes before the project is concluded.”

Microsoft Pro 365+, that consists out of the whole Microsoft package, including Microsoft Word, Excel, PowerPoint. It will be available to students to download online for free once the project is completed.

Did you know?

FOTO: tip-off.com.au

FOTO: Verskaf

Load shedding doesn't just have an effect on our moods, it can lead to upset stomachs as well.

Meer as net mooi lywe. Dié rugbymanne moet met minstens 60% in hul akademie slaag om vir die universiteit rugby te speel.

Page 5: Wapad - 16 April 2015

5 16 April 2015 Huldeblyk

RENERA LOUWRENS

Edu Steyn, oud-Heimat koshuis- lid, was weens erge beenpyn op pad hospitaal toe waar hy tydens die rit in sy ma se motor gesterf het.

Volgens sy suster, Maureen Steyn, is hy op 18 Desember 2013 met beenmurgkanker ge- diangoseer – net ná hy sy graad in BA menslike bewegingskunde aan die NWU-Puk voltooi het.

“Edu het sy goed vanaf Potchef- stroom na Rustenburg getrek en net daarna begin kla van pyn in sy bene,” het Maureen gesê.

“Die dokters het toetse gedoen en ’n bloedklont in sy been geïdentifiseer. Edu het medikasie geneem vir die pyn in sy bene en dit het net nie beter geword nie.”

Verdere toetse het bevestig hy het beenmurgkanker gehad. Hy is dadelik in die Pretoria-Oos hospitaal opgeneem waar hy 11 maande spandeer het.

Edu se ma, Ivy Janse van Rensburg, het einde verlede jaar vir hom van haar beenmurg

geskenk. Volgens Maureen het die

nuwe selle oorgeneem en al die kankerselle was weg.

Edu het na bewering chemo- terapie ontvang omdat bestraling nie goed vir die bloedklont was nie.

Hy was uiteindelik vir drie maande kankervry.

Edu het egter weer begin kla en was dokter toe, wat bevestig het die kanker het teruggekeer.

“Edu het aggressiewe kanker gehad en die dokters het nie geweet wat die oorsprong was nie,” het Maureen gesê.

Edu het op 17 Maart gevra dat Janse van Rensburg hom hospitaal toe neem. “Hy is op pad hospitaal toe in die kar dood,” het Maureen gesê.

Koshuislede van Heimat het Edu se begrafnis in Rustenburg bygewoon.

Daar is op die koshuis se Facebook-bladsy gevra dat dié wat die begrafnis sou bywoon, nie swart of wit sou aantrek nie. Dít was Janse van Rensburg se wense.

Kanker eis oud-Puk

RENERA LOUWRENS

One of Bellatrix women hostel’s loved residents died of an unknown virus.

Azelle van Staden, a third year BA Psychology and Labour Relations student, died on the 22nd of March.

According to Helene Marnewick, fellow resident, “Azelle was an organ donor and therefore she made a difference in at least 44 people's lives.”

Azelle’s heart was already transplanted to a 50 year old man.

According to Delwin van Jaarsveld, a friend of Van Staden, al her organs were donated. Her wish was to raise awareness about organ donating.

Earlier that week, Van Staden started complaining about nauseousness and a headache and asked to be excused from hostel activities.

On Wednesday around midnight her housemates came home and tried waking Van Staden but could not succeed.

The call to Eagle Trauma Rescue Centre in Mahikeng was redirected to ER24 that sent an ambulance.

Additional help arrived soon after the paramedic summarized her condition as critical.

Van Staden’s mother, Eugenie Nienaber Esterhuizen, was informed at 1:00 of her condition after which she was transferred to Intensive Care Unit around 3:00.

According to Nienaber Esterhuizen, the virus caused Van Staden’s nauseousness and headache.

“She lost her consciousness while asleep. Swallowing her own vomit then caused a shortage of oxygen. By the time her housemates reached her, she was already in a coma.

Student died and donated organs

FOTO:FACEBOOK

Azelle van Staden has donated her organs to at least 44 people.

RENERA LOUWRENS

Vivian Botha, ’n vierdejaar- in menslike be- wegingskunde en ’n

koshuislid van Over de Voor-manskoshuis, was Donderdag 2 April op pad na Meyerton toe hy omstreeks 12:00 op die N1 naby die Kranskop-tolhek in Limpopo

FOTO: Facebook

Edu Steyn het ná 'n lang stryd met kanker gesterf.

The stomach acid burned her lungs which caused pneumonia. Her blood pressure dropped but she was declared brain dead,” Nienaber Esterhuizen told.

“After the nightmare of waiting and despite the best possible medical care and the incredible support of friends and family, the doctors advised us on Saturday to say ou final good-byes,” said Marnewick.

She lost her consciousness while asleep

ontseld om enige kommentaar oor haar seun se sterfte te lewer aan Wapad.

Botha was op 9 April uit die NG kerk in Meyerton begrawe.

Over de Voor Manskoshuis het almal wat vir Botha geken het op hul Facebook-bladsy uitgenooi om sy begrafnis by te woon.

At this moment, there are more than one hundred thousand people in the US waiting for an organ.

Four thousand people are added to the waiting list daily.

There is always a lack of organ donors, because more people need organs than those who donate it.

More than six thousand transplants are performed every year.

'n Medical procedure is done after one's death to determine which organs can be donated.

Donation facts

Student sterf inbotsingbotsing

Vivian Botha het opslag in 'n kop-aan-kop botsing met 'n minibustaxi gesterf.

verongeluk het, het Beeld berig. Botha en sy pa, Marius Botha,

het ’n motor in Mokopane gaan haal waarna Vivian ’n halfuur voor sy pa uit Mokopane vertrek het.

Moné Schalekamp, Vivian se meisie, vertel dat ’n minibustaxi-bestuurder beheer oor sy voertuig verloor het en van voor af teen

Vivian se motor gebots het. Vivian se ouer broer, Tiaan

Botha, het aan Beeld gesê dat toe sy pa die verkeer gesien het, hy onmiddellik besef het dat daar ’n ongeluk was.

Hy het na bewering dadelik vir Vivian gebel, maar sy selfoon het net gelui.

“Dit was toe al te laat,” het

Botha aan Beeld gesê.Botha se pa het op die ongeluks-

toneel afgekom en minute later bevestiging gekry dat sy seun gesterf het.

“Terwyl sy pa by die ongeluks- toneel was, het hy huis toe gebel om die familie te laat weet,” het Schalenkamp gesê.

Botha se ma was egter te

BO: Vivian Botha. ONDER: Vivian en sy meisie, Moné Schalekamp. FOTO'S: Facebook.

Page 6: Wapad - 16 April 2015

6 16 April 2015Nuus

FFF is hier!RAYNIQUE MEYER

Entoesiaste van elektroniese musiek kan volgende naweek tydens die eerste Suid-Afrikaanse Future Fusion Festival (FFF) ’n multi-sensoriese ervaring verwag.

Dié elektroniese musiekfees, wat vir een van die grootste kontemporêre line-ups gas- heer speel, sal 18km buite Potchef- stroom op die Vereenigingpad, by Manzini Wildreservaat gehou word.

’n Futuristiese safari-tema sal na verwagting aan sowat 8 000 feesgangers voorgelê word en vermaaklikhede gaan op sewe verhoë en -arenas geskied.

Feesgangers word ook die geleentheid gebied om op die feesterrein te kamp.

Tog bly die fokus by die musiek. “Ons het dag en nag gewerk.

Al die kunstenaars is met die hand geselekteer,” het Rick Hein, direkteur van Breathe-Out Entertainment en bestuurshoof van FFF, gesê.

Met meer as 60 internasionale sowel as plaaslike kunstenaars, sal daar beslis iets vir almal se

Suid-Afrika se eerste Future Fusion Festival gaan nét buite Potchefstroom plaasvind.

