€¦  · web viewhulle het die lamp op verskillende afstande op die plant laat skyn. by elke nuwe...

9
Fotosintese Praktiese werkkaarte Eksperiment 1 Doel: Om aan te toon dat stysel in blare gevorm word tydens fotosintese (stysel toets) EKSPERIMENT: Gebruik blaar van plant wat en minste 6 uur aan die son blootgestel was. KONTROLE: Gebruik blaar van plant wat vir 24 uur in donkerkas geplaas is [ontstysel is]. NB : Hierdie eksperiment word altyd gebruik om te bewys dat stysel teenwoordig is. METODE REDE 1. Kook blaar met water Om selwande en selmembrane te breek sodat dit deurlatend is vir – alcohol, jodium en chlorofil 2. Kook blaar in fles met ALKOHOL. Veiligheidmaatreel: omdat alkohol vlambaar is moet die fles met alkohol nie oor oop vlam verhit word nie, maar moet it in 'n waterbad, d.w.s in 'n glasbeker met kokende water geplaas word sodat die waterdamp en Die blaar word in alcohol gekook Om chlorofil te ontrek sodat die styseltoets met jodiumoplossing sigbaar sal wees 1

Upload: others

Post on 30-May-2020

7 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: €¦  · Web viewHulle het die lamp op verskillende afstande op die plant laat skyn. By elke nuwe afstand wat die lamp van die plant af is, is die apparaat 15 minute net so gelaat

Fotosintese Praktiese werkkaarte

Eksperiment 1

Doel: Om aan te toon dat stysel in blare gevorm word tydens fotosintese (stysel toets)

EKSPERIMENT: Gebruik blaar van plant wat en minste 6 uur aan die son blootgestel was. KONTROLE: Gebruik blaar van plant wat vir 24 uur in donkerkas geplaas is [ontstysel is]. NB : Hierdie eksperiment word altyd gebruik om te bewys dat stysel teenwoordig is.

METODE REDE1. Kook blaar met water Om selwande en selmembrane te breek sodat

dit deurlatend is vir – alcohol, jodium en chlorofil

2. Kook blaar in fles met ALKOHOL. Veiligheidmaatreel: omdat alkohol vlambaar is moet die fles met alkohol nie oor oop

vlam verhit word nie, maar moet it in 'n waterbad, d.w.s in 'n

glasbeker met kokende water geplaas word

sodat die waterdamp en alkoholdamp kan meng

en nie meer aan die brand sal slaan nie

Die blaar word in alcohol gekook Om chlorofil te ontrek sodat die

styseltoets met jodiumoplossing sigbaar sal wees

3. Haal die blaar uit die alcohol Spoel die blaar af in `n beker met

kokende water

Die blaar is nou hard en geel Verwyder die alcohol Die blaar word sag en hanteerbaar

4. Sprei die blaar oop in `n horlosieglas Drup verdunde jodiumoplossing met

drupper op blaar

Om te toets vir stysel As dit blouswart kleur – stysel

teenwoordig As bruin verkleur – geen stysel

teenwoordig

1

Page 2: €¦  · Web viewHulle het die lamp op verskillende afstande op die plant laat skyn. By elke nuwe afstand wat die lamp van die plant af is, is die apparaat 15 minute net so gelaat

Eksperiment 2

Doel: Om aan te toon dat lig noodsaaklik is vir fotosintese

Voor styseltoets Na styseltoets

1. Watter deel van die blaar is die eksperiment?

2. Watter deel van die blaar is die kontrole?

3. Waarom word die plant voor die aanvang van die eksperiment vir 48 uur in 'n donkerkas

geplaas?

4. Hoekom moet die aluminiumfoelie dig teen die blaaroppervlak wees?

5. Waarom mag die blaar (as dit aan die sonlig blootgestel word) nie van die plant verwyder

word nie?

6. Is dit moontlik om te beweer dat die deel onder die foelie geen lug en gevolglik geen CO2 sal

ontvang nie en as gevolg daarvan nie kan fotosinteer nie

2

Page 3: €¦  · Web viewHulle het die lamp op verskillende afstande op die plant laat skyn. By elke nuwe afstand wat die lamp van die plant af is, is die apparaat 15 minute net so gelaat

7. Sal verskillende ligintensiteit die tempo van fotosintese beïnvloed?

8. Kan 'n gloeilamp in plaas von sonlig gebruik word? Motiveer jou antwoord.

Eksperiment 3

Doel: om aan te toon dat chlorofil noodsaaklik is vir fotosintese.

1. Voltooi die resultate

Groen deel van plant Wit deel van plant Stysel aanwesig (fotosintese het plaasgevind

2. Watter deel van die plant is die kontrole?

3. Watter gevolgtrekking kan gemaak word?

3

Page 4: €¦  · Web viewHulle het die lamp op verskillende afstande op die plant laat skyn. By elke nuwe afstand wat die lamp van die plant af is, is die apparaat 15 minute net so gelaat

Eksperiment 4

Doel: om te toon dat koolstofdioksied noodsaaklik is vir fotosintese.