Studente is bekend vir hul tekort aan die alombekende stu-dentesente. Ons het gewoonlik aan die einde van die maand (weens stywe begrotings en marathonsokkies) min geld oor. Wapad het ondersoek ingestel en studente op kampus gevra waarop hulle hul laaste geld spandeer.

Skud daai spaarvak

Lerato Motitimi

First-year

BEd

“I use the last of my savings on my hair, a new hair piece is a luxury for me. That or clothing. Fashion matters to me.”

HEINZ SCHOEMAN-STRUWIG

Andrea Brand

Vierdejaar

BEd

“Ek is so besig, ek het nie eers tyd om my geld te spandeer nie! Ek spaar dit maar en spandeer dit op vakansies.”

Enrico Jantjies

Eerstejaar

BA ontwikkeling en bestuur

“Ek spandeer my laaste geld wat ek oor het op kuier en uiteet. Kos en kuier.”

Natasha Nel

Eerstejaar

BA gra�ese ontwerp

“Ek spandeer my geld by die SS, meestal op Steri Stumpi.”

Rorisang Mhlaba

First-year

BSc Physiology and Psychology “I spend my money on luxury food. The stuff you can only afford to have once or twice a month, like sushi.”

Corné Labuschagne

Eerstejaar

BA bedryfsielkunde en arbeidsver-houdinge

“Ek spandeer die meeste van my geld op kuier en uiteet. Wat oor is, spaar ek vir petrol om huis toe te gaan.”

smaak wees.“Ons wil besoekers ’n

onvergeetlike fees met fokus op musiek- en klankkwaliteit laat ervaar,” meen Hein.

Dié musiekfees sal tallose stu- dente lok en FFF-koördineerders het dit goed gedink om dié studente by die fees se debuut te betrek deur koshuise aan te moedig om soveel as moontlik kaartjies te verkoop.

Studente kan ook kaartjies na dié musiekfees wen deur die FFF se Facebook- en Twitter-blaaie te besoek.

Wil jy FFF toe gaan?

Weekend passes: R550.00

Akkommodasie: R100.00 vir ’n staanplek van vier

NWU-Puk Koshuis-challenge!

kaartjie (weekend pass) wat by hulle gekoop word of verkoop word, om te bestee op enige manier wat hulle goeddink

weekend passes verkoop per

om te bestee soos hulle goed dink

kaartjies verkoop het wen dub-

hoeveelheid kaartjies wat deur hulle of by hulle gekoop is.

weekend passes om verniet weg te gee of te verkoop vir hulle eie gewin en die geld te bestee soos hulle goeddink.

FOTO: Facebook

Page 7: Wapad - 16 April 2015

716 April 2015

Fifty Shades of Grey – onkonvensionele liefde?FLIEKNuus

ISABEL MOISES

Lettere en Wysbegeerte se ASV, LetWel, was hierdie jaar die eerste ASV wat in die geskiedenis van die NWU-Potchefstroomkampus ’n boom geplant as ’n stukkie erfenis om op die kampus na te laat.

Dié Olienhout boom wat langs die F2 gebou geplant is, is na die komitee vernoem met die doel om die komitee te simboliseer.

“Mense besef nie altyd hoe belangrik ’n boom vir die omgewing is nie. Mense is meer geneig om net op water en krag besparing te fokus,” het Joané Botha, SJGD lid van LetWel, gesê.

“Soos wat LetWel gaan groei, simboliseer die boom die leeftyd wat LetWel met die NWU-Pukke gaan hê,” het Karla van der Linde, Skakeling: sosiaal-lid, wat verantwoordelik vir dié geleentheid was, gesê.

“Ek wou ’n verandering maak op die NWU-Pukke deur om iets terug te gee aan die aarde,omdat soveel bome verwyder moes word om die universiteit te bou. Die boom is geplant om bewustheid te skep van Gaan Groen,” het van der Linde gesê.

“Die UK (uitvoerende komitee) laat ons vanjaar toe om deel te neem aan die ASV Gaan Groen-projek, waarby hierdie insiatief natuurlik inskakel,” het Monique Schoeman, voorsitter van LetWel, gesê.

“Dit is my wens dat die boom ’n baken sal wees wat almal elke keer sal herinner om ons omgewing te koester en te versorg as hulle daar verby loop.”

’n Nalatenskap vir LetWel komiteeDie begin van nuwe betekenis vir komitee op NWU Pukke kampus

Olivia Wilson, derdejaar Erfenis- en Kultuurtoerismebetuur stu- dent glo dat die studente van die NWU afhanklik is van studente wat probeer om ’n verskil te maak.

“Ek glo dis ’n stap in die regte rigting, sodat ander studente die inisiatief kan volg om ook omgewingsbewus te wees,” het Wilson gesê.

Die geskiedenis wat op die NWU - Potchestroomkampus gegrond is, iets wat komitees ná hierdie kan opbou.

“Ek is van mening dat ons, ons trots vir ons ASV saam met die boom geplant het,” het Schoeman gesê.

“Die doel met die boom was om terug te kan kyk en kyk hoe ons gegroei het vorentoe,” het Van der Linde gesê.

Johann Hattingh, SR: Aka- demiese Raad, ASV Ekstern-lid meen, “die ASV GAAN GROEN projek na my mening dra groot voordeel vir die studente gemeenskap op ons kampus.

Ons bly in ’n era waar oormatige gebruik ongeag die konteks daarvan, van baie belang is en die ‘Gaan Groen’ inisiatief is 'n aantreklike opsie om dié tendens te vervang om sodoende terselfde tyd 'n positiewe verandering in ons samelewing te kan aanbring.”

André Botes, kontrakbestuurder van Servest sê dat ’n boom altyd welkom op kampus is.

Soos wat LetWel gaan groei, simboliseer die boom die leeftyd wat Letwel met die NWU Pukke gaan hê

TheRoomLink.com

SA’ rst property matching site - connecting renters & rooms

082 629 28 70TheRoomLink.co.za

Facebook.com/TheRoomLink

@TheRoomLink

[email protected]

LOOKING FOR A PLACE TO STAY?Receive daily emails of places as they become availableREGIST

ER TODAY!

LetWel ASV-lede by die Olienhoutboom wat hulle geplant het.

Dié studente is nie net kunstig aangelê nie, hulle kan hard werk ook. FOTO: Facebook

FOTO: Devan du Toit

Page 8: Wapad - 16 April 2015

816 April 2015

Fifty Shades of Grey – onkonvensionele liefde?FLIEKNuus

WêreldnuusKortliksSAAMGESTEL DEUR IDA STEENKAMP

Argentinië

Moontlike Nazi-weg-kruipplek gevind

Argeoloë aan die Universiteit van Buenos Aires, het die ruïnes van drie geboue in die Teyu Cuare Provinsiale Park, in die noorde van Argentinië, gevind. Hulle glo dié ruïnes is deur die Nazi’s gebou met die doel om as skuiling te dien ná die Tweede Wêreldoorlog, sou hulle die oorlog verloor. Die navorsingspan het vyf Duitse Markmuntstukke gevind wat tussen 1938 en 1941 gemunt is. Daar is ook ’n deel van ’n porseleinbordjie met die inskripsie “Made in Germany” daarop, gevind. Volgens die spanleier, Daniel Schavelzon, het die Duitsers blykbaar halfpad deur die Tweede Wêreldoorlog geheime projekte gehad waartydens hulle skuilings in woestyne, berge of woude gebou het. Dié skuilings is spesi�ek vir Nazi-leiers gebou. Die skuiling is toe egter nooit gebruik nie, want volgens die Simon Wiesenthal Sentrum het duisende Nazi’s in Argentinië aangekom met die goedkeuring van president Juan Peron wat van 1946 tot 1955 aan bewind was.

Egipte

Duitse toeris sterf ná haai-aanval in die Rooisee’n Duitse toeris is oorlede ná ’n haai die 52-jarige man se been by sy knie afgebyt het. Dié insident het sowat drie weke gelede in die Rooi See aan die kusdorp, al-Qusair in Egipte gebeur. Dit is die eerste haai-aanval in vyf jaar en die haai se spesie is nog nie vasgestel nie. ’n Reeks aanvalle in 2010 wat ook tot een sterfte gelei het, is glo deur ’n oseaniese witpunthaai uitgevoer. Dié aanvalle het gelei tot die toemaak van ’n deel van Sharm el-Sheikh, ’n groot oord aan die kus van Egipte vir een week. In 2009, in dieselfde area waar die Duitse toeris aangeval is, het daar ’n soortgelyke gebeurtenis plaasgevind wat ook die dood van ’n Franse vrou veroorsaak het. Die Duitse ambassade in Kaïro is ingelig van die insident, maar kon nie verdere kommentaar lewer nie.

Engeland

Seuntjie van kanker genees ná sy ouers uit Engeland vlug

Die ouers van vyfjarige Ashya King (wat ’n kankergewas in sy brein gehad het) beweer dat hy ná proton-behandeling in die Tsjeggiese Republiek genees is. Volgens Ashya se ouers, is hy in ’n hospitaal in Praag kankervry verklaar. Die King-familie het Ashya uit Brittanje gesmokkel, omdat proton-behandeling (wat strale direk op die gewas rig en min- der skade aan ander organe berokken) nie onder die Britse nasionale gesondheids- diens beskikbaar is nie. Sy pa meen hy sou andersins nie oorleef het nie en hulle het hom sonder ’n dokter se toestemming uit die hospitaal in South Hampton geneem. Die King-egpaar is toe in Spanje gearresteer vir kindermishandeling. ’n Regter het hulle vrygelaat en goedkeur-ing gegee om Ashya na Praag se Proton-terapiesentrum te neem.

JEANELLE GREYLING

The NWU has received so much media attention late-ly that its students start

to experience it as a television show.

It has been reported that racism exists on the NWU-Potchefstroom campus, the Afrikaans language is in jeopardy and that the decision makers have political agendas.

It’s almost as if the Game of Thrones executives are crafting this controversial plot to heighten the sense of drama.

The strife between the decision makers of the NWU is scarily close to the plot of Game of Thrones. The university is experiencing its own fight for the Iron Throne.

At the moment the score is set with the power players of opposing parties getting a few blows in at either side. With winter coming, the fight between fire and ice will be a long one.

With Theuns Eloff gone, the kingdom is left with a power vacuum. The common folk view the Afrikaners and their innovation for diversity as weak now that they are lacking their former king.

Prof. Dan Kgwadi and his dragons (or friends in high places) came a ’slaying a while back, yet thousands of Pro-Puk enemies are waiting to attack as soon as the father of dragons shows any weakness. The Minister of Higher Education pressures the three Houses to compromise and centralize – a fighting pit that will make real men out of the Afrikaans-purists when they compete for survival of the Pukkest.

Kgwadi claims to eradicate the rumoured racism on the NWU-Potchefstroom campus, because it mostly accommodates the Afrikaans language and culture. Although we have been deemed a free country for 21 years, the free folk still view Afrikaans as the exclusive language of the oppressor.

But it seems Kgwadi’s own dragons also lunge out of the dark and snap at him – making him doubt his position of power. The eunuch-like factions, Afriforum and Solidariteit, whisper that the centralization is a strategy to lure the students from ‘beyond the wall’ (Vaal Triangle and Mafikeng) to help defeat the age-old traditions on the NWU-PUK.

However, they stand proud in their Wildling territory, refusing to cooperate because they feel excluded. It seems the educational and infrastructural standards of the three Houses are not quite on par.

While the would-be kings continuously try to get their hands on the Iron Throne, they’ve lost sight of what a university truly stands for: educational value for the students and quality research outputs.

NWU sings a Song of Fire and Ice

The strife between the decision makers of the NWU is scarily close to the plot of Game of Thrones

THIS IS SATIRE. DON'T FEEL BAD IF YOU DON'T UNDERSTAND IT. IT'S NOT EVERYBODY'S CUP OF TEA.

Page 9: Wapad - 16 April 2015

916 April 2015 K&V

Symphony.“Run” bevat alles van en-

ergieke, goed-voel musiek tot rustige love songs waarvan die lirieke vir enige meisie vlinders in haar maag sal gee.

Afgesien van die feit dat elke snit sy eie gevoel en atmosfeer het, bind die verskeie liedjies die album eindelik tot ’n eenheid.

Boonop is die lirieke op die album só divers dat enige mus-iekliefhebber hulself met een of twee snitte op die album kan ver-eenselwig.

Die titelsnit, “Run”, wat die menslikheid perfek uitbeeld is uitsonderlik. Dit is definitief my gunsteling snit.

Ten einde is die album van dié talentvolle groep uitstekend, en

Talryke oë op Enkele akteurs

MARITA HERSELMAN

Jy het heelwaarskynlik Edwin van der Walt se gesig onlangs op die grootskerm gewaar. Hy is meestal bekend vir sy rol as Jacques Rynhard jr. in Ballade vir ’n Enkeling. Hy was al in vele teaterproduksies soos onder meer Braai, Bos en Macbeth.Slapeloos, wat hy as ’n hoogtepunt in sy loopbaan uitsonder. Die Pro, die derde rolprent waarin hy speel, is pas klaar verfilm en Hollywood in my Huis draai 26 Junie in teaters. Marita Herselman het met hom gesels.

1. Hoekom het jy toneelspel as beroep gekies? Wat maak dat jy dit vir die res van jou lewe wil doen?Ek het van kleins af die familie ge-entertain om Mr. Bean na te maak en om kommentator te speel tydens rugbywedstryde. Ek moes einde matriek kies tussen rugby en toneelspel – ek het met my gut gevoel gegaan en was nooit spyt gewees nie. Die gevoel wat jy kry om weg te raak in ’n oomblik ty-dens tonele is wat maak dat ek dit vir die res van my lewe sal doen, ook omdat ek glo daai karakters kan ’n impak op iemand se lewe hê wat die film kyk.

2. Is die lewe van ’n akteur soos jy dit voorgestel het? Hoe is die lewe van ’n akteur?Ek dink ons voorbeeld was of is Hollywood se akteurs soos ons groot word – dis definitief nie dieselfde nie, maar ek is bly daar-oor. Tog is daar vergelykings met enige akteur – emosies en mense. Die lewe van ’n akteur is harde werk, beslis meer harde werk as wat ‘n mens besef. Ons werk met emosies, mense en woorde, dit is kompleks maar die lekkerste ding op die aarde.

3. Hoe identi�seer jy met Jacques Rynhard van Ballade vir ’n Enkel-ing?Hy gaan vir wat hy wil hê en gee nie om wat ander dink nie. Dis iets wat maak dat ‘n mens jou

doelwitte bereik.

4. Wat het dit uitdagend gemaak om Jacques Rynhard te vertolk?Ek sal sê die ekstreme emosionele tonele, dit wou ek so realisties en natuurlik as moontlik probeer doen. Dit het baie navorsing gevat en toe ook net vertroue in myself en in die regisseur en almal wat saam op stel was.

5. Hoekom sal jy mense aanraai om Ballade vir ’n Enkeling te kyk?Dis ’n wegbreek, ’n journey van liefde wat elke persoon al op ’n manier ervaar het of mee kan vergelyk. Dis lag, huil, hartseer

en pyn maar dis ’n proses wat elke persoon in hul eie bedryf sal inspireer. Dis ’n goeie film, en ek bedoel dit in alle opsigte.