1. Watter gevolgtrekking kan jy maak?

2. Wat is die funksie van die volgende?

a. Natronkalk

b. Natriumhidroksied

c. Spoelklippies

d. natriumbikarbonaat

4

Page 5: €¦  · Web viewHulle het die lamp op verskillende afstande op die plant laat skyn. By elke nuwe afstand wat die lamp van die plant af is, is die apparaat 15 minute net so gelaat

3 Watter potplant, A ofB, ontvang koolstofdioksied? _

4. Wat is die doel daarvan om 'n kontrole te hê?

Eksperiment 5

Doel: om te toon dat suurstof vrygestel word tydens fotosintese

TOETS VIR SUURSTOF:

METODE I

laat sak n gloeiende houtsplinter in die proefbuis as dit helderder gloei/aan die brandslaan is suurstof teenwoordig. as dit doodgaan, is geen suurstof teenwoordig nie

METODE II

Voeg die indikator INDIGOKARMYN by die water in die beker en in die tregter. As dit blou word, is suurstof teenwoordig.

1. Waarom word die tregter op blokkies geplaas?

2. Hoekom moet die hele apparaat aanvanklik gevul wees met water?

5

Page 6: €¦  · Web viewHulle het die lamp op verskillende afstande op die plant laat skyn. By elke nuwe afstand wat die lamp van die plant af is, is die apparaat 15 minute net so gelaat

3. Waarom word die kontrole in In donkerkas geplaas?

4. Tydens watter fase van fotosintese word suurstof vrygestel?

5. Uit watter verbinding van die chemise vergelyking van fotosintese word suurstof

vrygestel?

Aanvullende vrae

1. Die tempo van fotosintese van 'n waterplant is beraam deur die aantal borreltjies te tel van gas wat in 'n minuut uit die gesnyde ent van die stingel vrygestel is. Hulle het die lamp op verskillende afstande op die plant laat skyn. By elke nuwe afstand wat die lamp van die plant af is, is die apparaat 15 minute net so gelaat voordat die borreltjies weer getel is. Dieresultate is in 'n tabel aangeteken.

Afstand van die lamp van die plant af (cm)

Borreltjies per minuut

10 6020 6030 6040 6050 5560 5070 4580 4090 35

100 30

1.1 Trek `n lyngrafie van die bogenoemde inligting.1.2 Verduidelik die grafiek1.3 Op watter afstand het die plant sy optimale fotosintese tempo bereik?1.4 Op watter afstand van die lamp het die plant sy optimale fotosintesetempo bereik? 1.5 Noem die gas wat in die borreltjies vasgevang is.1.6 Hoeveel borreltjies is per minuut vrygestel toe die lamp 78 cm van die plant af was? 1.7 Waarom beweeg die borreltjies opwaarts? 1.8 Van watter belang is die ligbron vir die plant in hierdie eksperiment? 1.9 Indien die gas versamel sou word, beskryf die toets wat gebruik word om dit te

identifiseer.

1.10 Indien die lamp op 'n afstand van 50 cm van die plant gehou was, watter effek dink jy sal elk van die volgende tempo waarteen borreltjies vrygestel word (toename/afname)? Verduidelik jou antwoorde.

(a) Plaas `n aantal waterslakke in die water.

(b) Plaas `n klein hoeveelheid (sonder om die plant dood te maak) natriumhidroksied in die water.

(c) Laat koolstofdioksied deur die water borrel.

6

Page 7: €¦  · Web viewHulle het die lamp op verskillende afstande op die plant laat skyn. By elke nuwe afstand wat die lamp van die plant af is, is die apparaat 15 minute net so gelaat

2. Die meegaande is 'n grafiek wat die resultate van die tempo van fotosintese toon van drie verskillende plante (A, B en C ), wat op verskillende vlakke van koolstofdioksied gekweek is. Die temperatuur is konstant op 16°C gehou. Die hoeveelheid kunsmatige lig wat aan die plante gegee is, kan gewissel word.

Vrae

2.1 Watter plant, A, B of C sal die meeste stysel produseer? Gee 'n rede vir jou antwoord.

2.2 wat is die algemene afleiding wat gemaak kan word in verband met die grafieke?2.3 Teen watter ligintensiteit bereik plant B sy optima Ie fotosintesetempo?2.4 Geen rede waarom die grafieke nie by 0°C begin nie. 'n Beperkende faktor (iets waaraan daar 'n tekort is), is 'n veranderlike wat die verdere toename in die fotosintesetempo voorkom. 2.5 In die eksperiment hierbo, noem een beperkende faktor wat die toename in die tempo van fotosintese kan voorkom, selfs alhoewel die hoeveelheid C02 verhoog is. 2.6 Noem die onafhanklike veranderlike in hierdie eksperiment.

7