6. Jy en Christia Visser (Lena Aucamp jr) speel teenoor mekaar in Ballade vir ’n Enkeling, asook in Hollywood in my Huis. Dis duidelik dat daar hope on-screen chemis-try is. Wat dink jy is dit wat julle laat click?Ons twee kom baie goed oor die weg agter die skerms, ons is baie goeie vriende en omdat ’n mens so baie tyd saam met iemand span-deer, begin mens daardie persoon leer ken en ons was gelukkig om

Edwin van der Walt maak golwe in die verwerking van die klassieke reeks wat nou ’n �lm is

Edwin van der Walt as Jacques Rynhard jr. in ’n toneel in Ballade vir ’n Enkeling. FOTO: Netwerk24

great vriende te word. En ook, sy is bitter talentvol, dit dra onge-looflik baie by.

7. Het jou rol in Ballade vir ’n En-keling enigsins jou siening oor die lewe verander?Ek het besef mens moet die lewe en die liefde 120% aanpak. Ons weet nooit wanneer iets kan ge-beur wat dit alles verander nie.

8. Wat doen jy vir pret?Braai, maar ek moes onlangs leer surf vir my karakter in die film Die Pro en die surf-gogga het my gebyt. Ek het lees met ’n passie ge-haat, maar die afgelope tyd vang

ek myself gereeld dat ek ’n boek koop en dit lees. Alles is moont-lik!

9. Is dié Ballade-sêding, “moenie dink nie, doen net”, van toepass-ing op jou lewe? Wat is jou motto?Wel, in sekere opsigte sal ek sê dit is – maar ek dink dis soms ’n goeie ding om te dink voor ek doen. Ek het nie net een motto nie, ek glo mens moet elke dag jouself hardop herinner wat jy wil bereik en dit behels ’n klomp motto’s of net positiwiteit, maak nie saak wat nie. “Where the mind goes, the body follows.”

breek bane in musiek JACO-MARI FUTCHER

Die meester-groep agter die liedjie “Sail” het onlangs ’n splinternuwe album,

“Run” bekendgestel.Die diversiteit van Awolnation

se musiek vind neerslag in hul nuwe album en dit blyk duidelik te wees dat dié electro-rockgroep met verskillende klanke in elke snit geëksperimenteer het.

Hoewel die groep rock-elemente in hul musiek inkorporeer is die klank van dié nuwe album oorwe-gend elektronies en het dit ’n oor-hoofse futuristic-gevoel.

Die klank van dié album is ’n groot sprong van hul vorige mus-iek, maar dit is tog ’n verbetering op hul vorige album, Megalithic

Awolnation se lirieke is so divers dat enige musiek liefhebber hulself kan vereensel-wig met een of twee snitte op hierdie album

hoewel die klank anders is as dit waaron ons gewoond is wil ek steeds op elke snit head-bang. Awolnation se nuutste CD, Run, is nou op die rakke.

AWOLNATION

Page 10: Wapad - 16 April 2015

10 16 April 2015

I shampoo and condition my hair and beard every second day and trim it monthly.

Leefstyl

HEINZ SCHOEMAN-STRUWIG

Man buns... no we aren’t talking about a recipe but rather the latest trend in

men’s hairstyling. Man buns is the latest tendency in fashion that has hit the campus. This Buddha-like style is not quite as modern as what society thinks, however.

After some research it was discovered that the trend was most likely brought back to life by the likes of the One Direction heartthrob and stylish: Harry Styles. Either that or we were indoctrinated as children by Mulan’s General Li Shang. Your pick.

Corné van Der Westhuizen, a man bun wearer as well as a third year BCOM Student was asked how he keeps his locks healthy and he had the following to say: “I shampoo and condition my hair and beard every second day and trim it monthly.”

He was asked why he decided to grow his hair for this particular style and simply stated “I had a Viking Ambition.” His bright and friendly personality, however, did not seem to suit the barbaric look

he is striving for.When he was asked as to what

type of people he thinks can wear man buns, he said: “Anyone who wants to wear a man bun, can.”

However he found that it’s mainly “artsy people that seem to choose this style.”

Leoné Visagie, a Forensic Accounting first year student

was asked as to whether she found man buns manly and said: “I have absolutely no problem with man buns, I wouldn’t say I find it very masculine but I certainly wouldn’t say it’s not manly. Something like that does not determine your manhood.”

It doesn’t matter what your style is as a man, because each has his own style that is an expression of their personality and is a method of being your own unique self.

So if the bun fits, wear it with pride! And if your hair isn’t quite long enough yet, you have a new aspiration to strive for. We hear horse shampoo works if you’re looking for a ‘quick-fix’.

Manbuns: campus's latest trend

Third-year BCom student Corné van der Westhuizen, a regular manbun wearer on campus. PHOTO: Heinz Schoeman-Struwig

MARITA HERSELMAN

Kevin du Plessis, NWU-Galeryfotograaf/-assistent, het op ’n Sondagmiddag met sy kamera op die Bult rondgestap en twee straatkinders afgeneem. Min het hy geweet dat een van dáárdie foto’s vir hom ’n vliegkaartjie na Swede in die sak sal bring.

Dié twee kinders het aan Du Plessis vertel dat hulle baie honger was en dat hulle kouse benodig het.

“Ek het vir hulle gaan kouse haal by die huis en vir hulle kos gekoop. Ons het op die gras gaan sit en eet en hulle het toe die kamera so geniet dat ek ’n reeks fantastiese foto’s van hulle geneem het,” het Du Plessis gesê.

Du Plessis is uit ongeveer 200 fotograwe as die wenner van die Swedish Innovations – South African Interpretations, ’n fotokompetisie wat deur die

Foto's van straatkinders stuur fotograaf na Swede

Sweedse Ambassade in Pretoria aangebied was, aangewys.

Vier van die ses foto’s wat hy ingestuur het, gaan in ’n boek en by uitstallings verskyn. Elke fotograaf kon ’n maksimum van tien foto’s inskryf.

Fotograwe moes Sweedse uitvindsels binne ’n Suid-Afrikaanse konteks uitbeeld. Volgens die dokument wat die organiseerders uitgereik het was die doel van die kompetisie om aandag op die belangrikheid van innovasie en kreatiwiteit vir maatskaplike ontwikkeling te vestig, asook om die lang

verhouding tussen Suid-Afrika en Swede te vier.

Du Plessis se algehele wenfoto, "Sharing a Beat", gebruik die Sweedse uitvindsel, bluetooth, as inspirasie.

Hy is van mening dat dié foto moontlik as gevolg van die goeie beweging wat dit het en die oorspronklike manier waardeur die tema oorgedra word, gekies was. Du Plessis vertrek in Junie 2015 na Swede waar hy vir vyf tot sewe dae Swede en die Sweedse kultuur deur ’n Suid-Afrikaanse oogpunt sal fotografeer.

Volgens Du Plessis is hy reeds

FOTO: Kevin du Plessis

DONDERDAG 16 AprilSJGD Maraton sokkie met Jagermeister PromoImpala

DONDERDAG 16 April- 19:00Kungalery opening: "Objections"NWU Galery

DONDERDAG 16 AprilFrancois van Coke LIVE - Album LaunchMystic Boer

VRYDAG 17 April The Longest Ride starts showingSter Kinekor

VRYDAG 17 April- 19:30Marco & Sons performing Fine Things

SATERDAG 18 AprilVincent Van Gogh: A New Way of Seeing starts showingSter Kinekor

VRYDAG 24 April - 18:00Mystic Boer Birthday Bash ft. P.H.fat LIVEMystic BoerKaartjies R50 by deur

VRYDAG 24 April French Toast starts showingSter Kinekor

DONDERDAG 30 April- 15:00Autumn Garden Soirée Feat. Sediment SA Wine TourBotanical Gardens

DINSDAG 5 Mei- 19:30The Conserve CabaretNWU School of MusicR20 per adult and R10 per learner

DINSDAG 5 Mei- 20:00VerWAG PARfeksie PartyfestImpala

SATERDAG 9 Mei - 09:00The Life Market

16 April- 30 April

besig om met idees rond te speel vir die tipes reekse wat hy graag wil afneem.

Du Plessis vertel dat fotografie baie tydrowend kan wees, “ek kan ’n naweek in Joburg 700 foto’s neem en net twee gebruik.”

Nietemin geniet hy die interaksie met mense en die blootstelling waarheen dit lei.

“Na al die oorwegings in komposisie, moet dit ’n storie vertel. Dit moet iets van die oomblik en die mense vertel, sodat mense oor 300 jaar daarna kan kyk en iets leer,” het Du Plessis as definisie van ’n “goeie foto” gesê.

Hulle het toe die kamera so geniet dat ek ’n reeks fantastiese foto’s van hulle geneem het

Die wenfoto, "Sharing a Beat", wat Kevin du Plessis van hierdie twee straatkinders geneem het.

Page 11: Wapad - 16 April 2015

Leefstyl 11 16 April 2015

Two sides of interesting internet intelHELEEN ROSSOUW

Holiday in Potchefstroom is a time when crickets’ songs can be heard at night

as a result of the emptiness that students leave behind.

Students flourish during this time, whether they spend it on the wide road that leads to holi-day destinations or at home while they leave their tracks of bread-crumbs on the cyberworld, espe-cially on websites like Facebook or YouTube.

You may be wondering about students spending their time on the internet in this way; what exactly are they browsing?

Since the internet has innumerable websites and countless pages that one can follow, it has become time to uncover the more controversial types of these sites and shed light on the topic.

Colour your cyberworld with Facebook pages like Lost at E-minor, a media-, news and publishing page that boasts with a broad spectrum of articles such as unique art and music, unknown travel destinations, modern discoveries and controversial tastes.

To give you an idea, stories that feature fashion tastes like Lego handbags, pizza-themed clothing and handmade toys made out of twistbands can be found on this page. There is even a article about a woman that advertised a request for a kidney donation on her car window and found one!

For a more global way of thinking, there are also pages that promote political realities, human behaviours and alternative ideas and ways of thinking, like one named Spit out the bread. Look away from the circus. Articles and memes that discuss the

oppression of Kin Jong Un, ridiculous myths about cow milk and the advantages of yoga for kids are included in the type of tastes that are offered.

Main features of the page include articles about issues such

as the two richest South Africans owning enough money to care for the 26.5 million people suffering from poverty .

On a more underground note, a “hacktivist” group called Anonymous that takes part in

internet activism is very seriously taken up in the international political sector. This group has several pages on Facebook and Twitter as well as channels on Youtube.

"Hacktivism" is a term that

originates from this group of computer whizzes who hack highly confidential and protected documents regarding fraud in the American government and many other highly influential organizations with the purpose of revealing them to the world.

These internet wanderers can be recognized by their Guy Fawks masks used when performing any protest action under disguise, an element that strongly portrays revolution against The Man. The purpose of this is to protect anyone who wants to take part in corrective action, against injust persecution.

Anonymous doesn’t have a leader and dictates the idea that anyone who practices corrective action in disguise already forms part of the global Anonymous movement.

One of the Anonymous’ largest projects is the persecution of the Illuminati conspiracy in order to make the world aware of the true global reality regarding the “New World Order”.

This group even placed a video on YouTube for South Africans to make us aware of the nature of our government and aims to awaken a spirit of rebellion for the goal of justice.

A look-see at this movement is stronly advised.

The wonderful dimension of the internet is so multiplex and amusing that whole hours pass by like mere seconds.

It is seen as new tracks left behind by humanity and reflects the transformation and progress of our world.

On the lookout for alternative interests? More Facebook pages to follow:

Bored Panda, The Onion, Laughing Squid, Demilked – to name but a few.

ALTA GRUNDLINGH

Ritmies Liries is die perfekte plat-form waar jy daardie gedig wat jy so diep wegsteek of die liedjie waaraan jy nou al van hoërskool af skryf kan uithaal.

Daar bestaan nie so iets soos ’n amateur nie, of jy nou al menige kere op die verhoog was en of jy eintlik net in die stort sing en gedigte in jou kamer skryf, hier gaan jy nie weggewys word nie.

Op Donderdag 19 Maart 2015 het Ritmies Liries Potch Jou Bliksem by Station Coffee Company aange-bied waar vrywilligers hulle kreatiewe skeppings oor hul er-varings van Potchefstroom met ’n intieme gehoor kon deel.

Ritmies Liries is beslis iets wat Potchefstroom ken, maar het ’n splinternuwe atmosfeer gekry by die Bult se nuwe koffie-juweel. Volgens Eddy Stenekamp, een van die organiseerders van Rit-

mies Liries, het hulle Station Cof-fee Company gebruik omdat dit ’n intieme omgewing is waar jy nie net na harde musiek hoef te luis-ter nie, maar kan stil raak, ’n kers kan aansteek en meegevoer raak met ’n gedig.

Die aand het baie uiteenlopende optredes opgelewer. Die mikro-foon was oop vir enige musiek, gedigte of woordkuns en dit was duidelik dat die studente baie te sê gehad het oor die dorp waarin hulle studeer. Die klein gehoor het saam met die kunstenaars emosioneel geraak, gelag en ge-huil terwyl hulle ’n koppie koffie gedrink het.

Stenekamp beskryf Ritmies Liries as die perfekte uitlating vir Potch se kreatiewe gees. So ’n aand is oop vir almal en daar is geen beperkings op inhoud nie. “Jy kan op die verhoog klim en diep raak of skree soos ’n vark,” het Stenekamp gesê.

Station Coffee raak Liries oor woordkuns

Members of the Anonymous group expose the content of con�dential documents. FOTO's: Facebook

MARISELLE STOFBERG

Die trofee het weer sy regmatige plek ingeneem: in die trofeekas van die NWU-Pukke.

Die NWU-Pukke debatspan het weer koning gekraai in die ATKV Universiteits debat- kompetisie. Die kompetisie het plaasgevind van 9 tot 11 April waartydens die NWU-Pukke gasheer was.

Die NWU-Pukke se debatspan is gekroon as die algehele kampus wenners vir die derde jaar in ’n ry.

Dit beteken dat die gesogte trofee sewe jaar uit die nege jaar van die kompetisie se bestaan op eie bodem staan.

Die lede van die A-span was Christo Slabbert, Lizeri Michell, Martin Hattingh en Paul Maritz

Die B-span se lede was Wiehan Botes, Jan Hendrik Opperman, Shaun Frazao en Jacques Hugo.

Corneels Schabort, afrigter van die NWU-Pukke nasionale debatspan, was baie beïndruk

met vanjaar se spanne. “Die spanne was briljant

gewees en dit was lekker om te sien hoe die spanne na elke debat wat hulle moes praat verbeter het. Ek is opgewonde oor die toekoms van Puk-debat.”

Hy was egter ook beïndruk met die standaard van ander kampusse.

“Dit is vir my lekker om te sien hoe die standaarde van ander kampusse se debatspanne ook lig.”

Die NWU-Pukke het dus gedugte teenstaanders gehad, wat gesorg het vir uitstekende debat tydens die kompetisie.

Die A-span het deurgedring na die finaal, wat ’n spieëlbeeld van die 2014 finaal was: Die NWU-Pukke teen Tuks.

Die lede van die gehoor was op die punte van hulle stoele gelaat in die stampvol Crista-Galli saal.

Die standaard was van só gehalte dat dit selfs die aandag van eNuus en die voormalige

adjunkminister van Landbou, Bosbou en Vissery, Dr. Pieter Mulder, getrek het.

Tukkies het dié finaal gewen, maar die NWU-Pukke kon met die titel van algehele kampuswenners wegstap om- dat dit bepaal word deur die prestasies van beide die spanne van ’n universiteit. Die A-span het tweede geëindig en die B-span vyfde.

Juanmari Schoonraad, SR: Kunste, is baie opgewonde oor die toekoms van debat op die Puk: “ Daar is verseker ’n reeks belowende sprekers by beide die mans en dames en ek sien uit daarna om te sien hoe hulle vorentoe ontwikkel .”

NWU-Puk debat skop gat

Ek is opgewonde oor die toekoms van Puk-debat

PHOTOS: Facebook

Page 12: Wapad - 16 April 2015

12 16 April 2015

Redaksioneel

Rhodes groet die Kaap

Uitleg: Bianca Visagie, Eduan Viljoen, JP Myburg, Inge Janse van Rensburg, Esta Saayman, Heinz Schoeman-Struwig.

Pukki, die vreemde voëlagtige wese wat jy heel waarskynlik al op kampus sien rondloop het, het onlangs sy eie Facebook-blad gekry.

Behalwe dat die voël homself as ’n “publieke �guur” geklassi�seer het, is daar ook verskeie albums, een getiteld “My NWU-Puk Avonture”.

Volgens die NWU se webwerf was die breinbase agter Pukki onse rektor, prof Herman van Schalkwyk, en die departement bemarking- en kommunikasie. Die plan was onder meer dat dié voël “verskeie kommu-nikasiegapings op kampus moet aanspreek”.

Nou dis als goed en wel om ’n gelukbringer by jou sportbyeenkomste te hê. Nasionale rugbyspanne soos die Bulle en Leeus het ook hul eie mascots en met die Wêreldbeker Sokkertoernooi daag daar ook gereeld ’n paar gediertes op.

Maar by ’n sportdag pas die mascot presies by die gees wat daar moet heers. Dis prettig, vrolik en laf.

Wanneer jy egter die mascot so te sê die “gesig” van jou universiteit maak, moet daar ernstiger vrae gevra word. Onder meer hoe ’n tarentaal wat met handgebare kommunikeer die kommunikasiegapings op kam-pus gaan aanspreek.

Ons is immers ’n akademiese instelling, ’n tersiêre instansie waarheen studente kom om hul tande te slyp vir die grootmenswêreld. Die beeld wat ons (hopelik) moet uitdra is een van professionaliteit en uitnemen-dheid, of ten minste net een wat spreek van akademiese kwaliteit.

Om ’n karakter soos Barney hiervoor te gebruik is om die minste te sê kommerwekkend.

Dié foto het op sosiale media die rondte gedoen ná die standbeeld van Cecil John Rhodes voor die Universiteit van Kaapstad op 9 April verwyder is. Die Raad van die universiteit het ná ’n maandlange betogings deur studente eenparig besluit dat die standbeeld van kampus geskuif moet word. FOTO: Facebook

KommentaarSMS jou tip-off/klagte met die woord 'Wapad' vooraan jou boodskap

OmbudsmanAs jy voel dat Wapad nie na jou klagtes luister nie, kontak die waarnemende ombudsman dr. Hein Lubbe by: [email protected]

16 April 2015

HoofredaksieDie volgende uitgawe vanWapad verskyn op 14 Mei.

WAPAD-KANTOOR: 018 299 2875

HOOFREDAKTEUR: Jeanelle Greyling ADJUNKREDAKTEUR: Eugenie Gregan NUUSREDAKTEUR: Jaco-Mari Futcher KUNS & VERMAAK-REDAKTEUR: Johané van den Berg FOTOREDAKTEUR: Lize Lombard UITLEGREDAKTEUR: Lerine Miller HOOFSUBREDAKTEUR: Nicole Kemp WEBREDAKTEUR: Justin Hocking BEDRYFSREDAKTEUR: Arline Louw BEMARKING- EN ADVERTENSIEBESTUURDER: Esta Saayman SKAKELING- EN KANTOORBESTUURDER: Marita Herselman

Teksversorgers: Marnus Kok, Madelein van Straaten, Inge Janse van Rensburg.

"Kan iemand nie net vir Demi-Leigh opstuur nie? Dan het ons darem een wenner op die veld."

- ’n Desperate Puk soek na oplossings

"Kyk net hoe baie punte score ons hier..." - Shimla-ondersteuners op die paviljoene

"Is die busse al gestart?"- Puk-ondersteuners 20 minute voor die eind�uitjie geblaas het

"Ek wens Shimlas skepskop nou."- Verlede jaar se eindstryd is nog vars in dié Puk-ondersteuner

se geheue

"Wat is die verskil tussen ’n Shimla en ’n Puk? ’n Shimla het net een �naal nodig om te wen!"

- Een van vele Shimla-kwinkslae op Facebook

Paviljoenpraatjies

Op ’n dag sit Cecil John Rhodes en kyk uit oor die trappe van UK.

Hy dink terug aan sy lewe. Hy onthou hoe hy Afrika toe gekom het en gehelp het om Rhodesië te stig.

Hy onthou die dag toe daar ’n posduif na hom toe gekom het met die nuus dat ’n universiteit gestig is met geld uit die Rhodes Trust.

En laastens onthou hy die talle studente wat hulle grade vir hom kom wys het, omdat sy beurse hulle gehelp het om dit te kry.

Sy laaste gedagte was skaars klaar gedink toe hy ’n oproep ont-vang het van sy eiendomsagent wat sê sy nuwe tuiste is klaar en hy moet so gou as moontlik daar wegtrek.

Waarnatoe hy sal gaan weet hy nog nie, maar hy het besef dat een fout uit sy verlede ’n skadu oor al sy goeie dade sou gooi.

As mens mooi daaraan dink, word beelde opgerig vir dinge wat klaar plaasgevind het. Vir iets wat reeds gebeur het. Vir iets wat verby is.

Deur die beeld te skuif of te gooi met minder aangename gaan nie maak dat die onreg van die verlede verdwyn nie.

Beelde word onder meer opgerig om die samelewing te herinner aan dit wat gebeur het, met die

Skep ’n toekoms waaroor ons kan bou

hoop dat dit nie herhaal sal word nie. Eerder as om iets van marmer en sand te beskuldig, draai jou oë na jouself.

Is dit wat jy gaan agterlaat iets wat gegooi gaan word met ontlast-ing, of gaan jou beeld toeriste lok en bydra tot die land se ekonomie?

Ons kan nie altyd kies waarvoor ons onthou gaan word nie.

Kyk maar na Oom Paul. Hy was heel salig gewees, totdat ander herinneringe van hom weer op-geduik het. Die toekoms is voor-spelbaar, maar dis die verlede waarvan ons nie seker is nie.

Wapad vier fees op ons verjaarsdag

Nog beurtkrag, nog reën het Wapad se feesvieringe op 12 April gestuit. Ons studentekoerant vier vanjaar sy 69ste verjaarsdag. FOTO: Zian Miller

Uitleg: Bianca Visagie, Heinz Schoeman-Struwig, Jaco-Mari Futcher.

Mariëtte SorgdragerNege-en-sestig jaar gelede het daar in die eerste Wapad se doel-

stelling geskryf gestaan dat “ook die wat die universiteit reeds verlaat het sal hierin die verwesenliking van hul ideaal vind”. Volgens dié Wapad is die koerantnaam 'n vonds uit die voorarbeid van jare.

Wanneer 'n mens Wapad hoor, klink die naam dalk ouderwets. Dis egter belangrik om te onthou dat dit nie net na die verlede verwys nie, maar ook na die pad vorentoe.

Wat 'n pad vorentoe was dit nie!Die doel van ‘Die Wapad’ was 69 jaar gelede om die koers aan te

wys en om die studente se ware siening van sake te leer. Dié doel geld steeds. As geskrewe medium kom dié kampusnuus soms on-sensitief voor, ander kere sensasioneel. Dit kan toegeskryf word aan amateurjoernaliste wat juis hier aanmeld om te léér. Almal maak soms foute in die leerproses. Tog is Wapad die eerste bron wat navorsers naslaan wanneer hulle die geskiedenis van dié kampus bestudeer. Snaaks hoe 'n koerant skielik sy geloofwaardigheid terugkry wanneer 'n mens terugverwys na die verlede!

Dié interne kommunikasiemiddel is die afgelope paar jare as an-tagonisties gesien, omdat die inhoud baiemaal negatief is. Die doel was egter van die begin af om 'n studente-eenheid te kry. “Eenheid word en kan egter nie verkry word sonder 'n gesonde uitwisseling van gedagtes en beskouinge nie.” Nie noodwendig persoonlike griewe nie, maar meningsverskille en debattering word aangemoedig.

In die eerste uitgawe van Die Wapad staan geskryf: “In ons tyd is dit baie noodsaaklik: in die groot wêreld, sowel politiek as kerklik is daar ongekende stryd en verwarring. Niemand kan dus verwag dat die studentelewe rustig, kalm en vredig sal wees nie, maar wat wel kan en moet verwag word van studente is dat hulle reeds in hul stu-diejare sal leer... die kuns om te erken dat ek nie alleen weet nie, maar ook die mede-student.”

Die land het intussen baie verander, maar daar is steeds onlus oral om die studente. Ons het die reg om ons menings te lug, trouens berus die verantwoordelikheid op ons om ons stemme te laat hoor.

Wat is 'n land sonder sy jeug? En wat is 'n universiteit sonder sy studente? Op die oomblik word daar besluite sonder ons gemaak, omdat ons te apaties is om deel van die proses te word.

Wat ook al jou mening is, Wapad stel belang om dit te hoor.Laat die debattering begin!

Na 69 jaar geld wysheid van vroeër jare steeds

Page 13: Wapad - 16 April 2015

- Johanna van Eeden

1316 April 2015 Opinie

Tegnologie is wonderlik, maar mense is beterJohanna van Eeden is

redakteur van Volksblad en studeer aan Harvard waar sy die Suid-Afrikaanse Nieman-genoot is. Volg haar op Twitter by

@JohannavanEeden.

In my eerste jaar op die Puk is ons geleer om almal op die kampus te groet, of jy die mens

nou ken of nie. Die gevolg was dat jy aan die einde van jou studies omtrent almal op die kampus geken het.

Toe ek in Augustus verlede jaar by Harvard aankom, het ek gewonder of mense op die Puk mekaar nog groet. Hier in Cambridge was dit ’n ander storie. Dis vrek moeilik om oogkontak te maak en te groet as almal met hul neuse in hul slimfone loop.

Luidens onlangse navorsing van Pew Research gebruik die meeste mense tussen die ouderdom van 18 en 29 jaar hul selfone hoofsaaklik om verveeldheid hok te slaan en ander mense te vermy. Pleks om ’n vreemdeling te groet – of nog erger, ’n bekende! – druk jy musiek in jou ore en hou oogkontak met jou foon.

Maar watter uitwerking het

dit op jou verhoudings? Dink verder as Instagram, Facebook en SnapChat. Die volgende vlaag tegnologie gaan ’n nog groter impak op verhoudings veroorsaak. Drabare tegnologie soos Google se bril en Apple se slimhorlosie plaas ’n digitale filter tussen jou en die werklikheid. Dis so stappie nader aan die skep van ’n soomlose virtuele realiteit – daardie oomblik wanneer jy alles en almal deur ’n digitale membraan van megapieksels gaan beleef.

Prof. Rosalind Picard van die Massachusetts Institute for Technoloy (MIT) wys verlede week in ’n lesing hoe sy en haar studente by die MIT Media Laboratorium tegnologie gebruik juis om verhoudings te koester. Een student het byvoorbeeld ’n storieplatform ontwerp om outistiese kinders te help om te kommunikeer.

Picard en haar span is ook aan die voorpunt van die ontwikkeling van drabare tegnologie waarmee jy elke oomblik van die dag jou liggaamstemperatuur, hartklop, asemhaling en sweet kan meet. Met die inligting kan jy vasstel watter gebeure in die dag het jou angstig gemaak. Die MIT-span het ’n soortgelyke produk vir motorvervaardigers ontwerp. Sodra jy agter die stuur inskuif word jou handpalms gemonitor. Klem jy die stuurwiel vas? Sweet jy baie? Is jou hartklop vinnig?

Op grond daarvan kan die motor voorstel dat jy na rustige musiek luister (as jy gejaagd is) of na opbeurende musiek (as dit lyk asof jy op die punt is om agter die stuur aan te slaap te raak). Die GPS se stemtoon kan selfs aangepas word om by jou gemoedstoestand te pas.

Want, verduidelik Picard, te midde van die ongelooflike tempo waarteen tegnologie ontwikkel, bly die belangrikste spilpunt vir haar navorsing empatie. Niks, sê sy, is deesdae so belangrik as om vooroordele en misverstande uit te skakel en dit met kommunikasie en empatie te vervang nie.

Hiermee spel sy waarskynlik een van die grootste uitdagings van ons tyd uit. Tegnologie vorder vinniger as enigiets anders – spesifiek vinniger as wetgewing en etiek. Dit beteken ons het daagliks meer en meer inligting oor onsself, maar ook oor mekaar, aan ons vingerpunte. Hoe hanteer ons dit verantwoordelik? Wat doen ons daarmee? Bruce Schneier, skrywer van die boek Data and Goliath, het verlede maand by ’n beraad oor innovasie by Harvard se sakeskool gesê ons leef in ’n tyd waarin ons alle data wat ons kan versamel “en later uitwerk wat ons daarmee gaan doen”.

Dit is ongelooflik opwindend, maar ook hoendervleisskrik wekkend. Voeg daarby ontwik- kelings op die gebied van robotika en ’n mens kan nie help om te

wonder hoe die wêreld oor tien jaar gaan lyk nie. Bill Gates van Microsoft en Elon Musk van Tesla het albei onlangs hul bedenkinge uitgespreek oor die gevare wat robotte vir menslikheid inhou. Dalk het die politieke wetenskaplike Ian Bremmer dit die beste saamgevat toe hy onlangs op Twitter laat val het: “Ek is minder bekommerd oor robotte wat soos mense word

as wat ek is oor mense wat soos robotte word”.

Dink daaraan wanneer jy volgende keer blitsig jou neus in jou selfoon wil druk. Maak oogkontak en groet. ’n Mens weet nooit wat kan gebeur nie. Terloops, ek het ontdek dit werk hier op Harvard ook. Hulle sê nie verniet die kortste pad tussen twee mense is ’n glimlag nie.

FOTO: Volksblad

Page 14: Wapad - 16 April 2015

14 16 April 2015SportWapad

Puk-atlete blaas in Tukkies se nekEUGENIE GREGAN

Die NWU-Puk se atlete blaas al harder in Tuk-kies se nek, ná die Potchef-

stromers tydens die eerste Varsity Atletiek-byeenkoms op 24 Maart in Potchefstroom algeheel tweede geëindig het.

VROUEAlle oë was op Caster Semenya

wat in die NWU-Puk se kleure aan die 1500m vir vroue deelgeneem het. Semenya het die wedloop gemaklik met ’n tyd van 4:30.12 gewen. Met dié wentyd het sy ook haar beste vertoning van die sei-soen gelewer.

Melissa Hewitt kon ’n silwer medalje vir haar poging in die 200m inpalm.

Die 4x100m aflos vir vroue is net-net deur Tuks gewen, met die NWU-Pukke en Maties wat onder-skeidelik tweede en derde geëin-dig het.

In die velditems het die NWU-Pukke se vroue koninging gekraai en drie van die vier items gewen.

Stephanie Greyling het die hamergooi met ’n reuse-afstand van 55.93m gewen en ook die Var-sity Atletiek-rekord verpletter.

Gizelle Bernard het die spies-gooi met ’n afstand van 49.00m gewen, wat byna 7 meter verder as haar naaste teenstander se beste poging was.

Nog ’n goue medalje is deur Geraldine Duvenhage met die dis-kus losgegooi.

In die verspringput het Ma-ties se Samantha Pretorius twee keer verder as 6 meter gespring om sodoende die eerste plek in

te palm. Bianca Erwee van die NWU-Pukke kon met ’n sprong van 5.73m tweede eindig.

Ariane Nel het met haar poging in die 400m die derde plek vir die NWU-Pukke op die podium beklee.

MANSDie NWU-Puk se langasem

Rantso Makopane het in die 3000m vir mans van die begin af die voortou geneem om uiteinde-

lik met ’n tyd van 8:22.69 te wen. In die 400m-hekkies het die Har-

dus Maritz byna ’n goue medalje in die sakkie gehad, maar Leroux Hamman van Tuks het die nek-aan-nek stryd uiteindelik gewen.

Henco Uys van die NWU-Pukke het in die 800m diep gedelf en met ’n uitstekende eindpoging en ’n tyd van 1:50.42 tweede geëindig.

In die 4x100m-aflos het die NWU-Pukke goed begin, maar ná die eerste oorgee het Tuks,

Kovsies en UJ spore gemaak om al drie podiumplekke los te hard-loop.

Volgens Maritz was die orga-nisering van die Varsity Atletiek op Potchefstroom uitsonderlik goed gewees en het die aand baie vermaak vir atletiekliefhebbers verskaf.

"Dit is ongetwyfeld die lekker-ste byeenkoms in Suid-Afrika waaraan ’n atleet in sy universi-teitsloopbaan sal deelneem.

Die kompetisie is redelik sterk van Tuks se kant af en ongeluk-kig was ons hierdie keer nael- skraap tweede, maar ek glo die Puk het die talent en veggees om vir Tuks te klop in Stellenbosch waar die ander items wat nie in Potch was nie, dié keer gaan plaasvind," het Maritz gesê.

*Die laaste Varsity Atletiek-byeenkoms vind op 20 April in Stellenbosch plaas.

Allan Cumming, hamergooi (64.62m)

Pieter Conradie, 800m (1:49.57)

Rantso Mokopane, 1500m (3:50.21)

Pieter Kriel, spiesgooi (70.44m)

Christo Krause, hoogspring (2.00m)

Eerste plekke

SPORTREDAKSIE

Die Suid-Afrikaanse junior & 0.23-kampioenskappe het tydens die naweek van 10-12 April in Bloemfontein plaasgevind.

Die atlete van die NWU-Puk Atletiekklub het hulle uitstekend van hul taak gekwyt en tientalle

Pukke skitter by SA junior & 0.23 kampioenskappe

Megan Wilke, spiesgooi (52.30m) Stefanie Greyling, hamergooi (56.03m)

Cynthia Tsetsewa, 400mH (61.77m)

Sarel Prinsloo, hoogspring (2.00m)

Tweede plekke

Letitia Jansen van Vuuren, hamergooi (51.47m)

Zané Fourie, spiesgooi (46.64m)

Janke Kotze, spiesgooi (51.40m)

Julia du Plessis, hoogspring (1.74m)

Leon Laubser, spiesgooi (69.60m)

Derde plekke

Pieter Conradie, 400m (47.15)

LJ Basson, spiesgooi (69.68m)

Marleen vd Westhuizen, ver-spring (5.62m)

Riëtte Heyns, diskus (41.96m)

Danel Holton, 400m (57.42)

Bernadene Mcloud, 5000m (18:09.47)

Melissa Hewitt van die NWU-Puk en Justine Palframan van die Maties in aksie tydens die 200m-item. Palframan het dié resies gewen. FOTO: SASPA

medaljes verower. Die beste atlete was onge-

twyfeld Stephan Beukes wat met ’n afstand van 78.86m ’n eerste plek met sy spies losgegooi het en Ariané Nel wat tweede in die 400m geëindig het en ’n persoonlike beste tyd van 54.57 opgestel het.

Page 15: Wapad - 16 April 2015

Sport 15 16 April 2015

Bepalings: Koshuisrugbyliga 2015

Patria wen stryd, verloor oorlog

Patria het hul laaste wedstryd van vanjaar se Steinhoff Koshuisliga met 84-0 teen UCT se Cobras gewen. Dié reuse-oorwinning was egter tevergeefs, aangesien Mopanie se oorwinning oor Bas-tion beteken het dat die Blues derde op die punteleer geëindig het. Die eindstryd van die Steinhoff Koshuisliga is Maandagaand tussen Mopanie en Vishuis beslis en Mopanie het uiteindelik met 29-23 geseëvier. FOTO'S: SASPA

Page 16: Wapad - 16 April 2015

Varsity Cup-droomspanRhyno Smith (Pukke), Maphutha Dolo (Shimlas), Rowayne Beukman (Pukke), Dan Kriel (Tukkies), JP Lewis (Maties), Innocent Radebe (UKZN), Dillon Smit (Pukke), Jeandre Rudolph (Pukke), Henco Venter (Shimlas), Wian Lieben-berg (Tukkies), Reniel Hugo (Tukkies, k), Irné Herbst (Tukkies), John-Roy Jenkinson (Pukke), Chad Solomon (Ikeys), Johan Smith (Pukke). PLAASVERVANGERS: Nqobisizwe Mxoli (Tukkies), Jaco Visagie (Tukkies), Dayan van der Westhuizen (Tukkies), Walt Steenkamp (Pukke), Gerhard Olivier (Shimlas), Zee Mkhabela (Shimlas), Johnny Welthagen (Pukke).

Sport16 April 2015

PUKSLAE!

EUGENIE GREGAN

Dit was ’n potblou Maandag vir Potchefstromers ná die NWU-Pukke in die Varsity

Cup-eindstryd met 63-33 deur die Shimlas afgeslag is.

Dié kragmeting, wat teen half-tyd nog net ’n naelbytstryd was, het in die tweede helfte lelik vir die manne in maroen uitgerafel en uiteindelik in ’n wegholsege vir die tuisspan ontaard.

Hoewel die NWU-Pukke vir die grootste deel van die eerste helfte met 14 manne op die veld moes speel, ná Marno Redelinghuys en later ook die kaptein, Jeandre Ru-dolph koelkas toe gestuur is, het ’n skrale ses punte ná 40 minute tussen die spanne gestaan.

Ná rustyd het die manne van die Rosestad egter na ’n hoër rat oorgeskakel en vyf drieë ingeryg om die NWU-Pukke se tweede probeerslag vir ’n Varsity Cup-kroon nek om te draai.

Die laaste 20 minute was amper pynlik om te aanskou en die busse vol ondersteuners wat vanaf Potchefstroom aangery is het sta-dig maar seker uit die stadion be-gin beweeg.

Potchefstromers haak weer nie die knoop deur

Al kon die NWU-Pukke se Row-ayne Beukman in die doodsnikke agter die witkalk gaan draai, was dit te min, te laat en Shimlas kon vir die eerste keer Varsity Cup-glorie smaak.

“Shimlas het regtig goed gespeel en hulle geleenthede gebruik. Hulle het ons nie onkant gevang nie, maar hulle was ’n beter span as ons op die aand gewees en alle krediet aan hulle,” het die NWU-Pukke se kaptein, Jeandre Ru-dolph, ná die wedstryd gesê.

“Die twee geelkaarte het ons gekos en ons dissipline was swak. Ons het nie ons kanse gebruik nie en in ’n finaal móét jy daardie kanse gebruik.”

’n Skrale troosprys vir die Potchefstromers is dat agt van hul spelers in die Varsity Cup-droom-span ingesluit is.

Vier van die Shimlas se spelers het ook dié span gehaal.

Die 22-tal sal op 21 April teen die Jong Bokkies in Stellenbosch se Danie Craven-stadion uitdraf.

Die NWU-Pukke se blitsige heel-agter Rhyno Smith is as die toer-nooi se FNB Player That Rocks aangewys.

Jeandre Rudolph, kaptein van die NWU-Pukke, ná Maandagaand se Varsity Cup-eindstryd. Regs bo is die seëvie- rende span van die Shimlas. FOTO’S: SASPA